Amos
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Amos – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid - February 17, 2015
- Amos 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies
- Amos 3:1 – 4:13 – Israel weet nie hoe om reg te doen nie - February 18, 2015
- Amos 5:1-6:14 – Vra na my wil, dan sal julle lewe - February 19, 2015
- Amos 7:1-17 – Drie gesigte van oordeel – sprinkane, vuur en ‘n swaard - February 20, 2015
- Amos 8:1-14 – Die oordeel van die vierde gesig van ‘n mandjie somervrugte - February 23, 2015
- Amos 9:1-10 – Die oordeel van die vyfde gesig van die Here by die altaar - February 24, 2015
- Amos 9:11-15 – Die herstel van Israel
Katrien
So maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhouding met U.
Baie dankie Chris dat jy elke keer die Woord so vir ons uitle dat ons kan verstaan hoe kosbaar en belangrik ons verhouding met God is.
Chris van Wyk
Dankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.