Psalm 17

God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie

Psalm 17 gaan oor die feit dat God die gebed van die hulpeloses nie verontagsaam nie. Dawid bid hier om verlossing op grond van God se regverdige karakter. Die Psalm pas dus goed by die uitdagings van sy vyande – beide Nabal en Saul – en Dawid se weiering om óf vir Nabal (hfst 25), óf vir Saul (hfst 26) dood te maak, maar op die Here staat te maak vir verlossing, soos Abigajil hom aangeraai het.

Teks en konteks

Psalm 17 is ’n Psalm vir beskerming wat ‘n onskuldige bid wat onder groot druk verkeer. Dit lyk asof dit ook ‘n nag-gebed is, want hy bid dit waarskynlik gedurende ‘n lang nag se worsteling met sy omstandighede (vers 3, 15).

Belangrik: dit is nie ‘n gebed van iemand wat homself probeer regverdig of probeer verontskuldig nie. Hy is in ‘n spesifieke situasie en kan eerlik sê dat hy geen skuld aan die omstandighede het nie. En hy wil nie net hê dat mense sal sien hy is onskuldig nie, maar dat God dit sal sien en daarom sal optree. Iets wat hy beklemtoon in al sy optredes teenoor Nabal, Saul, en Abner.

Dawid maak dus volledig staat op God se regverdigheid – en dat Hy niemand wat regverdig lewe in die steek sal laat nie. Laat my dink aan Paulus wat ook nie soseer bekommerd was of mense sy werk en lewe beoordeel nie, maar wat God daarvan sou dink (1 Kor 4:3-5).

Met pragtige metafore beskryf die Psalmis sy verlange, dat God hom soos sy oogappel sal beskerm, sal wegsteek onder Sy vlerke, en sal beskerm van die mense wat sy dood soek.

Let op hoe hy die twee-paaie metafoor van Psalm 1 gebruik en aanpas as hy oor sy handel en wandel praat en dit kontrasteer met dié van die goddelose in vers 5: “Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie.”

‘n Mens hoor die herinnering aan die wonder van die Uittog uit Egipte in sy gebed in vers 7 (vgl Eks 15:11-13). Soos soveel keer in die Psalms is God se wonderdade in die verlede die aanleiding tot vertroue in die hede. Dit is waarom die geloofsgemeenskap ook so belangrik is vir elkeen wat onder druk kom in die lewe, want die wonderdade van God word juis in die geloofsgemeenskap lewendig gehou. En dit is ook waarom hy in vers 7 nie net van uitkoms in sy eie situasie praat nie, maar sê dat verlossing iets is wat vir almal geld in die geloofsgemeenskap.

Die keersy van die gebed om beskerming is Dawid se gebed van God se wraak vir die goddelose. Sy gebed is skerp en vol wraak. Hy bid dit selfs af op die goddelose se kinders en kleinkinders. Die geweld van die gebed vir die verwoesting van die arrogante opstandige goddelose is wel waarskynlik metafories, maar steeds erg! Dit is militêre taal, gekoppel aan die herinnering van die oorwinning oor farao in die Uittog (vgl Eks 15).

Let tog op dat Dawid se hoop lê in wat God kan doen, nie in sy eie planne of in die toeval van die oomblik nie. Dit is nie asof hy self die kinders en kleinkinders wil uitwis nie. Hy het konsekwent gekies om nie by wraak betrokke te raak nie, hoewel hy op sy sterfbed tog vir Salomo opdrag gee om die onreg van Joab teenoor Abner om hom in vredestyd te vermoor, en die vervloeking wat Simeï Dawid toegesnou het, te hanteer. Salomo het dit met wysheid hanteer. Joab is terstond tereggestel, en Simeï in huisarres geplaas, en ook tereggestel toe hy die ooreenkoms verbreek het (1 Kon 2).

Dawid se hoop sluit ook die ewigheid in. Vers 15 se verwysing na die wakker word uit die slaap, is waarskylik ‘n versluierde verwysing na die wakker word uit die dood se slaap. Dawid hou dus rekening hou met die feit dat niks God se teenwoordigheid kan troef nie, selfs nie die dood nie.

Boodskap en betekenis

Hierdie Psalm is ’n smeking dat God jou sal bewaar soos sy oogappel. Dat Hy reg sal laat geskied in die onreg wat jou aangedoen word. Dit is ook ’n aanmoediging om te dink voor jy praat, om jou denke in God se Woord te bly skool, sodat jou woorde en werke onberispelik kan wees.

Ons kom soms in situasies van erge leed aan die hand van ander mense. Bring jou ervarings voor die Here, wees eerlik, en bring dan jouself tot rus in die Here se teenwoordigheid. Hy sal intree vir jou. Hy sal jou vyande hanteer.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: