1 Samuel 27; 1 Kronieke 12:1-22

‘n Hele aantal helde sluit by Dawid aan in Siklag

Ons lees in 1 Samuel 27 dat Dawid besluit om weer na Filistynse gebied te vlug om só van Saul se vervolging ontslae te raak. Dit het die gewenste uitwerking. Saul het sy agtervolging gestaak. Omdat Dawid hierdie keer met ‘n groot groep soldate daar aankom, gee koning Agis vir hom ‘n plek om te bly, die stad Siklag. Dit word nou Dawid se basis vanwaar hy steeds namens die Jode optree, net aan die anderkant van die Jordaan in die ooste sodat Agis in die weste nie onraad sou vermoed nie. In hierdie tyd sluit nog dapper manne uit Benjamin en Juda by Dawid aan, sowel as uit Gad en Manasse, soos ons in 1 Kronieke 12:1-22 lees.

Teks en konteks

Dawid gaan bly net meer as ‘n jaar in die land van die vyand, by dieselfde Agis waar hy hom tevore kranksinnig gehou het, dié keer met sy 600 man by hom sowel as sy groeiende familie. Hy wil wegkom onder die vervolging van Saul. Hy soek daarom asiel by Agis. Omdat hy nou ‘n mag is om mee rekening te hou, aanvaar Agis sy teenwoordigheid en gee selfs vir hom ‘n plek om te woon in Siklag, een van hulle buitedorpe. ‘n Plek wat van hierdie tyd af dan ook aan Juda behoort het.

Hy mislei Agis egter deur steeds teen Israel se vyande op te tree, maar dié keer aan die anderkant van die Jordaan in die ooste, die mense van Gesur, ‘n onafhanklike koninkryk in die gebied van Manasse, die mense van Geser net suid daarvan, en die Amalekiete op die grens met Egipte.

Dawid het ook telkens gesorg dat niemand van sy veldtogte vrykom nie. Hy het net die vee as buit teruggebring. So kon hy Agis om die bos lei.

In wese is Dawid besig om ‘n deel van die land te verower vir sy toekomstige koningskap. Daarby kom die kennis wat hy in dié tyd van die Filistyne opdoen hom uiteindelik goed te staan om die Filistyne vir goed uit die weg te ruim wanneer hy koning word na Saul se dood.

In dié tyd sluit daar nog meer helde by Dawid in Siklag aan wat hom bystand kon verleen in die oorlog. 1 Kronieke 12 noem spesifiek ‘n aantal bedrewe vegters van Saul se stamgenote uit Benjamin. Die gety het dus begin draai vir Dawid deurdat Saul se eie mense nie meer die pad met hom wou loop nie.

Ook mense van Gad het oorgeloop na Dawid. Kronieke sê dat dit in sy tyd in die bergvesting in die woestyn was, wat kan dui op sy tyd onder die Sifiete óf selfs vroeër by die grot van Adullam. Dit pas egter ook goed by sy tyd in Siklag. Dit was dapper manne met: “gesigsuitdrukkings soos dié van leeus”, en so vining: “soos gaselle op die berge.” Onder hulle was daar ook briljante swemmers wat die Jordaan kon oorsteek in vloed.

Dawid het hulle aanvaar en hulle as hoofde van die troepe aangestel, omdat hulle in vrede na hom toe gekom het om ‘n bondgenootskap te sluit. Die Kroniekeskrywer voeg by dat die Gees van God van Amasai besit geneem het om hom te help. Amasai was ‘n sleutelfiguur, die leier van “die dertig”, uiters vaardige soldate.

Ook uit Manasse het mense na Dawid oorgeloop in hierdie tyd in Siklag: “totdat dit ‘n groot leër was, inderdaad ‘n geweldige leër.”

Boodskap en betekenis

Dit is duidelik dat Dawid se strategie verander na gelang van die uitdagings wat hy ervaar. Toe hy vroeër alleen in Filistynse gebied was, was hy in groot gevaar en kon net met moeite ontsnap. Dit het beter gegaan in Adullam waar nie net sy familie nie, maar ook van die dapper helde by hom aangesluit het. Vandaar is hy na Moabitiese gebied waar hy sy ouers kon versorg.

Die profeet Gad het hom egter aangeraai om in Judese gebied te kom om duidelik te wys dat hy hulle belange op die hart dra. Hoewel hy telkens in gevaar van Saul was, het hy steeds oorlog gevoer namens die verbondsvolk, al was dit vanuit die woestyn. Dit het sy aansien onder selfs Saul se manne verhoog.

Toe die vervolging egter net te groot geraak het, het hy sy basis weer na Filistynse gebied by Siklag versit met Agis se toestemming, maar steeds voortgegaan met sy bevryding – die “skoonmaak” operasie wat deur Josua begin is, maar aan die volk opgedra is om te voltooi – van sy volk. Dit het nog meer dapper helde by hom laat aansluit.

Die tyd vir sy koningskap was besig om aan te breek met Saul se koningskap wat al hoe meer gewankel het, al was dit ‘n tyd van uitmergelende konflik en uitdagings.

Siklag sou ook nog die toneel word vir ‘n groot inval deur die Amalekiete soos ons in 1 Samuel 30 gaan lees. Dit het Dawid se vermoëns tot die uiterste toe beproef. Maar, dit was ook die tyd waarin Saul deur die Filistyne doodgemaak is. Die koninkryk wat God vir Dawid sou gee, sou deur baie verdrukkinge gestalte kry.

Presies wat ons ook lees van die NT koninkryk. Paulus en Barnabas versterk aan die einde van hulle eerste sendingreis die “siele” van die nuwe dissipels in Listra, Ikonium en Antiogië en moedig hulle aan om in die geloof te volhard met die boodskap: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan.” (Hand 14:22)

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: