Skip to main content

Jesaja 44:1-45:8

God is die eerste en die laaste, die enigste ware God

Jesaja bring weer die boodskap van hoop en herstel teen die agtergrond daarvan dat Jahwe die enigste ware God is in vergelyking met die volslae nutteloosheid van die handgemaakte afgode van die nasies (Jes 44:1-20). Hy sal sy soewereiniteit demonstreer deur Kores te roep om sy volk se herstel te bewerkstellig (Jes 44:21-28; 45:1-8).

Teks en konteks

Jesaja 44:1-5

Na die herinnering in Jesaja 43 dat Israel die oordeel vir sy afgodery verdien het, bring Jesaja 44:1-5 weer die boodskap van hoop en herstel. Die volk – let op dat dit die hele nageslag van Israel/Jakob is – het gesondig, en is daarvoor geoordeel, maar hulle is steeds God se uitverkore volk, Hy sal hulle red.

Israel word weer hier as die dienskneg van die Here aangespreek. God laat nie maklik sy droom oor hulle vaar nie – dat hulle ’n lig vir die nasies sal wees nie. Daarvoor het Hy hulle gemaak en daarvoor ondersteun Hy hulle steeds.

Darem ’n ongelooflike stuk vertroosting dat God nie die werk wat Hy in ons begin het, versaak nie. Dit is betekenisvol dat Jakob, die Bedrieër, hier Jesurun, die Opregte, genoem word, ’n eretitel wat die verandering wat die Here bring, simboliseer (vgl ook Deut 32:15 waar dit ook so gebruik word).

Let op hoe Jesaja weereens die belofte van die Gees as die stimulus tot nuwe lewe beskrywe, selfs vir die nageslag (vgl Eseg 37). Dit is ook net die Gees wat mense kan beweeg om vreugde te vind in lidmaatskap van God se mense.

Jesaja 44:6-20

Jesaja beklemtoon weereens God se alleenreg tot die titel God. Hy is die eerste en die laaste – soos Jesus ook in Openbaring beskryf word (Openb 22:13). Buiten Hom is daar geen God nie.

  • Ek is die Eerste
  • Ek is die Laaste
  • Ek is die Here

Die Ek is uitsprake oor God se status en karakter gee ’n mens ook ’n ander perspektief op Jesus se Ek is uitsprake in die Johannes evangelie. Daarmee het Hy duidelik gesê dat Hy God is (vgl ook God aan Moses by die braambos – Eks 3).

Let ook op die neerhalende wyse waarop daar oor die dierbare afgode – wat nie kan help nie! – gepraat word (Jes 44:9). Hulle kan nie sien of hoor nie, en dus nie help nie. Hulle moet gemaak word (Jes 44:12-17). Let op hoe skreiend ironies die dwaasheid geteken word om dieselfde hout wat jy vir ’n braaivleisvuur kan gebruik vir die maak van ’n afgod te gebruik, en dan dié afgod te aanbid. Sulke mense se oë is toegepleister en het geen begrip nie, sê Jesaja!

Jesaja 44:21-45:8

Let op hoe Israel, God se dienskneg, opgeroep word om terug te keer na die Here, WANT Hy het hulle verlos (Jes 44:21-22). Dit gee ons die regte perspektief op die wyse waarop verlossing en bekering saamhang. God se werk kom altyd eerste – Hy verlos – en ons werk tweede – ons bekeer ons tot die Here se pad met en vir ons.

Jesaja sluit hierdie beskrywing van God af met ’n beklemtoning van God se onverbreekbare woord – in die Skepping en in die Geskiedenis (Jes 44:24-45:8). Wat God sê, gebeur. Sy woord is sy verbintenis en Hy laat dit gebeur. Daarop kan ’n mens reken. Dit sluit in dat sy boodskappers (profete) se woorde in vervulling gaan; dat Jerusalem weer bewoon sal word; dat Babel gestuit sal word; dat iemand soos Kores (koning van die Perse) gebruik sal word ter wille van sy eie volk.

Kores is in daardie sin ook God se dienskneg – let op dat hy herder en gesalfde (in Hebreeus messias, in Grieks christus) genoem word, wel nie direk dienskneg nie.

Boodskap en betekenis

Met hierdie profesie, wat uiteindelik in die tyd van Daniël en Sesbassar vervul is, bewys God dat Hy God is van die hele aarde, ’n perspektief wat ons moet aangryp en in ons eie beoordeling van wêreld sake ter harte moet neem. En let op die doel waarmee God dit doen. Die omkeer wat Hy vir sy volk bewerk, is gemik daarop dat Hy Homself aan die heidene wil bewys en hulle tot ’n bewussyn en erkenning van sy Goddelikheid wil lei (wat presies is wat Hy ook wil hê die geval moet wees met sy volk – dat hulle Hom sal ken – vgl Jes 1!).

Of die nasies en hulle heersers nou daaraan gehoor gee of nie, dit is wat God wil hê moet gebeur.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda