Skip to main content

Wie is God?

Jy kan hier deur 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees werk. Elke week word een vraag behandel in 7 dagstukkies. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd. Daar is ook een bydrae ‘n week vir kleingroepe wat dit in hulle byeenkomste wil gebruik.

Die kursus werk deur die grondbeginsels van die Christelike geloof. Elke antwoord op die onderskeie vrae word aangevul met vier of meer aanhalings uit die Bybel. Daar is ook verwysings na en aanhalings uit die Gereformeerde belydenisskrifte wat die antwoorde in ons Christelike tradisie begrond. Dit is egter gerig op alle gelowiges, nie net op gelowiges van ’n spesifieke kerk nie. Daarom word die antwoorde só geformuleer dat gelowiges hulle eie materiaal kan gebruik om die antwoorde verder in te kleur.

Daar word in die antwoorde na elke artikel van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse verwys (jy kan dit aflaai deur op die skakels te klik): Apostoliese GeloofbelydenisGeloofsbelydenis van Nicea en Geloofsbelydenis van Athanasius. Daar word ook na elke artikel van die Gereformeerde Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus verwys, sowel as die grootste deel van die Dordtse Leerreëls (hier is ‘n kort inleiding daarop) en die Westminster Confession of Faith. Daar is ook ’n paar verwysings na die Westminster Shorter Catechism.

Elke week werk soos volg:

Dag 1. ‘n Vraag en my antwoord daarop – met verdere besprekingsvrae – wat ook as kleingroepmateriaal gebruik kan word.

Dag 2-5. Vier tekste uit die Bybel wat my antwoord ondersteun.

Dag 6. Aanhalings uit die belydenisskrifte wat my antwoord ondersteun.

Dag 7. ‘n Boodskap wat die antwoord verder verduidelik.

Hoe om in te skryf en die kursus te volg

  1. Registreer hierbo by die webtuiste.
  2. Log in in die widget regs bo of by hierdie skakel.
  3. Klik dan op hierdie skakel vir die eerste les waarna jy die “next” skakel kan klik vir die volgende lesse.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lessons

Wie is God? – Psalm 92:2-6,9

Preview

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste; om soggens u goedheid aan te kondig, en in die aand u getrouheid, met snaarinstrumente, met die harp en die begeleiding met die lier. U groot dade maak my bly, Here! Ek juig oor u handewerk. Hoe groot is u werke, […]

Wie is God? – Psalm 86:8-12,15

Preview

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Daar is nie ’n god soos U nie, Here. Niemand kan u werke naboots nie. Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U neerbuig, Here; hulle sal u Naam verheerlik. Want U is groot en doen wonderdade. U alleen is God. Leer my u weë, Here, sodat ek in u waarheid […]

Wie is God? – Jesaja 40:12-14,26-28

Preview

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Wie anders het die oseane in sy hand gehou? Wie het die hemel afgemeet met die breedte van sy hand? Wie het die grond van die aarde met ’n maatemmer gemeet, of het die berge en die heuwels met ’n skaal geweeg? Wie kan die Gees van die Here advies gee? Wie weet genoeg om […]

Wie is God? – Jeremia 51:18-19

Preview

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Afgode is eintlik nutteloos, ’n bedrogspul! As die tyd van afrekening kom, sal hulle vernietig word. Maar die God van Israel is nie so ’n afgod nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak, ook sy eie volk, sy besonderse besitting. Hy is die Here, die Almagtige! (NLV) 1. Onderstreep die beskrywings van God se werklikheid. […]

Wie is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte

Preview

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van God se wese en werke, sy sorg, sy weë en werklikheid uit die geloofsbelydenisse van die verlede? Hoe laat dit jou voel? Nederlandse Geloofsbelydenis 1 DIE ENIGE GOD Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike […]

Wie is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17

Preview

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Onsekerheid en onrus Ek dink nie ons was al ooit in ons land in soveel onsekerheid en onrus gedompel nie. Die politieke gevegte in ons stede is vuil en verbete. Die sosiale onrus rondom grond en dienslewering groei by die dag. Ons regstelsel het slagvelde geword waar wydverspreide korrupsie en die grootskaalse kaping van bronne […]

Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe dink jy oor die Drie-Eenheid? Watter betekenis het dit vir jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit. God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Vader is die oorsaak en oorsprong van alles. Die Seun is die Woord en Beeld van die Vader. Die Heilige Gees […]

Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17

Author: Chris van Wyk

Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word.” (NLV) Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom […]

Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die Drie-eenheid se wese en werke? Hoe laat dit jou voel? Geloofsbelydenis van Athanasius 1-28 Vir elkeen wat salig wil word, is dit in die eerste plek nodig dat hy die algemene geloof moet vashou. As iemand dit nie heeltemal en ongeskonde bewaar nie, […]

Vraag 3: Wat is die mens?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe dink jy oor die mens? Hoe is ons gemaak? Wat is ons doel en bestemming? 2. Lees my antwoord en oordink dit. God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep, volgens sy eie beeld, manlik en vroulik. God het die mens goed, regverdig en heilig gemaak om Hom reg te ken, van […]

Wat is die mens? – Genesis 1:26-28

Author: Chris van Wyk

God sê toe: “Laat Ons ’n mens maak wat met Ons ooreenstem om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere, en oor alles wat op die aarde kruip.” God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie […]

Wat is die mens? – Psalm 8:4-10

Author: Chris van Wyk

Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee? U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met […]

Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24

Author: Chris van Wyk

Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is. (NLV) 1. Onderstreep die beskrywings van die nuwe mens. Let op hoe die nuwe geestelike […]

Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11

Author: Chris van Wyk

Julle het die vorige mens en sy praktyke soos klere uitgetrek en die nuwe mens aangetrek. Hierdie mens kry voortdurend nuwe insig en word só verander en nuut gemaak om al meer soos sy Skepper te lyk. In hier die nuwe lewe is daar nie langer sprake van Griek of Jood, besny of onbesny, ongekultiveerd, […]

Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die mens se wese en werke? Hoe laat dit jou voel? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 14 DIE SKEPPING VAN DIE MENS, DIE SONDEVAL EN DIE GEVOLGE DAARVAN Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het; […]

Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester

Author: Chris van Wyk

Wraak verkoop flieks. Man on fire. The Equalizer. John Wick. Creasy (Denzel Washington) skilder sy groot meesterstuk in Man on Fire. Sy kuns is die dood. Sy motivering is om ‘n dogtertjie van haar ontvoerders te red. En die onaantasbare korrupte polisiemag te ontbloot. Maar met oordadige bloederige geweld. In The Equalizer neem Robert McCall (Denzel Washington) ook wraak teen die […]

Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe dink jy oor die hele Skepping? Die oorsaak en oorsprong van alles. Die doel en bestemming. Die betekenis daarvan. 2. Lees my antwoord en oordink dit. God het alles wat bestaan goed gemaak deur sy woord. Hy laat niks aan toeval of geluk oor nie. Hy onderhou en regeer my deur sy ewige […]

Vraag 5: Hoe ken jy God?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe het jy God leer ken? Wie en wat het jou kennis van God gevorm? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Deur die skepping en versorging van die heelal. Dit is soos ’n mooi boek waarin ek God se ewige krag en Goddelikheid duidelik sien. Hy het alles gemaak en op Hom is […]

Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21

Author: Chris van Wyk

Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. Die Here se voorskrifte is volkome, dit gee nuwe lewenskrag. Die bepalings van die Here is betroubaar; dit maak die eenvoudige verstandig. (NLV) Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek […]

Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96

Author: Chris van Wyk

U woord, Here, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. U trou is vir geslag na geslag, U het die aarde gevestig, en dit staan nog vas. U bepalings is vandag nog waar, want al hierdie dinge is u dienaars. As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het […]

Hoe ken jy God? – Romeine 1:20

Author: Chris van Wyk

Hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy Goddelikheid, reeds van die skepping van die wêreld af duidelik uit sy handewerk waarneem. Daarom kan hulle hulleself nie verontskuldig nie. (NLV) 1. Watter onsigbare eienskappe van God kan jy uit die skepping aflei? Kan ‘n mens dit miskyk en God daarvoor verkwalik? 2. […]

Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10

Author: Chris van Wyk

God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oop – maak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak. (NLV) 1. […]

Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die kennis van God? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 2 DIE MIDDELE WAARDEUR ONS GOD KEN Ons ken Hom deur twee middele: Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele […]

God bestaan en God praat – Psalm 19

Author: Chris van Wyk

SKEPPINGSPSALM Psalm 19 is een van die skeppingspsalms (soos ook 29, 33, 65, 74, 104, 136, 147 en 148).  Dit roep die verloop van die skeppingsverhaal van Genesis 1-3 in herinnering.   Die Psalmis het gehoop dat dié Psalm mense in vervoering sou laat oor God, sodat hulle later as hulle van die tempel af huis […]

