Skip to main content

Psalm 33

Die Here sorg vir dié wat Hom vertrou

Psalm 33 is een van die weinige Psalms wat nie ’n opskrif het nie. Soos iemand van dié Psalms sê, dit is weeskind-Psalms! Maar watter spraaksame weeskind! Dit roep al die nasies sowel as die hele wêreld op om God te loof.

Psalm 33 sit Psalm 32 se gedagtegang voort. Dit is ‘n loflied oor vertroue. Die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. Dit is sigbaar in die skepping, dit is duidelik deur die geskiedenis. En wat die skepping en die geskiedenis oor God sê, is dat die Here sorg vir dié wat Hom vertrou.

Ekstra inligting:

  • Die Psalm het ook ’n alfabetiese opbou, hoewel nie so streng soos die akrostiese Psalms nie (soos Ps 25 bv).
  • Die lier het blykbaar 7 snare gehad, en die harp 10 snare (vers 2).

Teks en konteks

Die inhoud van die Psalm kan in drie dele opgedeel word (soos ’n goeie predikant se preek!):

  • Oproep om God te loof – vers 1-3;
  • Sake waarvoor God geloof kan word – vers 4-19;
    • Sy Woord – vers 4-9;
    • Sy Planne – vers 10-12;
    • Sy wat alles sien – vers 13-15;
    • Sy Mag wat hulp verleen – vers 16-19;
  • Getuienis en gebed – vers 20-22.

Let ook op hoe God se wese en werk in die Psalm as basis vir die vertroue geteken word. Hy is aktief daar vir ons:

  • God is totaal betroubaar in sy liefde – alles wat Hy doen, staan vas (vers 4);
  • God is skeppend en onderhoudend besig met alles op aarde (vers 6-9);
  • God is doelgerig besig om te werk van geslag tot geslag met sy mense om sy doel met alles te bereik (vers 10-12);
  • God sorg vir almal wat hulle hoop in dood en hongersnood op Hom stel (vers 18-19)

Hoe pragtig sluit die Psalm nie af met ’n getuienis nie: “Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons (vers 21).” Wat weer opgevolg word met ’n gebed: “Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U” (vers 22).

Boodskap en betekenis

Die middelste gedeelte van die Psalm, vers 4-19, gee vir ons ’n baie deeglike skema wat ’n mens in jou lofgebede aan God kan gebruik:

  1. Loof Hom vir Sy Woord;
  2. Loof Hom vir sy planne;
  3. Loof Hom vir sy alwetendheid en alsiendheid;
  4. Loof Hom dat Hy die mag het om iets te doen aan dit wat Hy weet en sien!

Gebruik dit vandag in jou gebed!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda