Skip to main content

Genesis 33

Jakob bely teenoor Esau dat God goed was vir hom

Teks en konteks

Waar Jakob die agterhoede gevorm het in die trek oor die Jakkobrivier, neem hy nou die voortou. Hy het verbygegaan tot heel voor, sy broer tegemoet. Die ervaring by die rivier het hom heeltemal verander. Esau het op sy beurt hom tegemoet gehardloop en omhels. Die wedersiens was ‘n emosionele katarsis vir beide.

Let op met hoeveel waardering Jakob oor sy vroue en kinders praat. Dit is die mense wat God in sy liefde aan hom gegee het. Dieselfde geld sy geskenke aan Esau, waarmee hy heel openlik en eerlik Esau se vriendskap probeer wen, waarskynlik veral in die lig van die bedrog waarmee hy hom vroeër hanteer het. Hy tref die vergelyking met die wyse waarop ‘n mens God se goedgesindheid probeer wen, só wil hy dit met Esau doen.

Let egter ook op dat Jakob alle hulp wat Esau aanbied met ‘n sagte maar ferm antwoord van die hand wys. God was goed vir hom. Hy wil nie nou van Esau afhanklik wees nie, en besluit ook om hom nie te vestig by Seïr nie. Dit was Esau se woonplek, die Edomitiese gebied oos van die Jordaan en nie deel van die beloofde land nie. Jakob gaan vir eers net tot by Sukkot, baie naby aan die Jabbokrivier, waar hy vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak het. Die plek is na die takkrale vernoem.

Uiteindelik druk Jakob deur tot by Sigem in Kanaän, die beloofde land, waar hy ‘n stuk grond vir honderd geldstukke by die seuns van Gamor, die pa van Sigem, gekoop het. Jakob het nou nie net self ‘n stuk grond besit in die beloofde land nie, maar ook daar ’n altaar gebou en dit genoem: “Die God van Israel is God”, ‘n duidelike verwysing na sy ervaring by die Jabbokrivier. Nog later sou hy sy belofte nakom om by Bet-El ‘n altaar te bou in erkenning dat die God wat daar aan hom verskyn het, sy belofte aan hom nagekom het, aan wie nou sy volle lojaliteit behoort het.

Sigem sou egter ook die plek van ‘n baie hartseer ervaring wees, soos ons in die volgende hoofstuk sal lees. Die beloofde land was steeds ‘n plek waar ongeregtigheid en onsedelikheid die botoon gevoer het.

Betekenis

Die kort hoofstuk vier die uitkoms van die pad wat God met Jakob gestap het. Hy het nie net van ‘n bedrieër in ‘n begenadigde verander nie, maar van ‘n berekende skelm in ‘n nederige erkentlike mens. God was inderdaad vir hom goed, nie net in terme van sy besittings en rykdom nie, maar veral in terme van die karakter- en geloofsvorming wat ons in hom kan raaksien.

Dat hy in Kanaän gaan bly, is nie net om onder sy broer se wakende oë uit te bly nie, maar om doelgerig gehoorsaam aan die Here te wees. Hy is teruggeroep na die beloofde land, en dít is waar hy homself vestig, selfs al het dié land sommer gou weer ‘n uitsonderlike uitdaging gestel in terme van die onreg en onsedelikheid wat daar gefloreer het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda