Alle kommentaar
Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25 Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, ook jou eie eienskappe, 'n afgod kan wees. Maar ek sal dit anders stel as om te sê jy glo in jou geloof. Ek sal eerder sê, ek glo in myself, of ek vertrou op myself, as dat ek vertrou op my geloof, en dat dit in 'n figuurlike sin soos afgodery kan funksioneer. Wat die predikant miskien bedoel is dat 'n mens op die inhoud van jou geloof, dit is Christus, moet vertrou, en nie op jouself nie. Daarmee sal ek saam kan gaan.Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25 Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete GerhardChris van Wyk on Daniël Hi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.Elma Bosch on Daniël Ds Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie ElmaChris van Wyk on JESAJA 6:1-8 God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.Miche Africa on JESAJA 6:1-8 Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee Wanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit was vir Johannes moeilik om te verstaan. Die “aanstoot” is dus om oor Jesus te struikel – om teleurgesteld in Hom te raak. Die “paradoks” is dat God se werk dikwels anders lyk as wat ons dink: Hy bring oorwinning deur lyding, lewe deur dood, en heil deur die kruis. Daarom sê Jesus eintlik: Jy is geseënd as jy My bly vertrou, selfs wanneer jy My nie verstaan nie.optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee "Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lewe gee vir Jesus in die navolging van hulle roeping, word nie die lyding wat daarmee gepaard gaan, gespaar nie." Dagse Ds Van Wyk. Dankie weer vir die werke en hulp wat dit bied met my Bybelstudie. In Matt 11 verduidelik u vers 6 so met die woorde "aanstoot en paradoks," wat ek nie so lekker verstaan nie. Verduidelik asseblief.Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24 Dankie Carel!cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24 Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel SmithChris van Wyk on Boek oor Openbaring Lekker om te hoor!Emmarentia Vermeulen on Boek oor Openbaring Ons dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor Openbaring Baie baie dankie!!inventive3b503adfaf on Boek oor Openbaring Vreeslik dankie! God's seën!Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie Die Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie Hoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 dae Baie dankie!inventive3b503adfaf on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 dae Baie dankie! God's rykste seën!Chris van Wyk on Kolossense 1:24-2:5 Dankie, Erna.runawayjoyous2427b27b07 on Kolossense 1:24-2:5 Ek leer geweldig baie deur hierdie boodskappe. Baie dankie Chris van Wyk!Chris van Wyk on Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? Baie interessante vraag! Ons het baie min detail daaroor in die Bybel. Die meeste wat ons kan sê, is dat die liggaam van ongelowiges in die hiernamaals genoegsaam fisies sal wees om pyn, oordeel en uitsluiting van God se teenwoordigheid te ervaar (vgl. Matt. 10:28; Mark. 9:48; Openb. 20:15).Loot Jooste on Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? In 1Kor 15 beskryf Paulus die opstandingsliggaam va die gelowige waar on die Bybel kry ons n beskrywing van die opstanding van die ongeliwiges en hoe lyk hulle opstandongsliggaamGerhard and Susan Botha on Markus 9 Baie dankie dit help baie.Chris van Wyk on Markus 9 Hi Susan, ja, ons het die gesag gekry (Mark 16; Jak 5), maar dit is onderhewig aan die leiding en gawes van die Heilige Gees, sowel as aan God se wil in die situasie en die beloop van die lewe (almal sterf uiteindelik). Soms sê God ja, ander kere nee. Ons sien dit by Paulus. In en deur sy lewe het daar baie wonderwerke plaasgevind, maar op 'n keer het hy vir uitkoms gebid, en die Here het dit nie gegee nie (2 Kor 12). Trofimus was siek en is nie op 'n wonderbaarlike wyse genees nie (2 Tim 4:20) en Timoteus moes wyn vir sy maag en herhaalde ongesteldhede gebruik (1 Tim 5:23). Soos jy kan sien, dit is 'n groot onderwerp met baie kante, maar bogenoemde is 'n inleiding om daaroor te begin dink.Gerhard and Susan Botha on Markus 9 More Chris ek sal graag meer wil weet rondom genesing. Het ek as gelowige die outoriteit om na 'n siek persoon toe te gaan en bv. te se, staan op en loop, of moet ek bid en my afhanklikheid van die Heilige Gees verklaar en hom aanroep om die persoon te genees. Dankie vir jou oopbreek van die Woord. Susan Botha gerhardb@vivoafrica.co.zaFrans Klopper on 2 Korintiërs 5:11-6:13 Dankie Chris. Met groot waardering .Vanessa Oosthuizen on Oor my Baie dankie dat mense soos jy uitreik vir raad en antwoorde, daar is soveel mense wat sukkel en worstel met sekere dinge, ons almal moet saamstaan en mekaar help en ondersteun. Ek hoop jy het reggekom met jou situasie.Chris van Wyk on 2 Konings 6:1-23 Jy kan meer leer omtrent God se Woord deur die Bybel te lees. Gebruik enige van die skakels na Bybelboeke op hierdie webtuiste en lees die Bybel en dan wat ek daaroor geskrywe het. So sal jy groei in jou verstaan en toepassing van die Woord.Chris van Wyk on Johannes 7:37-39 – Hy wat in My glo, strome lewende water sal uit sy binneste vloei Hi, dit is gewoonlik op drie maniere: gebed, gee, gaan. Jy kan bid vir mense. Jy kan ondersteuning gee. Jy kan betrokke raak by mense wat oor jou pad kom. Die Here gebruik sulke geleenthede om sy lewende water na mense te laat vloei.Liztha Luttig on Johannes 7:37-39 – Hy wat in My glo, strome lewende water sal uit sy binneste vloei Op watter maniere kan ek help om Lewende Water te geeWendy Fillis on 2 Konings 6:1-23 Ek Wil meer weet omtrent God se woordChris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020 Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:<a href="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2025/06/EENJAAR-BYBELLEESPROGRAM-2020.docx" rel="ugc">Eenjaar Bybellees program 2020</a>Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020 Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankieChris van Wyk on Spreuke Hi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.Retha Roux on Spreuke Sal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha RouxChris van Wyk on Psalm 6 Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.Japie Martin on Psalm 6 Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die PsalmChris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dinge Hi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedenis beskryf tot so 4 000 plus v.C. 'n Mens kan baie meer uit sulke skriftelike bronne aflei van wat gebeur het, as uit artifakte en werktuie wat deur argeoloë opgegrawe word. 'n Mens kan net indirekte afleidings daaruit maak sonder enige skriftelike beskrywing daarvan. Geskrewe bronne daarenteen kan jy direk ontleed om sin te maak van die geskiedenis.Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dinge Ek het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.Chris van Wyk on Inleiding op Jakobus Jesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.Betsy Bester on Inleiding op Jakobus Hoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertalingChris van Wyk on Hosea 4:1-5:7 Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer in 586 vC. Ons leef nou in die geloof in Christus, en daar is geen veroordeling vir dié wat in Christus is nie (Rom 8:1). Maar, dan moet ons deur die Gees 'n einde maak aan ons sondige praktyke, anders gaan ook ons die dood tegemoet (Rom. 8:4-17). So skryf die Hebreërskrywer ook in hoofstuk 12 dat ons sonder heiligmaking nie die Here sal sien nie (Hebr 12:14).Renier on Hosea 4:1-5:7 Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?Chris van Wyk on Lukas 23 Ek stuur.Elma Bosch on Lukas 23 Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.comTrudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025 Prys die Here🙏🙏🙏Chris van Wyk on Matteus 27 Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.briefly31ea27a91f on Matteus 27 Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeente Meyerton Vriendelike groete WilmaChris van Wyk on Matteus 27 Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gesprek met Jesus te bely dat die Here alles weet, ook dat hy wat Petrus is Hom liefhet (Joh. 21). Ons lees ook in die NT dat daar 'n moontlike private versoeningsoomblik was waarvan Paulus ons vertel (1 Kor. 15:5). Hieruit is dit duidelik dat Petrus opregte berou gehad het, en dat Jesus hom volkome vergewe en herstel het. Die klem is dus meer op die Here Jesus wat hom vergewe as op Petrus wat vergifnis vra. Dit is die groot verskil met Judas wat wegdraai en homself om die lewe bring, en Petrus wat na die Here toe draai en nuwe lewe van Jesus ontvang.Neels Fourie on Matteus 27 Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asbChris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie af Ek sien self uit na die reis!Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie af Baie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amenandrebrophy812 on Johannes 17 Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spiritChris van Wyk on Subscribe Welkom. Ek stuur na jou Inbox.iron81ae9c7a065 on Subscribe Middag Chris, Ek het aanbesluit by die Bybelstudie. Sien baie uit daarna. Ek stel ook belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. Ek is van die NG Gemeente Tarkastad. Vriendelike groete Elorina du PlessisChris van Wyk on Matteus 26 So waar, Obie!Oebie Jackson on Matteus 26 "Gelukkig" het die Vader nie Jesus die Christus se bekergebed verhoor nie. Dan sou ons in groot moeilikheid gewees het. "Gelukkig" het die Vader Sy Onse Vader gebed verhoor en is besig om deur die HG se inwoning/werking in ons die Vader se naam te heilig, Sy Koninkryk te laat kom en Sy wil te laat geskied: soos in die Hemel.Chris van Wyk on 02 Wag Dankie, waardeer jou terugvoer. Die Here belowe dat "geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping ons van die liefde van God kanskei nie." (Rom 8:38–39) Ons sal die krag ontvang wat ons nodig het vir elke uitdaging waardeur ons namens Hom moet gaan. Dit sal ook waar wees in vervolging of marteling.René Cameron on 02 Wag Baie dankie vir hierdie pragtige reeks. Ek het perongeluk hierop afgekom en ervaar dit as n ware juweel. My lewe in Christis Jesus verdiep elke keer as ek daarna luister of wanneer ek die gekrewe gedeelte oordink. Baie kosbaar. Ek het net gisteraand vir die 1st keer gelees oor Christene wat vervolg word oral in die wêreld, en voel baie besorg of ek as n lewenslange kind van God die vervolging of marteling sal kan deurstaan?Chris van Wyk on Die sonde teen die Heilige Gees Dankie. Waardeer.Chris van Wyk on Lukas 13 👍Chris van Wyk on Jesaja 65:17-25 – Nog voordat hulle roep, sal Ek hulle antwoord Hi Frans, julle kan dit op die web lees: https://bybelskool.com/beloftes/. Dit is in dag- en datum volgorde gelys op daardie bladsy.Frans Marais on Jesaja 65:17-25 – Nog voordat hulle roep, sal Ek hulle antwoord More Chris, ons het Jesaja en Johannes baie geniet. Hoe en waar kry ek die 365 Beloftes. Ons groep wil dit baie graag doen. Frans MaraisCatarina Goliath on Lukas 13 Dankie Here u blydskap is ons beskuttingChris Visser on Die sonde teen die Heilige Gees Baie, baie dankie. n Beter beskrywing kan geen mens begeer nie. Nogmaals dankie.Chris van Wyk on Lukas 12 Hi Elsa, dankie vir die terugvoer. Ek is bly julle geniet Jesaja. Ja, ek ken 'n hele paar van julle familielede. Jou pa op Pearly Beach ontmoet. Was saam met Anton op universiteit. Het Johan leer ken in die eenheidsgesprekke. Het kleinseun David in Veritas opleiding leer ken. Kosbare familie!Chris van Wyk on Veritas module 2 aanlyn opleiding – Mei tot Junie 2025 Hi Nardia, jy kan vir <a href="mailto:amanda@veritascollege.org" rel="nofollow ugc">Amanda Smit</a> vra. Sy het die skedules.Nardia on Veritas module 2 aanlyn opleiding – Mei tot Junie 2025 Goeie dag. Wanneer word module 1 weer aangebied.strawberryinquisitively565197c036 on Lukas 12 Baie dankie Chris vir jou skrifgetroue leer en bediening van die Woord waarop my hart AMEN sê. Ons groep vroue hier in Tulbagh geniet die bybelstudie van Jesaja alhoewel ons stadig vorder, want ons sien mekaar net 1 maal per week. Soveel waarheid het al vir ons oopgegaan. Ons gebruik ook die Eenvolume kommentaar oor Jesaja wat opgestel is deur Fika J van Rensburg en Marius Nel. Seën vir jou bediening. Elsa Perold (dogter van oom (ds) David Botha van die VGK wat verlede jaar in die ouderdom van 99 jaar oorlede is. Ek dink jy ken ons familie).Chris van Wyk on Ngkerksomerstrand.co.za herleef as ‘n webtuiste met hulpmiddels vir gemeentes My voorreg. Ek hoop ek kry tyd om die 2 000 bydraes daar beter te ontsluit mettertyd.Con de Bruin on Ngkerksomerstrand.co.za herleef as ‘n webtuiste met hulpmiddels vir gemeentes Baie dankie Chris. Ek gebruik die hulpmiddels bykans daagliks.Chris van Wyk on Vraag 15: Wat is sonde? Jy kan op die webtuiste lees by hierdie skakel: https://bybelskool.com/oor-my/. Ek is in die NGK.Jannie Dry on Vraag 15: Wat is sonde? Goeie dag Chris EK KYK BIETJIE NA JOU BYBELSKOOL EN DIT WAT OP INTERNE BESKIKBAAR IS. MAG EK VRA WATTER DENOMINASIE OF AGTERGROND ONDERSTEUN JY? JANNIE DRY 082 571 3779Chris van Wyk on Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond 👍Esther Barnarx on Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond Baie leersaamChris van Wyk on Johannes 7 Ja, geen koste. Ek sal stuur.briefly31ea27a91f on Johannes 7 More Is die aanbod nog geldig vir die elektroniese lêer met die 4 evangelies langs mekaar? Wat sal die kostes wees? Vriendelike groete Wilma HeydenrychChris van Wyk on Markus 6 Hi Ada, dit staan nie in die Bybel nie, wel in die historiese geskrifte van Josephus.Chris van Wyk on 365 beloftes – begronding In sy boek <strong>All the Promises of the Bible</strong> gee Herbert Lockyer 'n paar kategorieë om dieper ondersoek in te stel na die aard van God se beloftes (bv substansie, eenvoud, sekuriteit, bron, waarborg, omvang). Ek dink 'n eenvoudiger manier wat 'n mens die Bybel kan deurlees en die beloftes ondersoek, is om doodgewoon die vrae wie, wat, vir wie, wanneer, waar, hoe, hoekom ensomeer te gebruik om elke belofte in konteks te kan ontleed.Ada DE WET on Markus 6 Goeie more dr Chris, In vers 22 wat verwys na die dogter van Herodias, noem u dat haar naam Salomie is. Kom die inligting uit n historiese bron of uit n ander skrifgedeelte in die Bybel? Groete AdaSusan Pieterse on 365 beloftes – begronding Beloftes van God, bv 1. God het 'n plan - Jer 29:1 2. Ek is ALTYD met jou - Deut 31 Hoe kan ek die beloftes onderverdeel met 'n teksevers(e) as verwysing, asb?Chris van Wyk on Subscribe Ja, dit is. Ek sal stuur. Dit is gratis.Hannetjie on Subscribe Hallo Chris. Is die aanbod nog geldig vir die elektroniese lêer met die 4 evangelies langs mekaar? Wat sal die kostes wees? Groete HannetjieChris van Wyk on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Hi Die boek is uit druk uit. Ek het nog 'n paar kopieë by my vir afhaal. Hier is inligting: Wat glo jy? - 52 antwoorde op kinders se vrae oor God, Christus, geloof en die Gees. Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Chris van Wyk bied egter ’n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee. In Wat glo jy? gee Chris antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel. In Wat glo jy? gee Chris antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel. Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle ’n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir ’n standvastige geloof te lê.David De Wet on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Goeie more Chris, Ek wil graag meer inligting hê oor jou kursus vir kinders (ongevee Gr 6-9Chris van Wyk on Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde Die riviere van Kus verwys na die Nyl en sy sytakke. Dit gaan in vers 10 en die res van die hoofstuk oor al die gelowiges uit die nasies wat die Here sal aanroep en eenparig sal dien. Hulle sal selfs van die verste en mees afgeleë plekke af kom, van "oorkant die riviere van Kus."etheb1 on Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde Dag daar, en dankie vir die uitleg! Wat is jou opinie oor die stellings, en stellings wat ek persoonlik graag sal wil waarde aan heg, dat Sefanja na Suid Afrika verwys en die redding wat God sal bring na die groot tragedies wat Siener van Rensburg en Johanna Brandt na verwys (Sefanja 3:10)?Chris van Wyk on Lukas 4 Mag die Here jou seën!Ungela Wilken on Lukas 4 Dankie vir die woord ek vat dit en maak dit myne. Dankie Jesus ek volg U dit is my begeerte help my deur die pad wat U vir my wys getrou te volg en te volhard daarmee 🙏Chris van Wyk on 525 preke die afgelope 15 jaar – Chris van Wyk Hi, ja, daar is 'n probleem. Somerstrand bou hulle webtuiste oor, en die skakels daarheen werk nie op die oomblik nie. Jy kan egter by hierdie skakel 'n paar 100 van my preke besigtig: https://www.chrisvanwyk.co.za/preke-chris-van-wyk/LJ on 525 preke die afgelope 15 jaar – Chris van Wyk Hi Chris, daar is iewers moeilikheid, of ek nou op Bybelskool.com of op jou eie Chris van Wyk blad n dokument probeer oopmaak, dit vat my na somerstrand se blad toe en dan is daar net n boodskap wat somerstrand is coming soon - dis nou seker al n maand of wat so. Is daar lig en/of raad van jou kant af? Dankie.Chris van Wyk on Veritas deelnemersopleiding die eerste helfte van 2025 Jy kan dit deur die loop van die oggende ook bywoon: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfPzt8Mxdzid_up-U6H_lAafLIhtMhifcZ8zPg5IeUKxKEbig/viewform?usp=header.Elsie Ceronio on Veritas deelnemersopleiding die eerste helfte van 2025 Gaan probeer om eie sake te reel om by die eerste module in te skakel. Sal kontak maak en inskryf indien moontlik Elsie CeronioChris van Wyk on Ester 9-10 Jy is reg in jou lees van die Bybel. Die ware Israel was nog altyd die gelowiges, in die ou bedeling sowel as in die nuwe bedeling. Blote afstamming gee nie die deurslag in die geestelike lewe nie: “Want nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie.” (Rom 9:6) Gelowiges is kinders van die belofte en nie blote vleeslike kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore word nie, soos die verhaal van Abraham en Sara met Isak bewys (Gen 18:10,14; 21:12). Daaroor het Paulus ook al in Galasiërs 4 geskryf met Sara en Hagar as voorbeelde van hierdie onderskeid. Ook Romeine 10 beklemtoon dat die regte verhouding met God, vir sowel Jode as nie-Jode, slegs deur geloof in Christus moontlik is. In Romeine 11 gee hy sewe perspektiewe om die betekenis daarvan ook vir vandag uit te lê: Die eerste perspektief is dat God nie die Israeliete verwerp het nie en steeds sorg dat daar 'n oorblyfsel is wat volhard. Dit is die ongehoorsames wat hulleself uitskakel deur nie in die Here Jesus Christus te glo nie. Hulle het die weg van geloof verwerp (Rom 11:1-6). Die tweede perspektief is dat daar ‘n onderskeid is tussen die uitverkorenes van Israel en die “res”, want die uitverkorenes glo, en die “res” van Israel verwerp die weg van die geloof (Rom 11:7-10). Die derde perspektief is dat die Israeliete nie so geval het dat verlossing onmoontlik vir hulle geword het nie. Hulle val het immers verlossing vir nie-Jode beteken. Die nie-Jode kan moontlik op hulle beurt sommige uit die Israeliete tot inkeer kan bring as die Jode agterkom wat dit vir nie-Jode beteken om in die regte verhouding met God te kom (Rom 11:11-12). Die vierde perspektief is dat Paulus hoop dat die verlossing van nie-Jode sommige Jode sal prikkel om in Christus te glo. Dit sal niks anders wees as lewe uit die dood (Rom 11:13-15)! Die vyfde perspektief is dat die feit dat nie-Jode gered word deur geloof, en Jode verlore gaan weens ongeloof nie tot selfverheffing aanleiding moet gee nie (Rom 11:16-21). Paulus gebruik hier die metafore van ‘n baksel deeg en ‘n mak olyfboom om dit te illustreer. Die eerste gedeelte van die baksel deeg het volgens die wet aan die Here behoort en is aan Hom geoffer (Num 15:17-21; vgl ook die soortgelyke gebruik met die graanoffer: Num 2:14-15). Daardeur is die hele baksel van dié deeg geheilig. Op soortgelyke wyse het die geloof van die eerste Jode ‘n heiligende invloed op die hele volk, soos dit ook deur die metafoor van die mak olyfboom geïllustreer word. Die wortel heilig die takke. Dit is waarom die nie-Jode wat tot geloof kom, soos wilde olyftakke ingeënt kan word op die mak olyfboom. Die ongelowige Jode word weer van die mak olyfboom afgebreek weens hulle ongeloof. Die enigste manier om deel van die mak olyfboom te bly, is immers om in geloof te volhard. Dit beteken egter nie dat gelowige nie-Jode hulle teenoor ongelowige Jode kan verhef nie. As nie-Jode soos wilde olyftakke ingeënt kon word op die mak olyfboom deur geloof, sal dit ook kan gebeur met die mak olyftakke wat deur hulle ongeloof afgebreek is. Op almal rus die verantwoordelikheid om in geloof te bly, sodat hulle nie uitgebreek word nie. Ontsag teenoor God moet ons verhouding met Hom stempel, nie hooghartigheid teenoor ander nie. In aansluiting by die vorige perspektief brei Paulus in die sesde perspektief op God se goedheid sowel as sy strengheid (sy “kindness” en sy “harshness”) uit. God is streng met dié wat afvallig word deur ongeloof en goed vir dié wat in geloof in die verhouding met Hom volhard. Almal moet dus in God se “goedheid” bly deur in geloof te volhard (Rom 11:22-24). Die sewende perspektief lig alle gelowiges in oor die misterie van die verharding wat oor Israel gekom het. Die verharding was sodat die volle getal van die heidene tot geloof kon kom. Daaruit moet nie afgelei word dat God al die Jode verwerp het nie (Rom 11:25-32). Paulus haal beloftes uit Jesaja en Jeremia aan om sy punt te maak: “Die Redder sal uit Sion kom, en Hy sal die goddeloosheid uit Jakob verwyder. En dit sal my verbond met hulle wees wanneer Ek hulle sondes wegneem.” (Jes 59:20-21; 27:9; Jer 31:33-34) Die beloftes van vergifnis en reiniging is natuurlik reeds vervul in die kruisdood van die Here Jesus Christus, maar dit bly steeds van krag vir almal uit Israel wat nog tot geloof sal kom, soos dit inderdaad ook vir gelowiges uit die heidene van krag bly: “Op hierdie manier sal die hele Israel verlos word.” Die gawes en roeping van God is immers onherroeplik. Dit sal tot die voleinding so bly. Paulus sluit hierdie uiters belangrike boodskap oor die toekoms van die Jode af met sy finale gevolgtrekking: “God het almal onder die ongehoorsaamheid ingesluit, sodat Hy aan almal ontferming kan betoon.” Die tempel en die millenium en die nuwe Jerusalem is dus dinge wat met die wederkoms te make het, en nie met die aardse bestel nie.Francois du Toit on Ester 9-10 Ds Chris kan jy asb lig werp op wie die ware Israel is, die nuwe Jerusalem en die herbou van die tempel. Die boodskap van die boek Ester is baie aktuel gesien wat op die oomblik in Israel en Gaza afspeel en die sterk steun wat Christelike Sionisme en hulle siening dat die vestiging van die staat Israel in 1948 die vervulling van 'n bybelse profesie is geniet, veral in Amerika. Is my lees van Galasiers 3 en 6 (en Romeine 11) dat die OT profesiee in Jesus Christus vervul is en die alle gelowiges die nageslag van Abraham en die ware volk van God is? Ingesluit is die gelowige Jode maar nie die hele nasie nie. Verder die "nuwe Jerusalem" is nie gebonde aan n spesifieke geografiese ligging maar verwys na die hele nuwe skepping en die nuwe of millenium tempel nie n nuwe gebou is nie maar gestalte kry in Jesus, die kerk en die gelowiges.Chris van Wyk on My preke by NGK Somerstrand nou ook hier beskikbaar Geniet!Susan de Villiers on My preke by NGK Somerstrand nou ook hier beskikbaar Baie baie dankieChris van Wyk on My preke by NGK Somerstrand nou ook hier beskikbaar My plesier en voorreg.Con de Bruin on My preke by NGK Somerstrand nou ook hier beskikbaar Baie dankie vir u preke!!!!!on Alle kommentaar Completed cleaning database periodic action. No items affected.Chris van Wyk on Leesplan Jesaja Hi Marieka, jy kan enige boek in die Bybel hier deurwerk met my kommentaar. Kyk bv na Jesaja in die kronologiese leesplan (https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/) deur af te scroll na Jesaja 1 en dan net die skakels te volg vir die ander hoofstukke soos dit daar aangegee word. Jy kan ook Jesaja lees in die Bybelboeke afdeling (https://bybelskool.com/jesaja/).marieka brocklebank on Leesplan Jesaja Wat n juweel blad. Ek het so gesoek om die boek van Jesaja te ondersoek. Dankie uit die diepte van my hart. God is groot altyd. Is daar enige Lanier wat ek n boek kan Koop?Chris van Wyk on Esegiël 40-42 – God skep ‘n tempel vir sy terugkeer na die land – 573 v.C. Hi, ek het in Eksodus 26 iets daaroor geskrywe: https://bybelskool.com/eksodus-26-jy-moet-die-tabernakel-oprig-presies-volgens-die-plan-wat-op-die-berg-vir-jou-gewys-is/kobus on Esegiël 40-42 – God skep ‘n tempel vir sy terugkeer na die land – 573 v.C. dag se ek opsoek na die betekenis van die kleure van die tabernakel bv silwer beteken verlossing wa kan ek dit opsoek asbChris van Wyk on Psalm 104 – Hoe groot is U, hoe groot is U! Dankie!Chris van Wyk on Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienis Hi Jan, daar is baie verskillende interpretasies hiervan. As 'n mens die getuies as 'n simbool van die hele kerk neem, is hulle opstanding eerder 'n verwysing na die opstanding van die gelowiges aan die einde van die tyd.Chris van Wyk on Jesaja 1 Hi Elsa, jy is welkom. Hier is die skakel: https://bybelskool.com/jesaja-1/Hansie on Psalm 104 – Hoe groot is U, hoe groot is U! Hierdie film https://www.youtube.com/watch?v=hqIWhyEIxmc het my na Psalm 104 gelei. Hoe meer die wetenskap ontdek, wat die geskiedenis bevestig en so geloof versterk. Dankie vir hierdie perspektiewe.jan Smith on Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienis Openbaring 11 - Kan dit wees dat die twee getuies tans lewendig word? in die lig van die chaos wereld-wydElsa Perold on Jesaja 1 Ons is 'n Bybelstudiegroep in Tulbagh en wil die boek Jesaja bestudeer. Ek het onderneem om meer oor oorsprong en rede vir die boek Jesaja asook die profeet Jesaja na te vors. Ek moet ook Hoofstuk 1 voorberei vir volgende Woensdag. Ek wil weet of ek die materiaal rondom Jesaja wat deur uself saamgestel is mag gebruik in my navorsing? Dankie vir u terugvoer. Groete Elsa PeroldChris van Wyk on Psalm 82 Hi, ek verstaan. Ek het die subscribe opsie afgesit, want dit is in elk geval in 'n widget aan die regterkant, maar die cookies is 'n belangrike een vir "consent". Dit kan ek nie afsit nie, en behoort nie baie te verskyn nie.optimistica231f5e58a on Psalm 82 Beste Chris. Jammer, maar ek moet die medium gebruik om jou in te lig omtrent die "Subscribe" boodskappe wat my deesdae verpes. Ek kan jou nie op ander "comments" kontak en moet vra hoekom na ek ingeteken het en weer "Subscribe" het soos hul vra, weee en weer die boodskap oor Cookies en Subscribe kry? Blyk of Wordpress die probleem kan wees. Hoop jy kan help asseblief? PetrusChris van Wyk on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese Bybelleesplan Dankie Doreen, waardeer.Doreen Snyders on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese Bybelleesplan Goeiedag, net om baie baie dankie te sê vir al u wonderlike en insiggewende bydraes wat ons so gereeld ontvang. Ek besef hoe geweldig baie die navorsing en skrywe daarvan verg. Nogmaals dankie. Doreen Snyders.Chris van Wyk on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese Bybelleesplan Dankie Chris, my voorreg.Chris van Zyl on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese Bybelleesplan Baie dankie Chris vir die ekstra waarde wat jy toevoeg deur die interpretasies en kontektuele uitleg van die Bybel met ons te deel. Dit alles maak baie sin. Mag God jou seën met hierdie bydraes tot geestelike groei. Voorspoed.Chris van Wyk on Esegiël 45-46 👍Louisa Meyer on Esegiël 45-46 Ek staan al hoe meer verwonderd oor die volledigheid van Godse woord en die relevansie van elke gedeelte. Baie dankie.Chris van Wyk on Chris van Wyk Hi Marie, jy kan die leesplan hier volg: https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/ Jy hoef nie in te teken nie. Jy kan net die skakels teen jou eie pas volg van Genesis af en verder. Geniet dit.Chris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Hi Richard, jy is reg, maar die belangrike is om nie saam te doen nie, en die dag as 'n Christusfees te vier, terwyl 'n mens in hierdie tyd fokus op uitreik na ander, en ook familiewees vier. Groete.marie0849023303 on Chris van Wyk Hoe kan ek aansluit en die Bybel van voor af leed soos jy asnbeveel? Marie Godde. Marie.0849023303@gmail.com Selnr 084 902 3303Richard on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Môre oom Chris. Gaan dit goed? Dankie vir hierdie skrywe, wat seker vir altyd in debat sal wees, ongelukkig. Nietemin, ek wil tog vra vir ń nuwe artikel rakende die onverantwoordelikheid waarmee ons Kersfees vier. Wat ek bedoel is die volgende: Hoe kan ons derduisende rande spandeer aan bome, liggies, parfuum, iphones, lamsboude, nageregte en wat nog, terwyl miljoene ander mense swaar kry? En slégs op hierdie dag stroom ons kerk toe - ń vreemde plek wat ons nie eers ken nie. Hier is die kersie op die koek (tong in die kies): Terwyl ons hierdie dinge doen, noem ons onsself trots Christene!!! Maak ons nie sodoende openlik 'n bespotting van God nie? Ek word naar hiervan.Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Die Bybel, soos jy weet, het geen probleem met die matige gebruik van drank nie, en verbind dit baie keer met feestelikheid, bv as drankoffer (Num 28:7) en tydens die fees van die tiendes (Det 14:26). Dit was wel verbode vir sommiges onder sommige omstandighede: vir Leviete wat in die tent van samekoms ingaan (Lev 10:9); vir diegene wat die Nasireër-gelofte aflê (Num 6:3; Rigt 13:4–14; Luk 1:15); vir konings en heersers, omdat dit hulle oordeel benewel (Spr 31:4). Wyse mense vermy dus om dronk te word (Spr 20:1), want dit kan verslawing tot gevolg hê (Jes 5:11, 22). Hulle vermy veral partyties waar drank 'n groot rol speel (Gal 5:21 - dronkenskap en gefuif; Rom 13:13; 1 Pet 4:13), want dit is praktyke wat met die sondige natuur te make het en kan vir jou die koninkryk toesluit (1 Kor 6:10). Die Bybel sê dus nie nee vir drank nie (Jesus het wyn gemaak by 'n bruilof - Joh 2), maar wel vir enige situasie waar drank 'n probleem kan wees, veral waar dit ander kan laat struikel (Rom 14:13-23).Wilma Heydenrych on PREKE: 2008 TOT 2018 Goeiemore Pastoor. Ek het iets wat my vreeslik pla en dis die verkoop van sterk drank deesdae by ons kerk kermisse/besaars... ek is lid van die NG Kerk...ek is nie daarmee gemaklik nie aangesien ek weet wat alkohol aan mense/families doen... kom uit so huwelik... Ek weet en verstaan die gebruik van wyn in die OT en NT. Groete WilmaChris van Wyk on Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê Anelle, dit is nooit te laat vir iemand om tot bekering te kom nie. Onlangs het ek die getuienis van 'n 104-jarige persoon gehoor wat tot bekering gekom het.Anelle on Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê Chris die persoon was vir 42 afvallig, nou bedleend. Kan die persoon gered word?Chris van Wyk on Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo Hi Francois, dit is wonderlik om van jou bediening kennis te neem. Ons het 'n meestersgraad student wat ook in tronke werk met die Veritas modules wat 'n groot impak in hulle lewens maak. Ek het baie waardering vir die werk wat julle onder moeilike omstandighede doen. Seën met jou bediening.Jozua Francois DU TOIT on Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo Geagte Dr Chris, Mag die Here U werk seen. Die verstaanbare wyse waarop U die diepere betekenis van Evangelie uiteensit is verblydend leersaam. Ek is betrokke by Crossroads Prison Ministries en het dan die geleentheid ook om die Goeie Boodskap aan die in Gevangenis te bring. Een van die kwel vrae is: :" What is in it for me?", dui die geweldige probleem om die Woord op `n persoonlike-haalbare manier aan hierdie gemeenskap te bring. Ek gebruik van die relevante verklaarings, (met erkening aan U). Mooi loop. J Francois DU TOITChris van Wyk on Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel Jy kan dit hier lees: https://bybelskool.com/category/uitverkiesing/Jamy Botha on Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel Wat is u mening oor d uitverkiesingsleerChris van Wyk on Daniël 3-4 Die Bybel antwoord nie die vraag eksplisiet nie. Daniël was moontlik afwesig waar die knielery plaasgevind het vanweë die belangriker posisie wat hy as hulle beklee het. Hy het volgens hoofstuk 2:49 in die koning se paleis gewoon. Die verhaal beklemtoon ook dat hulle in eie reg lojaal aan die Here opgetree het, nie net onder die invloed van Daniël nie. Daniël word natuurlik self getoets in die leeukuil, waar hulle weer afwesig is. Dit herinner ons daaraan dat elkeen van ons sy eie geloofsreis en getuienis het, en dat God in sy soewereiniteit bepaal wie op watter manier getoets word.André Kritzinger on Daniël 3-4 Baie dankie Chris. Hierdie woorde raak my vandag diep. "Dan kom een van die roerendste uitsprake oor geloof in die hele Bybel, as hulle sê: “Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.” (3:17-18)." Ek dink na oor die gebeure - hoekom was Danniël nie saam in die vuuroond nie? Hy het sekerlik ook geweier om te buig. Was die "sekere jaloerse Galdeërs" gefokus op hierdie 3 manne? En later is dit net Daniël wat in die leeukuil beland. Was die fokus toe gemik op hom? ' gefokus op om die drie vriende van Daniël in diskrediet te probeer bring gedagtesChris van Wyk on Habakuk 2 Dit bly vir my 'n voorreg om saam met julle op dié reis deur die Bybel te wees.Johann on Habakuk 2 Baie dankie Dr Chris. Ek is bevoorreg om as n ou man die insig kry in die Bybelboeke soos u dit verduidelik deur die manier om Konings, Kronieke en die profete saam te vat en ook hoe dit in die nuwe testament weerklank vind.Chris van Wyk on Levitikus 16 – Die Groot Versoendag bring versoening met God en reiniging van die sonde Waardeer!Frik on Levitikus 16 – Die Groot Versoendag bring versoening met God en reiniging van die sonde Dankie vir leer en leweChris van Wyk on Matteus 27 – Jesus word oorgelewer en gekruisig, sterf en word begrawe Hi Alida, interessante vraag. Daar is baie spekulasie daaroor, maar uit die teks kan 'n mens net die volgende aflei: 1) Die voorhangsel van die tempel skeur wat aankondig dat die pad na God nou oop is deur die dood van die Here Jesus Christus. 2) Die grafte van die ontslape heiliges het oopgegaan as teken van die begin van die proses van die opstanding. Amper soos die dooie bene wat bymekaar gekom het waarvan Esegiël 34 ons vertel, het hulle liggame "opgestaan", maar nog in die grafte gebly. 3) Nadat die Here Jesus die Sondag opgestaan het, het hulle lewend uit die grafte gegaan en aan talle in Jerusalem verskyn as 'n teken van die werklikheid van die opstanding. 4) Maar, wat daarna geword het van hulle word nie vertel nie. 'n Mens kan spekuleer dat hulle weer dood is of saam met Jesus opgevaar het. Maar, die Skrif is doodstil daaroor. Want, die werklikheid van die opstanding is daardeur onderstreep. En dit is genoeg vir ons.Alida Dippenaar on Matteus 27 – Jesus word oorgelewer en gekruisig, sterf en word begrawe Matt 27: 51. Wat het geword van die ontslape heiliges wat net na die kruisiging opgestaan het. Is hulle saam met Jesus hemel toe?Chris van Wyk on Miga Hi Cornelia, jy is welkom om hier in te skryf om my daaglikse bydraes te ontvang. Jy kan dit ook per Whatsapp ontvang. Kyk maar net vir die regte skakels op die voorblad. Jy kan ook enige boek in die Bybel hier deurwerk. Die skakels is op die boonste spyskaart (menu).Chris van Wyk on Hoe werk die uitverkiesing? Dankbaar dit kan help!Cornelia on Miga Wil my graag verdiep in God Se woordRetha Roux on Hoe werk die uitverkiesing? Baie dankie Chris vir hierdie waardevolle en breedvoerige uitleg. Ons behandel reeds die onderwerp van Uitverkiesing van hierdie week af in ons Bybelstudie onderrig en hierdie is goeie aanvulling wat ek alreeds bymekaar gemaak het. GroeteChris van Wyk on Veritas module 1-4 opleiding vir die volgende jaar in Afrikaans en Engels Hi Clifford, jy is welkom. Ek neem aan dat jy by module 1 aanlyn wil inskryf?Clifford Hartzenberg on Veritas module 1-4 opleiding vir die volgende jaar in Afrikaans en Engels As pastor/leraar wil ek myself verdiep in die woord.Chris van Wyk on Amos 5:1-6:14 – Vra na my wil, dan sal julle lewe My voorreg en plesier, André.Andre Pierre on Amos 5:1-6:14 – Vra na my wil, dan sal julle lewe Hi , dit is vir my wonderlik dat ek elke oggend om en by 04;00 uit die Bybel n gedeelte lees en dan u gedeelte gebruik om my Bybel-Studie aantevul . Ek kry baie insug en hulp waarvoor ek net baie, baie dankie wil se . Groete Andre du PlessisChris van Wyk on Kolossense 3:12-17 – Die liefde is die band wat alles volmaak saambind Hi Leon, dit is nog net op die webtuiste in 'n argief beskikbaar gestel: https://bybelskool.com/beloftes/. Ek sal bietjie kyk wat ek verder kan doen.Leon Erasmus on Kolossense 3:12-17 – Die liefde is die band wat alles volmaak saambind More ek geniet om die 365 beloftes te lees ......waar kan ek dit in boek vorm koop of pdf book dan kan ek dit print ...asbChris van Wyk on 2 SAMUEL 11:1-15 Die Skrif is duidelik daaroor dat God nie sonde kan doen nie. Hy keur ook nie sonde ooit goed nie. Hy laat boonop geen sonde ongestraf nie (Eks 34). Dit is in dié lig wat 'n mens die profesie moet verstaan. God laat Dawid aan die gevolge van sy eie sondes oor, dit is dat Absalom onder andere in opstand teen hom kom en sy pa probeer verneder deur by sy vrouens te slaap. Dit is egter nie God se skuld dat Absalom dit doen nie. Dit is Absalom se skuld. Hy kies om sonde te pleeg. God se toelatende wil beteken nooit goedkeuring nie, maar die opheffing van sy beskerming. Hy laat as't ware die boosheid wat mense beplan, soos 'n stroom water los om hulle mee te sleur tot hulle eie vernietiging. Gelukkig het God ook 'n ander plan gemaak waarin Hyself die straf vir die sonde in Christus gedra het, en daardie stroom van genade kan dié wat in Hom glo meesleur tot verlossing.PHILIPPUS C FOURIE on 2 SAMUEL 11:1-15 2 Samuel 12 vers 11 waar God aan Dawid sê dat Hy sy vroue aan sy naaste sal gee om by te slaap en dit sal geskied in daglig sodat almal dit sal sien. Ek was deur my naaste hieroor gekonfronteer met die argument: Hoe kan God dit self toelaat en laat gebeur as Hyself hier owerspel toelaat? Dit is mos teenstrydig met die Wet van God wat Hyself geskryf het?Chris van Wyk on Amos 9:1-10 Waardeer.Klazina Jacobs on Amos 9:1-10 Dankie. Baie insiggewend!Chris van Wyk on Jona 1:1-16 Dankie Kobus, ek sien uit na module 4 waar ons saam dieper in die NT gaan delf!Kobus De Wet on Jona 1:1-16 More Dr Chris, vanmore is ek weer in verwondering oor die Woord van God na ek u stuk gelees het oor Jon 1:1-16. Ek het altyd in terme van Jona en die vis Jona gelees, uit my sondagskool perpektief, nou ontdek ek die diepte in Jona: die chiastiese rangskikking, God se name en natuurlik die Radam - diep slaap. Pragtig dat die joodse geleerdes nie besef het Jona kom van Galilea! (Joh 7:52. ) Dankie dat u die Woord so ontsluit vir ons. Sy rykste seen op u. KobusChris van Wyk on Matteus 17 – Jesus word verheerlik as teken van sy Goddelike wese Dankie Monique, dit is my voorreg!Monique Steyn on Matteus 17 – Jesus word verheerlik as teken van sy Goddelike wese Die Bybelskool help my so vreeslik Baie, Om die Bybel en die Woord van Jesus better te verstaan. Ek Wil net Soo Baie dankie se. Wees geseend.Chris van Wyk on 2 Kronieke 1 Hi Ayden, verhale uit die OT is voorbeelde wat ons help om te verstaan hoe God in ander se lewens gewerk het - in dié geval Salomo - sodat ons kan kyk of daar raakpunte met ons eie lewe is, en ons die boodskap aan die mense van daardie tyd, ook op onsself van toepassing kan maak. Jy kan die boodskap aan Salomo dus só toepas: 1) vra vir wysheid en nie vir voorspoed nie; 2) gebruik die wysheid wat die Here - veral deur die Bybel - gee in die sfeer waar jy invloed kan uitoefen: werk, familie, vriende, organisasies en die kerk.Ayden Corbett on 2 Kronieke 1 Ekt gebid en gevra dat die Here vir my n vers uit die bybel moet kies en my sal help verstaan wat ek lees en toe maak ek oop op 2 krinieke 1...dra die stukkie n spesifieke betekenis of boodskap buitens dat jy wysheid moet kies om die Here se volk te regeer inplaas daarvan om vir rykdom en n lang Lewe te vra?Chris van Wyk on Kolossense 2:6-23 – In Christus Jesus is ons met die volheid van God vervul Hi Eugene, alles moet getoets word aan die geskrewe Woord van God. As sy iets sien of sê wat daarmee in stryd is, is dit verkeerd. En as jy dit uitwys, is dit nie 'n sonde teen die Heilige Gees nie.Chris van Wyk on 1 Konings 11:1-43; 2 Kronieke 9:29-31 Jesus wys in Matteus 12 en Lukas 11 uit dat sy eie wysheid dié van Salomo oortref. Die koningin van Skeba sal dus in die oordeel opstaan en die geslag van Jesus oordeel, omdat sy op Salomo se wysheid gereageer het, en die Jode nie dieselfde gedoen het met Jesus nie (Matt 12:42; Luk 11:31). Die boodskap is dat elkeen van ons rekenskap sal gee van wat ons gemaak het met die boodskap van Jesus. Die koningin van Skeba het ver gereis om Salomo te ontmoet. Die Jode het ongelukkig die persoonlike openbaring van die Here Jesus Christus geïgnoreer en teengestaan. Die vraag is dus wat ons doen met die volle openbaring wat ons van Jesus ontvang het.Chris van Zyl on 1 Konings 11:1-43; 2 Kronieke 9:29-31 Chris, sê asseblief iets meer oor die laaste sin van vandag se bydrae. GroeteEugene Beetge on Kolossense 2:6-23 – In Christus Jesus is ons met die volheid van God vervul Goeie dag kan u dalk verduidelik as die vroue predekant helder ligte en engele sien of engele wat tekens doen. Hoe moet n mens as Christen dit verwerk of interpreteer sonder om te laster teen die Heilige gees . U inset word opreg wardeer.Chris van Wyk on Openbaring 19:1-10 – Gelukkig is hulle wat uitgenooi is na die bruilofsfees van die Lam Hi, dit is beelde wat gebruik word om dieselfde werklikheid uit te druk. In vers 7 word die kerk as 'n bruid uitgebeeld om die intieme verhouding tussen God en sy mense uit te druk. Die bruid is enkelvoud, maar die mense wat deel daarvan is natuurlik meervoud. Maar, dit is nie 'n probleem nie, want die enkelvoud druk die eenheid tussen die gelowiges uit, en die verdere feit dat alle gelowiges op dieselfde vlak in daardie verhouding deel. In vers 9 word die gelowiges as gaste uitgebeeld wat na die bruilof genooi is (soos Jesus ook bv oor gelowiges as gaste by 'n bruilof in sy gelykenis in Matteus 22 gepraat het). Dit versterk die idee dat elkeen van ons deel van hierdie wonderlike werklikheid gaan wees. Dit gee net 'n ander perspektief op dieselfde saak. Beelde is buigsaam in profeties-apokaliptiese literatuur, en die verskeidenheid help ons om die volk van God vanuit verskillende perspektiewe te beskou: die korporatiewe kerk as die bruid en individuele gelowiges as gaste; beide is waar en belangrik. Hierna word die gelowiges as die stad Jerusalem uitgebeeld wat aan die een kant in die stad bly, en aan die ander kant op korporatiewe wyse die stad vorm en selfs met die verdere beeld van 'n bruid beskryf word (Openb 22).Dg Chamberlain on Openbaring 19:1-10 – Gelukkig is hulle wat uitgenooi is na die bruilofsfees van die Lam Die bruilofsgaste en die bruid kan nie dieselfde wees nieChris van Wyk on Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie Hi - nee, daar is nie 'n aanduiding in die teks of in Buite-Bybelse getuienis nie.Marzanne on Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie Hi Chris, In die boek Johannes 3:23 word daar verwys na "omdat daar baie water was", weet julle dalk watter maand van die jaar dit was?Chris van Wyk on 525 preke die afgelope 15 jaar – Chris van Wyk Hi Louis, jy kan Ctrl-f gebruik op daardie blad om te soek vir die tekste. Onthou jy kan ook my kommentaar op elke hoofstuk van die Bybel op bybelskool.com lees. Ek sal oorweeg in die toekoms om my preke te verbind aan die hoofstukke, maar dit is 'n groot administratiewe taak waarvoor ek tans nie tyd het nie.LJ on 525 preke die afgelope 15 jaar – Chris van Wyk CHRIS, BAIE DANKIE, IS DIT MOONTLIK OM DIE 500+ PREKE/LITURGIë IN BYBELBOEK / TEKS VOLGORDE TE PLAAS? OF HOE SOEK EK NA N SEKERE TEKSGEDEELTE SONDER OM ELKE KEER DEUR AL 525 PLASINGS TE MOET LEES? DANKIEChris van Wyk on Openbaring 21:1-8 – Wie oorwin sal God se erfenis vir sy kinders in besit neem <strong>Water van lewe en genesing vloei uit die Nuwe Jerusalem</strong> <em>22:1Toe het die engel aan my ’n rivier van water wat lewe gee, gewys. Dit is helder soos kristal en het uit die troon van God en die Lam gevloei. 2In die middel van haar straat aan die een kant en die rivier aan die ander kant is die boom van die lewe wat twaalf keer vrugte dra; elke maand gee hy sy vrug, en die blare van die boom lei tot genesing van die nasies. 3Geen vloek sal daar meer wees nie. Die troon van God en van die Lam sal in haar wees en sy diensknegte sal Hom dien. 4En hulle sal sy gesig sien, asook sy Naam op hulle voorkoppe. 5Daar sal nie meer nag wees nie en die nodigheid aan die lig van ’n lamp en die lig van die son bestaan nie meer nie, omdat die Here God hulle sal verlig en hulle sal vir ewig as konings heers.</em> Die Nuwe Jerusalem word as ‘n paradys beskryf wat herinner aan die oorspronklike paradys, die tuin van Eden in Genesis 2. Soos die vorige hoofstuk die impak van God uit die Nuwe stad Jerusalem – die metafoor vir die geloofsgemeenskap – op die omliggende nasies beskryf met die metafoor van LIG wat lewe gee, só beskryf Johannes op soortgelyke wyse die impak van God in hierdie hoofstuk met die metafoor van WATER so helder soos kristal, wat lewe gee. Hierdie water loop soos ’n rivier uit die troon van God en die Lam en gee lewe asook genesing via die boom van die lewe wat by die rivier geplant is en via sy maandelikse vrugte en oorvloed blare genesing bring. Dit sluit baie nou aan by Esegiël 47 wat beide oor die stroom van water uit die heiligdom en die blare van die bome daar langsaan wat genesing bring, skrywe. <strong><em>Dit laat ‘n mens ook dink aan Psalm 1 se prentjie van die oorvloed wat iemand beleef wat na God luister en met ’n boom wat by watervore geplant is, vergelyk word.</em></strong> In dié Utopia, hierdie Eden, sal daar geen vervloeking meer wees nie. In die grondteks staan daar: “Geen vloek sal daar meer wees nie.” In die konteks beteken dit dat God nie meer sal oordeel nie. Dit sal nie meer nodig wees nie, want almal sal met onbedekte gesig die lig van God se teenwoordigheid indrink en daarin en daaruit leef. Die vloek van die sondeval van Genesis 3 is opgehef. Sy Naam sal op hulle voorkoppe geskryf staan. En hulle saam met Hom vir ewig as konings leef. <strong>Die Here Jesus Christus kom verseker weer</strong> <em>6En die engel het vir my gesê: “Hierdie woorde is geloofwaardig en eg en die Here, die God van die geeste van die profete, het sy engel gestuur om aan sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.” 7“En kyk, Ek kom gou! Gelukkig is die een wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol bewaar.” 8En ek, Johannes, is die een wat hierdie dinge gehoor en gesien het. En toe ek dit hoor en sien, het ek neergekniel in aanbidding voor die voete van die engel wat hierdie dinge aan my gewys het. 9En hy sê toe vir my: “Oppas, moenie! Ek is ’n mededienskneg van jou en van jou medegelowiges, die profete en van hulle wat die woorde van hierdie boekrol gehoorsaam. Kniel voor God in aanbidding neer!” </em> Johannes sluit die boek af met ’n versekering van die Here Jesus Christus se spoedige wederkoms in ’n wisselspraak tussen die engel, die Here Jesus self, die Heilige Gees, die bruid, Johannes en die veronderstelde lesers van die boek Openbaring. Dat die Here Jesus self drie keer dit herhaal, gee aan dié slotgedeelte ’n besondere krag: vers 7, 12, 20: “Kyk, Ek kom gou!”. Dat die woorde van dié boek as betroubaar en eg geag word, soos die engel aan Johannes te kenne gee, gee besondere krag aan die oproep om gehoorsaam te wees. Trouens, Jesus se eerste belofte van sy wederkoms word as saligspreking daaraan verbind: “Geseënd is dié wat vashou aan die woorde van die profesie van hierdie boekrol.” Soos in Openbaring 19 is die oomblik só groot vir Johannes dat hy weer die boodskapper probeer aanbid, maar word weereens gehelp om sy fokus op God te plaas, terwyl hy ook aangemoedig word om die woorde van die profesie wyd te versprei weens die spoedige aard daarvan in belang van die lewens van mense. <strong>God sal ons beloon</strong> <em>10Hy sê toe ook vir my: “Moenie die woorde van die profesie van hierdie boekrol verseël nie, want die tyd is naby. 11Dié wat kwaad doen, moet meer kwaad doen; wie vuil is, moet nog meer vuil lewe, en wie reg optree, moet nog meer reg doen, en wie heilig optree, moet nog meer heilig word.” 12“Kyk, Ek kom gou! En Ek bring my loon saam om elkeen te beloon, elkeen volgens sy dade. 13Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. 14Gelukkig is dié wat hulle klere was sodat hulle volle reg sal hê op die boom van die lewe en om by die poorte van die stad in te gaan. 15Die honde word buite gelaat, ook die towenaars en die onsedelikes en die moordenaars en die afgodsaanbidders en elkeen wat die leuen liefhet en doen. 16Ek, Jesus, het my engel gestuur om aan julle hierdie dinge in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel en die Nakomeling van Dawid, die helder Môrester.”</em> Die woorde in vers 11 kan op twee maniere verstaan word, as ’n beskrywing van wat in werklikheid gebeur – sondaars hou aan met sondig, dié wat gehoorsaam is, groei in gehoorsaamheid – óf as ’n waarskuwing aan goddeloses dat hulle op ’n pad is wat na die verderf lei en omgekeerd ’n aanmoediging aan gelowiges dat hulle moet volhou op die pad wat na die volle gemeenskap met God lei. Die beloning van die Here Jesus dui nie op ’n verdienstelike karakter van die wederkoms nie, maar op die sekerheid van die redding van diegene wat in ’n verhouding met Hom lewe wat loon sal insluit. Dit word gekontrasteer met dié wat nie deel van die stad sal hê nie – honde (seksuele perverte), towenaars, onsedelikes, moordenaars, afgodsaanbidders en leuenaars – ’n soortgelyke lys as wat in hoofstuk 21 gegee is. <strong>Die Gees en die bruid sê: “Kom!”</strong> <em>17En die Gees en die bruid sê: “Kom!” En dié wat hoor, moet sê: “Kom!” En dié wat dors het, moet kom. Dié wat wil, laat hy die water van die lewe neem, verniet! 18Ek lewer getuienis teenoor elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol hoor. As iemand hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae waarvan in hierdie boekrol geskryf is, byvoeg. 19En as iemand van die woorde van die boekrol van hierdie profesie sou wegneem, sal God sy deel van die boom van die lewe en van die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is, wegneem.</em> Die Gees en die bruid eggo die belofte van die Here Jesus se koms met die byvoeging dat daar nog genadetyd beskikbaar is vir dié wat dors het en luister. Hy is immers die Wortel en Nakomeling van Dawid (vgl Jes. 11:1), die helder Môrester (Num 24:17). Johannes bevestig self oor die inhoud van sy boek dat dit gesagvol is, een van die redes waarom die boek uiteindelik in die kanon ingesluit is, komende van ’n apostel wat die Here Jesus op aarde geken het. Niemand mag hieraan verander nie, anders sal hy of sy nie net die plae wat in die boek beskryf is, ondervind nie, maar ook uit die Boek van die Lewe uitgeskryf word. <strong>“Ja, Ek kom gou!”</strong> <em>20Hy wat getuig oor hierdie dinge sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! 21Die genade van die Here Jesus is met julle almal.</em> Die boek sluit met die derde belofte van die Here Jesus Christus dat Hy op pad is om terug te keer, waarop die kerk asof in ’n liturgie antwoord: “Amen! Kom, Here Jesus!”, asook ’n seënbede in die naam van die Here Jesus en sy genade.Liztha Luttig on Openbaring 21:1-8 – Wie oorwin sal God se erfenis vir sy kinders in besit neem wat beteken Openbaring 22 vers 1-8 presies vir my in my leweChris van Wyk on Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef Hi André, hier is 'n moontlike tydlyn: Paulus sê in Galasiërs 1:17 dat hy ná sy bekering eers na Arabië toe gegaan het, en ‘n tyd later na Damaskus toe teruggekeer het. Dit kom moontlik ooreen met die “geruime tyd” wat verloop het voordat die Jode teen hom opgetree het waarvan ons in Handelinge 9:23 lees. Drie jaar later het hy na Jerusalem opgegaan om die apostels te ontmoet (Gal 1:18). Maar daar was steeds teëstand en slegs die tussenbeide trede van Barnabas (Hand 9:27) het ‘n ontmoeting moontlik gemaak. In Galasiërs blyk dit dat dit net twee apostels is wat hom gesien het, Petrus en Jakobus. Sy bediening hierna het gefokus op die streke van Sirië en Silisië totdat Barnabas hom ingetrek het in die bediening in Antiogië (Hand 11:22-26). Die gemeente stuur hulle op ‘n tyd na Jerusalem met fondse vir die gemeente (Hand 11:27-30). In Galasiërs 2:1 skryf hy dan van sy besoek 14 jaar later (waarskynlik getel vanaf sy bekering) dat hy weer Jerusalem besoek het, waarskynlik die besoek waarvan Handelinge 15 ons vertel, waar dit spesifiek oor die insluiting van die gelowiges uit die heidene gegaan het.Andre Mouton on Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef Ek lees in Galasiers 1 :17-20 hoe Paulus opgetree het na sy bekering op die Damaskus pad. In Handelinge 9 :18-30 is daar n ander uiitleg van die gebeure . ka n U asb. vir my kommentaar daaroor gee?Chris van Wyk on Riglyne vir die lees van Handelinge Hi Loureda, jy kan by hierdie skakels lees: https://bybelskool.com/handelinge-51-67-die-kerk-groei-in-heiligheid-en-helende-krag/ https://bybelskool.com/handelinge-68-760-vervolging-is-die-stimulus-vir-die-uitbreiding-van-die-evangelie-na-judea-en-samaria/Loureda on Riglyne vir die lees van Handelinge Goeie more Ek lees tans handelinge , hoe kan ek hoofstuk 6 en 7 beter verstaan , Omrede ek nou sukkel om die 2 hoofstukke geheel te verstaan . Baie dankieChris van Wyk on Spreuke 24:23-34 Hi Kobus, daar is kopiereg op, ja, maar dit is bedoel om gratis versprei te word. Ek het ook 'n Whatsapp groep wat dit daagliks aan mense versprei wat jy/hulle kan benut. Klik net op hierdie skakel en skryf daar in: https://chat.whatsapp.com/HCopoK3dwlW52EqxduqcFb Onthou daar is 'n argief van vorige bydraes wat jy hier kan kry: https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/kvlutz on Spreuke 24:23-34 Goeie more en ek groet u in die wonderlike Naam van ons Jesus Christus. Is daar kopie regte op hierdie werke van u want ek wil dit versprei na persone wat nie toegang tot die internet het nie. Baie dankie en n geseende dag aan almal. Groete Kobus Venter.Chris van Wyk on Henog Daar is verskeie uitgawes daarvan beskikbaar. Hier is 'n pdf wat ek op die Internet opgespoor het: https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2024/04/die-openbaring-van-henog.pdfLourens on Henog Waar kan ek die boek "Henog" in Afrikaans kry?Chris van Wyk on Kontak my Hi Gerrie Jy kan meer daaroor lees by hierdie skakels: https://bybelskool.com/wedergeboorte-en-bekering/ https://bybelskool.com/as-iemand-nie-van-bo-af-gebore-word-nie/ https://bybelskool.com/dordtse-leerreels-n-kort-inleiding/ https://bybelskool.com/god-wil-ons-heilig-maak/ https://bybelskool.com/vraag-34-kan-jy-deur-die-wet-of-goeie-werke-gered-word/ https://bybelskool.com/geloofsekerheid/Gerrie Viljoen on Kontak my Middag Dominee Chris, het u miskien vir my inligting oor wedergeboorte, bekering, heiligmaking en geloofsekerheid? Baie dankie vir u hulp. Groete. Gerrie.Chris van Wyk on Jeremia 19:14-20:18 – Vervloek is die dag waarop ek gebore is Die presiese betekenis van die term "blok" is onduidelik. Dit word gewoonlik geïnterpreteer as verwysend na een of ander instrument of plek van inperking en straf, bv. 'n inperking wat beweging beperk, gewoonlik beskryf as bestaande uit 'n raamwerk met gate waarin die voete (en soms die hande) van 'n oortreder tussen tralies van hout vasgemaak is.ELRETHA VAN DER MERWE on Jeremia 19:14-20:18 – Vervloek is die dag waarop ek gebore is Dag. Dankie vir die verduideliking van die doel van die Blok waarin Jeremia vas geskroef was in die Benjaminspoort. Ek kry nou meer begrip daarvoor. Verstaan ek reg dis soos 'n persoon wat se hande beidekante van sy kop in n stuk hout vas gemaak is of is dit iets anders. Baie DankieChris van Wyk on Hooglied Ek sal jou registreer. Jy moet net op die skakel in die e-pos wat vir jou gestuur word van Wordpress af, klik, om dit goed te keur. Ek sal jou selnommer ook by Whatsapp byvoeg.Anne Enslin on Hooglied Ek leer so baie by julle sal graag wil aansluit.Chris van Wyk on Eksodus 30 Jy kan by YouVersion se Bible app die 2020-vertaling gratis op jou selfoon kry.Willie on Eksodus 30 Baie dankie vir die uitleg wat jy gee hoofstuk vir hoofstuk. Ek het egter ñ probleem. Ek het die afrikaans en engelse vertaling vers vir vers gekry. Dit wil voorkom asof dit deur een of ander app direk vertaal is in afr. Waar kan ek die nuwe afrikaanse vertaling kry om op my selfoon af te laai asseblief.Chris van Wyk on Jesaja 1 – Julle ken My nie Hi, dit is Bybels, ja. Ek verduidelik dit hier: https://bybelskool.com/category/uitverkiesing/Joan on Jesaja 1 – Julle ken My nie Kan u asb vir my die uitverkiesing verduidelik? Is dit Bybels?Frank Pronk on Psalm 46 Hallo Chris Ja ek glo dat ons almal n versugting het na die nuwe bedeling en die Nuwe Jerusalem. Ek wil iets deel wat ek vroeer die maand baie duidelik in my gees gekry het terwyl ek geslaap het . Die woorde het as volg gekom. " Die sewende wonderwerk van die sewende wereld - is die Israeliete" Ek deel dit en weet dat God altyd bevestig wat Hy bekendmaak en is dit nie vir eie interpretasie nie. Groete Frank PronkChris van Wyk on Psalm 71 Sy het die Here gedien met haar hele hart en eerder my met huisbesoek bemoedig as wat ek dit vir haar gedoen het. Sy was een van die pilare van ons geloofgemeenskap.Neels Fourie on Psalm 71 More dr vertel my meer van tannie phoebeChris van Wyk on 1 Kronieke 28-29 Groete!Wansen Engelbrecht on 1 Kronieke 28-29 Baie dankie. Groetnis Wansen Engelbrecht KlerksdorpChris van Wyk on Genesis 1:1-2:3 Is dit op 'n selfoon?Johan Kirsten on Genesis 1:1-2:3 Middag Chris. Ek merk dat as jy op die "menu" hierbo tik, die blok wat aan die linkerkant verskyn, blanko is. Daar is wel "onsigbare" skakels wat jou na die verskillende bladsye neem. Groete. JohanChris van Wyk on Psalm 11 Dankie, Jenny. Ek het self weer baie moed uit dié Psalm 11 gekry. Veral uit die feit dat ons nie baie beheer het oor die fondamente nie, maar op God kan vertrou wat opregtes suiwer en goddeloses skroei, soos dit in die laaste deel van die Psalm uitgespel word. God kan oneindig meer doen as wat ons kan, so die geheim is, om op Hom te vertrou om op te tree... en gereed te wees om in lewe en getuienis daarmee saam te werk. Groete.Jenny on Psalm 11 Baie dankie vir die boodskap wat weereens soos vorige boodskappe my help om deur baie swaar tye te kan kom. Die laaste jaar is daar so baie berge wat my toesak dat ek net kan vasklou aan God se woord en U maak dit makliker om sekere dinge beter te verstaan en net aan te hou glo en vertrou. Baie dankie, geseend is jul in al die goeie werke. Seen wense JennyChris van Wyk on Die Twaalf Kleiner Profete Dankie Johan, waardeer.Johan v Zyl on Die Twaalf Kleiner Profete Hi Chris net so baie dankie vir die enorme werk wat jy in Bybelskool doen. Ek gebruik dit elke dag in my bediening hier in Lichtenburg Klipkerk. Ek het op 60 die Bybel herontdek met nuwe passie . Jesusliefde Johan v ZylChris van Wyk on Salwing in die Bybel Ek is bly, Stoffie, dat ek kon help. Die waarhede in die Skrif is ons diepste en enigste beskerming teen dwaling.Stoffie Van Dyk on Salwing in die Bybel Ek het die afgelope Sondag 'n diens bygewoon wat my baie ontstem het - mense in die gehoor is gesalf deur 'n "profetes", en snaakse dinge het gebeur. Hierdie hele skrywe oor die salfgebruik, en van die antwoorde op vrae was vir my baie leersaam omdat dit vir my Skriftuurlik is. Baie dankieChris van Wyk on 2 Samuel 18 Dankie Lesley, waardeer.Lesley Barnard on 2 Samuel 18 Pragtig, ñ mooi toepaslike verduideliking.Chris van Wyk on 2 Samuel 17 Hi Hettie. Daar is twee letters in Hebreeus wat amper dieselfde geskryf word, maar verskillend uitgespreek word. Daar is die normale h wat uitgespreek word soos ons dit normaalweg doen. Dan is daar egter ook die letter ḥ (geskryf met 'n h met 'n punt onder) wat anders uitgespreek word. Die uitspraak is soos ons g. Daarom transkribeer die 2020-vertaling dit as Gusai (om die ḥ se klank weer te gee), en die 1933-vertaling dit as Husai (om nader aan die h taalteken te bly). Hoop dit maak sin.Hettie Swart on 2 Samuel 17 Baie dankie vir die oopbreek van die Woord. Ek sien dat my Bybel 35 vertaling na Husai verwys en nie Gusai soos in die Bybelstudie aangetoon word nie. Is dit verskillende uitsprake vir dieselfde mens? Help my reg asseblief.Chris van Wyk on Josua 2 – Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe 👍Petrus on Josua 2 – Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe Beste Chris Ek is nou besig met die boek Josua en die gedeelte oor Ragab en die 2 verkenners is vir my besonders. Ons weet nie veel v/d 2 manne, maar hulle laat my dink aan Josua en Kaleb wat getrou aan God was. Hulle tree met gesag op en neem besluite wat met hul belofte aan Ragab, van leierskap en gehoorsaamheid getuig. Hul belofte aan haar is eintlik profeties, en kom nie van Josua af nie. Hulle vetroue in Josua as leier en gehoorsaamheid aan God maak dat hulle haar veiligheid belowe en 'n plek in die geslagsregister van Jesus besorg. Merkwaardig! So moet ons verhouding met God wees.Chris van Wyk on Veritas module 1 facilitator training for pastors and leaders Hi Hester, ek sal jou detail deurgee aan ons Vrystaat opleiers dan kyk ons wat ons kan reël. Stuur ook net per e-pos vir my jou selnommer.Chris van Wyk on Veritas module 1 facilitator training for pastors and leaders Hi Chris, baie dankie! Jy kan dit inbetaal vir VCI (SA): ABSA Bank, Rekening nommer: 4076 44 1929, Tak kode: 632005 met verwysing Oos-KaapHester Fourie on Veritas module 1 facilitator training for pastors and leaders Ek is van Ventersburg in die Vrystaat, 50 km vanaf Welkom en 160 km vanaf Bloemfontein. Is dit dalk moontlik dat dieselfde opleiding hier kan geskied. Ek is gelegitimeer as diens leraar en Sal baie graag die opleiding wil meemaak. Seën op u werk Hester FourieChris van Zyl on Veritas module 1 facilitator training for pastors and leaders Chris, ek sal R750 skenk sodat iemand wat graag die opleiding wil doen, maar dit nie kan bekostig, wel die geleentheid kan benut.Chris van Wyk on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens Dit is op hierdie webtuiste, maar ek sal dit vir jou e-pos.proregno on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens Beste dr. Chris, kan u my verwys na u skrywes hier of elders waar u die volgende dan begrond en verduidelik vanuit die Skrif: "Ek gaan ook nie in debat met jou oor die selfdegeslagverhoudingsaak nie. My standpunt daaroor is duidelik en wyd bekend dat die Skrif dit nie toelaat nie en dat dit vandag nog as absolute geld. Ek volstaan daarmee." Let wel, ek stem met u saam oor wat u hier skryf in die aanhaling, ek wil dit dan graag gaan lees om te sien hoe daardie 'absolutes' vandag nog geld .... maar vir een of ander vreemde redes geld die 'absolutes' van 1 Tim. 2 en 3 nie ook vir vandag nie, en laat die Skrif dan wel vroue as leraars/ouderlinge toe? Dankie vir die verwysings, groete.Chris van Wyk on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens Hi Slabbert, lees wat ek skryf, nie wat jy dink ek skryf nie. Ek begrond nie die brief aan Timoteus in die konteks van daardie situasie in Efese nie, soos jy sê ek doen nie. Ek sê wel Paulus maak 'n uitspraak vir daardie situasie. Die boodskap wat hy hier gee, het vir hulle as absolutes gegeld. Daar kan tye vandag wees waar presies dieselfde situasie heers, en ons kan presies dieselfde uitsprake dan maak. Ek wil egter nie met jou in 'n debat hieroor gaan nie, want ek het 'n hele aantal tekste genoem waar vroue leiding gee, profeteer, bid, lering gee ensomeer, en jy verduidelik nie hoe dit in dieselfde Skrif kan staan en hoe dit met mekaar in verband staan nie. Ek gaan ook nie in debat met jou oor die selfdegeslagverhoudingsaak nie. My standpunt daaroor is duidelik en wyd bekend dat die Skrif dit nie toelaat nie en dat dit vandag nog as absolute geld. Ek volstaan daarmee.proregno on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens Dr Chris, ons kan dit verskillende name noem, maar om te sê 1 Tim. 2:11-15 is begrond in die plek- of situasie is om dit 'tydgebonde' te maak = dit geld net vir eerste eeu en Efese, en nie vir die hele NT bedeling nie as skeppingsorde en kerkorde vir die gesinne en gemeentes nie. Waar staan dit in die teks self wat u daar in lees, u eie woorde 'moontlik' wat uself gebruik 'n paar keer erken dit self, waar staan dit in die Teks self oor die rede vir Paulus se verbod is die susters van daardie tyd, bloot net die 1ste eeuse situasie? Let wel: ek erken 100 persent die tye en konteks van die hele Skrif, in die lyn van Bavinck se verstaan daarvan, die vraag is egter: waarin, in watter gesag of bron begrond Paulus 1 Tim. 2:11-12, en dan is dit duidelik hy gaan nie na sy tye nie, maar na die skeppingsorde, Gen. 1 en 2, en dan ook Gen. 3, die sondeval ongeag of juis omdat Christus gekom het. Nee dr. Chris, ek sê dit met deernis as oud NGer en liefde daar vir mede-gelowiges: dit is 'n latere 20ste eeuse 'sosio-historiese' INlees, INsegese wat u en andere ongelukkig doen, die druk van ons feministiese tydsgees wat geweldig is, en nou oorgaan na die woke- en gay agenda druk, ens. Die 'moontlike' buite bybelse bronne en sistuasie is nie die bepalende nie, dit is hulp maar nie SLEUTEL van die teks nie. Ons glo definitief nog altyd aan 'kultuurhistoriese' inligting/agtergrond (wat gereformeerdes nog altyd verwelkom, sien SCW Duvenhage se werk daaroor) wat tereg help en dienend is, maar die duidelike teks self is bepalend, so sê die Here, en deur die 'sosio-histories-kritiese' metode word die Teks nou self onderwerp aan die onduidelike, die spekulatiewe 'moontlike situasie gebonde' inligting, dit geveto en verander wat nog altyd duidelik was vir die kerk deur die eeue, ook die kerke van gereformeerde belydenis .... tot en met die opkoms van die feministiese teologie en ideologie wat ongelukkig ons susterskerke van die 1950s en later begin infiltreer het, en nou sit ons met die gay agenda. Paulus, soos in 1 Kor. 14, beroep hom op die Here self, sy wet, sy skeppings orde van Gen. 1 en 2, en ook die sondeval en gevolge, Gen. 3 as begronding van 'n ewigdurende onderskeid in hierdie bedeling, in v. 12-14, om die orde vir die gesin en gemeente daar te stel. Die gay verklaarders doen dit met Rom. 1 en ander tekste, beroep hul op die 'sosio historiese' slegte homoseksuele verhoudinge in die 1ste eeu, en ontken dat dit God se skeppingsordelike en bevelswil wat oortree word met homoseksualisme, hulle soek nou net 'liefdevolle gay verhoudings'... presies die argument vir susters om in die leer/regeer dienste of ampte te doen, dat word gepleit vir 'goeie susters wat kan preek en leer as leraars en ouderling', nie die 'onordelikes' nie, maar waar staan dit in die Teks self, in verse 13-15? Verder is 'n kenmerk van afwyking van gereformeerde skrifverlaring, wanneer 'beskrywende' gedeeltes (u skryf o.a. dat u u in hierdie saak baie laat lei deur 'die verskillende getuienisse in die NT oor die aktiewe rol van vroue in die geloofsgemeenskap') gebruik word om die 'voorskrywende' gedeeltes te verstaan, terwyl dit juis andersom moet wees, die duideliker 'bevele' moet die minder duidelike beskrywende gedeeltes bepaal, die beskrywende stof moet in die lig van die duidelike bevele gelees word, ook nie net in die NT, maar God se hele skeppingsorde van Gen.1 en 2, asook die wet en bevelsorde wat hy vir gesin en gemeente daargestel het. Sien gerus die skrywe van oud-prof PW Buys in hierdie verband: "Skrifgesag en skrifberoep in die etiek" https://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/884 "Abstract: The issue that is dealt with in this paper centres on the ways in which the centuries-old Biblical principles and norms in ethics should be applied after twenty and more centuries within a totally different, modern cultural situation. This issue has become especially topical since 1970 when Kuitert, in his article Het Schriftberoep in de Ethiek, maintained that the Scriptural injunction in practice seemed to be a monumentally arbi trary injunction." Hoe verklaar dr. Chris dan ook die DUIDELIKE konteks van 1 Tim. 2:12-15 = 1 Tim. 3:1,2 = 'die man van een vrou'? Dankie vir u antwoord.Chris van Wyk on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens Hi Slabbert, ek weet nie waar jy lees dat ek dit "tydgebonde" interpreteer nie. Ek interpreteer die verbod in Timoteus as plek- of situasiegebonde, omdat 'n vrou wel daar verbied is om lering te gee, en ek dit daarom handhaaf, maar vroue op ander plekke in die Bybel wel toegelaat word om te leer, Priscilla bv, en te bid en profeteer (1 Kor 11; Stefanus se dogters ens), en ek soortgelyks dit handhaaf. Ek het 'n Bybelse standpunt wat uit die hele Bybel se boodskap kom, nie 'n tydsgebonde een nie. Ek lees ook nie die Bybel deur 'n feministiese bril, of enige ander (post-)modernistiese bril nie. Ek probeer sin maak van die teks self en van die talle gevalle waarin vroue in leierskap posisies optree, en spesifiek ook lerend (dink bv aan Gulda wat Josia leer hoe om die wet te interpreteer in die OT). Jy is welkom om met my te verskil, maar doen dit op die regte gronde.Chris van Wyk on Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges Die Grieks lui só: ⸂ὁ δὲ Ἰησοῦς ἔλεγεν· Πάτερ, ἄφες αὐτοῖς, οὐ γὰρ οἴδασιν τί ποιοῦσιν. Dit lui letterlik so (maar onthou die Griekse woordorde en die Afrikaans-Engelse woordorde verskil radikaal): "the but Jesus said Father, forgive them, not for they know what they do." Dit moet só vertaal word om in Engels sin te maak (die eerste "the" word weggelaat, want ons praat nie so nie): "But Jesus said: Father, forgive them, for they know not what they do." Die "not" wat voor die "for" kom, beheer die volgende werkwoord, "know", wat daarom vertaal word soos ek dit hier bo het. Onthou 'n Interliniêr Bybel gee jou net 'n idee wat elke woord beteken, maar jy moet nog steeds die Grieks en veral die Griekse woordorde ken, om daarvan sin te maak om dit te kan vertaal. So, alle Afrikaanse en Engelse (en alle ander vertalings in die wêreld) vertaal dit dieselfde, want hulle verstaan die woordorde van die Grieks.Anna on Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges Kan u asb Lukas 23 v 34 verduidelik? Die Interliniêre boek se dit blykbaar sò ; Vergeef hul NIE want hul weet wat hul doen!? My Bybel en al die Bybels wat ek kon vind engels en afrikaans sê dit anders!! Volgens my is dit dan valse lering?proregno on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens Beste dr. Chris, ek is as mede-gelowige dankbaar vir die sterk standpunt wat u geneem het en seker nog steeds neem teen die gay agenda wat die kerke so oorstroom. Tog is dit met hartseer dat ek in u verklaring hierbo lees, dat u ongelukkig in wese dieselfde met die Skrif doen, as wat die gay verklaarders doen, dit verander die Skrif se waarheid oor die man en vrou se rol, ook in die kerk, na 'tydsgebonde', terwyl die gereformeerde geloof en teoloë nog altyd die standpunt gehad het dat dit wel 'tydsgerig' is, maar nie 'tydsgebonde' in sy uitsprake oor die leer en ook die kerkregering soos in 1 Tim. 2 se geval, nie. Waarom as u meen dat 1 Tim. 2:11-15 is tydsgebonde, waarom is al die uitsprake teen homoseksualisme in die Bybel, o.a. in Rom 1, 1 Kor. 6, 1 Tim. 1 ens... nie ook 'tydsgebonde' nie? As u 1 Tim. 2:14,15 so maklik kan 'wegverklaar', waarom nie ook die teen-homoseksuele tekste nie? Nee, in beide 1 Tim. 2 en Rom. 1 word gewys op wat teen God se skeppingswil ingaan, in beide die geopenbaarde Woord, asook in die natuur, albei wat van God kom, NGB art. 2 Ek hoop u en ander NG lidmate wat nog wil vasstaan vir die suiwer evangelie en Woord midde die NG kerke, tog opnuut sal besin en besef dat die verval in die gay agenda 'identiteitspolitiek' alreeds begin het met die verval in die vroue in die besondere ampte agenda se feministiese politiek, en onderliggend aan albei is die 'sosio-historiese/kritiese' Skrifbeskouing wat dan die skeppingsorde van ons Here vir sy skepping en kerk en vir man en vrou verdraai. U kan meer daaroor hier lees soos ek die onmisbare skakel tussen vrou in die besondere ampte na die homosekuele agende uitwys: https://proregno.com/2015/07/11/romeine-1-van-die-vida-plan-na-die-hida-plan/ https://proregno.com/2018/10/04/wanneer-geslag-nie-meer-saak-maak-nie-van-vida-na-homoseksualisme-na-pedofilie/ Sterkte toegebid U broeder in Christus SlabbertChris van Wyk on Skakel in by Veritas! Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas! Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke MeyerChris van Wyk on Openbaring Hi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wesenlike deel van só 'n strategie.Ronel on Openbaring Ds Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid Afrikaans E gemeente een is. Ons wissel baie agv werksgeleenthede maar hier is ook baie Suid Afrikaners wat glad nie aan n kerk behoort nie. Die vraag was onder bespreking in ons bybelstudiegroep en ons het verskeie menings daaroor gekry. Sou graag u insae wil hoor. . Byvoorbaat baie dankie Ronel Havinga Email scphavinga@gmail.comChris van Wyk on Openbaring Hi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pinksterreeks. Dit is alles gratis.Marie Elizabeth on Openbaring Hi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdom Hi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" of "ewige huis" van God. Presies hoe dit gaan werk, word nie uitgespel nie. Net dat dit by God sal wees, dat ons in God se teenwoordigheid sal kan bestaan, en dat vir altyd sal wees.Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdom Hi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het Hi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se opstand teen Dawid tree Dawid ook nie sterk op nie wat waarskynlik ook aan sy nalatigheid te danke is. Dit bring selfs sy koningskap in gevaar. Die verhale moedig ons dus aan om in ons eie vaderskap gehoorsaam aan God se wil te lewe.Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin het Beste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het die aartsvaders nie hul vaderlike pligte nagekom nie? Dit het elke keer tot verdeling en teenspoed gely.Chris van Wyk on Psalm 29 Dankie Tertia, my voorreg en plesier.Tertia Botha on Psalm 29 Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.Chris van Wyk on Inleiding op Openbaring Hou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes genees Hi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al jou siektes genees, 4 wat jou lewe vrykoop van die graf, jou kroon met troue liefde en ontferming, 5 wat jou begeerte met die goeie versadig. Soos 'n arend word jou jeug dan weer nuut. (2020-vertaling) Dit is 'n persoonlik lofprysing (vers 1-5) wat opgevolg word deur lofprysing in die geloofsgemeenskap (vers 6-18) en lofprysing van die hemelse wesens (vers 19–22). Die inhoud van sy persoonlike lofprysing fokus op God se persoonliks weldade aan hom waarvan hy geeneen wil vergeet nie, * dat Hy al sy sondeskuld vergewe het (dink aan die sonde met Batseba); * dat Hy hom van al sy siektes genees (dink aan Psalm 38 waar hy beide sy fisiese en sy geestelike toestand beskryf); * dat Hy selfs sy lewe vrykoop van die dood (dink aan al die vervolgings van Saul en die talle oorloë waar sy lewe in gevaar was); * en hom kroon met troue liefde en ontferming (dink aan die Here se gawe aan hom van koningskap). Vers 5 som dit dan alles op met die boodskap dat dié God Dawid versadig met die goeie en hom die jeugdige krag van die arend gee, een wat bó al die moeilikhede en uitdagings van die lewe kan uitstyg. Die arend is simbolies van krag en spoed, miskien vanweë sy vermoë om vinnig van bo af aan te val (John Barry, Faithlife Study Bible). Dit kan ook wees dat Dawid hier verwys na die "molting" (ververing) proses van sommige arende, waar hulle vere vernuwe word (NET Notes). Weiser sê in sy kommentaar op die Psalm: "The poet realizes that the opportunities which life offers lie before him just as they did in the sunny days of his youth." Die beeld van die arend wat vernuwe word, is hoe Dawid die Here se uitkomste en invloed in sy lewe ervaar. Die Psalmis gee dan in die volgende gedeelte ’n omvattende beskrywing van wie God is en wat Hy doen, sy wese en sy werke. Dit verruim nie net ons Godsbegrip nie, maar verdiep ons verwagting van God in sewe inspirerende perspektiewe: <ol> <li>Die Here doen wat reg is en handhaaf die reg</li> <li>Die Here openbaar sy weë en sy dade </li> <li>Die Here is barmhartig, genadig, geduldig, en vol troue liefde</li> <li>Die Here is barmhartig</li> <li>Die Here is genadig</li> <li>Die Here is geduldig</li> <li>Die Here is vol troue liefde</li> </ol> Die enigste reaksie wat daar by ons kán wees op dié beskrywing van God is ontsag. Maar, dit is nog nie klaar nie. Die persoonlike en korporatiewe lofprysing vir God se wese en werk mond nou uit in ’n universele lofprysing vir God se heerskappy oor alles (vers 19). Die engele en hemelwesens (vers 20-21) word saam met alles wat Hy gemaak het, opgeroep om Hom te prys op al die plekke waar Hy heers (vers 22). En die Psalm sluit af met dieselfde oproep aan homself as wat hy in vers 1 gedoen het: “Ek moet die Here prys!”amanda on Inleiding op Openbaring hoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes genees Ek wil graag meer weet oor psalm 103vers 5Chris van Wyk on 1 Samuel 28 Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.Elsa Steyn on 1 Samuel 28 Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys Ek het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheidPetrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys Beste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is soos ook in Openbaring voorkom. Maw, my vraag is: "Ons se Jesus is God, en waar, tog is Hy die Verlosser en God die Skepper. Alles is aan Jesus toevertrou, maar ons sal voor Jesus en God se trone staan. Ons bid die Drie-eenheid as Een en reg, tog wil ek weet of is Jesus as Goddelike nie die Seun van God nie, want hoekom praat God van "Ons?" Jesus is nie God die Vader nie, maar wel die Seun aan wie alle mag gegee is. Hy is ons Verlosser en Koning aan wie alles toevertrou is en ons sal voor Sy troon en God se troon kniel." Ek praat myself deurmekaar, maar dit bly vir my 'n vraag, want ek glo aan Jesus en God as 2 wie ek as Een aanbid, want so het God dit beskik. Hoe sien ons as Christene dit werklik? Dankie vir altyd se antwoorde en hulp. PetrusChris van Wyk on Amos Dankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.Katrien on Amos So maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhouding met U. Baie dankie Chris dat jy elke keer die Woord so vir ons uitle dat ons kan verstaan hoe kosbaar en belangrik ons verhouding met God is.Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof Hi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opponeer die ander persoon in die Triniteit, die Heilige Gees, wat gesien kan word in die lewe wat dié dier gee aan die eerste een, sowel as aan die beeld wat van hom opgerig is. Hierdie dier is die een in die onheilige driemanskap wat sorg dat daar ’n godsdienstige begronding geskep word vir die aanbidding van die draak, die Satan, en die dier uit die see, die antichris. Hierdie dier is dus ’n direkte teenstander van die Heilige Gees, want soos die Heilige Gees die Here Jesus verheerlik, doen die dier uit die aarde dit vir die dier uit die see en die draak. En sy getal is 666. Daar is baie interpretasies oor presies waarop die simboliek van die vals profeet dui (vgl Jesus in Matt 24:24 wat ook van vals profete praat). In Johannes se tyd kan die vals profeet waarskynlik die beste met die keiserkultus verbind word, maar in die verlengde van dié interpretasie kan dit eintlik met enige groot godsdienstige beweging verbind word wat nie net ’n ander god aanbid nie, maar spesifiek ook anti-christelik in opset is, ook met die Islam deur die eeue. Die 666 merk op die voorkop en die hand moet dus verbind word met die wyse waarop sulke godsdienste mense in hulle denk- en werkvermoë beïnvloed om die bose driemanskap te volg. Gelowiges wat nie saamspeel daarmee nie, kan dan van die ekonomie waar dié godsdienste die botoon voer, uitgesluit word, as hulle nie aan die heersende godsdienspraktyke wil deelneem nie. Weereens kan 'n mens dit reg deur die eeue sien gebeur, en ook in die lande waar Christene deur verskeie godsdienste, en in die Weste nou ook deur diegene wat die sekularisme aanhang, vervolg word. Die getal 666 moet dus aan hierdie godsdienstige teenstand verbind word, eerder as dat die numeriese getalwaarde van name uitgewerk word, om ’n persoon daarmee te verbind. 666 staan dus vir die doel van die dier se agenda om die gelowiges ekonomies te isoleer. Wie hierin insig het, kan planne maak om die dier se invloed minder te maak. Dit is natuurlik moontlik dat ‘n mens die getal op ‘n simboliese wyse kan verbind aan iemand soos keiser Nero. Hy was ‘n bloeddorstige vervolger van die vroeë Christus-volgelinge. Sy naam en titel in Hebreeus (Nero Ceasar – נרונקסר) het 'n numeriese waarde van 666. Maar, selfs as 'n mens Nero só sou interpreteer, gaan dit ook meer oor die feit dat hy simbolies is van alle toekomstige vervolgings deur heersers en hulle regerings, as dat dit direk op hom dui.Chris van Wyk on 1 Samuel 17 Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.Sarie Cronje on 1 Samuel 17 1 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof Goeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy ook noem in jou verduideliking dat dit wel in dele vd wereld waar is. Ons weet Moslems doen dit ea, maar weet ook dat Allah die naam van 'n afgod is hoewel hul dit met God verbind. (Op. 13) Hoe dink jy?Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nie My voorreg, Reinette.Reinette Adams on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nie Baie dankie pastor, ek lees graag U skreweChris van Wyk on Nuusbrief van Veritas College International Augustus 2023 No, we do all the courses in different languages, also Afrikaans.Trudie Vorster on Nuusbrief van Veritas College International Augustus 2023 Is the Course only in English.Chris van Wyk on Efesiërs 3:1-12 – Ons het deur geloof vrymoedige toegang tot God Dit bly my voorreg, Retha. Geniet!Retha Roux on Efesiërs 3:1-12 – Ons het deur geloof vrymoedige toegang tot God Baie dankie Chris. Ons behandel reeds in Bybelstudie Efesiërs en môre is dit Hoofstuk 3. Baie dankie vir die mooi samevatting en verstaanbare uiteensetting van elke hoofstuk. Ek is baie bevoorreg om al baie jare reeds deel van die epos afdeling van jou leringe te kan wees. SeënbedeChris van Wyk on 1 Samuel 3 👍Chris van Wyk on Rigters 4 👍Lesley Barnard on 1 Samuel 3 Baie mooi gedagtes. Dankie dat u dit met ons deel.Pietie Loubser on Rigters 4 Debora is nogal n gepaste voorbeeld vir ons tydens vrouemaand.Chris van Wyk on Sewe Geeste van God 👍Willie on Sewe Geeste van God Dankie Chris salom dit so WaarChris van Wyk on Rigters 19 👍Marinda Hattingh on Rigters 19 Amen! Báie dankie weereens vir prontuit die waarheid verkondig🙏Chris van Wyk on Rigters 11-12 Daar is in ons land ook verskillende perspektiewe oor die verlede en die impak wat dit op die hede sou kon hê.Marinda Hattingh. on Rigters 11-12 Goeiedag, ek verstaan nie hierdie opmerking nie.... "‘n Mens sou dink dié gesprek het in ons land plaasgevind!"?Chris van Wyk on Rigters 1:1-2:5 Hi Annette, dit bly my vreugde en voorreg.Anette Meyer on Rigters 1:1-2:5 Baie dankie vir al die harde werk om aan ons die geleentheid te gee om beter te verstaan. Dit word opreg waardeer. Anette.Chris van Wyk on Markus Gestuur, geniet.Lishia on Markus Hi Chris Kan ek ook asb die Excel dokument kry van Markus. Baie dankie.Chris van Wyk on Filippense 4:2-23 – Om saam in die Here te wees, bid en leef Dankie Retha, my voorreg.Retha Roux on Filippense 4:2-23 – Om saam in die Here te wees, bid en leef U uitleg van Filipense 4 het my baie gehelp met ons Bybelstudie vir hierdie week. Baie dankieRita Krohne on Haggai Dat God altyd by jou is ons moet net moed houChris van Wyk on Romeine 8:1-17 – Almal wat deur die Gees van God gelei word, hulle is kinders van God Hi Rodney, ek het jou reeds persoonlik geantwoord, maar vir almal wat hier lees, my suggestie is die volgende: 1) laai die gratis Logos sagteware program af (logos.com) en gebruik die Faithlife Study Bible vers vir vers kommentaar, en 2) benut Veritas se grondvlakfase opleiding sowel as die voorgraadse en nagraadse opsies vir verdere opleiding. Ek gaan binnekort meer inligting daaroor by Bybelskool publiseer.Rodney George on Romeine 8:1-17 – Almal wat deur die Gees van God gelei word, hulle is kinders van God Goeie dag hoop dit gaan goed. Ek is asseblief opsoek na materiaal om die skrifte beter te kan ontleed. Om dus my boodskap beter aan gemeentes oor te dra. Sal dit waardeur as dominee my kan help in hierdie verband.Chris van Wyk on Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde Die tydperk tussen Noag en die verwarring van taal by Babel is min of meer 340 jaar as 'n mens die Bybelse gegewens in die Hebreeuse teks as verwysingspunt neem. Kyk hier vir 'n bespreking: https://creation.com/images/pdfs/tj/j31_1/J31_1_80-87.pdfKen on Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde Wat was die tydperk tussen Noag en die Toring van BavelChris van Wyk on 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God Eksodus 28 vertel vir dat die skouerkleed of efod geweef is van gouddraad en blou, pers en bloedrooi wolstof en linne, met ‘n gordel van dieselfde materiaal, waaraan twee bande vasgewerk is waarop twee oniksstene vasgemaak is waarop die twaalf name van die stamvaders gegraveer was. Die skouerkleed het die Here aan die stamvaders herinner. in die verhaal in 1 Samuel 23 was dit heel waarskynlik Abjatar wat die skouerkleed gedra het en die boodskap van die Here aan Dawid oorgedra het.Chris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Al die feeste is in Jesus vervul, met dele daarvan wat natuurlik nog verdere betekenis kan hê. Maar, in die tussentyd is feeste nie meer verpligtend nie, soos Paulus in Kolossense 2:16 sê: "Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ’n fees of nuwemaan of sabbat nie." Paulus het as Jood, nog feeste gevier ná sy bekering (Hand 18:21), selfs offers gebring (Hand 21:26), maar dit is nie meer verpligtend vir Christene nie. Jesus het die nagmaal ingestel wat eintlik die enigste "fees" is wat nou sy sanksie het. Al die ander feeste wat mense nog vier, of ander feeste wat hulle ingestel het om iets te herdenk, is net maniere waarop hulle die Here verheerlik in hulle lewens. Ons moet mekaar daardie ruimte gee in dié verband.Andre Pierre du Plessis on 1 Samuel 22-23 – Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God Dag se , My naam is Andre du Plessis van Potchefstroom , ek lees nou 1 & 2 Sameul en n hele paar plekke praat hulle van die skouerkleed . Interesand in 1 Sam 23 ; 6 en 9 is die skouerkleed genoem , maar in vers 9 se Dawid " bring die skourkleed hier " . Ek wil graag net meer weet van die skouerkleed . Het Dawid dit aangetrek toe hy met God praat ? Dankie GroeteCherie on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Goeie more Chris Ek deel die volgende aangaande kersfees: Daar is sewe feeste van God wat Hy wil hê ons moet onderhou volgens Levitikus 23. Al sewe feeste is 'n heenwysing na Jesus. Die eerste 4 het al tot vervulling gekom. Die laaste 3 moet nog vervul word deur Jesus. Die feeste is: 1. Pasga, wys heen na Jesus wat vir ons sondes gesterf het. 2. Fees van Ongesuurde brode. Wys heen na Jesus wat sonder sonde was. 3. Fees van "First Fruits. Wys heen na Jesus wat eerste mens was wat uit die dood opgestaan het en nie weer daarna gesterf het nie. 4. Pinksterfees Wys heen na Heilige Gees wat uitgestort is op mense 50 dae nadat Jesus gesterf het. 5. Fees van Trompette Wys heen na Jesus wat Sy bruid kom haal. 1THESS 4 :16. 6. Dag van Verootmoediging. Wys heen na die Boeke wat oopgemaak gaan word in Openbaring. 7. Fees van Tabernakels Wys heen na die tyd waar ons vir altyd en ewig by Jesus en Vader gaan wees. As jy wil sal ek die verwysende teks verse hierby insluit. Nêrens sê God ons moet Jesus se geboortedag vier nie. Ek wèèt nie hoèkom nie, maar God wou dit net nooit sò hê nie. Herodes en Faroa se verjaardae is wel gevier, maar op die 2 verjaarsdae is mense dood gemaak. Ons mense gaan en ons kìès om 3 feeste te hou...Easter, Pinkster en 'n derde een wat God nie eers gesê het ons moet vier nie: kersfees...Dis soos jy koop vir jou vrou bos rooi rose, maar jý weet sy hou van wit magrietjies...hoèkom tog?? Sy gaan nie minder lief wees vir jou nie maar tog...Daar is 7 feeste wat God wil hê ons moet vier, maar òns sal besluit wat wil òns doen...Chris van Wyk on Numeri 36 Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.Chris van Wyk on Numeri 36 My voorreg!Ansie Lessing on Numeri 36 Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, AnsieChris van Zyl on Numeri 36 Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.Chris van Wyk on Jeremia Hi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.Petro on Jeremia Middag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai DankieChris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies Die boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarheid vereis groter aanspreeklikheid. Soos Petrus ons in die NT waarsku: "Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?" (1 Pet 4:17)Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies Hi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??Chris van Wyk on Lukas Hi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom aanbid, en met groot blydskap na Jerusalem teruggekeer. 53En hulle het God voortdurend in die tempelterrein bly prys. Markus skryf daarvan in Markus 16:19-20 JESUS SE HEMELVAART 19Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is Hy in die hemel opgeneem en het aan die regterhand van God gaan sit. 20Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. Amen.Susanna Ellis on Lukas Waar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.Chris van Wyk on Numeri 13 Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroor, en moet 'n mens baie versigtig maak om só 'n interpretasie te aanvaar. Dit klink vir my meer moontlik dat daar ná die sondvloed steeds aktiwiteit tussen engele en vroue was wat tot Nefilîm aanleiding gegee het. Dit is hoe 'n mens die Sumeriese verhale oor die Anakim en Refaïm kan interpreteer. Maar, dit is baie spekulatief. Ons het nie veel inligting om op staat te maak nie.Jerimy on Numeri 13 Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskap Hi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die geslagsregisters in 1 Kronieke 1-9 uitlaat (Dan as seun van Jakob word wel in 1 Kronieke 2:1 genoem), waarskynlik weens hulle assosiasie met afgodery (1 Kon. 12:28-30 – Jerobeam het onder andere afgodsbeelde in Dan opgerig wat Israel verlei het)." Dankie vir jou oplettendheid!Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskap Dan is in 1 Kronieke 2 vers 1?Chris van Wyk on Levitikus 27 Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië, die Indusvallei, Egipte en Siro-Palestina. Verskeie frases word deur die Hebreeuse Bybel gebruik om na die praktyk van menslike offerande te verwys (vgl Jer. 32:35; 2 Kon. 16: 3; 17:17; 21:6; Eseg. 20:31; 2 Kon. 23:10; Rigt. 11:31; 2 Kon. 3:27; Esg. 23:37; Deut. 12:31; 2 Kon. 17:31; Jer. 7:31; 19:5; Ps. 106:37; Esg. 16:20). Die Wet het hierdie heidense praktyk verbied, en die profete het dit veroordeel as een van die gruwelike sondes wat bygedra het tot die val van Israel en Juda. Die historiese boeke teken insidente van menslike offerandes aan, maar hulle stel of impliseer altyd 'n sterk veroordeling van die praktyk. Hierdie gedeeltes toon duidelik dat die praktyk wel plaasgevind het en dat dit aan die kaak gestel is.Ernst on Levitikus 27 Goeiedag, Dit klink asof die bring van menslike offers, soos wat Jefta onderneem het om te doen, 'n aanvaarde praktyk in daardie tyd was, kan dit wees?Chris van Wyk on Levitikus 21 <em>Ek het 'n navraag gekry: "Wat maak ons met Lev 21:5a,b?"</em> “Priesters mag nie 'n kaal kol op hulle koppe skeer nie; die kante van hulle baarde mag hulle nie afskeer en aan hulle liggame mag hulle nie snye maak nie.” Daar is basies drie redes <strong>1. Priesters moes 'n heilige standaard handhaaf binne 'n heidense konteks</strong> Lev 21:5 Shaving the head (cf. Lev. 19:27–28) was forbidden, along with other pagan mourning practices, partly to prevent the introduction of heathen customs into Israel, but also because defacing the body in any way impaired its perfection and violated the idea of holiness. Priests, above all others, had to lead holy lives, having been set apart to offer the bread of their God (6), the word ‘bread’ being an ancient sacrificial term for ‘flesh’ (cf. Lev. 3:11, 16; 21:21). Those who minister the things of the Lord must be circumspect in behaviour. (Harrison, Leviticus) <strong>2. Priesters moes hulle status as die beeld van God beskerm as 'n voorbeeld vir ander</strong> Lev 19:28 The Hebrew text here is probably prohibiting bodily disfigurement (see 21:5; Deut 14:1) or practices connected to pagan mourning rites (compare Job 1:20; Isa 22:12). Bodily disfigurement is more likely, since it coheres with the general idea of not disrupting normalcy in the order of creation. Further, mourning itself is not condemned. Humankind should not disfigure the human form because it is God’s image (see Gen 1:26). In addition, since Israelites were chosen from among all human nations, their external appearance should reflect this status (Deut 14:1–2). (Barry, Faithlife Study Bible) <strong>3. Priesters het daarmee ook basies die Nasireër belofte nagekom</strong> Ezek 44:20 The regulations are also reminiscent of Nazirite vows (Num. 6:1–21). (Taylor, Ezekiel)Chris van Wyk on Filippense Hi Rosanne, jy kan my bydraes gebruik as 'n opsomming van Filippense.Rosanne on Filippense Middag. Is daar opsommings van Fillipense iewers beskikbaar uit die Christelike Bybel?Chris van Wyk on Levitikus 18 👍Carel Smith on Levitikus 18 Dankie vir hierdie deeglike Skrifgetroue uiteensitting Chris! Dit is baie nodig vir ons tyd. Groetnis en seën. Carel.Chris van Wyk on Levitikus 11 Dankie - dis 'n kosbare waarheid wat ek ook vandag in my lewe ervaar.M on Levitikus 11 Puik atikel. Wat met my gepraat het, was die woorde van jou: "Hoe nader jy aan die Here – die volmaakte Heilige – gekom het, hoe groter was die voorskrifte vir jou afsondering of heiliging aan Hom."Chris van Wyk on 07 Vra Hi Hans, hier is een ensiklopedie se bydrae: JUDAH (יְהוּדָה, yehūdhāh; in Gen 29:35 B, Ἰούδαν, Ioúdan, A, Ἰούδα, Ioúda; elsewhere B and A, Ἰούδας, Ioúdas): The 4th son born to Jacob by Leah in Paddan-aram (Gen 29:35, etc). <ol> <li>Jacob’s Son Of this patriarch’s life only scanty details remain to us. He turned his brethren from their purpose to slay Joseph, persuading them to sell him to the Midianites at Dothan (37:26 ff). A dark stain is left upon his memory by the disgraceful story told in ch 38. Reuben forfeited the rights of primogeniture by an act of infamy; Simeon and Levi, who came next in order, were passed over because of their cruel and treacherous conduct at Shechem; to J., therefore, were assigned the honors and responsibilities of the firstborn (34; 35:22; 49:5 ff). On the occasion of their first visit to Egypt, Reuben acted as spokesman for his brethren (42:22, 37). Then the leadership passed to J. (43:3, etc). The sons of Joseph evidently looked askance upon J.’s promotion, and their own claims to hegemony were backed by considerable resources (49:22 ff). The rivalry between the two tribes, thus early visible, culminated in the disruption of the kingdom. To J., the “lion’s whelp,” a prolonged dominion was assured (49:9 ff).</p></li> <li><p>Tribe of Judah The tribe of Judah, of which the patriarch was the name-father, at the first census in the wilderness numbered 74,600 fighting men; at Sinai the number “from 20 years old and upward” was 76,500 (Nu 1:27; 26:22; see NUMBERS). The standard of the camp of J., with which were also the tribes of Zebulun and Issachar, was to the E. of the tabernacle “toward the sunrising,” the prince of J. being Nahshon, the son of Amminadab (2:3). Caleb, the son of Jephunneh, represented J. among the spies (13:6); he also was told off to assist at the future allocation of the tribal portions (34:19).</p></li> <li><p>Territory The land assigned to J. lay in the S. of Pal (see JUDAH, TERRITORY OF), comprising part of the mountain, the Shephelah, and the maritime plain. The information given of its conquest is meager and cannot be arranged in a self-consistent story. In Josh 11:21 ff, the conquest is ascribed to Joshua. Caleb is described as conquering at least a portion in Josh 14:12; 15:13 ff; while in Jgs 1 the tribes of J. and Simeon play a conspicuous part; and the latter found a settlement in the S. within the territory of J. The tribal organization seems to have been maintained after the occupation of the land, and J. was so loosely related to the northern tribes that it was not expected to help them against Sisera. Deborah has no reproaches for absent J. It is remarkable that no judge over Israel (except Othniel, Jgs 3:9–11) arose from the tribe of J. The first king of all Israel was chosen from the tribe of Benjamin. This made acquiescence on the part of J. easier than it would have been had Saul sprung from the ancient rival, Ephraim. But the dignity of J. was fully vindicated by the splendid reigns of David and Solomon, in lineal descent from whom the Saviour of the world should come. The further history of the tribe is merged in that of Israel.</p></li> </ol> <p>Ewing, W. (1915) “Judah,” The International Standard Bible Encyclopaedia. Edited by J. Orr et al. Chicago: The Howard-Severance Company.hans de beer on 07 Vra wie en wat was juda in die bybel dit kom nou al 2 dae by my opChris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprake 👍Anika Odendaal on Jesus se Ek is-uitsprake DankieChris van Wyk on Eksodus 39 Ja, 'n mens kan die voorbereiding vir en gebruik van die tabernakel (en later die tempel) as 'n voorafskaduwing sien van die vervulling in die liggaam van Christus, die bruid. Die kerk word ook gesuiwer met die oog op die wederkoms deur die proses van heiligmaking sodat al die lewende stene in die kerk die ruimte kan wees waarin God nie net nou nie, maar vir ewig sal bly.Chris van Wyk on Eksodus 37 Hi Dave, jy kan net weer subscribe by https://bybelskool.com/subscribe/. Die vorige bydraes is altyd beskikbaar by https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/.Frank Pronk on Eksodus 39 Kan ons die hele voorbereiding vir die Tabernakel as n heenwysing sien na die voorbereiding van die Kerk ( Jesus se Bruid) ? So moet God se standaarde vir Jesus se kerk ook in plek wees voor Hy weer Sy Seun sal laat kom .Dave on Eksodus 37 Geagte Chris Ek het verkeerdelik ge "geunsubscribe" en versoek u om my inserting te herstel van na die epos,bv. EXODUS 37Chris van Wyk on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Hi Eidel, die Bybel word nie oorgeskryf nie. Die Hebreeuse, Aramese en Griekse manuskripte word deeglik nagegaan om die mees oorspronklike lesing vasgestel. Dan word dit vertaal in ander tale sodat mense wat nie die antieke tale kan lees nie, wel die Bybel kan lees. Daar is ook verskillende tipe vertalings in die verskillende tale. Sommige is meer direk en letterlik vertaal. Ander meer dinamies en verstaanbaar. Daarom gebruik 'n mens ook verskillende vertalings om jou nader aan die oorspronklike betekenis uit te bring. Verse word nooit net weggelaat nie.Eidel Bock on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Hoekom word die Bybel oorgeskryf. Jy mag nie die woord van God verander nie. Daar is soveel weergawes van die Bybel in Ander tale en dit maak nie sin nie. Daar is ook vers heeltemal weggelaat en kan dit nie weer kry nie. EidelChris van Wyk on Eksodus 36:2-38 👍Dave on Eksodus 36:2-38 Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....Chris van Wyk on Eksodus 26 Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Die reis van die Rooi See tot die berg Sinai het 22 dae geneem, ongeveer 200 km, volgens my bronne.Chris van Wyk on Eksodus 27 Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land Israel nie, behalwe die heilige voorwerpe uit die tempel wat Nebukadnesar met die ballingskap uit Jerusalem en uit die tempel verwyder het (2 Kon 24:13). In Esra 1:7–11 word die vervulling hiervan vertel waar die tempelvoorwerpe deur die ballinge teruggebring is vir die tempel wat die Here hulle opdrag gegee het om te herbou.Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprake Hi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.Isaac Davids on Eksodus 27 Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die Heilige Voorwerpe van die Here" ek hoor graag van u... BlessingsFaan de Wit on Eksodus 26 2 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai weer Rooi See toe gaan. Dan moes die omgewing van die berg ook goed begroei gewees het met groot doringbome om planke met afmetings soos benodig was vir die tabernakel te lewer.Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprake Hi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.Chris van Wyk on Eksodus 26 👍Marius on Eksodus 26 Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie Die punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gesterf vir ons, die dood oorwin, en opgestaan uit die dood. Soos Hy nou lewe, só kan ons ook nou lewe.Chris van Wyk on Eksodus 21 Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmense gemik is om hulle te help om die Bybel te lees, interpreteer en kommunikeer. Die boek word deur 'n fasiliteerder met hulle hanteer. Ek kan jou in kontak bring met 'n fasiliteerder - hetsy in Tulbagh self, óf oor zoom.Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie Goeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal," praat van Christus en nie ongelowiges? Die vrae is dus om Christus te ontken en af te bring, en verwys nie na mense.Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21 Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is 'n vader, oupa en is betrokke in 'n plaaslike gemeente in Tulbagh. Ek het 2 seuns in my huis en natuurlik ook in die gemeenskap. Enige iets rakende vorming van jongmense in ons besonderse tydperk. Sal u miskien kan help. Met baie waardering. Frans Scheepers.Chris van Wyk on Romeine Hi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God se wil kan jy hier lees: https://bybelskool.com/god-se-bekende-en-verborge-wil/, en hier: https://bybelskool.com/om-u-wil-te-doen-o-god/ en hier: https://bybelskool.com/god-se-bekende-en-verborge-wil/. Geniet.Mariaana on Romeine Hoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asbChris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie Hi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te bring (asof hy nog nooit geïnkarneer en op aarde geleef het nie). of ‘Wie sal in die afgrond neerdaal?’ – dit wil sê om hom terug te bring uit die doderyke, die diepste (asof hy nie reeds tot ’n nuwe lewe opgewek is nie). Nee; dit is wat die goeie nuus van regverdiging sê: Die woord is naby jou, op jou lippe en in jou hart – dit is die boodskap van geloof wat ons verkondig. Dit is met die lippe en in die hart dat die reddende reaksie op hierdie boodskap gemaak word. (my vertaling)Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie Beste Chris Dankie altyd vir alles. Romeine 10: 6, 7. die stellings: " Vra wie na hemel sal opkilm is om Jesus af te bring en wie sal na onderaadse afdaal is om Jesus uit die dood terug te bring." Dit verwar my bietjie. ek kan die kloutjie by die oor bring. help asseblief.Frank Pronk on Opsomming van Jesus se boodskap aan sy kerk Ons het die naweek by Porterville die 22 watervalle gaan stap.Dit het my laat dink aan die 22 hoofstukke van Openbaring. Openbaring 22 beskryf hoe die lewende water uit die troon van God vloei. Na die 21 ste waterval heel bo is dit die opvanggebied waarvandaan die water na die watervalle vloei. Ek is seker dat God se Woord nog baie meer in Sy Skepping gesien kan word as ons net fyn sal luister na Sy Gees en oplet na Sy Skepping. Alles is tog deur die Vader geskep om Jesus ten volle aan ons te Openbaar.Chris van Wyk on Eksodus 12:1-42 Die tiende dag was vir die berekening van hoeveel lammers nodig was vir die maaltyd, en die veertiende dag die slagdag.Faan de Wit on Eksodus 12:1-42 Hoe verstaan ons die twee verskillende slag of eet datums in Ex 12 ?Hans De Lange on Wedergeboorte en bekering Chris. Ek het vanoggend juis ingegaan op die internet om te sien of my eie siening van wedergeboorte ooreenstem met medegelowiges. Daar is egter baie dinge wat gesê word wat myns insiens nie diep genoeg oopgevlek word om 'n behoorlike verstaan tot gevolg te hê nie. Ek neem as voorbeeld: "geloof in Jesus". Jesus is die Woord van God wat vlees geword het. Jesus is die Beeld van die onsienlike God. God is Gees. In Jesus woon die volheid van die godheid liggaamlik. Jesus in die vlees is die openbaarder van die Gees van God, die openbaarder van die Gees van die Woord van God. Wanneer ons glo in Hom (Jesus Christus) beteken dit dat ons glo in elke woord wat God geuiter het, en nie net oppervlakkig nie, maar in die Gees van die waarheid van daardie woord. Wanneer so 'n geloof tot stand kom is dit die Gees van God in sy Woord wat ons wederbaar. Hoekom sommige nie so 'n geloof ondervind nie is omdat sy eie wil en begeertes hom verhoed om die waarheid te aanvaar wat hom kan red van 'n bose lewe sonder God. Ons praat later dalk weer.Chris van Wyk on Eksodus 3:1-4:17 Hi Nakkie, ja, inderdaad. Dit is Moses. Skryffout, jammer. En, ja, ek gaan aan met Bybelskool.Nakkie Bruwer on Eksodus 3:1-4:17 Eers wil ek baie dankie sê vir elke dag se Bybelskool. Beteken vir my baie. In vandag se stuk - 5e paragraaf- Eks 3:4 ...God self is wat met Abraham praat, Dalk eerder met Moses praat? Mooi dag en moet asb nooit ophou met hierdie Bybelskool nie. Ek het al so baie geleer.Chris van Wyk on Genesis 22 My plesier, Retha.Retha Roux on Genesis 22 Baie dankie Chris. Waardeer jou terugvoer en elke dag se BybelskoolChris van Wyk on Eksodus 30 – Elke deel van die tabernakel en elke priester word geheilig aan die Here Hi - nee, dit was 'n fout. Ek werk vooruit en het net die maand verkeerd ingesit. Ek sal Eksodus 30 weer stuur wanneer die tyd daarvoor aanbreek. Eksodus 3 kom môre. Jammer!Hans on Eksodus 30 – Elke deel van die tabernakel en elke priester word geheilig aan die Here Ons het nou vanaf Eksodus 2 gespring na Eksodus 30...ek vermoed dat dit veronderstel was om hoofstuk 3 te wees.Chris van Wyk on Genesis 42 Dankie Mike.Mike Van Wyk on Genesis 42 Bai bai dankie God seen jou vir jou diensDavid on Genesis 41 As ons maar net bereid was om te wag op GodChris van Wyk on Genesis 22 Hi Retha - ek is bly die probleem is uitgesorteer. Dit is 'n probleem aan WordPress se kant (die sagteware waarmee die webtuiste gebou is) waaraan ek min kan doen om dit reg te stel. Al die vorige bydraes is by: https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/ Scroll net af en jy sal by elkeen se skakel uitkom. Hoop dit help!Retha Roux on Genesis 22 Chris, my e-pos was sedert einde Januarie af, gister eers herstel. Ek het nou een groot probleem. Ek het Gen 20, maar nie 21 gekry, toe weer Gen 22, maar nou is daar groot gaping. Vandag Gen 37 ontvang en die ander is nou vir my heeltemal verlore. Kan jy groot asseblief die wat ek gemis het weer stuur. Ons stap nou in ons Bybelstudieklas reeds in verhale Gen. Dit help baie om vir die ou breins in jou Bybelskool kos te kry. Baie dankieChris van Wyk on Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê Ek is bly. Geniet!Leon Viljoen on Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê Chris, baie dankie. Dit is 'n wonderlike ontdekking dié. Ek het nou Hosea gebruik vir die Bybelstudie. Wat 'n openbaring. Ons kan dit deurtrek na ons land wêreld vandag. Gaan die ander boeke ook nou gebruik. Groete. LeonChris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek sal stuur.Anita Swanepoel on Lees die vier evangelies en Handelinge Kan u vir my die 100 bladsye van die 4 evangelies asbChris van Wyk on Genesis 31 Dankie Hettie, waardeer.Hettie Swart on Genesis 31 Baie dankie vir die oopbreek van die Woord daagliks. Heilige Gees help mens om die waarheid in posetiewe perspektief te sien en te begryp met veral die hulp van iemand soos jyself Chris wat dit uiteensit. Kosbaar hoe die Here enige persoon gelowig of ongelowig gebruik om dinge ten goede te laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Dankie vir jou getrouheid. SeënwenseChris van Wyk on Deuteronomium 25:5-19 – Die leviraatshuwelik en ‘n oproep tot regverdigheid en billikheid Hi René (ek wou privaat reageer, maar jou e-pos adres is verkeerd gespel) Die Bybel is duidelik daaroor dat 'n mens mag skei as daar ontrou was. Die ontrou breek die huwelik en Jesus self keur goed dat 'n mens dan mag skei (Matt 19:1-10). Dit laat 'n mens vry om met iemand anders te trou, soos Paulus duidelik skryf (1 Korintiërs 7 - lees sommer die hele hoofstuk, want dit gaan alles oor die huwelik). Groete en laat jou siel tot rus kom. Dien die Here saam met die man wat die Here jou gegee het.Rene on Deuteronomium 25:5-19 – Die leviraatshuwelik en ‘n oproep tot regverdigheid en billikheid Ek wil ook graag weet oor skei en weer trou ek het my man geskei oor hy ontrou was in ons huwelik het velekeer probeer tot op 'n punt waar ek nie meer kon nie. Ek was alleen en het tot God gebid om virmy die regte man op my pad te stuur ek het 'n engel man ontmoet ons was amper 8 jaar in verhouding en het besluit ons wil trou is nou al 'n jaar en paar maander getroud baie gelukkig. Nou het ek 'n boodskap gekry waar hulle se 'n vrou wat geskei is mag nie weer trou nie ek was stukkend geslaan wnt hoe maak ek, ek kan mos nie my man net so los nie gee asb raat en adviesChris van Wyk on Genesis 25:19-34 Baie dankbaar!!David on Genesis 25:19-34 Goeiemore Chris Als terug na normaal van vandagChris van Wyk on Genesis 25:1-18 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 29-30 Ek is baie bly. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Ek het jou bygevoeg op Whatsapp en die eerste boodskap so pas gestuur. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Hi, sommige het nie die e-pos boodskappe die laaste tyd ontvang nie. Daar is 'n probleem met die plugin wat die bydraes stuur. Ek hoop om dit binnekort reg te stel. Onthou die bydraes is altyd op die webtuiste se voorblad beskikbaar. Al die bydraes is ook in 'n argief by: <a href="https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/">https://bybelskool.com/kronologiese-leesplan/</a>. Sommige het vanoggend laat weet dat hulle weer die bydraes gekry het. Ek hoop dit is goeie nuus! Jammer vir die ontwrigting. Groete, Chris.Retha van Graan on Genesis 29-30 Dankie - ontvang nou weer -groete in die HereTherese Janse van Rensburg on Genesis 25:19-34 Ek ontvang ook nie meer my gdaaglikse stukke nieFreddie on Genesis 25:19-34 Ontvang nie meer my daaglikse stukke nie .Laaste een ontvang Genesis 25: 19-34Faan de Wit on Genesis 25:19-34 Sedert 27Jan ontvang ek nie meer bydraes nie. Voeg my asb by op die whatsapp groep vir daaglikse bydraes met nr 0825705251. Baie dankie.Willie on Genesis 25:19-34 Ek ook ontvang sedert Gen 25 nie meer die daaglikse bydraes nieJohan Mahne on Genesis 25:19-34 Ek ontvang nie meer die dagstukke nie. Het Vrydag die laaste een gekryZeta on Genesis 25:19-34 Ek ontvang ook nie meer my daaglikse stukke nieRethavangraan@gmail.com on Genesis 25:1-18 My daaglikse aflewering het ookopgehoigawie coetzee on Genesis 25:19-34 Ontvang nie meer daaglikse stukke nie gawiegc2@gmail.comFrans Joseph Scheepers on Genesis 25:19-34 Goeie môre my naam is Frans Scheepers en ek het u lesings van Job en Abraham baie geniet en was insiggewend. Ek sal dit waardeer om deel van u groep te bly.Chris van Wyk on Genesis 25:19-34 Ek sal navraag doen by die eienaars van die plugin wat ek gebruik om die bydraes outomaties te stuur. Is daar nog mense wat dieselfde probleem het?David on Genesis 25:19-34 Ek ontvan nie meer my daaglikse stukke nie?Chris van Wyk on Genesis 23 Ek is bly!Jemima du Preez on Genesis 23 Ek het Genesis so geniet, soveel by geller, wie kon raai dat die altare wat Abraham opgerig ook betekenis het in die Bybelse Tyd. Leer geweldig met hierdie Bybelprogram. Baie dankieChris van Wyk on Genesis 22 Dankie, Carel, inderdaad!Carel Smith on Genesis 22 Wat 'n awesome boodskap Chris, oor Abraham en ware dissipelskap. Dit is inderdaad op ons elkeen van toepassing. Dankie.Chris van Wyk on Genesis 21 Mohammed word gereken as uit die nageslag van Ismael, maar het sy eie tradisie rondom Allah geskep in die 6de eeu nC. Uit Mohammed se nalatenskap het die Koran gekom wat 'n ander godsdiens as die Joods-Christelike godsdiens tot gevolg gehad het. Dat daar vroeër al veranderinge was in die Arabiese volkere se godsdiens is so, maar dit het meer formeel geraak met die Koran.Arina on Genesis 21 Ismael lei tot die Islamitiese geloof. Genesis 21:18 wil God Ismael tot n groot nasie maak - mens veronderstel dat God bedoel het n nasie wat Hom aanbid? Waar het die Verandering gekom dat Ismael n ander god aanbid?Chris van Wyk on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Dit hang af van wat 'n mens wil hê. Ek gebruik tans graag die 2020-vertaling, want dit is 'n meer direkte vertaling. Maar, ek gebruik steeds die ander Afrikaanse vertalings, en ook nog 'n paar Engelse vertalings, waarvan die ESV en die NET Bible my gunstelinge is.Wilmi on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Wat se vertaling is die mee akuraatse Bybel?Chris van Wyk on Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar Hi Hannes - die skakel werk inderdaad nie, en ek sal vir eers almal direk registreer. Ek het jou as user geregistreer en as student bygevoeg by die kursus. Gaan na https://bybelskool.com/course/wie-is-god/, klik op enige les, login met die username en password wat vir jou gestuur is, en jy sal die kursus kan volg. Laat weet my as daar verdere probleme is.Chris van Wyk on Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar My voorreg!Hannes Terblanche on Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar Goeie middag Dr van Wyk, Ek wil bitter graag registreer vir, Wie is God? wat nou in kursusformaat beskikbaar is. Die skakel in die epos wat ek vanoggend van u ontvang het laat my nie toe om te registreer nie. Kan u my asseblief help? Baie dankie.Sakkie Botha on Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar Chris, Baie dankie vir die reeks oor Job. Dit het vir my persoonlik geweldig baie beteken. Groete en sterkte met komende Bybelstudies.Chris van Wyk on Job 38-39 Daar is redelike konsensus dat die verhaal uit die tyd vóór die wet in die tydvak van die patriarge plaasvind, maar moontlik eers later in boekvorm gegiet is. Hier is 'n paar opmerkings daaroor in van die bronne wat ek gebruik: <ul> <li>There are several indications that he lived in the patriarchal age: the longevity of Job (he apparently lived in some two centuries), the flourishing of true religion supported by special divine revelation outside the community of the Abrahamic covenant and certain early social and ethnic features such as the still nomadic status of the Chaldeans and the patriarchal form of worship and sacrifice. Furthermore, he had a name that was borne by a number of W Semites in the earlier part of the 2nd mil. B.C., but which is not found in the 1st mil. The name occurs in the Berlin Execration texts from Egypt as Ayyabum (ANET, p. 329) and in the Amarna letters as Ayal (ANET. p 486) as well in Akkadian texts from Mari and Alalakh.</li> </ul> M. G. K. (1975) “Job,” The Wycliffe Bible Encyclopedia. Edited by C.F. Pfeiffer, H.F. Vos, and J. Rea. Moody Press. <ul> <li>The internal evidence points to a very early setting for the book. There are no levitical institutions cited. Job sacrifices for his family as in the period before the priesthood (1:5). The wealth of Job, given in terms of cattle, seems to reflect the patriarchal milieu (1:3). The language of the book may also point to an early date. Certain linguistic elements indicate more archaic forms of Hebrew, as preserved in the epic material from Ugarit. It may be that Job himself lived in the 2nd millennium BC. If the book, or part of it, was written then, it may represent the first written material to find its way into the biblical canon. The book may have come into its final form in the Solomonic era, when so much of the Hebrew Wisdom Literature was produced.</li> </ul> Elwell, W.A. and Beitzel, B.J. (1988) “Job, Book Of,” Baker encyclopedia of the Bible. Grand Rapids, MI: Baker Book House. <ul> <li>The prose framework tells the story of Job, which is set in patriarchal times when wealth was measured in camels and female donkeys.</li> </ul> Dell, K.J. (2016) “Job, Book of,” The Lexham Bible Dictionary. Edited by J.D. Barry et al. Bellingham, WA: Lexham Press.André Kritzinger on Job 38-39 Baie dankie. Is dit moontlik om iets te skryf oor die plasing van Job tussen Gen 11 en 12. Sommige gedeeltes herinner sterk aan 'n tyd na die gee van die Wet; verder ook beskrywing van die menslike bedrywighede (soos mynbou).Chris van Wyk on Esegiël 6 – Die oorlog teen die “Berge van Israel” Ek is bly jy geniet dit!Sarie Smit on Esegiël 6 – Die oorlog teen die “Berge van Israel” Wooooooow fantasiese openbaring van gebeure in Esegiel.Ons is geseend om dit so te ontvang.Openbaarmaking deur Heilige Gees.Halleluuja.Chris van Wyk on Matteus Dit lyk ook asof Jesus net van gebed gepraat het, en nie van vas ook nie, volgens die beste Markus grondtekste. Weer NET Bible: Most witnesses, even early and excellent ones (𝔓45vid א2 A C D L W Θ Ψ f1, 13 33 𝔐 lat co), have “and fasting” (καὶ νηστείᾳ, kai nēsteia) after “prayer” here. But this seems to be a motivated reading, due to the early church’s emphasis on fasting (TCGNT 85; cf., e.g., 2 Clem. 16:4; Pol. Phil 7:2; Did. 1:3; 7:4). That the most important witnesses (א* B), as well as a few others (0274 2427 k), lack καὶ νηστείᾳ, when a good reason for the omission is difficult to find, argues strongly for the shorter reading.Chris van Wyk on Matteus Hi Elbie, die weglating is op grond van die feit dat die meeste belangrike Griekse grondtekste van Matteus dié vers uitlaat. Dié frase kom egter wel by Markus 9:29 voor wat aandui dat Jesus wel só iets gesê het. Dit is egter nie deur Matteus oorgelewer nie, maar wel deur Markus. Hier is 'n verduideliking van NET Bible daaroor: Many important MSS (א* B Θ 0281 33 579 892* pc e ff1 sys,c sa) do not include 17:21 “But this kind does not go out except by prayer and fasting.” The verse is included in א2 C D L W f1, 13 𝔐 lat, but is almost certainly not original. As B. M. Metzger notes, “Since there is no satisfactory reason why the passage, if originally present in Matthew, should have been omitted in a wide variety of witnesses, and since copyists frequently inserted material derived from another Gospel, it appears that most manuscripts have been assimilated to the parallel in Mk 9.29” (TCGNT 35). The present translation follows NA27 in omitting the verse number as well, a procedure also followed by a number of other modern translations.Elbie Naude on Matteus Goeiemiddag. Waarom is Matteus 17 se vers 21 weggelaat by sommige vertalings. Dankie. ElbieChris van Wyk on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Ek is bly!Jemima on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Ek geniet die Bybellees program, en leer soveel daaruit.Chris van Wyk on Job 3 Dankie Lesley, sterkte en seën.Lesley Barnard on Job 3 Dankie Chris. Ek het díe gedeelte vandag baie geniet, net gister het ek met ñ vrou gedeel wat presies dieselfde as Job voel, sy haat die lewe, my opinie dat sy het depressie, maar het a g v dit groot huweliks probleme. Bid maar vir haar. Dankie, ek geniet jou boodskappe baie. Groete en ñ wonderlike Christusfees vir jou en familie.Chris van Wyk on Esegiël 29-32 – Sewe woorde teen Egipte – 587, 571, 587, en 585 v.C. Ek volg Dyer se datums in Walfoord en Zuck se kommentaar in The Bible Knowledge Commentary: An Exposition of the Scriptures. Daar is ook programme op die Internet wat terugwerkend vir jou wys wat 'n datum in die verlede in vandag se terme sou kon wees. Kyk bv https://www.fourmilab.ch/documents/calendar/Chris van Wyk on Psalm 119:169-176 – Hou my lewend sodat ek U kan loof Hi Tjaart, dit sal vir die afsienbare toekoms daar bly. Geniet!Willie on Esegiël 29-32 – Sewe woorde teen Egipte – 587, 571, 587, en 585 v.C. Môre Chris, Ek sien dat jy dae se name gebruik in jou boodskap. Ek wil ook weet op watter dag in die geskiedenis dit gebeur het. Kry geen inligting oor op watter dag in die geskiedenis dit gebeur het nie. Praat nou oor geskiedenis wat betrekking het op die bybel. Kan jy asb. vir my enige inligting deur gee, waar om dit te gaan kry. Baie dankie, Alles wat mooi is in ons JesusTjaart Petrus on Psalm 119:169-176 – Hou my lewend sodat ek U kan loof Beste Chris Dankie vir hierdie bydrae. Dit het my aand gebede verreik en ek hoop nie jy haal dit af nie. Sal dit graag weer vlg jaar wil gebruik en bestudeer. Geseende Christusfees vir jou en familie!\ PetrusHendrina Holtzhausen on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Daar is so baie kontreversie oor Kersfees. Kan mense nie net ophou stry en Jesus se verjaarsdag vier soos ons dit al vir jare en jare doen nie. Terloops daar is so baie mense wat glad nie in Christus glo nie maar as die liggies en die kersbome opgaan dan weet almal dit is Kersfees en almal weet die Christene vier dit,.. miskien word daar dalk n paar gered as ons eerder die geleentheid gebruik om vir mense die geboorte wonderwerk te vertel. Want n wonderwerk was dit wel. Ons vier die Kruiseging en Opstanding met oorgawe. Maar Jesus moes mos eers mens word en gebore word voor Hy uiteindelik aan die kruis moes hang vir ons sondes. Geniet dus hierdie Kersfees ook met oorgawe en dankbaarheid vir ons Koning.Chris van Wyk on Psalm 27 – Die Here is my lig en redding, die toevlug van my lewe, die Helper wat red Hi Ben, die term "land van die lewendes" verwys na hierdie lewe, dws die land waar dié wat lewe woon, teenoor die "land van die dooies", maar die ewige lewe sal natuurlik ook 'n land van die lewendes wees, dws die mense wat vir ewig by God sal wees. Vergelyk hierdie 13 verwysings in die OT: "land van die lewendes" in Afrikaanse Ou Vertaling Psalm 27:13 o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie … . Psalm 52:7 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. Psalm 142:6 Ek roep U aan, o Here! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. Isaiah 38:11 Ek het gesê: Ek sal die Here nie sien nie, die Here, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie. Isaiah 53:8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. Jeremiah 11:19 Maar ek was soos ’n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat aan sy naam nie meer gedink word nie! Ezekiel 26:20 dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes. Ezekiel 32:23 wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes. Ezekiel 32:24 Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het. Ezekiel 32:25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom ’n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê. Ezekiel 32:26 Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes. Ezekiel 32:27 Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was. Ezekiel 32:32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard—Farao en sy hele menigte, spreek die Here Here.Chris van Wyk on Genesis 5 Hi Nakkie, ek is bly. Ek hoop jy hou net so baie van Job, want dit kom ná Genesis 11 voor ons weer aangaan met Genesis 12!Nakkie Bruwer on Genesis 5 BAIE BAIE dankie vir hierdie reeks oor Genesis. Ek is so opgewonde en kan nie wag vir die volgende dag nie. So leersaam.Ben Pieterse on Psalm 27 – Die Here is my lig en redding, die toevlug van my lewe, die Helper wat red More Chris, Ek het een vraag vanoggend. Hoe sal jy "die land van die lewendes" verduidelik. Ek is nie seker of ek dit reg verstaan nie. Die dood is mos vir my oorwin en ek erf die ewige lewe. Beteken dit ek is in die land van die lewendes? Of dui dit op die wat nou fisies lewe op die aarde. Ben PieterseChris van Wyk on Genesis 4 Hi Louis, dit is voorwaar interessante woorde, maar die betekenis lê in die verskillende reaksies wat sy op die drie kinders se geboortes het. Met Kain is sy oorstelp met "haar" prestasie. Met Abel toon sy geen reaksie nie. Met Set eer sy die "Here" vir die geboorte. Die progressie in haar verstaan van wat aangaan, is dus nie biologies nie, maar geestelik.Louis Venter on Genesis 4 Ek vind die woorde van Eva interressant ": “I have created a man just as the Lord did!” Dit laat my dink dat sy op daardie stadium nie geweet het hoe bevrugting plaasvind nie. Sou dit wees dat dit later aan haar bekend of geopenbaar is met die geboorte van Set.Chris van Wyk on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Dankie, Piet.Piet Hugo on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Baie dankie vir u aandeel in die ontsluiting van die bybel in my lewe. Mag God u seen op Sy padChris van Wyk on Genesis 2:4-25 Dankie - die werk hieraan verskaf my groot vreugde.Riaan Riekert on Genesis 2:4-25 Beste Chris. Besonderse waardering vir die deurdagte wyse waarop die inligting uitgelê word.Chris van Wyk on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Dankie, Chris.Chris van Wyk on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Dankie!Retha on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Ek is baie opgewonde oor die nuwe reeks. Baie dankie.Chris van Zyl on Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan Baie dankie, Chris. Ek waardeer jou voorstelle en sal meemak in die jare wat voorlê.Chris van Wyk on Haggai 2:1-9 – Werk, want Ek is by julle Seën vir julle!Retha van Graan on Haggai 2:1-9 – Werk, want Ek is by julle Groot waardering dankie Chris! Ons Ook baie gebruik in ons Bybelstudie groepie! Ons begin vlg jaar met Romeine en sal beslis van jou Bybelskool verder gebruik maak! Baie dankie en feesvreugde xxChris van Wyk on Psalm 119:145-152 – God se teenwoordigheid word beleef in die openbaring van die Skrif Dankie, Nakkie.Nakkie Bruwer on Psalm 119:145-152 – God se teenwoordigheid word beleef in die openbaring van die Skrif Ek kan net sê baie baie dankie vir elke dag se Bybelskool. Ek het al so baie geleer. Moet asb nie ophou nie.Chris van Wyk on Haggai 2:1-9 – Werk, want Ek is by julle Dankie, Danie, waardeer.Danie Malan on Haggai 2:1-9 – Werk, want Ek is by julle Baie goeie uitleg en insigte. Baie betekenisvol in ons land.Chris van Wyk on Psalm 119:121-128 – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid Voorwaar!Marinda Hattingh on Psalm 119:121-128 – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid Wat ñ belydenis; báie dankie!Chris van Wyk on Jeremia 23:1-8 – God belowe ‘n regverdige Koning wat ons geregtigheid sal wees 👍Ansie Lessing on Jeremia 23:1-8 – God belowe ‘n regverdige Koning wat ons geregtigheid sal wees 'n Baie verrykynde reis. Baie dankie.Chris van Wyk on Spreuke 22 – Die Here sorg self vir die behoud van kennis 👍Marinda on Spreuke 22 – Die Here sorg self vir die behoud van kennis Dankie!Chris van Wyk on Spreuke 22 – Die Here sorg self vir die behoud van kennis Hi Marinda - ek is met verlof, so die antwoorde kom bietjie stadiger. Die woord wat met rykdom vertaal word - ʿōšer - dui op besittings (Gen 31:16; vgl ook Jer 17:11), hoewel 'n mens dit uiteraard ook figuurlik kan verstaan. 'n Mens moet net nie die spreuk omdraai, en sê, as iemand nou nie ryk is nie, dan is hy ook nie nederig nie! Jesus is 'n goeie voorbeeld van Iemand wat geen aardse besittings van waarde gehad het nie, behalwe 'n besondere bo-kleed, maar uiteindelik alles besit (soos dit reeds waar was in sy voor-menslike bestaan as God) omdat Hy Homself verneder het tot die dood toe (Fil 2:5-11). Ek sien nie waar luiheid met lenings verbind word nie? Vers 7 stel maar net die waarheid dat iemand wat geld leen "in diens" is van die een wat aan hom leen totdat dit terugbetaal is. Dit beteken maar net dat 'n mens versigtig moet wees vir die las wat jy opneem met 'n lening, soos jy seker maar te goed van bewus is! Ek weet dit uit eie ervaring. Vers 13 se hantering van die lui mens wys maar net hoe enige verskoning genoeg is - vir iemand wat lui is - om niks te doen nie. Groete.Marinda Hattingh on Spreuke 22 – Die Here sorg self vir die behoud van kennis Goeiedag, en ekskuus, ek is buite seingebied. Ek hoop dit gaan goed. Ek verstaan twee opmerkings nie: rykdom wat gegee word aan nederiges (dis seker geestelike rykdom?) en lenings aangaan wat met luiheid verbind word (ons het VIER kinders op universiteit!😁). Kan jy asseblief meer uitbrei?Chris van Wyk on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep Die vers keer dit om. Daarmee konfronteer Jesus ons met die feit dat ons soms dink God is soos die regter, en Hy is nie. En dat ons dink ons is soos die weduwee, maar ons is nie. Ons sukkel soms in geloof te volhard.Petrus on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep Dankie, maar nog bietjie in duister: Regter verkeerd en weduwee reg, maar di vers stel dit anders? Of is dit 'n verwysing na God as regter wat nie die probleem is nie, maar mense? Simbolies or metafories gestel?Chris van Wyk on Die boodskap van Joël vir vandag Dit is die gesindheid waarmee 'n mens Bybel moet lees!!Chris van Wyk on Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf Ja-nee, dit is 'n groot uitdaging!Susan Scott on Die boodskap van Joël vir vandag Al wat ek kan se is dat die Woord van die God totaal amazing is. Baie dankie vir al hierdie wonderlike Bybelstudies wat die Woord so pragtig duidelik maak. Wat `n ontsettende groot taak verrig jy nie!Johanna on Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf Baie dankie vir hiedie opsomming. Ek lees Kronieke en my kop draai van al die konings!Chris van Wyk on Die brief aan die Romeine Goed raakgesien! Jy is heeltemal reg. Tikfout aan my kant. Sterkte met jou studies.Jan on Die brief aan die Romeine Goeie dag Chris . Ek is tans 'n teologiese student aan Hugenote Kollege en put baie lees- , leer - en waardevolle stof uit jou Bybelstudie . Dankie daarvoor . Net 'n vraag : Die brief van Paulus aan Romeine ; is dit nie geskryf 57 nC nie ? Ek sien jy geskryf 57 vC . Ek vra maar net ter wille van ander Bybelstudente . Dankie. Hou aan met die goeie werk . Die Here seën jou .Chris van Wyk on Jakobus 1:19-2:26 – Doen wat die woord sê Dit is mense wat hulle afhanklikheid van God besef, wat weet hoe nodig hulle God het. Eugene Peterson parafraseer dit so: "You’re blessed when you’re at the end of your rope. With less of you there is more of God and his rule."Phillip van den Berg on Jakobus 1:19-2:26 – Doen wat die woord sê Hi Chris...ek verstaan nie die volgende nie.... “Geseënd is dié wat geestelik arm is, want hulle behoort die koninkryk van die hemele.”...hoekom geestelik arm?Chris van Wyk on Die verskille oordonder die ooreenkomste Dankie. Wenham is my "go-to"-teoloog vir Genesis. Hy is 'n yster. Ander twee wat ek graag lees vir die OT is Walter Kaiser en Gleason Archer.Manie Taute on Die verskille oordonder die ooreenkomste Dankie Chris, ek het jou studies oor Gn 19 en die verskille en ooreenkomste tussen die Bybelse en ander godsdienste baie sinvol en verantwoordelik gevind. Ek geniet ook Wenham se uitstekende eksegese van Genesis. Groetnis. Manie Taute.Chris van Wyk on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep Hi, ja, 'n mens kan dit verkeerd verstaan. Ek het dit nie duidelik genoeg gestel nie. Só maak dit hopelik meer sin: "Die probleem lê nie by God nie, maar by die mense. Anders as met die regter en die weduwee. Die regter was verkeerd en die weduwee reg. Die vraag is egter, sê Jesus: “Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind.” Sal sy dissipels Hom genoeg vertrou om te wag vir sy wederkoms - dws soos die weduwee aanhou vra - tot wanneer Hy alles sal kom regstel?Chris van Wyk on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep Hi, ja, 'n mens kan dit verkeerd verstaan. Ek het dit nie duidelik genoeg gestel nie. Só maak dit hopelik meer sin: "Die probleem lê nie by God nie, maar by die mense. Anders as met die regter en die weduwee. Die regter was verkeerd en die weduwee reg. Die vraag is egter, sê Jesus: “Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind.” Sal sy dissipels Hom genoeg vertrou om te wag vir sy wederkoms - dws soos die weduwee aanhou vra - tot wanneer Hy alles sal kom regstel?Petrus on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep Beste Chris Kortliks: Ek verstaan nie die stelling, " Die probleem le nie by die regter nie, maar by die weduwee." Help asseblief?mike van wyk on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep More,ek verstaan nie pt 2 nie ,dat die probleem by die weduwee en nie by die regter is groete en bai dankie vir ou groot werk mikeChris van Wyk on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep 👍Lesley Barnard on Lukas 18:1-8 – God sal reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep Pragtige uiteensetting. Tog so waar, dankie. Dit bemoedig my. WaardeerChris van Wyk on 2 Timoteus 3:14-4:8 – Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam Oral waar in die NT oor die "Skrifte" of "Skrif" gepraat word, dui dit op die OT. Soms word ook na die OT verwys as: "die wet (van Moses) en die profete" waarby soms ook die psalms gevoeg word. Daar word ook na die briewe van Paulus verwys en gelykgestel aan die Skrif, dws aan die OT. Petrus gebruik die frase "ander Skrifte" om daardie verband te bevestig: "net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf." (2 Petrus 3:16 ) Hier is 'n paar verwysings om na te gaan: SKRIF Matthew 27:37 37 En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE. Mark 15:28 28 En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken. Luke 4:21 21 Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul. John 2:22 22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het. John 7:38 38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. John 7:42 42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie? John 10:35 35 As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie, John 13:18 18 Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig. John 17:12 12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word. John 19:24 24 En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees—sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen. John 19:28 28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was—sodat die Skrif vervul sou word—het Jesus gesê: Ek het dors! John 19:36 36 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie. John 19:37 37 En weer sê ’n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het. John 20:9 9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie. Acts 1:16 16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het; Acts 8:32 32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. Acts 8:35 35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. Romans 4:3 3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Romans 9:17 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. Romans 10:11 11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Romans 11:2 2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie?—hoe hy by God optree teen Israel en sê: Galatians 3:8 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Galatians 3:22 22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. Galatians 4:30 30 Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. 1 Timothy 5:18 18 Want die Skrif sê: Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd. 2 Timothy 3:16 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, James 2:8 8 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed. James 2:23 23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ’n vriend van God genoem. James 4:5 5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? 1 Peter 2:6 6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ’n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. 2 Peter 1:20 20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie; SKRIFTE Matthew 21:42 42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Matthew 22:29 29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie. Matthew 26:54 54 Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur? Matthew 26:56 56 Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug. Mark 12:24 24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie? Mark 14:49 49 Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. Maar die Skrifte moes vervul word. Luke 24:27 27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. Luke 24:32 32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie? Luke 24:45 45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. John 5:39 39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. Acts 17:2 2 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte Acts 17:11 11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Acts 18:24 Apollos in Éfese en Korinthe. 24 EN ’n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandríë gebore was, ’n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte. Acts 18:28 28 want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is. Romans 1:2 2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, Romans 15:4 4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Romans 16:26 26 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof — 1 Corinthians 15:3 3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 1 Corinthians 15:4 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; 2 Timothy 3:15 15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 2 Peter 3:16 16 net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. WET EN PROFETE (EN PSALMS) Matthew 7:12 12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete. Matthew 11:13 13 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. Matthew 22:40 40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. Luke 16:16 16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. Luke 24:44 44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. John 1:46 46 Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret. Acts 13:15 15 En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ’n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan! Acts 24:14 14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is, Acts 28:23 23 En hulle het vir hom ’n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ’n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus. Romans 3:21 Regverdigmaking deur die geloof in Jesus Christus. 21 MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuigEric Botha on 2 Timoteus 3:14-4:8 – Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam Ek sou wou hoor dat jy bietjie meer ingaan op wat Paulus as die Skrif bedoel het? Die hele Bybel soos ons dit het, was soos jy weet, nog nie geskryf nie. (Natuurlik pas ons as Geroformeerde Christene dit toe op al die Kanonieke geskrifte maar die vraag is: Of Paulus dit op daardie stadium so bedoel het?)Chris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Kontrasterende betekenis is wanneer 'n stelling met 'n ander stelling vergelyk word as teenstelling daarvan. Dit vorm dus 'n kontras. Bv "Haar vriendelike optrede kontrasteer pragtig met haar broer se onbeskoftheid." (HAT) In die Bybel, veral in Spreuke, vind 'n mens bv: "As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy ’n spotter, dan moet jy dit alleen dra." (Spr 9:12)Ernst Marais on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Goeie dag ds .Ek verstaan nie wat is kontrasterende betekenis nie ,help assebliefChris van Wyk on Psalm 119:33-40 – God se onderrig in sy voorskrifte sal jou enduit daarby kan hou Dankie! Waardeer.Chris van Zyl on Psalm 119:33-40 – God se onderrig in sy voorskrifte sal jou enduit daarby kan hou Goeie uiteensetting en opsomming!!Jennifer Botha on Miga Baie dankie ek waardeer ek verstaan dit nou . Toe ek my oggend stilte tyd gehad het ek uit Matt 10 gelees en die vers 35 my bietjie laat dink. Hoe kan God wat so n liefdevolle God is dit dan toelaat , Maar ek so bly dat ek dit konteks nou verstaan , Mooi dagChris van Wyk on Miga Miga verwys hier na die konflik wat in huishoudings kan ontstaan waar die Here nie gedien word nie, dws waar die vyfde gebod nie nagekom word nie (Eks 20:12; Deut 5:16). Voorbeelde in die Skrif bv die "seun wat die vader minag" is volop. Dink onder andere aan Gam wat sy pa onsedelik aangerand het (Gen 9:22-24), Ruben wat by sy pa se vrou geslaap het (Gen 49:4) en Absalom wat by sy pa Dawid se byvroue geslaap het (2 Sam 16:22-23). Spreuke verwys na die dwaasheid van sulke minagting (Spr 15:20), selfs al is dit net vervloeking (Spr 30:11) of 'n gespot (Spr 30:17). Esegiël verklaar dié minagting van vaders en moeders as een van die redes vir die ballingskap (Eseg 22:7). Dws die oordeel van die Here rus op dié wat nie hulle ouers eer nie. Daarteenoor beklemtoon Maleagi dat God hierdie situasie sal omkeer en vaders met hulle kinders sal versoen in die bedeling wat met die Messias sal aanbreek (Mal 4:6). Lukas kondig die vervulling hiervan aan met die bediening van Johannes die Doper wat soos Elia versoening sal bring wat die ware volk van God sal bou uit alle ouderdomme (Luk 1:17). Almal wat in Jesus glo, sal dus ook daardie versoening ervaar met diegene wat op dieselfde wyse hulle toevlug neem tot Hom. Maar, alles is nie daarmee reggestel nie, want daar sal steeds teenstand wees tussen dié wat Jesus as Here aanvaar en dié wat Hom verwerp, ook binne huisgesinne. Jesus self praat daaroor, soos jy tereg noem (Matt 10:21, 35-36; Luk 12:53; 21:16) sowel as Paulus (Rom 1:30; 2 Tim 3:2-3). Met daardie werklikheid sal ons ook toenemend moet rekening hou. Jou grootste vyande kan uit jou eie kring, selfs uit jou eie huisgesin kom.Jennifer Botha on Miga Wat beteken die gedeelte in Miga 7 vers 6 asok Matt 10 vers 35 kan u dit dalk verduidelikChris van Wyk on Lukas 17:11-19 – Genesing is tydelik, maar geloof in Jesus red jou vir die ewigheid Inderdaad! Jammer. Ek het dit reggestel op die webtuiste en ook 'n nuwe bydrae gestuur: https://bybelskool.com/lukas-1711-19-genesing-is-tydelik-maar-geloof-in-jesus-red-jou-vir-die-ewigheid/Carel Smith on Lukas 17:11-19 – Genesing is tydelik, maar geloof in Jesus red jou vir die ewigheid Môre Chris. Lyk my die laaste stukkie van vandag se boodskap het uitgeval.Chris van Wyk on Die boodskap van Joël vir vandag 👍Jéan Tredoux on Die boodskap van Joël vir vandag Mooi uiteengesit , baie dankie.Chris van Wyk on Lukas 16:19-31 – God ontferm Hom oor dié wat hulle hulp van Hom verwag Vir seker! Dit is 'n voorkeur manier om die Bybel uit te lê, Skrif met Skrif.Chris van Wyk on Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban My voorreg!Retha Roux on Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban Chris, ek is so dankbaar dat ek jou Bybelstudiegroep ontdek het en nog steeds daagliks my boodskappe per epos kan ontvang.Herman Steyn on Lukas 16:19-31 – God ontferm Hom oor dié wat hulle hulp van Hom verwag Die parallel met die Barmhartige Samaritaan is merkwaardig en is maar net weer 'n aanduiding hoe Die Bybel homself bevestig. Ja, laat mens diep dink hoe jy vasgevang kan word deur materialisme en nie by God se manier van doen inval nie.Alicia on Die wederkoms en die wegraping Jesus het geskape in 6 dae en die sewende dag gerus. Daaruit kan ons sien hoe God se kalender saamgestel word. As ons let op 1 dag is soos n 1000 jaar gee dit ons n idee dat die aarde se bestaan 6000 jaar kan wees met n 1000 jaar rus. Daardie 6000 jaar is amper verstreke. Die Satan wat geboei gaan word sal vir 1000jaar niks hê om te verlei as Jesus se kinders na sy wederkoms saam met Hom in die hemel is en die res wat Jesus verwerp het dood lê op aarde waar die voels hul vlees sal eet volgens die skrif. Die wederkoms het dus plaasgevind wat n groot gebeurtenis gaan wees wat elke oog op aarde gaan sien selfs die wat Hom deurboor het met die spies. Niemand sal dit mis nie aangesien dit sigbaar en hoorbaar sal wees in die hemele. Die dooies in Christus sal opgewek word en die lewendes sal in n oogwink verheerlikte liggame ontvang en so sal ons saam die Here tegemiet gaan in die hemel om saam n 1000jaar saam te spandeer waar ons trane afgevee gaan word en ons kans gaan hê om die boeke na te gaan en te oordeel selfs oor God en engele. Ons sal besef dat God se oordeel regverdig was. Na die 1000jaar gaan die stad neerdaal uit die hemel en word satan en sy volgelinge opgewek waar hul hul ou kleure wys en wil weer oorlog maak teen God en die stad. Dis hier waar die vuur uit die hemel hul finaal verslind. God is n verterende vuur en sonde kan nie voor Hom standhou Nou nadat alles wat vuil is uitgewis is kan ons aanskou hoe Christus weer skep soos in die begin.Chris van Wyk on Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster Jesus Christus in sy menslike gestalte is eers gebore ná die Psalm geskryf is, maar in sy Goddelike gestalte as een van die Persone in die Triniteit, is Hy van altyd af daar. Omdat Jesus Christus ook Here genoem word in die NT, word Hy verbind met "Here" in die OT. Vandaar dat jou interpretasie in die regte rigting is, hoewel dit net in sy Goddelike gestalte is wat Hy daar genoem word.Pochahontas on Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster Die Here sê vir my Here.......is dit nie God wat met Jesus praat nie? Die psalm is n samevatting van ons geloofChris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.TORIE DE VILLIERS on Skakel in by Veritas! Ek stel belangChris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.Santie Steyn on Skakel in by Veritas! Ek stel belang asb. Potchefstroom. Zoom opsie asbChris van Wyk on Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe Hi Ernst, die "tot" in daardie frase beteken dat alles onder Jesus se gesag geplaas is en alles Hom moet verheerlik. Hy is immers die rede "dat" hulle bestaan - alles het "deur" Hom tot stand gekom -en die rede "vir" hulle bestaan - hulle staan onder sy gesag en vind hulle doel in 'n verhouding met Hom.Ernst Marais on Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe In kollesense 1 ;16 staan "deur Hom en tot Hom geskape." wat beteken tot Hom ? Help aasbChris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek maak so.Chris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.Kobus De Wet on Skakel in by Veritas! Goeie middag Sit my ook op die lys. Kobus de WetKobus De Wet on Skakel in by Veritas! Goeie dag, Stel ook belang Kobus de WetKobus De Wet on Skakel in by Veritas! Goeie more, Stel ook belang. Gauteng - Oos Rand Area Dankie Kobus de WetAnne-Marie Marais on Skakel in by Veritas! Goeie more Chris Ek stel beslis belangChris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.Chris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.Chris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit julle op die lys.Riaan Stoop on Skakel in by Veritas! Goeie middag Chris Ek sal verseker hierby wil inskakelElize Fourie on Skakel in by Veritas! Baie dankie, wil verseker inskakel (Engels) assebliefMariele on Skakel in by Veritas! Ons het reeds Module 1 van Veritas afgehandel, met Carl Crouse. Sal graag wil voortgaan met Module 2, moontlik met zoom opsie (aangesien logistiek o.a. 'n probleem was). Jurie en Mariele Venter (Mthatha)Chris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.Claudie Erasmus on Skakel in by Veritas! Ek stel belang asb!Chris van Wyk on Skakel in by Veritas! Dit is in Engels ook beskikbaar.Elize Fourie on Skakel in by Veritas! Is dit in Engels ook beskikbaar?Chris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.Dr. Charl Schmahl on Skakel in by Veritas! Stel belang asb. Reeds deel van BybelskoolChris van Wyk on Skakel in by Veritas! Ek sit jou op die lys.Johan Bothma on Skakel in by Veritas! Stel moontlik belang.. Hou my asb in gedagte. Geseende dag. JohanChris van Wyk on 525 preke die afgelope 15 jaar – Chris van Wyk Dankie!Retha van Graan on 525 preke die afgelope 15 jaar – Chris van Wyk Groot dankie vir Bybelskool boodskappe wat deur die jare my so verryk het en mag die verandering in loopbaan baie vreugde vir jou inhou! Ryke seënwense in die Here!Chris van Wyk on Jeremia Hi Loureda, in OT-tye was Babel (Babilon) die ekonomiese, godsdienstige en politieke hoofstad van Babilonië. Hulle was die oorheersende mag in die Nabye Ooste in die sesde eeu vC. God het die volk altyd gewaarsku teen alliansies met Babel, en uiteindelik Babel as oordeelsinstrument gebruik om hulle in ballingskap weg te voer. In die NT dui “Babilon” op die wêreld en sy magte in opposisie met God. Dit word dikwels gekontrasteer met “die nuwe Jerusalem”, waarin God uiteindelik koning sal wees. Waar 'n wêreldse gesindheid by ons oorneem - materialisme, immoraliteit, ongeloof - is "Babel" merkbaar.Loureda on Jeremia Goeie dag Hoe kan ons die verhaal van Babel sien /opmerk in ons eie lewe . Wat moet dit vir ons beteken in ons lewe. Baie dankieChris van Wyk on Numeri 16 – Verset lei tot veroordeling wat net getroef word deur voorbidding en versoening Dankie Marietjie, ek het 'n spelfout gemaak daar, want die vorige deel is eintlik vers 19-40 (nie 19-30 nie). Dieselfde opskrif geld dus. As ek dit fyner sou opdeel, dws ver 19-30 en dan vers 31-40, sou ek dit die titel gee van "Korag en sy bende daal lewendig na die doderyk af."Marietjie Hancox on Numeri 16 – Verset lei tot veroordeling wat net getroef word deur voorbidding en versoening Halo Pastoor. Ek geniet hierdie agtergrondbeskrywings BAIE. Ek hou ook van die opskrifte by verse. En daarom my versoek. As jy opskrif moet gee vir :31-40, wat sou dit wees? As u vir my dit kan epos sal dot baie gaaf wees. Lekker dag verder GOD blessChris van Wyk on Sagaria 14:1-9 – Die Here sal koning word oor die hele aarde Hi Nakkie, dit is baie menslik om dit te glo, want dan dink jy dat jy leed gespaar sal word. 'n Mens moet maar net volhard om die boodskap van die Bybel daaroor te bring. Soos jy weet, hier is wat ek daaroor geskrywe het: https://bybelskool.com/die-wederkoms-en-die-wegraping/Chris van Wyk on Sagaria 14:1-9 – Die Here sal koning word oor die hele aarde Hi Marinda, dit is dieselfde boodskap as aan ons, die Here kom alles regstel en bring oorvloed. Hy maak dié dinge reg wat verkeerd gegaan het, en gee aan ons 'n nuwe toekoms bó verdienste. En omdat ons dit met sekerheid kan verwag, help dit ons volhard met watter onreg of leed ons in hierdie lewe ook al moes deurstaan. En uitsien na die dag wanneer alles wat ons onderneem suksesvol sal wees. Dit geen ons die moed om nou al die Here te vertrou vir goeie uitkomste in hierdie lewe.Nakkie Bruwer on Sagaria 14:1-9 – Die Here sal koning word oor die hele aarde Goeiemôre ds. Baie dankie vir elke dag se Bybelskool . Ek leer so baie. Nadat ek vandag s'n gelees het onthou ek weer en maak dit my bekommerd dat so baie van ons N G Kerk lidmate deesdae aan die wegraping glo. Wat sê 'n mens vir hulle want hulle glo vas. GroeteMarinda Hattingh on Sagaria 14:1-9 – Die Here sal koning word oor die hele aarde Goeiedag, en weereens báie dankie vir die wonderlike werk. Op watter praktiese wyse kan die boodskap in alledaagse omgang verkondig word aan bv. karoppassers, asb?Chris van Wyk on Judas – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof Dit is my voorreg, Henriette. Veral dat jy sê: "Ek weet nou wat ‘n verhouding met die Here Jesus beteken." Dit is na alles waarom dit gaan.Henriette on Judas – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof Ds Chris. Vanoggend het ek die bybelskool se studie deur die Bybel, wat ek in 2015 begin het, voltooi. Ek is 70 jaar oud en oneindig dankbaar vir die voorreg. Die feite sal ek nie onthou nie al het ek my Bybel vol geskryf en dit vreeslik interessant gevind. MAAR, my begrip is verbreed en my geloof versterk. Ek verstaan baie duideliker wat van my verwag word in die lewe. Ek weet nou wat 'n verhouding met die Here Jesus beteken. Dankie vir die deel van jou insig en vaardigheid. Ek sien uit na al die ander leerstof wat nog vir my lê en wag.Adam Pearce on Salwing in die Bybel Jesus maak gesondAdam Pearce on Salwing in die Bybel Ek verstaan nou die salwing van mense in die bybelChris van Wyk on Genesis 13 – God herhaal sy belofte van die land en ‘n groot nageslag aan Abram Hi Herman, ja, Israel as 'n antieke nasie neem eers vorm aan met die Uittog uit Egipte. Volgens my datering rondom 1450 vC. Dit is dus nie net ná Genesis 12 nie, maar ná Eksodus 12. Ek noem 'n hele aantal bewyse daarvoor https://bybelskool.com/inleiding-eksodus-die-hoop-op-verlossing/ . Dit is dus ná die tyd van die aartsvaders: Abraham, Isak en Jakob, en die twaalf seuns wat na Egipte toe trek. Die datering van die aartsvadertydperk wat vir my die meeste sin maak (op grond van die interne gegewens van die Bybel self) is in die sogenaamde Middel Brons tydperk van ongeveer twee millenia v.C. Dit word ondersteun deur die argeologiese gegewens van stede en plekke wat in die loop van Genesis 12 en verder genoem word. Die name van die patriarge en van hulle gebruike kom ooreen met inligting wat in buite-Bybelse data beskikbaar is. Selfs die feit dat hulle gebruike gehandhaaf het wat in latere wette verbied is – soos Abraham wat met sy half-suster Sarai trou (Gen. 20:12), iets wat in Lev. 18:9,11; 20:17 verbied word, en Jakob wat met twee bloedsusters trou (Gen. 29:21 vv.), iets wat in Lev. 18:18 verbied word – getuig van die oudheid van dié tradisies van die aartsvaders. Die feit dat die verhale dus uiteindelik neergepen is net soos dit oorgelewer is, sonder om dit te verander en in lyn te bring met die wet wat eers later gekom het, getuig van die oudheid van dié tradisies. Soos De Vaux hieroor sê: “One is bound to conclude that these traditions have a firm historical basis” (Early History). ‘n Mens kan die datering van die vorming van die volk van Israel uitwerk op grond van die vaste punt wat 1 Konings 6:1 gee vir die datum van die Eksodus. Daar staan: “Vier honderd en tagtig jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, vier jaar nadat Salomo koning van Israel geword het, het hy begin bou aan die tempel van die Here. Dit was in die maand Sif, die tweede maand.” Die datum van hierdie vierde jaar van Salomo is 966 v.C. wat met inligting uit buiteBybelse Assiriese lyste ooreenkom. Die begin van die Eksodus wat 480 jaar tevore was, kan dus op grond van hierdie inligting op 1446 v.C. vasgestel word. Dit word verder ondersteun deur van die nuutste argeologiese ontdekkings, onder andere deur die voorkoms van die naam “Israel” op die Merneptah Stele uit die 13de eeu sowel as die soortgelyke naam “Israel” op die voetstuk van ‘n standbeeld uit die 15de eeu v.C. wat onlangs ontdek is. Ek brei in my skrywe in Eksodus by bogenoemde skakel meer uitvoerig daarop uit. Hierby moet ‘n mens dan die tyd in Egipte tel (430 jaar volgens Eks. 12:40) wat beteken dat Jakob na Egipte is ongeveer in 1876 v.C., tien jaar ná Isak se dood. Jakob is op daardie stadium 130 jaar oud soos hy vir die farao te kenne gee (Gen. 47:9), wat beteken hy is in 2006 v.C. gebore (Gen. 25:26). Abraham was weer 100 jaar oud toe Isak vir hom gebore is wat beteken dat Abraham in 2166 v.C. gebore is. Dit beteken ‘n mens kan die verhale in Genesis 12-50 as volg dateer as jy die verdere gegewens in die boek in ag neem: Abaham 2166-1991 v.C. Isak 2066-1886 v.C. Jakob 2006-1859 v.C. Josef 1915-1805 v.C.Herman Steyn on Genesis 13 – God herhaal sy belofte van die land en ‘n groot nageslag aan Abram Chris, waar trek ons die lyn as dit kom by die term "Antieke Israel?" Dit moet verseker na Gen 12 wees, want Israel was nog nie daar nie. Sou mens Patriargale tydperk ongeveer 2500 vC tot 1000 vC (Verenigde Koninkryk ) kon afbaken? Ek weet dat datering problematies is!Marinda Hattingh on Kolossense 3:12-17 – Die liefde is die band wat alles volmaak saambind 🙏Chris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi, hier is 'n kaart van Faithlife (2022 - “Logos Bible Software Atlas.” Bellingham, WA: Faithlife, LLC.) <img src="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2022/07/Stamgebiede.jpg" alt="Stamgebiede" />Jana Spangler on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Goeie dag Ds Chris . Ons is huidiglik besig met n Bybelskool by Lynnwoodrif. Ons woon in Limpopo. Behandel tans Josua. Is daar dalk n landkaart beskikbaar wat ek kan volg en bestudeer watter stam, watter grond gebied gekry het? Ek dink dat kan vir toekoms baie makliker verstaanbaar wees indien op kaart kan volg, ook hoe dit later deur ander volke oorgeneem is.Chris van Wyk on Efesiërs 3:1-21 – God vervul ons met krag, geloof, liefde, insig, ervaring en Sy volheid 👍Hester Brandow on Efesiërs 3:1-21 – God vervul ons met krag, geloof, liefde, insig, ervaring en Sy volheid 18 Julie 2022. Vanuit Krugersdorp, Gauteng. SA. Goeiemore Chris. Ek het in die Woord gelees van die verborgenhede van God wat Hy aan Sy gelowige kinders /volgelinge openbaar. Ek het toe "geGoogle" om nog skrifte te kry wat oor God se verborgenhede /geheimenisse praat, het op hierdie struk van jou gekom. Dit is vir my tot seen gewees, net weer 'nbevestiging dat ons wat Heidene / ver was, nou deur Christus Jesus naby gekom het, een familie! Deur die Heilige Gees die dieptes van God kan leer ken, en daardeur ook ons eie (en ander) se dieptes tot reiniging van onsself en verheerliking van God en uitbreiding van Sy Koningkryk!Fransie Coetzee on Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag Goeie beskrywing . Wat my vandag opval is hoe almal die woord rasis, narsis ge bruik en nie een van hierdie woorde kom ooit in die Bybel voor nie. Die is skeppende woorde, daar is baie, wat nooit in doe Bybel se tye gespreek is nie. Hoekom vandag en almal bly sti daaroor en aanvaar eintlik dit wat nie reg is.Chris van Wyk on Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings Dit bly my voorreg en ek is bly as die Bybelskool beantwoord aan sy doel, om jou in die Woord te laat leef.Elize Nothnagel on Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings Baie dankie ds Chris vir u lesings en leringe. Vir my is dit fantasties om die inligting soos u dit aanbied op my eie tyd te bestudeer, af te neem en met myself te versoen en my eie te maak. Veral in hierdie donker tyd met Eskom gee dit my nou soveel meer tyd om die inligting rustig en deurdag deur te gaan!!! Mag u werk geseënd wees en tot groot vrug wees vir elkeen wat dit gebruik. Groete en sterkte.Chris van Wyk on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? 👍Carol on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Love this explanation...Clear and concise.Thank youChris van Wyk on Oor die liedere wat ons sing in die kerk My voorreg en plesier!Martie Erasmus on Oor die liedere wat ons sing in die kerk Baie dankie vir baie interessante studies wat ek tans nog besig is om met my kleinkinders deur te werk. Hulle geniet dit net so baie. Martie ErasmusChris van Wyk on Gemeentes in die weegskaal Ja-nee, uitdagend tot jy jouself daaraan oorgee.Henda vd Walt on Gemeentes in die weegskaal Ja, baie dankie vir verduideliking, dit maak dinge meer duidelik wat so belangrik is om die pad van die Here te loop vir ons elke dag lewe. Die liefde wat alles verander en waarna ons almal soek, wat skynbaar so moeilik is om te vind en tog ook so maklik.Chris van Wyk on Galasiërs 3:15-29 – Elkeen wat aan Christus behoort, is erfgename ooreenkomstig die belofte PlesierMarinda Hattingh on Galasiërs 3:15-29 – Elkeen wat aan Christus behoort, is erfgename ooreenkomstig die belofte Báie dankie!Chris van Wyk on Psalm 42 & 43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid Wanneer "u" alleen staan, en na God verwys, word dit met 'n hoofletter geskryf, "U". Wanneer "u" as byvoeglike naamwoord aan 'n selfstandige naamwoord verbind word, en na God verwys, word dit met 'n kleinletter geskryf, "u wil". Sover ek weet, is dit net 'n taalreël. Al die Afrikaanse vertalings het dit so, ook die 1933/53 vertaling.Ben Pieterse on Psalm 42 & 43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid Goeie dag Chris, ek het een vraag, hoekom word die woord "u" in klein letters geskryf in Ps 43 v 3. Verwys dit dan nie God nie "Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei, my bring na u heilige berg en na u woonplek"Chris van Wyk on Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge Daar is geen Bybelteks wat van die aarde praat as plat nie. Dit is net afleidings wat mense maak van tekste wat bv van die vier hoeke van die aarde praat (Jes 11:12). Maar, die vier hoeke dui natuurlik ook op die vier windrigtings (Openb 7:1) en is dus nie 'n duidelike aanduiding van 'n "plat aarde" nie.E.D.R. Huismans on Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge Op watter Bybelteks in die Ou Testament beroep mense hulle wat beweer dat die Aarde plat is? Wil graag weet en die verskillende vertalings en verskillende tale. met mekaar vergelijk. My dank sal groot wees.Chris van Wyk on Handelinge 2:22-41 – Die belofte van die Gees is bedoel vir almal wat die Here na Hom toe roep Ja, nogal 'n konsternasie hier! Ek het per ongeluk net die helfte gekopieer uit my Word dokument. Darem bly ek kon dit agterkom voor ek die Whatsapp uitgestuur het.Chris van Zyl on Handelinge 2:22-41 – Die belofte van die Gees is bedoel vir almal wat die Here na Hom toe roep Ekt gewonder waar die res heen verwyn het. Dankie vir die volledige eenChris van Wyk on Die betekenis van Hemelvaart Video ook binnekort op ons kanaal: https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPwChris van Zyl on Die betekenis van Hemelvaart Sien uit daarna, ChrisChris van Wyk on Efesiërs 1:15-23 – God se volheid vul alles in almal My voorreg.Chris van Wyk on Die betekenis van Hemelvaart Plesier.Ansu on Die betekenis van Hemelvaart Baie dankie ds Chris ! 🙏Herman Steyn on Efesiërs 1:15-23 – God se volheid vul alles in almal Dankie Chris vir hierdie hemelvaart waarheid. Ek put bemoeding uit die krag van Sy opstanding om volhoudend in te skakel by koninkrykswerk!Chris van Wyk on Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor Hi Petrus, ek weet nie waar jy my "huiwering" raaksien nie? Ek skryf tog duidelik dat Jesaja 52-53 in Jesus vervul is?Petrus on Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor Beste Chris Jesaja 53. Daar is verwysings na Israel as volk (dienaar): In ballingskap lyk jy nie normaal en is verwaardeloos, hul is in vreemde grafte begrawe (ongelowiges), is geslaan en niemand wou na hul kyk of aan hul dink, so ook sou konings oor hul dink en wonder waar is die God wat hul bevry het en hoekom is hul nou slawe...? Dan natuurlik is daar Jesus en die skrifverwysings in NT wat se dit word in vervulling. Tog blyk dit in jou verklaring dat jy "huiwer" om dit aan Jesus te koppel? Is beide korrek of was dit 'n voorspelling, want die aansluiting by wat Jesaja voor dit gese het, maak die konneksie onduidelik. Sommer skielik is die verwysing na Jesus daar en ek weet die Woord is volmaak en alles v/d OT na die NT is in lyn met mekaar en parallele is duidelik te sien. Wat is die regte verklaring v/d gedeelte asseblief?Chris van Wyk on Markus Ek maak so.Lizelle Foster on Markus Middag Chris Ons is besig om die boek Markus te bestudeer vir die laerskole bybelvasvra. Is dit moontlik dat ons asb hierdie excel dokument kan kry? Sal opreg waardeer word. Baie dankie. LizelleChris van Wyk on Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding Hi Tjaart, dit verwys na drie vervullings. Die eerste gedeeltelike vervulling is met die terugkeer uit die ballingskap in die tweede deel van die 6de eeu vC. Die tweede vervulling is met Jesus se bediening op aarde waarna Hyself verwys in Lukas 7:22: "<em>blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.</em>" (vgl Jes 35:5-6) Die derde en volledige vervulling is met die wederkoms soos ook die Hebreërskrywer na verwys: "<em>Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.</em>" (Hebr 12:12-14 - vgl Jes 35:3)Tjaart on Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding Beste Chris Jesaja 35. Is dit die volk Israel toe of verwys dit na die wederkoms? "blindes, dowes, lammes, stommes verwysings."Chris van Wyk on Openbaring 2:18-29 – Jesus beloon ons dade en laat almal wat oorwin deel in sy heerskappy Dankie!Chris van Wyk on Openbaring 2:18-29 – Jesus beloon ons dade en laat almal wat oorwin deel in sy heerskappy Welkom!Marinda Hattingh on Openbaring 2:18-29 – Jesus beloon ons dade en laat almal wat oorwin deel in sy heerskappy Mag ek hierdie asseblief op sosiale media deel?Marinda Hattingh on Openbaring 2:18-29 – Jesus beloon ons dade en laat almal wat oorwin deel in sy heerskappy Goeiemôre, en báie dankie vir die boodskap....prontuit die waarheid.Chris van Wyk on Die “see van glas” soos kristal in Openbaring 4 Die Skrif is onpeilbaar diep. Wonderlik.Hettie Swart on Die “see van glas” soos kristal in Openbaring 4 Hoe wonderlik en alwetend is God nie wat so vêr vooruit beplan en voorsien. See van glas verduideliking was inderdaad 'n openbaring vir my. DankieChris van Wyk on Handelinge 9:1-25 – Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen My voorreg!Johan Mahne on Handelinge 9:1-25 – Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen Dankie vir die wonderlike Bybelstudie wat ons elke oggend so kan genietChris van Wyk on Hebreërs 10:15-31 – God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie Dankie Hannes, dit bly my voorreg. Waardeer dit op hierdie Goeie Vrydag!Hannes du Toit on Hebreërs 10:15-31 – God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie Baie dankie vir elke dag se boodskap.Dit bly vir my n leerprose oor die liefde,genade en hoop van Jesus Christus.Chris van Wyk on Jesaja 52:13–53:12 – Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing Hi Marinda, ja, die uitbeeldings is baie keer romanties en idealisties. Hy was egter ook 'n volmaakte mens wat beteken daar was geen gebrek in Hom nie. Daardie laaste dag was egter 'n uitmergelende een waarin Hy werklik fisies amper onuithoubare pyn deur die geseling, spykers, dorings en uitputting moes verduur het. Dit was nie aanskoulik nie... totdat Hy sy verheerlikte liggaam gekry het!Marinda Hattingh on Jesaja 52:13–53:12 – Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing Goeiemôre, ek hoop dit gaan goed. Hoe letterlik moet die onaansienlike gedagte hier opgeneem word? Ek wonder baie of JESUS werklik weergegee word in die baie afbeeldings van HOM, verál in ñ wêreld wat juis so baie klem op die uiterlike lê. Ek is amper seker dat soos SY majesteit nie aan die wêreld se verwagting voldoen het nie, SY uiterlike ook nie; juis om ons nog iets te leer. Enige gedagtes hier rondom?Chris van Wyk on Romeine 14:1-12 – Of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here Diensknegte (huisbediendes) is hier 'n (metaforiese) beskrywing van gelowiges in hulle verhouding tot God. Dws, Paulus sê, ons moet mekaar nie oordeel oor dieet en dae nie, want ons almal is in diens van die Here. God sal oordeel oor elkeen van ons, want ons is sy diensknegte.Marinda Hattingh on Romeine 14:1-12 – Of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here Goeiemôre, ek hoop dit gaan goed. Verduidelik asb vir my op watter maniere huisbediendes verskillend behandel is. Ons praat tog nie hier van rassisme, wat sekerlik absoluut verkeerd in die HERE se oë is nie? Mooi geseënde week verder.Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek maak so.Marietjie on Lees die vier evangelies en Handelinge Goeiemiddag is dit moontlik om asb vir my ook die inligting te epos. Byvoorbaat baie dankieChris van Wyk on Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk Gog en Magog is die name wat in beide Esegiël 38-39 en Openbaring 20:7-10 vir die onheilige nasies gegee word wat die Godsvolk bedreig. Dit is nie maar net Israel en Jerusalem wat bedreig word nie. Veral in Openbaring is dit duidelik dat dit alle gelowiges is wat bedreig word. Die nasies wat genoem word in Esegiël strek van Europa tot in Asië en ook tot in Afrika (Esegiël noem 7 nasies), dws reg rondom die grondgebied van Israel. Maar, Openbaring sê hulle kom van al vier hoeke van die aarde af. Dit verteenwoordig dus alle nasies wat God en die Godsvolk, dws dié wat in Jesus glo, teenstaan, waar hulle hulself ook al mag bevind. In Esegiël 38 word die Hebreeuse woord "rosj" gebruik wat sommige met Rusland verbind. Dit is egter nie 'n goeie interpretasie nie, want "rosj" beteken doodgewoon "hoof." Rusland het in elk geval eers 'n rol begin speel van die 9de eeu nC af, so hulle het geen invloed in die bedeling van die OT gehad nie. Dat Rusland een van dié nasies kan wees wat die Godsvolk bedreig aan die einde van die tyd, kan dus wel so wees. Maar dan as een van die nasies "van die vier hoeke" van die aarde af, nie omdat hulle direk in die teks aangedui word nie. Rusland se inval in die Oekraïne kan om 'n ander rede ook nie verbind word aan die Gog en Magog nie, want Oekraïne is nie gelykstaande aan die Godsvolk nie. Die inval van Rusland is eerder deel van die algemene tekens van die tye waarin oorloë sal toeneem. Ons stuur egter uiteindelik af op 'n groot oorlog aan die: "einde van jare." (Eseg 38:8). In Openbaring word die tydperk van hierdie oorlog geplaas ná die duisendjarige vredesryk en is dit ook opmerklik dat God self veg namens die geloofsgemeenskap. Hy verwoes die nasies met vuur en gooi die duiwel in die poel van vuur en swael waar hy saam met die dier en die valse profeet - die drie-tal van die onheilige triniteit - vir ewig gepynig sal word. Direk daarna kom die wit troon oordeel en die skeiding tussen gelowiges en ongelowiges.Pierre Pretorius on Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk Nou jou verduideliking gelees. Wat en waar sal jy die huidige ontwikkeling tussen Rusland en Hokraiene plaas. Dit is duidelik dat Afrika in meerderheid met instemming is in voordeel vir Rusland. Wat ek vra is of die huidige gebeure in die profesieë uitspeel, of is dit iets anders. Baie dankieChris van Wyk on Jakobus 5 – Volhard in gebed Ja, dit is, en dit is verder wonderlik dat die riglyne op diep teologiese beginsels gebaseer is. Bv dat wysheid van God af kom en hoe die "lig" daarvan verskil van die donkerte van hierdie wêreld se wysheid.Ami Toerien on Jakobus 5 – Volhard in gebed Ek geniet jou besprekings. Ons OMGEE groepie het JAKOBUS nou bespreek. Vir my is dit n baie praktiese boek gewees.Ryno on Die karakter van Dawid Dawid se Die Here is my Herder niks sal my onbreek ni.Hy ly my by waters waar daar rus is.Goedheid en Guns sal my volg ,Maar die laaste versie se En ek sal indie huis van Die Here bly tot in Lengte van dae.ek Vra my af wat mak n contrak geldig die reels en regulasies en vereistes kan binne die kobtrak staan mar wat mak hom geldig die benifits en al dai goed is ini kontrak dan kan hy nogstedsie geldig is Die Handtekening😀 U sien dis niks vr die Here om n Herder te wees nie ons verwag goedheid en guns moet ons volg daars dinge wavoor ons bid wat ons he die Here mut antword maar dawid se En ek En ek sal in die huis van die Here bly dit help nie ons suk dii benifts mar ons kani ons handtekening los en se En Ek sal ini huis vnii Here bly nie To Be Continued... Evg Ryno Bostander 0782753288Chris van Wyk on 1 Korintiërs 15:12-20 – Christus se opwekking uit die dood waarborg ons eie opstanding uit die dood My voorreg, Marinda.Marinda Hattingh on 1 Korintiërs 15:12-20 – Christus se opwekking uit die dood waarborg ons eie opstanding uit die dood Báie dankie weereens vir prontuit die waarheid verkondig soos altyd!Chris van Wyk on Psalm 91:1-16 – Die Here is my skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou Ja, Annes al die jare, nè, sedert ons ontmoet het in 1978 as eerstejaars, en natuurlik sedert ons geboorte ook! Veilig in die ewige arms van God.Annes Nel on Psalm 91:1-16 – Die Here is my skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou Absoluut troosryk!Chris van Wyk on Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord My voorreg!Alta Knoetze on Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord Ek wil net deur hierdie weg vir u baie dankie se vir die inligtig wat ek ontvang ek leer geweldig baie daaruit.Theodorus Gerhardus Klein on Jesus is drie dae in die graf Dit is ook onwaarskynlik dat die Joodse Raad op die Groot Feesdag of op die weeklikse Sabbat gaan vra het dat die graf beveilig moet word. Die Keiser beopdrag toe dat hulle dit self mag doen. Nog meer onwaarskynlik is dat die Joodse Raad die graf sou seel en bewaak op die Groot Feesdag en/of op die weeklikse Sabbat. Dit is meer waarskynlik dat hull dit die Vrydag oggend sou doen, na die Groot Feesdag.Theodorus Gerhardus Klein on Jesus is drie dae in die graf Deon, die verduideliking van die dag van voorbereiding is in Johannes 19:14 - En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning! Jesus was dus gekruisig op die dag van voorbereiding vir die pasga, nie vir die gewone weeklikse Sabbat nie. Die volgende dag was die "Fees van Ongesuurde Brode" ook 'n Sabbat volgens die voorskrifte in Levitikus 23, hierdie Fees word deur die Joodse kalender bepaal en is nie op 'n vaste dag van die week nie, anders as die weeklikse Sabbat. Daar was dus die Groot Feesdag waaop ook geen werk gedoen mag wees nie en die normale weeklikse Sabbat. Daar is ook geen aanduiding in the Nuwe Testament wanneer Christus uit die dood opgestaan het nie. Net 'n lee graf is gevind vroeg na die weeklikse Sabbat. Die Goeie Vrydag teorie kan op geen manier die enigste teken gegee deur Jesus, naamlik "Drie dae en drie naget" verduidelik nie. Friedel is reg met die Groot Feesdag en die weeklikse Sabbat op twee verkillende dae in die week to Christus gekruisig was.Chris van Wyk on Markus 🙂Madeleine Kriel on Markus Ek borrel vanoggend van opwindingChris van Wyk on Markus Reeds gestuur. Geniet!Madeleine on Markus More Chris Mag ek asb die epos kry waarna verwys word. En baie dankie vir die inligting. GroeteChris van Wyk on Romeine 8:18-30 – God laat alles ten goede meewerk vir hulle wat Hom liefhet So gemaak.pieter on Romeine 8:18-30 – God laat alles ten goede meewerk vir hulle wat Hom liefhet Goeie dag Chris, kan jy my weer laai op die whatsapp groep asb. My foon was gesteel en ek het alles verloor. 0832788274. Pieter SchutteChris van Wyk on Jeremia 17:5-10 – Die Here vergeld elkeen volgens sy optrede, volgens die vrug van sy dade So gemaak.Pieter schutte on Jeremia 17:5-10 – Die Here vergeld elkeen volgens sy optrede, volgens die vrug van sy dade Hallo Chris my foon is gesteel nou ontvang ek nie meer jou daaglikse 365 beloftes op whats app nie , kan jy my weer add asb. 0832788274.Chris van Wyk on Jeremia 17:5-10 – Die Here vergeld elkeen volgens sy optrede, volgens die vrug van sy dade Lekker om te hoor, Susan. Geniet dit.Susan Scott on Jeremia 17:5-10 – Die Here vergeld elkeen volgens sy optrede, volgens die vrug van sy dade Ai, Ds Chris, Jou leerstukke voel partymaal of hulle vir my persoonlik geskryf is met dag en datum daarby! Baie dankie vir dit. Jesus liefde en seen op jou werk.Johan on Psalm 138 – Die Here self tree vir my in Dit voed my siel.Chris van Wyk on Filippense 4:10-20 – My God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien Waardeer, Susan.Susan Scott on Filippense 4:10-20 – My God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien Baie dankie. Ek leer baie en waardeer jou insiggewende dagstukke. Seën op jou werk.Chris van Wyk on Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld Hi Henriete, dankie vir jou kosbare woorde. Dit raak diep en roer my ook vir die toekoms van Bybelskool.Henriette on Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld In my jarelange reis deur die Bybel saam met Bybelskool lees ek vanoggend Handelinge 12-13. Ek raak bewus daarvan dat Bybelskool ook besig is met 'n sendingreis oor grense heen. Wat dit vir my beteken, is onbeskryflik. Kosteloos, maar kosbaar. Dankie.Chris van Wyk on 1 Korintiërs 12:1-11 – God se gawes is aan elke gelowige gegee ter wille van diensbaarheid Gawes word net gegee aan iemand wat die Gees ontvang het. Die Gees word ontvang deur gebed en geloof, nie deur die doop nie. Die doop is wel belangrik, maar dit is nie die instrument om die Gees of sy gawes te ontvang nie.Chris van Wyk on Lukas 3:21-22 – Die Heilige Gees word in gebed ontvang Gebed as geloofshandeling is die deurslaggewende aksie soos 'n mens in Handelinge 10 bv sien waar die Gees op Kornelius-hulle val vóórdat hulle gedoop is. Hulle het die boodskap van Jesus by Petrus gehoor, dit geglo, die Gees ontvang, en is eers daarna gedoop (Hand 10:34-48).Chris van Wyk on Eksodus 15:22-27 – Ek is Jahwe Rapha, die Here wat jou gesond maak Een van die interessante lyne regdeur die Skrif. Dankie.Arica van der Westhuizen on 1 Korintiërs 12:1-11 – God se gawes is aan elke gelowige gegee ter wille van diensbaarheid Kan 'n mens 'n gawe ontvang sonder dat jy as wedergeborene gedoop is?Arica van der Westhuizen on Lukas 3:21-22 – Die Heilige Gees word in gebed ontvang Goeie middag, na aanleiding van hierdie gedeelte, wil ek graag weet of 'n persooon die Heilige Gees kan ontvang deur slegs te bid daarvoor of moet die gepaard gaan met die doop van daardie persoon?Pieter Olwagen on Eksodus 15:22-27 – Ek is Jahwe Rapha, die Here wat jou gesond maak More Ds Chris Dis nogal opvallend hoe hout deur God gebruik word om die mens te "help" Die staf wat in 'n slang verander het om Farao te bewerk, Die water wat verander het by Mara, die geleende bylkop wat gedryf het toe hout ingegooi is, en die grootste van als, vergewing van sonde deur die Hout kruis, maar in elke geval moes en moet die mens Glo en Vertrou. GroeteChris van Wyk on Psalm 29 – Die Here gee krag aan sy volk, en seën hulle met vrede Hi Sulene, dit is in die 2020-vertaling. Die werkwoord splyt (gesplyt, ook gesplete) beteken volgens die HAT: 1) Kloof, splits: Hout in klein stafies splyt. Atoomkerns, diamante splyt. 2) Bars, skeur: Die aarde splyt van die hitte. sply´ting. (My voorreg!)Sulene ROELOFSE on Psalm 29 – Die Here gee krag aan sy volk, en seën hulle met vrede Die woord, splyt, in vers 7 fassineer my. Ken nie die woord nie. Gewonder watter vertaling hier gebruik is. Is tans met vakansie en nie by my hulpbronne nie. Spoor ook nie die betekenis via die Internet op nie. Kan jy dalk lig werp? Dankie vir al die stof en hulpmiddele wat jy so mildelik beskikbaar stel. Raadpleeg dit al jare lank. Van groot waarde met voorbereiding vir groepsbybelstudie.Chris van Wyk on Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop Mooi wense vir jou ook Engela.Engela on Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop Goeie More Chris Ek loof en prys die Here vir Sy Groot Genade om deel te wees van die Bybel skool. Die Woord het lewend in my geword. Dankie dat jy my deur die Woord kon vat, ek leer elke dag vir Jesus net meer en is so dankbaar vir Sy liefde en genade. Mag die seen van die Here oorvloedig oor jou en familie wees. Ek wens julle n nuwe jaar vol hoop en meer wysheid in die Woord deur die openbaring van die Heilige Gees. Groete EngelaChris van Wyk on Efesiërs 3:1-12 – Ons het deur geloof vrymoedige toegang tot God Dankie Carel, ek eer jou kameraadskap in die Here!Carel Smith on Efesiërs 3:1-12 – Ons het deur geloof vrymoedige toegang tot God Chris, dankie vir jou getroue uitleg van ons Here se lewende evangelie! Dit is vir so baie mense 'n kragtige bemoediging!Susan on 1 Samuel 2:18-20, 26 – God seën ons fisies en geestelik Baie dankie. Ek het die doderyk met die hel verwar.Chris van Wyk on 1 Samuel 2:18-20, 26 – God seën ons fisies en geestelik Hi Susan, dit is God se "troue volgelinge", soos vers 9 sê, 'n verwysing na die eindoordeel waarin God sy kinders uit die dood uit laat opstaan.Susan on 1 Samuel 2:18-20, 26 – God seën ons fisies en geestelik Chris, kan jy asb 1 Samuel 2 vers 6, verduidelik. Wie kom terug uit die doderyk.Chris van Wyk on Miga 4:14-5:8 – God seën ons om tot ‘n seën te wees Dis genade, Mieke!Mieke Klapwijk on Miga 4:14-5:8 – God seën ons om tot ‘n seën te wees Dankie dominee, omdat jy altyd op jou pos is.Chris van Wyk on God se beloftes aan ons Waardeer die terugvoer!Hettie Swart on God se beloftes aan ons Baie dankie Dominee vir die werk wat u gedoen het wat dit vir my soveel makliker maak om God se beloftes na te vors. Mag die Here u seën.Delien Bronkhorst on Die wederkoms en die wegraping Die Woord v God sê dat die 1000 Jarige vrederyk bestaan uit mense wat uit die groot verdrukking kom wat nie die die en sy beeld aanbid hetnie.... Hulle sal saam Christus regeer in daai 1000 jaarChris van Wyk on Lukas 3:15-17 – God doop ons met die Heilige Gees en met vuur Dankie!Ansie on Lukas 3:15-17 – God doop ons met die Heilige Gees en met vuur Baie dankie vir die verduideliking van doop met "vuur en water".Chris van Wyk on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Ek het na Kent geluister, en daardie antwoord van hom baie waardevol gevind, hoewel daar ook kritiek is op van sy standpunte. Oor die Bybel, 'n mens moet onderskei tussen die vorm waarin die Bybelse teks gegiet is, en die werklikheid wat dit beskryf. Daar is verskillende literatuursoorte en jy moet dit in jou eksegese in ag neem. Bv, wanneer die Bybel van die pilare van die hemel en die aarde praat (Job 26:11; Ps 75:4), is dit metaforiese digterlike taal wat die werklikheid van God se voortgaande onderhouding van die skepping beskryf, maar nie 'n letterlike beskrywing probeer gee van hoe die hemel en die aarde daar uitsien nie. Dieselfde geld fabels (daar is twee waarvan ek weet: Rigt 9; 2 Kon 14) en gelykenisse (bv die 42 wat Jesus vertel het in die NT) in die Bybel wat nie letterlik waar is nie, maar wel figuurlik 'n boodskap oordra. Genesis 1 is bv 'n tipe gedig wat 'n mens as kunsprosa kan tipeer. Dit verskil in vorm van Genesis 2 wat meer verhalende literatuur is. Dit beïnvloed hoe 'n mens dit uitlê. Maar, tot 'n ander dag. Ek bly besig hiermee en sal tegelenertyd skryf oor my herlees van Genesis 1.Chris van Wyk on Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan My voorreg! Geniet dit.Retha Froneman on Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan Ek vind die stukkies baie leersaam en volgens die Skrif. Dankie vir die moeite om die Bybelstudie vir ons gewone mense so interesant te maak.Salomon on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Dankie Chris, ek dink dit is nodig. Daar is briljante wetenskaplikes wat wel die skepping soos dit in Genesis geskryf staan, ondersteun. Hulle stemme word net deur die sekulêre wetenskaplike wêreld stil gemaak. Dan is daar natuurlik Kent Hovind - ek is seker jy het sy ongelooflik goeie antwoord gesien op die videoclip wat wyd sirkuleer en waarin hy die professore wys op tyd, materie en ruimte wat God gelyktydig in Genesis 1:1 moes geskep het - en 'n beginsel wat jy ook in jou artikel noem. Heel moontlik het jy die Hovind-clip gesien. Wanneer teoloë die skepping begin bevraagteken, maak hulle die deur oop dat mense (gelowiges) ook ander dele van die Bybel kan bevraagteken. Predikante wat ek persoonlik ken, sê die skepping is metafories of simbolies of oertydse fabels. Hoekom sal ander dele van die Bybel nie nou ook metafories of oertydse fabels wees nie? Kan elkeen nou maar op sy eie besluit wat is mitologie in die Bybel en wat mag waarheid wees? Hierdie is 'n baie hartseer saak - ons praat van herders wat die skape moet leiding gee en versorg. 'n Ander vraag is: Is God in Sy Almagtigheid instaat om die wêreld in ses dae te kon geskep het? Die antwoord is JA. Maar waarom wil vandag se predikante en skrifgeleerdes dit nie aanvaar as die Bybel sê dit is die geskiedenis van hoe die hemel en aarde ontstaan het nie? Kinders in die skole se kurrikulums word vandag geleer dat alles deur die Darwin evolusie ontwikkel het en so selfs ook die mens. Daardeur word gesê God is nie die Skepper nie, maar wel evolusie. Ongelukkig aanvaar baie kerke dit ook en verkondig 'n mengsel van God as Skepper en evolusie. Jammer, ek het nou te veel geskryf. Maar dit is wonderlik dat jy die saak sal herbedink.Chris van Wyk on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Ek is in 'n proses om my eie standpunt oor die skepping te herbesoek. Daar is twee redes daarvoor. <ol> <li><p>Ek het my begin verdiep in die navorsing van wetenskaplikes wat 'n sesdag skeppingsweek voorstaan. Ek sal voortgaan daarmee en mettertyd my daaroor uitspreek.</p></li> <li><p>Ek het verder gedink oor die nuwe skepping wat kom. Die Bybel praat wel van 'n voorbereidingstydperk (Jes 65:17; 66:22; Joh 14:1), maar die uiteindelike koms van die nuwe hemel en nuwe aarde is skielik. Die hemelse Jerusalem wat God skep en neerdaal op aarde is bv van meet af aan volledig (2 Pet 3:13; Openb 3:12; 21:2). Dit laat my anders dink oor die beskrywing van die eerste skepping in Genesis 1.</p></li> </ol>Chris van Wyk on 2 Petrus 1:3-4 – sy goddelike krag het ons deel laat kry aan die goddelike natuur Pieter, daar is voorbeelde in die Skrif van presies daardie gebed om meer geloof, nie net van die dissipels nie (Luk 17:5), maar ook die pa rondom sy seun se bevryding (Mrk 9:24). God vereis egter nie net geloof nie. Die gebed moet ook volgens sy wil wees. Die hele Skrif is 'n openbaring van God se wil wat ons help om reg te bid. Hier is 'n paar tekste wat meer spesifiek na God se wil verwys: Matt 6:10; Mrk 14:36; Joh 9:27; 15:7; Hand 18:21; 1 Tess 4:3; 5:18; Rom 8:27; 12:2; Ef 5:17; Fil 2:13; Kol 1:9; 4:12; 1 Tim 2:4; Jak 4:15; 1 Pet 2:15; 4:2; 1 Joh 5:14.Salomon on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Chris van Wyk sê die skepping, die ontstaan van die hemel en aarde, soos dit in Genesis 1 beskryf word "... is ‘n gedig oor die skepping wat op digterlike en metaforiese wyse grondoortuigings oor die ontstaan en bestaan van alle dinge weergee." Die Bybel sê egter: "Dit is die geskiedenis van die hemel en aarde toe hulle geskape is." Genesis 2:4. Die vraag is, wie glo jy? Chris wat sê die aangetekende ontstaan van hemel en aarde in Genesis, is digterlik en metafories, of die Skrif wat sê dit is geskiedenis, dit is 'n historiese beskrywing van wat werklik plaasgevind het? Chris sê: "In Genesis word die dae egter figuurlik ingespan om in die gedig die planmatige vorming en ordening van God se skeppingswerk te beskryf." - wat van om dit eerder te sien soos die Bybel sê: "Dit is die geskiedenis ..." Chris sê in Genesis is 'n skeppingsdag figuurlik: "'n Mens sou die beskrywing van die dag in hierdie skeppingverhaal as ‘n tydperk kon neem ..." Dan sê Chris egter dat in Eksodus word dit as letterlike dae gesien - en hierin is Chris natuurlik korrek. Maar weereens, kan jy werklik glo wat Chris sê - in Genesis is die dae figuurlik en in Eksodus letterlik? Sal die Skrif werklik so onduidelik en vaag en selfs weersprekend wees? Dan huldig Chris verder die mening: "Die figuurlike betekenis staan dus voorop, nie die letterlike nie." Nee, mens kan mos nie so met die Bybel omgaan nie. Volgens Chris is die skeppingsdae in Genesis tydperke, maar op 'n manier word die sewende dag wat God seën en heilig (Genesis 2:3) nou 'n enkele dag, naamlik Saterdag soos in sy antwoord aan Kelly Alexander. Hoekom staan teoloë nie maar net by wat die Bybel sê nie? - maar ek moet darem ook sê, daar is wel teoloë en "gewone" mense wat die ontstaan van die hemel en aarde aanvaar en glo net soos wat dit in Genesis beskryf word. Net om die vraag te herhaal, wie glo jy? Chris wat sê die aangetekende ontstaan van hemel en aarde in Genesis, is digterlik en metafories, of die Skrif wat sê dit is geskiedenis, dit is 'n historiese beskrywing van wat werklik plaasgevind het? Hoewel ek nie met Chris se siening rondom Genesis saamstem nie, het ek waardering vir sy werk as predikant en sy verkondiging van die Woord.Hannelie on Deuteronomium 5:32-33 – gehoorsaamheid laat dit met jou goed gaan Dit is baie waar dankie, vir ons as Sy kinders weet ons dat dit met tye ook swaar, moeilik en nie altyd voorspoedig sal gaan nie maar nogtans moet ons Hom gehoorsaam dit is 'n opdragPieter Fourie on 2 Petrus 1:3-4 – sy goddelike krag het ons deel laat kry aan die goddelike natuur Iets wat ek onseker is oor is of ek maar mag bid dat God my geloof kan en dan ook sal versterk. (want dit moet mos n versoek binne Sy wil wees) Want anders hoe kan ek my swak geloof versterk kry. Kan ek dan byvoeg ek dink my geloof is darem so groot soos n klein mosterdaadjie maar dit lyk my dit werk nie vir my altyd so nie.Chris van Wyk on Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe Geniet dit!Marietjie on Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe Ds Chris, ek is in my Bybel reis nou in Johannes. Baie dankie vir die insiggewende les oor Joh 4, Jesus en die Samaritaanse vrou.Chris van Wyk on 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo Dis vir seker so dat niks gelowiges in die hiernamaals uitmekaar sal hou nie. Die feit is selfs 'n motivering om hier al 'n pad met mekaar te stap selfs wanneer daar verskille en uitdagings is.Nico Burger on 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo Ten spyte van die moeilike situasie of blokkasies, stuur God steeds vir Timoteus uit om die gemeente in Thesalonika te gaan stig en vir hul 'n boodskap van troos te bring...die "hulle" sal "ons" nie uitmekaar kan hou, as God so sou besluit nie. Die gedeelte beeld vir my eerder die kontras uit tussen tydelike en ewigheid...in die ewigheid sal niks die gelowiges, die "ons" uitmekaar kan hou nie.Chris van Wyk on Deuteronomium 5:32-33 – gehoorsaamheid laat dit met jou goed gaan Ja, enige belofte in die Bybel kan los van sy konteks misbruik word. Hierdie is 'n klassieke voorwaardelike belofte. Doen wat Ek sê, en Ek sal dit laat goed gaan met jou. Daar is ook onvoorwaardelike beloftes in die Bybel waar God bv sê Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges (Matt 5:45). Maar, die misbruik van 'n belofte hef nie die regte gebruik daarvan op nie. Hierdie reeks het ten doel dat ons almal weer leer om 'n pad van vertroue en gehoorsaamheid met God en sy beloftes te stap.Chris van Wyk on Efesiërs 5:21-6:9 – Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek Dankie Elsabe.Elsabe Thomas on Efesiërs 5:21-6:9 – Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek Baie dankie Chris, vir dit wat ek kon leer uit die bybelstudie oor Efesiers. God seeninge voentoe!Chris van Wyk on Oor my Dankie Louis!Louis on Oor my Dankie Chris vir die nuwe reeks oor die beloftes. Ek het altyd baie waardering vir jou werksywer en insig. Groete vanuit die Paarl!Hannelie on Deuteronomium 5:32-33 – gehoorsaamheid laat dit met jou goed gaan Hierdie is 'n baie kragtige belofte met groot & streng vereistes. Ek wonder net of hierdie gedeelte nie ook gebruik word deur valse lelaars & profete vir die sogenaamde "prosperity gospel" want dit sal perfek daarby inpas. Miskien kan u meer hieroor uitbreiMaria catharina Cornelia on Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here Ps 37 vereenselwig met Ps 119Marinda Hattingh on MARKUS 12:38-44 Ekskuus, was vir ñ ruk buite seingebied. Báie dankie (weereens) vir ñ klinkklare Skrifgebonde antwoord.Chris van Wyk on Oor my Ek is bly, Linda. Geniet die beloftes. Ek stuur môreoggend 'n paar opmerkings oor beloftes, en begin dan Maandag met die beloftes self.Linda on Oor my Goeiemôre Ons groep vriende doen tans ons Bybelstudie met behulp van die Johannes verduidelikings. BAIE DANKIE daarvoor... Johannes het vir ons 6 soveel meer betekenis gekry. Ek het vanoggend ook by Groep 3 van die 365 dae aangesluit en sien baie uit!!Carolina Strydom on MARKUS 13:1-8 Baie dankie. Het aangesluit by groep 3.Chris van Wyk on MARKUS 12:38-44 Hi, Marinda. Dankie! Waardeer. Die Tiende sluit nie net geld en besittings in nie. Dit sluit ook tyd en diens in. Maar, onthou, eintlik behoort ons 100% aan die Here. Die vraag is dus meer wat het die Here vir ons vir eie gebruik gegee. Die res van ons gawes en geld gebruik ons soos Hy ons lei om dit te doen.Chris van Wyk on Jeremia Ja, Jeremia se boodskap sny diep, maar is genesend.annelie@witbanknews.com on Jeremia Ek gaan dit baie geniet Jeremia is n skatkisMarinda Hattingh on MARKUS 12:38-44 Goeiedag dr. Chris, en baie sterkte en seënwense met al die nuwe verantwoordelikhede. Word die tiende offergawe reël bloot in geldwaarde gemeet?Chris van Wyk on Openbaring 21 – God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem Ek ook!!!Elma on Openbaring 21 – God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem Wow... ek sien uit na SY koms.... en is Baie nuuskierig hoe alles gaan lyk. Blessings.Chris van Wyk on Geslagsregisters in Kronieke Dankie Rene! Ek is bly dit help.Rene Carstens on Geslagsregisters in Kronieke Ek wens ek het die blad voorheen gekry. Ek sukkel soms om die studies op my eie te doen en ongelukkig is die meeste pastore nie ingelig, of soms voel ek daar is 'n afwesigheid van kennis om die Bybel reg oor te dra nie. Die kennis is soms verstommend. Baie dankie Chris, ek gaan die res van die Bybel op die ingligting baseer. Dit is so goed gevorm en in 'n eenvoudige en verstaanbare taal oorgedra. Bly geseend. Rene CarstensChris van Wyk on Hebreërs 11 – Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag Hi Johan, ek hou baie van <strong>Herbert Lockyer</strong> se hantering van hierdie saak in sy boek <strong>All the Promises of the Bible</strong>. Hy skryf in deel VI oor The Security of the Promises soos volg: The Epistle to the Hebrews is rich in its passages which make mention not only of the promises of old being fulfilled in Christ, but likewise fulfilled for us as we carry out the provisions laid down. “Lest . . . any of you should seem to come short of the promise” (4:1). Some of the blessings of God are bestowed irrespective of our choice or effort, such as life, intellect and the material elements. But others depend upon our effort, and the rest of soul is one for which we must strive – agonize – as the word means. A glance at other references confirms the necessity of diligence and endeavor, if certain promises are to become real in experience. “Be not slothful, but followers of them who through faith and patience inherit the promises.” Hebrews 6:12 While God made promises to Abraham, it was only after patient endurance that he obtained or realized the promises (see Genesis 15:6). Although the promises are divine in origin, they are unavailing unless we receive them by faith. As we shall presently see, it is only as we believe the promises that we can inherit them. Then we certainly need patience ere some promises are fulfilled. George Mueller believed God would answer prayer for an unsaved friend, but had to wait forty years for God to grant his desire. We must not lose heart if God seems slow to fulfil a promise we daily claim. In patience, we must possess our souls, for God is never late. The word “slothful” in the text means sluggish and is the same word used in the previous chapter, “Ye are dull of hearing” (v. 11). There it is applied to lack of interest in the apprehension of truth. Here, the word is related to Christian hope and life. If truth is not welcomed and inherited, there will be no spiritual vigor in Christian walk and witness. Dr. E. Schuyler English comments: “Diligence toward heavenly things will rout sluggardliness in earthly exercises, and in such a way we all need to be followers or, better, imitators of others who, through faith and patience, have inherited the promises of God.” Abraham was long tried but he was richly rewarded. Patient waiters are never disappointed because God’s promises cannot fail of their accomplishment. “After he had patiently endured, he obtained the promise.” Hebrews 6:15 As we are discovering, Abraham is before us for special mention as the most illustrious example of those who “inherit the promises.” (See John 8:58.) The assurance given to Abraham was confirmed by an oath, and in the promise lay included the appearance of Christ. While the promises made to Abraham were essentially one, the various parts were progressively fulfilled (see Genesis 12:3; 15; 22:17). Abraham, however, having patiently waited, obtained the promise, or the promised gift. Ellicott remarks: “Though some portions of the promise received a partial accomplishment in Abraham’s life, it is not this that the writer has in view (Hebrews 6:12, 11:13). The promise made to Abraham was substantially and really that which embraced all Messianic hope (Hebrews 6:15):of this promise not Abraham’s son only, but all ‘they which are of faith’ (Galatians 3:7, 29), Abraham’s spiritual seed, are the heirs.” Abraham, it is said, obtained the promise after much patient endurance. God tried him by delaying to fulfil His promise; Satan tried him by testing; men tried him by jealousy, distrust, and opposition; Hagar tried him by condemning her mistress; Sarah his wife, tried him by her peevishness; but Abraham patiently waited. As a man of great faith, “he did not question God’s veracity, nor limit His power, nor doubt his faithfulness, nor grieve His love; but bowed to divine sovereignty, submitted to divine wisdom, and was silent under delays, waiting the Lord’s time.” Do we imitate his example? How Abraham’s endurance condemns a hasty spirit, reproves a murmuring spirit, commends a patient spirit, and encourages quiet submission to God’s will and way. “Blessed him that had the promises.” Hebrews 7:6 Melchisedec, the great and mysterious character, blessed Abraham, who was already the recipient of the promises of God (Genesis 12:2, 3, 7). “What greater blessing could any man have than such promises?” asks Dr. English. “Yet Melchisedec’s superiority demonstrated itself in that Abraham gave tithes to him, and received his blessing without rebuke. And beyond all contradiction ‘the less is blessed of the better’ – a truth so obvious as to require no comment whatever.” We have no right, of course, to seek the blessing of a promise unless we are willing to fulfil its conditions. How true it is that all who believe and claim the promises are richly blessed of the Lord! How gracious He is to make us the recipients of His promises so loaded with benefits! “They which are called might receive the promise of eternal inheritance.” Hebrews 9:15 Christ’s death, as a ransom for sin, was also a sacrifice inaugurating the new covenant, containing the promise of the eternal inheritance. Some promises are not valid until death takes place, as in the case of a friend promising and willing another a legacy on death. Christ was promised as the Sin-Offering, and as the result of His death there is remission of sin and eternal life for all who believe. “The heirs with him of the same promise.” Hebrews 11:9 By faith, Abraham sojourned in “a land of the promise.” He came into and dwelt in a land which the promise made his own (Genesis 12:7). As Vaughan expresses it, “Abraham made his home once for all, well aware that it was to be his home – expecting no change in this respect all his life long – in tents, moveable, shifting abodes – here today, there tomorrow – with, as did also in their turn, Isaac and Jacob, the heirs with him of the same promise.” All three were co-heirs of the same promise given by God to each of the patriarchs (Genesis 12:7; 13:15; 17:18; 26:3; 35:12). While the land was Abraham’s by promise, for a century he was only a stranger and pilgrim in it. When he died, all he owned of the land was a field in Machpelah. Yet he died in faith, not receiving the promises, but having seen them afar off (Hebrews 11:13). Believing God, Abraham knew that both the earthly possession and the heavenly estate would be realized. Abraham looked for the glorious city whose “Architect and Maker is God” (Revelation 21) “These all, having obtained a good report through faith, received not the promise.” Hebrews 11:39. Here the promise, anticipated by many but which none of them received, was the coming of the Messiah as the Saviour of the world. Prophets and kings (Luke 10:24; I Peter 1:10; Jude 14, 15) did not live to see God’s Anointed One. Yet accepting the hope of redemption and of resurrection, they died in faith and were accepted by God in virtue of Calvary. They looked forward to the Cross, just as we look back to it. The three passages which must be kept together are: “Having patiently endured, Abraham obtained the promise.” Hebrews 6:15 “Ye have need of endurance, that having done the will of God ye may receive the promise.” Hebrews 10:36 “Having obtained a good report through faith, received not the promise.” Hebrews 11:39 To Old Testament saints the promised blessing of redemption was future – they obtained it, but not within the limits of this present life. They had it “on credit.” To all, saved by grace, “the promised blessing is present, revealed to us in its true nature, obtained for us once for all; for we know that eternal redemption has been won through Christ’s entering for us once for all into the heavenly sanctuary (Hebrews 9:12), and to us the perfection has come, in that through Him we draw near to God” (Hebrews 7:11, 19). Ere long, the Church Triumphant above and the Church Militant on earth will sing in unison – Joy to the world! The Lord is come; Let earth receive her King; Let every heart prepare him room And Heaven and nature sing. There is one other passage we can consider along with the foregoing. Paul speaks of the promise being made of none effect (Romans 4:14). In his exposition of Justification, the apostle’s contention is that adherence to the Law nullifies God’s work of grace. The promise to bless all, through the righteousness of faith, is made of none effect by the work of the Law. What we must remember, however, even though we are under grace, is that many promises are conditional, and that failure on our part to comply with the condition abrogates these promises. The tragedy is that so many wonderful promises of God are rendered of none effect in experience because of sin, unbelief and disobedience. This leads us to another thought in connection with the security or appropriation of the promises, namely, their immediate function and ultimate goal. The immediate purpose of acquired promises is the meeting of our varied needs. The ultimate design of the promises is the separation of our lives from anything unworthy of the Divine Promiser. “Having these promises . . . let us cleanse ourselves.” II Corinthians 7:1 Any given promise should make us more pure. No specific promise, even though related to material needs should not be claimed apart from the sanctifying influence, the granting of the promise, is able to exercise in our life. The promise of “the blessed hope” of our Lord’s return results in holiness of life (I John 3:1-3). Promises, to be effective both materially and spiritually, must be possessed by faith – proven by obedience – presented in prayer. <em>Lockyer, Herbert. All the Promises of the Bible . Zondervan. Kindle Edition. </em>Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof Hi Ludwig, jy kan lees (of kyk) na wat ek in die gemeente Heidekoppie gepreek het hieroor: https://ngkerksomerstrand.co.za/uitverkiesing-merk-van-die-dier-wegraping/Chris van Wyk on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Hi Elmarie, geen woord in die Bybel word verander nie, maar die Bybel se eie boodskap soos dit ontvou, word gevolg. Die besnydenis in die OT is nie meer van toepassing op NT gelowiges nie (Hand 15:24; 1 Kor 7:18; Gal 2:3), want ons is besny met 'n besnydenis wat nie met hande verrig is nie, dws in ons hart (Kol 2:11), waarvan die doop 'n teken is (Kol 2:12). 'n Mens interpreteer Skrif met Skrif sonder om enige deel daarvan te verander. Daar is talle sulke voorbeelde. Ons offer nie meer diere in die tempel nie (Levitikus), want Jesus is ons offer (Hebr 10). Ons offer wel ons liggame aan God (Rom 12:1-2). Die Skrif self help ons om die verandering te verstaan, sonder dat 'n enkele woord van die Skrif verander of verwerp word. Dieselfde het gebeur met die Sabbat. Die ware Sabbat is nou die rus van die sonde (Hebr 3) en ons vier die verlossing van die sonde op die Sondag, die opstandingsdag (Kyk by https://bybelskool.com/sabbat/, en https://bybelskool.com/waarom-vier-ons-nie-meer-die-sabbat-soos-dit-in-die-wet-gebied-word-nie/). Maar, daar is geen probleem met iemand wat die Sabbat onderhou nie. Jesus het. Paulus het. Bykans al die Jode wat tot geloof in Christus gekom het, het dit gehou. Maar, dit is nie meer 'n wet wat slaafs nagevolg hoef te word nie. So skryf Paulus in Romeine 14. En ons mag mekaar nie veroordeel oor ons gebruike daar rondom nie. Jy moet net self oortuig wees van jou standpunt in die Here.Elmarie on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Hi Chris Ek sit in dieselfde situasie as Jp. My broer glo ook hul os Israeliets. Hul hammer baie daarop dat die Here gesê dat geen woord verander mag word nie. En in die 10gebooie sê ons moet die sabbat heilig as dit dan saterdag is hoekom doen ons dit dan noe meer ni. Hoekom vier ons nou die omstandings dagChris van Wyk on 1 Johannes 1 – Die vleesgeworde Seun van God reinig ons van elke sonde Hi Sophia. Vorige bydraes kan jy op die webtuiste lees. Skryf hier in om toekomstige bydraes te ontvang: https://bybelskool.com/subscribe/Sophia Dirkse on 1 Johannes 1 – Die vleesgeworde Seun van God reinig ons van elke sonde Goeienaand baie Dankie vir leerings. Sal graag via mail Wil ontvang🙏🙏Chris van Wyk on Numeri 11 – Die Here troef die gulsige verset van die volk met sy Gees en ‘n oordaad vleis Dankie. Waardeer!Nanda on Numeri 11 – Die Here troef die gulsige verset van die volk met sy Gees en ‘n oordaad vleis Goeie more Chris. Ek werk tans deur Numeri as deel van my daaglikse Bybelstudie. Baie dankie vir jou insig en wyse waarop jy help om die geskrif duidelik te maak. Vir my is die boodskap in elke hoofstuk baie belangrik veral gegewe die huidige uitdagings wat ons in ons land ervaar. Geseen is jy en doen so voort!!Chris van Wyk on Esegiël 20:1-44 – ‘n Woord teen die leiers oor die verset teen die verbond – 591 v.C. Ek is bly!Chris van Wyk on Lukas <strong>Jesus stuur twee en sewentig ander na elke stad en plek waarheen Hy beplan om te gaan </strong> <em>LUKAS 10:1-11</em> 1En hierna het die Here twee en sewentig ander aangestel en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy van plan was om te gaan. 2En Hy het vir hulle gesê: “Die oes is wel groot, maar die arbeiders min; bid dan die Here van die oes sodat Hy arbeiders uitstuur vir sy oes. 3Gaan; kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe. 4Moenie ’n beursie dra nie, nie ’n reissak nie, nie sandale nie, en moet niemand op pad groet nie. 5In watter huis julle ook al ingaan, sê eers: ‘Vrede vir hierdie huis.’ 6En as daar ’n vredeliewende persoon is, sal julle vrede op hom bly. Maar as dit nie so is nie, sal dit na julle terugkeer. 7Bly in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle gee, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis verskuif nie. 8En in watter stad julle ook al ingaan en hulle julle verwelkom, eet wat vir julle voorgesit word, 9en genees die siekes in die stad en sê vir hulle: ‘Die koninkryk van God het naby julle gekom.’ 10En in watter stad julle ook al ingaan en hulle julle nie verwelkom nie, gaan uit in sy strate en sê: 11‘Selfs die stof van julle stad wat kleef aan ons voete, vee ons af as aanklag teen julle; maar dit moet julle weet: die koninkryk van God het naby gekom.’ <strong>Teks en konteks</strong> 10:1 Jesus stel nou uit al sy volgelinge 72 dissipels aan – bykomend tot die Twaalf – en stuur hulle twee-twee na elke dorpie wat Hy op sy kronkelpad na Jerusalem toe wou aandoen. 10:2 Jesus se eerste opdrag aan hulle is om te bid dat die Here van die oes arbeiders – soos hulle – sal uitstuur vir die oes, want die oes is wel groot, maar die arbeiders min. 10:3 Hierdie sending van die dissipels gaan dus nie oor uitreik na mense in ‘n ruimte waar jy beheer het en waar jy die gang van sake kan bepaal nie. Jesus stuur hulle na ander Jode se huise toe, waar hulle afhanklik sal wees van ander se gasvryheid. Om by mense aan te kom wat hulle nie ken nie. Dit is waarom Jesus sê dat Hy hulle stuur “soos lammers tussen wolwe.” Daar is ‘n groot risiko verbonde aan die uitreik met die evangelie na ander onbekende mense, omdat hulle die boodskap en daarom baie keer die boodskapper ook kan verwerp. 10:4-5 Jesus se eis is regtig radikaal, want hulle moet geen voorsiening vir die sending maak nie – nie ‘n beursie nie, nie (ekstra) sandale nie. Hulle mag nie eers sosiaal verkeer op pad nie, soos Jesus ook met die sending van die Twaalf beveel het (Luk 9:3). Hulle moet gefokus soek na huise wat hulle wil ontvang en daar die vrede van die Here afbid op die huis. 10:6-8 Hulle sou uit die respons van die huismense agterkom of die vrede welkom is of nie. Die huis in watter stad ook al wat hulle gasvry ontvang, moet hulle as basis gebruik en eet en drink wat hulle aangebied word, sonder om te kyk of hulle beter akkommodasie kan kry. Jesus sê die arbeider is sy loon werd. Interessant genoeg haal Paulus hierdie frase aan in 1 Tim 5:18 as “Skrif” wat wys dat die evangelie van Lukas – want hy is al een wat hierdie aanhaling van Jesus gebruik, en dit kom nie in die OT voor nie – vir Paulus al gesag gedra het. Dit dui ook moontlik op ‘n vroeër datum vir die afhandeling van die evangelie van Lukas. 10:9 Hulle bediening vanuit die huis moet genesing en die verkondiging van die koninkryk van God in Jesus Christus insluit wat op pad is. 10:10-11 Indien ‘n stad hulle nie verwelkom nie en hulle boodskap teëstaan, moet hulle uitgaan in sy strate en die stof van die stad van hulle voete afvee as aanklag teen die mense van die stad. In die verwerping van die boodskap lê egter alreeds die sukses van hulle sending. Dit is immers wat die boodskap van die koninkryk inhou. Sommige ontvang dit met opgewondenheid en geniet die vrede wat God bring. Ander staan dit teë en verwerp die vrede wat God vir hulle wil gee. <strong>Boodskap en betekenis</strong> Sommige mense kom tot ‘n bewussyn van God in ons eie huise. Maar, hier vra die Here Jesus dat ons die beweging omdraai, dat ons nie net mense in ons eie wêreld sal innooi nie, maar sal toelaat dat ander mense ons in hulle wêreld innooi. Hy vra van ons dat ons grense na ander sal oorsteek, dat ons die veilige ruimte van ons eie huise en wêrelde sal verlaat en in ander se huise en wêrelde sal aankom. En dit is nie so eenvoudig nie! Dit hou die moontlikheid van verwerping in. Dit hou die moontlikheid van swaarkry in. Dit hou die moontlikheid in van betrokke raak by ander se swaarkry. Dit hou die risiko in dat jy uit beheer raak, dat ander beheer oor jou kan uitoefen, dat jy aan ander se genade uitgelewer is. Wat ons help om dit te doen, is dat Jesus die opdrag aan geloofsvriende, geloofsmaats, aan ‘n geloofsgemeenskap gee. Dit is ‘n sleutel deel van die opdrag. Soos die Here aanvanklik gedink het dat dit nie goed is dat die mens alleen is nie, en gesorg het vir maats, só doen Hy dit ook in die beweging van die evangelie oor grense. Hy gee vir ons geestelike maats wat saam met ons die pad kan stap. Paulus skryf op ‘n punt dat ons altyd moet bid (Ef 6:18). Wat hy bedoel, is dat ons konstant in die bewussyn van God se teenwoordigheid moet lewe. Gebed is Godsbewussyn. Dit is soos asemhaling. Meesal is dit outomaties. En dan ander kere konsentreer jy bewustelik daarop. Só is gebed. Jy is die hele tyd bewus van die Here, half outomaties. En dan wanneer iets jou aandag vang – ‘n nood, ‘n vreugde, ‘n behoefte – dan praat jy met die Here daaroor, en Hy praat met jou daaroor. Dít is die tipe lewe wat ons moet voer, maar dit sluit ook hierdie bewustelike vra vir arbeiders vir die oes in. En nie net vir die maklike dele van die wêreld nie. Daar is mense nodig in Noord-Korea, in Irak, in Somalië, in Nigerië. En waar jy bid, is daar altyd die moontlikheid dat die Here jou daar wil gebruik, of wil hê dat jy iemand moet help om daar te kom. Dit is immers waarvoor ons ‘n geloofsgemeenskap is – om te luister na wat God wil hê in hierdie wêreld, en dan te gaan leef daarvoor. Dit sluit ons hele lewe in. Die Here wil egter nie net hê ons moet bid nie. Ons moet ook gaan. Ons is immers almal gestuurdes. Jesus verklaar dat wie na hulle luister, luister na Hom <em>LUKAS 10:12-16</em> 12Ek sê vir julle dat dit vir Sodom op daardie dag draagliker sal wees as vir daardie stad. 13Wee jou, Gorasin, wee jou, Betsaida, want as in Tirus en Sidon die wonderwerke plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal tot inkeer gekom het en in sak en as gesit het. 14Maar vir Tirus en Sidon sal dit draagliker wees in die oordeel as vir julle. 15En jy, Kapernaum, sal jy tot die hemel toe verhoog word? Nee, tot in die doderyk sal jy afdaal. 16Hy wat na julle luister, luister na My, en hy wat julle verwerp, verwerp My; en hy wat My verwerp, verwerp die Een wat My gestuur het.” <strong>Teks en konteks</strong> 10:12 Jesus wys dan hoe die teëstanders se reaksie in genadetyd aan die einde deur God self begroet sal word. Dit sal vir die mense van Sodom wat deur vuur vir hulle losbandigheid en afvalligheid gestraf is, meer draaglik wees in die finale oordeel as vir die mense van die stad wat Jesus verwerp in die gedaante van sy volgelinge. 10:13-14 Dan spreek Jesus ‘n oordeel uit – ‘n wee (vgl Openbaring se goue bakke waarvan drie van hulle as ‘n “wee” beskryf word – oor Gorasin (naby Kapernaum) en Betsaida (dorpie van Andreas en Petrus wat ook naby Kapernaum was). Dit sal vir Tirus en Sidon draagliker wees as vir hulle in die oordeel wat kom. Want, as in die Fenisiese stede Tirus en Sidon dieselfde wonderwerke sou plaasgevind het as in Gorasin en Betsaida, sou hulle lankal tot inkeer gekom het en soos die stad Nineve in sak en as gesit het soos in die dae van Jona. 10:15 Dieselfde geld Kapernaum. In ‘n toespeling op die oordeel wat Jesaja oor die koning van Babilonië, Nebukadnesar, uitgespreek het (Jes 14:13-15), word ‘n oordeel oor Kapernaum uitgespreek, omdat hulle tot die hemel verhoog is deur die Seun van God wat hulle stad sy basis gemaak het, maar weens hulle onbekeerlikheid uiteindelik in die doderyk (Hades) sal beland. <strong>Boodskap en betekenis</strong> Jesus spel hiermee baie duidelik uit dat die aanvaarding of verwerping van sy boodskap – ook deur sy boodskappers – ewige gevolge vir almal het. Hy help ons ook om te verstaan dat die oordeel van God werklik is, op pad is, en dat die kanse om tot inkeer te kom in genadetyd nie verspeel moet word nie.Chris van Wyk on Esegiël 20:1-44 – ‘n Woord teen die leiers oor die verset teen die verbond – 591 v.C. Dankie!Ludwig Aling on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof Môre Chris, Met my Bybelstudie daagliks verwys ek dan na jou Bybelskool onder dieselfde hoofstuk vir beter begrip. Dan gaan al die ligte aan ! Dankie ! Ek loop nog al die jare wye draaie rondom Openbaring maar helaas, is en nou by Openbaring 13. Ek is verby middel 60 en ons gesin van 4 wil nie inent teen Covid nie. Sonder benadeling van regte sal ek graag jou gedagte hieroor wil verneem m.b.t. die merk v/d dier. Groete,Jean on Lukas Ek wil graag meer inligting rondom Lukas 10 verse 1 tot 16 verkry.Martie Erasmus on Esegiël 20:1-44 – ‘n Woord teen die leiers oor die verset teen die verbond – 591 v.C. Baie dankie vir u verrykende en insiggewende leerstof oor die Skrifgedeelter. Ons doen tans by ons kerk Esegiel wat ek nie altyd kan bywoon nie. U notas help my om nie agter te raak nie. Gods Rykste seën U toegebid.Johan Muller on Hebreërs 11 – Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag My bekommernis le in Hebrees 11 verse 13 en 39. In albei gevalle praat die Bybel dat die mense nie die belofte ontvang het nie. iets wat wel belowe is. Kan ons dan enigsins op God se beloftes vertrou? Hierdie mense was totale Christene en ja, hulle kon die ewige lewe daar voor sien. Feit bly staan hulle het nie die belofte ontvang nie. Wat was die beloftes in vers 13 en 39? Hoe kan ons God vertrou as Hy nie Sy beloftes nakom nie? Dis immers beloftes - beloftes waarin ons glo en waaraan ons vashou. Wat as God sy ander beloftes aan ons onttrek?Chris van Wyk on HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 Hi Karin, jy kan kyk by https://bybelskool.com/hebreers-511-620-gaan-voort-na-volwassenheid-en-hou-stewig-vas-aan-die-hoop-wat-voorle/ Daar skryf ek onder andere: Die begin kwessies van die Christelike geloof kan ’n mens verhinder om geestelik volwasse te word. Hoekom? Nie net omdat hulle só vasgevang kan word daarin dat hulle nie geestelik volwasse word nie, maar omdat dit eintlik onmoontlik is om iemand wat van dié dinge afvallig geword het – nádat hulle die hemelse gawe gesmaak het, deel gekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God gesmaak het, sowel as die kragte van die komende bedeling – om dié mense weer opnuut tot bekering te bring. Hulle het wat hulleself betref eintlik die Seun van God opnuut gekruisig en openlik tot skande gemaak, sê die skrywer. Die boodskap het dan nie sy vrug in hulle gedra nie, en deur weereens op die begin kwessies te fokus, gaan nie maklik enige verandering by hulle bring nie. Dit sal net ’n wonder van God wees wat in sulke gevalle mense tot inkeer kan bring. Ek hou van die manier waarop William Lane dit sê: “If those who have enjoyed a full and authentic Christian experience should then fall away, a renewal to repentance is impossible” (Word kommentaar). Let op die “if” en die “should“, want die skrywer dink nie só iets is regtig moontlik nie. Hy sê wel: “Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring, aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak,” (Hebr. 6:4-6 in BDV). Hoekom sou ons dit só erg wees, as ‘n mens ter wille van die argument sou bedink? Want dit sou beteken dat die lewende God aktief teengestaan word. Dit is egter iets wat eintlik nie kan gebeur nie. Daarom is die skrywer nie regtig bekommerd oor die geloofsgemeenskap in Rome nie, want hy is oortuig dat hulle die pad met God na volwassenheid sal stap: “Maar selfs wanneer ons só praat, geliefdes, is ons, wat julle betref, oortuig van beter dinge wat betrekking het op verlossing.” (Hebr. 6:9). Die Here is immers nie onregverdig nie, sien raak wat hulle vir Hom en vir die ander “heiliges” doen. Hy wil net baie graag hê dat elkeen van hulle enduit dieselfde ywer sal toon om die wedloop wat vir hulle voorlê te voltooi, soos dié wat hulle voorgegaan het. In hfst. 11-12 sal hy verder daaroor uitbrei.Karin de Kock on HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 Goeie more Ds Chris, Dankie dat ek uit Namibië ook ń vraag kan vra. Hoe moet ń mens Hebreërs 6:4-9 verstaaan? Baie dankie Groete Karin de KockChris van Wyk on Openbaring 1 – Jesus Christus maak bekend wat hierna gaan gebeur Die vroeë kerk het Openbaring 1:10 se verwysing na die dag van die Here op die Sondag betrek, bv die bekende onderrig van die Didage. Jy kan verder lees by https://bybelskool.com/waarom-vier-ons-nie-meer-die-sabbat-soos-dit-in-die-wet-gebied-word-nie/ en https://bybelskool.com/sabbat/Sonja on Openbaring 1 – Jesus Christus maak bekend wat hierna gaan gebeur Hi Chris Kan jy moontlik vir my verduidelik hoekom jy die dag van die Here as Sondag uitbeeld. Ek sal ook teksverse wat dit ondersteun waardeer.Chris van Wyk on Jakobus 4 – Tree met respek vir mekaar en in afhanklikheid van God op Waardeer die terugvoer!Rudi on Jakobus 4 – Tree met respek vir mekaar en in afhanklikheid van God op Baie dankie die het die stuk in JAKOBUS vir my Baie beter laat verstaan, baie dankie geseend is jy met die uitlegChris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi Willie, nee, ek het nog nie die pad van akkreditasie gestap nie. Dit is net vir privaat verryking.Chris van Wyk on Spreuke Spreuke 5:15-21 In Spreuke 5:7-14 borduur die pa voort op die versoeking van die vreemde vrou en waarsku al sy seuns teen die effek wat ontrouheid in die huwelik op jouself kan hê. Ontrouheid in die huwelik is nie speletjies nie! Dit lei tot ’n private hel en publieke skandes, sê Spreuke. Natuurlik is daar genade en vergifnis – so leer ons in die NT. Maar, voorsorg is beter as nasorg. In Spreuke 5:15-21 keer die pa die situasie om. Sal jy nou graag wil hê iemand anders moet by jou vrou kom slaap? Stellig nie, so, waarom dit aan iemand anders doen? Die punt van die verbod op ontrou is om volle vreugde te vind in die huwelik met die vrou (of man) wat die Here vir jou gegee het. Vers 15: "Drink water uit jou eie opgaarput, en lopende water uit jou eie bron." Jou vrou moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie! Vers 18 herhaal dit: "Mag jou waterbron geseënd wees; verheug jou oor die vrou van jou jeug." Let op dat hier in die enkelvoud gepraat word, want dit was altyd die ideaal dat die huwelik monogaam sal wees, soos Jesus helder in Matteus 19 vir ons leer op grond van Genesis 2. Poligamie het via die nageslag van Kain pos gevat, en selfs die Israeliete het die nasies daarin begin navolg. Maar, dit was nooit God se skeppingsdoel met die mens nie. Laat jou vrou (of man) jou dus bedwelm, en niemand anders nie, want God sien en reageer op alles wat jy doen. Hierdie waarskuwing het daarby ook 'n geestelike kant, want die Here sien dit alles raak. Jou sonde sal jou inhaal, jy sal sterf deur só 'n gebrek aan selfbeheersing.Dirk Uys on Spreuke Spreuke 5 vers 15 en 18a se uiteensetting asb. hoe moet dit toegepas word in vandag se lewe en persoonlike lewe?Willie on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Kan mens n diploma of sertifikaat verdien na voltooiing van die kursusChris van Wyk on Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde Die naam Nimfa (Numfa) word op twee maniere geaksentueer in die ou manuskripte. Sommige het 'n circumflex op die laaste lettergreep (Νυμφᾶν). Dan verwys dit na 'n man. Soos in die tekste wat die 1933- en 1953-vertaling gebruik het. Sommige het 'n akuut op die eerste lettergreep (Νύμφαν). Dan verwys dit na 'n vrou. Soos in die tekste wat die 1983- en 2020-vertaling gebruik het. Die eerste groep tekste het dan ook die ooreenstemmende manlike voornaamwoord αὐτοῦ hier, terwyl die tweede groep tekste die vroulike αὐτῆς hier lees. Daar is ook verskeie manuskripte wat die meervoud αὐτῶν (hulle) lees wat dan verwys na die "broers in Laodisea" in die eerste deel van die vers. Geleerdes kies al hoe meer die "vroulike" lesing, omdat dit die "moeiliker" lesing is. (The NET Bible First Edition Notes)Louise on Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde Ek lees in 1933 en 1953 dat nimfa man was maar in 1983 is Nimfa n vrou gewees wat haar huis oop gemaak het vir kerk, asb versuidelik my daai stuk, Kol 4:15Chris van Wyk on PSALM 124 Vir seker.Daniel Jacobus Smith on PSALM 124 Dankie Chris! Hierdie Psalm is so 'n versterking! Die Here maak ons vry, Hy wat hemel en aarde gemaak het, red ons uit die greep en mag van vyandige mense. In Jerusalem, waar sy mense saam is, vier ons sy hulp en sy trou met vreugde! CarelChris van Wyk on Habakuk 2:1-20 – Die Here stel Habakuk gerus dat Hy die reg sal handhaaf met oordeel ook oor die Galdeërs Voorwaar!Christa Valentine on Habakuk 2:1-20 – Die Here stel Habakuk gerus dat Hy die reg sal handhaaf met oordeel ook oor die Galdeërs BAIE DANKIE...SO VAN TOEPASSING WAT VANDAG IN SA gebeur!!Chris van Wyk on Inleiding op Klaagliedere van Jeremia Die beste plek om te wees.Anna on Inleiding op Klaagliedere van Jeremia Ek probeer om aan die voete van die Here te blyMagdalene on Haggai 1:1-15 – God bemoedig die leiers om die bou van die tempel ‘n prioriteit te maak Baie dankie. Ek gebruik dié Bybel deesdae gereeld.Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Begrafnis en verassing is 'n manier van afskeid neem en 'n belydenis van ons geloof (nie bygeloof nie) dat daar 'n opstanding van die vlees is. Geestelike manifestasies is iets anders waar die Gees hetsy deur die vrug of gawes in 'n gelowige se lewe werk.Chris van Wyk on God se beloftes aan ons Ek is besig met 'n projek om 365 uitgesoekte beloftes in 'n jaar op bybelskool.com deur te werk. Ek het egter nie 'n lys gereed met alle beloftes in Afrikaans nie.Chris van Wyk on Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde BDV is Bybel Direkte Vertaling, die voorloper van die nuwe Afrikaanse vertaling wat nou bekendstaan as die 2020-vertaling. Jy kan dit lees by https://biblesa.co.za/bible/AFR20HL/GEN.1/Genesis-1. Registreer net. Dit is gratis.Magdalene on Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde Watter Bybel se afkorting is BVDCorneluis Fasen du Plessis on Salwing in die Bybel Verklaar dan 1. Begrafnis ( waarby die persoon ook nie betrokke is nie ) sowel as verassing. Is dit dan 'n bygeloof? 2 . Geestelikke manifistasies .Norman Kotze on God se beloftes aan ons Geagte Dominee, ek is op soek na 'n lys van AL die seëninge in die Bybel, in Afrikaans, soos 'n mens in Engels op Google kan kry. Het u miskien vir my so 'n lys/plek om dit af te laai, asb.? Seënwense.Chris van Wyk on JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a Hi Chris, die sesde bede in die Ons Vader: “Laat ons nie in versoeking kom nie”, (Matt 6:13) kan ook vertaal word as: “Lei ons nie in (‘n tyd van) toetsing nie” wat retories verstaan kan word as “laat ons nie sondig nie”. Dit maak vir my baie sin, want God kan niemand versoek nie, en die gebed gaan mos eintlik oor die feit dat ons van God vra om ons digby Hom te hou, sodat ons nie afdwaal deur ons sonde nie. Die frase wat daarmee verbind word: “verlos ons van die Bose,” is ‘n beter vertaling as ander wat lui: “bewaar ons van die Bose”. Die gebed om verlossing van die Bose gaan oor die verlange dat God finaal met die Bose sal klaarspeel. Die Bose (ponerou) kan ook onpersoonlik verstaan word, maar verpersoonliking maak vir my hier beter sin weens die bepaalde lidwoord wat daarmee saam gebruik word. Dit is ook hoe dit gebruik word in Matteus 5:39. Dit is dan ook die perspektief van Jakobus dat God niemand in versoeking kan of ooit sal lei nie. Jy hoef nie te bid dat dit nie sal gebeur nie, want dit kan nie. 'n Mens word net deur jou eie begeertes versoek.Chris Breedt on JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a Dr Chris, die OnseVader het een gedagte of opdrag wat vreemd op die oor (en hart) klink. "... en lei ons nie in die versoeking nie". Ek glo God sa nie Sy kinders in versoeking laat kom nie. Hoe moet 'n leser hierdie gedeelte verstaan?Chris van Wyk on PSALM 19 🙂Manuel Oktober on PSALM 19 Baie dankie aan die leersame gesprek en verduideliking, ek is gestig en geinspireerd en sien uit na die volgende leersessie......Chris van Wyk on JAKOBUS 3:1-12 🙂Jan Louw on JAKOBUS 3:1-12 Waardevol Chris. Dankie.Chris van Wyk on PSALM 84 Dankie Johann, lekker om van jou te hoor!Johann McFarlane on PSALM 84 So lekker om te lees Chris! Onwillekeurig herinner dit my aan Fiddler on the Roof! baie dankie!en Groetnis!Chris van Wyk on MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 Des-Ni, Jakobus spoor ons aan om die versoekings tot sonde te weerstaan met die belofte: "Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet." (Jak 1:12) Want, as 'n mens aan mekaar weggesleep word deur jou eie begeertes, bring dit sonde voort: "Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort." (Jak 1:15) As jy dus ophou om teen die sonde te stry - deur skuldbelydenis en heiligmaking - raak die sonde "volwasse" en bring dit die dood voort. Ons moet dus die sonde doodmaak deur die Gees (Rom 8:13). Anders sal die sonde ons doodmaak. Daarom moet ons eerlik wees teenoor mekaar oor ons sondes en vir mekaar bid dat ons gesond kan raak (Jak 5:16). God belowe dat Hy dié gebed sal beantwoord (1 Joh 5:16). Daar is net een sonde wat nie vergewe sal word nie, en dit is die sonde teen die Heilige Gees (Luk 12:10). Dié sonde beteken om die Heilige Gees te laster. Om Hom met die Satan gelyk te stel. Om Hom aktief te weerstaan tot aan die einde van jou lewe. Solank jy dus stry teen die sonde met die krag van die Heilige Gees sal God jou vergewe. Hy sal wel vir jou dissiplineer, soos 'n goeie Pa, en jou deur omstandighede tot insig probeer bring. Maar, dit is tot jou beswil.Des-Ni on MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 Ek wroeg met n vraag, as jy aanhou om wetend sonde te pleeg, sal God jou straf, of gaan Hy jou net nie seen in jou lewe hier op aarde nie?Susan on MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 Baie dankieChris van Wyk on MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 Jesus word nie moedeloos nie. Soos Hy van ons verwag dat ons sewe maal sewentig maal vergewe, so doen Hy dit nog meer vir ons. Wat wel kan gebeur, is dat ons harte op daardie sondepad kan verhard en ons later nie meer omgee vir sy vergifnis nie. Maar, dan is dit nie Hy wat nie meer bereid is om te vergewe nie, maar ons wat nie meer daarvoor vra en daarin lewe nie.Susan on MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 Chris, Wanneer gaan Jesus "moedeloos" word met iemand wat wetende aanhou sonde doen.Chris van Wyk on Jakobus – wysheid in die praktyk – boek vir stiltetyd en kleingroepe Geniet!Marie Kotze on Jakobus – wysheid in die praktyk – boek vir stiltetyd en kleingroepe Ons kerk (NG Bonaero Park) gaan ook Sondag begin met Jakobus! Ek sien so uit daarna om deur die boek saam met hulle en julle te gaan. Baie dankie Chris 🙂Chris van Wyk on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Dit is wonderlike nuus, Sylvia. Lekker lees. Ek het vandag ook 'n boek oor Jakobus geplaas as jy belangstel. Kyk maar net op die voorblad van bybelskool.com. Laat weet as daar iets is waarmee ek kan help.Silvia Steyn on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Ek is nou 2 maande lank al gered. My Jesus het deur die boek DIE HAND WAT FIE SPYKERS INGESLAAN HET met my gewerk. Ek wil meer leer van Jesus en glo hierdie bybelskool se studie materiaal gaan my baie leiding gee.Chris van Wyk on 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid Presies - daar is net een wat ons uiteindelik sal beoordeel, en dit is God self.Tina on 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid Ja nee, ek het óok NIE verstaan waarom die ou PROFEET dit gedoen het nie. Eerste gehoorsaamheid aan die Here. En dat niemand soos niemand ons moet mislei nie. Want die Here leer ons in Sy Woord dat ons moet op Hom vertrou, en luister wat Hy vir ons sê. Want ek het óok aan myself gedink dat ek NIE moet net luister wat n profeet my sê NIE ek moet na die Here toe gaan en vir Hom vra of dit so is. En ja Jeroboam het sy eie kalender gevolg wat verkeert is in die one van die Here. Die toets en die gehoorsaamheid. God het die ou profeet gebruik..... geloofwaardigheid, gehoorsaamheid .Marietjie van Niekerk on Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies Baie dankie vir die onvattende antwoord.Chris van Wyk on Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies Hi Marietjie. Daar is in die Skrif 'n hele paar redes waarom 'n gebed met 'n "nee" begroet word. Dit is natuurlik ook gebedsverhoring in die sin daarvan dat die Here 'n antwoord gee. As Dawid bid dat sy kind genees word dan antwoord die Here indirek dat dit nie gaan gebeur nie deurdat die seuntjie sterf (2 Sam 12). As Jeremia bid dat die ballingskap afgewend word, antwoord die Here direk dat Hy dit nie gaan doen nie, en verbied Jeremia om verder daarvoor te vra. En die Here sê selfs al sou die grootste voorbidders in die geskiedenis voor Hom staan (Moses, Samuel), sal Hy nie van plan verander nie (Jer 15:1). Dieselfde gebeur met Esegiël. Die Here sê dat geen gebed 'n nasie kan red wat konstant troubreuk teenoor Hom begaan nie, selfs nie as die meer regverdige mense dit vra nie (Noag, Daniël, en Job - Eseg 14:14 [terloops, hierdie Daniël is waarskynlik nie die Bybelse Daniël nie; sy naam word eintlik Danel gespel, en verwys moontlik na die skoonpa van Henog volgens die pseudepigrafiese werk Jubileum 4:20). Jesus self bid dat die beker van lyding Hom verbygaan, en moet aanvaar dat God se wil juis sy lyding is (Mrk 14:36). So ook Paulus oor die engel van Satan wat hom met die vuis slaan, die doring in sy vlees, en God se antwoord ná drie intense gebede is dat God se genade vir hom genoeg is (2 Kor 12:7). Dit is nou benewens die gebede wat nie beantwoord word vanweë sonde (Ps 66:18) of verkeerde begeertes (Jak 4:3). Dit moet 'n mens natuurlik nie moedeloos maak om te bid nie, maar dit verduidelik hoekom gebede nie altyd beantwoord word soos ons dit wil hê nie.Marietjie van Niekerk on Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies More Ds Chris N.a.v. die les oor geloof na die gedroogde vyeboom en wat jy bo geskryf het “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.” Vergelyk Jesaja 65:24 wat God se gewilligheid om te antwoord só uitspel: “Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.”, wil ek net graag weet hoe sekere gebede, bv in die tyd waarin ons leef en soveel sterftes, dit sou lyk asof gebede vir lewe ne beantwoord word nie. Wat moet ons interpretasie wees van gebedsverhoring?Chris van Wyk on Filippense 3:1-4:1 – Om Christus Jesus te ken, oortref alles in waarde Dankie Will. Ja, die krag van God aan die werk in ons. Watter wonderlike voorreg.Chris van Wyk on JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 Lekker om van jou te hoor Hannes. Dit is natuurlik waar Jan Woest ook was. Ou klasmaat van my. Vers 26 hou verband met wat Jesus in vers 23 sê. Daar gaan dit oor die direkte pad na die Vader wat in Jesus se Naam vir hulle oopgegaan het. Hulle kan die Vader direk vra. Vers 26 herhaal dit, maar dit beteken nie dat Jesus se Voorspraak funksie afgeswak word nie of net aan die Heilige Gees oorgelaat word nie. Soos die Gees ons bystaan in ons gebede en ook vir ons bid (Rom 8), so doen Jesus dit ook (1 Joh 1 en Hebr 7). Ons het egter nou ook self die voorreg om die Vader te vra (vers 26).Will Barnard on Filippense 3:1-4:1 – Om Christus Jesus te ken, oortref alles in waarde Wonderlike woord en ontleding vir hedendagse toepassing, veral in die pandemie met allerande kennis kenners wat mense met hulle sienings probeer oortuig. Dankie Ds. Daar is wonderbare krag in Bloed van die Lam getuines van Hom & Sy werk in ons lewens. Seën groete.Hannes du Plessis on JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 Hallo ds. Boer naby Leonardville in Namibië. Jou gedeelte oor Joh baie geniet. Het gewonder oor die deel van Joh16 vers 26 maar lyk dit my Jesus sê maar dat die Heilige Gees in Sy plek kom en is Voorspraak en Trooster dieselfde. Groetnis Hannes.Chris van Wyk on JOHANNES 6:51-58 Dankie Yvonne. My voorreg.Yvonne Brown on JOHANNES 6:51-58 Ds Chris nog steeds is ek so diep dankbaar en ek loof en prys die Here vir die gawe en passie wat u met ons almal deel.....baie baie dankie....SeenwenseChris van Wyk on 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 Hi Sarki, jy kan my bydrae oor Noag in Genesis 6-9 lees: https://bybelskool.com/genesis-6-god-is-bedroef-dat-hy-die-mens-gemaak-het-maar-begenadig-noag/Chris van Wyk on PSALM 111 Dankie, dit is bemoedigend!Riaan Riekert on PSALM 111 Goeie more Chris. Ek lewer selde kommentaar maar ek voel vanoggend nogal gerade om jou net weereens te bedank vir die boodskappe / Bybelstudie wat so getrou uitgaan. Jou 'sagte' manier van verduideliking is verfrissend veral in die milieu van leeraars wat dikwels 'n 'veroordelende / berispende' toon in neem. God's rykste seën. RiaanSaartjie on 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 Goeie more Mag ek vra of U enige studie het oor Noag asb. Ek glo persoonlik daar is veel meer in die Noag gedeelte wat baie diep betekenis het. Hoor graag van U. Baie dankie dat ek by U mag leer. SaartjieAndŕies vander Walt on Salwing in die Bybel Doop is nie so belangrik dat jy sonder dit sal verlore gaan nie. Maar wel n teken en stap van gehoorsaamheid. Die eerste stap wat deur jou self geneem word sonder dwang . Dit help ook om van daar af vir jou self standpunt tot selfstandigheid in Christus te begin staan. Geen ander persoon kan jou dwing nie, dit sal dan ook staan as n harts besluit. Die HERE kyk na jou Hart se oortuiging nie na impulsiewe gedagte nie.Chris van Wyk on Matteus 23:1 – 24:2 – Jesus veroordeel die skynheiligheid van die skrifkenners en Fariseërs Ek stem saam, Liesbeth. Predikant of pastor of leraar, of doodgewoon om jou naam te gebruik, is heeltemal voldoende.Liesbeth Snyman on Matteus 23:1 – 24:2 – Jesus veroordeel die skynheiligheid van die skrifkenners en Fariseërs Goeiemore Chris, nadat ek Matt. 23 weer gelees het, wonder ek oor die gebruik om predikante aan te spreek as "dominee". Almal is mos gelyk in die liggaam van Christus. Dankie vir jou waardevolle Bybelstudies.Chris van Wyk on Waak en bid – Pinkster 2021 Geen probleem nie, Jannie. Ek moet elke kommentaar eers goedkeur.Jannie Grootboom on Waak en bid – Pinkster 2021 Goeie more Dominee. Ek kan niks op die oomblik kommentaar nie. Ek is oorstelp dat ek oor die insiggewende uitwysings gestruikel het. Ek was net opsoek na die Bybelse definisie van sonde toe ek dit raak lees. U kan my enige tyd kontak op my nommer 0659653971. Dominee bly n Rigter vir ons Heer en Meester veral in die tyd. God seën u en u gemeente.Chris van Wyk on Sagaria – Berei julle voor op die koms van die Messias-Koning Hi Fransie, die tempel wat in Haggai ter sprake is, is die tweede tempel. Jy kan hier meer lees daaroor (https://bybelskool.com/haggai/). Niemand weet wanneer die Here gaan kom en ons na Hom toe sal neem nie.Fransie Coetzee on Sagaria – Berei julle voor op die koms van die Messias-Koning Goeie more, baie dankie Dominee van Wyk vir u Bybelstudie onderrig wat my al baie deur gelei het na visioen boodskappe wat ek ontvang en dit vir my verduidelik wa God met my spreek. Ek wil graag navraag doen oor die tye wat in die Woord vir my uiteengesit word nl: Die Fees van Ongesuurde Brode/Paasfees dui aan dat die spesifieke dag die 14 de dag van die eerste maand is. vandag se tyd is April wanneer die fees gevier word wat vir my uitwys April eintlik die eerste maand van die jaar is. In die Bybel boek Haggai dui daar drie spesifieke datums aan van gebeure wat wel gaan plaas vind wanneer God gaan kom en die derde temple wat gebou word. ( 24 ste dag van die 6de maand, 21ste dag van die 7de maand en 24ste dag van die 9de maand. Die blaas van die Rampshoring deur God uit die hemel koepel dui aan dit op die 1 ste dag van 7de maand , 10de dag van die 7de maand is dit versoenings dag). is die wegraping in hierdie tyd tussen 6de maand tot 9 de maand? Fransie CoetzeeChris van Wyk on Habakuk Dankie.Chris van Wyk on Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning Hi Loretta - jy is welkom. Jy kan by hierdie webtuiste inteken (https://bybelskool.com/subscribe/) of vir my jou selnommer stuur, dan stuur ek vir jou die bydraes per Whatsapp (Chris van Wyk - nul agt twee 574 9191).Chris van Wyk on Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby Tate haal Mayer aan wat 'n Babiloniese gebed aanhaal om die Psalm se betekenis te verklaar: "I call to you from distantness; hear me from nearness." In Duits: "Ich rufe dich von ferne, höre mich von nahe." Hier is Tate se volledige verduideliking van die betekenis van die Psalm. The main value of this psalm probably lies in its metaphorical richness. The metaphors of the high rock, the strong tower, the perpetual dwelling in the tent of God, and the shelter under the divine wings enhance the prayer and contribute significantly to our repertoire of spiritual imagination. A well-stocked and fertile imagination is essential for spiritual strength, a strength that influences the whole being of the person and/or group that possesses it. The metaphors assist us to incorporate our own experience into the experience of prayer. Prayer should engage imagination both toward the one praying and toward God. The metaphors of the psalm pass into our own experience and expand our horizons. Walter Brueggemann has written of the Psalms: The Psalms do not insist that we follow word for word and line by line, but they intend us to have great freedom to engage our imagination toward the Holy God.… We will take liberties as the Psalm passes by and moves out into the richness of our experience and then back into the awesome presence of God. That is the way of metaphor (Praying the Psalms [Winona, MN: Saint Mary’s Press, 1982], 35). Without a good stock of metaphors and an active imagination, our prayers are crippled and reduced to flattened, formulaic expressions without much power. Perhaps the dominant metaphor in the psalm is that of distance from God in v 3. A sense of far-awayness from the divine presence, an at-the-end-of the earth experience, seems to be endemic to the spiritual life from time to time (see, e.g., Pss 2:1; 10:1; 22:2, 12, 20; 35:22; 38:22 [21]; 71:12). Indeed, it is almost a continuous need: “The psalmist is here describing the human condition in existentialist terms: man constantly stands at the edge of the abyss, and only divine assistance can prevent his falling into it” (Dahood, II, 84). Werner R. Mayer discusses a provocative Babylonian prayer formula which says, “I call to you from distantness; hear me from nearness” (“ ‘Ich rufe dich von ferne, höre mich von nahe,’ ” 302–17). The formula seems to mean that prayer suspends the distantness between the supplicant and the deity. Breaking down a perceived distance and the creation of sense of nearness and presence is a major function of prayer. The Psalms are of great importance in the recognition of distantness, which results from various kinds of stress and distress, and in the closing of that gap, which threatens spiritual health and even life itself. The very recitation of psalms like 61 serves to diminish distance and enhance nearness and presence. Tate, M.E., 1998. Psalms 51–100, Dallas: Word, Incorporated.Hester von Wielligh on Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby Goeiedag! Ek het die stuk oor ps 61 met waardering gelees. Wat is die Engels van die volgende aanhaling? “Ek bid tot U van ver, hoor my van naby.” (Tate, Word Biblical Commentary, Psalm 51-100) Ek wil dit graag verder ondersoek. Baie dankie en seën.Loretta Pienaar on Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning Goeiemôre Ds van Wyk, ek sal dit baie waardeer as ek u boodskappe kan ontvang. Alhoewel ek boodskappe kry van ander Godvresende leraars, kan ek nooit genoeg kry nie in hierdie tye. Ek is geensins ondankbaar nie, maar te dikwels blyk dit dat mense nie gretig is om oor God te praat nie, of soms blyk dit dat hulle nie omgee nie. God seën u en u geliefdes.Jan on Habakuk Geestelike leesstof dankie.Chris van Wyk on Die wederkoms en die wegraping Die woord wegraping kom nie in die Bybel voor nie. Dit is 'n afleiding wat gemaak word op grond van die beskrywing van Jesus se hemelvaart en ons ontmoeting met Hom in 1 Tessalonisense 4.Chris van Wyk on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Hi, jy kan kyk wat ek geskryf het by week 80-84 van Prontuit die Waarheid (https://bybelskool.com/prontuit-die-waarheid-argief/).Past C Tities on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Pastoor ek soek graag Meer inligting oor rampe veral geestelik Dankie vir u wonderlik ervaring wat u met andere deelMilana Van Rooyen on Die wederkoms en die wegraping Goeie dag Waar in bybel staan die woord wegraping ... Skrif asb Dankie MillanieChris van Wyk on Inleiding op Hooglied Dit is 'n baie wye vraag. Ek beantwoord dele daarvan in Hooglied, maar jy kan ook kyk na Genesis 2: https://bybelskool.com/genesis-24-25-dit-is-nie-goed-dat-die-mens-alleen-is-nie/Chris van Wyk on Matteus 7 – Jesus fokus op die vrug van geregtigheid Hi Marietjie. Die gedeelte wys dat 'n mens 'n oppervlakkig verhouding met Jesus kan hê, wat dinge soos profetiese aktiwiteit insluit (kyk na Mrk 9:38; Hand 19:13 waar spesiek na duiweluitdrywery verwys word wat deur ander groepe gedoen is). Maar, waar jy nie gehoorsaam is aan Jesus en die wet verbreek - soos Hy hier uitspel - beteken jou verhouding niks nie. Die 1933 / 53 vertaling het in vers 23: "julle wat die ongeregtigheid werk!". maar die 1983-vertaling het heel korrek "julle wat die wet van God oortree." Die 2020-vertaling vertaal ook so: "julle wat wetteloosheid bedryf!" Dissipelskap behels dus dat jy God in elke detail van sy Woord gehoorsaam, nie maar net duiwels uitdryf nie.Chris van Wyk on Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep Dankie Kobus! Eenvoudige rede. In die gemeente het ek by Genesis begin, maar eers my bydraes op die web begin plaas toe ek by die twee Samuel boeke gekom het. Ek het toe aan die einde weer teruggegaan na Genesis en dit deurgewerk op die web tot by Rigters. Maar, ek het ook 'n bietjie rondgespring bv met die vyf Psalmboeke, en dit afgewissel met ander Bybelboeke.Abram Pretorius on Inleiding op Hooglied Kan Dominee my asseblief help met die volgende vrae en wat die skrif daaroor sê 1.Wat is liefde 2.Wat is romanse 3.Wat is n verhouding tussen twee mense (man en vrou) Ek wil graag duidelikheid daaroor kry om dit beter te verstaanKobus Viljoen on Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep Goeie dag. Eerstens wil ek my dank aan jou uitspreek vir jou unieke metode om die Bybelboeke so te ontleed. As gevold daarvan, het jy my so vasgevang in die Ou Testament dat ek nou 'n groot liefde daarvoor ontwikkel het. Dit is nou maar net so - Die OT trek my aan en wil ek alles daarvan weet en leer. Ek wil weer die OT se boeke deurwerk maar let op dat jy nie by die pentateug begin het nie maar wel by die Samuel Boeke? Is daar 'n spesifieke rede daarvoor?Marietjie van Niekerk on Matteus 7 – Jesus fokus op die vrug van geregtigheid Ds Chris ek het n vraag oor Matt 7: 21 - 23. Ek het Die Bergrede en Matt 7 aan hand van Adrio Konig se boek gedoen. My vraag is, hoe kan iemand in die Naam duiwels uitdryf en wonders doen, maar tog nie in verhouding met Jesus Christus wees nie? Dis asof daar teen strydigheid is - kom sulke games nie van die Heilige Gees nie? Maar ten spyte is daar nie verhouding met die Here nie?Chris van Wyk on Geloofsgemeenskap Doen dit stukkie vir stukkie.Delene on Geloofsgemeenskap Baie dankie vir aanvaarding Chris. Ek vind al die studies interesant, maar my konsentrasie word weggelei ek het al alles probeer, maar is baie moedeloos.Chris van Wyk on Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het Hi Petrus, onthou Hebreërs 11 is 'n terugblik op daardie geskiedenis. As 'n mens na Moses se hele verhaal kyk dan het hy met die roeping om die volk uit die land Egipte na Kanaän te lei hom afgesny van die farao se huis (met al die voorregte wat dit vir hom ingehou het) en hom geskaar by die slawevolk om hulle te verlos in gehoorsaamheid aan God se opdrag. Die eerste 40 jaar van sy lewe het hy in die farao se huis gelewe. Die volgende 40 jaar in die woestyn in voorbereiding vir sy opdrag. Die laaste 40 jaar het hy sy volk Israel uit Egipte, deur die woestyn, tot by Kanaän gelei. Hy was dus nie bang vir die koning nie, want hy het onbevreesd die plae aangekondig, en aan die einde daarvan doodgewoon die volk uitgelei en met die Here as Beskermer die pad gevat deur die woestyn.Chris van Wyk on MARKUS 4:26-34 Ons moet saamstaan hierin.Pieter on MARKUS 4:26-34 Naand Ds Chris Dankie dat jy ons ingelig oor die nuwe Discrimanation bill wat die regering wil deurvoer om ons geloof nog verder te wurg. Ek glo elke Christen moet moeite doen om die Bill te lees op julle web blad skakel en die template vorm in te vul en in te stuur voor sluitings tyd. Groete PieterPetrus on Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het Beste Chris Dankie weereens vir die genot wat jy met die skrywes tot my Bybelstudie tyd bring. Ek is pas klaar met Deuternomium en het 'n vraag omtrent die aanhaling uit Hebr 11 wat my al jare "deurmekaar" maak. Dit se dat Moses geweier het om die seun van Faro se dogter genoem te word? Hy het verkies om sleg behandel te word saam met die volk?(Het hy dan nie in die paleis gewoon nie?) Dan, hy het Egipte verlaat sonder dat hy bank was vir koning? Dalk lees ek dit mis in die verhale rondom sy lewe in Egipte voor hy "gevlug" het, maar ek sien nie die boodskappe nie. Mooi dag vir jou.Chris van Wyk on 12 Loof Dit is my voorreg!Marietjie van Niekerk on 12 Loof Baie dankie Ds Chris vir hierdie besonderse reeks van gebed. Dit was vir my baie insiggewend en van blywende waarde. Ook verdieping in gees en Woord kennis.Chris van Wyk on 12 Loof Hi, ja, daar is. Ek sal dit binnekort hier plaas.Pierre van Wyk on 12 Loof Baie dankie, Is daar dalk ‘n uitdeelstuk beskikbaar vir die uur van gebed.?Chris van Wyk on Rut 4 – God gee ‘n wonderlike uitkoms Ja, sy was met Maglon getroud. Orpa was getroud met Giljon.Marzanne on Rut 4 – God gee ‘n wonderlike uitkoms Goeie dag Ds Chris, Hoop dit gaan goed. Ek wil net bevestig, was Rut eerste getroud met Maglon volgens Rut 4:10?Chris van Wyk on Leesplan Jesaja Hi Neels, die maklikste is om na https://bybelskool.com/jesaja/ te gaan. Ek verduidelik daar die metodiek en gee aan die onderkant al die skakels na my bydraes oor Jesaja wat jy een vir een kan deurwerk. Groete en lekker lees.Neels on Leesplan Jesaja Hello Chris, Hoop dit gaan goed. Ek loop op water hierdie kant 🙂 Ek jy asb help> Ek wil die boek Jesaja leer, maar ek verstaan nie hoe hierdie webblab werk nie :(. Dankie vir jou help.Chris van Wyk on Subscribe Hi Willem, ja, ek het. Hier is 'n paar skakels: <ul> <li><a href="https://bybelskool.com/om-u-wil-te-doen-o-god/">“Om u wil te doen, o God”</a></li> <li><a href="https://bybelskool.com/god-se-bekende-en-verborge-wil/">God se bekende en verborge wil</a></li> <li><a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/leef-vir-die-wil-van-god-1-petrus-41-5/" rel="nofollow ugc">LEEF VIR DIE WIL VAN GOD – 1 PETRUS 4:1-5</a></li> <li><a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/bid-dat-god-se-wil-geskied-matteus-2636-46/" rel="nofollow ugc">BID DAT GOD SE WIL GESKIED – MATTEUS 26:36-46</a></li> </ul>Willem Smit on Subscribe Chris, het jy dalk al 'n spesifieke studie gemaak oor God se wil? Indien wel sal ek graag daarvan wil lees. WillemChris van Wyk on 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) Hi Susan, nee, ek het nie. Jy kan egter hierdie preek van my deur Google Translate redelik akkuraat in Engels kry: https://ngkerksomerstrand.co.za/wat-is-die-drie-eenheid/Susan on 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) Goeie môre, het jy miskien n preek in engels oor die Drie Eenheid.Chris van Wyk on 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) Lekker lees!Desiree on 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) Wonderlik dat ek dit ontdek het die afgelope week!! Ek is met vakansie en om een of ander rede my Bybel wat ek weet ek langs my tas gesit het nie ingepak nie. So toe moes ek internet toe om te kan “lees” . Dis toe dat ek “bybelskool” ongedek.. Baie blessings!!!Chris van Wyk on PSALM 29 Ek hou ook nie van die vertaling "godeseuns" in Psalm 29 nie, hoewel dit natuurlik letterlik so in die Hebreeus staan: "seuns van die gode". Die frase kom egter ook voor in Psalm 89:7 en word daar interessant genoeg vertaal met "hemelwesens" in die 2020-vertaling. Dit word waarskynlik (heel korrek) so vertaal in Psalm 89, omdat die frase daar geassosieer word met die "kring / raad van die heiliges" in die volgende vers, vers 8. Maar, dié interpretasie moet dan eintlik die vertaling van Psalm 29 informeer. Die frase dui dus op al die verskillende wesens in die hemel. Ek het 'n paar preke daaroor gelewer as jy belangstel: <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/spiritual-beings-series-of-seven-sermons-begins-sunday-1830/" rel="nofollow ugc">SPIRITUAL BEINGS – SERIES OF SEVEN SERMONS</a> 1. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/1-spiritual-beings/" rel="nofollow ugc">SPIRITUAL BEINGS</a> 2. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/2-elohim/" rel="nofollow ugc">ELOHIM</a> 3. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/3-divine-council/" rel="nofollow ugc">DIVINE COUNCIL</a> 4. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/4-angels-and-cherubim/" rel="nofollow ugc">ANGELS AND CHERUBIM</a> 5. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/5-the-angel-of-the-lord/" rel="nofollow ugc">THE ANGEL OF THE LORD</a> 6. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/6-the-satan-and-demons/" rel="nofollow ugc">THE SATAN AND DEMONS</a> 7. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/7-the-new-humanity/" rel="nofollow ugc">THE NEW HUMANITY</a>Petrus on PSALM 29 Beste Chris Dankie vir Bid horlosie en alles. Dis weer ek en die nuwe woorde in die 2020 vertaling: godeseuns? Ek verstaan die betekenis, maar dit klink te veel na afgode seuns. Hemelinge of kinders van God (manlik en vroulik) is vir my beter. Direkte vertalings kan soms nie die regte keuse wees. Sommige woorde in verskillende tale gee ander betekenisse as Grieks of Aramees. Ek wil graag die Bybel lees soos dit in Grieks is, maar sekere woorde is bietjie verwarrend. Gelukkig kan ons steeds na die ouer vertalings verwys waar verwarring probleme kan skep. Mooi dagChris van Wyk on Waak en bid – Pinkster 2021 So voorsien die Here vir ons, selfs in die grootste uitdagings waardeur ons gaan. Baie seën vir jou.Yvonne Brown on Waak en bid – Pinkster 2021 Ds Chris ek is diep dankbaar dat die Here u op my pad gebring het toe ek eendag na meer en dieper inligting soek oor n saak, agv chemo behandeling het ek soveel van my gehoor verloor dat ek sukkel om n preek in die kerk te volg , ek is dankbaar vir hierdie Pinkster reeks ivm gebed. Dankie HereChris van Wyk on Salwing in die Bybel Die Here gebruik ongelowiges in die uitvoering van sy wil - soos Hy Kores gebruik het om die volk weer terug te laat gaan na hulle land toe in die 6de eeu vC. En Hy gebruik dokters - gelowig en ongelowig. Maar, Hy werk net deur gelowiges met die gawes van die Heilige Gees.Bets on Salwing in die Bybel Kan n ongelowige gebruik word deur die Vader om ander te geneesChris van Wyk on ESEGIËL 37:1-14 Ja, ek self leer ook steeds. In my voorbereiding vir die preek hieroor Sondag, het daar vanoggend nog dieper dinge oopgegaan. Oor Jesus se voortbou op Esegiël se visioen in Johannes 5. En die belang van getuienis en gebed. En hoe ons getuienis gebruik. Elke getuienis moet eintlik van 'n gebed vergesel word, want die gebed maak die getuienis effektief, en die gebed het weer die getuienis nodig om tot sy volle werking te kom. Ag, dis heerlik om so algaande die Here net dieper en dieper te verstaan.Chris van Wyk on Nahum Ja, hoe meer tyd 'n mens met die Bybel spandeer, hoe dieper sak die betekenis daarvan in jou lewe in.Chris van Wyk on 05 Waak Ek is bly!Sonja on ESEGIËL 37:1-14 Baie dankie ds Chris vir die duidelikheid oor hierdie gedeelte van die beendere. Ek het dit al dikwels gelees, en dit as letterlik opgeneem, en altyd gewonder waar die leër heen is na die asem in hulle geblaas is. Nou verstaan ek dit soveel beter en reg. Daardie lied wat ons sing "breek Die Woord vir my" kry elke keer net weer en weer betekenis vir my. Ek voel soos die man op die wat lees, maar nie altyd die uitleg verstaan nie. Baie dankie vir Die Bybelskool.Werner Bezuidenhout on 05 Waak Wonderlike reeks, ek leer so baie. DankieTrudie Kruger on Nahum Baie dankie dat jy wys en insig gee hoe mens die Woord moet lees en bestudeer. Baie mense lees net en bid vinnig en daar gaan hulle.Chris van Wyk on Die karakter van Dawid Hi Andrew, ons deel boonop 'n van! En dieselfde redding! Groete.Chris van Wyk on Openbaring Watter tipe inligting soek jy daaroor?Andrew Van wyk on Die karakter van Dawid Hi naand se ek wil net dankie se die booskape wat ek lees dankie vir die Here vir dit ek is grade 5 uit die skool uit Maar die Here het my kom ret en verlos Die Here het my vry gemaak ek waardeur die booskape Baie dankieWillem on Openbaring Gee my meer inligting oof evangelistiese bediening en genesingNoeline Johanna Stofberg on JOHANNES 17:6-19 Dankie Chris !Chris van Wyk on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Wonderlik Marietjie, ek word telkens bemoedig deur mense wat - soos ek - vreugde in God se Woord vind. En ek is bly ek kan bydrae om die Woord oop te sluit, ook vir jou.Marietjie van Niekerk on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Ek het laas jaar met lockdown begin om die Bybel deur te lees. Maar eers tydens die 12 klein profete die Bybelskool ontdek. Watter wonderlike skat en diep onrdekking. Ds Chris, baie dankie vir jou omvattende bybelstudie. Ek begin vandag die Nuwe Testament en vertrou sit gaan n reis wees tot groot insig en diepte. Groete van JeffreysbaaiChris van Wyk on PSALM 19 Dankie, en jy is reg. Daardie boodskap moet ook in die lig van die hele boodskap van die Bybel uitgelê word.Francois on PSALM 19 Baie dankie Ds Chris vir jou refleksie oor 1 Timoteus 2:8-15. Dit bring perspektief en onderstreep dat dit gaan oor die Boodskap en nie die debat nie.Chris van Wyk on Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond Hi Jaco, ja, ons raak deel van die ware Israel, soos Paulus daaroor skrywe in Romeine 9-11.Jaco on Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond Wat beteken dit vir ons as die skrif sê: dat die nuwe verbond met die huis van Juda en die huis van Israel gesluit word en dat die wette nou in hulle harte gesit word. Beteken dit dat ons deel van die huis van Juda en Israel is.Chris van Wyk on PSALM 23 Dankie Carel!Carel Smith on PSALM 23 Baie dankie vir die vars insigte wat jy opdiep uit hierdie eeueoue juweel in ons Here se Woord!Chris van Wyk on Wedergeboorte en bekering Hi Bertie, emosies is baie keer deel van die proses van bekering. Soms 'n intense hartseer en berou oor jou sonde, soms 'n groot verligting en blydskap dat jou sondes vergewe is. Maar, sonder dat daar vrug in 'n mens se lewe is - 'n afstand doen van sonde, 'n liefde vir die Here en sy Woord, 'n liefde vir God se mense, 'n commitment om die Here in hierdie wêreld te dien - kan 'n bekering oppervlakkig wees (Hand 26:20; 2 Kor 12:21). Maar, die enigste sekerheid wat ons het, lê in die Here Jesus en sy barmhartigheid en vergifnis opgesluit. Lees weer 1 Johannes 5 deeglik en vind jou sekerheid in die Here Jesus Christus.Chris van Wyk on JOHANNES 10:11-18 Ja, Nico, die Here bó alles.Chris van Wyk on 1 en 2 Kronieke Ek maak so, Cecilia.Chris van Wyk on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens Hi Francois, daar is baie konflik in die breë Christelike kerk oor die interpretasie van hierdie gedeelte. Ek wil my nie uitlaat oor NT Wright se siening of oor die NGK s'n nie. Wat ek wel gee, is 'n verdere refleksie hieroor uit my boek oor Paulus wat ek verlede jaar in die gemeente aangebied het: Mans en vroue in die erediens – 1 Timoteus 2:8-15 Steeds in die konteks van gebed in die gemeente, is Paulus se raad aan mans dat hulle by elke plek van samekoms moet bid, en moet sorg dat hulle dit met ‘n skoon gewete en sonder onmin en twis doen. Vir vroue is Paulus se raad dat hulle publieke gebede op soortgelyke wyse met waardigheid, beskeie en ingetoë (dit kan seksueel geïnterpreteer word, d.w.s. nie uitlokkend nie) gedoen moet word. Vroue se versiering moet daarom eerder goeie werke wees as haarkapsels, goud of pêrels, of duur klere. Dit gaan dus nie oor uiterlike dinge in die geloofsgemeenskap nie, maar oor die innerlike karakter wat van hulle moet uitstraal. Dit beteken nie dat mooi klere verkeerd is nie, maar dat ‘n mooi karakter belangriker is. Daar moet dus by mans en vroue geen wedywering of vertoon teenoor mekaar wees nie, sodat die gemeenskap van gelowiges nie verskeur word daardeur nie. En let op dat dit in die konteks van hulle saamstaan in gebed uitgespel word. Gebede in die geloofsgemeenskap word deur mans en vroue gelewer (vgl. 1 Kor. 11). Dan gaan Paulus verder om ‘n spesifieke probleem rondom vroue in die erediens aan te spreek. <ul> <li>Dit kan volgens sommige geleerdes wees dat van die vroue in Efese die vryheid misbruik het wat hulle gekry het in die kerk (Gal. 3:29) – anders as in die Joodse sinagoge waar hulle moes stilbly – om oor te vat in die Christelike erediens op ‘n onordelike wyse.</li> <li>Dit kan volgens ander geleerdes wees dat van die vroue boonop ‘n vals lering aangehang het dat vroue ‘n voorrang bó mans het vanuit die perspektiewe van ‘n moeder-god kultus (Kroeger & Kroeger). Dit word verbind aan die moontlikheid dat daar ‘n groep ryk vroue was wat die Bybelse lering oor die skepping verwerp het en geleer het dat Adam uit Eva gebore is, en daarby van huis tot huis dit aan gemeentelede verkondig het (1 Tim. 5:13). Die groep – moontlik selfs ‘n spesifieke vrou – het dus nie net geleer dat vroue op ’n gelyke voet hanteer moet word soos Paulus dit in sy briewe geskrywe het nie. Hulle/sy wou vroue ‘n groter rol in die gemeente as mans laat speel.</li></ul> Daar is baie geskrywe hieroor en dit is moeilik om die kaf van die koring te skei. Wat my help om Paulus se uitsprake hier te interpreteer, is die verskillende getuienisse in die NT oor die aktiewe rol van vroue in die geloofsgemeenskap, sowel as Paulus se ander lering oor vroue in sy briewe. <ul><li>Onthou bv. dat daar baie vroue was wat as diakens en mede-werkers opgetree het, selfs as leraars (Phoebe) en apostels (Junia) soos ons in Romeine 16 gelees het. Daar was ook vroue as huiskerk leiers/eienaars, soos onder andere Lidia (Hand. 16:40), Maria (Hand. 12:12), Priscilla (Hand. 18:26) en Nimfa (Kol. 4:15).</li> <li>Onthou ook dat die groot prediker Apollos, wat so ’n groot aanhang in Korinte gehad het, deur Priscilla, ’n vrou, en Akwila onderrig is (Hand. 18:24-26). Priscilla word nie net op gelyke voet met haar man Akwila gereken nie, maar word meer kere eerste genoem waar hulle as egpaar vermeld word.</li> <li>Paulus erken ook eksplisiet die onderrig wat Timoteus se ouma en ma aan hom as kind gegee het (2 Tim. 1:5; 3:14-15).</li> <li>In sy vorige brief aan Korinte het Paulus baie duidelik geleer dat vroue saam met die mans mag bid en profeteer – die Woord uitlê – in die gemeente (1 Kor. 11:5). Hy sal ná hierdie brief aan Timoteus ‘n brief skryf aan Titus in Kreta met die spesifieke opdrag dat vroue (ten minste) ander vroue kan onderrig (Tit. 2:3-5).</li></ul> Die “swyg”-verbod kan dus in hierdie teks nie ‘n verbod op bid, profeteer of lering wees nie, maar eerder ‘n verbod op onordelike gepratery in die gemeente – soos in 1 Korintiërs 11 – óf ‘n verbod op ‘n vals lering oor die voorrang van die vrou bo die man. As ‘n mens laasgenoemde interpretasie aanvaar, is die uitsprake oor Adam en Eva dan moontlik gemik teen die vals lering van die moeder-god kultus wat Eva die oermens gemaak het waaruit die menslike geslag uitgespruit het. Die uitsprake oor geboorte aan die einde van die gedeelte was weer moontlik gemik op ’n ander valse lering dat vroue in die Christelike geloofsgemeenskap vrygestel was van die rol as moeders in die huwelik (vgl. 1 Kor. 7 waar sommige hulle van seks onthou het selfs in die huwelik). Paulus moedig daarenteen vroue aan om nie te huiwer om in die huwelik moederskap as ‘n Godgegewe rol te aanvaar nie, terwyl hulle soos elke ander gelowige geestelik groei in geloof, liefde, heiligmaking en selfbeheersing.Twyfel on Wedergeboorte en bekering Liewe ds Chris, As 'n prediker vir iemand sê dat hy 'n 'EMOSIONELE BEKERING' gehad het, sou jy nie dink dat mens wel emosioneel raak dat die trane spat die dag as jy jou lewe aan die Skepper oorgee nie? Want sedertdien twyfel ek erg aan my bekering!Nico Uys on JOHANNES 10:11-18 TV, die Internet, die geld-god, die dobbelgod, die plesiergod die rugby ens. god, die seksgod, onkuisheid is almal gode, die mens sal eerder voor die TV sit as om kerk toe te gaan, "Deur aktiewe deelname aan die eredienste en selgroepe, Heb. 10:25". Deur my geestelike kontak met mede-gelowiges.". Dit is beter om getrouheid toe te pas, in persoonlike Bybel studies en gebed. Hand. 17:11; Rom. 12:12; 2 Tim. 3:15-17.Cecilia Adriana Dercksen on 1 en 2 Kronieke Hi Chris kan jy dit groot asb vir my ook an stuur. My e-pos is ~ cadercksen5@gmail.comFrancois on 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens https://ntwrightpage.com/2016/07/12/womens-service-in-the-church-the-biblical-basis/ Mag ek vra of Wright se uitleg van 1 Timoteus 2 en veral vanaf Vers 8 tot 15 geloofwaardig is en strook met ons (NG)Kerk en jou sienings.Petrus on Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie Beste Chris Genesis 32 -34 en die kruisiging Ek lees Eksodus tans, maar wanneer ek die kalf storie en Moses se intrede lees voel ek altyd pyn en skuld. Dis net onverklaarbaar dat mense so ondankbaar en onvervuld kan wees na so baie seen en liefde reeds ontvang. Dan weet ek altyd: "Ek/ons is afstammelinge en ook Israel. Hoe hulle opgtree en oortree het, doen ek/ons vandag nog. Ons het al die beloftes van God en Sy teenwoordigheid, tog dink ons steeds ons kan alleen. Ek kan baie skryf maar wil 2 voorbeelde noem; 1. Tegnologie is wonderlik, maar is die goue kalf in ons lewens. Ons aanbid sosiale media en ander ipv om God se goedhied en grootheid in ons lewens te erken en dankie voor te se. Kyk net na die naaktheid van vrouens(film, sangeresse...) veral op die internet wat glo dis hulle reg om dit wat in die slaapkamer hoort aan die wereld te wys, want hulle is mos "gode." 2. Elke sonde wat ek doen, leuen vertel, skinder, steel ea is 'n spyker wat ek in Jesus se hande kap. Ons moet ophou praat van Israel en sien hoe ons dieselfde foute maak en in baie opsigte wreder en meer ongenaakbaar is met wat ons se en doen as sogenaamde bevrydes wat neersien op die swakheid van gelowiges in die Bybel.Bollie Liebenberg on HANDELINGE 3:12-19 Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?Gerda on Lees die vier evangelies en Handelinge Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos - ek wil weet waarom die simbole gebruik word - glo dit sal vir my duideik word uit u studie. Baie dankieDavid Cromhout on HANDELINGE 3:12-19 Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naamChris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.Rence-Marié on Lees die vier evangelies en Handelinge Beste Dr van Wyk Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur. Baie dankie vir u werk GroeteChris van Wyk on JOHANNES 20:19-31 👍Chris van Wyk on Kontak my Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.Hannes on Kontak my Goeie dag Dr van Wyk Jammer om te pla. Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word. Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8. Baie dankie.Pippie on JOHANNES 20:19-31 Baie dankie vir die Bybelskool. V23 lees ek nou anders - "as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe" - om te vergewe is so belangrikChris van Wyk on Spreuke Hi Danie, op die oomblik is dit net die inhoud by die skakels aan die onderkant van hierdie bladsy wat ek beskikbaar het. Ek het egter 'n vers vir vers verklaring geskryf wat binnekort by Bybelgenootskap as 'n Eenjaarplan gepubliseer sal word op hulle <strong>BibleSA </strong>app op Apple App Store en Google Play Store.Danie on Spreuke Waar Kan ek n boek kry om spreuke Meer in detail te verstaan en waar ek dit in Ander boeke te kry Dankie by voorbaarr Danie Cronje 0824581640 ShalomMarzanne on 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min Baie dankie Chris. Ja dit is omtrent ingewikkeld.Chris van Wyk on 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min Hi Marzanne, sover ons kan agterkom, het Saul sewe seuns gehad. Jonatan, Jiswi, Malkisua, Abinadab, Is-boset (Es-baäl), Armoni en Mefiboset (vgl 1 Sam 14:49; 31:2; 1 Kron 10:2; 1 Kron 8:33; 9:39; 2 Sam 2:8; 21:8). Isai het ook 'n seun Abinadab gehad wat 'n mens moet onderskei van Saul se seun. Trouens, Jonatan het ook 'n seun Mefiboset gehad wat 'n mens weer van Saul se seun moet onderskei wat dieselfde naam gehad het. Ingewikkelde geskiedenis!Marzanne on 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min Hoop u kan help. Volgend 1 Samuel 14:49 Die seuns van Saul was Jonatan, Jiswi en Malkisua; ... en in 1 Samuel 31:2 ... Hulle het Saul se suens Jonatan, Abinadab en Malkisua neergeval ... Volgens 1 Samuel 17:13 Is Abinadab Isai se suen. Kan u dalk verduidelik?Chris van Wyk on Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God Dankie, Peter. Geniet!Peter on Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God Dankie Chris vir jou bydrae in die Woord. Maak bybelstudie makliker. Die Here seën vir jou. Ek bly in Empangeni.Chris van Wyk on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Jy is welkom, Jan.Jan on Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan Sjoe. EK wil alles lees. Dis 01:30 in die oggend. EK werk ses uur en EK Hou net aan lees.Jan on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Iemand het my iets gese. N tornado Kan nie oor n hoop Staal Gaan en n kar Maak nie. Dit vat Iemand Om dit te Maak. EK glo die begin punt van alles "big bang" EK glo dit is miljoene jare wat dit alles gevat het Om te Maak. Voor die eerste dag het God die Hemel en aarde gemaak. So ja EK voel dit is iets no ons vuurmaak plek Om die einde van die donker te sien. Soos Nou. Die heelal groei. Hy word groter en groter. Daar is Baie konstilasies ouer as ons sin. EK voel die aarde was klaar daar en God het uit Al die biljoene konstilasies die e'en gekies die aarde Want hier is dit net reg Vir ons. Eks Jan van Aswegen. Sal daarvan Hou Om te praat oor Genisis.Chris van Wyk on Hosea 11:1-11 – My hart is diep ontroer in My, die deernis brand in My Hi Ami, jy is welkom. Ek bly in Somerstrand. Kontak my gerus wanneer julle hier is.Ami Toerien on Hosea 11:1-11 – My hart is diep ontroer in My, die deernis brand in My Goeie more. Ek lees al geruime tyd jou (noem dit insette) besprekings. Ek vind aanklank daarby en geniet dit, want dit is verstaanbaar. Ons seun en sy familie is ook in P E. Ons woon in Pretoria en probeer 1 keer n jaar vir hulle te gaan kuier. Ek sal jou graag wil ontmoet as ons dalk weer in P E is. Baie dankie Geseende PaasseisoenPetrus on Op watter dae het die kruisiging en opstanding plaasgevind? Beste Chris Dankie. Die verduideliking van hoe die 3 dae bymekaarkom is nie logies nie, maar soos jy se moet ons nie alles probeer verstaan nie en net glo in Die Blye Boodskap.Chris van Wyk on Opsomming van die boodskap van Openbaring Jy is welkom om dit te gebruik volgens julle riglyne, Nicolene. Sterkte.Nicolene Holl on Opsomming van die boodskap van Openbaring Naand Ds. Ek wil graag weet of ek die materiaal mag gebruik vir my studies. Ek is n derde jaar teologiese student en is tans besig met n taak oor die boek openbaring. NicoleneChris van Wyk on Markus Ek maak so, Soekie. Geniet.Soekie Homann on Markus More Chris Mag ek asb die epos kry waarna verwys word. En baie dankie vir die insiggewende inligting. Groete SoekieChris van Wyk on Op watter dae het die kruisiging en opstanding plaasgevind? Hi Petrus, ek het op jou ander navraag volledig gereageer. Hier net die volgende: 'n mens moet probeer sin maak van wat geskrywe staan, en waak teen 'n inlees in die teks as jy nie verstaan nie. As die verduideliking oor die gebruik van 'n Hebreeuse idioom nie vir jou sin maak nie, gebruik dan die fisiese beskrywing van die Evangelies wat duidelik van Vrydag tot Sondag praat as 'n verklaring van wat met die kruisiging en opstanding gebeur het. Ons kan egter nie aan die Bybel verander as ons dit nie presies verstaan nie. Aanvaar eerder dat daar dinge is wat jy nie kan verklaar nie, en werk met dit wat wel verklaarbaar is. Die feit is dat Jesus gesterf, en begrawe is, en daarna opgestaan het. Dit is die feite van sy lewe wat vir ons die verlossing bring.Chris van Wyk on Op watter dae het die kruisiging en opstanding plaasgevind? Hi Petrus Jesus is gekruisig en begrawe op die Vrydag (die dag het sononder die vorige dag die Donderdag begin). Jesus was die Saterdag in die graf (Vrydagaand tot Saterdagaand). Jesus het opgestaan op die Sondag êrens vóór dagbreek. Jesus was dus dood en in die graf vir drie kalenderdae. <a href="https://bybelskool.com/jesus-is-drie-dae-in-die-graf/">Ek het al geskryf oor die wyse waarop die Evangelies oor die drie dae praat.</a> Ek herhaar dit hier. 1. Jesus was op elkeen van drie dae in die graf. Die Vrydagmiddag (voor die sabbat begin het, dws die Saterdag), die hele Saterdag, en ongeveer die helfte van die Sondag wat die vorige aand begin het. Dit kom ooreen met beide die voorspellings wat Jesus gemaak het, selfs die voorspellings in die OT, en hoe die kerk na die tyd daaroor berig het, onder andere Paulus. 2. Jesus se verwysing na Jona se “drie dae en drie nagte” (Matt 12:40) was ‘n Hebreeuse idioom wat vir enige kombinasie van ‘n deel van drie verskillende dae gebruik is. So skryf RT France in sy Jesus and the Old Testament en D A Carson in die Expositors Bible Commentary. 'n Mens sien die Hebreeuse idioom aan die werk in 1 Samuel 30:12-13 waar die frase gebruik word om iemand se uitputting aan te dui, sonder om daarmee 'n presiese tydsaanduiding te gee. Iets soortgelyks sien ‘n mens in 2 Kronieke 10:5 en 12 waar Rehabeam mense wegstuur om na drie terug te kom, maar hulle kom reeds op die derde dag terug. Dieselfde gebeur in die boek Ester waar sy die Jode beveel om drie dae en nagte te vas, maar dan “op die derde dag” voor die koning verskyn (Est 4:16; 5:1). Hulle het dus waarskynlik die aand van die eerste dag begin, maar nie die vas die derde dag klaar gemaak nie en tegnies dus volgens 'n letterlike verstaan net twee dae lank gevas. Dit kon egter steeds aangedui word as drie dae en nagte. 3. Dit verklaar hoekom Jesus na Jona se ervaring kan verwys as 'n voorbeeld vir wat met Homself gaan gebeur, maar in werklikheid nie presies dieselfde tyd in die graf gaan wees nie, soos die res van die getuienis in die Evangelies dit uitspel. 4. Om dit regtig te verstaan, moet 'n mens alles wat Jesus self daaroor voorspel lees in die Evangelies om jou begrip daarvan te kan vorm. Jesus self sê dat Hy <strong><em>na</em></strong> drie dae sal opstaan (Mark 8:31; 9:31; 34). Hy sê egter ook dat Hy “<strong><em>op</em></strong> die derde dag” sal opstaan (Luk 9:22). Trouens, op nog 'n plek verklaar Jesus dat Hy “<strong><em>binne</em></strong> drie dae” sal opstaan (Mark 14:58). Dié verwysings wys dat 'n mens nie te letterlik moet omgaan met die opmerking oor Jona se drie dae en drie nagte nie, of oor die ná, óp, of binne uitsprake nie, maar dit idiomaties en vloeibaar moet interpreteer soos dit gerapporteer is in die Evangelies. Dit is immers duidelik uit die wyse waarop in daardie tyd na dae verwys is, dat ‘n deel van ‘n dag ook as ‘n dag getel het wat die nag ingesluit het, omdat die dag die vorige aand begin het. Die Jode het die dae van sononder tot sononder getel wat ‘n vloeibaarheid in die verwysing na ‘n dag tot gevolg gehad het. Daarom kon Jesus sê “<strong><em>na</em></strong> drie dae” en “<strong><em>binne</em></strong> drie dae”. Dit het vir hom dieselfde betekenis gehad. 5. Die Evangelies se getuienis kom verder ooreen met Paulus se getuienis wat vir ons sê Jesus is: “<strong><em>OP</em></strong> die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.” (1 Kor 15:4). Paulus verwys hier na Hosea 6:2: “Hy sal ons <strong><em>ná twee dae</em></strong> lewend maak, <strong><em>op die derde dag</em></strong> sal Hy ons laat opstaan”, wat in Hosea eintlik net dui op die sekerheid van God se verlossing waarop die volk kan staatmaak, maar in die lig van Jesus se kruisiging en opstanding nuut geïnterpreteer word. Vir die volk belowe God dat sy oordeel baie vinnig opgehef sal word as hulle na Hom toe terugkeer. God wil hulle juis só motiveer om te reageer op sy aanbod. Die oorlog sal net twee dae duur! <strong><em>Vir Jesus het dit die betekenis gehad dat die tydperk van Jesus se dood net twee dae sal duur, dws op die derde dag sal Hy opstaan. So het Paulus dit uitgelê.</em></strong>Petrus on Op watter dae het die kruisiging en opstanding plaasgevind? Beste Chris Ek het geleees van die 16 Nissan, 17 tot 19 wat 3 dae is. Vraag: Waarom vertel die Bybel dit nie so dat ons die 3 dae kan sien en verwarrings gespaar word nie? Almal weet die kalender is nie soos oorspronklik en dat Paasnaweek net soos Kersfees 'n herdenkingsdag is wat ons moet fier. Daarom, skryf die Bybel reg sodat dit sin maak. Die vraagstuk word baie deur ongelowiges en ander gelowe gevra en dan het ek/ons nie logiese antwoorde nie.Petrus on Op watter dae het die kruisiging en opstanding plaasgevind? Beste Chris, Ek sien iemand het klaar gevra na die 3 dae? Dit is regtig een van die mees onduidelike gedeeltes. Waar kom die "Jona" verhaal dan in waar dit duidelik 3 dae was. Jesus self praat van 3 dae, dus hoe is dit net basies 1 dag en 2 nagte: Vrydag agtermiddag, Saterdag, Sondag oggend? Daar is rede om te glo dat die kruisig al die Donderdag plaasgevind het. Ek het al na baie verklarings geluister en dis asof niemand dit regtig wil verklaar nie en dus net vinnig noem in 'n preek?Chris van Wyk on Jesus is drie dae in die graf Hi Friedel, die Bybelse getuienis praat net van een sabbat in daardie week. Hier is die vier evangelies se getuienis oor die kruisiging en opstanding. Dit gebeur op die Vrydag en Sondag (Sondag begin natuurlik reeds 18:00 Saterdagaand) onderskeidelik: <strong>Markus</strong> noem die dag van die kruisiging die "voorbereidingsdag" en beskryf dit as die dag voor die sabbat, dws die sewende dag van daardie week (Mark 15:42). Hy beskryf die dag van die opstanding as die oggend ná die sabbat, die eerste dag van die volgende week (Mark 16:1-2). Volgens Markus was die kruisiging dus op die Vrydag en die opstanding op die Sondag, want die Sondag het al die vorige aand begin volgens die Joodse beskouing. <strong>Matteus</strong> doen dieselfde, maar op 'n ander manier. Hy noem die "volgende dag" ná die kruisiging die dag "ná die voorbereidingsdag" (Matt 27:62). Dit is die dag waarop die leierpriesters en Fariseërs Pilatus gevra het om die graf te verseël. Hy praat dus van die dag van die sabbat, dws die Saterdag, want Matteus sê net daarna, "ná die sabbat", toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, dws die Sondag, het Maria-hulle die graf leeg gevind (Matt 28:1). Volgens Matteus het die kruising ook op die Vrydag plaasgevind en die opstanding op die Sondag, want die Sondag het al die vorige aand begin volgens die Joodse beskouing. <strong>Lukas</strong> is net so helder soos Markus en Matteus daaroor dat die kruisiging plaasvind op die "voorbereidingsdag" net voor die sabbat sou aanbreek die Vrydagaand (Luk 23:54). Die vroue het op die sabbat gerus (Luk 23:56) en baie vroeg die môre, op die eerste dag van die week, dws die Sondag, by die graf gekom en dit leeg gevind (Luk 24:1-2). Volgens Lukas het die kruisiging ook op die Vrydag plaasgevind en die opstanding op die Sondag, tegnies enige tyd sedert 18:00 die vorige aand. <strong>Johannes</strong> vertel dit ook soos die ander evangelies dit vertel, maar met ekstra inligting. Om die waarheid te sê, hy vertel dit vanuit drie hoeke. Pilatus gee in 'n eerste rondte die opdrag vir die kruisiging op die voorbereidingsdag vir die pasga (Joh 19:14). Hierdie voorbereidingsdag word dan verder uitgespel. Ná die kruisiging kom die Jode in 'n tweede rondte na Pilatus, steeds op die "voorbereidingsdag", en vra dat die liggame verwyder word voor die sabbat wat daardie aand sou begin. Dit is waarom hierdie sabbat 'n "groot dag" genoem word. En hier raak dit duidelik dat die voorbereiding baie besonders was, want dit was vir die pasga sowel as vir die sabbat (Joh 19:31). In 'n derde rondte kom Josef van Arimatea en Nikodemus na Pilatus en vra dat hulle Jesus kan begrawe, omdat dit die "voorbereidingsdag" was en die sabbat binnekort sou aanbreek die aand 18:00 (Joh 19:42). Johannes vervolg die verhaal deur letterlik direk daarna in die volgende vers te vertel dat Maria Magdalena op die eerste dag van die week, dws die Sondag, by 'n leë graf aangekom het (Joh 20:1). Weereens, die opstanding moes dus êrens op die Sondag gebeur het vóór dagbreek, want die Sondag het al die vorige aand begin volgens die Joodse beskouing. Volgens Johannes het die kruisiging dus ook plaasgevind op die Vrydag en die opstanding die Sondag, weereens, met die Joodse beskouing in ag geneem dat dit enige tyd sedert 18:00 die Saterdagaand kon gebeur het.Friedel on Jesus is drie dae in die graf Dagsê Chris, Om hierdie vraag korrek te beantwoord, moet ons begin deur te verstaan dat daar 2 sabbatte in die kruisigingsweek was. 1. Die eerste dag van die fees van ongesuurde brode (7 dag fees wat volge na die dag van Joodse Pasga). 2. Weeklikse Sabbat (7e dag rus) Dit word in detail hier verduidelik. https://www.vibranthearts.org/kruisiging-tydlyne/ 3 dae en 3 nagte pas nie heeltemal in jou verduideliking van hierdie artikel in nie. Vrede.Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek maak so, Wilhelm.Wilhelm Williams on Lees die vier evangelies en Handelinge Goeie naand Dr. Van Wyk Is dit moontlik day u d leer met 4 evangelies aan my beskikbaar kan stel.. Ek sal dit baie waardeer Groete WilhelmChris van Wyk on FILIPPENSE 2:5-11 Hi Petrus, miskien mis jy 'n "is" aan die einde van die vierde bullet ...Chris van Wyk on FILIPPENSE 2:5-11 Hi Petrus, miskien help dit om die sinne op te deel in bysinne: <strong>Daarom,</strong> * as daar enige aansporing in Christus is, * as daar enige troos uit die liefde, * as daar enige gemeenskap van die Gees, * as daar enige innige meelewing en ontferming, <strong>maak dan my blydskap volkome</strong> * deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke; * deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself; * deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander.Petrus on FILIPPENSE 2:5-11 "as daar enige innige meelewing en ontferming, 2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees " Dankie Chris. Ongelukkig het nie alles aangeheg. Die gedeelte van "...en ontferming, 2 maak dan my blydskap..." is my eintlike vraag. Daar kort 'n voorsetsel of iets, want daai oorskakeling van ontferming na "maak dan" klink nie reg nie.Chris van Wyk on FILIPPENSE 2:5-11 Hi Pieter, die ontslapenes in die Here se gees/siel is reeds in die hemel in die teenwoordigheid van God (Luk 16:22; 23:43; Openb 6:9). Wat Paulus daaroor skrywe, is dat dié wat reeds daar is, ons nie "voor" sal wees in terme van die liggaamlike opstanding in die ewigheid nie. Ons sal saam met hulle nuwe liggame ontvang wanneer ons tyd kom om in God se teenwoordigheid te verskyn, hetsy deur ons dood of deur die transformasie aan die einde van die tyd (1 Tess 4:15; vgl egter ook Matt 27:52-53 wat reeds van 'n eerste liggaamlike opstanding praat; dit is onseker of dit met hulle bestaande liggame soos Lasarus was of met 'n verheerlikte liggaam). Paulus sê in Filippense 2 van die "dooies" - waar hulle ook al is (in die hemel, nog op die aarde, of in die doderyk waar die geeste/siele van die ongehoorsames bewaar word) - dat hulle almal die knie sal buig (sommige in aanbidding, ander in afgryse), en sal moet erken dat Jesus die Here is (weereens, sommige met vreugde, ander met verwyt).Chris van Wyk on FILIPPENSE 2:5-11 Hi Petrus, die 1933/53-vertaling het "innige tederheid en ontferming", die 1983-vertaling het "innige meegevoel en meelewing", en die 2020-vertaling het "innige meelewing en ontferming". Die eerste Griekse woord splanchna het met 'n diep gevoel vir mekaar, 'n omgee wat jou binneste in beroering bring (amper soos derms wat in jou binneste roer, want die woord kan ook "dunderm" of "intestines" beteken) te make. Die tweede Griekse woord oiktirmoi het met barmhartigheid en 'n sensitiwiteit vir ander te make, in Engels "compassion". Ek dink eintlik aldrie vertalings dra die betekenis goed oor. Die 2020-vertaling se "ontferming" is presies dieselfde as die 1933/53-vertaling. Die 1983-vertaling se "meegevoel" is ook in die kol. Die 2020-vertaling se "meelewing" is weer presies dieselfde as die 1983-vertaling met die 1933/53-vertaling wat "ontferming" het. Ek sou persoonlik eerder kies vir "ontferming", maar as jy barmhartig is teenoor iemand dan leef jy tog ook empaties saam met só iemand. So, ek kan my eintlik in aldrie vertalings se keuses vind. Weereens, kies die vertaling wat vir jou werk. Groete, Chris.Pieter on FILIPPENSE 2:5-11 Middag Chris Net n vraag rondom Filippense 2:10. 10: Sodat in die Naam van Jesus elke knie sal buig - van diegene in die hemel, op die aarde en onder die aarde. 1: en elke tong sal bely - "Jesus Christus is die Here" Die bybel leer dat die wat alreeds gesterf het ons nie vooruit sal gaan na die hemel to nie maar dat die wat alreeds gesterf sal opstaan en ons sal binne 'n oogwink verander om Jesus in die wolke te ontmoet. Die mense wat alreeds dood is is onder die "aarde", is dit hulle wat hier van gepraat word. Kan die mense wat afgesterf is dan ook tot Jesus bid en hom prys. Ek verstaan Jesus het ook in die drie dae wat hy "dood" was afgegaan doderyk toe en die siele van die profete soos 'n wolk saam hom opgebring hemel toe. Sal waardeer as jy my duidelikheid kan gee asseblief. Dankie PieterPetrus on FILIPPENSE 2:5-11 Beste Chris: " Daarom, as daar enige aansporing in Christus is, as daar enige troos uit die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige meelewing en ontferming,..." Jammer, dis weer ek met die nuwe vertaling. "Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing, maak dan nou my blydskap volkome..." "....as daar enige innige meelewing..." maak geen sin nie. As dit is hoe hul die Bybel wil skryf, onverstaanbaar, dan hou ek by die oue. Direkte vertalings is goed, maar dit moet sin maak en ek glo nie alles kan direk vertaal word nie, net soos jy nie Eng en Afr direk kan vertaal nie. Of was dit 'n drukfout? Die vers maak meer sin in die ou vertaling.Chris van Wyk on God se bekende en verborge wil Dankie Theresa, waardeer.Theresa green on God se bekende en verborge wil Ek dank God wat ve more met my direk spree.Dankie Here seen die man van God in die Naam van Jesus Amen.Chris van Wyk on Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets Die duiwel was op daardie stadium die owerste (heerser) van die wêreld (Joh 12:31; 14:30; 16:11). Hy was in beheer van beide die magte in die lug sowel as van die kinders van die ongehoorsaamheid, dié mense wat nie in die Here Jesus geglo het nie (Ef 2:2). Dit is egter 'n posisie wat Jesus ná sy opstanding en hemelvaart ingeneem het (Openb 1:5). Die duiwel kon dus dié posisie aan Jesus aanbied in die woestyn. Maar, Jesus het gekies om eerder God se pad te volg en deur sy dood aan die kruis die heersposisie terug te neem (Fil 2:5-11).Chris van Wyk on Inleiding op Esegiël Geniet!Chris van Wyk on JOHANNES 3:14-21 Ek sien nou dat die 2020-vertaling "leef" kies, en nie "doen" nie, soos die werkwoorde poiwn eintlik vertaal moet word. Die 1983-vertaling het waarskynlik met "handel" nader gekom aan "practices" as "leef". Nou leer ek ook iets! Vertaling is 'n kuns!Chris van Wyk on JOHANNES 3:14-21 Hi Petrus, die 1983-vertaling is hier meer verstaanbaar, omdat dit eintlik 'n klein "prekie" is oor die vers. Dit is waarom die 1983-vertaling, soos bv ander vertalings soos Die Boodskap, The Message, The Amplified Bible, ensomeer so gewild is. Dit vertaal vir jou die betekenis. En dit is makliker om dit te kan verteer. Maar, die direkte vertaling, die 2020-vertaling, bring jou nader aan hoe Jesus, in dié geval, sy gesprek met Nikodemus gevoer het. Voordele vir my van die 2020-vertaling in dié geval is dat "leef" sterker as "handel" is. Leef sluit jou manier van lewe in, nie net jou dade nie, soos "handel" misverstaan kan word. "in God" is vir my op dieselfde manier sterker as "in gehoorsaamheid aan God", want dit dra die gedagte oor dat jy nie net opdragte van God uitvoer nie, maar dat jou hele wese en werke ingetrek is by God se allesbepalende invloed in jou lewe. Nog 'n voordeel, en dit geld die hele 2020-vertaling, is dat leke en leraars dieselfde teks het vanwaar af hulle die teks kan interpreteer. Dit bring jou nader aan die eintlike betekenis van die teks. Die volgende stap is natuurlik om dit in die Grieks (of Hebreeus en Aramees in die OT) te lees, maar dit is buite die meeste se bereik. Die naaste wat leke daaraan kom, is met 'n Interliniêre Bybel waar die Grieks saam met bv Afrikaans geplaas word. Dan word die woordorde ook gegee, soos in hierdie voorbeeld van Joh 3:21: <img src="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2021/03/Interlinêr.jpg" alt="Interlinêr" />wessel badenhorst on Lukas 4:1-13 – Jesus deurstaan die toets ek prober verstaan wat die posisie van die duiwel is wanneer hy JESUS AL DIE AARDSE DINGE BELOWE IN RUIL VIR SY ONDERDANIGHEID ?Hy kan immers net goed belowe waarvan hy op daardie stadium die eienaar is. Is dit dan so dat hy op daardie stadium in beheer van die aardse wereld was ? Of is dit n groot leun ? ek luister graag.Rena Regina Nell on Inleiding op Esegiël Goeie More Chris ek vandag vir die eerste keer op die Bybelskool afgekom. ek vanoggend my bybel by Esegiel 1 oop gemaak en besluit om dit te lees en gesoek na inligting wat meer oor die boek kan deel is baie opgewonde om die pad te stapPetrus on JOHANNES 3:14-21 "Maar wie volgens die waarheid leef, kom na die lig, sodat sy dade bekend kan word, dat hulle in God gedoen is. " Dit is 'n digterlike vers en moeilik om te verstaan. "...sodat dit duidelik blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is," is vir my meer verstaanbaar. Ek verstaan die nuwe vertaling is meer skriftuurlik, maar sulke vertalings dink ek maak die verstaan moeilik en veroorsaak dat jy die ware betekenis mislees en -kyk. Ek wonder ,of sulke vertalings help en hoop verduidelikings word in Bybels gegee. Ek weet nie, daarom ek vra?Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek sal stuur.Elmarie Durand on Lees die vier evangelies en Handelinge Kan ek nog die leer bestel met die vergelykende evangelies? Dit sal baie waardeer word. Ek is nou besig om Paulus te bestudeer en het amper Handelinge deurgewerk hand aan hand met u opsommende beskrwings. Ek help verskriklik baie om party dinge beter te verstaan. Baie dankie.Chris van Wyk on 1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer My plesier en voorreg, Almien.Almien on 1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer Baie dankie vir al die verduidelikings. Maak my stiltetyd baie interessant verryk my baie.Chris van Wyk on HEBREËRS 5:5-10 🙂Eben van Niekerk on HEBREËRS 5:5-10 Baie dankie. Groot gerustelling.Chris van Wyk on Spreuke Hi Lucia, wat wil jy graag ontvang? Die skakels na die inhoud is aan die onderkant van die bladsy.Lucia MOSTERT on Spreuke Sal graag ook wil ontvangChris van Wyk on EKSODUS 20:1-17 Ja, Petrus, 'n mens moet eintlik 'n lied daaroor maak!Chris van Wyk on 1 en 2 Samuel Hi, die skrywer wys ons in grafiese detail hoe sondig en destruktief beide die verkragting is sowel as die tipe reaksie daarop (of eintlik hier "gebrek" aan aksie). <a href="https://bybelskool.com/2-samuel-13-dis-ontstellend-dat-tamar-geen-geregtigheid-kry-met-haar-gewelddadige-verkragting-nie/">Jy kan hier meer lees oor wat ek geskryf het daaroor.</a>Petrus on EKSODUS 20:1-17 Afkondiging v/d 10 Gebooie Dankie vir die Bybelstudie genot. Dit maak baie dinge duidelik en was lekker om te lees. Baie gedagtes is opgehelder en kennis vernuwe. Wil jy dit nie 'n lied maak, want ek wil nou sing. Vrede en Vreugde bid ek vir jou!Leonie MacDonald on 1 en 2 Samuel D's.Chris wat Se 2sameul 13 vir my oor verkragting..Chris van Wyk on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Hi Lidia, Elia is in 'n "storm" hemel toe (2 Kon 2:11). Dit is die geval waarvan ek in die OT weet. In die NT weet ek net van gelowiges wat in storms bewaar gebly het, maar nie dat hulle hemel toe is nie: die dissipels (Mark 4:35-41; Luk 8:22-25; Matt 8:23-27) en Paulus en Lukas (Hand 27:1-44).Lidia on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Ek wil graag weet waar in die ou testament een persoon wat deur storm is en in nuwe testament 2 persone wat deur storms gegaan het dis my huis werk asb waar moet ek leesChris van Wyk on Psalm 51 – Wees my genadig, o God Hi Christa, die 1933/53-vertaling praat van bloedskuld in Psalm 51:16: "Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel." Die 1983-vertaling vertaal met "ondergang" wat nie 'n goeie vertaling is nie. Die 2020-vertaling het weer teruggegaan na "bloedskuld" en gee die betekenis daarvan weer as: "<strong>Skuld wat ontstaan wanneer 'n persoon iets doen wat die dood verdien.</strong>" Dit sluit natuurlik moord in, maar ook enige ander sonde wat met die dood gestraf kan word.Christa on Psalm 51 – Wees my genadig, o God Hi, Chris . Wat beteken . Ps51-16 Wat praat van vergewe my bloedskuld.Chris van Wyk on Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam Hi Jessie - heeltemal reg. Die suurdeeg wat die Israeliete gebruik het, het altyd van 'n reeds gefermenteerde stuk deeg gekom wat van 'n vorige baksel oorgehou is. Hierdie klont gesuurde deeg is óf in water opgelos voordat nuwe meel bygevoeg is, óf is in die meel ingewerk met die knie daarvan (vgl Matt 13:33). Dit is waarom die brood wat aldus gemaak is, bekend gestaan het as "gesuurde" brood, onderskei van "ongesuurde" brood (Eks 12:15). Toe die Israeliete uit Egipte getrek het, het hulle net die deeg geneem sonder die suurdeeg van Egipte om 'n nuwe begin te simboliseer (Eks 12:34-39). Die Here het daarom die fees van die ongesuurde brood deel gemaak van die Pasga (Eks 23:15). Die suurdeeg het die korrupterende invloed van Egipte gesimboliseer. Die fees het hulle telkens daaraan herinner. Jesus gebruik dié simboliek in die NT om van die leringe van die Fariseërs te praat (Matt 16:6). So volg Paulus Hom ook na deur van immoraliteit as suurdeeg in die geloofsgemeenskap te praat (1 Kor 5:6). Op dieselfde wyse beskryf hy die suurdeeg van die klem op die besnydenis (Gal 5:9). Maar, Jesus transformeer uiteindelik ook die metafoor van die suurdeeg om die koninkryk van God met dieselfde metafoor as sy nuwe transformerende krag in dissipels se lewe te beskryf (Matt 13:33). Soos die suurdeeg van die sonde ons lewens verwoes, só heilig die suurdeeg van die koninkryk van God ons lewens.Jessie Van Rooyen on Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam Goeiedag Ds Chris As ek reg verstaan, is die ongesuurde brode vry van suurdeeg (waaarvan 'n klein bietjie alles suur maak) 'n teken van 'n nuwe begin. Dws - 'n 'vars' begin - vry van die 'suur'/smet/verderf van swaarkry/sonde ... Regso?reinette coetzee on Lees die vier evangelies en Handelinge Ook asb sinoptiese/parallel evangeliesChris van Wyk on Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God Hi André, Prediker 7:26 lui: "En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang." (1933/53-vertaling) Die Prediker som hier sy gevolgtrekkings op van sy soeke na wysheid in die sondigheid van die mens - die wysheid in sy goddeloosheid, dwaasheid en onverstandigheid (vgl vers 25). Die eerste gevolgtrekking is oor 'n spesifieke tipe dwase vrou. Sy is bitterder as die dood (vgl Spr 5:4). Haar hele menswees is gemik daarop om ander tot 'n val te bring. Sy is soos 'n slagyster wat jou vasvang. Haar gedagtes (hart) is soos nette wat jou verstrik. Haar hande is soos kettings in die tronk wat jou vasbind. Dit is net God wat jou kan red van só 'n vrou (óf 'n vrou kan gee wat die radikaal teenoorgestelde is, soos die Prediker skryf in hoofstuk 9:9). Onthou dat die Prediker hier mense teken wat goddeloos, dwaas en onverstandig is. Hy praat nie hier oor regverdiges, mense wat die Here dien nie. Sondige mense word deur sulke vroue gevang. En, onthou, dwase mans doen nie veel beter as dwase vroue nie. Trouens, daar is net een regverdige man uit 'n duisend (Pred 7:28). En dit is nie God se skuld nie. Hy het die mens reg geskape. Hulle het egter gekies om sy wil vir hulle lewe met allerhande slim planne - lees dwase dom planne - te ignoreer (Pred 7:29).Andre on Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God Halo pastoor Wat is die betekenis van prediker 7:26 Ek kry nie iets om dit oop te maak nie om nog beter te verstaanChris van Wyk on Die onderskeid tussen die kanonieke en apokriewe boeke Hi Heinrich, die term apokaliptiek is afgelei van 'n Griekse woord wat "openbaring" beteken. Dit verwys na literatuur wat geskryf is oor die toekomstige oordeel aan die einde van die tyd. Dit word gekenmerk deur simboliek en hemelse agente wat optree. Apokaliptiese geskrifte verwag dat God die ou onvolmaakte orde sal vernietig en die wêreld na sy oorspronkilke paradys-agtige toestand sal herstel. Dit is Bybelse boeke soos Daniël (hfst 7-12) en Openbaring, asook Bybelgedeeltes soos Jesaja 24-27 en Matteus 24-25.Heinrich Du Preez on Die onderskeid tussen die kanonieke en apokriewe boeke Hi Ek wil graag weet wat beteken apokapliptiese boekeChris van Wyk on Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 Hi Kobie, <strong>Jesus leer dat oud en nuut uit die Skrif belangrik is in die koninkryk van die hemele</strong> Matteus is die enigste wat hierdie gelykenis van Jesus vertel (Matt 13:51-52). <em><strong>Nuwe en ou skatte </strong> 51 “Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” het hulle geantwoord. 52 En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat 'n leerling in die koninkryk van die hemele geword het, soos 'n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.” (Bybel 2020-vertaling).</em> Daarom rond Jesus ‘n gesprek af wat Hy oor sy geestelike familie gehad het (“Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” – Matt 12:50). Hy het in die loop van die gesprek sewe gelykenisse oor die koninkryk van die hemele vertel, die gelykenisse van die saaier, onkruid, mosterdsaad, suurdeeg, verborge skat, pêrel en treknet. Jesus het hierdie gelykenisse vertel, sodat dié wat ore het om te hoor, kan hoor (Matt 13:9-17). Die ongemaklike waarheid was dat daar talle Jode was wat juis nie wou hoor nie, en daarom was die gelykenisse vir hulle onverstaanbaar. Die gelykenisse was net verstaanbaar vir dié wat ore gekry het van sy Vader om te hoor (Matt 13:11), dié wat bereid was om te doen wat God vra (Matt 12:50). Jesus vra dan die disspels of hulle regtig verstaan wat Hy deur die gelykenisse geleer het. Hy moet seker maak dat hulle verstaan voor Hy verder die evangelie met hulle deel. Op hulle positiewe antwoord vertel Jesus dan 'n verdere gelykenis, die gelykenis van die huiseienaar en sy voorraadkamer, om hulle te bevestig in hulle verstaan van die evangelie. Hulle is soos 'n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy voorraadkamer haal. Dit is trouens ‘n beskrywing van wat met elke skrifkenner gebeur wat tot insig kom. Wanneer hy of sy deel word van Jesus se familie, omdat hulle bereid is om die wil van God te doen, word hulle leerlinge in die koninkryk van die hemele. En kry hulle die voorreg om kreatief te werk met beide die nuwe – Jesus se lering – en die oue – die Skrif van die OT. Saam vorm dit die Woord van God. <strong>Boodskap en betekenis</strong> Hierdie gelykenis is ‘n absoluut fundamentele uitspraak oor die relevansie van beide die Skrif – die Ou Testament – en die boodskap van Jesus – die uiteindelike Nuwe Testament. Elkeen wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemele sal nuut kyk na die openbaring van God, sê Jesus. Aan die een kant sal hulle ‘n nuwe perspektief op die waarde van die oue kry – die OT. Aan die ander kant sal hulle insig kry in die waarde van die nuwe – die NT. Trouens, deur die bril van die openbaring van Jesus – die NT – sal hulle juis die oue nuut kan waardeer – die OT. Charles Quarles gebruik hierdie gelykenis van Jesus as die invalshoek van sy teologie van Matteus – A Theology of Matthew: Jesus Revealed as Deliverer, King, and Incarnate Creator. Hy sê dat daar ‘n goeie saak uit te maak is daarvoor dat Matteus die gelykenis ook outobiografies verstaan het. Dit is nie net waar van elke skrifkenner nie, maar ook van Matteus wat ‘n kenner van die OT was. Daarvan getuig die talle aanhalings wat hy uit die OT maak. Onder andere is daar 19 profesieë uit die OT wat Matteus op Jesus van toepassing maak as getuienis dat dit in Hom vervul is. Vir jou verstaan van die oue en die nuwe en die blywende waarde van albei sal dit die moeite werd wees om die verwysings in hierdie lys na te gaan en te oordink. Matteus stel Jesus aan ons voor as die vervulling van die volgende OT profesieë: 1. Matteus 1:22-23 sê Jesaja 7:14 is vervul in Jesus dat die Messias uit 'n maagd gebore sou word. 2. Matteus 2:6 sê Miga 5:2 is vervul in Jesus dat die Messias in Bethlehem gebore sal word. 3. Matteus 2:15 sê Hosea 11:1 is vervul in Jesus dat die Messias uit Egipte geroep sal word. 4. Matteus 2:18 sê Jeremia 31:15 is vervul in Jesus dat ‘n kindermoord in sy tyd sou plaasvind. 5. Matteus 3:3 sê Jesaja 40:3 is vervul in Jesus dat 'n profeet in die woestyn die koms van die Here sou voorberei. 6. Matteus 4:14-16 sê Jesaja 9:1-2 is vervul in Jesus dat die Messias na die nasies van Galilea sou kom. 7. Matteus 8:17 sê Jesaja 53: 4 is vervul in Jesus dat die Messias ons siektes en swakhede sou dra as 'n offerlam. 8. Matteus 10: 35-36 sê Miga 7:6 is vervul in Jesus dat die Messias familielede teen mekaar sou draai. 9. Matteus 11: 5 en 15:31 sê Jesaja 26:19; 29:18; 35:5; 42:18; en 61:1 is vervul in Jesus dat die Messias blindes sal laat sien, lammes sal laat loop, die dowes laat hoor, dooies sal opwek en die evangelie aan die armes sal verkondig. 10. Matteus 11:10 sê Eksodus 23:20 en Maleagi 3:1 is vervul in Jesus dat 'n boodskapper die koms van die Messias sou voorafgaan. 11. Matteus 12:18-21 sê Jesaja 42:1-4 is vervul in Jesus dat die Messias nie luid of pretensieus sou wees nie. 12. Matteus 13:14-15 sê Jesaja 6: 9-10 is vervul in Jesus dat die Messias se leer misverstaan sou word. 13. Matteus 13:35 sê Psalm 78:2 is vervul in Jesus dat die Messias met gelykenisse die mense sal leer. 14. Matteus 15: 8-9 sê Jesaja 29:13 is vervul in Jesus dat God se volk teen hom sou rebelleer en valse dinge oor Hom sal versprei. 15. Matteus 17: 10-13 sê Maleagi 4:5 is vervul in Jesus dat die koms van die Messias voorafgegaan sal word deur die koms van 'n Elia-figuur. 16. Matteus 21:5 sê Jesaja 62:11 en Sagaria 9: 9 is vervul in Jesus wat die Messias se oorwinning in Jerusalem voorspel. 17. Matteus 26:31 sê Sagaria 13:7 is vervul in Jesus dat die Messias se dissipels hom sou verlaat. 18. Matteus 27: 9 sê Sagaria 11:13 is vervul in Jesus dat die Messias vir dertig silwerstukke verraai sou word. 19. Matteus 27:35,43,46 sê Psalm 22:1-2, 6-8,18 is vervul in Jesus dat mense vir die Messias se klere sou loot en Hom bespot en dat die Vader hom sou verlaat tydens sy lyding vir die kwaad.Chris van Wyk on MARKUS 1:9-15 Hi Pieter (ek sal nog antwoord oor die doop - net vasgedraai), ek gaan daaroor skryf in my Prontuit die Waarheid reeks vanaf die begin van Julie af.Pieter on MARKUS 1:9-15 Middag Chris Jy het nie 'n skrywe oor Lent wat meer die laaste 40 dae van Jesus na die kruis verduidelik. Groete PieterKobie Marais on Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 Verduidelik asb vir my Matteus 13vers 52Chris van Wyk on GENESIS 9:8-17 Dankie, Jan. Eintlik verstommend hoe diep die Noag-verhaal ingebed is in die hele Bybel. Dit het selfs 'n invloed op die "sinode"-sitting in Jerusalem (Hand 15) gehad en op ons siening van die doop (1 Pet 3). Noag is nie 'n liggewig nie. Ons ignoreer hom tot ons skade.Jan Louw on GENESIS 9:8-17 Baie waardevol. Dankie ChrisChris van Wyk on Bybelskool oor die evangelie volgens Matteus – begin 16 Januarie Hi Denver, jy kan dit kry by https://bybelskool.com/matteus/Denver on Bybelskool oor die evangelie volgens Matteus – begin 16 Januarie Ek soek graag meer inligting oor MatteusChris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi Awie, "beter" beteken hier "het 'n groter impak." Dit is my weergawe van Paulus se lering dat Korintiërs hulle moet toelê op die "groter / belangriker gawes" soos die Grieks in 1 Korintiërs 12:31 vertaal moet word (χαρίσματα τὰ ⸀μείζονα). Hy gee die lering omdat die Korintiërs die spreek in tale verkies (hoër geag) het eerder as profesie, terwyl profesie juis 'n belangriker gawe was wat 'n groter impak in die gemeente gehad het. Dit is waarom die 2020-vertaling van "belangriker genadegawes" praat (1 Kor 12:31). Want, dit is waaroor dit gaan. Op soortgelyke wyse vertaal die 2020-vertaling die een wat profeteer as "van groter waarde" as die een wat in tale spreek (1 Kor 14:5). Gawes is dus gelyk in die sin dat die Gees dit aan elkeen uitdeel soos Hy dit wil. Maar dit is ongelyk in terme van die impak wat dit in ander se lewe kan hê. Tale stig jouself en as dit reg gedoen word, is dit 'n teken aan ongelowiges (1 Kor 14:22), maar profesie - die uitleg van God se Woord vir vandag - bring almal tot insig, verantwoording en aanbidding omdat die geheime van die hart blootgelê word (1 Kor 14:24-25). Profesie is dus 'n "groter" of "belangriker" gawe in die konteks van die gemeente. Hoop dit help!Chris van Wyk on Lukas Hi Roland, ek verduidelik dit in die breër konteks van die perikoop. Lukas 17:20-36: <strong>Teks en konteks</strong> Let op hoe Jesus in die eerste twee verse in gesprek met die Fariseërs gaan oor die huidige onsigbaarheid van die koninkryk van God. Om net daarna tot en met vers 37 met sy dissipels oor die uiteindelike sigbaarheid van die koninkryk van God te praat. Die boodskap van die huidige onsigbaarheid is dus vir die Fariseërs wie se oë blind is vir wat Hy doen onder hulle. Die boodskap van die toekomstige sigbaarheid is vir sy eie mense om hulle hoop te versterk, selfs al moet hulle self in verwagting leef en nie in aanskoue nie. 17:20-21 Met die Fariseërs praat Jesus hier oor die feit dat die koninkryk van God wel in sy aardse bediening raakgesien kan word. Dit is wat die frase beteken: “die koninkryk van God is onder julle.” Hulle het egter ‘n politieke of militêre koninkryk verwag. Daarom is die koninkryk vir hulle onsigbaar. Jesus se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. Dis die “vinger van God” wat uit die onsigbare geestelike sfeer sy impak in hierdie wêreld maak (vgl Luk 11:20; Matt 12:28). Die Fariseërs het nie oë om dit raak te sien nie, want hulle glo nie in Hom nie. 17:22-23 Met die dissipels praat Jesus oor die toekomstige koninkryk van God wat uiteindelik sigbaar sal word wanneer Hy weer na die aarde toe sal terugkom. Dit sal aan die een kant ‘n uitdaging vir hulle wees, omdat hulle sal verlang om dit te sien, maar dat die wagtyd lank gaan wees. Waarvoor hulle veral versigtig moet wees, is om nie mislei te word deur mense wat voortydig allerlei aansprake maak dat Hy hier is of daar. 17:24 Jesus se wederkoms sal onverwags, maar duidelik herkenbaar wees, soos die weerlig op een plek slaan, maar die hele hemelruim verlig. 17:25 Dan keer Jesus terug na die hede en praat oor sy lyding en verwerping deur “hierdie geslag”, ‘n verwysing na die Joodse leiers. Jesus verwys dan na twee voorbeelde uit die geskiedenis wat die dissipels sal help om die wederkoms te verstaan. Die verhaal van Noag en die oordeel van die vloed. En die verhaal van Lot en die oordeel oor Sodom. Albei hierdie verhale is van ‘n ongeïnhibeerde boosheid wat die samelewing oorgeneem het. Totdat God met sy oordeel ingegryp het. 17:26-27 Die mense het in Noag se tyd vir ongeveer ‘n eeu lank aangegaan met hulle lewe terwyl Noag die ark gebou het. Geëet, gedrink, en getrou. Totdat alles klaar was, Noag in die ark ingegaan het, die vloed van God se oordeel gekom en almal uitgewis is. So sal dit ook wees met Jesus se wederkoms. 17:28-30 Die mense het in Lot se tyd dieselfde gedoen. Hulle het geëet, gedrink, gekoop, verkoop, geplant, gebou. Maar, op die dag wat die engele Lot en sy mense uit Sodom gered het, het die vuur en swael van God se oordeel uit die hemel gereën en almal uitgewis. So sal dit ook wees die dag waarop die Seun van die mens aan almal geopenbaar sal word. Hy sal kom met ‘n verlossende oordeel. 17:31-32 Jesus illustreer die gereedheid wat hy van sy dissipels verwag met die voorbeeld van iemand wat op die dak van sy huis is. Hy moenie nog tyd verspil om ‘n paar besittings uit die huis te gaan haal as die Here kom nie. Hy wat in die veld is, moenie terugdraai na wat by die huis is nie. “Onthou Lot se vrou!” Sy het in ‘n pilaar van sout verander toe sy teruggedraai het na wat agtergebly het in Sodom en Gomorra en is agtergelaat (Gen 19:17, 26). Sy het só haar redding verloor. 17:33 Jesus verklaar hierdie beginsel vir sy dissipels soos volg. As jy hier jou lewe probeer behou deur in te pas by hierdie wêreld, sal jy juis jou lewe daar met die wederkoms verloor. Maar, selfs as jy jou lewe hier verloor, omdat jy aan Hom getrou bly, sal jy jou lewe vir ewig behou in die hiernamaals (vgl Luk 9:24). 17:34-35 Die wederkoms sal ook ‘n skeiding bring tussen mense. Tussen eggenote en werkgenote. Die “aanneming” is ‘n verwysing na die engele se werk om die gelowiges van die ongelowiges te skei by die wederkoms. Wie Jesus in hierdie lewe “aanneem” (Joh 1:12), sal met sy Wederkoms “aangeneem word.” 17:36 Die dissipels probeer dan die plek agterkom waar dit sal gebeur. As die tyd dan onbekend is. Miskien kan hulle ten minste die plek identifiseer waar dit sal gebeur. Jesus antwoord hulle egter nie direk nie. Hy gebruik ‘n moeilike interpreteerbare verwysing na aasvoëls. Dit kan dui op die herkenbaarheid van die wederkoms, soos ’n mens weet daar is ’n lyk as aasvoëls daarom vlieg. Hulle sal dus weet as die wêreld ryp is vir oordeel. Die wêreld sal soos ’n verrottende lyk wees waarom die aasvoëls draai. Dan sal die einde kom. <strong>Boodskap en betekenis</strong> Hierdie verhale van Noag en Lot, en Jesus se toepassing daarvan, moet ons waaksaam maak om Jesus te gehoorsaam in hierdie lewe, en gereed maak sodat ons Hom in die volgende lewe kan ontvang as Hy terugkeer. Die tragiese feit dat die wederkoms ook skeiding sal bring tussen dié wat glo en dié wat nie glo nie, moet ons aanvuur om die evangelie aan almal te bring.Chris van Wyk on Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde Dit is my voorreg, Rowaida.Rowaida on Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde Dankie ve die woord wat u opbreuk dat mens dit kan verstaan dt help my dat x die woord kan verstaanR Roberts on Lukas Hi Chris, Verduidelik asb vir my Lukas 17 : 34 - 36. Baie dankie, Groete, RolandChris van Wyk on Deuteronomium 16:1-17 – Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees Hi Hannes, nee, want hulle is in Jesus Christus vervul. Daarom sê Paulus: "Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ’n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ’n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus." (Kol 2:16-17)Hannes Venter on Deuteronomium 16:1-17 – Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees Goeiedag. Moet ons vandag nog al die verskillende feeste vier?Awie Leonard on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Beste Ds Chris Baie dankie vir die voorreg om van julle materiaal te kan gebruik tydens ons groeigroep-byeenkomste. Ons het verlede week die tema van "Lewende Stene" in Jesus se Kerk bespreek en onder andere gepraat oor die gawes soos vervat in 1 Kor 12:12-31. In die Bybelskool materiaal oor hierdie gedeelte word daar in die laaste paragraaf die volgende gesê (en ek haal aan): "Paulus beklemtoon dat nie almal al die gawes het nie, en dat daar beter gawes is (profesie is bv. beter as die gawe van tale, soos hy in hoofstuk 14 sal wys), maar dat alles ondergeskik is aan die gawe van die liefde wat aan almal in die gemeente gegee is, waaroor hoofstuk 13 handel." Die sleutelwoord "BETER GAWES" waaroor ons toe gesels het, het toe 'n interessante gesprek uitgelok. Ons het gevoel dat all gawes "gelyk" is en dat nie een beter is as die ander nie. Ek moet sê 1 Kor 14 gee wel meer duidelikheid, maar sal tog dankbaar wees as jy dalk net vir ons meer kan sê oor die woord "beter". Baie dankie by voorbaat vir jou inset hieroor. Groete, Awie Leonard, Luxmundi NG Gemeente (Pretoria Oos)Chris van Wyk on MARKUS 9:2-8 Dankie Gerrit. Geniet!Gerrit Woudstra on MARKUS 9:2-8 Geagte Ds Chris. Ek is so dankbaar dat ek jou Bybelskool ontdek het tydens n Google soek oor 'n verduideliking van 'n skrifgedeelte! Het nou onlangs by Genesis begin en is nou amper klaar met Exodus. As ek deur al jou studiemateriaal/kommentare gerwerk het gaan ek weer by Geneses begin, want dit is sooo leersaam en genotvol om daardeur te werk! Groete en Seen. GerritChris van Wyk on MARKUS 9:2-8 Dankie, Jan.Jan Louw on MARKUS 9:2-8 Dankie vir jou goeie werk Chris.Chris van Wyk on Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls Dankie, Nico.Nico Oosthuizen on Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls Bai....baie dankie Chris...jou opsommings naak dit makliker om Openbaring te verstaanChris van Wyk on Openbaring Ja, jy kan skakel vir skakel deur al die stof deurwerk. Dit is gratis.Chris van Wyk on 1 KORINTIËRS 9:16-23 Ja, dieselfde hierdie kant. Ek het opnuut my aan die Here se roeping vasgemaak, soos Hy dit openbaar, nie soos ek dit graag wil hê nie. Groete, Herman.Herman Steyn on 1 KORINTIËRS 9:16-23 Die gedeelte het my anderdaad tot stil staan gebring: Dien ek deur my passie, via Veritas, die Koninkryk, soos wat Paulus uitwys in veral 2 Kor 6: 6-7.Bianca on Openbaring Goeie dag. Wil net hoor of al die nodige informasie en bespreeking op hierdie blad beskikbaar is om gepos te word ampers soos n gits wat leiding gee en bestudeer kan wordChris van Wyk on logo-bybelskool Hi Wynand, die enigste stof wat beskikbaar is, is op hierdie webtuiste. Dit is gratis.Chris van Wyk on GALASIËRS 5 – Ons leef deur die Gees – Sola Gratia Dankie!Christina on GALASIËRS 5 – Ons leef deur die Gees – Sola Gratia Môre Chris Baie dankie, ek het gisteraand spesifiek Galasiers 5:7 in 'n droom ontvang om te lees en so op jou Skrifte afgekom. Mooi geskryf Wees geseendWynand on logo-bybelskool More More hoop dit gaan goed Ek het tot Rut in die hande gekry op n stufie Wil graag weet of jul dit verkoop sal belang stel om gele kursus van die hele bybel skool by jul te koop boeke en video opnames Sal bly wees as jul my kan kontak 0825682317 asb mooi bly wynandChris van Wyk on Jesaja Ja, Kotie, dit is heerlik om diep in 'n teks in te sak tot dit deel van jou binnekant geraak het!Kotie on Jesaja Dankie Chris. Dis so lekker om dieper te delf. Ek gaan gereeld op Bybelskool maar lees noual 'n paar dae Jes 24 as ek klaar is. Baie dankie.Trudie Vorster on JESAJA 40:12-31 God sal nooit ophou om aan ons goed te doen nie. Loof die Here!!!Chris van Wyk on Daniël 11-12 – God hou wag oor sy kinders deur die verdrukking tot aan die einde toe Hi Riëtta, let op dat dit net "die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies" wat versamel is om by die inwyding van die beeld daarvoor te buig as 'n boodskap aan die nasies om dieselfde te doen. Daniël is aangestel as die heerser oor die provinsie Babel en die hoofowerste van die wyse manne in die paleis (Dan 2:48-49) en was waarskynlik nie deel van die klomp leiers wat opgeroep is om voor die beeld te buig nie. Sadrag, Mesag en Abednego was deel van die bestuurspan van die provinsie Babel - op Daniël se versoek - en direk betrek om voor die beeld te buig.Chris van Wyk on Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop Hi Tersia - skryf in by http://www.bybelskool.com/subscribe. Jy kan hoofstuk vir hoofstuk deur die Bybelboeke werk aan die hand van my bydraes daaroor. Jy kan die boek Wie is God? hier deurwerk. Jy kan ook vrae vra. Dit is gratis.Riëtta on Daniël 11-12 – God hou wag oor sy kinders deur die verdrukking tot aan die einde toe Ek geniet u lerings en u “boldness”. Tydens my studie van Daniël en die ander boeke aangaande die eindtye en eskatologie, kom die vraag by my op ... Waar was Daniël toe sy 3 vriende ie wou buig voor die beeld nie en daarna in die vuuroond gegooi is? Die Woord sê duidelik dat alle volke, tale en nasies die opdrag ontvang het. Daniël was tog as hoof aangestel oor Babel en het in die Paleis saam met die Koning gewoon. Waarom was hy nie saam in die vuuroond nie en waarom het hy niks gedoen nie? Geseënde dag vir u.Tersia on Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop Goeie more, wat moet ek doen om deel te word van die Bybelskool? Hoe lank is dit en wat kos dit? GroeteChris van Wyk on PSALM 11 Jy is reg, Ansie. Ek begin al hoe meer dink dat 'n mens 'n Psalm 'n dag moet lees. Net om die beloftes van die Here daarin te hoor. En om die gebede daarin te bid. Geniet!Ansie on PSALM 11 Ai wat n wonderlike reis. Hoe duidelik is hierdie psalm ook van toepassing op 2021.Chris van Wyk on PSALM 11 Welkom Robin!Robin Linde on PSALM 11 Baie dankie! Ek is op reis saam met julle RobinChris van Wyk on PSALM 11 Hi Mervyn, Psalm 11:4 beskryf die Here wat alles sien wat mense doen - "sy oë sien; sy blik (letterlik "ooglede") toets die mensekinders." Vers 5-7 verklaar dan die uitkoms van hierdie "toets". Die goddelose vernietig Hy. Die regverdige trek Hy in sy teenwoordigheid in.Chris van Wyk on DEUTERONOMIUM 18:9-22 Hi, die tekste wat ek gaan behandel hierdie jaar was ingesluit net in die eerste bydrae. Jy kan die volle lys egter hier aflaai: <a href="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2021/01/Sleuteltekste-2021.xlsx">Excel</a> of <a href="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2021/01/Sleuteltekste-2021.pdf">Pdf</a>Mervyn on PSALM 11 Hello Chris Hoe gaan dit.. Verklaar asseblief die volgende sy blik toets die mensekinders. Dankie Mervyn and bndedeChris van Wyk on PSALM 11 Hi Elmari, ek is bly. Daar is maar net een manier om met God te wandel, deur te luister na sy Woord en daaruit te leef. Geniet.Elmari Hoffman Van Rooyen on PSALM 11 Hallo Chris. Ek skakel van vandag af vir die eerste keer by die Bybelskool in. Is sommer baie opgewonde oor die rigting wat dit my gaan gee wat betref my stilword-tye saam met Vader.Ansie on DEUTERONOMIUM 18:9-22 Hoe kry ek die leesrooster afgelaai? Ek look daarop maar maak nie oop nie. Dankie vir hou besondere goeie verduideliking. Mooi dag AnsieChris van Wyk on DEUTERONOMIUM 18:9-22 Dankie Philip!Philip on DEUTERONOMIUM 18:9-22 Dankiedankie Jou boodskappe is ondubbelsinnig en baie duidelikChris van Wyk on Psalm 91 – Ja, U, Here, is my skuilplek! Dit bly my voorreg, Rouvlin.Rouvlin Smith on Psalm 91 – Ja, U, Here, is my skuilplek! Dit was aangenaam om hierdie getuies te lees, baie dankie vir die bemoedigings.Chris van Wyk on Amos 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies My voorreg, Magda.Chris van Wyk on Hou sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin My voorreg, Jefferey.Jefferey on Hou sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin Vrede Ds Chris Baie dankie vir die E- pose wat ek van u ontvang. Ek gebruik die meeste van u material wat u beskikbaar stel. Dit help my baie met my bybel studie.Die boeke van die bybel en inhoud verstaan ek baie beter. Dankie vir u webwerf. Die Here seen. JeffereyMagda Dias on Amos 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies Baie dankie Dominee, dit was 'n onderwerp waarmee ek ook gesukkel het.Chris van Wyk on Paulus en sy briewe Hi Tabita - ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só 'n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/Tabita on Paulus en sy briewe Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.Chris van Wyk on Subscribe Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.Chris van Wyk on Subscribe Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat Wordpress vir jou stuur goedkeur.Esme Dorfling on Subscribe Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.Chris van Wyk on Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie 'n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in 'n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As 'n mens simbolies daarna kyk, kan 'n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.Yunis Duimpies on Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam Goeie middag Ds Chris Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankieChris van Wyk on Genesis 26 – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.Chris van Wyk on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Hi Miems, die wet is duidelik dat 'n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so: Sondag 40 105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod? Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d). (a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4. 106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak? Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d). (a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15. 107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie? Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d). (a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.Chris van Wyk on Die plek van vas in geloofsgewoontes Ek het ook 'n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/Chris van Wyk on Die plek van vas in geloofsgewoontes Hi Frans - ek het 'n paar gedagtes oor vas geplaas by: https://bybelskool.com/die-plek-van-vas-in-geloofsgewoontes/. Daarin is 'n pdf van Calvyn oor vas.Frans Scheepers on Die plek van vas in geloofsgewoontes Ek soek na handleiding vir die tyd waarin ons is, vir die pandemie. Veral oor intense gebed.Chris van Wyk on Inleiding oor die boek Daniël Dankie Chantelle - jy kan my bydraes oor Esegiël hier bereik: https://bybelskool.com/esegiel-blad/Chantelle on Inleiding oor die boek Daniël Baie Dankie hier oor Baie ekstra kennis by gelas 🙏👋, ek is op soek na notasoor die boek Esegiel. Kan my kontak op my epos Dankie Groete Chantelle du PlessisChris van Wyk on Hoe werk die uitverkiesing? Hi Anton Dit is nie my punt nie, maar die punt van die Dordtse Leerreëls op grond van die Skrif. Hier is dit in konteks aangehaal: 1. Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23). 2. Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16). 3. Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15). 4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met 'n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16). 5. Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter 'n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Ef 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Fil 1:29). 6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik - hoe verhard hierdie harte ook al mag wees - en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlor is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit 'n onuitspreeklike troos. 7. Hierdie uitverkiesing is 'n onveranderlike voorneme van God. Daarvolgens het Hy nog voor die skepping 'n sekere aantal mense uit die hele menslike geslag uitverkies. Hierdie menslike geslag het deur hulle eie skuld van hulle oorspronklike ongeskondenheid in sonde en verderf verval. Die uitverkorenes is dus nie beter of waardiger as die ander nie, maar verkeer saam met die ander in die gemeenskaplike ellende. Nogtans het Hy hulle, uit volkome vrye welbehae van sy wil en uit louter genade, tot die saligheid in Christus uitverkies. God het Christus ook van ewigheid af tot Middelaar en Hoof van al die uitverkorenes en tot Fondament van die saligheid gestel. So het Hy ook besluit om die uitverkorenes aan Christus te gee om hulle salig te maak. Deur sy Woord en Gees roep en trek God die uitverkorenes kragdadiglik tot gemeenskap met Hom. Hy het dus besluit om aan die uitverkorenes die ware geloof in Christus te gee, hulle te regverdig en te heilig en om hulle, wat kragtig in die gemeenskap van sy Seun bewaar word, uiteindelik as bewys van sy barmhartigheid en tot lof van sy oorvloedige en heerlike genade te verheerlik. Soos geskrywe is: In Christus het God Hy ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons vir sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde (Ef 1:4,5,6); en elders: Die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik (Rom 8:30). 8. Hierdie uitverkiesing is nie veelvoudig nie, maar een en dieselfde vir almal wat salig word, in die Ou sowel as in die Nuwe Testament. Die Skrif verkondig immers aan ons net een welbehae, voorneme en raad van die wil van God. Hiervolgens het Hy ons van ewigheid af uitverkies tot die genade sowel as tot die heerlikheid, tot die saligheid sowel as tot die weg na die saligheid wat Hy voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef 1:4,5; 2:10). 9. Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie. 10. Die oorsaak van hierdie genadige uitverkiesing is inderdaad slegs die welbehae van God. Dit bestaan nie daarin dat Hy uit alle moontlikhede sekere menslike hoedanighede of dade as 'n voorwaarde vir die saligheid uitgekies het nie. Dit bestaan wel hierin dat Hy sekere bepaalde mense uit die hele menigte van sondaars as sy eiendom aangeneem het. Soos geskrywe is: Toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, ..., is vir haar (nl Rebekka) gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat (Rom 9:11,12,l3); en: Daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe (Hand 13:48). 11. God self is alwys, onveranderlik, alwetend en almagtig, en daarom kan sy daad van uitverkiesing nie ongedaan gemaak, oorgedoen, verander, herroep of afgebreek word nie. Die uitverkorenes kan ook nie verwerp of in getal verminder word nie. 12. Die uitverkorenes word op God se tyd van hulle ewige en onveranderlike uitverkiesing tot saligheid verseker. Dit gebeur verskillend en nie vir almal in gelyke mate nie. Hierdie versekering ontvang hulle nie as hulle nuuskierig die verborgenhede en dieptes van God probeer deursoek nie. Hulle ontvang die sekerheid egter as hulle in hulleself die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing, soos in die Woord van God aangewys, met geestelike blydskap en heilige vreugde waarneem. Hierdie onfeilbare vrugte van die uitverkiesing is die ware geloof in Christus, die kinderlike vrees van God, die droefheid oor die sonde volgens die wil van God, die honger en dors na die geregtigheid, ensovoorts (2 Kor 13:5). 13. Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur 'n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te wandel. 14. Hierdie leer van die Goddelike uitverkiesing is verder, volgens die wyse besluit van God, deur die profete, deur Christus self en deur die apostels in sowel die Ou as die Nuwe Testament verkondig. Daarna is dit in die heilige Skrifte bekend gemaak en bewaar. Daarom moet dit vandag nog op die regte tyd en plek in die kerk van God - waarvoor dit in die besonder bestem is - uiteengesit word. Hierdie leer moet egter oordeelkundig, met gelowige eerbied en heilige ontsag, sonder 'n nuuskierige ondersoek na die weë van die Allerhoogste, verkondig word. Dit alles moet gebeur tot eer van die heilige Naam van God en tot 'n lewende troos vir sy volk (Hand 20:27; Rom 12:3; 11:33,34; Heb 6:17,18). 15. Verder toon die heilige Skrif hierdie ewige en onverdiende genade van ons uitverkiesing baie duidelik aan en verkondig dit nadruklik aan ons. Dit getuig bowendien dat nie alle mense uitverkies is nie, maar dat sommige nie uitverkies is nie of in die ewige uitverkiesing van God verbygegaan is. God het besluit om hulle, na sy volkome vrye, regverdige, onberispelike en onveranderlike welbehae, in die gemeenskaplike ellende te laat bly. Daarin het hulle hulleself deur hulle eie skuld gestort. God het immers besluit om nie aan hulle die saligmakend~ geloof én die genade van die bekering te gee nie. Om sy geregtigheid te openbaar, het God besluit om hierdie mense aan hulleself oor te laat, hulle onder sy regverdige oordeel te laat bly en om hulle nie alleen oor hulle ongeloof nie, maar ook oor al hulle ander sondes te veroordeel en ewig te straf. Dit is die besluit van die verwerping, wat God hoegenaamd nie tot bewerker van die sonde maak nie, want dit sou 'n godslasterlike gedagte wees. Inteendeel, dit sê juis dat God 'n gedugte, onberispelike en regverdige Regter is wat die sonde straf. 16. Hulle wat die lewende geloof in Christus, die vaste vertroue, die gewetensrus, die beoefening van kinderlike gehoorsaamheid en die roem in God deur Christus nog nie ten volle ervaar nie - ofskoon hulle die middele gebruik waardeur God hulle beloof, het om hierdie dinge in ons te bewerk - moet nie mismoedig word wanneer hulle van die verwerping hoor nie. Hulle moet hulleself ook nie onder die verworpenes reken nie, maar ywerig voortgaan om die middele te gebruik, vurig verlang na die tyd van oorvloediger genade en dit ook met eerbied en ootmoed verwag. Hulle wat ernstig begeer om hulle tot God te bekeer, om Hom alleen gehoorsaam te wees en van die liggaam van die dood verlos te word, maar op die pad van die vroomheid en die geloof nog nie so ver gekom het as wat hulle wel wou nie, behoort nog minder die leer van die verwerping te vrees. Die barmhartige God het immers beloof dat Hy die dowwe lamppit nie sal uitblus en die geknakte riet nie sal verbreek nie. Maar hierdie leer is tereg verskriklik vir almal wat God en die Verlosser, Jesus Christus, verag en hulleself geheel en al aan wêreldse sorge en sondige begeertes oorgegee het. Dit sal so bly solank hulle hulle nie met erns tot God bekeer nie. 17. Die Woord van God, waaruit ons die wil van God leer ken, getuig daarvan dat die kinders van die gelowiges heilig is. Hulle is nie van nature heilig nie, maar kragtens die genadeverbond waarin hulle saam met hulle ouers opgeneem is. Gelowige ouers moet daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie (Gen 17:7; Hand 2:39;1 Kor 7:14). 18. Teen iemand wat oor hierdie genade van die onverdiende uitverkiesing en gestrengheid van die regverdige verwerping in opstand is, stel ons die woorde van die apostel: O, mens, wie is jy wat teen God antwoord? (Rom 9:20); en ook die woorde van ons Saligmaker: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? (Matt 20:15). Maar ons wat hierdie verborgenhede godvresend en met eerbied aanbid; roep saam met die apostel uit: O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken of wie was sy raadsman gewees? Of wie het iets aan Hom gegee, dat dit vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid! Amen (Rom 11:33-36).Anton on Hoe werk die uitverkiesing? Chris, jou punt 7 is tog duidelik onwaar. Jy sê: “Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld.” Verder aan sê jy egter: “So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak.” Hoe kan dit die ongelowiges se skuld wees dat hulle nie glo nie as God die saligmakende geloof van hulle weerhou?Yvonne on Genesis 26 – Isak beweeg van rusies na die ruimte wat die Here hom gee Ds Chris ek is so dankbaar dat ek al u hardewerk mag gebruik en geniet.....seenwense....mag ek vra vir n korreksie , tel dit vanoggend op tydens my stilte tyd Gen 26...die voorlaaste paragraaf by u boodskap noem u Sara se naam ipv Rebekka...dis nie kritiek nie asb...gedurende die inperking en weens my swak gehoor is Bybelskool van groot seen vir my...baie dankieMiems Albrecht on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Mag Mense selfdood pleegChris van Wyk on Die “boeke” van God Dankie Francois, dieselfde mooi wense vir julle!Chris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Netso, soos ek ander geliefdes rondom my se verjaarsdae vier om my verbintenis aan hulle te bewys, só doen ek dit met Jesus s'n. Die datum maak nie saak nie. Die viering maak wel saak. Trouens, ek vier dan my eie verjaarsdag, al hoe meer omdat ander dit namens my onthou, maar nogtans! Hoekom dan nie Jesus s'n nie? Sy geboorte, bediening, kruisdood, opstanding, hemelvaart en wederkoms is die kern sake van sy betekenis vir die heelal. Ek vier al hierdie gebeure - sommige op spesifieke dae (geboorte, kruisdood, opstanding, hemelvaart) en ander regdeur my wandel in die Here sowel as deur my bediening.Wanda on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Wat wel belangrik is, is dat Jesus beslis gebore was. Maak nice saak waneer nie, al het jy n kersboom en n kersvader met takbokke, ons val nie neer voor hulle en aanbid hulle nie. Jesus se geboorte was n groot gedoente die wysemanne het geskenke gebring, die engele leerskale het gesing dit was n groot groot wonderbarlike gebeurtenis, vier dit geniet dit en vertel almal daarvan wat dit nie weet nie. Die bybel se ook die een dag is hoër gèag vir een persoon as vir n ander, làat elkeen vir homself besluit watter dag vir hom belangrik is laat ons nie oordeel. Geseënde Christus feesFrancois Conradie on Die “boeke” van God 23 Desember 2020 Dr van Wyk, (Verkeerde plek maar regte tyd ) Baie dankie vir alles wat jy geskryf, gepubliseer het en jou "ge-YouTube" preke. Dit beteken vir my geweldig baie op my lewensreis (en ek is seker vir vele ander ook). Dankie dat jy jou talente met soveel entoesiasme en so vrygewig gebruik. Mag die Here wil dat jy dit vir nog lank sal kan doen. 'n Mooi 2021 word jou, jou dierbares en gemeente toegewens. Francois Conradie Kempton ParkChris van Wyk on Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid Ja, Paulus skryf oor daardie waarheid só: "Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom (Christus) is hulle “ja”; daarom sê ons deur Hom “amen” aan God, tot sy eer." (1 Kor 1:20).Claudette on Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid Ek en my gesin is van okt 2019 bepoef deur my man wat sy werk verloor het weens omstandighede. Ons gesin is huidig gesplit oor omstandighede.nie uit vrye wil nie. Ekt gebid en 'n vriendin het opgekom in my gees en ekt haar gekontak syt gebid en op die 8 Drs 2020 het sy die skrif gekry om vir my te gee. Jesaja 62. Wat 'n skrifChris van Wyk on 1 en 2 Timoteus Dieselfde vir jou, Petrus.Petrus on 1 en 2 Timoteus Beste Chris Dankie, dit maak vir my sin. Steeds vreemd maar meer verstaanbaar en logies. Mooi dag en Vrede vir die Christusfees!Bruce on Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls Baie dankie Chris.Chris van Wyk on 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood Hi Petrus, dit is nie maklik om te verstaan nie. Miskien is die eenvoudigste manier om doodgewoon te sê: Jesus as die "Seun van God" is van altyd af daar; Jesus as die "Seun van die mens" is van sy geboorte af daar. Oor die engele. Sommige het name. Ons lees van Michael en Gabriël. Die meeste het nie name nie. Dan lees ons ook van 'n besondere Engel, die Engel van die Here, wat talle kere met die Here self geïdentifiseer word. Dit is dié Engel waarvan ek praat wat met Jesus in sy "Seun van God" bestaan verbind word. Jy kan meer lees in my bydrae oor J<a href="https://bybelskool.com/jesus-en-jahwe/">esus en Jahwe (Here)</a>.Petrus on 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood Beste Chris Dankie vir die verduidelik. Bly bietjie onseker, want dis alreeds moeilik om die Drie-Eenheid (Vader. Seun en Heilige Gees) aan ander te verduidelik en nou moet ek/ons vertel dat Jesus was reeds daar voor Sy geboorte? Die Bybel is duidelik oor Engele en noem hul by name? Dan is die OT heeltyd besig om die Nuwe Verbond en Erfenis te voorspel deur te praat van die Redder wat sou kom? God het 'n plan vir ons almal en Hy ken ons voor geboorte. Daarom verstaan ek dat Jesus daar was in Gees, want hy is deel van God se plan, maar hoe kon Hy tot God bid terwyl Hy op aarde was as mens as Hy toe God was? Ek wil nie argumenteer nie, maar hoe verduidelik ek dit vir myself en aan ander?Chris van Wyk on Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis Hi Bruce Jesaja profeteer in hoofstuk 14 die toekomstige verval van die koning van Babel. Hy gebruik beskrywings wat herinner aan die val van Satan uit die hemel. Ek haal uit Michael Heiser se uitstekende boek Unseen Realm aan: In Isaiah 14:4, God tells the prophet to take up a “taunt” (Hebrew: mashal ) against the king of Babylon. A mashal is better described as a comparative parable. The question to keep in mind as we proceed is, to whom is the king of Babylon being compared? 1 The beginning of the parable sounds as unfavorable to the king of Babylon as Ezekiel’s description of the prince of Tyre is to that ruler. The king of Babylon is called an “oppressor” ( ESV ; v. 4) who ruthlessly persecuted the nations (vv. 5–6). The world will finally be at rest when the oppressor is “laid low” ( ESV ; vv. 7–8). In anticipation of the joy of finally being rid of the king of Babylon, the prophet writes: 9 Sheol below is getting excited over you, to meet you when you come; it arouses the dead spirits [ rephaim ] for you, all of the leaders of the earth [ ʾerets ]. It raises all of the kings of the nations from their thrones. 10 All of them will respond and say to you, “You yourself also were made weak like us! You have become the same as us!” 11 Your pride is brought down to Sheol, and the sound of your harps; maggots are spread out beneath you like a bed, and your covering is worms (Isa 14:9–11). As in Ezekiel 28 , the figure in Isaiah 14 who is the target of its diatribe goes to Sheol, the underworld. The Rephaim are there, here identified again as the dead warrior-kings (“you have become the same as us”). The king of Babylon will be one of these living dead, just like the prince of Tyre. Recall that Ezekiel 28 shifted from the prince of Tyre to a divine figure in Eden. That shift informed us that the writer was using a story of cosmic, divine rebellion to, by comparison, portray the arrogance of the earthly prince. After verse 11, Isaiah 14 shifts to a divine context with clear links to Ezekiel 28 . Those connections in turn take us conceptually back to Genesis 3 . Isaiah 14:12–15 reads: 12 How you have fallen from heaven, morning star, son of dawn! You are cut down to the ground, conqueror of nations! 13 And you yourself said in your heart, “I will ascend to heaven; I will raise up my throne above the stars of God; and I will sit on the mountain of assembly on the summit of Zaphon; 14 I will ascend to the high places of the clouds, I will make myself like the Most High.” 15 But you are brought down to Sheol, to the depths of the pit (Isa 14:12–15). The divine council context is transparent. You’ve already seen much of the terminology in chapter 6 about divine gardens and mountains. The figure to whom the king of Babylon is being compared is a divine being fallen “from heaven” (v. 12). He is called the “morning star, son of dawn.” The language takes us back to Job 38:7, where the sons of God were called “morning stars.” But the Hebrew terms in Isaiah 14:12 are different than those in Job 38:7. “Morning star, son of dawn” is an English rendering of the Hebrew helel ben-shachar , which literally means “shining one, son of the dawn.” When we talked about Job 38:7 in chapter 3 , I noted that “morning stars” were the visible bright stars seen on the horizon as the sun rose. Astronomers (ancient and modern) knew another celestial object that behaved the same way—an object so bright it could still be seen as the sun rose. That object was Venus, and so Venus, though a planet, became known to the ancients as the “bright morning star.” In essence, borrowing the language of Ezekiel 28 , Isaiah portrays this particular divine being as hopelessly enamored of his own brilliance. So great was his arrogance that he declared himself above all the “stars of God” ( kokebey el ), the other members of the divine council (Job 38:7). That this “shining one” sought superiority over the other members of the divine council is indicated by the phrase “raise … my throne” and his desire to “sit” on “the mountain of assembly.” That this “mountain of assembly” speaks of the divine council is clear from its location in “Zaphon” (“the north”; tsaphon ) and the clouds. The “seat” language is familiar from Ezekiel 28:2 (the “seat of the gods”). Isaiah 14 reads like an attempted coup in the divine council. Helel ben-shachar wanted his seat in the divine assembly on the divine mountain to be above all others. He wanted to be “like the Most High” ( elyon ). But there can be only one of those. It’s no surprise that helel ben-shachar , the shining one, meets the same end as the divine throne guardian in Ezekiel 28 . In three places we see his fate. You’ve seen two of the verses already. Take note of the emphasis in bold: 9 Sheol below is getting excited over you, to meet you when you come; it arouses the dead spirits for you, all of the leaders of the earth. It raises all of the kings of the nations from their thrones.… 12 “How you have fallen from heaven, morningstar, son of dawn! You are cut down to the ground [ ʾerets ].… 15 But you are brought down to Sheol , The punishment of helel is to live in the realm of the dead. Helel ends up in Sheol, the pit ( bor ); brought down to earth ( ʾerets ) by God, the truly Most High. Jy kan meer lees op die Internet waar Michael ekstra stof daaroor gee: https://www.moreunseenrealm.com/ch11/Chris van Wyk on Kolossense Petrus, ja, dit is nie eenvoudig om te verstaan nie. Jesus is van altyd af God en daarom saam met God die Vader en God die Gees betrokke by die skepping (Joh 1:1; Kol 1:15-17).In die OT tref 'n mens Hom as God aan in die sigbare gestalte van Jahwe (Here) - soms as die Engel van die Here, soms as Jahwe self. Gaan lees in Rigters 6 hoe die Engel van die Here gaan sit onder 'n terebint boom en met Gideon praat. As die Engel wegvaar besef Gideon dit was altyd die Here! Maar, terselfdertyd praat die onsigbare Jahwe verder met Hom. Dws, Jahwe was daar in sigbare vorm sowel as onsigbare vorm. Daar is talle ander gevalle (bv in Genesis 18). Jesus is van sy geboorte uit die maagd Maria egter ook mens. Dws Hy het 'n menslike natuur en liggaam bygekry. Van daardie moment af is Hy God EN mens. Na sy Godheid is Hy van altyd af daar. Na sy mensheid is Hy van geboorte af daar. So, na sy mensheid is Hy beperk tot 'n spesifieke plek in tyd en ruimte. Hy kan nie in die hemel en op aarde tegelykertyd wees nie. Maar, na sy Godheid is Hy nie beperk nie. Hy deel in dieselfde eienskappe van God self.Francien van Rensburg on Maleagi DankiePetrus on Kolossense Beste Chris Dit is bietjie bo my begrip, miskien omdat ek altyd geglo het die 3-eenheid ,is Vader, Seun en HG. Jesus het tot God gebid vir krag en leiding en jy se hy is God v/d skepping? Wat was Jesus dan terwyl Hy op aarde was? Mens! Jesus in die Hemel by God, wat was Hy dan terwyl Jesus op aarde was? Twee mense, een by God en een op aarde? Jammer vir die vraag en dalk onkunde, maar dit maak my deurmekaar. Mooi dag en dankie vir jou skrywes en antwoorde.Bruce on Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis HI Chris, Ek soek net n bietjie duidelikheid oor Jesaja 14 en spesifiek verse 13 to 15, wie "klim op tot bokant die wolke en word soos die Allerhoogste self"? Tweedens, is ek reg as ek se dit is satan wat af stort tot in die doderyk (vers15). Ek vra die, want ek het hierdie verse, spesifiek vers 14 erens gelees en ek probeer dit net in konteks plaas. Groete BruceChris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Hi Robbie - ek stuur vir jou per e-pos.Chris van Wyk on Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde Hi Petrus, Jesus was na sy Godheid van altyd af daar (Joh 1:1). Hy is God van die Skepping en Herskepping, soos Paulus tereg hier in Kolossense sê. Na sy mensheid is Hy egter in tyd gebore uit 'n vrou. Met 'n dubbele natuur. Daarom was Josef nie betrokke nie. Jesus is uit God en uit Maria gebore. Daarby is dit duidelik as 'n mens die OT lees dat Jesus in die NT optree soos die sigbare Jahwe van die OT. <a href="https://bybelskool.com/jesus-en-jahwe/">Lees hier meer daaroor.</a> Groete, Chris.Petrus on Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde Beste Chris Vrede, vandag vir jou. Kol. 1: 15 -20- "Voor alles was Hy al daar ....Hy is die eerste wat uit die dood opgestaan het," en alles oor Jesus. My geloof en almal wat in Jesus glo. My vraag en bietjie wonder? Party se dat die Engel wat by Lot en ander teenwoordig was, was Jesus? Hoe is Hy dan gebore uit 'n vrou en het Hy gesterf om op te staan sodat ons die Heilige Gees kon ontvang? Was Hy dan steeds 'n Engel of Goddelike wese terwyl hy ook op aarde was? Ek glo Hy was altyd daar, maar in Gees omdat God geweet het Hy sal "Sy Seun" eendag offer om vir ons Sy erfenis en Liefde te gee. Kan meer uitwei, maar ek wil graag hoor hoe jy dit verstaan asseblief? Mooi DagRobbie Botes on Lees die vier evangelies en Handelinge Beste Chris Ek wil ook graag die lêer bestel met die 4 evangelies langs mekaar asseblief. Baie dankieChris van Wyk on Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk In die kol!Louisa van Vliet on Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk Baie dankie vir hierdie pragtige uiteensetting van Gog....ek het dit vanmore weer en weer raakgelees na soveel jare, en vandag maak die woord Gog vir my sin nadat ek besef het dit is ons vyande..... en bietjie ondersoek ingestel het oor die woord "gog" en hier kry ek duidelik my antwoord, en ek glo vas, dat die Here hulle gebruik om mense se o3 oop te maak, en dat ook God hulle gaan verslaan op die einde....want die woord vertel dit vir ons. baie dankie, God rykste seën word jou toegewens, want die waarheid sal seëvier aan Sy kinders wat opreg deel in Sy woord... mooi dag vir Chris..Johanna on Die “boeke” van God Die boeke van God Bybel studie. Baie dankie Dr Chris van Wyk hierdie studie deur u het baie vrae ook aan my beantwoord God seën u. JohannaChris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek het vir jou ge-epos, Hannes. Geniet.Hannes on Lees die vier evangelies en Handelinge Goeie dag Dr van Wyk Is dit moontlik dat u die lêer met die 4 evangelies langs mekaar, aan my beskikbaar kan stel? Ek sal dit baie waardeer. Groete. HannesChris van Wyk on God se beloftes aan ons Hi Charron - you can use the <a href="https://www.youversion.com/the-bible-app/" rel="nofollow ugc">Bible app of Youversion</a> for easy to use Bible reading plans. They have <a href="https://www.bible.com/af/search/plans?q=vergifnis" rel="nofollow ugc">various plans for forgiveness</a>, although the ones I looked at was all in Afrikaans. I will start there. If you understand Afrikaans you are most welcome to use my site and <a href="https://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/">work through the Bible book for book</a>.Chris van Wyk on Galasiërs Ja, dit is iets wat 'n mens eintlik regdeur die Bybel aantref. Ons is multi-dimensioneel, en ons ervarings lê nie net op een vlak nie. Trouens, dit is hoe die werklikheid ook is. Daar is sigbare en onsigbare kante daarvan. Groete.Petrus on Galasiërs Beste Chris Dankie. Met al die verklarings blyk dit dat die "doring" geestelik en fisies kon wees. Iets wat meeste van ons ook ervaar, maar nie wil erken en beveg soos hy wat die wil van God gedoen het, eerder as om in te gee en vals op te tree nie. Ons verledes val ons ons dikwels aan en laat ons skuldig voel, en daarom met ons uit Paulus se geloof leer om die aanslae die hoof te bied deur te doen waartoe God ons geroep het. Sterkte en seen vir jou.charron on God se beloftes aan ons Dear pastor my name is charron ,i want to learn how to do bible study but don't no how and where to start,i study about forgiveness and already wrote 2 and a half exampads full PLEASE HELP ME IM EAGER TO LEARNChris van Wyk on Galasiërs Beste Petrus Daardie interpretasie is 'n gewilde een. Deur die eeue is baie ander verklarings ook gegee. Sommige dink dat die doring verwys na 1) Paulus se innerlike onrus oor die kerke (2 Kor 2:4), 2) een of ander boesemsonde, dws een waarvan hy nie ontslae kan raak nie, 3) sy teenstanders (soos die sogenaamde superapostels - 2 Kor 11:1–5), 4) 'n fisiese kwaal (soos swak sig - soos jy dit interpreteer), 5) sy gebrekkige praatvermoë (2 Kor 10:10), of 6) demoniese opposisie - beide in die algemeen of spesifiek teen hom gemik, soos dit al voorheen die geval was (1 Tess 2:18). Al hierdie opsies lyk moontlik as 'n mens kyk na die omstandighede in Paulus se lewe. Vir my is die "engel van Satan" die beste verklaring, want die doring in die vlees word direk met die "engel van Satan" verbind. Die Griekse woord, angelos, wat hier gebruik word, word meesal met "engel" vertaal wat in hierdie geval dan 'n bose engel (van Satan) sal wees. Wat die demoniese interpretasie verder bevestig is dat hierdie engel van Satan hom "met die vuis slaan". Dit kan figuurlik dui op versoekings of aanklagte van hierdie bose wese weens Paulus se antagonistiese verlede en ook moontlik ander oortredings as Christen wat hom op 'n manier laat skuldig voel het eerder as vrygemaak in Christus. Dit kan ook fisiese pyn wees. Soos een kommentaar sê, miskien was dit werklik 'n engel van Satan wat Paulus met die vuis geslaan het. Ek kies dus vir hierdie demoniese interpretasie, maar dit is ook moontlik dat angelos na 'n menslike "boodskapper" verwys - soos die woord ook vertaal kan word - iemand, miskien 'n dwaalleraar, wat hom baie teengestaan en seergemaak het (vergelyk Aleksander en Himeneus 1 Tim 1:20; 2 Tim 4:14 - Aleksander het Paulus se "woorde sterk teëgestaan"). Uiteraard sou sulke mense steeds in opdrag en onder leiding van die Satan opgetree het.Petrus on Galasiërs Beste Chris Dit is lekker om na kerkdiente te luister, Bybel te lees en jou Bybelstudie stukke te lees en dan so meer gevul te word met Die Gees en openbarings. Ek wonder oor die volgende, want ek het al veskeie sienings hieroor gehoor tot so 2 weke gelede: Paulus se doring is die vlees kon 'n oogsiekte wees. Die prediker het verwys na Galasiers 4: 12 - 16 "As dit moontlik was, sou julle julle oe uitgeruk en vir my gegee het." Dit maak sin want Galasiers 6:11 vewys, "Van hier af skryf ek eiehandig aan julle. Kyk net die groot letters!" Hy was dalk bysiende en kon nie meer goed sien nie na die siekte. Daarom ook sy afhanklikheid altyd van ander soos om te wag vir Titus. Hy kon nie meer self lees en wannner hy skryf moes hy groot letters gebruik. Ons weet nie verseker, maar Gal. 6 bevestig vir my wat die prediker oor Gal. 4 gese het. Dalk weet jy dit, maar vir my het dit nou sin gemaak?Chris van Wyk on 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid Hi Robin - Gebed beïnvloed God se planne. Talle verhale bevestig dit, soos die een van Hiskia wat jy aanhaal. Maar, ook 'n Abraham (Gen 18), en 'n Lot (Gen 19) het gebid en God het geantwoord, vir hulle gegee wat hulle gevra het. Trouens, die mense van Nineve het gebid en God het van sy beplande oordeel afgesien (Jona). Daar is wel kere wat God die gebede afwys en sy planne uitvoer. So het Moses dit ervaar (Eks 32), so het Jeremia dit ervaar (Jer 7:16; 11:14; 14:11; 15:1; vgl Eseg 14:14, 20), en selfs Jesus in Getsemane moes aanvaar dat God se wil nie verander kan word nie.Robin Linde on 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid Die storie van Hiskia wat sterwend was en na God gebid het, toe het God hom gesond gemaak en nog 15 jaar laat lewe. Het Hiskia se gebed God se plan beinvloed om eerder dat Hiskia sterwe eerder nog 15 jaar langer lewe? Maw kan die mens God se plan beinvloed deur smeking en gebed of staan God se plan vas vir elkeen van ons?Chris van Wyk on Deuteronomium 16:1-17 – Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees Dankbaar!Clyde okyober on Deuteronomium 16:1-17 – Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees Baie inspireerendChris van Wyk on Die “boeke” van God Dankie Ansie.Chris van Wyk on Die “boeke” van God 🙂Chris van Wyk on Die “boeke” van God 🙂Ansie on Die “boeke” van God Dankie Dr Chris jy het absoluut die gawe om baie goed te kan verduidelik.Hannes de Jager on Die “boeke” van God Goeie More Dr. Chris. Baie dankie vir die skrywe. Baie om te verwerk. Maak my baie opgewonde, omrede daar na al die boeke in die Bybel verwys word. Hierdie onderwerp gee ons weer die geleentheid om die Bybel uit 'n ander hoek te bestudeer. Baie geluk en dankie vir U bydrae. Ware "sielskos".Kobus De Wet on Die “boeke” van God Dankie, het hierdie "herkoutjie" geniet, kan nou verder herkou aan die saak.Chris van Wyk on Die “boeke” van God Dankie Herman - dit is maar 'n "toon in die water" poging. Die onderwerp vra eintlik vir 'n omvattende hantering. Maar, die tyd ontbreek.Herman Steyn on Die “boeke” van God Baie dankie dr Chris vir hierdie uiteensetting en verduideliking. Die Bybel bly maar God se woord oor die mens!Chris van Wyk on Die boek van die lewe Hi Annerie - dit is 'n mondvol. Ek het weer gaan kyk na die vier boeke van God - soos ek dit in die Skrif raaksien - en sal tegelenertyd iets daaroor publiseer. Ek dink die gelykenis van die Saaier moet 'n mens versigtig hanteer. Die eerste drie tipes grond is mense wat nie enduit glo nie. Hulle gebrek aan volharding wys dus dat hulle nie uitverkies is nie. Soos die goeie grond wys dat hulle wel uitverkies is. Die belangrike punt oor volharding is om te onthou dat Jesus ons volharding is: “Ek, Johannes, is julle medegelowige, en deur ons verbondenheid met Jesus het ek saam met julle deel aan die verdrukking en aan die koninkryk en aan die volharding." (Openb 1:9). Dit is God wat in ons werk om te wil sowel as om te werk (Fil 2:12-13). Dit is omdat Hy in ons werk wat ons die moed het om te volhard. Ons werk dus met vrees en bewing aan ons saligheid, in die wete dat dit afhang van God wat in ons werk. Uitverkiesing is dus 'n waarborg van volharding. "My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.” (Joh 10:27-29). Eksodus 32:33 gaan oor mense wat God verwerp het - deur losbandigheid en afgodery in Eksodus. Psalm 69:29 gaan oor die vyande van die regverdiges wat in die oordeel van God kom. Hulle is dus nie uitverkies nie, want hulle lewens het geen vrug getoon nie.Annerie Myburgh on Die boek van die lewe Goeie maand DsChris. Ek het n vraag oor hierdie stuk oor die boek vd lewe. My dogter se verloofde sukkel om die feite vd uitverkiesing te aanvaar - hy glo die mense wat op n stadium tot bekering kom, maar later ophou glo, is wel uitverkies, (soos die saad in die vlak grond), dus hulle het begin glo uit loutere genade deur geloof wat deur God geskenk is, maar as sommige gelowiges nie hul kant bring en die goeie wedloop voluit hardloop en die eindstreep bereik nie, word hulle name, wat voor die grondlegging vd aarde in die boek vd lewe geskryf is, uitgehaal. Uitverkiesing is dus n waarborg dat jy op n stadium sal glo, maar nie n waarborg dat jy sal volhard nie. Hy gebruik Eksodus 32:33 om sy punt te staaf, ook Psalm 69:29. Hoe verklaar ons dan hierdie verse?Chris van Wyk on Die wederkoms en die wegraping Hi Robert - moet sê my geheue het my eers 'n bietjie in die steek gelaat. Moes eers jou foto opsoek! Ek het onlangs my navorsing daaroor opgevolg en in 'n Pinksterreeks onder andere daaroor gepreek. <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf" rel="nofollow ugc">Jy kan dit hier aflaai as jy in die hele boek belangstel</a>. Hier is my uittreksel oor die 1 000 jaar van vrede. Die orde waarin die verloop van die dinge beskryf word, is die hart van my argument uiteindelik: <strong>Die vasketting van Satan en die duisendjarige vrederyk – Openbaring 20:1-6</strong> Hoofstuk 20 beslaan ook drie dele, soos die vorige een: • Die vasketting van Satan en die duisendjarige vrederyk – vers 1-6. • Die finale oorwinning oor die Satan – vers 7-10. • Die finale “wit-troon” oordeel en die boek van die lewe – vers 11-15. Die oorlog van die Lam met die leërs van die hemel teen die antichris en die valse profeet en hulle aanhangers word opgevolg deur die binding van die draak in die bodemlose put (Openb. 9:1-6; 11:7) met ‘n groot ketting. Die draak word hier as die slang van die oertyd beskryf, die duiwel en die Satan wat deur ‘n engel vir ‘n duisend jaar vasgebind en verseël word, sodat hy nie verder die nasies sou mislei nie. Met die onheilige drie, die antichris, die valse profeet en die Satan uit die weg geruim, breek die tyd vir die mense van Christus aan om te oordeel en vir die martelare om saam met Christus te regeer. Let op dat dit lyk asof daar twee groepe genoem word in vers 4. Daar is mense wat op trone gaan sit om te oordeel. En daar is die siele van dié wat onthoof is vanweë hulle getuienis van Jesus en die woord van God en saam met Hom regeer. Hulle word verder geïdentifiseer as diegene wat nie neergeval het om die dier en sy beeld te aanbid nie. Hulle het ook nie die merk op hulle voorkop en op die hand ontvang nie. Hierdie mense en martelare het deel aan ‘n eerste opstanding uit die dood vóór die res van die dooies lewendig sal word. Hulle regeringstyd beslaan ‘n 1 000 jaar saam met Christus vanuit die hemel en sluit ‘n oordeel in. Johannes noem hulle gelukkig en heilig. Die tweede dood sal oor hulle geen mag hê nie. Hulle regeer as ‘n koninklike priesterdom van God en van Christus (vgl 1 Pet 2:9; Dan 7:9). Die vraag wat geleerdes deur die eeue baie besig gehou het, is of dié 1 000 jaar tydperk vóór die Here Jesus se wederkoms aanbreek en of dit ná sy wederkoms aanbreek. Daar is basies drie sienings wat almal met die term millennialisme (Latyn) of chiliasme (Grieks) weergegee word. Albei terme word met die 1 000 jarige tydperk verbind – mille (duisend) en annus (jaar) in die Latynse weergawe en chilioi (duisend) in die Griekse weergawe daarvan. Postmillennialisme Die postmillennialisme dink dat Christus tans besig is om die 1 000 jaar van vrede te vestig en dat die wederkoms ná hierdie tydperk sal aanbreek, terwyl die Satan se beweegruimte tans beperk is deur die kruisgebeure op Golgota. Christus is dus tans besig om sy koninkryk te vestig, onder andere deur die kerk, totdat die hele wêreld vol is van die evangelie. Aan die einde van die tyd, word die (tans vasgebinde) Satan losgelaat vir die finale oorwinning en oordeel wat met Christus se wederkoms plaasvind. Ons leef dus tans in die 1 000 jaar van vrede. Dit is breedweg die siening van die Lutherane (Aune). Amillennialisme Die amillennialisme dink ook dat ons reeds in die 1 000 jaar van vrede leef, maar sien dit as ’n simboliese tydperk vir die kerk wat dus eintlik tegelykertyd met die oorlog teen die bose plaasvind. Dit is ingelui met die Here Jesus se kruisdood en opstanding wat die Satan gebind het, maar waarin hy tans nog beperkte beweegruimte het. Met Christus se wederkoms vind die finale oorwinning oor die Satan plaas sowel as die oordeel. Daar is eintlik min verskil tussen die vorige standpunt en dié een. Dit is die siening van die kerkvaders Clement, Origines en Augustinus sowel as die hoofstroom Katolieke en Gereformeerde teoloë (Aune). Premillennialisme Die premillennialisme (en chiliasme) dink dat die 1 000 jaar van vrede ná die wederkoms van Christus sal aanbreek waarna die gelowiges met Christus op aarde sal regeer. Dit word op twee hoof maniere verder geïnterpreteer. Een groep werk met die idee van bedelings (dispensasies) waarin die wegraping van gelowiges (óf in óf tydens die groot verdrukking) ’n rol speel, sowel as die Joodse volk se inkeer ná die wederkoms en die vestiging van die 1 000 jaar van vrede. Die ander groep werk ook met die idee van bedelings, maar beskou die wegraping as iets wat ná die groot verdrukking gebeur, waarna die 1 000 jaar van vrede aanbreek, maar waarin Israel nie noodwendig ’n spesiale rol het nie. ’n Hele paar ou kerkvaders het variasies van dié siening ondersteun. Du Rand (A-Z) noem onder andere Serintus, Papias, Justinus die Martelaar, Irenaeus en Tertullianus. Ons leef dus tans voor die 1 000 jaar van vrede. Al drie hierdie rigtings van interpretasie het groot aanhangers deur die eeue gehad. Vyf belangrike feite in die teks moet in enige standpunt hieroor verreken word: • Die dier uit die see (antichris) en die dier uit die aarde (vals profeet) is op dié stadium al uit die weggeruim en in die vuurpoel gegooi deur die Regter-Generaal, die Here Jesus Christus, op die wit perd saam met die leërs van die hemel (Openb. 19). Die beskrywing wat hierna gegee word in hoofstuk 20 van die uiteindelike lot van die derde lid van die bose driemanskap, die draak (Satan), vorm hiermee ’n eenheid. • Die een groep gelowiges wat in die 1 000 jarige vrederyk saam met Christus regeer, word as onthoofdes beskryf, d.w.s. dit is martelare wat reeds doodgemaak is vir hulle getrouheid aan die Here. Sommige interpreteer die onthoofding geestelik, maar die onthoofding dui vir my eerder op ’n beskrywing van omvattende martelaarskap in die navolging van die Here Jesus Christus wat die dood insluit. Dit beteken vir my dat hierdie vrederyk nie eintlik iets kan wees waaraan die gelowiges wat nog op aarde is, deel kan hê nie. Vergelyk daarvoor ook die beskrywing van die gelowiges op aarde (144 000 in Openb. 7:1-8) en dié in die hemel wat uit die groot verdrukking kom (groot menigte in Openb. 7:9-17 sowel as die 144 000 in die hemel, soos Openb. 14 dit beskryf). Die 1 000 jaar van vrede is iets waaraan die tweede groep deel het, soos dit in Openb. 20 beskryf word, nie die eerste groep nie. • Die siele van die martelaar-gelowiges beleef ’n opstanding en regeer ’n duisend jaar lank saam met Christus, terwyl die ander dooies nie lewend word voordat die duisend jaar verstryk het nie. • Die wederkoms van Christus is nou al op verskillende wyses in die boek aangedui. Die sesde seël het dit met kosmiese tekens beskryf wat die ou hemel laat verdwyn het soos ‘n boekrol wat opgerol word en almal op die aarde wat hulle van die Lam se verskyning en sy toorn probeer verberg het (Openb. 6:12-17). Die sewende trompet het die Christus se ewige koningsheerskappy besing wat die oordeel oor die dooies ingelui het (Openb. 11:15-19). Ook die lied van die 144 000 op Sionsberg het die uur van God se oordeel ingelui. Alles wat bestaan het voor God en die Lam neergekniel, en die oes van die aarde is ingesamel – die koringare vir die hemel, die druiwetrosse vir God se toorn (Openb. 14-15). Hier word die wederkoms beskryf met die gereedmaak vir die bruilof van die Lam (Openb. 19:1-6) en die Ruiter op die wit perd wat verskyn as Regter en Generaal vir die finale oordeel (Openb. 19:11-21). Die duisend jaar kom hierna. • Wat dus duidelik is, is dat die nasies steeds op die aarde is en in hierdie tyd minder vatbaar vir die misleiding van die duiwel, net om ná hierdie duisend jaar weer deur die Satan opgekommandeer te word in ‘n finale oorlog teen die Lam. Dit kan eintlik glad nie as vóór die wederkoms gereken word (soos in die postmillennialisme) nie. Dit moet daarná wees. Hierdie gedeelte se uitleg is ‘n uitdaging, waarskynlik die moeilikste in die hele Openbaring. Maar, die 1 000 jaar tydperk – onthou dit is ‘n simboliese getalm maar steeds ‘n beskrywing van ‘n werklikheid – lyk dus na iets wat ná die wederkoms geplaas moet word. As ‘n mens dit só interpreteer, is die voordeel dat dit dan ook goed met Daniël 7 se beskrywing van die heerskappy van die heiliges en veral Daniël 12 se beskrywing van die opstanding van die dooies tot die ewige lewe sowel as tot die ewige skande gekoördineer kan word. Die uitleg van die teks van Openbaring self moet dus uiteindelik geëer word. Daar is ‘n eerste opstanding en ‘n tydperk van heerskappy oor die nasies wat saam met Christus is, maar vóór die finale oordeel en vestiging van die nuwe hemel en nuwe aarde. Dit kan moeilik met die tyd waarin ons leef, verbind word. Dit lê dus waarskynlik nog in die toekoms.Robert Geyser on Die wederkoms en die wegraping Hi Chris. Hoop jy kan my nog onthou uit Stellenbosch se dae. Ek het sopas bietjie gelees oor wat jy van die wegraping se. Ek sien dit is al 2 jaar terug gewees en kom ek dalk nou soos mostert na die maal. Dankie vir jou siening wat jy so mooi uiteengesit het. Ek stem absoluut saam. Ek wil egter reageer op jou nig Annalina se vraag oor die duisendjarige vrederyk waaroor jy op daar die stadium blykbaar nog nie n duidelike verklaring gehad het nie. Het ook al baie daaroor gewonder en wel n antwoord in my eie gemoed gekry. Luister na my, dink daaroor en laat weet of dit wat ek se sin maak: Ek verstaan dit as die tydperk na Jesus se opstanding tot en met sy wederkoms, maw die tyd waarin ons ook nou leef. Hoekom? Jesus is tog nou ons Koning en ons is burgers van sy koninkryk. As gelowiges het ons tog nou die VREDE van God in ons lewens. Niks kan dit van ons wegneem nie of iets daaraan verlander nie. Al leef ons in n bose en deurmekaar wereld, het ons hierdie VREDE van God in ons harte en dit is vir gelowiges n realiteit. Die duisendjarige vrederyk, lyk vir my is dus die tydperk van die Kerk hier op aarde waar die gelowiges die VREDE van God in hulle lewens het. Maak gerus kontak met my en deel jou mening oor dit wat ek hier uiteen gesit het. My nr is 0837768378. Vrede vir jou. Robert GeyserChris van Wyk on Jesaja afsluiting Dit is darem 'n wonderlike belofte van die Here! <img src="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2020/11/Isaiah54_10.png" alt="Jesaja 54:10" />Henriette on Jesaja afsluiting Ek het Jesaja 54:10 voor in my Bybel geskryf om maklik en dikwels te sien, maar ek het ook in Jesaja geleer dat my verhouding met God deur kennis moet groei om hierdie liefde ten volle te ontvang.Chris van Wyk on Genesis 22 – Nou weet ek dat jy My dien Dankie Yvonne.Yvonne on Genesis 22 – Nou weet ek dat jy My dien Ds Chris baie dankie vir die pragstuk oor Genesis 22, .... my geloof is n ernstige saak. Seenwense weet dat U harde werk kosbaar is.Chris van Wyk on Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar Hi Willem - graag: Lukas 13:1 - Lukas vertel vir ons hier Jesus se reaksie op die ontstellende verhaal van die politieke geweld van Pilatus wat Galilese pelgrims doodgemaak het terwyl hulle die offerdiere vir die Pase geslag het. Sommige van die mense in die skare het Jesus daarvan vertel om sy reaksie te hoor. Lukas 13:2-3 - Jesus erken wel die gewelddadigheid daarvan, maar koppel dan ‘n ewige waarheid aan die geweld van hierdie eeu. Hy sê dat enersyds die feit daarvan nie op enige skuld aan die gestorwenes se kant dui nie, maar andersyds ’n boodskap is dat só iets ook met jou kan gebeur. Dat só iets moontlik is in hierdie gewelddadige wêreld, moet jou oortuig om tot bekering te kom voor só iets ook met jou gebeur. Lukas 13:4-5 - Hy brei sy antwoord uit met ’n geval van ’n onvoorsiene ramp van die toring in Siloam wat onverwags in mekaar gestort het en agtien mense gedood het – in die omgangstaal bekend as “an act of God”. Dieselfde geld sulke mense. Hulle is nie meer skuldig as die ander mense van Jerusalem nie. Só iets kan met enigiemand gebeur, ook met hulle. So, bekeer jou voor só iets met jou gebeur. Boodskap en betekenis Let op hoe Jesus hier die onvoorspelbaarheid van die dood gebruik om mense tot bekering te roep. Heel anders as die valse profete van vandag wat net werk met die liefde van God sonder om ooit enigiemand tot bekering te roep nie. Die dood bring nie net ‘n einde aan jou lewe nie, maar ook aan die tyd wat jou gegun word om jou saak met God reg te maak.Willem Wiid on Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar Haai Chris, kan jy dalk 'n bietjie agtergrond gee oor Luk 13:1-5 - veral oor die verwysings van Jesus in verse 1 en 4?Chris van Wyk on Psalms – reeks Hi Denver - dit is onderaan die blad: https://bybelskool.com/psalm-42-43-gebed-bring-vertroue-selfs-in-die-ervaring-van-god-se-afwesigheid/Denver on Psalms – reeks Middag Chris.. Ek soek graag inligting(preek) oor psalm 42..kan jy my help asb. Dankie DenverChris van Wyk on ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes Waardeer Riaan. Seën vir jou bediening.Riaan vd Mescht on ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes Dankie Chris. Ek het nog net seën geput uit alles wat ek by Bybelskool gelees. Die Here se seën, genade, liefde en voorsienigheid jou toegebid.Chris van Wyk on Sagaria 5:1-6:15 – Sagaria se visie op God wat herstel na binne bring Hi Magdalena - dankie! Jy is nie verkeerd nie. Die fisiese tempel het reeds verdwyn deurdat ons die geestelike tempel van die Heilige Gees is (1 Kor 6) en Openbaring tereg sê dat die fisiese tempel nie meer nodig is nie, want God is volledig daar in die nuwe hemel en nuwe aarde.Chris van Wyk on Handelinge Waar studeer jy? Ek sal antwoord as ek my hand vinnig op antwoorde kan lê.Jeanelle De Beer on Handelinge Hi daar Chris, Ek is 'n derdejaar onderwysstudent wat Bybelkunde skryf die 3de November, ek wil asseblief vra of ek 'n paar vrae oor handeling vir u kan aanstuur, ons dosent gee ons nie die antwoorde op hierdie vrae nie, en ek wil seker wees van die feite, sodat ek versekerd voel oor die werk. Baie dankie! jeanelledebeer1998@gmail.comMagdalena van Vuuren on Sagaria 5:1-6:15 – Sagaria se visie op God wat herstel na binne bring Goeiedag.... Terwyl ek vanoggend Sagaria lees 'GOOGLE' ek paar woorde en plekke om veral verduideliking te verkry oor die 8 gesigte. U pragtige en duidelike uiteensetting aan die einde van Sagaria 6 het my geweldig gehelp om die boodskap daarvan te verstaan. Daar word tans so baie gepraat ook van tempel wat weer gebou gaan word en mense beplan selfs verhuising na Israel. Ook dat Israel steeds God se uitverkore volk bly. Ek glo nie dit gaan oor die stad Israel of sy mense nie. Openbaring 21:9 vertel my van 'n nuwe Jerusalem en vers 22 'En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie......,,, Is ek verkeerd. ? Weereens dankie. SeëningeChris van Wyk on Psalms – reeks My voorreg, Elmarie.Elmarie Allies on Psalms – reeks Baie, Baie dankie. Ds ChrisChris van Wyk on Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word Hi Petrus, nee, Paulus het nie Jode wat Christene geword het, laat besny nadat hulle Christene geword het nie. Jode was reeds besny as hulle ouers getroue Jode was. Paulus het 'n uitsondering gemaak met Timoteus, want Timoteus was nie as kind besny nie, al was sy ma Eunice 'n Jodin. Sy pa was 'n Griek, so dié het dit waarskynlik gekeer. Paulus laat hom daarom besny ter wille van die bediening aan die Jode, omdat hulle Timoteus sou verwerp het en nie na hom sou geluister het as hy nie as gebore Jood getrouheid aan die wet sou kon demonstreer nie. Paulus het immers self die wet nagekom tot sy dood deur die feeste by te woon en selfs te offer soos ons in Handelinge 21 lees. Dit was die ooreenkoms in Jerusalem dat Joodse Christene die wet sou nakom en heidense Christene net die vier dinge van die wet sou nakom wat met afgodery en onsedelikheid verband gehou het (Hand 15). Daarom is Titus nie besny nie (Gal 2), want hy was volledig Grieks van afkoms.Petrus on Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word Beste Chris - Die handelinge van Paiulus rondom die besnydenis is vir my verwarrend. Het hy Jode wat Christene geword het laat besny twv die Joodse gebruike en nie Jode nie laat besny nie agv die Christelike leer en vryheid?Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Hi Paul, dankie en ek sal so maak (per e-pos). Onthou Prontuit die Waarheid waar ek die vier evangelies kronologies lees: https://bybelskool.com/evangelies/. Hier is die argief daarvan: https://bybelskool.com/prontuit-die-waarheid-argief/. Groete en seën.Chris van Wyk on Henog Hi Frans, jy kan hier meer daaroor lees: https://bybelskool.com/die-wederkoms-en-die-wegraping/Chris van Wyk on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Hi Ronel, jy kan elke Bybelboek hier deurlees met my kommentaar. Daar is ook 'n paar volledige gidse oor Bybelboeke wat jy kan aflaai. Dit is versprei op die webtuiste, maar ek sal kyk of ek êrens dit op een plek kan plaas sodat dit makliker hanteer kan word. Hier is vier: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/07/Die-verhaal-van-die-kerk.pdf en https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Klaagliedere-van-Jeremia.pdf en https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf en https://www.ngkerksomerstrand.co.za/dokumente/1Petrus-Volhard-Vol-Vreugde.pdf. Die verskil tussen die grootdoop en die kinderdoop is net op watter ouderdom kinders van gelowiges gedoop word. Grootdoop aanhangers sê hulle wil eers wag tot die kind self belydenis van sy of haar geloof kan aflê voor hy of sy gedoop word. Kinderdoop aanhangers sê die doop is bedoel om reeds kinders van God se genade te oortuig sodat hulle in geloof kan reageer. Jy kan kyk op die webtuiste vir 'n paar bydraes wat ek al gelewer het. Soek net vir doop en jy sal 'n hele paar kry. Groete.Paul on Lees die vier evangelies en Handelinge Hi Chris, vele dank vir jou wonderlike werk en in-diepte ontledings, beskrywings en kruisverwysings. Sal jy groot asb ook vir my die 100 bladsye: " E-pos my vir ‘n lêer wat al die gedeeltes langs mekaar vir jou gee wat ‘n mens kan gebruik om die evangelies saam te lees (100 bladsye dik!)." aanstuur. Christus groete, PaulFrans Frans de Coning on Henog Goeie dag, Kan u vir my meer duidelikheid gee oor die Wegraping. Ek het al met verskeie persone oor die aspek gesêls en almal se antwoord verskil. Ek persoonlik dink die Wegraping is baie naby. Groete, Frans de ConingRonel Havinga on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Goeiedag d. Chris Ek is op soek na n bybelstudie gids oor die hele Bybel wat ek op my eie kan doen. Ek is tans in UAE en opsoek na studiegids. Ook wil ek graag weet wat die verskil is tussen groot doop nen klein doop. So baie inligting se jy moet groot gedoop worden ander weer se jy moet as baba gedoop word. Ek is in die Hervormde Kerk gedoop as baba. Ek het al verskeie kommentaar gelees maar kry verskillende inligting. Byvoorbaat Dankie RonelChris van Wyk on Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte Hi Frikkie, Josef word in die Matteus 1:20 "seun van Dawid" genoem wat hom met die geslagregister van Dawid verbind (vgl Luk 3:31). Daarna word dié titel regdeur vir Jesus gebruik (Matt 9:27; 12:23; 15:22; 15:22; 20:30-31; 21:9, 15; Mark 10:47-48; 12:35; Luk 18:38-39; 20:41) talle kere gekoppel aan die titel "Here" (Matt 15:22; 20:30-31) of "Christus" (Mark 12:35; Luk 20:41) wat Jesus se goddelikheid aantoon. Oral in die OT waar van die belofte van die Messias of Gesalfde gepraat word, dui dit op profesieë wat in Jesus in vervulling gegaan het (Ps 2:2 - vgl Hand 4:26 wat dit met Jesus verbind; Ps 18:51; 20:7; 132:10, 17; Dan 9:25-26; Hab 3:13). Messias = Gesalfde in Hebreeus = Christus in Grieks (vgl Joh 1:42; 4:25 waar dit op Jesus van toepassing gemaak word). Die verwysing na Rut is inderdaad opgeneem in die geslagsregister van Jesus om Hom na die mens as die Seun van Dawid te identifiseer.Chris van Wyk on Week 6: 1 Korintiërs 11-16 Hi Willem, jy kan meer lees hier: https://bybelskool.com/1-korintiers-11-oor-mans-en-vroue-in-die-erediens/. Jy is ook welkom om spesifieke vrae te vra.Willem on Week 6: 1 Korintiërs 11-16 Ek soek meer duidelikheid oor 1koritiers11vers24tot 34Frikkie Botes on Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte Goeiedag Ds. Chris, Kan u assbeblief vir my teks verwysings stuur aangaande Jesus as die Seun van Dawid? Waar in die Ou Testament staan dit dat God vir Dawid gesê het dat Jesus Christus as die Verlosser uit Dawid se nageslag gebore sal word? In Rut 4 word verwys na Boas wat Naomi se Losser is en uit Boas en Rut se verhouding word Obed as voorvader van Dawid gebore. Verder word in Matteus 1 in die geslagsregister van Jesus word na Hom verwys as die Seun van Dawid. Ek sal graag van u wil hoor oor hierdie aangeleentheid. Baie dankie. Frikkie BotesChris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek sal begin met Matteus. Dan met die verhaal van Paulus. Al die skakels is daar. Daarna sal ek die Bybel boek vir boek deurlees. OT, NT, Psalms en Spreuke.Marius Solomons on Lees die vier evangelies en Handelinge Goeie middag my roeping is evangelis wil graag al die boeke van die begin af he asseblief waar ek moet begin as n beginner dankieDanica Badenhorst on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Goeie middag. ek het ook soo taak wat ek moet verduidelik hoe God Ballingskap beëindig of hoe Hy beplan om dit te beëindig uit die ou testament, ook hoe dit vandag beëindig kan word. Daat moet ook ‘n voorbeeld van Ballingskap uit die ou testament verwys word. Sal U asseblif vir my inligting kan stuur wat my met die taak kan help. vriendelike groete.Chris van Wyk on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Hi Lusinda, jy kan hierdie skakels gebruik om in die onderwerp in te kom: https://www.bibleodyssey.org/en/places/related-articles/exile-in-the-hebrew-bible https://bibleproject.com/explore/exile/ https://www.christianitytoday.com/edstetzer/2012/april/exiles-of-israel-closer-look.html https://www.thebiblejourney.org/biblejourney2/34-exile-in-babylonia-amp-the-journey-back-to-jerusalem/biblical-sources-relating-to-judah-in-exile/Chris van Wyk on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Hi Rualiene - Jy kan met hierdie skakels begin: https://www.bibleodyssey.org/en/places/related-articles/exile-in-the-hebrew-bible https://bibleproject.com/explore/exile/ https://www.christianitytoday.com/edstetzer/2012/april/exiles-of-israel-closer-look.html https://www.thebiblejourney.org/biblejourney2/34-exile-in-babylonia-amp-the-journey-back-to-jerusalem/biblical-sources-relating-to-judah-in-exile/Chris van Wyk on Psalms – reeks Enige tyd, Elmarie.Rualiene van der on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Geagte Chris. Hoop dit gaan goed , ek moet 'n taak doen oor ballingskap en een van die vrae is om twee voorbeelde te gee vanuit die ou Testament te demonstreer , asook om twee voorbeelde te gee vanuit die Ou testament hoe God ballingskap beeindig of beplan om dit te beeindig. as jy my asb kan leiding gee oor om die twee vrae te beantwoord, sal ek dit vreeslik waardeer. Dankie | Rualiene van der MerweLusinda Griesel on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Hi Chris, Ek moet 'n opdrag doen oor ballingskap in die Ou Testament, kan jy asb ook vir my die inligting aanstuur? Baie dankie 🙂Elmarie Allies on Psalms – reeks Goeiemiddag ds Chris Ons is vriende in 'n whatsapp geselsgroep wat graag u materiaal wil gebruik vir Bybelstudie. Natuurlik sal u al die erkenning kry. Mag ons dit gebruik asb. Vriendelike groete Elmarie AlliesTjaart on Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het Beste Chris Iemand het gevra na aanleiding van jesus se woorde inJoh 2: 4 " My tyd het nog nie gekom nie." Dit laat jou wonder, maar ek sien dit so: Jesus is uit 'n vrou gebore and het emosies soos ons. Hy was gereed, maar was dalk onseker oor presies wat om wanneer te doen. Dit tref my dat Sy ma, hom die teken moes gee. "'n Ma weet!" Ek glo God het dit so laat gebeur om Sy menswees te bevestig, en ook die hart van 'n ma te openbaar. Luister na jou Ouers en ander kom by my op...Chris van Wyk on Ons God is ‘n verterende vuur – Hebreërs 12 👍Delien on Ons God is ‘n verterende vuur – Hebreërs 12 Sy Woord is die waarheid.dankie ook vir u uitleggingChris van Wyk on Riglyne vir die lees van Lukas Kyk by https://bybelskool.com/riglyne-vir-die-lees-van-lukas/. Ook by https://hts.org.za/index.php/HTS/article/download/2356/4170. Ook https://digitalcommons.liberty.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1368&context=lts_fac_pubs.Amanda Zeelie on Riglyne vir die lees van Lukas Goeie more Chris Ek benodig inligting vir 'n werksopdrag met die opskrif: Die tempel as tema in die boeke Lukas en Handelinge. Is daar moontlik enige inligting wat jy kan verskaf om my hiermee te help, asb? Groete AmandaChris van Wyk on Inleiding op die boek Rigters Hi Danel, jy is welkom. Bedoel jy die Bybelboeke? Die NT is redelik maklik, behalwe Hebreërs. Die evangelies is deur Matteus, Lukas, Markus en Johannes geskrywe. Die dertien briewe deur Paulus. Die res deur Jakobus, Judas, Petrus en Johannes. Handelinge deur Lukas. Hebreërs weet ons nie. Die OT is moeiliker. Moses het 'n hand in die Pentateug gehad, maar daar was ook ander redaktors of skrywers betrokke. Die Vroeë Profete weet ons nie. Die 15 Skrifprofete is verbind aan die profeet wie se naam dit dra, maar weereens was daar 'n proses van redaksie. Die Psalms se titels verklap soms wie die skrywers was, en soms nie. Die wysheidsboeke word aan Salomo verbind, maar weereens was daar ander betrokke. Selfs Daniël is deur 'n proses voor dit as boek bekend geraak het.Danel Fourie on Inleiding op die boek Rigters Halo Chris Baie dankie vir jou website. Ek het heeltemal iets anders gegoogle en toe op iets van jou af gekom. Anyway Jy het nie dalk skrywe van wie elke boek geskryf nie thanks baie Danel FourieAndre du Plessis on 1 Johannes 2:28-3:24 – Kinders van God doen wat reg is en het mekaar lief Baie dankie het gekry ............. Groete AndreChris van Wyk on Inleiding op die briewe van Johannes Hi André, miskien is dit maar net jou selfoon of router se Vodacom blad wat opkom. Probeer hierdie skakel wat jou direk na die vertalings neem: http://nuwekerkbybel.co.za/index.php/proefvertalingsAndre du Plessis on Inleiding op die briewe van Johannes More , Ek wil net hulp he , ek is besig met die briewe van Johannes . In die inleiding van 17 Nov 2013 is daar verwys na n ander vertaaling wat beskikbaar is en dat dit afgelaai kan word .. Maar as ek ingaan dan kry ek net n Vodacom advertensie...... Wat doen ek verkeerd .. Help ASB ................. Dankie AndreHennie on Ekskursus oor elemente van die verhaal van Jona Ek stem nie heeltemal saam met jou nie. Mens hoef nie denk spronge te maak om die Bybel se storie oor Jona net te aanvaar as die waarheid nie 2de punt, Die Bybel se nêrens die aarde is 6000 jaar uit nie. Weereens probeer mense 'n afleiding maak van die teks, maar 'n mens kan enige van baie foute maak deur nè mens se eie "somme" te doen. As die Bybel uit drukklik gesê het die aarde is 6000 jaar uit het ek dit aanvaar en geglo maar nou probeer mense geslagte optel en so by 'n ouderdom kom. Kom ek gee jou slegs een voorbeeld hoe die optel van almal se ouderdomme verkeerde antwoorde gee. Wie se Adam het verouder terwyl hy in die tyn van Eden was, dit maak nie vir my sin dat 'n sonde vrye mens sy lewe jare sou begin tel het terwyl sy liggaam volmaak is nie. Hy kon net sowel duisende jare op aarde gelewe het voor die sonde val en eers na die sonde val het hy begin verouder en sy jare begin optel, die Bybel se nie vir ons hoe lank hulle in die tuin gelewe het voor die sonde val nie Ek sê nje dit is die antwoord oor hoekom die aarde se berekende ouderdom en die en die bekende ouderdom van die som van die geslagte in die bybel nie ooreenstem nie. Maar daar kan baie redes wees, carbon dating is ook nie so wetenskaplik soos hulle probeer voorgee nie en hulle kon daarmee ook foute gemaak het. Al wat ek sê is die Bybel kan ten volle waar wees en daar kan verskille wees wat ons in die wetenskap sien, sonder dat mekaar weer spreekJurie on Eksodus 32 – Die tragedie van die goue bulkalf en die toorn van Jahwe Ons hou baie van hierdie Bybel studiesChris van Wyk on Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge Geniet!Sonja on Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge Beste Ds. Chris. Net n BAIE GROOT dankie vir Paulus. n Deel van Die Bybel wat vir my persoonlik al soveel keer moes deutrek, bemoedig, aanspreek. Het die boek afgelaai en sien uit na die eredienste.Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Hi Carla, jy is geregtig om 'n ander standpunt te handhaaf, maar neem net in ag dat 'n hele aantal van die dissipels net die doop van Johannes ontvang het, en nie die doop van Jesus nie. So is Apollos ook nie oor gedoop na hy net die doop van Johannes ontvang het nie (Hand 18). Dit is God wat optree in die doop, nie die dopeling nie. Die kinderdoop is dus geldig as 'n daad van God al kom geloof by hulle ná die doop.Chris van Wyk on Joël 3:1-21 – God bring oordeel oor die nasies, maar redding vir sy volk in Sion Hi Tom - Die krisis wat die Here hier afkondig oor Juda is gemik daarop dat daar ‘n nuwe eendragtigheid onder die volk onder leiding van die priesters gevestig kan word. Die priesters moet daarom ‘n vasdag bepaal waar al die leiers en die inwoners van die land bymekaar kan kom om na die Here te roep. Wat hulle beleef, is ‘n “dag van die Here”, ‘n dag waarin Hy verwoestende bedreigings gebruik om hulle tot bekering te roep. Die verwoestende effek daarvan word weereens in terme van die tempel ekonomie uitgespel, sowel as in terme van die saaiboere se skade, maar nou ook bykomend in terme van die veeboere wie se vee bulk en blêr. Die profeet self roep hartroerend tot die Here en wys dat hy raaksien wat gebeur, dat dit hom diep raak en verklaar dat hulle almal, soos die diere, “wag op uitkoms van U af.” Boodskap Dit is regtig fundamenteel dat die boodskap van die Here van geslag tot geslag oorgedra moet word, nie net in goeie tye nie, maar ook in tye van verlies en vernietiging. ‘n Mens sou selfs kon sê, veral in tye van vernietiging. Ons staan immers in ‘n geloofsverbintenis nie net met die gelowiges wat saam met ons aanbid nie, maar veral en in die eerste plek in ‘n geloofsverbintenis met ons kinders en kleinkinders en selfs verder aan in die geslagte. Dit is ook net so fundamenteel deel van die boodskap van die Here dat verlies en vernietiging ‘n oproep tot samehorigheid en eendragtigheid is vir die hele geloofsgemeenskap. Dit is hierdie tye wat deur die Here gebruik word om mense tot inkeer en ‘n herverbintenis aan Hom te bring wat só noodsaaklik is as soeke na en die wag op die uitkoms van die Here. Soos Joël kan ons dan ook uitroep dat ons “wag op uitkoms van U af.” Daarom is vas en bid so belangrik.Chris van Wyk on Openbaring 1 – Jesus Christus maak bekend wat hierna gaan gebeur Hi Steven, baie mense was ongeletterd in daardie tyd en kon nie lees nie. Johannes sê dus: "Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie 'voorlees vir ander', en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby."Chris van Wyk on Jona Hi Karen, jy is op die regte bladsy daar. Jy kan die skakels aan die onderkant van die bladsy volg om alles daar van Jona te lees. Hier is die eerste een: https://bybelskool.com/jona-god-ontferm-hom-oor-nineve/Chris van Wyk on Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge Hi Christa, ek gaan steeds aan met Prontuit die Waarheid. Volgende aflewering volgende Donderdag.CHRISTA on Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge Hallo Chris Dis vir my wonderlik hoe die evangelie ten spyte van die vervolging kon oorleef en hoeveel miljoene mense vandag dit navolg! Wat nou van die evangelies Prontuit die waarheid?karen ludik on Jona Goeie more ds, Ek sal graag u uiteensetting wil lees oor Jona. God het gister vir my Jona gegee en ek vind soveel wonderwerke in die klein verhaal. God praat so duidelik met my om my lewe weer op die regte pad te kry. Baie dankie Groete KarenChris van Wyk on Markus Ek maak so. Ek stuur dit per e-pos.Steven Pietersen on Openbaring 1 – Jesus Christus maak bekend wat hierna gaan gebeur More Chris Kan U my meer verduilik oor die seen wat ge praat word in Openbaring 1 vers 3Leonie Burger on Markus Goeie môre Dominee Chris Ek sal dit baie waardeer indien u die "Excel file" waarna u verwys (Markus) kan e-pos. Baie dankie vir uitstekende werk wat u doen. God seen u. Groete. Leonie BurgerCarla Brits on Salwing in die Bybel Goeie naand Chris, ek stem nie saam nie. Jesus was n volwasse man toe Hy vir Johannes gese het om Hom te doop (Matt 3:13 - 17). Jesus en Johannes was in die Jordaan. Johannes het eers teegesit omdat hy gevoel het Jesus moet hom doop, maar Jesus het geantwoord dat dit God se wil is dat Johannes Hom moet doop. Jesus is toe in die water gedoop en toe Hy uit die water kom, is Hy met die Heilige Gees gedoop. Doop met water is n teken as gehoorsaamheid aan God. Ja, daar is baie mense wat wedergebore word, maar voor hul hulself kon doop, het hul gesterf. En soos jy se, die moordenaar is hemel toe. Hy was nie gedoop nie. Maar indien jy jou lewe werklik vir God gee, moet jy jouself laat doop so gou as wat jy kan. Sterf jy voor jy dit kon doen, gaan God dit nie teen jou hou nie.Tom on Joël 3:1-21 – God bring oordeel oor die nasies, maar redding vir sy volk in Sion Goeiedag Chris. Brei asb uit oor die belangrikheid in Joel 1,v 14 "roep die gemeente bymekaar, bring die leiers en al die inwoners van die land na die huis van die Here en roep saam na die Here julle God toe"Chris van Wyk on Miga Ja, dit is heeltemal gratis.May on Miga Is dit gratis om in te teken "bydrae oor Al 4 evangelise"?Chris van Wyk on Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges Hi Christopher, die Jode het die Boek van Henog nie as gesaghebbend beskou nie, en omdat die Hervormers die Joodse kanon as maatstaf gebruik het vir die samestelling van die OT, is die boek in die Protestantse beweging nie as deel van die kanon ingesluit nie. <a href="https://en.wikipedia.org/wiki/Book_of_Enoch" rel="nofollow ugc">Jy kan meer lees hier oor verskillende perspektiewe op die boek.</a>Christopher on Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges Geagte Pastoor Chris; Ek wil graag weet waarom die Boek van Enoch nie in die bybel ingesluit is nie? Is van die informasie daarin verkeerd? Baie Dankie, Groete.Chris van Wyk on Lukas Hi Alicha, Jesus moedig hier die dissipels aan tot ’n onberispelike lewe wat nie vir ander tot struikeling aanleiding sal gee nie. Hy wil hê dat ons niks sal doen wat ander mense sal laat struikel nie. Want, Hy wil hê dat almal sal floreer. Hy wil hê dat ons almal tot ons volle potensiaal sal lewe. Daarom wil Hy hê dat ons dit vir mekaar moontlik sal maak. Dit is uiteraard onvermydelik dat daar dinge sal gebeur wat mense sal laat struikel. Versoekings en beproewings. Ons moet egter op geen manier daarvoor verantwoordelik wees nie, want dié wat struikel sal wel vir hulle eie oortredings gestraf word, maar dié wat vir die struikelblokke verantwoordelik is, sal in groter ellende gedompel word. Ons moet dus op ons hoede wees dat ons niks doen wat ander mense skade kan berokken nie.Alicha on Lukas Goeie Middag Chris, Kan jy moontlik Lukas 17:1 -2 vir my uiteen sit. Die 2 verse is so eenvoudig, tog so kragtig dat ek voel ek nog nie die volle GROOT prentjie snap nie. "1 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. 2So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. 3Wees dus self op julle hoede." Dankie, ek hoor graag van jou. Vriendelike Groete AlichaChris van Wyk on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Hi Adri, 'n Christen is iemand wat in die Here Jesus Christus glo en Hom gehoorsaam, wat deur die Gees 'n kind van God gemaak is. Die "Jahwis" dui op 'n hipotetiese bron wat gebruik is om die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, te skrywe. Oral waar in die teks "Jahwe" voorkom, word dit as die "Jahwis" bron deur sommige geleerdes beskou (bv Gen 2). Oral in die teks waar net "Elohim" (God) voorkom, word dit as die "Elohis" beskou (bv Gen 1). Ek ondersteun egter nie hierdie onderskeid in bronne nie. Daar is nog nooit enige boek gevind wat eers naastenby met só 'n bron vergelyk kan word nie. Die onderskeid is net gebaseer op die verbeelding van geleerdes.Adri on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Hi Chris Kan jy my asb verduidelike wat is die verskil tussen Christen en Yahwis. Groete AdriPastor Barry Noble on Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees God bly God Al stel ons Hom te leuer , Jesus Christ's nimmer-meer-Hy bly getrouChris van Wyk on Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord Dankie Erna, dit bly my vreugde en voorreg.Erna Rademan on Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord Beste Ds Chris, ek lees dikwels jou kommentare om my daaglikse lees van die Bybel aan te vul en ek vind dit geweldig verrykend en insiggewend. Baie dankie daarvoor en mag die Here jou werk ryklik seën. Uit VredefortChrista Marais on Prontuit die Waarheid – Week 48 Dankie Chris vir die leersame skrywe. Vir my is die mooiste voorbeeld van nederigheid, die voete was van Jesus. Dat ons so nederig moet wees, om mekaar se voete te was. Ek raak ook bewus dat Jesus by magte is om enige iets te kan doen! Dankie dat jy nooit moeg word om ons so te leer nie!Moses on 1 Petrus 2 – Groei geestelik deur Jesus Christus se voorbeeld te volg Goeie dag Chris ek was besig om t bid n nadat ek klaar gebid het was my bybel geopen op 1petrus2-4 ek het nie di betekenis van die vers verstaan ni ek besluit om dit te bestudeer en Alles hoe u dt verduidlik is hoe my daaglikse lewe is en daar in dinge wat ek doen wat ek eintlik ni veronderstel om te doen maar my verstand is nou oop n self my oëChris van Wyk on Spreek in tale Ek is bly, Magda. 'n Fokus op tale kan keer dat jy die gawes wat die Gees wel gee na waarde ag. Geniet die reis wat God met jou onderneem na 'n groter en dieper bewussyn van Homself en sy roeping vir jou op aarde.Magda Pretorius on Spreek in tale Hi Chris. Baie baie dankie. Ek worstel al maande lank daarmee. Ons charismatiese kerk glo dat jy nie die Heilige Gees ontvang het as jy nie ontslae bid/praat nie. Dit laat mens minderwaardig voel al glo jy hart en siel dat jy die gees ontvang het na doop. Ek is bly vir die Here vir die antwoord wat ek kon vind deur op die artikel af te kom. Halleluja!Marinda Hattingh on Is daar ‘n hel? Baie dankie ook hiervoor. Ek voel dis ñ feit wat ons nie genoeg kan verkondig nie, want in die moderne gees van humanisme waar alles geoorloof is, word JESUS oor die algemeen as "liewe JESUS" gesien, wat weens SY kruisdood sonde sowél as ons verantwoordelikhede gedra het. Baie mense het dus die siening dat hulle maar kan "aanjaag" soos hul wil, want JESUS het mos aan die kruis gesterf. Dit is baie gerieflik om van ons verantwoordelikheid jeens HOM te vergeet; maar HY bevéél ons dan om in dankbaarbaarheid SY wet te onderhou. En ons moet hierdie boodskap uitdra in ñ onkundige wêreld.Chris van Wyk on Numeri 6 – Die impak van geloftes aan en die seën van die Here My voorreg en plesier!Suzette Meyer on Numeri 6 – Die impak van geloftes aan en die seën van die Here Ek is so dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir die heeeeerlike verheldering en toeligting van Numeri wat nog altyd vir my kosbaar was.. Soos tewens die hele Ou Testament. Dit verheerlik ons Lieflike Here God en is 'n leidende lig op ons pad waardeur ons fyn ingestel word op Sy Heiligheid.. En o, Sy lankmoedige genade en vergifnis teenoor mense wat jou bedroef, klein en stil by Hom laat.. Dit was 'n voorreg... En dit het gekom deur 'n vroegoggend gewonder oor die nasireërgeloftes. Ínnige groete.Rea on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi Chris . So bly ek het hierdie website raak gekuier. Besig met Efesiers in my stiltetyd en Boom! Gaan nou jul Efesiers reeks deur werk. Ek het Warren Wiersbe se Be Rich reeks gedoen, maar Efesiers is nog nie klaar met my nie 😊 Dit is n blessing om saam Jul ander aan die Here te groei Groete Rea MareeChris van Wyk on Bybelskool oor die boek van die profeet Jeremia en die Klaagliedere van Jeremia Hi Adri, ek weet nie presies wat jy wil hê nie. Die skakels na Klaagliedere op Bybelskool is aan die onderkant van die bladsy. Hier is 'n paar ander skakels: <strong>Eredienste</strong> <a href="https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw" rel="nofollow ugc">NG Kerk Somerstrand Youtube kanaal</a> <a href="https://www.youtube.com/watch?v=o1_kbpKL8lM&list=PL_IiNMZRSyMD3AoattMcI0PY2EW2cljuY" rel="nofollow ugc">Familiediens oor Klaagliedere</a> <strong>Boeke</strong> <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf" rel="nofollow ugc">Ek kom gou - Openbaring</a> <a href="https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Klaagliedere-van-Jeremia.pdf" rel="nofollow ugc">Klaagliedere van Jeremia</a>Adri on Bybelskool oor die boek van die profeet Jeremia en die Klaagliedere van Jeremia Hi Chris kan jy asb vir my die link stuur van die Die Klaagliedere van JeramiaChris van Wyk on Ester Hi Chere, jy kan dit aan die onderkant van elke bydrae self na e-pos toe stuur. Daar is verskeie opsies: <img src="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2020/06/Share.jpg" alt="Share" />Chere on Ester Kan U dit op mail stuur asbChris van Wyk on Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here Ja, jy is reg. Psalm 119 se outeur is onbekend. Oor jou navraag. Daar is agt woorde wat hierdie Psalm gebruik vir die openbaring van God - wet, bepalings, opdragte, voorskrifte, bevele, regverdige beslissings, belofte, en woord (BDV vertaling). Hierdie openbaring van God kan veral verbind met die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, waarin die Tien Gebooie 'n baie belangrike rol speel. Maar, die res van die OT speel natuurlik ook 'n rol. Die agt woorde vir God se openbaring in Psalm 119 word egter ook in die res van die Psalms gebruik, soos bv die woord wet in Psalm 1; 19; 37; 40; 78; 89; en 94. Dieselfde geld die ander woorde wat op talle plekke gebruik word. Jy kan in YouVersion se Bybel app enige Afrikaanse vertaling kies en dan vir die woorde daarin soek.Andre Pierre du Plessis on Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here Goeiemore , ek soek bietjie hulp, advies asb ..... Soos ek nou agter kom , is Psalm 119 deur iemand anders as Dawid geskryf . ... Rede is die woorde BEPALINGS , VOORSKRIFTE , VERORDENINGE kom baie in die verse voor. Maar ek het vligtig gekyk deur die ander Psalms en ek sien nie die woorde nie , ek kan mis gekyk het en ek is nie so geskool in die Bybel nie ................ Dan sal ek ook graag wil weet , die woorde VERORDENING , BEPALINGS , VOORSKRIFTE , is dit die 10 gedooie.......... Ek het in woorde boek gekyk en verordeninge =bevele , voorskrifte .........Dan waneer jy vers 38 lees , "Vervul ook aan my die BELOFTE wat U gegee het aan die wat U dien ".... Snaaks vir my is dit een [1] belofte ? en hoekom is dit nie beloftes....... meer want daar is so baie aan hom en ons gegee..........Praat hy van die belofte as die 10 gebooie in geheel , of net die eerste gebod.......... wil nie van die molshoop n berg maak nie net interesand vir my................... DANKIE AndreChris van Wyk on 2 Petrus 3 – Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van Jesus Christus Hi Johan, jy het dit reg. In die NT gaan die dooies na Hades (ᾅδης) soos dit reeds in die OT uitgespel is (Hand 2:27, 31). Hades is die Onderwêreld wat met die hemel gekontrasteer word (Matt 11:23; Luk 10:15). In die gelykenis van Jesus van die ryk man en Lasarus, is Hades 'n plek van pyniging vir die arrogante ryk man (Luk 16:23–25) na die dood, terwyl Lasarus aan Abraham se kant versorg word (Luk 16:22, 25). Die goddelose en regverdige dooies bly dus op verskillende plekke na hulle dood. Hades word ook soms die plek van pyniging en straf vir die goddelose dooies genoem, en soms Gehenna (γέεννα - Matt 5:29-30), die bodemlose put (ἄβυσσος - Luk 8:31) of Tartarus (2 Pet 2:4) genoem en beskryf as 'n plek van ewige vuur (Matt 25:41; Judas 7), waar gehuil en gekners word op die tande (Matt 13:42). Die regverdige dooies daarenteen geniet 'n hiernamaals in die paradys (παράδεισος - Luk 23:43) met Christus (2 Kor 5:8; Fil 1:23) totdat hulle aan die einde van die tyd verenig word met 'n verheerlikte liggaam en die ewige lewe saam met God betree. (Benjamin Austin in Afterlife, Lexham Theological Wordbook, 2014)Johan Coetzer on 2 Petrus 3 – Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van Jesus Christus Ek is `n lidmaat by Overkruin gemeente in Pretoria. Daar bestaan talle skrywes oor die "Tussentoestand" Hiervolgens skei liggaam en siel met die dood en is gesê dat die siel voortleef terwyl die verheerlikte liggaam later sal opstaan. Wat presies is die verklaring t.o.v. bogenoemde. Baie dankie JohanChris van Wyk on 1 Petrus 2 – Groei geestelik deur Jesus Christus se voorbeeld te volg Jy kan hier begin, Christine: https://www.openbible.info/topics/cleaning_up_your_lifeChristine Pretorius on 1 Petrus 2 – Groei geestelik deur Jesus Christus se voorbeeld te volg Goeiedag Chris Ek soek skrifte in die bybel oor geestelike stoffer en vlieëplak(huis sloonmaak) is nie seker hoe om te soek daarvoor Sal bly wees as iemand my kam help daarmee Dankie Christine PretoriusChris van Wyk on Oor my Dankie Zelda!Zelda on Oor my Baie dankie vir die uitlegging van die bybel, jou webtuiste is baie goed uitgelê. Groete vanuit Dubai.Chris van Wyk on Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies Dit is dieselfde Gees. Die verskil is sy inwoning. As Heilige Gees woon Hy in die gelowige. Dit is die verskil wat Pinksterdag bring.Fanie Erwee on Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies Wat is die verskil tussen die Gees van God en die Heilige Gees op PinksterdagChris van Wyk on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Jy is welkom, Sonja. Talle mense verkies om notas te maak in 'n boek. Geniet dit.Sonja on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Baie dankie ds. Chris. Ook baie dankie vir die gratis boek wat u vir ons beskikbaar stel. Ek het dit geprint(hoop ek mag),want ek hou daarvan om aantekeninge te maak en terug te blaai. Seker nog n teken van uit die oudedoos. Hou van n boek. CUM het my gister ook laat weet dat my 12 klein profete binne dae by my sal wees. Het so lank gewag daarvoor.Chris van Wyk on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Ek het die aantal dienste verminder na 9. Môre, Sondag, is daar nommer 2 om 09:00 en 3 om 18:30. Dan elke aand Maandag tot Vrydag om 18:30. Sluit af Sondag 31 Mei om 09:00 met nagmaal.Sonja on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Goeie môre Ds.Chris. wil net asb hoor of daar n ander skakel is vir dag 2 van die Openbaring dienste. Ek sien dit nie.Ninette Kotzee on Jona 1:1-16 – God roep Jona na Nineve, maar Jona vlug weg Wat n pagtige gedeelte van Jona. Dankie daarvoorChris van Wyk on Amos – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid Geniet dit, André.Andre Pierre du Plessis on Amos – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid Hi Chris , Baie danie vir die wonderlike uitleging van die woord . Ek het dit dit nou kort ondek en is baie bly daaroor. Ek geniet die bybelstudie en die uitleg van die verskilende boeke....... Groete AndreChris van Wyk on Galasiërs 3:1-4:20 – VRYSPRAAK: dié wat glo, is kinders van Abraham Hi Chris, Openbaring is baie duidelik dat ons IN die groot verdrukking as getuies van die Here Jesus sal optree. Die wegraping is nie op 'n Bybelse lering gebaseer nie. Jy kan in my boek oor Openbaring op die webtuiste na my perspektiewe daaroor lees.Chris on Galasiërs 3:1-4:20 – VRYSPRAAK: dié wat glo, is kinders van Abraham Geagte Ds Chris. Ek wou net weet of die wegraping voor die groot verdrukking gaan plaasvind, of na die groot verdrukking. Daar is baie goeie argumente in die bybel vir beide kante van die saak, ek wou net weet wat pastoor se siening hieroor. Dankie, Groete.Rachel on Markus Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop Dominee moeilik verstaanbare gedeeltes verduidelik en dit sommer net makliker is om te verstaan. Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word. Groete en seën. Rachel GChris van Wyk on Markus Ek stuur vir jou per e-pos.Rachel on Markus Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop moeilik verstaanbare gedeeltes sommer net makliker is om te verstaan. Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word. Groete en seën. Rachel GChris van Wyk on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Dankie Sonja. Ek mis ook die bymekaarkom.Sonja Lizemore on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Hallo Ds. Chris. Ek volg jou Bybelskool en ook Bybelstudie al vir n geruimde tyd en besef elke keer hoe min ek weet. Ek leer so baie met jou verduidelikings oor hoe ons iets moet intepreteer. In hierdie tyd sien ek met verwagting uit na die Pinkster preke. Ek is een van die mense wat voel dat dit alles werk van Satan is om ons weg te hou van kerk af, maar lag so lekker omdag hy nie met vandag se tegnologie reken gehou het nie. Nou is daar op YouTube, Facebook en Whats app soveel preke en gedagtes.... maar ek mis die saamkom en saam sing. Baie dankie weereens vir u werk om Die Woord vir ons te bring.Chris van Wyk on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Hoe breed glimlag ek nou, Nakkie. Dankie!Nakkie Bruwer on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Ek is soooo opgewonde oor die Pnikster preke. Baie baie dankie.Chris van Wyk on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Welkom - die skakel is in die post: https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw. Besig om te werk aan Openbaring. Ek dateer my vorige stof op. Onthou, dit is 'n homiletiese hantering van Openbaring. Ek beanwoord dus nie alle eksegeties of hermenteutiese vrae nie. Maar, my keuses sal wel duidelik wees.Herman Steyn on Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” Dankie Chris - ek gaan by julle Pinksterdiens inskakel. Is daar 'n Link wat jy gaan stuur vir julle You tube kanaal? Ek is nou juis besig met Diploma studente van Veritas wat twee periokope uit Openbaring moet interpreteer (eksege doen) en sien dus met verwagting uit na jou Pinkster preke.Chris van Wyk on Prontuit die Waarheid – Week 48 Dankie, Nakkie. Ek beplan 'n reeks oor Openbaring vir Pinkster. Jy sal dit kan luister op <a href="https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw" rel="nofollow ugc">NG Kerk Somerstrand se Youtube kanaal</a> van Hemelvaart 21 April af. Ek sal ook 'n boek oor Openbaring beskikbaar stel vir Bybelstudie daardie tyd. Ek sal dit hier op <a href="https://www.bybelskool.com" rel="nofollow ugc">Bybelskool</a> adverteer sowel as op <a href="https://www.ngkerksomerstrand.co.za" rel="nofollow ugc">NG Kerk Somerstrand se webtuiste</a>.Nakkie Bruwer on Prontuit die Waarheid – Week 48 Ds baie dankie vir die videos. Ek geniet dit. Deesdae is almal behep met die eindtyd en die wegraping ens, ens. Praat asb met ons hieroor. Groete vanuit EmpangeniElsie Grobler on Hebreërs 7:1-28 – Jesus Christus is Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek Dit was vir my geesmens so goed om n breër uitleg oor Jesus as "Hoërpriester volgens die Orde van Malgisedek" te leer. Ek besef net weereens: Wie is daar soos Hy, niemand. Vrede vir UAbraham Jonker on Openbaring 14 – Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel Dankie vir opstaan vir die Waarheid! Vir u wysgeid keuse om deel van die wenspan te wees -Jesus Se span ! Die wen-telling staan klaar teen die bord! Jesus ons anker en lig vorentoe!Chris van Wyk on Jesus is drie dae in die graf Dis hoe ‘n mens Bybel lees. Sorgvuldig! Welgedaan. Hou aan daarmee.Deon Venter on Jesus is drie dae in die graf Daar is ook ‘n moontlike ander verduideliking vir die 3 dae-vraagstuk. Die vraag is of Jesus nie dalk op die Donderdag gekruisig is nie. Die Bybel verwys nie noodwendig na ‘n “Vrydag” nie. Ja, ek weet die 83-vertaling praat van ‘n “Vrydag”, maar geen van die ouer vertalings doen nie. Die KJV lees as volg: Mark 15:42 – “And now when the even was come, because it was the preparation, that is, the day before the sabbath”. Die Vrydag-aanname spruit juis uit hierdie stukkie “the day before the sabbath”. Maar onthou, dit was Paasfees. En die dag na Paasfees is dag een van die Fees van Ongesuurde Brode. Die eerste en die laaste dae van die Fees moet as sabbat gevier word – Lev 23:5-8. Die Jode het nie Paasfees “van-Vrydag-tot-Sondag” gevier soos ons nie. Hulle het dit volgens die kalender gedoen (die 14de dag van die eerste maand – Nisan). Die volgende dag, die 15de, was outomaties as sabbat gevier, ongeag watter dag van die week dit was. Wat wel skriftuurlik is, is die feit dat Opstanding op Sondag plaasgevind het. Mat 28:1 en Joh 20:1 maak melding van “die eerste dag van die week”. Respektiewelik “In the end of the sabbath, as it began to dawn toward the first day of the week, came Mary Magdalene and the other Mary to see the sepulchre.” en “The first day of the week cometh Mary Magdalene early, when it was yet dark, unto the sepulchre, and seeth the stone taken away from the sepulchre.”, beide aanhalings uit die KJV. Is daar dus ‘n argument vir die Kruis op Donderdag? Die verloop sou dan so lyk: Woendagaand die 14de van Nisan – Die Laaste Avondmaal Donderdagoggend die 14de van Nisan – Die Kruisiging Donderdag sononder tot Vrydag sononder, die 15de van Nisan – Sabbat op die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode Vrydag sononder tot Saterdag sononder, die 16de van Nisan – die weeklikse sabbat. Sondagoggend die 16de van Nisan – Opstanding! Net toe ek die stuk hierbo klaar geskryf het, lees ek iets wat seker as sterk argument teen bogenoemde teorie gebruik kan word. Die Fees van die Ongesuurde Brode word in Eks 12:6-20 ingestel. Vers 16 in die 83-vertaling (in ooreenstemming met vers 17 in die KJV), lui as volg” . . .Op hierdie dag mag geen werk gedoen word nie, behalwe dat vir elkeen iets te ete voorberei kan word.” As kos op dié dag voorberei mag word, wat is die “preparation” dan waarvan Markus 15:42 praat? Dit is alom bekend dat die “voorbereiding” gegaan het om kos voor te berei omdat daar nie op die sabbat gewerk mag word nie. Nou is ek deurmekaar en moet voor begin, maar ek los solank hierdie by julle vir ingeval een van julle dalk ‘n antwoord het.Chris van Wyk on Die gebruik van Levitikus in die Nuwe Testament Hi Magriet, dit is reeds op die webtuiste. <a href="https://bybelskool.com/levitikus/">Jy kan dit hoofstuk vir hoofstuk hier lees.</a>Magriet on Die gebruik van Levitikus in die Nuwe Testament Ek sal daarvan hou indien u vir my die lering oor did boek Levitikus kan epos. Ek begin nou Levitikus te lees om meer duidelikheid te kry oor my lewe in YaHshuaChris van Wyk on Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe Hi Chris, my voorreg. Ek het dit sommer weer gelees en self weer die stem van die Here in vers 7-8 gehoor. Die vrug van 'n lewe wat aan God toegewy is, kom na vore in gebedsverhoring en dissipelskap. Dit het my net weer aangevuur om in alles die Here te dien en te volhard in die sake wat ek voor die Here bring in gebed. Groete.Chris Smit on Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe More Chris ek is tans besig met Johannes en was by hoofstuk 15 en wou meer weet en sien wat ander sê oor dit toe ek op jou skrywes afkom, en dit het n ander wêreld oop gemaak. Dankie ek het soveel meer insig en soveel meer geleer.Francois du Toit on Kontak my Daie dankie Ds Chris vir die goeie antwoord op my vraag, en die insiggewende skakels.Chris van Wyk on Kontak my Hi Francois, daar is baie verskillende menings oor die virus se verbintenis aan God al dan nie. Die NG Kerk het nie 'n amptelike standpunt daaroor nie. Jy kan verder lees wat <a href="https://time.com/5808495/coronavirus-christianity/" rel="nofollow ugc">NT Wright</a> daaroor sê, en hoe <a href="https://pjmedia.com/lifestyle/the-bible-gives-buckets-of-answers-about-covid-19-you-may-not-like-them/" rel="nofollow ugc">Daniel Philips</a> daarop reageer. Ook <a href="https://www.youtube.com/watch?v=WvLfuMlAi18" rel="nofollow ugc">John Lennox</a> se uitstekende bydrae sowel as <a href="https://www.desiringgod.org/books/coronavirus-and-christ" rel="nofollow ugc">John Piper</a> se mening in 'n gratis boek. My eie mening is dat die Bybel duidelik is daaroor dat God sy goeie skepping aan verganklikheid en verydeling onderwerp het weens die sondeval (Gen 3; Rom 8). Dit is die raamwerk waarbinne beide natuurlike en bonatuurlike prosesse uitspeel. Alles gebeur binne 'n dubbele oorsaaklikheidsmodel. God is daarom op soewereine manier betrokke by seën en straf (Noag en Babel verhale), vrugbaarheid en onvrugbaarheid (aartsvaderverhale), voorspoed en teenspoed (Josef verhale), beskerming en blootstelling aan plae (Egipte verhale), verlossing en veroordeling (woestyn verhale), toetsing en herstel (wysheidsverhale). En só kan 'n mens aangaan regdeur die verhale van die koninkryk en die ballingskap tot by die terugkeer na die land en daarna. Elke profeet in die OT praat van God was sy wil uitwerk in die wel en wee wat mense ervaar, natuurlik en bonatuurlik. Daar is dus niks wat gebeur waarby God nie betrokke is nie. Hy is nie uitgelewer aan dinge wat Hy nie kan beheer nie. Hy bepaal selfs ons nie-materiële dinge soos ons gedagtes (Jer 17). Hoe sal Hy nie materiële dinge kan bepaal nie? Dit is nie anders in die NT nie met Jesus wat uitvoerig praat in die profetiese rede oor oorloë, hongersnode en pessiektes wat kom (Matt 24-25). Al dié dinge is deel van God se agenda van sy verlossende oordeel van hierdie wêreld soos Johannes in die Openbaring helder uitspel (Openb 4-5). Daar is immeers niks in hierdie skepping wat nie sy bestaan kan herlei tot God nie. Dit is waar van hemelse wesens - goed en sleg. Dit is waar van die aarde - goed en sleg. Trouens, dit is Jesus wat die sewe seëls van daardie agenda oopmaak wat wydverspreide rampe tot gevolg het. En dit raak net erger deur die sewe trompette en sewe bakke tot by die finale oordeel wat die heelal betrek en in die geskiedenis voltrek word. In dit alles beskerm die Here sy mense - nie noodwendig van die dood nie, maar in en deur die dood tot in die ewige lewe - maar dit gebeur nie sonder sy intense en intieme betrokkenheid daarby nie. Hy werk sy wil uit midde-in en deur die rampe wat ons saam met die wêreld tref. Ons hoop is 'n nuwe hemel en nuwe aarde waarheen God met sy kinders op pad is. Daarna sien ons met reikhalsende verlange uit. Dit gee ons die hoop om die dinge wat nou gebeur as die tekens te sien van die nuwe wat aanbreek, God se koninkryk wat deurbreek, en in sy volle werklikheid aan die kom is. Waar die dood gedood sal word, en die trane afgevee sal word, en ons gesigte sal blink van die heerlikheid van die Here wat elke stukkie duisternis sal uitwis, sodat ons heilig en onberispelik voor God die ewigheid sal kan binnegaan. Dit is waarskynlik die belangrikste boodskap van hierdie COVID-19 tyd. Maak gereed vir die nuwe wat God sal laat kom. Vir dié wat die Here dien, wees waaksaam en volhard. Vir dié wat die Here nie dien nie, kom tot inkeer en bekering. Die einde is naby.Francois on Kontak my https://www.christianitytoday.com/ct/2020/april-web-only/covid-19-is-not-gods-judgment.html Ds Chris Die intrnet is vol skrywe oor die Civid19 pandemie en of dit n oordeel van God is. Die artikel in die skakel gee n goeie gebalanseerde seining, maar die vraag kom by my op: is dit n Bybels seining en in lyn met wat ons as NG Kerk glo, of net goeie debat? Jou mening sal waardeer word.Jan Louw on ‘n Bybelse perspektief op lyfstraf Goeie artikel Chris!Chris van Wyk on Die verloop van die laaste week van Jesus Hi Chris, jy moet ook die <a href="https://bybelskool.com/jesus-is-drie-dae-in-die-graf/">ander artikel</a> lees wat ek geskryf het, maar dit is min of meer dieselfde inligting.Chris Visser on Die verloop van die laaste week van Jesus Hierdie weergawe stem met jou saam. https://www.youtube.com/watch?v=Nag8TonUPIAChris Visser on Die verloop van die laaste week van Jesus Chris. Dankie; 'n Moslem probeer my vastrek met die vraag van 3 volle dae in die graf. Ek het nog altyd verstaan (ek dink dis wat jy ook sê) is drie dele van dae, nie 3 volle dae en nagte? Ek soek toe weer by Google. Wonder net of jy n kommentaar hierop het... Conversation with Muslims: The Bible predicted that Jesus would be in the grave for three days. However, Jesus was crucified on Good Friday and rose on Easter Sunday… If you are confused about how that adds up to three, you aren’t alone. look here https://www.youtube.com/watch?v=A_n14VZthrw Maar 'n ander ou het 'n nog langer verduideliking: Hy bring 'n begrip in wat ek nie geken het nie. "high-day Sabbath" wat nie die Saterdag is nie, maar vroeer. Look here. https://www.youtube.com/watch?v=97znBZwYu0Y and also read this.. http://www.sabbath.org/.../Is-high-day-weekly-Sabbath.htm Dankie, Chris VisserChris van Wyk on Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg Hi Sutaya, wel, eerstens het hulle Hom nie verwag nie, en tweedens Hy het 'n verheerlikte liggaam gehad wat kon verdwyn en verskyn na hartelus. Hy het ook derdens die vermoë gehad om Homself te openbaar aan iemand of nie, soos engele dit ook kan doen.Sutaya on Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg In Johannes 21 waarom het dissipels Jesus ni onmiddelik geken nieChris van Wyk on Maleagi – Bekeer julle van geestelike minagting Hi Andreas, in die tyd van Maleagi (ook Esra en Nehemia) het die opgewondenheid oor die herbou van die tempel al begin afneem (Mal 1:10; 3:1). Ons lees dat die altaardiens herstel is (Mal 1:7), maar dat die priesters laks geraak het en die Here met minagting behandel is (Mal 1:6). Daarom minag ook die volk die Here deur blinde, siek, lam of verminkte diere, en soms selfs gesteelde diere (kan jy dit glo!) te offer (Mal 1:8, 13-14). Daarby het hulle nie die volle tiendes gebring na die tempel se stoorkamer toe nie (Mal 3:6-12). Ironies genoeg het dit beteken dat die Leviete en priesters ook daaronder gely het deurdat daar geen voorsiening vir hulle was nie. Hulle was egter in die eerste plek aandadig daaraan deurdat hulle self die Here geminag het in hulle dienswerk. Maleagi spreek die volk van die 5de eeu vC (ongeveer 432 vC) aan in die konteks van die boodskap van die Here dat Hy van die volk verwag dat hulle tot bekering sal kom. Indien hulle na Hom luister en terugdraai om Hom te dien, sal die Here hulle weer seën. Dit is dan, wanneer die volk vra, maar waarom moet hulle tot bekering kom, dat die Here hulle nalatigheid uitlig om die volle tiende na die tempel te bring. Hy laat hulle onder geen onsekerheid nie dat die tiendes ‘n ononderhandelbare deel van hulle verhouding is. As motivering koppel Hy aan die gee van tiendes ‘n omvattende belofte: “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe … en toets My hierin of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.” Die Here belowe verder dat Hy hulle sal beskerm van plae en misoeste, en selfs die nasies se houding oor hulle sal verander dat hulle mense van betekenis is. “Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou.” Dit gaan natuurlik nie in die eerste plek oor die tiendes as sodanig nie, maar oor die verhouding wat tussen God en die volk herstel moet word. Binne ‘n gesonde verhouding kom God se seën tot sy volle werking. Daarop kan die volk staatmaak. Die gee van tiendes is net ‘n simbool van die regte tipe verhouding wat tussen God en sy mense bestaan. Die tiendes kan daarom egter ook nie nagelaat word nie, want dan getuig dit van ‘n gebroke verhouding met die Here, soos dit nou die geval was met die volk. <a href="http://bybelskool.com/nehemia-13-nehemia-stel-nog-hervormings-in-met-sy-tweede-termyn/">Lees hier meer oor die betekenis van tiendes in die NT elders op die webtuiste</a>.Andreas Pedro on Maleagi – Bekeer julle van geestelike minagting Hoe sou u maleagi 3vers 10 beskryf .met wie praat die Here. Kan dit vandag nog toegepas word.Chris van Wyk on Hebreërs 1 – God praat met ons deur sy Seun Hi André, jy kan kyk by https://www.chrisvanwyk.co.za vir my boeke. Sommige is elektronies, en ander by CUM en B-M beskikbaar. Die nuutste is <a href="https://www.cumbooks.co.za/die-twaalf-klein-profete-paperback" rel="nofollow ugc">Die Twaalf Klein Profete</a>. Dan is daar op https://www.bybelskool.com talle Bybelstudies, onder andere <a href="https://bybelskool.com/wie-is-god-1/">Wie is God?</a> By https://www.ngkerksomerstrand.co.za is baie preke en kleingroepmateriaal ook beskikbaar.Andre Muller on Hebreërs 1 – God praat met ons deur sy Seun Hallo Chris, waar kan ek van jou Bybelstudie materiaal kry Andre Muller 064 651 9802Chris van Wyk on 1 Petrus 4 – Bo alles moet julle mekaar innig liefhê My voorreg, Alida.Alida Verwoerd on 1 Petrus 4 – Bo alles moet julle mekaar innig liefhê Dankie Ds Chris, omdat ek jou woorduitleg vertrou, soek ek altyd jou kommentaar wanneer ek my bybelstudie doen en meer duidelikheid soekChris van Wyk on Jeremia 27 – Ek gee al die lande in die mag van Nebukadnesar Dankie Evert, dit is my voorreg en plesier.EJ De Vries on Jeremia 27 – Ek gee al die lande in die mag van Nebukadnesar Dankie Ds dat jy jou insig op so 'n wonderlike manier deel sodat ons toegerus die wereld in kan gaan.Chris van Wyk on Die boek Jeremia Hi Pieter, ja ek en Stefaan ken mekaar goed. Lekker om van jou te hoor. Jeremia is steeds baie toeganklik in terme van sy persoon, nie net sy boodskap nie. Hy spreek my aan in sy worstelende getrouheid. Jy is welkom om ons Tennebrae diens môreoggend van 09:00 af op Youtube te luister, want dit het twee koorstukke in waarin die orrel sterk leiding neem: https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw/. Baie seën vir jou ook.Pieter de Jager on Die boek Jeremia Hi Chris, ek het nogal dinge in gemeen met jou. Voel ek ken jou op n manier. 1 Een van jou digitale vriende is my broer Stefaan de Jager. 2 Ek het vir jou respek leer kry oor jou afwysing van die gaykultus. 3 Die Woord is jou passie. Sterkte en seën toegewens met die bybelskool 4 Ek deel jou voorliefde vir die profeet Jeremia. Ek is juis in hierdie tyd van isolasie met n studie besig oor die boek Jeremia. Ek glo dat hierdie profeet in besonder vandag aktueel is in die verkondiging van die goddelike gerig oor die wêreld. 5. Julle het n pragtige orrel. Die beste in die suidelike halfrond! Ek self het saam met kweekskool studies ook KOD klasse aan die konservatorium van Stellenbosh geloop. Sëenwense vi n mooi bediening. Ek is VDM Emeritus in Reddersburg.Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof Dankie Deon, dieselfde boodskap ook vir jou en jou geliefdes hierdie Paastyd.Deon Raubenheimer on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof Beste Chris, ons dank God vir jou onwrikbare geloof, insig, wysheid en lering. Mag jy en jou geliefdes gesond bly, ook in dié tyd en nog lank gespaar bly om Sy werk voort te sit. Geseënde Paastyd, Groete in Christus, DeonChris van Wyk on Heilige Week Hi Engela, Paulus haal Psalm 44:23 hier aan as bevestiging van die feit dat gelowiges nog altyd teenstand beleef het. Dit is oor gelowiges se lojaliteit aan God dat hulle gedurig (elke dag - reg oor die wêreld) aangevat en selfs doodgemaak word, soos wat 'n mens met slagskape doen deur hulle keel af te sny. Maar, al is dit ook so, sê Paulus, is ons selfs meer as oorwinnaars deur Christus wat ons lief het en ons getuienis sal bevestig.Engela on Heilige Week Goeienaand. Kan u asb vir my verduidelik wat Rom 8.36 beteken.Chris van Wyk on Subscribe Ek het jou geregistreer Gawie. Welkom.Chris van Wyk on Heilige Week Daar is twee datums wat redelik vasstaan waartussen Jesus se geboorte moes plaasgevind het. Die eerste is die volkstelling waarvan die evangelies skryf. In Lukas 2:1-3 verbind Lukas die geboorte van Jesus aan keiser Augustus (regeer van 27 vC tot 14 nC) en goewerneur Sirenius van Sirië. Sirenius word met die volkstelling geassosieer. Dit het in 8-6 vC plaasgevind. Jesus is dus ná 8 vC gebore. Die tweede is die dood van Herodes die Grote wat as die koning geteken word gedurende die geboorte van Johannes die Doper sowel as Jesus die Christus in Lukas 1:5. Herodes is dood in 4 vC soos Josephus dit vermeld. Herodes se dood het volgens Josephus tussen 'n maansverduistering en 'n Paasfees gebeur. Daar was 'n maansverduistering op 13 Maart 4 vC ongeveer 29 dae voor die Paasfees. Daar is ook ander moontlikhede, maar dié datum word deur baie geleerdes aanvaar. Jesus is dus voor 4 vC gebore. Daarom plaas ek die aankondiging van Johannes die Doper se geboorte waarskynlik in ongeveer 7 of 6 vC. Die aankondiging van Jesus se geboorte vind dan gedurende die loop van ongeveer 6 vC plaas, want dit vind ses maande later plaas soos ons in Lukas 1:26 lees. Dit gee genoeg tyd vir die sterrekykers om op te daag, want hulle besoek Jesus in 'n huis in Bethlehem, nie meer in die grot nie (Matt 2:11), sowel as die kindermoord (Matt 2:16)Herman Steyn on Heilige Week Dankie Chris hiervoor. Datering bly vir my altyd 'n interesante onderwerp. Sal jy asseblief net weer die feit dat Jesus in 4 nC gebore is en nie in die jaar 0 nie, beredeneer of my net verwys na 'n skakel waar jy dit hanteer het?Gawie van Schalkwyk on Subscribe Registreer my op julle groep asseblief. Ek het toevallig op julle afgekom deur Google toe Die Heilige Gees my 03:00 wakker gemaak het om na iets te gaan soek. Baie dankie.Chris van Wyk on Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie Hi Johan, Die Noordland is 'n term wat vir Babel gebruik word, dws in dié geval vir die ballinge wat sal terugkeer uit Babel (Jer 1:14-15 identifiseeer die Noorde met Nebukukadnesar se beleëring van Jerusalem). Babel was natuurlik meer oos van Israel, maar weens die Arabiese woestyn in die ooste van Israel, kon 'n mens nie anders as om daar rondom te trek en Israel vanuit die noorde binne te trek nie. Die agterhoeke van die wêreld dui die mense aan wat nog verder verspreid is oor die wêreld - onthou daar was verskillende wegvoerings - wat ook sal terugkeer. Die Leviatan word met die krokkodil of seedraak verbind. Hy laat die diep water kook; “Agter hom lê ‘n blink streep op die water (see), lê die diep water wit van die skuim.” (Job 41:23). Selfs op die land is daar vir hom geen gelyke nie: “Hy kyk met minagting na diere groter as hy, hy is baas selfs oor al die groot diere.” (Job 41:25). Dit is egter duidelik uit die beskrywing van vonke, vuur, rook, en vlamme (Job 41:9-12) dat die Leviatan mitologiese en simboliese trekke het (Job 41:6-25). Die Leviatan word dan ook in die res van die Skrif as ‘n veelkoppige seedraak geteken wat God by die skepping getem het (Jes 27:1; Ps 74:14; 104:26). Leviatan word uiteindelik ook met die Satan verbind (Openb 12:9).johan venter on Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie Jeremia 31 vers 8 en Jeremia 6 vers 22 Kyk ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agter hoeke van die aarde. Vraag: Waar is die Noordland en waar is die agter hoeke van die aarde? Psalm 104 vers 26. ( Job , Amos , Jesaja ) Daar gaan die skepe en die leviathan wat u geformeer het om daarin te speel. Vraag : wat is die leviathan?Chris van Wyk on Matteus 12 – Die Fariseërs neem aanstoot aan Jesus as die Groot Geneesheer 'n Mens kan die volgende gegewens in ag neem om die vraag te beantwoord: 1. Jesus se verwysing na Jona se "drie dae en drie nagte" (Matt 12:40) was 'n Hebreeuse idioom wat vir enige kombinasie van 'n deel van drie verskillende dae gebruik is. So skryf RT France in sy Jesus and the Old Testament en D A Carson in die Expositors Bible Commentary. 2. 'n Mens sien dit 1 Samuel 30:12-13 waar die frase gebruik word om iemand se uitputting aan te dui asook in Jona 1:17 vir Jona se tyd in die groot vis. Iets soortgelyks sien 'n mens in 2 Kronieke 10:5 en 12 waar Rehabeam mense wegstuur om na drie terug te kom, maar hulle kom reeds op die derde dag terug. Dieselfde gebeur in die boek Ester waar sy die Jode beveel om drie dae en nagte te vas, maar dan "op die derde dag" voor die koning verskyn (Est 4:16; 5:1). 3. 'n Mens moet dus hierdie idiomatiese gebruik in gedagte hou as 'n mens hoor dat Jesus self voorspel dat Hy na drie dae sal opstaan (Mark 8:31; 9:31; 34). Daarom kan Hy ook sê “op die derde dag” (Luk 9:22). Trouens, Jesus verklaar dat Hy “binne drie dae” sal opstaan (Mark 14:58). 4. 'n Mens moet verder ook onthou, die Joodse dae is van sononder tot sononder getel. 5. Jesus word gekruisig op 'n Vrydag, die "dag voor die sabbat" (Mark 15:42), die "dag van voorbereiding" (Luk 23:54; Joh 19:31). 6. Die graf is van die Saterdag af bewaak omdat almal geweet het van die voorspelling dat Hy op die derde dag sou opstaan (Matt 27:62). 7. Jesus word opgewek op die Sondag, die eerste dag van die week, en daarom die derde dag van sy dood (Mark 16:2; Luk 24:1; Mat 28:1; Joh 20:1). 8. So Goeie Vrydag was die eerste dag (Donderdagaand tot Vrydagaand), Stil Saterdag die tweede dag (Vrydagaand tot Saterdag aand), en Paassondag die derde dag (Saterdagaand tot Sondagaand). 9. Die helderste stem is egter Paulus wat vir ons sê Jesus is: "OP die derde dag opgewek, volgens die Skrifte." (1 Kor 15:4). 10. Paulus verwys hier na Hosea 6:2: “Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag sal Hy ons laat opstaan”, wat in Hosea eintlik net dui op die sekerheid van God se verlossing waarop die volk kan staatmaak, maar in die lig van Jesus se kruisiging en opstanding nuut geïnterpreteer word. Vir die volk belowe God dat sy oordeel baie vinnig opgehef sal word as hulle na Hom toe terugkeer. God wil hulle juis só motiveer om te reageer op sy aanbod. Die oorlog sal net twee dae duur! Vir Jesus het dit die betekenis gehad dat die tydperk van Jesus se dood net twee dae sal duur, dws op die derde dag sal Hy opstaan. So het Paulus dit uitgelê.Ensie Enslin on Matteus 12 – Die Fariseërs neem aanstoot aan Jesus as die Groot Geneesheer Chris, hi. 'n Neef van my vra uit Canada uit die vraag na die "3 dae en 3 nagte soos Jona"... en die "stukkies van 2 dae & 1 hele dag en net 2 nagte"? Ek het probeer oplees, maar óf die kommentatore raak nie die "issue" aan nie, óf hulle dwaal heel weg na die Woensdag-Sabbat kruisiging siening... Kan jy asb help?Chris van Wyk on Psalm 91 – Ja, U, Here, is my skuilplek! Geen kostes nie. Skryf in by https://bybelskool.com/evangelies/. Vorige bydraes by: https://bybelskool.com/prontuit-die-waarheid-argief/Vanette Nagel on Psalm 91 – Ja, U, Here, is my skuilplek! Prontuit die waarheid. Kostes verbonde?Chris van Wyk on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Die naaste daaraan is die 1953 vertaling wat bv by Youversion se Bybel toep gratis beskikbaar is.Jonathan on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Waar kan mens 'n 1933 vertaling van die Bybel bekom ? Elektronies of gedruk..Chris van Wyk on Gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone Hi Joseph, jy kan enige van die bydraes op die webtuiste self lees. Jy kan ook inskryf vir Prontuit die Waarheid wat weer die 2de April hervat. Volg net die instruksies op die webtuiste.Joseph Rhodes on Gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone Wil graag studies ontvangChris van Wyk on DIE TWAALF KLEIN PROFETE Hi Susan, jy kan enige van die bydraes op die webtuiste self lees. Jy kan ook inskryf vir die Prontuit die Waarheid wat weer die 2de April hervat. Volg net die instruksies op die webtuiste.Susan Botha on DIE TWAALF KLEIN PROFETE Ek wil graag bybel studies ontvangMariette on Sewe Geeste van God Dominee Chris, Baie dnki vir insiggewende geskrewe stukke. Ek besig om 'n Kinderboek te skryf, met illustrasies en Heilige Gees is sooo getrou. Gaan lees gerus Ds Christo van die Nuwe Wyn website - u sal besondere seen daaruit ontvang. Vriendelike groete, MarietteChris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Dit is die wonder van God, wat my deur tien jaar se bydraes laat volhard het, sodat jy en talle daaruit kan put, selfs drie-uur in die môre. Geniet!Chris on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Ek wil maar net sê dankie. Ek het 'toe-val-lig' op die 'webwerf' afgekom. Sedert ek begin 'bybelstudie' (nie bloot lees) doen het, het my nuuskierigheid oor die agtergrond geskiedenis die oorhand gekry. Ek doop myself. 'Nuuskierig, leergierig'. Ek staan enige tyd van 03h00 af op, (uitgeslaap die vorige aand voor die TV) en dan is dit 'waarlik' stiltetyd, letterlik en figuurlik. Ek was vanoggend 'weer' vasgevang toe ek by Jes 23:1 vas gesteek het oor 'Tirus' en siedaar. Bloot in Dr Google se 'search' blokkie ingetik. Tirus van jesaja 23:1 en daar val alles so mooi en so 'lekker' oop. Dit het my dag, wat nou begin, gemaak. Net weer baie dankie. Hoog waardeer. Chris Moolman, Kleinbrakrivier. (met 'n interessante geskiedenis)Chris van Wyk on Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte Hi Margaret, volgens oorlewering is dit heel moontlik dat dié jongman Johannes Markus, die skrywer van hierdie Evangelie was. Nie een van die ander Evangelieskrywers noem wel hierdie insident nie. As dit wel hy was, het Markus moontlik uit die bed opgestaan - die nagmaal is waarskynlik in hulle huis gehou (Hand 1:13) - net met sy bokleed om, om saam met Jesus-hulle Getsemane toe te gaan en het daarom nie nog klere aangehad nie. Dié verloor hy in die proses en vlug kaal weg. Later sou die dissipels weer in sy ma, Maria, familie van Barnabas, se huis bymekaar kom (Hand 12:12).Margaret on Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte In Markus14:51 lees ons van n sekere jong man wat agter Jesus aangegaan het toe By gevange geneem is.Hy het kaal weggehardloop. Is daar enige idee wie die man was en waarom dit genoem word?Chris van Wyk on DIE TWAALF KLEIN PROFETE Enigiets op die webtuiste kan jy gebruik met erkenning. Geniet!Francien van Rensburg on DIE TWAALF KLEIN PROFETE Kan ek jou leerstof aftrek en by ons bybelstudie gebruik. Ons wil graag die 12 kleiner profete bstudeer Groete Francien NG KERK SUIDKUSWillem on Die wederkoms en die wegraping Andre, Jy kry die 7 jaar verdrukking uit die laaste week van Daniel se 70 weke. In die middel van daardie week 3.5 jaar verwys na die kruisiging van Jesus en die 70ste week het gevolg op die 69ste week. daar is geen gaping daar nie. Jesus het self die uitleg gegee in Matt 13 oor die goeie saad en die onkruid, Jesus verwys glad nie na die sogenaamde wegraping nie. Die wegraap teorie het eers in Darwin se tyd na 1820 veral in die charismatiese kerke posgevat. Daar was geen leerstelling daaroor voor 1820 nie. Die antichris van die Bybel is die pous - sien Op 17. Weereens lê Johannes dit self uit. Wees vertroos en bemoedig mekaar met die wederkoms - so het Paulus vir die Thessalonisense gesê. As die wederkoms jou nie bemoedig nie is daar fout - of jy is nie gered nie of dis die fabels waarvan daar in Timotheus melding gemaak word. Groete. Willem.Donald Holmes on Matteus 7 – Jesus fokus op die vrug van geregtigheid Baie dankie ek vind u skrywer en on leading Baie insigewend.Chris van Wyk on Jeremia 29 – Ek beplan vir julle voorspoed, nie teenspoed nie Hi Marshall, ek gee net kommentaar op die Bybel. Jy is welkom om dit te gebruik.Marshall on Jeremia 29 – Ek beplan vir julle voorspoed, nie teenspoed nie Hi Dr ek is nou besig met preekinde wk will graag meet weet on dieper oor die woord te preekJaqueline on Jesus gebore in die winter? Goeie Dag Dalk help dit, Jesus kon in Desember gebore word nie want die weer in daai tyd was baie koud, in die bybel staan daar die herders was met hulle skape buite in die veld en die lug was oop, in Desember is dit so koud daar dat die herder en hulle skape sou gevries het van die koue hulle het nie gewaag nie. Ons vermoed jesus was gebore so tussen September en November in die seisone wat dit warm was.Chris van Wyk on Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges Hi Christopher, Die Griekse werkwoord wat in Galasiërs 5:21 gebruik word, is prassō. Dit word in die teenwoordige tyd gebruik wat beteken dat dit op mense dui wat in 'n gewoonte is om dié dinge te beoefen: "to “practise”, i.e. perform repeatedly or habitually." (Strongs en Liddle-Scott). Dit dui dus op 'n praktyk in jou lewe, iets wat jy gereeld beoefen, sonder dat jy die Here om vergifnis en verlossing vra, en sonder dat jy daarteen stry en deur die Gees die werke van die vlees doodmaak (Rom 8:13). Die "sulke dinge" dui op dinge wat soortgelyk is aan dié vyftien dinge wat hy noem. Hy noem bv nie vuiltaal nie, maar dit is ingesluit omdat hy op 'n ander plek daaroor praat (Ef 4:29). Die vyftien dinge is dus verteenwoordigend van 'n lewe wat nie aan God behoort nie. Wanneer jy dié dinge doen, wys jy eintlik dat jy nog nie die verlossing uit God se hand ontvang het nie, wat beteken dat jy die koninkryk van God nie sal beërwe as jy nie tot bekering kom nie. Bekering help ons om die werke van die vlees dood te maak en die vrug van die Gees sal dan al hoe meer in jou lewe na vore kom.Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Watter boek praat jy van? Of is dit net die Markus lêers?Christopher on Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges Beste Pastoor Ek is besig om te fokus op die vrug van die gees in Galasiers, en wou graag meer oor die volgende gedeelte weet: "En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie." My vraag is spesifiek op die doen in die laaste gedeelte. Beteken die doen spesifiek iemand wat in hierdie dinge genoem te volhard, of iemand wat hierdie dinge somtyds doen? Ook staan daar geskrywe "sulke dinge". Beteken dit dat iemand nie die koninkryk sal beerwe as hy/sy al die dinge genoem doen, sommige doen of net een van die dinge doen (of volhard)? Dankie, Groete. Daar staan ook dat mense wat sulke doen, nie die koninkryk van God sal sien nie.Bertie on Lees die vier evangelies en Handelinge Liewe Ds, Sal ook baie graag die boek aankoop indien beskikbaar omrede ek einde Junie met pensioen gaan sal ek dit graag wil hê.Rita Haley on Jeremia 16 – Moenie meeleef met dié volk nie, want Ek het nie meer medelye met hulle nie Hi Chris, Ek geniet jou e-posse Prontuit die waarheid. Ek ervaar dat daar vir my antwoorde is. En vanoggend het ek my bybel oopgemaak by Jeremia 16 en ek wou net regtig verstaan wat die HERE se boodskap vir my was vanoggend. Daarom het ek kom soek en afgekom op hierdie stukkie.Chris van Wyk on Die Passie van Paulus Hi Philip, jy is steeds geregistreer, maar ek publiseer nie by bybelskool.com op die oomblik nie. Jy kan wel my weeklikse bydrae kry van Prontuit die Waarheid waar ek die vier evangelies behandel. Registreer daarvoor by https://bybelskool.com/evangelies/.Philip on Die Passie van Paulus Chris Ek ontvang nie meer jou skrywes nie. Het probeer registreer maar dit werk nie. Wat moet ek doen?Louise Kock-Mostert on Daniël 7 – God gee die heerskappy aan een “soos ‘n seun van die mens” Sal die lering graag wil afrol en in my eie tyd daardeur gaan. Baie insiggewend.Adolf on Deuteronomium 8 – Die Here leer die volk afhanklikheid en dankbaarheid Dit is wonderlike boodskap dat ons moet weet dat God is in beheer in alle omstandighede en dat God ken elkeen se binneste. Ons moet gehoorsaam wees aan die tien geboee dat sal God ons paaie gelyk maak. Baie Dankie Adolf van NamibiaAndre Muller on Gemeentes in die weegskaal Baie dankie vir n insiggewende verduideliking van Openbaring.Chris van Wyk on Jakobus 1:1-18 – Volhard in beproewing Hi Christopher, almal van ons maak foute, maar die belangrike is dat ons vergifnis vra, die foute regstel, leer daaruit en groei in ons geestelike lewe en getuienis. Oor Paulus: hy moedig die mense van Korinte aan om deel te neem aan die Groot Opdrag om die evangelie aan alle mense te bring. Hy gebruik die voorbeeld van 'n wedloop waar dit nie so belangrik is dat jy begin nie, maar hoe jy klaarmaak: "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal." (1 Kor 9:24). Daarmee bedoel Paulus nie dat net een Christen 'n prys gaan ontvang nie, want dan sou dit beteken dat net dié persoon ooit 'n beloning van God sou ontvang. Hy bedoel bloot dat jy alles moet insit om die evangelie te verkondig, soos 'n atleet alles insit om te wen. Dat dit so is, word bevestig deur ander plekke waar Paulus praat oor die prys wat elkeen van ons as kinders van die Here gaan ontvang: "Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus." (Fil 3:14) Maar ons moet alles in die stryd werp, want sê Paulus: "Laat niemand julle van jul prys beroof nie ..." (Kol 2:18). Hy praat daar van mense wat gelowiges van die pad wil aflei deur te fokus op allerlei ander dinge in plaas van op die evangelie self. Jakobus eggo dit in sy brief en maak dit van toepassing op ons versoekings: "Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet." (Jak 1:12) Johannes doen dieselfde in sy Openbaring en maak dit van toepassing op lyding: "Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee." (Openb 2:10) Sterkte!Christopher on Jakobus 1:1-18 – Volhard in beproewing Goeiedag Pastoor Ek het 'n vraag oor die kroon van die lewe. Paulus het geskrywe dat almal die wedloop hardloop, maar dat net een die prys kan kry. Hoe sal ek weet of ek waardig is om hierdie prys te kry, en of ek die beproewing volgens God se standaarde weerstaan het? Ek was al in baie opsigte beproef en het soms gedurende sulke tye baie foute gemaak. Ek wil tog graag die kroon van die lewe he. Dankie, Groete.Chris van Wyk on Die Adventskrans Jy is welkom, Walter.Walter Nel on Die Adventskrans Kan ek ook 'n vraag vra?Marianne Lottering on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof Hallo Chris. Ek het sopas vir die eerste keer op hierdie blad afgekom. Ek wil graag op Jan van Zyl se vraag van 15 Januarie reageer. Ek het net soos Jan gevoel, nadat my man in Junie 2012 al byna 3 jaar sonder werk was. Ons het op daardie stadium reeds ons huis en 3 motors verloor. Ek het die "Onse Vader" onophoudelik as volmaakte gebed gebid. Ek het nie meer woorde en trane gehad het nie. Ek was opgebid en opgehuil. God het my in daardie tyd twee keer in 'n hoorbare stem gevra: "Vertrou jy my dan nie?" Dit het my telkens baie skaam laat voel. Ek moes bely dat my geloof op daardie stadium kleiner as 'n mosterdsaadjie was. God wys my toe in Gen 12:3 dat, wanneer ons Israel seën, Hy ons ook sal seën. Ons het dit begin doen. Wat 'n deurbraak! Op 12 Aug 2012 het my man weer begin werk en ons lewe het handomkeer verander. Ek kan getuig dat die Here Sy belofte gestand gedoen het en dit steeds elke dag doen! Maak ook Psalm 122:6 jou eie en bid vir die vrede van Jerusalem. Lees in Jesaja 62 hoe lief God Sy uitverkore volk, Israel (en Jerusalem) het! Hy het hulle nié vergeet nie (Rom 11). Hoe kan ons dan nie ook Sy volk liefkry en ondersteun in gebed nie? God wíl en sál jou gebede verhoor, wees net gehoorsaam en vertrou op Hom! Shalom MarianneChris van Wyk on Psalm 51 – Wees my genadig, o God Hi Lizelle. Jy is welkom om te vra.Lizelle Van Wyk on Psalm 51 – Wees my genadig, o God Hi Chris, dankie vir jou ontleding van Ps 50,dit laat n mens nogals dink oor dit wat jy lees en hoe jy dit in jou lewe gaan toepas Chris is daar n moontlikheid dat ek jou kan email wil graag n paar dinge vra wat vir my onseker is Lizelle v WykChris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Jan, vertroue in die beloftes van die Here neem die vrese en blokkasies in 'n mens se lewe weg. Begin om een Psalm per dag te lees. Soek vir net twee goed daarin. 'n <strong>Belofte</strong> van die Here wat jy vir jouself kan toeëien en vra dat die Here dit vir jou waarmaak; 'n <strong>Opdrag</strong> wat jy kan uitvoer, soos om jou weg aan die Here oor te laat, óf Hom te loof vir wat Hy vir jou doen, óf soos om Hom te vertrou en op sy uitkomste te wag. Dit is terwyl ons met God besig is dat ons agterkom dat Hy al die tyd besig is met ons. Hy sal jou voete op 'n vaste rots plaas sodat jy in vreugde en vrede kan lewe.Jan van zyl on PREKE: 2008 TOT 2018 Goeie dag Pastoor,soms voel dit of my gebede nie verhoor word nie,ek is wedergeboorte en is baie lief vir die Here,Ek weet nie waar die blokasie is nie. Mooi dag.Johannes Petrus van Niekerk on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Hi Chris, Baie dankie vir die antwoorde, waardeer dit baie. Nou is dit baie meer verstaanbaar. Ek sal jou weer raapleeg....maar nou eers weer bietjie met my broer redeneer (-: Groete JPChris van Wyk on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Hi JP, die 613 wette is al die wette in die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug of wet van Moses. Die Tien Gebooie word twee keer herhaal (Eks 20; Deut 5) en is die hart daarvan. Dit bly geldig. Die seremoniële en burgerlike wette word deur Christene nie meer nagevolg nie, maar die morele wette wel. Dit is op grond van talle verwysings in die NT - bv Paulus wat sê dat ons nie meer dae en feeste ensomeer moet onderhou nie (Kol 2:16-17), ook nie die sabbat (Rom 14) of besnydenis (Gal 3-4) nie, en op ander plekke duidelik die morele wette handhaaf (Ef 4-5; Gal 5-6) sowel as die Tien Gebooie (Rom 13). Die evangelie is vir alle mense bedoel, eerstens vir die ware Jood wat in Jesus glo (dit is nie wit mense nie!), en tweedens vir elkeen uit die nasies wat in Hom glo (dit sluit alle etnisiteite in). Die hele NT is vol van dié boodskap, bv Matteus 28:18-20, Handelinge 2:37-39 en Efesiërs 2. Enigiemand wat anders beweer, verdraai die evangelie. Die Sabbat is inderdaad op Saterdag, maar ons vier die opstandingsdag op 'n Sondag. Dit is "soos die Sabbat" vir ons, maar nie presies dieselfde nie. Romeine 14 gee 'n duidelike riglyn dat ons mekaar nie daaroor moet aanvat nie, maar elkeen net oortuig van sy eie opvatting op grond van die Skrif moet wees. Dieselfde geld die feeste en ander "dae" wat uiteraard nie verkeerd is om te doen nie, maar nie bindend op alle gelowiges is nie.Johannes Petrus van Niekerk on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Hi Chris, Baie dankie vir die antwoord op my brief, ek waardeer dit. Jy het baie dinge duideliker vir my gemaak, alhoewel daar is nog steed onduidelikhede. In punt no.10 se jy dat Hebreers help ons om te verstaan watter dele van die wet nie meer van toepassing is. My probleem is dat daar 603 Moses wette is - ek weet nie eens wat dit alles behels nie - behalwe dat ek die 10 Gebooie ken. My vraag is, watter van die 603 wette is nie meer van toepassing op ons nie? Hoe gaan ek weet? Of moet ek gaan op dit wat in Hebreers staan? Verder se jy dat offers en verwante rituele nie van toepassing is nie - sluit dit nou die 7 feeste en besnyding in? Of moet ons dit nog doen? Dan wil ek die volgende weet - is die evangelie net vir die Israeliete bedoel? Indien so, waar pas ons dan in? Ons is nie Israeliete of afstamelinge nie. Ek sien ons as "heidense-christene" - is ek reg of verkeer? Die rede vir die vrae is omdat my broer sien homself as 'n Israeliet omdat hy wit is (of ten minste 'n afstameling) en ek kan nie saam met hom stem nie. Volgens hom moet die 7 feeste nog gevier word en besnyding moet nog toegepas word (hy doen dit ook so). Verder se hy dat Sabbat op Saterdag is en nie soos ons (NG kerk) dit op Sondag het. Volgens my is "Sabbat" vir die Israeliete gegee (Saterdag) wat deel is van die Moses wet. Ons wat heidense-christene is, hoef nie Sabbat te hou nie, maar volg wat in die 10 Gebooie staan: 6 dae moet jy werk en op die 7de dag rus. Die "kerkvaders" het besluit Sondag is die rusdag....sover ek weet. Is ek reg of verkeerd? Ek verneem van jou. Groete JPChris van Wyk on Bly die wet van God steeds geldig vandag? JP, die beste manier om by 'n atwoord uit te kom, is om al die tekste in die Bybel oor die onderwerp van die "wet" te vat en soos 'n mosaïek te begin pak dat jy die patrone kan raaksien en uiteindelik 'n breër visie kan kry van wat die betekenis van die wet vandag nog is. Gebruik 'n konkordansie of die soekfunksie van 'n Bybelprogram. Hier is 'n paar dele uit die Bybel se gegewens wat my breër prentjie van die blywende betekenis van die wet informeer. 1. Jesus het die wet "vervul". Dit beteken Hy het die wet sy volle betekenis laat kry. Hy het dit volmaak nagekom soos God dit aanvanklik bedoel het. 2. Dat die wet egter steeds van toepassing is, bevestig Jesus self in die Bergrede waar Hy bv die tweede tafel van die wet as deel van die Bergrede uitlê in Matteus 5 as riglyn vir geseëndes in die koninkryk. Dit sal só bly tot in die nuwe bedeling wat volledig sal aanbreek met Jesus se wederkoms. 3. Die wet is immers 'n integrale deel van die OT wat net soos die NT as die Woord van God vir ons gegee is. Niks daarvan word ontbind nie (Matt 5:17). Niks daarvan gaan verby nie (Matt 5:18). 4. Die dubbele liefdesgebod wat Jesus uit die wet beklemtoon, "hang" aan die wet net soos aan die boodskap van die profete, dws die boodskap van die OT. Neem die wet weg en die liefdesgebod het nie meer 'n begronding nie. 5. Ons sien dit in die res van die NT. Van Paulus word geskrywe dat hy gewandel het as een wat die wet onderhou (Hand 21:24). Hy het steeds alles geglo wat in die wet geskrywe is (Hand 24:14). Hy kon homself verdedig in die hof dat hy niks teen die wet gesondig het nie (Hand 25:8). Daarom kon Paulus die wet gebruik om die Jode van die betekenis en boodskap van die evangelie te oortuig (Hand 28:23). 6. Niemand van ons kan egter die wet volmaak nakom nie. Daarom, tereg soos jy uitwys, word ons geregverdig voor God deur in Jesus Christus te glo. Jesus het die wet volmaak namens ons vervul en ons van die vloek daarvan bevry soos Paulus in Galasiërs en Romeine uitvoerig skrywe. 7. Deur Christus is die reg van die wet namens ons vervul, sodat ons deur die krag wat die Gees nou in ons werk ons aan die wet van God kan onderwerp en die werke van die vlees kan doodmaak en al hoe meer kan groei in die lewe wat God bring (Rom 8:1-17). 8. Deur God en ons naaste lief te hê, vervul ons nou die wet, soos Paulus uitvoerig in Romeine 13 skryf. En let op hoe hy dele van die tien gebooie aanhaal as begronding van die liefde. Sonder die wet weet ons nie wat verkeerd en wat reg is nie. Sonder veral die Tien Gebooie weet ons nie wat liefde is nie. 9. Paulus gebruik nog op talle plekke die wet as motivering vir die opdragte wat hy vir die gemeentes gee. Oor die huwelik (1 Kor 7:39), oor vergoeding (1 Kor 9:8-9), oor die vrug van die Gees (Gal 5:23), vir die herkenning van sondes (1 Tim 1:9-10). 10. Die Hebreërskrywer help ons egter ook verstaan watter dele van die wet nie meer op ons van toepassing is nie ná die vervulling van die Here Jesus Christus (Hebr 10:1). Dit sluit die offers en verwante rituele in, want die volmaakte offer is in Jesus gegee. Dieselfde geld die besluit van die "sinode" in Jerusalem wat gelowiges uit die heidene van die besnydenis en ander volkseie burgerlike gebruike gevrywaar het (Hand 15). Dit is maar net enkele grepe op pad na 'n prentjie van hoe God se wil in ons lewe tot sy reg kom. Die wet bly daarin 'n rol speel.Chris van Wyk on Indeling van die boek Jesaja Hi Engela, dit is net beskikbaar as gratis bydraes <a href="https://bybelskool.com/jesaja/">by die webtuiste</a>. Jy kan dit as 'n <a href="http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/jesaja-lees-luister-leef/ebook/product-21458629.html" rel="nofollow ugc">eboek</a> ook koop en aflaai.Engela du Toit on Indeling van die boek Jesaja Ek is besig om Jesaja te studeer en besluit om te google om dit beter te verstaan.Baie dankie vir die bybelstudie oor Jesaja.Ek sal waardeer as u dit vir my kan e-pos asb. EngelaJohannes Petrus van Niekerk on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Hallo Chris, Die artikel "Bly die wet van God steeds geldig vandag?" is baie verwarrend. Om mee te begin, staan daar gesskrywe ".......Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul". Wat beteken "vervul"? Galasiërs 3:19 lees: “Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom.” M.a.w. die Wet van Moses was nooit bedoel om permanent van toepassing te wees nie, maar was slegs tydelik - "totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom.” Die eers daar gelaat, daar word gepraat van die Wet van Moses en die Wet van God (Rom 7:22 en 26, Rom 8:7) en dan word daar ook verwys na die Wet van Christus (1 Kor9:21)....wat is nou wat, watter wet is nog geldig vandag??. Verder staan daar ook dat die Moses Wet bestaan uit 613 wette, wat die 10 Gebooie insluit!! Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang — nou is my vraag, as ons losgekoop is van die wet, hoekom is die wet dan vandag nog geldig?? Indien ons die wet (neem aan dis die wet van Moses) moet nakom, dan moet ons mos feeste vier (7), besnyding word, week van ongesuurde brode vier, pasga vier, offers bring, ens. Jesus het die Nagmaal en doop ingstel, wat word nou van dit?? Daar word na verwys in Luk 18:20 "Jy ken die gebooie", Joh 14:21 "Wie my gebooie het en dié bewaar", Joh 15:10 "As julle my gebooie bewaar", 1 Joh 2:2 "as ons sy gebooie bewaar", 1 Joh 5:2 "wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar", ens. Vraag is nou, word daar na die 10 Gebooie verwys of na die wet (die 613 wette/gebooies)?? Verder wat besnyding betref - 1 Kor 7:19 "Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God"....hier se die Woord dat besnyding of onbesnyding is niks, maar volgens die wet moet jy besny word!!? Gal 5:2 "Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie". Wat die wet betref word die volgende gese - Gal 5:4 "Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval". Om op te som: Jesus het ons verlos van die wet Hy het die besnyding vervang met die Doop en pasga is deur die Nagmaal vervang Jy kan nie deur die wet geregverdig word nie - net deur Geloof Dus, hoe kan die wet vandag nog geldig wees?? Ek verneem graag van jou. Groete JPChris van Wyk on Psalms – reeks Hi Pierre, dit is ongelukkig nie in Engels beskikbaar nie, hoewel Google Translate 'n goeie begin vir vertaling is. Die Psalmreeks is op die oomblik net op die webtuiste beskikbaar. Wat presies is jou behoefte?Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Fransina, ek plaas vir jou wat ek by Markus 3:31-35 geskryf het in Prontuit in die Waarheid: Markus het so pas vir ons vertel dat van Jesus se familie – die teks praat van “dié naby Hom” – gekom het om Hom te probeer keer om verder op te tree. Hulle het gedink Hy raak van sy kop af (Mark 3:20-21). Die skrifkenners weer het gedink Hy het ‘n onrein gees (Mark 3:22-30). 3:31-32 ‘n Deel van dié naby Hom – Jesus se moeder en broers (waarskynlik van sy susters ook, vgl Mark 3:35) – druk deur om Hom te probeer keer om met sy bediening voort te gaan. Hulle kom na die huis waar Hy besig is en laat Hom roep na hulle toe. Hulle wou Hom waarskynlik steeds uit die openbare oog verwyder dat Hy tot sy sinne kan kom. Die skare wat rondom Hom gesit het, het die boodskap van sy familie aan Hom oorgedra. Volgens Markus 6:3 was Jesus se broers se name: Jakobus, Joses, Judas en Simon. Jesus het ook susters gehad, hoewel hulle name nie genoem word nie. Aangesien sy vader, Josef, nie genoem word nie, word veronderstel dat hy reeds oorlede was. Jesus se moeder Maria bly egter aan sy sy regdeur die evangelie tot by die kruis en graf (Mark 15:47). Sy bid ook saam met die gemeente vir die uitstorting van die Heilige Gees (Hand 1:18) en neem deel aan die verspreiding van die evangelie daarna tot in Efese, soos die kerkgeskiedenis ons leer. Sy broers kom eers later tot bekering en raak ook deel van die uitbreiding van die evangelie. 3:33-35 Jesus reageer egter baie skerp op dié versoek. Hy vra ‘n retoriese vraag na wie nou eintlik sy moeder en broers is, kyk na dié wat in ‘n kring rondom Hom sit, en verklaar dat hulle sy moeder en broers is. Dit is dié wat die wil van God doen – en let op die enkelvoud – wat sy moeder en broer en suster is. Wie ook al dit waag om te doen wat God wil – individue uit die skares of uit sy bloedfamilie – dit is daardie mens wat waarlik deel is van sy familie. In die geestelike lewe is die belangrike dus nie om in te pas by die verwagtinge van die samelewing nie, nie eers by dié van die godsdienstige leiers of jou eie familie nie. Dit is net belangrik om in te pas by die verwagtinge van God self. God skep eintlik ‘n nuwe alternatiewe gemeenskap met dié wat bereid is om sy wil te doen, en hulle nie steur aan dié van die samelewing of godsdienstige leiers nie. Boodskap en betekenis Let op hoe die mense hier drie sirkels rondom Jesus vorm. Sy bloedfamilie staan buite en probeer Hom keer om aan te gaan met sy bediening. Die skares sit rondom Hom, maar – soos ons nog sal agterkom – raak nooit werklik volgelinge van Jesus nie. Die dissipels sit egter in ‘n kring rondom Jesus, want hulle wil nie net luister na wat Jesus sê nie, maar dit leef. Natuurlik is daar ook bewegings tussen dié drie sirkels. Van Jesus se familie kom van buite af en raak deel van die binnekring van sy dissipels. Van die dissipels verlaat die kring rondom Hom en verraai Hom uiteindelik, soos ons dit later van Judas sal lees. Maar, dit is net diegene wat in ‘n kring rondom Jesus bly sit, wat doen wat Hy sê, wat deur Jesus sy moeder en broers en susters genoem word. Die boodskap is duidelik. Bly deel van die binnekring van Jesus se dissipels. Luister en Leef! Die inherente konflik tussen dié wat God se wil doen en dié wat dit nie doen nie Onthou Jesus se vorige gesprek met die godsdienstige leiers (Mark 3:22-30) waarin Hy helder is oor die feit dat Hy met hierdie werk van Hom besig is om die huis van die sterk man, die duiwel, te beroof. Daar is dus ‘n inherente konflik tussen dié wat die wil van die God doen, en dié wat nie bereid is om dit te doen nie, weens die implikasies wat dit vir hulle inhou in die gemeenskap. “Jesus identifies his family on the basis of the response to him rather than on natural kinship. The response of his natural family who sought to take him into their custody reflected their rejection of his ministry regardless of their motivation, which in Mark is given as concern for his mental stability. The response of the crowd who sought his presence and gathered around him, doubtless to hear his teaching, reflected their acceptance of him.” (Guelich). Let ook op hoe Jesus nie noodwendig sê dat dié wat rondom Hom sit sy familie is nie, maar dié wat die wil van sy Vader doen. Daar is immers ook ‘n onderskeid tussen die skares rondom Hom en die dissipelkring. Die band wat jou deel maak van die nuwe dissipel- en daarom familiekring is die doen van die wil van God. Dit gaan dus nie om die aanhang van Jesus as persoon nie, maar om die oorgawe aan God om Hom alleen te gehoorsaam. Diegene wat dit van harte doen, is voortaan kinders van God en broers en susters van mekaar. Ons sien hierdie inherente konflik op ander plekke in die evangelies ook: • Jesus as 12-jarige wat verbaas is dat sy ma nie weet dat Hy met Sy Vader se dinge besig moet wees nie (Luk 2:49–50). • Jesus wat die dissipels leer dat die evangelie altyd die potensiaal het om verdeeldheid te bring binne ‘n huisgesin, want Jesus dwing keuses af by mense (Matt 10:34–36; Luk 12:51–53). • Jesus se antwoord op Petrus se vraag of hulle ‘n beter lot as die ryk jongman kan verwag omdat hulle, anders as die jongman, alles verlaat het ter wille van die evangelie. Jesus leer hulle dat dié wat alles verlaat ter wille van die evangelie in hierdie lewe al reeds ‘n honderd keer meer ontvang, saam met vervolging, en in die bedeling wat kom die ewige lewe (Mark 10:28–30).Chris van Wyk on Lukas Hi Zelda, Jesus leer ons met dié gelykenis dat as ons betroubaar is en gehoorsaam dit tot groter verantwoordelikheid in die koninkryk lei. Die omgekeerde is waar as ons onbetroubaar is en nie gehoorsaam is aan wat Hy van ons vra nie. Ons verantwoordelikheid word weggeneem.zelda on Lukas Ek wil graag 'n verduideliking he van Lukas 19 vers 26Fransina Hashipala on PREKE: 2008 TOT 2018 Goeie middag Pastoor, voorspoedige nuwe jaar en baie Gods seeninge vir die jaar. Veduidelik asseblief die volgende vrae: Wie is/was Jesus; wie was Sy familie en wat het Hy in die tempel geleer toe sy bloed familie Hom gesoek het? Markus 3:31-35.Pierre Joubert on Psalms – reeks Hallo, Chris. Sal jy so gaaf wees om die psalmreeks van jou vir my ook te e-pos. Wil dit graag gebruik by die waardevasleggingperiodes van Hoërkool Vredenburg. Net 'n laaste vraag? Dis nie dalk ook per geluk in Engels beskikbaar nie? Mooi dag en God's seën met jou grootse werk. PierrePiet on Jesus gebore in die winter? hi daar Andre, ek sien jy het 'n video van jonathan cahn opgesit. Wees baie versigtig vir meneer cahn en sy leringe, stories en teoriee. Eerstens- baie predikers en Geesvervulde gelowiges waarsku teen hom, omdat hy primer deel is van die j00dse cabala en mistisisme- pleinweg okkulte. Tweedens leer hy meestal uit die j00dse Tamudiese okkulte boek, wat absoluut goddeloos en evil is in AL hul leringe. Daar is baie waarskuwings teen die Talmud, wat die Torah sg. verduidelik maar absoluut teen die Torah is. Baie plekke in die Bybel waarsku Jesus sowel as die profete teen die Talmud- Jes 10:1; Mark 7:5-13 ensChris van Wyk on Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees Hi Hannes, die res van die materiaal oor Handelinge is aan die onderkant van daardie bydrae. Klik net op die skakels.Hannes Terblanche on Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees Ek vind die studie baie sinvol en die verduideliking baie goed. Ek neem aan dat domenie aan die susterskerk verbonde is en vra of dominie vir my meer materiaal stuur. Het toevallig daarop afgekom( toe val God se Lig daarop) Baie dankie dit is n voorreg om te volg.Chris van Wyk on Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion 2 Korintiërs 13:13JJ on Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion Ek is opsoek na die “seën” (woorde) wat in die Kerk uitgespreek word..?Chris van Wyk on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Hi Tinus, daar is 66 Bybelboeke en 1 189 hoofstukke. Ek het oor almal geskrywe, maar dit is nie in een publikasie nie. Jammer.Tinus du Plooy on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Naand. Kan jy asb vir my dalk indien moontlik die verduidelikings van elke boek en hulle hoofstukke stuur. Dankie Tinus du PlooyChris van Wyk on Die Adventskrans My voorreg, dankie Johan. Seën vir julle.Johan Swanepoel on Die Adventskrans Met Groot dankbaarheid se ek dankie vir al die leering en woord uitleg die jaar. Dit is voorwaar n groot seen en voorreg om deel te wees van jou leering. Baie baie dankie n Geseende Advendtyd Groete JohanChris van Wyk on Jesus gebore in die winter? Die beste verduideliking wat ek al gehoor het!Andre Louwrens on Jesus gebore in die winter? Hi Chris Ek vind die verduideliking baie sinvol https://www.youtube.com/watch?v=ptlsXtTf6n0&list=WL&index=28&t=0s Jou opinie?Chris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Hi Bernard, winter in Betlehem en omstreke is nie so swaar soos in Europa nie. Dit is kort en matig. Jesus het bv in die winter die fees van die tempelwyding bygewoon in Jerusalem (8 km van Betlehem) êrens tussen November en Desember (Joh 10:22). Die gemiddelde temperatuur in Desember is 12 grade Celsius vandag, hoewel ons nie weet hoe dit 20 eeue terug was nie. Dit is wel die reënseisoen in Israel soos ons in Esra 10:9 lees en daar is soms sneeu vir 'n dag of twee. Maar dit het nog nooit die boere gekeer om hulle vee in die veld te versorg nie. Die landstreek oos van Betlehem val skerp na die Dooie See se kant toe wat dit eintlik warmer maak as die hoër liggende gedeeltes na die weste. Die weer hoef dus nie 'n mens se standpunt oor Kersfees te beïnvloed nie. Die tyd 25 Desember is dus nie onmoontlik nie, maar kan nie histories geverifieer word nie. Maar, dit geld alle ander voorstelle vir datums. Die kerk het dus een van die datums wat voorgestel is, gekies. Dit is net so goed soos enige ander datum. Ek persoonlik hou baie van die voorstel dat dit moontlik êrens in September was as 'n mens met Sagaria, Johannes die Doper se pa, se dienstermyn werk en dan die verhaal van Lukas 1-2 daarby inpas. Maar, dit is steeds raaiwerk. Kies 'n datum wat vir jou sin maak. En vier die geboorte van Jesus, want Hy is die sentrum van ons lewe.bernard on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees hi dominee hoekom vier ons kersfees op 25 desember? want as Jesus op die dag gebore was sou die skape en hulle herders verkluim het in die sneeu want dan is dit winter in bethelem die sterrekundiges sou ook nie die ster sien opkom het nie want dan het dit gesneeu. Jesus is beslis nie op 25 desember gebore nieChris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Hi Este - ek lees juis die teks "letterlik", en verwag dat mense dit nie simbolies sal interpreteer nie. Jeremia skryf vir die Jode in die 6de eeu vC. Hy wil keer dat hulle afgode in hulle huise toelaat. Die Jode het nie Kersbome gehad daardie tyd nie. Dit kan dus op geen manier met Kersfees verbind word nie.Este on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Hi. Baie dankie vir hierdie boodskap. Ekt nooit gedink aan kersfees as n afgod funksie nie maar was. nuuskierig om jou artikel te lees. Ek dink wel jou artikel het my die teenoorgestelde laat besef as wat jy wou voorgee in die artikel. Ekt Jeremia gaan lees, en dis n kersboom... presies... waarteen hy ons waarsku. Hy praat selfs van afgode geklee in rooi wolstof. Jou redenasie is ons moet dit nie so letterlik opvat nie maar dis letterlik in die Bybel geskryf. Waarom kies ons wat ons moet glo in die Bybel en wat nie. Eks jammer maar my kersboom word Vanaand afgeslaan. Baie dankie dat jy my gehelp het xxxChris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Geboortes was vreugdevolle gebeure in antieke tye (Gen 4:1,25; 21:1-7; 29:31-35; Rut 4:14 ens), soos dit vandag ook is. So was daar ook vreugde by Johannes die Doper (Luk 1:57-66) se geboorte, sowel as by die Here Jesus se geboorte, soos ons uit die verhaal van die herders kan aflei (Luk 2:1-20). Daarom is geboortedae, dws verjaarsdae, gevier in die Ou Nabye Ooste, soos ons uit Persiese en Egiptiese bronne verneem. Dit geld ook die Jode. Ons lees drie keer eksplisiet van die viering van verjaarsdae in die Bybel: Job se kinders (Job 1:4,13,18), Farao (Gen 40:20), en Herodes (Matt 14:6). Veral konings se verjaarsdae is gevier, so dit was 'n logiese ontwikkeling om die geboorte van die Here Jesus te vier, omdat Hy die Koning van die konings is. Ons het nie 'n Bybelse opdrag om Jesus se verjaarsdag te vier nie. En die wyse waarop Kersfees baie keer gekommersialiseer word is irriterend oppervlakkig. Maar waar die behoefte bestaan om Jesus se koms na die wêreld te vier, kan dit as 'n belangrike herinnering van die betekenis van sy koms dien. Niemand word gedwing om Kersfees te vier nie. Ons kan egter ook niemand verbied om dit te vier nie. Solank dit tot eer van die Here gedoen word (Rom 14:5-6).Deon Vermeulen on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees Hi Waar in die Bybel staan dit dat ons Jesus se verjaarsdag moet vier? Inteendeel is daar niemand behalwe Job se kinders wat daar van gelees kan word oor verjjaarsdag waarna hul ook gesterf het. Moet ons doen wat die Bybel vir ons sê of kan ons self ook besluit wat ons moet doen. Kersfees is ñ wêreldse ding. En ons moet nie gelykvormig word aan die wêreld nie. Ek stap in winkels hoor mense praat. Ek sal nooit my Jesus daaraan kan koppel nie. Nee wat ek volg maar wat in die Woord geskryf staan.Pieter on Ons het herlewing nodig Baie dankie Chris. WaardeerChris van Wyk on Ons het herlewing nodig Hi Pieter, jy kan lees wat ek oor Matteus en Daniël geskrywe het by hierdie skakel: https://bybelskool.com/matteus-243-51-jesus-motiveer-sy-dissipels-tot-waaksaamheid-en-gereedheid-betroubaarheid-en-verstandigheid/Pieter on Ons het herlewing nodig Middag Chris. Kan jy my help met die waarvan Jesus in Matteus 24 vers 35 praat "Die tyd kom wanneer julle die afskuwelike voorwerp wat verontreiniging veroorsaak en waarvan die profeet Daniel gepraat het in die tempel sal sien staan dan moet julle heuwels toe vlug" Daniel 9 vanaf vers 26 vertel Daniel "Na die tydperk van 62 eenhede van sewes sal die gesalfde leier doodgemaak word. Die stad en tempel sal vernietig word wanneer 'n koning en sy leer daar kom. Sy einde sal met oorstromings kom. (27) Hy sal met baie 'n ooreenkoms sluit vir 'n tydperk van een eenheid van sewe. Vir 'n halwe eenheid sal hy die praktyk van die offer ophef. Hy sal 'n veragtelikke ding oprig wat die tempel verontreinig totdat die tyd aanbreek dat dit wat oor hom bepaal is oor hom sal losbars. In Daniel 11 verse 31 en 32 praat Daniel ook oor om en by dieselfde. Dankie vir die goeie werk wat jy hier doen GroeteHerman Steyn on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020 Hi Chris Baie dankie hiervoor - ek deel dit met al my Veritas groepe - wil juis weer liefde vir Bybellees aanwakker en hierdie gaan beslis help. Staan sterk!Chris van Wyk on Bybel Direkte Vertaling (BDV) Hi Jurgens, die OT boeke is nog net in pdf beskikbaar en kan nie só gebruik word nie. Jy kan Bybelgenootskap vra om die beperkings vir julle af te haal, maar ek vermoed ter wille van sekuriteit dat hulle dit nie sal doen nie. Die NT boeke sowel as Psalms kan via Kindle gekopieer en geplak word. Jy kan dit soos gewoonlik kopieer (10% beperking) of highlight en dan via read.amazon.com/notebook almal op een plek bekom. Daar is ook 'n beperking, maar dit is ruim genoeg om te gebruik.Jurgens on Bybel Direkte Vertaling (BDV) Chris Ons is 'n klompie leraars wat vir die Bybelgenootskap 'n 40dae veldtog oor die bybel geskryf het. Hoe maak mens om die teks te copy en paste in ons document? NG Witrivier 079292545Chris van Wyk on Waar is die Bybelse plekke vandag? Hi Martin, 'n mens vind hulle oral in Indië en China waar die kerk meesal ondergronds funksioneer en dit die enigste manier is om die evangelie te versprei. Dit is egter nie al manier waarop die Here werk nie. Paulus het gewerk vir sy lewensonderhoud. Hy het tente gemaak en herstel. Die gemeentes het ook vir sy lewensonderhoud ingestaan, veral die gemeente van Filippi. Lukas was ook 'n dokter wat waarskynlik daardeur geld verdien het. Leraars en pastors van plaaslike gemeentes is ook onderhou sodat hulle kan fokus op die Woordbediening. So ook reisende predikers soos ons in die briewe van Johannes lees.Chris van Wyk on Johannes Hi Selome, dit is nie helder uit die teks waarom nie. 'n Mens kan dit moontlik verbind met wat Jesus later sê in die evangelie. Hy doen net wat sy Vader Hom wys (Joh 4:34-38; 5:19,30). Dit is moontlik wat Hy hier vir Maria sê. Die Vader het Hom nog nie gewys wat Hy moet doen nie. Hy sal betrokke raak net soos die Vader Hom wys.selome on Johannes joh.2v4 "My tyd het nog nie gekom nie".ek wil graag weet wat Jesus met die woorde bedoel het.Martin on Waar is die Bybelse plekke vandag? Chris..., waar vind ons die mense wat die Here gedien het op die manier wat ons in die bybel lees... in die evangelies en Handelinge? Mense wat nog huise en plase en families verlaat en hulle lewens spandeer om van dorp tot dorp en huis tot huis gaan en die evangelie verkondig...? Sonder om geld te vra en sonder om iets te besit.... en sonder vrouens en kinders.... dit is tog wat ek in die bybel lees... is dit nie..., is daar nie meer sulke mense nie... waar is die Waarheid van Jesus dan...? Groete. Martin.Chris van Wyk on Lukas Hi Adele, ek het met die Oujaarsdiens 2014 hieroor gepreek en die volgende daar gesê: Twee verhale word in Lukas 8 in mekaar geweef (vgl Matt 9:18-26; Mark 5:21-43). Die een verhaal is van 'n familie wat met siekte en uiteindelik die dood gekonfronteer word, die verhaal van Jaïrus se twaalfjarige dogtertjie. Die ander verhaal is dié van ‘n vrou, dit wil lyk asof sy sónder familie was, wat 12 jaar aan bloedvloeiing gely het, en al haar geld op dokters spandeer het, en net nie gesond kon raak nie. Dit is twee verhale van pyn. Daar is die alleen-vrou wat 12 jaar lank erge gesondheidsprobleme gehad het. Sy kon nie kinders hê nie, en is daagliks daaraan herinner met bloedvloeiing, om die waarheid te sê, net so lank as wat die dogtertjie gelewe het! Daar is ook die familie-vaste man, Jaïrus, wat moes toekyk hoe sy enigste dogter se greep op die lewe al hoe swakkerder word, aan ‘n onbekende siekte, en uiteindelik sterf. Die worsteling van hierdie anonieme vrou was uitmergelend. Sy moes saamleef met eensaamheid, sowel as met haar siekte, sowel as met die feit dat mense haar siekte uitgebuit het en haar sodoende ekonomies geruïneer het. Hoe ironies dat sy nie kinders kon hê nie, maar elke dag herinner is daaraan met erge menstruale bloeding. En sy moes die jare sien verby sleep het, een na die ander, twaalf jaar lank, sodat die hoop later al hoe flouer gebrand het, nie net aan die behoefte om kinders te hê nie, maar aan blote gesondheid, en sy al hoe verder en eensamer op moedverloor se vlakte gesit het. Totdat sy resloos haarself op God se sorg gewerp het en aan Jesus se kleed geraak het. Lukas vertel dus ook vir ons wat die ontmoeting met Jesus vir haar in haar krisis situasie beteken het. Let op dat sy genees word nog voordat Jesus haar raaksien. Sy hoef Hom nie te oorreed nie. Dit gebeur oombliklik. Toe Jesus vra wie Hom aangeraak het, val sy bewend oor Hom neer en getuig van wat met haar gebeur het: “voor die hele volk”! ‘n Helder getuienis van God se genesende hand. Geen wonder Jesus sê vir haar, “Gaan in vrede!” nie. Want dit is inderdaad wat met haar gebeur. Haar lewe word heel. Sy is nie net genees nie, maar kom in die regte verhouding met God self. Die worsteling van Jaïrus was baie meer dringend. Hy het nie die jare sien verbysleep nie. Hy het die minute getel, so vinnig het die dood vir sy kind nader gekom, totdat die boodskap gekom het, moenie die leermeester meer pla nie, sy is dood. Die tyd het ons ingehaal. Let op hoe dit Jesus is wat tot sy hulp kom: "Moenie ontsteld wees nie. Glo net." Jesus sien Hom raak, sien sy weifelende geloof, en sê, vertrou My. Ek sal sorg. En Lukas vertel vir ons hoe Jesus uiteindelik sy dogtertjie se hand neem en haar opwek uit die dood uit. “Haar ouers was oorstelp van blydskap”, sê Lukas vir ons! Dit is dus die eerste boodskap van dié verhaal. Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou. Hoekom? Want dít is wat Hy kom doen het! Hoofstuk 8 is eintlik 'n wonderlike prentjie van die werk wat God vir Jesus gegee het om te doen. Dit begin met ’n kernagtige opsomming van Jesus se bediening. Hy het oral gegaan, die land deurkruis van een stad en dorp na die ander, en oral gepreek en die koninkryk van God verkondig. En dan word in die res van die hoofstuk vier verhale vertel van wat God deur Jesus verder gedoen het: die stilmaak van die storm, die genesing van Legio, die genesing van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, en die opwekking van Jaïrus se dogter. Vier verhale van wonders – in die natuur, in die gees (duiweluitdrywing), in die liggaam, en selfs in die dood. Daar is ‘n wonderlike progressie in dié verhale. Die wonders neem toe in intensiteit, die storm, die eksorsisme, die genesing en dan die opwekking van die dogtertjie uit die dood, die klimaks. Daarmee suggereer Lukas natuurlik op ‘n dieper vlak dat die opwekking uit die dood ’n hoogtepunt van Jesus se bediening verteenwoordig … waarvan Sy eie opwekking die finale klimaks sal wees. Daaroor egter ‘n ander dag. Die boodskap is, Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou. Hy doen dit in die natuur. Hy doen dit in die gees. Hy doen dit in die liggaam en Hy doen dit selfs in die dood. Ons dink te min hieroor na. Ons bemoedig mekaar te min met hierdie hoop. Niks is by God onmoontlik nie. Dít is wat hierdie verhale vir ons van wil oortuig. Dít is die boodskap waaraan ons kan vasgryp en waarvoor ons die Here ook kan vra. Maar daar is 'n tweede boodskap in hierdie verhaal wat my ‘n nog dieper betekenis het. Die belangrikste betekenis is nie in wat Jesus vir hierdie twee lydendes gedoen het nie, al was dit wonderlik, en al kan ‘n mens die Here daarvoor vra. Die belangrikste betekenis van dié gedeeltes lê in wat Jesus vir hulle gesê het. Vir die anonieme vrou sê Jesus: "Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede." Let op die woordjie gered. Lukas kies om nie die woord genees te gebruik soos wat Markus dit bykomend doen nie. Markus haal Jesus in 5:34 aan met dié woorde: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en bly genees van jou kwaal.”). Lukas kies egter om net die woord gered te gebruik, soos Matteus dit trouens ook doen in 9:22: “Hou moed, dogter, jou geloof het jou gered.” Hoekom? Want onthou, Lukas haal vir Markus hier aan in sy verwoording van hierdie verhaal. Hoekom? Want vir Lukas – soos vir Matteus – is die genesing deel van hierdie groter werklikheid, die bevestiging van 'n verhouding met God self. En hy wil dit beklemtoon. Lukas en Matteus plaas dus in die verwoording van die betekenis van die genesing die fokus op die redding. Die genesing is vir hulle ‘n teken van die redding. Markus doen dit natuurlik ook, maar fokus sterker op die rol wat albei speel – die genesing en die redding. Daarom kan die vrou in vrede gaan, want sy het in die genesende aanraking van Jesus vrede met God ontvang. Sy is deur Jesus gered. Sy kan nou in vrede met God gaan leef, selfs al het sy steeds nie 'n familie of enigiemand anders wat na haar omsien nie, want Jesus het haar gered. Dit is min of meer dieselfde boodskap wat Jesus aan Jaïrus gee: "Glo net en sy sal gered word." Die opwekking uit die dood, 'n werklike groot wonderwerk, illustreer steeds hierdie groter werklikheid, die bevestiging van 'n verhouding met Jesus. Jaïrus se lewe word daardeur vir altyd verander. Die wonder van sy ontmoeting met Jesus, van sy eie "opstanding uit die dood", by wyse van spreke, is eintlik van groter belang as die genesing van sy dogtertjie, Talita, soos Markus vir ons vertel. Hy en sy word deur dié gebeurtenis gered, in 'n lewende verhouding met Jesus bevestig. En dít is die werklikheid wat bly, selfs al sou hyself later ook die dood moes ervaar. Dit is ook dieselfde werklikheid wat sy dogtertjie ook sou ervaar, want sy sou die dood in elk geval ook weer later moes ervaar. Die genesing is dus wonderlik, maar die redding is die ding waaroor dit ten diepste gaan. Hoekom moes die vrou dus só lank wag? Sodat Sy in Jesus vir God kon ontmoet. Want dit is uiteindelik al wat belangrik is. Nie haar genesing nie, maar haar redding is wat belangrik is. En dit was ‘n getuienis aan die hele volk waardeur die werklikheid van God se genesende teenwoordigheid in Jesus bevestig is. Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou. En Hy red hulle. Hoekom moes Jaïrus en sy dogter die pyn van die dood ervaar? Sodat hulle in Jesus vir God kon ontmoet. Want dit is uiteindelik al wat regtig belangrik is. Selfs nie die opstanding uit die dood is so belangrik as die feit dat hulle Jesus God kan noem. Jesus wys ook met hulle verhaal dat Hy genees en dat Hy red. Wat sê dit vir ons? Wat mag ons van God vra? Wat kan ons doen met ons worsteling met siekte en die dreigende dood? • Ons mag kom en Jesus se kleed, by wyse van spreke, aanraak. Hy sal sorg. • Ons mag kom en vra dat Hy die dood sal weerhou. Alles is moontlik by Hom. • God doen vandag nog wonders. Ons mag daarvoor vra. Maar, ons moet goed hoor, dat die evangelie van Lukas se verwoording van hierdie twee verhale, die fokus op redding laat val, op die verhouding wat tot stand kom tussen ons en Hom. Dit is die grootste geskenk wat God ons gee. En met daardie hoop kan ons lewe. Ek kan nie genesing belowe nie. Ek kan wel sê: • Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou. Dit kan genesing en sy wonderwerke insluit. En ek moet sê: • Die verhouding met God is ons grootste geskenk. Dit is waar in alle gevalle en die grootste wonderwerk van almal.Adele on Lukas Goeie dag, Kan jy my asb help met die kort verhaal van die vrou van bloedvloeiing. Ook hoekom Lukas die verhaal geskryf het. Baie dankie. AdeleChris van Wyk on 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen Hi Malcolm. Paulus verwys waarskynlik na 'n brief wat hy vroeër vir hulle geskryf het om hulle te betig oor allerlei (2 Kor 2:4). Daardie brief is óf 1 Korintiërs óf 'n ander brief aan die Korintiërs wat ons nie meer besit nie. Indien dit na 1 Korintiërs verwys, het hy moontlik verwys na die man wat met sy ma in 'n verhouding was (1 Kor 5). Indien dit na 'n ander brief verwys, praat hy moontlik oor iemand wat sy apostoliese gesag uitgedaag het. Hoe dit ook al sy, hy kom agter die gemeente het hulle plig nagekom om die persoon tereg te wys, en prys hulle daarvoor. En hy gebruik die geval om hulle te leer wat die verskil is om hartseer te wees oor iets wat tot inkeer lei teenoor om hartseer te wees oor iets wat nie tot inkeer lei nie, omdat dit volgens wêreldse oorwegings is.Malcolm Blewett on 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen Hallo leraar, verduidelik vir my 2 Korintiërs 7 verse 9 en 10 asb!Chris van Wyk on Sagaria 5:1-6:15 – Sagaria se visie op God wat herstel na binne bring Hi Anneke. Die Bybelskool was in die eerste plek 'n uitvloeisel van my eie pad met die Here binne die gemeente. Ek is só bly dat dit vir baie ander gelowiges in die koninkryk iets kan beteken. Aan Hom wat ons roep al die eer.Anneke on Sagaria 5:1-6:15 – Sagaria se visie op God wat herstel na binne bring Goeiedag Chris Ek het hierdie jaar met 'n leesplan begin om die Bybel in een jaar deur te lees (M'Cheyne). Ek het op jou Bybelskool afgekom en is so dankbaar en verwonderd oor die enorme werk wat jy gedoen het met die bydraes oor al die Bybelboeke! Mag jy nog steeds vorentoe uitermate seën ontvang op jou werk! Groete en Christusliefde Anneke.Chris van Wyk on Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid Geniet!Jeanette Steenkamp on Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid Goeie more Chris, Ek het perongeluk op Bybelskool afgekom toe ek n betekenis in Psalms wou naslaan. Dit is so Wonderlik toe ek hierop afkom met al die Psalms betekenisse baie dankie JeanetteChris van Wyk on Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê Hi Susan. Ek is dankbaar. My boek oor die Twaalf Kleiner Profete word binnekort by CUM gepubliseer. Dit sal meer mense in staat stel om deur die profete te werk in hulle stiltetyd sowel as in Bybelstudiegroepe: <img src="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2019/11/Die-Twaalf-Klein-Profete-web.jpg" alt="Die Twaalf Kleiner Profete" />Susan Henning on Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê Ek het so pas deur Hosea gewerk....dankie vir die uiteensetting en inligting Ek het nooit werklik verstaan waaroor alles gaan nie...nou is dit soveel duideliker..baie dankie. SusanChris van Wyk on Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne Dankie Philip, mag hierdie boodskap ons inspireer om ons eie roeping in die koninkryk na te volg, soos die gemeente van Filippi dit so besonder vrygewig gedoen het.Philip on Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne Chris. Wonderlike stuk. Jy het ongelooflike insig en vermoë. Baie dankie. Mag jy verder geseënd bly - God is goed vir jou.Chris van Wyk on Die brief aan die Romeine My voorreg, Karin. Dankie.Karin on Die brief aan die Romeine Baie baie dankie vir die wonderlike web blad en die manier waarop jy God se worpd omskryf. Dit maak dit soveel meer verstaanbaar. Jou skryfstyl maak dit 'n lekker lees en leer sessie. Dankie dat jy God se roeping aangehoor het deur Sy woord op die manier te verkondig!Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Dankie Riëtta. Ek het dit ge-epos. Geniet.Riëtta on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek volg u riglyne en bybelskool al baie jare. Is dit moontlik dat u ook die lêer met die 4 evangelies langs mekaar, aan my beskikbaar kan stel. Koning Jesus seën u met u dienswerk.Chris van Wyk on Inleiding op Esegiël Dankie Frikkie - ek het so pas 'n bietjie nagedink oor Job se verhaal, en dieselfde boodskap daaruit gekry vir myself. Soos Esegiël eerlik is oor wat verkeerd is, leer Job my om ook eerlik te wees oor 'n mens se eie situasie. Dit is al manier om uiteindelik te kan wag op God se uitkoms en nie jou eie kop te volg nie. Vrede en seën vir jou.Frikkie Fensham on Inleiding op Esegiël Middag Chris ek is van die Lewende Woord Gemeente in Lydenburg Ons behandel tans die boek in ons dienste. Wat n bemoediging was dit nie vir my om studie te lees oor Esegiel want : " As jy alles verloor het, of op moedverloor se vlakte sit, is dit wonderlik om die boek Esegiël te lees. Hoekom? Want hy paai ‘n mens nie met goedkoop troos nie. Hy is trouens vlymskerm in sy eerlike analise oor wat verkeerd is. Hy praat kaalkop God se waarheid." baie dankie FrikkieChris van Wyk on Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10 Temas is onderwerpe waarna telkens deur 'n skrywer verwys word. Bv die tema van die Heilige Gees. Matteus verwys na die Heilige Gees by die swangerskap van Maria (Matt 1:18,20), by die doop van Jesus (Matt 3:11), by die versoeking in die woestyn (Matt 4:1), by die bemoediging van die dissipels in vervolging (Matt 10:20), by die bevestiging van Jesus se werk toe die Fariseërs beplan om Hom dood te maak (Matt 12:18), by die uitdrywing van bose geeste (Matt 12:28), by die verduideliking oor watter sonde 'n mens nie vergeef word nie (Matt 12:31), by die bevestiging dat die Gees deur Dawid gespreek het (Matt 22:43), en by die uitsending van die dissipels (Matt 28:19). Dit help baie as 'n mens dié verwysings merk en uiteindelik vir jou 'n prentjie kry van wat Matteus (en natuurlik die ander evangeliste ook) oor die Persoon en werking van die Gees sê. Daar is talle sulke temas in die evangelies: liefde, barmhartigheid, geloof, genade ensomeer. As jy dié verskillende uitsprake daaroor verbind, groei 'n mens se begrip van wat God vir ons deur sy Woord wil sê.William Phillips on Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10 Chris goeiemore. Ek is bietjie nuut in Prontuit die Waarheid en will graag west wat beteken dit is jy se dat ons moet oplet vir temas. Wat bedoel by met temas en waarna moet ek kyk.A.J. Liebenberg on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Ek sal graag 'n boek wil aanbeveel oor Genesis 1 tot 11: The Genesis Account deur Jonathan D. Sarfati Dit is absoluut noodsaaklik dat ons Genesis as 'n historiese boek sal lees Genesis 2:4 "Dit dan is die GESKIEDENIS van die hemel en die aarde toe hulle geskep is." Exodus 20:11 "Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin..." My vraag is: Sou God dit so laat opteken het (ses dae skepping) net om ons deurmekaar te maak as die skepping met 'n "big bang" en oor miljoene jare ontstaan het? Ek glo nie God is 'n "joker" nie. Dankie vir u groot bydrae - ek leer baie by Bybelskool.Marinda Hattingh on Vraag 48: Wat is die Christelike tug? Verál ook mbt laasweek se aktuele onderwerp; weereens báie dankie vir dapper prontuit die waarheid spreek.Chris van Wyk on Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15 Jesus het aangelê by die etenstafel met sy voete agter en weg van die tafel. Sy het dus aan sy rugkant gestaan en haar trane het op sy voete gedrup.William on Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15 Goeiemiddag Chris. Ons lees in Lukas 7:38 dat die vrou met die albasterfles salf agter Jesus gaan staan en geween en sy voete natgemaak en afgedroog met haar hare. Hoe is dit moontlik dat sy agter hom kan staan en dit doen?Chris van Wyk on Genesis 34 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord Daar is nie meer gegewens oor Dina in die Bybel nie. Dan word nie ingesluit in Openbaring nie, eerder Manasse, die kleinseun van Jakob, seun van Josef. Dit is moontlik weens die boek Kronieke wat die stam van Dan ook in die geslagsregisters in 1 Kronieke 2:1 uitlaat. Dan is geassosieer met afgodery (1 Kon. 12:28-30 – Jerobeam het onder andere afgodsbeelde in Dan opgerig wat Israel verlei het). Die Iere is nie Dan se afstammelinge nie.Danie on Genesis 34 – Dina se verkragting word met koelbloedige moord beantwoord Wat het later gebeur met Dina,vrouens was stief behandel in die Bybeltyd,hoekom was daar twaalf stamme daar moes `n dertiende stam afkomstig van Dina wees.Hoekom word Dan nie in Openbaring genoem nie en is die Iere Dan se afstammelinge.Christa on Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9 Dit is asof hierdie stukkie in Galasiers spesifiek vir ons geskryf is!Mathilda on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Tov Paulus ... wat uit die prentjie gelaat word is dat Paulus geglo het dat Jesus (nes ander dissiples) in sy tyd, binnekort gaan terugkom ... wat sou beteken het die einde van tyd soos ons as mens dit ken. Baie van Paulus se skrywes was gerig met die Apokaliptiese idee voorop. Daaroor het hy geglo dit sou sinneloos wees om in huwelik te tree as daar so min tyd hier op aarde oor is om dit uit te leef. Ek glo daaroor was Paulus 'n askeet en daaroor het hy besluit om sy laaste dae/maande net aan die Here te wy. Sy vlees/begeertes het nie gepla nie... omdat hy op die Here se koms gewag het. Hy was gefokus op die Here se onmiddelike koms- parousie. Daaroor sy 1 Kor 7 teks/briefChris van Wyk on Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte Paulus verwys in Handelinge 17:26b waarskynlik na Genesis 11:9 en 32:8 waar God na die toring van Babel mense in taalgroepe opgedeel het om die aarde te bewoon, bewerk en bewaar. Dit is waar die verskillende volke vandaan kom. Selfs die grense van hulle woonplekke het God vasgestel, soos ons in die hele verloop van die verhaal van Israel midde in sy wêreld in die OT sien. Soos Hy vir Israel 'n plek gegee het, het Hy dit ook gedoen vir ander volke (Amos 9:7). Die rede daarvoor word in Handelinge 17:27 uitgespel, dat hulle Hom kon soek en vind. Dit was God se doel met die volkeverskeidenheid, sodat hulle binne hulle eie konteks God kon vind. Met die koms van Jesus het dit verander, in die sin dat die evangelie nou oral aan almal, sonder onderskeid verkondig word, soos Paulus in Handelinge 17:30 sê (vgl Jes 66:18-19 waar dit voorspel word). Dit is nodig omdat daar 'n dag van oordeel kom en hulle dit net kan ontwyk deur in Jesus te glo, soos Paulus sy toespraak afsluit in Handelinge 17:31.Nico Uys on Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte Graag wil ek net weet wat beteken Hand. 17:26b "terwyl Hy vooraf bepaalde tye en grense van hulle woonplek vasgestel het". Hoe is dit moontlik dat die NGK apartheid en homoseksualisme verklaar as onbybels, tog staan dit opgeteken in die Woord van God, ons mag mos nie die Woord verdraai nie, volgens Open. 22:19, verduidelik dit aan my asseblief. Dankie Nico.Carel Le Roux on Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16 UItstekend! Die belangrikste wat ek geleer het is dat die gawes vir almal gegee is, nie vie die individu nie, mar vir die liggaam. Baie dankie!Anzi Pieterse on Spreuke 19:1-29 – Integriteit in alles Ek stem nie hiermee saam nie; "Vers 6 wys duidelik dat die water na die natuurlike geboorte verwys. Die grootdoop is dus nie as sodanig belangrik nie, wel die wedergeboorte" Eva het kinders gebaar lank voor Jesus gebore is, en daardie kinders is ook uit water met geboorte gebore. Jesus was ook uit water met geboorte gebore toe Maria geboorte geskenk het. Jesus is op 31jaar deur Johannes die doper groot gedoop. Babas word uit sonde gebore en hulle kan nie besluit watter pad hulle dan al wil loop nie. Dit is hoekom sommige babas ontaard in groot word tye in sataniste, moordenaars, diewe, ens... Eers wanneer ñ persoon volwasse is in jou geloof en besluit het wie om te dien - die wêreld of God, kan hy sy sondes bely en weer gebore word deur gedoop te word. Wanneer jy groot gedoop word, word jou asem opgehou wanneer jy in die water gedompel word. Op daardie tydstip wat jy nie asem haal nie is jy (simbolies) dood en wanneer jy weer uithys uit die water snak jy na asem wat weer verwys na die nuwe asem, weer gebore in die nuwe lewe in Jesus Christus. Hierna moet jy net op die regte pad bly en God se Wet en gebooie inderhou.Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Hi Charne, salwing van voorwerpe is nooit gebruik vir veiligheid (van byvoorbeeld die bose) nie. Dit was gebruik vir afsondering en toewyding aan God (van byvoorbeeld die tabernakel en die altare). Aangesien ons nie meer heilige voorwerpe in die NT het nie, het daardie gebruik verval. Dieselfde geld die salwing van persone. Salwing van persone is nooit gebruik om hulle te beveilig nie. Salwing is veral vir toewyding aan die Here gebruik, hoewel daar ook ander gebruike van salwing in beide die OT as die NT is (mooimaak - Pred 9:8; eerbewys - Ps 23:5; Luk 7:36-39; begrafnisrituele - Mark 16:1; bevestiging in 'n amp - Eks 40:12-15; reiniging - Lev 14:15-18; gesondheid - Mark 6:13; gebed - Jak 5:14). Daardie gebruike kan nog van waarde wees vandag, maar die belangrikste voorkoms van salwing in die NT is egter die salwing met die Heilige Gees (2 Kor 1:21-22; 1 Joh 2:20,27).Charne Jonck on Salwing in die Bybel Kan mens n voorwerp salf vir veiligheid teenoor bose byvoorbeeld deur kosyne of is salwing slegs gerig op persoon tot persoon vir gesondheid ?Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Hi Elsa, Johannes 3:5 verwys met water na jou eerste geboorte as mens en met die Gees na die geestelike geboorte. <a href="https://bybelskool.com/johannes-223-336-as-iemand-nie-van-bo-af-gebore-word-nie/">Jy kan meer lees hier</a>. Sommige interpreteer wel die verwysing na water as die doop, maar dit is foutief. Vers 6 wys duidelik dat die water na die natuurlike geboorte verwys. Die grootdoop is dus nie as sodanig belangrik nie, wel die wedergeboorte. Die moordenaar aan die kruis is nie gedoop nie, maar wel wederbaar in die gesprek met Jesus. Daardie dag was hy saam met Jesus in die paradys. Die doop is net 'n teken van die geestelike geboorte. En of dit nou as kind of as grootmens beleef word, die belangrike ding wat moet gebeur, is dat jy deur geloof in Jesus Christus die Gees ontvang.Elsa on Salwing in die Bybel Joh 3:5 lees as iemand nie gebore word uit water en Gees nie.. Kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.. Beteken dit dat jy gedoop moet word voordat jy in koninkryk kan ingaan.. Is groot doop belangrikChris van Wyk on Psalm 100 – Juig al wat leef, juig voor die Heer! Hi Dieter - die melodie is relatief onbekend, maar die boodskap van die Psalm besonders. <a href="https://bybelskool.com/psalm-133-kyk-hoe-goed-hoe-mooi-is-eensgesindheid-onder-gelowiges/">Lees hier wat ek daaroor geskrywe het.</a> Sterkte vir julle proses.Dieter Kreft on Psalm 100 – Juig al wat leef, juig voor die Heer! Naand se Dominee, ek is orrelis van 'n gemeente in Kaapstad wat besig is om met 'n ander een saam te smelt. Dit gaan gepaard met bietjie struweling, wat seker natuurlik is. Ek het gewonder hoekom psalm 133 so onbekend is? Amper as of hy nooit gesing was nie. Dalk kan jy bietjie lig daarop skynChris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Abe - hier is die artikel wat jy miskien na verwys: https://bybelskool.com/volgende-jaar-is-jerusalem-liturgie-gebaseer-op-elemente-van-die-joodse-paasmaaltyd/Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Abe, ek kan nie nou vinnig my hand daarop lê nie, maar hier is 'n verduideliking as deel van 'n liturgie wat op my rekenaar is: Die liturgie is gebaseer op die Paasmaaltyd wat deur Christen-Jode gevier word. Die belangrikste elemente het waarskynlik ook deel uitgemaak van die laaste maaltyd wat Jesus saam met sy dissipels gehad het die aand voor sy kruisiging. GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM Aansteek van die kerse (’n groot wit Christuskers en 12 pers kerse) Lofprysing Prys die Here, ons God, die ewige Koning! Hy het sy enigste Seun, Jesus die Messias, gestuur as die Lig vir die wêreld en as ons Paaslam. Deur Hom mag ons lewe. Aanvangswoord Voorganger: Kom laat ons saam tot Jesus nader, Hy wat gehoorsaam was tot in die dood Almal: Ja, die dood aan die kruis. Amen. Sang Psalm 116:1, 7 en 10 “God het ek lief, want dié getroue Heer” (Totius-beryming) Stil gebed Verootmoediging Voorganger: Genadige God, ons het U nie liefgehad met ons hele hart en met ons hele siel en met al ons krag en met ons hele verstand nie. Almal: Here, ontferm U oor ons. Voorganger: Liefdevolle Here, ons het ons naaste nie liefgehad soos U ons geleer het nie. Almal: Christus, ontferm U oor ons. Voorganger: Hemelse Vader, ons het nie in volle oorgawe aan U gelewe nie. Almal: Here, ontferm U oor ons. Voorganger: Mag die Here genade aan julle betoon. Mag Hy julle vergewe in sy troue liefde. Mag Hy aan julle vrede gee. Almal: Amen. Aan God die dank. Sang Lied 245:1 en 2 “Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het” DIENS VAN DIE WOORD Skriflesing Johannes 13:1-17 en 31b-35 Stil gebed DIENS VAN DIE TAFEL Instelling van die eerste beker Prys die Here, ons God, die ewige Koning! Hy is die Een wat die vrug van die wingerd voortbring. (Almal drink die wyn of druiwesap.) Vraag: Waarom is hierdie aand anders as al die ander aande? Antwoord: Ons was in Egipte die farao se slawe en die Here het ons daar deur sy magtige dade bevry toe Hy voor ons oë tekens en groot wonderdade gedoen het. Op hierdie aand dink ons terug aan daardie nag toe die Here ons gered het uit die mag van Egipte. Ons was ook slawe van die sonde. Maar God het aan ons genade bewys. Deur die bloed van sy Seun Jesus Christus is ons verlos en is ons oortredinge vergewe. Op hierdie aand dink ons terug aan daardie nag toe die Here Jesus oorgelewer is om vir ons te sterwe. Instelling van die tweede beker Die tweede beker wat ons drink, is die beker van danksegging en ons drink dit as ‘n danksegging vir God se verlossingsdade. Neem, drink en dank God vir die verlossing wat Hy vir ons bewerk het. Prys die Here, die ewige Koning! Hy het ons trane in gelag verander, ons smart in vreugde. (Almal drink die wyn of druiwesap) Instelling van die brood Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam, dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.” Neem, eet, dink daaraan en glo dat die liggaam van ons Here Jesus Christus gebreek is tot volkome versoening van al ons sondes. (Almal eet van die brood) Instelling van die derde beker Na die maaltyd het die Here Jesus die derde beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.” Prys die Here ons God, die ewige Koning! Hy is die een wat ons verlos. Neem, drink, dink daaraan en glo dat die bloed van ons Here Jesus Christus gestort is tot ‘n volkome versoening van al ons sondes. (Almal drink van die wyn of druiwesap) Instelling van die vierde beker Die vierde en laaste beker rig ons oë na vore na die wederkoms van Christus. Mag dié dag spoedig kom. Prys die Here ons God, die ewige Koning! Neem, drink en leef vanuit die verwagting dat die Here Jesus spoedig weer sal kom. (Almal drink van die wyn of druiwesap) Sang Lied 453:1-3 “Aan die Vader dank en ere, laat ons saam sy lof besing” Gebed Seën Almal: Volgende jaar in Jerusalem! UITSENDING Sang Lied 390: 1-4 “Ons kniel hier aan u voete neer” Alle versierings (nagmaalservies, kanselkleed, baniere, ensovoorts) word uit die aanbiddingsruimte verwyder. Die gemeente verlaat die kerkgebou in stilte.Abe Stoltz on PREKE: 2008 TOT 2018 Ds Chris n Paar jaar gelede het ek n artikel van u gelees oor die (Pasga) bekers van die OT. Jesus het een van die Bekers uitgesonder in die NT-iese Nagmaal en net een beker ingestel. Het u dalk so Artikel hieroor asb. Gtoete AbeChris van Wyk on Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16 Dankie Hennie, seën van huis tot huis.Hennie Strydom on Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16 Baie dankie vir al die moeite wat jy doen. Ek respekteer jou werkywer saam met jou deursigtige hantering van die Bybel in die tyd en omstandighede waarin ons ons bevind. As ek dink aan Josef se geskiedenis dan besef ek net al hoe meer dat die alomteenwoordige God nie soseer op 'n plek is nie, maar dat Hy in ons as gelowiges is daar waar ons gaan - Nasaret, Kanaan, drome, 'n put, 'n klompie Moslems wat hom in Egipte gaan verkoop, Potifar en mev Potifar, Robertson, Port Elizabeth. So is die Here by en in jou en soos vir Josef, sal Hy sekerlik jou en jou werk seën - Gen 39:3-5; 21-23. Mooi loop.Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi - jy kan meer lees oor die konteks by: https://bybelskool.com/genesis-3-die-mens-kruip-vir-god-weg-weens-die-sonde/ Hier is wat ek oor die teks daar sê: Episode 6: Die versteuring van verhoudinge in die skepping – 3:14-21 Let op hoe direk God in sy hantering van die ontstellende gebeure is. Ná Hy deeglik in gesprek getree het met die mens, tree Hy beslissend op. 1. Hy vervloek die slang nie net as ‘n slepende stofkruiper onder die diere nie, maar gee ‘n bedekte belofte in die vyandskap wat Hy tussen die slang se nageslag en die vrou se nageslag verklaar: “Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” (3:15). Dit staan volgens sommige bekend as die “moederbelofte” waarin die oorwinning van Christus aan die kruis oor die werk van die Satan voorspel word. In Gereformeerde kringe word die woord moederbelofte gewoonlik vermy onder andere weens ‘n ongemak met ‘n Rooms-Katolieke interpretasie wat dit aan die verhaal van Moeder Maria koppel sowel as ‘n ongemak om die gedeelte in die lig van die NT uit te lê. Ek dink die ongemak is onnodig, want ‘n mens kan aan die een kant duidelik sien dat hier meer ter sprake is in die teks as maar net dat daar vyandskap tussen die slang en die mensdom is, iets wat in ‘n eerste rondte natuurlik ook deel van die teks se betekenis is. Jesus is na alles uit Maria gebore! Dit is aan die ander kant ook duidelik dat die teks die onderbou vir die NT interpretasies vorm wat in Genesis 3:15 die begin van ‘n stryd tussen die mens en die Bose skets, wat in Christus sy toppunt bereik het. Daarom kan Paulus in sy Romeinebrief, onder andere op grond van hierdie teks, sê dat die Satan deur die werk van God en die genade van die Here Jesus onder hulle voete verpletter sal word: “Almal het gehoor van julle gehoorsaamheid aan die evangelie. Ek is baie bly oor julle, en ek sou graag wou sien dat julle alles weet van die goeie en niks wil weet van die slegte nie. God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle!” (Rom. 16:19-20). Dit is ook duidelik dat hy die boom van alle kennis ook as deel van sy interpretasie neem. Vergelyk ook Johannes hieroor in Joh. 8:44; 1 Joh. 3:18 en Openb. 12:9. Ons kan dus gerus die teks Christologies lees. Jesus het immers op ‘n plek gesê dat die hele OT – die wet van Moses, die profete en die psalms – van Hom vertel en in Hom vervul is (Luk. 24:44).Elaine on PREKE: 2008 TOT 2018 Wat beteken die skrif Genesis 3.15Marnus on Die Twaalf Kleiner Profete Dankie.Chris van Wyk on Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees Dankie Pietie - waardeer.Pietie on Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees More Geseënde dag vir jou en jou gemeente. Dankie vir alles wat jy doen. Weskus groeteChris van Wyk on 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop Hi - jy kan my bydraes gebruik: https://bybelskool.com/1-petrus/ en https://bybelskool.com/2-petrus/.hendrik on 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop more CHRIS , Chris ons huiskerk [ sellgroep ] wil graag die twee boeke van Petrus bestudeer , is daar enige boeke of leestof wat jy sal aanbveel ? n Geseende dagChris van Wyk on Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9 My voorreg!Magdel van Tonder on Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9 Dit is vir my 'n baie groot voorreg om deel van hierdie Bybelskoolfamilie .te wees. Elke boodskap vul my lewe meer en meer met Christus.Chris van Wyk on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Hi San-Mari - ek maak so.San-Mari Hattingh on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Goeie Naand, kan ek ook asb die bostaande inligting kry.Chris van Wyk on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur So gemaak, Marelize.Marelize on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur goeie middag ek het ook 'n taak oor ballingskap , kan u asb vir my ook inligting stuur?Chris van Wyk on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur So gemaak, Suzette.Suzette on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Goeie more, kan u asb. ook bogenoemde epos met inligting oor ballingskap aan my stuur. Ek soek ook graag die naam van die boek vir verdere studie. GroeteChris van Wyk on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Ek maak so, Wilmeri.Wilmeri Nel on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Goeie naand, Ek het 'n taak soos Jeanelle oor Ballingskap, sal u my asb kan help met meer inligting oor Ballingskap?Chris van Wyk on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Hi Jeanelle - ek het vir jou 'n bietjie inligting gestuur direk na jou e-pos van 'n boek wat ek het wat jou op die regte spoor kan plaas.jeanelle on Esegiël 12 – Die ballingskap gaan NOU gebeur Goeie more, Ek moet vir 'n taak skryf oor Ballingskap, ek moet verduidelik hoe God Ballingskap beeindig of beplan om te beeindig uit die ou testament, asook hoe dit vandag beeindig kan word. Ek moet ook 'n voorbeeld van Ballingskap uit die ou testament verwys. Sal u my asseblief met die taak kan help?Chris van Wyk on Die Passie van Paulus Hi Sonja, lees lekker! Ek het sommer 'n lys van <a href="https://bybelskool.com/skakels-vir-die-passie-van-paulus/">skakels na die 129 hoofstukke</a> gemaak om maklik die een na die ander hoofstuk te lees.Sonja Lizemore on Die Passie van Paulus Goeiedag Dr Chris. Dit is met vreugde wat ek vandag die bybelstudiegids van Paulus ontvang. Hy lê my so na aan die hart, leer so baie deur sy briewe en staan dikwels so skaam oor my eie klein geloof en volharding. Baie dankie vir die plasing. Ek het ook vir my Paulus van Adrio König gekry en wil dit ook byweek. Mooi dag vir u.Chris van Wyk on Jesaja Hi Sanet, <a href="https://bybelskool.com/die-passie-van-paulus/">jy kan hier begin.</a>Sanet on Jesaja Goeie naand ek het hulp nodig asb. Ek het opdrag ontvang dat ek die boeke van Paulus moet bestudeer. Ek het geen benul waar om te begin watter boeke is dit almal ens kan U my asb help?marita on Daniël 3-4 – God red Daniël se drie vriende en oortuig Nebukadnesar van sy Heerskappy dankie, Doxa Suidkus Gemeente, Margate kidz crewChris van Wyk on Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte Hi Louise, ek het tien perspektiewe op die werk van die Heilige Gees geskrywe vanoggend om jou te help. Jy sal al daardie terme daarin vind: https://bybelskool.com/tien-perspektiewe-op-die-werk-van-die-heilige-gees/. Begin doodgewoon met die erkenning van die Gees se werking in jou lewe, verwag dit in geloof, en geniet dan die gawes wat Hy vir jou sal gee en die vrug wat Hy in en deur jou sal dra!Louise Louw on Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte Dr, verduidelik asseblief die verskil van vervulling, salwing, doop en uitstorting van die HG. Dit is soms nogal verwarrend vir my.Marinda Hattingh on Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 Sjoe, báie dankie hiervoor. Duideliker kan die waarheid nie gestel word nie!Johan on Vraag 38: Wat is die Heilige Gees? Wardeer baie baie dankie.Chris van Wyk on Vraag 38: Wat is die Heilige Gees? Hi Johan. Die uitstorting van en doop met die Heilige Gees gebeur by bekering (Hand 2:1-11; 33-38; 8:14-17; 9:10-19; 10:44-48; 11:1-18; 19:1-7; Rom 8:9; Ef 1:13; Tit 3:5). Daarna word 'n mens herhaaldelik met die Heilige Gees vervul (Hand 4:23-31; 13:44-52).Johan on Vraag 38: Wat is die Heilige Gees? Goeie more Chris. Ons preek reeks die kwartaal gaan juis oor die Heilige Gees. Daar is so baie vrae oor die uitstorting van die Heilige Gees dat daar by ons gemeente n kursus aan gebied word. Moet n persoon eers met die Heilige Gees gedoop word om dit te ontvang.Chris van Wyk on Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 Hi Francois Die sentrale tema in die boek van Joël is die koms van die “dag van die Here”. Dit het na my mening drie toepassings. 1. Die eerste toepassing is op die Joodse volk. Die Here roep die Joodse volk op tot bekering deur die boodskap van oordeel wat in die "dag van die Here" opgesluit lê (1:1-20). Hy belowe medelye en voorspoed vir dié wat na Hom toe terugkeer (2:1-32). Vir dié wat egter nie luister nie, wag daar verwoesting, die verwoesting van die ballingskap. Dit is dan ook wat gebeur het met die volk van Juda. Hulle het nie geluister nie, en God het hulle gestraf. Hulle land is verwoes deur vier verwoestende sprinkaanplae (1:4-7) en die volk is in ballingskap weggevoer. Joël het egter ook gepraat van 'n herstel van die volk (2:21-27), 'n verandering van hulle lot (3:1-3), en oorvloed in die teenwoordigheid van die Here (3:18-21). Dit het ook waar geword met die terugkeer uit ballingskap. 2. Die tweede toepassing is op alle mense. Die boodskap van die "dag van die Here" word in die NT na alle mense uitgebrei. Dit neem sy aanvang reeds met die koms van Jesus en sy kruisdood en opstanding (Joël 2:28-32; Matt 27:45-66), sowel as met die uitstorting van die Heilige Gees (Joël 2:28-32; Hand 2:14-36). Die Here roep deur hierdie boodskap almal op om tot inkeer te kom, soos Petrus dit eksplisiet uitspel in die tweede deel van sy toespraak op Pinksterdag (Hand 2:37-47). Dié wat gehoorsaam, ontvang vergifnis en die belofte van die Heilige Gees. Dié wat ongehoorsaam is, bly onder die toorn en straf van die Here. Dit is dus die hoofboodskap wat die boek van Joël nie net vir Christene het nie, maar vir alle mense. Bekeer julle, laat julle gedoop word tot vergifnis van sonde, en ontvang die Heilige Gees as gawe van God die Vader. Anders bly julle onder die oordeel van God. Die geestelike betekenis van hierdie boodskap oorheers dus in die NT, hoewel die "dag van die Here" vir seker ook politieke, ekonomiese en selfs ekologiese implikasies vir mensegroepe kan inhou. God praat immers nog steeds deur dinge soos oorlog, misoeste en droogte (Matt 24:1-14; Jak 5:17-18; Openb 11:1-14). Waar 'n volk of land dus tot inkeer kom, sal die beloftes van Joël ook vervul kan word in 'n lotsverandering en oorvloed in die teenwoordigheid van die Here. 3. Die derde toepassing is op die kosmos. Die boek van Joël praat ook oor kosmiese veranderinge wat die einde van die tyd sal aankondig (Joël 2:1-11, 28-32; 3:9-17; Matt 24:29-35; Openb 6 - die kosmiese tekens; 9:1-12 - die sprinkane; 14:14-20 - die sekel en die parskuip). Die vervulling daarvan is nog uitstaande, maar net so relevant vir ons om mee rekening te hou vir die toekoms. Dit sal die hele kosmos betrek.Francois Conradie on Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 Dr van Wyk, hierdie vraag is ‘n bietjie uit pas uit met die jaarprogram. Vraag: Hoe is die boodskap van die boek Joël van toepassing vir ons as Nuwe Testamentiese Christene? Noudat vir ons sondes aan die kruis betaal is, is God se bedoeling nog steeds dat daar inkeer en omkeer van ons lewens moet wees voordat God sal help? Moet die verhoudings wat tussen ons en God en ons en ander mense verbreek is eers herstel word voordat God sal help? ( Ek verstaan dat God soewerein is en enige tyd kan help). As mens bogenoemde manier van verstaan deur trek na die huidige omstandighede in Suid Afrika, kan mens die afleiding maak dat ons as die volgeling van Jesus Christus ons voortgaande (nuwe onbelyde) sondes weer moet erken, bely en ons gedrag verander (omkeer) en voluit met dankbaarheid leef, voordat God die omstandighede in Suid Afrika sal verander?Chris van Wyk on Spreek in tale Hi Jattie, jy sal dit nie in die Bybel kry nie, want dit staan nie daar nie. Almal kry nie die gawe van tale nie (1 Kor 12:10,28,30; 13:8). Dit is ook in rangorde minder belangrik as die ander gawes (1 Kor 14:5). Gebed is kommunikasie, so 'n verstaanbare kommunikasie sal jou hart en lewe meer beïnvloed as iets wat onverstaanbaar is. Dit beteken nie dat tale verkeerd is nie, maar dat niemand jou moet probeer oortuig dat dit die belangrikste gawe is of dat almal dit moet beoefen nie.Chris van Wyk on Prediker – Lees, luister, leef – ePub Hi Gail, nee, dit is nie verkeerd nie. 'n Mens mag die Here vra vir bevestiging in jou besluitneming. Dit gebeur gewoonlik deur die Woord, gebed en deure wat oop en toe gaan. Die probleem van die Fariseërs was dat hulle in opstand was teen die boodskap van Jesus en Hom nie wou gehoorsaam nie. Hulle vra dus 'n teken om hulle eie onwilligheid weg te steek (Matt 12:38-45). Jesus gee vir hulle dus net een teken, die teken van sy kruisdood en opstanding, soos dit in die verhaal van Jona reeds voorspel is. Jesus gee ook vir sy dissipels uit vrye wil tekens, sodat hulle gebeure kan interpreteer (Luk 21:7). Hy gee ook tekens dat die betekenis van sy boodskap beter verstaan kan word, soos die sewe tekens in die evangelie van Johannes (1. Die wonder van die water wat in wyn verander is by Kana – 2:1–11; 2. Die genesing van die seun van die regeringsamptenaar – 4:43–54; 3. Die genesing van die siek man by die bad van Betesda – 5:2–9; 4. Die vermeerdering van die brood – 6:1–14; 5. Jesus wat loop op die water – 6:16–21; 6. Die genesing van die man wat blind gebore is – 9:1–7; 7. Die opwekking van Lasarus – 11:1–44.). Hoop dit help!Jattie on Spreek in tale Chris, ek worstel met wat mense noem, 'n bid taal. Ons sel groep lede getuig almal dat hulle intense salwing en krag ondervind wanneer hulle in hul bidtaal met God praat. Ek het aan hulle die vraag gevra, en ook genoem dat ek net sulke kragtige en intieme oomblikke saam met die Here beleef, en maak dit dan my gebed minder intens, of is daar minder diepte in my verhouding met die Here as hulle s'n? Ek glo hulle praat uit ondervinding uit, want hulle almal se ervaring kom ooreen. Hulle sê dat ek moet rustig wees daaroor en dit wel nog sal ondervind. Ek smeek die Here om dit aan my te openbaar, maar ek kry nêrens skrif daaroor in die Bybel nie. Ek voel indien dit so belangrik is, en die Here nie 'n aanhanger van persoon is nie, dan moet Hy dit mos ook aan my kan gee? Kan jy asb vir my meer duidelikheid gee aangaande dit?Gail on Prediker – Lees, luister, leef – ePub Hallo Chris, Ek is onseker of ek altyd die bybel reg lees, in Mattheus het Jesus vir die Fariseers gese dat hulle 'n addergeslag is omdat hulle vir 'n teken gevra het. Dsl dit dan verkeerd wees om die Here te vra vir 'n teken wanneer ons onseker raak oor besluite wat geneem moet word?Koot on Lei ons nie in versoeking nie Baie dankie vir hierdie uitleg. Die manier waarop u dit doen breek nie net nuwe betekenisse oop nie maar wys ook duidelik ooreenkomste en verskille.Chris van Wyk on Lei ons nie in versoeking nie Dit bly vir my net 'n plesier en 'n voorreg om met die uitleg van die Bybel besig te wees. Elke nuwe vraag wat ek kry, maak vir my self nuwe betekenisse oop.Jan Louw on Lei ons nie in versoeking nie Dankie vir 'n deeglike stuk werk Chris!Chris van Wyk on Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6 Hi Audrey. Die Dordtse Leerreëls - ek plaas dit Saterdag - beklemtoon die volgende: "2.1.5 Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof." Talle en talle tekste in die Bybel verseker ons dat as jy in Jesus Christus glo, is jy gered, is jy uitverkies, en het jy die ewige lewe as 'n geskenk van God ontvang - Joh 1:12; 3:36; 10:28; Rom 10:9-13; 1 Joh 5:10-13. Dit vra van ons doodgewoon om die Here met ons hele hart te aanbid, omdat Hy ons dié groot gawe gegee het, en in bekering en geloof te leef. En Hom te vertrou dat Hy ons sal bewaar om te kan volhard tot die einde toe. Ons sekerheid lê in Hom.Audrey on Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6 Hallo ds. Chris, die hele uitverkiesing spook al heelweek by my, ek het in n baie Geestelike huis en famielie groot geraak en dit voel as groot mens, raak die bybel moeiliker al leer mens elke dag en dit maak verskriklik bang, doen ek God se wil? Lewe ek reg? Maar nie te min, die skrifte van die week het my so laat wonder of ek gekies gaan word, en of my lewe waarlik reg gelewe word, Maandag se skrif het my so hard geslaan dat ek nie eens woorde gehad het nie, die woord sê moet nie onsteld wees nie, maar ek weet nie wat dit vir my beteken nie, die troos is meer dat ek nogsteeds moet glo, vertrou, lief hê en goed doe en so ook God prys, en dat ek glo dat ek verlos sal word. Maar dit laat mens nogsteeds wonder of ons altyd reg doen en God se wil, en vir die eerste keer in my lewe laat dit my verskriklik bang.Chris van Wyk on 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie Ja, dit is tragies en hartseer. Genadetyd het sy perke waar mense hulle teen God verset. Gelukkig was daar ook hier 'n Daniël wat die Here op sy beloftes geneem het, die Here om vervulling gevra het, en het 'n nuwe genadetyd aangebreek vir Juda. Só was dit reg deur die eeue. Met Jesus. Met die Gees. Met die kerk. En al gaan die streep vir hierdie wêreld wel eendag getrek word, en sal die ongelowiges die vuur van die tweede dood moet trotseer, sal die finale genadetyd wat deur die nuwe hemel en nuwe aarde aanbreek vir ewig hou! En in Jesus het ons deel daaraan. Watter vreugde!Elna on 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie Wat `n tragiese verhaal is dit nie in Konings nie ! My hart is skoon seer saam met die Here sin! Is daar nie maar altyd parralelle in ons lewe nie? Dankie vir die bybelskool Chris. Voorspoed vir jou! ElnaJan Louw on ‘n Paar perspektiewe oor die wet in Paulus se briewe Waardevolle werk hierdie oor die wet Chris. Dankie daarvoor.Chris van Wyk on GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura Hi Gerhard. <a href="https://bybelskool.com/n-paar-perspektiewe-oor-die-wet-in-paulus-se-briewe/">Ek het 'n langer artikel geskryf wat jy ook kan lees daaroor</a>. Die antwoord op jou vraag is die volgende: Die woord vir wet (nomos) kom 32 keer voor in Paulus se brief aan die Galasiërs. Dit wys hoe 'n belangrike konsep dit vir hom was. In al die verwysings na die wet bedoel Paulus die hele wet - die Tora, die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel. Daarom praat hy ook van die “boek van die wet” (Gal 3:10), en die “hele wet” (Gal 5:3,14).Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Haidi. Ek het kortliks daaroor geskryf in <a href="https://bybelskool.com/levitikus-16-die-groot-versoendag-bring-versoening-met-god-en-reiniging-van-die-sonde/">Levitikus 16 – Die Groot Versoendag bring versoening met God en reiniging van die sonde</a>. Hier is 'n bietjie meer: Levitikus 16 beskryf die versoening en reiniging van die volk aan die hand van drie seremonies. In die eerste seremonie is ‘n bul as sondeoffer en ‘n ram as brandoffer vir die hoëpriester en al die priesters as versoening geslag. In die tweede seremonie is twee bokramme as sondeoffer gebruik - die een is geslag, die ander weggejaag - wat versoening gedoen het vir al die sondes van die Israeliete en ook reiniging gebring het deurdat die sonde simbolies weggejaaag is. In 'n derde en laaste seremonie is ‘n skaapram as brandoffer gebring wat die versoening voltooi het vir die hele volk in die teenwoordigheid van die Here. In die tweede seremonie is die twee bokramme as volg hanteer: 1. Die een bokram is geloot om geoffer te word “vir die Here” en die bloed ook agter die voorhangsel ingeneem as teken van versoening. 2. Die ander bokram is geloot “vir Asasel”, maar moes bly lewe en is die woestyn ingejaag as teken van die reiniging en afstanddoening van die sonde: “So sal die bok al hulle sonde met hom saamdra na ‘n onherbergsame streek toe en daar in die woestyn moet hy agtergelaat word.” Die sonde is dus simbolies weggejaag en afgelê. Die naam Asasel beteken “bok wat weggaan” wat waarskynlik sinspeel op die naam van ‘n vername bose gees, soos dit in die Intertestamentêre literatuur (bv. 1 Henog 8:1; 9:6; 10:4-8; 13:1-3 - <a href="https://reluctant-messenger.com/1enoch01-60.htm" rel="nofollow">lees dit hier</a>) en die Talmoed beskryf word. Asasel was daarvolgens die leier van die "seuns van God" wat in Genesis 6:1-4 gesondig het. Hierdie handeling met Asasel het die betekenis gedra dat daar van die sonde afstand gedoen is, dat dit teruggegee is aan die bron daarvan en dat die Israeliete daarmee van die bose se invloed gereinig is. Die uitspraak in Spreuke 28:13 verwys waarskynlik na die geestelike betekenis daarvan: "Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind." Paulus se uitspraak in 2 Timoteus 2:19 kan ook hiermeer verbind word: "Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid."Haidi on PREKE: 2008 TOT 2018 More Pastoor, het jy dalk n lesing oor die bok azazel. Ek verstaan nie mooi oor die bok wat in die woestyn ingejaag is. Baie dankie Haidi LourensGerhard Mathee on GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura Goeie dag ds. In u opsomming van Gal 4 onder punt no 2 skryf u die volgende: "Hoe kan ‘n mens dit aan jouself doen om die weg van die wet bewandel deur jou te steur aan die besnydenis, die feeste, die seremonies, die dieet reëls, as Christus jou dan vry gemaak het daarvan? " Dit wil vir my se dat Paulus nie na die 10 gebooie verwys as die Wet nie, maar na ander reels soos u hier noem. Na watter Wet verwys Paulus in die hele Galasiers brief?Marinda on Perspektiewe oor oordeel, veroordeling en beoordeling Goeiemôre, en báie dankie! Ek stem heeltemal saam met jou, en jy het my kennis verbreed met jou insig oor die teregwys van (huidige) nie-gelowiges. My ondervinding van so ñ benadering is dat ñ mens geweldig baie teenstand kry, want humanisme met die mens op die troon, vier hoogty. Maar dis dan waar die HERE ons vra om te volhard, en aan te hou om SY naam aan almal uit te dra deur dit wat ons sê, maar veral ook doen. Weereens báie baie dankie vir jou gehoorsaamheid hierin.Chris van Wyk on Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11 Hi Marinda. Dit is 'n groot onderwerp. Ek het 'n paar perspektiewe geskryf en as 'n bydrae gepubliseer. <a href="https://bybelskool.com/perspektiewe-oor-oordeel-veroordeling-en-beoordeling/">Jy kan dit hier lees.</a>Marinda on Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11 Goeiedag, en ontsaglik dankie vir wat jy vir die HERE doen. Die woord 'veroordeel' is nogal ñ tameletjie onder Christene. Ek verstaan dit dat ons nie die mens moet veroordeel nie, maar die sonde wat gedoen word. Ons is tog instrumente in GOD se hande om vir mekaar die regte pad aan te wys? Of beteken die 'nie veroordeel' dat ons alles moet verdra in liefde? Hoe anders gaan ek weet as ek iets doen wat die HERE bedroef, as iemand my nie op my verkeerde dade wys nie? Ek dink bv. aan jou moeilike jaar laasjaar. Ek glo absoluut dat jy die regte ding gedoen het. Jammer as ek nou 'out of line' is.Chris van Wyk on Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26 Dankie, André. Ek sien uit na die bydraes oor die Heilige Gees en gebed wat ons binnekort gaan begin lees.ANDRE BOWER on Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26 Goeie more Chris, Die "posting" lees ek elke oggend. Dit is treffend en praat met my, hard en duidelik.Chris van Wyk on Openbaring Johannes gebruik in Openbaring 5:3 'n drie-vlak verdeling van die heelal om die punt te maak dat daar nêrens iemand gekry is om die boekrol oop te maak nie. "Onder die aarde" dui hier op die doderyk. In vers 13 word ook van die see gepraat om die punt te onderstreep dat letterlik almal uiteindelik die Lam loof dat Hy in staat was om die agenda vir die wêreld uit te voer - dit is wat die boekrol simboliseer. Paulus sê dieselfde in Filippense 2:10.Dot on Openbaring Wat beteken "onder die aarde" - Openbaring 5:3 en 13 asbSusan Liebenberg PTA on Subscribe Al wat ek hierop wil antwoord is Amen Amen! Dankie vir hierdie oulike webwerf. Wees geseend in die Here.Chris van Wyk on Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word Babelie - ja! Heerlik om te hoor en te gesels met "my se mense". Moet regtig 'n slag kuier. Groete en geniet die materiaal.Babelie Vlok on Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word Chris Ek weet nie of jy my sal onthou nie. Ek is Nico (Annalina) van Stellenbosch se vrou. Ek wil net vir jou dankie sê vir jou insig en lering. Ek het 'n Bybelstudiegroep by die ouetehuis en vind geweldig baat by die lesings oor Romeine. Mag die Here jou ryklik seën BabelieJan Louw on Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? Ons gereformeerde vaders het groot insig en wysheid gehad toe hulle die belydenisskrifte opgestel het.Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Hi Gail. Die Bybel praat nie van 'n kategorie van gelowiges wat "salwers" is nie. Van die profete het bv konings gesalf vir hulle taak, maar dit was 'n funksie van hulle amp as profeet in opdrag van die Here. Niemand is só gebore nie. Dit gebeur ook nie vandag nie.Gail on Salwing in die Bybel Goeie dag Chris, Ek wil graag weet hoe 'n mens sal kan sien wanneer 'n persoon 'n salwer is? Word so 'n persoon gebore om een te wees? Kan'n sewe jare 'n salwer wees? My dogter se pastoor het vir haar gesê dat my sewe jarige kleinseun 'n salwer is. Kan ek asb. vra waar in die bybel dit staan dat kinders as salwers gebore word. Baie dankie.Saretta Dawson on Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? Dankie, hierdie gedeelte was in antwoord op vrae waarmee ek sommer besig was om oor te dink of te probeer uitpluis.Louise Louw on 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid Chris, Baie dankie, ons is tans juis besig met Korintiers in ons daaglikse stiltetyd. Dit is net so oorweldigend verdoemend op paar plekke dat ek angsbevange raak en eintlik nie heeltemal alles inneem nie. My eerste man het gedrink, so dit val nie onder punt 1 van jou bespreking nie, maar soos jy se volgens 1 Kor 7:27 is beide ek en my man vrygespreek. Dankie dat jy dit benadruk.Chris van Wyk on Deuteronomium 24:1-25:4 – Egskeiding, hertrou en praktiese naasteliefde Hi Louise, nee, alles is nie vir jou verlore nie. Om jou te help onderskei: 1. God haat egskeiding en wil hê dat ons getrou bly aan mekaar soos die 7de gebod dit uitspel. Daar is uitsonderings, bv as daar owerspel is (Matt 19:1-10), as daar kwaadwillige verlating of geweld is (Deut 21:10-14), as die ongelowige van die gelowige skei (1 Kor 7:15). 2. Egskeiding weens hierdie uitsonderings is dus toelaatbaar en stel mense vry om weer te trou (Deut 24:2). 'n Huwelik met die eerste gade is egter ontoelaatbaar (Deut 24:4). 3. Daar is 'n goeie saak uit te maak daarvoor dat 'n mens ongetroud bly ná só 'n mislukte huwelik ter wille van die koninkryk (1 Kor 7:27). 4. Egskeiding om enige ander rede as in punt 1 is sondig en moet bely word voor die Here. God is getrou en regverdig om ons te vergewe en te heilig ook van sulke sondes (1 Joh 1:9). 5. Indien 'n mens tog wel weer trou - onthou 1 Kor 7:27 - bly die vergifnis geldig. Die egskeiding word nie teen jou gehou nie.Chris on Job 22 – Elifas: Jy was onregverdig en onbarmhartig, daarom gaan jy onder Hi Philip, hierdie artikels kan jou dalk help met jou worsteling: https://www.desiringgod.org/articles/what-god-gives-when-he-takes-away https://www.desiringgod.org/articles/god-will-sustain-you-a-day-at-a-timeLouise Louw on Deuteronomium 24:1-25:4 – Egskeiding, hertrou en praktiese naasteliefde Chris, Ek is as christenvrou geskei en weer getroud. Ek het 'n groot wroeging daaroor, want as ek die bybel en veral hierdie gedeelte reg verstaan, sal ek nie hemel toe gaan nie. Ek is dus gedoem. Help my om te verstaan en rustigheid te kry, of is alles vir my verlore?Philip on Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7 Dankie. Dis nie maklik nie - ek was vas oortuig dat my geloof onaangename gebeurtenisse sou verhoed deur God te vra - maar drie sterftes in 'n kwessie van paar weke het geloof laat wankel. Ek verstaan God is in bevel, en dat Sy wee vir my aanvaarbaar moet wees - MAAR die twyfel - of ek werklik so gehoorsaam en goeie kind van God is - NOU GEWELDIG GROOT! Ek sal aanhou probeer die raad volg - maar beginpunt is lag. GroeteChris van Wyk on Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7 Hi Philip, geloof is 'n gawe van God wat kom uit die luister na en leef uit die Woord van God (Rom 10:17). Jesus is die Begin en die Voleinder van die geloof (Hebr 12:1-2). Ons moet dus ons oog op Hom fokus en Hom toelaat om deur sy Woord ons te begelei na 'n heilige lewe (Hebr 12:14). Dit sluit ons liggame en gedagtes in (Rom 12:1-2). Op 'n baie praktiese vlak vind ek dat gebed en die fokus van my gedagtes op die goeie vir my die beste werk. Lees Filippense 4:4-9 en volg die raad daarin.Philip on Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7 Chris - jy het my onlangs geweldig gehelp met n bekommernis oor n belofte wat ek jare gelede gemaak het. Sedert daardie gesprek, is my geloof geskud deur drie gebeurtenisse. Ek verstaan jou opmerkings hierbo - wat ek nie op die oomblik begryp nie is: Hoe kan ek my geloof weer opbou tot waar dit was? IS dit slegs genade van Bo - of is daar iets wat ek kan doen? Geloof is tog n genadegawe - maar watter rol moet ek daarin speel? Jammer - maar ek is n beginner wanneer dit kom by hierdie sake.Chris van Wyk on Word verander deur die vernuwing van julle gemoed Hi Philip - jy het so pas daarop geskrywe. Onder aan elke bydrae is daar 'n spasie om kommentaar te lewer of vrae te vra.Philip on Word verander deur die vernuwing van julle gemoed Chris - - waar kan ek Kommentaar blad kry - - -Cila Janse van Rensburg on Word verander deur die vernuwing van julle gemoed Het per toeval hierop afgekom. Baie, baie dankie. Aan ons God al die eer!Chris van Wyk on 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! Hi Lynnette - hoor by hom wat vir hom sal werk, en stuur dit dan vir hom. Die tyd sal kom wanneer hy waardering daarvoor sal hê. Bid spesifiek daarvoor.Lynnette Jordaan on 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! Hoe gemaak wane jy vi mense geestelike boodskappies stuur en hul jou laat weet moenie vir my hierdie stuur nie stuur eerder vir my dat. Ek voel ek dien my hemelse Vader om so sy woord uit te dra. In die geval is dit my seun.Hansie Human on Esegiël 25 – ‘n Woord teen die Ammoniete, Moabiete, Edomiete en Filistyne Dankie Chris. Een van my dowwe spieels is nou gepoets.ANJA VAN ROOYEN on Habakuk 2:1-20 – Die Here stel Habakuk gerus dat Hy die reg sal handhaaf met oordeel ook oor die Galdeërs Baie dankie dit maak baie sin.🌸🌸🌸Johan on Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3 Op punt no 2 kan ek andwoord In nederige diep dankbaarheid met 'n begrip wat ver bo my denke is om te verstaan.Chris van Wyk on Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding Hi Alida, nee dit gaan eintlik oor die sinloosheid daarvan om spotters te probeer reghelp. Hulle is arrogant (Spr 21:24) en onleerbaar (Spr 14:6). Jy mors jou tyd met hulle (Spr 15:12). Daarom sê Psalm 1 dat jy hulle moet vermy, want hulle pad lei na nêrens nie. Onttrek jou dus van sulke mense, en die konflik hou gewoonlik op (Spr 22:10). Jy kan wel eenvoudiges of onkundiges leer (Spr 9:6), maar jy mors jou asem met spotters en dwase (Spr 1:7). God sal met hulle afreken (Spr 3:33-34). Wat jy wel kan doen, is om die saak waaroor dit gaan te hanteer. Spreuke gee op verskeie plekke raad daarvoor (Spr 21:3; 21:15; 31:9).Alida on Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding Ek wil asb meer weet oor vers 7 & 8. Is dit bv. as mens probeer opstaan vir jouself/ander teen onregverdigheid. jy weet jys reg en die ander ou is verkeerd, JY kom sleg daarvan af?Fanie van Emmenesa on God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3 Baie dankie vir 'n besondere eksegese van Efesiers 2&3. Wonderlik dat gelowiges werklik vervul kan word tot al die volheid van God. GroeteChris van Wyk on Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20 Hi William, die lastering teen die Heilige Gees is om die waarheid wat God aan ons openbaar te verwerp. In Matteus 12 ontbloot Jesus die Fariseërs se opstand teen die waarheid van God deurdat hulle Jesus se krag aan die Satan toeskryf eerder as aan die Gees van God. Dié sonde kan nie vergewe word nie, want hulle erken nie dat Jesus se krag van die Gees af kom nie (vgl 1 Tim 1:20 waar Paulus iets soortgelyks sê). Hulle sê daarmee in feite dat hulle nie in Jesus glo nie, en daarom nie in God nie. As hulle tot insig en geloof in Jesus kom, word hulle uiteraard vergewe. Maar, as hulle voortgaan om te weier, ontbeer hulle die moontlikheid van vergifnis.Chris van Wyk on Openbaring Hi Albert. Jy kan <a href="https://bybelskool.com/wie-is-god/">hier inskryf</a> om meer oor Wie is God? te leer, sowel as oor Jesus ons Saligmaker.Albert Kemp on Openbaring Ek wil meer kursus doen omtrent die Saligmaker jesus ChristusChris van Wyk on Lees Lukas-Handelinge deur saam met my Hi Magriet, jy sal meer van die geografie kry in my bydraes Prontuit die Waarheid. Jy kan <a href="https://bybelskool.com/evangelies/">hier inskryf</a> en die argief van vorige bydraes <a href="https://us7.campaign-archive.com/home/?u=8edf580f7ed331047762465eb&id=778079d412" rel="nofollow">hier bereik</a>. Maar, 'n boek oor die geografie van Israel sal jou meer inligting gee. Julle toerleier sal ook voorstelle kan maak.magriet frey on Lees Lukas-Handelinge deur saam met my Dankie vir die stukkie werk. Ek en my man Dietmar Frey vertrek na Israel en ons wil die boek Lukas leer en verstaan en die geografie veral. Ek weet nie of U my meer kan begelei hierin nie. of kan ek maar net die leesstukke volg en dan kom ek maar self by alles uit. Ek is nie 'n lees persoon nie,daarom moet ek hard werk om alles mooi te verstaan voordat ons gaan in September. Dankie vir U harde werk ons gaan wel 'n baie goeie Toerleier he in Israel.Chris van Wyk on Prediker 9:1-12 – Ontwikkel jou kapasiteit vir vreugde Hi Karien Die Prediker is in hoofstuk 9:1-12 besig om ons te leer om ons kapasiteit vir vreugde en genot te ontwikkel. Eet byvoorbeeld jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n bly gemoed (vers 7). Dit gaan oor “tyd en geleentheid”, sê die Prediker. Alles word daardeur bepaal. Geniet dit dus dat jy lewe. Die Prediker illustreer dit in vers 4 met 'n voorbeeld wat wys dat die lewe beter is as die dood: "’n Hond wat lewe, is beter as ’n leeu wat dood is." Hy doen dieselfde in vers 5 met 'n voorbeeld wat op soortgelyke wyse wys dat die lewe beter is as die dood, al is dit net dat jy nog kan dink: "Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet."karien on Prediker 9:1-12 – Ontwikkel jou kapasiteit vir vreugde Hi goeiemore chris ek wil graag meer leer oor skrif in Prediker 9 vers 5 wat dit se verstaan dit nie mooi asb.Jan Louw on Indeling – twee generasies Chris, Ek het die dokument oor Numeri met die twee generasies afgetrek. Ek is besig met 'n Bybelstudie by ons huis vir bejaardes en dit lyk vir my na 'n uiters waardevolle indeling om te gebruik.William Phillips on Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20 Chris goeienaand. Die Woord van God praat in Mattheus 12:31 van: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. Wat word beskou as sonde en lastering teen die Heilige Gees?William Phillips on 1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid Baie dankie Chris.Chris van Wyk on Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? Hi William, daar is inderdaad 'n spesiale boodskap in Jesus wat staan. Sy normale posisie is om te sit as Here. Hier staan Hy waarskynlik om sy getroue dienskneg, Stefanus, in te wag om hom in die hemel te ontvang. Hy is die Eerste Voorspraak wat voor die Vader staan om hierdie kind van God in die hemel toe te laat.Chris van Wyk on Filippense 2:5-30 – Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld Hi Bibi, Jy kan by die volgende webtuistes meer inligting kry: <ul> <li><a href="https://www.ankura.net/2006/05/02/die-israelvisie1/" rel="nofollow">Ankura.net</a></li> <li><a href="http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2017/10/israelvisie-en-die-gemeentes-van-die.html" rel="nofollow">Woordskatte gemyn op Tsumeb</a></li> </ul>William Phillips on Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? Goeiemore Chris. In Handelinge 7:56 lees ons dat Stefanus, voor sy steniging die Seun van die mens aan die regterhand van God sien staan. Is daar enigiets hierin om te verstaan omdat ons nog net lees van: Hy sit aan die regterhand van God.BIBI on Filippense 2:5-30 – Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld Goeienaand, ek weet dit is in gelooflik laat. Ek soek hulp op Israel visie leringe, sal jy my moontlik kan help met teen verse? Ek sal dit hoog op prys stel. Groete BibiJohan on Wedergeboorte en bekering Wonderlik Chris baie baie dankie dit bly n wonderwerk. Vrede en seen vir jou.Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Elize Wat is die wedergeboorte? Wat is die verskil tussen wedergeboorte en bekering? Hoe toets jy of 'n persoon wedergebore is of nie? <strong>Wedergeboorte </strong> Die wedergeboorte vind plaas as die Heilige Gees geloof in jou hart werk deur die Woord van God (Joh 3:5-8; Rom 10:8-13; 1 Pet 1:22-25). Die wedergeboorte was jou skoon van jou sonde (Tit 3:4-7; 1 Joh 1:5-10) en gee jou die sekerheid van die ewige lewe (Joh 3:16; 3:36; 1 Joh 5:12). Daardeur weet jy dat jy 'n kind van God is (Joh 1:12-13; Rom 8:14-17). <strong>Wedergeboorte en bekering</strong> Die wedergeboorte is volledig God se werk, terwyl die bekering beide God se werk en jou gehoorsaamheid behels. Bekering kom deur die prediking - God se werk - wat jou aanspoor om gehoorsaam te word aan God se wil - jou werk (Matt 3:22; 4:17; Mark 6:11; Luk 24:47; Hand 2:38; 3:19; 17:30; 2 Kor 4:16-18; 7:9-10; Fil 2:12-13; Openb 2:5, 16, 21; 3:3, 19). <strong>Vrug van wedergeboorte</strong> Wedergeboorte raak sigbaar deur die vrug wat gelowiges dra (Matt 13:1-9; Joh 15:1-8). Dit behels dat jy doelbewus bekering, gehoorsaamheid en heiligmaking najaag (Gal 5:16-26; Rom 6:19-23; Ef 5:1-21; Fil 1:9-11; Kol 1:3-14; Hebr 12:12-15; Jak 3:13-18).Dirk on Sagaria 12:1-14:21 – Die Messiaanse Koning vestig God se finale koninkryk Chris, baie dankie vir die Bybelstudies wat ons kan gebruik, Ek myself het al heelparty met ons omgeegroepe. Jesus groete DirkWilliam Phillips on Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 Hi Chris, goeienaand. Ek stel ook belang in die leer met die vier evangelies langs mekaar. Kan jy dit vir my oom aanstuur asb. Baie dankie. WilliamElize Schoeman on PREKE: 2008 TOT 2018 Hallo pastoor. Kan pastoor asb. vir my 'n kort verduideliking gee oor wedergeboorte en wat die verskil tussen wedergeboorte en bekering is en hoe toets jy 'n persoon of hy wedergebore is of nie.Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Hi Jannie, ek stuur na jou e-pos toe.Estella Steenkamp on Opsomming van die boodskap van Openbaring Baie dankie vir die bostaande inligting ek het alreeds kennis gemaak met u skrywe oor homoseksualiteit. Ek moet se ek dink nie dit moet gaan oor homoseksualiteit as sulks nie maar oor die geweldige sonde dat gewone mense wat dink hulle is so slim die woorde wat God duidelik se dit is sonde wil verander na nie sonde. Dat hulle self werktuie van satan is want God se in sy woord dat Hy hulle wat enige iets verander aan sy woord gaan straf. Ek vind mens kan romeine 1 oor en oor lees. Ons is natuurlik almal tot die dood toe skuldig maar ons neem God se vergifnis aan en Hy begin n werk in ons en ons begin vrugte dra baie klein en min aan die begin vir sommiges van ons maar Sy genade is so grootJannie Lategan on Lees die vier evangelies en Handelinge Hi Chris Ek wil graag die lêer bestel met die 4 evangelies langs mekaar. Hoe gaan ons te werk. Groete JannieChris van Wyk on Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17 Hi Elizabeth, ja, dit is 'n komplekse onderwerp. Ek het redelik uitvoerig daaroor geskryf in my hantering van Numeri: <a href="https://bybelskool.com/ekskursie-geweld-in-die-ot/">Ekskursie – geweld in die OT</a>. Jy sal daar genoeg stof kry tot nadenke. Vandag is ons egter in die genadetyd van die Here waarin die geestelike oorlog geveg word teen die bose magte in die lug om mense uit die duisternis te wen vir die koninkryk van God se lig (Ef 6). Die wapens van ons stryd is dus geestelik. Maar, ons moet ook nie vergeet dat die beeld van God as 'n Oorlogvoerder in die apokaliptiese dele van die NT, veral in die Openbaring aan Johannes, weer na vore kom waarin God se verlossende oordeel oor die wêreld deur die Lam aan die kruis wat ook die Leeu van Juda is, voltrek word. Die plae wat só ‘n belangrike rol gespeel het in God se oordeel oor farao en sy mense keer in Openbaring terug in die vorm van die seëls, trompette en bakke wat verskriklike ontwrigting en lyding regoor die wêreld veroorsaak het. Hierdie beeld van God pas dus naatloos by dié van Eksodus in waar God se volk uit hulle slawerny bevry is asook dié van Numeri en Josua waar Israel in 'n "Heilige Oorlog" die land van sy afvallige inwoners gereinig het. Dit kom weer aan die einde van die tyd.Johan on Bybelskool hervat weer 29 April 2019 Baie dankie Chris vir al die woord uitleg en e-pose Ontspan en geniet die rus. Johan SwanepoelLouisa C on Bybelskool hervat weer 29 April 2019 Goeie more, baie dankie. Groot waardering vir hierdie artikels.Louis on Ek is doodsbenoud Dankie ChrisJan Louw on Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17 Chris, Ek wil weereens vir jou baie dankie sê vir die groot werk waarmee jy besig is in diens van die gelowiges. Ek kan egter steeds nie lekker vrede maak met die gedagte om van God as "wat" te praat nie. God is tog 'n persoon en nie 'n "iets", soos by die heidene nie. Alles wat jy aanhaal en sê oor God, bevestig dat Hy "Iemand"is wat bv kinders het en en wat liefhet en dinge doen. God is 'n Wie en nie 'n Wat nie. In Ps 8 sê Dawid wel, "Wat is die mens!", maar in daardie omstandighede is dit kollektief bedoel en nie die mens as 'n persoon nie. Ag ek kry dit maar net van my hart af juis omdat ek soveel waardering vir jou en jou werk het.Elizabeth Maartens on Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17 More Ek het 'n vraaag. Een van die die basiese Christelike waardes is liefde. In die lig hiervan is dit nodig vir Christene om eerder te kies vir vrede as vir oorlog. Tog is die Bybel gevul met geskiedenis wat daarop dui dat oorlog tog regverdig is. Hoe oordeel 'n mens hieroor?Chris van Wyk on Matteus 16 – Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap Hi Tap, dit is 'n gedeelte wat regtig moeilik is om te interpreteer. Kommentare verbind hierdie uitspraak van Jesus oor die koms van die koninkryk basies aan ses moontlikhede: 1 - die verheerliking op die berg wat in al drie evangelies net ná hierdie uitspraak volg; 2 - die opstanding van Jesus ná sy kruisiging wat Judas nie meemaak nie; 3 - die uitstorting van die Heilige Gees met Pinksterdag; 4 - die groei van die kerk met die verkondiging van die koninkryk van God; 5 - die verwoesting van Jerusalem in 70 nC; 6 - die tweede koms van Jesus, waarvan die verheerliking op die berg 'n voorafskaduwing was. Ek kies vir 'n kombinasie van almal, behalwe nommer 5, veral na aanleiding van R T France se uitstekende kommentaar op Matteus. My interpretasie is soos volg: 1 - die verheerliking op die berg volg in al drie evangelies direk ná hierdie uitspraak en is in wese 'n openbaring van die heerlikheid wat Jesus gehad het, en 'n voorafskaduwing van die heerlikheid wat Hy ná sy kruis en opstanding weer sou ontvang (Matteus 16:21-17:8; Lukas 9:23-36; Markus 8:34-9:8). Die verheerliking op die berg was dus 'n bevestiging vir die dissipels van die heerlikheid van Jesus wat na sy dood aan die kruis bevestig word deur die opstanding, die uitstorting van die Heilige Gees, die groei van die kerk en die lewende hoop op die wederkoms. 2 - die uitspraak is deel van die oproep van Jesus dat die dissipels die kruis moet opneem en Jesus moet volg. Die verheerliking op die berg was dus 'n aanmoediging en bemoediging dat hulle dissipelskap die moeite werd sou wees, want hulle sou deel in die heerlikheid van Jesus. 3 - die opstanding van Jesus uit die dood was 'n uitsonderlike demonstrasie van die koms van die koninkryk, maar belangrik, wat Judas nie meegemaak het nie. Hy is dood vóór Jesus opgestaan het. Dit verklaar die opmerking dat sommige nie die dood sou smaak vóór hulle die koms van die koninkryk sou sien nie. 4 - die deurslaggewende element in hierdie interpretasie is egter Petrus wat in sy tweede brief duidelik die verheerliking op die berg aan die koms van die koninkryk verbind: "Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: 'Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.' Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was. En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte." (2 Pet 1:16-18). Onthou ook dat die verheerliking op die berg 'n voorafskaduwing van die vervulling van die profesie van Daniël 7:13-14 is: “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie."Chris van Wyk on 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie Hi William, die evangelie (euangelion) is die "goeie nuus" dat elkeen wat in Jesus Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Joh 3:16). Soos dit ook in vers 1 van 2 Timoteus 1 verklaar word: "die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is." Dit is 'n woord wat in die NT nét vir die boodskap van Jesus gebruik word. Omdat die eerste vier boeke van die NT uitsluitlik fokus op die lewe wat daar in Christus Jesus is, word hulle daarom Evangelies genoem.William Phillips on 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie Wat is die evangelie?TAP on Matteus 16 – Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap Goeie dag, Ek worstel met Matt 16. 28, Is dit moontlik om vir my meer lig kan gee op Jesus woorde. Ek verseker julle: Daar is party van die wat hier staan wat beslis nie sal sterwe voordat hulle die Seun van die mens in sy koningkryk sien kom het nie. Groete Tap van der SchyffJanneke on Subscribe God het die huwelik met hierdie woorde ingestel: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas. Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. Net so lei God vandag nog elke man en vrou na mekaar toe. Van hierdie instelling van die huwelik getuig ons Here Jesus Christus ook: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Daarom het Hy die huwelik ook so hoog geëer deur sy teenwoordigheid en sy wondertekens op die bruilof in Kana. En Paulus sê met die oog op Christus en die gemeente dat die huwelik ’n groot verborgenheid is. Hieruit leer ons dat die huwelik, wat in die welbehae van God gegrond is, baie eerbaar is, want dit is ’n afbeelding van die verhouding tussen Christus en die gemeente. Die getroudes kan daarom ook in hulle hart verseker wees van die hulp en bystand van God, selfs wanneer hulle dit glad nie verwag nie. Hoewel getroudes as gevolg van die sonde gewoonlik deur allerhande teëspoed getref word en daar lyding oor hulle kom, kan u dit nogtans geduldig en dankbaar aanvaar, aangesien dit alles uit die hand van die Here.Chris van Wyk on ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig Hi Johan, dit bly my passie en plesier.Chris van Wyk on Droom – Doel – Doen Dit is my droom en doel in die lewe!Mieke on Droom – Doel – Doen Baie dankie vir jou volgehoue uitvoering van die Groot Opdrag.Chris van Wyk on Sagaria 3:1-4:14 – Sagaria se visie op die leiers wat God se plan uitvoer Hi Danielle. 'n Visie het te make met jou <strong>droom</strong> vir die wêreld, en 'n missie met jou <strong>doelwitte</strong> om daarby uit te kom. Anders gestel: visie het te make met <em>wie jy is of wil wees</em>; missie het te make met <em>wat jy wil doen of wat jou doelwitte is</em>. Kies daarom vir jou 'n Bybelteks wat God se plan vir die wêreld uitdruk. Bv Jesus se aankondiging in Lukas 4 wat op Jesaja 61:1-2 berus wat die genadejaar van die Here aankondig, vir armes, blindes, gevangenes en verdruktes. Ek het net vanoggend 'n paar woorde daaroor geskrywe. Jy is welkom om dit te gebruik: <strong>Jesus is die Messias wat die Jubeljaar van die Here aankondig</strong> Die woorde uit Jesaja 61 – aangevul met opmerkings oor die herstel van die sig van blindes uit Jes 42:7 – was ‘n beskrywing van die bediening van die Messias. Die visie was dat Hy in die krag van die Gees sal optree om die Goeie Nuus van God se genade te bring aan armes (mense in nood), gevangenes, blindes en verdruktes. Jesus sal hierdie boodskap later ook aan verlamdes (Luk 5:17-26) bring, sowel as vroue wat in sonde vasgevang is (Luk 7:36-50; 8:2-3), demoon besetenes (Luk 8:26-39), melaatses (Luk 17:11-19) en ryk belastinggaarders, soos Saggeus (Luk 19:1-9). Trouens, aan almal wat genade en genesing nodig het. Nadat Jesus dié belofteryke gedeelte gelees het, het Hy gaan sit – die normale posisie van ‘n prediker in daardie tyd. Almal se oë was op Hom gerig. Jesus lewer dan ‘n eenvoudige, maar diepsinnige, preek: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.” Daarmee sê Jesus twee goed van Homself. Dat Hy die <em>Messias</em> is. Dat Hy die <em>Jubeljaar</em> aankondig: 1. Die eeuelange verwagting vir die Messias was verby. Die belofte van God is vervul. Die Messias is hier. Jesus verklaar dus dat Hy die Messias is deur die teks uit Jesaja 61 op Hom van toepassing te maak. Dié teks funksioneer daarom as ‘n soort roepingsteks vir Jesus, alhoewel dit van talle ander gedeeltes in die profete, trouens van die hele OT, gesê kan word (vgl Luk 24:27). 2. Jesus kondig daarmee ook die genadejaar van die Here aan. Daarmee sluit Hy by die klassieke OT tradisie van die Jubeljaar aan. <strong>Die Jubeljaar</strong> Die tradisie van die Jubeljaar was eintlik die enigste manier waarop armes uit die wurggreep van armoede kon ontsnap. Dit is elke sewende jaar gehou. Daar was ook ’n baie groot Jubeljaar elke 49ste jaar. Volgens Levitikus 25:9–17 moes die volgende in die Jubeljaar gebeur: <ol> <li>Almal moes hulle land terugkry wat hulle in die voorafgaande jare verloor het volgens ’n spesifieke sisteem van hoe daar kompenserende vergoeding bereken is;</li> <li>Skulde moes kwytgeskeld word, weereens volgens sekere reëls wat ook die koper beskerm het;</li> <li>Skuldslawe moes vrygestel word;</li> <li>Die land moes braak gelaat word;</li> <li>’n Amnestie moes aan gevangenes toegestaan word.</li> </ol> Die Jubeljaar was dus goeie nuus vir armes, slawe, mense met baie skuld, en ander slagoffers van die samelewing en van omstandighede. Die Jubel– of hersteljaar was inderdaad ’n “genadejaar”. <strong><em>Droom!!! Doelwitte!!! En skryf!!!</em></strong>Danielle Steenkamp on Sagaria 3:1-4:14 – Sagaria se visie op die leiers wat God se plan uitvoer Goeiemiddag dominee. Vertrou dit gaan goed. Ek vertrou egter u kan my help. Ek doen NBI en moet n visie en misoe verklaring skryf. En dit inpas by God se plan om die wereld nuut te maak. Ek sal hoog op prys stel as u my help asb...Chris van Wyk on Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat Indien die naam Job (אִיּוֹב - 'Iyyôv) Hebreeus is, beteken dit "Vervolgde" of "Gehate".Simoné on Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat Wat beteken die naam Job in die Bybel?Johan on ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig Baie dankie Chris, jy is regtig geseende met die insig wat jy weerspieel. Daar was so baie dwaal strome deur die lewe dat ek vandag eintlik verlig is dat iemand die waarheid oor ons Groot God vertel sonder bybedoelings, maar suiwer op grond van jou oortuigings uit die Bybel. Seen vir jou!!!!!Chris van Wyk on Hebreërs 2-3:11 – Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis Hi Hendrik, dit bly die hart van ons geloof, dat Jesus self vir ons instaan as Leidsman, Apostel en Hoëpriester. Soos Openbaring 2 sê, Hy wandel tussen ons in ons gemeentes en is intens betrokke by alles wat ons doen. Groete.Hendrik on Hebreërs 2-3:11 – Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis Mooi woorde kyk vandag na ons Here Jesus rondom die Hemelvaart en wat Hy gese het en gedoen voor Hy op gevaar het. Betekenis van Leidsman het my hier gebring,Mag God jou seen.Chris van Wyk on Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? Dankie Pieter. Waardeer.Pieter on Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? Naand Chris Dankie vir die lig in jou woordeChris van Wyk on Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie Hi Johan. Ja, Wordpress sou dit gestuur het. Jou e-pos wys by my as geregistreer. So jy het dit waarskynlik al gedoen. Ek sal nie Wes-Kaap bywoon nie. Sterkte vir julle sitting.Johan on Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie Goeie middag Chris. Wardeer dat jy my geregistreer het. Gaan WordPress vir my n e-pos stuur wat ek net moet bevestig. Gaan julle ons die wes kaap senode bywoon in Mei maand sal graag sal wonderlik wees as ons mekaar daar kan sien. Groete Johan Swanepoel Durbanville bersig gemeenteChris van Wyk on Kontak my Hi Johan. Ek sien nie jou e-pos in my lys nie. Ek sal jou registreer, maar jy moet dit net goedkeur as WordPress vir jou vra dat jy dit bevestig.Johan on Kontak my Sal dit so wardeer as ek weer die e-pose gereeld kan ontvangChris van Wyk on Matteus 27 – Jesus word oorgelewer en gekruisig, sterf en word begrawe Hi Joey. Dit beteken dat die skare die verantwoordelikheid vir Jesus se dood ook op hulleself as 'n nasie geneem het, sodat dit nie net die Joodse leiers se besluit was om Jesus te kruisig nie, maar ook hulle eie. Hulle uitspraak: "Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!" berus op 'n metafoor uit Deuteronomium 19:10 wat hulle omkeer en doelbewus op hulleself van toepassing maak, en daarmee sê, Jesus is skuldig aan Godslastering en verdien om gekruisig te word: "Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus." Johannes lewer daarop op kommentaar as hy in die proloog van sy evangelie skryf: "Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie." (Joh 1:11) Gelukkig het Johannes ook verklaar: "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word." (Joh 1:12) Johannes voeg daarby dat hierdie geloof nie kom van Joodse afkoms nie, of menslike gedrag of keuses nie, maar van God self af: "Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore." (Joh 1:13) Dit geld ons almal. Die skuld vir die kruisdood het dus gelê op beide die Joodse leiers en die skares van daardie tyd. Hulle het ook hulle eie kinders daarby ingesleep, en sou hierna ook die kerk van Jesus vervolg (Hand 7-8). Jesus het dit natuurlik voorspel in die profetiese rede: “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.” (Matt 23:33-36) Jesus het dus 'n straf oor hulle geprofeteer. Hierdie straf is voltrek in die jaar 70 nC op hierdie mense met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse ryk en die verstrooiing van die Jode oor die wêreld. Maar, dit het nie gelei tot 'n volskaalse verwerping van die Joodse volk daarna nie. Daaroor skryf Paulus in Romeine 9-11. Daar is steeds Jode wat in Jesus glo en daarom deel is van die koninkryk van God.Joey Coetzee on Matteus 27 – Jesus word oorgelewer en gekruisig, sterf en word begrawe Goeie dag, Vraag: Wat het hulle bedoel met "Laat sy bloed op ons en ons kinders kom" Matv27:22-25Fanie Nel on Die boek van die lewe Hi Chris, baie dankie vir die breedvoerige antwoord. Ek sal dit so oordra.Chris van Wyk on Die boek van die lewe <h3>Ek antwoord jou in sewe stellings gerugsteun deur aanhalings uit ons belydenisskrifte. Jy kan die Skrifverwysings ook nagaan.</h3> <strong>EEN. God kies ons uit in Jesus Christus, ons Here. Hy wys daardeur dat Hy barmhartig en regverdig is. Hierdie uitverkiesing is uit louter goedheid sonder dat ons dit verdien. Die uitverkiesing staan vas in sy ewige en onveranderlike raad. Hy skryf ons name in die boek van die lewe. Dit is 'n bron van grenslose vreugde en dankbaarheid.</strong> "Ons glo dat God, toe die hele geslag van Adam deur die sonde van die eerste mens in die verderf en ondergang gestort is, Hom betoon het soos Hy is, naamlik barmhartig en regverdig. God is barmhartig, aangesien Hy dié wat Hy uitverkies het, uit hierdie verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in Jesus Christus, ons Here. God is regverdig deurdat Hy die ander in hulle val en verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het. Rom. 3:12; 9:16; Deut. 32:8; 1 Sam. 12:22; Ps. 65:5; Mal. 1:2; 2 Tim. 1:9; Rom. 9:29; Tit. 3:4-5; Ef. 1:4-5; Rom. 11:5; Hand. 2:47; 13:48; 2 Tim. 2:20; Rom. 9:11; 1 Pet. 1:2; Rom. 9:21; Joh. 6:27, 44; 17:9,12; Joh. 13:9; 15:16; Rom. 11:34-35; Joh. 18:20; 15:19; Tit. 1:1; Ef. 1:3; Joh. 10:29; Matt. 15:24; 20:23." (Nederlandse Geloofsbelydenis 16: DIE EWIGE VERKIESING VAN GOD) <strong>TWEE. God gee deur die werk van die Heiige Gees 'n opregte geloof in Jesus Christus in ons harte. In Hom besit ons die volle saligheid vir ewig en altyd.</strong> "Ons glo dat die Heilige Gees 'n opregte geloof in ons harte laat ontvlam om die ware kennis van hierdie groot geheimenis te verkry. Die geloof omhels Jesus Christus met al sy verdienstes. Dit maak Hom ons eie en soek na niks anders as na Hom nie. Daar is dus net twee moontlikhede: In Jesus Christus is nie alles wat vir ons saligheid nodig is nie, óóf dit is alles wél in Hom, en dan het hy wat wat Jesus Christus deur die geloof besit, sy volle saligheid. Om nou te beweer dat Christus nie genoegsaam is nie maar dat daar buite Hom nog iets meer nodig is, sou gruwelike godslastering wees, want dit sou beteken dat Christus slegs 'n halwe Verlosser is. Ons sê daarom tereg saam met Paulus dat ons deur die geloof alleen of deur die geloof sonder die werke geregverdig is (Rom. 3:28). Om presies te wees: Ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig maak nie, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons Geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons Geregtigheid is. Hýý reken ons sy hele verdienste toe en ook al sy heilige werke wat Hy vir ons en in ons plek gedoen het, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan Hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om vryspraak vir ons sondes te verkry. Ps. 51:8; Ef. 1:17-18; 1 Tess. 1:6; 1 Kor. 2:12; Gal 2:21; Jer. 23:6; 1 Kor. 1:20; Jer. 51:10; 1 Kor. 15:3; Matt. 1:21; Rom. 8:1; 3:20, 28; Gal. 2:16; Heb. 7:19; Rom. 8:29, 33; Hand. 13:28; 1 Pet. 1:4; Rom. 10:3, 5, 9; Luk. 1:77; Tit. 3:5; Ps. 32:1; Rom. 4:5; 3:24, 27; Filp. 3:9; 2 Tim. 1:9; Ps. 115:1; 1 Kor. 4:7; Rom. 4:2." (Nederlandse Geloofsbelydenis 22: ONS REGVERDIGING DEUR DIE GELOOF) <strong>DRIE. 'n Ware geloof aanvaar dat alles in die Woord waar is en vertrou God dat Hy in Christus die ewige lewe aan jou geskenk het.</strong> "'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook 'n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het. (a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16." (Heidelbergse Kategismus Vraag 21: Wat is 'n ware geloof?) <strong>VIER. Die uitverkiesing raak duidelik waar mense tot bekering en geloof in Christus kom. Dit gebeur deur die verkondiging van die evangelie. Dié wat die evangelie glo, ontvang die ewige lewe. </strong> "Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23). Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16). Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15). Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie." (Dordtse Leerreëls 1.1.1-3,9) <strong>VYF. Dié wat hierdie evangelie nie glo nie het self skuld aan hulle ongeloof en sal die ewige lewe nie beërwe nie. Hulle name is nie opgeskryf in die boek van die lewe nie.</strong> "Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met 'n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16). Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter 'n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Ef 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Fil 1:29)." (Dordtse Leerreëls 1.1.4-5) <strong>SES. Die uitverkiesing is 'n bron van sekerheid wat die dryfkrag gee vir 'n heilige lewe voor die aangesig van God.</strong> "Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur 'n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te wandel." (Dordtse Leerreëls 1.1.13) <strong>SEWE. Hierdie evangelie word aan alles mense verkondig sonder enige onderskeid. In die praktyk kom sommmige tot bekering en geloof, en ander nie.</strong> "Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof. Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld. Almal wat egter waarlik glo en deur die dood van Christus van die sonde bevry en van die verderf gered word, ontvang hierdie weldaad slegs uit die genade van God. Hierdie genade is van ewigheid af in Christus aan hulle gegee, sonder dat Hy dit aan enigiemand verskuldig is. Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader, dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis - waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het - uit elke volk, stam, geslag en taal húúlle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos, wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle die geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het. Verder, dat Hy hulle van al hulle sondes - sowel die erfsonde as die daadsonde wat náá en vór die geloof begaan is - deur sy bloed sal reinig. Ten slotte, dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar, en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem." (Dordtse Leerreëls 1.1.5-8)Fanie Nel on Die boek van die lewe Hi Chris, God weet alles lank voor dit gebeur. Ek weet dus dat die name van die gelowiges voor die begin al opgeskryf was. Watse kans het n mens dan as jou naam nie daar geskryf is nie. Soos as iemand n reeks moordenaar is, God moes geweet het wat hy gaan doen. Ek weet ons het n keuse of ons iets doen of nie, maar as God dit so lank terug al geweet het is dit steeds sy keuse?Abie Bruintjies on Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here Ek vertrou rerag om deur die psalm te werk dmv wat u hier voorhou.....ek Vertrou Die Here vir n Groter liefde,en toegewyde studie van Sy WoordNeels Hubinger on Matteus 17:1-8 – Luister na Hom! Kosbaar... Baie dankie vir helder uitleg Chris..Chris van Wyk on Indeling van die boek Jeremia Hi Estelle. Die wysheid begin by die ontsag vir die Here, soos Spreuke 1 daaroor praat. Dit is iets wat God gee vir dié wat daarvoor bid, soos Jakobus 1 ons aanmoedig. Die openbaring van God vind ons regdeur die Skrif, in albei Testamente. Soos ons dit lees, daarna luister en daaruit leef raak die openbaring van God vir ons al hoe helderder.Estelle on Indeling van die boek Jeremia Waar en hoe begin ek wysheid en openbaring soek???Chris van Wyk on Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk Hi Chris, ja, daar is 'n ooreenkoms met die finale oorlog, die Armageddon (Openb 16:16), aan die einde van die laaste dae, soos Johannes dit ook verder in Openbaring 20:8 vir ons beskryf. Hy gebruik ook die terme Gog en Magog soos Esegiël dit doen.Chris Vermeulen on Esegiël 38-39 – God vernietig Gog, simbool van al die vyande van die Godsvolk Môre. Die vernietiging van Gog, is dit die "armaggedon" waarvan die Woord ons ook vertel? God bless!Lerina on Spreek in tale Ek stem saam met Chris, ja mens moet daarna kyk in konteks en dus ook eintlik die hele 2 Kor 12 bestudeer. Wat my keer op keer opval wanneer ek mensies teëkom wat so onwaardig voel omdat hulle God voluit dien, die vrugte van die Gees uitleef en 'n diep verhouding met die Vader het, en tog nie die gawe van tale ontvang het nie, is vanaf vers 7 - 11 ... want aan EEN word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee ... aan 'N ANDER, 'n woord van kennis, ... aan 'N ANDER geloof .... ens. ....... en dan vers 11 wat sê AL hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Glo my tale is belangrik, en moet verseker be-oefen word as dit jou gawe is. Ek is net so versigtig om dit as enigste kriteria te gebruik as teken van vervulling met die Heilige Gees.Chris van Wyk on Drie vaste gebedstye vir elke dag Hi Roeleen. Die 1983 vertaling is nie baie helder nie. Hier is 'n paar ander vertalings wat die betekenis van die Hebreeus beter weergee: <ul> <li>"Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy." (OAV)</li> <li>"Wat die optrede van mense betref: Volgens die woord van u lippe het ek die paaie van geweldenaars vermy." (BDV)</li> <li>"I’m not trying to get my way in the world’s way. I’m trying to get your way, your Word’s way." (Message)</li> </ul> Dit beteken, die mens wat sy vreugde vind in die Woord van God vermy die weg van sondaars wat baie keer met geweld gepaard gaan. 'n Goeie voorbeeld vind 'n mens in die verhaal van Dawid wat deur Abigail gekeer word om met geweld teen Nabal op te tree (1 Samuel 25:2-38). Baldwin dink in sy kommentaar dat dié verhaal moontlik die agtergrond vorm van Dawid se Psalm 17.Roeleen Nel on Drie vaste gebedstye vir elke dag Help my asb met Ps 17 vers 14 in 1983 vertaling. Ek stoei met daardie vers.Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Levitikus 19:4 Hi Lou. Die eerste twee gebooie probeer op omvattende wyse enigiets afraai wat in die plek van of naas God aanbid word. Dit is gemik teen die aanbidding van 'n ander god in die plek van God. Dit is ook gemik teen die aanbidding van 'n ander langsaan God. Dit wil sê dat jy jou brood aan twee kante gebotter wil hê. Hier is wat ek vroeër daaroor geskrywe het: <strong>Eerste gebod – geen ander gode</strong> Die eerste gebod in Eks. 20:3 (Deut. 5:7) is die verbod op ander gode. Dit beteken dat God niemand duld wat langs Hom aanbid en vereer word nie. Alle afgodery word dus daarmee verbied. Die Here verwag dat daar net met Hom as die ware God in ‘n verhouding getree mag word. Sy weë moet ten alle koste leer ken word, want dit is net Hy alleen wat vertrou kan word met die lewe. Daarom moet die Godsvolk Hom met hulle hele hart liefhê, vrees en eer, soos die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 94 dit uitlê. Dieselfde waarskuwing word reg deur die NT gevind (1 Tes. 1:9; Gal. 4:8; Rom. 1:23; 2 Kor. 6:16; Openb. 9:20), onder andere met betrekking tot die eet van afgodsoffers (Hand. 15:20,29; 1 Kor. 8:7; 10:7; 12:2; Openb. 2:20). Afgodery word ook regdeur die NT verbind aan moreel-etiese sake, soos bv. die verbod op losbandigheid en gierigheid (Ef. 5:5) sowel as vraatsug (Fil. 3:19). Sorg moet ook gedra word dat daar nie hoog opgegee word oor die afsku aan afgode, maar tog deelgeneem word aan ‘n onwettige berowing van heidense tempels vir eie gewin nie (Rom. 2:22). Dit is interessant hoe Johannes in sy briewe ook dié wet as waarskuwing inspan vir gelowiges van die NT (1 Joh. 5:21). Johannes gee drie motiverings daarvoor. Die eerste motivering is dat: “ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken.” In Jesus kan ons dus die ware God van die afgode onderskei. Die tweede motivering is dat: “ons in die ware God is, in sy Seun, Jesus Christus.” Ons hele lewe word deur God bepaal, dié God wat ons in sy Seun, Jesus Christus, leer ken het. Die derde motivering is dat: “Hy die ware God is en die ewige lewe.” Daar is niemand anders as God nie, en deur Hom het ons toegang tot die ewige lewe. Daarom sê Johannes: “Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af.” <strong>Tweede gebod – geen afbeelding van God mag aanbid word nie</strong> Die tweede gebod in Eks. 20:5 (Deut. 5:8-10) verbied die maak van enige afbeelding van God wat aanbid of vereer word. Hy is ‘n jaloerse God wat onverdeelde trou aan Hom van sy mense eis. Gehoorsaamheid sal geseën word, en ongehoorsaamheid gestraf word. Die uitwerking daarvan sal in die geslagte gesien kan word. Dieselfde waarskuwing word ook in die NT gevind. in Jakobus 4:5 wy hy uit oor God wat onverdeelde trou van ons vra en begrond dit op ‘n verwysing na die skeppingsverhaal dat God: “die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê”. Dieselfde geld Paulus in Romeine 1:23 waar die problematiek van afgodery uitgespel word dat: “beelde wat lyk soos ’n verganklike mens of soos voëls of diere of slange”, d.w.s. afgode: “in die plek van die heerlikheid van die onverganklike God” gestel en aanbid word. Dit is: “bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding”, soos Paulus op die Areopagus sê (Hand. 17:29). <strong>Lees meer hier:</strong> <ul> <li><a href="https://bybelskool.com/eksodus-20-ek-is-die-here-jou-god-wat-jou-uit-egipte-uit-die-plek-van-slawerny-bevry-het/">Eksodus 20 – Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het - gerig aan die eerste generasie in die woestyn</a></li> <li><a href="https://bybelskool.com/deuteronomium-444-533-julle-moet-hierdie-wet-leer-gehoorsaam-en-daarvolgens-lewe/">Deuteronomium 4:44-5:33 – Julle moet hierdie wet leer, gehoorsaam en daarvolgens lewe - gerig aan die tweede generasie op pad die land in</a></li> </ul>Lou Pistorius on Wat is afgodery? – Levitikus 19:4 Ek sit nou die dag weer en wonder hoekom die eerste twee gebooie aparte gebooie is - eintlik is dit tog maar dieselfde? Is daar nie erens 'n vermiste tiende gebod nie?Chris van Wyk on Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe Hi Awie. Ek sal later weer antwoord as ons daar kom. Weereens 'n lusmaker: Jesus praat waarskynlik in Lukas 6:29 van mense wat jou haat en beledig. Vir hulle moet jy ook jou ander wang aanbied (gee). Dit dui moontlik op mense wat jou publiek verwerp of verneder. Jesus bedoel dan waarskynlik dat 'n mens nie moet ophou om uit te reik na sulke mense nie. Jy stel jou dus bloot aan verdere verwerping deur "die ander wang" aan te bied. Jesus praat duidelik in Matteus 5:39 van kwaadwillige mense. Dit is mense wat jou met die agterkant van die regterhand op die regterwang slaan. Die toppunt van minagting en mishandeling. Teenoor sulke mense, sê Jesus, moet jy jou nie verset nie. As hulle jou op die regterwang slaan, moet jy ook die ander wang na hulle toe draai. Hoekom? Want Jesus wil ten diepste hê dat vyande in vriende verander sal word. Dit beteken dat gelowiges die risiko sal moet neem om verder te ly onder kwaadwilligheid ter wille van die uitreik na sulke mense. Vergelding sal verwydering bring. Verdraagsaamheid kan van vyande vriende maak. Dit maak nog meer sin in die konteks wat 'n mens in Matteus raaksien, dié van geregtelike aksies. Jesus is hier duidelik meer begaan oor litigasie, mense wat gelowiges hof toe sleep (vgl vers 40), as oor die moontlikheid van fisieke geweld of publieke verwerping, soos dit wel die geval is in sy uitsprake in Lukas. Gelowiges wat op Jesus vertrou, sal bereid wees om hulle persoonlike regte te laat vaar ter wille van die impak van die evangelie. Die doel is heling en versoening. Soos Paulus ook later skryf in 1 Korintiërs 6. Ly liewer persoonlik onreg in die gemeenskap ter wille van die evangelie. Moenie die hof opsoek om verskille uit te sorteer nie. Dit beteken egter vir seker nie dat 'n mens daarmee 'n lamsak of 'n slaansak word nie. Paulus het telkens wanneer die owerhede of Joodse Raad betrokke geraak het, gestaan op die regte wat die regstelsel aan burgers verleen het (Hand 16:37; 22:25; 25:8-12). Dieselfde voorrreg geld ook vir ons vandag.Awie Coetsee on Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe Baie dankie vir u verklaring dit maak sin.maar dit is vreemd dat Jesu vroer gese het dat jy die ander wang moet draaiChris van Wyk on Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15 Hi Jenny. 'n Kort antwoord: Die probleem met dobbel is dat dit 'n gierigheid verraai en voed in 'n mens se hart. 'n Begeerte aan meer as wat jy het. En dit is 'n onversadigbare monster. Dit illustreer nie net dat jy ontevrede is met wat jy het nie, maar kan jou nog meer ontevrede maak as jy verder en verder daarin ingetrek word. Daarmee oortree 'n mens die tiende gebod (Eks 20:17). Daarom sê die Hebreërskrywer: "Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie." (Hebr 13:5). Dobberl dwarsbooom ook die Bybelse opdrag om in jou eie behoeftes te voorsien deur eerlike werk en het baie keer 'n destruktiewe uitwerking op die mense rondom jou, veral as suurverdiende geld daardeur verloor word en families daaronder ly.Chris van Wyk on Geloofsekerheid Hi Marie. Hier is twee bydraes wat jou kan help: <ol> <li><a href="https://bybelskool.com/hoe-kry-ons-dit-reg-om-vir-meer-te-bid-as-maar-net-vir-eiebelang/">Jesus bid vir jou in die hemel, en die Gees bid binne in jou.</a></li> <li><a href="https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-met-bybelteks/">Fokus in jou gebed op God self en gebruik Psalm 136 in die oggend, Psalm 145 in die middag en Psalm 121 in die aand.</a></li> </ol> Sterkte en seënChris van Wyk on Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe Hi Awie. Ek gaan dit later behandel. Hier is solank iets om aan te herkou: Lukas 22:35-38 is deel van die materiaal wat uniek is aan sy evangelie. Jesus is hier besig om die dissipels voor te berei vir sy arrestasie. Hy wil hulle voorberei vir die krisis wat hulle gaan tref. Tydens hulle vorige sending (Luk 9:1-6), het Hy hulle gestuur met die opdrag om niks saam te vat vir die reis nie. God sou vir hulle sorg deur die gasvryheid van die mense wat hulle sou ontvang. Hulle was egter nie toe in lewensgevaar nie. Die komende krisis was egter 'n totaal ander situasie. Hulle sou nie net gevaar loop om dieselfde lot as Jesus self te tref nie, maar hulle sou uitmekaar gejaag word waarin hulle voorrade sou nodig hê. Die feit dat Hy hulle beveel om 'n swaard saam te neem, is gemik daarop dat hulle hulle self kan verdedig. Dit het egter nie ingesluit dat hulle tot die aanval kon oorgaan nie, soos Hy Petrus dan ook aanspreek as hy Malgus se oor afkap net hierna (Luk 22:50-51). Hy koppel sy komende lyding - deur tussen twee misdadigers aan die kruis te sterf - aan Jesaja 53:12 om die versoening te onderstreep wat daardeur bewerk sal word. Die tyd daarvoor het nou finaal aangebreek.Marie on Geloofsekerheid Goeie dag Ek het 'n vreeslike stryd met gebed. HELP asb.: Bid, en vir julle sal gegee word, Matt. 7:7 Bid in die geloof, sonder om te twyfel, Jak. 1:5–6 Onse Vader wat in die hemele is, ...... laat u wil geskied, Hoekom bid ek en die Here se wil geskied?Jenny on Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15 Is dobbel in n casino internet cafee sonde?watse dobbel is sondeChris van Wyk on Hoe kry ons dit reg om vir meer te bid as maar net vir eiebelang? Daar is talle beloftes in die Psalms wat in die liturgie van oud-Israel gelowiges blootgestel het aan wie God vir hulle is en wat Hy bereid is om vir hulle te doen. Vergelyk byvoorbeeld Psalm 1. Dit lei die hele Psalmboek in met die belofte van God se seën vir dié wat hulle vreugde vind in God se Woord (vers 1-2). Hierdie gelowiges sal floreer in sy teenwoordigheid (vers 3), terwyl die teenoorgestelde die goddeloses sal geld (vers 4-5). God se belofte vir dié wat sy Woord op prys stel en dit leef, is dat die Here hulle pad "ken" (soos dit in die Hebreeus staan) en hulle op daardie pad sal lei (vers 6). Soos Peterson vertaal: "GOD charts the road you take." (The Message). Ek sal netnou 'n stuk plaas oor beloftes wat 'n bietjie breër daarop sal ingaan.Francois Conradie on Hoe kry ons dit reg om vir meer te bid as maar net vir eiebelang? Ds, Dankie vir nog 'n uithaler leerstuk. (Hoe kry ons dit reg om vir meer te bid as maar net vir eiebelang?) Jy skryf " Daar is gebede vir elke enkele geleentheid, met beloftes vir elke behoefte". Is daar werklik beloftes in die Psalms? Moontlik verstaan ek verkeerd wat 'n belofte in die Bybel is. Vir my is 'n belofte iets wat beslis sal gebeur onder bepaalde omstandighede. 'n Belofte kan net gemaak en gekommunikeer word deur die Vader, Seun, Heilige Gees of 'n spesifieke mens (byv 'n profeet of Apostel) kan 'n belofte kommunikeer in opdrag van een van die genoemde drie. Sterkte en seen.Awie Coetsee on Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe Hoekom het Jesus in Lukas 22 gesê die apostels moet swaarde koop?Chris van Wyk on Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees Hi Bets. Dit beteken dat God op grond van sy eie besluit mense roep om gered te word om soos Jesus te wees. Geloof is 'n gawe van God. Dit gebeur wanneer 'n mens die boodskap hoor en die Heilige Gees jou hart verander om God te glo.Bets Burger on Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees Verstaan nie Romeine 8:28 ..........vir hulle wat na sy voorneme gered isFanie van Emmenes on Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11 Hi Chris Watter wonderlike woorde: "En dit was julle maar julle het julle laat afwas".Chris van Wyk on Die Pentateug Hi Angelique. 'n Mens vind dit in <em>Commentary on the Gospel of John (Book V)</em> waarin Origines skryf: "Christ is written about even in the Pentateuch; He is spoken of in each of the Prophets, and in the Psalms, and, in a word, as the Saviour Himself says, in all the Scriptures." Sy kommentaar kan gelees word by http://www.newadvent.org/fathers/101505.htm.Angelique on Die Pentateug Naand. Ek wil net graag weet die vers (Die Pentateug (die naam beteken: “vyf boekrolle”) is die eerste keer so genoem in ‘n kommentaar van die kerkvader Origines op die Johannes evangelie. ) Is dit in die boek Johannes geskryf, waar staan dit of kan ek dit opsoek wil graag dit by my notas byvoeg. Groete en christusliefde Angelique 🌸 😊Chris van Wyk on Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10 Hi André. Jou vraag roer my. Want, dit is so dat ons bid vanuit ons eie visie op wat om ons aangaan. Maar, een, die Here nooi ons juis uit om, met ons eie beperkinge, Hom te nader en met danksegging en smeking te bid (Fil 4:4-7). Soos 'n Abraham van ouds sal ons ervaar, dat al vra ons dat die Here Sodom en Gomorra spaar ter wille van die moontlikheid van 10 regverdiges, en daar uiteindelik minder is, die Here die onuitgesproke gebed verhoor, dat Lot en sy mense veilig sal wees (Gen 19). Nog dieper, Jesus is die eerste Voorspraak (1 Joh 2:1) en Voorbidder, want Hy tree vir ons in by God sy Vader (Hebr 7:25; 9:24). Hy is namens ons en vir ons in die hemel. Die Heilige Gees is die tweede of ander Voorspraak of Trooster (Joh 14:16) wat by ons bly en wat in ons bid volgens God se wil (Rom 8:26-28). Hy omvorm ons gebede om Godvererend te wees. Wat ons verder kan help om uit ons selfgerigtheid te kom, is om die Skrif self te gebruik om te bid. Die Ons Vader (Matt 6:9-13), die Liefdesgebed (Ef 3:14-21), die Gebed vir die heiliges (Ef 6:18), die Gebed vir die evangelie (Kol 4:3), die Gebed te alle tye (1 Tess 5:17), die Gebed van die gemeente (1 Tim 2:8), die Gebed vir Wysheid (Jak 1:5), ag en só kan aangaan! Elke Psalm is 'n gebed of gebede op sy eie. Kies een wat met jou perspektief ooreenkom, en gebruik die woorde wat God vir ons gegee het om te bid, bv (net in die eerste 8 Psalms: • Psalm 1 is ’n wysheidsPsalm, lei die hele Psalmboek in en vestig die basiese veronderstelling van die Psalmboek, dat die sin en betekenis van alles in God self gevind word. Wysheid begin by die fokus op God en sy woorde. Ons persoonlike verhoudinge met God het vreugde en voorspoed tot gevolg. Bid dat ons almal in God bevestig sal word. • Psalm 2 is ’n koningsPsalm wat waarskynlik by die troonbestyging van die koning gesing is. Dit bevestig God se heerskappy in die geskiedenis deur sy Gesalfde (=Messias), sy Seun, wat in OT na die koning verwys, en in die NT as begronding dien van die perspektief op Jesus as die Christus (=Messias), die Seun van God, en deur sy opstanding ook Here (=Jahwe), soos dit in Petrus se toespraak op Pinksterdag uitgespel word (Hand 2). Psalm 2 is daarom ’n ongelooflike belangrike sleutel om die betekenis van Jesus in die NT te ontsluit. Dit bevestig ook dat ons God kan vertrou vir die publieke en politieke lewe. Bid dat ons vrede in ons land sal hê sodat ons God kan dien. • Psalm 3-7 is ’n eerste siklus van vyf klaagpsalms waarin die getroue God om hulp gesmeek word van vyande (Psalm 3,5,7), droogte (Psalm 4) en siekte (Psalm 6). Gebruik dié Psalms om vir verlossing van vyande, droogte en siekte te bid. • Psalm 8 is ’n lofpsalm vir die majestueuse Skepper vol van ontsag vir die feit dat Hy besorg is oor en omgee vir mense, wat hulle waardigheid bevestig ten spyte van hulle nietigheid. Daarmee word die eerste siklus klaagpsalms afgesluit. Gebruik dié Psalm om die Here te loof vir sy omgee vir ons.ANDRE BOWER on Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10 Goeie dag Chris, Die hart en motiewe. As ek my lofprysinge, intree vir ander en versoeke klinies ontleed, moet ek tot my verdriet en skande vind dat daar alyd die 'eie ek" in groter of mindere mate betrokke is. Is dit werklik moontlik om die Here suiwer te aanbid en vir ander in te tree?johanb on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? dankie Chris - dit is presies wat die profete en die Woord sêwat gaan gebeur en aan die gebeure is - dankie vir jou standvastigheid in hierdie tye van snelle en ernstige afvalligheid - die Christene gaan sterk leiers nodig hê vorentoejohanb on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? 1Jn 2:3 And hereby we know that we know him, if we keep his commandments. 1Jn 2:4 He that saith, I know him, and keepeth not his commandments, is a liar, and the truth is not in him; 1Jn 2:5 but whoso keepeth his word, in him verily hath the love of God been perfected. Hereby we know that we are in him: 1Jn 2:6 he that saith he abideth in him ought himself also to walk even as he walked.Chris van Wyk on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Hi Johan. Ja, daardie gedeelte is só helder en duidelik. Dit is ook só motiverend, want God maak sy woning by ons! Ek dink daar is 'n fundamentele misverstand oor die wet. Daar is net een wat wette maak, en dit is God. Almal wat Hom teenstaan, doen dit deur sy wette te oortree. Dit is per definisie wat dit beteken om sonde te doen, om God se wette te oortree. As iemand hom teen die wet van God verset, sien 'n mens die gees van die Antichris. Die Antichris word baie name genoem - en daar is baie manifestasies van die Antichris tot met die finale een wat deur die Satan besete sal wees (Openb 13) - maar een daarvan is die WETTELOSE EEN. Enigiemand wat dus wetteloosheid predik, tree aan die kant van God se teenstanders op, soos Jesus in Matteus 13 waarsku. Paulus skryf daaroor aan die Tessalonisense: "Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en <strong>die wettelose mens</strong> wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is." (2 Tes 2:3-4).johanb on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Joh 14:15 If ye love me, ye will keep my commandments. Joh 14:21 He that hath my commandments, and keepeth them, he it is that loveth me: Joh 14:23 Jesus answered and said unto him, If a man love me, he will keep my word: and my Father will love him, and we will come unto him, and make our abode with him.Chris van Wyk on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Dankie, André. Talle kere gebruik Jesus die Tien Gebooie om die wil van God te verkondig, in die Bergrede (Matt 5-7 - vgl veral 5:17-18; 7:12), teenoor die ryk jongman (Matt 19:16-30), en teenoor die Skrifgeleerdes (Matt 22:34-40). Paulus doen dieselfde in sy brief aan die Romeine teenoor gelowiges (Rom 13) en bevestig dit op talle ander plekke. Die helderste formulering van wat God verwag, is in die Tien Gebooie saamgevat. Dink net hoe wonderlik die wêreld sou wees as almal God erken as enigste God (1ste en 2de gebod), Sy Naam bó alles sal eer (3de gebod), Tot rus sal kom in Hom (4e gebod), eerbied sou betoon vir ouers en gesagsfigure (5de gebod), respek vir lewe (6de gebod), respek vir die huwelik (7de gebod), respek vir eiendom (8ste gebod), respek vir die waarheid (9de gebod) en respek vir enigiets en almal (10de gebod) sou betoon!ANDRE BOWER on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Goeie more, Ek hou van punt 4.3 van die antwoord op Deon se sinvolle kommentaar. Dit bevestig net weer die geweldige liefde wat God vir my het. Hy buig neer en deur Sy Gees skryf Hy die wet op my hart. Telkens as ek verkeerd wil neig (selfs net in gedagte) kom die "wet" na vore en waarsku my.Chris van Wyk on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? 'n Paar sinvolle opmerkings van jou, Deon. 1. Jy is vrygemaak van die wet as 'n weg van saligheid. Dit leer die Bybel onteenseglik. Paulus preek uitvoerig daaroor in die sinagoge in Antiogië in Pisidië (Turkye): "Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie." (Hand 13:38-39). 2. Ons word geregverdig deur geloof "sonder die werke van die wet" (Rom 3:28). 3. Dit beteken egter nie dat die wet tot niet gemaak word deur die geloof nie. "Inteendeel, ons bevestig die wet." (Rom 3:31) 4. Dit beteken verder dat jy nie "los" is van die wet of "los" is van die sonde nie. Om drie redes. 4.1 In die eerste plek bly die wet die instrument wat jou leer wat sonde is (1 Tim 1:8-9; Jak 2:9). Sonde is wetteloosheid. Só praat Jesus daaroor en waarsku ons dat Hy wetteloosheid sal oordeel (Matt 13:41). So ook Johannes (1 Joh 3:4). 4.2 In die tweede plek kan ons steeds sondig. 'n Mens mislei jouself as jy dink dat jy nie sondig nie (1 Joh 1:8-10). Dit is waarom heiligmaking so belangrik is en ons opgeroep word om nie te sondig nie, selfs ná ons bekering en wedergeboorte (1 Joh 2:1-2). 4.3 In die derde plek skryf God deur sy Gees die wet op jou hart sodat jy van binne af die geestelike en morele eise van die wet kan nakom (Hebr 8:9). 5. Dit is waarom die Nederlandse Geloofsbelydenis 25 die volgende oor die wet sê: DIE SEREMONIEëLE WET IN CHRISTUS VERVUL Ons glo dat die seremonies en heenwysings van die Wet met die koms van Christus opgehou het en dat alle voorafskaduwing tot 'n einde gekom het. Die gebruik daarvan moet derhalwe onder die Christene afgeskaf word. Die waarheid en inhoud daarvan bly nogtans vir ons in Christus Jesus bestaan: in Hom het hierdie seremonies en heenwysings juis hulle vervulling. Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig. Rom. 10:4; Gal. 3, 4; Kol. 2:17; 2 Pet. 1:19; 3:2, 18.Deon Vermeulen on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Môre Die Bybel. 1933 vertaling wat ek lees leer my dat ek vrygemaak is van die wet en van alle sonde deur Jesus wat gesterf het vir ons aan die kruis. Deur jou te laat doop soos dit Jesus se bevel is volg jy dieselfde pad en is los van die wet en die sonde. Sonder ñ wet is daar nie sonde nie. Ek praat nie van baba doop nie want daar is geen baba gedoop in die bybel nie. Volgens my moet jy tot inkeer kom, jou laat doop en heiligmaking doen. Paulus sê hy sterf elke dag. Nou verstaan ek nie hoe gaan mens dan nou weer terug onder die wet en geen mens kan Moses se wet onderhou nie. Een sonde maak van jou n sondaar en daar staan geskryf dat n sonder nie in God se Koninkryk sal ingaan nie.Chris van Wyk on Lukas Hi Gerald. Ek antwoord graag: Daar is só baie mense wat na Jesus wil luister om die Woord van God te hoor dat Hy in Simon se skuit klim om 'n entjie in die meer in te vaar sodat Hy 'n groter gehoor op die wal kan toespreek. Dit raak dan ook die geleentheid waarby Hy vir Simon en sy twee maats, Jakobus en Johannes, as dissipels werf. Hy beveel vir Simon om na die diepwater uit te vaar en hulle nette te laat om vis te vang. Simon het geweet dat dit onmoontlik was. Hulle het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie, en die vis sou nie in die dag byt nie. "Maar", sê Simon: "op u woord sal ek die nette laat sak.” Toe hulle dit doen, het hulle ’n groot klomp visse gevang, soveel so dat hulle nette wou skeur. Ander moes hulle kom help en hulle het twee skuite vol vis gemaak. Soveel vis dat albei skuite wou sink! Onthou dat die wonder van die visvangs nie net lê in die hoeveelheid vis as sodanig wat gevang is nie (vgl Joh 21:3-11 waar min of meer dieselfde gebeur), maar in die feit dat die tipe net wat hulle gebruik het, die trammelnet, eintlik uit drie lae bestaan het, vandaar die meervoud “nette”. Die nette is net in die nag gebruik, sodat die vis nie die drade van die nette kon sien nie. Dit is nooit in die dag gebruik nie. Werpnette (Matt 4:18) en treknette (Matt 13:47) is dan gebruik. Die buitenste twee nette het groot openinge gehad en die middelste kleiner 3-5 cm groot openinge. Daar was drywende vlotte bo-aan vas en gewigte onderaan. Die kuns was om met spane op die water te slaan en die vis deur die groter openinge te dryf van die buitenste nette en afwaarts sodat hulle van die onderkant van die middelste net af daarin vasgevang kon word (Laney, Fishing the Sea of Galilee). Dit laat 'n diep indruk op Simon, want Hy en Jesus het al kontak gehad, en Hy besef net, hy het nie 'n idee gehad wie Jesus regtig is nie. Vrees het hom en die ander oorval oor die wonder en Hy val dus op sy knieë voor Jesus en sê: “Gaan weg van my, omdat ek ’n sondige man is, Here.” Die ander het dit ook só gedoen en op Jesus se bevrydende woord: "Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang,” het hulle alles gelos en Hom gevolg.Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Fransina. Oor Johannes 8:49-59: Die Jode draai Jesus se woorde om en probeer dit teen Hom gebruik. Hy is kwansuis nou van die duiwel besete! Dit lyk ook asof hulle waarskynlik na sy gesprek met die Samaritaanse vrou verwys, om te wil beweer dat Hy self ’n Samaritaan is, en dus van onsuiwer afkoms en godsdiens. Die Samaritane was juis in konflik met die Jode oor die stamvader Abraham. Die Samaritane het Abraham ook vir hulleself toegeëien. Iets wat die Jode teen die bors gestuit het. Die Jode het hulleself as die enigste ware afstammelinge van Abraham beskou (wat die radikaliteit van Paulus se aanspraak in perspektief plaas, as hy in Gal 3:29 sê dat gelowiges nou ook kinders van Abraham is!). Jesus troef hulle egter met sy verwysing na sy eerlike soeke na die Vader se eer, en maak ’n verdere openbaring van Homself. Voordat Abraham gebore was, was Hy al wat Hy is. ’n Duidelike toespeling op die uitspraak van God self aan Moses in die woestyn: “Ek is wat Ek is” (Eks 3:14). In die volgende hoofstuk sal Jesus weer ’n blinde man laat sien om sy openbaring van Homself te bevestig: “Ek is die lig vir die wêreld.” Dws God self.gerald neels on Lukas Goeie middag Pastoor ek vra asb hulp met die verduideliking van Lukas 5:1-11 ek sal dit waardeur.Chris van Wyk on Die Twaalf Kleiner Profete Die Woord is werklik altyd weer nuut. Net vanoggend lees ek weer die verhaal van die dissipels in die storm op die see in Markus 6 en kom nuwe dinge agter. Dat Jesus hulle sien al is dit net na drie in die nag. Dat Jesus hulle tot vertroue en vreesloosheid oproep, omdat Hy daar is. Hy sê letterlik: "Ek is" (egoo eimi). Maar, dat hulle dit moeilik vind, want hulle harte is geslote. Soos een verklaring dit stel: "they had closed minds". Maar, dit is natuurlik juis in die teenwoordigheid van hierdie Jesus wat daardie harte oopgemaak sal word (2 Kor 3:14) ... as hulle glo. Dit spreek my net opnuut aan. Seën vir jou.Chris van Wyk on Prontuit die Waarheid Dit is die hart van die hart. Die Jesus van die evangelies wat ons Here is.Petro Joubert on Die Twaalf Kleiner Profete Dankie vir wat u vir Sy koninkryk doen. Ek doen al jare Bybelstudie, ek sien dit in my aantekeninge, maar soos u weet bly die Woord nuut, omdat ons leefwêreld verander. Die Woord verlig dieselfde Bybelvers anders agv my ervaring en belewing van die lewe in n ander tydfase. Ek het Hom al hoe liewer.Nakkie on Prontuit die Waarheid Ek sien so uit na wat gaan kom. baie opgewonde om Jesus nog beter te leer ken. Baie dankie en seen.Chris van Wyk on Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17 Dankie André. Waardeer. Dis ‘n voorreg om hiermee besig te wees.Andre Mouton on Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17 Dankie vir die Woorduitleg wat jy so duidelik uitle en weergee.Ek kan voorwaar AMEN se op elke dagstuk wat ek ontvang,en met n kleinseun wat nou pas belydenis van Geloof afgele het is jou uiteensetting vir ons van groot waarde in hierdie dae van onsekerheid en blootstelling aan n vinnig veanderende wereld .Bybelskool is voorwaar n voortdurende bron van krag en gelloofsversterking . Baie Dankie en Seen vir jou toegebid vir 2019.Marlien Jordaan on Esegiël Insiggewend!Fransina Hashipala on PREKE: 2008 TOT 2018 Geseende Kerfees en voorspoedige nuwe jaar Pastoor, ek soek asb kort verduideliking oor Joh. 8:49-59Chris van Wyk on Levitikus 23 – Vyf feeste om saam in die teenwoordigheid van die Here te vier Hi Anna-marie. Die oorspronklike gelofte by Bloedrivier was bedoel as 'n gebed van die Voortrekkers wat teen Dingaan in 'n "straf-ekspedisie" opgetrek het weens die verbreking van sy verdrag met hulle dat hulle 'n stuk grond van hom sou ontvang. Dit was in reaksie op die feit dat Piet Retief en 90 mans wreedaardig vermoor is in Umgungundhlovu, Dingaan se hoofstad, sowel as nog 600 mans, vroue en kinders by die Bloukrans- en Boesmansrivier deur die Zoeloe-impis. Al die Voortrekkers in Natal se voortbestaan was dus bedreig. Die meer as 500 mans het by Bloedrivier 'n laer getrek in voorbereiding vir die geveg met meer as 10 000 Zoeloe soldate en het die volgende gelofte afgelê in die week voor die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838: “dat hy aan den Almagtigen eene gelofte doen wilde (indien allen wel wilden),—'om zoo de Heere ons de overwinning geven mogt, een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten, alwaar het Hem zal behagen'— en dat zy ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen, en dat wy den dag der overwinning, in een boek zullen aantekenen, om dezelve bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Eere van God gevierd mag worden.” Dit is die oorspronklike Nederlandse gelofte wat JG Bantjes 'n week voor die slag van Bloedrivier in sy dagboek opgeteken het en wat in huisgodsdiens deur die manne afgelê is tot en met die slag van Bloedrivier. Belangrik, daar is in die oorspronklike weergawe van die gelofte nie sprake van die viering van dié dag as 'n Sabbat nie. Net 'n voorneme om die uitkoms van die dag as gebedsverhoring te vier. Soos ons uit die geskiedenis weet, is die gebed verhoor, en het die Voortrekkers 'n oorwinning behaal, sonder lewensverlies aan hulle kant. 3 000 Zoeloes is egter dood. Die uitkoms was dat die Voortrekkers 'n veilige ruimte in Natal vir hulleself bekom het. Dit het ook ruimte verskaf vir die uitbreiding van die evangelie. 'n Kerk is later daar gebou sowel as 'n Kweekskool in die omgewing. Dié uitkoms van dié dag kan dus gevier word op die 16de Desember, in die eerste plek deur hierdie groep mense se nageslag, maar ook deur almal wat kan identifiseer met God wat uitkoms gee as gebedsverhoring. Die idee dat Geloftedag as 'n Sabbat gevier moet word, is egter problematies. Die gedagte vind sy oorsprong in die joernaal van Sarel Cilliers wat eers 30 jaar na die slag van Bloedrivier die gelofte opgeteken het. Hy het daarin bygevoeg dat die dag as 'n Sabbat gevier moet word. Hierdie idee het egter nie regtig posgevat tot in die volgende eeu nie, toe die dag in 1952 deur die Suid-Afrikaanse regering as 'n Sabbat verklaar is waarmee Geloftedag 'n Christelik-nasionale betekenis gekry het. Geloftedag het verder met die nuwe bedeling van 1994 in ons land verander in Versoeningsdag waarin die idee van die versoening tussen mense in ons land die voorrang kry, waarmee die verband met Geloftedag verminder is. Gelowiges is dus steeds welkom om die gelofte en sy uitkoms te vier, hetsy as nasate van die oorspronklike Voortrekkers óf as mense wat kan identifiseer met die God van die gelofte wat uitkoms as gebedsverhoring gee. Jy kan na 'n breër verduideliking luister by die <a href="http://www.scriptura.co.za/2017/12/geloftedag/#.XBhoJ6d7E0o" rel="nofollow">praatjie</a> van Ds Marnix Boersema, predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.Anna-marie Pieterse on Levitikus 23 – Vyf feeste om saam in die teenwoordigheid van die Here te vier Wat van Gelofte dag? Moet ons dit vier?Chris van Wyk on Jeremia 10 – Die Here die Almagtige is die ware God Hi Riaan. Wonderlik om te hoor. Die genade van die Here ken geen grense nie. Selfs op 52! Jeremia 10:1-16 (ek vermoed dit is hfst 10 waarna jy verwys) gaan egter nie oor Kersbome nie. Daar is wel sommige mense wat verkeerdelik probeer om 'n Bybelse argument teen Kersfees, veral teen die idee van 'n Kersboom, te voer met die gedagte dat die Bybel ons verbied om bome in ons huise te bring en te versier. Die gedeelte wat dikwels aangehaal word, is Jeremia 10:1-16. Maar hierdie gedeelte in Jeremia verwys na die afsny van bome, die afkap van die hout om 'n afgod te maak, en dan die afgod met silwer en goud te versier om te aanbid. (sien ook Jesaja 44: 9-18). Dit het dus niks te make met Kersbome nie. Jeremia leef darem ook baie jare vóór Kersfees. Die gedeelte in Jeremia kan nie só uit sy konteks geneem word as ‘n argument teen Kersbome nie. Dit gaan vir Jeremia oor afgode waarteen tereg gewaarsku moet word. Maar Kersbome is nie afgode en word nêrens aanbid nie.Riaan on Jeremia 10 – Die Here die Almagtige is die ware God Hi Chris Ek is 'n onlangs wedergeborene (op ouderdom 52!) en worstel maar nog met van die interpretasies van die Woord wat uit soveel oorde bestaan. Ek het onlangs gehoor dat die kersboom (soos wat ons dit vandag aanvaar met al sy gepaardgaande versieringe), in terme van Jer. 7 verse 3 en 4, aan die beskrywing soos in die twee verse genoem, voldoen. Jou kommentaar hieroor sal waardeer word.Chris van Wyk on God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus Hi Hugo. Jy is reg. Daar was nie 'n bydrae vir vandag nie. Ek hervat weer die vraag en antwoord bydraes 14 Januarie met die fokus op <em>Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?</em> Geseënde vakansietyd!Hugo Van Dyk on God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus Môre...ek het geen mail ontvang 10/12/2018Chris van Wyk on Jona 1:1-16 – God roep Jona na Nineve, maar Jona vlug weg Hi Yvonne. Dit bly my voorreg en plesier.Yvonne on Jona 1:1-16 – God roep Jona na Nineve, maar Jona vlug weg Ds Chris baie dankie vir die besondere wyse waarop u die eerste hoofstuk van Jona vir ons oopmaak...ek waardeer al hierdie harde werk en tyd......God seen u.Chris van Wyk on Numeri 15 – Verdere riglyne vir die hantering van sondes Hi Hester. Ek fokus veral op die Bybelse visie op wat vir God aanvaarbaar is in die Woord en wat nie. Enigiets wat daarmee in stryd is, kan 'n mens dan vermy. Om heidense gebruike uit te wys, het waarde, maar kan 'n mens se fokus wegneem van die Here self en sy Woord. Die Kanadese polisie wat vervalste note moet uitsnuffel, word in hulle opleiding net aan die egte Kanadese note blootgestel. Hulle tel dit, hanteer dit, en leer hoe dit voel, selfs in die donker. Só leer hulle die egte artikel só goed ken, dat hulle die valse artikel onmiddellik kan uitken. Dit is in die breë hoe ons ook moet werk. Die Heilige Gees werk daarby in ons hart om oor dié dinge wat nie helder uitgespel is in die Woord nie, binne die breë riglyne van die Woord, te kan onderskei. Hy lei ons tot ware bekering en heiligmaking.Hester deWet on Numeri 15 – Verdere riglyne vir die hantering van sondes Goeie dag Baie dankie vir n baie insiggewende uitleg. Ek is opsoek na n uitleg van wat heidense gebruike is en wat nie. Dis vir my n hartseer saak dat omdat dit nie pertinent genoem word nie 'christene' dan wil beweer dat Vader nie meer n probleem het daarmee (bv. rook nie net maroana nie, speel van aanlyn 'games', musiek wat mens nie opbou nie, en vele meer.) en daarom kan hul nou onder bekering Vader se genade minag. Kan iemand my dalk van hulp wees. Ons liggaam is en bly n tempel en Vader eis n heilige lewe. Ook dat bogenoemde afgelê moet word na bekering. Ook dat bekering daaglikse gebeur soos die opneem van Jesus se kruis. Hoekom word dit nie meer aangespreek nie, is vir my ook n groot hartseer... Ek wil nie oordeel nie, maar is bekommerd oor Vader se kinders nie omgee om uit te vind wat heidense gebruike is waarvan ons moet afstand doen om heilig voor Vader te kan lewe, en omdat Vader se genade so vertrap word, is ons nie daar om mekaar reg te help nie... is dit nie juis wat liefde beteken nie. Ek vertrou dat u my van hulp kan wees sodat ons mekaar na ware bekering en heiligmaking sal kan lei. Baie geseende dag HesterChris van Wyk on Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees Dankie Hans. Saam in sy diens.Hans Myburgh on Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees Goeie More Chris Ek geniet jou blad, dankie vir die werk wat jy doen, daar is baie web bladsye met baie inligting, idees en verskillende mense met verskillende maniere en gedagtes. Ek het 'n Facebook blad : "Die Here is my Herder" met so 4300 volgelinge wat nie baie is nie maar my Liefde vir God is onbeskryflik groot, daar sal altyd kommentaar wees, ek het nog altyd net goeie kommentaar ontvang en ek glo die rede daarvoor is dat ek die Bybel soos 'n doodgewone mens lees en fokus daarop om sy woord ook so te verkondig. Dankie vir jou bydra Maat, Jesus Liefde HansChris van Wyk on Psalm 40 – U woord is my hele lewe Ek geniet hierdie koerant van jou! Dis 'n riem onder die hart. Dankie.Sonja Lizemore on Psalm 40 – U woord is my hele lewe Beste Ds Chris. Psalms was nog altyd die Bybelboek waar ek troos, krag, ondersteuning kry. Waar ek dikwels ervaar dat iemand lank gelede met presies dieselfde gevoelens geworstel het as ek in 2018. Dan voel ek nie soos n mislukking nie, of ontoereikend nie. Dan besef ek ek is ook net mens, en is ek so dankbaar bir SY genade. Die week dit weer ervaar HOE Die Here genees. Al van Februarie ongenadiglike pyn en dit was fisio, pille ens. Toe vra ek laas week Die Here om asb my pyn net weg te neem. En dit gebeur toe in n oomblik. Ek staan so skaam en so skuldig. Ek wonder net hoekom ek dit nie al lankal gevra het nie. Ek vra dan genesing vir my neef se kanker. Èk het net gedink n ou rugpyn is nou nie iets waarmee ek Die Here kan opsaal nie. En toe uit moedeloosheid roep ek Hom aan. En.....Hy GENEES. Ek lees jou Bybelskool stukkie nou al n geruimde tyd, het die stukke geprint wn vir my leêrs gemaak, en gebeuik dit vir my eie persoonlike ontwikkeling. Ek bly op n plaas (alleen), en dit is nie altyd moontlik om n Bybelstudie elke week in die dorp by te woon nie, en daarom is jou werk vir my so kosbaar. Nou het u n hele koerant. Maar uit my hart BAIE DANKIE vir u moeite om dit elke dag met ons te deel. Baie voorspoed vir u en u gesin ook met die komende kersgety.johanb on Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25 die 4de gebod is so duidelik: - Ex 20: 8-11 Remember the sabbath day, to keep it holy. Six days shalt thou labour, and do all thy work: But the seventh day is the Sabbath of the LORD thy God: in it thou shalt not do any work, thou, nor thy son, nor thy daughter, thy manservant, nor thy maidservant, nor thy cattle, nor thy stranger that is within thy gates: For in six days the LORD made heaven and earth, the sea, and all that in them is, and rested the seventh day: wherefore the LORD blessed the Sabbath day, and hallowed it.Chris van Wyk on Oorsig van Lukas 1. Die evangelie van Lukas is deur "die geneesheer Lukas, die geliefde" geskryf wat Paulus soms vergesel het (Kol 4:14). Aangesien baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder die gelowiges al vervul is, op grond van die getuienisse van hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, het Lukas dit ook goedgedink, nadat hy van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan Teofilus te skrywe, sodat hy met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent hy onderrig is. (Luk 1:1-4). Lukas het ook die Handelinge van die apostels geskryf. Dit was bedoel as 'n aanvulling van alles wat Jesus begin doen en leer het en nou deur die apostels en gelowiges onder leiding van die Heilige Gees voortgesit is (Hand 1:1). 'n Mens kan agterkom wanneer Lukas dinge eerstehands beskryf. Hy gebruik die voornaamwoord "ons". Ander kere kom die verhale uit sy navorsing, soos ons agterkom uit die gebruik van die voornaamwoord "hulle" in Handelinge. 2. Lukas was dus 'n geneesheer, navorser, en reisgenoot van Paulus wat die voorreg gehad het dat sy skrywe só goed ontvang is deur die eerste gelowiges dat hulle aan beide die evangelie van Lukas as aan die Handelinge van die apostels kanoniese status toegeken het. Die kerk het baie gou van sy boeke bely dat dit die Woord van God was. 3. Lukas skryf sy boeke waarskynlik vóór die val van Jerusalem in 70 nC. Dit lei ons af uit die feit dat hy van die val van Jerusalem in die toekomstige tyd skryf (Lukas 21:20), en selfs aan die einde van Handelinge nog van Paulus se wedervaringe in Jerusalem skryf (Hand 28:17). Hy gebruik dele van Markus wat beteken dat sy boeke waarskynlik in die voorafgaande dekade geskryf is, tussen 60-70 nC. 4. Lukas 15:1-32 het drie gelykenisse van Jesus. Die tema van aldrie is die blydskap as verlorenes gevind word. Jesus vertel die drie gelykenisse spesifiek aan die skrifgeleerdes en Fariseërs (Luk 15:2) en wys hulle tereg dat hulle die tollenaars en sondaars wil verhoed om in sy verlossende teenwoordigheid met God versoen te word. 4.1 Soos 'n herder vir sy verlore skaap gaan soek, só is Jesus besig om die verlorenes onder die sondaars en tollenaars te soek. Die Fariseërs behoort dit te kan insien, omdat dit is hoe God altyd werk (Luk 15:3-7). Die gelykenis beklemtoon dat dit God se werk is. Die skaap word deur Hom gevind. 4.2 Soos 'n vrou juig oor die vind van 'n verlore muntstuk, só juig die hemel as 'n verlorene onder die sondaars en tollenaars gevind word. Die Fariseërs en skrifgeleerdes behoort dit ook te kan insien, en saam met God juig oor mense wat deur Hom gevind is (Luk 15:8-10 - terloops, net Lukas het hierdie gelykenis sowel as die volgende een van die verlore seun). Weereens word God se werk beklemtoon. Hy is bly oor die muntstuk wat gevind is! 4.3 Soos 'n vader bly is oor sy verlore seun wat sy pad terugvind in berou en bekering na die vaderhuis, só moet die Fariseërs en skrifgeleerdes dit ook raaksien, en saam met God juig oor verlorenes wat gevind word. Met die implisiete waarskuwing van die ouer broer se onaanvaarbare reaksie op sy verlore broer, waarsku Jesus hulle dat hulle onbehae in God se genade vir verlorenes hulle die genade kan laat verloor (Luk 15:11-32 - uniek aan Lukas). Hierdie gelykenis beklemtoon dus die volle prentjie. Die verlore seun kom tot inkeer van sy rebellie, vra om vergifnis en word volledig versoen met sy Vader. Só ook ons as ons die boodskap van hierdie gelykenis ter harte neem en tot inkeer kom van ons sonde en God om vergifnis smeek en sy verlossing aanvaar.Rienie Kruger on Oorsig van Lukas 1. Wie het Lukas 15 vers 1-32 geskryf 2. Wat was sy omstandighede 3. Wanner is die boek geskryf 4. Hoe beinvloed bogenoemde ons verstaan van die teksjohanb on Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10 Hi Chris - net 'n kort verwysings-tabel om die 10 Gebooie in die Ou en die Nuwe Testamente te illustreer - die Gebooie bly vir ewig staan - daar is nie met dit weggedoen nie soos sommige beweer. Old Testament New Testament First Commandment Exodus 20:3; Deut 5:7 Matt 4:10; Luke 4:8; Rev 14:7 Second Commandment Exodus 20:4-6; Deut 5:8-10 Acts 15:20-21; 1 Corinthians 6:9-10; Gal 5:19-21; Eph 5:5; 1 Joh 2:15 Third Commandment Exodus 20:7; Deut 5:11 Matt 5:33-37; 1 Tim 6:1; James 2:7 Fourth Commandment Exodus 20:8-11; Deut 5:12-15 Luke 4:16; 23:55-56; Acts 17:1-2; 18:4; Heb 4:9; 1 Joh 2:6 1 Joh 2:15-17 Fifth Commandment Exodus 20:12; Deut 5:16 Matt 15:4-9; 19:19; Mark 10:19; Luke 18:20; Rom 1:29-30; Eph 6:1-3 Sixth Commandment Exodus 20:13; Deut 5: 17 Matt 5:21-22; 19:18; Mark 10:19; Luke 18:20; Rom 1:29-30; 13:9 Seventh Commandment Exodus 20:14; Deut 5:18 Matt5:27-28; 19:18; Mark10:11-12,19; Luke 16:18; 18:20; Rom 7:2-3; 13:9 Eighth Commandment Exodus 20:15; Deut 5:19 Matt19:18; Mark 10:19; Luke 18:20; Rm13:9; Eph4:28; 1Peter 4:15; Rev9:21 Ninth Commandment Exodus 20:16; Deut 5:20 Matt19:18; Mark 10:19; Luke 18:20; Acts 5:3-4; Rom13:9; Eph 4:25 10th Commandment Exodus 20:17; Deut 5:21 Luke 12:15; Rom1:29; 7:7; 13:9; 1Cor 6:9-10; Gal 5:19-21; Eph5:3, 5 1 Joh 2:15-17Chris van Wyk on Esegiël Hi Miriam, jy skryf hier in: https://bybelskool.com/subscribe/. Vorige bydraes is beskikbaar in hoofstukvolgorde onderaan elke Bybelboek se inleiding.Miriam de Beer on Esegiël Ek wil graag eposse ontvang. Hoe maak ek asb.Chris van Wyk on Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas Hi Giel - jy kan lees wat ek by my bydrae oor <a href="https://bybelskool.com/deuteronomium-241-254-egskeiding-hertrou-en-praktiese-naasteliefde/">Deuteronomium 24</a> skryf. Ek raak daar die onderwerp aan en behandel ook van die NT perspektiewe daarop.Gieljam on Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas graag wil ek hoor wat is u seining oor geskeides wat weer trouJacquesT on Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 Dankie, vir jou getroue en reguit praat metode. Laat die een sonder sonde die eerste klip optel. Ons almal is net vlees en bloed. Ek glo dat dit n baie groot verantwoordelikhied is om die "Skrif" uitle. Dankie vir die konteks en dat jy nie doekies om draai wanneer dit oor ons almal gaan wat sonde pleeg nie.johanb on Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 Dankie Chris vir die pragtige stukkie oor die koninklike bladmusik - dit is die eerste keer dat ek dit so sien - ons moet die "note" reg lees en "speel" in ons lewens en onder leiding van Sy gees dan sal ons saam pragtige musiek maak wat die Koning graag sal will hoor - prys die Here. "aan hulle vrugte (die musiek wat hulle voortbring) sal julle hulle ken"Chris van Wyk on 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld Hi Adri, jy kan meer lees by my bydrae oor <a href="https://bybelskool.com/eksodus-30-elke-deel-van-die-tabernakel-en-elke-priester-word-geheilig-aan-die-here/">Eksodus 30</a>. Hier is 'n kort aanhaling daaruit: "Die salfolie was ‘n besondere geurige parfuum wat van spesiale speserye: mirre (aromatiese hars), kaneel, kalmoes (geurige moerasplant van die Acoraceae familie), kassia (Chinese kaneel) en olyfolie gemaak is. Dit was net vir spesifieke godsdienstige gebruik deur gemagtigde persone. Die wierook is gemaak van hars (harpuis), naeltjies (dit kan ook die skulp van ‘n seedier wees), galbanum (die gom van ‘n plant van die Ferula familie) en suiwer wierook. Dit moes ook net vir die gebruik in die Heilige deel van die Tabernakel gebruik word. Die uitvoering hiervan word in Numeri 4:15-20 beskrywe."Adri arnott on 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld Ds. Dankie u breek die woord so oop vir my dat ek verstaan wat die bedoeling is. As u studie materiaal oor die wierrook ark het en wil deel sal ek dankbaar wees. Vrede vi u. Adri Arnoo.johanb on Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus Die tien gebooie reflekteer God se karakter - sodat ons dit weer kan reflekteer in ons lewens. God is JUST - Romans 3:26. His law is JUST - Romans 7:12. God is TRUE - John 3:33. His law is TRUE - Nehemiah 9:13. God is PURE - 1 John 3:3. His law is PURE - Psalm 19:7,8. God is LIGHT - 1 John 1:5. His law is LIGHT - Proverbs 6:23. God is FAITHFUL - 1 Corinthians 1:9. His law is FAITHFUL - Psalms 119:86. God is GOOD - Nahum 1:7. His law is GOOD - Romans 7:12,16. God is SPIRITUAL - John 4:24. His law is SPIRITUAL - Romans 7:14. God is HOLY - Isaiah 6:3, 1 Peter 1:15. His law is HOLY - Exodus 20:8, Romans 7:12. God is TRUTH - John 14:6. His law is TRUTH - Psalms 119:142,151. God is LIFE - John 14:6. His law is LIFE - Matthew 19:17. God is RIGHTEOUSNESS - Jeremiah 23:6. His law is RIGHTEOUSNESS- Psalm 119:172. God is PERFECT - Matthew 5:48. His law is PERFECT - James 1:25. God is ETERNAL - John 8:35. His law is ETERNAL - Psalms 111:7,8. God is PEACE - Isaiah 9:6. His law is PEACE - Psalm 119:165. God is THE WAY - John 14:6 His law is THE WAY - Psalm 119:30-32 God is SURE - 2 Timothy 2:19 His law is SURE - Psalm 19:7, 111:7,8 God is UNCHANGING - Malachi 3:6 His law is UNCHANGING - Psalm 111:7,8 God is SWEET - Psalm 34:8 His law is SWEET - Psalm 19:10, 119:103 God is WISE - Psalm 111:10 His law is WISE - Psalm 19:7 God is OUR MEDITATION - Psalm 63:6 His law is OUR MEDITATION - Psalm 1:2 God is JUDGE - Psalm 50:6 His law is JUDGE - James 2:12 God is ENLIGHTENMENT - Psalm 18:27 His law is ENLIGHTENMENT - Psalm 19:8 God is LOVE - 1 John 4:7,8 His law is LOVE - Romans 13:8-10 God is CLEAN - Psalm 19:9 His law is CLEAN - Ezekiel 22:26 God is BLESSED - Psalm 28:6 His law is BLESSED - Exodus 20:11 God is DELIGHT - Psalm 37:4 His law is DELIGHT - Psalm 1:2 God is WONDERFUL - Isaiah 9:6 His law is WONDERFUL - Psalm 119:18 God is LIBERTY - Isaiah 61:1 His law is LIBERTY-James 1:25, Psalm 119:45 God is COMFORT - Psalm 23:4 His law is COMFORT - Psalm 119:50 God is OUR SONG - Revelation 15:3 His law is OUR SONG - Psalm 119:54 God is MERCIFUL - Exodus 34:5 His law is MERCIFUL - Psalm 119:58 God is KNOWLEDGE - Isaiah 11:2 His law is KNOWLEDGE - Psalm 119:66 God is HOPE - Psalm 130:7 His law is HOPE - Psalm 119:74 God is LIFE - Psalm 36:9 His law is LIFE - Proverbs 3:1,2 God is SOUND - Proverbs 8:13,14 His law is SOUND - Psalm 119:80 God is UNDERSTANDING - Psalm 147:5 His law is UNDERSTANDING - Psalm 119:99 God is HAPPINESS - Psalm 146:5 His law is HAPPINESS - Proverbs 29:18 God is JOY - Psalm 16:11 His law is JOY - Psalm 119:162Chris van Wyk on Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20 Ek sal binnekort hierop reageer wanneer ons by die vierde gebod kom.Corrie on Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20 Ons stem almal saam met die Bybel dat die wet nog geldig is, maar ons leef nie die wet volkome uit nie. Ons staan almal as protestante skuldig aan die 4e gebod. Die Bybel sê duidelik dat as ons net een gebid oortree, ons skuldig is aan almal.johanb on Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11 net so 'n ietsie oor gehoorsaamheid: 1Sa 12:14 If ye will fear the LORD, and serve him, and obey his voice, and not rebel against the commandment of the LORD, then shall both ye and also the king that reigneth over you continue following the LORD your God: 1Sa 12:15 But if ye will not obey the voice of the LORD, but rebel against the commandment of the LORD, then shall the hand of the LORD be against you, as it was against your fathers. 1Sa 12:16 Now therefore stand and see this great thing, which the LORD will do before your eyes. 1Sa 15:22 Samuel said, "Which does the LORD prefer: obedience or offerings and sacrifices? It is better to obey him than to sacrifice the best sheep to him. 1Sa 15:23 Rebellion against him is as bad as witchcraft, and arrogance is as sinful as idolatry. Because you rejected the LORD's command, he has rejected you ....... Mal 3:6 For I am the LORD, I change not;Chris van Wyk on Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4 Die verhaal van Dmitri: https://ngkerksomerstrand.co.za/tag/psalm-112/A Kritzinger on Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4 Môre Chris . Jy het een keer 'n verhaal vertel van 'n man in gevangenisskap. Op 'n dag wou hulle hom "breek" deur 'n vrou van die straat af (in sy vrou se klere) voor sy sel verby te dra. Het jy miskien die skakel na daardie verhaal? Baie dankie.Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Fransina - jy is altyd welkom om te vra.Chris van Wyk on Inleiding – ‘n reisverhaal Die Westerse moraal beïnvloed ons meer as wat ons dink. Ons intuïtiewe "gut-feel" is dat niemand seergemaak mag word nie, selfs nie blootgestel mag word aan woorde wat aanstoot kan gee nie, dat mense van verdrukking of onderdrukking vrygemaak moet word, dat hulle eie idee van hulleself volle spektrum moet hê om te ontwikkel, soos hulle dit wil doen, en dat alles billik en sonder diskriminasie moet geskied (volgens The Righteous Mind van die sielkundige Jonathan Haidt). Die gedagtes beïnvloed ons antropologie en telkens waar die Godsbeeld in die Bybel nie daarmee saamstem nie, kom ons in opstand. Daarom dat ons aanklank vind by Jesus wat siekes en behoeftiges insluit en die magtiges en invloedrykes aanvat. Wat vergewe en vernuwe en intrek in sy gemeenskap en 'n nuwe toekoms bring wat menswees laat floreer in God se teenwoordigheid. Maar, maak geen fout nie, dit is nie al wat die Bybel oor Jesus vir ons sê nie. Hy is vlymskerp in sy oordeel oor mense wat sy genade nie ontvang nie, en verkondig die oordeel van God: "Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat dié wat nie sien nie, mag sien, en dié wat sien, blind mag word." (Joh 9:39). Paulus praat van die verborge dinge van mense wat deur Jesus Christus geoordeel sal word, en dat dit deel van die evangelie is (Rom 2:16). By sy wederkoms sal Hy die lewende en die dode oordeel (2 Tim 4:1). En Johannes verkondig 'n Jesus wie se oë soos 'n vuurvlam is en sy tong soos 'n skerp tweesnydende swaard (Openb 1:14-16). Geen wonder Johannes val voor sy voete soos 'n dooie nie. Dit is hierdie Jesus wat die oordeel in die vorm van die seëls, basuine, bakke en dies meer uitdeel. Dit is weliswaar 'n verlossende oordeel, maar dit gaan met baie swaarkry gepaard. Die prentjie van Jesus met 'n sekel in die hand wat die aarde afmaai, is grusaam ... met die bloed wat tot aan die tooms van die perde reik, 320 km ver. (Openb 14). God pas nie in ons netjiese vredevolle Westerse prentjies in nie. Hy is 'n lig op ons pad, maar ook 'n verterende vuur. Daarom help Numeri ons om te besef met wie ons te make het. En sê Spreuke dat wysheid begin by die vrees of ontsag vir die Here. Dit geld net soseer van die God van die OT wat ons in Jahwe leer ken het as die God van die NT wat ons in Jesus leer ken het. Jesus tree in die NT op as die Jahwe van die OT. En Goddank daarvoor, want net só 'n God kan die nuwe aarde en hemel vir ons in aanskyn laat gaan.Willem Wiid on Inleiding – ‘n reisverhaal Hi Chris. Ek lees weer Numeri deur tesame met jou notas. Dit is net vir my nogal erg hoe vreeslik kwaai en onverbiddelik God in hierdie boek is. En hoeveel mense sumier doodgemaak word wanneer hulle sy grense oorskrei. Baie mense. Insluitende gesinne. Dis nogal 'n totaal ander prentjie van God wat ek in Jesus leer ken het.Fransina Hashipala on PREKE: 2008 TOT 2018 Baie baie dankie ek hoop u sal nie moeg raak van my as ek geestelik versterking by u soek nie, nogmaals dankie Gods seeninge.johanb on Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20 dankie vir die lering, die erns en waardering wat jy uitspreek t.o.v die wet van God - dit is verblydend om te sien dat Sy wet en verordeninge (die karakter van God) weer begin inslag vind - dit sal al hoe meer in intensiteit toeneem namate ons nader aan die einde kom - maar ek hoop en vertrou dat hierdie mooi waardering van die Wet ook vir die vierde gebod plek sal maak. daar le nog n stryd vorentoe. groete JohanbChris van Wyk on Hebreërs 11 – Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag Hi Elize, jy dink miskien aan Psalm 91:5-6: "Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!" Dit is 'n baie belangrike teks oor God se beskerming. <a href="https://bybelskool.com/psalm-91-ja-u-here-is-my-skuilplek/">Lees wat ek daaroor geskrywe het</a>. Ek vertel hoe die Psalm Corrie ten Boom se lewe beïnvloed het, en hoe Jesus die Psalm gebruik het. Dit is regtig kosbaar!Elize Hartley on Hebreërs 11 – Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag Ds Chris van Wyk, ek sê vir U baie dankie, vir al jou leesstukke, ek leer ongelooflik baie. Ek is tans die selleier, en daarom boer ek op wat jy vir my leer deur die Bybelskool, baie baie dankie daarvoor. Graag wil ek net by u hoor? Is daar 'n vers in die Bybel wat gaan oor" "Moet nie bang wees nie, Ek sal nooit dat jy 'n gevreesde siekte kry nie" Ek het my bybel al hoe gelees, en ek kry nie daai bevestiging nie. Asb helpAnnalina on Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12 Dankie vir die kosbare les, ou Chris. Die Woord is God en die brood van die lewe.Corrie on Genesis 9 – God sluit ‘n verbond met alle lewende wesens Môre is orgaan skenking sonde en bloed skenk.Jan Louw on Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees? Belangrike onderwerp. Kort en kragtige leiding.Heather thebus on 1 Petrus Baie leersaam God seen.Chris van Wyk on Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12 Hi Herman. Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) is in 2006 deur CUM uitgegee. Die NLV is 'n dinamies-ekwivalente vertaling soos die 1983 Nuwe Afrikaanse Vertaling (NAV). Ek het dit gebruik vir die boeke wat CUM uitgee, vandaar dat ek dit aanhaal. CUM het ook 'n Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV) wat 'n direkte vertaling van die Bybel is, soos dit die geval is met Bybelgenootskap se Bybel Direkte Vertaling (BDV) waarvan die NT in 2014 uitgegee is, en die volle Bybel in 2020 verwag word. Dié vertalings is beter vir studie, soos die 1933 vertaling dit ook is, aangesien dit nader aan die oorspronklike teks is. CUM bied ook die <a href="https://www.cumbooks.co.za/afrikaanse-standaard-vertaling-nuwe-lewende-vertaling-parallel-nuwe-testament-1" rel="nofollow">Parallel Nuwe Testament</a> te koop aan vir R99 waarin die teks van beide die ASV en die NLV se Nuwe Testament parallel langs mekaar verskyn sodat die Bybelteks maklik vergelyk kan word. Die ASV, as direkte vertaling, probeer so getrou moontlik aan die bronteks bly deur byvoorbeeld die lang sinskonstruksies, so kenmerkend van Grieks, te behou, asook lengtemate en inhoudsmate (soos vaam, sata en el) en geldstukke (soos stater en mina), wat in voetnote verduidelik word. Jy sal dié twee vertalings baie bruikbaar vind.Herman Steyn on Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12 Goeie more Chris. Byvoorbaat baie dankie vir elke dag se les. Dit word opreg waardeer. Vraag. Ek het nog altyd geglo en gebruik net die 33/53 vertaling. Ek sien jy verwys gereeld na die NLV. Wat is die verskil behalwe moderne/hedendaagse woordstellings. Sal jy aanbeveel om hom te gebruik vir studie?? Byvoorbaat HermanChris van Wyk on Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 Die Hebreeuse frase wat in Genesis 2:7 gebruik word is nishmat chajjim. Dit beteken "asem van die lewe". In Genesis 6:17 word die frase ruach chajjim gebruik, wat met "gees van die lewe" of "asem van die lewe" vertaal kan word. Genesis 7:22 gebruik al drie woorde in die frase nishmat ruach chajjim wat eintlik maar op dieselfde manier vertaal kan word. Daarmee word heel breedweg na lewende mense verwys waarvan hulle asemhaling toon dat hulle lewe. Ander lewende wesens het ook lewe van God ontvang, maar mense word van hulle onderskei deurdat hulle 'n deel van God se lewe - sy asem of gees - in hulle ontvang. 'n Mens moet hierdie "gees" dus onderskei van God se "Gees". Dié lewe - asem of gees - word egter teruggeneem met die dood. Dit is net dié wat in Christus is wat deur die Heilige Gees die ewige lewe ontvang en dus vir altyd God se asem in hulle sal hê.Chris van Wyk on Vraag 6: Wat is die Bybel? Registreer by https://en.gravatar.com/.Chris van Wyk on Vraag 6: Wat is die Bybel? Fanie, jy glo dan nie in die Heilige Gees nie?Leon on Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 Dankie vir jou antw Chris. As ons Gen 2 v 7 lees dan sien ons dat elke lewende siel die Gees van God het. Volgens Handeling 8 v 17 en Hand 19 v 6 het net dié wat dit van die apostels ontvang het die Heilige Gees. Selfs die moslems het die Gees van God, maar hulle het nie die Heilige Gees nie!Fanie Bekker on Vraag 6: Wat is die Bybel? ...ek probeer nou ook my foto by my naam plaas maar ek kry nie die plek hoe en waar mens dit kan doen nie... help tog asseblief.Fanie Bekker on Vraag 6: Wat is die Bybel? Ek probeer baie hard om te verstaan - en onthou, ek soek nie skoor nie, ek probeer regtig verstaan wat u verduidelik. Maar ek kry net nie die kloutjie by die oor nie. Miskien wil u, asseblief vir my die saak uit 'n ander hoek verduidelik. Want, my vraag staan steeds: "...hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie."?Fanie Bekker on Vraag 6: Wat is die Bybel? Alwyn, jy mis die boot. 🙂 Ek lees juis die pragtig saamgstelde daaglikse boodskappies van Bybelskool omdat ek dit geniet - dit beteken egter nie ek stem met alles saam nie. En, in plaas daarvan om my hoed en my handsak te vat ek weg te stap wanneer ek nie saamstem nie, bly ek deelneem... want hoe sal ek dan nou die ander kant van die saak hoor, en jy en Dr van Wyk, as ek nie hier bly, en bly deelneem nie? Inteendeel, ek sou ook graag wou lees hoe jy die saak sien in die lig van my eerlike openhartige kommentaar. Ek het ook nooit die indruk gekry dat mens alles wat jy in Bybelskool lees en leer vir soetkoek moet opeet nie? Mooi dag vir jou ook. 🙂Chris van Wyk on Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 Hi Leon, die Gees en die Heilige Gees is een. Die benaming Gees word meer in die OT gebruik. Die benaming Heilige Gees word meer in die NT gebruik. Maar albei benamings kom in albei dele van die Bybel voor. So as die Gees oor die water sweef, is dit ook die Heilige Gees (Gen 1:2). As die Heilige Gees oor die gelowiges by Pinkster uitgestort word, is dit ook die Gees (Hand 2:1-4). Hierdie Gees word ook die Gees van Jesus genoem (Fil 1:9) en natuurlik die Gees van God (1 Joh 4:2). Waaruit onder andere die leerstuk van die Drie-Eenheid gevorm is. Die Bybel is dus die vrug van die werk van, by wyse van spreke, die Gees van God, die Gees van Jesus, en die Heilige Gees - die Drie-Enige God. Dit is waarom ons met ontsag hierdie boek as die Woord van God hanteer. Dit is die Heilige Gees wat in ons getuig dat dit inderdaad God se Woord aan ons is.Chris van Wyk on Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10 Hi Piet, die duiwel het die mag oor die dood gekry weens die effek van beide die oorspronklike erfsonde sowel as die sondes wat elkeen van ons pleeg. Deurdat Christus sonder sonde dood is, het hy hierdie mag van die duiwel oor die dood gebreek en kan Hy nou die lewe gee vir elkeen wat in Hom glo.Leon on Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 Hello Chris. Ek sal graag kers wil opsteek oor die Heilige Gees waarna Petrus verwys aangaande profesies. Ons weet dat van die begin af was daar die Drie eenheid. Ons weet dat God die Heilige Gees gestort het op die 120 in die bovertrek in Hand 2. Ook voor Jesus opgevaar het , Joh 20 v 22. My vraag is...watter Heilige Gees het die profesies laat ontstaan in die Ou Testament. Ek weet dit is deel van die Drie eenheid, maar hoe?Chris van Wyk on Vraag 6: Wat is die Bybel? Jy is welkom om sekerheid in jou eie gedagtes te vind. As jy egter nie in die Gees glo nie, sal jy die Bybel anders as ek lees. Dit is die Gees wat my sekerheid gee dat die Bybel God se Woord is.Chris van Wyk on Vraag 6: Wat is die Bybel? Dankie! Opbouende kommentaar is altyd welkom, selfs kritiek. As jy egter nie in die Gees glo nie, sal jy glad nie die stem van God in die Bybel kan onderskei nie.Alwyn on Vraag 6: Wat is die Bybel? Ek is bly oor vandag se boodskappie. My reaksie. As 'n mens nie daarvan hou nie moet dit nie lees nie en moenie kommentaar lewer nie. Of mis ek die boot?Fanie Bekker on Vraag 6: Wat is die Bybel? Ek is bly vir vandag se boodskappie: "Vraag 6: Wat is die Bybel?", want ek loop nou al vir 'n week en wonder hoe kan ek die saak met u opneem, geagte Dr van Wyk. Veral die gedeelte: "Die Bybel is die geskrewe Woord van God. Die Heilige Gees getuig in my hart dat dit so is." Ek dink dit is eenvoudig net nie waar nie. Eens, toe ek ook nog naief geglo het in die Bybel as die "Woord van God", sou ek vreugde gevind het in u pragtig uiteengesette boodskappie. Vandag egter, baie ure se persoonlike Bybelstudie later, weet ek, bo alle twyfel, dat die Bybel nie die "Woord van God" is nie en dat die "Heilige Gees" nie bestaan nie. Hoekom is ek so oortuig daarvan? Eerstens kan ek bo redelike twyfel verklaar dat die materiaal wat u op hierdie Webblad skryf, u woord/e is. Ek weet dit want u en ek het al daaroor gekommunikeer, en ek kan dus verklaar: "Bybelskool is die woord van Dr van Wyk." Maar, ek kan nie dieselfde van die Bybel verklaar nie omdat dit eenvoudig nie God se Woord/e is nie- dit is mensewoorde. En tweedens: hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie. As gelowiges dus verklaar dat die Heilige Gees hulle lei om te verklaar dat die Bybel die "Woord van God" is, dan sê ek dit is wensdenkery: die werklikheid is egter dat dit nie so is nie. En wat meer is: ek dink ons oorspeel ons hand as ons namens God oor God dinge besluit, en woorde in Sy "Mond" lê, soos om die "Heilige Gees" se "oortuigingsmag" aan God toe te skryf. Ek wonder - wat dink u?Jan Louw on God bestaan en God praat – Psalm 19 Die gedagte dat God praat, praat met my.Chris van Wyk on Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte Dankie Jurgens. Dit is my lewe.Jan Louw on Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte Dankie Chris andermaal. Interessant die ooreenkoms tussen NGB en Westminister.Jurgens de Jager on Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte Chris Ek waardeer jou liefde vir die Here en sy kinders ontsettend baie!Piet du Toit on Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10 Chris wat sou die betekenis van Heb 2:14 wees waar gese word dat satan mag het oor die dood?Chris van Wyk on Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 Hi. Dit is nie sonde nie, maar <a href="https://bybelskool.com/verassing/">lees hier meer daaroor</a>.Corrie on Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 Boeke môre ek wil graag vra is verassing sonde want die woord sê van stof is jy gemaak en tot stof sal jy terug keer. Het as en stof die self betekenis hier? Groete Corrie.Corrie on Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 Môre baie dankie vir die antwoorde waardeer op reg sal begin met Markus en sal weer vra as ek nie iets nie verstaan nie geseënde naweek vir U groete Corrie.Chris van Wyk on Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 Hulle probeer jou oortuig om hulle leringe te aanvaar. Daar is geen boeke uit die Bybel weggelaat nie. Hulle leer bv dat Jesus nie God is nie. Dit beteken dat Hy dan ook nie vir ons kan verlos nie. Want, ons het 'n Middelaar nodig wat God en mens is. Jesus is mens. Gebore uit Maria. Jesus is God. Gebore uit God. Hy is dus God self (Johannes 1:1-14). Ek stel voor jy begin by 'n boek soos <a href="https://bybelskool.com/markus-2/">Markus</a> en lees dit deur om Jesus beter te leer ken. Klik op die <a href="https://bybelskool.com/markus-2/">skakel</a> en volg die instruksies. Geniet die reis!Corrie on Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 Môre baie dankie ek voel onseker omdat hulle sê dat Sy Naam Jehovah is en sê daar is boeke van die Bybel ook weggelaat en verskyn nie in ons Bybel nie. Ek is in n NG gemeente en wil graag meet leer oor die woord dit bestudeer wil graag weet wat stel U voor hoe en waar begin ek ek is n kind van die Here dankie wag op U ant woord CorrieChris van Wyk on Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 Hi Corrie. Ironies genoeg is dit die Jehova Getuies wat hulle Bybel oorgeskryf het volgens hulle eie verstaan. In ons Bybel sal jy sien dat ons deurgaan van Here praat waar die naam Jahwe - wat die Hebreeuse woord in die grondteks is - voorkom.Corrie on Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 Môre ek wil n vraag vra: Hoekom sê die Jehovah Getuies dat God sê naam is net Jehovah en dat almal wat die Bybel oorsgeskryf het Sy naam Jehovah uit die Bybel verwyder het en dit is Sy regte Naam.Chris van Wyk on Die karakter van Dawid Ek het nie meer inligting as wat daar staan nie, behalwe in kommentare en handboeke. Jammer.Annelise Lambrechts on Die karakter van Dawid Kan U asb vir my inligting aangaande Dawid epos? Indien U kan soveel as moontlik inligting.Chris van Wyk on Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte So hardloop ons na ons ewige bestemming!Jan Louw on Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte Hoë waardering Chris vir "God wat alles gemaak het". Ons voorgangers in die geloof wat jy aanhaal, maak ons trots en stem ons tot diepe dankbaarheid. Ek glo Hebr 12:1 is ook hier van toepassing: Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,Chris van Wyk on Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? Ek sien nou. Reggemaak.Chris van Wyk on Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? Stuur vir my die boodskap wat jy kry (screenshot bv). Anders kan ek dit nie opvolg nie.Chris van Wyk on Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? Hi - die skakel werk by my?Lou Pistorius on Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? Hi Chris Ek stuur die skakel aan acv.vanwyk@gmail.com om na te kyk. Dankie! Lou PistoriusChris van Wyk on Efesiërs Hi Ronel. Dankie! Ek het die skakel so pas getoets en dit werk by my. Stuur vir my 'n screenshot as dit weer gebeur dat ek kan agterkom wat gebeur. Al die skakels is hier: https://bybelskool.com/efesiers/Ronel Pistorius on Efesiërs Chris dit lyk of die link nain die eerste post na "Efese"onaktief is. Kan jy help asb. Obs groep wil graag met die studie begin. Jou Bybelskool is 'n blessing vir ons.Chris van Wyk on Openbaring Johannes het voorheen al dieselfde geskryf oor die gelowiges uit die groot verdrukking wie se trane afgedroog is: "Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” (Openb 7:14-17) Hier skryf hy dat dit met alle gelowiges sal gebeur sodat hulle die ewigheid "traanloos" kan ingaan: "Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Openb 21:3-4) Hierdie geskenk kom natuurlik van Jesus af wat in die aardse lewe sy gebede met baie trane tot God geoffer het, sodat Hy dié wat Hom gehoorsaam, vir ewig kan verlos van hulle trane: "Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek." (Hebr 5:7-10)Engela Lehmkuhl on Openbaring More. Openbaring 7.17 se "want die Lam wat in die middel van die troon sit, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterstrome lei, en God self sal alle trane afdroog". My vraag Is daar dan trane in die hemel?Chris van Wyk on Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep Al die skakels is hier: https://bybelskool.com/jona/f van Rensburg on Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep wil graag die Jona studiestuk aftrek maar ek kom nie in die stukke in nieChris van Wyk on Die wederkoms en die wegraping Hi André. Ek het baie respek vir David, en het al dele van sy Unlocking the Bible gelees, maar stem nie saam met die wegraping in die middel van die verdrukking nie. Die uitleg en die teks stem nie na my mening ooreen nie.Chris van Wyk on Die wederkoms en die wegraping Die skakel is in die antwoord. Hier is dit weer: https://bybelskool.com/openbaring-20-die-oordeel-oor-die-satan-baan-die-weg-vir-die-bekendmaking-van-die-mense-in-die-boek-van-die-lewe/Nakkie Bruwer on Die wederkoms en die wegraping Baie dankie vir die terugvoer oor die wegraping. Ek glo dit ook so. Ek het nie meer die Openbaring 20 nie. Moontlik om dit vir my te stuur?Andre on Die wederkoms en die wegraping Hi Chris, ek het n onderrig sessie gekyk deur David Pawson(hy het unlocking the Bible gedoen) Hy het die onderdrukking as Big Trouble beskyf. Daar is volgens die Bybel n 7jaar verdrukking, waar ons as Wedergebore Kinders van God deel gaan he in die eerste 3 en n half jaar, waarna ons dan gaan weggeraap word. die volgende 3 en n half jaar verander die anti christ sy kleure en n baie swaar tyd wat voorle vir mense wat agterbly. Hulle sal nog n kans kry om Jesus aan te neem, maar sal baie swaar wees. Sal asb jou kommentaar graag wil he. Baie dankie AndreChris van Wyk on Die wederkoms en die wegraping Hi, kleinnig! Ek het nog nie absolute duidelikheid daaroor nie, al maak die premillennialisme vir my meer sin, veral omdat die Satan se loslating ná hierdie tyd dan meer logies is. Gelukkig weet die Here darem! En dit is eintlik al genoeg.Annalina on Die wederkoms en die wegraping In die lig van dit alles, Chris, wanneer is die duisendjarige vrederyk?Chris van Wyk on Wat is die mens? – Genesis 1:26-28 <strong>Jesus</strong> praat van een wederkoms aan die einde van die tyd (<a href="https://bybelskool.com/markus-131-23-rampe-en-vervolginge-en-die-groot-verdrukking/">Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot Verdrukking</a>; <a href="https://bybelskool.com/markus-1324-37-die-koms-van-die-seun-van-die-mens/">Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens</a>; <a href="https://bybelskool.com/matteus-243-51-jesus-motiveer-sy-dissipels-tot-waaksaamheid-en-gereedheid-betroubaarheid-en-verstandigheid/">Matteus 24:3-51 – Jesus motiveer sy dissipels tot waaksaamheid en gereedheid, betroubaarheid en verstandigheid</a>; <a href="https://bybelskool.com/matteus-25-jesus-spoor-sy-dissipels-aan-tot-waaksaamheid-getrouheid-en-barmhartigheid/">Matteus 25 – Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid, getrouheid en barmhartigheid</a>; <a href="https://bybelskool.com/lukas-211-38-volhard-in-waaksaamheid-en-gebed/">Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed</a>). Sy uitverkorenes moet die Groot Verdrukking deurstaan, en Hy belowe dat Hy hulle sal beskerm in daardie tyd (Matt 24:22). Hy roep ons op om waaksaam te wees en altyddeur te bid dat ons die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn (Luk 21:36). <strong>Paulus</strong> stem uiteraard hiermee saam en skryf oor een wederkoms reg deur al sy briewe. Aan die einde van die tyd verskyn die Here Jesus en ons saam met Hom (Kol 3:4). By dié wederkoms verskyn ons voor Hom (1 Tes 2:19). Sommige bly lewe tot daardie wederkoms (1 Tes 4:15). Ander staan uit die dood uit op daarvoor. Ons almal word herenig met Hom (2 Tes 2:1). Hierdie wederkoms kom soos 'n dief in die nag (1 Tes 5:1). <strong>Petrus</strong> doen dieselfde (1 Pet 1:7, 13) en voeg by dat dit 'n tyd van groot vreugde sal wees (1 Pet 4:13). Hy verwys ook na die berg van verheerliking wat 'n voorsmakie was van wat in die wederkoms vir ons wag (2 Pet 1:16). Daarop moet ons met geduld daarop wag (2 Pet 3:4). <strong>Johannes</strong> verwys ook na een wederkoms in sy eerste brief (1 Joh 2:28), en brei meer uit oor wat in daardie tyd sal gebeur. Lees veral my bydrae oor <a href="https://bybelskool.com/openbaring-20-die-oordeel-oor-die-satan-baan-die-weg-vir-die-bekendmaking-van-die-mense-in-die-boek-van-die-lewe/">Openbaring 20</a> daaroor. Ek brei in my bydrae uit oor verskillende idees oor die wegraping. Ek kies vir 'n wegraping wat met die wederkoms saamhang, want dit is na my mening wat in 1 Tessalonissense 4 staan. Tong in die kies, as ek egter verkeerd is, sal ek in elk geval saamgaan, want dít is wat die Here Jesus in sy Woord aan my en ander gelowiges beloof.Nakkie Bruwer on Wat is die mens? – Genesis 1:26-28 Ons is `n bietjie verdeeld in ons selgroep. Daar is `n paar wat glo in die wegraping en staan veral op die deel in Tessalonisense. Die ander, waarvan ek `n deel, is glo net aan een wederkoms van Jesus. Help ons asseblief! GroeteChris van Wyk on Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8 Dit hang af. Ek het my redes vir die keuse van wat gegee in ‘n vorige inskrywing. Die volgende vraag gaan oor die mens, en ek vra daar ook wat, soos Psalm 8 dit doen. Ek sal graag luister na taalkundiges se kommentaar.Herman on Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8 Is dit nie meer korrek om te vra WIE is die Drie Eenheid? Ons het tog met drie persone te doen in een Goddelike Wese?Chris van Wyk on Uitverkiesing en die eindoordeel Ek is só bly. Die wonderlike boodskap van Johannes in sy eerste brief is soos volg: "Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra." (1 Joh 5:12-15)Diana on Uitverkiesing en die eindoordeel Chris, baie dankie vir hierdie. God weet wanneer om watter antwoord te gee. Twee dae terug vra my tien jarige dogtertjie vir my of sy steeds hel to sal gaan as sy Jesus aanvaar het maar tog reeds verkeerde dinge gedoen het / gaan doen. Hierdie is bevestiging dat my antwoord aan har beslis van Heilige Gees gkom het.Chris van Wyk on Wat is God? – Psalm 92:2-6,9 Dit is só 'n plesier en voorreg vir my!Vere on Wat is God? – Psalm 92:2-6,9 Baie dankie Chris vir jou nuwe reeks oor Wie Is God. Weereens is ek verwonderd, opgewonde en dankbaar. Seengroete, VereChris van Wyk on Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God Waardeer. Welkom.Johnnie le Roux on Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God Dankie Chris vir jou comment oor Job. Ek bly op Jeffreysbaai. Kan dalk eendag bietjie kuierJan Louw on Vraag 1: Wat is God? Dankie dat jy aandag gegee het aan my standunt Chris. Ek hoor wat jy sê, maar is nie oortuig nie. "What is God (like)?" kan bv vertaal word met: "Wat is God se karakter?" Dan antwoord jy: Hy is liefde ens. Ek ken egter jou hart en sal dit nie teen jou hou nie!Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018 Hi Fransina. Jy kan <a href="https://bybelskool.com/openbaring-3-fokus-op-gemeenskap-met-jesus/">hier lees</a>. Daar sê ek onder andere: "Die boodskap aan Laodisea – “Wees dan ywerig en bekeer jou” – vers 14-22 Die skerpste oordeel van Jesus word gereserveer vir die boodskapper van die gemeente van Laodisea. Die boodskap aan Laodisea was dat hulle nóg koud, nóg warm is, maar louwarm. Hulle was trots op hulle materiële voorspoed, maar het daarom nie hulle geestelike armoede raakgesien nie. Daarom raai Jesus hulle aan om eerder ryk in God te word (suiwer goud van Hom te koop), onberispelik te lewe (wit klere om hulle onsedelikheid te bedek) en in geestelike insig (salf vir hulle oë) toe te neem. Die gebruik van die terme koud, warm en louwarm moes besonder treffend Jesus se boodskap gekommunikeer het, want almal in Laodisea het geweet dat hulle water nie met dié van Kolosse (heerlike koue waterbronne), so tien km oos van hulle, en dié van Hiërapolis (heerlike warm waterbronne), so tien km noord van hulle, vergelyk kon word nie. Hulle water het van die Danisli-bronne gekom en nadat dit oor ’n kalkkrans gestort het, louwarm en onsmaaklik by hulle aangekom. Hulle geestelike lewe was dus so louwarm en onsmaaklik soos hulle water! Die oplossing was om God ywerig te begin gehoorsaam, aan sy stem gehoor te gee, die geestelike deur van hulle persoonlike en gemeentelike lewe vir Hom oop te maak en in gemeenskap met Hom te leef. Só sou hulle deel kon hê aan die koninkryk van God saam met Jesus."Fransina Hashipala on PREKE: 2008 TOT 2018 Pastoor ek soek asb 'n kort verduideleking oor Openbaring 3:20 groot assebliefChris van Wyk on Vraag 1: Wat is God? Ek het ook kers opgesteek by die webtuiste <a href="https://www.gotquestions.org/what-is-God.html" rel="nofollow">Got Questions</a> wat ook met die vraag "What is God (like)?" werk. Dit was uiteindelik instrumenteel in my keuse.Chris van Wyk on Vraag 1: Wat is God? Ek het dit oorweeg, maar wou 'n onderskeid maak met die volgende vraag na die Drie-Eenheid wat die "Wie"-vraag na my mening antwoord (volgende week se plasings). Vandaar die "Wat"-vraag. "Wat" en "wie" is albei vraende of betreklike voornaamwoorde (HAT). <ul> <li>Met die vraende voornaamwoord "wat" vra jy meer 'n inhoudelike of beskrywende vraag: "Wat is gebed?" Daarom: "Wat is God?" of "Wat is sy Naam?" (Eks 3:13) </li> <li>Met die vraende voornaamwoord "wie" vra jy meer 'n persoons- of identiteitsvraag: "Wie bid?" Daarom sal 'n mens dit só aantref in terme van God: "Wie sal ons red uit die mag van hierdie geweldige God? Dit is dié God deur wie die Egiptenaars in die woestyn getref is met allerhande plae." (1 Sam 4:8)</li> </ul> "Wie" kan verder vervang word met "watter" soos in "watter persoon?" "Wat" kan egter nie op dieselfde wyse vervang word met 'n ander woord nie. Daarom gebruik 'n mens die betreklike voornaamwoord "wat" eerder as "wie" in die volgende sin: "Die man, wat nou net hier was." Dit word ook in die Bybel gebruik vir God: "Ek is die God <strong>wat</strong> daar aan jou verskyn het." (Gen 35:1) Ek het ook oorweeg om te praat van "watter soort God" is God, maar dit het vir my gevoel te omslagtig geword. Vandaar "Wat is God?" En dan die volgende vraag: "Wat is die Drie-Eenheid?" Die titel van die boek is natuurlik "Wie is God?" Dit maak die Godsbeeld van die boek 'n persoonlike een: Vader, Seun en Heilige Gees.Jan Louw on Vraag 1: Wat is God? Chris, Moet ons nie liewer konsekwent praat van: "Wie" is God nie? God is mos is persoon en daarom vra ons nie: "Wat" is God nie. Dit is vir my belangrik in die lig van die panenteïsme in die teologie. JanRia Muller on Wat is God? – Psalm 86:8-12,15 Baie dankie vir die studies waardeer dit baieNelda on Vraag 1: Wat is God? Hello Dominee, en tog murmereer ons soos die volk Israel by Moses. Daar is soveel tasbare bewyse dat God sorg ten spyte van alles.Lorraine Paquet on Hebreërs 10:19-39 – Laat ons die heiligdom ingaan met vrymoedigheid Dankie Ds Dit verduidelik vrymoedigheid so goed. Beteken baie.Jan Louw on Selfbeheersing Mooi!Chris van Wyk on Psalms – reeks Die enigste manier tans is om dit self op die web te lees. Jammer.Rolinda Van niekerk on Psalms – reeks Sal dit graag per email will ontvangChris van Wyk on Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar Hi Adri. Onthou dat Lukas 11:37-53 'n gedeelte is wat gerig is aan die Farisëers en wetgeleerdes oor hulle skynheiligheid. Hulle bou monumente vir die profete, asof hulle hulle eer, maar met hulle optrede teenoor Jesus, die Groot Profeet, wys hulle dat hulle die slegte dade van hulle voorouers goedkeur. Die enigste goeie profeet vir hulle is 'n dooie profeet. Hulle staan dus skuldig vir hulle eie sonde - hulle verwerp die profeet Jesus - maar wys daarmee dat hulle net so skuldig is as hulle voorgeslagte - en verwerp dus ook hulle boodskap, 'n boodskap wat op Jesus gedui het. Die breër konteks van jou vraag is hoe 'n mens betaal vir (of skuldig is aan) iemand anders se sonde. Almal van ons ly aan die gevolge van vorige geslagte se sondes -dié wat die Here nie erken het nie, of onreg gepleeg het - maar ons dra nie noodwendig die skuld van hulle sonde nie. 'n Illustrasie hiervan is die seuns van Korag wat nie saam met hulle pa gesondig het teen die Here nie (<a href="https://bybelskool.com/numeri-16-verset-lei-tot-veroordeling-wat-net-getroef-word-deur-voorbidding-en-versoening/">Numeri 16</a>), en deur die Here begenadig is om 'n besondere plek onder die priesters en Leviete te beklee as die Koragiete - mense wat 'n paar Psalms geskryf het en as sangers opgetree het in die tabernakel en tempel. Samuel was 'n afstammeling van hulle!Adri on Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar Chris, hoe staan ek in vir ‘n ander (ook my land/volk) se sondes? Hoe betaal ek nms ander ‘n skuld? Lukas 12:37~53, waarsku Jesus teen sondes gepleeg deur (ons) voorouers? “..hulle bloed sal vd huidige geslag geëis word.” Ek besef dat ons die Woord soms net in konteks en vir wat dit sê moet neem, maar ek glo met my hele hart daaraan dat die Woord waar en eg is en beslis vir vandag geskryf is. Ek glo ook dat my Rabbi deur die Woord ons bekommernisse aan raak. Daarom wonder ek oor my vraag? Hoe staan ek in, maar meer nog hoe betaal ek ‘n skuld nms... Vertrou eks duidelim genoeg, byvoorbaat dankie, AChris van Wyk on Psalms 1-41 Hi Elize. Jy kan enige skakel op die webtuiste klik en die onderwerpe wat ek behandel, gebruik om die Bybel beter te kan leer lees. Geniet dit.Elize Hartley on Psalms 1-41 Sal daarvan hou om my bybel te kan leer, so as jul vir my kan onderwerpe stuur, sal ek dit baie waardeerChris van Wyk on Bemoediging Dankie Johan. Ek het 'n paar bydraes wat jou kan help. <ul> <li><a href="https://bybelskool.com/kan-satan-jou-gedagtes-lees/">Kan Satan jou gedagtes lees?</a></li> <li><a href="https://bybelskool.com/die-bestaan-van-die-duiwel-demone-en-engele/">Die bestaan van die duiwel, demone en engele</a></li> <li><a href="https://bybelskool.com/soek-julle-krag-in-die-here-en-in-sy-groot-mag/">Soek julle krag in die Here en in sy groot mag</a></li> </ul>Johan on Bemoediging Hallo Chris Baie dankie vir al die insigte, ek leer baie. Ek het iewers n skakel gedruk en gelees van bose geeste en het die stuk probeer "save" maar die stuk kry ek glad nie meer nie. As jy miskien dit raakloop sal ek waardeer as jy my kan vertel waar ek dit weer kan kry. Groete en sterkte met die groot werk JohanChris van Wyk on Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienis Dankie!Nicolene on Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienis Dis 'n wonderlike voorreg om sulke inligting te kan lees ...baie dankieChris van Wyk on Die “Vloek”-Psalms Dankie!Lettie Breytenbach on Die “Vloek”-Psalms Dankie vir hierdie plasing. Dit is nou regtig insiggewend en vir my in-die- kol.Chris van Wyk on 1 en 2 Korintiërs Ek het net die stof wat op die webtuiste is, beskikbaar: <a href="https://bybelskool.com/die-brief-van-2-korintiers/">Die brief van 2 Korintiërs</a> 2 Korintiërs 1:1-2:11 – God gee moed in elke omstandigheid 2 Korintiërs 2:12-3:18 – Ons raak God se woorde aan die wêreld 2 Korintiërs 4:1-5:10 – Om te lewe soos Hy dit wil 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening 2 Korintiërs 6:14-7:16 – Toegewy aan God alleen 2 Korintiërs 8-9 – Vrygewigheid is regverdig 2 Korintiërs 10 – Om te bou en nie af te breek nie 2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid 2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk 2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheidMartie on 1 en 2 Korintiërs Hi Chris Ons het bybelstudie gehad oor 1Korntiers nou soek ek graag n bybelstudie in boekvorm vir 2Korintiers GroeteChris van Wyk on Daaglikse of weeklikse tye van afsondering en stilte Hi André. Ja, vir werkendes is die daaglikse tyd van afsondering eintlik die enigste moontlikheid. My ervaring is egter dat as 'n mens nie só iets beplan nie, kom jy nooit so ver nie. Ek het nou self begin met die vaste gebedstyd as 'n riglyn (eintlik nog net die oggendgebed en soms die aandgebed) en dit raak 'n kosbare tyd van stilte vroegoggend. Ek het egter 'n regte retraite nodig om heeltemal stil te raak weens my program. Kon dit darem al 'n paar keer vir so 3 dae doen by Deon Loots se Shama. Dit is van onskatbare waarde vir my.A Kritzinger on Daaglikse of weeklikse tye van afsondering en stilte Chris - baie dankie vir jou plasings! Tov dié een oor tye van afsondering maak ek graag 'n opmerking. Die meeste mense moet maar "tevrede wees" met die daaglikse tye. Die weeklikse tye van afsondering klink wonderlik. Maar ek ken so baie mense wat Maandag tot Vrydag 7vm die huis verlaat werk toe en dan saans teen 18:00 tuis kom. Sommiges werk nog soms 2 Saterdae per maand ook. Dan is daar die gewone sake wat aandag kry Saterdae en Sondae is betrokkenheid in hulle plaaslike gemeentes... Vir hulle kan 'n oggend per week net nie prakties werk nie. Of het jy ander raad?Chris van Wyk on Geloofsonderskeiding Hi Jan. Die paaie het vóór dié vergadering in Jerusalem al uitmekaar begin beur met die Joodse Christene wat die nakoming van die hele wet voorgestaan het, en die Christene uit die heidene wat vrae gevra het daaroor. Die hoop bestaan dus altyd dat 'n kerk - en ek sluit alle kerke in - die onderlinge teologiese spanninge aan die hand van dié vier fases van geloofsonderskeiding sal oplos. Dit het vir die kerk in Jerusalem toentertyd gewerk. My hoop is steeds dat dit by die NG Kerk - en alle ander kerke wat worstel met praktiese gehoorsaamheid aan die Skrif - kan werk. Die uitkoms van dié vergadering in Jerusalem was interessant genoeg om raak te sien <em><strong>dat die seremoniële en burgerlike kante van die wet in Christus opgehef is</strong></em>. Maar, <em><strong>dat die morele kant van die wet vir almal geldig sal bly</strong></em>, veral in terme van <em>afgodery</em> (uit die eerste tafel van die wet en Jesus se opsomming van die belangrikste gebod) en <em>onsedelikheid</em> (uit die tweede tafel van die wet en Jesus se talle voorskrifte oor reinheid, bv Markus 7 en Matteus 19). Geen wonder nie dat Jesus dit weereens beklemtoon in sy brief aan Tiatira in Openbaring 2 dat afgodery en onsedelikheid gemeentes - persoonlik en korporatief - aan die straf van die Here self onderwerp. Hoe tegelyk veronrustend en vertroostend klink Jesus se woorde nie vandag ook nog nie: "<em>Haar volgelinge sal Ek deur ’n pessiekte om die lewe bring. Dan sal al die gemeentes weet dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond. Ek sal elkeen van julle straf volgens julle doen en late. Maar vir julle ander in Tiatira, wat nie hierdie leer aanhang en nie die 'diep geheimenisse van die Satan', soos hulle dit noem, leer ken het nie, sê Ek: Ek lê op julle geen ander verpligting nie; hou net vas wat julle het, totdat Ek kom.</em>" (Openb 2:23-25). Daarmee onderstreep Jesus dat die morele aspekte van die wet van God tot in ewigheid geldig sal bly. Dit is ook dié aspekte van die wet wat die Gees in ons harte inskryf soos ons by Paulus in Galasiërs 5, Romeine 8, en Efesiërs 4 agterkom. Paulus verbind in Romeine 1 selfs nog nouer afgodery en onsedelikheid, waar die onsedelikheid (en 'n rits ander sondes) vloei uit 'n ignorering van wat God van Homself en die lewe openbaar. Waar jy nie God se uitgespelde moraliteit in die Skrif aanvaar en uitleef nie, is jy per definisie besig met jou eie godsdiens, en kan 'n mens dit as afgodery teken, soos Paulus inderdaad doen. Daarom kan Paulus in Romeine 12:1-2 alle gelowiges in die gemeente aanmoedig om in die eerste plek hulle fisiese liggame: "<em>as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer</em>" te stel. "<em>Dit is julle redelike godsdiens.</em>" Dit is gemik teen (onder andere) onsedelikheid. En dan in die tweede plek te beklemtoon dat hulle hulle denke skoei op God se openbaring: "<em>En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.</em>" Dit is gemik teen (onder andere) afgodery. Dus: "<em>Hou net vas wat julle het, totdat Ek kom.</em>"Chris van Wyk on Jeremia 10 – Die Here die Almagtige is die ware God In die konteks van oordeel bly die drie aspekte van God ons hoop. En ons riglyn: “Dat liefde, reg en geregtigheid belangriker is as insig, krag en rykdom bly ’n fundamentele keuse van dié wat die Here ken en Hom in alles wil erken. Dat dít gelowiges in konflik bring met wêreldse insig, krag en rykdom is daarom egter ook ’n feit. Maar, dit is wat getrouheid van ons vra.”Yvonne on Jeremia 10 – Die Here die Almagtige is die ware God Ds Chris wat my tref is in Jeremia 9:24 God se hart “Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde, want dit is wat ek wil he, se die Here.Jan Louw on Geloofsonderskeiding Ai Chris, Ek kyk na die vier punte wat jy hier noem oor geloofsonderskeiding. Gee vir almal kans om ʼn bydrae te lewer. Fokus op getuienisse van God se werk en teenwoordigheid in hierdie lewe. Toets alles aan die Bybel totdat die geloofsgemeenskap duidelikheid kry. Neem ’n vaste besluit eers wanneer julle algemene instemming en ’n gemeenskaplike oortuiging bereik het. Waarom wil dit nie meer werk in die NG Kerk nie? Die proses veronderstel dat ons van een Gees deurdronge sal wees. Hoekom kry ek die idee ons werk nie meer met dieselfde Bybel en dat ons nie meer deur dieselfde Gees gelei word nie. Ons paaie gaan uitmekaar soos die kerk en die Jode se paaie uitmekaar gegaan het in Hand 15.Chris van Wyk on Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe My voorreg!Fransina Hashipala on Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe More Pastoor Chris ek geniet baie van jou preke, ek is 'n ouderling by my kerk en leer rerig baie van u af.Chris van Wyk on Bybelskool oor Prediker en Hooglied Hi Sanet. Welkom. Jy kan aansluit by <a href="https://bybelskool.com/subscribe/">hierdie skakel</a>. Dan sal jy nuwe bydraes in jou Inbox ontvang. Jy kan enige van die Bybelboeke hierbo op jou eie deurwerk. Klik net op die skakel van die Bybelboek wat jy wil deurwerk en volg die skakels. Jy kan ook vrae vra as jy kommentaar lewer by die onderskeie bydraes. Groete, Chris.sanet venter on Bybelskool oor Prediker en Hooglied Goei more, Ek sal graag ook wil aansluit om meer te leer. Dankie Sanet VenterAnsie on Jesaja afsluiting spreek van God se geduld, liefde en genade.Chris van Wyk on Verassing Ek stem saam.Dirkie on Verassing Chris, Dankie vir jou verduideliking oor die vraag oor verassing wat baie gevra word. Ek lees altyd graag wat jy skrywe want daar is wysheid in. Al gedagte wat ek kan byvoeg oor die gebruik wat nie eintlik in die Skrif pertinent verduidelik word nie, is dat die Bybel wel leer dat ons liggaam Sy tempel is en dat ons solank ons lewe ons liggaam met eerbied en respek as God se skepping en woonplek moet oppas solank ons lewe. Vir my voel dit dat 'n ter aarde bestelling meer uitdrukking gee aan die respek en oorgee van die liggaam vir God om tot stof te laat terugkeer.Chris van Wyk on Verassing Ek begin self al hoe meer waarde heg aan ‘n “ter aarde bestelling” begrafnis. Ook uit ‘n pastorale hoek. Ek onthou die getuienis van ‘n kleinniggie van my wat by haar sewejarige seun se begrafnis gesê het, dis net sy liggaam wat hier weggelê is. Hy is by die Here. Dit was asof iets van die opstanding uit die dood vir my daardie dag oopgegaan het.Petrus Moolman on Verassing Chris ek stem volmodig met jou saam. Ek sal graag wil byvoeg dat my voorkeur aan verassing veral op die pastorale vlak is. In my pastoraat vind ek dikwels mense wat nie met die as van 'n ooledene iets gaan doen, plaas, strooi of begrawe nie. Dit word in die huis iewers gebêre en selfs as soort 'shrine' met 'n kers daarby gebruik. Sulke mense het ek ervaar kry nie afsluiting nie en sukkel om die rousmart pad uiteindelik vertroos te loop. Alhoewel die manier waarop met die as gehandel word pastoral net so effektief gedoen kan word, laat die graf tog vir my iets konkreet waar ek kan gaan gedenk, bid en dank en betekenisvol rou.Chris van Wyk on Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat? Dankie. Waardeer.Thinus Hermann on Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat? Hi Chris, baie dankie ek geniet jou Job oordenkings vreeslik baie. Ek skryf self heelwat, so ek weet hoe moeilik dit is om al die spelfoutjies op te tel. Hier is enetjie in een van jou opskrifte: Goe [moet wees God...] se werke illustreer sy misterieuse karakter – 26:5-14Chris van Wyk on Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie Ja. En die res van die Bybel wys ons in detail hoe ons dit doen onder leiding van die Heilige Gees. Die “nuwe” is natuurlik dieselfde as die “oue” (1 Joh 2:7) behalwe vir die verbygaande seremoniële, burgerlike en rituele riglyne wat in Christus vervul is (offers, dieetreëls, Joodse kulturele riglyne). Die morele wette bly dieselfde soos in die Tien Gebooie en die res van die OT vir ons gegee. Jesus se opsomming van die wet en die profete wys dat God se wil in die Eerste of Ou Verbond (OT) dieselfde is as die Tweede of Nuwe Verbond (NT).dederik Robbertse on Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie More Chris. Is die volgende reg? God se wil is== Jesus se 2 nuwe gebooie(wet) vir ons= Wees vir Abba Vader bo als gehoorsaam,lief,eer,loof,vrees en aanbid Hom. 2) Wees vir jou naaste lief soos vir jouself.Chris van Wyk on Jesaja in die evangelies My voorreg!Yvonne Brown on Jesaja in die evangelies Ds Chris baie dankie ek het Jesaja saam met julle deurgewerk ..... n voorreg om te deel in julle kennisChris van Wyk on Geloofsgemeenskap Dit kom in ‘n volgende bydrae. Ek het ook daaroor in die boeke Barnabas en Gevorm deur die kruis (www.bmedia.co.za) geskryf. Ek het ook ‘n stuk vir die Algemene Sinode geskryf wat ek kan beskikbaar stel.Barry Fourie on Geloofsgemeenskap Bespreek asb eendag die begrip geloofsonderskeiding ..dankie BarryChris van Wyk on Wat glo jy? – 52 antwoorde op kinders se vrae oor God, Christus, geloof en die Gees. Ek is ‘n leraar van die NG Kerk.Gretna on Wat glo jy? – 52 antwoorde op kinders se vrae oor God, Christus, geloof en die Gees. Mag ek vra van watter kerk asb?Phillip van den Berg on Galasiërs Hi Chris, geen haas nie. Geniet jou vakansie...Chris van Wyk on Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef Ek kon die Galasiërs hoofstuk aflaai. Die uitbreiding is egter "dot" wat wel oopmaak in Word, maar 'n fout in die plugin moet wees. Ek sal kyk (ná my verlof) na 'n beter plugin vir daardie funksie.Chris van Wyk on Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef Sal kyk. Miskien was die server oorlaai op daardie punt.Phillip van den Berg on Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef More Chris, ek het vanggend die word doc. van hoofstuk 1 van Galasiers probeer aflaai, maar kry n foutboodskap. "Bybelskool.com sent an invalid response". Ek het nou weer probeer en kry dieselfde boodskap. Ek kon wel as n toets bv. Spreuke 1 se word doc aflaai... Groete...Carine Pretoruis on Obadja As jy die boek lees met jou geestelike oë eñ ore oop, dan besef jy die diepe ereñstige waarskuwiñg wat God gee. Om dinge van Hom te hoor en af te gee, is ñ Godelike gawe wat God uit Sy onverdiende genadegenade aan jou skenk. Moenie hoogmoedig raak nie. God haat hoogmoed. Jy is net die spreukbuis. Moenie die eer wil vat ñie. Hē eerder ñ"servañtwood mentalty".Neels Hubinger on Dip your pens into your hearts Pragtig...Crafford on Dip your pens into your hearts Die een oor die "dip your pens" gaan ek hou! Baie dankie. Louisa CChris van Wyk on Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie Ek sou sê fokus op God is die doelwit van hierdie gedeelte, eerder as om op jou eie insig van wat reg en verkeerd is in die lewe staat te maak.Dries Weideman on Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie Balans is die doelwit van hierdie gedeeltes?Phillip van den Berg on Reisgenote in geloofsvorming Baie dankie Chris. Ek gaan so bietjie kyk na Evernote ook. Die meeste van die e joernale het maar n jaarlikse koste as jy van die meer gevorderde funksies wil gebruik. Groetnis...Chris van Wyk on Reisgenote in geloofsvorming Hi Phillip. Ek gebruik tans <a href="https://evernote.com" rel="nofollow">Evernote</a> wat uitstekend werk (R400 'n jaar - die gratis opsie het 'n paar beperkinge, maar jy kan steeds jou inskrywings aanvul wanneer jy aflyn is). Ek het ook al 'n WordPress installasie op Wamp gedoen op my rekenaar wat eintlik nog beter is, maar daarvoor moet jy 'n bietjie weet wat jy doen. Omdat ek Evernote ook vir navorsing gebruik - jy kan verskillende Notebooks gebruik - is dit tans my keuse.Phillip van den Berg on Reisgenote in geloofsvorming More Chris, Ek is opsoek na n basiese e joernaal/dagboek, een wat ek lokaal op my rekenaar ook kan stoor in tye wat internet toegang nie moontlik is nie. Miskien het jy al so iets gebruik en of kan jy my adviseer. Voorbaat dankie en vriendelike groeteChris van Wyk on Gedagtes oor ons lewe voor God Die kort antwoord is, nee.dederik Robbertse on Gedagtes oor ons lewe voor God More Chris. Kan n wedergeboorte christen watmet die heilige gees gedoop is, terselfde tyd deur n bose gees of dimoon of die leviathan gees beset wees of word?Chris van Wyk on Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig Calvyn het drie doelstellings aan die vas gekoppel: <ol> <li>lewensdissipline,</li> <li>gebedsvoorbereiding,</li> <li>skuldbelydenis.</li> </ol> Vas was vir Calvyn meer 'n saak vir die geloofsgemeenskap as 'n persoonlike saak, en dit gaan daarom met openbare gebed saam (bv die voorbeeld van Antiogië in Handelinge 13). Vas is ook nie net weerhouding van kos nie, maar kan ook beteken dat jy min en lig eet, om te kan bid. Calvyn het ook op drie gevare van vas gewys: <ol> <li>uiterlike vertoon,</li> <li>verdienstelikheid,</li> <li>gewetensdwang.</li> </ol>dederik Robbertse on Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig More Chris. Baie dankie ek gaan die 18 weke van geloofsvorming volg. Chirs kan jy asb. my meer vertel van die doel van vas.Chris van Wyk on Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig Hi Dederik. Ek het 'n kursus oor geloofsgewoontes geskep op die webtuiste: <a href="https://bybelskool.com/geloofsgewoontes/">Reisgenote in geloofsvorming</a> Jy kan daardeur werk. Die eerste geloofsgewoonte is die Daaglikse Ondersoek wat jou sal help om op die regte manier voor die Here na te dink. Gebruik Romeine 12:1-2 vir die volgende twee weke volgens die metodiek wat ek daar gee: Stop, Neem waar, Luister. Hoop dit help.dederik Robbertse on Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig More Chris. Baie dankie vir inligting. Hoe kan ek effektief mediteer op al die inligting.Chris van Wyk on Tien lewenslesse uit Spreuke Rom 12:2 sê in sy geheel: "<em>Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is</em>" (OAV). Daar is drie opdragte in die teks. <ol> <li><strong>Die eerste opdrag is om nie aan hierdie wêreld gelykvormig te word nie. </strong>Dit verwys terug na die gedrag wat die eerste vers beveel dat ons hele lewe as 'n offer aan die Here geleef moet word. God moet ons gedrag en gebruike bepaal, nie die media of die gemeenskap nie. Hy bepaal die norme en waardes waarvolgens ons moet leef.</li> <li>D<strong>ie tweede opdrag is om God toe te laat om jou gedagtes, jou manier van dink, te vernuwe deur die waarheid van die Skrif.</strong> Dit het met houdings, gesindhede en denkpatrone te make. Hoe meer 'n mens die Skrif lees, daaroor nadink, dit toelaat om jou gedagtes te vorm, hoe meer kan God deur sy Gees jou binnewêreld verander en vernuwe.</li> <li><strong>Die derde opdrag is om te onderskei tussen verskillende idees van wat reg en verkeerd is, sodat jy in staat sal wees om moreel-eties reg op te tree in lyn met die wil van God in die Skrif.</strong> Daarvoor moet 'n mens die Skrif gebruik, want dit is die enigste standaard van wat goed en volmaak in lyn met God se wil is.</li> </ol> Lees ook meer hieroor in Efesiërs 4:17-32 wat eintlik 'n kommentaar op hierdie vers in Romeine 12:2 is. Paulus waarsku daar teen losbandige en gierige begeertes. Dit is die tipe dinge wat afgelê moet word. En die manier om dit reg te kry, is om in gehoorsaamheid aan Christus te leef in heiligheid en volgens sy waarheid. <ul> <li>Ons moet dus ophou met leuens, woede, steel, vuil taal, geskinder, bitterheid, bose gedagtes en kwaadpraat.</li> <li>Ons moet daarenteen fokus op waarheid praat, vrede maak, goed doen, deel met mekaar, net goedpraat oor mekaar, barmhartig wees, en vergewendgesind.</li> </ul> 'n Mens kan ook verder lees in Efesiërs 5:1-21 wat nog dieper ingaan op die moreel-etiese standaard wat ons al hoe meer moet toelaat in ons lewe.Dederik on Tien lewenslesse uit Spreuke More Chris. ROM 12:2. Hoe vernuwe ek my gemoed(engelse vertaling mind)Chris van Wyk on Romeine Die Griekse woord wat vir liggaam gebruik word, soma, dui hier die hele persoon aan. Ons soma, dws ons hele menswees, moet dus ge-"offer" word aan God. Dit is die wesenlike van ons godsdiens. Die drie beskrywings is nie eintlik drie verskillende goed nie. Al drie die beskrywings van hierdie "offer" sê eintlik dieselfde. Ons hele menswees behoort aan God. 1. Ons is "lewende" offers soos wat die Leviete in die tabernakel se hele lewe aan God toegewy is (Num 8:11). Ons leef dus nie meer vir onsself nie, maar vir God. Maar nie as dooie mense nie, as lewendiges. 2. Ons is "heilige" offers soos wat die Leviete afgesonder is vir die diens aan God. Alles wat hulle gedoen het, het op een of ander manier met hulle verhouding met God te make gehad. God se heiligheid bepaal ons heiligheid. 3. Ons is "aan God welgevallige" offers, soos Hy dit vir ons in die Bybel beskrywe. Dit wil sê daar is nie 'n deel van ons lewe uitgesluit waaroor God nie 'n sê het nie. Hoe weet jy wanneer jy daarin slaag? Wel, dit bly 'n proses van heiliging waarin ons die Heilige Gees navolg wat aan die een kant ons lei om die sondige natuur af te lê en die nuwe natuur van Christus op te neem, soos Paulus in Romeine 8 en Efesiërs 4 vir ons leer.dederik Robbertse on Romeine Middag. Rom 12:1. Wat moet ek doen of wanneer is my liggaam n lewendige,heilige en welgevalle offer aan God. dankieChris van Wyk on Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien? Dankie! Reggemaak.Thinus Hermann on Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien? Hi Chris, dankie vir jou wonderlike werk Ek is besig om lekker deur Job te werk en vind jou opsommings uitstekend. Ek skryf self ook graag, en waardeer sit as mense my help met tikfoutjies. Sommer net 'n klein dingetjie: Ek dink jou opskrif se een "wat" moet 'n "was"wees in hoofstuk 9 As daar maar iemand wat wat tussen ons kon staan – 9:20-35Chris van Wyk on Inleiding op Jakobus Daar is nie 'n kaart spesifiek van die lesers waarvoor Jakobus skryf nie. Hier is egter 'n kaart van die Nuwe Testament wêreld wat vir jou 'n bietjie agtergrond sal gee van die dorpe/stede ensomeer waar die evangelie verkondig is: <img src="https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2018/05/new-testament-world.gif" alt="Die wêreld van die Nuwe Testament" />Reyno on Inleiding op Jakobus Hi Chris duisend dankies vir die interessante en Geesvervulde inligting, vir my as leek help dit my ongelooflik baie om beter te verstaan. Het jy nie dalk kaarte van die area in die bybel wat saam hiermee loop nie? Groete en baie dankie: ReynoJan Louw on Sewe Geeste van God Dankie Chris vir jou uitlieg van die sewe Geeste. Dit het juis ter sprake gekom in 'n preek wat ek die afgelope Pinkster uit Op 2 & 3 gelewer het.Ansie Faure on Die sonde teen die Heilige Gees Baie dankie Chris ek waardeur die antwoord en verstaan dat dit 'n lang onderwerp sal wees, ensal wag op volgende verwysing, Geseėnde aand AnsieChris van Wyk on Die sonde teen die Heilige Gees Die Hebreeuse Mikvah is 'n versamelnaam vir water. Dit word net vier keer in die OT gebruik: 1) vir die see in die skeiding van water van droeë grond (Gen 1:10), 2) vir al die verskillende opbergplekke in Egipte (Eks 7:19), 3) vir 'n natuurlike fontein of opgaardam (Lev 11:36), en 4) vir 'n mensgemaakte opgaardam (Jes 22:11). Vanaf die tweede eeu vC is daar ook mikva'ot (meervoud) gebou wat vir rituele reiniging gebruik is en trappe het waarmee jy daarin kon afklim. In die NT lees 'n mens van die baddens (kolymbēthra) van Bethesda (Joh 5) en Siloam (Joh 9) was waarskynlik sulke mikva'ot was. Johannes se verwysing na die gebruik om jou te reinig op jou pelgrimstog na die onderskeie Joodse feeste, maak dit waarskynlik dat van die mikva'ot daarvoor gebruik is (Joh 11:55). So ook Paulus met sy reinigingshandeling (Hand 21:23-24). Dit kan wees dat die eerste dope in Jerusalem op Pinksterdag en daarna in sulke mikva'ot gebeur het (Hand 2:38-41). Dit was egter nie 'n vereiste nie, soos die vroeg-Christelike lering in die Didage bevestig. Die feit dat Johannes die Doper in die Jordaanrivier gedoop het (Mark 1:5), dat Jesus in die Jordaan gedoop is (Mark 1:9), soos Jesus se dissipels ook, dat hulle ook waarskynlik riviere in hulle eie bediening van die doop gebruik het (Joh 4:1-2), en die minister van finansies van Ethiopië ook in 'n stroom of rivier gedoop is (Hand 8:36), het hierdie vryer benadering beïnvloed. Die verbintenis van die doopbediening aan 'n doelgemaakte doopbak in kerke dateer eers uit die middel van die 3de eeu nC, toe die Christelike kerk al hoe meer veld gewen het en uiteindelik in die volgende eeu as staatsgodsdiens erken is. Dié dope was meesal onderdompeling óf as die water vlakker was, besprinkeling. Ons kry voorbeelde van beide in die grafiese uitbeeldings van dope uit die Christelike era. Die doop is 'n teken van die dood vir die sonde en die opstanding in die nuwe lewe wat Jesus Christus vir ons moontlik maak. Dit word gedoen met belydenis van sonde sowel as belydenis van geloof by volwassenes en uiteraard in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Ons lees ook van gesinne wat gedoop is op grond van die geloof van die ouers - Lidia (Hand 16:15) en die tronkbewaarder (Hand 16:31-33) in Filippi. Daarmee is kinders ingesluit in die verbond, soos wat die besnydenis dit aanvanklik gedoen het (Gen 17:9-14). Dit is 'n genadeteken waarop sulke kinders dan self in geloof moet antwoord later in hulle lewe. Christene het egter regdeur die eeue hieroor verskil, alhoewel albei vorme van die doop doodgewoon langs mekaar bestaan het. Dit is egter 'n groot onderwerp om volledig te hanteer, waarvoor ek nie nou die tyd het nie.Chris van Wyk on Die sonde teen die Heilige Gees Die bydrae oor die Heilige Gees het vinniger klaargekom as wat ek gedink het. Geniet: https://bybelskool.com/hoe-praat-die-heilige-gees/Ansie Faure on Die sonde teen die Heilige Gees Middag Chris Mense sė dat die doop van Jesus(Mikvah) beteken? is dit onderdompeling? As jy groot gedoop word, is dit omdat jy jou lewe aflè vir Jesus en opstaan as nuwe persoon, soos in Mattheus3:4-8 waar Johannes 3:6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hul sonde? Wil net graag weet AnsieChris van Wyk on Die sonde teen die Heilige Gees Hi Dries. Hierdie is nie net 'n groot vraag vir jou nie. Dit is 'n groot vraag vir die hele kerk. En, ja, aan die een kant het dit 'n eenvoudige antwoord, dat dit so is dat die Gees primêr deur die Woord praat (2 Pet 1:21; 2 Tim 3:16; 1 Pet 1:11-12). Maar, aan die ander kant is die antwoord ook weer meer kompleks as dit, want die blote feit dat 'n mens sê dat die Gees deur die Woord praat, beteken dat daar 'n kommunikasie van die Gees deur die Woord aan jou adres gaan. Dat jy iets "hoor". Dat dit selfs 'n woord vir jou gee om te praat (2 Sam 23:2; Jes 59:21; Mark 13:11; Luk 12:12). En die wonder daarvan, as iets vir jou uit die Woord deur die werk van die Gees oopgaan, is dat jou hart warm raak, brand, soos die Emmaus-gangers gesê het toe Jesus die Skrifte vir hulle uitgelê het (Luk 24:32). En dié ervaring laat baie mense dit verwoord as dat die Gees of die Here met hulle "praat". Hierby kom die ervaring dat die Gees wysheid en insig gee wat 'n mens help met die toepassing van 'n Skrifgedeelte. Enigiemand wat al ooit 'n getuienis of boodskap moes lewer, sal daarvan kan getuig. Dat dit soms in die oomblik gegee word. Hoe baie keer het ek dit nie in vergaderings beleef nie dat die Gees my wysheid gee wat vir 'n spesifieke saak op daardie oomblik nodig is. Ditto met prediking en in Bybelstudiegroepe. Dat dié wysheid min of meer altyd uit 'n bepaalde herinnering aan die Skrif is, is so (Jesus in versoeking). Maar die wyse waarop die Gees my dit laat verwoord, is soms verstommend vars en nuut. Dit is immers God se belofte (Luk 21:14-15). Dit is daarby duidelik uit die ervaring van gelowiges in die Skrif dat hulle die Gees se werking op verskillende ander maniere ervaar het. Nie net in woorde nie. Ook in bewegings van die hart. Dit kan soms as 'n dryfkrag of trekkrag beleef word (Jesus na die woestyn - Mark 1:12; Matt 4:1), soms as 'n invloed wat ons help onderskei, waarin die Gees die Woord in ons binnekant gebruik (Hebr 4:12), soms as 'n verhindering (Paulus - Hand 16:6-8) ensomeer. Die Gees se werking het soms ook 'n fisiese kant, soos Filippus op die pad na Gasa ervaar het (Hand 8). Ek het begin om iets te skryf hieroor, maar gou agtergekom dat dit te omvattend raak. Ek sal verder werk daaraan, en mettertyd iets publiseer.Dries Bester on Die sonde teen die Heilige Gees Middag Chris. Groot vraag vir my as n persoon. Ek hoor sovele mense wat sê dat die Heilige Gees met hulle gepraat het. Volgens my kan die Heilge Gees nie self met jou praat nie maar kry n persoon sy antwoord deur die Skrif. Ek het al n persoon geantwoord op so n opmerking dat n mens baie versigtig moet wees, dat n mens nie die Heilige Gees gebruik as n alibi of n dekmantel nie en ook pasop dat jy jou nie self verpersoonlik met die Heilige Gees. Help n biedjie. Groete Dries.Chris van Wyk on Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria Stefanus verwys waarskynlik met "weerstaan die Heilige Gees" na Jesaja 63:10 waar die profeet die volk verwyt dat hulle in die woestyn die woorde van die Heilige Gees verontagsaam het en nie nagevolg het nie. In die volgende verse verwys Stefanus ook na die vaders wat in hulle opstandigheid die profete doodgemaak het wat deur die Heilige Gees gepraat het. Ironies genoeg is dit dan presies wat met Stefanus gebeur. Hulle weerstaan die Heilige Gees en maak hom dood.Jurgens on Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria Chris Praat bietjie met my oor Handelinge 7:51 oor die weersaan van die Heiloige Gees. Het jy al daaroor geskryf? Geniet die lewe!Chris van Wyk on Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was Dankie. Geniet!Hendri on Genesis 45 – Josef omhels sy broers en verklaar dat alles God se werk was Sjoe, ek het die insig nou baie geniet. My arme broer het begin bou aan kaste toe hy na die tyd hoor sy klient stel nie meer belang nie. Na baie dink aan hoop wat ek vir hom kon gee, kom ek op die (Gen 45) gedeelte af. "Alles werk ten goede mee..." Is dit nou nie iets kosbaar om te koester nie? Baie dankie, ek sal weer hier kom inloer. Seen vir julle! Hendri van Centurion.Chris van Wyk on Sewe Geeste van God Nie almal kry 'n hemelse taal nie. Dit is duidelik uit Paulus se retoriese vrae: "Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?" (1 Kor 12:29-30). Die antwoord is duidelik, nee. Paulus sê ook oor tale dat hy in die gemeente liewer 5 woorde met sy verstand sal praat as 10 000 woorde in 'n taal (1 Kor 14:19). Hemelse tale is vir die binnekamer. Om met 'n verstaanbare taal met God te kan praat, is genoeg. Lees meer in <a href="https://bybelskool.com/spreek-in-tale/">hierdie bydrae oor die spreek in tale</a> van my. Wat ons vandag wel baie nodig het, is mense wat 'n ander taal as hulle eie aanleer om die evangelie in te kan verkondig.Adri van der Merwe on Sewe Geeste van God Wil bietjie klaring kry oor iets wat pla..ek het nie 'n hemelse taal ontvang nie en vra gedurig vir Vader om my aan te raak..is dit waar dat nie almal 'n taal sal ontvang nie? en dan 'n ander gawe sal kry..voel al ek doen iets verkeerd..almal sê dat enigiemand dit kan kry? as hulle vra.. asb ek soek advies..Leon on Kan Satan jou gedagtes lees? Ek het vanoggend oppad kerk toe hierdie gesprek gehad met my vrou. Ek is bly oor die bevestiging wat jy gee. Ons eie verkeerde gadagtes kan dikwels die "satan" voorstel. Daarom sê Jakobus 1 vs 14 "Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. 15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort." Soos jy ook verwys na Ef 6 vs 10 - 18...die volle wapenrusting aantrek teen teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar die liste vd duiwel.Chris van Wyk on Kan Satan jou gedagtes lees? Die Bose verstaan verseker ons gedagtes, want hy kan uit ons gedrag aflei wat ons dink. Die vraag is maar net of hy dit kan hoor of nie. Ek dink nie so nie, behalwe as 'n mens hom toelaat nie. Soos in die geval van Judas. 'n Mens sou wel kon argumenteer dat hy nie iets uit iemand se hart kan wegneem as hy nie in die eerste plek weet wat daar aangaan nie. Maar, as dit 'n woord is (getuienis bv) wat gehoor is, sou hy op grond daarvan kon optree en jou deur ander gedagtes of een of ander beïnvloeding van die saad wat gesaai is, kan beroof. Dan hoef hy dit nie noodwendig te gehoor het nie. Maar, ek is altyd oop vir oortuiging uit die Skrif uit. En jy het 'n goeie argument.Chris van Wyk on Kan Satan jou gedagtes lees? Hi Ansie. Ek het 'n kort bydrae gemaak van my antwoord op jou vraag: https://bybelskool.com/sewe-geeste-van-god/Machiel Odendaal on Kan Satan jou gedagtes lees? Chris, hoe moet ons dan Mat 13:19 interpreteer. My woorde: Die Bose kom by elkeen wat die woord hoor maar nie verstaan nie en vat weg wat in die hart gesaai is. In my opinie het die persoon nog niks gesê nie, net gehoor. Tog weet die Bose of die woord ontvang was of nie. Dit gee my 'n indikasie dat die Bose iets verstaan van ons gedagtes.Ansie Faure on Kan Satan jou gedagtes lees? Goeie middag Geseėnde van die Here, kan u asb vir my die name en betekenis van die Sewe Geeste van God gee volgens openbaring, baie dankie vir u leering en die woord wat elke dag op my tablet kom, Prys die Here vir mense soos u, het jy enige studie's vir berading en Pastorale bediening. My man Johnny is blind en dit is sy begeerte met 'n passie vir God en Sy woord, om meer en meer te weet,ek sy vrou Ansie doen al sy leeswerk en kontak per E-posse nogmaals baie dankie en groete.Jan Louw on Etiek word in die heiligheid van God gefundeer Ek waardeer jou insigte Chris. Die krag van jou boodskap lê vir my in die "bevel van God". Ek ervaar by die liberale teologie dat die mense sê: "In daardie tyd het die mense geglo". Dit word dan die vertrekpunt vir die hermeneutiek. Daar is is vir my groot krag in die woorde: Wees heilig want Ek is heilig (1 Petr 1:16). Dankie vir jou werk. Mag die Here jou seen. Jan LouwA Kritzinger on Geduld in die Bybel Baie dankie. Dis ook pragtig in Matt 18 waar die amptenaar pleit: "Wees geduldig met my (skuld)". Die 1983 vertaling: "Gee my tog uitstel" Hy vra geduld ... en word kwytgeskeld.Louisa C on Geduld in die Bybel Baie dankie, dis besonders.Chris van Wyk on Inleiding op Openbaring Ek ken hom ongelukkig nie. Morelettapark sal jou waarskynlik kan help.Nadene barnard on Inleiding op Openbaring Ek ht n reeks bygewoon wat deur n Dr v wyk aangebied is v moroleta park. Het die videos gekoop maar dit verloor. Is U dalk families weet u dalk wie hy is en hu kan ek hom kontak. Ek is betrokke by hospital besieding en will graag videos vertoon. Baie dankieChris van Wyk on Kontak my Die Bybel vertel ons nie van watter nasie Bilha en Silpa was nie. Wel dat hulle slawe was, alhoewel daar ook 'n Joodse tradisie is dat hulle jonger dogters van Laban was (Rabbi Eliezer). Dit bots egter met die Bybelse idee dat hulle slawe was en kan nie aanvaar word nie. Die slawe van daardie tyd het van enige nasie gekom. Met die verowering van gebiede in oorlog is van die mense as slawe gevange geneem. Dit kon dus van enige nasie onder die son wees. Daar was ook handelaars in slawe wat op verskillende maniere hulle slawe bekom en verslaaf het. Soms het mense van dieselfde nasie egter in armoede verval en kon hulle hulleself of van hulle kinders as slawe verkoop om 'n bestaan te kon maak. Hulle was dan van dieselfde nasie. Daar was egter streng reëls hoe sulke slawe hanteer moes word, en daar was spesifieke reëls oor hoe hulle na 'n tyd weer vrygelaat moes word, soos ons ook in die Bybel lees (Lev 25).Annemarie Swanepoel on Kontak my Goeiemore, die diensmeisies wat Laban vir Lea en Ragel gegee het, wat namens hulle kinders vir Jacob gebaar het, waar het hulle vandaan gekom? Van watter ras was Bilha en Silpa gewees? En oor die algemeen, wie was die slawe van daardie tyd? Waar het hulle vandaan gekom? Dit is nou voordat die 12 stamme self slawe gaan word het in Egipte.Chris van Wyk on Joël 3:1-21 – God bring oordeel oor die nasies, maar redding vir sy volk in Sion Joël tree waarskynlik op in die tyd van Jeremia net voor die ballingskap in die 6de eeu vC. Sy profesieë is in die eerste plek gerig aan Juda en Jerusalem. Hy verkondig die oordeel van die ballingskap soos dit 'n paar dekades later in 587 vC vervul is. Hy verkondig egter ook die verlossing uit ballingskap soos dit ná sewentig jaar in ballingskap ook vervul is. Sy boodskap het egter ook in die tweede plek op die nasies betrekking. Daar is oordeel vir dié wat Hom nie dien nie. Maar ook verlossing as hulle hulle toevlug tot Hom neem. Daarom verkondig Joël dat God se Gees op alle mense uitgestort sal word, iets wat in die NT met Pinksterdag waar geword het. Dit is 'n boodskap vir alle mense, ook vir Afrikaanse mense. God wil dat alle mense oral tot bekering sal kom (Hand 17).Marissa on Joël 3:1-21 – God bring oordeel oor die nasies, maar redding vir sy volk in Sion Ek vannag Walker geword en die word joe-el .....Joel gehoor en duidelik gevoel dat dit n boodskap in die Bybel vir die Afrikaner is. Ek verstaan dit nie.Ek wel gevoel DAT die boodskap dringend is......gewonder of u dalk kan help met betekenis....Chris van Wyk on Die vooraf-bestaan van die siel Dankie Annanda - geniet!Annanda on Die vooraf-bestaan van die siel Chris, ek wil sommer net van my kant af ook BAIE DANKIE sê vir hierdie Bybelskool. Dit is regtig baie volledig en insiggewend. Presies waarna ek opsoek was! Dankie vir jou ongelooflike toewyding!. Hierdie bydraes is werklik van onskatbare waarde!!Chris van Wyk on Die karakter van Dawid Hi - Psalm 23 is só toeganklik. Die prentjies van donkerte wat uitloop op groen weivelde, en die feesmaal terwyl jou vyande toekyk, spreek tot mense reg deur die eeue. Psalm 23 het daarom 'n diep boodskap oor God geword wat in alle omstandighede vertrou kan word. Ouers weet dit. Onderwysers weet dit. En hulle wil hê kinders moet met daardie wete grootword.Justin on Die karakter van Dawid Hi Ek is besig met Psalm 23, en wonder waarom was dit 1 vandie eerste Psalms wat op laer skool vlak aan leerders geleer was?. Sou graag mening hê hieroor.Chris van Wyk on Die Pentateug Dankie Fanie. Ek waardeer dit.Fanie Bekker on Die Pentateug Baie dankie vir jou toewyding en moeite.Chris van Wyk on Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep Hi Herman (en Louise). Dit gee my só 'n groot vreugde om sulke getuienisse te hoor. Ek was weg met 'n Retraite vir 'n paar dae om vir Pinkster voor te berei. Een van die helder dinge wat ek daar gehoor het, is om met hierdie tipe werk voort te gaan. My hele lewe is gefokus daarop om die skatte van die evangelie soos God dit vir ons in die Woord gegee het, vir mense oop te maak. Ek is tans besig met al die beloftes van God in die Bybel, en dit is 'n ongelooflike studie. Ek gaan met Pinkster uiteraard daaraan aandag gee, maar sal van tyd tot tyd insigte hier pos. Mag die Here jou seën daar in Wes-Afrika, en jou vrou hier in die Bosveld. Jou lig skyn ver!Herman Steyn on Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep Chrisjou bydraes is van ontskatbare waarde. Ek het elke lesing en is besig om dit deur te werk. Kannie wag vir die aande nie. Ek werk bo in Wes Afrika en het baie stiltyd in die aand. My vrou is in die Bosveld. Ek stuur vir haar elke keer haar deel. Sy vind dit ook baie leersaam. Sy is besig met Spreuke en sê jou metode het vir haar nuwe ligte laat flikker in die verstaan van die woord. Die Here se seën op jou en jou familie. Liefde groete. Herman en LouiseJan Louw on ‘n Teologiese hermeneutiek Dankie Chris vir 'n uiters waardevolle en gesaghebbende oorsig van Bybellees. Ek sal dit moet herlees en oordink om meer van 'n greep daarop te kry.Elsie Ceronio on Jesus gee die Gees sonder maat Dankie vir hierdie verduideliking. Ons doen Johannes Evangelie in 'n bybelstudie groep en dit was nogal moeilik om die 'sonder maat' reg te verstaan.Fanie van Emmenes on Waar gaan gelowiges na hulle dood? Baie dankie vir die mooi verduideliking Chris, dit laat 'n mens opnuut peins oor die Grootheid en Wysheid van God. Groete FanieChris van Wyk on Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees My siening hieroor is dat ek met bevrugting as 'n mens geskep is wat uit 'n geestelike en materiële kant bestaan. Ek is weens die sonde egter dood vir God en die ewige lewe. Met wedergeboorte word my gees/siel van bo-af gebore waardeur ek die ewige lewe as geskenk van God ontvang. My liggaam moet egter nog deur die proses van verandering gaan om ewig te lewe, wat óf deur die dood sal gebeur óf deur die wederkoms self. God se Gees woon nou in my om my nie net aan God te verbind nie, maar my ook in hierdie wêreld te gebruik om aan Hom eer te bring. Sy Gees is ook die waarborg dat ek met my dood in gees/siel na Hom toe geneem sal word. Aan die einde van die tyd sal ek 'n verheerlikte onverganklike liggaam ontvang wat met my siel/gees verenig sal word. <strong>Oor die vooraf-bestaan van die siel?</strong> Die mens is volgens die Bybel 'n geskape wese wat in tyd deur die normale prosesse van bevrugting en geboorte tot stand kom. Dit geld ook die siel. Die siel het nie 'n vooraf-bestaan nie volgens die Protestantse Bybelse kanon wat ons gebruik nie. Daar is wel 'n vooraf-bestaan van die siel in die Joodse boek, die Wysheid van Salomo, uit die 2de eeu vC, oorspronklik geskryf in Grieks. In hoofstuk 8:19-20 staan daar: "<em>As a child I was naturally gifted, and a good soul fell to my lot; or rather, being good, I entered an undefiled body.</em>" (NRSV). Dit vorm deel van die Rooms-Katolieke en 'n paar ander kerke se kanon. Dit vorm natuurlik ook deel van die Joodse tradisies soos in die Talmoed en ander plekke verwoord. Dié idee van die vooraf-bestaan van die siel is wel deur 'n hele klomp kerkvaders gepropageer, onder andere Justinus die Martelaar en Origines, maar met die verloop van die eerste paar eeue nC bestry en deur die sinode van Konstantinopel in die 6de eeu nC verwerp (The International standard Bible encyclopedia). Tog is die idee van die vooraf-bestaan van die siel deur mense soos Immanuel Kant en ander laat herleef veral met verwysing na Jeremia 1:5. Hoewel dit 'n aantreklike interpretasie is van die vers, gaan dit na my mening te ver met die Bybelse gegewens. Daar staan in Jeremia: "<em>Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.</em>" (Jer 1:5). Dit is verseker 'n diepsinnige en lewensveranderende gedagtes om oor na te dink. God skep Jeremia volgens die beeld en bedoeling wat Hy van hom het en voer dit deur met Jeremia se vorming in die moederskoot en daarbuite vir die roeping wat God vir hom het. Maar dit veronderstel nie 'n vooraf-bestaan van die siel nie. En dit is die enigste plek waar 'n verwysing hierna in die Bybel wat ons gebruik voorkom. Ek dink Dawid se beskrywing van sy eie skepping is die teks waaraan ons as 'n voorbeeld vir elkeen van ons moet vasgryp. Hoewel sy skepping as 'n skepping in tyd beskryf word, met geen vooraf-bestaan van die siel nie, voer hy ons mee met die asemrowende gedagte van God se betrokkenheid by ons ontstaan. 'n Gedagte waaroor ons gereeld persoonlik moet nadink sowel as ons oor ander mense dink, om die betekenis wat God heg aan elkeen van sy skepsels na waarde te skat Dit lui só: "<em>U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem — hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.</em>" (Ps 139:13-18).Neels Hubinger on Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees Dagsê Chris, weer eens kosbare perspektiewe uit jou kennis, insig en vermoë om die waarhede te bewoord, dankie daarvoor. Ek het deur die jare 'n baie duidelike, helder en heerlike kennis behou uit my verstaan van 'n beeld vir myself oor "my" skepping as mens... waar God op sy "knieë" oor Adam moet "laag afbuk tot op die grond" om is die stoflike liggaam die ewige gees "in te blaas"... letterlik deur die fisiese aanraking en asem wat in die stoflike liggaam op die grond moet oorgaan. Ek is 'n geestelike wese, wat tydelik 'n fisiese liggaam as voertuig ontvang het, vir God se doel met my lewe op aarde en voorbereiding vir die lewe in ewigheid. Daarom het ek 'n gewoonte gemaak daarvan om elke teug lug wat ek inasem te beskou as die Gees van God wat daagliks so in my lewe tot ek sterf, wanneer dit my sal verlaat en dan na God sal terugkeer. Dit het die implikasie dat ek, sover moontlik, my lofprysing in sang en woorde van lof (worship) met "volle asem" doen... my manier om aan God in eerbied en lofprysing terug te bied, wat Hy my tydelik op aarde mee geseën het. Dis vir my eenvoudig, wanneer ons ons laaste asem uitblaas, verlaat daardie gees waarmee God ons lewe gegee het, ons tydelik totdat Jesus weer kom. Dan word dit weer verenig wanneer ons 'n nuwe liggaam ontvang. Ek het egter 'n vraag oor my gees voordat ek gebore is... Waar was my gees voordat ek gebore is. Met my konsepsie en na my geboorte toe ek begin lewe, asem haal (ons laat eers die debat oor wanneer lewe begin vir 'n oomblik daar) glo ek my gees sal vir ewig lewe, in genade saam in die nuwe herskepte Koninkryk, maar is my siel met al die eienskappe wat dit na my karakter bring, ook eers by my geboorte "geskep"? Ek hoor graag jou mening, baie dankie. Seën en vrede.Chris van Wyk on Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees Ja, Hansie, en watter vreugde is dit nie om die troos van só 'n boodskap vir 'n mens self toe te eien nie, nie waar nie!Hansie on Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees Dankie Chris. Dit is ook hoe ek dieWoord verstaan, sonder maars en wat as.Chris van Wyk on Waar gaan gelowiges na hulle dood? Hi Fanie. Geen probleem nie. Dit is in gesprek wat die waarheid uiteindelik uitkristaliseer. Die OT prentjie van die mens in Genesis 2:7 is dat God die mens uit die stof van die aarde gevorm het, waarin Hy sy lewensasem (nishma nie ruah nie) geblaas het wat die mens 'n lewende wese (nephesh, wat ook met siel vertaal word, word gebruik) gemaak het. So verwoord Job dit ook (Job 32:8) sowel as Jesaja (Jes 37:7; 57:16). Die mens is dus gevorm uit geestelike/goddelike en vleeslike/aardse elemente. Op ander plekke word hierdie prentjie uitgebou deur te verwys ook na die gees van die mens wat saam met die siel die wese van die mens vorm. Dit is onderskeibaar van die liggaam (Job 12:10; Jes 42:5 wat ook met Gen 2:7 in verband staan), veral omdat die gees kan "terugkom" in 'n mens as hy van 'n groot skok herstel (Gen 45:27) of selfs net sy dors geles word ((Rigt 15:19). Dit is hierdie geestelike deel van die mens wat na die ontmoeting met God verlang, en Hom soek, soos Jesaja so pragtig sê: "Met my siel begeer ek U in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U." (Jes 26:9; vgl Job 7:11). Spreuke sê die: "gees van die mens is ’n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste." (Spr 20:27). Die NT prentjie van die mens is gebaseer op hierdie OT perspektiewe. Let wel nie op 'n Griekse filosofiese een nie. Jesus verwys al daarna dat 'n gees en 'n liggaam van mekaar onderskei kan word (Luk 24:39). Hy gee ook sy gees sodat dit uit Hom uitgaan en sy liggaam agterbly (Joh 19:30). Paulus voeg die OT gedagtes oor die samestelling van die mens saam as 'n drie-deling van gees, siel en liggaam (1 Tess 5:23; Hebr 4:12). Dit staan duidelik nie los van die OT nie, want Paulus verwys duidelik na die OT siening van die mens in Genesis 2:7 wanneer hy aan die Korintiërs skryf dat die eerste mens 'n lewende wese (psugos) geword het (1 Kor 15:45). Die NT prentjie van die mens is uiteraard nog meer kompleks waarin ons hart, gedagtes en krag ensomeer ook 'n rol speel in die wye waarop ons menswees funksioneer, maar die idee van 'n materiële kant van menswees en 'n nie-materiële kant is tog duidelik daarin. As 'n mens vanuit hierdie OT en NT perspektiewe dan oor die dood praat, is dit duidelik dat die materiële deel van die mens hier bly met die dood, en die nie-materiële deel na die doderyk/God toe terugkeer. Psalm 146 praat daarom van die dood as 'n proses waarin iemand se: "gees uitgaan, hy keer terug na sy aarde toe." (Ps 146:4). Daar kom dus 'n skeiding tussen die gees en die liggaam. Prediker stel dit helder dat: "die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het." (Pred 12:7). Met die dood is dit dus hierdie nie-materiële iets van die mens - gees/siel - wat in die doderyk kom soos dit op talle plekke in die OT beskryf word en later in die NT ook (Jak 2:26). Vir gelowiges geld dit dat hulle (siele) in die hemel by God is (Openb 6:9). Terloops, dit is ook hierdie deel van die mens wat deur Saul teen die wil van die Here opgeroep is, "die gees van 'n afgestorwene" (1 Sam 28:8; 1 Kron 10:13), maar daaroor 'n ander dag.Jan Louw on Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam Die 600 000 klop met die sensus in Num 1Biffy on Jesus gee die Gees sonder maat Ek leer en ervaar SO baie! Baie dankie!Fanie van Emmenes on Waar gaan gelowiges na hulle dood? Daar is soveel positiewe reaksie op hierdie artikel van jou Chris dat ek huiwer om enige aanmerking te maak wat negatief sou klink. Dit is egter 'n aanvaarbare feit dat die mens nie uit liggaan, siel en gees bestaan nie, maar dat hy liggaam, siel en gees is. Die liggaam kan gevolgelik nie bestaan sonder die siel en die gees nie, want dit is 'n eenheid. dit beteken dat die mens se siel nie hemel toe kan gaan sonder sy liggaam nie. Die opstanding uit die dood is dus die gelowige se hoop. Hoe dit presies in mekaar steek weet ek nie regtig nie maar menige teoloe het daaroor bespiegel. miskien is dit soos Petrus in Handeling verkondig dat die opstanding uit die dode reeds begin het met Christus se opstanding, Hy was die eersteling uit die opstanding. Wat vir my egter vasstaan is dat die mens nie uit drie, of selfs meer dele bestaan nie. Die begrip van die onsterflikheid van die siel is 'n Grieks-filosofiese begrip. Ons HOOP is die opstanding. FanieJan Louw on Waar gaan gelowiges na hulle dood? Mense voel soms dat die OT vaag is oor die lewe na die dood. Jy gee waardevolle inligting uit die OT. Ek sal graag wil byvoeg dat die Sadduseërs die opstanding ontken het maar die Fariseërs het geglo in die opstanding. Die enigste gronde vir die Fariseërs in die opstanding was tog die Skrif. Jesus sê vir die Sadduseërs wat die opstanding ontken het: Mat 22:29: “Julle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie". Dit is dus duidelik dat die mense in die OT wel 'n verwagting gehad het oor die ewige lewe.Deon on Jesus gee die Gees sonder maat Baie dankie Chris. Ek waardeer dit baie. Dit gaan slegs oor die Nuwe Wereld Godsdiens wat slegs die woord God gebruik om almal te akkomodeer, maar vir ons behoort die woord "Here" dan direk te verwys na die Skepper, Almagtige, Liefdevolle Godheid wat alles vir ons is. Vader, Jesus en Heilige Gees.Chris van Wyk on Jesus gee die Gees sonder maat Hi Deon. Dankie! Die "<em>krag van God</em>" in Matteus 22:29 verwys na God die Vader se vermoë om Jesus uit die dood op te wek (vgl 1 Kor 6:19), 'n vermoë wat Jesus, verstommend genoeg, self ook het (Joh 10:17-18). Hierdie opstanding word op sy beurt 'n krag in ons eie lewe (Fil 3:10), soos jy tereg opmerk. Daar is vier maniere waarop die krag van God geïdentifiseer word in die Bybel. <ol> <li>Die krag van God word eerstens met die Gees geïdentifiseer met die optrede van Miga in die OT (Mig 5:8) sowel as met die bevrugting van Maria met Jesus in die NT (Luk 1:35). God werk dus deur sy krag, dit is die Gees. Dit word ook spesifiek gekontrasteer met ons eie krag (Sag 4:6).</li> <li>Maar hierdie krag is ook iets wat die Gees self het en uitoefen in Jesus met die begin van sy bediening (Luk 4:14; Hand 10:38). Hy oefen dieselfde krag ook uit in gelowiges se lewe (Hand 1:8; Rom 15:13,19; Gal 3:3; Ef 3:16; 2 Tim 1:7; Jud 20).</li> <li>Dit raak nog meer interessant, deurdat Paulus ook praat van Jesus wat sy krag uitoefen in ons (1 Kor 5:3).</li> <li>En dat die evangelie in ons eie mond 'n krag word wat in gelid met die Gees oortuiging bring vir mense (1 Tess 1:5). Ons oefen dus ook in 'n sekere sin die krag van God uit in ons gehoorsaamheid aan die woord van die lewe.</li></ol> Die krag van God is dus sy eie krag, sowel as die Gees as uitvoerder daarvan. Die Gees - gegewe dat Hy self God is, en 'n persoon in eie reg - het ook sy eie krag, soos Jesus dit ook het. Hulle is na alles Een Wese, drie Persone. En ons deel in daardie krag, oefen daardie krag uit, as ons God gehoorsaam! Die sleutels van die hemel is immers aan ons toevertrou (Matt 16:19)! Oor die name van God. Ek sal moontlik later meer daaroor skryf, maar vir nou net dit. Die algemene naam vir god/God is eintlik in alle tale dieselfde. In Hebreeus <em>El</em> en <em>Elohim</em> en in die Grieks <em>Theos</em>. In Arabies is dit <em>Allah</em>, wat dus nie spesifiek die god van die Moslems aandui nie, maar net die Arabiese woord vir god. Die Arabiese vertaling van die Bybel vertaal die naam van God dus ook met <em>Allah</em>. Die verskil kom by die besondere naam vir God. Dit is waar die verskil is. <em>Jahwe</em> is die OT persoonsnaam vir God. <em>Jesus</em> is die NT persoonsnaam vir God. Die <em>Heilige Gees</em> is natuurlik ook 'n persoonsnaam vir God. En dan is daar die name van God wat soms titels is, en ander kere beskrywings. Hier is 'n paar opmerkings daaroor: <ul> <li>"<em>Here</em>" (Jahwe)is by verre die naam wat die meeste vir God in die OT gebruik word. Sy Persoonsnaam oorheers dus die verwysings na Hom.</li> <li>God as die "<em>Here God</em>" (Jahwe Elohim), die "<em>Allerhoogste</em>" (Êljôn) en die "<em>Almagtige</em>" (Shaddai) is die drie eienskappe van God wat in die OT die meeste vir Hom gebruik word.</li> <li>Dat God die een van die "<em>leërskare</em>" is, wat die hemelse leër aanvoer, is ook 'n baie belangrike perspektief wat uit sy beskrywings kom.</li> <li>God as die "<em>Gees</em>" word relatief minder genoem, en die meeste kere eintlik met God self geïdentifiseer.</li> <li>Jesus word uitruilbaar met God "<em>Here</em>" (Kurios - dit is die Grieks vir Jahwe) genoem in die NT. Dit bevestig sy Godheid.</li> <li>Soms word van God se OT kenmerke aan Jesus gekoppel, bv "<em>Almagtige</em>", wat nogal besonders is.</li> <li>Uitbreidings van sy naam soos "<em>Jahwe Jirreh</em>" - die Here voorsien - is ook waardevol, en daar is baie!</li> </ul>Deon on Jesus gee die Gees sonder maat Baie dankie Chris vir hierdie woord. Ek waardeer dit baie en as Leek beteken dit so Baie. Ek het onlangs na die stelling "Krag van God" soos in Matt 22:29 gebruik, gaan kyk en tot die slotsom gekom dat dit na die Heilige Gees verwys. Dis dieselfde Gees wat Jesus uit die dode opgewek het en waarna Paulus ook in Ef. 1:19 verwys. n Nuwe Vraag: Wat beteken die woord God? Dit word deesdae oorlan gebruik om almal te akkomodeer. Vir die Christen: Jeus. Vid die Moslem: Alah. Vir die Hindo: Chrisna. Vir die Jood: JHWH. Wat beteken dit eintlik? Kan jy moontlik vir ons iets saamstel mbt Hebrew en Grieks as vewysing? Baie dankie weereens.Chris van Wyk on Jesus gee die Gees sonder maat Hi Riaan. Ek kan só identifiseer daarmee! Geniet dit in oorvloed.Riaan Venter on Jesus gee die Gees sonder maat Beleef vanoggend Natures Valley se natuurskoon. Die mooi van die perfekte oggend is ook so sonder maat. God gee “abundant”. Sonder maat beteken vir my ook dat Hy nie tel hou nie. Seën, liefde, vrede en genade kom vanuit ‘n onuitpitbare bron - God - Ek as mens sukkel soms dit term onuitpitbaar te verstaan.Neels Hubinger on Waar gaan gelowiges na hulle dood? Wat 'n heerlike, vreugdevolle kennis en versekering om aan Jesus te behoort, in genade, deur sy dood en opstanding en met ons God van liefde versoen ye wees!!! Dankie Chris, duideliker kon dit nie gestel word nie...Chris van Wyk on Sefanja 1:1-18 – Die dag van die Here bring oordeel oor dié wat die Here nie opsoek en raadpleeg nie Hi Herman. Ja, dit is 'n verskriklike werklikheid wat Sefanja daar aanraak: "En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie." Ek lees net vanoggend Johannes 3:16-21 wat met Sefanja se boodskap verband hou. Die goeie nuus is daar dat God uitkoms gee vir dié wat in Hom glo. Hy het immers die wêreld só lief het dat Hy sy Seun as weg tot die ewige lewe gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie. Die slegte nuus is egter, soos in Sefanja se tyd, dat ongelowiges die duisternis liewer het as die lig. Hoekom? Want hulle werke is boos. Hulle kom nie in die lig daarmee nie, sodat hulle werke nie bestraf kan word nie. Watter tragiese toestand om in te verkeer. Ek kon nie 'n skildery opspoor van Sefanja se "lamp van God" nie, wel van <a href="https://dwellingintheword.files.wordpress.com/2014/07/zeph1-diogenes_jordaens.jpg" rel="nofollow">Diogenes</a>, 'n Griekse filosoof, wat bekend is daarvoor dat hy met 'n lamp rondgeloop het op soek na 'n eerlike mens, iemand wat op die waarheid fokus. Sy soektog was vrugteloos. Die skildery van Diogenes word soms gebruik as uitbeelding van Sefanja 1:12.Herman on Sefanja 1:1-18 – Die dag van die Here bring oordeel oor dié wat die Here nie opsoek en raadpleeg nie Chris, Sefanja 1:12 is waar antieke kuns Sefanja met ‘n lamp uitgebeeld het. Waar sal mens die prent kan sien? Groete HermanChris van Wyk on Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond Dankie Louwena - Hebreërs is 'n wonderlike boek!Louwena Brand on Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond Vir my was dit weereens 'n wonderlike bevestiging dat Jesus Christus by God staan VIR en TERWILLE VAN ONS! Prys die Here!! Dankie vir u wonderlike insette om die Bybel vir ons "oop te sluit" Dis heeeeerlik om saam met u Bybelstudie te kan doen! Alle eer aan God!Chris van Wyk on Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou Ons weet nie die naam van die berg (of heuwel) nie, maar dit was aan die oostekant van die See van Galilea (ook genoem die See van Tiberias), in 'n deel wat vandag as die Golan Hoogtes bekend staan.Rina Steyn on Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou Ek wil graag weet in Joh.6:3 het Jesus n berg uotgeklim. Wat was die berg se naam, asb.?Chris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi Jaen. Unfortunately this website is not available in English. You could try Google Translate.Jaen on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Good day. I would like to know if you have bybelskool in english please. I would really love to do this and my Dominee had put me onto your website. I would really love to hear from you. Regards JaenEttienne on Rigters 21 – Die gruwelike ontvoering Hi Chris. Baie dankie net wat ek nodig het. Groete EttienneChris van Wyk on Jona 1:17-2:10 – God stuur ‘n groot vis, maar die Here red Jona na gebed Onthou sy gebed is in die vorm van 'n gedig. Jona vergelyk die binnekant van die vis met die afdaal in die doderyk. Hy bid dus van binne-in die vis en praat daarvan op digterlike wyse as die doderyk.Retha van Graan on “Om u wil te doen, o God” Soli Deo Gloria!! Baie dankie!!Mieke Klapwijk on “Om u wil te doen, o God” Ds Van wyk, baie dankie vir al u Skrifgetroue artikels. Ek gebruik baie gedeeltes daaruit vir ons gemeentenuusbrief, wat (as ek nie oppas nie) 'n boekwerk word. mag die Here u bly seën en u dra. groete in ChristusAmanda Bothma on Jona 1:17-2:10 – God stuur ‘n groot vis, maar die Here red Jona na gebed Chris, ek het Jona weer gelees, en 'n vraag het by my opgekom by hoofstuk 2 waar hy gebid het. Was hy dood toe hy die gebed gebid het? Hoe kon hy dan bid as hy dood was. Ek verstaan uit die gebed dat hy in die doderyk was.?Jan Louw on Rigters 19-21 – Drie uitmergelende verhale Inderdaad uitmergelend!Chris van Wyk on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Dankie Francois - dit was en is 'n voorreg.Francois Conradie on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Ds, Eerstens dankie aan God dat Hy u die besondere gawes, gesondheid en energie gee. Tweedes, dankie dat u soveel van u tyd opgeoffer het om hierdie juweel vir Afrikaanse Bybellesers te skep. Derdes, dankie aan die Kerkraad van Somerstrand Gemeente vir hulle wysheid om u toe te laat om soveel van u tyd aan hierdie erfstuk te wy. Die Here seën u en u dierbares.Alwyn on Rigters 11-12 – Die Gees verander Jefta van dapper held en militêre leier in ‘n rigter Dankie vir die insiggende antwoordJan Louw on Rigters 11-12 – Die Gees verander Jefta van dapper held en militêre leier in ‘n rigter Dis 'n hartseer verhaal!Chris van Wyk on Rigters 11-12 – Die Gees verander Jefta van dapper held en militêre leier in ‘n rigter Hi Alwyn. Jefta se dogter was wel 'n eersteling, maar die reël het eintlik net vir manlike eersgeborenes getel (Eks 13). Daarbenewens is die Leviete in die plek van Israel se eersgeborenes aan die Here gewy, wat die normale eersgeborenes alreeds "losgekoop" het (Num 3). Let wel, die Leviete is nie doodgemaak of geoffer nie, net vir diens aan die Here gewy. Die Leviete het dus die eersgeborenes van Israel "losgekoop" van dié tipe diens. Jefta kon op grond van Levitikus 27 se riglyne uit die dilemma waarin hy homself geplaas het, gekom het, deur haar met tussen 34 en 340 gram silwer los te koop. Hy het dit waarskynlik nie geweet nie. Let ook op dat hy van 'n "brandoffer" praat, nie 'n "banoffer" nie, want in laasgenoemde geval sou hy haar moes offer in terme van die res van die voorskrifte in Levitikus 27. Jefta kon dus die situasie van haar dood vermy het. Natuurlik is my interpretasies, ook in dié geval, altyd onderhewig aan korreksie, maar dit is hoe ek tans die teks lees, tot ek van beter oortuig word. Groete!Alwyn on Rigters 11-12 – Die Gees verander Jefta van dapper held en militêre leier in ‘n rigter Chris Kon Jefts sy dogter losgekoop het? Sy was die eersteling en enigste kind en het dud aan die Here behoort Ek is nou verdwaal want in jou oorsig van Lev 27 sê jy eerstelinge kon nie losgekoop word nie. Waar lees ek verkeerd?Chris van Wyk on Inleiding oor die boek Daniël Dankie Abram. Ek het weer na hierdie inleiding gekyk oor Daniël en is nog meer oortuig dat die boek vroeër gedateer moet word op grond van die getuienis van die Dooie See rolle van Qumran. Daar is agt manuskripte van Daniël ontdek wat dit een van die gewildste manuskripte van al die Bybelboeke maak wat daar gevind is. Hulle kom ook baie ooreen met die Masoretiese teks (MT) wat vir ons Bybelvertaling gebruik word. Die oudste van dié manuskripte (4QDanc) word in die laat tweede eeu vC gedateer (deur Cross) wat dit maar 'n paar dekades ná die gebeure rondom Antiogus IV Epifanes plaas. Dit sou amper onmoontlik wees om in só 'n kort tyd die boek deur al die prosesse van kanonvorming te neem. Dit maak dus baie meer sin om die totstandkoming van die boek Daniël vóór daardie tyd te plaas. Jy kan meer lees in hierdie artikel van <a href="http://www.biblearchaeology.org/post/2012/07/31/New-Light-on-the-Book-of-Daniel-from-the-Dead-Sea-Scrolls.aspx" rel="nofollow">Gerhard Hasel</a>.Abram Swanepoel on Inleiding oor die boek Daniël More Chris. Baie dankie vir jou uitstekende bydrae. Dit is insiggewend, deeglik en ek gebruik dit sinvol by die Woordverryking (bybelskool). GroeteStephan on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Tien jaar geseën om tot seën te wees. Baie dankie en geluk, Chris!Philip Vermaak on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Dankie Dr Chris Ek leer so baie.mooi loopJan Louw on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Ek kan net beaam wat Andre Kritzinger sê. Jy is ‘n besondere instrument met besondere gawes vir die Liggaam van die HereChris van Wyk on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Dankie - jy kan op dieselfde webtuiste al die vorige materiaal lees: https://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/Andre Kritzinger on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Dankie Chris. Ek het groot waardering, agting en "vertroue" in jou werk. Wanneer ek 'n gedeelte wil gebruik, is Bybelskool.com een van my eerste parkeerplekke. Jy is 'n besondere instrument met besondere gawes vir die Liggaam van die Here Vrede vir jou toegebidRiekie on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Baie Baie dankie Chris. Dit wat ek het van jou is van ontskatbare waarde. Dankie vir jou gehoorsaamheid. Ek het ongelukkig nie al die boeke saam deurgewerk nie en sal graag die ander studies ook wil bekom indien moontlik. Is daar 'n webtuiste vir dit asb.Hilda on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Baie geluk en baie dankie Chris. Ek gaan nog 'n paar jaar besig wees met jou nalatenskap.Deon Vermeulen on Rigters 7 – Gideon oorwin die Midianiete met 300 man Wat beteken die woord en is wegraping?Jaco on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Baie Dankie Chris! Ek het baie waarde uit jou lesstukke gekry! Seën!!Henriëtte on Rigters 7 – Gideon oorwin die Midianiete met 300 man Net 'n baie groot dankie. Bybelskool het net op die regte tyd oor my pad gekom. Ek gaan nog lank daarmee besig wees. Baie seën vorentoeChris van Wyk on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Dankie Saretta. Ons kom 'n lang pad saam. Seën met julle groep.Saretta Dawson on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Baie geluk! Vir my was (is) dit altyd goed gewees om verdere perspektief op n gedeelte te lees, soos onlangs bv. met Josua, waar ons as Bybelstudiegroep ook die boek behandel het. Sal graag die boek op my rak wil he.Louisa Meyer on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Ek is baie dankbaar dat ek kon deel wees as 'n lesende/oordenkende reisiger. Onder is my vraag beantwoord - dat jy dit oorweeg om 'n boek uit te gee. Ons sien uit daarna.Retha van Graan on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Dankie! Gun jouself 'n welverdiende rusperiode! Groete RethaChris van Wyk on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Alles is natuurlik beskikbaar, maar jy bedoel waarskynlik om die stukke weer te stuur op 'n daaglikse basis. Sal dink daaroor. Ek oorweeg egter om dit uit te gee in boekvorm. Sal kyk waarvoor ek tyd het en waar die behoefte lê.Retha van Graan on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Goeiemôre Chris - bietjie laat begin volg maar groot waardering vir die insig en wysheid wat jy met ons gedeel het! Verseker beplan ek om voort te gaan elke dag met die hoofstukke wat ek voorheen gemis het!! Kan ek voorstel dat jy weer daagliks voortgaan met die deel van voltooide hoofstukke vir nuwelinge wat nie vooraf gevolg het nie!! Baie baie dankie en mag die Here jou ryklik seën! Groete uit Montana, Pretoria RethaDr Chris van Zyl on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Ek het groot waardering en bevrediging uit die bydraes hiermee ervaar. Doen so voort... deur te dien bereik mens andere. Seën vir jou toegebid vir jou voortgesette bydraes om skille van oë te verslap en insig te voorsien. Chris uit WindhoekSonja Lizemore on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Dit was en is nog steeds vir my n baie besonderse voorreg om deel te wees van u bybelskool. Baie baie dankie vir al die ure se harde werk. Ek neem aan die website sal altyd beskikbaar wees. Ek het al ook dit aanbeveel by ander.Hennie on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Ds Chris, baie dankie vir al die harde werk deur al die jare. U werk is vir my ñ groot sëen en ek glo ook vir baie ander wat ook ingeteken is en is van uitstaande gehalte. Mag God u nog verder sëen in u werk. GroeteJohann de Beer on Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com Baie geluk en geluk dr Chris. Ek het Bybelskool se webwerf eers onlangs ontdek, maar wat 'n voorreg om op hierdie webwerf tyd te spandeer in Bybelstudie en saam met ons Skepper. So dankbaar vir al u harde werk en tyd wat u hier insit. Mag die Here u seën op die pad vorentoe. Liefde in Christus. Johann de Beer.Chris van Wyk on Rigters 4 – Debora, die formidabele moeder in Israel Hi Jan. Ja, ek stem saam. Ek het oor Miriam al iets geskryf in Eksodus, ook oor Magla, dogter van Selofgad, en Aksa, dogter van Kaleb, en hier oor Debora. Sal later ook iets plaas oor Simson se ma. Sal oorweeg om al die goed bymekaar te sit op 'n dag. Ek het wel al 'n kort stuk oor <a href="https://bybelskool.com/ekskursus-oor-vroue-in-die-nt/">vroue in die NT</a> geskryf. Ek was ook redakteur van daardie "delightful"boek vir die Seisoen van Luister: <a href="http://eshop.bybelmedia.org.za/product/magla-die-dogter-wat-buite-die-boks-gedink-het/" rel="nofollow">Magla die dogter wat buite die boks gedink het</a> (en 39 ander cool Bybelkarakters) deur Christelle Bekker en Nico Simpson. Dit stel jou bloot aan 20 vroue en 20 mans in die Bybel in 'n lekker bevatlike en toeganklike Bybelstudie. Hier is die inhoudsopgawe: 1. Magla: Die dogter wat buite die boks gedink het 2. Hanna: Die ma wat dronk gelyk het 3. Jetro: Wanneer Skoonpa kom kuier 4. Manoag se vrou: Die mamma-sonder-naam 5. Josia: Die jong koning en die profetes 6. Naäman: Die stemlose mense wat gepraat het 7. Naomi: As skoonma jou beste maat is 8. Boas: ’n Vreemdeling word familie van Jesus 9. Jonatan: Die pel wat die prins sy kroon gekos het 10. Die farao: Koning Slim maak dom en dommer planne 11. Jogebed: Die moordmasjien word kraamsaal 12. Josef: Vergewe is nie vergeet nie 13. Samuel: Boeta word koning 14. Moses: God besoek ’n vlugtende moordenaar 15. Debora: Vroue wat vir niks skrik nie 16. Elia: Die dominee met selfmoordneigings 17. Daniël: Afguns in die staatsdiens kan jou opvreet 18. Josua: Mense loop deur diep rivier 19. Ester: Mej Wêreld bring wêreldvrede 20. Ester: ’n Plan wat lelik boemerang! 21. Elisa: Entrepreneursdag in Kanaän 22. Amos: Die plaasjapie wat uit sy beurt gepraat het 23. Job: Vriende wat niks help nie 24. Jona: ’n Lessie oor liefde – nie oor ’n vis 25. Habakuk: Ge-abba of gekruk, nogtans sal ek sing 26. Saggeus: Lang vingers, kort bene 27. Saulus: Vervolger word volgeling 28. Paulus: In die breingimnasium 29. ’n Vrou op die pad: Die hondjie wat vir Jesus geblaf het 30. Die vrou by die put: Jesus en die loslappie 31. ’n Vrou by die kollektediens: Die ryk, arm weduwee 32. Elisabet: ’n Godsdiensleier bly stil en twee vroue loof die Here 33. Priscilla en Akwila: Mevrou en meneer Tentmaker 34. ’n Seuntjie: Nog bokkoms en broodjies? 35. Onesimus: Tronk-CV 36. Petrus: Die leier wat te vinnig gepraat het 37. Lidia: Sakevrou word kerkstigter 38. Timoteus: Soldaat, atleet, boer en die bietjie wyn 39. Die vrou by die dinee: ’n Ongenooide gas word die gasvrou 40. Abigajil: Die vrou wie se man hom doodgeskrik hetChris van Wyk on Rigters 6 – Die Here se geduld met Gideon maak hom gereed as rigter Hi Piet - ek doen dit so van tyd tot tyd, soos dié stuk oor leierskap by Rigters 4. En daar sal weer een wees by Rigters 10 oor Jefta. En aan die einde sal ek waarskynlik 'n terugblik gee. Ek oorweeg ook om iets te skryf oor die geestelike lesse wat Rigters ons leer ... maar dit is net DV soos die tyd my toelaat.Piet du Toit on Rigters 6 – Die Here se geduld met Gideon maak hom gereed as rigter Die uitleg van Rigters is baie goed. Sal dit nie moontlik wees om na elke stukkie eksegese ook n kort praktiese toepassing te gee nie? Kan n paar sinne wees!Jan Louw on Rigters 4 – Debora, die formidabele moeder in Israel Chris jy kan gerus vir ons iets skryf oor die plek van die vrou in die OT. Miskien het jy al. Daar is 'n wydverspreide persepsie dat die vrou in die OT beskou is as 'n minderwaardige wese. Ek sien dit nie so nie.Lionel Damons on Ons God is ‘n verterende vuur – Hebreërs 12 DankieLionel damons on Ons God is ‘n verterende vuur – Hebreërs 12 Baie bemoedigend en leersaam Die Here seen u LeraarVerona Spanneberg on Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie Baie dankie vir die Bybelstudie van GenesisChris van Wyk on Rigters 2:6-3:6 – Die volk vergeet die groot dade van die Here en verval in ongehoorsaamheid Dankie André. Elke keer as met 'n Bybelboek besig is, dink ek hierdie is nou die belangrikste boek wat ek al gelees het! Maar, dié keer is dit anders. Ek dink dit is die belangrikste Bybelboek vir ons huidige tydsgewrig. Dit spreek die verlossing van sonde op só 'n praktiese manier aan. Dit verduidelik die geduld en genade van die Here in die chaos en verydeling van die werklike lewe aan, aan die hand van mense met wie ons kan identifiseer. Sommige laat jou yskoud raak, soos Jefta. Ander laat jou verstom, soos Debora en Jael en Simson se ma. En die wyse waarop die Here self by Gideon gaan sit tot in die nag en stappie vir stappie voorberei vir wat Gideon moet gaan doen, dit is eteries mooi. Dít is die God wat ons dien, die Een wat vol genade en waarheid is, en wat deur sy Gees besluit het om vir altyd by ons te woon. Watter voorreg!A Kritzinger on Rigters 2:6-3:6 – Die volk vergeet die groot dade van die Here en verval in ongehoorsaamheid Baie dankie vir hierdie insig - veral die toepassing in die Boodskap. Dis so "spot on". Dis 'n pastorale toepassing wat baie handig is.Chris van Wyk on Josua 24 – Die leiers en die volk word aan God self verbind in ‘n verbondshernuwing Dankie Fanie - kan nie wag vir Rigters nie. Net die skryf van die Inleiding was al tot soveel seën vir myself.Fanie van Emmenes on Josua 24 – Die leiers en die volk word aan God self verbind in ‘n verbondshernuwing Chris, baie dankie vir die studie oor die boek Josua, sien uit na Rigters. God seen jou FanieChris van Wyk on 1 en 2 Korintiërs Hi Christa - Wil jy dit in gedrukte vorm hê?CHRISTA on 1 en 2 Korintiërs Chris, kan ek hierdie stukke ivm 1 @ 2 Korintiërs in boekvorm bekom? Indien wel, laat my asb weet waar en die kostes, aangesien ons Dames Bybelstudiegroep nou hierdie twee Boeke bestudeer. Baie dankie Christa ContinoHerman Steyn on Markus Hallo Chris. Kan jy my die Excell file stuur wat jy na verwys in Markus asseblief. Ek geniet jou werk verskriklik baie. Baie insiggewend end leersaam. Ek het nog nooit tevore werk gekry wat so goed verduidelik word nie. Die Here se seën sky duidelik deur in jou en jou werk. Byvoorbaat dankie. Hermanbonita on Josua 20-21 – Die asielstede en die stede van die Leviete Baie dankie vir u leering leer baieChris van Wyk on Josua 18-19 – Die sewe ander stamme kry ook hulle erfdeel Ek is bly Gerhard. Geniet dit.Gerhard on Josua 18-19 – Die sewe ander stamme kry ook hulle erfdeel Good morning. Baie dankie vir die leering wat ek ontvang in die bybel skool wat ek ontvang. Die Here seen dit.Chris van Wyk on Inleiding op Openbaring Hi Hertha. Ek is bly! Ek het geskryf oor die Sabbat op verskillende plekke. <a href="https://bybelskool.com/waarom-vier-ons-nie-meer-die-sabbat-soos-dit-in-die-wet-gebied-word-nie/">Jy kan hier lees</a>. Daar is ook 'n skakel daarin na 'n vorige skrywe van my oor die Sabbat. Dit was Saterdag, die sewende dag van die week.Hertha on Inleiding op Openbaring Baie dankie. Daar is darem nou lig vir my vir openbaring. Ek het net 1 vraag watter dag dink u is Sabbat?Jan Louw on Bid vir reën soos Elia van ouds Baie dankie Chris vir hierdie helder skriflig. Ek ondersteun jou heelhartig!!johanb on Josua 11:1-15 – Josua vee die grootste deel van Kanaän plat Dagsê Chris en lesers Dit is 'n openbaring om die baie interessante boek, Josua te sien as die enigste boek in die Bybel wat die naam van Jesus het - dit moet dus iets besonders bevat. Die hele fisiese Joshua-stryd word vir ons baie sterk beklemtoon op 'n geestelike en profeteiese wyse in die boek Efésiērs. Hoofstuk-10 is 'n mini profetiese weergawe en tipologie van die groot globale styd aan die einde van die tyd soos in Daniel en veral Openbaringe - dieselfde figure en gebeure word gereflekteer - soos die koning van die konfederasie wat homself as "the Lord of righteousness" noem - die haelsteen stortvloed - die konings wat shuiling soek in die grotte ensovoorts - maar die ware "Lord of righteousness" gaan sy verkyning maak en alles van die wêreld orde vernietig - net soos in Josua beskryf - is dit nie wonderlik nie - Prys die Here wat die stryd voer.Neels Hubinger on Josua 9 – Die Israeliete tree dwaas op, maar slim vang sy baas Dankie Chris vir die perspektief van "afhandeling, afronding, oorwinning, lofprysing" en sluit in ons tyd aan by ons Sondag van aanbidding, rus en lofprysing in die gemeenskap van gelowiges... GroeteChris van Wyk on Josua 9 – Die Israeliete tree dwaas op, maar slim vang sy baas Hi Neels. Die kommentare fokus op 'n kombinasie van twee Skriftradisies as agtergrond vir die sewe dae se liturgiese prosessie om Jerigo. <ol> <li>Die eerste is die skeppingstradisie wat in herinnering geroep word. Soos die ses skeppingsdae uitmond op die sewende dag se rus (Gen 1), só gebeur dit ook met hierdie liturgiese prosessie om Jerigo. Die sewende dag bring afhandeling en afronding met die oorwinning oor Jerigo (Jos 6).</li> <li>Die tweede is die Uittogtradisie met die Paasfees en die fees van die ongesuurde brood. Dit het ook sewe dae aangehou en het geëindig met die viering van die oorwinning oor Egipte en die rus waarheen God hulle nou na Kanaän gaan lei (Eks 12-13). Onthou dat Israel ook só pas die Paasfees by Gilgal gevier het, waarin dié Uittog in herinnering geroep is. Hulle is nou in die tyd van die fees van die ongesuurde brood (Jos 5). Die liturgiese prosessie rondom Jerigo lê dus in die verlengde van dié fees. Die sewende dag bring dus hier by Jerigo ook oorwinning (Jos 6).</li> </ol> Of dit 'n Sabbatdag was, is egter onseker, want dit staan nie in die teks nie. Maar, dit sou sin maak as dit was. Hulle het in elk geval nie die trekkery om Jerigo opgeskort indien die Sabbatdag êrens anders in die week geval het nie.christa on Josua 9 – Die Israeliete tree dwaas op, maar slim vang sy baas Ons moet die Here raadpleeg!Neels Hubinger on Josua 9 – Die Israeliete tree dwaas op, maar slim vang sy baas More Chris, weer eens dankie dat ons jou kan volg op hierdie historiese, maar ook toepaslike reis na God se plan met sy volk. Ek het 'n vragie oor jou verstaan en perspektief oor die praktiese wyse waarop Jerigo verower is. Toe ek gister langs die see stap in die Strand, wonder ek hoe mens die 7 dae se "omloop & verowering" prakties moet verstaan in die lig van die Wet dat daar 6 dae gewerk moet word, maar die sewende is 'n dag van rus. Dink jy die opdrag van God aan Josua is in 7 opeenvolgende dae uitgevoer, of sou daar 'n rusdag in die week wees? Ek wonder maar net. Vriendelike groeteJohanb on Josua 8 – Die Here oorwin Ai met leierskap en vernuf Die Aken saak: Ons moet onthou dat Akan tydens en voor Josua se verhoor sewe keer geleentheid gehad het om sy sonde te bely en hy het geswyg totdat hy uiteindlik uitgewys is as die skuldige party wat die oordeel oor die hele gemeente gebring het - Akan het toe slegs sy verkeerde daad erken maar hy het nooit sy sonde bely en om vergifnis gevra nie - 'n groot verkil - God verwag gehoorsaamhied en God verander nooit nie.Chris van Wyk on Josua 7 – Die Here wys met die nederlaag teen Ai dat sy heiligheid ononderhandelbaar is Jy is reg. Met die NT breek die genadetyd aan, waarin Jesus die straf vir die sonde dra, sodat elkeen wat in Hom glo, nie net vergifnis sal ontvang nie, maar ook die ewige lewe. Dié wat dit nie aanvaar nie, bly in die sonde en smaak uiteindelik die ewige dood.Herman on Josua 7 – Die Here wys met die nederlaag teen Ai dat sy heiligheid ononderhandelbaar is Die feit dat Akan sy sonde bely en tog gestraf word het my vreemd opgeval. Ek probeer dit dan verstaan teen die feit dat God regverdig is, en sonde straf. Ek gaan haal die regverdigheid van God uit die sondeval (Gen 3) met die oordeel oor Adam en Eva. Ek verstaan dit ook so dat God vergewe, maar dat die gevolge van die sonde nie ontkom of opgehef word nie.Chris van Wyk on Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik Ja, wonderlik nê. Ek het dié hoofstuk in Spreuke 16 baie geniet: <a href="https://bybelskool.com/spreuke-161-33-die-mens-wik-maar-god-beskik/">Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik</a>. Ek het daar geskrywe: "In die woordjies <em>beplan</em> (menslik) en <em>bepaal</em> (Goddelik) lê die boodskap van dié gedeelte opgesluit (16:9). Albei is noodsaaklik!"Vere on Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik Hi Chris. Ek lees Spreuke 16 na Josua 7 wat so perfek pas met Die Here se aksies in die verhaal van Ai. Van die mens (Josua) wat die plan bepaal maar Die Here wat bepaal. Die Here wat die gesindheid ken (Akan). Wysheid eerdar as goud, insig eerder as silwer. (wat gesteel is). Self die uitwysing van die familie van Akan gee Spreuke 16:33 "Mense kan loot, maar die Here bepaal hoe dit uitkom." SeengroeteChris van Wyk on Josua 1 – Wees sterk, wees vasberade, veral in die uitvoering van die wetboek Ja. <a href="https://bybelskool.com/psalm-27-31-vertrou-god-wees-sterk-en-vol-moed/">Psalm 27:14</a> maak dié opdrag op alle gelowiges van toepassing: "<em>Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!</em>" Dieselfde geld die opdrag in <a href="https://bybelskool.com/psalm-27-31-vertrou-god-wees-sterk-en-vol-moed/">Psalm 31:25</a>: "<em>Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.</em>" As 'n mens Psalm 27:14 letterlik vertaal, dan kom die boodskap vir my nog helderder deur: “<em>Wag op die Here, wees uiterlik sterk, hou innerlik moed, en wag op die Here.</em>” (In Hebreeus: “<em>Kawweeh ‘êl-Jahwêh, ḥazâk, weja‘ameets libêkâ, wekawweeh ‘êl-Jahwêh.</em>") <ul> <li>Die sterk wees (<em>ḥazâk</em>) beteken om dapper/ferm/oortuig in jou gedrag te wees.</li> <li>Die moedhou (<em>weja‘ameets libêkâ</em>) beteken om jou hart te beskerm van negatiewe gedagtes deur die Here te vertrou en sterk te staan in die oortuigings wat Hy gee.</li> <li>Die wag op die Here (<em>Kawweeh ‘êl-Jahwêh</em> x2) beteken om telkens te soek na en te wag op die Here se lig en beskerming.</li> </ul>christamarais111@gmail.com on Josua 1 – Wees sterk, wees vasberade, veral in die uitvoering van die wetboek Dankie Chris Sou 'n mens kon se dis wat God ook vir elkeen van Sy kinders se?Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Hi Maryna. Jy kan dit doen. Onthou dat die krag nie lê in die olie nie, dit is net 'n simbool, maar in die Heilige Gees in antwoord op julle gebed. Gebed sonder olie is net so kragtig (Jak 5:16). Salwing of handoplegging is ook ‘n simbool van toewyding aan die Here. Onthou dat daar ook ander hulp vir koliek is. Dit kan 'n reaksie op voeding wees. Dit kan verband hou met gewrig of spierpyne. Die Here werk ook deur die eksperte wat hierin spesialiseer.Maryna Saunders on Salwing in die Bybel Goeiedag, My kleinkind is 6 weke oud en het erge koliek. Ek het raad gekry om haar te salf, hande op te lê en vir haar te bid. Ek verstaan dit word in absolute geloof in ons Opperheer gedoen en dat die vertroue ook in Hom is vir genesing. Mag ek /die ouers dit doen ? Meer as een keer?Fanie van Emmenes on VINCENT BRÜMMER – WHAT ARE WE DOING WHEN WE PRAY? Baie dankie Chris vir die bostaande artikel oor Vincent Brummer se boek oor gebed. Ek is "toevallig' besig om die Afrikaanse uitgawe vir die tweede keer te lees, en jou bespreking help beslis vir 'n beter verstaan van gebed. Groete FanieChris van Wyk on Die relatiewe waarde van argeologiese en historiese getuienis Ja, en die probleem is verder dat dit Kenyon se voorveronderstellings is wat haar ander gevolgtrekkings laat maak as wat Garstang vroeër gemaak het en Wood nou onlangs bevestig het. Die Bybelteks se antieke getuienis word daarmee te maklik van die tafel af gevee.Jan Louw on Die relatiewe waarde van argeologiese en historiese getuienis Dankie Chris hiervoor. My waarneming is dat die teologie geweldig onder druk van die sg wetenskap staan. Dit bring mee dat niks wat in die Bybel staan as gesaghebbend aanvaar word tensy die Bybelwetenskaplike dit eers met die "wetenskap" kon kontroleer nie.Chris van Wyk on Die vervulling van die belofte Dankie Marie. My voorreg!Marie Davidson on Die vervulling van die belofte Chris baie dankie,ek waardeer jou Bybelstudies baie en vind dit baie leersaam.Groete MarieChris van Wyk on Kontak my Hi Riana, Ek ken nie die aanhaling nie ("My wil gee ek jou maar jou wil laat ek jou"). Jy kan meer hier lees oor die onderwerp van God se wil: <ul> <li><a href="https://bybelskool.com/god-se-bekende-en-verborge-wil/">God se bekende en verborge wil</a></li> <li><a href="https://bybelskool.com/2-kronieke-29-31-hiskia-vra-met-sy-hele-hart-na-die-wil-van-sy-god-en-is-voorspoedig/">2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig</a></li> <li><a href="https://bybelskool.com/2-samuel-16-18-god-is-agter-alles-besig-om-sy-wil-uit-te-werk-in-die-doen-en-late-van-mense/">2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense</a></li> </ul>rina on Kontak my Hallo Chris, ek het gehoor dat daar in die bybel geskryf staan dat God se...My wil gee ek jou maar jou wil laat ek jou.. Kan jy asb help, waar kan ek daarvan lees. Baie baie dankie ek waardeurChris van Wyk on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Hi Alida. Ek het volledig geantwoord in 'n nuwe bydrae: <a href="https://bybelskool.com/die-comma-johanneum-in-1-johannes-57-8/">Die Comma Johanneum in 1 Johannes 5:7-8</a>Alida Dippenaar on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Die een weglating in 1983 vertaling waaroor ek nogal graag n verduideliking sou wou kry is 1 Johannes 5:7 Baie dankie AlidaChris van Wyk on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Hi Herman, dankie vir die kommentaar! Dit het net een keer opgedaag. Dit verdwyn, omdat ek dit moet goedkeur aan my kant. Ek stem saam dat verskillende vertalings, ook in terme van die vertrekpunte, 'n mens help. Ek vind bv. baie keer aanklank by Peterson se The Message, wat natuurlik heeltemal 'n parafrase is. Hy is soms egter net só akkuraat in terme van die betekenis van 'n teks, dat ek baie by hom leer! Vertaling is 'n kuns. Ek het bv. vandag gaan kyk na die wyse waarop die stam μοιχος (owerspel/egbreuk) in die Bybel Direkte Vertaling (BDV) vertaal word. Die Griekse woord kom 33 keer in 27 verse in verskillende vorme voor. Dit is duidelik dat daar die hele tyd gewissel word tussen die vertalingsmoontlikhede van “egbreuk” en “owerspel”. Daar is nie regtig ’n konsekwente keuse van vertaling nie. Die werkwoord word soms as "owerspel" en soms as "egbreuk" vertaal: * Matt. 5:27,28,32; 19:9,18; Mark. 10:11,12,19; Luk. 16:18; 18:11; Rom. 2:22; 13:9; Jak. 2:11; Openb. 2:22 - "egbreuk" * Matt. 15:19; Mark. 7:21; Joh. 8:3; 2 Pet. 2:14 - "owerspel" Die selfstandige naamwoord word soms as "owerspelige geslag" en soms as "egbreekster/egbrekers" vertaal: * Matt. 12:39; 16:4; Mark. 8:38 - "owerspelige geslag" * Rom. 7:3; 1 Kor. 6:9; Hebr. 13:4; Jak. 4:4 - "egbreekster" of "egbrekers" Soms lei dit tot verskillende interpretasies selfs in dieselfde konteks: * In Joh. 8:3 word die selfstandige naamwoord as "owerspel" vertaal. * In Joh. 8:4, net die volgende vers, word die werkwoord as "egbreuk" vertaal. Ek weet dat die BDV 'n volgende fase het waarin dié verskille aangespreek word, nie noodwendig om dit te harmonieer nie, maar om ten minste vir die leser wat nie Grieks ken nie, 'n idee te gee hoekom die spesifieke vertalingskeuse gemaak is. Sterkte!Herman on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Hi Chris! Ek hoop nie hierdie "kommentaar" bereik jou nou twee maal nie! Ek was besig om te tik toe woeps verdwyn allles! Nietemin in Veritas se Module 1 staan ons juis stil by onder andere hoe vertalings ons help en vind ek dit meer as nuttig om beide 'n letterlike vertaling sowel as 'n dinamies ekwivalente vertaling te gebruik as ek met eksegese besig is van teksgedeeltes buite Veritas se voorbeelde om. Jou kennis hiervan het myne ook verbreed en maak jy my slimmer vir my volgende aanbieding!Chris van Wyk on Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde Dankie! "Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou."Marian on Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde So "klein" bybelboek met so GROOT boodskap. Ek het Sefanja gaan lees nadat ek die fliek Uitvlucht gekyk het. Beslis nou een van my gunsteling bybelboeke! Hoofstuk 3:17 is nou ook deel van die verse wat ons Vader, Koning van alle konings, vir my uit gewys het vir die pad waarop ek nou is. Ek is so bly dat Vader jou gebruik as 'n tuig om my te help om saam met HEILIGE GEES hierdie onbeskryflik-wonderlike woord van God te verstaan. Seën in oorvloed MarianJan Louw on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Danie vir hierdie belangrike bydrae Chris.Chris van Wyk on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Dankie Hein. Ek het al oor die versindeling geskrywe: <a href="https://bybelskool.com/interessante-feite-oor-die-bybel-2/">Interessante feite oor die Bybel</a>. Ek sal mettertyd meer van dié tipe inligting insluit in my bydraes.Hein Barnard on Weglatings in die 1983 Afrikaanse vertaling Chris, Baie dankie vir hierdie goeie blog! Ons behoort lidmate ook in te lig day die versindelings en hoofstukindelings ook latere byvoegings is - dit is ook nie in die oorspronklike manuskripte aanwesig nie. Dalk 'n gedagte vir die volgende blog?? Indien jy dit sou oorweeg, lig dalk ook gelowiges in dat Hebreeus nie onderskei tussen hoof- en kleinletters nie en dat die oorspronklike Grieks alles hoofletters was. Vredevolle jaarChris van Wyk on Die geldigheid van die wet van God is ’n komplekse saak in die NT Hi Monica. Nee, daar is geen toetsing betrokke nie. Dit is net vir lees en self toeëien.monica on Die geldigheid van die wet van God is ’n komplekse saak in die NT Ek net gewonder gee julle ook vrae oor die stukke wat ek moet lees uit. dan kan ek dit in vul.brian on Matteus 6 – Jesus fokus op die lewe van geregtigheid baie dankie chris vind jou uitleggings baie insiggewendChris van Wyk on Profete vandag Hi Adri, my voorreg. <strong>Oor profesie</strong> Dit is 'n gawe van God, ja (1 Kor. 12:1-11), maar ook iets wat ontwikkel moet word (Rom. 12:6-8; 1 Pet. 4:10-11) altyd onder leiding van die Heilige Gees (1 Joh. 2:27) met die doel om op te bou, te troos en te bemoedig (1 Kor. 14:3). Vir dié ontwikkeling is onder andere mense as gawes gegee om juis daarmee te help (Ef. 4:11-16). Profesie is daarbenewens een van die gawes waarvoor gebid kan word (1 Kor. 12:31), trouens, waarvoor veral gebid moet word (1 Kor. 14:1,39). Profesie natuurlik verstaan as om die boodskap van God vir 'n situasie te bring nie as toekomsvoorspelling nie. <strong>Oor besnydenis</strong> Ek het in my <a href="http://bybelskool.com/genesis-17-lewe-naby-my-en-wees-onberispelik/">bydrae oor Genesis 17</a> die volgende oor die besnydenis geskryf: "Waar Noag die reënboog in die hemel gekry het as teken van die verbond, kry Abraham die besnydenis van elke manlike nasaat as teken van die verbond. Die reënboog is iets wat God op ‘n natuurlike wyse laat verskyn as ‘n teken van sy verbintenis aan die aarde. Dit is eintlik ‘n herinneringsteken vir God self. Elke keer wat die reënboog op aarde sou verskyn, sou dit God herinner daaraan dat Hy die aarde en sy mense genadig moet wees. Die besnydenis darenteen is iets wat van Abraham gevra word as verbintenis aan die verbond. Met elke manlike geboorte sou dit die geloofsgemeenskap herinner aan hulle blywende verbintenis aan God. Net so permanent as wat die besnydenis in die vlees van elke man sou wees, so permanent is die verbintenis aan God in die verbond wat Hy met hulle gesluit het. Trouens, elke keer wat ‘n man met ‘n vrou gemeenskap sou hê, sou die besnydenisteken hulle herinner aan die feit dat God van hulle vra dat hulle naby Hom en onberispelik moet leef. ‘n Kragtige herinnering nie net aan ‘n moreel-etiese lewe binne die uitdagings van die Kanaänitiese afvallige seksuele praktyke nie, maar ook ‘n herinnering daaraan dat hulle onberispelik voor God moet leef. Dit is interessant dat die Joodse skrywer Philo, ‘n tydgenoot van Jesus en Paulus, vier redes lys waarom die besnydenis as teken gekies is. Dit was volgens hom vir: 1) gesondheid, 2) reinheid, 3) ‘n herinnering aan voortplanting en 4) vrugbaarheid (Special Laws). Hy lys dan twee redes wat sy eie denke verteenwoordig, maar wat hy as die mees belangrike beskou: Eerstens om die volk op ‘n simboliese manier te leer dat hulle wellus moet vermy en hulle gedagtes rondom seks moet beheer; Tweedens om die volk te leer dat ‘n mens nie geestelik volmaak kan word as jy nie alle boosheid uit jou hart weer nie. Uiteraard het dié teken dus om baie meer gegaan as net die moreel-onberispelike seksuele lewe wat daarmee van die volk gevra is. Dit het oor die hele wandel met God gegaan. Reeds in Deuteronomium word die besnydenis as ‘n teken van ‘n dieper geestelike realiteit gebruik – die besnydenis van die hart – wat dui op ‘n onberispelike gehoorsaamheid aan die wet en Woord van God (Deut. 10:16; 30:6), iets waarop Jeremia (Jer. 4:4; 9:25) en later Paulus ook klem gelê het, met spesifieke verwysing na Abraham (Rom. 2:28-29; 4:11-12; 1 Kor. 7:19: “Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God”; Gal. 5:6,11; 6:15; Fil. 3:3: “Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie.”)."Adri on Profete vandag Dagsê Chris, dankie vir jou gehoorsaamheid aan onse Vader, Rabbi en Meester. Jou ‘werk’ verryk my lewe. Onlangs het ek en ‘n vriendin effe verskil juis oor profete. Sy reken mens kan leer om ‘n profeet te wees? Of liewer geleer word? Is dit nie ‘n gawe van God af nie. Ek voel mens kan ‘leer’ luister en moet ‘n diep verhouding met God hê sowel as ‘n daaglikse “walk with God” en dat die Heilige Gees ons leermeester is? Slegs dan sou ons ons gawe kan sien, ontwikkel en gebruik? Dan sal ek ‘n bietjie meer inligting re besnydenis waardeer. Ek verstaan nie werklik hoekom dit nodig was nie. Waarom juis besnydenis? Ek besef dit was ‘n teken? Maar verstaan nie die belangrikheid van die fisiese aksie nie. Hoekom ook is daar dan die teken van mans verwag en nie noodwendig vroue nie? Ek hoop ek druk myself reg uit Mag God jou hierdie jaar seen dat jy kan voortgaan om vir ander ‘n seen te wees Shalom, AdriChris van Wyk on Matteus 5:22 – Jy mag nie “karakter-moord” pleeg nie Hi Sarah, "Bloedskuld" verwys na die skuld wat op iemand rus as hy moord pleeg, 'n oortreding van die sesde gebod (Eks. 20:13; Deut. 5:17). Moord is uiteraard wanneer jy 'n onskuldige se lewe neem, óf die reg in eie hande neem en iemand vermoor sonder dat jy verlof het daarvoor. So waarsku Abigajil vir Dawid om nie Nabal te vermoor nie, want dan sal hy die reg in eie hande neem (1 Sam. 25:26). Dawid distansieer homself ook van die moord op Abner om dieselfde rede (2 Sam. 3:28-29). Dié reël sluit natuurlik verskillende "wettige" vorme van doodmaak uit, bv. waar die wet die doodstraf aan iemand opgelê het (bv. in die geval van moord - Lev. 24:17) of in oorlog (Num. 31:7). In die konteks van Psalm 51 - wat geskryf is na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na Dawid toe gekom het oor sy owerspel met Batseba, waarin hy vir Urija laat doodmaak het - bid Dawid dus dat die Here hom sal vergewe van die "bloedskuld" wat die moord op Urija op hom gelê het. Die geskiedenis word vir ons vertel in 2 Samuel 11. Let op dat Natan Dawid daar direk van moord beskuldig, al het Dawid dit deur 'n gekonkelry reggekry: "Waarom het jy nou die woord van die Here geminag deur so ’n verkeerde ding te doen? Jy het Urija die Hetiet met die swaard doodgemaak en toe sy vrou vir jou gevat. Ja, jy het hom vermoor met die swaard van die Ammoniete." (2 Sam. 12:9).Sarah Hartzenberg on Matteus 5:22 – Jy mag nie “karakter-moord” pleeg nie Psm 51v16. Red my van. Lordskild. Wat brteken bloedskild. Dankie dat ek mag vraChris van Wyk on GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura Hi Kenneth - hier is 'n paar gedagtes oor Galasiërs 4:1-7 waarin die twee verse voorkom: In hierdie gedeelte trek Paulus 'n kontras tussen 'n onvolwasse kind (in Grieks nepios) en 'n volwasse kind (in Grieks huios). Hy wil die Galasiërs leer dat vertroue op die wet 'n teken is van geestelike onvolwassenheid (soos kinders met doeke aan, by wyse van spreke), nie van volwassenheid nie (soos kinders wat hulle erfporsie ontvang het deur die geloof in die Here Jesus Christus). Paulus praat in vers 1-2 van jong kinders (mv. nepioi) wat nie regtig verskil van slawe nie, want hulle kan nog nie die erfporsie van hulle pa in besit neem nie. Hulle is nog nie volwasse kinders (mv. huioi) nie. Hulle het voogde en bestuurders wat hulle erfporsie bestuur tot op die tyd wat hulle pa bepaal het dat hulle kan erf. Hulle status verskil dus min van slawe. Hy pas dié waarheid toe in vers 3 op die Galasiërs se status vóór hulle Christus leer ken het. Hulle het die "basiese beginsels" (in Grieks stoicheia) van die wêreld nagevolg, soos dit letterlik in die Grieks staan. Hier praat Paulus eintlik oor enige godsdienstige sisteem wat nie rekening hou met die waarheid in Christus nie. Dan vervolg Paulus in vers 4-5 met die wonderlike boodskap van God wat sy Seun op die regte tyd (in die volheid van die tyd) gestuur het om as mens uit 'n vrou gebore te word. Hy het "onder die wet" kom leef, om dié wat onder die wet was, die Jode, los te koop van hulle verslawing onder die wet. Die wet was nou nie meer hulle "bestuurder" nie. Jesus het hulle daarom vrygemaak om die erfporsie wat God vir hulle het as sy kinders (huioi), en vir die gelowiges uit die heidene as "aangenome kinders" (in Grieks huiothesia) in besit te kan neem. Die Jode is dus nie meer nepioi nie, maar huioi, volwasse kinders. Dieselfde geld die gelowiges uit die heidende. Hulle is ook nie meer nepioi nie, maar huiothesia, aangenome volwasse kinders van God. Die resultaat word in vers 6-7 uitgespel. Omdat hulle nou volwasse kinders is van God, het God die Gees van sy Seun in hulle harte uitgestuur, en die Gees roep: Abba, Vader! Hulle is dus nie meer slawe nie, of onvolwasse kinders nie, maar volwasse kinders wat erfgename is van God deur Christus. Die Gees is nou hulle "bestuurder" soos hy in Galasiërs 5 verder sal uitspel.Kenneth Daniel Pietersen on GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura Goeie naand Man van die Allerhoogste God. Ek wil u graag bedank vir die pragtige uitlegging van die Woord in Galasiers. Graag wens ek u te vra om vir my n uiteensetting van Galasiers 4:4-5,te gee,met Jesus Christus as ons voorbeeld,asseblief as n predikasie. Groete. KennethNakkie on Bybelskool oor Josua en Rigters hervat 17 Januarie 2018 Baie dankie vir elke stuk wat ek ontvang. Dit beteken vir my baie. Ek leer so baie. Geseënde Kersfess en `n mooi 2018.Chris van Wyk on Het God ‘n “siel” of nie? JG, diere word beskryf as "lewende wesens", in Hebreeus: "lewende siele" (Gen. 1:20). As hulle doodgemaak word, word dit weergegee as om die "siel van 'n dier" dood te maak (Lev. 24:18). Net so ken 'n regverdige die "siel van sy dier" in die sin van sy behoeftes (Spr. 12:10). Diere word egter nooit beskryf met 'n siel wat voortbestaan ná die dood nie.Jg on Het God ‘n “siel” of nie? Chris, Het n dier n siel, of het hy nie????Jan Louw on Profete vandag Dankie vir 'n ewewigtige en insiggewende bydrae oor die gawe van profesie. Ek is ook maar skepties oor sommige aansprake uit charismatiese kringe oor die werkinge van die Gees, maar is ook huiwerig om kategoriese uitsprake te maak.Chris van Wyk on Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het Dankie Neels. Dit was 'n wonderlike reis, ja. Gelukkig kan ons volgende jaar met Josua en die Rigters verder reis!Neels Hubinger on Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het More Chris, 'n oorweldigende getuienis vandag oor die afsluiting van Moses se lewe wat ons nou weer saam met jou "geleef" het...! Mens wens en smag daarna om self meer van sy karakter en verhouding met God te ervaar in die vreugde daarvan dat Moses self nooit "die rykdom van die land besit het nie", maar in die skat van die belofte van God, onvergelykbaar "ryk" was en sy lewe volkome kon afsluit en voltooi... Opreg, baie baie dankie vir jou toewyding, studie en insig om die Woord nuwe betekenis te gee en jou lesers se lewens te verryk. Vriendelike groet en seënwense.Chris van Wyk on Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels Hi. Die kerk werk vir eeue al met 'n "kerkjaar". Dit begin met <strong>Advent</strong>, die vier Sondae vóór die <strong>Christusfees</strong>, wat saamval met Kersfees ("Christ-mass") wat aanvanklik verwys het na die nagmaal wat die vroeë kerk op Christus se geboorte gevier het in nagedagtenis aan Hom. Daarna is daar <strong>Epifanie</strong>, die viering van die doop (6 Januarie), verskyning en bediening van Jesus. Daarna kom die <strong>Lydenstyd</strong>, <strong>Goeie Vrydag</strong>, <strong>Paasfees</strong>, <strong>Pinksterfees</strong> en dan 'n tyd wat ons noem <strong>Koninkrykstyd</strong>. Nie een van hierdie dinge is 'n "moet" in die Skrif nie, maar wel gebaseer op die verhale van Jesus en die kerk. Dit help ons om die groot dinge van sy lewe te vier ter herinnering en bemoediging. Die datum van Jesus se geboorte is egter nie bekend nie, selfs sy geboortejaar is in dispuut. Maar, een van die tradisies is dat Maria op 25 Maart swanger geraak het, nege maande later op 25 Desember geboorte geskenk het, en dat Jesus weer op 25 Maart gekruisig is. Dit daar gelaat. Ek vier dus die Christusfees eerder as Kersfees, om myself te herinner, en my gemeente, dat Jesus as Verlosser gebore is. Dit is egter nie 'n moet nie.Deon Vermeulen on Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels Hi Ek woon in Despatch . My vraag gaan oor kersfees. Ek het op op 1 Mei 2016 tot bekering gekom en is 16 Oktober gedoop. Hierdie jaar sal dit my tweede jaar wees wat wat ek nie deel gaan hê aan kersfees nie. Na ondersoek het ek besef dat kersfees 'n mense instelling is en niks met Jesus te doen het nie. Kersfees soos ek dit sien gaan maar oor geldmakery. Dink ook nie daar staan enige iets in die Bybel dat ons Sy verjaarsdag moet vier nie. Wat vir my belangrik is, is die nagmaal en die doop wat deur Jesus ingestel is. Is ek dan verkeerd om nie kersfees te vier nie, ons weet ook dat dit nie Jesus se geboorte dag was 25 Des nie ?Piet du Toit on Deuteronomium 31:1-29 – Josua word as leier aangewys en die wetboek afgesluit as gesaghebbende woord van God Groot waardering vir jou deeglike uitlegging Chris. Baie dankie.Chris van Wyk on Bybelskool oor die boek van die profeet Jeremia en die Klaagliedere van Jeremia Hi Sonja. Nee, Jeremia 10 verwys na die maak van afgode. Dit het niks met kersbome en versierings te make. Die Kersboom en sy versierings is eers lank daarna, en lank ná Jesus se geboorte self aan sy geboorte verbind. Aanvanklik was die ou kerkvaders baie negatief daaroor, Tertulianus bv. Lees meer by Christianity Today wat Edwin en Jennifer Woodruff oor die ontwikkelinge deur die eeue sê in hulle artikel <a href="http://www.christianitytoday.com/history/2008/december/why-do-we-have-christmas-trees.html" target="_blank" rel="noopener nofollow">Why do we have Christmas Trees?</a>Sonja on Bybelskool oor die boek van die profeet Jeremia en die Klaagliedere van Jeremia Naand Chris. Kan ek asb vra, die houtstomp wat afgekap en versier word in Jeremia 10, verwys dit na ons Kersbome en versierings? Die Jehova getuie haal daai gedeelte aan. Dankie SonjaChris van Wyk on Psalm 91 – Ja, U, Here, is my skuilplek! Hi Saartjie. Dankie vir die getuienis. Die Here bly getrou, selfs in die moeilikste omstandighede denkbaar.Saartjie on Psalm 91 – Ja, U, Here, is my skuilplek! Die Here kom gee vir ons as gesin verlede week Ps 91 en Hy weer 'n plaasaanval af wat ons later hoor eintlik vir ons bedoel was. Net 'n wonderwerk dat niemand seergekry het met 8 vermeende aanvallers wat met ander plaasmoorde en aanvalle verbind word. Vers 9 en 10 kry vir ons betekenis en ons rus in die wete dat as die Here jou toevlug is , as die Allerhoogste jou skuilplek is sal geen kwaad jou tref ,en geen ramp naby jou tent kom nie... Die getuienis van Corrie ten Boom het my so aangeraak .. Daarom deel ek hierdie ..net miskien iewers is iemand wat ook soos ek net hierdie Ps op hierdie oomblik nodig het...Vertrou God met jou beskerming!Fanie van Emmenes on Deuteronomium 28 – Die omvattende seëninge en strawwe van die verbond As ek bostaande lees, verbly ek my opnuut oor Jesus Christus en die geregtigheid wat deur die geloof in Hom ons deel word. Ek wil bykans saam met Retief Burger sing: Ek sien 'n kruis--------.Elsie Ceronio on Deuteronomium 28 – Die omvattende seëninge en strawwe van die verbond Dankie vir die samestelling van so 'n belangrike aspek vir my as christen om te weer te hoor dat daar twee kante is. VredeErnst on Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid Dankie Chris.Chris van Wyk on Waarom vier ons nie meer die sabbat soos dit in die wet gebied word nie? Hi Leana. Jy kan die vorige Bybelboeke se bydraes lees by die <a href="http://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/">Bybelboeke</a> spyskaart item.Leana Weyers on Waarom vier ons nie meer die sabbat soos dit in die wet gebied word nie? Baie dankie vir die inligting. Kan ek asb vra waar ek die boeke wat reeds behanel se inligting aflaai. Ek is nuut en wil graag daardie inligting inwin.Chris van Wyk on Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid Hi Ernst. Die vierde gebod word Bybelsgesproke deur twee goed gemotiveer. <ul> <li>Israel moes die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat God alles goed gemaak het, soos Hy op die sewende dag gerus het na al sy werk aan die skepping (Eks. 20). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir alles wat Hy gemaak het.</li> <li>Israel moes ook die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat hulle God se volk is, soos God hulle uit die slawerny van Egipte verlos het (Deut. 5). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir die verlossing wat hulle in die regte verhouding met God gebring het.</li> </ul> Die NT beskou die sabbatdag as 'n skaduwee van wat sou kom. Die werklikheid is Christus. Dié wat dus in Christus is, vier hulle afhanklikheid van God elke dag, nie net op een dag nie. Hulle vier ook hulle rus van die sonde elke dag, nie net op een dag nie. Hulle het dus nie meer nodig om een dag bó 'n ander te vier nie, hoewel hulle welkom is om dit te doen, en dit 'n gesonde ritme van rus en werk kan skep. Niemand mag Christene egter voorskryf daaroor nie. Drie NT Skrifgedeeltes dra dié boodskap. <ul> <li>Paulus sê: "Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei." (Kol. 2:16-19).</li> <li>Paulus sê ook: "Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil ... Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat ’n bepaalde dag op ’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here ... Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: 'So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.' (Jes. 45:23). Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee." (Rom. 14:1-12).</li> <li>Die Hebreërskrywer skryf: "Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie." (Hebr. 4:9-11).</li> </ul> Paulus het op sy sendingreise saam met die Jode die sabbatdag gevier in 'n poging om die evangelie aan hulle te verkondig. (Hand. 13:42 44; 16:13; 18:4). Saam met die Christene het hy egter die eerste dag van die week gevier met nagmaal, in herinnering aan die kruisdood en opstanding van die Here Jesus, en die ander kerklike dinge, soos die insamelinge van die dankoffer, nagekom (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2). Dit lê agter die ontwikkeling in die Christelike kerk om op Sondag bymekaar te kom eerder as op die sabbatdag.Ernst on Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid Chris maar hoe verstaan mens dan dat die Bybelse Sabbat (7de dag) nie meer gehou word nie? Dis tog deel van die 10 gebooie. Dankie ek hoor graag jou verduideliking.Chris van Wyk on Deuteronomium 16:18-17:20 – Regters en konings moet nougeset volgens die wet regeer Dankie André. Ja, wanneer ons oop raak vir God om deur sy Woord met ons te praat, dan word ons meegesleur deur sy teenwoordigheid om ons roeping as sy kinders te kan vervul. Dit is 'n avontuur!Andre Bower on Deuteronomium 16:18-17:20 – Regters en konings moet nougeset volgens die wet regeer Chris, elke Woensdag is daar klein juwele waarvoor 'n mens bedag op moet wees. Jy het genoem dat ons die Bybel moet lees soos dit geskrywe is en nie soos ons dit wil verstaan of uit ons raamwerk nie. Dit is werklik so. Om 'n dissipel vir Jesus te wees is verg baie. Jesus verwag absolute gehoorsaamheid, en soos jy al genoem het, dit is nie onderhandelbaar nie. Ek kan nie vereistes lees soos dit my pas nie.Chris van Wyk on Deuteronomium 14 – Julle identiteit as Godsvolk moet in alle fasette van die lewe wys Hi Henriëtte. Jy leer my nou 'n ding. Dit lyk my daar is maar min visse wat nie skubbe het nie. Barber is blykbaar een. Snoek se skubbe is net klein. Vandaar dat sommige hom as onrein beskryf. Hier is 'n <a href="http://home.global.co.za/~koerier/voedsel.htm" rel="nofollow">uitstekende bron </a>wat visse beskryf in terme van hulle aanvaarbaarheid al dan nie binne die Joodse wetgewing. Nie dat dit meer op ons van toepassing is nie, maar net vir interessantheid.Henriëtte on Deuteronomium 14 – Julle identiteit as Godsvolk moet in alle fasette van die lewe wys As senior burger maar nog baie onkundig in die Bybel en gebruike, slurp ek die kennis op. As Weskusser is ek egter nie so seker dat 'n snoek nie skubbe het nie. Ek verstaan hy verloor sy skubbe wanneer hy uit die water uit kom. Sê maar net, anders is ek jammer dat die snoek vir hulle misgun is! (Verskoon die aweregse bydrae in die uitgelese geselskap)Chris van Wyk on Deuteronomium 4:44-5:33 – Julle moet hierdie wet leer, gehoorsaam en daarvolgens lewe Hi Francois. Ek het reeds geskrywe oor <a href="http://bybelskool.com/bly-die-wet-van-god-steeds-geldig-vandag/">die vraag of die wet van God nog geldig bly vandag</a>. Jy kan dit as 'n inleiding lees. Ek het ook <a href="http://bybelskool.com/die-wet-in-die-3-formuliere-van-eenheid/">die wyse waarop die wet in ons belydenisskrifte hanteer word</a>, ondersoek wat jy vir nog dieper delf, kan gebruik. Die NGB (artikel 25, 34) sê bv. dat ons die getuienis van die wet gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig. Dit is die hart van my oortuiging. Ek gaan verder om daar te skryf: <ol> <li>Aan die een kant word Jesus Christus dus as die einde van die wet beskryf waardeur die gebruik van die seremonies en heenwysings van die wet afgeskaf is.</li> <li>Daar word aan die ander kant egter ook geleer dat die waarheid en inhoud daarvan in Christus Jesus bly bestaan, omdat dit in Hom ‘n vervulling gekry het. Die getuienisse van die wet (en die profete) kan daarby nog steeds gebruik word om ons in die evangelie te bevestig en ons lewe in eerbaarheid en tot God se eer en volgens sy wil in te rig.</li> </ol> Hierdie siening is onder andere gebaseer op Jesus se woorde in die Bergrede in Matteus 5:17-18: "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.", en Paulus se uitleg van die wet in 1 Timoteus 1:8-11: "Maar ons weet dat die wet goed is wanneer iemand dit op die regte manier gebruik ... Dit stem ooreen met die evangelie van die heerlikheid van die lofwaardige God, wat aan my toevertrou is.”Francois Conradie on Deuteronomium 4:44-5:33 – Julle moet hierdie wet leer, gehoorsaam en daarvolgens lewe Ds, Julle moet hierdie wet leer, gehoorsaam en daarvolgens lewe – Deut. 5:1-5. Laaste sin van jou skrywe: “Die wet is immers in ooreenstemming met die genade van die evangelie, soos ons uit die NT weet.” Verduidelik asseblief hierdie stelling bietjie meer volledig. DankieChris van Wyk on Geloof en twyfel Dit is my voorreg, Elsie. Geniet!Elsie Ceronio on Geloof en twyfel Dankie vir die kosbare inligting en kommentare wat so maklik beskikbaar is. My bybelstudie groep doen tans 'n paar psalms. Jou volledige omskrywings is so leersaam.christamarais111@gmail.com on Geloof en twyfel Dis baie mooi gestel!christamarais111@gmail.com on Deuteronomium 11 – Gehoorsaamheid bring seën; ongehoorsaamheid bring straf Baie dankie Chris! Dis baie mooi!Chris van Wyk on Deuteronomium 3 – Suksesse en ooreenkomste uit die verlede gee moed in die hede Dankie, Jan. John Walton, bekende en gerekende Ou Testamentikus, sê, ons moet altyd onthou dat die teks geïnspireer is en uitgelê moet word. Ons is nie geïnspireer nie. Ons kennis is nie geïnspireer nie. Daarom doen ons die teks geweld aan as ons ons eie menings inlees in die teks, of ons kennis gebruik om die boodskap van die Bybel te verander of verwerp.Jan Louw on Deuteronomium 3 – Suksesse en ooreenkomste uit die verlede gee moed in die hede Chris, Die rede van Moses is ingebed in historiese werklikhede. Ek het waardering daarvoor dat jy dit geskiedenis noem. Ek kan nie verstaan dat die teologie in ons tyd, hierdie geskiedenis wil vervang met onsekere mondelinge oorleweringe wat eers in die ballingskaptyd neergepen is as die "verhaal" van Israel nie.Chris van Wyk on Inleiding Dankie Fanie!Fanie van Emmenes on Inleiding Goeie dag, ek sien met verwagting uit na die studie oor Deuteronomium, vrede vir jou en die gemeente wat God aan jou toevertrou het.Chris van Wyk on Opsomming van die boodskap van Openbaring Hi Ria. Nog nie, behalwe dit wat ek hier in Openbaring en in die profetiese rede van Matteus (en die ander plekke in die evangelies) en in Paulus se briewe aan die Tessalonisense kwytgeraak het. Jy sal dit daar kan opspoor.Ria vd Merwe on Opsomming van die boodskap van Openbaring Hi Ds. Chris, Baie dankie vir al die wonderlike inligting! Ek wil graag hoor of daar 'n studie is oor die wederkoms?Chris van Wyk on Romeine Hi Dirk. Jy kan al die bydraes lees by <a href="http://bybelskool.com/romeine/" rel="noopener" target="_blank">Romeine</a>.Dirk Botha on Romeine Hoe maak ek om die Bybelstudie oor die boek Romeine te bekom?Chris van Wyk on Hebreërs 5:11-6:20 – Gaan voort na volwassenheid en hou stewig vas aan die hoop wat voorlê Hi Amanda. Hebreërs 6:2 praat in die Grieks van βαπτισμῶν, wat "dope" beteken. Dit word in die NAV en OAV verkeerdelik in die enkelvoud vertaal. Jy sal dit bv. in die NIV reg vertaal kry met "cleansing rites" of in die voetnoot daarby met "baptisms". Vandaar my verduideliking dat dit met Joodse reinigingsgebruike of inlywingsrites sowel as die Christelike doop verband kan hou. Die verwysings is in my bydrae.Chris van Wyk on Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef Hi Huénitáh. Skryf in by <a href="http://www.bybelskool.com/subscribe" target="_blank" rel="noopener nofollow">Bybelskool.com</a>. Dit is gratis. Jy kan enige van die vorige boeke se bydraes lees by <a href="http://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/" rel="noopener" target="_blank">Bybelboeke</a>. Ek plaas die nuwe bydraes oor <a href="http://www.bybelskool.com/deuteronomium" target="_blank" rel="noopener nofollow">Deuteronomium</a> van 11 Oktober af.Amanda van Jaarsveld on Hebreërs 5:11-6:20 – Gaan voort na volwassenheid en hou stewig vas aan die hoop wat voorlê Goeie more Chris. In nr6 Heb 5:11-6:20 verwys jy na die dope. Waar lees ek van die dope. In die gedeelte in Heb, lees ek niks van dope nie en het na verskei vertalings gekyk?Huénitáh Vos on Genesis 46 – Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef Goeiemore🥀 Ek wil graag deel in u Bybelskool skrywes as ek mag asb? Groetnis🥀Philip on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Ek stem saam met jou wat jy geskrywe het glo dat van die homoseksuele mense dit sal lees hoop so en hulle bekeer en die sonde laat staanChris van Wyk on 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood Hi Albe. Jy kan al my stof oor die Bybel gebruik. Van my preke is ook by www.chrisvanwyk.co.za en van my bybelstudies by www.ngkerksomerstrand.co.za. Ek het baie leesstof oor die jare elektronies bymekaar gemaak. Miskien sal ek dit mettertyd beskikbaar maak.Chris van Wyk on Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake In jou beskrywing van die liefde lê alreeds die antwoord opgesluit. Sonder 'n beskrywing weet ons nie wat is liefde nie. Ons het 'n maatstaf nodig of onderafdelings of voorbeelde aan die hand waarvan ons dit kan beskryf. En 'n mens kan dit óf met jouself en jou eie ervaring as referent of maatstaf beskryf. Óf jy kan die Bybel se openbaring van die liefde, beide in die persoon van God en in sy riglyne vir die lewe, as referent of maatstaf beskryf. Hoewel 'n mens kan verskil oor 'n naelring, sal sy moeilik kan verantwoord hoe die Here sou kon reken dat sy met 'n naelring haar liggaam mooier maak. Sy is die enigste referent. As sy die dag swanger raak, sal sy wens sy het nooit dié idee gehad nie! Velkleur, en kultuur en taal is iets wat jy ontvang, daarom val dit fundamenteel in 'n ander kategorie van beoordeling. Liefde sonder voorwaardes bestaan egter nie. Die enigste keuse wat ons het, is om die definisies daarvan te meet aan iets, en dan is jy terug by my aanvanklike beredenering. Dit is óf ervaring óf openbaring.Pastor Albe Smith on 2 Tessalonisense 3:6-18 – Verdien jou eie brood Dankie vir die insiggewende bydraes ek geniet as u leesstof of enige iets kan u dit vir deurgee asseblief ek het my eie bediening Faithful Ministry InternationalChris van Wyk on Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake Jy is reg, maar ek het binne Paulus se argument in daardie perikoop probeer bly. In die vorige perikoop bring Paulus die eerste deel van die wet in spel in terme van die owerhede. Albei dele van die wet is dus van toepassing, ook in etiese sake.Andre de Villiers on Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake Ek is bly jy haal die saak aan Chris, en ek stem saam met jou basiese vetrekpunt. Vir my is die vraag: Het liefde nie inherent reels nie, "maak" dit nie die reels nie? Baie mense sal redeneer dat te vaag is om te se liefde is die vertrekpunt, want dit is te wyd. Maar liefde het sy eie grense en mense weet wanneer daar liefde is of nie. Mense ervaar liefde (of die gebrek daaraan) sonder dat die reels vir hulle uitgespel word. Kinders leer dit by ouers aan voordat hulle kan lees, skryf of praat. Die begrip liefde is omvattend en het onderafdelings soos respek, meelewing, dienslewering, opoffering vir ander, verdraagsaamheid, in die bres tree vir mekaar, teregwysing en vermaning van mekaar, ens. Mense wat teregwys met liefde se teregwysing word aanvaar want die konteks van hulle gedeelde lewe dra die teregwysing op die regte manier oor. So dra liefde in homself alles wat nodig is om die reels daar te stel. Liefde is vol reels, maar nie so dat dit nodig is om alles as voorwaardes uit te spel nie. In ons lewens egter wil ons liefde laat inpas by ons definisies van waar ons lewe plaasvind (in ons kontekste). Liefde moet tot sy reg kom * in die huwelik - soos ons die huwelik definieer. * in ons kultuurverhoudinge - soos ons ons kultuur definieer * in ons opvoedingspatrone in ons huise en skole - soos ons opvoeding definieer Ek gaan my punt met die praktiese voorbeeld probeer verhelder: My dogter wil 'n naelring laat inskiet. Ek se NEE, dit pas nie by jou nie, dis lelik, dis die Here se tempel en jy wys dat jy Hom nie liefhet deur jou liggaam lelik te maak nie. Sy se: Die Here het my lief en het vir my hierdie liggaam gegee om te waardeer en mooi te maak. Hy dink ek is mooi daarmee. Wie van ons is reg? Elkeen vanuit ons eie hoek gekyk kan reg wees (dws met al die ander filters waarmee ons na die wereld kyk en nie net suiwer teologies nie). Suiwer telogies gekyk moet ons miskien net se hierdie is nie 'n wesenlike saak nie en mekaar in liefde verdra en vorentoe lewe. Vanuit die Here se hoek? Het hy nie alle mense, die met naelringe en die daarsonder, die met neusringe en die daarsonder, die met ander velkleure en kulture, die met ander tale, ens ewe lief nie? Dit is ons wat liefde moet toelaat om ons horisonne te vergroot. Ons moet nie liefde in ons definisies daarvan moet laat inpas nie. Ons moet liefde 'n kans gee sonder voorwaardes.Jan Louw on Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake Wat jy sê oor die fundamentele vertrekpunt in etiese sake is baie verhelderend. As jy jou naaste liefhet sal jy nie ... Moet ons nie ook die tweede deel van die liefdesgebod ook byvoeg as dit gaan oor die beoordeling van etiese sake nie? Jy moet ook die Here jou God liefhê. God het ook 'n opinie en Hy vra gehoorsaamheid. Dit gaan nie net oor my naaste nie, maar ook oor God. Josef het gesê: Gen 39:9 Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so 'n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!” Dit het dus vir hom in die beoordeling van die situasie gegaan oor sy baas en ook oor God.Marie on Henog Baie dankie! Dis regtig interressant om te weet van die Ethiopiese vertaling wat gevind was en om dit te lees!Chris van Wyk on Hoe lees ons die verhale in die Bybel? Hi Marie. <a href="http://bybelskool.com/henog/" target="_blank">Jy kan hier oor Henog by Bybelskool lees</a>.Marie on Hoe lees ons die verhale in die Bybel? Goeiemore Chris, ek wil graag more in ons Bybestudieklas Henog behandel. Het jy enige gedagtes wat ek miskien ook kan gebruik? Baie dankie!Chris van Wyk on Numeri 25 – Pinehas se passie vir God stop die plaag as straf vir afgodery en onsedelikheid Hulle sonde was dat hulle geëet het van die boom van die kennis van goed en kwaad. Dit beteken dat hulle onafhanklik van God wou besluit wat goed is en wat sleg. Hulle sonde was dus opstand teen God se wil en 'n keuse om hulle eie kop te volg. Ek baseer dit op die volgende: 1. Onthou dat die tuin van Eden in alle opsigte ‘n paradys was, nie net in terme van die oorvloed nie, maar ook in terme van die vryheid van geleenthede. Dit het gemeenskap ingesluit. Daar was net die een voorskrif: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” (Gen. 2:17). Dit is hierdie voorskrif wat hulle oortree. Die sonde lê dus nie in <strong><em>wat</em></strong> hulle presies gedoen het nie, maar in <strong><em>dat</em></strong> hulle dit gedoen het. 2. Die interpretasies wat aan hierdie boom van alle kennis – letterlik: “die boom van die kennis van goed en kwaad” – verbind word, is baie uiteenlopend. Die interpretasie wat vir my die meeste sin maak, is dat God hiermee vir Adam en Eva ‘n voorskrif gee om hulle onderskeidingsvermoë van wat goed en kwaad is aan God self oor te laat. Hulle moet nie selfstandig probeer om sonder God se direkte insette in hulle lewe, hulle morele en spirituele keuses te maak nie. Die onderskeiding van wat reg en verkeerd is – alle kennis – moes hulle aan God oorlaat. In hulle verhouding met Hom sou hulle geweet het hoe om te leef. 3. Die implikasie van hierdie enkele verbod is dat die mens van die boom van die lewe (2:9) mag geëet het, want dit word as een van die redes aangegee waarom die mens ná die sondeval uit die tuin geban word: “As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!” (3:22). Hulle kies egter om eerder outonoom te wees en self te besluit wat reg en verkeerd is. Daarmee verbeur hulle ook die geleentheid om vir altyd te lewe, iets wat eers in Jesus Christus reggestel kon word. 4. Lees meer oor die ersonde by hierdie skakel: http://bybelskool.com/die-erfsonde/Kelly Alexander on Numeri 25 – Pinehas se passie vir God stop die plaag as straf vir afgodery en onsedelikheid Hi Chris, Baie dankie vir jou verduideliking, ons waardeur dit. Ek lees wat jy se, en wat ek kan aflei is dat "seks" dan nie die verbode vrug was nie. Wat was die verbode vrug dan? As hulle getroud was, soos jy se, kan seks nie die verbode vrug wees nie. So watter sonde kon hulle pleeg om skaam te word vir mekaar en vir God?Chris van Wyk on Numeri 25 – Pinehas se passie vir God stop die plaag as straf vir afgodery en onsedelikheid Hi Kelly. Ek is bly om te sien dat julle in die huis hieroor gesels! God het aanvanklik vir Adam ‘n maat gemaak, Eva, wat vir hom 'n “helper” moes wees. Daarmee word sy ‘n “indispensible companion” (NET Bible), iemand wat hulle eenheid meer maak as die somtotaal van hulle individualiteit. Eva komplementeer Adam, en hy natuurlik ook vir haar, waarsonder hulle nie vrugbaar kan wees en aan hulle doel kan beantwoord om die aarde te bewoon, bewerk en bewaar nie. Eva is Adam se “gelyke”, maar nie as ‘n presiese replika nie, eerder as ‘n “counterpart” – in Afrikaans “eweknie” – sy komplementerende teenoorgestelde. Om dié gedagte te onderstreep, word Eva uit die “ribbebeen” van Adam gemaak is. Dit is die enigste plek in die Bybel waar dié woord gebruik word. In buite-Bybelse bronne word die woord bv. in argitektuur gebruik – “een kant” van ‘n paar (bv. suide-kant vs. noorde-kant, bo-kant vs. onder-kant). Hulle is daarom "helftes" van hulle eenheid met mekaar. Hierdie idee lê waarskynlik agter die populêre siening waar van ‘n mens se man of vrou as ‘n “wederhelf” of in die geval van ‘n man se vrou as sy “beter helfte” gepraat word! Hulle is deur God in 'n argetipe huwelikseremonie verbind. God, die “pa” in die gebeure, gee die vrou aan die man – ek sien Hom eintlik in die paadjie afstap met die bruid aan sy arm om haar te oorhandig aan die bruidegom wat opgewonde staan en wag – en skep só die moontlikheid van vrugbaarheid sodat die tuin en aarde bewoon, bewerk en bewaar kan word. Hulle was dus "getroud" in die sin dat God hulle vir mekaar as man en vrou gegee het, soos Jesus ook daaroor gesels in Matteus 19. Hulle sonde het egter nie in gemeenskap gelê nie. Hulle was vry om mekaar te geniet. Hulle sonde lê in die eet van die vrug wat verbode was. Die vrou val vir die versoeking en verlei haar man om saam met haar te sondig. Lees weer in Genesis 3 hoe die boom se vrugte op drie maniere aantreklik was vir haar. Dit was “goed om te eet” - d.w.s. dit was op fisiese vlak ‘n versoeking. Dit was “mooi om na te kyk” – d.w.s. dit het haar op estetiese vlak bevredig. Dit was ook “begeerlik omdat dit kennis kan gee” - d.w.s. dit was op intellektuele vlak uiters stimulerend. Selfs vandag nog die basiese bestanddeel van elke liewe versoeking. Met haar optrede word sy die eerste rebel, die een wat in opstand kom teen God en sy goeie bedoelings met haar en sy skepping. Die man val ook vir die versoeking en eet saam met haar van die vrugte, maar begaan daarmee eintlik ‘n groter sonde – as ‘n mens só ‘n onderskeid sou kon tref – want hy het in die eerste plek die opdrag gekry om nie van die boom van alle kennis te eet nie, en het sy rol as beskermer en bewaarder nie net van die tuin van Eden, maar ook van sy vrou in hulle gelyke vennootskap gefaal. Die sonde van die tuin word dus in die eerste en laaste instansie met Adam self geassossieer, soos Paulus later in Romeine sou argumenteer. In Adam het die hele menslike geslag gesondig. Die effek op Adam en Eva is onmiddellik sigbaar in hulle verhoudings. Hulle word skaam vir mekaar. Hulle word skaam vir God. Skuld verplaas die onskuld in hulle bewussyn van hulleself en hulle plek in hierdie wêreld. En hulle verbeur die voorreg van die Metgesel wat hulle in alle wysheid wou begelei ... totdat Jesus as Begeleier na die lewe op die toneel verskyn. Lees meer hieroor in my hantering van Genesis by http://www.bybelskool.com/genesis.Kelly Alexandeer on Numeri 25 – Pinehas se passie vir God stop die plaag as straf vir afgodery en onsedelikheid Hi Chris, Ek hoop dit gaan goed met jou. My vragie is nie te doen met Numeri nie. My vragie is iets wat ons in die huis bespreek het, maar ons familie kan nie op n antwoord afkom nie. Hoop jy kan n bietjie lig bring. So ons vraag is: God het vir Adam gemaak, en daarna het hy vir Eva gemaak vir Adam, toe hulle gemeenskap het was dit n sonde en God het hulle gestraf. Hoekom was dit n sonde? Is Eva dan nie gebond aan Adam en was hulle dan nie sielsgenote nie? Was hulle ook dan nie getroud nie? Baie dankie, Ons sien uit na jou terugvoering.Chris van Wyk on Opsomming van die boodskap van Openbaring Johannes beskryf hier wat hy gesien het. <ol> <li>In die eerste plek is dit dus 'n aanduiding van die <em>werklikheid</em> van sy Openbaring.</li> <li>In die tweede plek is dit 'n aanduiding van die majesteit en glorie van Jesus as die <em>Seun van die mens</em>. Daarom is daar ooreenkomste met die beskrywing van die Seun van die mens in Daniël 7:13-14. Jesus het immers dit van Homself gesê dat Hy die Seun van die mens is (Matt. 9:6; 10:23; 11:19).</li> <li>In die derde plek is dit 'n aanduiding van Jesus se <em>goddelikheid</em>, omdat Hy ook eienskappe deel met die "Oue van dae", God self, soos ons dit in Daniël 7:9-10 aantref.</li> <li>'n Mens kan in die vierde plek ook ooreenkomste sien met die kleed van die hoëpriester in Levitikus 28 wat 'n aanduiding is daarvan dat Jesus nou die <em>Middelaar</em> tussen God en mens is.</li> <li>In die vyfde plek is daar ooreenkomste met die voorkoms van die engel van Daniël 10:5-6. Die visioen beteken dus ook dat Jesus 'n <em>hemelse gestalte</em> het benewens sy aardse een.</li> </ol>Cobus Botha on Opsomming van die boodskap van Openbaring Openbaring1 .Ek sal dit waardeer as u vir my kan help met die betekenis van die vewysings na dit wat Johannes gesien het vanaf vers 13. Die lang kleed, goud geborduurde band, hoog om sy bors en nie meer om sy heupe nie, hare op Sy kop en die voete soos geelkoper, Sy stem? Byvoorbaat baie dankie. Cobus van Bloemfontein.Chris van Wyk on Numeri 21 – God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou Hi Bonita. Welkom. Jy sal die boeke van die Bybel wat ek al behandel het, vind by http://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/. By elke Bybelboek is daar 'n verduideliking hoe om my stof te gebruik en bydraes oor die onderskeie hoofstukke in die Bybelboek. Jy kan ook vrae vra soos jy dit deurwerk. Geniet!Bonita on Numeri 21 – God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou Baie dankie vir die lesse het die bybel skool gesoek dankie Here ek het nou een gekry ek is n daiken in ons kerk die vgk en ek het nog baie om te leer ek bid dat u my sal opleiChris van Wyk on Numeri 20 – God se soewereine transformasie troef ongehoorsaamheid en onbarmhartigheid Hi Jan. Jy kan dit by hierdie skakel kry: http://bybelskool.com/esegiel-blad/Jan Duvenage on Numeri 20 – God se soewereine transformasie troef ongehoorsaamheid en onbarmhartigheid Ek het ongelukig die studie oor Esegiel nie gekry nie. Aangesien ek en my vrou nou met Esegiel besig is, vra ek asb of u dit na my epos kan stuur.ditChris van Wyk on Numeri 17 – Aäron se kierie met ryp amandels boesem ontsag in Dankie. Waardeer, André!Andre Bower on Numeri 17 – Aäron se kierie met ryp amandels boesem ontsag in Ek dink werklik Somerstrand Gemeente is inderdaad bevoorreg om leraars soos julle te he. Ek bid dat die Here julle voortdurend sal versterk om altyd vreesloos te spreek soos die Heilige Gees die woord in jul harte plaas.Chris van Wyk on Inleiding op Esegiël Hi Jan. Ek is bly! Moet sê, dit was een van die moeilikste take wat ek al op my geneem het. Maar dit was die moeite werd. Groete.Jan Fielies on Inleiding op Esegiël Baie dankie Chris vir die wonderlike Bybelstudie oor Esegiel . Dit het my baie gehelp om 'n werkstuk te voltooi in my opleiding .Chris van Wyk on Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie Hi Dina. Nee, dit is nie 'n moet dat jy 'n tiende moet gee nie. 'n Mens gee vrywillig. Jy gee ook nie wat jy nie het nie. <a href="http://bybelskool.com/oor-die-tiende/">Lees meer oor tiendes hier.</a>DINA BALZAR on Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie EK WIL WEET OF DIT N MOET IS DAT MY TIENDES MOET BETAAL TERWYL EK SWAAR TREK AAN MY FINANSIES.KAN DIE HERE VIR MY OPENBAAR WAT IS DIE REGTE DING ASBNeels Hubinger on Numeri 11 – Die Here troef die gulsige verset van die volk met sy Gees en ‘n oordaad vleis Dagsê Chris, ek is telkens in my lees en oordenking van jou studies, beskrywings en toepassings vasgevang in die grootheid van God se plan met sy gelowiges...! Dankie vir jou kennis, toewyding en betekenisvolle lering deur passievolle omgang met God se Woord. Dit is voorwaar 'n heerlike "reis" deur die Pentateug. Seën en vrede vir jou.Chris van Wyk on Numeri 7 – Die Tabernakel word toegewy en ingewy Maandeliks is goed, omdat dít is hoe jy betaal word. Sakemanne en boere gee baie keer jaarliks wanneer hulle inkomstestaat afgehandel word. Doen soos die Here jou in jou hart lei.ANNA on Numeri 7 – Die Tabernakel word toegewy en ingewy Ek wil weet wanneer ek my tiende moet betaal. Is dit 1 keer per jaar(wanneer ek bonus kry) of elke maand, wanneer ek my salaris kry? Ek wil graag weet, sodat ek reg voor die Here moet doen( ek gee bonusmaand 10de daarvan en elke maand gee ek dankoffer). Dankie .Jurie on Inleiding – ‘n reisverhaal Numeri was vir nog nog altyd 'n boek met 'n paar belangrike gebeurtenisse, en met groot dele tussenin wat vir my vreemd, verwyderd en onbelangrik gelyk het. Ek sien uit om dit in hierdie reeks beter te ontgin en verstaan. Dankie vir die geleentheid.Chris van Wyk on Inleiding – ‘n reisverhaal Hi. Jy moet dié e-pos adres self verander. Klik net op die Manage Subscriptions skakel aan die onderkant van enige vorige bydrae wat ek vir jou gestuur het. Of gaan na <a href="https://wordpress.com/me" rel="nofollow">Manage Subscriptions</a> by Wordpress.com en kyk daar vir Account Settings. Hoop jy kom reg. Anders kan jy ook net weer inskryf met die regte e-pos adres by http://www.bybelskool.com/subscribe.Natascha on Inleiding – ‘n reisverhaal n Hartlike goeie more, ek wil U net meedeel dat my epos adres verander het (e-pos verskaf). Dankie vir die wonderlike voorreg wat U ons gun om die Bybel beter te leer ken. Vriendelike Groete NataschaJan Louw on Dordtse Leerreëls – ‘n Kort inleiding Ek wil ook my waardering uitspreek vir hierdie werk Chris. Die "TULIP verskraling" is vir my 'n verhelderende opmerking.Chris van Wyk on Dordtse Leerreëls – ‘n Kort inleiding Dankie! Ek put persoonlike vreugde uit dié belydenis, veral ook as 'n mens nie vassteek by die TULIP verskraling nie - dit help wel as 'n opsomming - maar deurdruk en dit deur 'n deeglike lees jou eie maak.Quintus on Dordtse Leerreëls – ‘n Kort inleiding Chris Dankie vir die een oor Dordt. Dit is duidelik verstaanbaar en verhelderend . Ek het jare terug my MTH skripsie oor die Dordse Leerreels en Evangelisasie gedoen . Dit is 'n baie ryke dokument wat ons te min uithaal . Jy doen dit uitstekend!!!Chris van Wyk on Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges Dit is 'n spreekwoord wat gewoonlik uitgelê word dat as hierdie oordeel die onskuldige Jesus tref (groen hout), hoeveel swaarder sal die oordeel nie wees oor die Joodse volk (droë hout) nie, soos dit in 70 n.C. gebeur het met die Romeinse vernietiging van Jerusalem deur Titus.Minnie Louw on Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges Goeiemôre, Kan u asb vir my Luk 23:31 verduidelik. Baie dankie. Minnie LouwPetro Maloney on Die erfsonde Dr Chris - Ek was so dankbaar toe die Heilige Gees my na u webtuiste toe lei. Ek soek al 'n geruime tyd so 'n webtuiste waar elke Bybelboek opgesom kan word of die kruks van die teksverse verduidelik kan word. Mag die Vader U ryklik seen met die werk. Groete PetroChris van Wyk on ‘n Kort bydrae oor die hel, doderyk en vuurpoel in die NT Ja, Petrus sê: "Hy is geduldig met julle (gemeente), omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer." (2 Pet. 3:9). God se wens is dus bekering van almal wat deel is van die geloofsgemeenskap en dat dit nie uiteindelik blyk dat sommige die pad byster geraak het omdat hulle hulle nie in geloof en bekering aan God verbind het nie.anna makwatie on ‘n Kort bydrae oor die hel, doderyk en vuurpoel in die NT Baie dankie vir die brood wat my siel voed, soos dit in Ps 23 staan. God wil ook nie he dat een mens(Sy beeld) verlore moet gaan nie. Die bybel getuig van Sy liefde vir die mensdom, soos dit staan in Miga 6 vers 8. Nogmaals dankie!Chris van Wyk on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Jesus het ons geleer dat mense óf gered word om in die koninkryk van God in te gaan óf in die hel (gehenna) gegooi te word (Matt. 10:28; Luk. 13:28). Op soortgelyke wyse verkondig Hy aan die ongelowiges in Kapernaum dat hulle tot die doderyk (hades) verdoem sal word. Dieselfde geld mense wat in hulle sonde bly (Matt. 5:22, 29-30; 23:31-33). Hy beskryf hierdie plek weg van God se aangesig as 'n ewige vuur (Matt. 25:41), 'n plek van donkerte (Matt. 8:8-12), 'n bodemlose afgrond (Luk. 8:31), waar mense in pyn verkeer weens die vuur van die doderyk (Luk. 16:23). Die vuur word nooit geblus nie en die wurm hou nooit op met vreet nie (Mar. 9:48). Paulus praat minder oor die hel en die doderyk, maar kontrasteer steeds die wonder van die koninkryk van God met die afgryse van die dood (2 Kor. 7:10) en die ewige verdoemenis waar God die mense wat nie vir Hom ken nie, sal straf (2 Tess. 1:6-10). Dit sluit dus alle mense in wat nie in Jesus glo nie, maak nie saak in watter godsdiens hulle hulle bevind nie. Dit wil voorkom of die vuur daar alreeds brand, want daar is alreeds engele wat daarheen verdoem is (2 Pet. 2:1-10). Dit is 'n plek van gloeiende vuur waarin al die vyande van God uiteindelik gegooi sal word (Hebr. 10:26-27). Sommige interpreteer al bogenoemde beskrywings as metaforiese beskrywings. Ander interpreteer dit letterlik. Dit maak in wese nie saak watter roete 'n mens met die interpretasie gaan nie, want selfs metafore het werklike referente. Die hel is dus 'n plek waar God in sy toorn aanwesig is, en in sy genade afwesig. Dit is 'n werklikheid van onbedenkbare leed. Johannes brei op dié temas uit in sy Openbaring en voeg nog twee belangrike elemente by. Een, dit is Jesus wat die mag het oor die doderyk (Openb. 1:18). Hy sluit dit oop vir die ongelowiges en Hy sluit dit toe vir die gelowiges. Twee, die doderyk (hades) word as sodanig uiteindelik in 'n vuurpoel gegooi wat bedoel is vir almal wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie (Openb. 20:13-14). Die hel/doderyk beland dus uiteindelik in hierdie finale vuurpoel. Dit is ook die plek waar die duiwel vir ewig sal brand (Openb. 20:20) saam met al die ongelowiges.Sonja Slater on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Maw Jode, Moslems en ander gaan almal hel toe?Natascha on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Baie baie dankie vir die breedvoerige verduideliking. Ek waardeer dit opreg.Chris van Wyk on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Mense wat nie Christus erken nie, is skepsels van God, maar nie kinders van God nie. Jy kan net 'n kind van God word deur in Christus te glo (Joh. 1:12). Net hierdie kinders van God beërf die ewige lewe (Joh. 6:47).Sonja Slater on Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God? Wat van ander gelowe wat nie Christus erken nie? Hulle is kinders van God maar nie Christene nie? Volgens wat ons glo gaan hulle dan nie Hemel toe nie omdat hulle nie in Christus glo nie?Chris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hier is 'n preek oor Handelinge 9:32-42 waarin ek onder andere oor Tabita die Woord van die Here gebring het: GOD SE GROOT DADE Handelinge is die verhaal van God se groot dade. Dit is die prentjie wat Lukas die dokter-skrywer by sy vriend Theofilus skilder. In die boek gebeur groot ingrypende dinge, soos Jesus se hemelvaart, die Gees se uitstorting, 3000 mense wat op een slag tot bekering kom, heidene wat begin glo en dan die grootste sending-uitreike ooit! God is besig om met groot kwashale die wêreldtoneel permanent te verander. <ul> God is met Petrus op pad. God is met sy kerk op pad. God is met die goeie boodskap van die opgestane Jesus Christus op pad na die hele wêreld toe.</ul> GOD GEE VIR GEWONE MENSE OM Binne hierdie Groot Storie is daar twee klein los storietjies wat eintlik nie so lekker inpas nie. Paulus, nog ‘n groot verhaal, is al op die toneel en eintlik is alles reg vir die groot geestelike beweging na die heidene … en dan glip daar hierdie twee storietjies in. Een van Eneas in Lidda en die ander van Tabita in Joppe. Eneas was verlam en het geruime tyd (8jr) gelê. Tabita was siek en het dood gegaan. In hierdie twee klein storietjies word vertel dat die lewendmakende krag van God – in die Naam van Jesus – mense opwek, gesond en lewend maak. En laat ons mekaar herinner: Oral langs ons pad is daar klein liggies – helder maar klein. Met ‘n doel – wat hulle waarskynlik self nie eens begryp nie. Ons sien ‘n Eneas; ‘n Tabita; later die leerlooier, Simon, en so kan ons hulle opnoem . . . ‘n Willem en Sannie en Marie en wie ook al oor God se pad mag kom. Lukas laat ons stop en hy laat ons kyk – na die onopsigtelike mense, doodgewone mense, wat God aanraak, vir wie Hy omgee, en dan gebruik op die groot en belangrike pad wat Hy vir die evangelie – die goeie boodskap van die opgestane Here Jesus, oopmaak. Dit is die duidelike boodskap van dié twee stories: Geen mens – hoe gering ook al – is vir God onbelangrik nie. God gee om vir gewone mense. GOD GEE OM VIR TABITA Tabita – ‘n gewone vrou daar eenkant in ‘n klein dorpie wat goed doen en besonder mededeelsaam is – sterf. <ul> Sy word ‘n dissipel (Gr mathetria) genoem wat baie insiggewend is. Dié vroulike vorm van die woord kom net hier in die Nuwe Testament voor. Die NAV het dit ongelukkig wegvertaal en haar net ‘n “gelowige vrou” genoem. Sy was ‘altyd besig’ , ‘besig om goed te doen’ ‘die armes te help’. ‘n Besige by in die goeie sin van die woord. Eneas was relatief onaktief vir agt jaar omdat hy verlam was; Tabita daarteenoor, was weer besonder aktief in haar diens aan die behoeftiges (:36). Ons kan ‘n groot groep hartseer mense hoor wat snikkend daar rondstaan terwyl hulle vertel van al die mooi kledingstukkies wat sy al vir hulle gemaak het. ‘n Mens lei af dat sy een van daardie besondere mense was wat oor grense heen barmhartigheid verleen het. Sy het ‘n Joodse en ‘n Griekse naam, Tabita en Dorkas, want beide die Jode en die Grieke het in haar barmhartigheid ‘n heenkome gevind. Sy het nie gediskrimineer tussen groepe nie. In haar barmhartigheid het sy dit reggekry om oor grense liefde te bewys. Dit is juis wat groot en belangrike mense baie keer nie kan regkry nie!</ul> In Tabita gee Lukas ons dus ‘n model van Christelike omgee in ‘n gemarginaliseerde gemeenskap. Weduwees en weeskinders was immers die mees kwesbare mense in die destydse gemeenskappe. Daar was geen regeringsondersteuning of welsynsorganisasies om hulle te hulp te kom nie. Tabita het omgegee en gehelp. Sy het goed gedoen. En haar vriende en diegene wat sy gehelp het, weet dit … en hoor dan van Petrus, ‘n gestuurde, ‘n apostel van Jesus Christus. Jesus, wat self mense uit die dood opgewek het. Jesus, wat self uit die dood opgestaan het. Jesus, wat aan sy dissipels die mag gegee het om mense uit die dood op te wek. Hulle vra vir Petrus om dringend na hulle te kom. En Petrus kom ook hier tot stilstand, by die gewone mense. En hy buig voor die God wat mag het oor die dood. Petrus praat in geloof – praat sy Meester na – en beveel die gestorwe Tabita – klein wildsbokkie – om op te staan. En die dood moet wyk – sy maak haar oë oop. Wat ons moet raaksien is dat dit God is wat Hom ontferm oor Tabita. Vir Hom is mense wat barmhartigheid verleen belangrik. Hy ontferm hom en gee die lewe aan Tabita – sodat sy kan voortgaan om ander te help en hulle lewe mooi te maak. Soos Heidi Petersen sê: “The widows would not be abandoned. God would not allow it.”[1] God is nie so besig met die groot werke van die geskiedenis dat hy die kleintjies wat aan hom behoort, vergeet nie. Die Here is nie net geïnteresseerd in die Paulusse, Petrusse en Johannesse nie – maar ook in die Tabita’s en vele anonieme goed-doeners in die wêreld. Inteendeel, ‘n mens kry die indruk dat Hy juis in die kleintjies geïnteresseerd is … dié wat gewone mooi goed doen. Ons is vandag te dikwels behep met die groot stories en die groot getalle, groot syfers en groot geld. Selfs in die kerk is ons geneig om die lewe en die sorg van God te soek en te sien in die groot dinge. Hier sien ons hoe ook die klein dingetjies van die alledaagse, die klein mense en die eenvoudige by die Here gereken word. Soos Tom Wright sê: “Do not belittle the ministry of stitching, sewing, knitting and generally providing for the needs of the larger community – especially at a time before anyone dreamed of mass-produced clothes. And do not forget to celebrate, as Luke does here, the fact that the apparently ordinary people are not ordinary to God, and that when we tell the story of the great sweep of God’s purposes in history there are, at every point, the Aeneases and the Dorcases who smile out of the page at us, like the robin in the garden, and remind us what it’s really all about. Luke is right to draw our eyes down to the small-scale and immediate, in case we should ever forget that these are the people who form the heart of the church, while the apostles and evangelists go about making important decisions, getting locked up, stoned on, shipwrecked, preaching great sermons, writing great letters, and generally being great and good all over the place.” GOD IS OP PAD NA DIE HELE WÊRELD. Petrus het ‘n ongelooflike ding hier gedoen – net soos Jesus ‘n dooie mens opgewek in God se naam. Maar Petrus weet dis nie sy vermoë wat die dood oorwin het nie – en NB gaan bly by Simon die leerlooier. Die uitgestotene van die dorp. Die onrein man wat met dooie diere werk! Hierdie laaste feit is betekenisvol. Leerlooiery het by die Jode tot een van die veragte beroepe behoort. ‘n Rabbi het gesê: “It is impossible for the world to do without tanners; but woe to him who is a tanner.” ‘n Jodin kon ‘n egskeiding aanvra as sy sou uitvind haar man is ‘n leerlooier. Dit was so, omdat ‘n mens in die beroep verplig was om die dooie liggaam van diere aan te raak en sodoende onrein geword het (Lev 11:39). ‘n Leerlooier se huis of werkplek moes daarom op die buitewyke van die dorp wees as gevolg van die stank wat met die leerwerk gepaard gegaan het. Dit is heel moontlik waarom Simon se huis by die see was (10:6). Petrus bly by so iemand oor. Dit was waarskynlik sy eerste tree op die pad om later saam met heidene te eet. Aangesien die leerlooiers deur die Grieke en Jode verag is, getuig hierdie optrede van Petrus reeds van die vryer opvattings wat hy gehuldig het teenoor sy volksgenote. Hiermee begin hy hom reeds van die vooroordele van sy volksgenote losmaak. Sy verblyf by Simon berei hom voor vir sy ontmoeting met Kornelius in hoofstuk 10. Daarvandaan doen Petrus nou God se werk. God is op pad met Sy groot sending en met een van Sy groot apostels – en die pad loop deur die huis van die wildsbokkie en die leerlooier! So werk God – en so mag ons nooit die geringstes verby gaan nie. So mag ek ook nooit dink my stinkende huis is nie goed genoeg nie. Dalk moet die apostel daar kom oorbly.Chris van Wyk on Geloofsekerheid Dit is nie 'n stupid vraag nie. Eintlik is vrae per definisie nooit stupid nie, want dit bring die waarheid na vore. Solank dit eerlik en opreg is. Die antwoord is egter nie so eenvoudig nie. Wat beteken dat die vraag diep is! 'n Christen is <strong><em>Bybelsgesproke</em></strong> iemand wat as 'n gelowige en 'n volgeling van Christus bekend is. Dit is wat die Griekse woord <em>Christianos</em> in die NT beteken. Louw en Nida beskryf die woord in hulle woordeboek as volg: "<em>one who is identified as a believer in and follower of Christ.</em>" Dit word die eerste keer vir gelowiges gebruik in Antiogië (Hand. 11:26). Die gemeenskap sien in hulle lewe dat hulle met Christus identifiseer en Hom navolg. Dit is ook die hart van ons getuienis. Ons probeer mense oortuig om met Christus te identifiseer en Hom na te volg. Ons hoor bv. by koning Agrippa dat hy in Paulus se passievolle getuienis voor die hof probeer om hom te beweeg om ook 'n <em>Christianos</em> te word, iemand wat glo in Christus en Hom navolg (Hand. 26:28). En Petrus moedig ons met dieselfde passie aan om as draers van die naam <em>Christianos</em> ons nie te skaam vir die lyding wat baie keer daarmee gepaard gaan nie, maar God te verheerlik as onbeskaamde <em>Christianos</em>. 'n Christen is dus iemand wat in Christus glo en wat Hom volg. Hulle is dus ook <em><strong>kinders van God</strong></em>, want Johannes sê, elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, is 'n kind van God (1 Joh. 5:1). Dit is die groot liefde wat God aan ons bewys het dat almal wat in Christus glo kinders van God genoem kan word (1 Joh. 3:1). Daar behoort dus nooit enige verskil te wees tussen iemand wat 'n Christen is - 'n <em>Christianos</em> soos die Bybel dit sê, iemand wat in Christus glo en Hom navolg - en 'n kind van God nie. Die werklikheid is egter dat baie <strong><em>mense vandag</em></strong> hulleself Christene noem, omdat hulle óf biologies deel van die kerk is, óf hulleself nog as deel van die Westerse <em>Christendom</em> samelewing beskou wat aanvanklik op Christelike waardes gebou is, maar daardie Christelike basis lankal versaak en verlaat het. Dit wil sê, mense wat nie waarlik glo in Christus en Hom navolg nie, maar so identifiseer omdat hulle deel is van die kerk of die Westerse samelewing. Sulke mense is egter nie kinders van God nie, al dra hulle wel nog in die oë van die wêreld, asook in hulle eie beoordeling van hulleself, die naam Christen. Paulus waarsku ons in sy tweede brief aan Timoteus teen mense wat die krag van Christus in hulle lewe verloën deur 'n gedaante van godsaligheid te hê ('n breë identifisering met Christenwees), maar met hulle lewens te bewys dat hulle nie Christene is nie deurdat hulle Christus nie meer volg nie. Dit is mense wat selfsugtig is, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God, mense wat wel op die oog af godsdienstig lyk, maar wat die krag daarvan misken (2 Tim. 3:2-5). Van sulke mense moet ons wegbly, sê Paulus, terwyl hy ons waarsku dat dit swaar tye voorspel.Rina on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Goeiedag Ek wil graag meer inligting hê oor Tabita ( Dorkas ) Dankie RinaNatascha on Geloofsekerheid More, more vertrou dat jul n wonderlike naweek agter die rug het. Chris, ek het n vraag? Kan jy asb. vir my se wat die verskil is tussen n Christen en n Kind van God? Ek weet ons almal is Christene, want ons glo tog is God, maar wat is die verskil? Dit klink dalk stupid, maar ek sal graag wil weet?Chris van Wyk on Levitikus 27 – Geloftes in buitengewone en tiendes in normale omstandighede Dankie! Ek leer natuurlik ook by die meesters van die eeue. Wonderlik om hierdie werk as 'n lewensroeping te doen. Ek is my gemeente ewig dankbaar vir die geleentheid wat hulle my gun om 'n deel van my tyd aan die Bybelskool af te staan.Francois Conradie on Levitikus 27 – Geloftes in buitengewone en tiendes in normale omstandighede Ds, Dankie vir die wonderlike reeks oor Levitikus. Dit is verbasend wat mens agterkom in 'n Bybelboek geskryf is as jy deur 'n kundige begelei word. Sterkte en seën.Chris van Wyk on GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste – Soli Deo Gloria Dankie! 'n Voorreg om só besig te wees met die Woord.Francois Conradie on GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste – Soli Deo Gloria Ds van Wyk, U reeks oor Galasiërs is uit die boonste rakke. My verstaan van die vewantskap tussen net geloof, genade, die wet in die Nuwe Testament, sonde , vrygekoop, kindskap ens is op gehelder en dit help my op my pad van heiligmaking. Baie dankie FConradie , Kempton Park. Francois ConradieChris van Wyk on Beplanning 2017-2018 Hi Sonja. Nee, jy het nie die kat aan die stert beet nie. Ek moes my planne aanpas weens Pinkster. Jammer!Sonja Slater on Beplanning 2017-2018 Môre Ds Chris, Ek was onder die indruk Numeri begin vandag 7 Junie 2017? Of het ek die kat aan die stert beet?Chris van Wyk on GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste – Soli Deo Gloria Die kommentaar van Richard Longenecker op Galasiërs lê 'n helder verband tussen vers 9-10 en vers 1-6: "<em>In particular, it has reference to those matters commanded in 6:1–6: restoring someone entrapped by sin (v 1), bearing the oppressive burdens of others (v 2), and sharing materially with those who teach the gospel message (v 6).</em>" Hy gaan aan om te sê dat ons roeping is om goed te wees vir almal: "<em>Being thus truly “spiritual people” (οἱ πνευματικοί), the result will be that we will serve one another through love (5:13), restore others entrapped by oppressive burdens (6:1–2), adequately compensate those who have provided instruction (6:6), and generally do good to all people, particularly fellow believers (6:10).</em>" Ek som vir jou kortliks die argumentasie van Galasiërs 6:1-10 op wat vir jou die laaste twee verse in konteks sal plaas: <ul> Vers 1 - Help mekaar sagmoedig reg as die sonde een van julle oorval. Vers 2 - Dra die laste van sulke mense as 'n daad van liefde. Vers 3 - Moenie jouself beter ag as ander in die proses nie. Vers 4 - Sorg dat jyself nie in die sonde val nie, maar in die Gees lewe. Vers 5 - Onthou, elkeen sal self verantwoording doen vir sy of haar doen en late. Vers 6 - Vergoed dié wat jou onderrig in dié waarhede. Vers 7 - Onthou, wat jy saai, sal jy maai. Vers 8 - 'n Lewe in sonde lei tot die ewige dood; 'n Lewe in die Gees lei tot die ewige lewe. Vers 9 - Moenie moeg word om goed te wees vir mekaar in die proses nie. Vers 10 - Gebruik elke geleentheid om goed te wees vir almal, veral jou medegelowiges.</ul> Kyk ook na The Message vir 'n uitstekende "preek"-styl vertaling daarvan: Live creatively, friends. If someone falls into sin, forgivingly restore him, saving your critical comments for yourself. You might be needing forgiveness before the day’s out. <em>Stoop down and reach out to those who are oppressed. Share their burdens, and so complete Christ’s law. <strong>If you think you are too good for that</strong>, you are badly deceived.</em> 4–5 Make a careful exploration of who you are and the work you have been given, and then sink yourself into that. Don’t be impressed with yourself. Don’t compare yourself with others. Each of you must take responsibility for doing the creative best you can with your own life. 6 Be very sure now, you who have been trained to a self-sufficient maturity, that you enter into a generous common life with those who have trained you, sharing all the good things that you have and experience. 7–8 Don’t be misled: No one makes a fool of God. What a person plants, he will harvest. The person who plants selfishness, ignoring the needs of others—ignoring God!—harvests a crop of weeds. All he’ll have to show for his life is weeds! But the one who plants in response to God, letting God’s Spirit do the growth work in him, harvests a crop of real life, eternal life. 9–10 <em><strong>So let’s not allow ourselves to get fatigued doing good.</strong></em> At the right time we will harvest a good crop if we don’t give up, or quit. Right now, therefore, every time we get the chance, let us work for the benefit of all, starting with the people closest to us in the community of faith.Alwyn on GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste – Soli Deo Gloria Help asseblief As ek dan Gal 6 in konteks moet lees wat is dan die uitleg van verse 9 en 10 van Gal 6 in die konteks van liefdeFanie van Emmenes on Die uitverkiesing Die genade van God is wonderbaar en onbegryplik groot. Dankie vir die artikel oor die uitverkiesing. My hart se amen daarop.christa marais on Die uitverkiesing Dankie! Dit bly maar 'n moeilike ding!Chris van Wyk on GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium Ek verstaan hoe jy hieroor dink, maar my punt was nie om oor die doop teologie as sodanig 'n uitspraak te maak nie, maar om die idee dat 'n spesifieke manier van doopbediening naas geloof bepalend is vir jou saligheid, hok te slaan.Marius Snyman on GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium Chris as ek net die volgende mag noem ek dink nie n mens moet praat van n klein doop en n groot doop nie,dit is mens gemaak en nie bybels nie. As ons rerig volgens die skrif wil optree moet ons eerder praat van die bekeringsdoop wat eerder gepas is en ook in lyn met wat gebeur het met gelowiges wat tot bekering gekom het en dan hulle laat doop het met water as teken van hul besluit.Dit was nie n kwessie van klein of groot nie,dit het eerder daaroor gegaan ongeag die ouderdom as jy jou bekeer het tot Jesus Christus het jy die volgende stap geneem en jou laat doop as bewyse. Ek dink dit sal hierdie onkunde van klein of groot doop dan uit die weg ruim en al die struwelinge uitskakel Mooi dag. MariusJohan Barnard on GALASIËRS 2 – Christus leef in my – Solus Christus Hierdie aanhalings weerlê die aanhangers van sogenaamde Geestelik Leiers: "Om maar net te sê, God het so gesê, kan nooit op sy eie bene staan nie. Dit kan nooit op sy eie as ‘n maatstaf dien vir die ware evangelie nie. Daar is nog iets nodig." "Om regtig te kan glo dat iets van God af kom, het jy meer nodig as jou eie ervaring."Johan Barnard on GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium Onderstaande is vir my seker DIE BELANGRIKSTE in ons gereformeerde geloof. Jy het dit so goed verwoord. Baie dankie hiervoor. "As jy vertrou op die wet eerder as op God, bv. as jy die besnydenis of enige ander ding soos bv. vandag die groot of klein doop byvoeg as ‘n merkteken van die evangelie, asof jy nie alleen deur geloof gered word nie, en dit goedpraat, dan het jy met ‘n ander evangelie te make, soos hy in 3 sal argumenteer. Die beginsel van Sola fide (alleen deur geloof) kom dan in gedrang."Marie on Pinkster 2017 in Blancogemeente George Sjoe baie dankie vir hierdie Pinkster reeks Chris! Dit is heerlik om die Bybel so deur jou te leer ken-ek kry elke keer iets nuuts hieruit en dit maak elke bydrae so interressant!Chris van Wyk on Kevin deYoung | Reexamining Perspicuity Met plesier Louis! Langs mekaar gesit in die Kweekskool van 1981 tot 1984. Voorreg!Louis Venter on Kevin deYoung | Reexamining Perspicuity Bankmaat! Dankie vir dit en andere.Jan Louw on Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? 'n Gedagte wat vir my verheldering gebring het oor die profesië is dat die profete getrou aan die Gees was en geprofeteer het aangaande sake wat hulleself nie volledig insig in gehad het nie. Sien bv 1 Petr 1:10-12.Chris van Wyk on Levitikus 19 – Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig Ja, Fanie, dieselfde hier. So pas klaar met Levitikus 22 wat ek Donderdag plaas. Dié hoofstuk het ‘n impak op twee terreine in die NT. In die eerste plek vorm dit die agtergrond vir beide ‘n verstaan van die bediening van geestelike leiers in die NT geloofsgemeenskap sowel as vir die wyse waarop die kerk in hulle lewensonderhoud voorsien het. Dit is ‘n ou en gevestigde tradisie in beide die OT as die NT, iets wat deur die eeue in die kerk in stand gehou is. In die tweede plek gee hierdie voorskrifte uit Levitikus ‘n mens die nodige agtergrond om die klem op gelowiges se gedagtes en gedrag wat vir God aanneemlik moet wees, te verstaan. Paulus dring by gelowiges in die nuwe bedeling daarop aan dat hulle seker moet maak dat hulle hele lewe vir God aanvaarbaar is. Dit sluit hulle liggame in as: “lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”. Paulus praat ook oor sy bediening onder die heidene as ‘n manier om uit hulle ‘n offer vir die Here voor te berei wat vir Hom aanneemlik sal wees (Rom. 15:16). Selfs die wyse waarop die mense van Filippi by sy lewensonderhoud betrokke geraak het, word in terme geskets wat met Levitikus 22 ooreenstem (Fil. 4:18). Dit is die tipe sinergie wat tussen geestelike leiers en hulle geloofsgemeenskappe bewerk moet word. Trouens, gelowiges word opgeroep om hulleself die hele tyd af te vra of iets vir die Here aanneemlik is (Ef. 5:10) wat met dieselfde gedagtegang werk as dié in Levitikus. Ook hulle lewenswandel moet vir God aanneemlik wees, soos die Hebreërskrywer beveel: “Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.” (Hebr. 13:16). Geniet!Fanie van Emmenes on Levitikus 19 – Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig Dankie Chris, ek besef opnuut die innige verband tussen die Ou en Nuwe testamente, voorwaar opnuut en weer 'n besieling.Bennie Mare on Levitikus 19 – Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig Baie dankie.Johann McF on Levitikus 18 – Enige seksuele verhouding buite die huwelik word afgekeur Ek het die lees hiervan baie geniet Chris! Die deeglikheid is eie aan jou! Baie dankie!Fanie van Emmenes on Levitikus 17 – Aan God alleen word geoffer en gehou by die verbod op die eet van bloed Dankie Doom Chris.Jan Louw on Levitikus 15 – Rituele reiniging weens seksuele afskeidings Dankie Chris andermaal vir hierdie artikel. Jy gee leiding en agtergrond oor wetgewing wat vir ons vreemd is vandag en kan lei tot misverstand, asof daar 'n sondigheid aan die seksuele is.Chris van Wyk on Levitikus 11 – Die onderskeid rein en onrein help Israel om daagliks in God se teenwoordigheid te lewe Die Israeliete het met diere en al, kleinvee en grootvee, Egipte toe getrek uit Kanaän in die tyd van Jakob en Josef (Gen. 47). Ons lees met die vyfde plaag van pes onder die vee dat die Israeliete se vee gespaar word, en in die konteks word van perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee gepraat (Eks. 9). Hulle het ook skape geslag met die Paasmaaltyd (Eks. 12). As farao hulle uiteindelik laat trek dan sê hy spesifiek dat hulle hulle kleinvee en grootvee moet vat en trek (Eks. 12:32). Met die waterskaarste in die woestyn kla hulle ook dat hulle nie water vir hulleself het en hulle vee nie (Eks. 17:3). Dit was deel van hulle bestaansekonomie en 'n belangrike deel van hulle lewe, veral vir die melk en wol wat skape, bokke en beeste vir hulle verskaf het. Maar, hulle kon nie vleis berg nie, so om te slag vir vleis was nie 'n daaglikse of gereelde praktyk nie. Vandaar die manna en kwartels. Daarom was die offers uit hulle diere 'n groot ding. Dit was vir hulle regtig 'n wesenlike koste om 'n dier te offer.Susan on Levitikus 11 – Die onderskeid rein en onrein help Israel om daagliks in God se teenwoordigheid te lewe Dankie.Alwyn on Levitikus 11 – Die onderskeid rein en onrein help Israel om daagliks in God se teenwoordigheid te lewe Chris ek weet ek vra stupid vraag maar as ek nie vra nie sal ek nie weet nie Israeliete is met niks weg uit Egipte en het manna en kwartels geëet. Waar kry hulle toe die offerdiere?Chris van Wyk on Levitikus 6:8-7:38 – Riglyne vir priesters oor prosesse rondom die offers Hi Natasha. Dit is deel van hierdie bydrae, omdat hfst. 6 en 7 'n eenheid vorm.Natascha on Levitikus 6:8-7:38 – Riglyne vir priesters oor prosesse rondom die offers n Hartlike goeie more. ek is jammer om te pla maar ek wil net hoor of dit dalk moontlik is om Lev 7 vir my weer te epos, ek het ongelukkig niks ontvang vd hoofstuk nie. Vriendelike Groete Natascha NS: Baie dankie vir die geleentheid wat Pastoor ons bied met die Bybelskool.André Kritzinger on Levitikus 9 – Israel word geseën met die teenwoordigheid van die Here Baie dankie!!Chris van Wyk on Levitikus 9 – Israel word geseën met die teenwoordigheid van die Here Ek dink Levitikus 9 belig die werk van leraars in terme van vier areas wat as agtergrond kan dien - <em>verkondiging</em>, <em>versoening</em>, <em>voorbidding</em> en die <em>erediens</em>: * die <strong>bediening van die Woord </strong>soos in Aäron en Moses se lering van en verkondiging aan die volk in Levitikus 9 duidelik word - in die NT is daar talle gedeeltes wat dieselfde taak uitspel in terme van leraars (Hand. 6:1-4; 1 Kor. 12:28; Ef. 4:11; Openb. 1:20); * die <strong>bediening van die versoening</strong> (reiniging, vergifnis) deur die offerkultus in Levitikus 9 - in die NT word dieselfde gedoen deur die bediening van Christus se versoening wat omvattend is soos Paulus veral uitspel (2 Kor. 5:11-7:1) en natuurlik die hele Hebreërbrief ook doen; * die <strong>bediening van voorbidding</strong> wat die hoëpriester namens die volk by God doen in Levitikus 9 (vergelyk die beweegoffer, bv.) - in die NT is dit weereens 'n afgeleide funksie van beide Christus en die Gees as ons Voorsprake (Hebr. 9-10, en Joh. 14-16 en Rom. 8), maar iets wat ook in die gemeente onder leraar se begeleiding aandag moet kry (1 Tim. 2:11; Jak. 5:14 en natuurlik in omtrent elke Pauliniese brief genoem as 'n taak wat hy op homself geneem het, iets wat ons gerus met groter passie kan navolg); * die <strong>verkondiging van die teenwoordigheid van die Here</strong> wat hier so kennelik ervaar is in Levitikus 9 - in die NT word dit veral met die erediens van die gemeente en die geloofsoefeninge onder begeleiding van die gawes uitgespel (1 Kor. 14; Hebr. 10).André Kritzinger on Levitikus 9 – Israel word geseën met die teenwoordigheid van die Here Baie dankie. As jy tyd kry, maak asb ook uit Lev 9 'n paar opmerkings oor "die wyse waarop leraars en ander geroepenes van die Here funksioneer".Chris van Wyk on Levitikus 9 – Israel word geseën met die teenwoordigheid van die Here Ek sal. Sy moet net die bevestigende e-pos wat na haar gestuur word van wordpress.com af, aanvaar. Enigiemand kan hulle eie e-pos invul by http://www.bybelskool.com/subscribe om in te skryf en dieselfde prosedure volg om hulle inskrywing te bevestig. Onthou, dit is gratis.Elsa v Rensburg on Levitikus 9 – Israel word geseën met die teenwoordigheid van die Here Goeie More Kan u asb my suster ook op u mail lys stuur sodat sy ook die boodskappe kan ontvang. Haar adres is: ferreiradorette@gmail.com Dankie Elsa v RensburgChris van Wyk on Jesus is die Begin en Voleinder van ons geloof – Opmerkings oor die rolprent “Silence” Dankie De Wet. As Scorsese net gebly het by daardie uitbeelding van Christus sou ek geen probleem gehad het nie, maar wanneer die versoeking om afvallig te raak op sy ergste is, verbreek Scorsese die stilte met die stem van Christus wat sê dit is ok om Hom te verloën. Dit is só lynreg teenoor die teks wat ek vanoggend op pray-as-you-go.org uit Lukas 9 gelees het, en ons na presies die teendeel oproep: "“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou. Wat help dit ’n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele." (Luk. 9:23-26). Die gewone Japanese Christene volg hierdie Jesus na, selfs die een priester Garupe volg Hom tot in die dood. Maar, die ander twee, Rodrigues en Ferreira, draai teen Christus en help die owerhede téén die Christene in Japan. En Scorsese sê met sy fliek dit is ok. Trap maar op Jesus. Dit is waarvoor Hy gekom het. En dan praat 'n mens nie eers van die feit dat hy die uiteinde van Ferreira se verhaal nie inbring nie.De Wet on Jesus is die Begin en Voleinder van ons geloof – Opmerkings oor die rolprent “Silence” Chris, dankie vir 'n goeie resensie. En veral die agtergrond inligting. Ek het nog nie die fliek gesien nie. Weet ook nie of ek die stamina sal hê nie. Alhoewel dit lyk of Pous Francis waardering het vir Scorsese se fliek. Die tema van volharding wanneer God se stem stil geraak het, maak soveel sin. Een resensent skryf: "At various points in the film the screen is consumed simply by a portrait of Christ by El Greco, staring right at us, into our doubts and loneliness and hopes and fears. The deep, deep love of Jesus is right there in his eyes. Scorsese said he picked the El Greco image because it seemed to communicate to the viewer: “I will not abandon you” (Brett McCracken in Christianity Today van 16 Desember 2016).Marie on Kevin deYoung | Reexamining Perspicuity Baie dankie vir jou insette Chris, ek beaam wat die ander sê: ons leer soveel uit jou Bybelskool!Alet on Datumvolgorde van die NT boeke Baie dankie Chris, ek waardeer jou moeite en geniet die bybelskool baie!Jurie on Kevin deYoung | Reexamining Perspicuity Dankie Chris, dat ons kan deel in sommige van die goed wat jy seker as roetine lees, en ons gewone ouens nie maklik by uitkom nie, en dankie dat jy dit dan sommer vir ons maklik opsom en leesbaar maak. Seenwense op hierdie belangrike deel van jou bediening.Gerrie Genis on Beplanning 2017-2018 Baie dankie Chris, dit is voorwaar n handige / leersame studie ,ons waardeer dit geweldig. Hou aan met jou goeie werk.! Groete van Gerrie @ MonicaChris van Wyk on Indeling Verreikend, inderdaad! Dankie.André Kritzinger on Indeling Ek lees nou eers hierdie gedeelte. Ek wonder oor die taal. "Ongehoorsaamheid aan God se bevele het altyd verrykende gevolge,.." Moet dit net verreikende gevolge wees nie? Baie dankie by voorbaat vir dit wat op die spyskaart is vir dié kwartaal.Chris van Wyk on Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe <strong>Markus 15:28</strong> Die beste oorgelewerde tekste (Aleksandrynse en Westerse manuskripte asook in ander tekste: א A B C D Ψ pc - vgl. NET Bible vir die verwysings) het in Markus 15 net vers 27 en 29, nie vers 28 ook nie: "27 Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom ... 29 Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster." (Mrk. 15:27-29). Dit is eers by van die latere manuskripte (L Θ 083 0250 f1, 13 33 ? lat - vgl. NET Bible vir die verwysings) wat 'n vers 28 bygevoeg word wat as volg lees: "Daarmee is die Skrifwoord vervul wat sê: 'Hy is as misdadiger beskou.'" Die woorde is waarskynlik deur latere kopieerders van die oorspronklike tekste bygevoeg uit Jesus se woorde in Lukas 22:37 waar Jesus die volgende sê: "Ek sê vir julle: Die Skrifwoord wat sê: ’En Hy is as misdadiger beskou,’ moet aan My bewaarheid word, want wat op My betrekking het, gaan nou in vervulling.” Jesus haal hier uit Jes. 53:12 aan: "Hy sal saam met magtiges oorwinning vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het." Omdat dit só 'n belangrike woord was wat ook op die kruisgebeure betrek kan word, het die kopieerders Markus se teks hiermee aangepas. Die 1933 OAV het latere manuskripte gebruik vir hulle vertaling wat die woorde bygevoeg het. Die 1983 NAV het vroeëre manuskripte gebruik vir hulle vertaling wat die woorde weglaat. Vers 28 verwoord dus wel 'n uitspraak oor Jesus wat Bybels is, maar pas eerder in Lukas 22 in Jesus se eie mond, as in Markus 15 in die mond van die evangelis. <strong>Matteus 6:13</strong> Dieselfde geld die geliefde einde van die Ons Vader: "Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen." Die beter en oor die algemeen vroeër manuskripte (א B D Z 0170 f1 pc lat mae Or - vgl. NET Bible vir die verwysings) het nie dié woorde ingehad nie. Die meeste ander manuskripte (L W Θ 0233 f13 33 ? sy sa Didache - vgl. NET Bible vir die verwysings) het wel dié woorde in, met kleiner variasies, waarskynlik gebaseer op 1 Kronieke 29:11-13 wat deel van Salomo se gebed by die inwyding van die tempel was. Die kopieerders van die teks het dit waarskynlik bygevoeg vir gebruik in die publieke lees van die Ons Vader as deel van die liturgie. Só 'n wonderlike gebed vra eintlik vir só 'n einde! Weereens is die woorde deel van die Bybelse boodskap, en kan goedskiks deel bly van die Ons Vader in ons gebruik daarvan, maar was waarskynlik nie deel van die oorspronklike gebed nie soos ons dit in Lukas se weergawe van die Ons Vader sien. Lukas 11:2-4 het in geen manuskrip dié woorde in nie en sluit die Ons Vader af net met die sesde bede van Jesus. Dit is waarskynlik nader aan die oorspronklike en daarom laat die 1983 NAV dit ook weg, terwyl die 1933 OAV dit wel in het, weens die latere grondteks wat hulle gebruik het.Sonja on Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe Goeiedag Ds Chris. Ek is besig om die kruisiging deur te werk in Markus, en het die e-bybel gebruik en sien Markus 15:28 is toe gemis. Toe ek die Bybel lees, sien ek dieselfde. My 1953 het wel die vers in. My vraag is, hoekom sou "hulle" dit nodig geag het om die stukkie nie weer te gee nie? Soos ook Mattheus 6:13 se laaste deel? Dit is tog so n bekende gebed, waarom die laaste sin nie weergee nie?Chris van Wyk on Beplanning 2017-2018 Daar is geen koste nie. Gebruik enigiets op die webtuiste en geniet!Gerard Genis on Beplanning 2017-2018 Ons is pensionarese is daar enige koste aan verbonde? Ons kan seker nou en dan iets stuur.Debbie on Lees Levitikus saam met my van 12 April af Baie dankie vir u harde werk. dit gaan 'n fees om weereens 'n "onbekende" Bybelboek te bestudeer.Johann McFarlane on Lees Levitikus saam met my van 12 April af Heerlike leessstof! Lev.nog nooit 'n boek wat ek eintlik in gelees het nie! Sal graag wil leer! Dankie Chris!Jan Louw on Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 Dankie andermaal Chris vir 'n waardevolle uiteensetting.Jan Louw on Eksodus 40 – Die teenwoordigheid van die Here vul die tabernakel Ek verstom my oor die stylvolle koninklike leefwyse waarin die Here sy volk begelei het. Hulle het uit die groot beskawing en argitektuur van Egipte gekom wat buitengewone organisasie veronderstel. Daar in die woestyn het die volk egter 'n eiesoortige beskaafdheid gehad wat merkwaardig is. Hulle was tentbewoners, maar hulle het koninklik gelewe.christa marais on Geestelike volwassenheid Baie goed en baie waar. Dankie!Jan Louw on Eksodus 21 – Sorg vir mense en hulle diere Chris. Die tema oor God se belang by die mense en die diere is vir my verskriklik belangrik. Dit gaan oor God se liefde vir mens en dier. Al ons verhoudinge is geskend deur die sondeval. Dankie andermaal vir jou werk.Chris van Wyk on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! ?Marie on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! Baie sterkte Chris! Ons verstaan die werklading ten volle!Chris van Wyk on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! My voorreg Natascha. Dankie.Natascha on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! Baie dankie Ds, dit word opreg waardeer. gelukkig word dit nie afgestel nie. Dink dat almal die moeite opreg waardeer. Dit is soos Sonja se n voorrerg om die Bybelstudie te kan doen. Ons verstaan. Nogmaals dankie NataschaChris van Wyk on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! Geniet dit! Ek is so dankbaar dat ek die voorreg het om ander met die Woord te bedien.Sonja on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! Baie dankie Ds. Chris. Ek sê ook soos ander, ek waardeer jou moeite onsettend baie. Dit is so n voorreg om so bybelstudie gids gratis te ontvang. Baie sterkte ook vir u.Veronica on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! Dankie Chris. Dood reg om te wag. nou weet ek darem sal niks mis nie. Mag God jou werk ryklik seënChris van Wyk on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! Waardeer!Andre Pienaar on Eksodus neem stadiger as wat ek beplan het! Dr ons is maar te dankbaar vir die groot moeite wat u doen om hierdie stukke beskikbaar te stel. Ons is ook maar té bewus van u vol program. Neem asb u tyd. Elke stuk wat ons ontvang, word opreg waardeer.Chris van Wyk on Eksodus 18 – Jetro mentor Moses en die Israelitiese leiers tot ‘n leierskapspan Hi Veronica - nee, jy het niks verkeerd gedoen nie. My program was net te vol. Ek sal DV Eksodus 19 vandag klaar maak en môre stuur. Die volgende twee weke het ek drie belangrike vergaderings wat ek moet bywoon, so die normale patroon sal eers hervat ná twee weke. Ek beplan om so drie hoofstukke per week wel te stuur. Jammer!Veronica on Eksodus 18 – Jetro mentor Moses en die Israelitiese leiers tot ‘n leierskapspan Hi Chris Ek het sedert 21 Feb nog nie weer 'n post in my inbox gekry nie. Net gewonder of ek dalk perongeluk iets gedruk het wat my laat unsuscribe. Ek geniet die posts geweldig en wil graag nog ontvang VeronicaChris van Wyk on Eksodus 16 – God voorsien brood, vleis en die Sabbat as tekens van sy teenwoordigheid Oeps! Reggestel.André Kritzinger on Eksodus 16 – God voorsien brood, vleis en die Sabbat as tekens van sy teenwoordigheid Glipsie - intog moet uittog wees.Chris van Wyk on Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here Dankie de Wet! Ek dink Psalm 119 is 'n onontginde juweel met 176 skitterende perspektiewe op die impak wat die Woord op jou lewe kan hê. Geniet en gebruik!De Wet on Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here Chris Dit wat jy hierbo geskryf het in Sept 2015 - oor Psalm 119 -laat my verstom. En maak my baie opgewonde. Dankie. Ek waardeer jou harde werk. Ek begin môre-aand met 'n reeks oor die Lees van die Bybel. Dit is juis ps 119 wat my 'n paar weke gelede my begin boei het. Dit was die verwysing na "pad waarop ons loop" wat vir my 'n belangrike metafoor gee vir Bybellees. Ons manier van Bybellees behoort veel meer 'n oefening te wees van "wandel en loop in sy weë" as wat dit 'n ekspert vraag-en-antwoord vertoning is. Ek leen ook die beeld van "Reis in die Woord" by NT Wright. Jou oordenking en opsomming van Psalm 119 bevestig dit vir my. Ek sal graag na hierdie Bybelskool-bydraes van jou verwys. Ek het regtig groot waardering vir jou persoonlike getuienis en opgewondenheid oor die Woord as Woorde van God! Groete De WetChris van Wyk on Eksodus 12:43-13:16 – Deur viering en toewyding word die herinnering aan bevryding lewend gehou Hi Alwyn. Dit gaan in Eks. 13:12 oor "elkeen wat die eerste keer die moederskoot open", soos dit meer letterlik vertaal kan word. Die voorskrif word aan die tiende plaag gekoppel waarin die Here elke eersgeborene van Egipte "geneem" het. Die Israeliete kon hulle eersgeborenes loskoop via die die bloed van die Pasgamaaltyd in Egipte, en deur 'n offer daarna. Die beginsel was dat ná Egipte elke eersgeborene aan die Here behoort het, behalwe wanneer hulle losgekoop word. In die verdere verduideliking blyk dit eintlik net op die manlike eersgeborenes van toepassing te wees. Dit het duidelike implikasies vir ons nadenke oor God se Eersgeborene wat aan 'n kruis geoffer word sodat niemand van ons deur die "tiende plaag" die ewige dood getref kan word nie. Oor die donkie - dit is meer onseker, maar ek dink dit is weens ekonomiese realiteite. As jy die donkievul wou benut, kon jy dit met 'n skaap vervang. Anders kon jy hom doodmaak. Donkies was nie 'n geskikte offer nie, hoewel dit onseker is presies hoekom nie. Hoop dit help.Alwyn on Eksodus 12:43-13:16 – Deur viering en toewyding word die herinnering aan bevryding lewend gehou Chris My Bybelkennis laat my erg in die steek. Help asseblief. Eks 13:12 waar dit gaan oor die oudste seuns en manlike diere wat eerste gebore is en wat aan die Here opgedra moet word. Hoe het die Israeliete dit vertolk? Letterlik op die altaar? Is dit dan ook die rede waarom die oudste seun losgekoop kon word.Wat het die loskoop behels? Die omdraai van die donkie se nek verstaan ek ook nieElna Schoeman on Esegiël 24 – Ellende wag vir die stad, sowel as vir Esegiël – 588 v.C. Dankie Chris! Ek sal die 53 vertaling met kruis verwysings moet uithaal! Sjoe... stom geraak van skok. Ek is seker dit was dit...foeitog wat `n lewens opdrag! Jou B studie oor Esegiël help baie! Dankie.Chris van Wyk on Esegiël 24 – Ellende wag vir die stad, sowel as vir Esegiël – 588 v.C. Hi Elna, Dit wil voorkom asof Esegiël vir ‘n tyd lank stil was, moontlik in die verwerking van sy eie verlies, of, meer waarskynlik, in afwagting van die volgende woord van die Here wat sterker op die nuwe toekoms wat die Here beplan, sou fokus. Dit sou ingelei word deur 'n woord van 'n vlugteling wat van die verwoesting van Jerusalem sou kom vertel. Ons lees daarvan in Eseg. 33:21 vv. Dit is baie keer hoe die Here met sy boodskappers werk. Hulle moet wag tot Hy 'n opdrag gee.Elna Schoeman on Esegiël 24 – Ellende wag vir die stad, sowel as vir Esegiël – 588 v.C. Chris, vers 26 en 27 praat van `n vlugteling wat `n boodskap sal bring en dat Esegiël nie meer stom sal wees nie. Help asb! Wie is die Boodskapper en was Esegiel stom? Net gedemonstreer? Groete!Chris van Wyk on Kontak my Hi Sonja. Ek het dit geplaas by hierdie skakel: <a href="http://bybelskool.com/kort-inleidings-op-levitikus-numeri-deuteronomium-josua-en-rigters/">Kort inleidings op Levitikus, Numeri, Deuteronomium, Josua en Rigters</a>. Josua en Rigters het 'n bietjie meer om die lyf, maar die ander boeke is net 'n kort inleiding.Sonja Slater on Kontak my Goeiedag Ds Chris, Soos ek voorheen gevra het kan u asb die riglyne vir Levitikus tot Rigters vir my beskikbaar stel? Se net waar ek dit kan aflaai asb. Dankie.Chris van Wyk on Kontak my Hi Sonja. Ek het aanvanklik boek vir boek gewerk en dan riglyne gegee sodat mense dit kan deurlees. Dié stof is wel beskikbaar, maar redelik "<em>oud</em>" in die sin dat ek gegroei het in my verstaan van 'n hele paar dinge met die deurwerk van die hele Bybel. Eksodus se riglyne is geïnkorporeer in die huidige boek, en die res is ek tans besig om te skryf. Vir die res van Eksodus sal jy dus geduldig moet wees! Ek sou egter Levitikus, Numeri, Deuteronomium, Josua en Rigters se riglyne kon beskikbaar stel. Dit is egter effe verouderd!Sonja Slater on Kontak my Goeiedag Ds Chris, Ek het vanaf middel Desember 2016 'n nuwe dringendheid in my om meer vd Here en die Bybel te weet en het begin om Bybelstudie te doen, elke dag 'n stiltetyd te hou met behulp van 'n Bybeldagboek en ek lees fisies die Bybel deur van Genisis tot Openbaring, woord vir woord, en wil dit in een jaar doen. Nou, ek is amper deur Genisis met my Bybelstudie (bo en behalwe die fisies deurlees) en sou graag die boeke in volgorde wou deurwerk. Ek laai solank af wat u reeds van Eksodus het maar sou dit vinniger wou doen as wat u publiseer. Ek soek ook Bybelstudie oor Levitikus, Numeri ens wat nog nie op u webtuiste is nie. U praat by die beskrywing van 1 en 2 Konings dat u reeds saam met u lesers en gemeente die 5 boeke van die pentateug deurgelees het maar ek sien niks van dit nie? Dankie vir u goeie werk en dat u my help om die Bybel beter te verstaan. Groete.Chris van Wyk on Hebreërs 4:14-5:10 – Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade Hi Petie Sondebelydenis en geloofsbelydenis is twee verskillende goed. Die eerste is 'n belydenis van jou skuld en wel iets wat in die binnekamer kan en moet gebeur, maar ook soms saam met die gemeente en soms in die teenwoordigheid van 'n medebroer of suster. Die tweede is 'n belydenis van jou geloof in die Here Jesus Christus en iets wat verseker ook teenoor God gedoen kan word, dit is immers wat ons in gebed doen, maar waarvan dit ook waar is dat sonder dat 'n mens dit teenoor iemand in die openbaar erken dit nie 'n groot effek op jou lewe in gemeenskap met ander het nie. Oor sondebelydenis die volgende opmerkings uit die Bybel: Die idee van sondebelydenis teenoor God self, sonder dat daar iemand by is, is duidelik op 'n hele paar plekke in die Bybel: <ul> <li>"My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe." (Psalm 32:5). </li> <li>"Ek het gesê: 'Wees my genadig, Here! Maak my tog gesond; ek het teen U gesondig.'” (Psalm 40:5).</li> <li>"Teen U alleen het ek gesondig." (Psalm 50:6)</li> <li>"Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang." (Spr. 28:13).</li> <li>"Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God. (Daniël 9:20 ).</li> <li>"As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig." (1 Joh 1:9).</li> </ul> Daar word net een keer word gesê dat dit ook teenoor mekaar sal wees: <ul> <li>"Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag."(Jak. 5:16).</li> </ul> Ons kan die een doen en die ander ook nie nalaat nie.Petie on Hebreërs 4:14-5:10 – Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade Ek stem nie saam met die sonde belydenis in die binnekamer nie. Die Griekse woord wat vertaal word as bely impliseer dat dit in die teenwoordigheid van iemand anders gedoen word. Die woord kan ook vertaal word as erken. Om my sonde in my binnekamer voor God te erken maak 'n by implikasie 'n bespotting van God omdat Hy nie net jou sonde reeds ken nie maar dit ook reeds vergewe en versoen het. Dit vind in die teenwoordigheid van 'n regverdige (verkieslik een met ondervinding van die geestelike implikasies van jou sonde en hoe om daar mee te deel) sodat hy vir jou kan bid en jy genees kan word van die geestelike wonde en siektes wat uit jou sonde voort gespruit het. Anders sou dit moontlik gewees het om in jou binnekamer te bely dat Christus die Seun van God is en dat God Hom uit die dode op gewek het ens. Maar Jesus stel dit duidelik dat Hy elkeen wat dié belydenis voor die mense sal aflê sal Hy voor Sy Vader en Sy engele bely. Die selfde Griekse woord is in byde gevalle gebruik om die kosep te staaf. Dit is maar my beskeie oortuiging in die verband. Groette in Christus.Chris van Wyk on Gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone Jy kan na enige van dié twee aanlyn instansies kyk of hulle kursusse aanbied wat aan jou behoeftes voldoen: <ul> <li><a href="http://www.veritascollege.org" rel="nofollow">Veritas Kollege</a></li> <li><a href="https://www.sats.edu.za" rel="nofollow">South African Theological Semimary</a></li> </ul>Chris van Wyk on Gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone Hi Giel - hierdie Bybelskool sal jou 'n goeie inleiding gee op die Bybelboeke, en help om die Bybel op 'n dieper vlak deel van jou lewe te maak. Dit is egter nie 'n akademiese instansie nie.Giel on Gratis hulpmiddels vir Bybellees op rekenaars, tablette en selfone Ek stel belang om aanlyn te studeer.Retha on Eksodus 1 – God vermeerder sy volk ten spyte van farao se brutale onderdrukking Dit is hartseer dat baie lede van die Joodse volk, die afstammelinge van God se volk in die Ou Testament, vandag so ver van Hom af leef. Hy het toegelaat dat die land Israel in 1948 weer aan hulle teruggegee word (wat op sigself 'n wonderwerk is) en wat 'n brandpunt in die hedendaagse en eindtydgeskiedenis is. Ek bid elke dag vir die vrede van Jerusalem, en kyk net wat speel deesdae daar af. Ek wil so graag sien hoedat God sy oorspronklike plan met sy volk enduit gaan voer en of daar 'n dag sal kom wat Jode oor die hele wêreld heen weer na Hom sal terugkeer. Hulle blyl steeds sy geliefde volk.Fanie van Emmenes on Inleiding – Eksodus: die hoop op verlossing Na die lees van die inleiding oor die boek Eksodus sien ek met opgewondenheid uit na die studie van die boek. Shalom1Chris van Wyk on God sien en God verstaan – Bybelskool oor Eksodus begin 18 Januarie Dankie. Dit het 'n baie integrale deel van my bediening geword. Ek put persoonlik ongelooflike waarde daaruit.Chris van Wyk on Inleiding – Eksodus: die hoop op verlossing Dankie en voorspoed vir jou jaar ook.Johanna on Inleiding – Eksodus: die hoop op verlossing My woord vir 16 Jan 2017 was: Matthew 6:34 'So don't be anxious about tomorrow. God will take care of your tomorrow too. Live one day at a time.' / ek kom toevallig af op die bybelskool.com met EXODUS, wat die 18e Jan 2017 begin – niks gebeur toevallig nie! God sorg vir elke ‘ more’ in ons lewens! Ek is so dankbaar ds Chris, dat God jou op Sy Rots geplaas het waarvandaan soveel van Sy volk Hom van naderby kan leer ken, kan sien, kan ervaar, kan hoor! Voorspoedige, geseënde 2017 vir jou en almal rondom jou, Johanna FourieSonja on God sien en God verstaan – Bybelskool oor Eksodus begin 18 Januarie Ds. Chris, weereens baie dankie vir die pragtige en volledige bybelstudie so vrylik beskikbaar vir elkeen. Eerstens baie dankie vir die verwysing waar om bybeldorpe in vandag se tyd te vind. Ook ek is besig met Paulus. Ek geniet dit baie,en leer elke dag iets,ipv net lees soos in die verlede. Dan, jou opmerking vandag oor Eksodus,is dit nie so waar en aangypend,hoe naby (of vir sommiges vêr) mens Die Here se nabyheid ervaar wanneer jy deur donker dieptes gaan. As mens self al deel gehad het daaraan, kan ek net getuig van daardie heerlike bly-gevoel as n donker oor jou lug, al is die omstandighede nog presies dieselfde. Daardie wete- Die Here houvas my. Ek sien uit na Eksodus saam u. Baie dankie.Susan Leeuwner on Kontak my Ek wil graag e pos stuur aan jou Chris maar ek kry dit nie reg nie. Ek wil graag die 4 evangelies lees en die leer kry wat die 4 evangelies langs mekaar het asseblief.George Roux on Spreek in tale In 'n ander taal praat.Chris,ons kan nie net stilstaan by 'n teksvers;1 Korintiërs 29 nie.Verwarring kan maklik plaasvind as 'n mens nie die konteks by lees nie.Vers 31 sê ook egter;"(lewende bybel vert.)Julle moèt MOEITE DOEN om die belanrikste gawes te hê."Lees 1 Kor. 14 vers 2 tot 5 ook by.As jy in tale bid,bid jy tot God self,al verstaan jy en ander nie die taal nie,GOD VERSTAAN DIT.Selfs die duiwel verstaan nie die taal nie en kan dus nie probeer om die gebed te verhinder nie.Vers 5 sê Paulus,Ek sou BLY WEES as JULLE ALMAL IN TALE KON PRAAT......Wanneer so 'n taal effektief gebruik wil word,gebruik dit in jou private stilte tyd.Ervaar die stigting wat dit in jou gees mee bring.Die Heilige Gees gebruik dan diè woorde om jou gebed aan God te bied' Romeine 8 vers 26 en 27'.Ek stel voor,vra die Here,bekom die ,spreek in ander tale' en skryf oor die ondervinding wat jy beleef. DankieChris van Wyk on Waar is die Bybelse plekke vandag? Daar is 'n paar plekke waar jy dié inligting kan opspoor. Die <a href="https://www.blueletterbible.org/study/pnt/pnt07.cfm" rel="nofollow">Blueletter Bible</a> het 'n lys van al die dorpe en stede wat in die NT genoem word met die verwysings in die Bybel, hoewel ongelukkig nie altyd met 'n vergelykbare aanduiding van wat die plek vandag genoem word nie. Dié name kan jy egter opspoor deur middel van <a href="https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_modern_names_for_biblical_place_names" rel="nofollow">Wikipedia</a>. Jy kan ook <a href="http://www.openbible.info/geo/" rel="nofollow">OpenBible</a> gebruik. Enige naam wat in elke Bybelboek genoem word, is daar beskikbaar. Kry daar die name van die Bybelse plekke en tik dit so akkuraat as moontlik by Google Earth in. Dan kan jy uit satellietfoto’s sien hoe die presiese plek vandag lyk. Jy moet natuurlik ook <a href="http://earth.google.com/download-earth.html" rel="nofollow">Google Earth op jou rekenaar installeer</a>. (Met erkenning aan Bybel-Media vir dié wenk)annemarie van zyl on Waar is die Bybelse plekke vandag? More ds Chris, Ek is tans tuis besig met n Bybelstudie oor Handelinge en meer spesifiek Paulus se sendreise. Ek wil uitvind of ds my kan se waar ek n lys van dorpname in die Bybelse tyd en die huidige name van daardie dorpe kam opspoor. Ons is tans sonder leraar en sal enige hulp verwelkom Baie dankie en jammer vir enige ongerief groete Annemarie van ZylNeels Hubinger on Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom Dankie Chris, het dit gekry. Nie die plek om my storie te vertel nie, maar ek is ook 15 jaar gelede deur my Jabbok-drif, waarna God restorasie, vernuwing en nuwe betekenis in genade gegee het. Vandag loof en dank ek Hom vir 'n nuwe kans...Chris van Wyk on Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom Ja, dié herdenking is spesiaal, nê! <a href="http://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/">Alle vorige bydraes is op die webtuiste beskikbaar</a>. <a href="http://bybelskool.com/genesis-32-jakob-worstel-enduit-met-god-en-word-verander-van-bedrieer-na-begenadigde/">Genesis 32 is hier beskikbaar</a>.Neels Hubinger on Genesis 33 – Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom Môre Chris Dankie, dankie vir kosbare insigte uit jou studieleiding. Ek dink ek het jou studie van die betekenisvolle Genesis 32, toe Jakob God ontmoet het by die Jabbok drif gemis. Ek het dit nie per epos ontvang nie. Dis 'n gebeurtenis wat in my eie lewe groot impak gekry het toe ek my nek gebreek het in 'n motorongeluk eerskomende Saterdag, 15 jaar gelede... Ek sou baie graag jou studie wou lees, kan jy dit asb vir my stuur. Vrede en seën.Chris van Wyk on Beplanning 2017-2018 Dankie Francois. Dit is my voorreg!Francois Conradie on Beplanning 2017-2018 Dominee,baie dankie vir hierdie jaar (en al die vorige jare ) se Bybel onderrig en voorthelping op my geloofspad. Mag die Here gee dat die beplanning suksesvol uitgevoer sal word. Mooi loop en seën . GCChris van Wyk on Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban Dankie Jan. Jy vat dit só goed raak. Om uit die voorraad van die Bybel nuwe en ou dinge vir ons tyd na vore te bring, is 'n ander manier om die leuse van die Bybelskool te verwoord. Die Woord is inderdaad 'n huis om in te woon.Jan Louw on Genesis 29-30 – Jakob word sterk in die stryd met Laban Dankie Chris vir die mooi waarhede wat jy vir ons uit die gedeelte na vore bring, oor die huwelik en geloofsvorming. Mat 13:52 Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos 'n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”Jan Louw on Genesis 27:1-45 – Rebekka en Jakob se bedrog bedreig die geloofsgemeenskap se voortbestaan Die tema vat die gebeure pragtig saam. Dankie Chris.Chris van Wyk on Subscribe Die NG Kerk se mening oor saamwoon kan jy <a href="http://www.ngkerkas.co.za/wp-content/uploads/Huwelik%20Algemene%20Sinode.doc" rel="nofollow">hier</a> bereik. Die belangrikste drie punte in dié standpunt (wat 'n mens as 'n geheel moet lees) wat met jou vraag verband hou, is die volgende: <em>5. Die Algemene Sinode is nogtans daarvan oortuig dat die historiese ontwikkeling van die huwelik in die Bybel en in die geskiedenis vir ons duidelike riglyne bied van wat ’n Christelike huwelik is: ’n vaste, formele ooreenkoms tussen twee persone van die teenoorgestelde geslag om hulle lewens in alle opsigte met mekaar te deel in ’n lewenslange verbintenis waarin seksualiteit ‘n eksklusiewe karakter dra, geseën of bevestig deur die kerk, gesluit in die teenwoordigheid van getuies, sover as moontlik in die gemeenskap van gelowiges en verkieslik erken deur die staat as ’n wettige huwelik. 6. Die Algemene Sinode oordeel dat, in die lig van bostaande, gelowiges met reg die huwelik ’n gawe van God noem en dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele ooreenkoms nie aan Christelike riglyne voldoen nie. 8. Die Algemene Sinode wil mense wat in ʼn etiese saamwoonverhouding leef en dus die Christelike norme vir die huwelik uitleef, aanmoedig om die verbintenis nog vaster te maak deur die kerklike en staatkundige aspekte ook in plek te kry.</em> In antwoord op jou vrae: <ol> 1. Die huwelik is 'n gawe van God en nie net 'n menslike bepaling nie. 2. Ja 3. Nee, dit is die taak van die kerkraad en ander amptelike liggame. 4. 'n Skeepskaptein tree namens die staat op, nie namens die kerk of geloof nie. 5. Nee 6. Nee (behalwe as hulle minderjarig is, uiteraard, dan sal die staat iets te sê hê daaroor) 7. Nee</ol>Barrie Vermeulen on Subscribe Geagte Ds Chris Baie dankie vir die voorreg om weereens u webtuiste te gebruik. Dit gaan oor die oeroue vraag van saambly. Ek weet die Bybel wys by verkeie plekke dat dit nie so behoort te wees nie. Ek wil egter weet waar in die Bybel: 1. Dit bepaal word hoe en waar die huwelik moet plaasvind? Is dit ‘n bepaling van God of is dit ‘n menslike verordening soos ons dit doen? 2. Of dit werklik so ‘n sonde is as die twee werklik mekaar liefhet en getrou gesweer het aan mekaar? 3. Of die kerk (Dominie) die reg het om sodanige mense onder tug te plaas? 4. Wat van ‘n skeepskaptein, hy het die reg om huwelikke te doen maar hoe weet die paartjie of sy godsdiens oortuiging reg is? Indien nie, is hierdie huwelik wettig? 5. Wat van ‘n grondeienaar wat bv. woonstelle uithuur? Moet hy nou ‘n CV eis van elke paar wat van voorneme is om in een van sy woonstelle in te trek? 6. Is die ouers strafbaar as hulle kinders saambly? 7. Is dit dan nie maar beter as om sommer oral in die bondel te flankeer nie? Ek waardeer u moeite om hierdie vraag te beantwood. Groete in Christus. Barrie Vermeulen.Neels Hubinger on Genesis 19 – Losbandigheid en bloedskande bedreig familiewees Kosbare diepsinnige en omvattende insig en betekenis, baie dankie Chris vir die toepassing vandag...christa marais on Genesis 18 – Abraham se gasvryheid sluit die lewe vir almal oop Dankie Chris, dit was pragtig! Het ook vir my 'n kosbare les geleer!Chris van Wyk on Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram Dit is my voorreg, maar ook my verantwoordelikheid, Lida. Jy bid vir my dat ek "<em>al die skatte</em>" sal ontdek wat geloofsoë sal oopmaak. Jy herinner my met dié gebed daaraan dat dit presies is waarvoor die Here my geroep het. In 1983 het ek in my sesde jaar op universiteit diep en lank nagedink oor my roeping in die lewe en dit toé só verwoord: <em>1. "Om die Here intiem, persoonlik te ken en vanuit die gemeenskap met Hom te lewe."</em> <em>2. "Om die skatte van die evangelie vir alle mense oop te sluit en beskikbaar te maak."</em> Daaraan wy ek my toe steeds meer en meer. <em>Syn odos</em> - saam op pad.Lida Visser on Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram Goeie more Chris Wat n wonderlike eer en voorreg om saam jou n nuwe ontsekking van Genisis te doen. Dit het nir alleen my geloof versterk nie maar my geloofsreis saam met julle is asemrowend en die legkaart waaroor ek altyd getwyfel het, het nou vir my in plek geval. Baie dankie aan my He.else Vader vir hierdie geleentheid en ook vkr jou met die harde werk en navorsing wat jy doen om soveel mense soos ek ons geloof te versterk. Dankie vir elke tree wat jy saam my loop deur Genisis. My gebed is dat die Here jou sal seen en krag insig wysheid en kennis sal gee om ons geloofsoë oop te maak en om al die skatte te ondek deur die werking van die Heilige Gees. Ek het n dankbare hart vir die geleentheid. Liefde en seengroete LidaChris van Wyk on Efesiërs 6:10-24 – Soek julle krag in die Here en in sy groot mag Hi - Ek het 'n paar woorde oor Efesiërs geskryf by http://bybelskool.com/efesiers/. Jy kan ook hier vrae vra en ek sal antwoord soos ek tyd kry. As jy kontak wil maak, kan jy my e-pos acv.vanwyk@gmail.com gebruik. Groete.Anler on Efesiërs 6:10-24 – Soek julle krag in die Here en in sy groot mag Hi Ds Chris. Ek is van Port Elizabeth en was al vele keer 'n diens bygewoon in julle gemeente. Ek verlang sommer nou terug na PE. Ek het gister aand 'n gesprek met my Pappa gehad, waar ek nou werk is ek tussen bos en dal en voel veral naby aangesien dit baie natuur om my is, en met Hom gepraat soos ek met my pa sal praat op aarde en Hom my harts begeerte gevra en in 'n droom gisteraand is daar vir my gese ek moet Efesiërs gaan lees. Ek het nou navorsing gaan doen op die web en so op die tuisblad gekom. Ek kan nie 'n antwoord op my vraag sien in Efesiers nie of miskien is ek net oor haastig. Kan u my asb leiding gee waaroor die boek gaan en hoe ek op 'n antwoord kan kom. Ek sal ook bitter graag per epos met u in verbinding wil tree. Baie dankie en groete aan my tuis dorp. L 🙂Chris van Wyk on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Hier is die volgende twee. <a href="http://bybelskool.com/genesis-14-abram-seen-en-straf-nasies-op-die-wereldverhoog/">Genesis 14 – Abram seën en straf nasies op die wêreldverhoog</a> <a href="http://bybelskool.com/genesis-15-die-here-belowe-beskerming-en-beloning-in-n-verbond-met-abram/">Genesis 15 – Die Here belowe beskerming en beloning in ‘n verbond met Abram</a>Susan Leeuwner on Bly die wet van God steeds geldig vandag? Ek het nie Genesis 14 se Bybelstudie ontvang nie!Chris van Wyk on WEEK 1: Lukas 1:1-4:13 Hi - In die eerste plek verwys dit na die versoening wat in families binne die geloofsgemeenskap sal kom, dat ouers saam met hulle kinders die Here sal dien. Dit sluit natuurlik in die tweede plek versoening in binne families wat uitmekaar geruk is deur watter krisis ook al, ook in dié gevalle waarna jy verwys.Johann Viljee on WEEK 1: Lukas 1:1-4:13 Ek vra net: Verwys Maleagi 4:5-6 en Lukas 1:17 nie na die tienduisende kinders in SA (en reg oor die wereld) wat na hul biologiese ouers soek nie. In 'n mindere maat soek die ouers ook na hul biologiese kinders?Nicolette Thompson on Handelinge Vreeslik baie dankie vir jou hulp met al my vrae, Chris. Dit help baie en word hoog op prys gestel! Jesus seen jou. NicoletteChris van Wyk on Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies Hi Nicolette - Lukas gebruik die evangelie van Markus in die skryf van sy eie evangelie. Markus is waarskynlik in die sestigerjare geskryf. Lukas skryf ook sy evangelie aaneenlopend met sy Handelinge. Gevolglik is dit betekenisvol dat hy in Handelinge afsluit met die twee jaar van Paulus se gevangeniskap in Rome, 60-62 n.C. Dit beteken dit kon nie vóór 62 n.C. voltooi gewees het nie, en dit moes ook ná Markus s'n gewees het. Hy voorspel ook die vernietiging van Jerusalem wat in 70 n.C. gebeur het. Dit beteken vir my dat hy sy evangelie en die Handelinge êrens in die middel sestigerjare voltooi het. Dit kon in Rome gewees het, aangesien die laaste gebeure in Handelinge daar plaasvind. Maar, dit is nie 'n deurslaggewende argument nie. Die plek waar hy sy werke skrywe bly dus onbekend. As dit in Griekeland sou wees, sal ek eerder raai dat dit in Filippi was. Hy word met dié stad geassossieer en word bv. nie saam met Paulus en Silas in die tronk gestop toe hulle daar gewerk het nie. Maar, ons weet nie regtig nie.Nicolétte Thompson on Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies Hallo Chris. Kan jy my asseblief dalk sê waar die geliefde dokter, Lukas, sy Evangelie geskryf het? Ek weet dat dit nie bekend is waar hy Handelinge geskryf het nie [hy het mos beide Lukas en Handelinge geskryf]. Is dit moontlik dat hy - omdat hy aan die hooggeagte Teofilus geskryf het wie heel moontlik 'n Griek was - die boeke in Athene of iewers anders in Griekeland kon skryf ? As gesant van Paulus was dit dalk moontlik, want Paulus het tog na Kos en Patmos toe gegaan ook [beide is Griekse eilande] ? Dan wil ek ook weet presies wanneer die twee Boeke geskryf is. Ek weet dat handelinge in Rome [Italië] afgehandel is. Baie dankie by voorbaat vir jou hulp hiermee. Geseënde groete in Jesus, NicoletteChris van Wyk on Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek Jy is reg! Nahor trou met sy oorlede broer Haran se dogter. Ek het dit reggestel.Nakkie on Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek Die teks maak nie iets van die feit dat Haran (dalk Nahor) m et een van die dogters van sy broer Haran getroud is nie.Chris van Wyk on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Dankie! Dit is my voorreg.Karin Allen on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Goeie dag, Pastoor Chris. Ek pas 'n 93 jarige Tannie op en soek all geruime tyd jets wat ons geestelik kan stimuleer, ons bly tans by die Tannie se dogter en maak my lewe eindlik ondraaglik want as ek die koerant lees moet ek die wrede goed uitlaat en toe kom ek op die Bybelskool se webwerf af en prys die Here, nou val ons eers vandag saam met julle in by Genesis, maar gaan probeer opvang. Baie dankie en God seën u, want elke dag wil ek net weghardloop van my omstandighede en nou kry ek weer krag om aan te gaan! Baie liefde en groeteJonel van Rooyen on Esegiël 45-46 – God herstel die land, regeerders, offers, feeste en grondbesit Baie dankie, dit het gewerk.Chris van Wyk on Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde Hi - nee, God en die boom van die lewe is intiem verbonde, maar onderskeie van mekaar. Hier is die sewe verwysings: Genesis 2:9 Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis. Genesis 3:22 Toe het die Here God gesê: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!” Genesis 3:24 Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook ’n vlammende swaard wat heen en weer beweeg. Revelation 2:7 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is. Revelation 22:2 Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies. Revelation 22:14 “Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan. Revelation 22:19 en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.Jaco on Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde Chris, ek lei af dat die Boom van die lewe, wat in die laaste paragraaf van Hfstk 3 genoem word God self is? Is dit korrek?Chris van Wyk on Esegiël 45-46 – God herstel die land, regeerders, offers, feeste en grondbesit Hi - ek sien die plugin sit by daardie bydraes 'n *.dot uitgang by. Verander net die *.dot na *.doc dan sal dit reg oopmaak as 'n Word file. Dit is 'n fout in die plugin wat ek nie kan regmaak nie. Jammer.Jonel van Rooyen on Esegiël 45-46 – God herstel die land, regeerders, offers, feeste en grondbesit Goeie naand, Baie dankie vir al die ongelooflike hulpbronne op die webwerf. Ek het vandag Esegiel afgelaai maar ongelukkig is daar van die skakels wat nie wil werk vir die .doc dokumente nie. Ek het gevind dat die volgende wel werk op .pdf maar nie op .doc nie: Esegiel 23 Esegiel 24 Esegiel 25 Esegiel 29-32 Esegiel 38-39 Esegiel 45-46 Is dit moontlik om die .doc skakels te herstel? Vriendelike groete JonelLizétte Vosloo on Matteus Baie dankie vir al Bybelskool se lerings oor die Bybel en ons ongelooflike Drie-Enige God die Vader, die Seun Jesus Christus en die Heilige Gees. Dankie ook dat ek by julle kon leer oor hoe om die Bybel op 'n Goddelike manier [Lectio Divinia] te lees! Dit is wonderlik! Dankie dat ek alles wat ek soek oor die Bybel hier kan vind; julle is 'n riem onder my hart. Jesus seen julle. Dankie ook aan jou, Chris, vir al jou geduldige verduidelikings op al die vrae wat ons almal vra. Bly geseënd!Vere on Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde Dankie Chris vir die insiggewende inligting oor Genesis tot dusver. Die lees van die Bybel en jou artikel elke dag is voorwaar 'n hoogtepunt, elke dag. SeengroeteChris van Wyk on Genesis 5 – Adam het ‘n seun na sy beeld Oertyd beteken "voorgeskiedenis" of "prehistoriese tyd", in Engels "ancient times" of "prehistoric times". D.w.s. dit is 'n tyd waartoe ons nie so maklik toegang het met normale historiese navorsingsmetodes nie. Ons kan bv. met argeologiese opgrawings by van die dorpe en stede in Israel agterkom hoe mense geleef het, hoe hulle huise gelyk het, watter implemente hulle gebruik het en dit vergelyk met ander bronne, bv. skriftelike bronne. Dit is nie so maklik met die gebeure in Genesis 1-11 nie. Vandaar die term "oertyd".christa marais on Genesis 5 – Adam het ‘n seun na sy beeld Chris, wat bedoel jy met die oertyd?christa marais on Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde Chris, hierdie deel van Gen 3 was vir my baie interessant en insiggewend. Baie dankie vir al jou tyd en erns om vir ons die Woord so duidelik te maak. Daar is baie dinge wat nou vir my baie duideliker is bv die erfsonde van Adam en Eva en hoekom die koms van Jesus nodig was. Ook die nadelige gevolge as ons self wil besluit oor ons lewens.Chris van Wyk on Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie My voorreg - komplementeer is om iets of iemand aan te vul; komplimenteer is om iemand 'n pluimpie te gee.Nakkie on Genesis 2:4-25 – Dit is nie goed dat die mens alleen is nie Dankie vir die woorde:Ek is die punt van God se storie!!!!! Komplementeer, dalk komplimenteer???Kelly Alexander on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Baie dankie vir jou spoedige antwoord. Dit klaar baie op. Weereens dankieChris van Wyk on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Dankie vir die mooi woorde. Die sewende dag is Saterdag regdeur die Bybel, ook die sabbatdag genoem. Sondag is die eerste dag van die week. <a href="http://bybelskool.com/sabbat/">Ek het al oor die sabbatdag hier geskrywe as jy meer daaroor wil weet.</a>Kelly Alexander on Genesis 1:1-2:3 – In die begin het God die hemel en die aarde geskep Goeie dag Chris, Ek het die boodskap regtig baie waardeur en sien uit na die volgende uitlegging. Dit is so aangrypend, baie dankie. Ek is n trotse Christen. Wat ek opgelet het in baie kerke is dat waneer ons na n preek luister op ons Sabbat dag word daar altyd verwys hoe ons moet leef, wat ons moet doen, wat ons nie mag doen nie ens. Ek het nie n probleem met dit nie, my enigste bekommernis is dat hulle ons nooit van Jesus en God vertel nie. Sodoende leer ken ons nooit ons Meester nie en dit maak dit vir my moeiliker om te verstaan hoekom sekere dinge op n sekere manier gedoen moet word. Maar het ons daardie agtergond gehad het sal ons beter verstaan en die wette beter gehoorsaam wees. Wat jy vandag uitgestuur het, het vir my baie geleer van Jesus Christus en ek kan se Ek ken Hom beter. Dankie. Ek het n vragie vir jou. Teen die einde van die les noem jy dat God op die sewende dag gerus het. Watter dag beskou jy as die sewende dag? Is dit n Saterdag of Sondag? En is daar enige aanhalings in die Bybel wat jou antwoord kan staaf? Ek vra dit nie om jou uit te daag nie, maar net om beter te verstaan. Hoop jy geniet die res van jou daggie:)Chris van Wyk on Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe Jesus gebruik in Matteus 12:40 die "teken van Jona" as 'n aanduiding van sy eie kruisdood: "Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees." Jona se tyd in die vis word dus as 'n teken of voorbeeld gebruik om Jesus se kruisdood vooruit te verkondig.Kauna on Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe More Mr. Chris Ek wil graag weet van die teken van Jona wat beteken dit eintlik?Chris van Wyk on Skrifgesag en die Bybel Johannes begin sy evangelie nie by Jesus se menslike geboorte nie, anders as die ander evangelies. Hy begin by God se tyd, die ewigheid, voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos ons tyd was. Toé al, sê Johannes, was Jesus al daar as die Woord van God. "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God." (Joh. 1:1). Hiermee koppel Johannes vir Jesus aan die uitspraak in Genesis 1:1 dat God in die begin die hemel en die aarde geskep het. Jesus was dus reeds daar in sy pre-eksistensiële bestaan by God, as God, voordat tyd, ruimte en materie geskape is, as Woord van God. Jesus is die Woord (logos) van God. Hy is nie net goddelik nie, maar Godself (vgl. ook 1 Joh. 1:1; Openb. 19:13)! Uit Hom is alles gemaak, want Hy was en is die lewe van alles (Kol. 1:16). En hierdie lewe skyn soos ’n lig in die duisternis wat ons lewens verlig (Joh. 5:26 – vgl. Spr. 6:23 – “die tôrâ is ’n lig”). Hierdie lewenslig is die kern van God se manier van kontak maak met ons (Ps. 36:10). Dit is van hierdie lig - in Jesus - wat ons getuig, soos ’n Johannes die Doper, sodat mense in God kan glo (vgl ook Joh. 20:31, waar Johannes dit as die doel van sy evangelie uitspel). Hierdie lig is Jesus, die mensgeworde Woord van God. Ietsie oor die logos: Die Griekse woord logos word gebruik vir woorde en gedagtes. Wanneer dit aan God gekoppel word, dui dit meesal die Woord van God in die prediking (Luk. 5:1) of die inhoud van die evangelie, Christus (Hand. 8:25), aan. Hier in Joh. 1:1 gebruik Johannes logos egter as eienaam vir Christus. Die Grieke sou in hierdie gebruik van die woord iets gehoor het van wat die filosoof Heraklitus van Efese reeds in die 6de eeu v.C. geskryf het, dat die logos die beginsel is waardeur orde uit chaos geskep word. Die Jode wat met die Ou Testament bekend was, sou egter onmiddellik aan Genesis 1 gedink het ("laat daar lig wees"), die verwoording van die skepping deur die Psalmdigters ("deur die woord [dabar] van die Here is die hemele gemaak" - Ps. 33:6) en die vele kere wat gepraat is van die woord [dabar] van die Here wat tot 'n profeet gekom het (Jer. 1:2). In die Griekse vertaling van die Ou Testament is die vertaling logos dan ook vir die Hebreeuse woord dabar gebruik. Daaruit kan 'n mens Jesus se betrokkenheid in sy Goddelikheid by alles wat reeds in die OT gebeur het, kan aflei. Soos baie geleerdes dit onomwonde stel: Jesus tree in die NT as die Jahwe van die OT op.christa marais on Skrifgesag en die Bybel Chris, wat beteken Joh. 1:1?Chris van Wyk on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Hi - my stof oor Josua is nog nie gereed nie. Jammer.Chris van Wyk on Die Twaalf Kleiner Profete Hi - ek is besig om voor te berei om die eerste sewe boeke van die Bybel deur te werk met die oog op aanvulling van my stof op die Bybelskool. Dit gaan egter tyd neem.simone paulse on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Kan u my meer uitlegging gee oor Josua hoofstuk 2? Ek sien die boek Rigters en Josau verskyn nie in die alfabetiese lys Bybelboeke nie.simone paulse on Die Twaalf Kleiner Profete Die boeke Josua en Rigters: sal graag inligting wil kry daaroor.Chris van Wyk on Die tweede gebod – God verwag onverdeelde lojaliteit aan Hom Ja, dit is interessant. Ek sal graag verder wil dink oor hoe geestelike dinge met fisiese dinge saamhang. Ons weet immers al watter impak selfs gedagtes op die neurologiese strukture van 'n mens kan hê. Die vraag is watter invloed het God en die geestelike wêreld op die mens. Dit bring bv. die vraag na wonderwerke en gebedsverhoring in spel. Ons is baie meer komplekse wesens as wat ons besef.Mauritz on Die tweede gebod – God verwag onverdeelde lojaliteit aan Hom Hi Chris Ons het juis hierdie naweek oor die woorde wat ook in Eks 34 voorkom gepraat. Ek vind die oënskynlike paralelle tussen God se besoek aan die derde en vierde geslag en Epigenetica baie interressant. Die groot verskil is natuurlik dat God Sy 'besoek' persoonlik maak, waar Epigenetica maar alleenlik 'n onpersoonlike meganisme verduidelik hoe jy slegte gedragseienskappe by jou ouers kan oorerf. Ek sien agter God se 'besoek' aan die derder en vierde geslag baie van Sy verbondstaal met Sy volk wat aan Hom as Heer en Meester behoort.christa marais on Die tweede gebod – God verwag onverdeelde lojaliteit aan Hom Baie dankie vir al jou moeite en dat jy altyd "tyd" hetChris van Wyk on Kontak my Hi Michelle, dit hang af van wat julle plan met die Bybel is. Julle sou doodgewoon die NT kon deurlees. Daarna die OT. Of julle sou kon afwissel. Een NT boek. Dan 'n OT boek. Dan 'n Psalmboek (daar is vyf). Dan weer 'n NT boek. En so kan julle aangaan. Iets wat my op die oomblik interesseer is om Paulus se dertien briewe in volgorde deur te lees. Miskien maak ek 'n post om mense daarmee te help ... Vir al bogenoemde maniere is die skakels na die onderskeie Bybelboeke by http://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/ beskikbaar. Onthou net dat die datums wat soms daarin aangegee word, verouder is. Lees dit net in volgorde soos dit aangegee is en ignoreer die datums en ander verouderde instruksies.Michelle on Kontak my More Chris, Ek wil dit ook graag weet. Ek sal dan ook nou met die evangelie van Johannes begin, maar sal jy ons asseblief laat weet met watter boek moet ons volg.anoesjka kouter on Spreek in tale As ek in tale prt klink dit vir my soos bantoe taalanoesjka kouter on Spreek in tale Ek prt in tale ma dan vra ek myself kom dit van die here afChris van Wyk on Spreek in tale Jy kan die Here vir insig vra.anoesjka kouter on Spreek in tale Ek praat baie in tale wane ek bid betykeer wonder ek wat ek se en is dit ek wat prtChris van Wyk on Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore Dit is op die webtuiste by http://bybelskool.com/matteus-3-jesus-doop-met-die-heilige-gees-en-met-vuur/martha jill petersen on Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore Stuur vir my Matt.3:7-12 boodskap asb. Wees geseenFanie van Emmenes on Vyf sekerhede Amen! Ons glo nie aan gesalfde lappe of papiere nie, maar aan die God wat magtig is om te doen ver bo wat ons bid of dink,volgens die krag wat in ons werk. Aan hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus tot in ewigheid. ( Ef. 3: 20-21 ) OAV.Anita Frylinck on Salwing in die Bybel Baie dankie. Ek waardeer.Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Jy is reg. Dit is verkeerd en bygelowig.Anita Frylinck on Salwing in die Bybel Goeienaand. Daar is mense wat glo dat mens in iemand se afwesigheid n voorwerp, n lap of papier, kan salf en daarmee saam hande kan ople op iemand wat vir die persoon instaan, dan die voorwerp in die persoon se bed of kamer plaas. Dit alles sonder die medewete van die persoon. Byvoorbeeld vir die persoon vir wysheid om die regte besluit te neem. Ek stem nie hiermee saam nie. Is ek verkeerd?johan barnard on Die hermeneutiese probleem "God is much smarter than what we are" God kan veel meer as een betekenis aan enige inhoud van sy Woord gee - dit is vir ons om die skatte te ontdek en Hom dan te loof en te prys vir dit wat Hy aan ons openbaar. Johan-bChris van Wyk on Die hermeneutiese probleem Dit is die tradisie waarin ons staan. Mag ons op dié manier almal, in alle tye, en in alle gemeenskappe getrou bly aan die boodskap wat God aan ons gegee en toevertrou het.Arnau van Wyngaard on Die hermeneutiese probleem Dankie Chris. Prof Riempies Prinsloo het op 'n dag vir ons 'n verduideliking gegee wat vir my nog altyd gehelp het in my prediking. Dit het min of meer soos volg gegaan: Die teks, soos dit daar geskryf staan, is binne 'n sekere konteks aan 'n sekere groep mense deurgegee. Deur deeglike en wetenskaplike eksegese moet ons gaan bepaal wat die boodskap van hierdie gedeelte aan daardie mense was. Hierdie boodskap wat hulle ontvang het is ook die boodskap wat ons vandag moet hoor. Maar ons is ander mense en leef binne 'n ander konteks as daardie mense. Daarom moet die boodskap op ons situasie van toepassing gemaak word. Hoewel die boodskap dus onveranderd bly, sal die toepassing van een gemeente tot 'n ander en van een konteks tot 'n ander kan verskil.Chris van Wyk on Efesiërs 4:17-5:20 – Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef Paulus kontrasteer in Efesiërs 5:1-5 selfopofferende liefde met selfbevredigende liefde. * Selfopofferende liefde is geskoei op die liefde van Jesus wat Homself vir ons aan die kruis opgeoffer het. Dit het geen seksuele konnotasie nie. * Selfbevredigende liefde daarenteen is geskoei op die liefde vir jouself en die bevrediging van jou eie behoeftes. Dit het veral met seksuele begeertes te make. "Onsedelikheid" in dié konteks is dus om seksueel immoreel op te tree, d.w.s. sonder geestelike of morele waardes. Die Griekse woord wat hier gebruik word, is akatharsia en word behalwe in Efesiërs 3:5 ook op die volgende plekke gebruik: * 1 Tessalonisense 4:7 - "onsedelik" (dit word hier gekontrasteer met 'n heilige lewe); * Galasiërs 5:19 - "onreinheid" (die eerste woord "onsedelikheid" word vir 'n ander Griekse woord "porneia" gebruik wat telkens saam met "akatharsia" in die NT ingespan word); * 2 Korintiërs 12:21 - "onreinheid"; * Romeine 1:24 - "sedelike onreinheid" (waar dit in die konteks met onder andere selfdegeslag seksuele gedrag verbind word); * Romeine 6:19 - "sedelike onreinheid" (waar dit in die konteks saam met wetteloosheid en losbandigheid gebruik word); * Kolossense 3:5 - "onreinheid" (weereens in kombinasie met "porneia" - "onsedelikheid"); * Efesiërs 4:19 - "losbandigheid" ("'n onversadigbare draang aan losbandigheid" in kombinasie met "alles wat vuil is"). * Openbaring 17:4 - "onreinheid" (hier word die verwante Griekse woord akathartes gebruik in die frase: "die onreinheid van haar onsedelikheid", weereens in kombinasie met die ander woord vir "onsedelikheid" - "porneia")Chris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Sal op die webtuiste laat weet as dit gebeur.Magdel van Tonder on Lees die vier evangelies en Handelinge Baie dankie vir die Bybelstudies. Ek sal ook die gedrukte weergawe wil besit. Laat weet groot asb wanneer dit beskikbaar is.Cliff Lotter on Efesiërs 4:17-5:20 – Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef wat beteken Paulus as hy die word "onsedelik" gebruik? Defineer asseblief.Chris van Wyk on Esra Anoesjka - 1) die lewe vir God begin by 'n besef van sy liefde vir jou. Hy het al jou sondes op Hom geneem en jou gekies om sy kind te wees. Elkeen wat die Here Jesus as persoonlike Verlosser aanneem, is 'n kind van God. Sy genade is dus spesiaal vir jou. Hy het jou vrygemaak om Hom te dien. Hy het sy Heilige Gees vir jou gegee, om jou te lei in die waarheid. Hy belowe dat niemand jou uit sy hand kan ruk nie. Hy gee jou die ewige lewe. 2) die lewe vir God sluit die volgende ses dinge in: Bybellees en bid, Erediensbywoning en 'n kleingroep, diens en getuienis in hierdie wêreld. Met die eerste twee kan hierdie Bybelskool jou help. Kies 'n boek en werk dit deur soos ek dit aandui. Vir die ander vier sal jy by 'n plaaslike gemeente moet inskakel. Dit sal jou help om vas te staan as jy saam met ander aanbid in 'n groot en klein groep. En om diens aan ander te lewer, en vir hulle te vertel van die Here Jesus se invloed in jou en ander se lewe, is iets wat jy maklik kan doen deur net met dié om jou te begin. Laat weet my hoe dit gaan.anoesjka kouter on Esra Leer my hoe om te lewe vir God asbChris van Wyk on Jeremia 7:1-8:3 – Moenie op die tempel vertrou nie CAREL! Wêreld. Die beste parkeerder van 'n Moris Minor wat ek in my lewe gesien het! Seën vir jou en jou bediening. Jô, hoe laat jy my nou terugverlang na 'n kosbare tyd in my lewe.Carel le Roux on Jeremia 7:1-8:3 – Moenie op die tempel vertrou nie Ons het saam deur die Grieks en Hebreeus geworstel, en saam in Parow se strate straatwerk gedoen. Toe ek meer oor Demonologie en Geestelike oorlogvoering wil lees het ek jou boek baie insiggewend gevind en dit gebruik vir die lesse wat ek in Madagaskar vir kerkleiers aangebied het. Baie dankie vie die Bybelskool. Ek vind dit baie leersaam en dit help my om te groei in my geestelike lewe.Chris van Wyk on Matteus 28 – Jesus staan op uit die dood en gee die Groot Opdrag aan sy dissipels Dit was nie Markus of een van die eerste twaalf dissipels nie. Dit was Lukas wat saam met Paulus gereis het wat die dokter was.Irene on Matteus 28 – Jesus staan op uit die dood en gee die Groot Opdrag aan sy dissipels Goeie more, Watter dissipel van Jesus was 'n mediese dokter gewees? Was dit Markus? Groete IreneMyrna on Jakobus 5 – Volhard in gebed Die insiggewende stuk oor Jacobus 5 het vir my baie beteken en van voor af struktuur aan my gebedslewe gegee. Baie dankieChris van Wyk on Miga Jy kan enigeen van die <a href="http://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/">Bybelboeke</a> gebruik om in God se Woord te begin groei. Dit is gratis en verniet.Anoesjka Kouter on Miga Ek wil graag groei in God se woordChris van Wyk on Lees die vier evangelies en Handelinge Ek is besig met onderhandelinge met 'n uitgewer, maar dit sal nog 'n rukkie neem voor dit beskikbaar is. Hoeveel soek julle?Louisa C on Lees die vier evangelies en Handelinge Baie dankie! Pas klaar met Johannes en besig met Markus, maar gaan beslis die riglyne nou volg. Groot waardering!Marius Snyman on Lees die vier evangelies en Handelinge Die evangelies soos dit aangebied word op jou blad is perfek,maar is dit dalk in boekie vorm beskikbaar en wat sal die kostes daaraan verbonde wees. Dankie.Chris van Wyk on Die gebruik van Levitikus in die Nuwe Testament Hi Marius - julle kan dit op die Internet doen. Begin by <a href="http://www.bybelskool.com/markus-2/" rel="nofollow">Markus</a> wat 'n vergelykende lees van Markus, Matteus, en Lukas is, met twee stukkies uit Johannes wat met Markus verband hou. E-pos my vir 'n lêer wat al die gedeeltes langs mekaar vir jou gee wat 'n mens kan gebruik om die evangelies saam te lees (100 bladsye dik!). Lees dan <a href="http://www.bybelskool.com/matteus/" rel="nofollow">Matteus</a>, <a href="http://bybelskool.com/lukas-en-handelinge/">Lukas-Handelinge</a>, en uiteindelik <a href="http://www.bybelskool.com/johannes/" rel="nofollow">Johannes</a>. Dit behoort julle 'n tydjie besig te hou!Marius Snyman on Die gebruik van Levitikus in die Nuwe Testament Ek is n lidmaat by AGS op Despatch en is betrokke by ons opleiding en is op soek na n studie kurses wat fokus op die nuwe testament evangelies wat ons kan aanbied vir lidmate. Ek sal waardeur as u my miskien hiermee kan help. Baie dankie. MariusChris van Wyk on 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop Ek het nog nie baie hieroor gelees nie, so ek sal graag van ander wil hoor. Hoe ek dit het, is dat Christene deur die eeue verkies het om liggame te begrawe weens die hoë waarde wat aan die liggaam as die tempel van die Heilige Gees gegee is (1 Kor. 6). Die liggaam keer ook terug tot die aarde omdat dit vanuit die aarde gemaak is, soos Gen. 1 ons herinner. Maar, dit was nie 'n dogma of 'n wet wat dwingend uit die Bybel afgelei is nie. Daarom was daar baie wat ook regdeur die eeue die opsie vir verassing uitgeoefen het en dit steeds doen. Daarmee is niks verkeerd nie, hoewel daar baie te sê is vir die simboliek van die begrafnis wat sterk met die belydenis van die "opstanding van die vlees" verbind kan word. Dit bly egter 'n persoonlike keuse.Leandre on 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop Goeienaand ds. Ek wil net weet wat is die Bybel se siening oor verassing. Is dit reg of verkeerd en waarom? Ek besef dat jou liggaam 'n tempel van God is. Ek self verkies begrafnis bo verassing, maar ek wil net weet hoekom verassing as verkeerd gesien kan word - gebaseer op die Bybel natuurlik.Chris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi Barrie - dit wil vir my voorkom asof dit twee vlakke van betekenis het. Die eerste vlak van betekenis - en moontlik belangrikste - het met die gebeure van daardie week te make. Jesus verwys hier waarskynlik na sy verheerliking op die berg wat volgens vers 2 "ses dae later" plaasvind. Jesus se voorkoms verander daar en sy klere het so blink en spierwit geraak "soos niemand dit op aarde kan maak nie." Saam met die stem wat Jesus as sy geliefde Seun verklaar, dui dit op die koms van die koninkryk in wat reeds sigbaar is in die bediening van Jesus waarin Hy duiwels uitdryf, wonderwerke doen, genesings uitvoer, mense red vir sy koninkryk deur sy prediking. Geen wonder dat God sê dat hulle na die Seun moet luister. Uiteindelik bereik dit met die gebeure rondom die kruis, opstanding en hemelvaart (waar die Satan se mag verbreek is) sy toppunt. Die koninkryk het dus ingebreek met mag binne die Joodse wêreld waarna die res van die wêreld sal volg. Van die dissipels het dit inderdaad belewe, die drie op die berg, voor hulle gesterwe het. Die aardse bediening van Jesus is dus 'n eerste vlak interpretasie van hierdie vers. Die tweede vlak van betekenis het met die teenwoordigheid van Moses en Elia te make. Hulle het reeds die ewige lewe by God ontvang. Jesus se eie verandering sluit daarby aan en wys moontlik, deurdat Hy selfs 'n heerliker gedaante as hulle vertoon, dat daar aspekte van die koninkryk is wat nog voluit moet aanbreek. Dit begin dus waarskynlik met die uitstorting van die Heilige Gees en die tydperk van die kerk wat aanbreek om die boodskap van die koninkryk tot aan die einde van die wêreld te neem. Die gestalte van die koninkryk bereik sy voltooiing met die finale toneel (Openbaring) waar die hemelse Jerusalem op die aarde neerdaal en alles nuut gemaak word. Die Wederkoms van Jesus is dus ook 'n geldige en tweede interpretasie van hierdie vers.Barrie on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi Ds. Chris Vergun my die voorreg om weer van u kennis gebruik te maak. In Markus 9:1 maak Jesus die stelling dat party van die daar teenwoordig nie sal sterwe voordat hulle die kragtige koms van die koninkryk van God sien kom het nie. Word hier gepraat van die wederkoms of is daar 'n ander bedoeling? Groete in Christus. Barrie Vermeulen.Chris van Wyk on Bybelskool 4de kwartaal 2014 Ekskuus - die skakel was foutief. Hier is die regte skakel na my kort bydrae oor die uitverkiesing: http://bybelskool.com/romeine-9-11-die-jode-se-volle-getal-sal-gelowig-word/Chris van Wyk on Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het Hi - jy kan by die volgende webtuiste 'n hele paar bronne oor selfdegeslag aangetrokkenheid kry: http://www.livingout.org. Ek kan ook twee boeke aanbeveel, waarvan jy my kort opsommings hier kan aflaai. <ol> <li>Die eerste is van <strong>Ed Shaw</strong> - <em>Same-sex attraction and the Church</em>: http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2016/06/Same-sex-attraction-and-the-Church.pdf. Hy ervaar self selfdegeslag aangetrokkenheid en beskryf nege maniere waarop die kerk mense soos hy kan help om voluit te lewe en getrou te bly aan die Bybelse boodskap.</li> <li>Die tweede is van <strong>Caleb Kaltenbach</strong> - <em>Messy Grace</em>: http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2016/06/Messy-Grace.pdf. Hy het grootgeword in 'n huis waar sy twee ouers geskei het toe hy net twee jaar oud was. Sy ma het toe in 'n lesbiese verhouding geleef, en sy pa het later as gay gïdentifiseer. Hy beskryf dan die effek op hom in sy grootword jare en hoe om in liefde as Christen wat die Bybelse waarheid oor selfdegeslagverhoudings glo, beide in genade en in die waarheid in só 'n konteks te leef.</li> </ol>Chris van Wyk on Bybelskool 4de kwartaal 2014 Dankie! Ek het al iets oor die uitverkiesing op die webtuiste in my stuk oor Romeine 9-11 geplaas: http://bybelskool.com/romeine-9-11-die-jode-se-volle-getal-sal-gelowig-word/. Die beste is om die Dordtse Leerreëls self te lees. Jy kan dit hier kry: http://ngkerksomerstrand.co.za/belydenisskrifte/. Al ses ons geloofsbelydenisse is daar. Die direkte skakel na die Dordtse Leerreëls is: http://ngkerksomerstrand.co.za/belydenisskrifte/dortse_leerreels/Titus on Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het baie dankie , is daar maybe n webtuiste oor spesifieke onderwerp wat ek meer kan oor lees .Elsie Ceronio on Bybelskool 4de kwartaal 2014 Goeie dag Baie dankie vir die kosbare samestelling van die Bybelskool m.b.t. die bybelboeke. Ons is 'n bybelstudie groep wat sopas deur Hebreers gewerk het. Ons gebruik die bybelstudie metode om nie 'n handboek te gebruik nie, maar werk met verskillende vertalings en leer wat die Woord van God (bybel) vir ons wil sê. Ek het opsommings van die insette van die groep opgestel en dit gereeld met u boek gaan kontroleer. Mag die Here u seen met die werk wat u doen. Het u enige werkstuk m.b.t. uitverkiesing? VredeChris van Wyk on Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het Hi Titus Romeine 15-16 sê dat ons almal moet aanvaar soos hulle is. Dit sluit gay mense in. Om aangetrokke te wees tot mense van dieselfde geslag as jyself is iets wat die meeste mense in elk geval nie kies nie. Hulle kom meesal op 'n punt agter dat dit so is. Soos ons enige ander mens verwelkom en liefhet en insluit binne die geloofsgemeenskap, geld dit ook selfdegeslag aangetrokke persone. Gay wees is dus nie verkeerd nie. Die staat gaan nog verder in ons land en keur selfdegeslag burgerlike verbintenisse goed op grond van ons grondwet. Ek glo egter dat die beoefening van selfdegeslag seks buite die raamwerk van die Bybelse getuienis daaroor val, en dat selfdegeslagverhoudings dus nie op Bybelse gronde geregverdig kan word nie. Die Here Jesus het geleer dat almal wat nie in 'n huwelik is nie, selibaat moet lewe (Matteus 19). So ook Paulus (1 Korintiërs 5-7). Hulle het albei ook ter wille van die koninkryk gekies om selibaat te lewe, d.w.s. sonder 'n seksuele verhouding. Ek het al baie daaroor geskryf en kan dus meer hieroor sê, maar ek vermoed jy soek 'n kort antwoord.Barrie on Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder Dankie, ook vir u passie vir God. As ek Prediker 12 lees doen ek dit met hartseer en tog blydskap. My aardse tentwoning is byna verby (66). Groete in Christus. BarrieChris van Wyk on Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder God verskyn op baie maniere aan mense, maar nooit in sy volledige vorm nie. Die Bybel kan dus sê dat Hagar wonder of sy God gesien het (Gen. 16:13), dat Abraham God in die gedaante van drie manne sien en onthaal (Gen 18:3), dat Moses God in die vorm van die Engel van die Here in die verskyning in die braambos sien (Eks. 3:2; selfs 'n esel sien die Engel van die Here! soos Num. 22:25 vertel, ook Bileam) en verskeie ander kere (Num. 12:8), en selfs op 'n besondere manier van agter af (Eks 33:23), en die volk ook die heerlikheid van die Here in die woestyn gesien het (Eks. 16:7), maar God se werklike vorm het hulle, of Moses, of Esegiël of Johannes op Patmos of niemand ná hulle ooit voledig gesien nie. Net Jesus het daardie voorreg gehad, want Hy was self God (Joh. 6:46), maar sê wel dat dié wat Hom gesien het, het in 'n sekere sin natuurlik die Vader gesien (Joh. 14:9). Dit geld ook vir ons waar ons in Hom glo en op 'n geestelike manier die waarheid in Hom sien. Terloops, Jakob het God natuurlik nie gesien nie, dit was donker, maar hy het met God in die vorm van 'n man gestoei in een of ander verskyning van Hom (Gen. 32:24). Dit tel wel as 'n besondere aanraking met God. Watter wonderlike werklikheid dat God Hom met ons bemoei!Barrie on Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder Dankie vir hierdie wonderlike webtuiste. Graag wil ek weet waarom Jesus gese het dat niemand God gesien het nie en tog is daar in die bybel verskeie mense wat God gesien het, bv Jacob, Abraham, Jesaja, Johannes e.a. Dankie vir u verklaring.Chris van Wyk on Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp Hi Johannes Dit moet verskriklik wees om jou kinders te verloor, maak nie saak op watter ouderdom nie. Die teks in Eksodus wil ons aanspoor om die Here te dien, omdat Hy ons gekies het om aan Hom te behoort, ook ons kinders. Die teks wil ook vir ons uitspel dat daar gevolge is as ons sy wil vir ons lewe gehoorsaam al dan nie. Ek dink egter nie 'n mens moet alle leed wat op aarde is net aan hierdie een teks verbind nie. Die duiwel, ander mense en die verganklikheid van bv. siekte speel ook 'n rol en tref selfs die gehoorsames. Vir Christene is die eintlike hoop van die "verlenging" van die lewe in die ewige bestaan by God geleë. Daarom kan 'n kind selfs by geboorte sterf, en ek wonder selfs of dit nie vóór geboorte geld nie (maar is nie seker daarvan nie), en kan ons die Here vertrou dat Hy die beste vir ons en ons kinders bedoel.Titus Edward on Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het Hi ds . Ek graag weet is gay wees verkeerd of reg . Ek het familielede wat gay is. Groete jongman in die overbergjohannes on Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp hi Ds 1. Na my twee kinders se afstrewe op ouderdom 19 en 35 het ek n ander siening oor "'Eer jou Vader en Moeder sodat jou dae verleng mag word"' veral as dit gepreek word en voorgestel word dat jou lewe verkort sal word as jy enigsins aan jou ouers ongehoorsaam sal wees. Ps 139-16 se dat my lewens dae bepaal is. 2. Verleng in die teks volgens my beteken nie byvoeg nie soos in die geval van koning Hiskia nie. Dankie DsChris van Wyk on Klaagliedere 5: “Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees.” Hi Aldo - die hartseer situasie het met die ballingskap aangebreek dat die Israeliete wees gelaat is - as't ware sonder pa's wat normaalweg water en hout sou verskaf het vir hulle kinders - en moes nou self sien en kom klaar. Hulle ekonomiese voorspoed is deur hulle oorheersers weggeneem en hulle moet nou betaal vir wat eintlik hulle eiendom was.aldo on Klaagliedere 5: “Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees.” Goeiemidag ds, jou eie drinkwater gaan jy koop en vir jou eie hout gaan jy betaal,kan ds asb net meer uitbrei oor dit asbChris van Wyk on Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie God belowe vir sy volk dat Hy soos in die tyd van Noag sy ooreenkoms (verbond) wat rus sal bring vir die aarde (vrede) nie sal verbreek nie. Hy sal sy hand van vriendskap na die volk nie terugtrek nie. Die volk het inderdaad hierna tot rus gekom weer terug in hulle land. In die koms van Jesus is dié belofte natuurlik verder vervul en het ons in Hom dieselfde belofte dat God sy hand van vriendskap nooit sal terugtrek nie. Ons is Syne.Charlotte on Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie Chris. Wat beteken die teks Jes 54.10. Die vers wat se. Vredeverbond? Hoekom se hy soSusan Leeuwner on Riglyne vir stiltetyd, Bybelstudiegroepe en Bybelskole Dankie!Louwena on Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang Baie dankie! Wat 'n voorreg is dit nie om by wyse van die moderne tegnologie meer en meer te leer van die Woord nie!! Dit is 'n groot voorreg!! Mag die Here U werk seën sodat Sy Naam in alles verheerlik sal word. {Ps167:1-3)Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Solank 'n mens net nie dink die olie het magiese krag nie, kan dit as 'n simbool gebruik word as 'n mens vir mekaar bid. Dit is die Here wat genesing gee.Tommie on Salwing in die Bybel Goeie middag. Kan man en vrou mekaar salf vir gesondheid?Chris van Wyk on 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid Die ou profeet se motiewe om agter die jonger profeet aan te gaan, is duister. Moontlik was hy geïnteresseerd in wat gebeur het, omdat hy al oud was en nie meer geweet het wat in die politiek aangaan nie. Moontlik was hy effe jaloers omdat hy nie self dié opdrag van die jonger profeet kon uitvoer nie. Of miskien was hy sommer net gasvry en wou die jong profeet bystaan. Toe die jonger profeet egter uitbrei oor sy profesie en die detail daarvan, het dit waarskynlik die planne van die ouer profeet in die wiele gery. Hy vertel daarom 'n leuen om die jonger profeet oor te haal om tyd by hom te spandeer. As 'n mens na sy optrede op 'n menslike vlak kyk, is dit 'n liegstorie. Uit God se hoek is dit egter 'n toets vir die jonger profeet of hy regtig sal luister wat God hom opgedra het, en of hy sy eie openbaring as van hoër belang gaan ag as dié van 'n ander en veral ouer profeet. God soek immers onwrikbare gehoorsaamheid aan wat Hy self vir 'n dienskneg van Hom openbaar. Die jonger profeet gee egter in, ag die ouer profeet se woorde belangriker as die Here s'n aan hom, en raak so ongehoorsaam aan die Here se opdrag, tot groot skade vir homself, hoewel die profesie wat hy gegee het, steeds vervul word. Die profesie wat die ouer profeet dié keer gee, kom regtig van die Here af. Die Here tree waarskynlik nie teen hom op nie, omdat die Here deur sy liegstorie die jonger profeet wou toets. Die ou profeet tree verder met deernis in die verhaal op. Die punt van die verhaal is dat ons op geen manier mag afwyk van die pad wat God ons beveel. Ons mag selfs nie na "ouer profete" luister as dit verskil van wat die Here vir onsself sê. Dit beteken ons moet baie seker maak van wat ons in die eerste plek hoor by die Here. En dan moet ons dit gehoorsaam sonder om daarvan af te wyk.James on 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid Die storie van Konings 13 Ek word gepeper deur die kinders: Wat het van die (vals) profeet geword, hoekom is hy nie ook gestraf nie? Asseblief?Nakkie on Soek julle krag in die Here en in sy groot mag Ds Chris baie dankie vir elke stuk wat ek ontvang. Ek geniet alles maar Job was vir my `n hoogtepunt en die een van gister oor die duiwel, engele ens . - baie baie insiggewend. El leer so baie. GroetnisChris van Wyk on Die toekoms van Bybelskool.com Hi Jaco - so jy kan kyk of ek reg preek! Haha. Jy is darem net 'n bobaas lidmaat. Ek oorweeg nog, maar vermoed ek moet op een of ander manier dié werk klaarmaak, al is dit net via die Internet. Ek wil baie graag in die gemeente met lering aangaan op Woensdae, soms leer-en-aktuele sake, ander kere moontlik Alfa, of die huwelikskursus van Alfa, ander kere 'n reeks oor die tekens van Openbaring ... ensomeer. Bid saam met my dat die Here duidelikheid gee.Jaco on Die toekoms van Bybelskool.com Ds Chris, ek volg ook jou Bybelstudie al 'n paar jaar en dit is baie insiggewend. Ek lees my by el op die ipad en hy is nou al vol kopieë van jou ontledings as notas by die betrokke hoofstukke. Dis dan lekker om gedurende die kerkdiens vinnig daardie stukke by te lees. Voltooi asb die res !! Baie dankie vir jou ongelooflike werk! Seën.Lily Groenewald on Job 42:7-17 – Die Here verander die omstandighede van Job Chris, dit was voorwaar 'n voorreg om "aan die voete van Gamaliël te sit" Baie dankie vir die lering.Fanie van Emmenes on Job 42:7-17 – Die Here verander die omstandighede van Job Dankie Chris, nie net vir die studie oor Job nie, maar vir die bybelskool in geheel. Dit was 'n groot seen en soms verhelderende oomblikke oor die diepte van die Woord van God. Sy rykste seen word jou en jou gemeente toegebid. Christus groetemona on Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie Baie dankie vir al die inligting. Dit is van groot waarde vir my. Ek het eers onlangs met hierdie studie begin, so het nog baie om deur te werk. Sal goed wees as alles volledig kan wees. Baie sterkte!Debbie on Job 36-37 – Elihu 4: God se grootheid nooi ons uit om Hom te dien Ds. Chris Baie dankie vir u harde en insigewende stof wat u so onbaatsugtig aan ons almal bied. Die Bybelstudie moet asseblief nooit verdwyn nie. Vir ons gryskoppe is dit 'n onuitputlike bron van inligting.Francois Conradie on Die toekoms van Bybelskool.com Ds, Ek is van Kempton Park en volg jou Bybelstudie die afgelope 2 jaar. Ek neem vir jare deel aan Bybelstudie by my eie en 'n ander gemeente ook Daar is niks wat vir my soveel beteken en soveel insig gee as jou Bybelstudie nie. Ek dink jou (en by implikasie jou gemeente ) se bydra is 'n geskenk van God aan sy navolgers in Suid Afrika. As die Here dit vir jou moontlik maak doen asb ook die oorblywende boeke. Sterkte, seen en voorspoed jou toegebid.FCHilda on Die toekoms van Bybelskool.com Hallo Chris, Eerstens baie dankie vir die skatte wat jy vir soveel ontsluit het. Ek is een van die onsigbare ontvangers daarvan en dink dit is 'n baie belangrike bron oor die Bybel, ook vir naslaan en herlees en weer lees. Ek het erens langs die pad hierop afgekom - kan nie eers mooi onthou hoe en wanneer nie. Tweedens dink ek dit sal jammer wees as die bron onvolledig is. So, my eerste aanbeveling sal wees dat dit mettertyd vervolledig word. Ek het nog nie naasteby deur al die boeke gewerk nie maar as 'n nalatenskap dink ek die Bybelskool moet volledig wees en webblad moet asb nooit verdwyn nie. Daarvoor het jy veels te hard gewerk en is die inhoud te kosbaar.Annes on Die toekoms van Bybelskool.com Chris, dis 'n ongelooflike projek wat jy aangepak het en die kwaliteit is so goed. Baie dankie daarvoor. As jy energie het, druk deur met Genesis, ens. Dit sal vir baie jare deur mense gebruik kan word. Vrede broer!AnetteMeyer on Die toekoms van Bybelskool.com Ek vind dit soveel makliker om die Bybel te lees met hierdie insette. Baie dankie en moet dit asb nooit van die internet wegneem nie.Danie Fourie on Die toekoms van Bybelskool.com Chris Dit is van groot betekenis en ek vra dat jy asb sal voortgaan Dankie Danie FourieAlet on Die toekoms van Bybelskool.com Chris, dit sal wonderlik wees as jy Genesis tot Rigters op die Internet kan voltooi. Ek is 'n laatkommer, maar nou 'n groot aanhanger! Baie Dankiecorne on Die toekoms van Bybelskool.com More Chris, ek heg groot waarde aan hierdie Bybelskool. Asseblief – hou ons adresse en pos waaroor ons Here jou lei om oor te praat – ons drink elke woord in want so leer elkeen meer van ons Vader……….Baie dankie vir die tyd en kragte wat jy hier ingesit het. Wees verseker dit het nie ongesiens verbygegaan nie! Baie sterkte en ons sal bid oor die saak. Geseende dag. Salom CorneMarie on Die toekoms van Bybelskool.com More Chris, ek heg groot waarde aan hierdie Bybelskool. Dit het telkemale my gedring om anders oor 'n saak te dink! Asseblief - hou ons adresse en pos waaroor ons Here jou lei om oor te praat - ons drink elke woord in want so leer elkeen meer van ons Vader..........Baie dankie vir die tyd en kragte wat jy hier ingesit het. Wees verseker dit het nie ongesiens verbygegaan nie! Baie sterkte en ons sal bid oor die saak. MarieFrancois on Die toekoms van Bybelskool.com Baie dankie vir die groot en goeie werk. As jy dit kan inpas, die Genesis tot Rigters, sal ek dit baie waardeer. Dit is treffend dat jy Psalm 27:4 aanhaal, want ons het pas na 'n preek met juis dit as teks, in my tuis gemeente gehad. Dankie nogmaals, Francois.Anthonie on Die toekoms van Bybelskool.com Gaan so voort asseblief.Chris van Wyk on Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl Die rede is eenvoudig dat Amenoteb se spreuke net op 'n paar plekke in slegs twee hoofstukke ooreenkom met verse van die boek Spreuke. Ek het daaroor as volg geskryf in die inleiding: ‘n Hele paar van die spreuke in die boek Spreuke toon ooreenkomste met die wysheid van ander kulture en godsdienste uit daardie tyd, soos dit ook die geval was in die boeke Prediker en Hooglied. ‘n Mens sien dit in vergelyking met die Egiptiese Onderig van Amenemope en die Assiriese Woorde van Ahikar. Die Onderrig van Amenenope het verskeie gesegdes uit die 30 hoofstukke daarvan wat ooreenkom met van die spreuke in hoofstuk 22-23. Die Woorde van Ahikar het net een gesegde wat met 22:13 ooreenkom. Hierdie ooreenstemmende spreuke is óf meesal aangepas vir gebruik binne die boek Spreuke óf andersom. Die meeste van die spreuke in die boek Spreuke toon egter ‘n aanvoeling vir die feit dat dit in die geloofsgemeenskap van Israel gebruik sal word (vgl bv in 6:16-19 die ooreenkomste met dele van die Tien Gebooie uit Eksodus 20 en in 6:20-23 die ooreenkomste met die opdrag tot verbondsonderrig in Deuteronomium 6:4-9). ‘n Mens kan ook duidelik sien dat die oorgrote meerderheid van die spreuke in die boek Spreuke uit Israel se eie geloofstradisies put (Skepping – 3:19-20; 8:22-31; Eksodus – 6:16-10; Tempel – 8:34[4]; Land – 2:21-22; 10:30). Spreuke word aan Salomo toegeskryf weens sy verbintenis met die wysheidstradisie in Israel. Dit beteken nie dat hy die outeur van elke vers was nie. Daar is bv. spreuke van Agur en Lemuel (eintlik sy ma) in Spreuke 30-31 wat juis nie van Salomo af kom nie, soos dit in die twee hoofstukke duidelik aangetoon word.Chris van Wyk on Hebreërs 10:19-39 – Laat ons die heiligdom ingaan met vrymoedigheid Die gemeente is met hulle ontstaan aan baie beledigings en vervolgings blootgestel. Hulle is bespot en beroof van hulle besittings. Maar dit het hulle nie gekeer om steeds vir die gevangenes meegevoel te hê nie. Onthou gevangenes moes deur familie en vriende in die tronk onderhou word, anders het hulle van honger en dors doodgegaan. Hulle het ook nie gekla oor hulle besittings wat afgeneem is weens hulle geloof nie, want hulle het geweet dat hulle 'n besitting in die hemel het wat beter en blywend is. Dieselfde tipe ding word van Jesus gesê in hfst. 12 dat Hy die skande van die kruis verduur het, omdat Hy vasgegryp het aan die vreugde wat vir Hom anderkant die dood gelê het. Maar, sê die skrywer, dié geloofsvertroue kan deur die lyding in gedrang kom. Sorg dus dat julle dit nie prysgee nie, want dit hou 'n groot beloning in die hiernamaals in. Gelowige moet mekaar in geloofsvertroue voorgaan en ondersteun dat dit nie êrens blyk iemand het verlore geraak in die stryd van die geloof waaraan ons almal blootgestel is.engela on Hebreërs 10:19-39 – Laat ons die heiligdom ingaan met vrymoedigheid Ds ek leesHeb 10 maar graag vers 34 en 35 beter verstaan. Kan asb verduidelikBetsie Marais on Esegiël 13 – ‘n Woord teen die profete Baie dankie vir die insig in Esegiel 13. My eerste gedagte, toe ek die hoofstuk lees, was dat hulle die mense geleer het om astrale projeksies uit te voer. Maar dit het met jou gees te doen en nie met die siel nie. Dit help so baie om die kommentaar te lees. Dankie vir u moeite!!Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprake Hennie, ek dink die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid kan goed inpas as hooftemas: Respekteer, Luister, Liefhê en Omarm (embrace). Jy kan die boekie Jesus-verhale van Menswaardigheid gebruik wat vir jou twee verhale vir elkeen van dié temas sal gee, sowel as 'n oorhoofse verhaal, Jesus wat die voete van die dissipels was. Meer inligting by die webtuiste <a href="http://www.menswaardigheid.co.za" target="_blank" rel="nofollow">Seisoen van Menswaardigheid</a>. Ons gemeente werk ook op die oomblik deur die nege Jesus-verhale, so jy sal <a href="http://ngkerksomerstrand.co.za/category/preke1/jesus-verhale-van-menswaardigheid-preke1/" target="_blank" rel="nofollow">preke</a> ook daar kan kry wat jou in jou nadenke kan help.Hennie Coetzer (Pastorale hulp) on Jesus se Ek is-uitsprake Chris, Ek moet vir my gemeente dagstukkies vir elke dag van die maand (Julie) skryf oor die onderwerp GESINDHEID. Die dagstukkies word verdeel in VIER hooftemas, een vir elke week. Wat, na jou mening sal 'n goeie voorstel van die hooftemas wees vir die vier weke. Ek vind dat GESINDHEID en LIEFDE oral oorvleuel. Ons motiveer die gesinne in ons gemeente om terug te gaan na die etenstafel en elke aand te leer uit die Skrif.Alwyn on Job 11 – Sofar: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig Ek leer maar weer elke dag: Soms is dit beter om net stil te blygloria on Inleiding op die boek Job WOW!!!!! Dankie dr Chris. ek het dit...Wonderlik!! Nou kan ek saam bybelstudie hou....en so leer meer omtrent die GROOT BOEK. Ek is so opgewonde!! lekker aand en nogmaals baie dankie gloriaChris van Wyk on Kontak my Hi Gloria - stapsgewyse: 1) Gaan na http://bybelskool.com/subscribe/ op die Internet 2) Vul jou e-pos in die blokkie in en klik op Subscribe 3) Maak jou e-pos program oop en klik op die Confirm Follow skakel wat in die e-pos sal wees wat van WordPress na jou gestuur word. 4) Dan sal die bydraes per e-pos na jou toe gestuur word. Anders kan jy dit elke weeksdag ook lees by http://bybelskool.com/job/gloria on Kontak my Ds Chris.die program wat die bybelskool gebruik het ek nie op my rekenaar..en ek is maar baaaiiiieee dom met tegnologie.. n Ander manier hoe ek die bybelskoolmateriaal kan ontvang op rekenaar....ASB groetnis gloriaChris van Wyk on Ander verwante verhale Hi Alwyn - letterlik staan daar in Job 1:4: "En sy seuns was gewoond om ’n maaltyd te gaan hou in die huis van elkeen op sy dag." Daar is verskil van mening of "sy dag" op 'n seun se verjaarsdag dui en of dit doodgewoon dui op 'n onderlinge reëling. Elke sewende jaar is egter nie die bedoeling nie. Ek interpreteer dit dat dié dag nie op 'n verjaarsdag dui nie, maar op 'n onderlinge reëling wat 'n week lank geduur het. Nie net het elkeen dan sy beurt gekry nie, maar dit het herhaal, sodat hulle lewe eintlik een voortdurende fees was. Ek oordryf moontlik om dié patroon as 'n weeklikse een te beskryf, maar probeer daarmee die punt maak dat hulle lewens om dié feesvierings gedraai het.SAlwyn on Ander verwante verhale Dankie Chris Help met vers 4 van hoofstuk 1 Ek lees dit anders Sewe seuns Elke seun kry elke sewende jaar 'n geleentheid om die partytjie aan te bied Waar interpreteer ek verkeerdgloria on Subscribe Pitkos elke oggend sal WONDERLIK wees!!! So begin ek die dag met SY hand in myneAlwyn on Ons lees die boek Job van 12 Januarie af Wag nou dat dit 4 uur raakChris van Wyk on Sabbat Nee, die verwysing is nie korrek nie. Dit moet eintlik Eks. 31:16 wees. Dankie vir die uitwys! Hier is die teks in konteks: 12 Die Here het vir Moses gesê: 13 “Jy moet vir die Israeliete sê: Onderhou my sabbatte. Dit is van geslag tot geslag ’n teken tussen My en julle sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir My geheilig het. 14 Onderhou dus die sabbat. Dit moet vir julle ’n gewyde dag wees. Hy wat dit ontwy, moet doodgemaak word. Wie op dié dag werk, moet van sy volk afgesny word. 15 Ses dae kan daar gewerk word, maar die sewende dag is ’n rusdag, ’n sabbat wat gewy is aan My, die Here. Elkeen wat op die sabbatdag werk, moet doodgemaak word. 16 Die Israeliete moet die sabbat onderhou. Ook op hulle nageslag lê die verbond ’n blywende verpligting om die sabbat te onderhou. 17 Dit sal vir altyd ’n teken wees tussen My en die Israeliete. In ses dae het Ek, die Here, die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie, maar gerus.” 18 Nadat die Here op Sinaiberg met Moses gepraat het, het Hy die twee plat klippe met die getuienis daarop aan Moses gegee. Dit is die plat klippe waarop God met sy vinger geskryf het.Alwyn on Sabbat Chris In die teks noem jy Dit was 'n teken van die verbond met verwysing Eks 20:22. Is die kruisverwysing korrek?Annes on Ons lees die boek Job van 12 Januarie af Sien uit hierna Chris. Ek weet dit sal deeglik wees - soos altyd!André Kritzinger on Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat Baie dankie!! Die luister, roep en gebruik is kosbaar.Jurgens de Jager on Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof! Dankie Chris vir jou aandeel wat jy het om die Bybel vir my ook oop te sluit vanuit jou lees daarvan. Moenie moeg word om aan te hou nie!Gert on Jakobus 1:1-18 – Volhard in beproewing Dankie, ons het vanaand 'n gemeentebou byeenkoms wat ook handel oor die stuk, ryk/arm, ek voel nou beter voorberei vir die aand nadat ek jou stuk gelees het groete Sterkte met die gesondheid.Chris van Wyk on Indeling van die boek Jesaja Die redding waarna Jesaja in hfst. 63 verwys, is dié in die tyd van Moses (63:11) wat die basis van hulle pleitgebed in die hede vorm. Dieselfde geld die verwysing na die volk wat soos klei gevorm is tot 'n pot in God se hande. Dit verwys ook na die verlede en begrond hulle gebed om verandering in die hede.mariaan on Indeling van die boek Jesaja ek vind die boodskap in Jes 64 bietjie moeilik want daar word gejuig oor die redding en dan is jes 64 weer n pleitgebed en dan praat hulle van die pottebakker wat hulle moet vormmariaan on Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde Baie dankie Chris, dis n seen om elke dag die epos te kry. Jy inspireer my en dis voeding vir my siel om elke dag die gedeelte te lees. Die Here seen. GroeteChris van Wyk on Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion God is eintlik oral, en het Hom daarby openbaar as Iemand wat met enigiemand in verhouding gaan wat die moeite doen om met Hom te praat. Daarom verhoor God eintlik in die eerste plek enkelinge se gebede. Vgl. die gebede van Moses, Elia, Hanna, Samuel, Dawid en so kan 'n mens aangaan. Jesus sê dus eintlik in Matt. 18 dat gebedsverhoring <em>ook</em> geld vir groepe. Waar die geloofsgemeenskap in gebed saamstem oor 'n saak - onthou die konteks van dissipline - sal Hy dit verhoor.Marie on Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion Mat 18:20 prikkel elke keer my gedagtes as ek dit lees. Is God net daar waar 2 of 3 in Sy Naam vergader? Wat dan van my as ek alleen is en oor iets bid en vra...........?Fanie van Emmenes on Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem Wat 'n wonderlike troospsalm is Psalm 130 nie. Uit die dieptes roep ek U aan Here --- hoor na my stem en laat U ore luister na die smeking van my stem ---. Vrede FanieToentjies on Hooglied 1:1-11 – Passievolle plesier in saamwees Wil die met julle deel: my interpretasie van Hooglied 1:1-4 Here Jesus Christus, bind my vas aan elke asemteug wat U gee, aan elke Woord wat oor U lippe kom, U gebooie, want U liefde is beter as die tydelike bedwelming van die wêreld. U teenwoordigheid getuig van U rykdom. U Naam word uitgegiet soos olie, en deurdrenk my dorre wese, net om weer te honger na U. In my hart het U gesaai, en wanneer ek U volg, wys U my U hart, en steek my daar weg. Dan kan ek juig en bly wees, en dit vir altyd onthou...Chris van Wyk on Bybelskool oor die boek Jesaja – begin 20 Januarie Ja, die beplanning is DV om die Psalms dié jaar klaar te lees, dan Job in die eerste kwartaal volgende jaar, en daarna die eerste sewe boeke van die Bybel, Genesis tot Rigters. Dan sal my reis met die Bybel saam met julle voltooi wees.Lindie Steenkamp on Bybelskool oor die boek Jesaja – begin 20 Januarie Dagsê Ek wil graag weet of daar steeds gratis studie materiaal beskikbaar is vir 2015-2016?Nellie Crouse on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie Baie dankie Chris, dit is elke dag vir my die dag se manna, saam met die bemoediging wat ek in my stiltetyd ontvang. Waardeer opreg die wonderlike oopmaak en versekering!! Mooi bly en ryke seën.Chris van Wyk on Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang Ek is so bly. Mag die Here jou bediening seën. Klein is groot in die koninkryk!wilfred williams on Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang Ek het per toeval op hierdie website afgekom. En hoe dankbaar is ek in die Here dat Hy dit laat gebeur het. Ek put soveel vreugde uit die leringe hier en dit motiveer/bemoedig my tot bepeinsing van die Woord. Ek is 'n paramedic by 'n myn in Namibia en Jesus het my as evangelis aangestel van 'n klein bediening hier. Dit is nie elke dag maklik nie maar so 'n vreugde om vir Hom te werk en siele te wen vir die evangelie. Mag die Here u ryklik seen en voorspoedig maak in als wat u aanpak. Baie baie dankie!!!! WillyAndré Kritzinger on Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig Genade is God se Gewoonte teenoor Gelowiges!Chris van Wyk on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes Hi Corneille - ek het so 7 boeke van hom, onder andere kommentare, wat interessant en insiggewend is. Ek het egter nie daardie kommentaar van hom nie. Jy moet self skryf, gegewe jou Griekse agtergrond!Corneille on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes Hallo Chris, Ek's besig om deur jou nota's te werk. Dankie. Ken jy die kommentaar The Gospel according to John van DA Carson? Ek vind hom heel interessant en goed.Clenn Vermeulen on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Ek waardeer die hulp wat tot my beskikking gestel word, om my Bybel beter te verstaan en om myself te verdiep in die Woord. Die Here seen jou!!!!Chris van Wyk on Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid Dankie, Lily, dit is my voorreg en plesier. En dankie dat jy en jou man en die res van ons Somerstrand groep die reis deur die Bybel met my onderneem. Sonder julle sou dié roeping wat die Here vir my het 'n baie eensame pad gewees het. Aan Hom al die eer.Lily on Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid Dankie, Chris, dat jy so 'n instrument in die Here se Hand is. Gisteraand tydens die kontaksessie het daar net opnuut die begeerte in my opgewel om Hom nog inniger deur sy Woord te leer ken, sodat ek Hom beter kan dien - tot sy eer en in belang van my naaste. (Weer eens: Lees, Luister, Leef)lenie gerber on Psalms 107-150 baie dankie vir `n wonderlike Bybelstudie. Ons gebruik dit aanvullend met ons ander studie van Psalms. Kan nie wag vir die volgende Psalms om te verskyn nie. Seën.Chris van Wyk on Maleagi 1:1-2:16 – God het die volk lief ten spyte van hulle liefdeloosheid God se bedoeling is dat twee mense wat trou 'n lewenslange eksklusiewe wedersydse vervullende verhouding sal hê. Dit is die essensie van die huwelik. Egskeiding is uit daardie hoek gesien 'n deurbreking van God se bedoeling vir en met ons. Waar dié eksklusiwiteit en wedersydse vervulling deur bv. owerspel deurbreek word, dwarsboom dit as sodanig die bedoeling van dié wedersydse vervullende verhouding. Dieselfde geld geweld en mishandeling. Daarom dat Jesus (Matt. 19) en Paulus (1 Kor. 7) aanvaar dat 'n huwelik onherstelbaar kan verbrokkel, weens bv. owerspel, maar selfs dán is daar so iets soos vergifnis en versoening moontlik. Interessant genoeg, sê Paulus, dat as 'n ongelowige wil skei van 'n gelowige, kan 'n mens nie keer nie, maar dit is selfs dan ook nie noodwendig en noodsaaklik nie. As 'n ongelowige verkies om getroud te bly, is egskeiding selfs in daardie geval uit. Dit is daarom so belangrik dat 'n mens goed moet nadink oor die huwelik vóór jy trou, want dit is iets wat bedoel is om lewenslank te wees, eintlik sonder uitsondering.Elize Fourie on Maleagi 1:1-2:16 – God het die volk lief ten spyte van hulle liefdeloosheid Dit is vir my so wonderlik om die Woord op nuwe maniere te verstaan. Baie dankie vir die deel van u kennis en wysheid. My vraag is: wat is volgens die Woord 'n rede vir egskeiding? Ek verstaan God haat dit, maar juis daarom my vraag.Chris van Wyk on Maleagi 1:1-2:16 – God het die volk lief ten spyte van hulle liefdeloosheid Hi Louis - waar huweliksmaats nie saam die Here dien nie, het dit nie net 'n impak op die Christengelowige in die huwelik nie, maar ook op die kinders wat in só 'n huis grootword. 'n Godsdienstig-gemengde huwelik skep 'n verdeelde godsdienstige lojaliteit wat kinders voor die ongemaklike situasie van 'n keuse laat tussen hulle ouers se godsdienste - of natuurlik ook hulle gebrek daaraan. Paulus skryf oor verwante sake in <a href="http://bybelskool.com/1-korintiers-71-24-dis-beter-om-nie-te-trou-nie/" target="_blank" rel="nofollow">1 Korintiërs 7</a> en werk met die basiese uitgangspunt: <strong><em>Ons toewyding aan die Here kom bó alles.</em></strong> Alle keuses wat jy maak - om te trou, om kinders te hê ensovoorts - moet jou verhouding met die Here bevestig en bevorder.louis on Maleagi 1:1-2:16 – God het die volk lief ten spyte van hulle liefdeloosheid more chris vreeslik baie dankie vir hierdie bybelskool materiaal... dit verryk en help my baie... kan jy dalk uitbrei op die onderstaande paragraaf wat in jou bydrae oor die boodskap van Mal 1:1-2:17 gevind word... wat is die praktiese negatiewe impak hiervan op kinders se geloofslewe... en hoe lyk die teenoorgestelde positiewe? Dit het ‘n geweldige impak aan die een kant op die wyse waarop ons as geloofsgemeenskap ons geloof aan volgende geslagte kan oordra. Godsdienstig gemengde huwelikke steek te maklik ‘n stokkie voor die vrymoedige verbintenis aan die Here wat só noodsaaklik is vir ‘n gesonde geloof van ons kinders. dankie louisChris van Wyk on Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie My voorreg - John Wycliffe se storie het my self só direk en persoonlik aangespreek.Deon Kellermann on Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie Dankie vir die uitleg en versterking !Mariana Nel on Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons Treffend! I Die kortste hoofstuk in die middel van die Bybel beskryf die grootte en almag van GOD in een enkele sin.Chris van Wyk on Hebreërs 4:14-5:10 – Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade 'n Mens bely primêr jou sonde voor die Here in jou binnekamer. Soms het mens skuldgevoelens oor jou sondes wat met 'n geestelike begeleier en/of leraar deurgesels kan word en waar jy deur berading en gebed begelei kan word. Wanneer daar ander mense betrokke is, d.w.s. wanneer jy iets eintlik direk teenoor iemand moet bely of iets moet regstel, dan doen jy dit uiteraard in persoonlike gesprek met hulle en bid saam dat die saak uitgesorteer word. Ook hier is 'n geestelike begeleier en/of leraar van groot hulp.Jan knoesen on Hebreërs 4:14-5:10 – Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade Baie dankie vir die mooi en duidelike uiteensetting van ons Jesus Christus. Ek het net n vraag: Hoe bely ek my sonde?moet ek dit voor n mede gelowige doen? Of kan ek dit in my binnekamer voor God erken en bely? Groete JanAndre. on Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte Dankie. Mag ons almal deel in die vreugde en opgewondenheid.Alwyn on Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar Dankie Chris vir die les uit Psalm 111 Bring vir my nuwe insigte en padkos vir die dag Opregte dank en waarderingriana on Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie Wonderlik dat die Woord so inspirerend en vol troos kan wees.Dankie dat jy dit so vir ons verduidelikChris van Wyk on Matteus 16 – Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap Petrus word hier beskrywe as die rots waarop die nuwe gemeenskap van die kerk (<em>ekklesia</em>) gebou sal word. Daar is ‘n woordspel tussen die Griekse betekenis van Petrus se <strong>naam</strong> (<em>rots</em>) en die <strong>rol</strong> wat die Here Jesus aan hom hier in die kerk gee (<em>rots</em>). Let op dat dié rol aan hom toevertrou word direk ná hy bely het dat Jesus die Christus, die Seun van die lewende God, is. Dit gaan dus nie net oor sy <strong>persoon</strong> nie, maar ook oor sy <strong>belydenis</strong>. Die kerk is dus gebou op beide sy leierskap as die inhoud van sy belydenis. Die sleutels van die “<em>koninkryk van die hemel</em>” word nou aan Petrus, as die “<em>rots van die kerk</em>”, gegee wat aan hom (en die kerk) die gesag gee om die koninkryk vir mense oop te sluit, en ook toe te sluit. Waarskynlik dui dit op die boodskap van <strong>vergifnis</strong> wat toegang gee tot ‘n verhouding met God al dan nie, as ‘n mens die vergelykbare uitspraak in Johannes 20:23 in gedagte hou. Daar verbind Jesus die gesag wat Hy aan die dissipels gee aan die werk van die Heilige Gees en spel dit as die “<em>gesag van vergifnis</em>” uit: “<em>As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.</em>” Dit kan ook dui op die gesag van die <strong>nuwe lering </strong>wat Jesus gebring het, wat nie net die wet herinterpreteer nie, maar ‘n nuwe lewe in Christus vir almal wat Hom volg, moontlik maak. Dit sluit die gawe van vergifnis in sowel as die gawe van die vervulling met die Gees wat gelowiges volwaardig deel van die hemelse koninkryk maak. Hierdie gedeelte herinner ons dus aan die <strong>geweldige verantwoordelikheid</strong> van die kerk om die boodskap van Christus, die Seun van die lewende God, die boodskap van vergifnis en nuwe lewe, aan alle mense te gaan verkondig. Dit sluit die koninkryk van die hemel vir mense oop, en ongelukkig ook toe. Want, wat toegesluit is op aarde, sal toegesluit wees in die hemel, en wat oopgesluit is op aarde, sal oopgesluit wees in die hemel. Die bediening van die kerk sal toegang tot die hemel oopmaak en ook toemaak. Vergelyk dit met die ooreenstemmende gedeelte in Openbaring 1:18 waar Jesus sê dat Hy die sleutels het van die dood en die hel (<em>Hades</em>). Dít het Hy verwerf deur sy eie dood waarmee Hy die poorte van die dood en die hel oopgebreek het. D.w.s. met dieselfde gesag as wat Jesus teenoor die dood en die hel kan optree, sal Petrus en die kerk dit ook kan doen. Die “<em>poorte</em>” of magte van die hel sal die kerk nie kan oorweldig nie.Amanda Bothma. on Matteus 16 – Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap Hallo Chris Ek is besig met Bybelstudie van Matt.16:13-28. Ek verstan dat dit gaan oor Jesus wat sy eie Kruispad aankondig. Ek wonder egter nog altyd wat is die betekenis van die sleutels wat Jesus aan Petrus toevertrou in vers 19? Wat is dit wat hy kan toesluit en oopsluit? Wat beteken dit vir my vandag?Chris van Wyk on 1 en 2 Timoteus Dit is in Romeine 7. Hier is 'n skakel na wat ek daaroor te sê gehad het: <a href="http://bybelskool.com/romeine-7-die-gees-is-die-agent-van-verandering-nie-die-wet-nie/" target="_blank" rel="nofollow">Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie</a>.Andries on 1 en 2 Timoteus Kan u my dalk sê waar skryf Paulus, "die dinge wat ek wil doen, doen ek nie"?martha jill petersen on Openbaring 5 – Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer Die studie oor openbaring was interessant. Dit was bloeiende as ek sit so kan noem. Ek kon nie slaap nie sowat voor 4 oggendure. En openbaring 19 en 21 gelees en note gemaak.Serona Hannies on Prediker 4:1-16 – Vennootskappe in vriendskappe en verhoudings het tog waarde Dankie my siel word so gestig.Chris van Wyk on WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges Hi Linda 1. My Bybelskool gaan jou net help om die Bybel hoofstuk-vir-hoofstuk "geestelik" te lees. Ek behandel altyd 'n paar inleidingsvrae, maak eksegetiese opmerkings oor die teks en gee soms 'n bietjie meer hermeneutiese en sistematiese perspektiewe. Dit is egter nie in die eerste plek 'n akademiese aanpak nie. Ek sal waarskynlik as ek DV al die Bybelboeke deurgewerk het - einde 2016 is die voorlopige beplanning - 'n een- tot driejaar leesplan ontwerp met 'n meer oorhoofse leesstrategie. Dit is egter nou nog toekomsmusiek. 2. Ek sou wel vir jou 'n plan kon uitwerk hoe om bv. die NT aan te pak. Ek wil in elk geval êrens 'n inleiding vir die NT skryf wat 'n invalshoek kan gee vir my hantering van die NT boeke. Dit sal egter nie werkstukke en sulke meer akademiese onderrigmetodieke op dié stadium kan behels nie, weens tydsdruk en akkreditasie vereistes. Miskien is daar ander lesers wat ook belangstel? 3. Ek wonder of <a href="http://www.sats.edu.za/" target="_blank" rel="nofollow">South African Theological Seminary (SATS)</a> nie vir jou 'n goeie moontlikheid is nie? Hulle bied afstandsonderrig aan en 'n wye reeks van sertifikaat- en graadkursusse, bv. hierdie <a href="http://www.sats.edu.za/undergraduate/bachelor-of-theology/" target="_blank" rel="nofollow">B.Th. kursus</a>. Jy sal daarmee goed in die Bybel onderrig word, saam met 'n paar ander onderwerpe, en kan, belangrik, die Hebreeus en Grieks vermy, as jy sou wou. Daar is ook ander opsies op die Internet beskikbaar, maar SATS is geakkrediteer, en 'n goeie vriend en Kweekskool klasmaat, Johannes Malherbe, is immers die hoof van die nagraadse afdeling.Linda on WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges Liewe Pastoor Ek is reeds 57, het 1 jaar Pastoraal gedoen toe ek nog deel was van AGS. Ek het 'n passie vir God en wat Hy al in my lewe vermag het. Ek het 2 jaar terug op pensioen gegaan en gesê ek gaan meer tyd in die Woord spandeer - ek kom tekort. Dit is asof ek net nie behoorlike wegspringplek kan kry of eerder struktuur het nie. Gedink om aanstaande jaar Teologie by Universiteit te gaan studier - dan dink ek aan die Hebreeus en die spanning van eksamen skryf, dan twyfel ek weer. As ek net 'n behoorlike struktuur het wat kan sê hier begin jy, die werkstukke moet jy doen - en natuurlik sal ek wil werk om 'n 'titel' aan die studies te gee. Ek vra eintlik raad asseblief.Chris van Wyk on Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge Dit is 'n mondvol! Sulke veralgemenings is egter nie die moeite werd om op te reageer nie. Dit sal te veel tyd neem om op al die aannames wat agter die persoon se menings lê, te reageer. Uiteindelik lê die betroubaarheid van die boodskap van die Bybel vir my in die feit van die vleesgeworde Seun van God, Jesus, wat werklik geleef het, gesterf het, en opgestaan het uit die dood sodat ons hier met God versoend kan leef en kan uitsien na die koms van sy koninkryk, terwyl ons natuurlik ook God se medewerkers in die vestiging daarvan is.Chris van Wyk on Habakuk 1:1-17 – Habakuk worstel met God se keuse van die Galdeërs as sy oordeelsinstrument The Galdeans are a name for the Babylonians. You can see more on their history <a href="http://www.gotquestions.org/Chaldeans.html" target="_blank" rel="nofollow">here</a>.Debbie on Habakuk 1:1-17 – Habakuk worstel met God se keuse van die Galdeërs as sy oordeelsinstrument Who is the Galdeërs that God is talking about?Elize Barnard on Spreuke 21:1-31 – God se geregtigheid motiveer ons tot goeie verhoudinge Goeie dag Ds van Wyk Wat dink u van die volgende artikel in vandag se Beeld op bladsy 6. Sou graag u mening hieroor wou hoor. Gebreinspoel om Bybelstories te glo Maandag 20 Julie 2015 04:00 As dit oor die Bybel gaan, is twee plus twee nie meer vier nie, maar iets anders. Veral Christene gooi wal teen foute of weersprekings wat uitgewys word deur te sê jy lees die Bybel verkeerd. “ Die Bybelse geskrifte is geskryf om mense te beheer. God, wat hierdie kosmos geskep het, is nie die god van die Bybel nie. ” Die Bybel is vol foute en weersprekings. Dit is al geskiedkundig, biologies en astrologies verkeerd bewys. Daarom kan die Bybel nie die Woord van ’n volmaakte God wees nie, maar wel die woorde van mense. Ons word van kleins af gebreinspoel om die stories in die Bybel te glo. Talle Christene lees ook nie die hele Bybel nie, maar net die “mooi gedeeltes” wat die kerke ook aan ons oordra. Die verhale oor die skepping, Adam en Eva, Noag se ark en Simson is ook voorbeelde van verhale wat van ander gelowe kom, soos die Epos van Gilgamesj van Babiloniese mites. Veral die Noag-storie is duidelik van daar af oorgedra. Die Bybel beskryf die aarde ook as plat en sê dat die maan én son om die aarde draai. Paul Kruger het tot sy dood geglo die aarde is plat, want die Bybel sê so. Gaan léés jou Bybel. Dan sal jy sien God se skepping is agterstevoor en dat daar twee skeppingsverhale is. Waar kry Kain sy vrou? Waar kom die reuse-mense vandaan toe Moses Kanaän binnegegaan het? Almal het mos in die vloed verdrink. Daar is bewyse dat Moses en die Israeliete nooit slawe in Egipte was nie. Die Bybelse geskrifte is geskryf om mense te beheer. God, wat hierdie kosmos geskep het, is nie die god van die Bybel nie. Hy het ons ook meer as een breinsel gegee om te weet die aarde en heelal is nie 6 000 jaar oud nie en dat die son nie om die aarde draai nie. Ook dat die honderde rasse op die planeet nie van Adam en Eva, of as jy die Noag-storie glo, van agt mense afkomstig is nie. Pinkie Ponk Groete Elize BarnardChris van Wyk on Openbaring Hi Elna. Ek beoog om al die Bybelboeke as eboeke (en ook in gedrukte vorm) beskikbaar te stel. Aanvanklik sal ek self daarmee werk, maar 'n uitgewer stel belang om dit as 'n geheel vir my te publiseer. Openbaring is egter nog nie beskikbaar nie. Ek sou in die loop van Julie dié boek kon klaarmaak. Daar sal egter wel 'n koste daaraan verbonde wees, soos jy met die 6 eboeke wat reeds beskikbaar is, sal sien. Dit sal ongeveer in daardie ordegrootte wees. Vir dié wat belangstel, hier is skakels na die 6 eboeke wat ek al beskikbaar gestel het: <li><a href="http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/hebre%C3%ABrs-lees-luister-leef/ebook/product-21885131.html" onclick="_gaq.push(['_trackEvent', 'outbound-article', 'http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/hebre%C3%ABrs-lees-luister-leef/ebook/product-21885131.html', 'Hebreërs']);" title="Die brief-boodskap aan die Hebreërs word geskrywe aan huisgemeentes in ’n stad in Italië, waarskynlik Rome. Dit is ’n “Boodskap van aansporing” aan ’n diverse groep gelowiges wat onder baie druk verkeer. Met talle aanhalings en voorbeelde uit die skat van die Ou Testament boodskap begrond die skrywer sy boodskap en bemoedig hulle met die evangelie van Jesus. Jesus is God, Hy tree vir hulle in, en Hy het die toekoms van die mensdom in Sy hand. Hulle word opgeroep om te waak daarteen dat geeneen van hulle van die lewende God afvallig word nie. Hulle word opgeroep tot geestelike volwassenheid, om nie langer net te fokus op die eerste beginsels van die geloof in Christus nie, maar die wedloop wat vir hulle voorlê met volharding te hardloop, hul oog gevestig op Jesus die Leidsman en Voleinder van hulle geloof. Hierdie is die sesde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd." target="_blank" rel="nofollow">Hebreërs</a></li> <li><a href="http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/jesaja-lees-luister-leef/ebook/product-21458629.html" onclick="_gaq.push(['_trackEvent', 'outbound-article', 'http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/jesaja-lees-luister-leef/ebook/product-21458629.html', 'Jesaja']);" title="Die profeet Jesaja tree in ‘n baie moeilike tyd op. Die wêreldmag van die Assiriërs het Israel en Juda bedreig. Geen wonder dat Agas koalisies probeer vorm het met ander wêreldmoondhede om die volk te probeer beskerm nie. Jesaja verkondig egter dat God vir hulle sal sorg ... as hulle Hom vertrou en nie hulle toevlug neem tot die ander volke nie. Hy waarsku: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Dit bly vandag nog die kern van die boodskap van God aan elkeen wat in Hom glo. Die boodskap troos alle gelowiges wat soos die volk van Jesaja se tyd bedreigings van watter aard ook al ervaar, maak nie saak waar en onder watter omstandighede hulle hul mag bevind nie. Die boek Jesaja konfronteer egter ook diegene wat nie bereid is om te vertrou op die uitkoms wat God vir sy mense belowe nie. Hierdie is die vyfde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd." target="_blank" rel="nofollow">Jesaja</a></li> <li><a href="http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/johannes-lees-luister-leef/ebook/product-20535342.html" onclick="_gaq.push(['_trackEvent', 'outbound-article', 'http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/johannes-lees-luister-leef/ebook/product-20535342.html', 'Johannes']);" title="Die evangelie van Johannes fokus op Jesus as die gestuurde Woord van God wat volledig mens geword het. In hoofstuk 1-12 vertel Johannes van Jesus se publieke Joodse bediening met ’n fokus op wondertekens wat sy ware identiteit as die Seun van God openbaar. In Jesus ervaar ons God se genade en waarheid. In hoofstuk 13-20 fokus Johannes op die persoonlike bediening van Jesus aan sy dissipels wat uitmond in sy verheerliking deur sy lyding, kruisdood en opstanding as publieke getuienis aan die wêreld. In Jesus vind ons die model van dissipelskap waarin die liefde - soos God liefhet - die kern van alles is. Die evangelie eindig in hoofstuk 21 met die roerende verhaal van Petrus wat by hernuwing geroep word. Daarmee word die dissipels deur God gestuur om op dieselfde wyse as Jesus sy genade en waarheid aan die wêreld te bring, sodat die wêreld kan glo. Hierdie is die vierde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd." target="_blank" rel="nofollow">Johannes</a></li> <li><a href="http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/hooglied-lees-luister-leef/ebook/product-20484998.html" onclick="_gaq.push(['_trackEvent', 'outbound-article', 'http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/hooglied-lees-luister-leef/ebook/product-20484998.html', 'Hooglied']);" title="Hooglied se liefdesgedigte belig verskeie kante van die liefde, die passievolle plesier in mekaar se geselskap, die wedersydse geborgenheid by mekaar, en die genot van seksuele eenwording binne die veilige ruimte van die familie en die huwelik. Hooglied besing nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde nie, maar vertel ook van die teleurstellings en verwyderings, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan. Dit is die essensie van die wysheid van Hooglied, dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike, wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. So leer 'n mens dat liefhê ‘n kuns is wat nie net op onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook ‘n emosionele volwasse wording van die verhouding moet insluit. Hierdie is die derde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd." target="_blank" rel="nofollow">Hooglied</a></li> <li><a href="http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/prediker-lees-luister-leef/ebook/product-20484986.html" onclick="_gaq.push(['_trackEvent', 'outbound-article', 'http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/prediker-lees-luister-leef/ebook/product-20484986.html', 'Prediker']);" title="Die Prediker dink na oor die sin van die lewe. Hy sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Ons soek daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs in dwaasheid. Die probleem hiermee sê die Prediker, is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks. Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand. Die Prediker wil ons daarom herinner aan die werklikheid van God, die enigste Een wat regtig sin kan bring aan ons lewens "onder die son". Sy slotsom is dat wanneer die lewe as 'n gawe uit Sy hand geniet word, die lewe begin sin maak. Dan vind die begeerte na meer in God sy vervulling. Die vreugde van die reis self, en die genot van die oomblik as sodanig, is reeds die gawe van God, nie eers die blywende waarde of uiteindelike betekenis daarvan nie. Hierdie is die eerste boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd." target="_blank" rel="nofollow">Prediker</a></li> <li><a href="http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/spreuke-lees-luister-leef/ebook/product-20484980.html" onclick="_gaq.push(['_trackEvent', 'outbound-article', 'http://www.lulu.com/shop/chris-van-wyk/spreuke-lees-luister-leef/ebook/product-20484980.html', 'Spreuke']);" title="Spreuke leer ons dat daar ’n regte pad is om op te loop en ’n verkeerde een. Deur tien lewenslesse en meer as vyfhonderd en sestig spreuke leer die boek ’n mens om hierdie wyse pad in die praktyk van die lewe te onderskei en daarvolgens te begin lewe. Dit leer jou ook om die dwase afdraaipaaie te vermy, opgesom as: easy money, easy sex en easy power. Wysheid begin by die eerste beginsel van die geestelike lewe, die ontsag vir God. Dit word prakties geïllustreer in die voorbeeld van rolmodelle wat nagevolg moet word. Daarmee leer Spreuke jou die geheim van die lewe voor God ken en inspireer jou om deurleefde oortuigings in die lewe te ontdek en jou eie te maak. Met vele stories, beelde, waarhede en slim slagspreuke leer jy só om ‘n ekspert in die lewe te word. Wysheid word daardeur jou metgesel en laat jou met takt en oorleg in die teenwoordigheid van God self leef. Hierdie is die tweede boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd." target="_blank" rel="nofollow">Spreuke</a></li> </ul>Elna on Openbaring Hi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een eboek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb aspa Groete ElnaBard Stoltz on Salwing in die Bybel Baie dankie vir die goeie insig. Dit het my vraag in n redelike grootmaat beantwoord. Ek sal ook die artikel gaan lees. Groot waardering!, BardChris van Wyk on Salwing in die Bybel Lees die artikel van David Jones hieroor: <a href="http://www.thegospelcoalition.org/article/5-errors-of-the-prosperity-gospel" target="_blank" rel="nofollow">5 Errors of the Prosperity Gospel</a> vir 'n goeie inleiding daarop. Hy haal onder andere vir Charles Spurgeon aan wat gesê het: “<em>I believe that it is anti-Christian and unholy for any Christian to live with the object of accumulating wealth. You will say, ‘Are we not to strive all we can to get all the money we can?’ You may do so. I cannot doubt but what, in so doing, you may do service to the cause of God. But what I said was that to live with the object of accumulating wealth is anti-Christian.</em>” Hy wys onder andere die volgende probleme met 'n Voorspoedsteologie uit: <ol> <li>Die Abrahamitiese verbond word misbruik asof dit altyd materiële voorspoed vir gelowiges beteken. Materiële seën is egter maar net een van die dinge wat God kan gee en Hy gee dit nie vir almal nie. Welvaart is daarom nie per se gelyk aan God se seën nie. Soos Jesus sê, afhanklikheid van God, sagmoedigheid, treur oor die onreg in die lewe, vervolging omdat jy doen wat reg is, is alles deel van God se seën (Die Bergrede Matt. 5)!</li> <li>Jesus se versoening word misbruik asof dit jou vrymaak van die "<em>sonde van materiële armoede</em>". Armoede (en volgens sommige ook siekte) is dus sonde volgens dié teologie. Dit is 'n baie destruktiewe verdraaiing van die evangelie. Dit is immers ook die armes wat geseëndes van God is, soos Jesus in die Bergrede volgens Lukas 6 uitlê.</li> <li>Die boodskap word verkondig dat as jy dankoffers gee, sal God jou noodwendig materieël seën. Volgens berigte is dit waarskynlik hoe voorspoedspredikers ryk word. Dankoffers is wel geestelik reg, maar nie om daarmee self te probeer ryk word nie!</li> <li>Geloof word verstaan as 'n geestelike krag wat noodwendig tot (materiële) voorspoed lei. Dit is lynreg teenoor die Bybelse verstaan van geloof as iets wat God in ons werk. Geloof is om God se koninkryk te soek en Hom te vertrou vir kos en klere (Matt. 6:33).</li> <li>Gebed word verstaan as 'n instrument wat God "<em>dwing</em>" om vir jou (materiële) voorspoed te gee. Dit is lynreg teenoor Jak. 4:2 se verbod op gebed vir selfsugtige begeertes. Ons moet eerder die Ons Vader bid; "<em>Gee ons vandag ons daaglikse brood.</em>" (Matt. 6:11).</li> </ol> David Jones en Russell Woodbridge het ook 'n boek geskryf hieroor: <em>Health, Wealth, and Happiness: Has the Prosperity Gospel Overshadowed the Gospel of Christ? </em>(Kregel, 2010) wat jy kan raadpleeg vir meer inligting.Bard Stoltz on Salwing in die Bybel Hi daar. Ek.is n Christen, en al gesien en beleef hoe die Heilige Gees my al gelei het. Ek het n gesprek gehad met n ander gelowige, oor die rykdom van veral bekende Christen predikers wat n magdom DVDs en boeke verkoop, en byna elke dag op TV is. Ek voel nie gemaklik met die groot huise, en selfs die een persoon wat n Rolls Royce besit nie. Dit is teenstrydig met wat die nuwe testament se. Jesus selfs se gee alles aan die armes. In my persoonlike opinie, voel ek dat n prediker nie arm hoef te wees nie, maar as ek sien sy lewens kwaliteit is so hoog, dan maak dit my ongemaklik. Ek was aangese ek mag die die gesalfdes van die Here so aanval nie. Dit was nie n aanval nie, ek bevraagteken gesalfde in hierdie konteks. Enige raad of verwysings sal gaaf wees. DankieTheunis de bruin on Amos 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies mag ek dalk byvoeg; daar is nerens 'n voorgeskrewe manier van begrafnis nie. Verassing, soos begrafnis handel oor die LIEFDEVOLLE HANTERING van 'n oorledene se stoflike oorskot. Die opstandingsliggaam 's 'n verheerlikte liggaam. Die God wat mens uit niks geskep het sal 'n verheerlikte liggaam opwek ongeag die manier van die beskikking oor die stoflike oorskot.Chris van Wyk on Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God in response to mariaan: Middag Pastoor Ek geniet die postings. Ek doen n studie oor Jesaja en moet n woord bring oor Jes 44 kan u asb help met die nodige inligting of kern van die boodskap in die geheel, dat ek dit so kan oorbring aan n groep in die gemeente as boodskap wat hulle kan saamneem en […] Hi Mariaan Ek het normaalweg nie tyd vir só iets nie, maar het besluit dat almal hieruit iets kan leer. Ek het die stuk van die Bybelskool geneem, en dit net in vyf hoofpunte ingedeel en gee dit só hieronder weer. Ek het dié stof wat vir my gevoel net voortborduur, uitgelos. Jou taak is nou om hieruit te hoor wat die Here sê, te dink wat dit aanspreek in die lewens van die mense met wie jy gaan praat, en dit só jou eie te maak sodat jy die Woord wat God op jou hart lê met hulle kan gaan deel. Sterkte en seën: God is die eerste en die laaste, die enigste God 1. God laat nie maklik sy droom vir ons vaar nie Israel word weer hier as die dienaar van die Here aangespreek. God laat nie maklik sy droom oor hulle vaar nie – dat hulle ’n lig vir die nasies sal wees nie (Jes. 2). Daarvoor het Hy hulle gemaak en daarvoor ondersteun Hy hulle steeds. Darem ’n ongelooflike stuk vertroosting dat God nie die werk wat Hy in ons begin het, versaak nie. Dit is betekenisvol dat Jakob, die Bedrieër, hier Jesurun, die Opregte, genoem word, ’n eretitel wat die verandering wat die Here bring, simboliseer (vgl ook Deut 32:15 waar dit ook so gebruik word). 2. God se Gees bewerk sy droom in ons Let op hoe Jesaja weereens die belofte van die Gees as die stimulus tot nuwe lewe beskrywe, selfs vir die nageslag (vgl Eseg 37). Dit is ook net die Gees wat mense kan beweeg om vreugde te vind in lidmaatskap van God se mense. 3. God is eerste en die laaste Jesaja beklemtoon weereens God se alleenreg tot die titel God. Hy is die eerste en die laaste – soos Jesus ook in Openbaring beskryf word (Open 22:13). Buiten Hom is daar geen God nie. Die Ek is uitsprake oor God se status en karakter gee ’n mens ook ’n ander perspektief op Jesus se Ek is uitsprake in die Johannes evangelie. Daarmee het Hy duidelik gesê dat Hy God is (vgl ook God aan Moses by die braambos – Eks 3). Let ook op hoe goedig-neerhalend daar oor die dierbare afgode – wat nie kan help nie – gepraat word (44:9). Hulle kan nie sien of hoor nie, en dus nie help nie. Hulle moet gemaak word (44:12-17). Let op hoe skreiend ironies die dwaasheid geteken word om dieselfde hout of vir ’n braaivleisvuur of vir die maak van ’n afgod te gebruik en die afgod dan te aanbid. Sulke mense se oë is toegepleister en het geen begrip nie, sê Jesaja! 4. Ons moet Hom toelaat om alles in ons lewe te wees Let op hoe Israel, God se dienaar, opgeroep word om terug te keer na die Here, WANT Hy het hulle verlos (44:21-22). Dit gee ons die regte perspektief op die wyse waarop verlossing en bekering saamhang. God se werk kom altyd eerste – Hy verlos – en ons werk tweede – ons bekeer ons tot die Here se pad met en vir ons. 5. God sal doen wat Hy sê Jesaja sluit hierdie beskrywing van God af met ’n beklemtoning van God se onverbreekbare woord – in die Skepping en in die Geskiedenis (44:24-45:8). Wat God sê, gebeur. Sy woord is sy verbintenis en Hy laat dit gebeur. Daarop kan ’n mens reken. Dit sluit in dat sy boodskappers (profete) se woorde in vervulling gaan; dat Jerusalem weer bewoon sal word; dat Babel gestuit sal word; dat iemand soos Kores (koning van die Perse) gebruik word ter wille van sy eie volk. Daardeur bewys God dat Hy God is van die hele aarde, ’n perspektief wat ons moet aangryp en in ons eie beoordeling van wêreldsake ter harte moet neem. En let op die doel waarmee God dit doen. Dit sluit ook in dat Hy Homself aan heidene wil bewys en tot ’n bewussyn en erkenning van sy Goddelikheid wil lei (wat presies is wat Hy ook wil hê die geval moet wees met sy volk – dat hulle Hom sal ken!). Of die nasies en hulle heersers nou daaraan gehoor gee of nie, dit is wat God wil hê moet gebeur.Chris van Wyk on Oor my Mense gebruik die Here se naam ydelik om verskillende redes, soos in "O my God". Sommige gebruik dit as 'n stopwoord, uitroep of kragwoord. Hulle beklemtoon daarmee hulle verbasing of afgryse. Dit is egter gewoonlik onnadenkend en het geen godsdienstige betekenis nie. Hulle weet baie keer nie eers wat hulle sê nie. Jy sal egter min kinders van die Here kry wat sy Naam só ydelik gebruik. Ons weet immers dat ons van elke ydele woord rekenskap moet gee. Mense in die Weste gebruik nie die woord "Allah" op dieselfde manier nie, want dit het nie vir hulle dieselfde betekenis nie. Allah is wel net die Arabiese woord vir God, maar baie dink verkeerdelik dat dit ook die persoonsnaam vir die Moslem God is.Jan on Oor my Om watter rede gebruik mense die Here se naam in die algemene gesprek voering. Ek praat van in fleiks, mense in nood- wat nie noodwendig tot God roep nie, maar net die hele tyd, in engels sê"O my God", ens. Hoekom dan nie sê " O my Allah" of wat ookal nie?Louise Steyn on Amos 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies Baie dankie vir hierdie baie goed uiteengesette en helder geformuleerde antwoord! Ek gaan 'n uitdruk daarvan maak en dit vir die betrokke person gee. Hopelik sal dit haar bietjie laat nadink.Chris van Wyk on Amos 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies Dit gaan in dié gedeelte oor die Moabiete wat vir hulle disrespek vir die "Edomitiese begrafnisrituele" vir gestorwe soldate veroordeel word. Dit gaan nie oor 'n algemene reël vir alle mense dat hulle nie veras mag word nie. In die Moabiete se geval het hulle simbolies probeer om aan die Edomiete enige hoop op ‘n hiernamaals vir die koning te ontsê. Wat natuurlik nie beteken dat hulle werklik dit sou kon doen nie, maar vir die Edomiete sou dit daardie betekenis kon hê. Net God kan immers oor die hiernamaals besluit. Die Here veroordeel die Moabiete dus vir hulle minagting van die Edomiete, al het die verassing geen werklike effek op die hiernamaals kon hê nie. Dit geld ook vir ons. Verassing is 'n baie ou gebruik, eintlik meer wydverspreid as begrafnisse. Daar is geen Bybels-teologiese rede waarom 'n mens nie veras kan word nie. Natuurlik geld dieselfde begrafnisse. Jy het net deel aan die ewige lewe in Christus, nie deur jou standpunt oor verassing of begrafnisse nie.Louise Steyn on Amos 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies Iemand het nou die dag vir my gesê dat hierdie stukkie oor die Moabiete wat gestraf sal word omdat hulle die bene van die koning van Edom tot kalk verbrand het, beteken dat God dit verbied dat 'n mens jouself laat veras ná jou dood, en dat God jou sal straf indien jy dit doen. Mag ek asseblief vra wat u mening hieroor is? Baie dankie by voorbaat.Andre Kritzinger on Bybelskool beplanning vir die res van 2015 en 2016 Perfek. Jy verdien ook 'n stukkie gewone verlof!! Baie dankie vir al jou vrugtevolle arbeid.Chris van Wyk on Jakobus 3 – Tree met sagmoedige wysheid op Ons woorde het nie 'n outomatiese (magiese) krag soos mense soms van 'n vloek of 'n seën verstaan nie. Ons woorde moet gehoor word voordat dit 'n krag kan uitoefen. Maar, selfs wanneer woorde gehoor word, is die krag daarvan nie outomaties (magies) nie. * As iemand iets opbouend sê oor jou, kan jy dit ontkrag deur dit nie te glo nie. * Of as iemand iets afbrekends sê, kan jy dit teenstaan, deur te besluit om liewer te glo wat die Here of ander (of jyself) oor jouself glo. Dit beteken ons moet erns maak met ons woorde, maar ook onderskei tussen dié dinge wat vir ons gesê word. 'n Grap kan bv. 'n opbouende of afbrekende krag hê, afhangende van wat jy daarmee maak. Ek hou veral van Paulus se hantering hiervan in Filippense 4:6-9. * Hy begin deur te sê: "Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby." * Dan bemoedig hy ons deur alles met God deur te gesels: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend." * En wat gebeur dan? "En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus." Hy hou die wag, bewaar en beskerm ons, in ons harte en gedagtes, in ons gevoelens en denke! Hy gee ons sy vrede in ons gevoelens en gedagtes. * Daarom raai Paulus ons aan: "Verder, broers en susters, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig." Dit is die manier waarop ons met woorde moet omgaan. * Dit sluit ons dade in: "En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen." * En die grootste belofte is: "En God wat vrede gee, sal by julle wees." Lees meer by my Bybelskool oor <a href="http://bybelskool.com/filippense-42-23-om-saam-in-die-here-te-wees-bid-en-leef/" rel="nofollow">Filippense 4</a>.Vicky on Jakobus 3 – Tree met sagmoedige wysheid op Goeiedag, Dalk sal u my kan help met iets wat my baie deurmekaar maak asb. 🙂 Ek glo en verstaan dat ons woorde krag dra, maar hoe groot is die impak werklik? Ek is geleer of onder die indruk gestel dat enige negatiewe woorde teenoor 'n ander person krag dra en dat jy sodoende hulle kan vervloek. Soos byvoorbeeld as mens 'n ander verwens met woorde soos. Dra dit steeds krag as die woorde in 'n grap bedoel is? Ek weet nie of ek dalk heeltemal die pot mis sit nie, maar ek konsentreer altyd erg daarop om nie dinge oor mense uit te spreek nie en as iemand so iets doen teenoor my of 'n ander, dan kanselleer ek dit uit in die Naam van Jesus. Redeneer ek verkeerd? Groete, VickyChris van Wyk on Openbaring 12 – God beskerm sy kerk teen alle aanslae van die draak Jy is reg. Satan is uit God se teenwoordigheid verdryf soos Jesus in Lukas 10:18 en Johannes in Openbaring 12:9; 20:2,7 beskrywe. Die Satan/duiwel het daarom sy rol as aanklaer, soos dit in die OT beskrywe word (Job 1:9–11; 2:4–5; Sag. 3:1) verloor. Lees veral Johannes se perspektief daarop in Openbaring 12:10. In Christus is daar immers geen veroordeling meer nie (Rom. 8:1) en kan ons ons gewete voor God tot rus bring (1 Joh. 3:20) en met vrymoedigheid die Here dien (1 Joh. 3:21). Die Satan/duiwel is egter steeds aktief op aarde soos Paulus (1 Tes. 2:18; 2 Tes. 2:9; 1 Tim. 1:20; 5:15; 1 Kor. 7:5; 2 Kor. 2:11; 11:14; 12:7; Ef. 4:27; 6:11; 1 Tim. 3:6,7; 2 Tim. 2:26) en Johannes (Openb. 2:10,19,13,24; 3:9; 12:12) ons verskeie kere waarsku. Sy mag is aan die een kant gebreek deur Christus soos die Hebreërskrywer ons herinner (Hebr. 2:14). Ons het nou die mag om hom teë te staan, soos Jakobus en Johannes ons herinner (Jak. 4:7; 1 Joh. 4:14; 5:18). Maar, sê Petrus, hy loop steeds rond soos 'n brullende leeu (1 Pet. 5:8). Staan hom dus teë in versoeking, dien die Here, en hy sal van jou af wegvlug.Norval Ackerman on Openbaring 12 – God beskerm sy kerk teen alle aanslae van die draak Ek lei af dat Satan tot op 'n "laat" stadium nog toegang tot die hemel gehad het. Ek dink bv aan daaraan toe God vir Satan gevra het of hy Job se getrouheid raak gesien het, Vertolk ek dit ook reg dat Satan as 'n aanklaer optree oor alle mense self kinders van die Here al weet hy ook dat kinders van die Here rein gewas is. Ek woon in Nieu Seeland en hier is min kommentare beskikbaar om mens te helpMorne on Esegiël 7 – Die einde kom vir die land Ek is bly vir vandag se boodskap, dankie Mnr Chris, dit maak dit tog duidelik vir my dat die kerk so n belangrikke rol in ons samelewing speel en kan nie wag om Sondag in die kerk te wees nie. AmenChris van Wyk on Kontak my Om in tale te praat, is nie heidens nie, maar 'n gawe van die Heilige Gees. Paulus verduidelik die plek wat tale inneem in die geloofsgemeenskap in 1 Korintiërs 12-14. Die gemeente se siening van die gawe van tale as die taal van die engele (13:1) en iets wat in ’n toestand van ekstase manifesteer (12:2) het wel gedreig om so oorbeklemtoon te word, dat die ander gawes oorheers is, en hulle eredienste onverstaanbaar begin word het. Daarom het Paulus hulle gehelp om te verstaan dat nie almal al die gawes het nie, ook nie tale nie, en dat daar beter gawes is (profesie is bv. beter as die gawe van tale, soos hy in hoofstuk 14 wys), maar dat alles ondergeskik is aan die gawe van die liefde wat aan almal in die gemeente gegee is, waaroor hoofstuk 13 handel. Hy brei in hoofstuk 14 uitvoerig uit oor die onverstaanbare onsinnigheid van tale in die erediens eerder as die verstaanbare opbouende karakter van profesie, veral ook omdat tale eintlik ’n teken vir die (lidmaat-)ongelowiges is (vgl Jes 28:11-12; Deut 28:49 – God se grootheid is raakgesien in die vreemde taal van die Assiriërs, hoewel dit nie begryp is nie). Nie dat Paulus die gebruik van tale afkraak nie, hy gebruik dit immers self. Maar <strong>tale is bedoel vir die binnekamer en aanbidding, nie soseer vir die eredienste en byeenkomste nie, omdat dit ’n gebedstaal is.</strong> Paulus sal dus eerder 5 woorde met sy verstand wou praat (met ’n openbaring, kennis, profesie of lering) as 1 000 woorde in ’n ongewone taal. Dit is die geestelik volwasse manier om in eredienste op te tree, wat nie net vir gelowiges iets beteken nie (opbou), maar ook vir ongelowiges of buitestaanders (appèl).mariza on Kontak my iemand het aan my verduidelik om in tale te praat is van 'n heidense gees omdat korinte n heidense stad was. help asb om dit reg te kan verduidelik dat dit van die Heilige Gees is.Elzan on Esegiël 1-3 – Esegiël se roeping en opdrag – 593 v.C. Baie dankie hiervoor. Wat my tref is die smart wat hy moet eet. Hoeveel van ons kan die daarmee assossieer nie! En om te verstaan dat dit n moeilike proses is om dit ten goede te laat werk. Dit val my op dat die beelde in die visioene bekende beelde was uit die mitologie/godsdiens van daardie tydperk. Die "leeu van babylon" n bekende uitbeelding (ook op die befaamde poorte), verwant aan beide die heerser sowel as die godin Ishtar (godin van die hemel,van fertiliteit en oorlog: n energieke simbool dus), die arend, wat ook die siel vervoer (vlerke is orale in die beelde van die tyd te sien), so ook die wiel. Maar laat ek julle nou nie hier verveel nie! My bron is n ou boek "Myths of Babylonia & Assyria deur D.A. Mackenzie. As iemand sou belangstel: Google gerus "images legends and myths of ancient Babylon", of "images religion middle east 600 bc"..(Mackenzie vermoed 'n invloed van antieke Hinduisme, so bv die "wheel of life" en die "eagle Garuda." )Rudi Smith on Bybelskool 2de kwartaal 2015: ESEGIËL Ek geniet die stukke baie, al kry ek nie die tyd om elke dag die hele stuk te bestudeer nie. My persoonlike bybelstudie het ook voordeel getrek hieruit.Chris van Wyk on Maleagi 2:17-4:6 – God sal reg laat geskied ten spyte van hulle ongeregtigheid Ek het die hele NT al behandel. Hier is die skakel na <a href="http://bybelskool.com/romeine/" rel="nofollow">Romeine</a>. Al 27 NT boeke wat ek behandel het asook die 29 OT boeke is alfabeties by die skakel <a href="http://bybelskool.com/alfabetiese-lys-van-bybelboeke-by-bybelskool-com/" rel="nofollow">Bybelboek-Reekse</a> beskikbaar. Lekker lees!Kallie on Maleagi 2:17-4:6 – God sal reg laat geskied ten spyte van hulle ongeregtigheid Baie dankie vir al jou moeite om ons meer van Jesus te leer! Het jy al Romeine behandel, ek is tans besig om Romeine te lees en dit sal wonder lik wees om die inligting stuk daaroor te ontvang. Nogmaals baie dankie !Chris van Wyk on Maleagi 1:1-2:16 – God het die volk lief ten spyte van hulle liefdeloosheid Dit is my voorreg. So pas klaar gemaak met die laaste deel van Maleagi wat môreoggend versend word. Baie dankbaar.Joan on Maleagi 1:1-2:16 – God het die volk lief ten spyte van hulle liefdeloosheid Soos vele ander is ek so dankbaar dat ek van die Bybelstudie kon verneem en nou deelneem aan Maleagi. Ek is ook so dankbaar vir die tyd en geleentheid om daagliks hierdie lesse te ontvang. Baie dankie.Chris van Wyk on Sagaria 3:1-4:14 – Sagaria se visie op die leiers wat God se plan uitvoer Dankie vir die interessante kommentaar. Leonard Sweet en Frank Viola maak dieselfde punt in hulle boek <em>Jesus, A Theography</em> waarin hulle hierdie verbande, en nog baie meer, tussen die OT en NT uitlig. Dit is vir my ook regtig versterkend vir my geloof. Ek onthou ook 'n bydrae van Elliot waarin hy die verdere skuif wys van die tempel na die huise van gelowiges as plek waar God teenwoordig is in Lukas-Handelinge. Hy sê die tempel word in die NT: “an alienating form of collective institutional life” terwyl die huise van gelowiges: “a creative form of integrative group life” word. God woon nou in sy mense, soos Paulus later sal skryf in 1 Korintiërs 6:19-20: "Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik."Nico on Sagaria 3:1-4:14 – Sagaria se visie op die leiers wat God se plan uitvoer Goeiemôre Chris Nou die dag oor RSG na jou geluister. Ons BS-groepie doen tans ook Sagaria. Ek lees ook hoe NT/Tom Wright skryf oor hoe God koning word. Hoe Jesus die temple vervang in die nuwe bedeling, as ek dit bietjie simplisties kan stel. Verwys “Simply Jesus”. N.a.v. al die sake besef mens die herbou van die tempel is geskiedenis. Belangrik vir sy tyd, maar dit praat oor ’n era wat verby is. Ons leef in die nuwe skepping/versoening/voortgaande geskiedenis. Kommentatore verwys na aanhalings in die NT uit Sag om te sê dit is vervulling van dié profesie/sieë. Tom benader dit vanuit die hoek dat toe Jesus besig was om sy opdrag/missie uit te voer dele uit bv. Sag hom gehelp om te weet hoe om Jerusalem in te ry, op die rug van ’n donkie. In die sin word die profesie vervul as mens vorentoe kyk en Jesus weet wat om te doen as hy terug kyk. Die groot plan sien. Daar is ’n koppeling. Alles deel van die groot prentjie/plan/verloop. Ek hoop nie ek lê woorde in NT se mond nie, maar dit is die strekking wat ek kry. Maak vir my as 21e eeuse gelowige sin. Dankie en seën. NicoMargarite on Openbaring 21 – God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem Goeie dag. Ek is só opgewonde om die stuk in Openbaring oor hierdie Nuwe Jerusalem te lees!!! Ek sing self die lied ook en leef myself so in. Groete Margarite van LooCalley on Sagaria 1:1-2:13 – Sagaria se visie op God wat herstel na buite bring Dankie vir RSG, want dis waar ek van julle gehoor het , gewoonlik is ek al lankal op maar toevallig vanoggend luister ek na die program. Dis lekk om bybelstudie te doen in jou eie taal.Elza Vosloo on Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte n Wonderlike geleentheid om die Bybel beter te verstaan en uit te leef! Dankie vir die advertensie, RSG...dis presies wat ek nodig het op die oomblik!Chris van Wyk on Oor my Dankie! Ek het ook David Pawson se boek geniet, en het verskillende ander soortgelyke boeke in Engels, onder andere Larry Richards se uitstekende Bible Reader's Companion en sy Teacher's Commentary asook Gordon Fee en Douglas Stuart se fenomenale How to Read the Bible Book by Book. Laasgenoemde was die inspirasie vir my aanpak, hoewel ek vir 'n hoofstuk-vir-hoofstuk metodiek gekies het, en nie net boek-vir-boek nie. Dié twee reuse het ook 'n uitstekende boek How to Read the Bible for All its Worth. Geniet!Chris van Wyk on Subscribe Baie van die bydraes op die webtuiste het 'n boodskap gedeelte aan die einde van die behandeling van 'n hoofstuk. Jy sou dit kon gebruik. Daar is egter baie hulpmiddels op die web beskikbaar. Kyk by <a href="http://www.seisoenvanluister.co.za" title="Seisoen van Luister" rel="nofollow">SEISOEN VAN LUISTER</a> waar daar by elke teks wat daar behandel word, 'n Kindertyd boodskap is. Jy kan ook soek vir die Bybelteks wat jy in gedagte het by: <a href="http://seisoenvanluister.co.za/produkte/powerpoint-en-word/alfabetiese-volgorde1" title="SOEK HIER VIR BYBELGEDEELTES" rel="nofollow">SOEK HIER VIR BYBELGEDEELTES</a>. Jy kan ook by <a href="http://www.textweek.com/" title="Textweek" rel="nofollow">Textweek</a> kyk vir 'n magdom Engelse hulpmiddels wat per Bybelteks beskikbaar is. Blaai net by elke teks af na die kinder-idees by "With Children". Daar is ook skakels by hulle na ander kinderboodskap webtuistes. Hoop jy kry iets wat jou kan help.Paul on Sagaria 1:1-2:13 – Sagaria se visie op God wat herstel na buite bring Ek vind dit verstommend hoe koherent die boodskappe in die Bybel is, maw. die inhoud. Drie voorbeelde _ Eerstens die rolmodel van koning-en-priester wat by begin by Melgisedek in Abraham se Ou Testamentiese tyd en Jesus self, in die Nuwe Testament. Hoewel Jesus self nie 'n aardse koning was in Sy omwandelinge nie, het Hy kragtige bevele gegee wat net van een Koning kon kom: Voorbeelde (1) Die storm is tot rustigheid beveel; (2) Laserus is beveel om uit die graf te kom; (3) Eintlik die mees ontsagwekkende: "Jou sondes is jou vergewe". _ Tweedens die herhaling van Sagaria se profetering, in die boek Openbaring. Die ooreenkom is verstommend. _ Derdens die getal 40: Die sonvloed, dit het 40 dae geneem voordat die water gesak het. Maw van "straf aksie" tot versoening. In die NT, Jesus se opstanding tot hemelvaart. Die Bybel is met mensehande geskrywe, maar mense kon nooit die inhoud so fyn uitgedink het.Petro Reynders on Oor my Beste Ds Chris Ek is so opgewonde oor hierdie nuwe webtuiste wat ek vanoggend ontdek met dank aan Radio RSG. Was besig om ontbyt vir my gaste by my B&B te maak en my radio is langs my stoof toe ek U hoor praat oor die bybelskool. Ek is tans besig om Rev. David Pawson van Engeland se You Tube Videos te kyk en ook sy boek Unlocking the Bible te bestudeer. Hy neem ook die Bybel van Genesis tot Openbaring en werk elke boek deur. Ek bid U seen toe en goeie gesondheid vir die werk van die Here waarmee U besig is asook vir hierdie webtuiste en die Bybelskool, dat dit sal groei en die uithoeke van die wereld sal bereik. Vriendelike Groete Petro Reynders ESTCOURT KZNwinifrid on Subscribe Ek sal dit waardeer om pitkos daagliks te kry!Magdel van Tonder on Bybelskool beplanning 3de kwartaal 2014 tot 3de kwartaal 2016 Ek wil graag deel word van u BybelskoolMariana Nel on Subscribe Baie dankie vir hierdie platform, Chris. Ek het Lizzelle de Bruyn se onderhoud met jou oor RSG gehoor en ek word graag deel van die Bybelskool. Mariana Nel van Bloemfontein.cecilia on Subscribe Het u nie asb vir my boodskappies vir saalopeninge vir laerskool kinders nie, asb?elsabie on Subscribe My man en ek het 'n behoefte aan sulke leiding tydens Bybelstudie.Elsabie O'Neill Ackerman on Subscribe My man en ek is lankal opsoek na sulke leiding om tydens ons Bybelstudie te gebruik.Corene van der Merwe on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com More Chris, Baie dankie vir jou terugvoer. Ons omgee-groep het nogal min of meer tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Net lekkerder vir my om doodseker te maak of ons dit reg geinterpreteer het. Lekker dag en seen, vrede en 'n goeie gesondheid wens ek jou toe. Groete, Corene.brensda on Subscribe Ek kan nie een dag mis nie. Ek kry soveel pitkos vir my siel!! Baie dankie vir die insig rondom die Woord. Waardeer dit!Chris van Wyk on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Hi Corene - Agija laat Jerobeam tien stukke vat, en hou dus (sonder dat die skrywer dit eksplisiet so noem) die laaste twee stukke van die mantel. Dan sê Agija, met die twee stukke in die hand, dat net een stuk vir Rehabeam, Salomo se seun, gegee gaan word. Dit dui volgens sommige geleerdes daarop dat Agija waarskynlik bedoel dat die stam Benjamin (11de stuk) deel van Juda (12de stuk) sal word, soos dit inderdaad in die geskiedenis gebeur het. Geleerdes probeer só dus sin maak van die feit dat die laaste en twaalfde stuk, wat Juda voorstel, nie eksplisiet in die Hebreeuse teks genoem word nie. Maar, die teks bly selfs met só 'n interpretasie steeds verwarrend, al het dit meriete, en al is dit histories só dat Benjamin deel van Juda geword het. Die Griekse vertalers (LXX) was bv. van die begin af bewus van die verwarring wat só 'n manier van skryf kan veroorsaak, en het dus die teks vertaal asof dit twee stukke (11de en 12de) was wat aan Rehabeam, weliswaar op 'n later stadium, oorhandig sou word.Corene van der Merwe on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Goeie more, Ek het 'n vraag en wonder of iemand my dalk meer inligting kan gee. In die skrifgedeelte 1 Kon 11:30 en 31 skeur Agija sy mantel in 12 stukke. Hy gee vir Jerobeam 10 stukke en vir Rehabeam 1 stuk. Wat het geword van die 12de stuk? Ek weet dit het te doen met die 12stamme van Israel, maar is nie seker hoe dit presies inmekaar pas nie. Dankie.Nic Botha on Subscribe Die Bybelskool het my met preekvoorbereiding gehelp en om die boeke en briewe van die Bybel beter te verstaan.Lreslie Burke on Psalm 104 – Hoe groot is U, hoe groot is U! Fantasties!- nou weet ek soveel meer om my God en Koning te eer vir sy skepping en dat ek die voreg het om dit elke dag te beleef. Aan Hom al die eer.3ekleer on Miga 4:1-5:14 – Die Here bring verlossing vir die hele wêreld onder sy heerskappy Mig 5:1 Sy oorsprong is uit die verre verlede....dit het my dadelik laat dink aan Joh 1: 1 - die Woord wat van die begin af daar was, die Woord was by God, en die woord was self GodCecilia on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Baie dankie vir hierdie pragtige opmerking wat jy gemaak het ..., ek stem 100% saam met jou.... Mag Liewe Jesus ons genade gee om nie op te hou om vir hierdie sondige wereld te bid nie ..... Van al die opmerkings het joune vir my die meeste geraak.... ShalomeChris van Wyk on Jona 4:1-11 – Jona is ontevrede, maar die Here bevestig sy genade Ek dink regtig dié boek is die boek vir dié jaar, indien nie vir hierdie tydvak in die geskiedenis van ons kerk en die land nie. Dít is hoe ons oor God mág en móét dink, en dít is hoe ons oor mense mág en móét dink. Dit is regtig fundamenteel vir my geloof. Dankie, André.Andre Kritzinger on Jona 4:1-11 – Jona is ontevrede, maar die Here bevestig sy genade Bravo. Ek wens ek kan elke sinnetjie onthou en internaliseer. Miskien moet ek 'n week afvat en Jona deeglik herkou.Chris van Wyk on Subscribe Dis my voorreg, Retha. Dankie.Reth Roux on Subscribe Ek kry nou al so lank gereeld my Bybelskool Boodskap van Chris en ek sal leeg wees daarsonde, ht al vir my goeie "file" opgebouChris van Wyk on Jona 3:1-10 – God roep Jona weer na Nineve, maar God sien af van die ramp Dankie Hennie - geniet!Hennie Strydom on Jona 3:1-10 – God roep Jona weer na Nineve, maar God sien af van die ramp Baie dankie vir al jou harde werk. Mag dit goed gaan met jou en jou huis en bediening.Chris van Wyk on Amos 9:11-15 – Die herstel van Israel Jy is reg. Alles gaan oor die konteks waarbinne die boodskap kom. Daarom dat ons ook die tekste saam moet lees binne ons gemeenskappe en hulle uitdagings, om só te kan onderskei waarheen die Here met ons lewens op pad is.Andre Kritzinger on Amos 9:11-15 – Die herstel van Israel Ironies - Amo 9:4 ..... my bedoeling met hulle is om hulle kwaad aan te doen, nie om goed aan hulle te doen nie. Laat ons die teks ook in gedagte hou. Mense is so lief vir Jer 29:11 "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! "Chris van Wyk on Geloofsbelydenisse verwoord die konsensus van die Christelike gemeenskap deur die eeue Enkelvoudig beteken "<em>uit een stuk</em>" of "<em>sonder pretensie</em>". Die Engelse vertalings van die Nederlandse Geloofsbelydenis vertaal die frase "<em>enige en enkelvoudige</em>" as "<em>unique and simple</em>" of "<em>single and simple</em>" wat dit verder onderstreep. Enkelvoudig beskryf dus God se <strong>wese</strong>. Die belydenis van die Triniteit beskryf sy <strong>persoon</strong>. Oor die Triniteit sê dieselfde belydenis in artikel 8: <strong>GOD IS EEN IN WESE EN ONDERSKEIE IN DRIE PERSONE</strong> Ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie Woord van God in 'n enige God, een enige Wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat hulle nie met mekaar deel nie. Die Vader is die oorsaak, oorsprong en begin van alle sigbare en onsigbare dinge. Die Seun is die Woord, die Wysheid en die Beeld van die Vader. Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag wat van die Vader en die Seun uitgaan. Nogtans volg uit hierdie onderskeiding nie dat God in drie gedeel is nie, aangesien die Heilige Skrif ons leer dat die Vader en die Seun en die Heilige Gees elkeen sy eie selfstandigheid het, deur sy eienskappe op so 'n wyse onderskei dat hierdie drie Persone slegs een enige God is. Dit is dus duidelik dat die Vader nie die Seun en die Seun nie die Vader is nie; eweneens dat die Heilige Gees nie die Vader en ook nie die Seun is nie. Nogtans is hierdie Persone, wat so onderskeie is, nie gedeel nieie en ook nie onderling vermeng nie. Want die Vader en die Heilige Gees het nie vlees aangeneem nie, maar slegs die Seun. Die Vader was nooit sonder sy Seun of sy Heilige Gees nie, want al drie is van gelyke ewigheid in een en dieselfde Wese. Daar is nie 'n eerste of 'n laaste nie, want al drie is een in waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid. 1 Kor. 1:24; Joh. 1:14; 1 Joh. 1:1; Op. 19:13; Spr. 8:22; Kol. 1:15; Matt. 28:19; 3:16-17; Joh. 1:14; Mig. 5:1.Louw Morkel on Geloofsbelydenisse verwoord die konsensus van die Christelike gemeenskap deur die eeue Middag Chris. Dankie vir al jou lekker leesstof altyd. Jou gunsteling uitdrukking in NGB hierbo se "...enige en enkelvoudige geestelike Wese...is" Hoe staan dit teenoor ons geloof van "....Drie enige God Vader, Seun en Gees...?" Enkelvoudig is die woord wat my boul! 🙂Chris van Wyk on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Ek fokus in die tweede kwartaal, DV, self op Esegiël. Daarmee sal ek dan al die OT profete saam met ons lede deurgelees het. Die bydraes in die Bybel in Praktyk en Die Bybel Verklaar is altyd handig. Ek hou besonder baie van die NET Bible se kort kommentaar op die teks self, wat gratis beskikbaar is by <a href="https://www.youversion.com/" target="_blank" rel="nofollow">YouVersion se uitmuntende Bybelvertalingshulpmiddel</a>. Daar is natuurlik ernstiger kommentare, Leslie Allen s'n in die Word kommentaar reeks, is uitstekend, en selfs die ouer Tyndale kommentaar bydrae van John Taylor is bruikbaar. Ek hou ook van die gefokusde korter bydrae van FF Bruce in die een-volume Zondervan Bible Commentary reeks.frans on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Chris is daar 'n handleiding oor Esegiel wat jy vir lidmate kan aanbeveel. Groete. Dankie vir wonderlike werk.Chris van Wyk on Spreuke – Lees, luister, leef – ePub Spreuke en die Sarkies - klink na 'n wenresep. Geniet die Woord, Renette.Renette Lloyd on Spreuke – Lees, luister, leef – ePub Chris ek wil net namens myself en ons omgee groepie "Sarkies" baie dankie se. Ons het die begin van die jaar besluit om die Boek Spreuke deur te werk en ek glo en vertrou dat ons baie uit jou notas gaan leer. Mag God al Sy blessings oor jou uitstort en jou gebruik as Sy instrument in hierdie lewe net soos ek glo dat God ons Sarkies sal gebruik as instrumente. Renette LloydPetrus Carstens on Hosea 4:1-5:7 – Die Here het ‘n regsaak teen die leiers en die volk Dankie, ons het nodig om hierdie boodskap te hoor. Kan nie anders as om diep bekommerd te wees nie. Mag ons, deur Sy genade tot n inkeer en omkeer en terugkeer kom!Marie on Die twaalf “kleiner” profete Goeiedag Chris, ek is so bly dat ek deel kan wees in hierdie avontuur om met ons Here se woord besig te wees - ek leer elke dag iets en bid dat ek dit so sal uitleef dat ander ook wil hê wat ek het! Jesus Christus is ons koning wat so 'n voorbeeld vir ons gestel het dat ons nie anders kan as om soos Hy te wil lewe nie 🙂 Baie sterkte ek sien uit na die reeks. MariePastoor Fanie on Daniël 10 – Die openbaring van die boek van waarheid in antwoord op Daniël se gebed Amen, dankie Chris vir jou uitstekende werk in die Here. Ons geniet jou werk, mag Abba Vader jou absoluut seen. Baie dankie. Pastoor Fanie.Chris van Wyk on Nehemia 13 – Nehemia stel nog hervormings in met sy tweede termyn Dit is musiek in my ore, Jacqueline. Dankie vir die waardering. Dit stem my diep tevrede dat die Here dié materiaal só tot seën gebruik. Jy het eintlik Nehemia vir daardie geloofsgemeenskap geword. Dankie!Jacqueline Bock on Nehemia 13 – Nehemia stel nog hervormings in met sy tweede termyn Beste Chris. Ek groet jou in die oorwindende naam van Jesus Chistus. Graag wil ek jou bedank vir alles wat jy opoffer om God eerste te stel in jou lewe. Vir my is dit 'n inspirasie. Ek dank die Hemelse Vader dat ek op jou site afgekom het, toe ek nie meer weet watter kant toe nie. Ek werk by 'n universiteit en ontwikkel studie materiaal vir studente. Daarom weet ek wat dit behels om die beste vir andere daar te stel. Ek kon jou materiaal van Nehemia gebruik om 'n boodskap te bring aan 'n gemeente wat huidiglik stukkend is omdat hulle leier, wat so passievol was, in erge depressie verval het en geestelik en fisiek uitgemergel is. Met die inligting en die uiteensetting van jou materiaal, kon ek myself, en 'n gemeente weer hoop gee vir die toekoms. Jou bydra oor die boek van Nehemia is uit God se hand. Baie dankie vir jou gehoorsaamheid dat jy jou beskikbaar stel om 'n positiewe verskil in andere se lewens te maak. Ek is van Namibia en 'n pastorie-moeder. Mag God vir jou en jou familie seen in alles wat julle doen.Chris van Wyk on 1 Petrus 5 – Versorg mekaar en wees voorbeelde vir mekaar Vertrou op die kragtige hand van God - inderdaad. Dit is wat ek vir jou bid.Chris van Wyk on Psalm 87 – Elke persoon wat God ken, is in Sion gebore Dit is my voorreg - die boodskap van dié Psalm bly vir my 'n intense vreugde: "Hierdie een is daar gebore!"Kobus Smit on Psalm 87 – Elke persoon wat God ken, is in Sion gebore Beste Chris. Met die lees van jou uiteensetting en kommentaar oor Ps 87 is ek diep getref deur die ontsettende stuk werk agter jou Bybelskool. Mag die Here dit magtig gebruik. Dankie dat ek dit ook kan benut. Groete. KobusJurie Venter on 1 Petrus 5 – Versorg mekaar en wees voorbeelde vir mekaar Hi. Dankie vir vanoggend se boodskap. Het dit nodig gehad. Kry besoek van my ouderling (n vrymeselaar) vannaand en het nie geweet hoe om dit te hanteer nie. Vroegvanoggend gebid en toe ek my rekenaar aansit het die boodskap deur gekom. Dankie vir leiding. Groete in JesusMalan Nel on Inleiding op Jakobus Baie geluk en mag dit vir baie tot seën wees!Ekleer on Hebreërs 8:1-13 – Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond Sjoe - ek raak sommer opgewonde om so die woord te ondersoek! In die tempel het geen hoe priester 'n sitplek gehad nie, maar deur dat God Jesus uitnooi om te kom sit aan Sy regterhand (ps 110:1) beteken dat Hy Jesus as offer aanvaar het (Heb 10:12)Fanie van Emmenes on Jeremia 24 – Die ballinge van Juda is goeie vye Dankie Chris vir hierdie insig gewende stukkie. Dit laat 'n mens net weer besef dat die ou Formuliere van Eenheid soos die Dortse leerreels, wat jy aanhaal, nog net so relevant is vir ons in 2014. Groete FanieChris van Wyk on Hebreërs 3:12-4:13 – Waak daarteen dat geeneen van julle van die lewende God afvallig word nie Ek hou van die manier waarop William Lane dit sê: "<em>If those who have enjoyed a full and authentic Christian experience should then fall away, a renewal to repentance is impossible</em>" (Word Biblical Commentary: Hebrews 1-8). Let op die "<em>if</em>" en die "<em>should</em>", want die skrywer dink nie só iets is regtig moontlik nie. Hy sê wel: "<em>Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring, aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak,</em>" (Hebr 6:4-6 in BDV). Hoekom sou ons dit só erg wees, as 'n mens ter wille van die argument sou bedink? Want dit sou beteken dat die lewende God aktief teengestaan word. Maar, dit is iets wat eintlik nie kan gebeur nie. Daarom sê die skrywer: "<em>Maar selfs wanneer ons só praat, geliefdes, is ons, wat julle betref, oortuig van beter dinge wat betrekking het op verlossing.</em>" (Hebr. 6:9). Die Dordtse Leerreëls sê daarom die volgende: <ul> <li><em>Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: </em>Nie elke uitverkiesing tot saligheid is onveranderlik nie, maar sommige uitverkorenes kan verlore gaan en gaan inderdaad ook vir ewig verlore, nieteenstaande enige besluit van God. <strong>Die Sinode leer:</strong> Met hierdie growwe dwaling maak hulle God veranderlik en vernietig die troos wat die vromes uit die vastigheid van hulle uitverkiesing put. Ook weerspreek hulle die heilige Skrif wat leer dat die uitverkorenes nie verlei kan word nie (Matt 24:24); dat Christus almal wat deur die Vader aan Hom gegee is, nie sal verloor nie (Joh 6:39), en dat God die wat Hy vantevore verordineer, geroep en geregverdig het, ook verheerlik het (Rom 8:30). (Hoofstuk 1, Verwerping punt 6)</li> <li>Wanneer hulle so in die sonde val, bewaar God eerstens in hulle sy onverganklike saad waaruit hulle weergebore is, sodat dit nie vergaan of vernietig word nie. Tweedens vernuwe Hy hulle deur sy Woord en Gees seker en kragtig tot bekering. Die gevolg is dat hulle oor die sondes wat hulle gedoen het van harte en volgens die wil van God berou het en deur die geloof, met 'n gebroke hart, vergifnis in die bloed van die Middelaar begeer en verkry. So besef hulle weer die genade van God wat nou met hulle versoen is, aanbid hulle sy ontferming en trou om daarna met groter ywer hulle eie heil met vrees en bewing uit te werk.(Hoofstuk 1, Verwerping punt 7).</li> <li><em>Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer:</em> Die ware gelowiges en wedergeborenes kan nie alleen heeltemal en onherroeplik uit die regverdigende geloof, die genade en saligheid uitval nie, maar val inderdaad ook dikwels daar uit en gaan vir ewig verlore. <strong>Die Sinode leer:</strong> Hierdie opvatting maak juis die genade van die regverdiging en die wedergeboorte en die voortdurende bewaring deur Christus kragteloos. Dit is ook in stryd met die nadruklike woorde van die apostel Paulus: As Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was, veel meer dan sal ons, noudat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn (Rom 5:8,9), en van die apostel Johannes: Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore (1 Joh 3:9). Net so is dit in teëspraak met die woorde van Jesus Christus: Ek gee my skape die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal: en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie (Joh 10:28,29). (Hoofstuk 5, Verwerping punt 3)</li> </ul>Elsie on Hebreërs 3:12-4:13 – Waak daarteen dat geeneen van julle van die lewende God afvallig word nie Besig met bybelstudie oor Hebreers, nou besig met 6:13 -20. Het die intermezzo soos beskryf deur Andrie du Toit moeilik gevind m.b.t. die waarskuwing dat iemand wat afvallig raak nie weer tot bekering kan kom nie.Chris van Wyk on Lectio Divina Die BDV vertaal: "<em>en Hy is verhoor uit sy angs</em>." Die Griekse woord <em>eisakouo </em>wat met "<em>verhoor</em>" vertaal is, word op ander plekke met "<em>luister</em>" of "<em>hoor</em>" en een keer met "<em>gehoorsaam</em>" weergegee. In dié konteks word dit met "<em>verhoor</em>" vertaal, omdat dit die betekenis dat God geluister het net na Jesus die beste oordra. God het op twee maniere hierop geantwoord: <ol> <li>Hy het Jesus die krag gegee om aan die kruis te volhard totdat Hy kon sê: "<em>Dit is volbring.</em>"</li> <li>Hy het ook Jesus uit die dood opgewek, waarmee Hy Jesus se vrees vir die dood nie net weggeneem het nie, maar sommer die dood as 'n verskrikking vir elkeen wat in Hom glo weggeneem het.</li></ol> <strong>God het dus inderdaad vir Jesus uit sy angs verhoor!</strong>Chris van Wyk on Kontak my Hi Annalize - jy rig 'n belangrike versoek waaroor ek 'n bietjie verder wil nadink. Jy soek 'n soort beginner lees van die Bybel, en ek gaan mettertyd iets in daardie rigting skep. Hier is solank 'n skakel om met <a href="http://bybelskool.com/johannes/" target="_blank" rel="nofollow">die evangelie van Johannes</a> te begin en dit met my begeleiding deur te lees. Dit gee vir jou riglyne vir jou leeswerk en 'n inleiding oor die evangelie van Johannes. Daarna vind jy al die skakels om dit hoofstuk vir hoofstuk deur te lees. Soos jy lees kan jy kommentaar lewer en ek sal antwoord, soos tyd my toelaat. Geniet!Tilla on Lectio Divina Hi Chris Gister in ons Bybelstudie het ons gesprek gegaan oor Hebr 4: 14 - 5:10. Ons het nie duidelikheid oor 5 vers 7 gehad nie: en Sy gebede is verhoor. Hy het dan aan die kruis gebid: Vader, as dit U wil is, laat hierdie beker by My verbygaan. Die gebed is nie verhoor nie, want Hy moes sterf vir ons. Gerda het in 'n preek gelees dat die verhoring van Sy gebed desnoods heenwys op die feit dat Hy die vrees vir die dood oorwin het. Kan ons dit so aanvaar en verstaan?Karen Strydom on Hebreërs 3:12-4:13 – Waak daarteen dat geeneen van julle van die lewende God afvallig word nie Dit is vreesaanjaend om te dink slegs 2 uit 12 mense het werklik God se leiding vertrou om die land inbesit te kan neem. Dis amper 'n refleksie op die persentasie mense wat vandag WERKLIK God so in hulle lewe vertrou dat hulle elke dag in Sy vrede en rus leef omdat hulle Hom in gehoorsaamheid vertrou. Die impak van gehoorsaamheid aan God is deur die eeue heen bewys as enorm vir die een wat dit doen, al dan nie.Annalize on Kontak my Hi Chris waar begin ek die Bybel lees en leer .Ek weet nie waar om te begin nie en ek wil graag dit reg doen gee asb vir my riglyne.Chris van Wyk on Riglyne vir Bybelstudiegroepe en Bybelskole 1. Ek het geskryf oor Jesus wat met Jahwe van die OT in verband gebring kan word. Lees dit hier: http://bybelskool.com/jesus-en-jahwe/ dan gesels ons weer. 2. Apostel beteken Gestuurde. Jesus is dus die Gesagvolle Gestuurde van God wat ons kan begelei om Hom te ken en saam met Hom God se heerlikheid in te gaan. Hoëpriester (Groot Priester) beteken die belangrikste een wat tussen ons en God staan, vir ons versoening doen, sowel as vir ons intree. Dit sal nog verder uitgespel word in die boek. Oor die skywer het ek in die inleiding geskryf: "Die name van onder andere Barnabas, Apollos (Luther se voorkeur), en Silvanus (Paulus se medewerker) word deur van die ou kerkvaders en geleerdes deur die eeue voorgestel as skrywers, maar geen historiese sekerheid is daaroor moontlik nie. Sommige stel ook Paulus se medewerker Priscilla voor (Hand 18; Rom 16:13; 1 Kor. 16:19; 2 Tim. 4:19 – in die laaste drie tekste word sy eintlik Prisca genoem; Priscilla was ’n verkleinwoord van haar naam). Maar, volgens hfst. 11:32 was die skrywer manlik, afgelei uit die manlike vorm van die deelwoord: “om te vertel” in Grieks wat na die skrywer verwys."Tilla Olivier on Riglyne vir Bybelstudiegroepe en Bybelskole Gisteraand se gesprek by die Bybelskool was leersaam en sinvol, baie dankie. 1. Jy verduidelik by Hfst 1 God se Seun se pre-eksistensie, en dat die Seun Medeskepper was. Dit verwar my. Hoe was Jesus dan betrokke en daar tydens die Skepping, as hy later eers in Bethlehem gebore is?? 2. Ek en Eben gesels en het elkeen ons eie seinings van wat Apostel beteken, en wat Hoepriester beteken, maar sal graag die ware, suiwer verduideliking daarvan wou hoor. 3. In Hebr hfst 1 tref God se eienskappe my weer: - Onverganklikheid (Ewig) (v 8 & 11); - Regverdig (v 8 & 9); - Majesteit (Koning) (v 9) - Ewig (v 11) - Onveranderlik (v 12). In my Bybel het ek by ‘n vorige keer geskryf is Priscill, vrou van aquilla wat die brief geskryf het. Ek weet nie wie dit vir my vertel het nie. Maar ek aanvaar wat jy dink dat dit ‘n man is – watter versie verwys daarna Jou uiteensetting oor hfst 1 maak die status van die Seun en die situasie vd engele mooi duidelik, thnx. Baie dankie, seen op jou werk!Chris van Wyk on Hebreërs 1 – God praat met ons deur sy Seun Ek gebruik meesal die BDV - Bybel Direkte Vertaling. Oor 1) Die NAV vertaal: "Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God." Die OAV vertaal nader aan die oorspronklike: "Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese." Die Griekse woord is apaugasma (word net hier in die NT gebruik) wat beteken "gereflekteerde lig" of "skynsel" of "luminous" of "radiance", amper soos 'n vuurvliegie of gloeiwurm of "glowstick" se gloed. Eugene Peterson vertaal in The Message: "This Son perfectly mirrors God, and is stamped with God’s nature." Jesus is dus die lig van God wat ons kan waarneem. Hulle is dus dieselfde in terme van hulle wese of substansie, maar verskillend in persoon. Oor 2) ja, hulle word ingespan in God se hulp aan gelowiges, maar het ook breër funksies, bv. in die natuur.3ekleer on Hebreërs 1 – God praat met ons deur sy Seun Hallo Chris, kan jy dalk net laat weet water vertaling jy gebruik? 2 opmerkings 1)...NLV sê vers3 "Die Seun weerkaats God se heerlikheid" dus geen verskil tussen Hom en God ...2) engele spesifiek gestuur vir mense wat gered gaan wordChris van Wyk on Byeenkomste in Somerstrand gemeente Hi Magda - my gesprek in Somerstrand is nie op skrif nie en gefokus op die bydraes en vrae van die groep wat dit bywoon. Van die temas hanteer ons by ons eredienste wat wel op ons <a href="http://www.somerstrandgemeente.co.za" title="Somerstrand Gemeente" target="_blank" rel="nofollow">webtuiste</a> gepubliseer word. Die eerste een was verlede Sondag en het oor <a href="http://www.ngkerksomerstrand.co.za/gawes-hebreers-21-4/" title="GAWES - Hebreërs 2:1-4" target="_blank" rel="nofollow">gawes</a> gehandel. Die volgende vyf Sondae praat ons oor leer (dogma), ongeloof, doop, gewete, en geloofsekerheid.Magda on Byeenkomste in Somerstrand gemeente Chris, Ek woon in Pretoria en kan dus nie joubyeenkomste bywoon nie. Sal dit vir jou moontlik wees om dít wat jy hanteer met die groep, op internet of e-pos beskikbaar te stel? Ons sal baie graag wil deel daarin en leer daaruit. GroetnisChris van Wyk on Inleiding oor die boek Daniël Dankie, André. Dit bly 'n voorreg vir my om in my eie besigwees met die Woord ook ander saam met my op reis kan neem.André on Inleiding oor die boek Daniël Baie dankie hiervoor. Ek het baie waarde hieruit geputChris van Wyk on Salwing in die Bybel Salwing is net 'n <strong>simbool</strong> van wat God doen.manual on Salwing in die Bybel Ek verstaan nog nie die SALWING nie.... beteken dit wonders? Of is dit net om te salfChris van Wyk on Salwing in die Bybel Regdeur die Bybel word salwing meesal deur gesalfdes gedoen, dws mense wat aangestel of erken is as mense wat ander kan salf. Bv. profete of leiers, wat self gesalf of aangestel/geroep is vir die taak wat hulle uitvoer (Moses, Elia, Elisa ens.), wat ander salf vir hulle roeping. Jakobus sê bv. in die NT dat ouderlinge, dws mense wat deur die geloofsgemeenskap verkies is tot 'n meer amptelike funksie van opsig en versorging, 'n besondere taak in gebede vir siekes het, wat met salwing gepaard kan gaan: "As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. "(Jak. 5:14). Maar, daar is uitsonderings, soos Maria van Betanië wat Jesus met nardusolie gesalf het met die oog op sy begrafnis (Joh. 12). Sy was een van sy vertrouelinge en vriende wat 'n besondere voorbereidende rol gespeel het in sy pad na die kruis, die hart van Jesus se selfverloënende pad om ons te verlos van ons sonde. Hoe weet jy dit is opreg? Wanneer dit duidelik blyk dat dit in gehooraamheid aan God gedoen word, bv. deur die belofte van die Here aan te gryp (Jak. 5) of deurdat dit binne 'n spesifieke verhouding gebeur (Joh. 12), en uiteraard ook of dit deur die Here geseën word in die lewe van die "gesalfde".Jannie on Klaagliedere 3: “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop” Net vanaand vir n vriend gesê, bly hoop en droom en bid, en die Here sal vir jou goed wees al jou dae en aan jou gee wat jy na smag.Lindé on Salwing in die Bybel Kan enige iemand salf? En hoe weet jy as iemand jou salf of dit opreg is?Chris van Wyk on Salwing in die Bybel Die kort antwoord is nee. Niemand kan wegneem wat God gee nie.Alida Britz on Salwing in die Bybel Wil graag n vraag vrae... kan iemand jou salwing steel?Chris van Wyk on Ander temas Hi Barry Hier is 'n verduideliking van die waardes: <strong>Waarde 1 - Leerbaarheid</strong> Ons leer die wil van God ken deur sy Woord. Die boek simboliseer die Bybel. Die duif stel die Heilige Gees voor wat die Woord inspireer en bring na die mense. Sy uitgespreide vlerke simboliseer uitgestrekte vreugde in die Woord van God. Die groen agtergrond simboliseer die vrugbaarheid van die grond waarop die woord val. <strong>Waarde 2 - Vertroue</strong> Uit die lig van God wat die Woord vir ons bring (die geel sentral gedeelte) moet ons in liefde na mekaar luister. Die “mense” het God se woord/wysheid in hulle koppe. Die lywe simboliseer die teenwoordigheid van die vrug van die Gees. Die hartvorm simboliseer die liefde waarin hulle na mekaar luister. Die rooi agtergrond simboliseer liefde en aksie. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses. <strong>Waarde 3 - Deernis</strong> Hier simboliseer die mense ‘n eenheid wat in deernis (compassion/liefde) na mekaar luister. Die kring word nou voltooi deur die mense wat eerste geluister het en wat nou met ander deel. Die koppe is blou, want daar is vrede in hulle gemoed. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses. Die geel agtergrond simboliseer die rykdom van God se teenwoordigheid in die wêreld. <strong>Waarde 4 - Openheid</strong> Hier het die mense een geword in die rykdom en wysheid van God en gaan hulle vurig uit om dit wat hulle gehoor het diensbaar te deel. Dit is soos ‘n blom wat oopgegaan het en die openheid simboliseer waarin hulle optree. Terserfdertyd simboliseer die uitgaande pyle diensbaarheid in alle uithoeke van die wêreld. Die blou agtergrond simboliseer hier die kalmte in die kennis van God en sy Woord, soos ‘n see waarin ons rus omdat ons luister. Lees meer in hierdie dokument wat ook die grafika bevat: <a href="http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2014/08/Seisoen-van-Luister.doc" rel="nofollow">Seisoen van Luister.doc</a>Barry Fourie on Ander temas Graag verneem ek jou gedagtes oor die luistersiklus se 4 waardes 1Deernis 2Openheid 3Leerbaarheid 4Vertroue Groetnis BarryChris van Wyk on Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk Ek is bly dit beteken vir jou iets! Mark. 1:4: Johannes verwys hier in die algemeen na God, nie na Jesus toe nie. Mark. 1:10: Ons het hier verskillende weergawes van dieselfde gebeure in die evangelies. Markus en Matteus (Matt. 3:16) beklemtoon dat Jesus die Gees gesien het. Lukas vertel dat die Gees sigbaar neergedaal het, nie wie dit kon sien nie (Luk. 3:22). Johannes vertel vir ons dat Johannes die Doper ook die Gees sien neerdaal het (Joh. 1:32). As ons dit saamvat, het Jesus en Johannes die Doper die Gees se neerdaling gesien en daarvan vertel. Daar is ook 'n skraal moontlikheid dat ander dit gesien het. Die werking van die Gees in Jesus se lewe was egter vir almal sigbaar.Linda on Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk Pastoor, baie dankie. Ek het nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. Vanaand het Vader my voorwaar op hierdie pad gesit. Net weereens 'n bewys van God wat die opregte hart hoor: My gebed voor aanvang van vanaand se studie was dat Vader asseblief sal help met die studie. Hy weet mos ek sukkel om met Dr Heyns se Dogmatiek saam te werk. Vrae: In Markus 1:4 Verwys Johannes na Jesus as God of na God die Vader? Mar 1:10 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos ‘n duif op Hom neerdaal. HET NET JESUS DIT GESIEN, en dalk dit aan die mense vertel of hoe dan? Tot later dan Jesus liefde LindaChris van Wyk on 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied Die een helfte van die stam Manasse het op versoek aan die res van die volk hulself in ’n gedeelte van die Oos-Jordaangebied gevestig. Daarom is hulle die halwe stam van Manasse genoem. Die ander helfte van die stam van Manasse het sy erfdeel in die Wes-Jordaanland gekry, dus in die eintlike Kanaän. Hulle is die ander helfte van die stam van Manasse genoem. Jy kan in Josua 12 en 13 daaroor lees.Magriet on 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied Goeienaand wil graag weet hoekom praat die Bybel van die "halwe stam" van Manasse Dankie MagrietChris van Wyk on Psalms 73-89 Nog net die vyf wat op die webtuiste aan die bokant gelys word: Hooglied, Spreuke, Prediker, Jesaja, Johannes. Die ander sal wel met verdrag gedoen word, soos ek tyd daarvoor kry.Jurie Venter on Psalms 73-89 Is enige van die gedetes op e-books beskikbaar?Chris van Wyk on Die brief aan die Romeine Jou ervaring bevestig vir my die waarde van die Woord wat soos 'n huis word waarin ons woon. Die hele evangelie van Matteus draai bv. om die konsep van geregtigheid. Dit is die hart van die Bergrede, dit is waaroor die gelykenisse van Jesus gaan, dink aan die gelykenis van die werkers wat op verskillende tye gehuur is ensomeer: <a href="http://bybelskool.com/matteus/" title="Lees die evangelie van Matteus hier" target="_blank" rel="nofollow">Lees Matteus hier</a>.Annatjie Erasmus on Die brief aan die Romeine Hallo Chris, ons predikant het die afgelope Sondag uit Romeine gelees en die onderwerp van die geregtigheid van God het my so aangegryp dat ek dadelik na die kerk met pen en papier deur die hele Romeine gewerk het en al die verse wat oor die geregtigheid van God gaan, neergeskryf en die moontlike verskillende aspekte van die betekenis uit elke vers probeer verstaan en in konteks plaas het, ek wil voor die einde van die week by my predikant gaan sit en oor die verse gesels. Dis ewe skielik vir my asof die Here met die hele proses voor my kom staan het en ewe skielik vir my 'n nuwe verwysingsraamwerk kom gee het - dis nogal moeilik om dit regtig lekker te verduidelik maar ek het 'n nuwe besef van wat regtig saak maak gekry - en dit het my nuut laat kyk na die wereld rondom my - my belewing van die wereld rondom my is dat meeste mense dink dit wat in die koerante staan of in tydskrifte of wat of die tv nuus kom, ens belangrik is, die belangrikste is dat ons 'n begrip van konsepte soos die geregtigheid van God het en hierdie begrippe die hoekstene van ons lewe maak. In elk geval, ek was vroeg op vanoggend en het op News 24 van Oscar se besoek aan die klub gelees en toe lees ek sy verwysing na Frankl en dit vang toe my aandag en ek weet nie hoe dit toe verder gebeur het nie, toe besluit ek om my tablet nader te trek en gou te kyk of ek kommentare oor Romeine kan kry en so kom ek toe by jou blad uit - in elk geval ek dink dit sal baie beter met ons samelewing gaan as ons by 'n ware verstaan van God en Christus se karakters kan uitkom. Lekker dagAndre Kritzinger on Psalm 77 – O God, u weg is heilig Hierdie laaste frase is so diep: "Die sin van my lewe lê nie in die afwesigheid van nood nie, maar in die teenwoordigheid van God self. Daarin vind ek berusting." Oswald Chambers: "Die betekenis van gebed is dat dit ons by God uitbring, nie noodwendig by antwoordee nie."Chris van Wyk on Kontak my Hi Maruschka - ek het die volgende geskryf oor Hooglied 3:1-5 met die boodskap dat Hooglied hier vir ons sê: <strong>"Liefde kom tot sy reg binne families"</strong> Ek haal aan: "So pas het die vrou die hoop uitgespreek dat die man haar veilig sal laat voel in hulle liefde, dat hy haar vrees sal help besweer van die afskeid van haar ouerhuis. Nou worstel sy in haar droom/nagmerrie met haar eie behoeftes. Hoewel sy hom beskryf as die een wat sy liefhet, letterlik: “die een wat my siel liefhet” – dws die een aan wie haar binneste verkleef geraak het – wil sy nie, selfs nie in haar droom nie, onbehoorlik optree nie. Sy wil hom eers gaan haal na die geborgenheid van haar ma se huis, háár veilige ruimte. Dat sy hom na haar ma se huis bring, dra die betekenis van haar soeke na veiligheid, vastigheid, en aanvaarding, iets soortgelyks as wat ons lees van Isak wat sy vrou Rebekka by sy ma Sara se huis laat bly het (Gen 24:67), hoewel die rolle hier omgekeer is. Die vrou van Hooglied beskryf daarmee haar begeerte aan ouerlike goedkeuring van haar liefde. Sy het ‘n sterk behoefte aan die liefde van die man, maar sy het net so ‘n sterk behoefte dat dit nie onbehoorlik of onvanpas sal wees binne die konteks van haar familielewe nie. Die wagte wat die stad patrolleer is al op baie maniere metafories geïnterpreteer. Sommige dink daaraan as die samelewing se reëls, ander weer aan die beskerming van maagdelikheid (Garrett). In die lig van die geweldige prioriteit wat op maagdelikheid in Israel geplaas is, maak laasgenoemde vir my sin. Met die herhaling van die frase rondom die vroue van Jerusalem (ook in 2:7; 5:8; 8:4) lewer sy waarskynlik verder kommentaar op haar eie droom-behoeftes, dat die liefde nie ryp gedruk moet word voor die tyd daarvoor aanbreek nie. Dit dui aan die een kant op haar keuse teen die insluiting in die harem van Salomo, en aan die ander kant op haar keuse om die liefde net binne die veilige ruimte van familie-wees te geniet, soos dit met die huweliksluiting in die volgende perikoop moontlik word. Daar is ‘n hele paar ooreenkomste tussen dié gedig en die een wat ons in hoofstuk 5:2-8 lees – die verlange na die man, die soeke in die stad, en die verwysing na die vroue van Jerusalem. In hoofstuk 5 is die konteks egter haar aanvanklike weiering van die man se toenadering, en stel dit haar bloot aan verguising deur die wagte. Die ander gedigte wat daarop volg, sluit dan by dié soektog aan, maar daaroor later."Chris van Wyk on Matteus 25 – Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid, getrouheid en barmhartigheid O ja, en sommer 'n kort opmerking oor die "broers" waarvan hier gepraat word. Die algemene gebruik in die Griekse literatuur van daardie tyd was om die Griekse adelphoi as 'n versamelterm vir "broers en susters" in 'n familiekonteks te gebruik. Dit is dan ook wat Jesus hier bedoel met die term "broers". Hy praat van die hele familie van gelowiges, almal wat sy volgelinge is, mans en vrouens, seuns en dogters.Chris van Wyk on Matteus 25 – Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid, getrouheid en barmhartigheid Iemand vra my of die gelykenis van die skape en die bokke in Matteus 25 nie tog ook van die geringstes in die algemeen praat aan wie barmhartigheid bewys moet word nie? Daar is heelwat geleerdes wat dié teks só interpreteer, en wat dan verwys na ander Matteus tekste wat bv. oor vyande praat wat lief gehê en voor gebid moet word (Matt. 5:43). Maar dan lees hulle die betekenis van ander - weliswaar geldige - aksente in die Skrif in in 'n teks wat vir my gevoel 'n ander doel het. Daar is ook nog ander geleerdes wat dink dat Jesus eintlik hier verwys na die Jode - dws sy volksgenote - in onderskeid van die skape (Christene wat barmhartig is teenoor Jode) en die bokke (díe wat nie barmhartig is teenoor die Jode nie). Dit is 'n interpretasie wat egter vir my heeltemal vreemd is aan hoe ek die teks lees. Die teks sê: "wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers van My gedoen het, het julle vir My gedoen." Ek dink dat Jesus hier van die geringstes as deel van die gemeenskap van gelowiges praat, meer nog, dat Hy van die dissipels praat, dié wat Hy binnekort weer gaan uitstuur om die Groot Opdrag van evangelieverkondiging te gaan uitvoer. Ek dink 'n mens moet die teks dus nie te algemeen interpreteer nie, want dan mis jy die impak wat die teks op die dissipels gehad het wat hierna geluister het. Hulle het hier gehoor dat God mense (skape) sal gee om hulle te vertroos in hulle sending, en dat dié wat hulle in die proses ignoreer (bokke) die lewe sal mis. Hulle het ook gehoor dat hulle só teenoor mekaar moet optree. Dit korreleer dan ook met die uitsending van die twaalf vroeër in die evangelie waar die vrede wat God gee gebly het op dié wat ontvanklik daarvoor is, en dit het beteken dat hulle die dissipels met gasvryheid ontvang het. En dit beteken dat ons vandag ook meer moeite moet doen met kinders van die Here wat dit swaar het in hulle gehoorsaamheid ter wille van die Here Jesus. Daar is natuurlik baie ander gedeeltes in die Bybel wat praat oor vreemdelinge aan wie barmhartigheid bewys moet word, en vyande wat lief gehê moet word, wat genoegsaam sê dat barmhartigheid aan almal bewys moet word. Dit is immers hoe die Skrif God teken, wat vir almal goed is, die goeies en die slegtes. 'n Mens het nie Matteus 25 nodig om dít te kan sê nie. Matteus 25 het dus vir my 'n spesifieke boodskap van barmhartigheid aan die dissipels, binne die groter boodskap van barmhartigheid aan almal - selfs donkies van jou vyand moet uit die put gehelp word! Altans, dit is waar ek nou in my interpretasie is. Sal graag verder hoor hoe julle hieroor dink. Ek het verlede week 'n getuienis van een van ons lidmate gehoor wat vir my 'n Matteus 25 storie is. Ek haal my weergawe daarvan op ons Facebook bladsy vir julle aan ( https://www.facebook.com/ngkerksomerstrand): Wat sou jy maak as jy in gietende reën net na die dorpie Paterson ry en jy sien langs die pad drie jongmense met net die gesigte wat uitsteek onder hulle reënjasse? Een van ons lidmate, Cornell Lamprecht, het besluit om te stop al was haar motor vol van plante en honde op pad na hulle kleinhoewe in Riebeeck-Oos. Hulle storie het vir haar vreemd geklink. Die jongmense is daar met niks geld, klere of selfone nie, maar hulle volg die pad wat die Here hulle lei. Ma wat Cornell is, laai sy hulle egter in, en neem hulle saam, waar Manie, haar man, ook betrokke raak. Stadig ontvou die storie. Die jongmense is van Global Challenge in Jeffreysbaai, waar vorige lidmate van ons Marietjie en Johann McFarlane nie net by dié opleiding betrokke is nie, maar ook die skool bestuur. Ná 'n vinnige oproep na my toe en 'n gesprek met Johann blyk hulle storie waar te wees. Hulle is besig met die Lukas 10 projek. Hulle word in groepe uitgestuur en gaan waarheen die Here hulle lei. Die gemeenskap in Riebeeck-Oos het die vrede wat die jongmense gebring het, ontvang, en op die ou end het die hele gemeenskap 'n wonderlike naweek met die 3 jongmense gehad en is almal deur hulle geraak. Almal is die Sondag saam klipkerk toe waar Ds Murray sy dissipelskap preek onmiddelik aangepas het in Engels om die Botswana meisie te akkommodeer. Al drie was toe ook nie so jonk nie, omtrent 25 jaar oud, nagraads gegradueer en het al gewerk. Eric is eintlik n proponent van ons kerk! Hulle is op pad Suid Amerika toe. Eric is ook toevallig (Godsvallig!) goeie vriende met die McFarlane tweeling. Die Here werk voorwaar op merkwaardige wyses! Hulle het ook vanoggend 'n lift tot in Jeffreysbaai gekry saam met 'n plaaslike boervrou. Die volgende keer dat jy iemand langs die pad sien ... of iemand by jou huis aanklop ... onthou dié storie!Chris van Wyk on Jesaja – Lees, luister, leef – ePub En daar is 'n skatkis van woorde in die biblioteek wat God vir ons met al die boeke van die Bybel gegee het! Geniet!Carel on Jesaja – Lees, luister, leef – ePub Dit is net merkwaardig hoe die woord van God n mens telkemale onder alle omstandighede ,versterk en insig gee in jou lewe wanneer jy dit die nodigste het Groete en seenwenseCarol on Kontak my Baie dankie...sal gaaf wees as dit ook in gedrukte vorm verkrygbaar kan wees en sal op die uitkyk wees daarvoor. Sterkte en dankie vir al die moeite, tyd en energie wat hierin gegaan het en nog gaan.Chris van Wyk on Kontak my Op die oomblik is dit net in ePub beskikbaar. Binnekort sal ek dit ook in mobi vir Kindle publiseer. Ek is besig om te onderhandel met 'n uitgewer vir gedrukte kopieë. Maar die detail moet nog uitgesorteer word.Carol on Kontak my Is die Lees, luister en leef slegs in ePub beskikbaar of ook in boekvorm?Chris van Wyk on Matteus 6 – Jesus fokus op die lewe van geregtigheid 'n Paar verdere opmerkings oor die Ons Vader gebed. Sal graag wil hoor hoe julle hieroor dink. Die vierde bede: "Gee ons vandag ons daaglikse brood," kan op verskillende maniere verstaan word. Dit wentel om die verskillende betekenisse wat die Griekse byvoeglike naamwoord "epiousio" wat normaalweg as "daaglikse" vertaal word, kan inhou. * Epiousio kan as "daaglikse" brood verstaan word: "Gee ons vandag ons daaglikse brood." Dit is die normale manier waarop dit verstaan word, en maak sin in die lig van ander uitsprake van die Here wat sê dat ons ons nie oor die dag van môre moet bekommer nie. Dit is ook soos die manna wat net vir die dag wat dit gegee is, vars gebly het, behalwe op Vrydae wat dit ook tot die Saterdae gehou het. * Epiousio kan ook "bestaan" beteken. Dan kan ons vertaal: "Gee ons vandag ons bestaansbrood." Dit maak eweneens sin dat dit gaan oor die kos wat ons nodig het om van te lewe. Dit is soos Peterson dit dinamies vertaal: "Keep us alive with three square meals." * Epiousio kan ook "die volgende dag" beteken. Dan kan ons vertaal: "Gee ons vandag ons brood vir môre." Dit maak ook sin as 'n mens dit in die aand bid met die oog op die volgende dag. * Epiousio kan ook "toekoms" beteken. Dan kan ons vertaal: "Gee ons vandag ons brood vir/van die toekoms." Dit maak vir baie geleerdes sin, want dit beteken dat ons eintlik bid dat God se beloftes vir die toekoms vandag waar sal word. Die keuse is joune! Wat maak vir jou die meeste sin? Die vyfde bede se laaste deel is eintlik in die verlede tyd geskrywe. Ons bid dus dat God ons sal vergewe, soos ons ons skuldenaars vergewe "het", dws reeds in die verlede vergewe het. Dit is nogal belangrik in die lig van die waarskuwing in die volgende verse dat God met ons sal maak, soos ons met ander doen, spesifiek in terme van vergifnis. Die sesde bede: "Lei ons nie in versoeking nie", kan ook vertaal word as "Lei ons nie in ('n tyd van) toetsing nie" wat retories verstaan kan word as "laat ons nie sondig nie". Dit maak vir my baie sin, want God kan niemand versoek nie, en die gebed gaan mos eintlik oor die feit dat ons van God vra om ons digby Hom te hou, sodat ons nie afdwaal deur ons sonde nie. Die frase in dieselfde bede: "Verlos ons van die Bose," is 'n beter vertaling as "bewaar ons van die Bose". Dit gaan oor die verlange dat God finaal met die Bose sal klaarspeel. Die Bose (ponerou) kan ook onpersoonlik verstaan word, maar verpersoonliking maak vir my hier beter sin weens die bepaalde lidwoord wat daarmee saam gebruik word. Dit is ook hoe dit gebruik word in Matt. 5:39. Laastens, die byvoeging "Want aan U behoort ..." wat soms in later manuskripte voorkom, is waarskynlik liturgies bygevoeg, en kom uit 'n aanhaling uit die OT, 1 Kron. 29:11.Chris van Wyk on Matteus 16 – Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap Dankie Hennie - die droom bly steeds brandend om die 1189 hoofstukke in die Bybel deur te werk saam met 'n groter groeiende getal gelowiges reg oor die wêreld. Vandag was die 626ste hoofstuk wat ek geplaas het. Daar is egter nog heelwat oor! My gebed is dat die Here my die geleentheid sal gee om dit klaar te maak.Hennie Strydom on Matteus 16 – Jesus kondig sy eie kruispad aan as model vir dissipelskap Ek loof die Here vir die gawes wat Hy aan jou gee én jou werkywer waarmee jy op n besondere manier dissipel is. Die Here seën jou met gesondheid en krag vir elke dag.Chris van Wyk on Matteus 10 – Jesus motiveer en rus die twaalf dissipels toe om Sy bediening voort te sit Ek het 'n navraag gekry oor Matteus 10:29-31, die twee metafore oor die mossies en die hare op ons kop wat getel is. Hier is 'n bietjie meer daaroor: Vers 29-31 illustreer met twee metafore die nougesette aandag van God aan selfs die kleinste dingetjies wat in die wêreld gebeur. Die implikasie is dat niks God se aandag en soewereiniteit ontglip nie. Niks gebeur sonder sy medewete en betrokkenheid nie. Dit geld vir die voorsiening vir ons lewe (metafoor van die mossies) en dit geld vir bewaring van die gevaar van vyandskap en die dood (metafoor van die hare op die kop). Die eerste metafoor sê dat mossies wel min werd mag wees, die goedkoopste maaltyd van daardie tyd, maar dat nie een van hulle doodgaan sonder ons Vader nie. As Hy dan vir mossies sorg, wat min werd is, dan kan ons weet dat Hy baie meer sorg aan die dag sal lê in ons as sy kinders se lewe. Interessant: die Griekse woord wat daar gebruik word, en dinamies vertaal is as "'n sent" in die N.A.V weergawe, is eintlik 'n "assarion". Dit was min werd. Dié Romeinse kopermuntstuk, die assarion, was maar 1/16 van 'n denarius werd, 'n Romeinse silwermuntstuk, wat die minimumloon van dagarbeiders in daardie tyd was. In vandag se terme, as 'n minimumloon sê maar R100 'n dag is, was twee mossies verkoop vir R6,25. Die betekenis is dat God sal voorsien. Daarop kan 'n mens staatmaak. Die tweede metafoor - dat selfs die hare op ons kop getel is, moontlik 'n idioom uit daardie tyd (vgl. 1 Sam. 14:45; 2 Sam. 14:11) - word gebruik as argument dat God in alles by magte is om ons te beskerm van die (ewige) dood. Dit is belangrik om Lukas 21:18 hiermee saam te lees, want daar word die metafoor ook gebruik, maar in die konteks daarvan dat sommige van die dissipels wel doodgemaak sal word, ter wille van Jesus se naam (vers 16-17). Tóg sê Jesus: "daar sal selfs nie 'n haar van julle kop af val nie" (vers 18). Wat Hy dus bedoel, is dat selfs die dood ons nie van die liefde van God, sy sorg, en sy intense betrokkenheid kan skei nie. Wat dus ook al met ons gebeur, selfs wanneer slegte goed gebeur, ons is spesiaal vir God. En in dié konteks van Lukas 21 gebruik Jesus dié bemoedigende woorde om hulle aan te spoor: "Deur julle volharding moet jullle julleself red." Die doel van dié twee metafore in Matteus 10:29-31 is dus om ons vrees te besweer en ons vertroue in God se sorg en beskerming te versterk. Ons hoef nie swaarkry te vrees nie. Ons hoef nie vyande te vrees nie. Ons hoef selfs nie die dood te vrees nie.Chris van Wyk on Matteus 7 – Jesus fokus op die vrug van geregtigheid Vir diegene wat wonder, ek het dit darem reggekry om Matteus 7 se bydrae te plaas, al is die webtuiste meer af as aan. Lekker lees!Chris van Wyk on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Interessant. Jou gevolgtrekking is in die kol, die vertrekpunt debatteerbaar! Die 42 is nogal 'n probleem in dié geslagsregister. Ek het nie te veel daarvan gemaak nie, want dit is nie maklik uitsorteerbaar nie. Die eerste groep het 14 geslagte met Abraham bygetel, die tweede groep het 14 geslagte as 'n mens Dawid níé bytel nie, en die laaste groep het eintlik 14 geslagte nét as jy Jojagin wéér bytel. Een manier om dit op te los is om die ballingskap eintlik as 'n geslag te neem, maar dit is nie iets wat maklik aanvaar sal word nie. 'n Ander manier is om te aanvaar dat 'n geslag in die laaste groep uitgelaat is, sodat elkeen van ons hom- of haarself as dié geslag in kan tel! Maar, helaas, die oplossing bly my ontwyk sover.Chris van Wyk on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Dankie André - dit voel vir my asof ek dié keer net so 'n bietjie náder aan Matteus as evangelis kom. Ek geniet só die verskillende aksente en "eie stem" van die evangeliste wat met die lees en herlees gestalte begin kry.Alwyn du Plessis on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Ek raak seker van die spoor af as ek die drie geslagte indelings van 14 elk=42 wil herlei na Openbaring waar die 42 (3 en 'n halwe jaar) ook ter sprake is. Nou wil ek 42 'n aardse getal maak en dan se dat die 42 dui op die einde van die aardse koninkryke en dat die nuwe hemelse koninkryk nou aangebreek het. Skiet my nou behoorlik af op hierdie een. Dankie dat Bybelskool nou weer aan die gang is.Andre on Inleiding op die evangelie volgens Matteus Dis is lekker om die stof te lees en te herlees (al is ek daarmee vertroud). Ek sien uit daarna om Matteus (vir die hoeveelste keer in my lewe) saam jou te lees Chris. Die lees van die Evangelies bly altyd vir my 'n heerlike ervaring.Albert Willering on Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie Ek het 'n gedagte oor Jes.11 wat ek nog nie in 'n preek of geskrewe stuk gehoor of gesien het nie! Deur omstandighede was daar druk op my om die siening van die "Israelvisie" teen te staan. Om die rede het ek nader op die Skrif ingegaan. Ons sien vanaf vers 6 dat die evangelie verkondiging aan die heidene ( die wilde diere dws onreine diere) verkondig word.Die onreine diere word hier gesien as die heidene wat saam met die gelowige Jode in een kraal kom om die evangelie te beleef. ( psalm 23 ) en meerdere plekke in die bybel waar die HERE sy kind ( die gelowige ) lei en wei. In Hand.10 kry ons die verhaal van Cornelius wat 'n heiden was,maar deur die engel aangeraai word om vir Petrus te kry wat in Joppe was. Voordat die manne van Cornelius by Petrus aankom,kry hy van die HERE 'n gesig te sien van die groot laken met al die diere en voëls daarin. Daar was dus rein en onrein diere en voëls binne in die laken. Die gevolg was dat almal dan onrein was. Dan die stem van die hemel wat vir hom drie maal sê; "Wat God rein gemaak het,mag jy nie onheilig ag nie." Nou moet Petrus oor die drumpel van die onreine Cornelius gaan om die evangelie te bring. Die profeet Jesaja het dit deur die Gees van die HERE al eeuwe vantevore gesien. (Psalm 87)Chris van Wyk on 1 Johannes 2:1-27 – Leef met en in God se liefde in hierdie wêreld Daardie liefde vir alle mense is iets wat van God af kom. Ons het dit nie in onsself nie.Danila Barnardo on 1 Johannes 2:1-27 – Leef met en in God se liefde in hierdie wêreld Ek wonder altyd oor die herhaling van "medegelowige"; broer; suster in hierdie gedeelte.... wat liefgehê moet word. Dis baie maklik om 'n toegewyde kind van die Here lief te hê want hulle is sagmoedig en nederig en selfloos; sonder oordeel en kritiek. Wat van "alle" mense?Chris van Wyk on Openbaring 20 – Die oordeel oor die Satan baan die weg vir die bekendmaking van die mense in die Boek van die Lewe Jurie Jurgens skryf: Nog Skrifverwysings wat die interpretasie versterk dat die “vasbind” van die Satan reeds gebeur het Christus se eerste koms en nie erens in die verskiet nog gaan gebeur nie:- Mat 12:28-29. Hier se Jesus dat hy reeds “die sterk man” van die duiwels vasgebind het. Luk 10:17-19. Ek weet hierdie teks word dikwels gesien as die “oer” val van die Satan, maar hier is Jesus besig om te reageer op sy dissipels se verwondering dat “selfs die duiwels onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam” Joh 12:31. Jesus se die Satan sal “nou” uitgegooi word. Openb 12:7-9 vertel dat Satan verslaan is – en ons algemene interpretasie is dat dit met Christus se eerste koms na die aarde was.Andre Kritzinger on Opsomming van die boodskap van Openbaring Dankie vir hierdie "handige" opsomming!Chris van Wyk on Openbaring 20 – Die oordeel oor die Satan baan die weg vir die bekendmaking van die mense in die Boek van die Lewe Ja, en wat vir my interessant is, is hoe dit ook weer met Paulus se skrywe in Romeine 8 verband hou, waar hy sê dat die Skepping uitsien na twee goed: 1) dat die kinders van God bekend gemaak sal word, sodat 2) die skepping self van die verganklikheid vrygemaak sal word, waar dinge soos veroudering en die dood en die verydeling van die verval (entropie) van goed uitgewis sal word. Watter droom!Deon Kellermann on Openbaring 20 – Die oordeel oor die Satan baan die weg vir die bekendmaking van die mense in die Boek van die Lewe Baie insiggewendChris van Wyk on Openbaring 19 – Gelowiges jubel oor die bruilofsfees van die Lam en God se regverdige oordeel en uitwissing van die Bose Die Griekse voorsetsel kan vertaal word met <em>in </em>of <em>op</em>, soos jy in bykans al die ander vertalings sal sien, behalwe die NAV wat <em>by</em> het. Dit maak seker nie regtig 'n groot verskil nie, want die punt is eintlik net dat die engel van 'n plek van stralende heerlikheid en gesag sy opdragte gee. Almal moet luister. Die son is immers die lig en warmte vir alles wat leef en beef. En die engel gee van daardie posisie af sy opdragte.Gert Visser on Openbaring 19 – Gelowiges jubel oor die bruilofsfees van die Lam en God se regverdige oordeel en uitwissing van die Bose In vers 17 staan: "by die son". Jy praat van "in die son". Wat is die verskil?Chris van Wyk on Openbaring 18 – Die oordeel oor Babilon-Rome bring bevryding vir die kerk van die eeue Ek het die volgende navraag gekry wat ek graag hier beantwoord: * Na wat verwys die teken op die hand en die voorkop wat nodig is om te koop en verkoop, maar nie bestem is vir Christene nie. Beteken dit gelowiges het nie toegang tot of baie min benodighede nie. * Babilon word voorgehou as die stad van sonde. Nadat die stad geval het met die splitsing is alles verwoes en toe weelater opgebou. Word Rome not stees as `n stad van sonde gesien. * Die 12 stamme van Israel is volgens die Bybel God se premêre volk en word hulle weer teen die einde genome, wat wys God hou by Sy belofte. Maar wat nou van bv. Engeland, Duitsland Afrika en die res van die wêreld? My antwoord: * Die teken op die hand en die voorkop staan vir die denk- en werkvermoë van die mensdom wat in diens van die bose driemanskap geplaas word (Du Rand). Dit beteken dan ook dat dít die manier is waarop gelowiges van die ekonomie uitgesluit kan word, as hulle nie aan die heersende godsdienspraktyke wil deelneem nie, soos reg deur die eeue gebeur het in lande waar dit verbied word om die Here Jesus te dien en volg. Dit gaan dus oor pogings om gelowiges ekonomies te isoleer. Wie hierin insig het, kan planne maak om die dier se invloed minder te maak. * Rome en die Romeinse ryk is vir my die eerste vervulling van die betekenis van die stad Babilon, wat inderdaad vir die mense van Openbaring se tyd 'n konkrete betekenis gehad het. Maar enige ryk wat godsdienstig, polities, en ekonomies téén God en téén gelowiges se belange werk, kan ook met Babilon verbind word. So Rome is nie meer die stad van sonde nie, want hulle mag is lankal gebreek. * Die 12 stamme WAS God se primêre volk. Volgens die NT is die kerk nou die primêre volk van God (Gal 6:16). God hou te alle tyd se belofte dat as die Jode in Christus glo, word hulle in sy koninkryk en as deel van sy volk ingesluit. Maar, dit is nie waar vir hulle buite Christus om nie. Dit is ook hoe alle ander nasies ingesluit is in God se genade - in Christus.Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskap Interessant: ek luister vanoggend na Romeine 7 se laaste deel by pray-as-you-go.org wat eintlik dieselfde punt maak. "Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?" En dan die wonderlike versekering: "Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here." (ROMEINE 7:24,25)Alwyn on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskap Wonderlike boek van die Bybel. Dink daaraan: hoofstuk ses sluit af met 'n neerdrukkende vraag: Wie sal staande bly? Dan kom hoofstuk sewe onmiddellik met die wonderlike antwoord. Dankie Chris dat ons saam met jou deur Openbaring kan stap.Chris van Wyk on Openbaring 4 – God word as Skepper in die hemelse troonsaal aanbid Ek stem saam. Ons is geneig om te vlak te dink oor die liturgie in die erediens, so asof dit maar net uit 'n paar liedere en gebede bestaan. Die hemelse liturgie is die basis van alles wat bestaan. Vanuit die hemelse liturgie verlos God die heelal, sorg Hy dat reg geskied, sorg Hy dat sy koningskap regdeur alles wat bestaan gevestig en geëer word. Net so behoort ons eie liturgie ons bediening te struktureer. Die erediens is baie belangriker as wat ons besef. Dit is die sentrale energiepunt waar ons by God se werk op aarde ingesluit word IN ons aanbidding.Alwyn on Openbaring 4 – God word as Skepper in die hemelse troonsaal aanbid Elke keer as ek hoofstuk 4 lees en oordeink word dit meer aangrypend Hierdie wonderlike ervaring om te kan deel in die Hemelse erediens waar God in al sy heerlikheid die prediker is. Praise en Glory soos dit nerens anders as in die Hemel ervaar word nie.Chris van Wyk on Openbaring 2 – Bly getrou tot by die Wederkoms Ja, 'n mens het eintlik tyd nodig om elke brief in 'n aparte sessie te verteer, om só die betekenis daarvan kans te gee om diep in 'n mens se lewe te laat insink.Andre Kritzinger on Openbaring 2 – Bly getrou tot by die Wederkoms Dankie - dis weer eens so ryk en so vol dat ek dit nie in een sessie kan "verteer" nie. Seënwense vir Openbaring.Le-Deen on Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou Dit is hoekom ek die boek weer en weer en weer kan lees... Ekk streef om 'n vrou van Spreuke 31 te wees. Ek bid elke dag die Vader my sal help daarmee.Chris van Wyk on Bybelskool oor Spreuke Hier is die skakel na my leeswerk oor Spreuke 31: http://www.bybelskool.com/spreuke/spreuke-311-31-wyse-woorde-van-en-oor-n-knap-vrou/Le-Deen on Bybelskool oor Spreuke Ek het my lewe en hart 3maande gelede vir ons Vader gegee, my ginsteling vers in die Bybel is Spreuke 31 - Die Vrou in God se oe. Ek bid elke dag dat God my 'n Spreuke 31 vrou sal maak en iemand sal wees op wie my man en kinders eendag sal trots op wees. Ek persoonlik dink elke vrou moet daardie deel in die Bybel lees en sy sal besef waaroor die lewe regtig gaan en hoekom ons eindelik hier op Aarde gesit is. Die vrou in God se oe doen die mees amazing dinge. Mense dink dit is maklik, maar dit vat lank om te LUISTER SONDER OM TE OORDEEL, jy mag dalk nie hard op oordeel nie, maar God weet al jou gedagtes. AS JY SUKKEL DAARMEE, VRA GOD OM JOU TE VERGEWE EN NOG 'N BETER SPREUKE 31 VROU TE MAAK JY VERDIEN OM DIE BESTE TE WEES IN SY OE. Die man moet God in sy vrou sien, die vrou moet die man en haar gesin lei om God te aanbid, elke dag asof dit hulle laste is, dit is wat ons as vrouens so uniek maak!! Laatweet my asb as jy hom gelees het en wat dink jy. 🙂 He 'n super geseende dag.Chris van Wyk on Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina Dankie vir jou waardering!Koba on Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina Dankie vir julle tyd wat julle spandeer om mense soos ek wat nie altyd die Psalms so lekker verstaan nie, aan ons te verduidelik. Liefde Groete KobaChris van Wyk on Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 Ek is juis dié naweek besig om 'n boek oor Filippense te finaliseer wat ek, Frederick Marais, en Nico Simpson skryf met die oog op die Lydenstyd volgende jaar. Daar sal waarskynlik ook 'n preekreeks daaroor met PowerPoints verskyn vir gebruik dieselfde tyd. Die stof by <strong>Bybelskool.com</strong> is natuurlik ook gratis beskikbaar: http://www.bybelskool.com/category/filippense/. Ons het wel die eerste kwartaal 2012 'n reeks oor Filippense in die gemeente van Somerstrand - met die oorhoofste titel: Die Gees van Christus verander ons gemeente ... - gehad waarna julle sou kon kyk. Daar is 9 preke (1 kan ek nie nou opspoor nie) en 10 Kleingroepstudies: <ul> <li><strong>Preke oor Filippense:</strong> http://www.ngkerksomerstrand.co.za/?cat=90</li> <li><strong>Kleingroepmateriaal oor Filippense:</strong> http://www.ngkerksomerstrand.co.za/?cat=89</li> </ul>Hanlie Cronjé on Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 Dr van Wyk Die ring van Worcester, 7 gemeentes, het vanaf eerskomende Sondag 40dae oor Filippense. Ons het die stof op die webwerf afgelaai. Ons sal dit baie waardeer indien u enige bykomende stof het wat ons as inspirasie gebruik. Sterkte en sën op u werk. vallei groeteChris van Wyk on Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig Welkom! Jy kan ten minste op drie maniere oor die vervulling van profesieë dink: * dit kan <strong>gedeeltelik </strong>vervul word (Hebr. 11:39 - praat daarvan dat sommige gelowiges "nie verkry wat beloof is nie", waarmee Daniël se drie vriende ook rekening hou dat God kán red, maar nie noodwendig sál red nie - Dan. 3), * dit kan <strong>meervoudig </strong>vervul word (Jes. 7:14 - die geboorte van Hiskia was waarskynlik die eerste en ook gedeeltelike vervulling, Jesus die tweede en volledige vervulling) * dit kan <strong>simbolies </strong>geïnterpreteer word (Jes. 60:3 "Nasies kom na jou lig toe" wat vervulling kry in die Pinkstergebeure van Hand. 2 en verder aan). Dit kan jou help om die eerste 3 vrae te antwoord. * Die terugkeer was gedeeltelik, selfs ná die ballingskap in Serubbabel se tyd - Ester het bv. nog saam met haar mense in Susa agter gebly en 'n belangrike rol in die lot van die Jode gespeel vanuit die vreemde. * En die terugkeer het meervoudige vervullings. Elke keer wat Jode terugkeer na hulle land is daar 'n mate van vervulling van dié Jesaja beloftes, ook in 1948. Of hulle dit omhels as God se pad vir hulle is 'n ander vraag. * En die terugkeer belofte het ook 'n simboliese betekenis wat onder andere in die beloftes van Openbaring vervul word. Die ontvangs van die goud en silwer moet waarskynlik in die lig van die Eksodus verhaal se soortgelyke ervaring geïnterpreteer word. God het deur Moses die volk beveel om silwer en goud van hulle bure te eis twv gelykstellende geregtigheid sodat hulle kan oorleef op die trek (Eks. 11:1-3). Dit is dus 'n prentjie van God se gelykstellende geregtigheid. Hy maak alles reg by die Wederkoms. Oor die duisend jaar van vrede. Ek sal eerder na Openbaring kyk om daaroor uit te wy, want Jesaja praat net gedeeltelik daaroor. Ek gaan juis in die vierde kwartaal hierdie jaar Openbaring behandel, so ek sal dan meer uitbrei. 'n Mens kan meer letterlik daarna kyk soos die millenialiste dit doen óf vóór die wederkoms óf daarná. Of jy kan meer geestelik/allegories/simbolies daarna kyk. Maar dit sal ook altyd insluit dat die boodskap van die duisend jaar van vrede vir die eerste gehoor reeds iets gesê het ... en vir ons. Maar meer daaroor later. Oor Jes. 60:16 Dit is 'n prentjie van versorging wat gedeeltelik en meervoudig deur die verhale van Ester en haar man koning Ahasveros (Xerxes) se opvolger seun Artasasta (Artaxerxes) se goedgunstigheid teenoor Nehemia vervul is. Oor Jes. 60:18 Jy is reg, maar dele daarvan kan ook vandag vir ons vervul word.Marelize on Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig Ek is tans besig met Jesaja, en kom nou, in hfst 60 eers op hierdie webwerf af! Soveel vrae. 1) 'n Mens hoor dikwels dat Israel (volk) sal terugkeer na hul land - sommige glo dis tans besig om te gebeur - verwys hierdie gedeelte daarna? 2) Is hierdie gedeelte vervul in Israel se terugkeer na hul ballingskap? Dit "voel" nie so nie, omdat Nehemia en Esra getuig van baie probleme... 3) Dui hierdie gedeelte op die Nuwe Jerusalem waarvan Johannes in Openbaring praat? Maar dan gaan ons mos nie die aardse goud en silwer by die heidense volkere ontvang nie? 4) Sommige kommentare reken hierdie gedeelte verwysna die duisendjaar vredesryk - enige repliek? 5) Wat is die betekenis van v 16? 6) Met verwysing na v 18 en andere wat dui op vrede ongekend, lyk dit tog nie of hierdie 'n aardse vervulling kan hê nie, maar spesifiek na die hemelse, die ewige verwys - is dit so? Baie dankie...Chris van Wyk on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Nee, ek weet nie, maar miskien weet een van ons lede. Vra ook by facebook.com/bybelskool.Samantha on Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com Hi ek is opsoek na n bybelkunde handboek vir die ou syllabus asseblief. Weet Udalk waar ek een kan kry asseblief. Dis dringendChris van Wyk on Oor my O ja, en gebruik Wordfence vir sekuriteit. Dit gee jou ook 'n goeie oorsig van wie jou blog besoek, en jy kan daarmee ongewenste mense uit hou. Dit het selfs 'n Firewall, maar wees versigtig hoe hoog jy die sekuriteit stel.Chris van Wyk on Oor my Gebruik Akismet. Dis briljant en gratis. Kry 'n ander adres, bv by gmail, en wys dit daar. Of gebruik 'n vorm in Wordpress waarmee mense met jou kan kommunikeer sonder om jou adres te sien. Contact Form 7 werk lekker.Chris Visser on Oor my Hi Chris, jammer om n besige man te steur; Kan jy dalk raad gee; Ek skep n Blog op WordPress (sien skakel-adres) Ek soek raad uit jou ervaring met twee vrae: 1) Watter raad het jy vir die baie Scam wat ek in my comments ontvang, en ek is nog nie eers aan die gang nie. 2) Is dit wys om jou eposadres op jou Blog te gee?Chris van Wyk on Kontak my Borgstaan beteken om in te staan vir iemand as dié in die skuld kom. Dit is nie dieselfde as leen nie, maar die beginsels geld ook daarvoor. Gee eerder as borgstaan/leen. Ek het eintlik in Spreuke 6 meer daaroor geskrywe: http://www.bybelskool.com/spreuke/spreuke-61-19-leef-met-oorleg/. Ek haal 'n deel daaruit vir jou aan: 6:1-5 – Wees versigtig met verbintenisse aan vreemdes Die eerste vermaning het met borgstaan vir vreemdes te make. Dié tema sal nog ’n paar keer aangeraak word in Spreuke (11:15; 20:16) selfs ook wanneer dit nie met vreemdes verband hou nie, maar met enigiemand wat in die skuld is (22:26). Die punt wat die pa aan sy seun maak, is dat hy versigtig moet wees aan wie hy hom verbind, veral uit die hoek van die mag wat ander dan oor jou kan hê. Sy pa wil hê dat hy vry moet wees van verpligtinge wat vanweë ander se dwaasheid op hom gelê kan word. Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens vir iemand anders iets kwytskeld of as ’n geskenk gee nie. Dit het die pa reeds in sy vierde lewensles vir hom geleer, dat hy nie ’n weldaad moet weerhou van iemand wat dit toekom nie (3:27-28). Borgskap van vreemdes het egter net só ’n inherente gevaar van misleiding, waaraan die pa sê ’n mens jou net nie moet blootstel nie. En as dit wel gebeur het? Wel, doen alles in jou vermoë om daaruit los te kom! Soebat, pleit, selfs al kos dit jou ’n nag se slaaploosheid, sorteer dit uit!rina on Kontak my Ek wil graag weet wat word bedoel in Spreuke 11 vers 15 met borg staan,sou dit beteken dat daar nie geleen moet word nie?Andre on 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal Wat 'n verrassing om sulke diep insigte, diep geestelike lesse uit Kronieke te leer. Loof die Here!Chris van Wyk on 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … Hi Elize - weeklaag is 'n intense droefheid oor iets waaraan jy uiting gee deur jou emosies (huil of kla of kerm) of deur een of ander handeling of gebaar (klere skeur of stof op die kop gooi). Open. 18:19 praat bv. van 'n geween en geweeklaag wat waarskynlik trane en gebare insluit. Die woord rigter en die woord regter is eintlik presies dieselfde woord in Hebreeus - šōp̱ēṭ. Engels vertaal die Hebreeuse woord immers met "judges". Die konteks sê vir jou watter vertaling om te gebruik. n Rigter was 'n (veral militêre) leier (Rigt 2:16) van die land wat soms ook regsfunksies uitgeoefen, soos bv. Debora in Rigt.4:5 wat 'n profetes en regter was wat toe die nood begin druk as rigter opgetree het. 'n Rigter was dus baie keer ook ook 'n regter. 'n Regter was weer iemand wat uitspraak in konflik, geskille of misdaad gegee het, en nie noodwendig 'n rigter nie. Soms is daar amptenare hiervoor aangestel, maar die konings het altyd ook regsfunksies uitgeoefen, en die profete, priesters, Leviete en familiehoofde het ook baie keer as regters opgetree (Deut. 17; 2 Kron. 19).Elize du Plessis on 1 Samuel 7 – Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red … "Agter die Here aan geweeklaag." Wat is die weeklaag? Is dit 'n huilklaag? 'n Intense klag? Kan 'n rigter dieselfde betekenis hê as 'n regter? Kan 'n rigter ook 'n regter genoem word?Chris van Wyk on 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap Dankie! Ek lees vanoggend in 2 Kron. 14-16 dat toe Abia se seun Asa hom opvolg, Asa gedoen het wat goed en reg is <em>in die oë van die Here</em>. Dit het sy volk só geïnspireer dat die Kronis kan skryf: "<em>Dit was vir hulle 'n vreugde om na die Here te vra, en Hy het Hom deur hulle laat vind!</em>" (2 Kron. 15:15). Geen wonder dat die Kronis dan juis daardie wonderlike teks munt: "<em>Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou</em>." (2 Kron. 16:9). Terloops: 'n paar Psalms het ook dié gedagte, soms in 'n negatiewe betekenis - bv. Ps 14:2; 33:14 - maar ook soms in 'n positiewe betekenis soos hier: bv. Ps 106:44. Jesaja praat ook 'n keer daarvan dat die Here sy oë juis sal toemaak vir gebede van dié wat nie doen wat Hy vra nie - Jes 1:15. Habakuk sê, God se oë is te rein om te kyk na wat verkeerd gedoen word, want dit noop Hom om op te tree (Hab 1:13). Interessant genoeg word die funksie van sien aan die gerubs gekoppel. Hulle lywe, rûe, hande, en vlerke en selfs hulle 4 wiele (wat dit ook al mag simboliseer!) "<em>rondom vol oë</em>" soos Esegiël dit in sy gesig beskrywe (Eseg 10:12).Herman Grobler on 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap Chris, hierdie is vir my weereens so kosbaar, veral vir twee opmerkings wat jy maak. 1)"Daarmee relativeer hy sy eie koningskap en verklaar sy eie onderdanigheid aan die Here. Iets wat ons gerus kan navolg in ons eie manier van lewe." Om ons eie onderdanigheid/afhanklikheid aan die Here 'n werklikheid te maak, is soms moeilik, want ons hardloop so met ons eie vermoë en selfvertroue. 2) En hoe dikwels verstaan ek “met julle hele hart” (die setel van denke en besluite, nie emosies nie) juis as emosies en in plaas van as denke en besluiteneming! Dankie! HermanChris van Wyk on Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk Interessant! So is daar verskillende brille wat ons kan gebruik om die betekenis verder te ontgin.Machiel on Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk Dit is waar maar is dit nie ook die korporatiewe gebed vir Christene, die kerk en die kerk se roeping nie? Wanneer ons egter v6-21 nader bekyk merk ek ook 'n individuele geestelike groeiproses op. 1) V 6: die dissipels het hul 'bekering' "ter harte geneem", 2) v 8: "tot oortuiging gekom" m.a.w. die Heilige Gees het dieper inspraak gekry en Christus word as die ware Seun van God erken, 3)v 10: die dissipels wy hulle aan Christus (heiliging) sodat Christus nou deur hulle verheerlik kan word (Nie regtig vroeër nie want die nou is Christus 'in' hulle). Dit dui ook op karaktervorming wat moet plaasvind in die groeiproses wanneer die Heilige Gees Sy werk in die mens kan doen. 4)v 19 Christus het Homself geheilig sodat die dissipels geheilig kan word. Nou-eers kan hulle met hul werklike roeping begin (v 21).Chris van Wyk on Kontak my Johannes Calvyn het drie doelstellings aan die vas gekoppel: lewensdissipline, gebedsvoorbereiding of (‘n vorm van) skuldbelydenis. Vas was vir hom meer ‘n saak vir die geloofsgemeenskap as ‘n persoonlike saak, en dit gaan daarom met openbare gebed saam (bv die voorbeeld van Antiogië). Vas is ook nie net weerhouding van kos nie, maar kan ook beteken dat jy min en lig eet, om te kan bid. Calvyn het ook op drie gevare van vas gewys: uiterlike vertoon, verdienstelikheid, en gewetensdwang. Lees meer by: http://wp.me/pZl58-1arTania on Kontak my Goeie dag, enige lees materiaal oor vas? Ek wil graag weet, is vertel dat alle vasse dieselfde deurbrake verskaf, maar waarom is daar dan verskillende vasse? Kan mens dus enige vas volg, of is daar spesifikie vasse vir spesifike deurbrake...? Baie dankie.christine on 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God Hi, Dawid se uitbundige vreugde toe die Ark terug gebring word het ten diepste gegaan oor die feit dat dit God teenwoordig beteken het. Dit sê vir my dat ons lewe net so gekenmerk moet word met vreugde, lof en aanbidding oor die feit dat Sy Gees in ons woon en ons Sy teenwoordigheid elke oomblik kan beleef.christine on 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid Hi, geslagsregisters het i 'n baie belangrike gespeel in Israel se geskiedenis. In my jong dae was dit amper 'n algemene gebuik by my pa en oupa as iemand aan hulle voorgestel word om na aanleiding van hulle van uit te vra vanwaar kom jy, van wie is hy familie is. In sommige Bybels was daar selfs 'n familiestamboom gehou. Dat Israel die pad wat die Here met hulle geloop het moes onthou om geinspireer te word om die pad vorentoe ook met Hom te loop is vir 'ons ook belangrik: bv: jou doop,toe jy belydenis van geloof afgelê het, die beloftes wat jy gemaak het toe jy 'n getroud is, as ouer met die doop van 'n kind.Dan doodgewoon hoe Hy jou gelei het in jou alledaagse maar lewe en geseën het met nuwe insigte.Om te onthou om te onthou is vir my as gelowige 'n versterking van my geloof. Bewyse van die Here se getrouheid en dat ek Sy kind is en altyd sal bly tot die einde.Chris van Wyk on Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles <strong>Oor die Tien Gebooie: </strong> Jesus bevestig in die NT die geldigheid van die Tien Gebooie met sy opsomming daarvan in die twee liefdesgebooie: "28 Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle ’n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: “Wat is die heel grootste gebod?” 29 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ 31 Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.” (Mark 12:28-31). Trouens Jesus verdiep die tweede gebod in Johannes 13:34 deur te sê dat ons nie net ons naaste SOOS ONSSELF moet liefhê nie, maar SOOS HY moet liefhê. <strong>Oor die Tiende: </strong> Die Tiende is nie opgehef in die NT nie. Jesus sê aan die Fariseërs dat hulle die tiende gee, maar die belangrikste nalaat, geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Maar dan sê Hy die volgende: "Juis hierdie dinge moet ’n mens doen en die ander nie nalaat nie." (Matt 23:23). Daar is egter 'n ekstra dimensie wat bykom, dit is die gedagte van 'n dankoffer wat na vermoë gegee word. <strong>Francois Cillié</strong>, voormalige saakgelastigde van die Wes-Kaap sinode van die NG Kerk, sê in 'n artikel in Kruisgewys (www.gemeentes.co.za) die volgende hieroor: * Die Bybel sê dat ons ons talente en besittings moet gebruik om vir ons gesinne en families te sorg (1 Tim. 5:4), behoeftiges te help (Matt. 25:34-40, Luk. 10:30-37) en om die Here se Koninkryk te laat kom(2 Kor. 9:4-18, Fil. 4:10-20). * Die Bybel bied riglyne van hoeveel ’n mens behoort te gee sodat die Here as “eienaar” van alles erken word. Die Ou Testament bepaal ’n tiende en meer. Die Nuwe Testamenthef nie die vorige bepaling op nie (Mat. 23:23), maar gee ’n bykomende riglyn: “Elkeen moet volgens sy vermoë gee.” (1 Kor. 16:3). Dit kan dus selfs baie meer as ’n tiende wees! * Daar is tog ook ’n bevrydende Woord: “As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help.” (2 Kor. 8:12v). Dit herinner mens ook aan die weduwee wie se offer van twee geldstukkies in Jesus se siening, die meeste was omdat sy “alles” gegee het as teken van haar vertroue op die Here! (Mark. 12:41v). * Sommige gelowiges is bang dat hulle sal skade ly as hulle vir die Here gee. Die teendeel is egter waar. Kyk byvoorbeeld na die volgende beloftes wat verbind word aan ruim gee in Maleagi 3:10: “Toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.” [Dis die enigste plek in die Skrif waar God die mens uitdaag om Hom op die proef te stel!] In Korinthiërs 9:7v staan: “God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.” [Daar is seker nêrens anders ’n meer omvangryke belofte oor tydelike en geestelike oorvloed nie!] “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus” staan in Filippense 4:19. Hierdie beloftes van die Here is so waar en eg soos ons aanvaarding daarvan dat dit elke oggend lig word! * Daar is op die ou end net twee groepe mense op aarde: 1. Die wat sonder ’n verbintenis met die Here lewe – baie van hulle beskou hulself as eienaars – vir wie materiële dinge die hoogste prioriteit is; en 2. Die vir wie hulle verhouding met die Here prioriteit is – hulle wat as verantwoordbare bestuurders van alles wat die Here aan hulle toevertrou het, leef * Hulle besef die waarheid van Maartin Luther se uitspraak: “In ’n Christen se lewe is daar drie bekerings: die kop, die hart, die beursie. Die derde bekering is die teken van ware bekering.” Dat kerke en pastore dié gedagtes kan uitbuit, is seker so. Maar dan moet 'n mens jou maar hou aan die Bybelse beginsels self en dit wat Jesus self gesê het.Ruben on Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles Die tien gebooie is vir Israel gegee van God af. Ons kan kies om ook die tien gebooie toe te pas maar ek vind dat baie "charismatic" kerke gebruik versies in die ou testament soos Malachi 3:10 om geld uit hul gemeente te maak. Jusus het ons nie beveel om die tiendes te betaall nie. Jesus het klaar die prys vir ons betaal. Baie pastore. Vertel vir hul gemeente dat hoe meer hulle gee, hoe meer geseend sal hulle wees. So die mense gee hul tiendes alleenlik om geseend te word. Om meer geld te kry en hulle raak gretig. Ek glo ons kan geld gee vir die kerk as ons wil maar dis verkeerd van pastore om te preek ons MOET ons tiendes betaal. Nerens het Jesus gese ons MOET ons tiendes betaal nie. Ek dink baie van die charismatic pastore word beheer deur geld demone. Laat my asb weet wat julle dink. Dankie.Ninette Barnard on Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het Goeie more, Ek is opsoek na 'n Bybelkunde boek, met die titel van 'Julle moet mekaar liefhê'. Dink die boek is geskryf deur 'n Billy of 'n Berry. Kan glad nie onthou nie. Dis 'n ou kurrikulum handboek wat matrieks gebruik het vir Bybelkunde.Maolivier on Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak Ek wil by die Here se voete sit en leer (v 33), sodat ek meer insig kan kry en met meer verstandigheid kan optree. So die les oor “jou woorde” tref my vandag tussen die oe – ‘n geval van trek die skoen aan as hy jou pas! Ek het weer besef hoe belangrik my woorde en die uitwerking daarvan is! Dit kan maak of breek! Moet ek dan liewer stilbly as ek dit nodig vind om te praat, maar weet dat dit nie goed ontvang sal word nie? (soos met my kinders – hou opvoeding ooit op?) Ek glo aan oop kommunikasie en krop gewoonlik nie op nie, maar spoeg dadelik alles uit! Vandag het ek egter weer geleer om nie te vinnig en ondeurdag te praat nie, eers daaroor na te dink, God eers te raadpleeg en liewer ‘n sagte woord te uiter as ‘n vinnige, skerp woord! (v 1&4). Ek praat gewoonlik uit oortuiging van wat reg en nodig is en het vandag weer besef hoe die “self” en eie-ek daarin ‘n groot rol speel, want dis gewoonlik gebaseer op wat ek dink reg is, my mening, my perspektief! Dus moet ek Hom eers raadpleeg!! (eerder as uit my self reageer!) (Die eie-ek weer en weer kruisig!). Eers dink voor ek praat! (v 28) – nogal moeilik! En tergwysing en kritiek aanvaar en oorweeg om daaruit te leer! Dis ook nooit maklik nie. Maar mens moet positief daarna kyk: Want so kry ek meer insig en word ek meer verstandig in my optrede vorentoe! (v 5b: 32). En ek moet oorgegee aan die Heilige Gees lewe, sodat my woorde van Hom af kom, volgens Sy wil (v 9b). Nogal vir my moeilik vanwee my spontane en vinnige aard, maar dan Sy versekering dat Hy deur Sy HG in my, my sal help daarmee. Want hy hoor my gebed as ek daarvoor vra (v 29). Want wat hy meer waarde as die regte woord op die regte tyd! (v 23). Kosbaar!Chris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Ek antwoord graag op die webtuistepaddyjon46 on Hoe om Bybelskool.com te gebruik U inligting is insiggewend,ek is tans in opleiding en wil graag meer kontak maak om inligting te bekom,sal u my help indien nodig.Tilla on Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander Gister het ek die gedeelte op my eie deurgewerk en vandag eers na jou kommentaar daaroor gekyk. Dis vir my opvallend hoe eenders ons daaroor dink! Dis ook vir my duidelik dat daar 'n hoe premie geplaas word op opregtheid en eerlikheid in mens se lewenswandel! Jou vraag oor vers 32 het ek aanvanklik ook geinterpreteer as 'n toevlug na die dood in die hiernamaals by Hom (die Ewige Lewe). Maar jy het my aan die dink gesit en nou begin ek verstaan dat mens ook reeds hier in die lewe "dood" kan wees - as dit sleg gaan, jy pyn ervaar (fisiek of emosioneel of albei), verbitterd voel, ens - en Hy is dan ook mens se enigste toevlug en veilige vesting. Net Hy verstaan ons emosies heeltemal. En ja, Hy is ons Hoop! In die Silekunde en navorsing het ons al in my eerstejaar op Universiteit geleer van veranderlikes (variables), wat 'n invloed het op 'n situasie en die navorsing daarvan, en dan die onverandelikes (invariables), wat in elke situasie vir almal altyd dieselfde bly. Nou besef ek hoe God altyd dieslefde bly en in ons lewe eintlik die enigste Onveranderlike is!Tilla on Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander Ja, daar is soveel rykdom in elke hoofstuk. Maar ek het vasgesteek by verse26 en 27: Wie die Here dien het - n veilige skuilplek - die Lewe! XX tTilla on Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde Hier is dit opvallend dat mens nie moet eiewys wees en jou eie kop volg nie, maar bereid moet wees om te leer by wyse ander persone! (v 1&18). In die hfst leer ons bv: - om versigtig te praat (v3); - hard te werk (v 4); - by die waarheid te hou (v 5); - gehoorsaam te wees aan Hom (v 6); - vreugde te vind in Hom (v 9); - met eerbied vir God te lewe (v 13); - reg te doen (v 16); - gesonde geselskap te kies (v 20). Ek wil dit leer en gaan dit probeer doen!Tilla on Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid In Spreuke 12 val die vlg tema my op: - uister na en leer van ander (v 1, 15) - werk hard (v 11, 24) - oppas vir die tong! (v 18, 19) - en soos in Spr 10 en 11: doen God se wil - dan is jy stewig geanker in Hom (v 3). Groetnis! tillatilla on Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl Die week kyk ek na Spr 10 en 11 en i)dit val my veral op dat God se wil pertinent as tema deurkom. Dit bring my net weer onder die indruk daarvan dat my ou eie plannetjies moet inpas in Sy groot Raadsplan!: 10:29 en 11:4 & 29. Dit hou vir my nie net krag in nie, maar ook lewe, vs dood! ii) Nog 'n tema wat vir my in hfst 11 uitstaan is dat ons gemaan word om reg te lewe - dit het ook blywende beloning (v 18), dit laat mens floreer soos groen blare aan 'n boom (v 28). Dit sluit al die waardes in waarvan daar in die hfst sprake is!Ferdi on Jesaja 1 – Julle ken My nie Baie dankie Chris, ek sal die lees materiaal bestudeer en ook na die preekriglyne kyk en vergelykings maak. ek is nie 'n teoloog nie en is werklik net op soek na ander insigte. Ek het n hele tyd gelede in Hosea begin klei trap met vergelykings daarvan in my eie lewe en met die van die profeet se lewe. jare later het die boodskap weer tot my gekom met heeltemaal 'n nuwe perspektief. Wanneer ek 'n dieper studie hiervan voltooi het en self 'n beter begrip verkry het van die boodskap daarin vir my sodat ek self verstaan hoe dit op my van toepassing was en nog steeds is, dan sal ek graag my getuienis daaroor met jou wil deel. Weereens baie dankie en ook vir die leesplan vir Jesaja waarmee ek tans besig is. Groete FerdiChris van Wyk on Jesaja 1 – Julle ken My nie Hier is van die materiaal wat by <a href="http://www.leesrooster.org.za" target="_blank" rel="nofollow">Leesrooster.org.za</a> beskikbaar is: <ul> <li><a href="http://www.communitas.co.za/leesrooster/ot/28-Hosea/Hosea%2001_2-10.doc" target="_blank" rel="nofollow">Hosea 1:2-10</a></li> <li><a href="http://www.communitas.co.za/leesrooster/ot/28-Hosea/Hosea%2005_15%206_6.doc" target="_blank" rel="nofollow">Hosea 5:15-6:6</a></li> <li><a href="http://www.communitas.co.za/leesrooster/ot/28-Hosea/Hosea%2011_1-11.doc" target="_blank" rel="nofollow">Hosea 11:1-11</a></li> </ul> Hier is preekriglyne oor dieselfde tekste wat by die <a href="http://www.seisoenvanluister.co.za" target="_blank" rel="nofollow">Seisoen van Luister</a> beskikbaar is: <ul> <li><a href="http://www.gemeentes.co.za/Powerpoint/Hosea1_2-10.doc" target="_blank" rel="nofollow">Hosea 1:2-10</a></li> <li><a href="http://www.gemeentes.co.za/Powerpoint/Hosea5_15-6_6.doc" target="_blank" rel="nofollow">Hosea 5:15-6:6</a></li> <li><a href="http://www.gemeentes.co.za/Powerpoint/Hosea11_1-11.doc" target="_blank" rel="nofollow">Hosea 11:1-11</a></li> </ul>Chris van Wyk on Jesaja 1 – Julle ken My nie In my beplanning kom Hosea DV eers in die 4de kwartaal 2014 aan die beurt. Jammer! Ek kan egter in my argiewe rondkrap vir stof. Watter tipe inligting soek jy oor Hosea?Ferdi on Jesaja 1 – Julle ken My nie Ek sou graag n bydrae oor die boek Hosea wou sien.Tilla on Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef Gister gedruk voor ek klaar getik het: Eerstens kom wysheid van God (v 30); Tweedens behels dit dat ons die Here sal dien! Dit hoe in: opregtheid (v 7); insig (v 9); nederigheid (v 13); reg (v 13); mag (v 14); waardering (v 31) en vreugde (v 31). Die toets vir my graad van wysheid is tot hoe n mate ek hierdie dinge leef! XXTilla on Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding Hier val dit my weer op hoe ons GENOOI word om te leer. En waarom sal mens wil? Want dit gee ware lewe (v 6) en boonop n lang lewe (v 11). Want dwaasheid = dood! En klassiek: net n wyse laat hom leer, wil leer is wys genoeg om te weet hy kom leer kort!! (v8). Weer die bevestiging: Wysheid begin by die dien vd Here!Tilla on Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef Ja, dite gedeelte bring my maar net weer terug by 2 dinge: - Wysheid kom van God (vgl v 30: kry sy kennis by Hom); -Chris van Wyk on Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel Ja, en koppel Spreuke se waarskuwings aan die verheerliking van 'n eksklusiewe verhouding tussen een man en een vrou in Hooglied, dan gee Hooglied die positiewe motivering vir getrouheid aan jou maat, en kan jy die slaggat van 'n verkeerde verhouding, waarteen Spreuke waarsku, vermy.Tilla on Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel Vers 27 is so 'n kostelike vraag in verband met owerspel: Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? Die rol van die Pa en Ma se opvoeding is ook hier so deurslaggewend: mens hoop net dat ouers die regte benadering tot verhoudings aan kinders voorhou, want soveel buite-egtelike verhoudings word gerasionaliseer tot aanvaarbaar, so waar gaan dit dan eindig?Chris van Wyk on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Hi Rauti - Die Bybelskool materiaal sal vir die afsienbare toekoms, dws DV, beskikbaar bly by die webtuiste. Ek beplan om dit ook uit te gee in eboek formaat, selfs moontlik in gewone boek formaat, en sal 'n e-pos stuur as dit gebeur.Rauti on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Chris, goeie more. Ek is nuut by die Bybelskool. Ek wil weet hoe lank die studie oor Spreuke beskikbaar gaan bly. Ek wil dit graag deur werk. Seen groeteChris van Wyk on Facebook on Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou Fanie van Emmenes commented on Bybelskool: Baie dankie vir die studie oor die Boek Spreuke. Ek het dit werlik geniet. Is sommer geinspireer om baie van die Spreuke weer te memoriseer. Vir my persoonlik is die uitstaande teks Spr. "Lees meer ..."Fanie van Emmenes on Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou Baie dankie vir die studie oor die Boek Spreuke. Ek het dit werlik geniet. Is sommer geinspireer om baie van die Spreuke weer te memoriseer. Vir my persoonlik is die uitstaande teks Spr.9:10: "Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig". Sien uit na die volgende studie.Chris van Wyk on Mag ons vandag nog mense verag? Hi Rauti - jy raak 'n uiters gekompliseerde onderwerp aan. Ek weet ons werk baie keer met só 'n onderskeid tussen die persoon van 'n mens en die praktyk van sy lewe. En dan sê ons gewoonlik: jy moet die persoon van die sondaar liefhê, al verskil jy hewiglik van die praktyk van sy lewe, en verwerp jy sy sonde. Maar hoe meer ek hieroor nadink, hoe meer twyfel ek of dit regtig die geval is, en of daar 'n verskil is tussen OT en NT. Ek dink byvoorbeeld aan Agan in die OT wat met die dood gestraf is na die slag van Ai - persoon en praktyk vorm 'n eenheid. Maar, in die NT is daar 'n soortgelyke storie van Ananias en Safirra - persoon en praktyk vorm ook 'n eenheid. En ek dink aan die genade wat God in beide OT en NT aan soveel mense bewys het, mense wat eintlik verwerping verdien het. Dink aan 'n hele paar van die konings in die OT (Dawid, Salomo, Hiskia) en aan bv Saulus in die NT. Wat wel anders is in die NT, is dat jy jou vyande moet liefhê. Dit is iets wat die OT boodskap verruim en verander het. Ek sal 'n bietjie dieper moet nadink en lees hieroor en sal later 'n bydrae probeer maak.Rauti on Mag ons vandag nog mense verag? Chris, Ek maak die afleiding,meskien die verkeerde woord, in die OT het dit oor die persoon gegaan, in die NT gaan dit oor die dade wat deur God verwerplik is wat die persoon pleeg en nie die verwerping van die persoon nie. Verstaan ek dit reg?HermanGrobler on Mag ons vandag nog mense verag? Chris, Baie interessante riglyne wat mens nie altyd so raaklees en toepas nie. Inderdaad het ons 'n belangrike uitdaging om tot eer van God in die NT tyd verkondigend te lewe.Chris van Wyk on Kontak my Hi Herman - jy het self 'n omvattende studie begin, wat ons begrip van die teks verdiep. Dankie! Sterkte! Vir belangstellendes: http://bybelverskille.wordpress.comHerman van Bybelverskille on Kontak my Chris, kosbare werk waarmee jy besig is. Ek doen 'n studie van die oorsake vir die verskille tussen ouer vertalings soos die 1933/53 Bybel en die KJV, teenoor nuwer vertalings soos die 1983-Bybel en die NIV. Seën, Herman GroblerChris van Wyk on Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom Hi Frans - Psalm 15 gee 10 riglyne vir iemand wat in die tempel die Here wil kom aanbid: 1) onberispelike (blaamlose) lewenswandel, 2) regdoen, 3) waarheid praat, en die teendeel, 4) nie kwaadpraat nie, 5) niemand beledig nie, 6) dié verag, NB, wat deur God verwerp is, maar daarteenoor 7) Godsdienaars eer, 8) woordhou, 9) nie rente vra vir sy eie mense, veral van die behoeftiges, nie, 10) hom nie laat omkoop om onskuldiges te kort te doen nie. Dit is soort van die Tien Gebooie van tempelaanbidding, en al die riglyne het met die publieke geloofslewe te make, beide in die gemeenskap van gelowiges in die tempel, sowel as in die gemeenskap in die wêreld. As 'n mens nommer 6 en 7 - waaroor jou vraag gaan - neem, beteken dit dat mense wat aktief besig is om God en die geloof in Hom te ondergrawe, se menings nie respekteer moet word nie. Dit is soos in Psalm 1 waar die Psalmis sê dat die "raad van die goddeloses" nie gevolg moet word nie. Die Hebreeuse woord wat met verag vertaal word, is bāzāh, wat as volg verklaar word: "despise, show contempt for, think lightly, i.e., pertaining to feeling of contempt for an object, because it is regarded to be bad, or of little value, often with behaviors toward the object (including speaking scorn and ridicule) which correspond to that contempt (Gen 25:34 - "Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene"); be despised (Ps 22:7 - "word deur die volk verag" wat natuurlik in die NT met Jesus se kruisdood verbind word); be despised, be contemptible (1 Sam 15:9 - al die vee "wat swak was"); cause to despise (Est 1:17 - Vasti wat vir koning Ahasveros geminag het). Dit is in elk geval hoe James Swanson dit verklaar in syDictionary of Biblical Languages With Semantic Domains. Dit is anders as die belediging van vers wat ook met skinder vertaal kan word, dit is om stories aan te dra oor iemand, wat nie waar is nie, of wat net tot die ander persoon se nadeel oorvertel word.Frans on Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom Hallo Chris, Ek wil bietjie meer weet oor Psalm 15 se woorde wat gebruik word. In vers 3 se Dawid dat mens nie sy medemens mag belaster, of benadeel, of van hom kwaadpraat nie. In vers 4 se hy dat jy die wat aanhou sondig moet verag. So hoe nou? Wat beteken dit om iemand te verag?Chris van Wyk on Spreuke 31:1-31 – Wyse woorde van en oor ‘n knap vrou Ek het 'n navraag gekry oor wanneer die boek Spreuke saamgestel is. Hier is 'n paar opmerkings: sommige van die spreuke kan teruggevoer word na die 12de eeu vC (aangepaste spreuke van Amenemope van Egipte in hfst 22:17-23:11, wat deel uitmaak van die woorde van die wyses in 22:17-24:22, en 24:23-34, hoewel hulle werk moontlik eers baie later gefinaliseer is), 'n groot deel na Salomo in die 9de eeu vC (hfst 10-22:16), nog 'n groot aantal na Hiskia in die 7de eeu vC, wie se amptenare nog 'n skat van Salomo se spreuke versamel het (hfst 25-29). Ander is ongedateer (hfst 30-31, dié van Agur en Lemeul), en die inleiding (hfst 1-9) is aan die einde van die proses bygevoeg. Die boek is bekend in sy huidige gedaante van die 5de vC af, na die ballingskap van die 6de eeu vC. Dit beteken die boek soos ons dit ken, waarskynlik gefinaliseer is in die tyd van die ballingskap in Babel, 'n tyd waarvan ons weet dat daar groot redaksiewerk aan die Pentateug, die Historiese boeke, die Psalms, en van die profete (Jesaja, Jeremia, Esegiël) gedoen is. Dit het dus oor meer as 5 eeue gestalte gekry voordat dit in die kanon van die OT, soos ons dit ken, opgeneem is.Somerset Morkel on Facebook on Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie Uitstekend!Chris van Wyk on Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles Ek is nie seker na watter vers jy verwys nie. Pred 2:10 sê: "Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning." Spr 2:10 sê: "Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word."Chris van Wyk on Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles Dit is my passie - geniet!paul42 on Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles Prediker 2 vers 10 praat van die wyse na regs en die dwaas na links? Plaas dit asseblief vir my in konteks? Ek verstaan nie...paul42 on Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles dis nou voorwaar 'n interessante webblad. iemand het baie moeite gedoen!Chris van Wyk on Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles Ek het sommer vir die interessantheid ook gaan kyk na wat die HAT sê oor die woord afsku. Afsku word verklaar met 'n diepe afkeer, gevoel van weersin, walging. 'n Mens sou dus die boodskap van vers 20 kon weergee met: "Die Here het 'n diep weersin of afkeer in onregverdige besigheid." Of korter gesê: "Die Here walg aan onreg in besigheid."Chris van Wyk on Spreuke 20:1-30 – Erken God in alles Ek het 'n navraag gekry oor my woordkeuse in vers 20: "Die Here gril vir onregverdige besigheid". Hier is 'n bietjie meer agtergrond: In my lees van die vers het 'n prentjie in my kop gekom van die Here wat met afsku terugdeins van bedrog, en my woord daarvoor was toe gril! Die OAV het "dis 'n gruwel", die NCV het "hates" en die NIV "detests". Die Hebreeus is <em>to-'a-bat</em> wat ook met "disgusting", en "abominable" in Engels vertaal kan word. Letterlik lees die vers só (ook in woordorde): "'n Gruwel vir die Here (is) 'n gewig en 'n gewig, en 'n skaal oneerlik/misleidend (is) nie goed nie." Die Here hou dus nie daarvan dat jy een gewig vir een persoon gebruik, en dan weer 'n ander gewig vir 'n ander persoon, en hom dan inloop nie. Só 'n oneerlike of misleidende skaal is nie goed nie! Ek wonder of afstootlik nie nog 'n beter woordkeuse sou wees nie: "Onregverdige besigheid stoot die Here af." Punt is, die Here hou nie van bedrog nie. Wens ek kon die hele Bybelskool op dié vlak doen! Maar dan sou ek 'n kommentaar begin skryf!Chris van Wyk on Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak Jy is só reg. Ek het ook dié aanhaling gelees, en dit amper ingesluit by dié hoofstuk se bydrae, omdat dit so gepas is.Lily Groenewald on Spreuke 18:1-24 – Kommunikasie maak saak Wat ek sê en hoe ek dit sê, is so belangrik. Baie toepaslik Burger se hoofberig vanoggend wat die Chileense digter, Vicente Huidobro aanhaal:"Laat jou taal 'n sleutel wees wat 'n duisend deure oopmaak ... Skep nuwe moontlikhede en waak oor jou woord; elke byvoeglike naamwoord wat geen lewe skenk, pleeg moord"rien on Spreuke 17:1-28 – Verhoudings maak saak Hi, Ek stem saam dat verhoudings baie belangrik is en dat daar baie hard gewerk moet word omverhyoudings te bou. Dit vat lank om verhoudings te bou en net een verkeerde woordjie om `n verhouding af te breek. Ek dink ook gesindheid van die hart speel ook `n baie belangrike rol. Dit dra by tot alle aktiwiteite waarby die mens betrokke is. Dit eindig weer by keuses. Wie wil jy wees, hoe wil jy met mense skakel jou werk doen en so meer. Hierdie riglyne gee Jesus Self vir ons: wees lief vir jou naaste soos vir jou self en dan ook natuurlik leef die vrugte van die Heilige Gees. Baie dankie ek geniet die lees en leer baie, RienChris van Wyk on Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak Ek wil êrens meer sistematies daaroor dink, en miskien vergelykend nadink oor die verskillende Godsbeeld-aksente in die wysheid, verhale en profetiese literatuur. Kan net interessant wees!Chris van Wyk on Facebook on Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak Andre Kritzinger commented on Bybelskool: Dankie vir die gedeelte oor die Godsbeeld!!!Andre Kritzinger on Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak Dankie vir die gedeelte oor die Godsbeeld!!!Chris van Wyk on Facebook on Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde Welvaart is natuurlik nie noodwendig 'n gevolg van wysheid nie, maar dit gebeur ook nie sommer so vanself daarsonder nie.André Kritzinger on Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af Die opsomming van die sogenaamde “threefold way” bly my by. Ek probeer dit selfs memoriseer. Dis so raakgevat dat ek dit graag ineenvoudige taal vir my kinders sal wil vertaal. Dankie dat jy dit gedeel hetChris van Wyk on Facebook on Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef Interessante gesprek by Bybelskool.com aan die gang oor die betekenis van woorde. Om een of ander rede kom dit nie hier aan nie, weens 'n gebrek in die Facebook plugin. Julle kan dit egter volg op die webtuiste self.Chris van Wyk on Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af Ek is baie bly die Here het jou gelei in jou besluit. Kolossense 3:15 sê mos dat die vrede van Christus in ons lewens die deurslag moet gee. In die oorspronklike staan dit letterlik so: "laat die vrede van God heers/besluit/begelei in julle harte". Die woordjie βραβευέτω (brabeuetoo) in dié vers wat met heers/besluit/begelei vertaal kan word, dra eintlik die betekenis van "<strong>skeidsregter speel</strong>". God se vrede help dus vir ons in ons binnekant (hart - dws ons gedagtewêreld) om te kan onderskei tussen verskillende moontlikhede, net soos 'n skeidsregter die fluitjie blaas om rigting aan 'n spel van watter aard ook al te gee. Staan vas in die vertroue dat God jou paaie sal gelyk maak!Judy Devenish on Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af Moes die afgelope week n groot besluit neem in my lewe. Het besluit geneem op grond van wat ek in my hart gevoel het die Here wou hê ek moes doen. Het vanoggend hierdie stuk van jou deurgewerk en het nou so veel Vrede oor my besluit. Baie dankie Chris. Here het jou gebruik om my so te bless!Chris van Wyk on Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af Research also showed how an activity that you watch, is mirrored in your brain. That is why it has such a great impact on us watching Chad le Clos win the gold in the 200 m butterfly at the Olympics. It is as if we have been with him in the water. The reverse is also true, weeping with the Stormers ...ZakErna on Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af Be careful what you think, for your thoughts run your life. Proverbs 4:23 This is actually literally true, on the level of the neurons in your brain. Research shows that "whatever you are doing at any time, you are physically modifying your brain to become better at it." (Quoted from a youTube video - Athene's Theory of Everything reviewed by Prof Anton Corey of Grand Valley State University) If you are thinking negative, self-destructive thoughts, or hateful vindictive thoughts, you brain is actually changing itself to get better and better at thinking them... until you can no longer think any other way and they run your life! In the light of this, the call of Eph 4:22 - 33 to have your mind renewed becomes a really urgent one!Chris van Wyk on Facebook on Spreuke 1:1-33 – Begin met God Die woorde van Spr 1:26-28 is inderdaad ontstellend:”Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref …” ‘n Paar opmerkings: Die spotlag kom natuurlik omdat die wysheid geïgnoreer en in die wind geslaan is. Maar, onthou, dit is die verpersoonliking van die wysheid, nie die pa wat lag nie. Psalm 2 praat ook hieroor en sê dat God in die hemel lag oor die aardse leiers wat saamspan teen die gesalfde, en met hulle spot. En in die NT word God se lag met Jesus se uiteindelike oorwinning in verband gebring (Lees meer oor wat ek in my bydrae oor Psalm 2 hieroor skrywe) Spreuke maak baie keer van oorbeklemtoning gebruik om ‘n punt te maak. En die punt is ernstig – vermy die dwaasheid; soek die wysheid. Spreuke gee eintlik met dié ontstellende uitspraak die sterkste moontlike waarskuwing dat ‘n mens rekening moet hou daarmee dat dade gevolge het. Jy sal maak dat mense, eintlik God self, vir jou lag … Daar is ook ander uitsprake in die Skrif wat van deernis praat. In die Psalms word ook gesê dat God vir sondaars die pad aanwys (25:8) en in die NT is Jesus se hele bediening een van deernis met sondaars, hoewel die skynheiliges en goddeloses dit steeds ontgeld. Maar, weereens, selfs Jesus se deernis keer Hom nie om skerp te reageer op dwaasheid nie, soos toe Hy Petrus skerp tereggewys het, selfs Satan genoem het, omdat Hy nie gedink het wat God wil nie, maar wat mense wil (Mark 8:31-33).ZakErna on Spreuke 1:1-33 – Begin met God v.11 het ons getref as die rou werklikheid van ons wêreld en Suid-Afrika spesifiek: "Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom, ons oorval sommer iemand, al het hy ons niks gedoen nie." Dit het beelde opgeroep van die senseless violence (Pulp Fiction) waarmee ons ons laat vermaak. Selfs 'n program soos CSI, waar crime fighting net 'n ekskuus is vir bloed-en-derms-kyk... is ons "beter" as ou Romeine in die Coliseum? Ons gesprek het ook gegaan oor al die werklose outjies in SA wat op hierdie oomblik daardie woorde vir mekaar sê: "Ons vat wat waardevol is en ons maak ons huise vol met wat ons roof..." v.13 Wie se verantwoordelikheid is hulle? En die AIDS wesies wat nie pa of ma het om hulle te leer nie - hulle is deel van ons wêreld. Ons het gebid vir die filmindustrie - dat die Here mense inspireer om movies te maak waarin Wysheid se stem gehoor word. Ons het gebid vir die regering van ons land, en vir nuwe maniere om die werkloses en die wese hoop te gee, en vir die Kerk se taak om die verlorenes te soek. Ons het gisteraand "toevallig" Woody Allen se Cassandra's Dream (2007) gekyk. Dit was 'n voorbeeld van die soort movie waarvoor ons gebid het: dit was 'n illustrasie van hierdie eerste hoofstuk van Spreuke. In die fliek is Cassandra's Dream 'n boot, en op 'n manier 'n metafoor, dink ek, vir wysheid en oorleg. 'n Bietjie Google het aan die lig gebring dat die oorspronklike Cassandra in Griekse mitologie 'n profetes was na wie se waarskuwings niemand wou luister nie, met aaklige gevolge. Chris van Wyk, ek is veral dankbaar vir jou beskrywing van "Silencio": kom tot RUS voor God. Miskien sal ek dit regkry. So far so good - gister se ervaring was great.ZakErna on Spreuke 1:1-33 – Begin met God Baie scary, ja - om te dink daar IS 'n "point of no return." Maar God se genade en Sy regverdigheid moet noodwendig "two sides of the same coin" wees... en die laaste woord van die hoofstuk bly steeds: "maar wie na my luister sal veilig wees en howf geen ramp te vrees nie."Chris van Wyk on Facebook on Spreuke 1:1-33 – Begin met God Die woorde van Spr 1:26-28 is inderdaad ontstellend:"Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref ..." 'n Paar opmerkings: <ul> <li>Die spotlag kom natuurlik omdat die wysheid geïgnoreer en in die wind geslaan is. Maar, onthou, dit is die verpersoonliking van die wysheid, nie die pa wat lag nie. Psalm 2 praat ook hieroor en sê dat God in die hemel lag oor die aardse leiers wat saamspan teen die gesalfde, en met hulle spot. En in die NT word God se lag met Jesus se uiteindelike oorwinning in verband gebring (<a href="http://www.bybelskool.com/psalms/psalm-2-%e2%80%93-geseend-is-die-wat-op-god-vertrou/" rel="nofollow">Lees meer oor wat ek in my bydrae oor Psalm 2 hieroor skrywe</a>)</li> <li>Spreuke maak baie keer van oorbeklemtoning gebruik om 'n punt te maak. En die punt is ernstig - vermy die dwaasheid; soek die wysheid. Spreuke gee eintlik met dié ontstellende uitspraak die sterkste moontlike waarskuwing dat 'n mens rekening moet hou daarmee dat dade gevolge het. Jy sal maak dat mense, eintlik God self, vir jou lag ...</li> <li>Daar is ook ander uitsprake in die Skrif wat van deernis praat. In die Psalms word ook gesê dat God vir sondaars die pad aanwys (25:8) en in die NT is Jesus se hele bediening een van deernis met sondaars, hoewel die skynheiliges en goddeloses dit steeds ontgeld. Maar, weereens, selfs Jesus se deernis keer Hom nie om skerp te reageer op dwaasheid nie, soos toe Hy Petrus skerp tereggewys het, selfs Satan genoem het, omdat Hy nie gedink het wat God wil nie, maar wat mense wil (Mark 8:31-33).</li> </ul>Andre Kritzinger on Spreuke 1:1-33 – Begin met God Die woorde van Spr 1:26-28 is ontstellend:"Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref, ek sal met julle spot wanneer die angs julle oorval,wanneer daar nood en kwelling oor julle kom. Die angs sal soos ‘n storm oor julle kom, die ongeluk sal julle tref soos ‘n orkaan. Dán sal julle my roep en ek sal nie antwoord nie, julle sal my soek en my nie kry nie." Wat is die boodskap daarin? Ja, God lei die regverdiges, en Hy laat die onregverdiges aan hulle eie lot en beplanning oor. Tog moet ons die genade waarvan die gelykenis van die verlore seun vertel ook kan verkondig. Dankie vir jou insigte.Chris van Wyk on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Baie welkom Brenda en Wicus. Julle is onderskeidelik nommer 550 en 551 op ons ingeskrewe gebruikers lys!Chris van Wyk on Oor my <strong>Salwing</strong> 1. <strong>Salwing met (olyf)olie</strong> is op verskillende wyses in ou Israel gebruik: <em>as offer</em> (Eks 29:40; Lev 8:26; Num 7:19), <em>as simbool van toewyding vir voorwerpe </em>(Eks 40:9–11 - die tabernakel, die altaar en ander voorwerpe), <em>priesters </em>(Lev 8:12, 30), en <em>konings </em>(1 Sam 10:1; 1 Kon 1:39). Die salwing met olie simboliseer in die OT dus veral die amptelike bevestiging of toewyding van iets of iemand aan die Here. Dit is nou benewens die gebruik van olie in die kosmaak proses (1 Kon 17:12), as medisyne en as salf vir sere (Jes 1:6; Mark 6:13; Luk 10:34) en by die versorging van die liggaam (2 Sam 12:20; Ps 104:15). Olie simboliseer ook voorspoed en oorvloed (Deut 33:24; Job 29:6; Eseg 16:13). 2. Die OT praat ook van 'n <strong>salwing met die Heilige Gees</strong> wat die ontvanger bemagtig en toegerus vir sy werk en roeping (Jes 61:1). Dit is ook wat gebeur het met die kerk in die NT toe die Heilige Gees uitgestort is (Hand 2). Só is gelowiges gesalf/bemagtig vir die taak wat God vir hulle in sy koninkryk gehad het (1 Joh 2:22 - "Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle almal ken die waarheid" -vgl ook vers 27). 3. Jesus word natuurlik by uitstek <strong>die Gesalfde</strong> genoem (Luk 2:26), wat in Aramees met Messias en in Grieks met Christus weergegee word. Al drie hierdie name: Gesalfde, Messias en Christus, beteken dus dieselfde, dat Jesus deur God as Verlosser van die wêreld gesalf en bemagtig is (Luk 4:18-19; Hand 10:38). Dit is wat Petrus ook van Jesus bely, "U is die Christus" (Mark 8:29). 4. Die NT noem gelowiges natuurlik ook <strong>gesalfdes</strong>, omdat ons volgelinge van Christus is (2 Kor 1:21). Die Heidelbergse Kategismus vra in Vraag en Antwoord 32: "Waarom word jy ’n Christen genoem ?", en antwoord: "Omdat ek deur die geloof ’n lid van Christus is en daardeur deel aan sy salwing het, sodat ek sy naam kan bely, myself as ’n lewende dankoffer aan Hom kan toewy en in hierdie lewe met ’n vrye gewete teen die sonde en die duiwel kan stry en hierna met Christus in ewigheid oor alle skepsels kan regeer." Christen beteken dus beide volgeling van Christus en gesalfde van Christus. 5. <strong>Salwing met olie</strong> is ook deur die dissipels <em>gebruik in die proses om siekes gesond te maak</em>, dit waarvoor die Here hulle uitgestuur en bemagtig het (Mark 6:13). Hierdie salwing met olie was dus aan die een kant die benutting van 'n bekende geneesmiddel, maar ook 'n simbool van die genesing wat God deur Sy Gees gee. 6. Dit is waarskynlik ook waarom salwing met olie gebruik is as deel van die <strong>gebed om genesing</strong> deur ouderlinge (Jak 5:14). Omdat olie 'n geneesmiddel was, was dit ook 'n kragtige simbool van die gebed om genesing. Salwing het dus 'n geestelike betekenis waar dit aan die werk van die Heilige Gees verbind word, en as deel van 'n gebedsaksie gebruik word. Die krag lê natuurlik nie in die olie nie, maar in die Heilige Gees en in die gebed. Gebed sonder olie is daarby ook net so kragtig, soos vele plekke in die Bybel dit vir ons uitspel (bv Jak 5:16).Pierre on Oor my Chris Dankie vir jou bybelskool. Ek gebruik jou insig baie in my eie bybelstudie. Salwing fassineer my in die laaste tyd. Het jy enige materiaal daaroor. Ek sal graag die geestelike verstaan van salwing wil weet maar ook die praktiese toepassing in vandag se tye. Bie dankie PierreChris van Wyk on 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer Dit bly 'n voorreg vir my om die Bybel saam met jou en ander te lees en my insigte te deel. Ek leer ook so baie van ander se kommentaar en insigte. Mooi loop!tokkieyoung on 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer Beste Chris Ek het nou net begin met Tessalonisense en hoofstuk 1 saam met jou aantekeninge gedoen, wat 'n voorreg is dit nie om dit so met jou uitleg te doen nie. Elke keer word ek verras met nuwe insig. Die wyse waarop jy elke vers uiteensit en verduidelik, maak dit vir my glashelder en raak ek opgewonde en gretig vir die volgende hoofstuk. Dankie nogmaals vir jou toewyding en passie om die Bybel vir ons op so 'n besondere wyse beskikbaar te stel. Ek "geniet" my Bybel soveel meer!! Lekker dag.Chris van Wyk on Oor my Dankie Danie. Die genade van die Here is juis vir my vandag soos 'n rivier waaraan ek my oorgee. Het vanoggend met 5 tekste gewerk saam met die Seisoen van Luister span, en die wysheid van Spreuke het ons meermale op nuwe weë geneem.Danie Malan on Oor my Chris Jou bydraes is kernagtig, verstaanbaar en geestelik baie verrykend. Mag die Here jou vandag in die gesig kyk en sy genade oor jou laat val soos 'n sagte winterreen.Lynette van Wyk on 503 gebruikers by Bybelskool.com! En ons is bevoorreg dat jy vir ons voorloop!Danie on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Mooi! Dit wys mens net hoe 'n groot bydrae gestruktureerde nadenke oor die Bybel in mense se lewe maak.kobus bester on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Dr baie dankie dat ek deel van die bybelskool kan weesIlse Roos on Facebook on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Weereens Chris:groot waardering vir jou tyd en moeite met die Bybelskool.Dit is so sinvol en leersaam en is besig om vrugte af te werp.xxMaolivier on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Fantasties!! Ek lees graag saam en vind jou agtergrond baie enlightening! BAIE dankie daarvoor!! XX tillaAnnalina Vlok-Smith on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Dis baie interessant, Chris! Ek voel ook net so bevoorreg om gereeld jou "stem" op hierdie manier te hoor. Ook nie altyd so gereeld nie, want ons volg by ons gemeente ook 'n spesifieke leesrooster. Joune bêre ek dan tot 'n meer geleë oomblik. Maar mag dit van krag tot krag gaan en mag Hy altyd die middelpunt wees en hierdeur verheerlik word. Liefdegroete Annalinajand1664 on 503 gebruikers by Bybelskool.com! Hallo Chris Graag wil ek julle bedank vir die beskikbaar stelling van die inligting. Ek werk in Akjoujt in Mauritania en dis vir my n voorreg om die bybel te gebruik. Ek is 7700km van my huis af. Ek kry elke oggend voor ek gaaan werk die dagstuk en dis n vorrrreg om jou dag met die Here te begin. Ek hoop die werk wat julle doen sal net sterker word GroeteHantie Wolmarans on Facebook on 503 gebruikers by Bybelskool.com! God is in beheer!Chris van Wyk on 1 en 2 Timoteus Ek sal dit vir jou e-pos.Charl van Rensburg on 1 en 2 Timoteus Ek het my password en kodes vergeet om in te gaan. Kan ju dalk help asbFrans Klopper on Facebook on Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)Chris van Wyk on Facebook on Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar ’n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. 14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. 15 Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, 16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak." Klink soos 'n kommentaar op Prediker!rien on Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As ons God dan aanneem neem ons ook al Sy verordeninge, beloftes, gebooie aan. Daarmee saam kom insig en gehoorsaamheid: I. Soek eers die koningkryk van God..... 2. Jy moet jou naaste life hê soos jou self 3. Julle moet werk sodat julle nie andeer `n Las is nie maar ook vir die armes kan gee 4. As julle kos en klere het, het julle genoeg, 5 . Wie ons naaste is en so veel meer. As ons eers verstaan dat alles van God is en aan Hom behoort en dat ons in Sy diens staan En dus elke dag met Hom moet konsulteer, Dan eers kan ons die vreugde en vrede ontvang in oorvloed wat Hy belowe het. Dan maak die lewe sin.Kobus Bester on Facebook on Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam in my bewussyn. Groot was my verbasing toe ek vanoggend jou boodskap,op fb sien. Te groot vir my? Groete in XtusChris van Wyk on Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!Anita Vanzyl Duplooy on Facebook on Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Julle "uitstalling" met Pase was ongelooflik Chris, ons Rustenburgers het dit ongelooflik gevind. Stiltetyd saam met God.Rethie van Niekerk on Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie Ek wonder of Lily hiervan praat? http://www.youtube.com/watch?v=fg73MRomwSA Hoe dit ook al sy, Lily, ken jy JM Talbot se beryming? Dis aangrypend. Ek dink as ek dit in die regte formaat kan kry, sal ek dit by Lectio speel! Kyk solank hier: http://www.youtube.com/watch?v=nluymX1jsSYChris van Wyk on Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie Inderdaad! Die genot lê in die reis - in NT terme - aan die hand van die Leidsman na die lewe.Lily Groenewald on Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie Die hoofstuk bring weer "Turn, turn, turn" van Seeger en Aber helder in die gedagte. Byna woordeliks uit Pred 3. "Maar, dan sê hy in die derde plek ook dat daar een manier is waarop ’n mens tog sin in die lewe kan ervaar, wanneer jy die lewe as 'n gawe uit Sy hand geniet. Vreugde lê nie eers aan die einde daarvan, in die blywende waarde of uiteindelike betekenis van iets nie. Nee, dit lê in die genot van iets as ’n gawe van God, soos jy dit ervaar, soos jy dit beleef." Jou derde punt laat my dink aan die Nissan (?) advertensie: "Life's a journey; enjoy the ride." Groete LilyChris van Wyk on Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God Dit is regtig 'n tragedie. Mag hulle ervaar dat die Here hul dra in hierdie krisis.Franci Tuck on Facebook on Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God Chris, help my bid saam met 'n groep vriende... vir 'n jong vriend wat 18/3 in 'n tragiese paragliding ongelyk in die Magaliesberge was... Hy is sedertdien in 'n koma... Hulle het die masjiene gister afgeskakel, maar hy het self begin asemhaal... Nog swak, maar self! Erge breinskade... Ek bid vir God se genade oor hierdie seun se lewe, sy ouers en familie...Past L Titus on Oor my Dit word meer en meer duidelik dat die Here sy bruid bymekaar maak.Hy roep meer en meer manne en vroue uit bestaande gevestigde kerke en bedieninge om die evangelie te verkondig.Die enkele groot hiervoor is dat die dwaalleër net so vurig verkondig word.Die Here seën u Bediening ek was self jaar met die AGS en nou is ons Seed of Abraham Ministries.Vir Theresa is Jer 23v23 so relevantChris van Wyk on Filippense 4:2-23 – Om saam in die Here te wees, bid en leef This Bible School focuses on reading the Bible together in a discerning manner, with some comments that I make on the daily readings. It is in Afrikaans. We have done about 23 of the books in the Bible, and will focus on Ecclesiastes and Song of Songs from the middle of April.adam may on Filippense 4:2-23 – Om saam in die Here te wees, bid en leef I would love to know more about your Bible School. Rgards AdamTilla Olivier on Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers Vandag het die brief aan Filemon my iets oor my benadering tot ander kom leer. Ons is so geneig om ander te wil reghelp, teregwys en berispe. Paulus doen dit nie met Filemon nie: hy benader hom in liefde, en in die Naam van die Here. Dis iets om na te volg!Chris van Wyk on 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Daar is nie eenvoudige antwoorde daarop nie. Die een wat vir my die meeste sin maak, is om die onderskeiding hier rondom in die gemeenskap van gelowiges te doen. Maar dit veronderstel 'n gemeenskap van gelowiges wat dissipelskap ernstig neem en ook bereid is om te groei daarin. Miskien lê die uiteindelike antwoord daarin dat ons meer inskiklik teenoor mekaar moet wees, meer verdraagsaam, meer aanvaardend, want dit gee 'n veiliger ruimte waarbinne mense verantwoordelikheid kan neem, sonder om die hele tyd te vrees dat iemand foute in fatalities sal verander nie.De Bruto Meyer Jnr on Facebook on 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ek weet die ultimate antwoord kom by die Goddelikheid uit. Maar meer aards, deur wie?Chris van Wyk on 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ten minste het ons in Timoteus dus 'n standaard waarmee ons kan werk. Die Here soek natuurlik ook nie perfekte mense nie, net gewilliges wat bereid is om gedissipel te word.De Bruto Meyer Jnr on Facebook on 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Asseblief! Hierdie is persoonlike ervaring en iets wat n algemene siening iswas waarheen ek ook al verplaas was of kontak hetgehad het in sekere gemeentes in die gereformeerde 3 kerke oa ( ou name) Ooste v Pta, Potgietersrus, Lichtenburg, Coligney, Pietersburg, Nelspruit, Wesrand. Ouderlinge onderrig NIE, ouderlinge bestuur. Ouderlinge is nie noodwendig n voorbeeld vir ander nie. Ouderlinge twis, ouderlingskap is n posisie van aansien, maar dien nie. Ek wens die persepsie kon anders weesChris van Wyk on Kolossense 2:6-23 – Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou Dankie! Hier word na die Joodse viering verwys. Maar dit het natuurlik ook betekenis vir ons eie interpretasie van die Sondag. Soos die Heidelbergse Kategismus dit stel, die rus op die sabbat verwys eintlik na die rus van ons sondige werke, om in die rus wat Jesus deur sy verlossing vir ons bring te leef, soos God eintlik ook in die ewige sabbat leef (die sewende dag het eintlik nie 'n einde nie, soos Genesis dit vertel). En dit is eintlik wat ons op Sondag, die opstandingsdag, vier. Ek het meer hieroor geskrywe op die webtuiste in 'n ekskursus by Jesaja 56-57: http://www.bybelskool.com/jesaja/jesaja-56-57-%e2%80%93-almal-is-welkom-by-god/HennoJvR on Kolossense 2:6-23 – Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou Goeie môre Chris. Eerstens, baie dankie vir die stukkies elke dag. Dis ‘n wonderlike manier om mens se dag te begin, veral in vandag se gejaagde leefstyl. Net ‘n vinnige vraag oor die stuk hier onder (ek’s so bietjie agter, verskoon maar J): In vers 16 & soos jy hier onder genoem het, moet mens nie vasgevang raak in die vreemde (mensgemaakte) voorskrifte nie. Een van die voorbeelde waarna verwys word is die sabbatdag. Word hier verwys na ‘n spesifieke Joodse instelling, of na die sabbat (Sondag) soos wat ons dit normaalweg ken (ses dae moet jy werk & alles doen wat jy moet, maar op die sewende dag moet jy rus?)? Lekker dag verder. Groete, Henno Jansen van RensburgChris van Wyk on Efesiërs 1:1-23 – God seën ons om alles in almal te vervul 'n Mens kan vers 4-14 lees as die verduideliking van wat die seëninge van die Gees alles behels: 1) uitverkiesing, 2) kindskap, 3) verlossing en vergifnis, 4) deel van God se verenigingsaksie, 4) deel van die Godsvolk, 5) beseël as eiendom van God. Paulus se gebed in vers 15-23 is dan gemik daarop dat ons die hoop en krag van al hierdie seëninge sal ervaar en met God se volheid vervul sal word. Maar jy kan selfs verder gaan en die hele brief as 'n uiteensetting van die seëninge sien. Die vier gevolgtrekkings van hoofstuk 2-3 met die gebed aan die einde spel dan ook die inhoud van die seëninge van die Gees uit. En hoofstuk 4 noem ook nog die gawes van die Gees wat die liggaam van Christus help om in hulle begrip van wat God vir ons gee en deur ons wil doen, te groei. Die res van die boek spel dan uit hoe ons moet lewe as ons vir God dankie wil sê vir al hierdie seëninge. En, om jou vraag te beantwoord, dít is wat ons alles kry as ons in Christus glo!Rien on Efesiërs 1:1-23 – God seën ons om alles in almal te vervul al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. Weet ons wat dit behels? Ons ontvang seën in Christus, hoe verstaan ek dit?Laetitia De Villiers on Facebook on Efesiërs 2:1-22 – God woon in die gemeenskap van gelowiges Baie geluk Chris met jou verjaarsdag more.Lekker gedagte dat jy daar is om ons te bly inspireer.Laetitia De Villiers on Facebook on Efesiërs 2:1-22 – God woon in die gemeenskap van gelowiges Dis lekker om Bybelskool nou selfs op FB te sienChris van Wyk on Efesiërs 1:1-23 – God seën ons om alles in almal te vervul Ek neem aan die vraagtekens beteken ons lewe nie bewus genoeg van die feit dat ons 'n seëning in die wêreld moet wees nie! Hoofstuk 2 sluit vir my só mooi daarby aan, dat God in die gemeenskap van gelowiges kom woon, sodat ons 'n seën kan wees vir die wêreld. Dié gedagte moet ons hele lewe oorneem!christine on Efesiërs 1:1-23 – God seën ons om alles in almal te vervul "n Mens kan eintlik nie ophou om Hoofstuk1 oor en oor te lees nie!!Ek het vasgeval by "ons is in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.Uit die volgende versies het ek as seëninge die volgende raakgesien: 1..in Christus uitverkies 2.aangeneem as Sy kinders 3.verlos deur X se bloed 4.oortredings vergewe 5 Sy wil te ken 6 deel te wees van Sy volk 7 as eiendom beseël.. Die seëninge maak ons 'n seën in die wêreld.. ???????.Chris van Wyk on Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers Ja - Onesimus se naam beteken inderdaad "bruikbaar" of "winsgewend". Filemon se naam beteken weer "vriendelik" of "liefdevol" of "een wat soen". Paulus raai hom dus aan om Onesimus terug te neem, om sy naam gestand te doen!Lily Groenewald on Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers Wonderlik dat dit lyk of deur God se genade Onesimus, aanvanklik "onbruikbaar", sy naam wat "bruikbaar" beteken, gestand kon doen. So kan ons elkeen bruikbaar wees in die Koninkryk.Rien du Preez on Filippense 4:2-23 – Om saam in die Here te wees, bid en leef Baie dankie vir wonderlike insig: 1.dat ons moet groei in die volle kennis van God. 2. Christus is in ons besig om God se werk te voltooi. 3. dat God se gehiemenis is Christus vir my geopenbaar word.christine on Filippense 4:2-23 – Om saam in die Here te wees, bid en leef By die lees van die gedeelte het 'n mens die Heilige Gees so nodig om jou hart en verstand daarmee te programmeer sodat jy elke oomblik daaruit kan leef as die grondtoon, die basis en die fokus van jou lewe. Dankie.Chris van Wyk on Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping Voor Christus se menswording het Hy net as God bestaan. Met die menswording het God in Jesus woning gemaak (Joh 1), sodat 'n mens kan sê, God woon met sy volle wese in Christus. Na die opstanding en hemelvaart bestaan Jesus dus nou as God-mens, waar Sy mensheid deel van God is, en sy Godheid deel van menswees is. En op dié manier word alles met God versoen, dws in die regte verhouding gebring.christine on Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping Van wanneer af woon God met sy volle wese in Christus? Reeds van voor sy menswording of met die doel om deur Hom alles met homself te versoen?Anna Marie Voges on Facebook on Filippense 2:5-30 – Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld Is dit nie waar nie en so groot verantwoordelikheid! Het vanoggend met my kinders gedeel !Laetitia De Villiers on Facebook on Filippense 1:12-2:4 – Wees eensgesind na buite en na binne Ek hou van Bybelskool op FB- lyk ook baie mooi. DankieLili on Handelinge 16:6-40 – Die kerk in Europa begin met die bekering van ’n vrou Lili en Marianne: :'n Mens kom net weer tot die besef dat die Here ook deur ontwrigting werk om genesing te bring en 'n positiewe effek op jou EN ander se lewens mee te bring. " without the rain, there would be no rainbows." Dit is ongelooflik hoe Paulus sy gehoorsaamheid betoon teenoor die Here, al wou hy die Woord op menigte plekke verkondig. †Chris van Wyk on Filippense 1:1-11 – Laat julle liefde in onderskeiding toeneem In my verdere nadenke hieroor, besef ek dat hierdie twee konsepte van vertroue en verantwoordelikheid, natuurlik die sentrale boodskap van die Psalms ook is. Dit is wat 'n lewe in integriteit beteken: om volledig verantwoordelik te lewe in 'n vreeslose vertroue op God se aktiewe betrokkenheid in die lewe. En ek praat doelbewus van DIE lewe en nie MY of JOU lewe nie.Fanie van Emmenes on Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my Dankie Chris, dit was 'n geestelike ervaring om die eerste Psalmboek saam deur te werk. Dit was vir my voedsel vir die siel. Ek het weer begin om die Psalms te memoriseer wat my werklik help in gebed en wanneer ek God wil loof. Nogmaals dankie.ROmario on Bybelstudie metodiek Ek vind julle bybelstudie metodes interesant en baie prakties.Ek hou baie daarvan.Tilla Olivier on Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my Ek kan eintlik net 'sela' antwoord op wat almal verwoord het. Die Ps studie was vir my soos kunsmis op my geestelike lewe, wat soveel nuwe groei tot gevolg gehad het. Daardeur het ek 1. vir God weer leer ken en beleef as 'n God van Genade en Liefde, Hy is Almagtig, Getrou, Goed, Hy lei my en bepaal my pad (Ps 41, 29; 37); 2. geleer hoe Hy wil he ek moet lewe, bv goed doen (Ps 37), in Hom my blydskap vind (Ps 29), met nuwe oe te kyk na Sy Skepping en Sy Woord (Ps 19), en meeste van ALLES: OM HOM TE VERTROU!(Ps 2). Kosbare ervarings gehad.Chris van Wyk on Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my Ek besef vandag dat die Psalms my die belangrikheid van twee konsepte geleer het: Verantwoordelikheid en Vertroue. In my geestelike groei is albei lewensbelangrik. Ek moet verantwoordelikheid neem vir my eie geestelike groei en met integriteit lewe. Maar ek kan dit net regkry as ek ook volledig op God vertrou en in afhanklikheid van Hom leef. Trouens, dit is hoe gebed werk: ek streef na integriteit in alles, en bely my swakheid en sonde, bevestig my vertroue op God se vergifnis en smeek op sy hulp en ingrype in alles, nie net dié goed wat ek nie kan regkry nie, maar ook dié goed wat binne my vermoë is. Want ek het Sy insig en wysheid nodig om die dinge wat ek vaardig is mee tot Sy eer te doen.Lily Groenewald on Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my Weer eens het ek geleer die Psalms gee vir my gepaste woorde wanneer emosies oorweldig. Die gedagte dat Hy afbuig en luister,my soos die appel van sy oog beskerm en my in die skadu van sy vlerke bedek,is so vertroostend. Hy sorg vir my. Ek kan maar net stil wees in Hom en geduldig op Hom wag. Chris, dis 'n voorreg om jou as fasiliteerder te hê. Dankie.Nellie Crouse on Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my Dankie Chris vir wonderlike nuwe insigte en die inskerping van die Psalms. My geliefde Psalms bly nog steeds Ps1, Ps 23, Ps 34 en al die honderd ander!!Alwyn du Plessis on Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my Dankie Chris dat ons saam met jou deur Psalms kon stap....ek stap nog steeds en verteer nou weer vers vir vers met pen en papier in die hand.Chris van Wyk on Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome Die antwoord op die gebrek aan tekens en wonders vandag is nie eenvoudig nie. Dit lê in 'n kombinasie van aan die een kant 'n gebrek aan geloof dat God vandag nog wonders doen, en aan die ander kant die ervaring deur die eeue dat wonders en tekens veral by nuwe uitbreidings van die evangelie voorkom. Jesus kon ook nie wonders in sekere gebiede doen nie, omdat daar 'n gebrek aan geloof was dat Hy dit inderdaad kon doen. Dit is wat Markus vir ons sê onder andere in Nasaret gebeur het (Mark 6:5-6): "Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op ’n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense." Dit is vandag nog so. Die effek van die afgelope paar eeue se aanhang van 'n geslote modernistiese wêreldbeeld moet ook nie onderskat word nie. Baie Christene leef eintlik as praktiese ateïste. Maar dan is dit ook opmerklik dat dat hoe meer gevestig die kerk in 'n bepaalde gebied raak, hoe meer word op die normale Christelike dinge klem gelê, soos 'n mens alreeds in die NT agterkom in Paulus se briewe. Hy raai mense in sy briewe nie aan om op wonders en tekens te fokus nie, maar op lewenswandel en die grense na ander oor te steek. Dit is ook hoe Paulus skryf oor "geestelike oorlogvoering" in Efesiërs 6, dat dit met gewone goed te make het, en nie met buitengewones nie: 'n fokus op God en sy krag in jou lewe (:10), 'n eerlike en gesonde verhouding met God (:14), 'n besigwees met die evangelie in getuienis en diens (:15), 'n vaste geloofsvertroue op God in aanvegting (:16), 'n besigwees met die Woord (:17), en volhardende gebed vir die vrymoedige uitbreiding van die evangelie in die wêreld (:18). Maar die eerste punt bly: mense (leiers en teoloë ingesluit) glo nie, daarom sien ons nie wonders nie.André Kritzinger on Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome Een van die refreine deur die boek is dat God "saamgewerk het" deur tekens en wonders. Waarom sien ons vandag so min sulke tekens en wonders - klere van die apostels of hulle skaduwee wat genesing bring, Dorkas, Eutigus, die slangpik en siekes op Malta? Dankie vir die reeks en die besondere insigte en teologiese lyne. Ek sien uit na Psalms.Chris van Wyk on Psalms – reeks Hi Carin, jy is reeds geregistreer by die webtuiste en sal die bydraes ook in die toekoms per e-pos ontvang. Groete, Chris.Carin Brink on Psalms – reeks Beste Chris Kan die gedeelte en die behandeling daarvan asb per epos aan my gestuur word? Sal baie waardeer.Chris van Wyk on Riglyne vir die lees van Handelinge Hallo Helene - die groot doop sal jou nie heiliger maak nie, net n innige verhouding met Jesus Christus self. Volhard met jou lees van die Bybel, wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang, en heiligmaking sal deur God self vir jou gegee word. Groete, ChrisHelene Kruger on Riglyne vir die lees van Handelinge Hallo Chris ek het geruime tyd gelede ingeteken op die Studie kursus maar moet eerlik bely dat ek nog nooit daarby uitgekom het nie. ek glo en getuig met my hele hart dat Jesus my verlosser is en die Seun van God maar ek vind dat ek sukkel om vir lank te lees sonder dat my gedagtes dwaal. nadat ek dan 'n hele hoofstuk gelees het weet ek nie wat daarin staan nie. ek vind dit baie makliker om na 'n Prediker te luister wat oor 'n sekere onderwerp praat en dan tekse aanhaal om dit te staaf. alhoewel ek nog nooit gevoel het dat ek met die Heilige Gees gedoop is nie (ek is kleintyd in die NG Kerk gedoop en is nou al 67) voel ek elke dag meer en meer die begeerte om soos Jesus te leef en God se Wil te doen. dit maak dat daar verskille tussen my en my man kom want hy verstaan nie dat ek graag 'n tiende wil gee nie. ek het nie 'n inkomste nie. maar het Jesus nie duidelik gestel dat Hy sulke verskille (onenigheid) tussen mense sal bring nie? ek glo ook dat God die regering in die land daarstel en dat ons gehoorsaam aan die landswette moet wees maar dat ons elke dag moet bid dat daar ook herlewing in hulle harte sal plaasvind. ek het ook gelees dat ons ernstig moet bid voor ons gaan stem en dat die HG aan ons moet openbaar vir wie ons moet stem. ons moet nie na kandidate se mooi reklame luister nie. my man glo weer as jy wit is stem jy vir 'n wit regering en as jy swart is vir 'n swart regering. wat is wit en wat is swart. dit voel vir my net asof my lewe deurmekaar gekrap is vandat ek heilig probeer leef want my man glo nie dat 'n mens heilig kan wees nie. sê Jesus dan nie uitdruklik "wees Heilig, want Ek is Heilig" nie? vir my beteken dit om my te distansieer van dinge wat my in versoeking kan bring om kwaad te doen. is ek reg? sal ek werklik hierdie Heiligmaking beleef as ek my laat groot doop? ek wil so graag vir Jesus dien omdat ek Hom liefhet en nie net omdat ek Hom nodig het nie. HeleneMELANIE on Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie Ek het 'n week na my doop met water 'n baie sterk ervaring gehad toe ek die Heilige Gees ontvang het. Die Heilige Gees het gedurende die nag as 'n baie sterk wind deur die kamer gewaai, oor my en deur my. In so 'n mate dat die lug uit my longe gewaai het tog het ek nie na asem gesnak nie.Ek het nie dadelik besef wat gebeur nie en het begin bid, maar daar was verwondering en nie vrees nie. Ek het God my Vader net gevra wat is besig om te gebeur, maar die wind het ook deur my bein gewaai en my gebed uit my kop gewaai. Ek kon die letters van die woorde in my gees sien en sien soos die gebed vorm , het die letterjies weg waaina bo uit my kom met 'n opwaarte beweging. Die wind was so sterk dat dit gevoel het of ek van die bed afgewaai gaan word, tog het ek stil bly lê. Ek kon ook die wind hoor waai. Dit het gevoel of dit baie lank geduur het, maar skielik het dit gestop en alles was normaal.Ek het my nie daarteen probeer verset nie maar het op 'n stadium probeer omdraai terwyl die wind so oor my gewaai het, maar die drukking was te sterk en ek kon nie beweeg nie.Na dit kon ek bid en het onmiddelik aan die slaap geraak. My lewe het daarna drasties verander en daar het baie verdieping in my geestelike lewe gekom.Chris van Wyk on Oor my Jy is welkom om direk met my per e-pos te gesels: acv.vanwyk@gmail.comTheresa on Oor my chris, ek is tans in iets wat soos n nagmerrie voel wat nooit einde kry nie, en my hoop en geloof is teen die grond. ek sal graag met jou wil gesels oor hoop en geloof want ek weet nie met wie om te praat oor die hoekoms en waaroms van die Bybel nie..asb sal jy my kan help met my vrae? dankieChris van Wyk on Johannes Jesus het nie die Joodse tempelkultus persoonlik tot n einde gebring nie. Die vernietiging van die tempel in 70 nC met die Romeinse verowering het dit effektief tot stilstand gebring. Vir Christene egter het Hy die offerkultus vervang met sy eie offer aan die kruis, wat daarna genoegsaam is vir die vergifnis van ons sonde, ten minste vir elkeen wat in Hom glo. Dit het ook die funksie van geboue gerelativeer, omdat almal wat in Hom glo met Hom in verhouding kan leef, maak nie saak waar hulle is nie - soos die verhaal van die Vrou by die put in Johannes 4 ons ook leer. Daarom kan n mens in Handelinge sien hoe die huise van gelowiges mettertyd die tempel vervang het as die vergaderplek, veral waar die gemeentes kleiner was. In sommige stede, soos Efese bv, het hulle weer sale gebruik, net omdat daar te veel mense vir die huise was. Geboue het dus n baie meer funksionele rol gespeel - die mense en die aanbidding van die Here was belangriker as die presiese plek waar mense vergader het. Dit net so in kort!carin lotter on Johannes Skuus ekt nie genoem nie, maar dit gaan oor Joh 2: 1-25carin lotter on Johannes Op watter wyse het Jesus se sterwe en opstanding 'n einde aan die tempelkultus in Jerusalem gebring? Wat leer ons hieruit oor die funksie en plek van geboue in die Christendom?Chris van Wyk on Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief Ek dink steeds Johannes het gewonder oor hoe Jesus se boodskap rym met die feit dat hy wat Johannes is in die tronk sit. Wat verder insiggewend is, is dat Jesus in sy antwoord juis die deel van sy missie - om vrylating vir gevangenes uit te roep (Luk 4:18) - uitlaat, wat implisiet vir Johannes gesê het dat Jesus hom nie nou gaan verlos uit die tronk nie. En ons weet Johannes is in die tronk doodgemaak. Dit belig n kant van die evangelie, waar die belofte van verlossing nie in vervulling gaan nie, omdat God iets anders beoog, iets wat in Jesus se dood natuurlik ook die geval was. Hebreers 11 skryf daaroor.Ilse Roos on Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief Chris, oor die twyfel by Johanness die Doper : Na aanleiding van wat in Jes 61 en 58:6 geskryf staan, is dit moontlik,volgens Bybel Verklaar, dat hy verwag het dat as die Messias kom,alle gevangenis bevry sou word,en hier bevind hy hom dan nog indie tronk.Dit was .toe ons hd deel gedoen het,vir my nogal 'n aanvaarbare verklaring.Beteken die feit dat jy dit nie nou opgehaal het nie,dat jy dit nie as 'n moontlikheid sien nie?Chris van Wyk on Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief Jy is reg - nie soseer Jesus as sodanig nie, maar wel die Messias of Verlosser. En dit kan die rede vir die vraag wees, maar dit hang ook saam met die verwagtinge wat daar in elk geval vanuit hulle lees van die Bybel was.Jolize on Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief Ek het hierdie week erens raakgelees dat daar 'n paar mense in daardie tyd voorgegee het om Jesus te wees. Dalk was dit een van die redes vir die vraag in 7:18-35Chris van Wyk on Kontak my Ek is bly jy geniet dit! Die eerste paar bydraes gaan oor die breë prentjie van Lukas en Handelinge, wat ek in die gemeente al as Bybelskool aangebied het. Die huidige bydraes word egter geskryf soos ek dit nou saam met julle lees. Dit is dus so vars soos die sonsopkoms elke oggend!lettie jacobs on Kontak my haai Chris, ek geniet jou aanbieding van Lukas so baie, ek sou dit graag by ons bybelskool wil aanbied. Het jy dalk al die hele oorsig van Lukas en sal jy dit met my deel asseblief?rien on Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede Ek het so `n bietjie meer oor Lukas se agtergrond gelees, en sy belewenes van God se werke wat hom gemotiveer het om onderhoude met die dissiepels en Maria te voer oor Jesus. Dit motiveer my net meer om te weet dat God in beheer is en kragtig deur mense werk, werk wat groter as mense se begrip is. Dis werke wat ALLA mense insluit, ook vir my.Lily on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes Die beeldspraak van Jesus in die Ek is-uitsprake is so betekenisvol, prakties en allesomvattend. In die woorde van Louie Giglio sê ek: "I know I am not, but I know I AM"!!! Dankie, Chris dat jy ons op hierdie reis begelei het.rien on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes 1. Dis vir my so `n groot vertroosting dat Jesus volledig mens geword het, dat hy pyn en lyding verstaan maar ook al ons emosies beleef het en ook dit verstaan. Dat hyself vertroos verstek en heelmaak gee. Hier die wonder beleef ek dikwels en ook weer vandag. 2. Sy opstanding gee vrede en vreugde (die glimlae op mense se gesigte is slegs vreude wat Jesus kan gee) ook vir myVinie Furstenberg on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes My kleindogtertjie het toe sy agtjaar oud was, `n baie ernstige, diepsinnige gesprek met my gehad oor 'Die Ewigheid.' Miskien daarom dat die ewigheidsbeloftes in die Evangelie van Johannes my hierdie keer so opgeval het: In hoofstuk ses alleen kom die belofte sewekeer voor! Maar die hoogtepunt vir my is Sy belofte dat almal wat na Sy stem luister en Hom volg, in alle ewigheid nooit verlore sal raak nie. Niemand sal ons uit Sy hand ruk nie!!! Hoofstuk 10 vers 28Charné on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes Joh 5:24 en Joh 17:3 en daar is ook ander. Van kleins af geleer dat gelowiges nou reeds die ewige lewe het maar was 'n moeilike begrip. Nou vertel Jesus self: "en dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gesuur is." Dankie Jesus vir die gawe van geloof!Nico on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes Joh 17:4 Die gebed van Jesus - En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken . . . Om Hom te ken beteken dat ek elke dag in sy teenwoordigheid moet leef dis al hoe ek hom kan nog meer en meer leer ken. Deur saam met Hom te lewe. NicoVinie Furstenberg on Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God Baie dankie vir die perspektief. Ek het ook opgelees uit die boek van Prof.Adrio König: Die helfte is my nooit oor Jesus vertel nie.(2001) Het selfs my notas van dertig jaar gelede weer opgediep. Baie navorsingsinsette in o.a. Marshall IH: The Origins of New Testament Christology ,63-82 (1977) en Ladd GE:A Theology of the New Testament,145-158(1974) Op daardie stadium was baie vrae nog onbeantwoord en was daar baie verskillende sienswyses. Ek haal aan uit Marshall:"From our survey it is evident that there are no easy solutions to the 'Son of Man' problem and there is no consensus of opinion among scholars. But it may be claimed that the view that Jesus spoke of himself by means of this phrase offers the least difficulties, and that here we have a valuable insight into his self-understanding." Daar sal maar seker altyd verskil in opinies wees!Christine Veldsman on Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes My indrukke oor Johannes: Die volgende het my getref: Christus is: Die sondelose Vriend van sondaars, tegelyk God en mens - Hy deel my menslikheid volkome en kan my help met alles in my lewe.God is gees, sou ons ooit in 'n verhouding met Hom kon leef as Hy nie mens geword het nie. Deur as mens pyn honger ens te ervaar het Hy "geleer" hoe dit is. Hy is God, volkome in beheer, Hy is liefde, dit is Sy krag waarmee Hy mense tot bekering lei en waarmee ons mense vir Hom wen. Sy menslikheid wat my laat besef hoe ek nie is nie, en hoe ek moet wees.Dit was 'n wonderlike studie. Dankie.Chris van Wyk on Nuttige boeke Hoop dit smaak so goed as wat dit lyk!Fanie van Emmenes on Nuttige boeke Ek is so effens agter as gevolg van verhuising. Dit klink egter na 'n "liplekker" studie. Die Here se seen word u toegebid met die Bybelskool. Vrede !Chris van Wyk on Jesaja Jy is welkom om Jesaja te doen. Klik net agtereenvolgens op die skakels op die Jesaja bladsy hierbo en werk deur die hoofstukke op jou eie tyd, bv.: * Leesplan Jesaja * Kies ’n Bybellees metode * WEEK 1 – Jesaja 1-6 * Jesaja 1 – Julle ken My nie * Jesaja as boek * Vir dieperdelwers * Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God * ensovoorts. Jy is welkom om onderaan elke bydrae kommentaar te lewer (soos jy nou gedoen het) en vrae te vra. Geniet dit.wilma kemp on Jesaja ek wil graag Jesaja doen. is dit moontlik? sal dit baie waardeer.Vince on Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe Baie dankie vir jou bediening !!!!!!!!Chris van Wyk on WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament Plesier! Geniet Johannes. Ek begin dink aan die Psalms ...Fanie van Emmenes on WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament Baie dankie Chris vir die studie oor die boek Jesaja. Ek het so pas die laaste gedeelte oor Jes. 66 gedoen. Dit is beslis 'n verrykende ervaring om so met God se Woord om te gaan. Sterkte vorentoe, ek sien met verwagting uit na die volgende gedeelte. Vrede !Chris van Wyk on Hoe om Bybelskool.com te gebruik Hi Dawid. Hierdie Bybelskool lei nie predikante op nie. Ons ontwikkel materiaal waarmee gewone gelowiges met meer insig die Bybel kan lees. Sommige predikante gebruik wel die stof vir 'n weeklikse bespreking in hulle eie gemeentes of in 'n soortgelyke Bybelskoolbyeenkoms as wat ek in my gemeente hou. Die grootste gebruikers is Bybelstudiegroepe wat die materiaal vir hulle weeklikse byeenkomste gebruik.dawid jacobs on Hoe om Bybelskool.com te gebruik ek wil meer inligting bekom rakende jul bybelskool lei jul predikante ook op ?Chris van Wyk on Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011 Baie welkom aan David. Hy is die 300ste geregistreerde gebruiker van bybelskool.com! Geniet dit!Petro Thom on Jesaja afsluiting Baie dankie Dr Chris vir die verrykende reis deur Jesaja. Die GENADE van die Here met sondige mense en Sy Ewige Verbond met ons bly my by Jes59:21.Chris van Wyk on WEEK 9 – Jesaja 62-66 Hier is die datums en leesplan vir die evangelie van Johannes vir die 2de kwartaal 2011 wat 20 April begin: http://www.bybelskool.com/johannes/die-evangelie-van-johannes-bybelskool-com-20-april-24-mei-2011/Chris van Wyk on WEEK 9 – Jesaja 62-66 Volgende kwartaal behandel ons die evangelie van Johannes. Ons begin 20 April en gaan in 5 weke die evangelie deurlees. Ek sal binnekort meer inligting daaroor gee. Dankie vir jou waardering! Seën, Chris.Willem Hatting on WEEK 9 – Jesaja 62-66 Dis n wonderlike voorreg om op internet deel te kan wees van die bybelskool.Dr. Chris, baie dankie vir jou daaglikse e-pos kommentare wat ons elke dag so stiptelik ontvang.Prys die Here dat hy via hierdie kanaal vir ons die voorreg gee om hierdie geloofsreis saam met julle te kan mee maak. Ek sal dit baie waardeer indien u vir my so gou as moontlik kan laat weet oor die volgende bybelboek wat u gaan behandel, sodat ons dit vroegtydig in ons gemeente/s kan bekend stel. (Vryheid NG Moedergemeente asook NG Vryheid Suid-Oos) Groete, Willem Hattingkobus Bester on Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede Die selfde wat Paul Kruger gebruik het "Soek in die verlede alles wat mooi en goed is en volg dit na ...."Giselle Piscaer on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Ek weet die saamwoon gesprek is 'n baie sensitiewe onderwerp, maar wil graag my stuiwer in die armbeurs hieroor ingooi. Die redes waarom ek en my eks saamgewoon het, was 'n sameloop van omstandighede, wat as iemand my daaroor wil uitvra, ek nie skaam is om te deel nie, maar vir hierdie doeleindes , is dit 'n relaas te lank om te herhaal. Saambly op 'n intellektuele en emosionele vlak kan meer skade berokken as wat dit oënskynlik blyk te wees. En nee om saam te bly is nie so goed as om getroud te wees nie, en ja jy het 'n papiertjie nodig wat sê dat jy getroud is, want daardie papiertjie spel commitment uit, dit sê, dat jou lewensmaat, jou waarde so hoog geag het, dat hy of sy 'n kontrak met jou wou gesluit het, nie vir net 'n week of 10 jaar nie, maar vir 'n leeftyd. Soos met enige kontrak, moet 'n mense die fynskrif lees, for better for worse, in sickness and in health, en bereid wees om die 7 sakke sout saam op te eet. Saamwoon sê, huurkoop, toetsbestuur die model, en as jy nie hou van wat jy ervaar nie, gee terug of loop weg. Trou is nie perde koop nie, daarom is dit 'n kontrak wat goed deurdink moet word, voordat dit aangegaan word. Die huwelik nooi God binne, die verbintenis is meer innig, en dit laat jou spesiaal voel, want iemand het jou so liefgehad om met jou 'n lewenslange kontrak aan te gaan. Om saam met bly, gaan die vraag onbewustelik, selfs dalk bewustelik by jou opkom, wat is jou waarde vir daardie ander persoon, dat hy of sy, jou nie genoeg respekteer of waardeer om daardie commitment te maak nie. Dit is makliker om saamwoon te ontbondel as 'n huwelik, daarom sal 'n mens binne 'n huwelik twee keer dink voordat jy skei, twee keer so hard werk daaraan om dit te laat werk, as binne 'n saamwoon situasie. Die vrae wat opkom binne 'n saamwoon situasie, veral as kinders die prentjie betree, veroorsaak introspeksie wat seermaak, en dikwels lei daartoe dat daar 'n kloof ontstaan, wat uiteindelik die verhouding kelder. En dan begin die bytjie blommetjie siklus van saamwoon verhoudings wat nooit so innig of vervullend is as die huwelik nie. Ek dink dat hoewel uit 'n Christelike oogpunt die huwelik soveel meer sin maak, maak dit ook uit 'n sielkundige oogpunt baie meer sin.Chris van Wyk on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Ek is beïndruk met jou optimisme en hoë waardering vir die huwelik, al het jy 'n negatiewe ervaring gehad. Dit is darem wonderlik hoe só 'n lewenshouding 'n mens help om 'n dieper mens te wees.Giselle Piscaer on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Ek het vir 10 jaar saam met my eks man gewoon, en was daarna vir 5 jaar met hom getroud, en is net oor 'n jaar terug van hom geskei. En my opinie van die huwelik, is dat dit 'n wonderlike instelling is wat nie lig geag moet word nie. As ek kon terug gaan, het ek dit anders benader. Gewag vir die lewensmaat wat God vir my bestem het, met dieselfde waardes as ek. Die kat goed uit die boom bekyk, en nie summier in iets ingespring het, omdat ek eensaam was nie. Ek het dan ook getrou vir die verkeerde redes, maar is geskei vir die regte redes. Iets wat vermy kon gewees het, as ek van die begin af die situasie korrek benader het. Ek dink nie ek sal weer trou nie, nog minder saam met iemand bly. Dit waardeur ek is in die 15 jaar van my lewe saam met my eks, het my vir die res van my lewe afgesit van die huwelik, maar dit is my persoonlike ervaring. Ek is nog steeds 'n voorstander van die huwelik, en sal vir enige jong meisie vra, om haar liggaam, haar siel, haar intellek te bewaar, en te wag vir die regte lewensmaat om dit mee te deel. Miskien het Paulus nes ek 'n negatiewe ervaring gehad, en omdat hy mens is, en nie volmaak nie, was hy seker maar ook geregtig op 'n porsie pessimisme. Ons moet net versigtig wees om nie toe te laat dat ons pessimisme ander mense se optimisme besmet nie. God het Adam en Eva geskep, en ek glo dat twee mense die wa beter deur 'n drif kan trek as een. Dat man en vrou mekaar aanvul, dat God wanneer Hy na ons kyk, net die beste vir ons wil hê, en dat Hy ons geskep het om nie alleen deur die lewe te gaan nie. Dit bly egter ons keuse hoe ons daardie eensaamheid aanpak, in 'n huwelik, in 'n vriendekring, of in aanbidding van God, en nie een van hierdie drie hoef enigsins die ander twee uit of in te sluit nie. Daar was 'n doel met my ervarings, dit het van my 'n dieper mens gemaak, maar ek besef ook dat God vergewensgesind is, en dat as ek na Hom geluister het amper 17 jaar terug, my lewe 'n ander rigting sou ingegaan het, en ek dalk minder of dalk meer seer sou gehad het. Ek weier dat "Wat as" my lewe dikteer. Ek glo vas dat God 'n doel met my lewe het, en dat ek opreg kan sê, die huwelik is meer as 'n stukkie papier wat sê dat jy getroud is, reg gedoen, is dit God se geskenk aan ons.Rien on Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag Ek dink ons het keuses,tussen sonde en God. Ons kan nie altwee aanhang nie. Solank ons op aarde is sal ons nog sondige goed doen, maar die HG oortuig ons wat sonde is sodat ons dit kan belei. God haat sonde en kan nie wees waar sonde is nie, en ja Hy is maar altyd daar om uit genade te vergewe as ons ons sonde belei. Ek dink ook sonde skei ons dus van God en sal geoordeel word.Chris van Wyk on Terugblik en vooruitskou Hi - jy hoef net te registreer, dan stuur ek dit vir jou outomaties: http://www.bybelskool.com/wp-login.php?action=registerjanine kritzinger on Terugblik en vooruitskou Kan julle asb elke dag vir my ook dagstukkies e-pos?Chris van Wyk on Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag Dit is nogal 'n tameletjie dié! Wat weet ons van God en sonde? 1) God haat sonde. 2) God straf sonde, natuurlik ook aan die kruis. 3) God roep sondaars tot bekering. 4) God verlos sondaars van sonde. 5) God transformeer sonde - Hy bring die goeie uit die kwade na vore. Skei sonde ons dan van God? Ek dink 'n mens 'n mens moet dit op twee maniere sê: 1) Sonde skei vir JOU wel van God - dit neem bv. by ons die bewussyn van God se guns en teenwoordigheid weg. Ons ervaar dat God sy oë vir ons toemaak (Jes 1:15). Ons word verteer deur skuld en skande. 2) Sonde skei egter nie vir GOD van ons in hierdie lewe nie (soos jy sê) - daarom dat die Here vir sondaars kan sê: KOM laat ons die saak uitmaak (Jes 1:18). God steek dus die kloof van sonde oor na ons toe in sy genadeaanbod - sonde skei ons dus nie van God nie. Maar, dit is vir dié lewe - na die dood skei die sonde ons wel van God, want genade wat nie aanvaar is in dié lewe nie, word die finale oordeel wat 'n ewige skeiding weg van God se aangesig insluit - ons sonde skei ons dus wel van God. Of hoe dink julle ander?Christine Veldsman on Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag Ek het 'n groot probleem. Lyk vir my sonde skei God nie van mense nie. Inteendeel, deur Sy oordele wend Hy juis 'n drastiese poging aan om volke tot insig en bekering te bring. Aan die kruis oordeel Hy Satan, die sonde en ons sondige natuur en maak Hy dit vir ons moontlik om,as oorwinnaars te lewe. Tog, volgens Hebr. dissiplineer Hy ons deur ons te tugtig. Ondanks sonde bly Hy met ons bemoeienis maak. Wat is die effek van sonde dan op Sy verhouding met ons? En as dit ons nie van Hom skei nie, gebruik Hy nie selfs sonde tot ons voordeel nie bv. om 'n sondebesef by ons te bring, ons insig te gee dat ons Sy vergiffenis nodig het, berou te bewerk? Hy het tog ook beheer oor sonde?Ilse on 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense Baie interessante bydrae oor Jerusalem se vorige name. Dankie Laetitia. Hoofst 28--Moderne vertalers het darem hd dag 'n jolige jolliedag gehad met al hd sinonieme van dronk!! Vers 10,13 het my laat dink aan Nataniel in Jan. Sarie:Almal=besig,almal het opinies,maar vra,dan doen hulle bietjie die en bietjie daai,praat oor die en daai,maar se niks eintlik nie en weet net so ietsie oor dit en bietjie minder oor dat! Het hy dan by my gekuier?!Chris van Wyk on Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging Jesaja skryf in opdrag van die Here en gebruik die uitdrukking om te wys dat daar geen uitkoms vir iemand gaan wees wat die getuienis van die Here in die Woord en in die lewe van sy mense ignoreer nie. Dit is dus sy menslike beeld, geïnspireer deur die Gees, waardeur God praat. Gelukkig dat God sommige uitkies, nê! Anders was ons almal verlore. Dat ons kan luister is genade!Chris van Wyk on Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie Dit bly darem ‘n droom wat die moeite werd is om voor te lewe – of ten minste te bly verwag!Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies Ja, dit is een manier om dit te verduidelik, hoewel die Psalm verwysing nie vir my sin maak nie. Die Bybel in Praktyk sê iets soortgelyks: “Die boodskap kom daarop neer dat dit vir hierdie gebied blywend nag is. In die loop van verdere gebeurtenisse sal daar rede wees om die versoek te herhaal (34:5–17). In die tyd van Jesaja is Edom ten minste drie keer deur die Assiriërs onderwerp.” Maar, dan bly die probleem steeds om Duma te interpreteer, waaraan ek wel my hand gewaag het, maar steeds onseker oor voel. Watts het die volgende daaroor te sê en stel eintlik voor dat ‘n mens die misterieuse karakter van die teks aanvaar: “Verse 11: A second burden has an even more ambiguous and mysterious title: “Silence.” The sound of the Hebrew word is similar to “Edom,” and the reference to Seir in the next line leads the lxx to insert that name here. Wildberger thinks it refers to a place name. Schlossberg has called attention to medieval rabbinic interpretations of this passage. Rav Saadia Gaon interpreted the text in terms of Dumah, son of Ishmael (Gen 25:14) and a place called Dumat al-Gandel in the northwestern area of modern Saudi Arabia. Other rabbis and Karaite commentaries follow his interpretation in relating this prophecy to Ishmael, though earlier Talmudic literature related the prophecy to Edom. However, the parallel to other ambiguous titles (21:1, 13; 22:1) suggests that it be allowed its mysterious character, especially in view of the ambiguity in the keeper’s response (v 12). The theme of a lookout or watchman is continued from vv 6 and 8. The question is broad and common. Verse 12: The answer says nothing specific, only recognizing that it is proper to ask, even when nothing can be given in reply. It reflects the times when people want to know what is happening, anxiously anticipating great and fearful events, yet recognizing that those events have not come into sight. Geyer provides a very thorough discussion of possible mythological connections.”Chris van Wyk on Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf Baie raak opgesom – dit onderstreep net weer hoe belangrik dit is om die teks te lees totdat dit vir jou die woorde van God word. Dankie!Chris van Wyk on 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense Linda du Plessis vra hoe oud Dawid was met sy kroning as koning. 2 Sam 5:4 dui aan dat hy ongeveer 30 jaar oud was met sy eerste kroning oor Juda en 37 jaar oud toe hy deur die hele volk aanvaar is en dus koning van die hele Israel geword het. Hy is waarskynlik op die jeugdige ouderdom van 15 deur Samuel gesalf as koning en het 70 jaar oud geword met sy dood (Bright dateer sy regering in sy History of Israel as 1000-961 v C). Interessant: Leviete moes 30 jaar oud wees voor hulle diens kon verrig (Num 4:3) en Jesus was ook 30 jaar oud toe hy met sy bediening begin het (Luk 3:23).Christine Veldsman on Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf Jy sê" Be you the judge!! Jesaja as boek is ontstellend en neerdrukkend. Tog lees ons - ek - dit met die verwagting om die Here daarin te hoor en te sien. Ek bely dat dit nie maklik is nie. Tot ek by die verse gekom het waar die Here sê Hy is die Pottebakker, soveel groter as julle. Julle is maar net die potte en verder... Jes.29:16. Toe word die verskriklike oordele wat uitgespreek word oor die heidennasies sowel as Juda en Israel vir my bewyse van hoe intens God se liefde is vir Sy skepsels, die heidene en Israel wat Hy uitverkies het. Die detail waarmee die oordele beskryf word, die uitwys van die sonde en oortredings waaraan hulle skuldig is sodat hulle dit kan ken, erken, bely en hulle tot God kan bekeer. Hy het geen behae in die dood van 'n sondaar nie - want die sondaar is immers ook sy skepsel. Sy oordele is die openbaring van Sy intense liefde en 'n uiterste poging om hulle tot inkeer te bring. Hy is gretig, Hy bied reiniging, vergiffenis en lewe aan. Van die oordele, sê jy, het in vervulling gegaan. Maar uiteindelik, omdat volke bly volhard in ongehoorsaamheid ,gaan Hy tot die radikale oordeel oor deur Christus se dood aan die kruis om deur Sy dood en opstanding vir ons 'n verstand te gee waarop sy gebooie gegraveer is en hart waar Sy wet geskryf is. En as ons dit ook nog nie aanvaar nie, kom die finale oordeel, die ewige dood. In sy liefde kon Hy as't ware nie meer gedoen het om die mens tot inkeer te bring en te red nie. Lees ek Jesaja met die prentjie in my kop word dit vir my 'n boek wat gloei met die liefde wat God vir 'n sondige mensdom het en wat Hy doen om hulle tot inkeer te bring. Hy is die Pottebakker met 'n droom vir Sy potte en Hy gaan tot die uiterste toe om daardie droom te verwesenlik in die offer van Sy Seun. Tog is daar 'n punt waar Hy gaan stop. Vir ewig. Dit is verskriklik en laat my besef hoe belangrik dit is dat ek as gelowige so sal lewe dat Hy mense deur my lewe sal ontmoet. So het ek begin "vrede" kry met die lees van die boek en almeer in verwondering gegaan oor God wat liefde is.Jurie Jurgens on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies Oor verse 11 & 12. Ek lees in 'n kommentaar dat die Edomiete hier na die profeet roep en vra hoelank hul onderdrukking deur die Babiloniers (die nag) nog gaan duur, en dan antwoord die profeet dat die more (uitredding) sal kom vir Jerusalem, maar vir Edom sal dit nag bly. Hy verwys na ander tekste soos Ps 137:7. Hierdie is nie my "wyse woorde" nie - dit kom uit Thesaurus of Sriptural Knowledge wat ook op my E-sword is. En dit pas in by verse 6-9 en maak nogal sin, of hoe dink jy?JurieJurgens on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies My gedagtes gaan weer terug na Jes 7:12 waar koning Agas "nee, dankie" gese het vir 'n teken van die Here - seker ondat dit sy eie keuses oor staatsbeleid sou ingeperk het. Nou dink ek net - wat sal die wereldleiers van vandag se vir 'n uitnodiging om 'n teken van God te ontvang oor bv. die vraag oor wat gedoen moet word oor groeiende verdedigings-begrotings aan die een kant en skryende armoede en verhongering van miljoene mense? Wie sou braaf genoeg wees om onvoorwaardelik 'n teken te vra? En as ek aan myself dink? Ek bid dikwels vir die armes en huisloses in ons metro, maar is ek bereid om onvoorwaardelik vir 'n "teken" te vra oor wat ek moet doen??Rien du Preez on Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie Wou! Hoofstuk 19 is regtig vir my so wonderlik. As die Here sê "moenie bang wees nie Ek is met jou, moenie bevrees wees nie Ek beskerm jou" word vir my so duidelik in hierdie hoofstuk. Die Here maak tussen die selfde nasie vyande maar verydel ook hulle planne sodat hulle die gode moet gaan raadpleeg. Verder verwar Hy Egiptenare sodat hulle planne nie uitwerk nie. Tog as hulle na Hom roep sal Hy `n redder stuur en nog meer Hy sal hulle saak behartig, en dan teen die einde sal volke Hom saam dien. Sjoe vir my is dit duidelik dat ek vir niks, maar niks van wat tans in lande gebeur bang te wees nie. God is steeds besig net Sy plan na Sy wederkoms. Hy het die mag tot oorlog, vrede, samewerking ens sodat eendag gedeeltes van alle nasie Hom sal dien ( die wat Hom aanroep). In ons eie land, ons het oorlog verwag met die oorgang baie gebede het na Hom opgegaan en toe? Geen bloedvergieting. So ek moet Hoor, glo en lewe soos HY vra. "VERTROU OP DIE HERE" Hy is en bly in beheer, al is Sy planne nie altyd duidelik nie, omdat dit groter as my verstand is. Seënwense, RienChris van Wyk on Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad Die lys is ongelukkig net in Engels beskikbaar: bv. by http://en.wikipedia.org/wiki/613_MitzvotAlex on Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad Ek is opsoek na die 613 wette van die torah (eerste 5 boeke) in afrikaans. Kan julle asb vir my stuur. Groetnis AlexRien du Preez on Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging Ek wil net weet as ek Jes. 8:21-22 lees gebruik Jesaja weer die mooi uitdrukking "Hy sal boontoe en ondertoe kyk", Het die Here in die mooi beeldspraak gepraat of was dit jesaja se skryf tenniek om God se boodskap verstaanbaar oor te dra? Vir my is dit insigewend dat die Here ongeregtigheid straf maar daar is altyd `n groep mense wat Hy uitsonder, wat meer geloof vas is. So sal Hy ook in Openbaring die bokke van die skape skei. Vir my weet ek dat God `n erens met sy waarskuwings het en soos Hy so baie kere gesê het "julle het nie geluister nie" Baie dankie ek geniet dit baie. RienJurie Jurgens on Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie Ek het 'n paar jaar gelede die outobiografie van Alan Paton gelees, en was beindruk met sy keuse van due titel - "Towards the Mountain". Dit was 'n verwysing na die berg van die Here van Jes 11:9 waar mense nie mekaar sal seermaak of benadeel nie, weens die volheid van die kennis vd Here. Dis hoe hy sy lewensarbeid gesien het.Vince Aslett on Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer "Selfs al erken mense nie Sy betrokkenheid nie, is Hy agter en deur dit alles besig om sy wil te voltrek in die besluite van mense." Ek kan net imagine hor hierdie statement die ongelowiges en post moderniste sal laat kriewel van irritasie - te lekker 🙂Chris van Wyk on Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel Inspirasie is 'n kontensieuse onderwerp. Mense verskil hewig daaroor. Sommige verdedig 'n verbale inspirasie, asof die profete "bandopnemers" was, soos jy sê - maar dan in allerlei probleme kom wanneer daar foute in die teks uitgewys word. Ander verdedig 'n organiese inspirasie waarin die persoon, kennis en vaardighede van die profeet of skrywer ingespan is deur God om 'n gesagvolle geïnspireerde woord aan ons oor te dra. Ek bevind my onder dié teoloë, soos trouens die NG Kerk ook, soos in die vorige besluite van die Algemene Sinode gesien kan word. Die presiese manier waarop dit gebeur het, was egter minder belangrik vir die skrywers van die OT en NT as die inhoud daarvan. Daarom is die name van die skrywers, soos bv. in die Psalms, baie keer nie eers bygevoeg nie, omdat dit die boodskap is wat belangrik is, nie die boodskapper nie. Hier is 'n skakel na 'n dokument wat die amptelike verslag en besluite van die 2002 en 2004 Algemene Sinodes weergee wat breër hierop ingaan: <a href="http://www.bybelskool.com/wp-content/Gesag_van_die_Bybel.doc" rel="nofollow">Algemene Sinode besluite</a>Chris van Wyk on Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel Jy is reg dat die "dag van die Here" of "dié dag" of "daardie dag" verskillende betekenisse het. Die presiese betekenis kan 'n mens net binne die konteks van 'n spesifieke uitspraak vasstel. Bv. in Jes 2:11 lyk dit asof dié dag op die aanbreek van die ballingskap dui - omdat dit 'n oordeel oor Juda aankondig - maar net daarna in 2:12 lyk dit asof die fokus na die eindtye verskuif - omdat 'n oordeel oor die nasies en selfs die aarde ter sprake is. In die Nuwe Testament word "die dag" veral met Christus se koms verbind, sowel sy eerste koms as sy wederkoms, wat 'n dag van blydskap vir die gelowiges sal wees, maar 'n dag van ellende vir die ongelowiges.JurieJurgens on Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel Terloops, ek lees nou die dag in 'n artikel ood die Goddelike inspirasie vd Bybel "Dit is nie verbasend nie dat die profete nie die volle implikasies van hulle boodskap kon verstaan nie. Die bron van hulle woorde was buite hulself, ..." Peter Cousins in die Afrikaanse vertaling van die Lion Handbook to the Bible. In dieselfde boek skryf Alec Motyer oor die profete : "Hulle boodskappe is meestal oorgedra in weloorwoe redevoerings wat al die kenmerke van sorgvuldige voorbereiding dra" "Die profete is baie terughoudend oor hoe hulle hierdie boodskappe ontvang het." en "Ons kan geen logiese verklaring van hulle ondervinding gee nie. Aan die een kant het hulle aanspraak gemaak dat hulle woorde deur God aan hulle gegee is, aan die ander kant was hulle allermins bloot "bandopnemers" van 'n boodskap van buite. Hulle was juis grootse en merkwaardige persoonlikhede." Jou kommertaar?JurieJurgens on Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel Ek het al baie gedink oor "daardie dag" in Jesaja, en uit die preke wat ek al gehoor het, boeke wat ek gelees het, en my eie denke, het ek 'n bra vae idee dat dit kan verwys na: (1) die hier en nou (deur die eeue) wat God se kinders as ideaal moet nastreef; (2) die nabye toekoms (destyds) met die val van Jerusalem en die tempel en die wegvoereing,ens; (3) die koms van die Mesias; en (4) die wederkoms van Christus met die fale oordeel, ens. Elke verysing kan na een of meer of selfs al vier beteken. Dit kan nogal begin lyk na 'n deurmekaar raaisel om elke verwysing so te probeer plaas - ek sien daar is 88 verwysings na "daardie (of die) dag" in Jesaja. My e-soek deur Jesaja lewer 88 verwysings na "daarie (of die) dag". Of hoe moet ons dit sien?Chris van Wyk on Indeling van die boek Jesaja Daar is nog heelwat mense wat die "drie profete" benadering sal volg, en daar is natuurlik baie geskryf daaroor, en mense gebruik nog daardie boeke en kommentare. Groenewald verwys heel waarskynlik na die probleem wat enige navorser het, dat daar so min in die Bybel oor die profeet Jesaja geskryf word. Die oomblik as jy dan begin spekuleer is dit geen wonder dat 'n mens ervaar: "soveel hoofde, soveel sinne". Dit maak dus vir my meer sin om die boek as 'n eenheid te hanteer wat oor 'n lang tyd tot stand gekom het.Vinie Furstenberg on Indeling van die boek Jesaja Is dit reg dat ek aflei dat ons heeltemal gaan wegdoen met die "drie profete" benadering? Waarna verwys Groenewald as hy praat van "uiteenlopende standpunte oor die historiese profeet", en die "soektog na die historiese Jesaja" wat onmoontlik geword het?john on Vir dieperdelwers die skrifte se volhard in die leer van die apostel en die fondasie is al reeds gele die boek van efesiers 2Chris van Wyk on Jesaja 1 – Julle ken My nie Wat my baie help om van die uitverkiesing sin te maak, is om te onthou dat die sinode van Dordt vir ’n uitverkiesing <em>in Christus</em> en <em>in die geskiedenis</em> gekies het (Infralapsarisme) en nie vir ’n uitverkiesing <em>voor die sondeval</em> (Supralapsarisme) nie. Die uitverkiesing vind plaas <em>in die geloofskeuse</em> wat mense vir Christus maak, waarin God se roeping die oortuigingskrag is (Rom 9:24; 10:8,11-21), en geloof en belydenis die manier is waarop ons dit ontvang (Rom 10:9-10). God se uitverkiesing vind dus nie plaas buite om ons geloof nie, maar in of deur ons geloof. Omgekeerd, kan 'n mens sê, dit is in die ongehoorsaamheid en weerspannigheid van die volk wat hulle verwerping sigbaar word (Rom 9:32; 10:3, 16-21; 11:7-10). Dit sien 'n mens natuurlik in die boek van Jesaja ook, bv Jes 1:19-20. Vir meer leeswerk hieroor in my bydraes oor Romeine 9-11: http://www.bybelskool.com/romeine/romeine-9-11-%E2%80%93-die-jode-se-volle-getal-sal-gelowig-word/Vince Aslett on Jesaja 1 – Julle ken My nie Te lekker om weer te begin, dis vir my interesant hoe daar van ons verantwoordelikheid gepraat word om te kies - ek ploeg op die oomblik met die uitverkiesing, en alhoewel ek al hor meer begin dink dat daar wel een of ander tipe uitverkiesing /roeping van God se kant af is, lyk dit tog asof Jesaja vir ons vertel dat ons moet kies of ons God wil dien of nie, en dat ons keuse sekere gevolge vir ons inhouCharel on Terugblik en vooruitskou Ek wil graag ook hierdie jaar bybelskool doen vanuit Pretoria en Kaapstad so kan jy asb vir my aanhou die dagstukkies epos?Tokkie on Terugblik en vooruitskou Baie dankie vir die afgelope kwartaal se bydraes. Ek geniet dit so om elke dag die stukkie te ontvang en saam met Bybelstudie te doen. Ek leer so baie, wat voorheen net dele van die Bybel was wat ek oor en oor gelees het sonder om die diepere betekenis daarvan te ontdek, het my oė en my hart oopgemaak. Ek sien uit na volgende jaar, veral na Jesaja. Dankie dat jy deur al die bydrywighede tyd maak om dit vir ons voor te berei en te stuur.Chris van Wyk on Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan Jy is reg. God gebruik soms wonderwerke in die lewe van gelowiges, soos ons lees van Paulus wat niks oorgekom het toe ’n slang hom gebyt het nie (Hand 28:5). Net so het die dissipels siekes gesond gemaak (reeds in die evangelies, bv Matt 10:1, maar ook hierna, soos ons lees in Hand 3:7–8). Maar dit is nie almal beskore nie, soos ons duidelik lees in 1 Kor 12:27-30 dat almal nie die gawes van wonderdade en gesondmaking het nie.Walter on Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan Hoe moet ons Markus 16:18 verstaan? Dat daar wondertekens sal wees maar sekerlik tog nie dat hierdie wondertekens by alle gelowiges teenwoordig sal/moet wees nie?Christine on Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig Hi, kopskuiwe in ons verhouding met die Here is ook nodig. Vir lank in my omgang met die Here het die klem geval op wat Hy vir my kan doen en gee en wat ek moet doen - veral in die Danie se langdurige siekte. En die Here het wonderlik gesorg en gegee. Geleidelik het ek in my gebedslewe en Bybellees almeer begin fokus op wie en hoe God is. My behoefte om te vra en te verwag het begin afskaal in die al groter wordende besef van Sy grootheid, almag, liefde en genade. Die "doen" het ook begin plek maak vir "wees". om, soos Paulus sê, 'n lewende en heilige offer te wees.Chris van Wyk on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Die steniging was natuurlik in die verlede deur die OT wet beheer wat 'n onderskeid tussen sondes gemaak het, en figuurlik gesproke doen ons dit steeds! Jy is inderdaad reg dat die "daarom" terugwys na mense se disrespek vir God, en dat dit Hom noop om hulle oor te gee aan losbandigheid en allerlei ander kwale in ons sonde-siekte toestand. Maar, en dit is die sleutelprobleem wat sommige het, mense gebruik dié uitsprake buite konteks en maak dit van toepassing op gelowige homoseksuele, terwyl hier eksplisiet sprake is van ongelowige promiskue homoseksuele. Op die keper beskou, is dit egter ook so dat Paulus hier egter wil wys dat die kleinste sonde jou diskwalifiseer om genade te verdien. Dit is waarom Paulus al hierdie sondes in een bondel groepeer en afskiet. En hoofstuk 2 en 3 borduur hierop voort om te bevestig dat niemand reg doen nie, en almal gesondig het. Dit alles, sodat die boodskap van 3:21 en verder goed gehoor kan word: God spreek ons nou vry enkel en alleen omdat ons glo. My gedagtes oor homoseksualiteit is in lyn met wat die Algemene Sinode in elk geval daaroor gesê het, hoewel ek in die eerste plek probeer het om die teks te verstaan. Ek sluit die Algemene Sinode se besluit van 2007 hieronder vir jou in. Ek sluit ook 'n <a href="http://www.bybelskool.com/wp-content/uploads/2010/10/Homoseksualiteit-netelig-Piet Naude.pdf" rel="nofollow">interessante bydrae</a> van Piet Naudé vir jou in wat oor die neteligheid van die besluite hieroor geskrywe het (reeds in 2005 vir ons eie sinode geskryf). BESLUIT Op 7 Junie 2007 besluit die Algemene Sinode soos volg: 1. “Die Bybel is ons uitgangspunt en in ons nadenke oor homoseksualiteit soek ons eerlik na maniere om die Bybelse waardes betekenisvol binne die konteks te interpreteer. 2. Ons aanvaar die liefde van Christus as die enigste geldige grondhouding waarop verhoudinge binne die geloofsgemeenskap gebaseer word. Alle mense is geskep na die beeld van God; die verlossing in Christus is vir alle mense en die Gees is uitgestort op alle gelowiges. Daarom aanvaar ons die menswaardigheid van alle mense. 3. Alle mense, ongeag hulle seksuele oriëntasie, is ingesluit in God se liefde en hulle word op grond van hulle doop en geloof as lidmate van die kerk van Christus aanvaar. Onder lidmaatskap word verstaan toegang tot die sakramente, toegang tot die ampte en onderworpenheid aan die kerklike tug. 4. Die Algemene Sinode herbevestig die besluit van 2004 dat, volgens ons verstaan van die Bybel, slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ʼn huwelik beskou kan word. 5. Die Algemene Sinode bevestig ook die besluit van 2004 dat sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuïteit ten sterkste veroordeel word. 6. Die Algemene Sinode besluit dat, in die lig wat ons tans het, homoseksuele verbintenisse en huwelike nie as ʼn alternatief vir die huwelik aanvaar kan word nie. 7. Die verlening van predikantsbevoegdheid is ʼn funksie van die Algemene Sinode. Die sinode besluit dat homoseksuele gelegitimeerdes wat ʼn selibate lewenstyl beoefen tot die predikantsamp toegelaat word. 8. Die Algemene Sinode erken die diskresie van Kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer.” INTERPRETASIE Na aanleiding van navrae en verskillende interpretasies, en met instemming van die Moderamen, gee prof Piet Strauss op 8 Junie 2007 die volgende verduideliking van die besluit oor homoseksualiteit: “Prof Strauss verduidelik dat as daar in pt 8 van die betrokke besluit gepraat word van die diskresie van kerkrade, dan word daarmee nie gesê dat kerkrade die hele vraag of vraagstuk van voor af in behandeling neem en op hulle eie hanteer, heeltemal los van die Algemene Sinode se besluite nie. Pte 1-7 van die betrokke besluit bind die hele kerkverband want dit is die uitspraak van die Algemene Sinode. Kerkrade moet weet dat wat die Algemene Sinode aanbetref, is die huwelik net vir ’n man en ’n vrou. Homoseksuele verbintenisse buite die huwelik om of homoseksuele huwelike buite die huwelik om kan nie in die plek van die huwelik kom staan nie. Die Algemene Sinode eer die huwelik en dit staan baie vas. Daar is ook besluit dat promiskuïteit, losbandigheid, in beide homoseksuele en heteroseksuele verbintenisse, vir hierdie Sinode totaal onaanvaarbaar is. As ’n Kerkraad sy diskresie uitoefen, dan is dit in die lig van punte 1 tot 7 van die betrokke besluit. Dit hang daarmee saam. Dit was baie duidelik gesê en dit word hier weer onderstreep. Dit gaan hier om Kerkrade wat in ’n gees van Christelike liefde die verskille in die gemeente hanteer. Met ander woorde: binne hierdie raamwerk moet Kerkrade optree in ’n gees van Christelike liefde. Daarmee word eintlik gesê dat die NG Kerk haarself in ’n fase bevind waarin die kerk hierdie verskille met liefde wil hanteer. Dit is ’n baie gesonde Bybelse uitgangspunt. Kerkrade word dus hierdeur versoek om die plaaslike verskille in liefde te hanteer. Hierdie verskille moet egter binne die bepaalde raamwerk, soos geformuleer in pte 1 – 7 van die besluit, hanteer word. Prof Strauss verduidelik ook dat dit nog altyd so was dat indien ’n Algemene Sinode nie ’n besluit oor ’n sekere saak geneem het nie, dan het ’n sinode, ’n ring en/of ’n kerkraad nog altyd die Woord en die Belydenis op grond waarvan hulle sake kan hanteer, byvoorbeeld tugsake. Hy verwys na KO Art 59 wat leiding bied oor wanneer ’n tugwaardige saak ontstaan. Wat die besluit en saak onder bespreking betref, het die Algemene Sinode hom uitgespreek oor die saak en 8 pte geformuleer as ons besluit hieroor. Pte 1-7 is die raamwerk en pt 8 is as't ware ’n beroep op kerkrade om aan hulle te sê dat wanneer hierdie sake hanteer word, moet dit in Christelike liefde gedoen word, binne hulle diskresie en aan die hand van Woord en Belydenis. Prof Strauss beklemtoon dat elke kerkvergadering optree op grond van die gesag wat deur Christus aan hom verleen is. Met ander woorde: daardie vergadering moet aan die hand van die Woord optree met betrekking tot die sake wat op sy terrein lê. As hy aan die hand van die Woord optree, is dit op gesag van die Here Jesus. Waar die Algemene Sinode reeds besluite geneem het oor ’n saak, moet die besluite van die betrokke ander vergadering binne die raamwerk van die besluite van die Algemene Sinode geneem word. Die besluit wat die Algemene Sinode oor homoseksualiteit geneem het, moet dus reg verstaan word: pte 1 tot 7 van die besluit staan vas en die diskresie in pt 8 word uitgeoefen in die lig van pte 1-7. BESPREKING Prof Strauss skep daarna geleentheid vir vrae en bespreking. Verskeie sprekers neem aan die bespreking deel, waarna die volgende besluit die debat afsluit: “Die Algemene Sinode verklaar dat die besluit van 8 punte insake homoseksualiteit as 'n eenheid aan die Algemene Sinode gestel is en dat hierdie besluit as 'n eenheid gelees en verstaan moet word.”Vinie on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Die “Daarom” in verse 24, 26 en 28 verwys na my mening na : “Omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie” ….daarom word hulle oorgegee aan verdraaide opvattings SODAT hulle doen wat onbetaamlik is! En ook omdat hulle “ al weet hulle van God, Hom nie as God eer nie “ `n Mens vind geen aanduiding dat daar graadsverskille tussen die afdwalinge en oortredings is wat hier genoem word nie…geen groter en kleiner sondes nie. Wat sou die rede wees dat daar dan verskillend deur ons geoordeel word? Liefdeloos, skinder, pervers, jaloesie, bedrog ens . word feitlik in een asem genoem…….waarom word party dan gestenig en ander oorgesien? Baie interessante opmerkings van Dr Chris oor homoseksualiteit. Sou sinodes so `n denkrigting kon aanvaar?Vince Aslett on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Ek dink dink die bedoeling moet op meer as net die spesifieke tekste gebasseer word, vir my gaan dit oor die skepping van man en vrou, oor die hele konsep van gaan voort en vermeerder, Ek persoonlik dink dis heel duidelik in die Woord. Homoseksualiteit is n hot topic want dit het een in die sekulêre wereld geword - nou word daar van die kerk verwag om te compromise, om die teen argumente met n nuwe bril op te interpreteer. Dit gaan nie meer daaroor dat ons sondige mense is in n vervalle wereld wat ploeg met ons begeertes nie, dit gaan meer daaroor dat almal geregtig is op geluk - waar kry ons daai konsep vandaan, humanisties? Ek probeer so veel as moontlik daarvan lees, oa Philip Liebenberg se Daar is n Gay Pastoor in my Kop, en dit het vir my n duidelike aanduiding gegee dat hy meer n probleem met wellus het as wat dit n Christelike probleem is. Hy kies toe uiteindelik sy eie begeertes en wil dan die kerk en die wereld blameer omdat hulle nie saamstem nie. Jorrie Potgieter se boek Homoseksualiteit is weer iets waarmee ek saam stem, hy kyk in detail na al die sg argumente. Ek kan nie saamstem dat dit okaty is nie, maar ek sal nie judge of sleg sê nie, want ons almal sukkel maar met ons eie sondes 🙂Chris van Wyk on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Ek is bly jy waag 'n opinie! Dit is die enigste manier waarop 'n mens 'n eerlike gesprek kan hê en kan vorder in die formulering van 'n eensgesinde standpunt, deur na alle gesigspunte hieroor kan luister. Baie mense dink soos jy oor seksualiteit vanuit die gebrokenheid van die wêreld, en dat die wedergeboorte dit kom nuut maak. En as nuwe mense weet ons mos dat die huwelik belangrik is, en dat huweliksmaats aan mekaar getrou moet bly - die Bybel is daaroor baie duidelik. Die vraag wat homoseksuele Christene egter vra, is of so iets nie vir hulle ook beskore is nie? Mag hulle nie soos heteroseksuele mense in 'n lewenslange getroue verbintenis lewe nie? Ek moet eerlik sê, ek worstel met die antwoord daarop. Aan die een kant praat die Bybel baie sterk oor promiskuïteit (homo- en heteroseksueel) en kan 'n mens 'n duidelike standpunt daaroor formuleer. Aan die ander kant praat die Bybel nie oor permanente homoseksuele verhoudings nie, laat staan nog oor gelowige homoseksuele. Daarom is dit moeiliker om 'n standpunt daaroor te vorm. 'n Mens kan Romeine 1 se uitsprake dat promiskue homoseksuele seks skandelik, teen-natuurlik en pervers is van toepassing maak op alle homoseksuele verhoudings (soos baie doen) of nie ... dit hang af van met watter bril jy daarna kyk. En die Algemene Sinode het besluit dat ons mekaar hieroor moet verdra, al verskil ons in ons standpunte. Maar, die onsekerheid oor permanente gelowige homoseksuele verhoudings, beteken dat 'n mens ook na ander argumente moet kyk om 'n verantwoorde standpunt te formuleer. En ek het ten spyte van 'n redelike klomp leeswerk, nog nie genoeg geleer uit die perspektiewe wat die sielkunde, sosiologie, opvoedkunde en fisiologie vir ons hieroor gee nie, dat ek 'n afgeronde finale standpunt kan formuleer vir myself nie. Maar, wat ek nou kan sê, is die volgende (en onthou dit is my eie worsteling): ek sien nog moeilik die prentjie van 'n homoseksuele samelewing as 'n normale manier van lewe. Daarvoor is daar vir my nog te veel onbeantwoorde vrae oor die tipe gesinslewe wat homoseksuele verhoudings gaan oplewer, hoe 'n mens kinders se seksualiteit gaan hanteer wat in sulke homoseksuele verhoudings grootword, ensomeer. En voor ek nie hierop - saam met ander Christene - meer duidelikheid het nie, is die voorbeeld van 'n vriend van my miskien die antwoord - hy het 'n homoseksuele verhouding as tiener gehad, maar na sy bekering dit vaarwel geroep. Hy het getrou (sy vrou was ingelig), kinders gehad, maar ook steeds 'n hunkering na 'n homoseksuele verhouding (met sy tienerliefde) ervaar, hoewel hy nooit daaraan toegegee het nie. Hy het dus heteroseksueel gelewe, hoewel hy homoseksueel was, en vandag nog is.Chris van Wyk on Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid Die wet kan natuurlik nie weggewens word nie! God het dit immers met 'n bepaalde doel gegee en dit het 'n bepaalde rol gespeel in Israel sowel as in die lewe van Jesus. Daarby kom die innerlike wet ooreen met die beginsels en waarheid wat in bv die Tien Gebooie opgesluit lê. Romeine 2:15 sê selfs dat die wet in heidene se harte geskrywe is. Presies watter wet dit is - morele wet, wet van goed en kwaad? - kan ek moeilik daar uit die konteks aflei, maar dat dit op baie punte met die Tien Gebooie sal ooreenkoms kan 'n mens aanvaar, doodgewoon omdat iets soos jy mag nie doodslaan nie na 'n soort universele wet lyk. Daarby het die eksterne wet die funksie dat dit van Christus getuig (Rom 3:21) en 'n oppasser na Hom toe is (Gal 3:23-24). Maar dit word deur die interne wet vervang wanneer Christus in iemand kom woon deur sy Gees (Heb 8:8-13; 10:15-17).Christine on Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid Dat die mense van die Ou Testament die wet nodig gehad het as riglyne vir hulle lewe om God te dien, is verstaanbaar. Ons in die Nuwe Testament, onder die genade verbond, besit die Heilige Gees wat ons lewens beheers volgens die twee gebooie van liefde vir God en die naaste. Daar is 'n teks wat sê: "Ek graveer dit op julle verstand en skryf dit op julle harte." My lewe word dus van binne gerig om reg te leef voor God en my naaste. Ek wil God en my naaste liefhê. Die Gees laat my wil, en help my om so te leef. Is die wet wat van "buite" kom, dan nog nodig?Chris van Wyk on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Die Hebreeus in Lev 18:22 lui as volg: וְאֶת־זָכָר לֹא תִשְׁכַּב מִשְׁכְּבֵי אִשָּׁה תּוֹעֵבָה הִוא Die NIV vertaal daarom: " Do not lie with a man as one lies with a woman; that is detestable." Ek sal dit letterlik so weergee: " En met 'n man moet jy nie lê/slaap/seks hê soos jy sou lê/slaap/seks hê met 'n vrou nie. Afskuwelik is dit." Die woorde se betekenisse is duidelik (hoewel ek moontlik moet saamstem met die vertalings van die Korintiërs en Timoteus tekste se woorde vir homoseksuele dade). Of dit as tempel-prostitusie bedoel word, kan egter nie uit die konteks van Levitikus afgelei word nie. Soos dit daar staan, word dit afgekeur. Dit is hoekom ek dit so weergegee het, soort van om te probeer sê wat die teks sê voor 'n mens daarmee begin werk en interpreteer. Dit is natuurlik 'n eerste naïewe lees ... Of 'n mens daarmee saamstem of nie is 'n heel ander vraag, veral as jy met die bril van die Nuwe Testament of selfs 'n spesifieke teologiese bril of verstaansraamwerk daarna kyk. Die gasvryheid opmerking is natuurlik in die kol!Rethie on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Chris, dankie vir jou sobere kommentaar rondom die kwessie van homoseksualiteit. Net rondom die Ou Testamentiese tekste: ek dink nie mens kan so onomwonde sê dat homoseksuele dade deur die OT afgekeur word nie. Baie teoloë beweer dat die Levitikus-tekste eerder oor tempel-prostitusie gaan as homoseksualiteit. Ek is nie altyd so oortuig daarvan nie. Ek dink wel dat die oorspronklike betekenis van die woorde wat met "homoseksualiteit" vertaal word, verlore gegaan het. Ons weet gewoon nie wat die woorde beteken nie en vertaal dit vanuit ons eie vooroordele. In Genesis en Rigters gaan dit, soos jy sê, nie in die eerste plek oor homoseksualiteit nie - of selfs oor verkragting nie - maar oor ongasvryheid. As mens bietjie lees oor die gasvryheid-goed, kom jy agter dat dit een van die ergste goed was wat mens kon doen - om ongasvry te wees. Baie relevant vir die huidige gesprek in ons gemeente.Vince Aslett on Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo Ek gaan dit waag en my opinie gee; Voordat ek begin, wil ek net sê ek dink dat omdat Paulus en Jesus iets nie pertinent noem nie, beteken dit nie noodwendig dat hulle daarmee saam gestem het nie. (Voorbeeld is ook God-Drie enig). Dan probeer ek ook so objektief as moontlik die vraag vir myself beantwoord, nie met die doel om Gay's te beoordeel, of om ander te oortuig nie. Ek wil graag antwoorde hê op die kwessies wat so stil stil deur ons kerke gaan. Twee van my nabye skoonfamilie is Gay, so dis n topic wat gereeld in ons huis met die grootste sensitiwiteit behandel moet word... Ons word almal in sonde (Met al ons sondige begeertes ) gebore. Noem dit maar die vleeslike mens. Begeertes word ook aan die ander kant deur gebeurtenisse en blootstellinge versterk of gevorm. So in n mate stem ek saam dat n Gay persoon dalk so gebore word. (Uit ondervinding lyk hulle net eenvoudig anders vanaf n baie jong ouderdom) Seksuele oientasie? Dit kan sekerlik gedeffinieer word as n seksuele voorkeur? Ek perssonlik dink dat egbrekers, (mans wat hulle vrouens knaend verneuk ), Pedofile en bestaliteit ook kan dui op n "Seksuele Orientasie" Ek het sowat n jaar gelede gelees dat mans wat nie met een vrou kan klaar kom nie n genetiese defek getoon het, bewys dat hulle ook so gebore is? Die dag wat jy die Here aanneem / wedergebore word, word jy n nuwe mens. Dit gebeur deurdat die Gees jou bewus maak wat verkeerd is, jy jou gedagtes moet vernuwe en deur die krag van die Gees op te hou met wat verkeerd is voor God. So as ek n "veelwywer" is, besef ek wat ek gedoen het, begin fokus op God en KIES om nie meer by ander vrouens te gaan slaap nie. (Wat dit ook al kos!) Dit bly verseker nog my seksuele orientasie, maar ek kies om dit nie meer uit te leef nie. Dieselfde geld vir enige ander sondaar wat wedergebore word, hy/sy kom tot bekering en hou op om te doen wat hulle gedoen het. Gay's ingesluit. Is dit maklik? Verseker nie! Ons sukkel elke dag met die keuses wat ons moet maak.... Wat van liefde? Kan ek dieselfde argument gebruik in my buite egtelike verhouding? Sommer net n klomp gedagtes GroeteChris van Wyk on Aan die Galasiërs Abraham is die vader van die Jode, maar is nie self 'n Jood genoem nie. Hy kom van Mesopotamië af en word as 'n Arameër beskrywe (Deut 26:5). Hy is dus uit die nageslag van Noag, wie se seun Sem 'n seun met die naam Aram gehad het (Gen 10:22). Dit is waarom Abraham gesorg het dat Rebekka as vrou vir Isak gekies is, en nie 'n vrou uit die Kanaänitiese volke in Israel nie, omdat sy uit sy Aramese familie gekom het (Gen 25:20). Op sy beurt het Jakob met Rebekka se broerskinders, Laban se dogters Lea en Ragel getrou. Die Arameërs het 'n wye gebied beslaan, Sirië (Naäman!), Mesopotamië en dele van die Oos-Jordaan, en was nooit 'n staatkundige eenheid nie. Daarom het daar met tyd verskille ontstaan en was hulle ook op kolle mekaar se vyande, en hulle teen die Israelitiese stamme geveg met die Intog in Kanaän. Die term Jood word afgelei van die naam van Juda, die agterkleinseun van Abraham, wat ook die naam van die stam word wat uit hom gebore is, en wat na die skeuring van die ryk na Salomo se dood die voorkeur term geword het vir die Suid-ryk. Eers na die ballingskap word die term Jood vir al die nakomelinge van Abraham gebruik. In die Nuwe Testament (bv Gal 2:14) word die term Jood by voorkeur gebruik om na die nakomelinge van Abraham te verwys. Terloops, daar is verskillende etniese groepe in die Jodedom, wat te make het met die geografiese gebiede waar hulle gebly het in die Diaspora, en ook met die mense wat ingetrou het in die Jodedom.Chris van Wyk on Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef Jy is reg dat ons 'n basiese roeping het wat met God se koninkryk en die drie-ledige amp van koning, priester en profeet te make het. En, ja, die gawes wat ons het, of die posisies wat ons beklee, of die saak waarvoor ons staan, is maniere om daaraan uitdrukking te gee. Kom ons noem dit ons meer spesifieke roeping, wat natuurlik ook van tyd tot tyd kan verander, afhangende van hoe God ons wil gebruik.Christine Veldsman on Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef Ons kry 'n gawe en die roeping om dit te gebruik tot die opbou van die gemeente en die uitbreiding van God se koninkryk. Maar meer basies as dit is wat ons in Christus is: priester, profeet en koning.Is die gawe wat ons gegee word dan nie 'n middel, metode of wyse om ons amp as priester, profeet en koning konkrete gestalte te gee nie. Kan ek die gawe wat ek het as roeping uitleef as ek te kort in wat ek basies bedoel is om te wees?Vince Aslett on Aan die Galasiërs Vanaand afgeskop met ons Bybelskool, maar min gewees maar dit gaan nie oor getalle nie - sal optel. Hulle vra my toe vanaand of Abraham n Jood was, ek het dit nog altyd vanselfsprekend aangeneem, van die mense is toe nie so seker nie en sê dat die term Jood eers na die ballingskap ontstaan het? As dit waar was, was Abraham en Moses seker dan dieselfde etniese groep al is hulle dalk nie Jode genoem nie?Chris van Wyk on Aan die Galasiërs Wanneer die kerk ophou om grense te oorskry, stagneer die gelowiges, val hulle vas in 'n gemaksone, verloor hulle hul funksie as sout en lig vir die wêreld en sterf doodgewoon uit. Dit is deur die eeue waar van die kerk. Dit is dus ook waar vir onsself. Daarom is die tema wat ons in die Somerstrand gemeente vir die vierde kwartaal gekies het so belangrik: om gasvry te leef. Want gasvryheid beteken dat daar grensoorskryding plaasvind - ek gaan oor die grens na ander toe EN ek laat ander toe om die grens na my toe oor te steek. Ek word dus die gas in ander se lewe EN die gasheer of -vrou vir ander mense. En dit is hoe die koninkryk gebou word: om gasvry grense te oorskry.Vinie Furstenberg on Aan die Galasiërs Handelinge 13 het vir my weer eens nuwe betekenis gekry! My gedagtes het terug gegaan na ons besoek aan Turkye toe ons op Paulus se voetsprore die eerste sendingreis "beleef" het. Dit was Antiochië wat my die meeste geraak het!Daar met my Bybel oop by Hand:13 het ek my probeer inleef in wat afgespeel het. Voor my het net die ruïnes gelê van `n eens magtige stad . Van wat as susterstad van Rome bestempel was het niks oorgebly nie. Paulus moes nog een van die indrukwekkendste Romeinse tempels wat ter ere van Keiser Augustus gebou was, gesien het! Vandag sien mens net `n oninteressante Turkse dorpie `n endjie daarvandaan waar VYF minarette AL is wat aandag trek! In Hand 13:19 vertel Lukas dat Paulus in sy preek daar, verwys het na die sewe nasies wat God uit Kanaan uitgewis het om Sy volk daar te vestig. Dalk profetiese woorde want hier is vir die eerste keer die fondament gelê vir die vestiging van die NUWE volk van God..die kerk van Christus onder nie-Jode! Maar die wêreld se invloed het net te veel geword..vandaar dan sekerlik die noodsaaklikheid vir briewe van waarskuwing (Gal) en ook bemoediging(1 Petrus). Hoe skuldig staan ons as kinders van God dan nie, wanneer mens sien hoe die "minarette van die lewe" oorgeneem het nie! Is dit dalk omdat daar nie NA Paulus genoeg gedoen is om grense te oorskrei en verder te bou aan God se Koninkryk nie! En wat van vandag!Vince Aslett on Aan die Galasiërs Paulus skryf aan die Galasiers om die te help wat in n wettiese godsdiens vasgevang is, hy wys dat ons nie op eie stoom by God kan uitkom deur al Sy wette te probeer gehoorsaam nie. Hand 13 beskryf dieselfde - dat ons uit genade gered word en nie deur werke nie.Chris van Wyk on 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening Dankie! Skitterende opmerking oor die sambrele! En 'n mooi vertaling!Laetitia de Villiers on 2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening Beste Chris, Ek is lief vir woorde en gedigte. In Matt. 5:45 staan mos die Here laat reën neerdaal op die wat reg doen en die wat verkeerd doen. Toe skryf iemand in die 19de eeu die volgende scholium daarby : 'The rain it raineth on the just And also on the unjust fella . But chiefly on the just, because The unjust steals the just's umbrella '. Op veel ernstiger noot: Jou scholium [? ] vir 2 Korintiërs 5:11 tot 6: 13 het my baie beïndruk. Die laaste woorde - Chrisostomos se aanhaling - en dan jou afsluiting daarop is wonderlik. Ek het Chrysostomos se woorde so vertaal: ' Net soos daar iets is wat maak dat hitte materie laat uitsit, is dit die geskenk van die liefde wat harte ruimer laat word - dit is 'n warm en gloeiende krag. 'Chris van Wyk on 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens Hehe! Goeie vraag! Paulus se reëling hier het nie met die gebruik van gawes te make nie. Vroue mag die diens, net soos die mans, wel met hulle gawes "onderbreek", om 'n bydrae te maak. Maar hy wou nie hê dat hulle die diens onderbreek deur bv. hulle mans vir 'n verduideliking te vra nie, of moontlik iets te vra wat niks met die diens te doene het nie of selfs onderling oor iets anders te gesels nie. Een van ons sendelinge in die Midde-Ooste sê in die Koptiese kerk is dit vandag nog 'n probleem. Die mans en vroue sit apart en die vroue gesels onderling só dat dit soms steurend is!Christine Veldsman on 1 Korintiërs 14 – ’n Wye reeks gawes bou gelowiges op in die erediens Kon die mans dan die erediens onderbreek om die gemeente te bedien met die gawe wat hulle gehad het? Die vroue het tog ook gawes gehad !Tokkie Young on 1 Korintiërs 13 – Die liefde is onmisbaar in alles Hoeveel keer het ek nie al die gedeelte gelees oor dit so mooi is nie, maar baie dankie vir die mooi uitleg, dis nou vir my meer helder en het ek dieper insig bygekry.Chris van Wyk on 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid Dit is 'n baie interessante perspektief! Ons het te min getuienis om die ekstatiese engele tale regtig aan 'n spesifieke groep te verbind. Maar ek sou, soos jy, raai dat dit meer met die mistiese groep verbind sou kon word, díe wat hulleself aan Christus verbind het. Sommige geleerdes dink dat Apollos 'n allegoriese prediker was, wat die letterlike betekenis van 'n teks geïgnoreer het, en eerder geestelik of simbolies interpreteer het - bv. Dawid se 5 klippies raak geestelike eienskappe van reinheid, opregtheid ens. in ons stryd teen die Bose, eerder as om dit net te lees soos dit daar staan. Paulus sou heel moontlik meer na 'n grammaties-historiese uitleg van die Skrif geneig het, want dit is soos Antiochië in die latere eksegetiese skole wat daar gevestig is, bekend geraak het (teenoor bv. Alexandrië wat die sentrum vir allegoriese prediking geword het).Vinie Furstenberg on 1 Korintiërs 12 – Verskeidenheid dien die eenheid Kan die beklemtoning van die spreek in tale verband hou met die onenigheid waarvan ons in 1 Kor 1: 11 en 12 lees ? Die aanhangers van filosofiese denkrigtings wat wysheid verhef het (Apollos), die Paulus-aanhangers (Libertyne) wat die vryheidsbeginsel vooropgestel het, terwyl die Petrus aanhangers waarskynlik die wetsdrywers was en teenoor hierdie groeperinge staan die aanhangers van Christus, die Mistici wat hulleself in `n sekere sin as verhewe bo die ander kon beskou het. Is dit moontlik dat hulle daarom aanspraak op die bonatuurlike gawes soos tale van engele ( die spreek in tale) kon gemaak het? Vandaar dan dat dit vir Paulus nodig was om al die gawes in perspektief te stel.Chris van Wyk on Handelinge in die Bybelse storie Dankie vir die interessante brokkie inligting. Nie-Jode (onthou dit was proseliete, dws nie-Jode wat die Joodse geloof aangeneem het) het reeds op Pinksterdag die evangelie gehoor (kyk Hand 2:11). Die Ethiopiër ook (Hand 8). Dit was dus nie die eerste keer nie, hoewel die toespraak wel 'n belangrike een was, gegewe die geweldige reaksie - en dit was 'n bevestiging dat hulle op die regte pad is met die eerste sendingreis. God se seën het daarop gerus.Laetitia De Villiers on Handelinge in die Bybelse storie ANTIOCHIë IN PISIDIë: Almal weet van die Antiochië [teen Sirië] waar volgelinge die eerste keer Christene genoem is, maar uiters min weet van Antiochië in Pisidië. Tog is dit baie belangrik en interessant. Handelinge 13, 13 - 50 haal Paulus se hele preek in die sinagoge daar aan, en vertel hoe hy daar verdryf is is omdat hy mense behalwe Jode ingenooi het. Volgens hierdie Bybelse rekord, is dit dan waar, so ver ek weet, nie -Jode vir die heel eerste keer toegespreek is - en boonop in 'n sinagoge. Of is ek verkeerd? Dus is dit vir die ontstaan van die christengeloof van uiterse belang, lyk dit my. Antiochië in Pisidië word tans opgegrawe [daar word al 120 jaar aan Efese gewerk!]. Ek het Dr. Taslialan, die stukrag agter die ontginning ontmoet. Die opgrawings geniet tans groot aandag onder akademici wêreldwyd en Dr. Taslialan is al na baie lande genooi om daaroor te praat, maar verder is dit nog baie onbekend en min toeriste word daarheen geneem [ek doen dit wel al jare lank ]. Dit het dus baie meer publisiteit nodig, dink ek . Dis ook interessant om te sien hoe lyk 'n stad wat huidiglik in 'n proses van uitgrawing is. Met beste groete en groot dank vir jou al jou werk vir ons Laetitia De Villiers.Chris van Wyk on 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie Dankie - maar ek doen die werk darem primêr vir my gemeente, en ek word deur hulle onderhou. Dit is dus eintlik die gemeente wat hulle bronne deel met die res van die Christelike gemeenskap. Anders sou ek dié goed op my eie tyd moes doen. <em>Oor die stakers</em> - jy is natuurlik reg dat hulle ten koste van ander optree, veral waar lewensverlies en eiendomsbeskadiging ter sprake is as gevolg van stakers se optrede. Maar, dit is 'n komplekse saak, die werkgewers, die staat in hierdie geval, het die hef in die hand as dit by onderhandelinge kom. 'n Mens sou met reg kon vra of hulle billik is in hulle aanbod, sowel as in die wyse waarop hulle die onderskeie vergoedingskale van bestuurders relatief tot werkers hanteer. Ek het nie genoeg inligting om my daaroor uit te spreek nie. En dieselfde geld die vakbondleiers - tot wie se voordeel dryf hulle die stakings op die spits? Plaas die hele situasie binne die groter konteks van Afrika, en jy kan met reg vra: maak die leiers die regte keuses - as jy kyk na groeiende armoede, blyk die antwoord nee te wees, soos Greg Mills in sy nuwe boek <em>Why Africa is Poor</em> beweer: <b><em>Swak keuses bring armoede</em></b> in vanoggend se Die Burger in die Oos-Kaap. Kry egter nie die artikel op die Internet by hulle webblad nie. Dit lyk vir my al te veel na 'n stryd tussen leiers van die regering en Cosato onderskeidelik met die werkers/stakers as hulle manskappe ... of wat praat ek alles?Vince Aslett on 1 Korintiërs 8 – Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie Ek dink daar is n baie fyn lyn tussen geregtige onderhoud en geld maak uit die Evangelie, wat ook interesant is vir my is dat Paulus (soos Jesus) bereid was om sy regte op te gee sodat hy die evangelie kon versprei - so anders as wat ons vandag ervaar deur die stakings waar massas juis hulle sg regte op eis ten koste van ander. Dankie Chris dat jy al hierdie werk gratis aan bied, jy doen n ongelooflike werkChris van Wyk on 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid Die Bybel is God se Woord in mensetaal. Daarom kan ons dit aan die een kant as openbaring van God se wil neem, maar aan die ander kant ook bv. 'n ontwikkeling in gedagtes onderskei rondom, sê nou maar, hoe om sonde te hanteer. <ul> <li>Volgens die wet kon jy mense doodmaak vir oortredings soos owerspel, selfs gesinne doodmaak, as iemand hom verryk met oorlogsbuit as God bepaal het dit moet vernietig word (Agan). </li> <li>Dit doen ons nie meer nie, onder andere weens die liefdesgebod wat Jesus ons kom gee het. </li> </ul> Die wet bly egter steeds die Woord van God, maar omdat dit in mensetaal is, en daar ontwikkeling was in die openbaring wat God gegee het, kom ons die liefdesgebod na en wis ons mense nie meer uit wat oortree het nie (kyk bv. na Joh 8 - vrou wat in owerspel gevang is - wat Jesus vergewe en beraad, maar nie stenig nie). Gesinne word ook nie meer saam met die oortreder gestraf nie, omdat Jeremia en Esegiël dit al "voor Christus" geskryf het, dat elkeen vir sy eie sonde gestraf moet word. Dit geld ook Paulus se briewe, meer nog, waar hy spesifiek sê dat iets sy eie mening is, soos in 1 Kor 7 (iets wat hy nie baie doen nie, moet 'n mens bysê!). Dit bly dus die Woord van God, maar daardie gedeelte is in "Paulus"-taal, en daarom nie op een gesaglyn met ander uitsprake nie, bv. dit wat hy skrywe in 1 Kor 13 oor die liefde. Die Woord se eie uitsprake hieroor help ons nog verder om te onderskei tussen die dinge wat in die hart van ons geloof staan - die opstanding van Jesus en die liefdesgebod bv. - en die dinge wat op die periferie staan - wat ons eet, aantrek, vier ens (Rom 14-15 praat bv. daaroor). Maar, en dit is belangrik, selfs wanneer die Woord dus vir ons die vryheid gee om ons eie idees oor goed te vorm, en van mekaar daaroor te verskil, oor dié dinge wat nie so belangrik is nie, bly dit ook nog steeds die Woord van God. Die Woord van God is dus nie 'n statiese dokument van bevele wat vir tyd en ewigheid dieselfde bly nie. Dit is kompleks, dinamies, spreek ons op verskillende maniere aan op verskillende tye in ons lewe en in verskillende situasies. Daarby moet ons ook nog rekening hou met die feit dat God met ons praat deur die Woord, en die Woord (ek bedoel nou in die sin van die Bybel, nie in die sin van God nie, soos Johannes 1 daaroor praat) nie self God is nie ... maar daaroor miskien 'n ander dag!Tokkie on 1 Korintiërs 6 – Vermy onreg en onsedelikheid Chris, 'n dom vraag: Nadat ek alles gelees het van die afgelope paar dae, het die vraag by my opgekom: As baie van die uitsprake Paulus se eie mening is, kan ons dan nog aanneem dat "die Bybel as God se Woord" so se? Ons het geleer en het ons kinders geleer dat dit God se uitsprake is bv. dat dit goed is om nie te trou nie ens. Verstaan ek dit reg? TokkieChris van Wyk on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Die probleem met saamwoon is dat dit nie eintlik doelbewus publieke goedkeuring probeer verwerf nie. Dit bly 'n privaat en per definisie minder permanente verbintenis. Dit maak dat die kerk dit nie maklik as 'n huwelik sal kan erken nie. In 'n sekere sin is die woord huwelik dus eintlik 'n baie spesifieke kerklik-publieke term wat onderskei moet en kan word van iets soos saam-woon. Maar ons sal nog moet bly praat hieroor - dit is 'n belangrike gesprek!Christine on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Hi, so, die liefdesband maak van die huwelik 'n huwelik nie die sermonie in die kerk of magistraatskantoor nie? Kan die saamwoon van twee wat mekaar liefhet en nie "gekerk' is nie, dus nie ook as 'n huwelik beskou word? Ja, ek is seker nie die enigste een wat met die vrae worstel nie.Chris van Wyk on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Interessante perspektief! Van die begin af was die gemeenskap betrokke by twee mense wat vir mekaar lief raak, al was dit net die twee families wat betrokke was (Gen 2). Met tyd is die liefdesband nie net tussen families nie, maar ook in die publiek gesluit, omdat dit 'n belangrike deel van die gemeenskapslewe uitgemaak het (Rut). Daarom het die "kerk" en later die staat betrokke geraak op die manier wat ons dit vandag ken. Die huwelik as kerklike seremonie en/of geregtelike ooreenkoms is dus daar enersyds ter wille van publieke erkenning van twee mense se liefdesband, en andersyds ter beskerming van beide die twee mense as die gemeenskap. Maar die basis daarvan lê in die liefdesband tussen twee mense. Groete ChrisChristine on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Hi Chris, Dit lyk nie of Paulus die huwelik hoog aanslaan nie , en tog, na God Adam geskape het, het hy gesien dat "dit nie goed is dat die mens alleen is nie" en het Hy Eva vir hom as maat gemaak. Adam se opdrag was om die diere name te gee Eva het hy na Adam toe gebring . Lyk my Adam se taak was op die feitlike gerig, Eva sin op die menslike - so vul hulle mekaar aan en verrig hulle take saam tot eer van God. elk met sy haar besondere bydrae. Wat die huwelik en saamwoon betref: Die wese van die huwelik is trou en liefde - die huwelikbevestiging in die kerk of voor 'n magistraat maak die huwelk nie dus nie "huwelik" nie - as twee mense in trou en liefde saambly is dit mos in wese dus 'n huwelik. 'n Huwelik wat in die kerk of magistraatskantoor gesluit is, kan dus in wese geen huwelik wees as een van die twee 'n verhouding met iemand anders het, of as die vrou mishandel word nie. Is die gebruik van in die kerk trou nie 'n gebruik wat met die tyd ontwikkel het nie?Wat is die agtergrond van die gebruik?Wat het dit die vereiste gemaak vir twee mense voor hulle mag saamwoon en saamslaap.?Mense of is dit 'n opdrag van die Here? Christine.Chris van Wyk on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Die woordjie <em>aanneemlik</em> vertaal die oorspronklike woord <em><strong>geheilig</strong></em> of <em><strong>afgesonder</strong></em> (<em>hagiazoo</em>), wat beter verduidelik wat Paulus bedoel. Die woord <em>heiliging</em> beteken dat die man/vrou en ook hulle kinders in die invloedsfeer van die evangelie en die genade van God kom. Maar dit beteken nie dat hulle daardeur gered word nie. Redding kom net deur geloof in God. <em>Heiliging </em>kan dus tot redding lei, maar is nie vanselfsprekend nie. Juis omdat 'n mens nie seker kan wees dat hierdie <em>heiliging</em> tot redding gaan lei nie, moet 'n gelowige nie 'n ongelowige keer wat wil skei nie (vers 16). En daaruit sien 'n mens ook die verskil tussen die woorde <em>heiliging </em>en <em>redding</em>.Vince Aslett on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Chris net n vraag; Volgens v 14, "aneemlik", beteken dit dat die ongelowige man gered word deur sy verbintenis met die gelowige vrou, en dat die kinders uit die huwelik outomaties gred word (volgens Paulus)? Of beteken dit slegs dat God dan nie teen die huwelik gekant is nie en dat die vrou dalk n rol kan speel in die bekering van haar man? Die kinder issue is vir my vaag?Vince Aslett on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Ek het nou die dag gehoor hoedat iemand ernstig wonder of Paulus nie Gay was nie(Die persoon het 2 kinders wat gay is), dan heeltemal teenoorgestelde het ek in een van die Apokriewe boeke / of dalk n kommentaar gelees dat hy getroud moes gewees het omdat hy n Fariseer was en sekerlik op hierdie stadium n wewenaar was. Dankie vir die insig Chris, dis werklik lekker om deel te wees van jou Bybelskool 🙂Chris van Wyk on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Ek dink Paulus dink ook uit die hoek van sy eie ongetroude status en die voordeel wat dit vir die koninkryk bring - hy is eintlik aan niks gebonde nie en kan doen wat die Here van hom vra. En laat ons eerlik wees, dit is 'n voordeel. Dit is nou benewens die feit dat die Korintiërs regtig vreemde idees oor die huwelik gehad het, dat jy in die huwelik kan bly sonder om met mekaar saam te leef, of verloof kan wees sonder om te trou. Ek is egter verras met 'n hele paar (meer populêre) kommentare wat Paulus met handskoene hieroor aanvat, en steeds die gesag van sy woorde op dieselfde vlak stel as dié wat duidelik in dieselfde hoofstuk van God af kom - ten minste soos Paulus dit aan ons oordra. En dan is dit net so dat 'n mens die huwelik uit 'n waarderende hoek ook kan benader, soos bv. Prediker 4 wat sê twee vaar beter as een, en die waarde daarvan vir die koninkryk kan uitspel. Paulus moes beslis ook meer aandag gegee het aan die huwelik van Akwila en Priscilla, wat aan hom 'n stabiele omgewing gegee het vanwaar hy kon werk in Korinte (Hand 18:2). Die kerk in Efese kon ook in hulle huis bymekaar kom (1 Kor 16:19) ook in hulle huis in Rome (Rom 16:3-5) waarsonder die vroeë kerk regtig moeilik 'n gemeenskap sou kon vorm. Telkens word die belang van huisgesinne vir die koninkryk tog ook deur Paulus beklemtoon (Chloë se mense [1 Kor 1:11]; Stefanus en sy huisgesin [1 Kor 16:15], Filippus en sy 4 profete-dogters [nogal!] ... maar hulle was nou weer ongetroud! [Hand 21:9]; Onesiforus en sy huisgesin [2 Tim 4:19] ens.), dat dit jammer is dat hy nie met dit as perspektief 'n bietjie hoër opgegee het oor die huwelik nie. Maar, ek dink hy tel ook 'n lyn op wat al deur Jesus aangeroer is, en dit is dat 'n mens versigtig moet wees dat enigiets in die pad van jou toewyding aan God kom (Mark 3:31-35; Luk 14:26!) - en daarom kan/moet 'n mens luister na Paulus, hoewel ek verseker meer uit 'n waarderende hoek oor die waarde van die huwelik my toewyding aan die Here sal beoefen.Snowy Swart on 1 Korintiërs 7:1-24 – Dis beter om nie te trou nie Dankie Chris, Goeie perspektief wat jy oordra dat Paulus se denke oor die huwelik maar uit op eie persepsie oor die huwelik gegrond is - op grond van wat hy seker in sy lewenswerklikheid moes waarneem. Dit is goed om dit 'n slag te hoor omdat ons sito-sito glo dat alles geskrewe in die Woord net so van God klinkklaar kom. Inderdaad moet daar ook na ander gedeeltes in die Skrif gekyk word as dit oor die huwelik en veral ook oor seksualiteit binne en buite die huwelik gaan. Inderdaad klink Paulus maar bietjie negatief oor die huwelik! Baie dankie. Groete.Chris van Wyk on 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse Die geheim is mense wat geleer het - soms deur skade en skande - dat daar meer seën is in om te gee as om te ontvang, en dit regkry om die voorbeeld van Christus te volg wat sy eie belange neergelê het ter wille van ander.Jenny Troskie on 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse N.a.v. 1 Korin. 1 - Partyskappe skend die Eenheid in Christus: Aan die ander kant - "...wat is dit aan die kerk dat dit (tog - ongeag partyskappe!) liefde betoon...juis as ander weg-kyk en anderpad-leef? Natuurlik is dit die evangelie self!...Dit gee aan die kerk 'n identiteit, boodskap en roeping." En verder bely ons "...EEN God en Vader, EEN Here, EEN Gees, EEN Geloof, EEN Hoop, EEN Doop, EEN Nagmaalsbeker en brood." (Bron: Dirkie Smit. Dieper as wat ons dink, p. 103).Jurie Jurgens on 1 Korintiërs 2 – God oortuig deur getuienisse Inderdaad word vers 1 in die Ou Vertaling weergegee as "die getuienis van God" en in die King James vertaling, en ander vetalings waarna ek gekyk het "the testimony of God". Wonder waar kom die nuwe vertaling aan "die geheimnisvolle waarheid van God" ?Chris van Wyk on 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo <p>Gisteraand het ons ook hiermee geworstel en een van die beste voorstelle was dat dit eers met tyd duidelik geword het watter "agent" betrokke was, die Satan of die Gees. Ek het die teks weer mooi gaan lees, ook Handelinge 16, en het 'n paar ekstra goed raakgesien:</p> <ul> <li>In Handelinge 16 is die uiteindelike besluit wat om te doen deur die <b>gemeenskap of leierskap</b> geneem - Lukas praat deurgaans van <em>hulle</em> en <em>ons</em>. In 1 Tessalonissense 2-3 praat Paulus egter soms in die enkelvoud van <em>ek</em> (2:18;3:5) en meesal van <em>ons</em>, waarin hy meer prominent in die besluitneming voorkom.</li> <li>In Handelinge 16 word die besluit in <b>geloofsonderskeidende taal</b> weergegee: "... ons tot die oortuiging gekom het ..." (16:10). Die visioen speel ook 'n bepalende rol. In 1 Tessalonissense 2-3 word dit nie so pertinent genoem nie. Interessant is dat Silas die gawe van profesie gehad het (15:32), wat ook moontlik in Troas 'n rol kon gespeel het - maar wat het dan in Korinte gebeur daarmee? Let ook op hoe Lukas eers van "hulle" praat en dan van "ons", wat aandui dat hy midde-in die besluitnemingsproses daar aangekom het.</li> <li>In Handelinge 16 word die reis na Masedonië as 'n <b>roeping</b> van God ervaar, terwyl in 1 Tessalonissense 3 volstaan Paulus-hulle met 'n gebed dat God dit vir hulle nog sal moontlik maak om by hulle uit te kom (3:11).</li> <ul> <p>Dit help my egter nog nie regtig verder om te onderskei tussen die werk van God en die werk van Satan nie (natuurlik net volgens dié gedeelte - daar is ander helder tekste hieroor, bv. Joh 16:12; Hand 26:25; 2 Kor 6:6; Rom 5:5; 9:1; 14:17; Gal 5:22; 1 Joh 2:20 waar die werk van die Gees gekenmerk word deur waarheid, begrip, verdraagsaamheid, vriendelikheid, liefde, 'n geheiligde gewete, gehoorsaamheid, vrede, vreugde, en die ander vrug van die Gees), want selfs wanneer jy op grond van 'n terugblik 'n mening uitspreek, is dit nog steeds 'n vraag waarop jy jou mening begrond.</p>Vinie Furstenberg on 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo Ek stem saam, in Handelinge is dit duidelik dat waar die Heilige Gees en Gees van Jesus ter sprake is, God se plan om die Evangelie na Masedonië te laat uitdra die fokuspunt is. Het net gewonder of Paulus nie, terwyl hy nou die brief skryf, deur die Heilige Gees daarop gewys is dat sy eie begeertes en eie eer en trots(cf.Tes2:19) toe hy na Tes. wou gaan ,nog te veel op die voorgrond was en dat juis dit van Satan afkomstig was nie. Nou sien hy dit so in dat die rol wat Satan gespeel het hom eintlik teruggehou het . Rick Joyner in The Final Quest, maak nogal baie van die mantel van TROTS as werktuig in Satan se hande.Vince Aslett on 1 Tessalonisense 2:17-3:13 – Paulus skep moed omdat hulle nog glo Ek het oral probeer n antwoord kry, en die beste resultate in n kommentaar was dat ons nie weet nie. As ek n wilde raai kans moet waag dink ek dat Paulus gedink het God stop hom waneeer iets persoonlik hom verhoed het om iets te doen, maar waneer iemand anders (Ongelowige) hom verhoed, dink hy dis Satan?Chris van Wyk on 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer God se Woord het hier 'n kragtige uitwerking, jy is reg. Paulus se opmerking het egter gekom nadat die Joodse hulle reeds begin vervolg het. Hierdie brief was dus nie die oorsaak vir die vervolging nie. Die aanvanklike verkondiging en aanvaarding van die boodskap van die evangelie wel. Sy veroordeling van hulle ongeloof is egter skerper as enige ander soortgelyke uitspraak oor die Jode in enigeen van sy briewe. Daarmee laat hy sy afkeur van hulle teenstand onomwonde hoor. Die Jode is nie tevrede om net self Jesus te verwerp nie, maar wil alle mense verhinder om in Hom te glo. Die oordeel in vers 15 verwys waarskynlik na die verdrywing van Jode uit Rome onder Klaudius in hierdie tyd, 49 n.C., waarna die Bybel (Hand 18:2) en ander historici verwys.Vinie Furstenberg on 1 Tessalonisense 1 – Geloof, liefde en hoop energeer Dit is darem so duidelik dat wat in hierdie gemeente gebeur absoluut van die Heilige Gees gekom het. Tussen die " geswoeg en gesweet"deur is die Evangelie verkondig en het hulle so geheg aan mekaar geraak , mekaar so lief gekry dat hulle selfs bereid was om hulle lewe te gee(1Tes.2:8-9). En hierdie verhouding het in net drie weke tot stand gekom!!! Wonderlik om te sien wat die UITWERKING van God se woord is op die wat glo! (1Tes.2:13) Met betrekking tot verse 15 en 16: Kon Paulus se kras uitspraak oor die Jode nie die oorsaak gewees het van die vervolging nie? Verwys Paulus na die politieke opset wanneer hy praat van die oordeel van God wat die Jode begin tref het? Die boodskap wat vir my sterk uitkom: Vers 4: Ons wil nie die guns van mense probeer wen nie maar DOEN WAT GOD VERWAG.Chris van Wyk on Kontak my Hi Adri - daar is net 3 verse waar genade en hoop saam voorkom: <strong>Verwysing </strong> <ul> <li>Rom 5:2 Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. </li> <li>2 Tess 2:16 En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee.</li> <li>1 Pet 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. </li> </ul> Daar is 697 waar óf genade óf hoop voorkom. Ek het 'n Word dokument vir jou aangeheg: <a href="http://www.bybelskool.com/wp-content/uploads/2010/07/Genade_of_Hoop.doc" rel="nofollow">Laai dit hier af</a>.Adri on Kontak my Is dit moontlik om vir my 'n lys te gee met die verse van genade en hoopChris van Wyk on 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie Ek waardeer jou opmerkings! Ons begin DV weer die einde van Julie. Ek oorweeg om van die briewe van Paulus in datumvolgorde te behandel in die konteks van wat ons van sy lewe weet (uit Handelinge). Dit beteken ek sal met Tessalonisense begin en ook nog Korintiërs in die loop van die kwartaal saam met ons groep lees. Soos altyd is almal welkom.Chris van Wyk on Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette Om die verskille tussen die vier evangelies te kan begryp sal 'n mens maar die Bybelskool daaroor moet bywoon. In kort:<br><br><ul><br><li>Matteus vertel die storie van Jesus aan Joodse Christene wat ‘n verbintenis het aan die Groot Opdrag aan die heidene. Heel moontlik is dit geskrywe in Antiochië in die 70’s n.C. Die storie van Jesus van geboorte tot Groot Opdrag sluit groot blokke van sy leringe in en stel Jesus voor as die Seun van God, die Messiaanse Koning van die Jode, wie se boodskap vir alle mense bedoel is. Die kerk is vir hom die familie van God.</li><br><li>Markus (waarskynlik Johannes Markus, 'n metgesel van Paulus [Kol 4:10] en later van Petrus [1 Pet 5:13]) vertel die storie van Jesus van sy doop tot sy opstanding. Dit is heel moontlik geskrywe in Rome aan die gemeente in Rome (volgens die kerkvader Papias). Geleerdes stem vandag saam dat dit die eerste evangelie (65 n.C.) is, wat o. a. deur Matteus en Lukas as ‘n bron gebruik is. Jesus vervul die Messiaanse verwagting deurdat God se koninkryk in Jesus aanbreek. Die kerk is vir Markus die plek waar grense oorgesteek word na gemarginaliseerdes.</li><br><li>Lukas (‘n dokter wat Paulus soms vergesel het – Kol 4:14 – die enigste “heidense” outeur in die Bybel) vertel die storie van die redding vir Israel wat Jesus (en die Gees in Handelinge) bring. Dit is heel moontlik na die val van Jerusalem in 70 n.C. geskrywe aan Christene uit die heidense nasies. Dit word gerig aan Teofilus, andersins onbekend, wat heel moontlik die publikasie onderskryf en finansier het. Lukas plaas die verhaal in die konteks van die wêreldgeskiedenis en sluit die voortgaande bediening van die Gees in die kerk van die begin af in. Die kerk is vir hom die plek waar alle Jode welkom is, daarom word bv. spesifiek aandag gegee aan die stories van vroue.</li><br><li>Johannes (die geliefde dissipel [21:24] - heel waarskynlik die apostel en een van die seuns van Sebedeus, wat saam met iemand anders die evangelie geskrywe het [vgl. die "ons" in 21:24]) vertel die storie van Jesus, die Messias en Seun van God, vanuit die perspektief wat die opstanding bring. Jesus het God deur sy geboorte aan ons bekend kom stel en Sy lewe deur die kruis aan ons beskikbaar gestel. Die boek is heel mooontlik aan die einde van die eerste eeu geskrywe. Die kerk is vir hom die gemeenskap van die volgelinge van Jesus wat in Hom bly en vrug dra, veral die vrug van die liefde.</li><br></ul>Fanie Barnard on Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette Wat is die verskil van die Johannes en die ander drie Evangelies,,,Matthews,,Lukas,,Markus.Vince Aslett on 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie Chris, weereens baie dankie vir n great bybelstudie, dis ongelooflik lekker om so deur n boek te werk. Dankie ook vir al die commitment en moeite. Laat weet asb weer waneer die volgende een gaan begin.<br><br>GroeteChris van Wyk on Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies Hi Alice - jy kan op die boonste menu gaan na Markus en dan reg aan die onderkant van die bladsy wat dan oopmaak by die hele lys van Markus Bybelstudies uitkom. Geniet dit! Hier is die direkte skakel: <a href="http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/markus/" rel="nofollow">http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/markus/</a>Alice Steenekamp on Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies Hello my naam is Alice , en ek woon in Alberton JHB. Ek het op julle bybelstudie op die wed afgekom wat n wonderlike studie so geesvervul baie dankie. Ek wil net graag weet ek het net vanaf Markus 10:46-11:25, waar kan el vanaf Markus 1 kry asb.<br>Mag God julle seen vir die werk wat julle vir HOM doem.<br>Geseende dag.Chris van Wyk on 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid <p>Ek dink verskeurdheid en verdeeldheid is altyd teen God se wil. Soos Hy, by gebrek aan 'n beter voornaamwoord!, EEN is, só wil Hy hê moet ons een wees. Dit sluit nie diversiteit uit nie, maar in. Diversiteit moet die eenheid dien en verryk, sonder dat dit 'n eendersheid impliseer of kondoneer. Inklusiwiteit is die Christelike ideaal, nie eksklusiwiteit nie! As 'n mens dié gedagte as 'n lens gebruik om na die geskiedenis van die mensdom in die breë te kyk, sowel as die geskiedenis van die volk Israel, dan besef jy dat 'n mens dit kan beskryf as 'n stryd tussen die <b>verenigers</b> en die <b>verdelers</b>.</p><br><p>* Oral waar een of ander diverse kenmerk van menswees tot 'n wesenlike kenmerk verhef word, waarmee alle mense beoordeel word, word mense verdeel - dink aan ras, taal, kultuur, nasie, ens.</p><br><p>* Oral waar 'n gemeenskaplike kenmerk van menswees verhef word tot 'n wesenlike kenmerk, waarmee alle mense beoordeel word, word mense verenig - dink aan liefde, waardes, respek ens.</p><br><p><b>Dit is nie anders met die geskiedenis van die volk van Israel nie.</b> Dit was al sigbaar toe hulle nog 'n familie was in die tyd van Jakob.</p><br><p>* Toe Josef 'n kleed kry wat hom onderskei van die ander, en dit 'n wesenlike ding tussen hulle geraak het, het dit onmin en verdeeldheid gesaai.</p><br><p>* Toe hulle almal saam 'n droogte ervaar, en hulle almal saam moes span om dit die hoof te bied, het dit eenheid gebring, omdat dit hulle by 'n gedeelde afhanklikheid van God gebring het. Die sleutel daar was natuurlik Josef se insig dat dit presies is wat God bedoel het.</p><br><p>Die patroon sien 'n mens in die geskiedenis van die onderskeie stamme wat aanvanklik baie bewus is van hulle andersheid en uniekheid in terme van stamgebiede (Josua en Rigters tyd) en kwaliteite (die dapper Benjaminiete en die vrome Leviete, bv.) en eers regtig onder Dawid en Salomo verenig is met'n gedeelde hoofstad en godsdiens (tempel), dws rondom God en die diens aan Hom, wat 'n gedeelde waarde en lewensraamwerk verskaf het ('n mens moet die rol van die ontwikkelende Skrif in dié tyd nie onderskat as 'n verenigende aspek nie).</p><br><p>En dit is juis wanneer in 'n sinkretistiese godsdiens verval word, met Baäl en Astarte en what have you, wat die volk telkens uit mekaar spat, omdat die kern nie hou nie.</p><br><p>So, met die lang antwoord, verdeeldheid is sonde, maar God gaan uit sy pad uit om selfs in die Noorde, wat in ons oë meer sondig is as die Suide, die ware Godsdiens te bevorder. En Hy doen dit op 'n verskeidenheid maniere, met wonderwerke, gebedsverhoring en ook destruktiewe oorloë en gebeure.</p><br><p>Uiteindelik kan Hy nie anders as om ballingskap te stuur nie, beide vir die Noorde en vir die Suide. Dat die Suide in die vorm van Juda (en Benjamin) terugkom, is nie as gevolg van hulle beter prestasie as die Noorde nie, maar vanweë die belofte aan Abraham, Moses en regdeur tot by Dawid dat daar Iemand sal kom wat namens ons almal gehoorsaam sal wees, en in Wie ons eenheid met mekaar sal kan beleef, selfs al is ons baie verskillend.</p><br><p>Dit is die ding wat my ook aandryf, om dit nou persoonlik uit te spel, om ten spyte van die moeilike prosesse in ons gemeente tussen verskillende "faksies" en in die breër Sinodale prosesse tussen verenigers en verdelers die Here se ideaal van eenheid vas te gryp, en net so hard daaraan te werk, soos Hy dit doen (by wyse van spreke natuurlik en met die lig wat ek het!).</p><br><p>Maar die geduld van God is natuurlik die hoofding wat ek ook raaklees in Konings, soos jy tereg uitwys. Dit is waarop ons hele lewe berus, dat HY ook met ons geduld sal hê!</p>Vince Aslett on 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid Ek dink dat die skeuring (aldan nie n sonde nie) was agv sonde en die mense se verkeerde keuses wat dit veroorsaak het, as dit dan dus n straf was, was dit ook nie die wil van die Here dat dit moes gebeur het nie?<br> Die haat, broedertwis en stryd is maar soos wat dit met ons en al ons vleeslike begeertes gaan omdat ons nie in regte verhouding met God lewe nie?Vince Aslett on 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake Vandag se stukkie praat nogal met my persoonlik, Agab het homself vermom en het in die proses dalk die Arameërs gekul, maar die Here sien deur die vermomming en weet nog steeds wie hy is, hoeveel keer in vandag se lewe doen ek nie dieselfde nie, ek vermom my op meer as een manier, waneer ek soms met ongelowiges saam is, praat ek nie waneer ek moet praat nie. Ander kere sit ek my :Christen " masker op en hou my heilig - die Here kyk ook deur my vermomming, Hy sien die ware ek.juriejurgens on 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid Die grootste "ontdekking" wat ek in hierdie reeks gemaak het, en waar ek my vorige indruk soos gevorm deur Sondagskool en stukkies lees hier en daar, is dat ek nog altyd gedink het dat die skeuring van Gods volk in twee ryke 'n sonde was, en teen God se wil, en dat die konings van die 10 stamme in gedurige rebellie teen die "regte" koning in Jerusalem was. Wel ek was baie verkeerd. <br>Kan jy dalk 'n teologiese perspektief plaas op hierdie geskeurdheid, broedertwis, en selfs burgeroorlog in die volk? Al waaraan ek kan dink is God se genade en geduld met sondige konings. (Nou wonder ek skielik of my swaar Christelik-Nasionale opvoeding my dalk verlei het om die volkseenheid so as vanselfsprekend te aanvaar?)Hannes Windell on 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid Ek stem saam oor die Here wat geregtigheid handhaaf. Dit is waar. Die Nuwe Testament praat ook van die Here se geregtigheid. Waar die Ou Testament amper "onmiddellike" geregtigheid verkondig, is die Nuwe Testament se geregtigheid meer op die langer termyn. Vgl. Romeine 12:19Chris van Wyk on 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid Dit sny ook diep in my eie lewe in. Daar is nie kortpaaie in die bediening nie. Dit is tree vir tree in gehoorsaamheid aan die Here. Dit is waarom gebed so belangrik is, soos ons later in Elia se lewe sal sien. Gebed hou ons oor naby die stem van God en gee ons die innerlike krag om gehoorsaam te bly.Vince Aslett on 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid My eerste reaksie van die dood van die jong profeet was ene van, sjoe, dis bietjie erg, hoekom is daar nie iets aan die ou profeet gedoen nie,hy was tog die verleier, maar ek lees dat die toets dalk van die ou profeet gekom het, juis as n toets om te kyk of die jong profeet n man van God was. Profete was juis daarin getoets dat hulle volkome gehoorsaam aan God was. Die ou profeet het eers na die leeu storie, n statement gemaak dat die boodskap werklik van God af gekom het.<br><br>Laat n mens bekommerd raak as ek dit deurtrek na myself toeChris van Wyk on 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed 'n Laaste interessante feit oor die ark. In Openbaring 11:19 vind ons die ark van die verbond in die hemelse tempel!Chris van Wyk on 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed Dawid het die ark in die tabernakel geplaas (2 Sam 6), Salomo in die tempel (1 Kon 8). Josia het dit weer in die tempel geplaas (2 Kron 35:3), en sy tydgenoot Jeremia praat ook daarvan, hoewel hy voorspel dat dit vernietig sal word (Jer 3:16. Dit het heel moontlik verlore geraak met die wegvoering in ballingskap in 586 vC, hoewel dit nie een van die items is wat deur die Babiloniërs gelys word nie. Met die bou van die tweede tempel was die ark steeds soek, soos Josephus skrywe. Daar is meer inligting by <a href= "http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Judaism/ark.html" rel="nofollow"><Jewish Virtual Library></a><br><br><i>The Ark remained in the Temple until its destruction at the hand of the Babylonian empire, led by Nebuchadnezzar. What happened to it afterward is unknown, and has been debated and pondered for centuries. It is unlikely that the Babylonians took it, as they did the other vessels of the Temple, because the detailed lists of what they took make no mention of the Ark. According to some sources, Josiah, one of the final kings to reign in the First Temple period, learned of the impending invasion of the Babylonians and hid the Ark. Where he hid it is also questionable – according to one midrash, he dug a hole under the wood storehouse on the Temple Mount and buried it there (Yoma 53b). Another account says that Solomon foresaw the eventual destruction of the Temple, and set aside a cave near the Dead Sea, in which Josiah eventually hid the Ark (Maimonides, Laws of the Temple, 4:1).<br><br>Aerial view of the courtyard of the St. Mary Church in Axum, Ethiopia.<br>One of the most fascinating possibilities is advanced by Ethiopian Christians who claim that they have the Ark today. In Axum, Ethiopia, it is widely believed that the Ark is currently being held in the Church of Saint Mary of Zion, guarded by a monk known as the "Keeper of the Ark," who claims to have it in his possesion. According to the Axum Christian community, they acquired the Ark during the reign of Solomon, when his son Menelik, whose mother was the Queen of Sheba, stole the Ark after a visit to Jerusalem. While in the not-so-distant past the "Ark" has been brought out for Christian holidays, its keeper has not done so for several years due to the tumultuous political situation in the country. The claim has thus been impossible to verify, for no one but the monk is allowed into the tent.<br><br>A more plausible claim is that of archaeologist Leen Ritmeyer, who has conducted research on the Temple Mount and inside the Dome of the Rock. He claims to have found the spot on the Mount where the Holy of Holies was located during the First Temple period. In the precise center of that spot is a section of bedrock cut out in dimensions that may match those of the Ark as reported in Exodus. This section of the mount, incidentally, is the one from which the creation of the world began, according to midrash (T. Kedoshim, 10). Based on his findings, Ritmeyer has postulated that the Ark may be buried deep inside the Temple Mount. However, it is unlikely that any excavation will ever be allowed on the Mount by the Muslim or Israeli authorities.</i>juriejurgens on 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed Is dit reg dat hierdie die laaste is wat die Bybel vertel van die geskiedenis van die ark? En dat dit onbekend (selfs 'n geheim?) is wat later daarvan geword het. Ek het al vergesogte stories gehoor maar dit klink vir my na blote bespiegelinge. Kan jy rigting gee?<br>N.S. Jammer ek het gisteraand gemis - moes 'n krises by die werk help oplos.Chris van Wyk on 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue Benjamin was inderdaad die ander stam wat saam met Juda die Suid-ryk gevorm het. Die verbintenis tussen hulle begin reeds in die Rigtertyd (Rigt 5:14) onder leiding van Debora en Barak. Met Dawid se uitgerekte stryd met Saul, 'n Benjaminiet, het 'n deel van Benjamin hulle by hom geskaar (1 Kron 12:1-7). Trouens, die leiers van die familiegroepe van Benjamin was in Jerusalem gestasioneer (1 Kron 8:28)! Daarom kon Rehabeam in sy oorlog teen Israel staatmaak op Benjamin (1 Kon 12:21). Sommige geleerdes meen dat dit ook een van die redes is waarom Rehabeam doelbewus opdrag gee dat hy in die familiegraf in Bethlehem, dws in Benjamin se grondgebied, en ook die Dawidstad, begrawe word, om daarmee die band met Benjamin te versterk. In 2 Konings 23:8 word die land skoongemaak van hoogtes van Geba (stad in Benjamin) tot Berseba, onder die leiding van Josia, wat ook aandui dat Benjamin deel van die Suid-ryk was.Vince Aslett on 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue Salomo was nie juis n sukses as n Koning nie, wat vir my opvallend is , is dat God gewone mense gebruik om Hom te dien aan die een kant, maar dat die gevaar ook groot is dat ons vas gevang kan word in sonde en so in onguns beland. Interresant dat daar uit die 12 stamme, 10 weggegee word en net een , Juda gehou word. Wat word van die ander stam? Ek lees elders dat dit die stam van Benjamin was?Chris van Wyk on 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed Die verdeling kom 'n lang pad. By Debora (Rigters 4 en 5) al kan 'n mens die verdeling sien tussen dié wat saamveg en dié wat by die huis bly, 'n noordelike en 'n suidelike deel van die volk Israel. Soos jy tereg sê, raak Dawid eers in Juda koning (2 Sam 2) voor hy deur die hele Israel (2 Sam 5) erken word, ook 'n suidelike en noordelike verdeling. Selfs Absalom (2 Sam 15) en Adonia (1 Kon 1) probeer eers die Judeërs aan hulle kant kry, voor hulle die moeilike pad na erkenning deur die hele Israel aanpak. In beide se geval slaag dit natuurlik nie, maar dit is duidelik dat dit hulle intensie was en dat hulle rekening hou met dié verdeling. Onthou ook dat Dawid vlug na 'n bastion in die noordelike gebied (2 Sam 17) om vandaar af die oorlog teen sy seun Absalom te voer en weer die hele Israel, Juda ingesluit, onder hom te verenig. Die verdeling tussen Israel en Juda, die noorde en die suide, is dus iets wat van vroeg af teenwoordig was, waarvan 'n mens maar net die redes kan raai, maar tog eers in Rehabeam se tyd 'n voldonge staatkundige feit geword. Israel kan dus vir die noordelike deel staan, en ook vir die hele volk, want hulle almal stam natuurlik van Jakob af, wat eerste die naam Israel gekry het.<br><br>Ons lees nie dat God die opdrag vir die bou van die paleis gegee nie, maar dan lees ons natuurlik nie alles wat gebeur het nie. Salomo se probleem lê natuurlik nie in die eerste plek in die paleis nie, maar in wat binne die paleis gebeur het: sy baie vroue, en in sy stalle, sy baie perde. Sy luisterryke hart het met tyd nie meer net na die Here geluister nie, maar na dit wat begeerlik was rondom hom. Ydelheid het sekerlik 'n rol gespeel, politieke mag en die verleiding daarvan, maar die begin van alles was dat hy die Here nie meer volledig en getrou gedien het nie. Soos Spreuke sê: Wysheid begin met die dien van die Here, en dit verdwyn wanneer Hy nie meer alles is in jou lewe nie.viniefurstenberg on 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed Daar word reeds in Samuel na Juda en Israel verwys toe Dawid aanvanklik in Hebron tot koning van Juda gesalf is en daarna deur die hele Israel in Sion gesalf is. Maar dan lees ons in 1Kon 4:20 weer van Juda en Israel in Salomo se tyd terwyl die skeuring tog eers na Salomo voorkom. Is hierdie `n geografiese verwysing of is dit moontlik dat die skrywers van Konings die onderskeid maar maak soos wat hulle dit dalk self geken het? En tog word daar by die tempelwyding weer net na Israel verwys! Oor die paleis: Dit lyk vir my asof die paleiskompleks baie imponerend moes gewees het. Die afmeting van die Libanonsbosgebou is selfs groter as die tempel. Het God ooit opdrag gegee dat daar vir die koning so `n paleis opgerig moes word? God gee wel aan hom rykdom. Maar was dit nie dalk ydelheid en die begin van Salomo se afvalligheid nie? Of was dit simbool van politieke mag wat noodwendig sou lei tot godsdienstige verval?Chris van Wyk on 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges Dit is verder interessant dat nie een van die volgende konings van Israel en Juda met die Gees verbind word nie. Dit is eintlik net die Rigters, Samuel, Saul en Dawid wat met die Gees verbind word, en daarna net die profete, Elia en Elisa en natuurlik al die ander Skrifprofete. Dit wys ook hoe die klem van die konings na die profete skuif in die boek Konings. Salomo het natuurlik wel 'n baie egte ervaring met God gehad, wat 'n mens nie moet ligskat nie ... al het hy dit uiteindelik wel gedoen.Vince Aslett on 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges Vir my is dit nogal opvallend dat Salomo nie die Gees ontvang met sy salwing as koning nie? Is dit te danke dat Dawid hom gekies het? Ook amazing hoe hy sommer so aan die begin van sy bewind, klaar van die wette (Na sy pa se speech) oortree en mense laat doodmaak, en dan gee hy nogal God die "eer"martinoosthuizen on WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings 'n Interessenate perspektief op 1 en 2 Konings is dat die boeke dan ook die mense in ballingskap wil voorberei vir 'n situasie waarin daar nie meer 'n koning is nie, en waar God dan weer as die ware koning oor Sy volk sal heers. Daarom dat die verhale van 1 en 2 Konings telkemale die volk waarsku teen die misbruik van mag wat onder soveel van die konings plaasgevind het. Die teks van Deuteronomium 18 is baie insiggewend hier - waar dit dan teen die misbruike van mag deur die aardse konings waarsku.Chris van Wyk on Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan Hi Vince<br>Ek het jou bydraes geniet deur die afgelope paar weke. En julle is baie welkom om die volgende rondte in te skakel. Ek beplan tans om 1 en 2 Konings deur te werk in so 'n 6 weke in die tweede kwartaal. Die verhaal fokus veral op die pad van die Here met sy volk, soos 'n mens dit raaksien in die lewe van drie groot karakters, Salomo, Elia en Elisa, sowel as in 'n klomp kleiner karakters, konings en gewone mense (Nabot), en ek sien uit daarna om die betekenis daarvan saam met julle te ondersoek. Ek sal detail daaroor binnekort publiseer, en moontlik ook iets skryf oor die evangelie van Thomas wat ons volgende Woensdag hier by ons in die gemeente gaan lees.Vince Aslett on Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan Chris <br>Baie dankie vir n ongelooflike Bybelstudie - dit was n groot blessing vir my as persoon, asook vir baie in ons manne bediening. Dankie vir die harde werk en toewyding. Laat weet my asb waneer die volgende een begin. <br>Groete VinceAlida Bothma on Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies Hi Chris, hierdie week se gedeeltes is baie gelaai met soveel uitsprake wat Jesus maak. Die gedeelte wat my die meeste aangegryp het, is eintlik die gedeelte in Matteus waar Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en Fariseers en waar Hy huigelary veroordeel. Ek het net so bewus geword daarvan hoe ons elkeen individueel, maar ook as gemeente en kerk as die liggaam van Christus moet self-ondersoek doen oor al hierdie eienskappe van die ingesteldheid van die Fariseërs en waar dit nie dalk by ons (onbewustelik) teenwoordig is nie. Wat van 'n 'kritiese gees' wat so dikwels voorkom in die midde van die kerk, en hoeveel keer stenig ons nie ook profete wat ons nie as profete raaksien in ons gemeenskap nie (daar dink ek dadelik aan ons in die apartheidsdae) maar ons moet op onsself let dat dit nie oor en oor gebeur nie. Toe ek hierdie gedeelte gelees het, het ek weer gaan terugkyk na 'n hoofstuk "The Pharisees' struggle with the Holy Spirit" uit die boek "Communion with God" wat Mark Virkler geskryf het.(Die praktiese werkboek). Daar het hy o.a. 'n vraelys om in diepte jou eie gedagtes en motiewe met 'n fynkam deur te gaan - 'n baie sinvolle oefening!Chris van Wyk on Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens 'n Mens sal ander gedeeltes ook moet bytrek om 'n verantwoorde uitleg van die idee van die sogenaamde wegraping te gee. Maar, die idee van 'n tweede kans met die wegraping het meer te make met die lering van die duisendjarige vrederyk en die sogenaamde dispensasie-teologie, as met die wegraping self. En dié konsep is myns insiens oortuigend deur Adrio König in sy boeke weerlê, Jesus, die Laaste bv. Maar, dit is sake wat op die periferie lê. Dit hart van die saak is dat Jesus weer kom, almal sal Hom sien, en die gelowiges sal vir ewig met Hom in sy koninkryk wees. Daarom moet ons waaksaam wees, en nie bargain op 'n tweede kans nie.Vince Aslett on Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens Vandag se deel spreek nogal vir my teen die sg Wegraping, Jesus se koms sal skielik wees en almal sal weet, dit sal dan ook te laat wees om n tweede keuse te kry soos wat met die wegraping geimpliseer wordChris van Wyk on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Die profetiese rede het verseker twee betekenisvlakke: 1) vir die Jode, en meer spesifiek die toekoms van die tempel - die voorhangsel wat skeur met Jesus se dood, is 'n verdere teken van die tempel se vernietiging en 2) vir die wêreld, waar dit oor Jesus se wederkoms gaan. Maar om dit uit mekaar te haal, is nie eenvoudig nie, en gaan altyd afhang van 'n hele klomp voorveronderstellings van die leser. Ek sal my nek 'n bietjie uitsteek vanaand, maar nie te ver nie. dit sal moet wag vir Daniël en Openbaring!Jurie Jurgens on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Ek het al gehoor/gelees dat Jesus eintlik 2 verskillende vrae hier beantwoord - eerstens oor "wanneer sal dit (die afbreek van die tempel) gebeur" en tweedens wat sal die tekens wees van die voleindiging/die wederkoms. (In MAt kan mens selfs van 3 vrae praat). Maar om die res van die profetiese rede hieraan uit te pluis is bokant my. Stem jy saam oor die tweeledigheid van die vraag, en wil jy nie dalk vanaand uitbrei watter dele van Jesus se rede waar inpas nie? Lyk my nie dat jy gaan wegkom van die eskatologie nie?!!Chris van Wyk on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Ek het weer gaan kyk na die datum, en dit met ander bronne gekorreleer. Dit blyk eerder 64 nC te wees toe die tempel finaal klaar was, dws 6 jaar voor die vernietiging van Jerusalem (International Standard Bible Encyclopedia). So jy moet betekenis maak met 6 jaar! Daar is blykbaar al 5 moskees op die tempelberg, waarvan die <i>Dome of the Rock</i> (gebou oor die klip waarvandaan Mohammed volgens hulle hemel toe gevaar het) volgens sommige op die ou tempel terrein staan, en volgens ander weer nie. Dit enigste seker aanduiding van die ou tempel posisie is die Westelike Muur, die heiligste plek vir die Jode vandag, wat inderdaad die een kant van Herodes se tempel is. Maar ek dink die teks se verwysing is eerstens na Titus se aksies in 70 nC en tweedens na die Antichris se termyn wat ek nie soseer met Islam assosieer nie, behalwe as hulle natuurlik uiteindelik die wêreld oorneem! Maar my vaardigheid om dit na waarde te interpreteer is te beperk ...Vince Aslett on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Stem saam, so terloops, interesant om te lees dat die tempel in 67 na Christus klaar gebou was en toe in 70 NC vernietig was, ek kan nie help om te wonder of daar n geestelike betekenis is in die 3 van die 3 jaar? Iets anders wat my opgeval het was dat die Islam Moskee nou gebou staan op die plek waar die tempel was nie "ge-link" kan word met v 14 nie (Ek weet dat ons nie sulke dinge moet inlees nie - die gedagte het net by my opgekom)Chris van Wyk on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Dankie. En op 'n ander wicket: Ek is nogal ook aangeraak deur die raakpunte van dié gedeelte met die Haïti en Chili gebeure die afgelope weke. Ek dink ons lewe baie keer, ten spyte van wat ons sê, sonder 'n regtige verwagting vir die Einde, of te wel Begin ... hang af hoe jy daarna kyk. Vorige voorspellings oor die Einde wat naby is, en as vals uitgewys is, ontmoedig 'n mens ook om hierdie woorde van Jesus in die praktyk ernstig te neem. Maar, die Einde is naby - en die konkrete gebeure in die wêreld is soos 'n wekker wat al hoe helderder begin lui en vir my sê, die Here is naby. Sonder om daarmee te sê dit is hierdie of daardie jaar ... maar dit is naby!Vince Aslett on Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking Vandag se lees is vir my ongelooflik van toepassing op vandag, dit is erg om te lees op forums soos FB en selfs die Kerkbode hoe die Evangelie se betekenis afgewater word en mense mislei word deur diegene wat veronderstel is om ons gewone lidmate op die regte pad te hou, ai ek kan nie verstaan dat dit toegelaat word nie. Die ergste is dat die NG Kerk dan beoordeel word. Dankie Chris dat daar nog van julle is wat bereid is om op te staan vir wat waar is.Chris van Wyk on Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar Jesus gebruik die kinders as <i>voorbeeld</i> van hoe mense moet wees wat die koninkryk van God kan ontvang. Hy verwys waarskynlik na hulle <b>onbevange vertroue</b> as aansporing vir ons om op dieselfde manier op Hom te vertrou. Jesus raak hulle aan, soos Hy trouens 'n hele paar ander mense in die evangelie aanraak: Petrus se skoonma, Jaïrus se dogtertjie, die dowe man en die blinde. Hy gaan hier nog verder: Hy omhels hulle! Daarmee illustreer Hy sy toeganklikheid en deernis met mense. Geen wonder dat mense Hom ook probeer aanraak het, bv. die vrou met bloedvloeiing.<br><br>Dat Jesus die kindertjies seën kom waarskynlik ooreen met soortgelyke seënende handelinge waarvan ons lees by Abraham, Isak en Jakob (Hy lê ook sy hande op sy kleinkinders - Gen 48:14-15). Die aartsvaders het daarmee eintlik 'n gebed om voorspoed vir hulle kinders toegebid, waarop families baie peil getrek het. Dit was as't ware profetiese woorde. Hier is dit egter God self wat die kindertjies seën wat benewens aardse seën verseker ook 'n geestelike impak in hulle lewens sou hê. Hy verkondig daarmee ook dat daar 'n nuwe waardering vir kinders by mense moet wees.Rien on Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar Hi Chris,<br>Ek het gewonder hoe die kindertjies moet wees, wat in die hemel sal kom en ook hoekom Jesus hulle moes aanraak.<br>Jy sê Jesus het hulle geseën, wat het dit beteken.stephanbothma on Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees Oor die gedeelte van die afkap van jou hand of voet of die uitpluk van jou oog het ek onlangs 'n interpretasie van Dallas Willard gelees wat vir my baie sinvol klink. Hy voer aan dat Jesus daardiie voorbeelde gebruik om te wys op die absurditeit van die Fariseërs en skrifgeleerdes se wettiese benadering. In hulle oë kan aan die wet voldoen word, en goedheid dus bereik word, deur die doen van sonde te vermy. In hierdie voorbeeld doen jy dit deur eenvoudig liggaamsdele te amputeer. "Then you would roll into heaven a mutilated stump."! Jesus se lering is deurgaans presies die teenoorgestelde, sê hy. Die verminkte liggaan kan nog steeds 'n bose hart hê. Die vraag moenie wees wat jy doen of kan doen nie, maar wie jy is. Maw wat sou jy doen as jy kon. Soos Jesus in Markus 7:21-23 sê: "Van binne af, uit die hart, kom ..." al die slegte goed wat daar gelys word. Die goedheid van die koninkrykshart, daarteenoor, is so vol van liefde vir God en jou naaste dat dit die baie vorms van boosheid verdring.Chris van Wyk on Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar Ek onthou 'n vriend wie se vrou nie saam met hom in die bediening wou ingaan nie, en van hom geskei het. Hy het 'n liturgie geskryf wat hulle voor die berader en naaste familie gevolg het om hulle skuld te bely en om vergifnis te vra. Hy het vandag 'n lewenskragtige bediening, 'n nuwe huwelik met drie kinders, en steeds goeie bande met sy eerste vrou. Sonder om dit as patroon of model voor te hou, die band met die Here is nooit afgesny nie. Die storie laat met my met baie meer deernis en verdraagsaamheid vir mense wie se huweliksbootjie dreig om te strand. Maar, Paulus en jy was reg, trou is nie speletjies nie.<br><br>Oor die Bybelskool - ek wil dit kwartaalliks doen - oorweeg 1 en 2 Konings vir volgende kwartaal. Sal julle ingelig hou.Vince Aslett on Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar Ek lees vandag in die Byllennium komentaar dat ons Jesus se teaching van skei op die volgende maniere kan toepas;<br><br>1. Vir die wat nog nie getroud is nie, dink ernstig daaroor, dis nie speletjies nie<br>2. Vir die wat getroud is, werk hard aan jou huwelik, dis baie belangrik vir God<br>3. Vir die wat oorweeg om te skei, dit moet die absolute laaste uitweg wees, oorweeg in rou en berou...<br>4. Vir die wat klaar geskei is, moenie tob oor die verlede nie, dis nie n onvergeeflike sonde nie, fokus op Jesus en jou pad vorentoe<br><br><br>Chris, ek wil net dankie sê vir hierdie Bybelstudie, dis ongelooflik lekker en het al deel van my daaglikse bestaan geword, is al klaar "sad" dat dit na die einde se kant toe staan. Hopelik is daar nog in die nabye toekoms?Vince Aslett on Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles Vandag spreek tot my persoonlik; As ek na Jesus kyk, bid Hy altyd voordat Hy n pad moet loop, die Dissipels het nie gebid voordat hulle die seuntjie probeer gesond maak nie, hulle het op eie krag dit probeer doen - en kon dit nie reg kry nie. Hoeveel besluite maak ek nie daagliks sonder om daaroor te bid nie, en dus op my eie krag staatmaak. Week 4 gaan vir my tot dusver oor geloof, of eerder ongeloof. Ek sien dit as n vorm van ongeloof om nie afhanklik van God te wees in dit wat ek daagliks doen nie. <br><br>Baie dankie vir die tyd wat jy in hierdie bybelstudie insit, ek geniet dit gate uit. Lekker naweekChris van Wyk on Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou Rooms-Katolieke fokus op Petrus as leier en Protestante op sy belydenis as die rots van die kerk. Jou voorstel beteken dan dat Jesus potensiaal raakgesien het, wat raakpunte het met die RK siening. Interessant! Ek dink al drie interpretasies kan ingelees word in die teks, en hang maar af van met watter bril 'n mens kyk en wat jy daarmee wil maak. In die prof se voorstel kan 'n mens dan met 'n meer waarderende ingesteldheid na ander kyk. 'n Mens kan ook natuurlik die potensiaal van God se kant af inlees: dws Jesus het geweet wat Hy met Petrus gaan doen, dws die potensiaal wat daar in Homself is om in Petrus te belê ...Vince Aslett on Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou Ek lees vandag op oor die bedoeling van wat Jesus vir Petrus gesê het "Jy is n rots..." en ek lees deur n paar kommentare op soek na n moontlike iterpretasie; Kry wat die Rooms Katolieke en ook die Protestante glo wat nie heeltemal vir my n antwoord gee nie. So in die ry, luister ek na Prof Wentzel Coetzer se Seën program. Hy gee toe nog n alternatief, in dat toe Jesus dit vir Petrus gesê het, was hy nog glad nie die rots nie, Jesus het egter die potensiaal in Petrus gesien en het geweet dat hy n groot prediker sal wees, al het Petrus dit self nie gesien nie. Dalk iets wat ons kan deurtrek na vandag toe? Sien ons in ons eie mense om ons die potensiaal of al die mislukkings?Deon Els on Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie Dis vir my opvallend dat die mense in die tyd van Jesus al die tekens van die tyd en Sy bestaan miskyk. Ons sien dit vandag in ons gemeenskappe en selfs in die kerk. Vandag word ons gedagtes oor kerk en oor God grootliks bepaal deur ons ervarings en wat in ons lewens gebeur. As ek dink aan my eie reis met God dan beleef ek 'n stukkie van daardie verdofde beeld van God. Ons verhouding met God is aanhoudend besig om te groei en ons lewe word aanhoudend getransformeer. Dis hartseer dat mense God nie kan sien nie, of kies om Hom nie te sien nie. Hoe "sien" die blindes God in ons, en in ons kerk? Die oorsteek van grense sal sentraal deel moet vorm van ons gedagtes...Chris van Wyk on Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie Die Bybel is dié ding wat ons saambind! En dit bind ons oor alle grense saam. Dis heerlik om 'n "internasionale" gemeenskap te begin kry met die Bybelskool, met jou in Ierland en Stephan in Japan en nog 'n eie familielid Franci in Engeland!deonkellermann on Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie Dankie Chris, Dis lekker om deel te wees al sit ek in IerlandChris van Wyk on Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense Een van die maniere om na te dink oor die probleem van lyding in die lig van God se almag, word met die term <b><i>teodisee</i></b> weergegee. Dit beteken letterlik die <b><i>“regverdiging van God”</i></b>. Al die oplossings wat egter daarmee voorgestel word, het die probleem dat dit logiese sin probeer maak van iets wat eintlik nie vir ons logika deursigtig is nie. <br>• Sommige probeer bv. lyding <i>harmonieer</i> met God se liefde en almag, maar loop die gevaar dat die kwaad óf goedgepraat word (masochisme) óf dat afbreek aan God se liefde en almag gedoen word (sadisme). <br>• Sommige probeer om die kwaad en die goeie as twee <i>teenoorstaande</i> oerbeginsels te beskryf, wat eintlik vir ewig dualisties naas mekaar geplaas word. Hoewel God volledig onthef word van enige aandeel in die kwaad, tas jy tog in wese sy almag aan en doen jy daaraan afbreek.<br>• Ander probeer weer om God se liefde en almag te regverdig deur te wys dat aan die einde van die tyd alles ten goede sal meewerk: “Eind goed, alles goed”. Dit is die sogenaamde <i>teleologiese teodisee</i>. Dit hef egter nie die probleem van die ervaring van die lyding in die hede op nie, en bring God se liefde in gedrang.<br><br>Die poging om God (en daarmee die lyding, soos Job se vriende gedoen het) te regverdig, moet dus afgewys word. Die teodisee bring 'n mens nêrens nie.<br><br>‘n Mens moet eerder die weg van die Bybel volg, wat oor die probleem van lyding praat in terme van werklike stories. <br><br>• Bv. die verhaal van Johannes oor die blindgebore seun (Joh 9). Jesus wys die dissipels se oorsaaklike teodisee verklaring af wat lyding as 'n straf op sonde sien (om God te regverdig!) en verklaar self dat die seun blind is “sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word”.<br>• Ons het ook die afgelope week uitvoerig begin lees oor Jesus wat oor sy eie lydenspad en dié van sy dissipels te sê het. Lyding is daarvolgens deel van die pad van dissipelskap, sonder om daarmee óf die lyding te verheerlik óf God se rol daarin te regverdig óf om dit te wyt aan die kwaad in die wêreld. Jesus aanvaar (openbaar) doodgewoon in sy lering aan Petrus en die dissipels dat lyding (en sekere voorsienings!) deel van die dissipelskappad is, sonder om dit te verklaar of te verdedig: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, of <b><i>hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel</i></b>: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, <b><i>saam met baie vervolging</i></b>, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.” (Mark 10:29-31)<br><br>Ek kan ook nog verwys na die wyse waarop sommige teoloë (Moltmann, Sölle) kies om eerder oor die <i>teopasgitisme</i> (of teopasgüisme) as die teodisee te praat. Teopasgitisme gaan oor die hart van God vir lyding, <i>dat Hy simpatiek is oor mense in lyding</i>, dat Hy inderdaad ook self ly. Daarmee probeer teoloë dus nie vir God regverdig nie, maar eintlik wys hoe Hy by ons staan in ons lyding en Homself selfs daaraan onderwerp. Dit is vir my alreeds 'n beter manier om oor lyding te praat, maar dit verklaar natuurlik steeds nog nie die probleem van lyding nie. Dit ontglip dus telkens ons rede!<br><br>Oor die ander sake wat jy aanraak sal ek later reageer.viniefurstenberg on Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense Chris, ek wil vanoggend `n onderwerp aanraak wat baie problematies is! Jy het so vinnig daarna verwys een aand by Bybelskool: die Teodisee-probleem! <br> Waar begin `n mens? Ons is besig om die pad saam met Jesus te loop, en sien hoe Jesus besig is om die wese van God aan ons te demonstreer! God se LIEFDE en Sy ALMAG. Dit val my op dat Jesus Sy dissipels toerus, voordat hulle uitgestuur word, met kennis, maar ook met krag/mag om duiwels uit te dryf en mense gesond te maak! Maar in die volksmond en vandag nog lê die klem eerder op Jesus as Leermeester. Ons wat vandag Sy dissipels is, besig om ook ander op te lei in dissipelskap, kan nie aanspraak maak op die volle toedeling nie. (Natuurlik leer ons van besondere gawes wat God aan Sy kinders gee soos Hy wil....... of is daar fout met ons geloof?).<br> Maar `n groter probleem nog, ons lees telkens dat Jesus so innig jammer gevoel het vir die mense en selfs die Siro-Feniciese vrou se dogter en talle ander van die bose verlos het.<br> Hoe verstaan ons dan God se ALMAG en LIEFDE in die aangesig van sinlose lyding?<br>Hoeveel van wat in ons verwysingsraamwerk ingevleg is, is te danke aan insigte van kerkvaders deur die eeue: God se toelatende wil (Arminius) , God voorbeskik ALLES (Calvyn)! Ferdinand Deist se boekie: Sê God So?, het daarop gewys hoe dit moontlik is om `n mens se eie siening te verhef en te regverdig asof dit presies is wat God wil!<br>Prof. Adrio König se siening van sinlose lyding gooi ons op `n ander syspoor. Dit lyk vir my asof ons siening van die duiwel/Satan hier ook `n rol speel: OF Satan is `n hemelwese wat in God se diens staan soos in Job (toelatende wil van God), OF Satan het geen keuse nie want God beskik oor alles , en bring selfs die slegte oor ons (Calvyn) cf Jes 45:7 en Matteus 10:29ev. Jesus/Paulus leer ons egter dat ons self in stryd sal wees met die Bose/ die brullende leeu/ die owerste van die wêreld , maar met die geweldige vertroosting van Jesus se oorwinning en ons bevryding. Ons word gemaan om die volle wapenrusting van God aan te trek (Ef:6), maar ons weet ook van die triomftog (2 Kor 2). Ons leer egter ook dat die finale oorwinning eers by die Wederkoms gevestig sal wees. Hoe som ons dit nou op: Sou dit reg wees om af te lei dat dit dus nie net God is wat besluit(beskik) wat gebeur nie maar dat die Bose/Duiwel/Satan ook `n rol speel EN dat die mens `n keuse/verantwoordelikheid het wat God reeds by die Skepping aan die mens gegee het. En sou ek dan kon sê daar is dinge wat God sou wou keer/voorkom maar Hy hét nie want Hy "kon" nie teruggaan op SY eie beskikking naamlik om verantwoordelikheid aan die mens af te gee nie? Dit is mos darem ook deel van God se plan om die mens nie maar net as pionne op `n skaakbord rond te skuif nie !<br> Dit help my om die konflik tussen God se liefde en Sy almag te probeer versoen! En wanneer Paulus ons verseker dat alles ten goede sal meewerk, weet ons mos hy verwys daarna dat dit so sal wees wanneer die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde kom! <br>Na alles gesê is, bly dit maar moeilik om tot `n slotsom te kom. Daar is nog seker ander faktore ook soos kollektiewe skuld...verkeerde keuses wat ons as `n volk gemaak het waaronder baie moet ly? Maar dit vir `n ander keer. <br>Soms dink ek dit moes seker rustiger gewees het om in die dae voor die Enlightenment te kon geleef het!<br>Baie dankie Chris, vir die moeite wat jy doen om lig te werp op al ons vrae! Mag die Here jou ryklik seën en steeds toerus !Vince Aslett on Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense Wat my verstom is dat die Dissipels nog steeds nie verstaan nie, hulle het in die eerste vermeerdering van die brood gesien wat Jesus gedoen het, en het nie die insig om dit weer van Hom te verwag nie? Ej het vanoggend ook gedink dat die rede dalk kan wees dat dit dieselfde verhaal is wat twee keer vertel word. Ek neem egter kennis wat jy hierbo aantoon in terme daarvan.Vince Aslett on Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere Baie dankie, waardeer ditChris van Wyk on Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere Die NAV vertaling is 'n parafrase van die oorspronklike teks. Die Hebreeuse grondteks beteken letterlik <i>“en stap op die golwe van die see”</i> soos dit in die OAV vertaal is. Die Septuagint vertaling het dus dieselfde betekenis: <b>dat die golwe van die see vir God soos ’n pad is</b>, wat nogal ‘n interessante perspektief gee op Jesus wat oor die water, soos op ‘n pad, loop en Petrus wat Hom daarin probeer navolg (vgl. Matt. 14:24–32).<br> <br>Dat Jesus op die water loop, wys dus ook duidelik na sy Godheid, soos Ps. 89:10 dit van God uitspel: “U heers oor die onstuimige see: as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.”<br><br>Een kommentator, Clines, het interessant genoeg, met verwysing na noordwes Semitiese mitologie, die frase vertaal met <i>“trap op die rug van die see-god”</i>. Die Hebreeuse woord <i>jam</i> wat vir see gebruik word, is ook die woord vir die <b>see-god</b> waarvan in Ugaritiese literatuur gepraat word. En die Hebreeuse woord <i>bamah</i> vir golwe (enigste plek in die OT waar dit so vertaal word) beteken meesal <b>hoogte</b>, en word soms gebruik vir kultiese platform. Daarom dink hy kan dit <b>moontlik verwys na die rug van die see-god waarop God trap</b>, eerder as om van die golwe van die see te praat. Maar ek bly vir eers by bogenoemde verklaring soos die OAV dit het.<br><br>Oor Jesus en die "Ek is"-konnontasie – dit maak vir my sin, maar word natuurlik ingelees in die teks in. So dit is maar net een interpretasie.Vince Aslett on Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere Chris; Dis weereens vir my ongelooflik hoeveel keer Jesus bewys dat Hy God is, n mens kan insien dat van die Teoloeë wat dit nie WIL aanvaar nie, die basis van die Bybel as God se Woord aan die mensdom wil aanvat as net mites en verhale. Twee dinge wat ek graag klaring sal wil kry oor is;<br>Ek lees in n komentaar dat:<br>1. In die Ou Testament (Septuagint) Job 9:8 dat God beskryf word as die Een wat op golwe loop. Is dit dalk moontlik dat jy n vertaling van die betrokke vers uit die Septuagint het? Sal interesant wees om te sien.<br>2. Jesus se woorde "Dit is Ek" word volgens die kommentaar deurgetrek na Eks 3:14 se "Ek is wat Ek is" as n bevestiging dat Hy God is.Ek sien nie die konneksie nie, ek verstaan dit amper meer dat Jesus hulle maar net gerusstel?Chris van Wyk on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Dit is vir my 'n geweldige bevryding om te kan werk met 'n organiese inspirasie - God wat mense se gawes en beperkinge gebruik in sy openbaring - eerder as 'n verbale inspirasie - God wat mense soos robotte laat buikspreek. En jy stel die saak daarvoor met soveel deernis en begrip, met tegelykertyd praktiese wysheid! Dankie!juriejurgens on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Daar was 'n lang tyd in my lewe waar ek ook nie kon, wou of mog erken dat daar verskille of feitlike onakkuraathede in die Bybel is nie - dis immers die Woord van God en daarom perfek waar in alle opsigte in elke sin, woord en letter. Ja elke jota en titel in letterlike sin. Jare gelede, egter, het my liefde, respek, ontsag en "awe' vir die Bybel egter na 'n dieper vlak verskuif, en ek die Boodskap, die Betekenis, die ontsaglike Waarheid van die Bybel belangriker ag as die indiwiduele woorde waarin daardie Boodskap vervat is. God se evangelie is mensewoorde!!. <br>Daarom is daar vir my geen pyn of verleentheid om verskille te herken nie, en ek hoef nie te voel ek moet hierdie oenskynlike verskille "goedpraat" of harmoniseer nie. Trouens, sommige pogings tot harmonisasie wat ek al gelees het is eerder vir my 'n probleem. <br>Dit is net die ouens wat vasklou aan 'n siening van letterlike inspirasie en letterlike interpretasie vir wie hierdie verskille 'n probleem is, en wat geroepe voel om die verskille te ontken en te probeer om dit weg te verduidelik. Vir my is die werklike waarheid en die integriteit van hierdie verhaal intakt, en maak dit geen verskil aan die trefkrag en boodskap of daar een of twee mans was nie. Elke weergawe van die verhaal is, soos die hele Bybel, deel van God se blye boodskap aan die mensdom, en ons moet dit nie lees soos ons more se koerante gaan lees en toets welke een vandag se gebeure waar en korrek rapporteer nie.<br>Die blote feit dat die evangelieskrywers en die eerste paar geslagte Christene nie hierdie oenskynlike verskille probeer "regdokter" het nie (net soos bv Konings en Kronieke in die Ou Testament) bewys vir my dat my liefde, respek, ens vir die Bybel op 'n dieper vlak moet le.<br>Ek respekteer ander kinders van die Here wie se liefde en respek vir die Bybel hulle laat vashou aan 'n letterlike siening, en die enigste pyn wat ek rondom hierdie kwessie ervaar is dat sommige van my mede Christene my lefde en respek bevraagteken, en my in dieselfde kamp wil sit as diegene wat die kernwaarhede van die Bybel bevraagteken of bloot ontken.Willem Zaaiman on Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys Ek werk redelik gereeld op straat en maak gebruik van "Way of the Master" se metodes. <br>My gevoel is dat as dit iemand is wat jy ken en gereeld mee te doen kry, dan het jy geleentheid om elke nou en dan 'n saadjie te plant - gepaardgaande met diep gebed. jy bly egter die persoon as 'n heiden hanteer. Nie met die banvloek nie, maar jy sal bv. nie saam met hom in vennootskap gaan (2Kor6:14-17) of anhou saam met hom drink en kuier ens nie.<br><br>Waar dit kom by iemand wat jy net op straat evangeliseer:<br>- Ek weet ek het 'n bondgenoot in die 10 gebooie wat op elke ou se hart geskrywe staan, maak nie saak of hy Moslem of 'n Hindu of Rooms of wat is nie. (Jer31:31-34)<br>- So dmv die 10 gebooie moet jy eers sondebesef by om kry, voordat die evangelie aan hom gebring kan word (Ps19:7 - Lees in die Engels - beter as in ons vertalings)<br>- Nou as die persoon vir my sou sê - wat wel gebeur - dat hy nog nooit gelieg of gesteel of iets van die 10 gebooie gebreek het nie, dan mors ek nie verder my tyd met hom nie, en los hom met die volgende woorde. "As dit waar is wat jy sê, dan het jy geen bekommernis vir die oordeelsdag nie, en dan hoef Jesus ook niks vir jou te doen op daardie dag nie, baie dankie dat ek van jou tyd kon gebruik." <br>As dit dan 'n uitverkorene is, sal sy gewete hom aanhou pla en uiteindelik sal hy die Here met sy hele hart begin soek soos in 1Kron28:9 of 2Kron15:2.<br>Mar2:17 se gedeelte wat in Mat9:12-13 bespreek word - Sê Jesus dat hy nie vir die regverdiges (maw die wat dink hulle is regverdig) gekom het nie, maar vir die sondaars (die wat besef hulle is sondaars). En dan voeg Hy by "Maar gaan leer wat dit beteken."<br><br>Dit is ongelukkig so dat almal nie uitverkies is en vatbaar is vir die evangelie nie (1Kor1:18)Chris van Wyk on Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys Dit is 'n baie bekende gebruik van die Jode om die stof van hulle voete af te skud as hulle van 'n heidense gebied af weer in Israel teruggekom het. Daarmee sê hulle eintlik publiek dat die land waarvandaan hulle kom heidens is. <br><br>Dit beteken dat Jesus eintlik, met dié opdrag aan sy dissipels, 'n boodskap gee aan die Jode, wat hulle en Hom verwerp, dat hulle heidens is. Dit staan letterlik as 'n getuienis (NAV - aanklag) teen hulle. Nogal 'n skerp oordeel! Maar die doel is om dié wat Sy boodskap nie aanvaar nie onder geen illusie te laat dat hulle dit op eie verantwoordelikheid verwerp. <br><br>'n Mens moet ook nie die ironie hiervan mis nie - Nasaret het Hom so pas verwerp en dra dus ook dieselfde oordeel as die ander dorpe en huise wat Hom verwerp. Paulus sou in Korinte dieselfde doen, die stof van sy klere afskud, en aan die Jode wat sy boodskap verwerp die volgende toevoeg: "As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld. Ek aanvaar nie die verantwoordelikheid daarvoor nie" (Hand 18:6). <br><br>Maar onthou, Paulus kom eers na 'n lang bedieningstyd by die punt uit dat hy die Jode as 'n groep verlaat om verder onder die heidene te werk. Hy werk net hierna wel nog 'n keer in Efese in die sinagoge, maar op sy derde sendingreis wil dit voorkom asof hy nie meer sinagoges besoek nie.<br><br>Dit wil sê, die simboliek was bedoel vir Jode wat deel van die volk van God was en Jesus nie as die Messias wou aanvaar nie. Dit was nie bedoel om teenoor heidene te gebruik nie.<br><br>Daarom sal ek uiters versigtig wees om dié roete te gou te volg met ongelowiges. Dit is in ons konteks eerder 'n tegniek vir gelowiges wat nie meer in die geloof lewe nie. Soos oom Kolie Kotze een keer met 'n jong egpaar gedoen het wat nie meer in die kerk gekom het nie. Hy het hulle 'n paar keer besoek, maar hulle wou nie betrokke raak nie. Toe hy egter een aand in hulle sitkamer die stof van sy voete afstof, was hulle binne 'n halfuur by die pastorie en het dramaties tot bekering gekom!<br><br>Maar ek dink verdraagsaamheid veral teenoor hedendaagse heidene is nodig, totdat dit blyk die gesprek het nie meer nut nie. Jesus antwoord ook aanvanklik die Fariseërs (Mark 2:1-12; 7:1-13) redelik uitvoerig, maar begin later sug oor hulle teenstand en verwerping en konsentreer sy bediening op die dissipels (Mark 8:11-13 - "Hy het hulle daar laat staan"!). Maar nou goed, hulle was die Joodse leiers, so dit geld ook nie vir heidene nie!<br><br>Maar laat ons hoor van ander - Wat dink julle? Moet 'n mens met ongelowiges in debat gaan of nie?<br><br>Interessante perspektief hierop van 'n lidmaat van een van ons sendelinge in Frankryk (Corneille du Plooy, predikant in Toulousse), Richard Morgan, wat juis deur mense wat met geduld antwoorde gegee het aan ateïste op Richard Dawkins se site, dws aan ongelowiges, tot bekering gekom het. Hier is die skakel: <a href="http://www.freechurch.org/pdf/monthlyrecord/sept08.pdf" rel="nofollow">http://www.freechurch.org/pdf/monthlyrecord/sep...</a> - lees die artikel: "An atheist repent"Vince Aslett on Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys Iets wat ek nog altyd gewonder het - Kan ons v11 deurtrek na vandag se lewe? Dit gebeur so baie dat ek in n debat (Veral op FB) gaan met iemand wat werklik nie wil glo nie en dan allerhande nonsens quote om sy ongeloof te staaf. Ek was al bekommerd dat so n persoon se siening op n publieke blaai dalk iemand anders wat n border-line case is kan negatief beinvloed. Sal dit reg wees om eenvoudig net weg te gaan en die persoon in sy oortuigings te los?Laetitia on 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense NAME VAN JERUSALEM:Met Chris se vergunning gee ek hier 'n baie beknopte opsomming van Jerusalem se name van die vroegste tye Dit is na aanleiding van 'n vraag verlede jaar.<br> <br>URUSALIMM EN SALEM:Die oorspronklike naam was Ursalimm of variante wat beteken "Gestig deur die god Shalem". Dit was 'n Kanaanitiese dorp toe Abraham geleef het, Sien Gen 14: 18 waar dit net Salem genoem word. Die Jode het nie die naam verander na hulle oorwinning oor die stad nie , al het dit op 'n afgod gedui, maar later het die woord 'n betekenisverandering ondergaan en toe " vrede " beteken. Dit hou ook verband met die Joodse groet "Shalom" en met die name Salomo en Absolom.<br> <br> Maar die Jode het in totaal 70 name gehad vir Jerusalem -die syfer 70 het,soos die getal 7, 'n besondere betekenis vir die Jode gehad. . Die enigstes wat eintlik by ons bekend is, is: Moria [Gen 22:2] wat dui op die plek waar Abraham vir Isak moes offer en die heuwels daar rondom en Sion wat ook aanvanklik net die tempelberg en omringende dele was, maar ook later op die hele stad gedui het.<br> <br> AELIA CAPITOLINA: In 70 NC is die jode tot hulle knieë gedwing deur die Romeine en na die volgende opstand onder leierskap van Simon Bar Kochba in 130 is hulle totaal uit die stad verban behalwe vir een dag per jaar. Die hele stad en die tempel is in die opstand verwoes en die nuwe Keiser,Hadrianus, wat baie lief was vir bou,het gou die hele stad begin herbou.Op die plek waar die vorige tempel was,die tempelberg, is 'n nuwe tempel gebou-vir Jupiter.Dit was eintlik toe 'n Romeinse stad en is Aelia Capitolina genoem. Aelia vewys na Hadrianus se familienaam en Capitolina op die tempelheuwel waar die nuwe tempel gebou is. DIe naam Aelia Capitolina[later verkort to net Aelia] het voortbestaan tot in die vroeê Middeleeue toe Jerusalem 'n christen Bisantynse stad geword het.<br> <br> AL - QUDS: in die 7de eeu is die Bisantyne verdryf en Jerusalem het 'n belangrike,selfs heilige, Islamitiese stad geword met die naam El-Quds wat heilig beteken. Dis vir hulle heilig omdat hulle stamvader Abraham daar vir Ismael , eerder as vir Isak, soos hulle glo,op 'n rots moes offer, presies op dieselfde plek waar die Jode ook glo dit het gebeur ;maar veral ook omdat Mohammed volgens oorlewering sy nagvlug na die hemel en terug op sy perd vanaf die heilige rots onderneem het.[Dis tydens hierdie nagvlug dat hy glo sy boodskap by die engel Gabriel ontvang het ]. Daar is ook ander moslemname vir Jerusalem, maar Al - Quds en variante is die hoof naam vir Jerusalem in vele moslemkulture sedert die 7de eeu. <br> <br> 'n Baie interessante boek oor die geskiedenis maar veral oor moderne Jerusalem Is: A Golden Basin Full of Scorpions- A Quest foir Modern Jerusalem deur Con Coughlin - Warner Books,1997. Die titel kom uit 'n beskrying van Jerusalem deur ene Mukkadasi in 985.Chris van Wyk on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Jy is reg dat daar 'n verskeidenheid verklarings moontlik is vir die verskille. Tereg kan 'n mens ook redeneer dat Markus net van die een praat, vir 'n rede wat vir ons nie toeganklik is nie, waar Matteus van twee praat, wat volgens sommige met sy poging om 2 getuies vir 'n wonderwerk te voorsien, saamhang. Maar ek dink ons moet eerder elke verhaal op sy eie as 'n perspektief op die gebeure neem, en binne die verhaalkonteks bly, en só in 'n eerste rondte die boodskap van die gedeelte vir onsself toeëien. In 'n tweede rondte werk mens met die verskille, maar nie net om dit te harmoniseer nie, maar ook te probeer verstaan uit watter hoek dit geskryf is en wat die betekenis daarvan vir ons is. Matteus en Lukas moet natuurlik ook weer op hulle beurt in hulle eie verhaalkonteks gelees word, iets wat ons nie nou in die Bybelskool doen nie, doodgewoon weens die tyd wat dit sou verg (Sou graag dit wou doen, as dit al is wat ek doen!). Ek is minder gespanne oor die verskille of kontraste, selfs waar dit so groot is soos 1 of 2 manne wat betrokke is. Dit dra vir my by tot die outensiteit van die verhale, want hulle vertel dié goed oor 30 en meer jare na dit al gebeur het, en vertel dit soos hulle dit onthou, en probeer juis nie om kunsmatig alles te harmonieer nie. Dit sou sameswering beteken! Geheues vervaag, en gebeure smelt soms saam, wat vir my heel verstaanbaar is, en 'n genoegsame verklaring vir die verskille is.<br><br>Maar hoe lyk dit? Kom ons kry 'n bietjie ander se kommentaar op die verskille. Is dit 'n probleem of nie?Chris van Wyk on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Ek dink nie daar is 'n dieper betekenis nie. Die man in die sinagoge in Kapernaum het heel waarskynlik ook meer as een bose gees gehad. Dit sou die gebruik van "ons" verklaar. In Legio se geval lyk dit asof daar 'n soort Leiergees (as daar so iets bestaan!?) was in die man wat as woordvoerder opgetree het. Want die gees sê: MY naam is Legio ... want ONS is baie." Die man smeek Jesus ook om "hulle" nie uit die landstreek uit weg te stuur nie, wat weereens lyk na 'n woordvoerder wat met Jesus gesprek voer.<br><br>Die opskrifte het inderdaad die effek dat 'n mens die teks met 'n voorveronderstelling lees. Maar, die vertaling as sodanig het ook daardie effek. Dit hang af van die keuses wat 'n mens maak met die kennis en begripsraamwerk tot jou beskikking. Daarom dat 'n mens klem moet lê op die deeglike en verantwoorde uitleg van 'n gedeelte, en 'n vergelyking met en saamlees met ander kommentaar en insigte, voordat jy die boodskap daarvan regtig met gesag kan verkondig. En dan bly dit ook nog steeds net een perspektief, wat 'n mens nederig as 'n bydrae aanbied.Vince Aslett on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Daar is mense wat krities na die detail van die verhale in die verskillende Evangelies kyk en dus dan gebruik om te probeer bewys dat die verhale nie waar kan wees nie. Ek lees vanoggend moontlike verklarings in "A popular survey of the New Testament" deur Norman L Geisler;<br><br>In die verhaal van die man(s) van Gedara waaruit Legio gedryf is sê Geisler dat n moontlike oplossing eerstens eenvoudig n "textual error" kan wees en ook dat die moontlikheid bestaan dat Gedara moontlik die hoofstad van die area kon wees en dat Matteus dalk kon verwys het na die area van die Gadareners omdat die mense wat in daardie omgewing gewoon het, bekend was as Gadareners. Markus en Lukas kon dalk verwys het na die (Geraseners ?) wat die wyer omliggende area aangedui het? <br><br>In terme van die verskil in die hoevvelheid mans wat betrokke was, sê Geisler dat waar daar twee is , is daar altyd ook een - en dat Markus en Lukas dalk net een genoem het vir watter rede ook al.( Dit is dus nie noodwendig in kontras met mekaar nie?viniefurstenberg on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Dit is opvallend dat die man uit wie Jesus die onrein gees uitdryf in die Sinagoge in Kapernaum, vir Jesus vra: "Wat het ONS met U te doen..het U gekom om ONS te verdelg...(Mark1:24) en hier is dit andersom: " Wat het U met my te doen". Is dit maar woordspeling of is daar `n dieper betekenis?<br>Ek vind nogal soms dat `n enkele woord `n verskil kan maak as dit "verkeerd" vertaal word soos ook na aanleiding van Stefan Bothma se opmerking en jou kommentaar oor "sodat "en "omdat" <br>En is dit nie ook moontlik dat ons Bybels waarin elke perikoop `n opskrif het wat nie oorspronklik daar was nie, nou met `n voorveronderstelling gelees word nie? Ek dink aan jou klem op die gelykenis van die SAAD, dus met die klem nie net op die Saaier nie.Chris van Wyk on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Ek dink jy maak 'n geldige afleiding! Een van die groot probleme wat ons met ons lees van die Bybel het, is dat ons te maklik 'n reglynige brug slaan na ons eie situasie, asof die opdrag wat die Here op 'n spesifieke dag vir sy dissipels of iemand anders in die Bybel gegee het, net so op ons self van toepassing gemaak moet word. Een dag lees ons dat die dissipels uitgestuur is, en dan gaan ons ook. Die volgende dag lees ons van hierdie man wat moet agterbly, en dan bly ons weer. <br><br>Daarom is dit so goed om die hele boodskap van die Bybel in gedagte te hou, die bly en ry tekste, en dan met jou lewe en gawes en passie voor die Here te staan en te onderskei wat Sy wil is. Daar is natuurlik ook opdragte wat algemeen geldig is, jy moet God liefhê en jou naaste soos jouself. Maar dan is daar ander wat 'n mens nie net so van toepassing kan maak nie, voordat jy nie deur 'n hermeneutiese oefening gegaan het nie, in gewone taal: geloofsonderskeiding. En dit is waarom Gerrit en Sonja Brink na Holland geroep kan word, en die twee Hollanders na Jeffreysbaai toe, deur dieselfde God en dieselfde Bybel, omdat hulle deur 'n proses van onderskeiding gegaan het, waarin die liggaam van Christus ook 'n rol gespeel het.juriejurgens on Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen? Sien ons hier die verskeidenheid van opdragte/bedienings/gawes in Jesus se kerk? Vir sommiges (die dissipels) vra hy om huis en familie te verlaat en saam met Hom te gaan, terwyl Jesus hierdie man, wat vra om saam met Jesus te gaan, aanse om by sy tuiste en sy mense te bly en "gaan vertel vir hulle". Kan ek dit sien as 'n voorbeeld hoe Jesus vandag nog sommiges roep om op ander plekke vir Hom te werk en vir ander roep om tuis te bly en daar hulle dissipelskap uit te leef? So bv. word die Brinks geroep na die sendingveld in Holland, en nou die dag ontmoet ek twee Hollanders wat weer na Jeffreysbaai geroep is om daar sendingwerk in die Joshua projek te doen!Chris van Wyk on Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie Die “sodat” aan die begin van vers 12 in Markus 4 maak dié stelling van Jesus baie kontroversieel. Lukas het dit ook so. Matteus verander Markus se verwoording van Jesus se stelling in 13:13 deur in plaas van “sodat” van “omdat” te praat, wat die verantwoordelikheid vir die skare se onbegrip op hulle luistervermoë plaas. Dit herinner aan die wyse waarop die gelykenis van die saad ook verstaan moet word, die ontvanklikheid van die grond het ‘n invloed op die saad se effektiwiteit. Dit val dus ook makliker op die oor!<br><br>Matteus se interpretasie maak dat ‘n mens Jesaja 6:9-10 se profesie ook anders hoor, dat die nie-hoor van God se Woord nie aan Sy werk toegeskryf word nie, maar aan die volk se eie optrede: “Julle sal hoor en hoor en tog nie verstaan nie (slegs beskrywend) … Hulle het hulle ore toegedruk … sodat hulle nie … met hulle ore kan hoor … nie (verklaring vir die nie-hoor).”<br><br>Geleerdes (Manson en Jeremias) verwys na die rabbynse literatuur, spesifiek die Aramese weergawe van Jesaja 6:9-10, dat die Aramees eintlik óf met “sodat” óf met “omdat” vertaal kan word, en dat dié teks of 'n Griekse vertaling daarvan moontlik deur die evangeliste gebruik is. Markus en Lukas kies “sodat” en Matteus “omdat”.<br><br>Jeremias gaan verder en probeer aandui dat Markus moontlik met sy “sodat” eintlik bedoel het dat daarmee die woorde van Jesaja in vervulling gegaan het (“sodat vervul sou word”), en dat die verantwoordelikheid vir die nie-hoor steeds op die hoorders rus. Baie het hom nagevolg, maar omdat Markus “sodat” nie in die res van sy evangelie só gebruik nie, bly dit te spekulatief (Geullich).<br><br>Watter interpretasie ‘n mens ook al kies, die punt wat Markus saam met die ander evangeliste maak, is dat waar ‘n mens in ‘n verhouding met Jesus is, deel van sy volgelinge is, deel van die binnekring, word die betekenis van die gelykenisse duidelik en vind ‘n mens die lewe. Daarbuite, dws waar jy nie ‘n pad met Hom stap nie, en jy ‘n buitestaander is, is die gelykenisse versluierend, en verwarrend, en word jy daardeur afgesit.<br><br>Om ‘n lang storie kort te maak, in die nabyheid van Jesus word ons begrip meer, omdat Hy dit vir ons gee, en waar Hy nie teenwoordig is nie, word ons onbegrip meer, omdat Hy dit nie vir ons (kan?) gee nie.<br><br>Ons los Romeine 9-10 vir ‘n ander dag, want dan is ons vierkant in die uitverkiesingsvraagstuk … !Stephan Bothma on Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie Markus se bewoording in 4:12 " . . dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie" (met verwysing na Jesaja) val darem swaar op die oor in ons menslike manier van dink! As Mattheus sê "hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak" klink dit veel "billiker". In wese moet dit seker verstaan word in die konteks van die vrymag van God - om te kies wie "binne" is en wie "buite"?stephanbothma on Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie Markus se bewoording in 4:12 " . . dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie" (met verwysing na Jesaja) val darem swaar op die oor in ons menslike manier van dink! As Mattheus sê "hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak" klink dit veel "billiker". In wese moet dit seker verstaan word in die konteks van die vrymag van God - om te kies wie "binne" is en wie "buite"?Chris van Wyk on Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? Jesus se Goddelikheid word so helder in Markus geteken, en in die res van die Nuwe Testament, dat 'n mens wonder hoe mense enigsins Dan Brown se wanvoorstelling van die kerk se aanvaarding van Jesus se Goddelikheid ernstig kan neem. Jy kan die getuienis van die NT verwerp - tot jou ewige skade, bygesê - maar jy kan nie met enige intellektuele integriteit sê dat die kerk eers 400 jaar later Jesus se Goddelikheid aanvaar het nie. Maar, interessant, die binnekring in Markus se verhaal tree baie keer op soos die buitestaanders! Kyk maar later in die week wat ek vir Vrydag geskryf het oor wat gebeur met die vermeerdering van die brood en Jesus wat loop op die see ...Vince Aslett on Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie? Ek moet dankie sê, ek geniet hierdie Bybelstudie baie. Dis vir my so ongelooflik dat daar op so baie plekke en maniere in hierdie twee weke se lees bewys is dat Jesus God is, dat dit verstommend vir my is dat iemand enigsins daaraan kan twyfel. Meskien deur wat ek (hopelik reg) besef het toe ek vandag se stukkies lees, is dat kennis, geleerdheid en selfs beroepe nie noodwendig die nodige insig aan jou gaan gee nie, jy kry dit slegs waneer jy deel van Jesus se binnekring is. Dit wil sê. in n verhouding met Hom staan. Dan word dit ge-openbaar deur die Heilige Gees - Dis net genade!!Stephan van der Watt on Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe Chris, ek deel die troos wat jy hierin gevind het, en weet ook verseker: net deur Sy krag kan ek ander dien met oorgawe en laat Christus deur Sy Gees die saad wortel skiet...Rien on Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp Hi Chris,<br>Ek geniet die lesery baie:<br> <br>1. Die groot toeloop<br>2. Skatejag: Watter skat!!<br> 3 evangelies beskryf "menigte mense wat na Jesus toe stroom met: kwale, pyne, bose geeste, versteurdes, kreupeles, en;<br> 1. Jesus gaan staan by hulle (Luk)<br> 2. Jesus genees (wonders; Sy Mag)<br> 3. die bose geeste herken Hom vir wie Hy is en roep dit hartop uit. Jesus beheer hulle<br> 4. Sy krag wat gsond maak.<br> <br>3. Ek kan nie anders as om onvoorwaarlik te glo met groot dankbaarheid.<br> <br>2. Twaalf Apostels<br>2. vakleerling: Wat tref my:<br> 1. Jesus roep Sy dissipels<br> 2. Bid tot God (Lukas) die hele nag deur.<br> 3. Gewone mense uitgesoek<br> 4. Toegerus vir die taak<br> <br>3. Meer tyd by god spandeer, bid eers voor groot projekte.<br> Ek sien myself as `n gestuurde<br> God rus my toe vir alle take waar Hy my gebruik.<br> <br>Baie dankie<br>RienVinie Furstenberg on Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge Dit gryp my altyd diep in die hart om te dink dat Andreas tevrede was om in sy broer Petrus se skaduwee te staan, ten spyte van die feit dat hy eintlik eerste vir Jesus gesien en gevolg het en toe dadelik sy broer gaan soek het om hom na Jesus toe te bring! (Joh 1:41 en 42) Petrus word die rots, die hoofrolspeler, die naam bo aan elke lys! Laat my net weer besef dat die Here self besluit wie moet dalk net agter die skerms werk! Wat `n rolmodel is Andreas nie! Hy het rustig voortgegaan met dit wat die Here wel aan hom toevertrou het.juriejurgens on Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom. Hier klop Matteus die ander twee evangeliste vir bondigheid, - en kry dit reg om al die aandag op Jesus te vestig:- Jesus kom in die huis: Jesus sien die vrou is siek; Jesus genees haar; sy bedien vir Jesus. (Die ander se sy het "hulle" bedien)Vince Aslett on Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers Dis vir my ongelooflik hoe ek wat toe gebeur het kan deurtrek na myself toe vandag. Ek kan nie aangaan met my ou lewe as Jesus in my lewe ingekom het nie, iets moet verander, anders bars die sakke en niks bly oor nie....Karien Buys on 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel Ek het die afgelope ruk na 2 verskillende "teachings" oor Ikabod geluister. Het dit baie interessant gevind. Ons hoef gelukkig nooit , as vrygekoopte kinders van God, Ikabod oor ons of ons lewens te skryf nie.te skryfStephan van der Watt on Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie Chris, dankie vir die nadruk van die belang van gebed - soos asemhaling vir die siel. Jesus se gebedsruimte is in afsondering, in 'n stil tyd van die nag ... skerp in kontras met die begin van Markus se vertelling van aksie-belaaide, dringende gebeure wat die isolasie voorafgaan.Chris van Wyk on Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes Baie interessante perspektief - dit bevestig die wesenlike eenheid van die Twee Testamente. Het vandag 'n interessante gesprek gehad met 'n Messiaanse Jood wat baie onlangs tot bekering gekom het. Moes eintlik die geprek met hom in dié rigting gestuur het!juriejurgens on Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes Is dit nie wonderlik dat die eerste (oudste) boek van die Nuwe Testament omtrent begin met 'n aanhaling uit die laaste boek van die Ou Testament nie! En daarmee 'n brug bou wat die Heilsgeskiedenis amper sonder onderbreking verder voer - die boodskapper wat "nou" gestuur gaan word as voorbereider vir die koms van die Here in Mal.3 is Johannes!<br>Die dieper betekenisse is amper te veel en te diep om op te noem - die wesenlike eenheid van OT en NT, die OT wat in vurvulling gaan in die NT, die ooreenstemming van beeldspraak en metafore, ens, ens.<br>Mens moet net nie in die valstrik beland om te dink dat die werklikheid van Isreal en die Jodedom van Maleagi se tyd nog net so gelyk het omtrent 400 jaar later in Johannes en Jesus se tyd nie.Vince Aslett on Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus As ek mag bylas, ek lees in n kommentaar dat Vers 4 vergelyk kan word met n verwagting onder die Jode dat daar n grootskaalse bekering sal gebeur voordat die Messias sou kom volgens Jer 31:34Vince Aslett on Die drie Sinoptiese evangelies Baie dankie, ek waardeer<br>GroeteChris van Wyk on Die drie Sinoptiese evangelies Die enigste rede hoekom ek dit noem, is omdat daar waarskynlik 'n verdere skriftelike bron was wat deur Mattteus en Lukas gebruik is, en dit in die navorsing as die Q-bron bekend geraak het. Ek stem saam dat enige teologiese afleidings oor dié bron, oor wat daar verder in geskryf was of nie was nie, heeltemal spekulatief is. Daar was ook nog ander skriftelike bronne soos ons in Lukas 1 agterkom, sowel as mondelinge oorlewering. Agter elke evangelie is daar dus 'n komplekse onstaansgeskiedenis. Dit is nie direk "van Bo af" gedikteer soos baie keer in sekere verbale inspirasie teorieë aanvaar word nie - natuurlik sonder dat ek die Heilige Gees se werking in beide die ontstaansgeskiedenis as die uiteindelike neerskryf deur die skrywer van die evangelie wil minimaliseer. Vergelyk hoe ek oor die kanon se ontstaan elders op die webtuiste skryf.Vince Aslett on Die drie Sinoptiese evangelies Ek dink dis een ding om n hipotetiese aaname te maak dat daar dalk nog n bron (Q) was waarvan Lukas en Matteus hulle info gekry het, ek persoonlik het nie n probleem daarmee nie, aangesien dit slegs n hipotese is en nie noodwendig wesenlik nie.<br><br>Volgens F Wessels, in Wie was Jesus regtig , vanaf p61, verander die prentjie egter en word daar meer in die hipotese ingelees as net nog n moontlike bron, die Q evangelie, nl dat dit verband hou met die sg Q gemeenskap (volgens sommige, die eerste Jesus volgelinge), wat Jesus blykbaar meer gesien het as n wysgeer in die sin dat Sy woorde belangrik was en nie o.a. die opstanding nie. Is dit nie meer Gnosties van aard nie, hoe aanvaar ons die moontlikheid van Q as n gesamentlike bron, maar verwerp dit as evangelie?<br><br>Ek lees ook dat daar geen historiese bewys van n Q gemeenskap of bron is nie?<br><br>Baie dankie<br>VinceStephan van der Watt on Die boodskap van Markus Dankie Chris, nou werk die skakels en is die bal aan die rol ... jou opsomming van Markus se boodskap is baie sinvol. Die indruk wat dit op my laat is dat Jesus al hoe dieper bekend maak Wie hy werklik is, totdat dit in die kruis en opstanding ten diepste vervul word.Chris van Wyk on Die drie Sinoptiese evangelies As jy kommentaar lewer, kan jy dit doen met een van vyf profiele: 1) Disqus, 2) Facebook, 3) Twitter, 4) Yahoo, 5) Guest. Dit is dus korrek om as Guest kommentaar te lewer, en jy hoef nie te registreer by Disqus nie. Gee net jou naam en e-pos en Post as Guest. Terloops, dit is 'n bonus om by <a href="http://www.disqus.com" rel="nofollow">www.disqus.com</a> geregistreer te wees, want dan kan jy op een plek alle kommentaar sien wat jy op webtuistes lewer ...<br><br>Vir jou foto om te wys moet jy een van twee goed doen: <br>1) registreer by een van die eerste vier profiele: Disqus, Facebook, Twitter, Yahoo. As jy met dié profiel inlog en kommentaar lewer, sal die foto/avatar wat jy daar gelaai het, ook hier wys. <br>2) registreer jou e-pos adres by <a href="http://www.gravatar.com" rel="nofollow">www.gravatar.com</a> en laai 'n foto/avatar daar op. Klik op "Get your Gravatar today" en volg die instruksies óf log in met jou <a href="http://www.wordpress.com" rel="nofollow">www.wordpress.com</a> rekening. Dit sal dan oral vertoon waar jy jou e-pos adres gebruik om kommentaar te lewer.Willem Zaaiman on Die drie Sinoptiese evangelies Baie dankie<br>Tegniese vraag - As ek hier 'n comment gee moet ek dit "Post as Guest" is dit korrek, maar dan vra dit my weer om te registreer?<br>Hoe laai jy 'jou foto op?<br>GroeteChris van Wyk on Die drie Sinoptiese evangelies Jy is reg. Ek skryf in die volgende twee posts daaroor. Hier is solank die skakels daarheen: <a href="http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/didage/bybelskool/die-boodskap-van-markus/" rel="nofollow">http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/didage/...</a> en <a href="http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/didage/bybelskool/markus-in-vergelyking-met-die-ander-evangelies/" rel="nofollow">http://www.ngkerksomerstrand.co.za/blog/didage/...</a>Willem Zaaiman on Die drie Sinoptiese evangelies Baie interressant dat Markus die oudste evangelie is. Ek het dit ook dat :<br>Matteus meer vir die Jode geskryf is en<br>Markus vir die Romeine<br>Lukas vir die Grieke en Nie-Joodse lesers<br>Johannes baie later en meer op alle Christene. Sê maar as dit dalk nie korrek is nie<br>Groete WillemVince Aslett on Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette Sien uit daarna, ons gaan as n mannegroep saamstap en elke Woensdag oggend saam geseld (NGK Piet Retief)juriejurgens on The Dawkins Delusion? Atheist fundamentalism and the denial of the divine Baie dankie vir hierdie logiese uiteensetting. Lekker om te lees, en baie lekker om te dink mens kry die insigte sonder om die dikke boeke deur te worstel - mieskien eendag as ek meer tyd het. <br>Vir die ouens wat meer wil lees oor 'n ander boek van Richard Dawkins, en 'n Christelike reaksie daarop, kan gerus hierdie stuk van Prof Coen Stander lees.<br><a href="http://www.bybelkennis.co.za/Die-teleologiese-argument-vir-die-bestaan-van-God/Die-teleologiese-argument-vir-die-bestaan-van-God-1.html" rel="nofollow">http://www.bybelkennis.co.za/Die-teleologiese-a...</a>magdakopp on The Dawkins Delusion? Atheist fundamentalism and the denial of the divine Hello Chris<br><br>Interesante onderwerp hierdie tipe artikels intereseer my altyd. Ek haal n paar bekende persone wat ateiste was se laaste woorde aan op hulle sterfbed:<br><br>Thomas Hobbs: "I say again if I had the whole world at my disposal I would give it to live 1 day. I am about to take a leap in the dark.<br><br>Voltaire: "I am abandoned by God and man. I will give you half of what I am worth if you will give me 6 months life." He said this to Dr Fochin who told him that could not be done. "Then I shall die and go to hell".<br><br>In the last century a well-known atheist was riding with Alexander Campbell in a buckboard. As usual they were discussing atheism. Campbell's visitor pointed to an ox grazing in the nearly field, and said: "I have no more fear of death than that ox" to which Campbell replied: "And no more hope either"<br><br>Daar is n Lewende God en dit is vir hierdie mense wat Jesus na die aarde gekom het vir die wat siek is want Hy wil nie iemand moet verlore gaan nie. Een van die mooiste verhale is die herder wat so bekommerd is oor die een skaap wat afgedwaal het en hy soek tot laataand om die een skaap te kry.<br><br>Wat n verskriklike gedagte as jy op jou sterfbed le en die besef dat daar wel n God is. Mag die Here Jesus elke atheis se oe oopmaak voor dit te laat is.<br><br>Here seen Chris.Arnau van Wyngaard on The Dawkins Delusion? Atheist fundamentalism and the denial of the divine Chris, ek dink nie ek gaan binnekort self die tyd hê om die boek te lees nie. Dankie vir jou skitterende opsomming.chrisvanwyk on 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan Jy skets 'n baie moontlik scenario ivm die priesters en hulle interpretasie van God se Woord. Dit is ook opmerklik dat daar nie staan dat Dawid rondom sy uiteindelike optrede die raad van die Here vra nie, maar slegs die Gibeoniete vra (vgl dit met sy vraag oor waar hy sy koningskap moet begin en met die eerste antwoord, Juda, verder vra na waar spesifiek, en die antwoord Hebron kry). Ek dink dit was 'n fout. Maar die heel vreemdste is natuurlik die feit dat die droogte gebreek word deur hierdie publieke genoegdoening (dit is waarom hulle voor die Here opgehang is) sowel as die publieke rousmart (Rispa). Ek weet nou nie of die reën kom agv die teregstelling of die trane van Rispa nie, maar feit is, dit reën hierna. En die verhaal koppel die gebeure aan God se voorsiening in die natuur. Miskien is die uiteindelike wonder van die verhaal, dat in die grusaamheid daarvan, regte interpretasie of nie, Dawid en sy mense leer dat dinge nie só gedoen kan word nie, en hy anders optree teenoor Mefiboset. Dit het nou nie vir Joab gehelp nie, maar darem! Die deurbreking van hierdie vergeldingsteologie kom eers, soos jy tereg opmerk, in die profete en uiteindelik met Jesus. Rispa se verhaal is dus 'n stasie op pad na die volkom openbaring van wie God is en wat Hy regtig van sy mense wil hê: "moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God"(Rom 12:19)juriejurgens on 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan Die verhaal van Rispa is my my “vreemd” in baie opsigte, en tog so aangrypend! Ek sukkel om dit te verstaan (of dalk moet mens dit nie hard probeer ontleed maar dit bloot “at face value” aanvaar?). :-<br>1. Dawid reageer op die hongersnood deur die Here te raadpleeg. Ons verstaan vandag baie beter die natuurlike oorsaak en gevolg van weerpatrone en sikliese droogtes, en hoe God die natuur beheer deur natuurwette wat Hy geskep het. Nogtans, dink ek, moet mens sonder voorbehoud aanvaar dat die Here wel ook direkte ingrepe maak in Sy natuurwette.<br>2. Dawid soek na God se wil/boodskap in die droogte. God praat met mense op verskillende maniere, en een daarvan is seker deur natuurgebeure, en veral in die tyd voor Christus, toe die volle Bybel nog nie ge-openbaar was nie. Dit kan seker vandag nog gebeur, maar ek is baie skepties oor mense wat “verklaar” dat ‘n droogte God se boobskap aan ons is om die een of ander sonde/euwel stop te sit. Ek neem, ons weet mos God wil he ons moet die sonde teenstaan, ons weet dit uit sy Woord.<br>3. Dawid kry die antwoord dat ‘n sonde/vergryp van Saul die oorsaak van die droogte is. Die Bybel sê nie hoe David vir God geraadpleeg het, en hoe die antwoord gekom het nie. Deur die priesters en die urim en tumin? Ek het eenkeer ‘n preek van Allan Boesak oor Rispa gelees (ek dink dit was die boodskap wat hy voorberei het vir Adelaide Tambo se begrafnis, maar wat hy deur die ANC verhoed is om te lewer). As ek reg onthou het Boesak gesê dat die Priesters dalk nie die regte boodskap aan David gegee het nie, en dalk hulle eie agenda gevolg het. <br>4. Ek onthou die baie dae van verootmoediging en gebed wat oor die dekades deur kerk en staat uitgeroep is, en dat sommige dominees die droogte toesegkryf het as God se boodskap aan ons – van minirokke tot Sondagkoerante het deurgeloop. Nou onlangs sê iemand dis ons laksheid oor homoseksualiteit waaroor God ons straf met die huidge droogte. Om nie van Vigs te praat nie! Dis nie altyd maklik om te navigeer tussen ‘n skeptisisme oor menselike uitsprake en ‘n ontsag vir Gods Woord nie!<br>5. David aanvaar die Gibeoniete se voorstel. Met vandag se kennis en insig en voordeel van die hele Bybel kan ons seker maklik oordeel dat David nie God se hart reg verstaan het toe hy hierdie gruwel toegelaat het nie. Maar ons leef nie in ‘n tyd toe bloedwraak die aanvaarde norm was, toe kollektiewe skuld baie meer van ‘n werklikheid was, toe die sondes van die vaders letterlik vertsaan is, voordat die latere profete verduidelik het dat elke mens op sy eie verantwoordelikheid voor God staan, en voordat Christus die liefdesgebod en Gods groot genade vir sondaars benadruk het.<br>6. Die veroordeeldes se liggame word “voor die Here” op die berg opgehang. Het die heidense Gideoniete nou gedink dat dat hulle die God van Israel hierdeur sou behaag? Sou dit voor ‘n plek van aanbidding en offerande wees? Of was dit ‘n daad van finale wraak, vernedering en genoegdoening teenoor Saul en sy nageslag?<br>7. Rispa se moederliefde. Hier is nou die aangrypende deel van die verhaal – ‘n weduwee, ‘n byvrou van ‘n verslane koning se moederliefde, lojaliteit, versorging, en (man?!)moedigheid. Rispa staan nie daar teenoor slegs die roofdiere en asvoels nie, maar inderdaad teen die Gibeoniete wat hulle daar opgehang het, teen die heersende koning wat die daad goedgekeur het, teen die priesters wat God se oordeel verwoord het, en sommige sou seker ook sê teen God self! <br>8. Dawid se reaksie. Hoe wonderlik dat hierdie heldedaad van Rispa ook iets mooi en goeds uit David haal – hy veroordeel haar nie, maar bewys die laaste eer en respek aan Saul en sy seuns en kleinseuns. Hy kry kans om sy woorde van eer teenoor Saul om te sit in dade. (2 Sam1:19-27) En dit laat my sommer graag wil glo dat jy reg is dat dit eers hierna is dat Dawid aan Mefiboset goed doen. Dan pas dit ook in by jou seining dat die merkwaardige van Dawid is dat hy leerbaar was, en sy foute berou en probeer regstel! Dat hy hier reageer op wat Rispa deur haar dade vir hom sê.chrisvanwyk on 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! Ek leer steeds om nie te gou en te maklik te oordeel nie, en om respek te hê vir mense van wie se standpunte ek radikaal verskil. WANT, ek het ook soos Dawid, baie blindekolle en destruktiewe begeertes, wat maklik in sonde en boosheid kan verval. En Paulus se woorde in Romeine 8 spel ook my hoop uit, dat Christus my van hierdie ligaam van die dood red, en in die geloofseenheid met Hom, die hemelse prys sal laat behaal, nie omdat ek dit verdien nie, maar omdat Hy my gegryp het (Fil 3). Seën daar ver in die vreemde!Vinie on 2 Samuel 24 – dis beter om in die hande van God te val as in dié van mense – Hy is genadig! Ek wonder of dit nie gebeure in die geskiedenis van God se verbondsvolk was soos hier in Samuel die geval is, wat uiteindelik vir Paulus laat besef hoe eie dit aan menswees is om die goeie wat ek wil NIE te doen nie.<br><br>Ek weet nie wat ek van Dawid se geskiedenis sou maak as dit nie was dat ek by Paulus kon leer:" Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens Sy besluit geroep is!" `n Mens sien darem maar telkens hoe God tog Sy plan deurvoer ten spyte van Dawid se eiesinnigheid. En dan is daar `n innige dankbaarheid dat ook ons as Sy verbondsvolk in Christus ook nog in die genade van vergifnis kan deel hê!<br><br>Nogmaals baie dankie vir hierdie wonderlike geleentheid wat ons in Somerstrand het om aan die voete van `n Geesvervulde leermeester te kon sit.<br><br>Mag jy, Lynette en julle gesin `n vreugdevolle , vredevolle Christusfees beleef!<br><br>Groete van ons hier vanuit Perthchrisvanwyk on 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan Jy is reg - die kontraste is erg. Vannaand by die kerkraadsvergadering het ons weer die verhaal in Lukas 14 gelees van die man wat die maaltyd vir die genooide gaste reggemaak het, en hulle toe so ongeskik en arrogant was om die uitnodiging met verskonings te begroet. Maar dan gaan die slawe uit om dié wat dit nie verdien nie, die armes, kreupeles, blindes en verlamdes in die stad en die buitewyke in te dwing na die feesmaal. Dit sê vir my, niemand verdien die genade nie. Niemand nie! Nie Dawid nie, selfs nie in sy beste oomblikke nie. So Dawid se storie is God se storie, waar God selfs instaan vir sy foute, en dit "terugwerkend" transformeer deur die proses rondom die ware Messias 10 eeue later. Genade is onverdiende guns alleen!Vinie on 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan Dit gaan maar net my verstand te bowe om die kontraste in Dawid se lewe te sien:<br>* Dit wat hy toelaat om met Saul se familie te gebeur (Rispa) en net `n bietjie verder aan word na hom verwys as "U wat die lamp van Israel is" (2 Sam 21:17);<br>* Die aangrypende lied in 2 Sam 22 waar hy lof aan die Here bring vir die oorwinning en tog in verse 21 tot 25 besing hy sy eie voortreflikheid; <br>* en dan die verbond in hoofstuk 23 waar hy bely dat die Gees van die Here deur hom praat! <br>* Hy weet so goed dat hy nie `n volkstelling moet deurvoer nie en tog doen hy dit! Hy het so `n persoonlike verhouding met die Here en tog ,nadat hy om vergifnis vra vir die volkstelling (hoofstuk 24) praat God nie direk met hom nie maar wel deur die siener/profeet Gad!chrisvanwyk on 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense Dawid het baie spesifiek gevra dat daar sag met Absalom gewerk word. Jy is heeltemal reg dat Joab dus bang was dat Dawid onbeheersd kon optree. Die Kussiet is verkies vir die boodskap, nie omdat hy swart was nie, maar omdat hy minder belangrik as die priesterseun geag is.Vinie on 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense 2 Sam 18:21: Waarom probeer Joab verhoed dat Sadok se seun die nuus van Absalom se dood na Dawid neem? Was daar `n moontlikheid dat Dawid hom dalk kon laat doodmaak (soos met die nuus van Saul se dood)? En die Kussiet (swart man) dan?chrisvanwyk on 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig Joab - dit wil lyk asof Dawid doodgewoon bang was vir Joab en die ander broers van Seruja, sy neefs. Niemand het kans gesien om hom aan te vat nie. Hy was geslepe en geweldadig. En het daarmee weggekom totdat sy ouderdom (en Salomo) hom ingehaal het.Vinie on 2 Samuel 3-4 – die pad na die troon is morsig Goeiedag Chris,<br><br>In die hoofstukke van hierdie week is daar nogal `n hele aantal rolspelers. Dankie vir die inligting wat jy deurgee en ook vir kruisverwysings na ander boeke bv Konings. Eintlik moes ons seker nou met Konings aangegaan het om by slothoofstukke uit te kom.<br><br>Met betrekking tot Joab: Nadat hy Abner vermoor kom die uitspraak van Dawid: "Mag die Here self die saak regstel deur die moordenaar vir sy misdaad te straf "(2 Sam 3:39). Daarna speel Joab nog `n sleutelrol vir `n geruime tyd, vermoor vir Amasa en is tevrede dat `n vrou Seba se kop afsny terwyl hy in Dawid se diens staan. Hy word dan self eers NA Dawid se dood deur Salomo se toedoen om die lewe gebring! (Konings)<br><br>Waarom sien ons Joab steeds in `n belangrike pos in Dawid se koninkryk, na grusame moorde wat hy gepleeg het? Sou die wette van die tyd dan nie op hooggeplaaste amptenare van toepassing wees nie?magdakopp on Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel Hello Chris<br><br>Dankie jy is heeltemal reg. So lekker om met jou te gesels ek is nie meer lid van die NG Kerk nie maar bly lief vir hulle want as kind is dit die NG Kerk wat my van God geleer het. Jy weet n mens word ouer en wyser en wanneer hierdie wonderlike ding in jou lewe gebeur dan soek jy n plekkie waar jy dit kan voluit lewe. Ja daar is mense wat wedergebore is en steeds sukkel met kommunikasie want nie elke persoon is dieselfde nie en sommige mense is sku om te getuig. Maar ek glo Jesus gebruik hulle op ander maniere. Die belangrikste vir my en jou bly nog altyd om aan die wat nie in Jesus as die Seun van God glo nie die blye boodskap oor te dra. Dit kan ons net doen deur Sy Heilge Gees en genade. Ek is hartseer om te sien waarheen die sogenaamde Nuwe Hervormers op pad is en sommige teoloe en ek bid dat die Here Jesus hulle oe sal oopmaak. Ek glo dat daar nog opregte kinders van die Here in die NG Kerk is wat die geloof in Jesus as die <br>enigste verlosser sal behou. Daar is vir ons geen ander waarheid as Jesus nie. Seeninge vir jou en die Here seen julle gemeente.chrisvanwyk on Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel Hallo Magda<br>Jy is natuurlik reg dat bekering en wedergeboorte die begin van God se werk in die lewe van 'n gemeente en gelowige is. Ek vind net dat selfs bekeerde en wedergebore mense steeds sukkel in hulle kommunikasie met ander gelowiges, en soms eerder hulle vrese deel as hulle hoop in Christus. Daarom dié boodskap, dat ons aan die een kant naby aan God moet lewe, en aan die ander kant die moed wat Hy ons laat skep in hierdie wêreld, met ander moet deel.magdakopp on Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel Ek antwoord graag op hoe ons God met ander moet deel oor grense heen. Die kerk sal net slaag in sy roeping as hy gehoorsaam is aan die opdrag van Jesus aan sy dissipels "Gaan heen maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek (Jesus) julle geleer het. Hier het baie kerke gefaal in die dat elkeen sy eie deuntjie sing "jy in jou klein hoekie en ek in myn". As die wedergeboorte en bekering nie gepreek word nie en as daar nie bekerings in n gemeente plaasvind nie is daardie kerk dood. Die woord van die Here is so duidelik in hierdie verband maar sonder wedergeboorte kan niemand die koninkryk binnegaan nie. Kom ons bid dat Jesus mense sal aanraak deur sy Heilige Gees en dat leraars, pastore God se Gees so sal ervaar dat hulle nie anders sal kan as om mense tot bekering te roep nie. Die samelewing het regtig n Johannes die Doper nodig om mense te roep tot bekering sodat God elke bekeerling n nuwe mens sal maak. Groete in Jesus. Magda KoppMagda Kopp on Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel Ek antwoord graag op hoe ons God met ander moet deel oor grense heen. Die kerk sal net slaag in sy roeping as hy gehoorsaam is aan die opdrag van Jesus aan sy dissipels "Gaan heen maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek (Jesus) julle geleer het. Hier het baie kerke gefaal in die dat elkeen sy eie deuntjie sing "jy in jou klein hoekie en ek in myn". As die wedergeboorte en bekering nie gepreek word nie en as daar nie bekerings in n gemeente plaasvind nie is daardie kerk dood. Die woord van die Here is so duidelik in hierdie verband maar sonder wedergeboorte kan niemand die koninkryk binnegaan nie. Kom ons bid dat Jesus mense sal aanraak deur sy Heilige Gees en dat leraars, pastore God se Gees so sal ervaar dat hulle nie anders sal kan as om mense tot bekering te roep nie. Die samelewing het regtig n Johannes die Doper nodig om mense te roep tot bekering sodat God elke bekeerling n nuwe mens sal maak. Groete in Jesus. Magda Koppchrisvanwyk on 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here Akis en Dawid volg die konvensie van hulle tyd om God se hulp in te roep om aan hulle eie woorde gewig te gee. Dit sou net oneerbiedig wees as hulleself nie nakom wat hulle belowe of waaraan hulle hulleself verbind nie. Akis verwys heel moontlik na die Here as die God van Dawid, dws sonder om noodwendig persoonlik in Hom te glo, hoewel sy eerbied vir Dawid hom 'n eerbied ook vir sy God gee (1 Sam 29:9 ).Vinie on 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here Middag Chris,<br>Wonderlik hoe dat die tegnologie mens kan laat voel jy is sommer naby terwyl die groot Indiese oseaan ons nou skei!<br>Ek is so dankbaar dat ek jou kommentaar van elke dag kan volg!<br>Ek het vandag nie veel vrae nie,jou dagstukkies het meeste vrae beantwoord.<br>Dit val my net op hoe dikwels mense "in die Naam van die Here" uitsprake maak soos selfs ook Akis in vorige week se hoofstukke. Hy wat `n Filistyn is maak die uitspraak oor Dawid: "So seker as die Here leef" (1 Sam 29:6).Sou hy dan weet wie die Here is? Of waar Dawid `n eed aflé :"Mag God my om die lewe bring...."(2 Sam 3:35) en ook "Mag die Here self die saak regstel" (2 Sam 3:38)<br>Is dit nie tog op `n manier oneerbiedig om so namens God te praat nie?<br><br>Dan wil ek net noem watter diepe emosionele ervaring ek beleef het rondom Hoofstuk 7 en Hoofstuk 11.Om te dink `n mens kan so `n wonderlike verhouding met die Here hé en nog in swakheid afdwaal! Dan besef mens net opnuut hoe groot die Genade van God is! God wat nooit Sy trou aan ons onttrek nie. Voorwaar, ons kan ook daarvan getuig!<br><br>Nogmaals dankie vir wat jy vir ons by Bybelskool doen!<br>Groete aan Lynette<br>Van ons hier in Ossielandchrisvanwyk on 1 Samuel 30-31 – God bewaar ons nie VAN gevaar nie, maar IN gevaar Die verbranding van lewende mense was 'n oordeelshandeling wat soms in die OT toegepas is (Lev 20:14; Jos 7:25). Gewoonlik is lyke nie verbrand nie, hoewel Amos 2:1 daarna verwys as 'n daad van minagting. In Saul se geval is die lyke verbrand, heel moontlik weens die tydsverloop, voordat hulle begrawe is. Die normale gewoonte was om lyke te begrawe, nadat dit gewas en soms met speserye gesalf is.chrisvanwyk on 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel 'n Vraag is gevra oor dodebesweerdery en waarsêery in die OT<br><br>Dodebesweersters (mediums) het gespesialiseer daarin om dooies op te roep om deur met hulle te kommunikeer en uit hulle woorde (orakels) insig te verkry (die praktyk heet necromancy in Engels). Die praktyk is reeds bekend uit die 2de Millenium vC uit Ugaritiese tekste. Die praktyk is egter verbied in die OT (Lev 19:31), hoewel die praktyk tog regdeur die OT 'n versoeking gebly het, soos blyk uit Saul se verhaal, en uit die optrede van Josia (7de eeu vC) wat weereens die dodebesweersters uitgeroei het (2 Kon 23).<br><br>Tegnieke waarmee waarsêery en towery bedryf was, word ’n paar keer in die Bybel vermeld: die skud van pyle, die bestudering van ’n dier se lewer (Eseg 21:21), en die waarneming van die stand van die sterre, wat dan "elke maand vir jou bekend maak wat oor jou gaan kom" (!) (Jes 47:13). Uit die antieke wêreld is daar ook tegnieke bekend soos die waarneming van die beweging van (offer)diere en die vlug van voëls, opsê van formules, dra van amulette, en veral die orakel (uitspraak of profesie) wat meesal raaiselagtige uitsprake van die heidense priesters was.chrisvanwyk on 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel Briljante ontleding en insig. In my voorbereiding vir Sondag se erediens met Filippense 3 as teks, is dit juis wat my van die Nuwe Testament "Saul" tref, dat, teenoor die OT Saul, sy hele lewe om sy verhouding met Christus gedraai het. Dit is amper soos 'n alles of niks beginsel wat vir ons geïllustreer word. Jy kan nie die verhouding tydelik afskakel en dan weer aan as jy Hom nodig het nie. Tog dink ek steeds, as Saul, selfs op dié laat stadium, hom sou verootmoedig voor die Here, hy genade van God sou kon kry, al kon dit nie die gevolge van sy lewe totaal uitwis nie. Dit bly die tragiese vir my van sy lewe, dat hy volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en nie tot inkeer en berou kom nie.juriejurgens on 1 Samuel 28-29 – Saul se koningskap wankel Is ek reg dat daar 'n sterk ironie in 28:6 is :- Saul probeer om die Here te raadpleeg, en word nie ge-antwoord nie;<br>* nie deur die urim nie. MAAR dit is Saul wat die priesters uitgeroei het, en veroorsaak het dat Abjater die skouerkleed met die urim en tumin na David vlug(23:6 & 9);<br>* nie deur profete nie, MAAR dit is Saul wat vir Samuel en dus ook sy groep profete vervreem het sodat hulle nie meer kontak gehad het nie (15:35);<br>* nie deur drome direk van God nie, MAAR dit is Saul wat weggedraai het van die Here en sy eie kop gevolg het.<br>Ek sien dit as nog 'n les dat mens nie jou verhouding met die Here kan "tydelik afskakel" en eie agenda volg, en dan weer kan "aanskakel" as jy die Here nodig het nie.juriejurgens on Kan God van gedagte verander? Dit vul my met verwondering dat die groot God van hemel en aarde sy skepsels toelaat om saam met Hom (maar natuurlik ondergeskik aan sy almag), aan die toekoms te werk, en om so Sy Wil te laat uitwerk, en selfs om Sy Wil teen te werk. Mens sien dit vanaf Genesis dat God dinge laat gebeur, en dan wag Hy in sy groot liefde vir mense om reg daarop te reageer, en dikwels moet Hy dan die gemors wat mense gemaak het kom hanteer. <br>Die groot tragedie is natuurlik dat ons deur verkeerde keuses ellendige gevolge vir onsself op die hals kan haal, en die nog groter tragedie is dat die verkeerde dinge wat mense doen ellendige gevolge vir ander mense kan veroorsaak. Wat ons saai sal ons maai, en die wet van oorsaak en gevolg loop sy gang. God se genade is groot geneog dat ons vergifnis kan kry, en ons verhouding met Hom herstel kan word, maar dikwels bly die onaangename gevolge van ons dwaasheid by ons, en by ander mense.Jenny Troskie on Kan God van gedagte verander? Beste Chris,<br> N.a.v. die stellings: God verander nie sy gedagte nie, en tog doen Hy dit! <br> <br>Uit: Die vreemde God en sy mense (Willem de Klerk)<br> <br>" Alles van Hom is so onuitsêbaar dat ons Hom alleen in teenstrydighede kan verbeeld.<br>Albei is waar:<br> sy genade en geregtigheid<br> sy almag en die mens se vrye wil<br> sy eenheid en drieheid<br> sy vreemdheid en bekendheid.<br> <br>As ons (die ondervraers) nie die kloutjie by die oor kan kry oor al die teenstrydighede wat die Bybel oor God te sê het nie, is paradoksale denke 'n ruspunt." (p. 157).<br> <br>"As God vir jou net verborgenheid en buitewêreldse misterie is, verloor jy sy nabye bekendheid. As Hy net inwonende Vriend is, verloor jy siddering, ontsag en afstand in 'n te grote familiariteit met die Heilige...albei die pole laat jou in ewewig met God wandel." (p. 156).<br> <br>Groete,<br>Jennychrisvanwyk on 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos God stuur nie bose geeste om sy kinders te pla nie. Sy Gees woon in hulle wat dit 'n onmoontlikheid maak.<br>Maar, dié gedagte was nog onontwikkeld in die OT, en die Gees het nog nie in gelowiges gebly nie.<br>Daarom is daar nie 'n waterdigte onderskeid getref in die OT tussen 'n gees wat boos is of goed nie (Rigt 9:23; 1 Sam 16:14-16; 1 Kon 22:19-23). Alles is gereken, kom van God af. Die Satan word bv. net op 'n paar plekke aangetref en nie in verband gebring met alles wat boos is nie. <br>Dit is eers in die Joodse tussen-testamentêre geskrifte en in die NT evangelies en Handelinge wat die onderskeid begin maak is, en daar 'n definitiewe onderskeid tussen die magte van die bose en die magte van God getref is. Ek kan vir jou 'n baie oulike artikel gee in 'n boek in my kantoor, wat meer uitbrei daarop, as jy belangstel.chrisvanwyk on 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat Dawid en Mikal se leuens word eerlik vertel, maar nie noodwendig gekondoneer nie. Dit raak nie die inspirasie van die Skrif nie, behalwe as die Skrif dit sou aanmoedig of nog erger sou verdoesel. <br><br>Die teenstrydighede in die Bybel is menslike foute. Ons bely oor die inspirasie van die Bybel dat dit God se Woord in menslike taal is. Dit is onfeilbaar in die openbaring van God se natuur en wil, maar feilbaar in terme van die neerskryf daarvan.Vinie Fürstenberg on 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat Hoe verduidelik `n mens aan `n kritiese persoon die konsep van die Bybel as geïnspireerde Woord van God as daar soveel leuens en teenstrydighede voorkom? Leuens soos Mikal wat vir Saul sê Dawid sou haar doodmaak as sy hom nie laat gaan het nie (1Sam19:17), of Dawid se leuens in Nob nogal vir die priester ens.chrisvanwyk on 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat Saul het 'n strik vir Dawid gestel dat hy 100 Filistyne moes doodmaak om haar te kan kry as vrou. Hy het gehoop dat Dawid in die slag sou omkom.Finie Fürstenberg on 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat 1Sam. 18:21 Watter soort “vangstrik” sou Mikal vir Dawid kon wees as sy met hom trou?chrisvanwyk on WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike Die kort antwoord, Nee.<br><br>Die langer antwoord:<br><br>Die term ruach (Gees) het verskillende betekenisse in die OT: <br><br>1) WIND - 'n onsigbare, misterieuse en magtige krag wat baie keer destruktief is (Gen 8:1; Eks 10:13; Num 11:31; 1 Kon 18:45; Spreuke 25:23; Jer 10:13; Hos 13:15; Jona 4:8); <br>2) ASEM of GEES - dieselfde krag op kleiner skaal in die lewe en vitaliteit van 'n mens wat in 'n rigting beweeg kan word (Gen 6:17; Ps 31:5; Pred 3:19; Jer 10:14; Eseg 11:5); <br>3) GODDELIKE KRAG - waar 'n krag van buite mense self van hulle besit geneem het, soos in die charismatiese leiers en profete gesien kan word (Num 24:2; Rigt 3:10; 6:34; 11:29; 13:25; 14:6, 19; 15:14-15; 1 Sam 10:6,10; 11:6; 19:20, 23-24).<br><br>Soms is daar 'n oorvleueling van hierdie drie betekenisse, soos in Esegiël se bekende visioen van die vallei met die droë beendere (Eseg 37:9), waar ruach eintlik in al drie betekenisse vertaal sou kon word. <br><br>Hierdie vloeibaarheid van betekenis het beteken dat daar in die OT nie 'n waterdigte skeiding tussen die Goddelike ruach en die menslike ruach getref is nie (Gen 2:7 - vgl ook nog Joh 3:8, 20:22). Die idee bly egter voortbestaan dat die ruach die menslike dimensie is waar die Goddelik ervaar word (Rom 8:16).<br>Daar is selfs nie 'n waterdigte onderskeid getref tussen 'n ruach van God wat boos sowel as goed kon wees nie (Rigt 9:23; 1 Sam 16:14-16; 1 Kon 22:19-23). <br>Dit is eers in die Joodse tussen-testamentêre geskrifte en in die NT evangelies en Handelinge wat die onderskeid begin maak is, en die konsep van die pneuma (ruach) as 4) PERSOON, en meer spesifiek die Heilige Gees, na vore tree.<br><br>Wat wel interessant is, is dat selfs met dié ontwikkeling, ruach 'n eksistensiële term bly. Soos James Dunn hieroor skryf: "At its heart was the experience of a mysterious, awesome power (as) manifestations of divine energy." (Michael Welker [ed] 2006 Towards the Spirit of Christ: The emergence of the distinctive features of Christian Pneumatology. The Work of the Spirit. Eerdmans).Vinie Fürstenberg on WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike Met betrekking tot “die Gees van die Here” : Het begrip van die Gees as PERSOON hier al bestaan?juriejurgens on 1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos Die "boosaardige gees wat deur die Here gestuur is" laat my dink aan die toneel in die Hemel wat Job 1 beskryf, waar die Here en Satan met mekaar praat, en God omtrent vir Satan na Job stuur en toe wonder ek hoe 1 Sam 19:10 inpas by die Ou Testamentiese siening van die bose en die Bose? Wat se dit van God? Stuur Hy boosaardige geeste om sy kinders te tormenteer? Sou ons in Nuwe Testamentiese taal dalk se dat God toegelaat het dat hierdie boosaardige (sataniese?) gees 'n houvan op Saul kon kry en dat Saul in elk geval homself blootgestel het hieraan?? Die Nuwe Testament is so vol van duiwelbesetenheid, en dis altyd van Satan en teen God. Hoe pas dit in en hoe moet ons dit verstaan?juriejurgens on 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat Ek onthou 'n paar van die teksies wat ek vir Sondagskool moes leer, en een wat 'n groot indruk op my gemaak het, en wat ek al baie vir myself toege-eien het is is "Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare". Wonderlik hoe die Woord vir mens so kan help en boemoedig op so baie verskillende maniere.chrisvanwyk on 1 Samuel 17-18 – van skaapwagter tot soldaat David Mniki het gepreek oor hierdie verhaal by die 2009 Bless the Nations konferensie. Luister na die mp3: "The context of our mission" by <a href="http://mysite.nmmu.ac.za/csajhg/DavidMnikiB.mp3" rel="nofollow">http://mysite.nmmu.ac.za/csajhg/DavidMnikiB.mp3</a> .chrisvanwyk on 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min Die woordjie wat met "by" vertaal word, kan ook met "met" vertaal word. Dit is heel moontlik 'n vertalingsfout (Klein).chrisvanwyk on 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min Nee, dit is een tradisie. Die vervulling sou nog kom met die uitwissing van die priesters van Nob in 1 Sam 22 en later selfs van die laaste oorblywende een, Abjatar, wat verban is na sy landgoed (1 Kon 2). Let op dat daar van Eli gepraat word wat priester in Silo was, nie van Agija nie.chrisvanwyk on 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes Dit is inderdaad die geval dat die tema van koningskap van vroeg af voorkom. Jy noem Gen 17:6, maar dit kom ook voor in Gen 17:16; 35:11; 49:10; Num 24:17; Deut 17:14–20; 28:36 (Wenham). Die probleem in Samuel is dus nie dat daar 'n koning sou kon kom nie, maar eerder dat die volk dit op die tydstip vir die verkeerde redes wil hê - sodat hulle soos die ander volke kan wees, wat implisiet 'n verwerping van God se koningskap ingesluit het. Dit is waarteen beide Samuel en God in opstand kom. God het immers deurgaans met leiers gewerk. Selfs die aartvaders was leiers van hulle clans gewees, maar Moses, Josua, al die Rigters, en selfs Samuel was sterk leiers. Interessant, Saul word ook 'n nagid genoem (1 Sam 9:16 en 13:14), 'n prins, wat 'n meer charismatiese (Gees-vervulde) leierskap veronderstel, eerder as net die woord melek wat soos al die ander konings van Kanaän sou wees. En dit is dié tipe "koning" wat hulle in Dawid uiteindelik kry. En dan, ek dink Samuel het dit as 'n persoonlike belediging opgeneem, wat die situasie nog moeiliker gemaak het. En as hy enigsins 'n hand in die skryf van dié verhaal gehad het, het hy dit moontlik uit sy eie perspektief op die tafel gesit ...chrisvanwyk on 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee Die verdeling het met tyd ontstaan en in Rehabeam se tyd 'n voldonge staatkundige feit geword. By Debora (Rigters 4 en 5) al kan 'n mens die verdeling sien tussen dié wat saamveg en dié wat by die huis bly. Dit wil dus voorkom asof op hierdie bestaande onderskeidings ingespeel word, eerder dat dit 'n redaktor se terugskouende benamings sou wees.Vinie Furstenberg on 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min `n Vertalingsfout? 1 Sam 14:32 - 33<br><br>“ by die bloed geëet” Volgens Lev 7:26 was dit nie veroorloof om vleis MET die bloed daarin te eet nie.Vinie Furstenberg on 1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min Oordeel oor Eli se nageslag: 1Sam 14<br><br>Ten spyte van die boodskap van die man van God aan Eli in 1Sam 2, tref ons vir Agija, die agterkleinseun van Eli, as priester aan by Silo. 1Sam 14:3<br><br>Is daar `n moontlikheid dat verskillende tradisies in omloop was en dat die twee hoofstukke nie van dieselfde bron afkomstig was nie?Vinie Furstenberg on 1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes Met betrekking tot die volk wat `n koning wou hê: 1 Samuel 10-12<br><br>In die lig van Gen.17:6 waar God met Abraham `n verbond sluit is daar ook die belofte dat konings uit Abraham sal voortkom!<br><br>Hoe bring ons dit nou in verband met die kwessie dat Samuel en die Here aanvanklik nie gelukkig was met hierdie versoek van die volk nie? Hulle is dan nou in die land wat God aan hulle beloof het. Waarom sou dit verkeerd wees vir die volk om te verwag dat ook die belofte van “konings sal uit jou voortkom” in vervulling moes gaan?Vinie Furstenberg on 1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee Noord- en Suidryk? 1Sam 11:8<br><br>Was die stamme in Saul se tyd ook bekend as Israel en Juda? Ek was onder die indruk dat die benaming eers na Salomo met die skeuring gebruik is.chrisvanwyk on 1 Samuel 13 – Saul minag die Here Jy is reg - Dawid se verhaal is vol brak kolle, soveel so, dat ek soms regtig wonder hoe die Here dit uitgehou het met hom - gaan terug op sy woord deur die versoek om van Saul se nageslag uit te wis, toe te staan; is bang vir Joab en sy makkers, en tree nie op teen hulle nie, behalwe op sy sterfbed nie; en dan praat ons nie eers van die storie met Batseba nie. Maar dan besef ek, ek het nog meer brak kolle, en nie eers naastenby Dawid se dryfkrag nie ... en die Here hou dit sover met my ook uit! Ek dink na alles sal ons ook soos Bill Hybels moet sê, dit is net God!Johan Edward van Rooyen on 1 Samuel 13 – Saul minag die Here Akkoord broeder, lyk maar netso as verwys word na "Dawid wat 'n man na God se hart"sou wees, ons weet dat dit nie altyd so was nie! Toegegee, hy het telkens in sy swakheid voor God gebuig (Ps 51) en dit is inderdaad die verskil. Hoe het ons Meester op 'n keer gesê? Goed geantwoord! 🙂chrisvanwyk on 1 Samuel 13 – Saul minag die Here God het Saul gekies as 'n man wat potensiaal gehad het en vir wie Hy 'n kans wou gee. En onthou, dit het aanvanklik perfek gewerk. Hy was nederig en dapper. Maar dit het nie gehou nie. En Saul het nie soos Dawid voor God gebuig nie. En dit was die groot verskil tussen Dawid en Saul. Die een het op God se woorde reageer, en die ander nie. Dit dui op 'n hart wat leerbaar is of nie. Dit is dus nie God wat 'n fout gemaak het met Saul nie, of nog erger hom opgestel het om te misluk as voorbeeld vir ons. Dit is Saul wat 'n fout gemaak het om die oordeel van God nie te aanvaar en om vergifnis te vra nie.Johan Edward van Rooyen on 1 Samuel 13 – Saul minag die Here Wonder maar net of Saul dan nie "'n Man na God se hart" was nie! Het God dan 'n "fout' gemaak?" of is Saul dan gekies om as voorbeeld te dien?chrisvanwyk on 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit Jy slaan die spyker op die kop. Dit is die tipe verhouding waarbinne ons met die Here moet lewe. Eli en Saul versaak hierdie verhouding met slegte gevolge vir hulleself en hulle mense. Saul en Dawid darenteen wys ons hoe dit heling en diens bring, selfs wanneer dit nodig is om Dawid se sonde uit te wys, soos ons later sal sien.chrisvanwyk on 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel Die woord mercy seat kom eintlik van 'n Duitse vertaling Gnadenstuhl af wat vir die Hebreeuse woord gebruik word, kapporeth, en maar net deksel beteken.juriejurgens on 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel Ekskuus, maar hierdie maklike manier om jou te vra word te maklik, en ek was te lui om self soekwerk te doen. Ek sien nou dat die King James Version en ander ou vertalings "mercy seat" gebruik waar ons huidige vertaling "deksel" gebruik, en die ou Afrikaanse Vertaling "versoendeksel" gebruik. Bv Eks25 e.v, Lev 16, Num 7:89 en 1 Kron 28:11. Interesant genoeg, gebruik die nuwe vertaling wel "versoendeksel" in Hebr 9:5. (Jammer vir hierdie onnodige en irrelevante ekskursie)juriejurgens on 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel Ek het al my Engelse vriende hoor praat van die Ark se deksel as "the mercy seat of God". Ken jy dit, en waarop sou dit slaan?chrisvanwyk on 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink Ek onthou die verhaal baie goed van julle seun. Dit bly vir my beide 'n voorbeeld van gebedsverhoring en hoe 'n "priester" teenwoordig moet wees by sy mense en by God. Ds Dave wat regtig 'n inspirasie vir my in my eerste jaar van bediening.Dalene Dippenaar on 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink Liewe Chris,<br> <br>Hanna het diep in my hart gekruip. Sy het haar losgemaak van die kind wat sy van die Here afgesmeek het en hom aan die Here gewy. Hy was nog 'n klein seuntjie toe sy hom weggebring het na die tempel toe, maar sy het elke jaar vir hom 'n manteltjie gemaak.<br> <br>Ons het saam met Ds. Marais ook 'n kind afgesmeek van die Here en moes ons ook losmaak van hom sodat hy verstandig kon raak. Ek het hierdie week ook weer vir hom '' 'n manteltjie gemaak'' toe ek sy kamer skoongemaak het en 'n nuwe skildery teen die muur opgesit het.<br> <br>Dankie vir die voorbeelde van omgee wat ons in die bybel aantref.<br> <br>Groete,<br>Dalenechrisvanwyk on 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad Oor jou eerste opmerking:<br><br>Die Griekse Septuaginta is vertaal uit 'n Hebreeuse teks. Omdat daar 'n hele paar verskille tussen die Septuaginta en die Masoretiese Hebreeuse teks is, beteken dit heel moontlik dat daar verskillende Hebreeuse tekste in omloop was. Of dit tekste egter uit Babilon of uit Palestina was, is moeilik om te sê. Maar die benaming tempel kan te wyte wees aan óf 'n "slip of the tongue" met die laaste redaksie van die teks in of na die Ballingskap óf te wyte wees aan die feit dat daar 'n meer permanente struktuur (bo-oor?) die tabernakel was wat as 'n "tempel" geïnterpreteer kon word.<br><br>Oor jou tweede opmerking:<br><br>God se belofte aan Eli word wel opgehef, sodat sy nageslag behalwe een uitgewis word. Dit het gebeur met die bloedbad op die priesters van Nob (22:6–18), toe daar net een uit Eli se nageslag vrygekom het, naamlik Abjatar (22:19-23), soos jy tereg na verwys. Hy het egter nie lank hierdie posisie beklee nie, maar is verban na Anatot toe (1 Kon 2:26) en Sadok, die “betroubare priester” (2:35), is in sy plek aangestel (1 Kon 2:25).<br><br>Met die hervormings van Josia is sy afstammelinge nie toegelaat om langer op die platteland werksaam te wees nie (2 Kon 23:8-9), maar is na Jerusalem toe verskuif waar hulle van die Sadokitiese priesters afhanklik was (vgl 2:36). Nogal 'n hele omkeer in hulle hele verhaal.<br><br>So "all in all" was daar maar baie onderlinge struwelinge tussen die verskillende priesterlike families ... !<br><br>Samuel was dus nooit 'n priester nie, hoewel hy as profeet en rigter priesterlike funksies uitgevoer het.Vinie on 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad Ek het jou kommentaar asook die van Jurie en Johan op die blog gelees.<br><br>Ek het ook `n paar opmerkings: Met betrekking tot die gebruik van tempel en Tent van Samekoms , sou dit nie ook te wyte wees aan verskillende bronne waaruit die boek(e) Samuel saamgestel is nie? Ek kan nie altyd onthou waar ek spesifieke inligting vandaan kry nie. Iewers gelees dat vir die Griekse vertaling die bronne tydens/ na Ballingskap gebruik is, toe die Tempel van Salomo dus bekend was. Vir die Hebreeuse is bronne afkomstig uit Palestina gebruik, en dus dalk nader aan die werklikheid.<br><br>Dan wonder ek ook oor die priesters: God se belofte aan El nl. dat sy huis en nageslag God altyd in die tempel sal dien, word tog opgehef (1 Sam 2:30-31). Is dit reg om te sê Samuel, `n afstammeling van Josef (Efraim ), word dan as priester in Eli se plek aangewys, dus nie `n Leviet nie! Was dit nie vir die volk `n probleem nie? Sou vers 33 verwys na die priester Abjatar (afstammeling van Eli) van wie ons wel later hoor?<br><br>Ons kan maar Woensdagaand verder hieroor gesels!<br><br>Sterktechrisvanwyk on 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel Die bou van die ark word in Eks 25:10 vv (en 37:1 vv) beskrywe. Dit was van doringhout gemaak met goud oorgetrek en relatief klein: 1.25 m lank, 0.75 meter hoog en 0.75 m breed, waarbinne die wet gebêre is, en waarop twee gerubs geplaas is. Dit was dié plek van ontmoeting met die Here: "Al my bevele vir die Israeliete sal Ek jou van daar af gee" sê die Here vir Moses (25:22). Dit moes in die Allerheiligste deel van die tabernakel (en ook later van die tempel) geplaas word, en was dus simbool van God se lewende teenwoordigheid in Israel. Kyk ook in Eks 40:34-38 na hoe 'n belangrike rol dit gespeel het in die trek deur die woestyn. Baie voorskrifte het die hantering van die ark vergesel, en wanneer dit nie nagekom is nie, het mense gesterf. Die Here het bepaal dat met die vestiging van Israel in Kanaän die ark uiteindelik in Jerusalem moes tereg kom, hoewel ander heiligdomme natuurlik ook 'n kleim daarop wou afsteek. Dit was eintlik die mees waardevolle besitting van Israel. Niks anders was naastenby so heilig as die ark nie.chrisvanwyk on 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit Ek dink Eli was 'n sagte mens, wat goeie raad kon gee, en dus 'n goeie mentor was vir Samuel. Sy probleem was dat hy ook sag opgetree het toe die Here se naam in diskrediet gebring is deur sy seuns. As God met Baäl gelyk gestel word, en die wet doelbewus oortree word, het 'n mens geen keuse as om streng op te tree nie. Anders tree God op, en dan bekom dit die leiers suur. Samuel se eerste oorlogsoptrede was in sy laat twintigs (7:2), maar teen dié tyd het hy al 'n reputasie gehad dat wat hy sê uitkom, soos vroeër al grafies geïllustreer is met Eli-hulle se dood.chrisvanwyk on 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit Ek stem saam - dit getuig van 'n soort kapitulasie - ek het gefaal, so lank dit my nou net nie te veel kos nie!chrisvanwyk on 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad Eli se seuns se sondes word net in hoofstuk 2 en 3 uitgespel: <br> <br>1) Hulle het net rou vleis van die Israeliete gevat en nie gekooktes nie, en ook met geweld gedreig om dit af te vat; daarmee het hulle nie net die wet oortree nie, maar die mense ook hulle agting laat verloor vir die offer van die Here; die hele idee van versoening met God het daarmee gedreig om in diskrediet te kom (2:15-17); <br><br>2) Hulle het by die vrouens geslaap wat by die ingang van die tent van ontmoeting diens doen, wat nie net immoreel was nie, maar ook die Israelitiese godsdiens daarmee tot dieselfde vlak as die Kanaänitiese vrugbaarheidsgodsdiens laat daal, en die volk verlei om God te dien, soos wat Baäl onder die Kanaäniete gedien is (2:22-25). Eli se sonde in dié verband was dat hy net gekla het daaroor, maar nie opgetree en dit voorkom het nie, wat hy in staat was om te doen.Pierre Matthee on 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit Terug by Eli: Samuel was ‘n jong man wat op ‘n jong ouderdom reeds baie dinamies was. Dit beindruk my veral dat hy die volk bymekaar kon kry, blykbaar sonder veel moeite, om tot God te bid. Dit vra baie dinamika van ‘n jong man (hoe oud was hy toe?). Maar aangesien Eli sy mentor was, moet dit darem ook tog ‘n pluimpie vir Eli wees, of hoe?Pierre Matthee on 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel Wat is “die ark”? Ja, ek weet wat is die ark, maar wat is die werklike simboliek van die ark dat daar so ‘n groot bohaai van gemaak word, en waar dit moet staan? Ek dink ek sal die hele storie beter verstaan as ek ‘n beter begrip van “die ark” het.Pierre Matthee on 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit Wat my opval van Eli, is hoe gelate hy sy lot aanvaar toe hy uitvind dat sy seuns gaan sterf. Dit moes vir hom verskriklik gewees het (en uiters vernederend) toe God vir hom sê daar sal ‘n priester kom wat ………… en dan word ’n hele rits goeie en gehoorsame eienskappe genoem, wat impliseer dat sy seuns (en hyself!) regtig ernstig kortkom. Maar hy reageer nie eens hierop nie! Hy aanvaar bloot.Pierre Matthee on 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad Jy verwys baie na die feit dat Eli nagelaat het om sy seuns te berispe, en ek verstaan dit. Was dit werklik baie erg?chrisvanwyk on 1 Samuel 4 – Ikabod :: die eer is weggevat uit Israel 'n Vraag is gevra of die Filistyne en die Feniciërs dieselfde volk was.<br>Die kort antwoord is nee.<br>So ver ek kon agterkom, was die Filistyne moontlik van die omgewing van Griekeland afkomstig. Interessant dat in Joël 3:4 vv die Filistyne juis met Griekeland verbind word, as sou hulle Israeliete as slawe daarheen verkoop het.<br>Die Feniciërs, aan wie ons heel moontlik ons alfabet te danke het, het ook aan die kusstrook gewoon, maar hoër op by die stede van Tirus en Sidon, min of meer waar Lebanon vandag is.Johan Serfontein on 1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit Dagsê Chris,<br>Groot hartseer oor jou blikbrein wat nou weg is. Baie jammer daaroor!<br>I Sam 3:10 "Praat Here, U dienskneg luister!"<br>"Praat Here...": Hier vra Samuel vir inspraak, leiding, opdrag en aktiewe betrokkenheid. Hy is nie net 'n passiewe hoorder nie.<br>"U dienskneg...": Samuel bevestig hie die verhouding en status waarin hy tot die Here staan, nl 'n werker in Sy diens. Weereens nie net 'n passiewe hoorder, omstander nie.<br>"luister": Hy hoor nie net nie, hy "luister". Daar is dus 'n aktiewe interpretasie, meelewing en aanvaarding van wat gesê gaan word, en wat die opdrag gaan wees.<br> Jes 6:8 sê presies dieselfde, hoewel die twee rolspelers in totaal verskillende omstandighede is.<br> <br>Dit beteken vir my dat elkeen in sy/haar eie omstandigheid, situasie of agtergrond 'n roepstem gaan/kan hoor. Ons moet egter sensitief wees om te hoor wanneer en hoe die Here ons tot diens roep.<br> <br>Ek het nie kopiereg op my bydrae hierbo nie en jy kan dit dus deel met ander of uitmekaar trek as ek die bal mis geslaan het.<br> <br>Groete, Johanchrisvanwyk on 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink Jou gedagte dat daar 'n meer permanente struktuur mettertyd gebruik is, kan bes moontlik in die kol wees.<br><br>'n Bietjie agtergrond: Die woordjie הֵיכָל (hê∙ḵāl) word gebruik in 1 Samuel 1:9. Dit kan vier betekenisse hê: 1) tempel, heiligdom of aanbiddingsplek (soos hier in Samuel); 2) paleis, plek waar ‘n koning of ander hooggeplaaste woon (bv. 1 Kon 21:1; 2 Kon 20:18; Ps 45:9; Dan 1:4); 3) hoofsaal of gebouekompleks (1 Kon 6:3); 4) ’n ander gebou by die tempel wat deel is van ‘n tempelkompleks (Eseg 41:1–25). Die woord vir tabernakel is tabernakel אֹהֶל (’ohel)<br><br>Sommige geleerdes dink, soos jy aanvoel, dat 'n meer permanente (hout-)struktuur die tabernakel vervang het (vgl die deurkosyn waarvan gepraat word), wat moontlik tot hierdie meer algemene aanduiding aanleiding kon gegee het. Silo is in elk geval verwoes met die buitmaak van die ark (Samuel gaan bly in Rama – 1 Sam 7:15-17), wat kon beteken het dat die tabernakel óf êrens gebêre is (onwaarskynlik) of tot niet gegaan het. <br><br>Wanneer die ark terugkom in Jerusalem (2 Sam 6) word dit geplaas in die tent (’ohel) wat Dawid daarvoor gereed gemaak het, moontlik weer gebou op die patroon wat in Eksodus voorgeskryf is.juriejurgens on 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink Toe ek gisteraand deur 1 Sam 1 lees, het die woord "tempel" my opgeval, en het ek begin dink oor die oorgang van tabernakel na tempel. Ek was nog altyd onder die indruk dat Salomo se tempel die eerste tempel was. Ek het bietjie op my "e-sword" gesoek, en die volgende gesien:<br> <br>1. 1 Sam 1:9 is die tweede plek in die Ou Testament waar die woord "tempel" voorkom - die eerste is in Rigt 9:46 waar van 'n heidense tempel gepraat word - sommige vertalings het dit as "the house of the god Berith" en in daardie vertalings kom "tempel" vir die eerste keer in 1Sam 1 voor. <br>2. Die laaste keer wat ek kon kry waar na die tabernakel verwys word, is in Jos 22:19 & 29.<br>3. In 1 Sam 2:22 word egter weer gepraat van die " tent van ontmoeting", en nie "tempel" nie - ek wonder hoe mens dit moet verstaan? (Ander vertalings gebruik tabernacle)<br>4. In 2 Sam 7:6 se God vir Natan dat Hy nog nooit in in huis gewoon het nie, maar in 'n tent en tabernakel.<br> <br>Oppervlakkig gesien kan mens amper die indruk kry dat "tempel" in 1Sam1 "uit plek" is, en ek wonder of mens hoegenaamd veel hiervan moet maak? Is dit dalk deel van die oorgang - dat die tabernakel mettertyd plek-plek versterk is met meer permanente boumateriaal, en dus van tent na tempel gegroei het? Ek sal sal graag jou ekspert opninie wou verneem.chrisvanwyk on As God ver is Vannaand het ek weer in ons gemeentesel iets ervaar van die wonder van gebedsverhoring. Ons het vir 'n spesifieke probleem gebid wat een ons sellede gehad het, en 'n halfuur later die sms gekry dat die probleem opgelos is. Dit is nie asof die Here die probleem nie voor die tyd kon opgelos het of nog beter kon gesorg het dat die probleem in die eerste plek nie ontstaan het nie. Maar Hy kies om dit op te los terwyl ons saam daarvoor bid, en dit verstrek almal van ons se geloof.chrisvanwyk on As God ver is Een van die redes vir God se afwesigheid is dat sekere dinge nie daarsonder sou kon gebeur nie. Ek dink bv. aan die verhaal van Hanna, die kinderlose vrou van Elkana. Dit is IN die worsteling wat sy het met 'n afwesige God, wat nie vir haar aanvanklik kinders gee nie, dat 'n hele paar karakters ingetrek word in God se verhaal met Israel: <br>* Eli, wat dink dat sy mal is, en kort voor lank iets van God se nuwe weg sou agterkom; <br>* Elkana wat wonder hoekom sy nie tevrede is net met hom alleen nie, d.w.s. sonder kinders nie, en met die geboorte in die wonder van God se voorsiening kan deel; <br>* Samuel, wat as hy gebore word vir haar, DIE man van God in Israel word, wat beide die profeteskool as die monargie instel onder God se leiding.<br>Sou dit in elk geval gebeur het, selfs sonder God se afwesigheid - ek dink nie so nie.chrisvanwyk on As God ver is Interessante blik op die verborge God (Stephen Paulsen) - 'n mens sien dit alreeds in Genesis dat God se sigbare teenwoordigheid in die Skepping, die tuin, by (letterlik "voor") Abraham algaande verborge raak totdat Josef God net in drome ervaar. Dit maak Hom nie minder werklik nie, maar meer verborge. En die NT verhaal is dieselfde - van die sigbare vleeswording van Jesus na die verborge inwoning van die Gees in elke gelowige. Tog bly God steeds soewerein, en kan selfs in die intieme inwoning in ons, Homself verborge hou om sy doel met ons te bereik.
Onlangse kommentaar