Skip to main content

Die wederkoms en die wegraping

Ek het ‘n navraag gekry oor die wederkoms en die wegraping. Hier is ‘n paar gedagtes daaroor.

Jesus praat van een wederkoms aan die einde van die tyd (Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot Verdrukking; Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens; Matteus 24:3-51 – Jesus motiveer sy dissipels tot waaksaamheid en gereedheid, betroubaarheid en verstandigheid; Matteus 25 – Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid, getrouheid en barmhartigheid; Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed).

Sy uitverkorenes moet die groot Verdrukking deurstaan, en Hy belowe dat Hy hulle sal beskerm in daardie tyd (Matt 24:22). Hy roep ons op om waaksaam te wees en altyddeur te bid dat ons die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn (Luk 21:36).

Paulus stem uiteraard hiermee saam en skryf oor een wederkoms reg deur al sy briewe. Aan die einde van die tyd verskyn die Here Jesus en ons saam met Hom (Kol 3:4). By dié wederkoms verskyn ons voor Hom (1 Tes 2:19). Sommige bly lewe tot daardie wederkoms (1 Tes 4:15). Ander staan uit die dood uit op daarvoor. Ons almal word herenig met Hom (2 Tes 2:1). Hierdie wederkoms kom soos ‘n dief in die nag (1 Tes 5:1).

Petrus doen dieselfde (1 Pet 1:7, 13) en voeg by dat dit ‘n tyd van groot vreugde sal wees (1 Pet 4:13). Hy verwys ook na die berg van verheerliking wat ‘n voorsmakie was van wat in die wederkoms vir ons wag (2 Pet 1:16). Daarop moet ons met geduld daarop wag (2 Pet 3:4).

Johannes verwys ook na een wederkoms in sy eerste brief (1 Joh 2:28), en brei meer uit oor wat in daardie tyd sal gebeur. Lees veral my bydrae oor Openbaring 20 daaroor.

Ek brei in my bydrae uit oor verskillende idees oor die wegraping. Ek kies vir ‘n wegraping wat met die wederkoms saamhang, want dit is na my mening wat in 1 Tessalonissense 4 staan.

Tong in die kies, as ek egter verkeerd is, sal ek in elk geval saamgaan, want dít is wat die Here Jesus in sy Woord aan my en ander gelowiges beloof.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.