Skip to main content

Handelinge 27

Paulus reis na Rome om die evangelie daar te verkondig

Die verhaal van Paulus se reis na Rome êrens tussen 59-60 nC. wys hoe God se wil ontvou beide in die normale verloop van omstandighede (skeep roetes, reis skedules, weertoestande, en stormwinde), en die keuses van gesagsdraers (die Romeinse offisier Julius, die kapteins en eienaars van die verskillende skepe) asook in die insette van God self (deur die boodskap van die engel) en Paulus se gebede.

Dit is egter duidelik dat die verkeerde keuses van gesagsdraers deur God ingespan en oorkom word om sy wil te laat geskied. Dit is ook opmerklik dat Paulus tree-vir-tree deur God gelei word, aanvanklik met sy eie insig dat daar lewensverlies kan wees (Paulus sien self) wat doodgewone “common sense” is, en later met God se insig (die engel bring ‘n boodskap), dat daar geen lewensverlies sal wees nie.

God gebruik dus beide normale maniere as abnormale maniere om sy wil ten uitvoer te bring.

Teks en konteks

Lukas en Aristargos (van Tessalonika wat in Efese opgelei is) reis saam met Paulus na Rome in Italië in die bewaring van die centurio Julius op ‘n boot wat na Turkye op pad was. Toe hulle aankom in Sidon, noord van Caeserea, kon Paulus van die gelowiges daar besoek voor hulle die oop see getakel het verby die suidekant van Ciprus tot by Mira aan die suidweste kant van Turkye.

Daar het hulle ‘n skip gekry wat na Italië sou vaar en met moeite by ‘n plek Mooi Hawens naby die stad Lasea aan die suidekant van die eiland Kreta aangekom. Paulus het gewaarsku teen die planne om verder te vaar, want die Vasdag (die Joodse groot Versoendag) in die herfs was al verby, en almal het geweet dat skeepvaart in die winter baie gevaarlik is. Paulus het immers ‘n hele paar keer tevore al skipbreuk belewe (2 Kor. 11:25).

Die gesagsdraers het egter nie geluister nie – dit is onseker wat met “meerderheid” bedoel word, want dit lyk asof die centurio Julius se stem die meeste gewig gedra het – en probeer om by die hawe Feniks uit te kom aan die westekant van Kreta om daar te oorwinter.

Dit was egter nie lank nie, of hulle word deur ‘n noord-oostelike stormwind, die Eurakilon, meegesleur verby die eiland Cauda waarna hulle vir amper twee weke rondgedryf het in die storm en die hoop op redding laat vaar het.

Paulus tree egter kragdadig op en roep hulle op om moed te hou nadat die Here deur ‘n engel vir Paulus belowe het dat hy behoue sal bly om voor die keiser te kan verskyn, en as geskenk aan hom sal Hy in sy genade almal laat oorleef.

Paulus neem dus leiding deur die 276 mense op die skip in te trek in sy verhouding met God, brood te breek, God te dank, en sy wil te verkondig, wanneer hulle in gevaar is. Dit moes ’n kragtige getuienis gewees het wat groot impak op hulle gehad het.

Paulus maak dit duidelik dat God hulle beskerm (uit sy genade), en God self maak dit hierna verder duidelik dat Hy Paulus ook van ander gevare beskerm (die slanggif het geen effek op hom nie – vgl. Jesus se beloftes in Markus 16:18), sodat Paulus in Rome vir Hom kan getuig.

Amper terloops kom die redding van die evangelie ook vir Malta, weereens begelei met die wonders van God se genesende aanraking, soos dit soveel male in Handelinge gebeur het.

Boodskap en betekenis

Handelinge 27 beskryf Paulus se gevaarlike seevaart na Rome as deel van God se plan om die evangelie daar te verkondig. Deur ‘n mengsel van menslike besluite, natuurkragte, en goddelike openbaring, wys Lukas hoe God se wil nie gekeer word nie; selfs nie deur foute van gesagsdraers of ’n verwoestende storm nie.

Paulus tree as geestelike leier op, eers met praktiese insig en dan met profetiese sekerheid, nadat ‘n engel God se beskerming en doel binne die storm bevestig het. Met sy optrede word hy ’n teken van geloof en hoop vir almal op die skip. Die uiteindelike oorlewing van almal, en die evangelie se uitbreiding tot by die mense van Malta, beklemtoon God se voorsienigheid en genade, asook Paulus se roeping om selfs in Rome ‘n getuie vir Christus te wees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…