Skip to main content

Job 7

In my bittere beproewing soek ek vergifnis

Dink daaraan, o God, dat my lewe maar net ‘n asempie is – 7:1-10

Dat dié beproewing van Job al ‘n geruime tyd voortduur, sien ‘n mens in die verwysing in vers 3 na die “maande” wat hy al deurbring met swaarkry.  Hy voel soos ‘n dagloner wat smag na ‘n stukkie koelte en verlang na betaaltyd, sodat hy verlossing kan kry van sy harde lewe.

Daarom wend hy hom tot die Here, want hy weet dit is al plek waar hy enige rus sal kan vind.  Sy smart is immers so groot dat hy nie eers rus kry in die nag nie.  Hy weet dit sal net in ‘n ontmoeting met God kan gebeur.

Hoe goed kan ‘n mens nie jouself indink in sy situasie waarin hy oortrek is van wurms, vol rowe en stof, met sy vel vol barste wat aanhoudend etter (7:5).  “Die nag sleep stadig verby en ek rol rusteloos rond tot dagbreek toe.” (7:4).

Daarom vra hy dat die Here aan hom sal dink.  Job is immers baie bewus van sy verganklikheid.  Sy dae loop vinnig uit.  Sy lewe is maar net ‘n asempie: “U sal nog so na my kyk, dan is ek nie meer daar nie.” My plek sal vir altyd leeg wees.

In my bittere beproewing soek ek vergifnis – 7:11-21

Daarom kan Job nie stilbly nie en soek Hy ‘n antwoord van die Here.  Sy beproewing en lyding dwing hom om te praat met God.

Dit is asof die Here besluit het dat hy metafories soos die see is wat aan bande gelê moet word (vgl. Ps. 104:7-9), of soos ‘n seemonster wat bewaak moet word.

Die woord vir seemonster wat hier gebruik word, is tannîn.  Die woord het verskillende betekenisse in die Bybel: slang (Eks. 7:9); draak (Jer. 51:34); see- of riviermonster (Gen. 1:21; Ps. 74:13 [figuurlik gebruik vir die Egiptenare]; Jes. 27:1 [waar dit ook parallel met die Leviatan gebruik word]; Eseg. 29:3; 32:2; Ps. 148:7 [waar die seemonster opgeroep word om die Here te loof!]).  Dit is waarskynlik laasgenoemde betekenis wat hier van toepassing is.

Selfs as hy op sy bed lê, kry hy nie verligting van sy pyn nie, want die Here verontrus hom met drome en nagmerries.  Hy sou eerder dood wou wees: “Ek wil nie meer nie … laat my staan; my lewe is niks meer werd nie.

In ‘n tragiese parodie – ‘n spottende nabootsing – van Ps. 8 se verheerliking van die status van die mens verwoord Job sy bittere beproewing in die tweede helfte van dié gedeelte.  In plaas daarvan om in verwondering te vra: “Wat is die mens dan dat U aan hom dink … U het hom met aansien en eer gekroon” (Ps. 8:5-6), spot Job in verwonding daarmee: “Wat is die mens dat U soveel van hom maak, dat U hom so op die hart dra, dat U hom van dag tot dag toets, hom van oomblik tot oomblik op die proef stel?” (Job 7:17-18).

Waarom het die Here hom sy teiken gemaak?  Kan die Here hom dan nie maar vir ‘n oomblik uitlos, vir ‘n oomblikkie laat asem skep nie?  Ek wil nie langer ‘n las vir die Here wees nie!  As ek gesondig het, vergewe en vergeet dan tog maar, Here.  Anders sal ek dit nie maak nie.

Weggesluit in hierdie versoek dat die Here hom moet uitlos – Job wil nie langer ‘n las vir die Here wees nie – lê die evangelie van hierdie gedeelte opgesluit.  Want, dit is in die proses wat Job die Here direk vra dat Hy hom moet uitlos, dat Job nader skuif aan die Here, en só die weg begin oopmaak dat die Here hom in sy nood kan ontmoet.

Uiteindelik sal Job ervaar dat die Here hom inderdaad nooit gelos het nie, dat Hy in beheer is van Job se lot, selfs in die pyn van al die tragedies wat hom getref het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.