Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie
MATTEUS 6:22-23
22 “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog dan gesond is, sal jou hele liggaam verlig wees,
23 maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou dan donkerte is, hoe groot is die donkerte nie.”
Teks en konteks
6:22 Jesus bedoel met hierdie idiomatiese uitdrukking dat die oog die mens help om sy pad te vind, soos ‘n lamp dit doen vir die liggaam. Hy gebruik die Griekse woord haplous wat as enkelvoudig (soos in single-minded) of gesond (healthy) vertaal kan word. Dit kan ook as funksioneel vertaal word, d.w.s. ‘n oog wat sy werk reg doen (a sound eye). Daar is dus nie dubbelvisie nie! As jy só ‘n gesonde oog het, sal jy reg kyk en reg waarneem, en sal jou hele lewe verlig wees.
6:23 Maar as jou oog sleg of boos is, sal jou hele lewe in duisternis verval. Jesus gebruik die Griekse word ponēros wat idiomaties verklaar kan word as ‘n “bose oog” (evil eye) in die sin van óf suinigheid, óf jaloesie. Om die waarheid te sê, as dit wat jy as lig beskou eintlik donkerte is, hoe groot is jou donkerte dan nie, sê Jesus.
Boodskap en betekenis
Jesus kontrasteer hier ‘n mens wat die regte dinge raaksien en vrygewig en waarderend is. Dit gun ander ‘n plek in die son. Teenoor ‘n mens wat met ‘n “bose oog” kyk na alles en almal rondom hom en óf in suinigheid óf jaloesie verval, of albei.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
originalblizzard19aaa84c56
Leersaam