Spreuke
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Spreuke - May 16, 2012
- Spreuke – slagspreuke vir die lewe - July 17, 2012
- Spreuke – Inleiding - July 25, 2012
- Spreuke 1:1-33 – Begin met God - July 26, 2012
- Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore - July 27, 2012
- Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles - July 30, 2012
- Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af - July 31, 2012
- Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings - August 1, 2012
- Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg - August 2, 2012
- Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel - August 3, 2012
- Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef - August 6, 2012
- Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding - August 7, 2012
- Die spreuke van Salomo – Bundel I - August 8, 2012
- Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes
- Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl - August 9, 2012
- Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid - August 10, 2012
- Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde - August 13, 2012
- Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander - August 14, 2012
- Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak - August 15, 2012
- Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik - August 16, 2012
- Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak - August 17, 2012
- Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak - August 20, 2012
- Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles - August 21, 2012
- Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles - August 22, 2012
- Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge - August 23, 2012
- Spreuke 22:1-16 – Die invloed van rykdom en armoede op verhoudings - August 24, 2012
- Die woorde van die wyses – I - August 27, 2012
- Spreuke 22:17-29 – Wysheid leer jou om God te vertrou
- Spreuke 23:1-35 – Werk aan jou netwerk van verhoudings - August 28, 2012
- Spreuke 24:1-22 – Oorwin die kwaad met die goeie - August 29, 2012
- Nog woorde van die wyses – II - August 30, 2012
- Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
- Die spreuke van Salomo – II - August 31, 2012
- Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
- Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie - September 3, 2012
- Spreuke 27:1-27 – Wees verstandig in beplanning en die uitvoering daarvan - September 4, 2012
- Spreuke 28:1-28 – Vra na die wil van die Here en jy sal tussen reg en verkeerd kan onderskei - September 5, 2012
- Spreuke 29:1-27 – Regverdigheid skep ‘n veilige ruimte vir almal - September 6, 2012
- Die uitsprake van Agur - September 7, 2012
- Spreuke 30:1-33 – God is daar vir dié wat by Hom skuil!
- Die woorde van Lemuel - September 10, 2012
- Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou
- Spreuke – Lees, luister, leef – ePub - October 20, 2012
- Tien lewenslesse uit Spreuke - June 12, 2018
- ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf - April 21, 2020
- Spreuke – eenjaarleesplan op YouVersion se Bybeltoep - December 13, 2022
Lucia MOSTERT
Sal graag ook wil ontvang
Chris van Wyk
Hi Lucia, wat wil jy graag ontvang? Die skakels na die inhoud is aan die onderkant van die bladsy.
Danie
Waar Kan ek n boek kry om spreuke Meer in detail te verstaan en waar ek dit in Ander boeke te kry
Dankie by voorbaarr
Danie Cronje
0824581640
Shalom
Chris van Wyk
Hi Danie, op die oomblik is dit net die inhoud by die skakels aan die onderkant van hierdie bladsy wat ek beskikbaar het. Ek het egter ‘n vers vir vers verklaring geskryf wat binnekort by Bybelgenootskap as ‘n Eenjaarplan gepubliseer sal word op hulle BibleSA app op Apple App Store en Google Play Store.
Dirk Uys
Spreuke 5 vers 15 en 18a se uiteensetting asb. hoe moet dit toegepas word in vandag se lewe en persoonlike lewe?
Chris van Wyk
Spreuke 5:15-21
In Spreuke 5:7-14 borduur die pa voort op die versoeking van die vreemde vrou en waarsku al sy seuns teen die effek wat ontrouheid in die huwelik op jouself kan hê. Ontrouheid in die huwelik is nie speletjies nie! Dit lei tot ’n private hel en publieke skandes, sê Spreuke. Natuurlik is daar genade en vergifnis – so leer ons in die NT. Maar, voorsorg is beter as nasorg.
In Spreuke 5:15-21 keer die pa die situasie om. Sal jy nou graag wil hê iemand anders moet by jou vrou kom slaap? Stellig nie, so, waarom dit aan iemand anders doen? Die punt van die verbod op ontrou is om volle vreugde te vind in die huwelik met die vrou (of man) wat die Here vir jou gegee het. Vers 15: “Drink water uit jou eie opgaarput, en lopende water uit jou eie bron.” Jou vrou moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie!
Vers 18 herhaal dit: “Mag jou waterbron geseënd wees; verheug jou oor die vrou van jou jeug.”
Let op dat hier in die enkelvoud gepraat word, want dit was altyd die ideaal dat die huwelik monogaam sal wees, soos Jesus helder in Matteus 19 vir ons leer op grond van Genesis 2. Poligamie het via die nageslag van Kain pos gevat, en selfs die Israeliete het die nasies daarin begin navolg. Maar, dit was nooit God se skeppingsdoel met die mens nie. Laat jou vrou (of man) jou dus bedwelm, en niemand anders nie, want God sien en reageer op alles wat jy doen. Hierdie waarskuwing het daarby ook ‘n geestelike kant, want die Here sien dit alles raak. Jou sonde sal jou inhaal, jy sal sterf deur só ‘n gebrek aan selfbeheersing.