Skip to main content

Psalm 12

Vertrou op die beloftes van die Here

Die eerste drie verse van Psalm 12 klink asof dit aansluit by die trant van Psalm 11. Daarom hanteer ek dit hier.

Teks en konteks

Die Psalmis worstel met die gebrek aan betroubaarheid in die gemeenskap wat van die wêreld ’n onveilige plek maak. En dit is die armes wat die meeste daaronder ly. Daarom maak hy staat op die Here se beskerming en hulp midde in die goddeloosheid en onreg wat hoogty vier.

Let op hoe die Psalm menslike vleitaal (Ps 12:2-5) met Goddelike betroubare woorde (Ps 12:6-9) kontrasteer.

Die vleitaal kom uit ‘n dubbele hart – die Hebreeus in vers 3 sê letterlik: “met vleiende lippe spreek hulle uit ’n dubbele hart”. Dit beteken, hulle weet in hulle hart (hart as die setel van die gedagtes in die Jode se verstaan – die niere was as die setel van emosies gereken) wat die regte ding is, maar kies om anders te praat of vanuit ‘n ander hart te leef.

Nog dieper as hierdie onbetroubaarheid is hulle hoogmoed, wat na vore kom in hulle grootpratery, en boonop om te dink hulle sal wegkom daarmee. Hulle buig voor niemand nie.

Hierdie gebrek aan betroubaarheid bring egter die lewe self in gedrang.

Maar… die vertrapping van die swakkes en armes bring God in beweging en laat Hom belowe om hulle te hulp te kom! “Daarom gryp Ek nou in en gee uitkoms aan dié wat daarna smag.” (vers 6b)

Dit is die belofte wat die Psalmis aangryp en waaraan hy die Here herinner, eintlik meer in ’n stelling as in ’n vraag of gebed: “U, Here, hou oor ons die wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm, selfs al pronk goddeloses nog rond en al heers gemeenheid nog tussen die mense.” (vers 8-9).

Craigie sê:” The danger experienced in mortal speech was to be repelled by the power inherent in divine speech. For those who experience the assault of evil speech, the solution is not to be found in the return of evil speech to enemies, but in confidence in the Word of God, which is firm and cannot be moved.” (Word kommentaar)

Môre lees ons Psalm 13 waar die Psalmis nog steeds worstel met hierdie vraagstuk van die onbetroubaarheid van mense, en vra: Hoe lank nog, Here?

Boodskap en betekenis

Hierdie is ‘n belangrike Psalm om aan vas te hou as jy in ‘n ongelowige en goddelose gemeenskap leef. Soos Dawid die Here smeek om redding en vra om die leuenaars wat die gemeenskap oorheers, te vernietig, só kan jy dit ook doen (vers 1-4). Jy kan vasgryp daaraan dat die Here sal reageer op jou gebed, want Hy is een wat behoeftiges wat om verlossing vra, red (vers 5). Hierdie beloftes van Hom is so suiwer soos silwer wat van alle onsuiwerhede gereinig is (vers 6). God belowe dat Hy oor ons waghou. Hy staan in vir ons uiteindelike beskerming, selfs al pronk die goddeloses nou nog oral rond en al heers gemeenheid nog tussen sulke mense (vers 7-8). Die Here se beloftes sal uiteindelik seëvier.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on 1 Kronieke 28-29Groete!
  • Wansen Engelbrecht on 1 Kronieke 28-29Baie dankie. Groetnis Wansen Engelbrecht Klerksdorp
  • Chris van Wyk on Genesis 1:1-2:3Is dit op 'n selfoon?
  • Johan Kirsten on Genesis 1:1-2:3Middag Chris. Ek merk dat as jy op die "menu" hierbo tik, die blok wat aan die linkerkant verskyn, blanko is. Daar is wel "onsigbare" skakels wat jou na die verskillende bladsye neem. Groete. Johan
  • Chris van Wyk on Psalm 11Dankie, Jenny. Ek het self weer baie moed uit dié Psalm 11 gekry. Veral uit die feit dat ons nie baie beheer het oor die fondamente nie, maar op God kan vertrou wat opregtes suiwer en goddeloses skroei, soos dit in die laaste deel van die Psalm uitgespel word. God kan oneindig meer doen as wat ons k…
  • Jenny on Psalm 11Baie dankie vir die boodskap wat weereens soos vorige boodskappe my help om deur baie swaar tye te kan kom. Die laaste jaar is daar so baie berge wat my toesak dat ek net kan vasklou aan God se woord en U maak dit makliker om sekere dinge beter te verstaan en net aan te hou glo en vertrou. Baie dank…
  • Chris van Wyk on Die Twaalf Kleiner ProfeteDankie Johan, waardeer.
  • Johan v Zyl on Die Twaalf Kleiner ProfeteHi Chris net so baie dankie vir die enorme werk wat jy in Bybelskool doen. Ek gebruik dit elke dag in my bediening hier in Lichtenburg Klipkerk. Ek het op 60 die Bybel herontdek met nuwe passie . Jesusliefde Johan v Zyl
  • Chris van Wyk on Salwing in die BybelEk is bly, Stoffie, dat ek kon help. Die waarhede in die Skrif is ons diepste en enigste beskerming teen dwaling.
  • Stoffie Van Dyk on Salwing in die BybelEk het die afgelope Sondag 'n diens bygewoon wat my baie ontstem het - mense in die gehoor is gesalf deur 'n "profetes", en snaakse dinge het gebeur. Hierdie hele skrywe oor die salfgebruik, en van die antwoorde op vrae was vir my baie leersaam omdat dit vir my Skriftuurlik is. Baie dankie
  • Chris van Wyk on 2 Samuel 18Dankie Lesley, waardeer.
  • Lesley Barnard on 2 Samuel 18Pragtig, ñ mooi toepaslike verduideliking.
  • Chris van Wyk on 2 Samuel 17Hi Hettie. Daar is twee letters in Hebreeus wat amper dieselfde geskryf word, maar verskillend uitgespreek word. Daar is die normale h wat uitgespreek word soos ons dit normaalweg doen. Dan is daar egter ook die letter ḥ (geskryf met 'n h met 'n punt onder) wat anders uitgespreek word. Die uitspraak…
  • Hettie Swart on 2 Samuel 17Baie dankie vir die oopbreek van die Woord. Ek sien dat my Bybel 35 vertaling na Husai verwys en nie Gusai soos in die Bybelstudie aangetoon word nie. Is dit verskillende uitsprake vir dieselfde mens? Help my reg asseblief.
  • Chris van Wyk on Josua 2 – Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe👍