Skip to main content

Jeremia 34

Koning Sedekia en die volk sal verwoes word omdat hulle van gedagte verander het

In die volgende 12 hoofstukke word gefokus op Jeremia se interaksies met die leiers van die volk vóór en ná die val van Jerusalem. Dit beslaan hfste. 34-45 en sluit ook ’n woord aan Jeremia se skrywersvriend Baruk in (hfst. 45). Dit kan opgedeel word in terme van die tyd vóór en ná die val van Jerusalem:

  • Voor en tot met die val van Jerusalem – die verhale van die vroeëre koning Jojakim [35-36] is in die middel van dié oor die latere koning, sy broer Sedekia [34,37-39], geplaas, d.w.s. nie heeltemal kronologies in tyd nie. Die rede is waarskynlik dat Jeremia in hfst. 35 die Rekabiete se verbondstrou wil kontrasteer met Sedekia se ontrou in hfst. 34, waarna die ander verhaal van ontrou van Jojakim gevoeg is, hfst. 36 – 34-39;
  • Ná die val van Jerusalem – die verhale van die lotgevalle van die agtergeblewenes. Jeremia is vrygelaat, maar uiteindelik gevange geneem deur opstandelinge onder leiding van Joganan en na Tagpanges in Egipte weggevoer – 40-45.

Hoofstuk 34 is in twee dele opgedeel:

  • ’n Beloftewoord van die Here aan Sedekia dat hy in vredestyd sal sterf ten spyte van die ballingskap – vers 1-7;
  • ’n Oordeelswoord van die Here aan almal wat die ooreenkoms om slawe vry te laat weer verbreek het – vers 8-22.

Teks en konteks

Jeremia 34:1-7 – ’n Belofte aan Sedekia

Die gesprekke van die vorige hoofstukke tussen Jeremia en Sedekia moet waarskynlik hierna gedateer word, saam met dié van hoofstukke 37-38.

Die Here neem hier inisiatief en gee ’n belofte aan Sedekia dat hy ten spyte van die beleg en ballingskap die guns van die Here sal geniet, as hy maar net sal luister: “Jy sal nie deur die swaard sterf nie. Jy sal in vredestyd sterf …”.

Ons lees nie direk van ’n antwoord van Sedekia hierop nie, hoewel die volgende gedeelte ’n antwoord in die vorm van ’n ooreenkoms rondom slawe veronderstel.

Jeremia 34:8-22 – ’n Oordeelswoord aan die volk

Dit wil dus aanvanklik lyk asof Sedekia positief hierop reageer en dat hy in ’n ooreenkoms met die hele Jerusalem alle Joodse slawe vrylaat, soos die Here dit beveel het (vgl. die bevel i Deut. 15; vgl. ook die gebruik van Lev. 25 sowel as Nehemia se maatreëls wat ná die ballingskap in Neh. 5 en 10 getref is wat hiermee verband hou).

Sedekia hou hom egter nie lank daaraan nie en verander weer van gedagte en verbreek dié ooreenkoms, nie net met die Jode nie, maar ook met die Here. Dít beseël Sedekia se lot in die oë van die Here finaal.

Bekering kan wonders doen om ’n situasie om te keer. Wanneer ’n mens egter dié bekering weer ongedaan maak, bevind jy jou in ’n slegter situasie as voor die bekering. Dit is nie net sleg vir die slawe wat weer ’n keer verneder word nie, maar maak ’n bespotting van God se Naam wat daaraan gekoppel is.

Let op hoe die Here spot met hulle gewaande “vrylating” van die slawe, iets wat hulle self weer ongedaan gemaak het. Die Here doen nou sy eie “vrylating” waarin Hy hulle tot slawe maak in ’n vreemde land.

Boodskap en betekenis

Die genade van die Here staan vir my voorop in dié gedeelte. Hy is bereid om selfs op die allerlaaste nog sy oordeel oor die volk te versag en die koning se lot te verlig. En ’n mens wil net hoop dat daar ’n uitkoms gekom het met die oënskynlike bekering van die koning en sy mense. Maar, dan verander hulle weer van gedagte, trek ’n streep deur hulle bekering, en bring die hernude gramskap van die Here op hulle kopaf. Hoe tragies – dat God se uitkoms só versmaai en in die wind geslaan word!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…