Galasiërs

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.

 

Comments (5)

  • Beste Chris

    Dit is lekker om na kerkdiente te luister, Bybel te lees en jou Bybelstudie stukke te lees en dan so meer gevul te word met Die Gees en openbarings.

    Ek wonder oor die volgende, want ek het al veskeie sienings hieroor gehoor tot so 2 weke gelede: Paulus se doring is die vlees kon ‘n oogsiekte wees.
    Die prediker het verwys na Galasiers 4: 12 – 16 “As dit moontlik was, sou julle julle oe uitgeruk en vir my gegee het.”
    Dit maak sin want Galasiers 6:11 vewys, “Van hier af skryf ek eiehandig aan julle. Kyk net die groot letters!” Hy was dalk bysiende en kon nie meer goed sien nie na die siekte. Daarom ook sy afhanklikheid altyd van ander soos om te wag vir Titus.
    Hy kon nie meer self lees en wannner hy skryf moes hy groot letters gebruik. Ons weet nie verseker, maar Gal. 6 bevestig vir my wat die prediker oor Gal. 4 gese het.
    Dalk weet jy dit, maar vir my het dit nou sin gemaak?

    • Beste Petrus

      Daardie interpretasie is ‘n gewilde een. Deur die eeue is baie ander verklarings ook gegee. Sommige dink dat die doring verwys na 1) Paulus se innerlike onrus oor die kerke (2 Kor 2:4), 2) een of ander boesemsonde, dws een waarvan hy nie ontslae kan raak nie, 3) sy teenstanders (soos die sogenaamde superapostels – 2 Kor 11:1–5), 4) ‘n fisiese kwaal (soos swak sig – soos jy dit interpreteer), 5) sy gebrekkige praatvermoë (2 Kor 10:10), of 6) demoniese opposisie – beide in die algemeen of spesifiek teen hom gemik, soos dit al voorheen die geval was (1 Tess 2:18). Al hierdie opsies lyk moontlik as ‘n mens kyk na die omstandighede in Paulus se lewe.

      Vir my is die “engel van Satan” die beste verklaring, want die doring in die vlees word direk met die “engel van Satan” verbind. Die Griekse woord, angelos, wat hier gebruik word, word meesal met “engel” vertaal wat in hierdie geval dan ‘n bose engel (van Satan) sal wees.

      Wat die demoniese interpretasie verder bevestig is dat hierdie engel van Satan hom “met die vuis slaan”. Dit kan figuurlik dui op versoekings of aanklagte van hierdie bose wese weens Paulus se antagonistiese verlede en ook moontlik ander oortredings as Christen wat hom op ‘n manier laat skuldig voel het eerder as vrygemaak in Christus. Dit kan ook fisiese pyn wees. Soos een kommentaar sê, miskien was dit werklik ‘n engel van Satan wat Paulus met die vuis geslaan het.

      Ek kies dus vir hierdie demoniese interpretasie, maar dit is ook moontlik dat angelos na ‘n menslike “boodskapper” verwys – soos die woord ook vertaal kan word – iemand, miskien ‘n dwaalleraar, wat hom baie teengestaan en seergemaak het (vergelyk Aleksander en Himeneus 1 Tim 1:20; 2 Tim 4:14 – Aleksander het Paulus se “woorde sterk teëgestaan”). Uiteraard sou sulke mense steeds in opdrag en onder leiding van die Satan opgetree het.

      • Beste Chris

        Dankie.
        Met al die verklarings blyk dit dat die “doring” geestelik en fisies kon wees.
        Iets wat meeste van ons ook ervaar, maar nie wil erken en beveg soos hy wat die wil van God gedoen het, eerder as om in te gee en vals op te tree nie.
        Ons verledes val ons ons dikwels aan en laat ons skuldig voel, en daarom met ons uit Paulus se geloof leer om die aanslae die hoof te bied deur te doen waartoe God ons geroep het.
        Sterkte en seen vir jou.

        • Ja, dit is iets wat ‘n mens eintlik regdeur die Bybel aantref. Ons is multi-dimensioneel, en ons ervarings lê nie net op een vlak nie. Trouens, dit is hoe die werklikheid ook is. Daar is sigbare en onsigbare kante daarvan. Groete.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.