Skip to main content

Hoe werk die uitverkiesing?

Ek antwoord in sewe stellings gerugsteun deur aanhalings uit ons belydenisskrifte. Jy kan die Skrifverwysings ook nagaan.

EEN. God kies jou uit in Jesus Christus, ons Here. Hy wys daardeur dat Hy barmhartig en regverdig is. Hierdie uitverkiesing is uit louter goedheid sonder dat jy dit verdien. Die uitverkiesing staan vas in sy ewige en onveranderlike raad. Hy skryf jou naam in die boek van die lewe. Dit is ‘n bron van grenslose vreugde en dankbaarheid.

“Ons glo dat God, toe die hele geslag van Adam deur die sonde van die eerste mens in die verderf en ondergang gestort is, Hom betoon het soos Hy is, naamlik barmhartig en regverdig. God is barmhartig, aangesien Hy dié wat Hy uitverkies het, uit hierdie verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in Jesus Christus, ons Here. God is regverdig deurdat Hy die ander in hulle val en verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het.

Rom. 3:12; 9:16; Deut. 32:8; 1 Sam. 12:22; Ps. 65:5; Mal. 1:2; 2 Tim. 1:9; Rom. 9:29; Tit. 3:4-5; Ef. 1:4-5; Rom. 11:5; Hand. 2:47; 13:48; 2 Tim. 2:20; Rom. 9:11; 1 Pet. 1:2; Rom. 9:21; Joh. 6:27, 44; 17:9,12; Joh. 13:9; 15:16; Rom. 11:34-35; Joh. 18:20; 15:19; Tit. 1:1; Ef. 1:3; Joh. 10:29; Matt. 15:24; 20:23.” (Nederlandse Geloofsbelydenis 16: DIE EWIGE VERKIESING VAN GOD)

Continue reading

Uitverkiesing en die eindoordeel

Ek het ‘n navraag gekry oor die eindoordeel, en hoe ons dit moet verstaan:

  • Paulus verwys na die eindoordeel in Rom 14:10 en ander plekke. Ons bely dit in die 12-artikels en NGB art 36.
  • En tog skryf Paulus ook daar is geen veroordeling vir wie in Christus is nie (Rom 8:33-34).
  • Wie word dan nou veroordeel?  Net die ongelowiges? En is dit nou hulle skuld as hulle in ‘n ander godsdienshuis groot geword het en nie “in Christus” is nie?
  • Hoe moet ons dit verstaan? Soos iemand gevra het “wag daar nie dalk ‘n verrassing vir my nie?”

Hier is my antwoord met verdere leeswerk in die aangehegde pdf’s.

Ja, die oordeel is uiteindelik vir die ongelowiges. Dit is dié wat “in Christus” is wat nie veroordeel word nie. Jesus maak die verskil. Hy is ons sekerheid.

Oor wie se skuld dit is dat iemand nie glo nie?

Daar is twee antwoorde daaroor in Romeine: die Algemene Openbaring en die Uitverkiesing.

1. Wat van God geken kan word, is in die Algemene Openbaring gegee.

Niemand kan dus sê dat hulle nie geweet het wie God is en wat Hy van ons verwag nie. Dit is die hele argument van Paulus in sy brief aan die Romeine.

  • Niemand, heidene en Jode (met die wet en al), soek God van nature nie. Hulle is vasgeval in sondes wat strek van onsedelikheid tot hartvogtigheid (Rom 1-3).
  • God gee egter geregtigheid deur geloof, soos geïllustreer in die lewe van Abraham (Rom 4).
  • In die Besondere Openbaring van Christus word alle gelowiges vrygespreek (Rom 5).
  • Hulle word vrygespreek deur die menswording, kruisdood en opstanding van die Here Jesus wat hulle doodmaak vir die sonde en lewend vir God (Rom 6-7).
  • Diegene in Christus sal daarom geen veroordeling beleef nie deur die werk van die Gees wat die sonde uitwis in ons lewe deur die heiligmaking (Rom 8).

2. Hierdie geloof is ‘n geskenk van God wat aan gelowiges gegee word sonder enige verdienste deur die uitverkiesing

  • God gee geloof aan sy uitverkorenes, op só ‘n manier dat dié wat uitverkies is nie daarop kan roem nie, en dié wat nie uitgekies is nie, Hom nie daaroor kan verkwalik nie. Metafoor van die Pottebakker (Rom 9).
  • Omdat ons egter nie weet wié diegene is wat uitverkies is (en wie) nie, versprei ons die boodskap van die evangelie, sodat God die uitverkorenes kan aanraak met sy lewegewende geloof (Rom 10).
  • Dit is waarom ons Hom net kan loof vir sy wysheid en goedheid (Rom 11).
  • En ons onsself uiteindelik liggaam en verstand aan Hom toewy (Rom 12).
  • En dan pak Paulus natuurlik sy argument verder uit oor die belang van die onveranderbare wet van God, die reël van dankbaarheid, die essensiële (liefde vir God en liefde vir die naaste) van die godsdiens – “unity in essentials” (Rom 13).
  • En dat ons mekaar in die nie-essensiële (groente, vleis, wyn, belangrike dae) vryheid moet toelaat – “liberty in non-essentials, in all things charity” (Rom 14).
  • Maar verenig moet wees om die boodskap tot die verste dele van die wêreld te vat (Rom 15).
  • Saam met al die gestuurdes van die Here (Rom 16).

Dit is waarom die brief aan die Romeine só belangrik is. Dit sê omtrent alles wat ‘n mens oor die evangelie wil weet!

Ek het voorheen oor die Dordtse Leerreëls geskryf wat met vyf sekerhede (TULIP) en die vyf solas werk binne die raamwerk van die uitverkiesing. Dit gaan ‘n bietjie dieper op Paulus se punt oor die uitverkiesing in. Ek sluit dit ook hier in: Dordtse Leerreëls – ‘n kort inleiding. Ook die Dordtse Leerreëls vir dié wat dit self wil lees: Dordtse Leerreëls.

Die hele boodskap van Openbaring is ook om die boodskap van God se verlossende oordeel gebou. Daar is altyd dié twee kante, reg van die begin af (Gen 3:15). Ek sluit sommer my Bybelskool materiaal daaroor in: Openbaring – God se agenda van verlossing.

Die uitverkiesing

Ek het ‘n navraag gekry oor die uitverkiesing en gee hier ‘n paar opmerkings daaroor.

Die beste is om die Dordtse Leerreëls te lees om uit die perd se bek die verklaring van die uitverkiesing te hoor.  Jy kan dit hier lees: Dortse Leerreëls en die res van die belydenisskrifte hier: Geloofsbelydenisse.

Die belangrikste plek om egter die diepte van die leerstuk van die uitverkiesing te ondersoek, is in die Bybel self.  Dit is in die lees van die Bybel  – connecting the dots – dat ‘n mens tot verstaan kom van hierdie diep vertroostende perspektief op God.

Ek dink die beste manier om God se soewereine keuse in die uitverkiesing en ons eie keuse vir God te versoen, is om in lyn met Romeine 9-11 te aanvaar dat jy nooit vir God sal kies as God jou nie eerste kies nie.  Dit is alleen uit genade, soos die Reformasie ons geleer het.  Soos Paulus sê: “Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat ’n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.” (Rom. 9:13).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda