Skip to main content

Getuigskrifte

Henriette Louw

Ds Chris. Vanoggend het ek die bybelskool se studie deur die Bybel, wat ek in 2015 begin het, voltooi. Ek is 70 jaar oud en oneindig dankbaar vir die voorreg. Die feite sal ek nie onthou nie al het ek my Bybel vol geskryf en dit vreeslik interessant gevind. MAAR, my begrip is verbreed en my geloof versterk. Ek verstaan baie duideliker wat van my verwag word in die lewe. Ek weet nou wat ‘n verhouding met die Here Jesus beteken. Dankie vir die deel van jou insig en vaardigheid. Ek sien uit na al die ander leerstof wat nog vir my lê en wag. (2022)

Henriette Louw

In my jarelange reis deur die Bybel saam met Bybelskool lees ek vanoggend Handelinge 12-13. Ek raak bewus daarvan dat Bybelskool ook besig is met ‘n sendingreis oor grense heen. Wat dit vir my beteken, is onbeskryflik. Kosteloos, maar kosbaar. Dankie.

Sulene Roelofse

Dankie vir al die stof en hulpmiddele wat jy so mildelik beskikbaar stel. Raadpleeg dit al jare lank. Van groot waarde met voorbereiding vir groepsbybelstudie.

Carel Smith

Chris, dankie vir jou getroue uitleg van ons Here se lewende evangelie! Dit is vir so baie mense ‘n kragtige bemoediging!

Mieke Klapwijk

Dankie dominee, omdat jy altyd op jou pos is.

Hettie Swart

Baie dankie Dominee vir die werk wat u gedoen het wat dit vir my soveel makliker maak om God se beloftes na te vors. Mag die Here u seën.

Retha Froneman

Ek vind die stukkies baie leersaam en volgens die Skrif. Dankie vir die moeite om die Bybelstudie vir ons gewone mense so interesant te maak.

Marietjie

Ds Chris, ek is in my Bybel reis nou in Johannes. Baie dankie vir die insiggewende les oor Joh 4, Jesus en die Samaritaanse vrou.

Elsabe Thomas

Baie dankie Chris, vir dit wat ek kon leer uit die bybelstudie oor Efesiers. God seeninge voentoe!

Louis

Dankie Chris vir die nuwe reeks oor die beloftes. Ek het altyd baie waardering vir jou werksywer en insig. Groete vanuit die Paarl!

Marinda Hatting

Báie dankie (weereens) vir ñ klinkklare Skrifgebonde antwoord.

Linda

Ons groep vriende doen tans ons Bybelstudie met behulp van die Johannes verduidelikings. BAIE DANKIE daarvoor… Johannes het vir ons 6 soveel meer betekenis gekry.

Annelie

Ek gaan dit baie geniet Jeremia is n skatkis

René Carstens

Ek wens ek het die blad voorheen gekry. Ek sukkel soms om die studies op my eie te doen en ongelukkig is die meeste pastore nie ingelig, of soms voel ek daar is ‘n afwesigheid van kennis om die Bybel reg oor te dra nie. Die kennis is soms verstommend. Baie dankie Chris, ek gaan die res van die Bybel op die ingligting baseer. Dit is so goed gevorm en in ‘n eenvoudige en verstaanbare taal oorgedra. Bly geseend.

Nanda

Goeie more Chris. Ek werk tans deur Numeri as deel van my daaglikse Bybelstudie. Baie dankie vir jou insig en wyse waarop jy help om die geskrif duidelik te maak. Vir my is die boodskap in elke hoofstuk baie belangrik veral gegewe die huidige uitdagings wat ons in ons land ervaar. Geseen is jy en doen so voort!!

Ludwig Aling

Môre Chris, Met my Bybelstudie daagliks verwys ek dan na jou Bybelskool onder dieselfde hoofstuk vir beter begrip. Dan gaan al die ligte aan ! Dankie !

Martie Erasmus

Baie dankie vir u verrykende en insiggewende leerstof oor die Skrifgedeelter. Ons doen tans by ons kerk Esegiel wat ek nie altyd kan bywoon nie. U notas help my om nie agter te raak nie. Gods Rykste seën U toegebid.

Rudi

Baie dankie die het die stuk in JAKOBUS vir my Baie beter laat verstaan, baie dankie geseend is jy met die uitleg

Christa Valentine

BAIE DANKIE…SO VAN TOEPASSING WAT VANDAG IN SA gebeur!!

Manuel Oktober

Baie dankie aan die leersame gesprek en verduideliking, ek is gestig en geinspireerd en sien uit na die volgende leersessie……

Jan Louw

Waardevol Chris. Dankie.

Johann MacFarlane

So lekker om te lees Chris! Onwillekeurig herinner dit my aan Fiddler on the Roof! baie dankie!en Groetnis!

Marie Kotze

Ons kerk (NG Bonaero Park) gaan ook Sondag begin met Jakobus! Ek sien so uit daarna om deur die boek saam met hulle en julle te gaan. Baie dankie Chris

 

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda