Skip to main content

Jesaja 11-12

God gee nooit moed op nie

Daar is min woorde wat my meer vreugde gee as die klein woordjie SAL wat hier so 37 keer gebruik word. Dit sluit die toekoms oop vir die volk: “’n Takkie sal uitspruit …” , “Die Gees van die Here sal op hom rus …” (vers 1). En dit spel ‘n kernkwaliteit van God uit – Hy gee nooit moed op nie; Alles is nie verlore waar Hy ingryp nie.

Teks en konteks

Let ook op hoe Jesaja 11 se eerste vers teruggryp na die oorblyfsel idee wat verskeie kere in Jesaja 6-10 gebruik word. Dit versterk die prentjie van God, dat Hy oordeel om te suiwer.

En wat my die meeste tref, is dat die hoop vir die toekoms gefokus is op ‘n tweede Dawid, die takkie uit die stomp van Isai (vers 1), wat ook die vaandeldraer uit die geslag van Isai (vers 10) genoem word. Op hierdie weergalose leier sal die Gees rus net soos op Dawid (1 Sam 16:13; 2 Sam 23:2) wat hom met die nodige eienskappe sal toerus om ‘n deurslaggewende verandering nie net vir die volk van Juda en Israel in ‘n onderlinge eenheid te weeg te bring nie en wat die skeuring van die ryk onder Rehabeam sal herstel nie, maar vir al die nasies van die wêreld (vers 10).

Let op dat sy koninkryk gekenmerk sal word deur harmonie en vrede in die land. Die enigste oorlog sal dié wees teen nasies wat die ballinge se terugkeer sou kon keer, beide na die suide toe in Egipte sowel as na die ooste toe in Assirië (vers 12-16). Dit is ‘n Utopia van reg en omgee, van billikheid en sorg wat selfs die verhoudinge tussen mens en dier en dier en dier sal herstel (wolwe kuier as gaste by skape! – dit is die prentjie wat die oorspronklike Hebreeus skets in vers 6), ‘n nuwe paradys.

En die sentrale spilpunt waarom dié Utopia sal draai, is die kennis van die Here (vers 9) waarvan die aarde so vol sal wees soos die see vol water is.

Geen wonder dat hoofstuk 12 dan vervolg met die loflied van hierdie verlostes wat op daardie dag aangehef sal word: “U was kwaad … maar nou nie meer nie!” (vers 1). Daarmee som hulle eintlik die vorige hoofstukke se oordeels- en heilsprofesieë op. En dié boodskap sal weereens uitbasuin word vir die volke, want dit is wat God wil hê sy volk se bestaansdoel moet wees (Jes 2), om sy lof aan alle mense te bring. “Groot is die Heilige van Israel … en Hy is by julle!”

Boodskap en betekenis

Die NT skrywers het natuurlik sonder uitsondering die vervulling van hierdie profesie in Jesus Christus gevind:

  • Johannes 1:32 – “Ek het duidelik die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly.”
  • Romeine 15:7-13: “Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik … Jesaja sê: Isai sal ‘n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…