Skip to main content

2 Samuel 11

Dawid val vir versoeking en doen wat verkeerd is in die oë van die Here

Ons lees vervolgens die verhaal in 2 Samuel 11-12 (oor 2 dae) en sluit met die kort verwysing ná die oorloë in 1 Kronieke 20:1-3 wat ooreenstem met die laaste gedeelte van 2 Samuel 12:26-31.

Dit is die verhaal – midde-in die oorlog teen die Ammoniete – van Dawid se owerspel met Batseba en die moord op haar man, Urija.

1 Kronieke het egter geen verwysing na die sonde van Dawid met Batseba nie. 1 Kronieke laat ook die volgende paar verhale van 2 Samuel 12-22 uit: Tamar (2 Sam 13), Absalom (2 Sam 14-15) en die talle politieke konflikte wat Dawid moes trotseer (2 Sam 16-22). 1 Kronieke fokus eerder op die verhale rondom die tempel en Dawid se seun Salomo, dinge wat weer in 2 Samuel verswyg word. Ons lees in 1 Kronieke eerder daarvan dat Dawid Salomo nougeset voorberei vir die bou van die tempel (1 Kron 22) en hom motiveer en mentor vir sy roeping om die tempel te bou (1 Kron 28-29). Ons lees ook die insiggewende verhale van Dawid se omvattende reëlings vir die priesterlike en Levitiese bediening (1 Kron 23-26) en ook oor die tipe leiers wat hulle by Dawid geskaar het (1 Kron 27).

Gesamentlik gee Samuel en Kronieke vir ons voorwaar ‘n komplekse geskiedenis met vele perspektiewe op Dawid, sy private en publieke lewe.

Teks en konteks

Dit is só ‘n bekende verhaal, dat ek verras is met die emosionele impak daarvan op my. Dit is met ‘n sinkende gevoel van afgryse wat ek lees hoe Dawid al dieper sak, van owerspel tot moord en die gevolglike leuens om die ware toedrag van sake te verdoesel. En dit net omdat hy in die oorlog teen die Ammoniete nie sy verpligtinge nagekom het om uit te trek in die oorlog nie, en gevolglik aan versoeking blootgestel is.

Toe Batseba hom inlig dat sy swanger is, misbruik hy sy koninklike mag om Urija, een van sy baasvegters (2 Sam 23:39), eers van die oorlogsfront af te laat kom in die hoop dat hy by sy vrou sal slaap en hulle die geboorte daaraan sou kon toeskryf.

Toe dit nie slaag nie, want Urija hou hom aan die voorskrifte van die wet dat manskappe hulle in oorlog moet weerhou van seks (vgl Eks 19:15), ironies genoeg soos Dawid dit self gedoen het (1 Sam 214-5), laat Dawid Urija doelbewus in die voorste linies sneuwel met die omvattende medewerking van Joab en die ander manskappe.

Die vreemdeling uit die Hetiete (waarskynlik van Turkye) hou hom dus aan die wet, terwyl die koning uit Israel direk die Tien Gebooie, veral die 6de en 7de gebod, oortree.

Maar, sê die skrywer vir ons: “dit wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here.” Die planne van Dawid om sy sonde te verbloem sou nie slaag nie…

Boodskap en betekenis

Die breë verhaal van Dawid in 1 en 2 Samuel wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. Dawid se lewe blom aanvanklik weens sy gehoorsaamheid. Hy was ‘n ongelooflike bate vir die volk. Die volk is verenig onder sy leierskap. Die ark is terug gebring na Jerusalem toe. En die geloofsgemeenskap kon die Here aanbid deur die talle Psalms wat hy geskryf het.

Maar met die verhaal in 2 Samuel 11-12 gaan sy koningskap ‘n ander fase binne. Sy sonde met Batseba het tot gevolg dat die res van sy koningskap in die teken van dissipline staan, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n harde leerskool vorm.

Die een reddende eienskap van Dawid se karakter is dat dat hy egter telkens terugkeer na God in berou en boetedoening wanneer hy in sonde geval het. En dit is waarin die waarde van sy getuienis uiteindelik opgesluit lê. Nie net in die gawes van God in sy gehoorsaamheid nie, maar ook in die vergifnis van God in sy berou oor sy ongehoorsaamheid.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda