Skip to main content

Psalm 28

Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het

Dawid worstel in hierdie Psalm op die oog af met die bedreiging van die dood, maar as ‘n mens dieper luister, eintlik met die bedreiging van ‘n stil God, ‘n God wat nie meer van Hom laat hoor nie, wat nie meer praat, soos Psalm 29 (en 19) verkondig nie.

Teks en konteks

Vers 1-5 – Smeekgebed om gehoor te word
Let op na wat hy van die Here vir homself vra – om nie doof te wees vir hom nie (vers 1), om hom tog nie uit te roei saam met die goddelose nie (vers 3). Uiteraard wil hy verlos word van sy ellende, uit die put waarin hy beland het, wat of die bedreiging van ‘n vyand kan wees, of van die dood self. Hy voel immers soos ‘n “sterwende” (vers 1) wat letterlik in die Hebreeus weergegee word as “een wat neerdaal in die put”.

Maar die belangrike punt is nie dat hy bang is vir die dood as sodanig nie, maar dat hy bang is vir die stilte van God, “As U bly swyg …”, dws dat God hom nie sal hoor nie (Ps 94:17 praat van die stilte van die graf) en daarom nie sal help nie.

In hierdie wroeging van Dawid beskryf hy vir God met ‘n enkele term wat hom vastigheid kan gee in sy wankelrige ervaring – my Rots (vers 1). As alles wankel onder jou, en dit voel asof jy nooit weer op vaste grond sal wees nie, het jy behoefte aan die stewigheid en vastigheid wat ‘n Rots jou kan gee.

Dit is ook interessant dat Dawid vra dat die Here die goddelose sal vergeld, maar nie net weens hulle skandelike gedrag nie (vers 4), maar veral omdat hulle nie let op die dade van die Here nie (vers 5). Dit is hulle poging om onafhanklik van God te lewe, sonder Sy inspraak in hulle lewens, en daarby met die ontkenning van wat God doen (asof Hy inderdaad stil is!), wat hulle eintlik ‘n oordeel oor hulleself losleef – en Dawid vra dat die oordeel voltrek sal word.

Vers 6-9 – Loflied omdat God gehoor het

In vers 6 en verder loof Dawid die Here, dat Hy hom gehoor het, en dat Hy hom gehelp het. Sy beskrywings van God is nou oorvloedig, en beskryf daarmee wat God vir hom gedoen het: my sterkte (vers 7), my beskermer (of skild – vers 7), sterkte (vers 8), veilige beskutting (vers 8).

En sy gebed is dat God dit altyd vir sy volk sal wees, vir almal wat aan Hom behoort, en dat Hy altyd vir hulle sal sorg. En hy gebruik ‘n verder beskrywing van God, dat Hy ‘n herder vir hulle sal wees, iets wat in die Nuwe Testament ‘n voorkeur titel vir Jesus sou word.

Hierdie smeekgebed en loflied van Dawid laat ‘n mens besef dat daar niks outomaties is aan God se sorg nie. Dit is en bly altyd genade. Selfs al kan ‘n mens rekening daarmee hou, omdat God dit beloof en Hom só laat ken het deur die eeue, bly dit iets wat nie vanselfsprekend is nie, iets wat jy kan verdien nie. Sola Gratia – soos die Reformasie so diep ingesien het.

Boodskap en betekenis

Die wonder is dat in die worsteling met God se stilte word die stilte deurbreek. Soos ‘n mens jou klag in die ruimte instuur, kom jy agter dat daar geen plek is waar God nie is nie. En wanneer jy self stil raak in jou worsteling dan is jy gereed om God se stem in jou stilte te hoor.

Hierdie smeekgebed en loflied van Dawid laat ‘n mens besef dat daar niks outomaties is aan God se sorg nie. Dit is en bly altyd genade. Selfs al kan ‘n mens rekening daarmee hou, omdat God dit beloof en Hom só laat ken het deur die eeue, bly dit iets wat nie vanselfsprekend is nie, iets wat jy kan verdien nie. Sola Gratia – soos die Reformasie so diep ingesien het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…