Die plek van vas in geloofsgewoontes
1. Johannes Calvyn het drie doelstellings aan die vas gekoppel:
- lewensdissipline,
- gebedsvoorbereiding of
- (‘n vorm van) skuldbelydenis.
2. Vas was vir hom meer ‘n saak vir die geloofsgemeenskap as ‘n persoonlike saak, en dit gaan daarom met openbare gebed saam (bv die voorbeeld van Antiogië).
3. Vas is ook nie net weerhouding van kos nie, maar kan ook beteken dat jy min en lig eet, om te kan bid.
4. Calvyn het ook op drie gevare van vas gewys:
- uiterlike vertoon,
- verdienstelikheid, en
- gewetensdwang.
by Chris van Wyk

Die gebed van die hart – centering prayer of breath prayer– help jou om voor God tot rus te kom. Dit help jou om al hoe meer “sonder ophou te bid” (1 Tess. 5:17). Dit help veral om nie net op die inhoud (verwagtings, versoeke) van jou verhouding met God te fokus nie, maar om regtig in gemeenskap met Hom te kom. Só kan jy in gemeenskap met God bly regdeur jou lewe.

Onlangse kommentaar