Skip to main content

Handelinge 24

Paulus verkondig die evangelie aan Feliks in Caesarea

Die Joodse afvaardiging om Paulus in Caesarea aan te kla word deur Ananias, die hoëpriester, en Tertullus, ‘n advokaat gelei. Hulle klag word egter die platvorm vir Paulus se getuienis teenoor Feliks, die Romeinse prokurator (goewerneur), en sy vrou, Drusilla. Feliks het egter die verhoor vir twee jaar laat uitrek in die hoop dat hy ‘n omkoopgeskenk van Paulus sou kry, maar verniet.

Teks en konteks

Die gevlei van Feliks deur die Joodse afvaardiging onder leiding van Ananias en Tertullus om Paulus te beswadder help hulle egter niks, want Feliks is reeds bekend met die hooftrekke van die verloop van die verspreiding van die Christelike godsdiens.

Paulus kry egter nou die kans om die evangelie persoonlik aan Feliks te verkondig deur middel van die hofsaak en die latere gesprekke.

Let op dat van Christenskap as die WEG gepraat word (die 1983-vertaling interpreteer dit as die “leer van Christus” wat die betekenis verberg), soos ons dit talle kere in Handelinge aangetref het (Hand. 9:2; 16:17; 18:25, 26; 19:9, 23; 22:4).

Geen wonder dat as Feliks en sy vrou Drusilla (onthou Pilatus se vrou wat ook ’n rol gespeel het met Jesus se kruisiging – Matt 27:19) meer oor Christus te wete wil kom, Paulus dan met hulle praat oor geregtigheid, oor selfbeheersing, en oor die komende oordeel (vgl. Jesus wat sonde, geregtigheid en oordeel as die werk van die Heilige Gees uitspel – Joh. 16:8).

’n Mens sien nou hoe die prentjie ontvou. Hierdie gesprek is die motivering vir hierdie sameloop van omstandighede, die lydenspad wat Paulus te beurt geval het, dit is, dat hy die evangelie aan die goewerneur moet verkondig.

Feliks word egter nie uiteindelik daardeur oortuig nie. Hy raak bang, onder andere waarskynlik vanweë sy huwelik met Drusilla, want sy was sy derde vrou. Drusilla was ‘n Jodin, ‘n dogter van Herodes Agrippa I (wat deur die Here gestraf is met die dood – Hand. 12), en daarom suster van Herodes Agrippa II wat later ook op die toneel verskyn. Dit was ook haar tweede huwelik, want sy was eers met die koning van Sirië getroud. Sy het hom egter geskei en met Feliks getrou waarmee hulle dus albei oortreders van die Joodse wet geword het.

Feliks het probeer om munt te slaan uit sy mag oor Paulus met die oog op ‘n omkoopgeskenk. Hy’t moontlik gedink dat Paulus vermoënd was, gegewe die geldelike bydrae waarvan Paulus hier praat, hoewel dit natuurlik die bydrae van die gemeentes van Paulus se sendingreise vir die kerk in Jerusalem was.

Feliks rek daarom die tyd in die tronk vir twee jaar uit in die hoop dat hy iets uit die situasie sal kan kry. Korrupsie kom al ’n lang pad met ons!

Boodskap en betekenis

Die boodskap van die evangelie het dus deurgedring tot in die prokurator (goewerneur) se invloedsfeer. Net soos Jesus aanvanklik dit met Pilatus reggekry het om hom met die waarheid te konfronteer, so kry Paulus dit nou ook met Feliks reg. Dit is die belang van hierdie getuienispad, nie of die magtiges positief daarop reageer of nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…