Skip to main content

2 Korintiërs 10

Paulus verdedig sy gesag om hulle op te bou in geloof en gehoorsaamheid

In aansluiting by Paulus se motiverings vir die regkry van die Korintiërs se dankoffer in hoofstuk 8-9, brei Paulus in hoofstuk 10 verder uit oor sy gesag as apostel. In hoofstuk 11 en 12 sal hy skryf oor sy stryd met die valse apostels in die konteks van God se openbarings aan hom, sowel as sy besorgdheid oor die Korintiërs se geestelike volwassenheid. Hy sal sy brief in hoofstuk 13 afsluit met ‘n paar slotopmerkings oor sy verdere reis van hulle af.

Teks en konteks

Let op die sarkastiese toon waarmee Paulus hierdie hoofstuk begin (vgl ook vers 10): “ek, wat mos ‘gedwee’ is as ek by julle is, maar ‘manhaftig’ teenoor julle as ek van julle af weg is”. Dit is ‘n duidelike aanduiding dat die volgende paar hoofstukke ‘n skerper aanslag gaan hê.

Tog koppel hy sy meer persoonlike kommentaar aan die Naam van Christus wat sy sarkasme relativeer. Let op hoe hy van Christus se sagmoedigheid (dit is ‘n beter vertaling as “nederigheid” – vgl Moses: Num 12:3 en Jesus: Matt 11:29; 21:5) en vriendelikheid praat.

Daarmee gee hy steeds ‘n duidelike gesag aan sy woorde, maar maak dit ook duidelik dat dit nie maar is net ter wille van homself wat hy hulle aanspreek en sy apostelskap verdedig nie. Dit is ter wille van en met die gesag van God self wat hy optree.

Hy doen dit aan die een kant met die nodige strengheid (vers 2), om met elke ongehoorsaamheid af te reken (vers 6), sonder egter om hulle bang te maak (vers 9). Sy opdrag en motivering is om op te bou en nie net af te breek nie (vgl. Jeremia se opdrag). Hy hoop daarom dat hulle geloof en gehoorsaamheid in die proses sal toeneem (vers 15).

Ek weet dat die skeidslyn tussen “ernstig beroep doen” (vers 1) en “bangpraat” (vers 9) baie fyn is. Maar, een manier om te sorg dat jy binne jou perke bly wanneer jy ‘n ernstige beroep doen, is om, soos Paulus, seker te maak dat jy in jou eie werkkring optree, en seker te maak dat dit God se opdrag aan jou is (vers 13).

Let ook mooi op dat vers 3-6 nie soseer direk aan geestelike oorlogvoering verbind word nie, maar dat Paulus hier eintlik besig is om die verkeerde idees aan te vat wat sommige van die Korintiërs het oor sy apostelskap. ‘n Mens kan wel in die tweede plek sy gedagtes op die afbreek van ander vestings in mense se gedagtewêrelde van toepassing maak, maar jy moet eers seker maak dat jy sy primêre boodskap goed verstaan.

Paulus spel ook nie die kragtige wapens van God direk uit nie, maar ‘n mens lei af uit vers 4-6 dat dit op gedagtes (redenasies, en hooghartige aanvalle teen die kennis van God wat dui op intellektuele en ideologiese denkraamwerke en wêreldbeskouings), sowel as ongehoorsaamheid (moreel-eties) gerig is, d.w.s. hoe mense dink en hoe mense leef.

Dit kom ooreen met wat Jesus gesê het oor die waarheid wat vrymaak: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Joh. 8:31-32).

Die waarheid verander dus beide ‘n mens se gedagtewêreld en jou gedrag. En dit is in wese wat geestelike oorlogvoering behels, nie ‘n aksie teen duiwels in die eerste plek nie, maar die bring van die waarheid wat die vestings van ongeloof en ongehoorsaamheid in mense se gedagtes en gedrag kan verower en hulle aan Christus verbind.

Hou ook in gedagte dat Paulus in Romeine 1:16 en 1 Korintiërs 2:4 die krag van God spesifiek uitspel in terme van die invloed wat die evangelie in mense se lewens het. Dit is nie gebed teen die geeste wat mense oortuig om die Here in hulle lewens te aanvaar nie, maar die evangelie wat aan die mense verkondig word. Die stryd moet in die gedagtewêreld van mense gevoer word!

Dit is in wese wat Paulus ook in sy latere brief aan die Efesiërs gaan skrywe dat die stryd teen die geeste oor sewe goed gaan: die 1) waarheid, 2) vryspraak, 3) verkondiging, 4) geloof, 5) verlossing, 6) God se woord en 7) gebed vir gelowiges en die bedienaars van die evangelie (Ef. 6:10-20).

Boodskap en betekenis

Paulus verdedig hier sy apostoliese gesag nie om homself te verhef nie, maar om sy gesag om die gelowiges op te bou in geloof en gehoorsaamheid aan Christus te verdedig. Hy doen dit met die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus self, maar terselfdertyd met absolute erns en dringendheid.

Sy gesag is dus gemik op die afbreek van ideologiese en immorele vestings in die denke en lewens van mense sodat hy hulle in geloofsvolwassenheid kan opbou. Die wapens waarmee hy veg, is die waarheid van die evangelie wat mense se denke hervorm en hulle lewens verander.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda