Jona
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Jona – God ontferm Hom oor Nineve - February 25, 2015
- Ekskursus oor elemente van die verhaal van Jona
- Jona 1:1-16 – God roep Jona na Nineve, maar Jona vlug weg - February 26, 2015
- Jona 1:17-2:10 – God stuur ‘n groot vis, maar die Here red Jona na gebed - February 27, 2015
- Jona 3:1-10 – God roep Jona weer na Nineve, maar God sien af van die ramp - March 2, 2015
- Jona 4:1-11 – Jona is ontevrede, maar die Here bevestig sy genade - March 3, 2015
karen ludik
Goeie more ds,
Ek sal graag u uiteensetting wil lees oor Jona.
God het gister vir my Jona gegee en ek vind soveel wonderwerke in die klein verhaal. God praat so duidelik met my om my lewe weer op die regte pad te kry.
Baie dankie
Groete
Karen
Chris van Wyk
Hi Karen, jy is op die regte bladsy daar. Jy kan die skakels aan die onderkant van die bladsy volg om alles daar van Jona te lees. Hier is die eerste een: https://bybelskool.com/jona-god-ontferm-hom-oor-nineve/