Skip to main content

Psalm 72

Leer die koning om volgens u wil te regeer

Hierdie Psalm is een van twee Psalms wat aan Salomo toegeskryf word (ook Ps 127). Die Psalm fokus op die verhouding van die koning met die volk en die nasies.

Teks en konteks

Die Psalm kan in twee dele verdeel word:

  • Leer die koning om te regeer volgens u wil – vers 1-14. Let op hoe vers 1-5 sentreer rondom die handhawing van die reg vir dié wat dit nie self kan regkry nie. Dit het ’n enorme effek op mense se Godsbewussyn: “sodat die mense U kan dien.” Selfs die natuur is bly as reg vir en onder mense geskied. Vers 5-7 sentreer weer om die lewe en voorspoed wat ’n regverdige koning vir sy mense bring. Dit het selfs ’n effek op die internasionale betrekkinge van die volk (vers 8-11). Daar is duidelike Messiaanse trekke in die beskrywing van die invloed wat die koning onder die nasies sal hê. Let ook op hoe die statuur van die koning juis groei uit sy deernis met dié wat hom nie kan terugbetaal nie: “hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë” (vers 12-14).
  • Mag die koning lank lewe – vers 15-17. Om dit alles met oorgawe te kan doen, word vervolgens vir die koning self gebid, trouens alle mense opgeroep om gedurig vir hom te bid dat daar volop voorsiening in mense se behoeftes sal wees en die koning se naam vir altyd onthou sal word. Iets wat ons gerus self met oorgawe kan navolg!

Die laaste 3 verse sluit nie net die Psalm af nie, maar ook die 2de Psalmboek. God se Naam moet reg deur die wêreld geloof word, “Amen, ja, amen”. Daarmee word hierdie versameling van vernaamlik Dawid se bydraes ook afgesluit.

Boodskap en betekenis

Aan die eenkant word God in die Psalm aangeroep om die koning te leer om te regeer soos God wil, sodat die mense God kan dien van geslag tot geslag en daar vrede met die nasies kan wees.

Aan die ander kant word die wil van God uitgespel en in praktiese terme voorgebid, waarin veral die handhawing van die reg van verdruktes, armes, swakkes en behoeftiges die prioriteite is. Dit is die primêre dinge waarop die koning moet fokus. Hy moet instaan vir dié wat dit nie vir hulleself kan doen nie.

’n Maatstaf wat ons gerus vandag nog kan aanlê vir leiers, in watter sfeer van die lewe ook al, maar natuurlik ook iets waarvoor ons moet bid en God se aangesig oor moet soek.

Dit is daarom ook ’n Psalm wat ’n mens onmiddellik laat dink aan die ideaal van die Messiaanse koning, dié een waarna die OT uitgesien het om dít alles waar te maak. Die NT prentjie van Jesus pas natuurlik perfek hierby in, veral as ’n mens sy toespraak in sy tuisdorp onthou, waar Hy die genadejaar van die Here aangekondig het vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes (Luk 4).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…