Skip to main content

2 Korintiërs 7:2-16

Berou volgens God se wil lei tot inkeer en verlossing

Hier tel Paulus weer die verhaal van sy reis na Masedonië op wat hy in hoofstuk 2 onderbreek het, en vertel van sy blydskap toe hy Titus weer raakgeloop het, en kon hoor dat dit goed gaan met die gelowiges in Korinte. Hy is veral bly dat sy brief aan hulle vrug gedra het. Al was hulle hartseer, was hulle hartseer volgens die wil van God en het dit tot ‘n verdieping van hulle geloof gelei. Dit kan Paulus agterkom uit die feit dat hulle meer erns maak met hulle roeping as gelowiges en met groter verantwoordelikheid in die gemeente optree, aldus Titus.

Teks en konteks

Paulus is oortuig dat hy met vrymoedigheid kan vra dat die Korintiërs vir hulle ruimte maak. Paulus-hulle het in die verlede regtig voorbeeldig teenoor die Korintiërs opgetree, niemand veronreg, skade berokken of uitgebuit nie. Die Korintiërs kan daaruit aflei dat hulle in Paulus-hulle se harte is: “om saam te sterf en saam te leef.”

Die boodskap van die veranderinge by die Korintiërs met die koms van Titus het Paulus-hulle nog meer bemoedig te midde van al hulle verdrukking, veral met die boodskap van die impak van die evangelie op die Korintiërs se onderlinge verhoudinge.

Die berou wat hulle gehad het na aanleiding van Paulus se brief het inkeer en verlossing bewerk, omdat dit volgens die wil van God was. Dit is daarom anders as wêreldse droefheid wat geen verandering bring nie. Want, dié tipe berou, volgens die wil van God, herstel die verhouding met God.

Dit kon ‘n mens sien in die toewyding en gehoorsaamheid wat voortgespruit het uit hulle droefheid volgens die wil van God. Daarvan kon Titus getuig en het hom ook al sterker aan hulle verbind. Want, gemeenskap met mekaar is ten nouste verbind aan die geloofsgemeenskap se lewende verhouding met God self.

Boodskap en betekenis

Wat my tref van hierdie hoofstuk, en eintlik daarmee van die hele korrespondensie van Paulus met die Korintiërs, is dat die gemeenskap met God só belangrik is, dat niks – nie binne jouself of binne die gemeenskap van die gelowiges of in die wêreld daarbuite – jou gemeenskap met God mag bedreig of in gevaar stel nie. Gemeenskap met God is ononderhandelbaar. Dit moet nagejaag word met alles wat in jou is, elke dag en elke oomblik van elke dag.

Dit laat my nog meer waardering kry vir die impak wat die lewe van Nicolas Herman – ons ken hom as Brother Lawrence – gehad het. Dié ongeletterde kok in ‘n klooster het in die 17de eeu n.C. met sy lewenspraktyk – Practicing the Presence of God – die verbeelding van die Christelike wêreld aangegryp, toe hy sy lewensverhaal vir Joseph de Beaufort vertel het en dié dit in boekvorm aan ons bekendgestel het.

Dit is belangriker as enigiets: om jouself (en die gemeente) as ‘n tempel van God, waar Hy woon, te beskou, en gemeenskap met Hom te beoefen.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…