Skip to main content

Die plek van vas in geloofsgewoontes

1. Johannes Calvyn het drie doelstellings aan die vas gekoppel:

  • lewensdissipline,
  • gebedsvoorbereiding of
  • (‘n vorm van) skuldbelydenis.

2. Vas was vir hom meer ‘n saak vir die geloofsgemeenskap as ‘n persoonlike saak, en dit gaan daarom met openbare gebed saam (bv die voorbeeld van Antiogië).

3. Vas is ook nie net weerhouding van kos nie, maar kan ook beteken dat jy min en lig eet, om te kan bid.

4. Calvyn het ook op drie gevare van vas gewys:

  • uiterlike vertoon,
  • verdienstelikheid, en
  • gewetensdwang.
Laai hier Calvyn se volledige perspektief op vas af: Die plek van vas in geloofsgewoontes.

by Chris van Wyk

God se bekende en verborge wil

Continue reading

Die gebed van die hart of Jesus gebed

prayer-shawlDie gebed van die hart – centering prayer of breath prayer– help jou om voor God tot rus te kom.  Dit help jou om al hoe meer “sonder ophou te bid” (1 Tess. 5:17).  Dit help veral om nie net op die inhoud (verwagtings, versoeke) van jou verhouding met God te fokus nie, maar om regtig in gemeenskap met Hom te kom.    Só kan jy in gemeenskap met God bly regdeur jou lewe.

Dit behels meesal die herhaling van ’n eenvoudige een-sin gebed – baie keer ’n sin of frase uit die Bybel – wat jou behoefte aan God uitdruk en jou help om op Hom te fokus.  Jy kan jou eie teksvers kies om in jou gebed van die hart te gebruik (Ps. 37:4-5 of Matt. 11:28 bv.).

Die gebed wat egter tradisioneel die meeste gebruik word, is die Jesus gebed: “Here Jesus Christus, Seun van God …  wees my genadig, ’n sondaar.”  Die eerste frase word baie keer gebid terwyl jy inasem.  Die tweede frase word dan gebid terwyl jy uitasem.

Hier is ʼn paar voorstelle om jou gedagtes te prikkel:

Continue reading

Geestelike volwassenheid

Wat is geestelike volwassenheid, Bybels gesproke?

Ek het ‘n navraag gekry oor geestelike volwassenheid as ‘n mens dit deur die bril van die Skrif bekyk.  Ek het die volgende vyf aspekte in die Skrif gevind wat ek graag oor geestelike volwassenheid wil uitlig.

GEESTELIKE VOLWASSENHEID IS:

Continue reading

Reisgenote in geloofsvorming

Ek wil jou uitnooi om die volgende 18 weke op ‘n geloofsvormende reis te gaan. Ek noem dit Reisgenote in geloofsvorming.

Alle gelowiges is reeds besig om in hulle geloof gevorm te word. Deur die kerk, deur ander gelowiges, deur die Bybel, deur die Here self.

Dié geestelike reis van geloofsvorming hou egter nooit op nie. Ons is altyd op pad om nog meer van die Here en sy pad met ons te leer.

Ek wil jou help deur jouself te verdiep in drie basiese geloofsgewoontes.  Dit is dinge waarmee jy nie noodwendig onbekend is nie, maar waarvan ‘n mens altyd meer kan leer.

Drie basiese geloofsgewoontes

Hier is die drie basiese geloofsgewoontes wat deur die eeue gelowiges gehelp het in geloofsvorming.

  1. Die eerste is die daaglikse ondersoek in gebed.
  2. Die tweede is die geestelike lees van die Bybel.
  3. Die derde is die beoefening van die teenwoordigheid van God.

Soos ‘n mens groei in die beoefening van hierdie drie geloofsgewoonte verdiep jou geloof en groei jy in geestelike volwassenheid.

Gaan na hierdie bladsy om met die proses te begin.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.