Skip to main content

2 Samuel 21; 1 Kronieke 20:4-8

Die vloek van die verbond is ‘n realiteit vir die volk

Op ‘n tyd in Dawid se regering het die mense ‘n hongersnood ervaar wat deur die Here verklaar word as iets wat deur Saul se doodmaak van ‘n aantal Gibeoniete (met wie die Israeliete ‘n verbond gehad het juis om só iets te voorkom – Jos 9) veroorsaak is. Ons het nie meer detail van presies wat gebeur het nie. Dawid reik uit na die Gibeoniete oor hoe hy restitusie kan maak. Hulle vra toe dat sewe afstammelinge van Saul doodgemaak word, onder andere twee van Saul se eie seuns, en Dawid voldoen aan hulle versoek. Soos Absalom se dood aan Dawid se hart geruk het, ruk die dood van Rispa se seuns aan haar moederhart en eggo dit ook in die volk se hart sodat sy toegelaat word om hulle te begrawe. Die gedeelte sluit af met ‘n verwysing na vier helde van Dawid wat vier helde van die Filistyne oorwin het.

Teks en konteks

Die gedeelte begin met die vermelding van ‘n driejarige hongersnood (waarskynlik weens ’n droogte) wat Israel getref het. Dit is een van die vloeke wat die wet uitgespel het (Deut 28:22-24 – vgl die soortgelyke hongersnood weens droogte in Elia se tyd weens Israel se sonde – 1 Kon 17-18).

Dawid raadpleeg die Here daaroor, en die Here openbaar dat dit verband hou met koning Saul se uitwissing van Gibeoniete: “sy huis van bloedskuld” (“moordenaarshuis” – 1983-vertaling). Ons weet nie presies wat dit behels het nie, maar uit die versoek dat van sy nageslag doodgemaak moet word, kan dit dui op ’n moord of moorde wat Saul gepleeg het op Gibeoniete.

Saul het dit in sy “ywer” vir die hele koninkryk gedoen, maar dit was waarskynlik nie die volle waarheid nie. Gibeon het in ’n deel van Saul se stamgebied in Benjamin gebly, so hy wou hulle waarskynlik uit sy eie mense se omgewing verdryf (1 Kron 8:29; 9:35).

Die Gibeoniete het geëis dat Saul se nageslag moet boet, en Dawid het hulle gevra wat hy kon doen om versoening te bewerkstellig. Hulle het aangedui dat hulle sewe manlike afstammelinge van Saul wou hê om hulle voor die Here aan pale te hang as teken van vervloeking.

Dawid het ingestem en sewe van Saul se afstammelinge, insluitend twee seuns van Saul self (Armoni en Mefiboset) by Rispa, aan die Gibeoniete oorgegee. Sy was die byvrou van Saul oor wie Is-Boset en Abner gestry het (2 Sam 3:7). Daarby is die vyf seuns van Merab, ’n dogter van Saul wat eers aan Dawid beloof is, maar toe aan iemand anders gegee is om mee te trou (1 Sam 18:19) aan die Gibeoniete oorhandig. Mefiboset, seun van Jonatan is egter gespaar weens die verbond met Jonatan. (Mefiboset in vers 7 is die seun van Jonatan wat Dawid spaar, en Mefiboset in vers 8 is die seun van Saul wat Dawid oorgee)

Dit alles gebeur “voor die Here”, moontlik in navolging van die wetsvoorskrif: “‘n oog vir ‘n oog” (Lev 24:17-22). Grusaam, maar in die lig van die “bloedskuld” van Saul ‘n noodsaaklike reiniging.

Die sewe is aan die begin van die oesseisoen doodgemaak, en daarna het God die land begenadig en die hongersnood beëindig.

Rispa se aangrypende onverpoosde beskerming van die sewe se lyke word beloon met ‘n ordentlike begrafnis vir hulle sowel as vir Saul en Jonatan by die graf van Kis, die stamvader.

Die gedeelte sluit af met ‘n mededeling van die oorlog teen vier reuse van die Filistyne wat deur vier helde van Dawid doodgemaak word (soos dit ook in 1 Kronieke 20:4-8 vertel word. Die Filistyne was almal reuse uit die geslag van die Refaïete (Gen 14), wat deur Israel oorwin is. Die Goliat wat in Samuel genoem word, is nie die een wat deur Dawid oorwin is nie, maar sy broer, Lagmi, soos 1 Kronieke 20:5 dit uitlê. Die naam Goliat kan ook as as ‘n titel van ‘n baasvegter geïnterpreteer word wat op beide van toepassing gemaak is.

Boodskap en betekenis

Die boodskap van 2 Samuel 21:1-14 beklemtoon die erns van die verbond met God en die gevolge van ongehoorsaamheid teenoor God se gebooie. Die vloek van die verbond is ’n realiteit in die lewe van Israel. Bloedskuld word net met bloed versoen, soos ons later aan die kruis van Golgota met Jesus ook sien. Dink daaraan as jy weer nagmaal gebruik: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.” (1 Kor 11:25)

Die gedeelte illustreer ook Dawid se bereidwilligheid om verantwoordelikheid te neem vir die sonde van sy voorganger en om versoening te soek deur ‘n regverdige handeling. Weereens laat dit ons vooruit dink na die gebeure op Golgota waar Jesus verantwoordelikheid neem vir ons sonde. Watter voorreg en genade!

Die gedeelte maak ook duidelik dat God se genade ‘n werklikheid is, maar eers ná gehoorsaamheid in werking tree vir die volk. God vergewe, maar nie sonder dat daar genoegdoening is vir die “bloedskuld” nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.