Skip to main content

Jeremia 4:5-31

My volk tree dwaas op

Een manier om dié aantal gedigte wat hier as ’n eenheid saamgesnoer is, te lees, is om dit as ’n gesprek tussen God en Jeremia te lees. Die onderwerp is die volk se dwase optrede en die gevolge wat dit vir hulle, sowel as die impak wat dit op Jeremia het.

Teks en konteks

Jeremia 4:5-10 – “Ek, die Here, laat onheil uit die noorde kom” … “Ag, Here my God!”

Die Here kondig die onheil uit die noorde met groot geskal aan. Die leeu uit die noorde, die vernietiger van die nasies gaan hulle blyplek verwoes weens die toorn van die Here wat op die volk rus. Al raai die Here hulle aan om na die vestingstede te vlug, sal dit hulle niks help nie. Almal: koning, amptenare, priesters en profete sal verslae wees en nie weet waarheen nie.

Jeremia se reaksie is: “Ag, Here my God!” Sy verweer is dat daar ’n opening vir bekering geskep is – “Julle sal vrede hê,” so het hy dit verstaan. Maar nou lê die swaard teen hulle kele. Die onheil is op pad. Die deur vir omkeer is toegeslaan.

Jeremia 4:11-13 – “Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek” … “Dit is klaar met ons!”

Die Here se oordeel word met die treffende metafoor van die skroeiende bergwind – die Sirocco – beskryf wat uit die woestyn die temperatuur sal opjaag en hulle in sy volle krag sal tref. Dit sal skielik gebeur, so skielik soos die wolke versamel.

Jeremia se reaksie is kort: “Ellende wag vir ons, dit is klaar met ons!”

Jeremia 4:14-21 – “Jou eie dade het hierdie dinge oor jou gebring”… “O die benoudheid in my hart!”

In ’n klaarblyklike terugverwysing na die moontlikheid van ’n omkeer vir die volk, herhaal die Here sy oproep dat die volk hulle hart moet reinig van die kwaad dat hulle behoue kan bly. Maar, helaas, die tyding van die noorde van die land (Dan en die Efraimsberge) is dat die vyand al naby is, dat die rebellie teen die Here se ontsettende gevolge in beweging gebring is. En die Here wyt dit aan hulle eie optrede: “Jou eie optrede, jou eie dade het hierdie dinge oor jou gebring, dis jou eie boosheid wat dit so bitter maak, wat jou in jou hart tref.”

Jeremia se reaksie daarop is roerend: “O, die krampe in my ingewande, o die benoudheid van my hart!” Die feit dat hy getrou was om die oordeel van die Here aan ’n ongehoorsame volk te verkondig, bring vir hom geen genoegdoening nie. Die naderende onheil is ’n angswekkende werklikheid.

Jeremia 4:22-26 – “My volk tree dwaas op”… “die vrugbare grond het in woestyn verander”

Die Here verwys vêrder na die dwaasheid van die volk deurdat hulle Hom nie erken nie, dat hulle moedswillig is, sonder enige begrip van wat die Here doen. Die enigste intelligensie wat hulle het, is om kwaad te doen. Van goeddoen wil hulle niks weet nie.

Jeremia (dit kan ook uit God se perspektief gelees word) kyk daarom rondom hom rond en sien dat die chaosmagte die skeppingsorde van Genesis 1 as’t ware omkeer. Die land word weer onbewoonbaar. Die lig verdwyn. Die mens verdwyn, die voëls. Alles is in puin. “Dit is die Here wat dit in sy gloeiende toorn gedoen het!”

Jeremia 4:27-31 – “Die hele land sal verwoes word” … “elke stad lê verlate”

Die Here kom weer aan die woord en erken dat dit Hy is wat die verwoesting laat gebeur het, hoewel Hy tog beloof dat Hy die land nie totaal sal vernietig nie. Sy besluit bly egter vas: “Ek staan by my besluit, Ek sal nie van plan verander nie.” Die hemel en aarde wat getuies is van die begin van die volk se geboorte af, dié word tot trane beweeg weens die voltrekking van die oordeel.

Jeremia se reaksie is weereens om die effek van die vyand op die volk te beskryf. Let op die treffende metafoor dat “elke stad op die vlug” slaan en tussen die bosse inhardloop, en in die rotsskeure gaan wegkruip. Jeremia besef dat mooipraatjies nie gaan help nie, die koeël is by wyse van spreke deur die kerk. Die volk is weerloos teen hulle teenstanders. Die werklikheid moet in die oë gestaar word. “Ellende wag vir my!”

Boodskap en betekenis

Die boek se boodskap roer my regtig. Die wyse waarop die gesprek tussen God en Jeremia ontplooi gee ’n mens ’n diep insig in wie God is en ook hoe met Hom in verhouding gegaan moet word. Jeremia se menslikheid en eerlike worsteling met God se oordele oor sy volk roer my. En die verbysterende krag van God se ontblotende beoordeling van wat regtig aangaan – van die voortskrydende dwaasheid van die volk – laat my met nuwe oë kyk na die tipe gehoorsaamheid wat God van ons vra. God is net nie tevrede met tweede beste nie.

O, die krampe in my ingewande, o die benoudheid van my hart!” Dat Jeremia se woorde waar word, bring vir hom geen vreugde nie. Hy deel in die smart wat die volk ly, selfs al is dit deur hulle eie toedoen.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda