Skip to main content

2 Konings 21; 2 Kronieke 33

Genadetyd raak kort vir Jerusalem met gruwelike Manasse en Amon

Ons kom by die laaste hoofstukke van 2 Konings (21-25) en 2 Kronieke (33-36) waarin dit oor die laaste 7 konings van Juda en hulle regeringstyd in die 7de en vroeg 6de eeu vC handel:

  • Manasse (697-642 vC) ,
  • Amon (642-640 vC),
  • Josia (640-609 vC),
  • Joahas (609 vC),
  • Jojakim (609-597 vC),
  • Jojagin (597 vC) en
  • Sedekia (597-586 vC).

Dit dek ’n tydperk van net meer as ’n 100 jaar, van die begin van die 7de eeu vC af in 697 vC (Manasse) tot aan die begin van die 6de eeu waarin die uiteindelike ballingskap van Juda met twee wegvoerings in 597 vC (Jojagin) en 586 vC (Sedekia) plaasvind:

  • 2 Konings 21 en 2 Kronieke 33Manasse wat ‘n gruwelike koning is, maar tot inkeer kom, sowel as die kort verhaal van die onberouvolle Amon;
  • 2 Konings 22:1-23:30a en 2 Kronieke 34-35Josia wat die afgodery in sy land baie effektief bestry, die wetboek ontdek en groot hervormings op grond daarvan te weeg bring, sowel as die Paasfees herinstel, maar uiteindelik teen Egipte die onderspit delf;
  • 2 Konings 23:30b-24:30 en 2 Kronieke 36Joahas, Jojakim, Jojagin en Sedekia wat die onbenydenswaardige nalatenskap het dat hulle die volk in ballingskap regeer met hulle ongehoorsaamheid en onbeholpenheid.

Dit is ook die tyd van die volgende 4 Skrifprofete (vroeër was daar nou al Jona, Amos, Jesaja, Hosea en Miga) waarvan Jeremia onder andere gedeeltes bevat wat ooreenkom met Konings en Kronieke:

  • Nahum – hy is waarskynlik ’n noord-Israeliet (dorpie Elkos) wat gebore is ná die ballingskap in 722 vC, en nou vanuit Nineve as profeet optree, waarskynlik in die tyd van Manasse en sy profesie in die vorm van ’n brief aan Juda skryf as ’n uitspraak teen Nineve om Juda van God se sorg te oortuig én hulle op te roep om Hom te dien;
  • Sefanja – hy tree in die tyd van Josia op, waarskynlik net voor Josia met sy hervormings in 721 vC begin het (Sef 1:1 – sommige dink dat hy ’n agter-kleinkind van Hiskia was) en het waarskynlik reeds begin om ’n klimaat te skep vir Josia se hervormings, sowel as vir Jeremia se bediening;
  • Jeremia – hy tree in die tyd van die laaste 5 konings van Juda op en het ’n deurslaggewende profetiese rol in die hervormings van Josia aan die eenkant en in die onafwendbaarheid van die ballingskap aan die ander kant (627 vC, die 14de jaar van Josia se regering, tot in die ballingskap tyd);
  • Habakuk – hy tree spesifiek op in die tyd van die bedreiging van die Galdeërs onder Nebukadnesar, êrens in die laaste dekade van die 7de eeu vC, waarskynlik in die regeringstyd van Jojakim .

Net om die prentjie volledig te maak: Esegiël, Obadja en Daniël tree hierna in die ballingskap op. Haggai, Sagaria, Joël en Maleagi is die laaste van die Skrifprofete wat in die OT opgeneem is en tree ná die ballingskap op.

Getrou aan ons kronologiese lees van die Bybel sal ons die profete se bydraes so ver as moontlik verenig met die verhale uit Konings en Kronieke.

Teks en konteks

Manasse was nou werklik ’n afvallige koning in direkte kontras met sy pa Hiskia. Dit is asof Manasse ’n lys gemaak het van alles wat vorige konings verkeerd gedoen het, en dit een vir een uitgevoer het. Deur sy lang regeringstyd was daar regtig niks positiefs wat die skrywer van 2 Konings 21 kon kry om van hom te sê nie. Hy ignoreer selfs die klein verhaaltjie van hoop waarvan 2 Kronieke 33 vir ons vertel.