Vraag 6: Wat is die Bybel?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe het jy die Bybel leer ken? Wie het jou die Bybel leer lees? Wat is die Bybel vir jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Die Bybel is die geskrewe Woord van God. Die Heilige Gees getuig in my hart dat dit so is. Die kerk aanvaar slegs die 66 boeke van […]

Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21

Author: Chris van Wyk

Dit laat die boodskap van die profete vir ons nog vaster staan. Luister baie mooi na hulle woorde, want dis soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn – totdat Christus verskyn en sy helder lig julle harte verlig. Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet […]

Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112

Author: Chris van Wyk

U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. Ek het reeds belowe, en ek bevestig: u regverdige bepalings sal ek gehoorsaam. Ek het baie swaar gekry, Here. Vernuwe my lewe volgens u woord. Here, aanvaar die offers van my mond, en leer my u bepalings. My lewe is gedurig […]

Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12

Author: Chris van Wyk

Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou. (NLV) Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. […]

Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27

Author: Chris van Wyk

Die Here het toe vir Moses gesê: “Skryf op wat vandag gebeur het sodat julle dit altyd kan onthou. Bevestig aan Josua dat Ek Amalek se naam totaal sal uitwis.” (NLV) Die Here het ook vir Moses gesê: “Skryf alles neer wat Ek vir jou sê. Dit is die bepalings van my verbond met Israel.” […]

Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die Bybel? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 3 en 5 Artikel 3 DIE GESKREWE WOORD VAN GOD Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van ‘n mens gestuur of voortgebring is […]

Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24

Author: Chris van Wyk

Die noodsaak van die wet Die pad met God kan net op een manier bewandel word, en dit is deur ‘n absolute gehoorsaamheid aan sy wil vir die lewe. Hierdie wil word uitgespel in die gawe en onderrig van die Tora. Dit is waarom ‘n mens nooit die wet kan lig skat of ignoreer nie. […]

Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe lees jy die Bybel? Wanneer? Waar? Hoeveel op ‘n slag? Volgens watter metode? Watter vertalings gebruik jy? Watter verklarings gebruik jy? Hoe reageer jy op die Bybel? Watter gesag dra dit in jou lewe? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Ek lees die Bybel as maatstaf vir wat ek glo, dink en […]

Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27

Author: Chris van Wyk

Toe sê Jesus vir hulle: “O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle om alles wat die profete gesê het, te glo! Moes die Messias nie hierdie dinge ly om sy heerlikheid in te gaan nie?” Hierna het Jesus begin om vanaf Moses en al die profete al die Skrifgedeeltes wat oor Hom […]

Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35

Author: Chris van Wyk

Filippus het nadergedraf en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra hom toe: “Verstaan u wat u lees?” Die Etiopiër het geantwoord: “Hoe kan ek as niemand dit vir my verduidelik nie?” Hy het Filippus toe mooi gevra om op te klim en by hom te kom sit. Filippus het toe […]

Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17

Author: Chris van Wyk

Bly getrou aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. Jy ken die Heilige Skrif van kindsbeen af en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. Die hele Skrif […]

Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?

Author: Chris van Wyk

Ons het verlede week Hervormingsondag gevier. Dié dag waarop ons nadink oor ons Protestantse erfenis. Ons kon die baanbrekerswerk van die Waldense, Johannes Hus van Boheme, Maarten Luther van Duitsland, John Wycliff van Engeland, Johannes Calvyn van Genève, en talle ander hervormers in herinnering roep. Ons kon nadink oor die vrug van hulle werk wat ‘n neerslag in ons […]

Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet?

Author: Chris van Wyk

1. Wat verwag God van jou in sy wet soos Hy dit in die Tien Gebooie vasgestel het? Hoe sal jy dit opsom? Is die wet steeds geldig? Hoe hou die wet verband met die genade van die evangelie? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Dat ek God sal liefhê bó alles en my […]

Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20

Author: Chris van Wyk

Julle moenie die rede vir my koms misverstaan nie. Ek het nie gekom om ’n streep deur die wet of die profete te trek nie. Ek het gekom om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom. Ek verseker julle, al sou die hemel en aarde ophou bestaan, sal die wet definitief tot […]

Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4

Author: Chris van Wyk

Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood. Die wet van Moses kon ons as gevolg van ons sondige natuur nie verlos nie. Daarom […]

Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11

Author: Chris van Wyk

Ons weet dat die wet goed is as ’n mens dit gebruik soos God dit bedoel het en besef die wet is nie soseer gemaak vir mense wat reg optree nie, maar eerder vir mense wat ongehoorsaam en opstandig is, wat teen God is en sondig, wat niks as heilig beskou nie en dit wat […]

Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40

Author: Chris van Wyk

Die musiek van Beethoven Wie ken die musiek wat met hierdie vier note begin: ta, ta, ta, DA? Ja, Beethoven se Vyfde Simfonie (1804-1808). Wêreldbekend. Interessant, Beethoven was al doof toe hy dit gekombineer het. Hy kon die note net in sy kop hoor. So lyk die musiek van die eerste blad: Hierdie Vyfde Simfonie […]

Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie?

Author: Chris van Wyk

1. Wat beveel God in die eerste drie gebooie (Eks 20:3-7) Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Ek moet God met my hele hart liefhê. Ek moet God reg aanbid. Ek moet God se Naam respekteer.Ek moet Hom alleen as die enigste ware en […]

Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia

Author: Chris van Wyk

Wat doen jy wanneer jy worstel met ‘n saak? Waarmee worstel jy op die oomblik? ‘n Groot besluit oor jou toekoms? ‘n Konflik binne jou familie? ‘n Deur wat vir jou toegegaan het? ‘n Deur wat vir jou oopgegaan het? Want, laat ons eerlik wees, beide oop en toe deure is uitdagings! Hoe hanteer jy […]

Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?

Author: Chris van Wyk

1. Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod (Eks 20:8-12) Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Ek moet die rusdag vir God en saam met gelowiges vier. Ek moet my ouers en gesagsfigure gehoorsaam. Ek aanbid God persoonlik en in die openbaar, […]

Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25

Author: Chris van Wyk

Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het. Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte […]

Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11

Author: Chris van Wyk

Ek het in die groot vergadering geregtigheid verkondig. Ek was nie bang om reguit te praat nie. Here, U weet dit tog. U geregtigheid het ek nie vir myself gehou nie; ek het vertel van u trou en van u reddende mag. In die groot vergadering het ek nie geswyg oor u goedheid en getrouheid […]

Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21

Author: Chris van Wyk

Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers gehoorsaam wees, want dan is die Here tevrede. Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders sodat hulle moed verloor nie. (NLV) 1. Wat tref jou van Paulus se opdrag aan kinders en aan ouers? 2. Dink na oor die impak wat die gehalte van die onderlinge […]

Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4

Author: Chris van Wyk

Kinders, omdat julle aan die Here verbonde is, moet julle aan julle ouers gehoorsaam wees. Dit is mos die regte ding om te doen! “Eer jou vader en jou moeder” is die eerste van die Tien Gebooie waaraan ’n belofte verbind is: “Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank op die aarde […]

Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis hieronder. Wat leer jy van wat God van ons verwag in die vierde en vyfde gebod? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Heidelbergse Kategismus 103-104 103 Vraag: Wat gebied God in die vierde gebod? Antwoord: God wil Ten eerste […]

Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32

Author: Chris van Wyk

Dit is die laaste week van Jesus se bediening. Hy het as die “profeet van Nasaret” Jerusalem binnegery op ‘n donkie. Met die Hosannas van die skare in sy ore en die takkies wat wuif (Matt 21:1-11). Sy missie? Om die tempel te reinig. Dit het ‘n rowersnes geraak wat net om die ekonomiese voorspoed […]

Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod?

