Skip to main content

1 Konings 22:52-54; 2 Konings 1

Ahasia sterf omdat hy die Here tart

2 Konings 1 begin met ’n verwysing na Moab wat hom teen Israel verset, maar die verhaal word eers in 2 Konings 3 verder aangeroer. Daar word gefokus op die kort regering van Ahasia, wat reeds in 1 Konings 22:52-54 begin is, en nou afgerond word met die klem op sy dwaasheid om die Here te ignoreer en eerder vir Baäl-Sebub te raadpleeg toe hy homself in ‘n val beseer het. Die Here laat hom nie onbetuig in die proses nie en deur die profeet Elia se “vurige” teenwoordigheid handhaaf God sy eer teenoor die goddelose koning. Ahasia word as net so ‘n dwase koning as sy voorgangers in Israel beskryf. Hy regeer net 2 jaar (853-852 vC). Hy sterf, omdat hy die Here getart het, soos sy pa Agab.

Teks en konteks

Ahasia, die seun van Agab, word in Samaria koning oor Israel in die sewentiende regeringsjaar van Josafat, die koning van Juda. In sy kort regering kry hy dit reg om die Here werklik te vertoorn deur in die weë van sy voorouers te wandel en die Here te tart met sy aanbidding van Baäl.

Dat hy dus val deur die traliewerk van sy bovertrek in Samaria en beseer word, lyk nie na ‘n toevalligheid nie. Dit is waarskynlik ‘n poging van die Here om hom tot inkeer te bring.

Ahasia stuur egter boodskappers na Baäl-Sebub, die god van Ekron, een van die vyf Filistynse stede aan die kus, om te verneem of hy van die besering sal herstel.

Die Engel van die Here – wat regdeur die verhaal by Elia is, en moontlik by Elia bly tot sy hemelvaart– het egter vir Elia opdrag gegee om die boodskappers te onderskep, en ‘n boodskap van die lewende God deur hulle aan Ahasia te stuur dat hy sal sterf van sy besering.

Ahasia besef dat dit Elia is wat dié boodskap aan hom gestuur het, en probeer op arrogante wyse rang trek op Elia deur hom te gebied om na Ahasia te kom. Hy misgis hom egter met die Here self, want twee keer verteer vuur uit die hemel die afvaardigings wat na Elia gestuur word.

Dit is eers met die derde groep van vyftig wat die Engel van die Here Elia oortuig om hulle genade te bewys en saam met hulle te gaan om die boodskap dat Ahasia gaan sterf persoonlik aan hom oor te dra.

Dit is dan ook presies wat gebeur. Ahasia sterf soos die Here deur sy profeet aangekondig het. Sy broer, Joram (852-841 vC), het in Ahasia se plek koning geword, want Ahasia het nie ‘n seun gehad nie. Interessant genoeg is dit dus naamgenote wat in dié tyd oor beide Israel en Juda heers, want Josafat se seun wat hom opvolg het dieselfde naam, Jehoram (848-841 vC). Joram is ‘n verkorte spelling van Jehoram, wat op verskillende wyses in vertalings weergegee word.

Boodskap en betekenis

Die Here is in beheer soos ons nou al talle kere in die geskiedenis van die konings en profete van Israel en Juda, selfs ook in die wel en weë van die nasies gesien het. Ahasia moes dit tot sy eie skade agterkom. ‘n Arrogante uittarting van die Here baat niemand ooit nie. Dit kos doodeenvoudig jou dood.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.