Skip to main content

1 Konings 8:1-11; 2 Kronieke 5:2-14

Die ark word in die tempel gesit en God se teenwoordigheid vul sy huis

Ons lees vandag die verhaal van die ark wat in die voltooide tempel geplaas word soos dit in 1 Konings 8:1-11 en 2 Kronieke 5:2-14 vertel word. Soos dit die geval was in Eksodus met die ingebruikneming van die tabernakel het die teenwoordigheid van die Here die tempel gevul (Eks 40:34-38).

Teks en konteks

Salomo trek weer al die leiers bymekaar vir die prosessie om die ark – met die twee plat klippe wat Moses by Horeb van die Tien Gebooie gemaak het – in die tempel te sit, weliswaar op ’n meer besadigde en korrekte manier as wat sy pa Dawid vroeër al dansende gedoen het toe die ark in die tent in Jerusalem ingebring is.

Die Leviete doen hulle diens, die priesters bring meer as die vereiste aantal offers, en Kronieke voeg, anders as in Konings, die lof- en danksang van die drie groepe – Asaf, Heman en Jedutun – by wat weerklink het met die bekende seënbede: “Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie”. Dit is ‘n refrein wat meermale in die Psalms gebruik is (Ps 106:1; 107:1; 118:1,29; 136:1).

Die hoogtepunt van die prosessie en trouens ook van die beplanning deur Dawid en die uitvoering deur Salomo, kom wanneer die Here die seël van sy goedkeuring op die voltooiing van die werk sit. ’n Wolk vul die huis van die Here – dié teken van sy teenwoordigheid – sodat almal in ontsag voor Hom stil raak en tot rus kom.

Boodskap en betekenis

Hierdie verhaal onderstreep die belangrikheid van die tempel as ‘n sentrale plek van aanbidding en die teenwoordigheid van God onder sy volk. Dit is die hoogtepunt van Salomo se regering, die vervulling van die roeping wat die Here (en sy pa Dawid) op hom gelê het. Die wolk wat die tempel van die Here vul, plaas die stempel van die goedkeuring van die Here nie net op die voltooiing van die werk van Salomo daaraan nie, maar ook op die rol wat die tempel hiervandaan in die lewe van die volk sowel as die nasies sou vervul.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…