Skip to main content

2 Kronieke 32:25; 2 Konings 20:12-19; Jesaja 39

Hiskia se hoogmoed en gebrek aan onderskeiding

Soos ons reeds gesien het, die besoek van die gesante van Merodak-Baladan van Babel dateer uit die tyd 705-703 vC. Hulle kom ondersoek instel na die wondergenesing, en waarskynlik ook om vir Hiskia te werf vir ‘n alliansie teen die Assiriërs, soos 2 Kronieke 32:25-33, 2 Konings 20:12-21 en Jesaja 39 die verhaal van Hiskia se hoogmoed en gebrek aan onderskeiding vertel.

Teks en konteks

Hiskia word deur die belangstelling van die besoekers verlei om by hulle te spog oor sy skatte. Dit sou ‘n gemoedelike verhouding kon skep wat hulle sou kon laat dink het dat hulle op Hiskia se steun teen Assirië kon staatmaak.

Die besoek van die mense van Babel word as toets vir Hiskia beskrywe en interessant genoeg as ’n poging om “hom sy eie hart te laat ken.” God verlaat hom vir ‘n tyd, omdat Hiskia homself nie op ’n ander manier beter kan leer ken nie.

Hiskia se optrede ontlok egter ‘n skerp reaksie van Jesaja, omdat Hiskia ‘n gebrek aan onderskeiding openbaar. Die Here veroordeel juis sulke kontakte, veral omdat dit op ‘n alliansie neerkom wat Hiskia van ‘n vertroue in die Here alleen sou wegneem.

Maar dieper as dit wys God waarskynlik ook op die feit dat die groeiende mag van die Babiloniërs Hiskia uiters versigtig moes maak vir enige bande met hulle. Want, dit is juis hierdie volk, onder leiding van Nebukadnesar, wat uiteindelik vir Juda, paleis-skatte, mense en al, in ballingskap sou wegvoer, ‘n eeu later.

Let baie goed op na die profesie wat Jesaja hier oor Juda uitspreek, want die tweede deel van Jesaja gaan baie spesifiek ‘n boodskap van hoop gee vir die oordeel wat vir hulle wag met die ballingskap:

 “Hoor die woord van die Here, Heerser oor alle magte, ‘Kyk, daar kom dae wanneer alles wat in jou paleis is en wat jou voorouers bymekaar gemaak het tot vandag toe, na Babel weggedra sal word – daar sal niks oorbly nie,’ het die Here gesê. ‘En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, en hulle sal paleisamptenare word in die paleis van die koning van Babilonië.” (Jes 39:5-7)

Trouens, ‘n mens kan selfs hierin die rol wat Daniël en sy vriende later in Babilonië sal speel, raaksien!

Jesaja waarsku dus die volk en sy leiers, soos reg aan die begin van sy boek in Jesaja 1, dat hulle nie moet voortploeter in hulle alliansie-politiek nie. Hulle moet die gevare daarvan na waarde skat, en eerder die verhouding met God in standhou.

Kronieke vertel darem vir ons dat Hiskia hom verootmoedig het oor die hoogmoed van sy hart, inderwaarheid, hy en die inwoners van Jerusalem. Want, sy verhaal was gelukkig nog nie klaar nie!

Boodskap en betekenis

Die feit dat God Hiskia vir ‘n tyd “verlaat” het, blyk een van die maniere te wees waarop die Here vandag steeds met ons werk. In die ervaring van die afwesigheid van God – desolasie soos die Jesuïete daaroor skrywe – leer ’n mens jou eie begeertes en behoeftes ken op ’n manier wat nie moontlik is in die goeie en voorspoedige tye nie – konsolasie noem die Jesuïete dié tye.

Natuurlik is God eintlik in albei bewegings in ’n mens se lewe teenwoordig. God gebruik voorspoed om nie net vir ons te seën nie, maar ook die wêreld deur ons te seën. Maar die werk aan ons eie menswees word baie keer via allerhande uitdagings gedoen.

Dit laat my net weer besef hoe belangrik ‘n volgehoue onderskeiding van wat God doen, is. ‘n Mens kan nooit verslap in jou toewyding aan God nie. Die vraag na wat God besig is om NOU te doen, moet deel van ons daaglikse brood en botter word, dit moet so natuurlik soos asemhaal wees, en ons moet dit persoonlik en as ‘n gemeenskap doen. Nie net om die gevare te vermy waaraan ons onsself blootstel as ons dit nalaat nie, maar om in die gemeenskap met God te groei.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…