Spreek in tale
Ek het ‘n navraag gekry oor die belangrikheid van die spreek in tale al dan nie. ‘n Paar opmerkings:
Die Bybel sê almal praat nie in tale nie.
Lees bv. die vrae van Paulus in 1 Korintiërs 12:29-30 waarop die antwoord ‘n duidelike nee is: “Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?”