Kolossense
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe - January 23, 2012
- Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping - January 24, 2012
- Kolossense 1:24-2:5 – om met God se energie te bedien - January 25, 2012
- Kolossense 2:6-23 – Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou - January 26, 2012
- Kolossense 3:1-4:1 – Leef as nuwe mense - January 27, 2012
- Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde - January 30, 2012
Petrus
Beste Chris
Dit is bietjie bo my begrip, miskien omdat ek altyd geglo het die 3-eenheid ,is Vader, Seun en HG. Jesus het tot God gebid vir krag en leiding en jy se hy is God v/d skepping? Wat was Jesus dan terwyl Hy op aarde was? Mens! Jesus in die Hemel by God, wat was Hy dan terwyl Jesus op aarde was? Twee mense, een by God en een op aarde?
Jammer vir die vraag en dalk onkunde, maar dit maak my deurmekaar.
Mooi dag en dankie vir jou skrywes en antwoorde.
Chris van Wyk
Petrus, ja, dit is nie eenvoudig om te verstaan nie. Jesus is van altyd af God en daarom saam met God die Vader en God die Gees betrokke by die skepping (Joh 1:1; Kol 1:15-17).In die OT tref ‘n mens Hom as God aan in die sigbare gestalte van Jahwe (Here) – soms as die Engel van die Here, soms as Jahwe self. Gaan lees in Rigters 6 hoe die Engel van die Here gaan sit onder ‘n terebint boom en met Gideon praat. As die Engel wegvaar besef Gideon dit was altyd die Here! Maar, terselfdertyd praat die onsigbare Jahwe verder met Hom. Dws, Jahwe was daar in sigbare vorm sowel as onsigbare vorm. Daar is talle ander gevalle (bv in Genesis 18).
Jesus is van sy geboorte uit die maagd Maria egter ook mens. Dws Hy het ‘n menslike natuur en liggaam bygekry. Van daardie moment af is Hy God EN mens. Na sy Godheid is Hy van altyd af daar. Na sy mensheid is Hy van geboorte af daar. So, na sy mensheid is Hy beperk tot ‘n spesifieke plek in tyd en ruimte. Hy kan nie in die hemel en op aarde tegelykertyd wees nie. Maar, na sy Godheid is Hy nie beperk nie. Hy deel in dieselfde eienskappe van God self.