Skip to main content

1 Tessalonisense 4

Nog meer aan die Here toegewy

Paulus het hulle nou reeds in twee gedeeltes aangespoor – soos ‘n ma (1 Tess. 2:8-9), en soos ’n pa (1 Tess. 2:11-12) – om hulleself nog meer as tevore aan die Here toe te wy. In hierdie hoofstuk brei hy uit oor die twee hoofsake waarin hulle hulle toewyding moet uitleef: om nie onsedelik te leef nie (1 Tess. 4:1-8) en mekaar lief te hê (1 Tess. 4:9-12).

Teks en konteks

Let op dat in die vorige paar verse (1 Tess. 3:11-13) Paulus reeds die twee onderwerpe aangeroer het, sowel as die onderwerp van die wederkoms, waaroor hy vanaf vers 13 gaan praat. Maar, sien ook raak dat hy dit daar as ’n gebed vir die Here aanbied: mag hulle liefde vir mekaar groei, en mag hulle heilig leef, tot by die dag van Christus.

Nou gaan hy oor tot sy aansporing, nadat hy dit eers as gebed vir die Here gegee het.

  1. Onsedelikheid (porneia – die woord word hier heel algemeen gebruik vir enige seks buite die huwelik) was geen probleem in die Griekse wêreld nie, anders as in die Joodse wêreld, aangevuur deur losbandige praktyke by die tempels. Paulus spoor hulle egter aan om persoonlik en in hulle huwelikslewe seksueel met selfbeheersing (“weerhou julle van”) en integriteit (“nie te buite gaan” en “niemand bedrieg nie”) op te tree.

Ons hoor hierin die besluite van die “sinode” van Jerusalem ‘n jaar tevore weerklink (Hand. 15:29). Maar Paulus se oproep is nie maar net ’n morele of Joodse lewensles wat hy hulle gee nie. Dit is God se wil vir hulle. Hierop sou hy nog verder uitbrei in sy briewe aan die Korintiërs (1 Kor. 5:1; 6:12-20)

  1. Let hoe hy die liefde vir mekaar nie as ’n gevoel vir of selfs diensbaarheid aan mekaar uitspel nie. Hulle moet mekaar liefhê deur hulle met hulle eie sake besig te hou, en self in hulle lewensonderhoud te voorsien. Hierdie oproep het implikasies vir die manier waarop die gemeente funksioneer, sowel as vir hulle getuienis na buite. Hulle moet deur hulle eerbare leefwyse die agting van mense buit die gemeente afdwing. Dit het ook ’n direkte positiewe gevolg vir hulleself. Hulle sal van niemand afhanklik wees nie.

Let op dat Paulus nie met hulle oor die gevaar van rykdom praat nie, want die gemeente was arm. Daarom moes Paulus self in sy lewensonderhoud voorsien, waartoe die gemeente in Filippi so pas ook bygedra het met die koms van Silas en Timoteus (Fil 4:9). Maar Paulus skryf aan die Tessalonisense oor selfvoorsiening sodat hulle nie van iemand anders afhanklik sou wees nie. Trouens in sy tweede brief sal hy hulle waarsku om nie leeg te lê en op ander te teer nie (2 Tess. 3:7-12).

In vers 13-18 brei Paulus waarskynlik uit oor vrae oor die opstanding uit die dood wat hulle aan Timoteus gevra het. Dit wil voorkom asof sommige gelowiges depressief geraak het oor die lot van hulle geliefdes na hulle dood. Dit kan selfs wees dat van dié sterftes weens die vervolging was. Let op hoe Paulus die feit van die opstanding van Jesus gebruik om nie net vir hulle die regte lering oor die opstanding te gee nie, maar hulle ook te troos en met hoop te laat lewe.

In kort, sê Paulus, die ontslapenes is by die Here, en aan die einde van die tyd sal hulle wat dan nog lewe ook by die Here wees. Dit val my op dat hy nie oor die presiese prosesse uitwei waardeur dit alles sal gebeur nie, maar hulle troos met die teenwoordigheid van God self: “En so sal ons altyd by die Here wees.” (1 Tess. 4:17)

Boodskap en betekenis

Op ‘n manier is dit die somtotaal van alles in die lewe, om by die Here te wees. En dit is ook my troos vir vandag, en elke dag. Dit motiveer my om rein te leef en met integriteit op my eie sake te fokus, terwyl ek ‘n oop hand het vir dié wat die Here oor my pad bring.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…