Skip to main content

Psalm 138

U besiel my met innerlike krag

Psalm 138 is deel van ’n reeks Dawidiese Psalms (Ps 138-145, waarvan ons ’n hele aantal al hanteer het) wat eintlik terugkyk en God se betroubaarheid deur die eeue bevestig. Dit bevestig ook die ewige bedoelings wat God met sy mense van altyd af het. (Psalm 137 pas by die terugkeer na die ballingskap)

Die Psalmis is in die voorhof van die tempel en buig in aanbidding na die Here se heilige tempel. Sy hart is vol van lof aan die Here wat hy met musiek uitjubel voor die Here.

Teks en konteks

God se troue liefde en betroubaarheid wys in gebedsverhoring en besieling – vers 1-3

Hy loof die Here vir die openbaring van sy troue liefde (vers 2 en 8) en sy betroubaarheid. Sy troue liefde, omdat dit vir altyd duur en daarom die toets van die tyd deurstaan. Sy betroubaarheid, omdat sy Naam en sy woord/belofte (‘imrâh – vgl. Ps. 119:11 en verskeie ander voorkomste in dié Psalm) bo alles uittroon en die gode van die nasies troef.

Daarom kan die gode maar hoor wat hy sing, want hulle is magteloos in die lig van God se troue liefde en betroubaarheid (vgl. die unieke Ps. 82 vir ‘n perspektief op God en die gode, wat op beide afgode en mense in magsposisies kan dui).

God se troue liefde en sy betroubaarheid is egter nie iets wat net in die algemeen waar is nie. Dit is iets wat die Psalmis persoonlik ervaar het in gebedsverhoring en besieling: “Op die dag wanneer ek roep, antwoord U my; U besiel my met innerlike krag.” (138:3).

Al die konings van die aarde moet U loof, Here – vers 4-6

Dit is asof die Psalmis besef dat sy lof eintlik te effentjies is vir só ‘n groot God. Dit is eintlik net ‘n groot koor van al die konings van die wêreld wat enigsins sal kan begin om reg te laat geskied aan dié groot en deurlugtige God. Hulle almal moet deur God se woorde/beloftes (ook ‘imrâh, net in die meervoud) beweeg word om God se weë te besing en eer aan sy majesteit en verhewenheid te bring. Hy kan immers die nederiges en die hoogmoediges van ver af van mekaar uitken.

Die Here tree vir my in – vers 7-8

Die Psalmis keer terug na sy eie intense waardering vir God se beskerming en verlossing. Hy neem dit nie as iets vanselfsprekend aan nie, maar as iets wat weer en weer deur God aan hom geskenk word in die aangesig van nood en die woede van sy vyande. “Die Here tree vir my in.” (vers 8 in die BDV). Of meer dinamies vertaal: “Die Here sal vir my alles goed laat afloop.” (NAV).

Daarom verbind hy dan ook opnuut sy gebed vir persoonlike volharding aan God se troue liefde wat vir ewig duur. Hy vra dat die Here hom – God se handewerk – nie sal laat vaar nie. Daarin is sy hoop ten diepste geleë.

Boodskap en betekenis

Psalm 138 nooi ons uit om die Here te loof vir sy betroubaarheid en beskerming. Dit is uiteraard nie vanselfsprekend nie, maar steeds iets wat God in genade aan ons bewys. Dit is Hy wat vir ons intree en alles vir ons goed laat afloop. Prys Hom daarvoor.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…