Author: Chris van Wyk

1. Wat beveel God in die sesde en sewende gebod (Eks 20:13-14). Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Ek moet mense nie doodmaak nie. Ek moet rein en getrou bly vir en in die huwelik. Ek mag myself en ander nie onteer, haat, beledig […]

Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26

Author: Chris van Wyk

Julle het gehoor dat vir ons voorouers gesê is: “Jy mag nie moord pleeg nie. As jy moord pleeg, sal jy voor die regbank rekenskap moet gee.” Maar Ek sê vir julle, elkeen wat vir sy medemens kwaad bly, sal al klaar voor die regbank moet verantwoording doen. As jy vir iemand sê “jou gek”, […]

Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48

Author: Chris van Wyk

Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ’n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. En gee vir hulle wat jou hof toe […]

Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32

Author: Chris van Wyk

Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ’n wellustige oog na ’n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg. En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou […]

Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12

Author: Chris van Wyk

Hou aan met vra en God sal vir julle gee. Hou aan met soek en julle sal kry. Hou aan klop en God sal die deur vir julle oopmaak. Elkeen wat so volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry; en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak. Julle as ouers sal tog nie […]

Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31

Author: Chris van Wyk

Julle moet die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam. Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ’n houvas gee nie. Die dief moet ophou steel en eerder hard werk. Hy moet sy eie hande vir […]

Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10

Author: Chris van Wyk

Ware godsdiens saam met tevredenheid is ’n groot rykdom. Ons het immers niks saamgebring toe ons in die wêreld gekom het nie, en ons kan ook nie enigiets saamneem wanneer ons sterf nie. As ons dus genoeg kos en klere het, laat ons tevrede wees. Maar mense wat begeer om ryk te wees, val in […]

God wil ons heilig maak

Author: Chris van Wyk

Ons het dié week gefokus op die vraag hoekom God ons aan die wet hou al kan niemand dit volmaak hou nie. Die antwoord wat vir my die meeste sin maak, is antwoord 115 van die Heidelbergse Kategismus. God wil ons heilig maak. Daarom het ons 1 ) nodig om ons sondige natuur hoe langer […]

Vraag 15: Wat is sonde?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is sonde? Hoekom dink jy so? Watter rol speel jou mening daaroor? Ander se mening? God s’n? 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit. Sonde is om God se wet te oortree en te lewe in sy wêreld asof Hy nie bestaan nie. Sonde laat almal rebelleer teen God se […]

Wat is sonde? – Matteus 13:40-43

Author: Chris van Wyk

Net soos die onkruid bymekaargemaak word en verbrand word, so sal dit ook wees by die voleinding van die wêreld. Ek, die Seun van die Mens, sal my engele uitstuur. Hulle sal alles wat sonde veroorsaak en almal wat God se wet oortree uit my koninkryk verwyder en hulle in die brandende oond gooi. Daardie […]

Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11

Author: Chris van Wyk

Besef julle dan nie dat mense wat ’n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie. Mense wat ’n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan, diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters, swendelaars – nie een van hierdie mense sal deel […]

Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10

Author: Chris van Wyk

Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom […]

Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15

Author: Chris van Wyk

Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet. Wanneer iemand iets verkeerds wil doen, moet hy nie sê: “God verlei my” nie. Ons weet mos God kan nie verlei word […]

Wat is sonde? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 15, die Westminster Korter Kategismus 14 sowel as die Westminster Geloofsbelydenis Hoofstuk 6 hieronder. Wat leer jy van wat sonde is? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 15 DIE ERFSONDE Ons glo dat die erfsonde deur die ongehoorsaamheid van Adam oor […]

Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood

Author: Chris van Wyk

As ‘n mens oor die sonde nadink kan ‘n mens nie anders as om by die verhale van Genesis 3 en 4 te begin nie. Die sonde van Adam en Eva deurbreek die verhouding met God. Die sonde van Kain deurbreek die verhouding met sy broer Abel. Jy kan gerus vandag albei bydraes daaroor by […]

Vraag 16: Wat is afgodery?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is afgodery? Wat sluit dit alles in? Hoe kan ‘n mens jou daaraan skuldig maak? 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit. Afgodery is om God se werke eerder as God self te aanbid; om my vertroue te stel in iets wat ek uitdink of besit. Afgodery is om die […]

Wat is afgodery? – Levitikus 19:4

Author: Chris van Wyk

Moenie op afgode vertrou of vir julleself gode van metaal maak nie. Ek, die Here, is julle God. (NLV) 1. Levitikus 19 bevat 32 riglyne wat met elke gebod in die Tien Gebooie verbind kan word. Vers 4 kan met die eerste twee gebooie verbind word: 1) geen ander gode; 2) geen afbeelding van God […]

Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9

Author: Chris van Wyk

Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid. Almal wat beelde vereer, is tot skande gebring, almal wat roem op hulle nietige afgode; want alle gode moet voor Hom buig. Sion het dit gehoor en is bly, en die stede van Juda juig oor u oordele, Here! Want U, Here, is hoog verhewe […]

Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25

Author: Chris van Wyk

Ja, hulle het ’n Godsbesef gehad, maar tog het hulle Hom nie as God geëer of aan Hom dankbaarheid betoon nie. Inteendeel, hulle het vir hulleself allerlei belaglike voorstellings oor ’n godheid begin maak en hulle verdwaasde harte het heeltemal toegeslaan. Alhoewel hulle daarop aanspraak maak dat hulle danig slim is, het hulle in werklikheid […]

Wat is afgodery? – Handelinge 15:20

Author: Chris van Wyk

Ons moet vir hulle skryf om weg te bly van dinge wat deur afgode besoedel is, van seksuele sondes, asook van iets wat verwurg is, en van bloed. (NLV) 1. Hierdie uitkoms van die vergadering van gelowiges in Jerusalem is merkwaardig. Twee breë voorskrifte uit die wet is op alle gelowiges van toepassing gemaak. Hulle […]

Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 29 en 36 (let op na die voorskrif rondom afgodery), die Heidelbergse Kategismus 95 sowel as die Westminster Geloofsbelydenis Hoofstuk 23 hieronder. Wat leer jy van wat afgodery is? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 29 DIE KENMERKE VAN DIE WARE […]

Gideon verruil God vir afgode

Author: Chris van Wyk

Om die aantrekkingskrag van sowel as die afvalligheid wat afgodery veroorsaak, te verstaan, is Gideon ‘n goeie gevallestudie. Ek nooi jou dus uit om my bydraes te lees oor die drie hoofstukke waarin sy verhaal vertel word: Rigters 6 – Die Here se geduld met Gideon maak hom gereed as rigter Rigters 7 – Gideon […]

Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly?

Author: Chris van Wyk

1. Is God se straf nie in konflik met sy genade nie? Hoe hou dit verband met mekaar? Wat dink jy? 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit. Nee, God se woede oor sonde en afgodery is verskriklik. Hy straf dit in hierdie lewe en die lewe hierna. Sonde en afgodery bring God […]

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6

Author: Chris van Wyk

Hiervan kan julle seker wees: niemand wat seksuele sondes en immorele dade doen, en niemand wat gierig lewe – so iemand dien immers ’n afgod – sal ’n erfdeel ontvang in die koninkryk van Christus en van God nie. Moenie om die bos gelei word deur mense wat verskonings soek vir hierdie sondes nie. Die […]

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7

Author: Chris van Wyk

U regterhand, Here, is sterk. U regterhand, Here, verbrysel die vyand. U is geweldig hoog. U verpletter hulle wat U probeer teenstaan. U woede bars los, U verwoes hulle soos vuur wat gras verbrand. (NLV) 1. Eksodus 15 is ‘n loflied van Israel met die tog deur die Rietsee waarin hulle beskerm is en droogvoets […]

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20

Author: Chris van Wyk

Van sy hemelse woonplek af maak God sy straf bekend oor die mense wat goddeloosheid en ongeregtigheid bedryf en so die waarheid onderdruk. In hulle harte het hulle immers ’n duidelike besef van God, want God het dit aan hulle bekendgemaak. Want hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy Goddelikheid, reeds […]

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus 10-13. Wat leer jy van waarom God sonde en afgodery nie ongestraf laat bly nie? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Heidelbergse Kategismus 10-13 10 Vraag: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly? Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is […]

Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag

Author: Chris van Wyk

Die verhaal van God se ingrype met ‘n nuwe begin vir Noag, sy familie en nageslag wys op uitnemende wyse die karakter van God. God se droefheid oor die mensdom se bose gedagtes en gedrag gaan oor in genade as Hy iemand vind met wie Hy die pad met die mens vorentoe kan loop, al […]

God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou

Author: Chris van Wyk

Die pas begin versnel met die trek langs die Dooie See op aan die oostekant van die Jordaan. Die eerste oorwinning wat die tweede generasie van Israel behaal, is teen die Kanaäniete van koning Arad wie se stede hulle met die banvloek tref (Numeri 21:1-3).   ‘n Mens sou wou dink dat die probleme van die verlede […]

Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig?

Author: Chris van Wyk

1.  Dink jy daar is verskillende maniere om jou van die skuld van sonde en afgodery te red? Watter soort Verlosser het jy nodig? Wat van ander mense in die wêreld? Het hulle dieselfde Verlosser nodig? 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit. ’n Verlosser wat tegelykertyd ware regverdige mens is en […]

Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6

Author: Chris van Wyk

So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, want Hy wil dat almal verlos word en die waarheid verstaan. Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus. Hy het sy lewe gegee om vryheid vir elkeen te koop. Dit is […]

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6

Author: Chris van Wyk

’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg […]

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18

Author: Chris van Wyk

Die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid. Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hy is die Een wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Hy wat ná my […]

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8

Author: Chris van Wyk

Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die […]

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 18-20, die Heidelbergse Kategismus 35-36 en die Westminster Geloofsbelydenis 8. Wat leer jy van die Verlosser wat jy nodig het? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 18-20 Artikel 18 DIE MENSWORDING VAN JESUS CHRISTUS Ons bely dat God die belofte aan […]

Matteus 17:1-8 – Luister na Hom!

Author: Chris van Wyk

Laurel en Yanny Ek wil hê julle moet na die volgende klankgreep luister en vir my sê wat julle hoor. https://www.nytimes.com/interactive/2018/05/16/upshot/audio-clip-yanny-laurel-debate.html Wie hoor laurel? Wie hoor yanny? Speel ‘n bietjie rond met die frekwensie. Wat hoor julle as dit hoër gaan? En laer? Dit verander nê!? Dit is die instrument wat die New York Times […]

Die krag van die kruis

Author: Chris van Wyk

Ons maak moeilik vrede met lyding Ons maak baie moeilik vrede met lyding. Veral ons eie lyding of die lyding van mense na aan ons. Tog is daar iets fassinerend in die lyding van ‘n besondere mens of ‘n leier. Hoekom? Want ons weet uit die geskiedenis dat daar ongelooflike krag sit in die lyding […]

Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood?

Author: Chris van Wyk

1.  Wat is jou enigste troos in lewe en dood? Dink eerlik en diep na oor hierdie vraag. Dit is die belangrikste vraag en antwoord in hierdie reeks. 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit. Dat ek met liggaam en siel nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, […]

Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14

Author: Chris van Wyk

Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. Ondertussen sien ons daarna uit dat die wonderlike hoop […]

Tien woorde van Troos

Author: Chris van Wyk

Wat troos jou? Ek onthou toe ek vier jaar oud was, het ek een die nag van my bed afgeval. Dit was donker. Ek was bang. En ek het geroep. My ma het gekom. Interessant nie my lig aangesit nie. My opgetel, my terug gesit in die bed, en ‘n tydjie daar gesit. Tot ek […]

Vraag 22: Hoe kan jy verlos word?

Author: Chris van Wyk

1.  Hoe kan jy verlos word? Wat moet jy weet, en wat moet jy glo, om seker te wees dat jy verlos is? 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit. God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan […]

Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17

Author: Chris van Wyk

God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word. […]

Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29

Author: Chris van Wyk

Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo. Almal wat deur die doop met Christus één geword het, se lewe word nou heeltemal deur Christus bepaal. Nou is daar nie langer sprake van Jood of Griek, slaaf of vryman, man of vrou nie; julle is tog almal één in Christus Jesus. […]

Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17

Author: Chris van Wyk

Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en […]

Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9

Author: Chris van Wyk

Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie. (NLV) 1. Geloof is ‘n gawe van God. Net so is verlossing […]

Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 23 en Heidelbergse Kategismus 2. Wat leer jy oor hoe jy verlos kan word? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 23 ONS GEREGTIGHEID VOOR GOD Ons glo dat ons geluksaligheid geleë is in die vergewing van ons sondes om Jesus […]

As iemand nie van bo-af gebore word nie

Author: Chris van Wyk

Johannes 2:23–3:36 Drie reaksies op Jesus word in hierdie gedeelte vertel: Mense wat tot geloof in Hom kom op grond van die wondertekens wat Hy gedoen het – Joh 2:23-25; Die gesprek wat Nikodemus, die Fariseër en bekende leermeester, met Jesus een nag kom voer het – Joh 3:1-22; Die getuienis van Johannes die Doper […]

Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus?

Author: Chris van Wyk

1.  Wat is geloof in Jesus Christus? Watter rol speel kennis? Watter rol speel vertroue? Watter rol speel God? Watter rol speel jy? 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.  Om alles wat God in sy Woord geopenbaar het oor Jesus Christus as waar te aanvaar en Hom alleen te vertrou. ’n […]

Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2

Author: Chris van Wyk

As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid […]

Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is

Author: Chris van Wyk

Die verhaal van Gladys Aylward fassineer my.  Sy het gelewe van 1902 – 1970 en was aanvanklik ’n Britse huisbediende.  En met ’n eenvoudige opleiding – sy was ’n groot leser – en ’n passie vir China – sy het later Chinese burgerskap aanvaar – het sy eenvoudig wonders verrig. Saam met Jeannie Lawson het sy die verste […]

Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28

Author: Chris van Wyk

Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. Want God het Hom gestuur as ’n offer wat […]

Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20

Author: Chris van Wyk

Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV) 1. Paulus verduidelik hier dat geloof nie […]

Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24

Author: Chris van Wyk

Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien. (NLV) 1. Paulus spel […]

Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 22, Heidelbergse Kategismus 21, 32-33 en Westminster Geloofsbelydenis 10. Wat leer jy oor geloof in Jesus Christus? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 22 ONS REGVERDIGING DEUR DIE GELOOF Ons glo dat die Heilige Gees ‘n opregte geloof in ons harte […]

‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig

Author: Chris van Wyk

Johannes 4 Jesus is die enigste een wat jou lewe kan verander.  Hy is die enigste een wat jou begeerte na God, daardie behoefte na sin en betekenis, na heelheid en tevredenheid kan bevredig. En die beste manier om dit reg te kry, is om, soos Eugene Petersen dit noem, ‘n aptyt vir God te […]

Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan?

Author: Chris van Wyk

1.  Waar kom die ware geloof vandaan? Watter rol speel God? Watter rol speel jy? 2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit. Ware geloof is ’n geskenk van God soos elke ander gawe wat Hy vir my gee. Hierdie ware geloof kom deur die hoor van die Woord van God en deur […]

Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7

Author: Chris van Wyk

Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons […]

Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6

Author: Chris van Wyk

Wat ons betref, die Gees laat ons uitsien na dit waarop ons hoop: vryspraak deurdat ons glo. Vir mense wat met Christus verenig is, is dit nie belangrik of jy besny is of nie besny is nie. Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word. (NLV) 1. Paulus beklemtoon hier dat […]

Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14

Author: Chris van Wyk

Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. Die Heilige Gees is God se deposito wat ons […]

Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6

Author: Chris van Wyk

In al ons gebede dank ons God, die Vader van ons Here Jesus Christus, vir julle, want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en van julle liefde vir al God se mense. Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het […]

Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 24, Heidelbergse Kategismus 65, Dordtse Leerreëls 2.1.6-7; 3-4.1.12-14 en Westminster Geloofsbelydenis 11. Wat leer jy waar die ware geloof vandaan kom? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 24 ONS HEILIGMAKING EN GOEIE WERKE

Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom

Author: Chris van Wyk

Jesus is by ’n bruilof in die dorpie van Natanael, Kana.  Sy ma is daar sowel as sy dissipels, ook waarskynlik sy broers (vers 12).  Dit is op die derde dag na die gesprek met Natanael. Miskien was dit ’n familie-troue wat moontlik verklaar hoekom Maria verantwoordelik gevoel het om die gebrek aan wyn aan […]

Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea?

Author: Chris van Wyk

1.  Deur die eeue het Christene hulle geloof in kort bondige geloofsbelydenisse opgesom om die ware geloof te bely teenoor valse leringe. Die geloofsbelydenis van Nicea is een van die bekendstes, saam met die Apostoliese Geloofsbelydenis (12 artikels) en die Geloofsbelydenis van Athanasius. In die Gereformeerde tradisie is daar ook belydenisskrifte geskryf: Die Nederlandse Geloofsbelydenis, […]

Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8

Author: Chris van Wyk

Jy moet ’n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, met gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal die teenstanders beskaamd staan omdat hulle dan niks slegs oor ons te sê het nie. (NLV) 1. Paulus se brief aan Titus moedig hom aan om ‘n gesonde geloof (hfst 1), ‘n gesonde leer (hfst 2) en […]

Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Geloofsbelydenis van Nicea en die Heidelbergse Kategismus 22-25 wat ook die Apostoliese Geloofsbelydenis (12 artikels) insluit. Wat leer jy oor geloof uit hierdie twee belydenisse? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Geloofsbelydenis van Nicea 1-12 1) Ons glo in een God, die almagtige Vader, die […]

Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Author: Chris van Wyk

Lees vandag die hele brief van Judas. Dit is ‘n kosbare verdediging van die oorgelewerde geloof, die enigste fondament van ‘n gesonde geloof. Inleiding op Judas Die brief van Judas word geskryf deur die: “dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus.” Daarmee kies Judas om sy geloofsbande met Jesus te beklemtoon eerder as sy […]

Vraag 26: Wie is die Vader?

