Skip to main content

Psalm 27

Wag op die Here, wees uiterlik sterk, hou innerlik moed, en wag op die Here

Psalm 27 word hier geplaas weens die lof wat Dawid bring aan God wat hom in sy huis, in sy tent, wegsteek. Psalm 31 word ook hierna geplaas, omdat dit dieselfde temas as Psalm 27 dek.  Hierdie twee Psalms teken albei die worsteling van Dawid om in sy vertroue op God te volhard, ten spyte van teëstand en teëspoed. Dit word saamgebind deur die appèl aan die einde aan die hoorders-lesers om sterk te wees, moed te hou en te bly vertrou (vgl dieselfde opdrag aan Josua met sy inname van die beloofde land – Deut 31:23; Jos 1:6, 7, 9).

Teks en konteks

Psalm 27 bestaan uit drie eenhede:

  • Vers 1-6 waar vertroue in God uitgespreek word (Dawid verwys na God in die 3de persoon: Hy).
  • Vers 7-13 waar God om genade gesmeek word (Dawid spreek God direk aan in die 2de persoon: U).
  • Vers 14 waar ‘n appèl tot die hoorders-lesers gerig word tot sterkwees en moedhou.

Vers 1-6

God word met drie eienskappe geteken: lig, redding en toevlug. God verdryf dus donkerte, gee oorwinning en is beskerming in nood. Hierdie eienskappe van God het sekerheid vir Dawid gebring in sy onderskeie oorloë, maar het ook betekenis in enige situasie waar daar teëstand of teëspoed ervaar word.

Dit word aangevul met die enkelvoudige behoefte om altyd in God se teenwoordigheid te lewe – die tempel funksioneer hier as die metafoor daarvoor. Dit is hierdie ervaring van sy teenwoordigheid wat die vertroue gee om aan God te kan vashou, sodat sy heerlikheid nie net sigbaar sou word nie, maar sy leiding Dawid se lewenspad kan verlig.

Vers 7-13

Hierdie eienskappe van God vorm nou die basis vir Dawid se gebed. Lof lei tot smeking. Let op dat die verhoring van sy gebed nie as vanselfsprekend geteken word nie, maar as iets wat steeds uit genade gegee word (vers 7), al gee vorige gebedsverhorings Dawid wel die vrymoedigheid om met oorgawe en verwagting te kan vra (vers 9 – “U was nog altyd my hulp”).

Let op hoe Dawid ook nie net vir hulp vra en daarmee basta nie. Nee, “Leer my u wil, Here” is sy versugting, sodat

  1. sy vyande nie hulle sin kry nie (en hy van God se pad afdwaal nie), en
  2. hy God se goedheid in die land van die lewendes kan ervaar!

Vers 14

Hierdie oproep om te vertrou, om sterk te wees en goeie moed te behou, is ’n belangrike deel van ’n mens se geestelike lewe. Dit is die hand waarmee God se genade en uitkoms in jou lewe ontvang word. Dit is immers dié wat op die Here vertrou wat nuwe krag kry, soos Jesaja 40 ook sê. Vertroue is dus die voorbereiding om die genade wat God gee te kan herken en ontvang. So lank ’n mens natuurlik ook net onthou dat dit steeds genade is.

Boodskap en betekenis

Vers 14 bly my by:

“Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here!”

Dawid roep ons op om die Here te vertrou deur op hom te “wag”(hy herhaal die Hebreeuse woord “wag” twee keer aan die begin en die einde om dit te onderstreep!).

Hy roep ons om in die “wag” twee goed te doen:

  • sterk te wees – in die sin van dapper/ferm/oortuigd te wees), en
  • moed te hou (letterlik “laat jou hart sterk wees” in die sin van paraatheid, wakkerwees, en moedhou).

Dws, ek moet deurentyd wag op die Here, sterk staan in die oortuigings wat Hy gee, nie ingee nie, nie moedeloos raak nie, terwyl ek aanhou wag op die Here se lig en beskerming, terwyl ek Hom as toevlug benut (soos vroeër in die Psalm gesê.

Ek kan dit dus ook só vertaal:

“Wag op die Here, wees uiterlik sterk, hou innerlik moed, en wag op die Here.”

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.