Getuigskrifte

Henriette Louw

Ds Chris. Vanoggend het ek die bybelskool se studie deur die Bybel, wat ek in 2015 begin het, voltooi. Ek is 70 jaar oud en oneindig dankbaar vir die voorreg. Die feite sal ek nie onthou nie al het ek my Bybel vol geskryf en dit vreeslik interessant gevind. MAAR, my begrip is verbreed en my geloof versterk. Ek verstaan baie duideliker wat van my verwag word in die lewe. Ek weet nou wat ‘n verhouding met die Here Jesus beteken. Dankie vir die deel van jou insig en vaardigheid. Ek sien uit na al die ander leerstof wat nog vir my lê en wag. (2022)

Henriette Louw

In my jarelange reis deur die Bybel saam met Bybelskool lees ek vanoggend Handelinge 12-13. Ek raak bewus daarvan dat Bybelskool ook besig is met ‘n sendingreis oor grense heen. Wat dit vir my beteken, is onbeskryflik. Kosteloos, maar kosbaar. Dankie.

Sulene Roelofse

Dankie vir al die stof en hulpmiddele wat jy so mildelik beskikbaar stel. Raadpleeg dit al jare lank. Van groot waarde met voorbereiding vir groepsbybelstudie.

Carel Smith

Chris, dankie vir jou getroue uitleg van ons Here se lewende evangelie! Dit is vir so baie mense ‘n kragtige bemoediging!

Mieke Klapwijk

Dankie dominee, omdat jy altyd op jou pos is.

Hettie Swart

Baie dankie Dominee vir die werk wat u gedoen het wat dit vir my soveel makliker maak om God se beloftes na te vors. Mag die Here u seën.

Retha Froneman

Ek vind die stukkies baie leersaam en volgens die Skrif. Dankie vir die moeite om die Bybelstudie vir ons gewone mense so interesant te maak.

Marietjie

Ds Chris, ek is in my Bybel reis nou in Johannes. Baie dankie vir die insiggewende les oor Joh 4, Jesus en die Samaritaanse vrou.

Elsabe Thomas

Baie dankie Chris, vir dit wat ek kon leer uit die bybelstudie oor Efesiers. God seeninge voentoe!

Louis

Dankie Chris vir die nuwe reeks oor die beloftes. Ek het altyd baie waardering vir jou werksywer en insig. Groete vanuit die Paarl!

Marinda Hatting

Báie dankie (weereens) vir ñ klinkklare Skrifgebonde antwoord.

Linda

Ons groep vriende doen tans ons Bybelstudie met behulp van die Johannes verduidelikings. BAIE DANKIE daarvoor… Johannes het vir ons 6 soveel meer betekenis gekry.

Annelie

Ek gaan dit baie geniet Jeremia is n skatkis

René Carstens

Ek wens ek het die blad voorheen gekry. Ek sukkel soms om die studies op my eie te doen en ongelukkig is die meeste pastore nie ingelig, of soms voel ek daar is ‘n afwesigheid van kennis om die Bybel reg oor te dra nie. Die kennis is soms verstommend. Baie dankie Chris, ek gaan die res van die Bybel op die ingligting baseer. Dit is so goed gevorm en in ‘n eenvoudige en verstaanbare taal oorgedra. Bly geseend.

Nanda

Goeie more Chris. Ek werk tans deur Numeri as deel van my daaglikse Bybelstudie. Baie dankie vir jou insig en wyse waarop jy help om die geskrif duidelik te maak. Vir my is die boodskap in elke hoofstuk baie belangrik veral gegewe die huidige uitdagings wat ons in ons land ervaar. Geseen is jy en doen so voort!!

Ludwig Aling

Môre Chris, Met my Bybelstudie daagliks verwys ek dan na jou Bybelskool onder dieselfde hoofstuk vir beter begrip. Dan gaan al die ligte aan ! Dankie !

Martie Erasmus

Baie dankie vir u verrykende en insiggewende leerstof oor die Skrifgedeelter. Ons doen tans by ons kerk Esegiel wat ek nie altyd kan bywoon nie. U notas help my om nie agter te raak nie. Gods Rykste seën U toegebid.

Rudi

Baie dankie die het die stuk in JAKOBUS vir my Baie beter laat verstaan, baie dankie geseend is jy met die uitleg

Christa Valentine

BAIE DANKIE…SO VAN TOEPASSING WAT VANDAG IN SA gebeur!!

Manuel Oktober

Baie dankie aan die leersame gesprek en verduideliking, ek is gestig en geinspireerd en sien uit na die volgende leersessie……

Jan Louw

Waardevol Chris. Dankie.

Johann MacFarlane

So lekker om te lees Chris! Onwillekeurig herinner dit my aan Fiddler on the Roof! baie dankie!en Groetnis!

Marie Kotze

Ons kerk (NG Bonaero Park) gaan ook Sondag begin met Jakobus! Ek sien so uit daarna om deur die boek saam met hulle en julle te gaan. Baie dankie Chris

 

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.