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

1. Hoe dink jy oor God die Vader? Hoe sou jy Hom beskryf? Hoe beïnvloed jou ervaring van jou eie pa jou perspektief op God as Vader? En jou ervaring van ander pa’s? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Die Vader is die oorsaak, oorsprong en begin van alles. Hy is die almagtige Skepper […]

Wie is die Vader? – Psalm 68:6-7

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees; dít is God in sy heilige woning. God gee aan die eensame ’n tuiste; dié wat gevange is, lei Hy na vryheid, maar opstandelinge woon in ’n verlate woestyn. (NLV) 1. Hoewel die NT baie meer oor God se Vaderskap sê, is dit ‘n tema wat alreeds […]

Wie is die Vader? – Jesaja 63:15-16

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Kyk af uit die hemel en sien ons tog raak van waar U sit, op u heilige en verhewe troon. Waar is u ywer van voorheen, u magtige dade? U weerhou u ontferming en genade van ons. U is mos nog ons Vader! Selfs as Abraham en Israel ons nie wil erken nie, bly U […]

Wie is die Vader? – Deuteronomium 32:6

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Is dit hoe julle die Here behandel, julle dom en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskep het nie? Het Hy jou nie gemaak en gevorm nie? (NLV) 1. Hierdie teks kom uit die Wet. Moses is besig in sy derde preek vóór die Intog in Kanaän met ‘n loflied op die […]

Wie is die Vader? – Romeine 8:15-17

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Die gees wat julle ontvang het, is nie ’n gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader. Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is. En […]

Wie is die Vader? – Die belydenisskrifte

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Apostoliese Geloofsbelydenis 1, die Geloofsbelydenis van Nicea 1, die Nederlandse Geloofsbelydenis 8 en 12, sowel as die Heidelbergse Kategismus 26 wat ‘n uitleg van die Apostoliese Geloofsbelydenis 1 is. Wat leer jy oor God die Vader uit hierdie belydenisse? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? […]

Ek is doodsbenoud

Author: Chris van Wyk

God die Vader Hoe dink jy oor God die Vader? Hoe sou jy Hom beskryf? Baie van ons kyk na God die Vader deur die bril van ons ervaring. Dit beïnvloed ons beskrywing van God as Vader. As ons eie pa’s ‘n goeie invloed op ons gehad het, dink ons God is soos hulle. Ek […]

Vraag 27: Wie is die Seun?

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

1. Hoe dink jy oor God die Seun? Hoe sou jy Hom beskryf? 2. Lees my antwoord en oordink dit.  Die Seun is die Woord, die Wysheid en die Beeld van die Vader. Hy is die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore, God uit God, lig uit lig, ware […]

Wais die Seun? – Filippense 2:9-11

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

God het Hom tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En […]

Wie is die Seun? – 1 Timoteus 3:16

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Sonder enige twyfel is dít die geopenbaarde waarheid van ons geloof: Christus het as mens verskyn en is deur die Gees as regverdig bewys. Hy het aan engele verskyn en is aan die nasies verkondig. Hy is in die wêreld geglo en is opgeneem in heerlikheid. (NLV) 1. Paulus bemoedig Timoteus met hierdie fundamentele waarheid […]

Wie is die Seun? – 1 Johannes 5:20

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Ons leef ook met die wete dat die Seun van God gekom het en aan ons die vermoë gegee het om die ware Een te herken. En ons leef in ’n hegte verhouding met Hom, die Ware Een, naamlik God se Seun, Jesus Christus. Hy ís die ware God, en Hy is die ewige lewe. […]

Wie is die Seun? – Galasiërs 4:3-7

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Toe ons nog geestelik minderjarig was, het ons die magte van die wêreld soos slawe gedien. Maar in die volheid van die tyd het God sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore, onder die wet, sodat Hy hulle wat onder die wet is, kan vrykoop, ja, sodat ons tot kinders aangeneem kan word. […]

Wie is die Seun? – Die belydenisskrifte

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Apostoliese Geloofsbelydenis 2, die Geloofsbelydenis van Nicea 2-3, die Geloofsbelydenis van Athanasius 31-37, die Nederlandse Geloofsbelydenis 10 en 18, sowel as die Heidelbergse Kategismus 19,29,31,36 en 47 wat ‘n uitleg van onder andere die Apostoliese Geloofsbelydenis 2-3 is. Wat leer jy oor God die Seun uit hierdie belydenisse? Wat […]

Die Seun is die Woord van God

Author: Chris van Wyk

1:1-2 Johannes maak reg aan die begin van sy evangelie vier verklarings oor die wese van die Woord, die Logos. Dat die Logos van die begin af is. Dat die Logos die Woord van God is. Dat die Logos God self is. Dat die Logos van die begin af by God is. 1:3-5 Johannes volg […]

Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou?

Author: Chris van Wyk

1. Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? Dink aan elke moontlike betekenis? 2. Lees my antwoord en oordink dit.  Jesus het ter wille van my saligheid uit die hemel neergedaal en deur die Heilige Gees uit die maagd Maria volledig mens geword. Hy het juis hiervoor mens geword om in Hom die Goddelike […]

Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5

Author: Chris van Wyk

4Hulle is tog Israeliete, bevoorreg tot kindskap. God het sy heerlikheid aan hulle bekendgemaak. Hy het verbonde met hulle gesluit en sy wet vir hulle gegee. Hulle is bevoorreg om Hom te aanbid en Hy het wonderlike beloftes aan hulle gemaak. 5Hulle het eerbiedwaardige voorvaders gehad en uit hulle is Christus as mens gebore – […]

Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Apostoliese Geloofsbelydenis 2, die Geloofsbelydenis van Nicea 4, die Nederlandse Geloofsbelydenis 26, sowel as die Heidelbergse Kategismus 48. Wat leer jy oor die betekenis van Jesus Christus se menswording? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Apostoliese Geloofsbelydenis 2 2. Ek glo in Jesus Christus, sy […]

Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Apostoliese Geloofsbelydenis 3-4, die Geloofsbelydenis van Athanasius 37-38, Geloofsbelydenis van Nicea 4, die Nederlandse Geloofsbelydenis 21, sowel as die Heidelbergse Kategismus 37-41, 43-44 en die Dordtse Leerreëls 2.1.1-5. Wat leer jy oor die betekenis van Jesus Christus se kruisdood? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56

Author: Chris van Wyk

Dit bly darem ongelooflik dat die Joodse leiers dit regkry om ten spyte van Jesus se onskuld, die doodstraf vir Jesus te bewerkstellig.  In die eerste verhoor deur die Joodse Raad self, vind hulle Hom skuldig aan iets wat hulleself nie glo nie, dat Hy sê dat Hy die Christus is (22:66-71).  In die tweede […]

Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou?

Author: Chris van Wyk

1. Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Deur Jesus Christus se kruisdood het Hy my vir altyd met God versoen. God sal nooit weer aan my sondes dink nie. Christus het volkome voldoen aan God se geregtigheid, selfs al moet ek weens my sondige […]

Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11

Author: Chris van Wyk

Uitgestelde verwagting Kinders wat kan wag op beloning, doen beter op skool en vaar oor die algemeen beter in die volwasse lewe wat wag. Hierdie beginsel is deur Walter Mischel van Stanford Universiteit bewys in ‘n eksperiment wat in 1970 met vierjariges gedoen is – iets wat nou ook al in TV advertensies gebruik is. […]

Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?

Author: Chris van Wyk

1. Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Jesus Christus sal weer kom om my saam met al die uitverkorenes na Hom in die hemel te neem. Ek kan daarom in alle droefheid en vervolging volhard omdat Hy alle vervloeking van my weggeneem het en al sy […]

Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24

Author: Chris van Wyk

Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. Die skepping smag na daardie dag wanneer God sy kinders openlik bekend sal stel. Want teen sy wil is die ganse skepping in ’n sinnelose kringloop van aftakeling vasgevang as gevolg van God […]

Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18

Author: Chris van Wyk

13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom […]

Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Verlossing is die vrymaking van sonde wat God my vir altyd gee. Heiliging is die toewyding aan God wat die Gees voortdurend in my werk. Verlossing en heiliging is gawes van God op grond van Christus se kruisdood en […]

Bou jou geloof – 2 Petrus 1

Author: Chris van Wyk

Die tweede brief van Petrus is ‘n afskeidsboodskap van die apostel Petrus aan die geloofsgemeenskap in Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië – dit is die boonste deel van wat ons vandag ken as Turkye, aan die Swart See. Petrus bemoedig die gelowiges om standvastig in geloof te bly weens die uitdaging van dwaalleraars.  Hy […]

Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word?

Author: Chris van Wyk

1. Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Nee, alles wat nodig is vir my verlossing en heiliging word in Christus gevind. Hy is die enigste Verlosser en Saligmaker.Ek kan nie deur die wet of goeie werke gered word nie, aangesien dit die verlossing wat […]

Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8

Author: Chris van Wyk

Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons […]

Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26

Author: Chris van Wyk

13 Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik sodat dit aanleiding gee vir ons sondige aard nie, maar dien mekaar deur liefde. 14 Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15 As julle mekaar byt en verslind, pas op dat […]

God-flavors en God-colors

Author: Chris van Wyk

“Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You’ve lost your usefulness and will end up in the garbage.” “Here’s another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colors in the […]

Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing?

Author: Chris van Wyk

1. Word alle mense gered deur Christus se verlossing? 2. Lees my antwoord en oordink dit.  Nee, slegs dié wat deur God uitgekies is en in ’n ware geloof in Christus ingelyf is. Tog betoon God in sy barmhartigheid sy algemene genade aan alle mense deur die effek van die sonde te beperk en lewe […]

Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die aanhalings uit die Geloofsbelydenis van Athanasius 41-44, die Nederlandse Geloofsbelydenis 16, die Heidelbergse Kategismus 20 en 30, die Dordtse Leerreëls 1.1.5; 1.1.9; 1.1.13; 1.2.8; 2.1.5; 2.2.5 en die Westminster Geloofsbelydenis 3. Wat leer jy oor die betekenis van Jesus se verlossing vir alle mense? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit […]

Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14

Author: Chris van Wyk

Die gelykenis van die bruilofsfees (Luk 14:16-24) 1 Jesus het weer met hulle deur gelykenisse gepraat en gesê: 2 “Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilofsfees vir sy seun voorberei het. 3 En hy het sy slawe gestuur om die genooides na die bruilofsfees te roep, maar hulle wou nie […]

Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13

Author: Chris van Wyk

Jesus is hier besig om sy derde toespraak in Matteus af te sluit met die koninkryksrede.  Hy gebruik agt gelykenisse om te fokus op die koninkryk en veral op die wyse waarop mense op die evangelie van die koninkryk gaan reageer.  Twee van dié gelykenisse is baie prominent.  Die gelykenis van die Saaier en die […]

Vraag 38: Wie is die Heilige Gees?

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

1. Wie en wat is die Heilige Gees? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag van God. Hy is saam met die Vader en die Seun ware en ewige God.Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy is ook aan my […]

Wie is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Nou is Ek op pad terug na Hom toe wat My gestuur het; tog vra niemand van julle vir My: ‘Waarheen gaan U?’ nie. Omdat Ek dit egter vir julle gesê het, het hartseer julle harte oorweldig. Laat Ek julle egter die waarheid vertel: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek […]

Wie is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Toe Johannes besef hoeveel Fariseërs en Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, het hy hulle soos volg berispe: “Julle broeisel slange! Wie het julle wysgemaak dat julle God se dreigende oordeel kan vryspring? Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het. En moet tog nie julleself mislei nie […]

Wie is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Beste Teofilus. In my eerste boek het ek jou vertel van alles wat Jesus begin doen en leer het tot op die dag toe Hy opgeneem is. Voor sy hemelvaart het Hy deur die Heilige Gees aan die mans wat Hy as apostels uitgekies het, opdragte gegee. In die loop van 40 dae na sy […]

Wie is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was. Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en […]

Wie is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte

Length: 0 minutesAuthor: Chris van Wyk

1. Lees die Apostoliese Geloofsbelydenis 8, die Geloofsbelydenis van Nicea 8, die Nederlandse Geloofsbelydenis 8 en 11, en die Heidelbergse Kategismus 53. Wat leer jy oor die Heilige Gees? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Apostoliese Geloofsbelydenis 8 Ek glo in die Heilige Gees. Geloofsbelydenis van Nicea 8 Ons glo in […]

Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees

Author: Chris van Wyk

1. Die Heilige Gees is ‘n onderskeibare Persoon in die Drie-enige God (Jes 48:6; 1 Kor 12:4-6; 2 Kor 13:14; Ef 4:4-6; Mat 28:19; Joh 14-16; 1 Pet 1:2). Dit beteken dat as jy ‘n verhouding met God het, het jy ook ‘n verhouding met die Heilige Gees. Trouens, jy kan nie sê dat Jesus […]

Die Heilige Gees is ons Helper

Author: Chris van Wyk

Die Heilige Gees woon in ons Een van die wonderlikste beloftes in die Bybel is dat God in ons kom woon. Dat Hy ons liggaam sy tempel maak. Dat Hy van binne-af ons verlos en heilig, ons begelei en stuur. Dit is die grootste voorreg wat ons het. Daar is niks wat daarby kom nie. […]

Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe help die Heilige Gees jou? 2. Lees my antwoord en oordink dit.  Die Heilige Gees maak my ’n nuwe mens. Hy help my bid en om God se Woord te begryp. Hy gee my geloof, hoop en liefde. Hy troos en begelei my. Hy heilig en vernuwe my om die sonde af te […]

Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14

Author: Chris van Wyk

Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Raadgewer, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie. As Ek egter weggaan, sal Ek die Raadgewer na julle toe stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sy sonde, van God se regverdige oordeel, […]

Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5

Author: Chris van Wyk

As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid […]

Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10

Author: Chris van Wyk

Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer. Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die […]

Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23

Author: Chris van Wyk

Die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. (NLV) 1. Dit is die tweede baie praktiese manier waarop ‘n mens die werk van die Heilige Gees in jou lewe agterkom. Dink na oor jou lewe. Waar kom […]

Hoe “praat” die Heilige Gees?

Author: Chris van Wyk

Nou hoe kom ons hierdie werk van die Gees agter? Hoe onderrig Hy ons? Hoe herinner Hy ons? Ek gaan ook twee aspekte daarvan uitwys. Die Heilige Gees “praat” deur die Woord. En die Heilige Gees “praat” in ons hart.

Vraag 40: Wat is gebed?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is gebed? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Gebed is om my hart sonder ophou uit te stort voor die enigste ware God in lofprysing, aanbidding, skuldbelydenis, voorbidding en danksegging. Ons Middelaar en Voorspraak, Jesus Christus, gee my toegang tot God in sy heiligdom. Daarom kan ek met ’n waaragtige hart, vrymoedig […]

Wat is gebed? – Psalm 62:6-9

Author: Chris van Wyk

Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan. God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug. Vertrou op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor […]

Wat is gebed? – Matteus 6:5-8

Author: Chris van Wyk

En nou wat die gebed betref: Moenie soos die skynheiliges wees wat daar van hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry. Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis […]

Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21

Author: Chris van Wyk

Ek kniel voor die Vader. Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde. Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in […]

Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17

Author: Chris van Wyk

Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie. Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet […]

Wat is gebed? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die Nederlandse Geloofsbelydenis 26 en die Heidelbergse Kategismus 116-118. Wat leer jy oor gebed? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 26 CHRISTUS ONS VOORSPRAAK Ons glo dat ons geen ander toegang tot God het nie as net deur die enigste Middelaar en Voorspraak, Jesus Christus, die Regverdige. […]

Tien gebede van Nehemia

Author: Chris van Wyk

Nehemia was ‘n man van gebed. Dit sien ons in die tien gebede van hom wat in die boek Nehemia opgeteken is. Hierdie gebede gee ons ‘n intieme kykie in die tipe verhouding met God wat nodig is om nie net sy wil te ken nie, maar inderdaad uit te voer. Ek nooi jou uit […]

Vraag 41: Hoe moet jy bid?

Author: Chris van Wyk

1. Hoe moet jy bid? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Ek moet ernstig en opreg vir alles en almal bid. God sal my gebede verhoor soos Hy dit in die Woord belowe. Die Gees en die Woord sal my onderskeiding en insig laat groei. Ek bid daarom met vurige liefde, nederige volharding en […]

Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2

Author: Chris van Wyk

Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, Here, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid. Verklaar my nou onskuldig; U sien tog self wat reg is! (NLV) 1. Psalm 17 gaan oor die feit dat God […]

Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20

Author: Chris van Wyk

Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort. Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie […]

Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22

Author: Chris van Wyk

Vroegdag op pad terug na Jerusalem het Jesus honger geword en ’n enkele vyeboom langs die pad sien staan. Hy gaan toe na die boom, maar al wat Hy daaraan gekry het, was blare. Hy sê toe vir die boom: “Mag jy nooit weer vrugte dra nie!” Die boom het onmiddellik totaal verskrompel. Jesus het […]

Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14

Author: Chris van Wyk

Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel met die oog op sommige mense wat oortuig is dat hulle saak voor God reg is, maar die ander mense verag het: “Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander ’n tollenaar. Die Fariseër het gaan staan en […]

Vraag 42: Wat moet jy bid?

Author: Chris van Wyk

1. Wat moet jy bid? 2. Lees my antwoord en oordink dit.  Die hele Woord van God inspireer en begelei my deur sy Gees in wat ek moet bid. Ek bid vir alle liggaamlike en geestelike behoeftes, persoonlik sowel as in die gemeente en gemeenskap, in die verwagting dat God ter wille van Christus my […]

Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11

Author: Chris van Wyk

Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel. Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus […]

Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9

Author: Chris van Wyk

Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!” Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort! Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles […]

Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27

Author: Chris van Wyk

Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle die Israeliete seën: “Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee.” So sal hulle My aan die Israeliete verbind en Ek […]

Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27

Author: Chris van Wyk

Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet […]

Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die Dordtse Leerreëls 1.1.1-8 oor die volharding van die heiliges en dink na oor die rol wat gebed daarin speel. DIE VOLHARDING VAN DIE HEILIGES 1. Hulle wat God na sy voorneme tot die gemeenskap van sy Seun, ons Here Jesus Christus, roep en deur die Heilige Gees wederbaar, verlos Hy wel van […]

Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7

Author: Chris van Wyk

Salomo het so pas die tempel voltooi en God se teenwoordigheid het die tempel gevul (2 Kron 3-5). Hy volg dit op met twee gesprekke. Die eerste gesprek is ‘n toespraak gerig aan die volk (2 Kron 6:1-11). Die ander gesprek is ’n gebed gerig aan die Here (2 Kron 6:12-42). Daarmee plaas Salomo gebed […]

Vraag 43: Wat is die Ons Vader?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die Ons Vader? 2. Lees die NLV se weergawe en oordink dit.  Bid dan soos volg: Ons Vader in die hemel, 1) laat u Naam geheilig word. 2) Laat u koninkryk kom. 3) Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel. 4) Gee ons die porsie brood wat […]

Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13

Author: Chris van Wyk

1) laat u Naam geheilig word. 2) Laat u koninkryk kom. 3) Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel. 4) Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het. 5) En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het. 6) Bewaar ons sodat ons nie […]

Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13

Author: Chris van Wyk

Eendag kort hierna het Jesus na ’n berg gegaan om te bid, en Hy het die hele nag in gebed deurgebring. Teen dagbreek het Hy al sy dissipels bymekaargeroep en twaalf van hulle gekies om apostels te wees. Hier is hulle name: (NLV) Geen beweging van waarde het nog ooit ontstaan sonder dat daar nie […]

Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22

Author: Chris van Wyk

Eendag ná Jesus alleen in gebed was, het Hy na sy dissipels gekom en gevra: “Wie sê die mense is Ek?” “Wel,” het hulle geantwoord, “sommige sê Johannes die Doper, sommige sê Elia, en ander sê U is een van die vroeëre profete wat uit die dood opgestaan het.” Toe vra Hy vir hulle: “Wie, […]

Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46

Author: Chris van Wyk

Jesus het vir die dissipels gesê: “Hou aan bid dat julle nie aan versoeking sal toegee nie.” Jesus het Hom toe van hulle afgesonder. Daar het Hy gekniel en gebid: “Vader, as U wil, neem hierdie beker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!” Daar het ’n engel […]

Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees Heidelbergse Kategismus 116-121 en dink na oor die Ons Vader. 116 Vraag: Waarom is die gebed vir die Christene nodig? Antwoord: Omdat dit die vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van ons eis (a): En omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike […]

So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15

Author: Chris van Wyk

In Matteus 6 fokus Jesus op die lewe van geregtigheid. Nadat Hy ses sleutel aspekte uit die wet in die stryd vir geregtigheid op die tafel gesit het, fokus Hy op hóé mens die lewe van geregtigheid beoefen.  En onthou, die dele uit die wet omsluit eintlik almal met wie jy in ‘n verhouding is.  […]

Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes?

Author: Chris van Wyk

1. Wat bid jy met die eerste drie bedes in die Ons Vader – Matteus 6:9-10? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Dat ons U reg sal ken. Dat U ons deur u Woord en Gees sal regeer. Dat almal hulle eie wil prysgee.Ek bid dat almal U sal heilig, roem en prys in […]

Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24

Author: Chris van Wyk

Die Here sê: “Mense met insig moenie spog met hulle kennis nie. Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie. Laat hulle wat wil grootpraat, spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die Here is wat reg en regverdig is, wie se liefde onfeilbaar is, […]

Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3

Author: Chris van Wyk

Jesus het hierdie dinge gesê, en toe sy oë hemelwaarts gerig en gesê: “Vader, die uur het aangebreek. Verheerlik u Seun sodat die Seun U kan verheerlik. U het aan die Seun volmag gegee oor die hele mensdom om aan almal wat U aan Hom gegee het, die ewige lewe te gee. En die inhoud […]

Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34

Author: Chris van Wyk

Moet julle nie bekommer en vra: “Wat sal ons tog eet?” of: “Wat sal ons drink?” of: “Wat sal ons aantrek?” nie. Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom […]

Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2

Author: Chris van Wyk

Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Moenie julle […]

Laat u wil geskied

Author: Chris van Wyk

Dit is die eindstryd van die Curriebeker op Nuweland. WP teen Noord-Transvaal. Die telling is gelykop. Die losskakel lê aan vir ‘n skop na die pale. As dit oor is, wen WP. As dit mis is, is dit gelykop. Die eindfluitjie gaan blaas. Die losskakel kom vorentoe, die bal trek reguit pale toe … en […]

Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes?

Author: Chris van Wyk

1. Wat bid jy met die laaste drie bedes in die Ons Vader – Matteus 6:11-13? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Dat U alles gee wat nodig is. Dat U vergewe soos ons ander vergewe. Dat U ons versterk deur die krag van die Heilige Gees. Dat U vir ons voorsien, ook deur […]

Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16

Author: Chris van Wyk

Die Here help almal wat geval het en dié wat swaarkry, tel Hy op. Die oë van almal is hoopvol op U gerig; U gee aan almal kos op die regte tyd. U maak u hand oop, en bevredig die begeertes van al wat lewe. (NLV) Psalm 145 bevestig God se betroubaarheid deur die eeue sowel as […]

Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15

Author: Chris van Wyk

Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees. Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie. Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam. Dan sal ek oortreders u weë […]

Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18

Author: Chris van Wyk

Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, […]

Vertrou op die kragtige hand van God

Author: Chris van Wyk

Die bydraes hervat weer die 30ste September 2019. Simon Petrus Dit is maklik om met Simon Petrus te identifiseer.  Hierdie dissipel en apostel van die Here Jesus Christus  word in die Bybelteks as ‘n oop en eerlike, selfs effens driftige mens geteken. Petrus het alles wat hy gedoen het met passie aangepak, selfs soms ‘n […]

Vraag 46: Wat is die Christelike kerk?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die Christelike kerk? 2. Lees my antwoord en oordink dit.  Die Christelike kerk word deur God uit die hele menslike geslag tot die ewige lewe uitverkies, beskerm en onderhou. Deur wedergeboorte en geloof behoort ek aan die een, heilige, algemene en apostoliese kerk, die liggaam van Christus. Alle gelowiges is verplig om […]

Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16

Author: Chris van Wyk

Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid […]

Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18

Author: Chris van Wyk

Jesus sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.” Jesus het hom geantwoord: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige […]

Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20

Author: Chris van Wyk

Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, omdat God alles deur Hom geskep het. Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of […]

Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33

Author: Chris van Wyk

Mans, julle moet julle vroue liefhê net soos Christus die kerk liefgehad het toe Hy sy lewe daarvoor gegee het om só die kerk aan God toe te wy nadat Hy die kerk met die water en deur die woord gereinig het en sodat Hy die kerk in al sy skoonheid voor Hom kan stel, […]

Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die Apostoliese Geloofsbelydenis 9, die Geloofsbelydenis van Nicea 9, die Nederlandse Geloofsbelydenis 27-28, en die Heidelbergse Kategismus 54-55 en die Westminster Geloofsbelydenis 25-26. Wat leer jy oor die Christelike kerk? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië

Author: Chris van Wyk

Handelinge 13:13-52 Die verhaal van die planting van ‘n gemeente in Antiogië in Pisidië op Paulus se eerste sendingreis word in 5 dele vertel:  Vers 13-14 – Die reis na Antiogië in Pisidië en die besoek aan die sinagoge op die eerste sabbatdag. Vers 15-41 – Paulus se toespraak na die voorlesing uit die wet […]

Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? 2. Lees my antwoord en oordink dit.  Die ware kerk leef in alles volgens die leer van die Woord. Dit sluit die prediking, sakramente en tug in. Die Woord van God alleen dra gesag. Alle leringe en lewenswyses wat daarmee in stryd is, word […]

Vraag 48: Wat is die Christelike tug?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die Christelike tug? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Die Christelike tug is een van die sleutels wat die koninkryk van die hemel vir gelowiges oopsluit en vir ongelowiges toesluit. Die ander sleutel is die verkondiging van die evangelie. Mense wat ’n onchristelike leer of lewe handhaaf, word as teken hiervan […]

Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19

Author: Chris van Wyk

Toe Jesus in die omgewing van Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels: “Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?” “Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.” Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie […]

Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20

Author: Chris van Wyk

Wees op die uitkyk vir mense wat verdeeldheid veroorsaak en Christene se geloof ondergrawe deur dinge te verkondig wat bots met dit wat julle geleer het. Vermy hulle. Sulke mense dien nie vir Christus ons Here nie, maar hulle eie persoonlike belange. Deur hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle naïewe mense. Almal weet egter van […]

Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10

Author: Chris van Wyk

Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie […]

Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20

Author: Chris van Wyk

Begryp julle dan nie dat alles wat by ’n mens se mond ingaan deur jou maag beweeg en dan uit die liggaam gaan nie? Maar slegte woorde kom uit ’n slegte hart en maak die persoon wat hulle uitspreek, vuil. Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te […]

Reik uit na dié wat teen jou sondig

Author: Chris van Wyk

Jesus is in Matteus 18 besig om die dissipels te leer hoe om as koninkrykskinders in verhouding met mekaar te moet lewe.  Hierdie vierde toespraak van Hom, die sogenaamde kerkrede, begin met ’n vraag van die dissipels oor wie nou eintlik die belangrikste in die koninkryk van die hemele is.  Dit is nogal ironies gegewe […]

Vraag 49: Wat is die sakramente?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die sakramente? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Die doop en nagmaal is tekens wat God se beloftes van goedheid en genade  teenoor my in Christus beseël. Die doop is die eenmalige plegtige bekragtiging van my insluiting in die liggaam van Christus, soos die nagmaal dit is van my voortgaande inblywing […]

Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12

Author: Chris van Wyk

Die seremonie van die besnydenis was ’n teken, ja, ’n plegtige bekragtiging daarvan dat Abraham alreeds geglo het en deur God vrygespreek is – selfs nog voor sy besnydenis. So het Abraham die geestelike voorvader geword van almal wat glo sonder dat hulle die besnydenis ontvang het en só deur God vrygespreek is. En hy […]

Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58

Author: Chris van Wyk

“Ek verseker julle, wie aanhou glo, het reeds die ewige lewe. Ek is die brood wat lewe gee. Julle voorvaders het in die woestyn manna geëet en tog gesterf. Hierdie is die brood wat uit die hemel gekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie. Ek is die brood wat lewe gee, […]

Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29

Author: Chris van Wyk

Terwyl hulle besig was om te eet, neem Jesus brood en vra God se seën daarop. Toe breek Hy dit in stukke en gee dit aan sy dissipels met die woorde: “Neem en eet dit. Dit is my liggaam.” En Hy het die beker geneem en God daarvoor gedank. Hy het dit aan hulle gegee […]

Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12

Author: Chris van Wyk

Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ’n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid. Toe julle gedoop is, is julle saam met Christus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom […]

Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die Nederlandse Geloofsbelydenis 33, Heidelbergse Kategismus 65-68 en Westminster Geloofsbelydenis 27. Wat leer jy oor die sakramente? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 33: DIE SAKRAMENTE Ons glo dat ons goeie God, omdat Hy met ons stompsinnigheid en swakheid rekening hou, die sakramente vir ons ingestel […]

God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14

Author: Chris van Wyk

Paulus stig die gemeente in Efese op sy tweede sendingreis Paulus se verhouding met die gemeente in Efese het ‘n lang pad gekom. In Handelinge 18:18-19:40 word die verhaal vertel van die wonderbaarlike dinge wat God deur hom daar gedoen het met sy eerste besoek aan hulle aan die einde van sy tweede sendingreis, ongeveer […]

Vraag 50: Wat is die doop?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die doop? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Die doop beseël my insluiting in die liggaam van Christus. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is deur Christus ingestel en betuig en beseël ons aanneming in Hom. […]

Wat is die doop? – Romeine 6:1-5

Author: Chris van Wyk

Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voort lewe! Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam […]

Wat is die doop? – Matteus 28:18-20

Author: Chris van Wyk

Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle […]

Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6

Author: Chris van Wyk

Daar is net één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping – één Here, één geloof, één doop, één God, ons almal se Vader; Hy heers oor almal, werk deur almal en woon in almal. (NLV) Paulus skryf in hierdie hoofstuk oor ons lewenswandel wat in ooreenstemming moet wees […]

Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21

Author: Chris van Wyk

Die redding in die ark is ’n voorteken van die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop red julle deur die opstanding van Jesus Christus. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n pleit voor God dat jou gewete skoon bly. (NLV) Petrus verenig in hoofstuk […]

Wat is die doop? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die Apostoliese Geloofsbelydenis 10, Geloofsbelydenis van Nicea 10, Nederlandse Geloofsbelydenis 34, Heidelbergse Kategismus 69-74 en Westminster Geloofsbelydenis 28. Wat leer jy oor die doop? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne

Author: Chris van Wyk

Inleiding Dit is interessant hoe anders die Here werk as wat ons sou verwag met koerswysigings vir die kerk.  ‘n Mens sou verwag dat Hy sy mense sou bemagtig en die paaie vir hulle gelyk sou maak, genoeg geld voorsien, en alle teenstand voor hulle sal wegvee. Maar dit is nie hoe God werk nie.  […]

Vraag 49: Wat is die nagmaal?

Author: Chris van Wyk

1. Wat is die nagmaal? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Die nagmaal beseël my inblywing in die liggaam van Christus. Christus het die brood en beker van die nagmaal ingestel as herinnering aan sy kruisdood. Dit waarborg sy versoening aan ons asof ons self die straf vir die sonde gedra het. Die nagmaal […]

Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47

Author: Chris van Wyk

Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000. Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede. Diep ontsag het oor elke persoon gekom, en die apostels […]

Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12

Author: Chris van Wyk

Ons het die Sondag bymekaargekom vir die maaltyd van die Here. Paulus het ’n bespreking met hulle gehou, en omdat hy die volgende dag wou vertrek, het hy tot middernag aanhou praat. Daar was taamlik baie lampe in die bovertrek waar ons vergader het. Terwyl Paulus aanhou en aanhou met die bespreking, het ’n jong […]

Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34

Author: Chris van Wyk

Wanneer ek nou hierdie volgende saak ophaal, kan ek julle nie prys nie, want as julle as gemeente bymekaarkom, doen dit meer kwaad as goed. Wat vir my vooropstaan, is dat ek verneem dat daar groepvorming onder julle is wanneer julle as gemeente bymekaarkom, en in ’n mate glo ek dit. (Sulke verdelings onder julle […]

Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9

Author: Chris van Wyk

Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ’n baie groot skare, soos die gedruis van baie waterstrome en soos die gerammel van swaar donderweer. Hulle het aanhou uitroep: “Halleluja! Die Here heers as koning, ons God, die Almagtige, laat ons juig en jubel en aan Hom eer betoon, want die tyd het aangebreek […]

Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die Nederlandse Geloofsbelydenis 35, Heidelbergse Kategismus 75-82, en Westminster Geloofsbelydenis 29. Wat leer jy oor die nagmaal? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Nederlandse Geloofsbelydenis 35 DIE HEILIGE NAGMAAL Ons glo en bely dat ons Verlosser, Jesus Christus, die sakrament van die heilige nagmaal beveel en ingestel het om […]

Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23

Author: Chris van Wyk

Die drama rondom Jesus verhoog al hoe meer in intensiteit in die laaste week van sy aardse lewe.  Want, terwyl Hy nog vol in die bediening staan, en die volk gretig na sy woorde luister, word Jesus se dood deur die Joodse leiers beplan. ’n Gulde geleentheid doen hom voor vir die Joodse leiers met […]

Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?

Author: Chris van Wyk

1. Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? 2. Lees my antwoord en oordink dit. Dat ek eendag uit die dood sal opstaan en vir ewig saam met God en sy mense sal lewe. Christus sal by ons kom bly in die nuwe hemel en nuwe aarde. Ons sal by God self woon […]

Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16

Author: Chris van Wyk

Sien met verwagting uit na die genade wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe. Wees gehoorsaam aan God. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel […]

Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte

Author: Chris van Wyk

1. Lees die Apostoliese Geloofsbelydenis 11-12, Geloofsbelydenis van Nicea 11-12, Geloofsbelydenis van Athanasius 41-44, Nederlandse Geloofsbelydenis 37,  Heidelbergse Kategismus 57-58 en Westminster Geloofsbelydenis 32. Wat leer jy oor die hoop van die ewige lewe? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou? Apostoliese Geloofsbelydenis 11-12 Ek glo aan die opstanding van die vlees […]

Die belofte van die ewige lewe

Author: Chris van Wyk

Ons kom aan die einde van my bydraes oor die 52 vrae in die boek Wie is God? Dit was ‘n wonderlike reis saam met julle almal. Dit is dan ook gepas om af te sluit met die belofte van die ewige lewe. Ek gee vir julle twee skakels na wat ek reeds in Bybelskool […]


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Onlangse kommentaar