Manasse het in direkte teenstrydigheid met Deuteronomium 18 hom opgehou met goëlery, waarsêery, toordery en die oproep en raadpleging van geeste. Hy het die hoogtes weer herbou, die hemelliggame aanbid, altare vir die Baäls opgerig, gewyde pale gemaak en op die koop toe afgodsaltare in die tempel gebou, waarvan een ’n besondere gruwel was, ’n altaar vir Asjera (2 Kon. 21:3). Dit was só ’n gruwel dat die Kronis verkies om dié feit te verswyg.

Daarbenewens het hy selfs van sy eie kinders as offers verbrand. Sy goddeloosheid het amper geen perke geken nie. ’n Mens wil ter versagting in ag neem dat hy maar 12 was toe hy koning geword het, maar sy ongehoorsaamheid oor só ’n lang tydperk kan nie aan jonkheid gewyt word nie. Daarvoor het hy net te veel keer en te aanhoudend verkeerd opgetree. En sy kleinseun Josia was nog jonger toe hy koning geword het en het die Here met oorgawe gedien

Manasse het die Here eenvoudig uitgetart en geminag met die “stinkende afgode” en die einde van die volk se tyd in Jerusalem verhaas. Konings oordeel hom daaroor baie skerp.

Manasse se naam beteken: “die een wat laat vergeet” en sy ouers het heel moontlik ’n baie positiewe verwagting van dié seun van hulle gehad, dat hy die volk van die ander gode sal laat vergeet. Hy het egter hierdie naam deur die modder gesleep deur die volk van God te laat vergeet.

Let op hoe die Here deur sy profete – ons weet nie wie nie, maar daar is ‘n tradisie dat Jesaja deur Manasse middeldeur gesaag is, so dit kon hy gewees het – sy besluit bekendgemaak om Jerusalem met dieselfde maat te meet as Samaria en die ballingskap het ’n al hoe groter moontlikheid geraak.

Maar, anders as die skrywer van Konings wat nét dié deel van sy lewe vertel (en ook só deur Jeremia weergegee word – Jer. 15:4), vertel die Kronis ook van Manasse se berou en bekering wat ’n uitstaande getuienis van God se genade is wat selfs in die haglikste omstandighede kan seëvier. Toe Manasse nie na die profete wou luister nie, is Manasse gevange geneem na Babel toe. Die historisiteit hiervan is waarskynlik heeltemal gegrond, omdat al die konings van die lande wat aan die Assiriese ryk onderdanig was, in dié tyd voor Esarhaddon in Assirië verskyn het en kennis geneem het van die ooreenkomste wat hy met hulle gesluit het en waaraan hulle hul moes hou ook vir die toekoms.

Die Kronis bied egter sy eie perspektief oor wat daar met Manasse gebeur het. Hy skryf dat dit daar so sleg met Manasse gegaan het dat hy die Here sy God uiteindelik om genade gesmeek het. Met sy gebed van groot berou het die Here hom begenadig en laat terugkom na Jerusalem, waarna Manasse se koningskap ’n ommekeer gemaak het, die Asjerabeeld verwyder het uit die tempel en die ander altare in Jerusalem afgebreek het. Interessant genoeg is die hoogtes nie verwyder nie, maar die volk het onder sy leiding nou net vir die Here daar geoffer.

2 Kronieke 33 sluit met die kort verhaal van die regeringstyd van Amon wat gebore is toe Manasse 45 was (2 Kon 21 vertel dit effens langer). Amon word op 22 koning met sy pa se afsterwe op 67 jarige ouderdom. Amon het egter gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en nie voor die Here berou getoon soos sy pa Manasse nie.

Amptenare het daarom teen hom saamgesweer en hom vermoor en sy seun Josia koning gemaak. Hulle kry hulle verdiende loon deurdat die burgers van die land weer teen die amptenare optree en hulle uitwis, sodat die jong Josia, die laaste goeie koning van Juda, die troon kon bestyg.

Josia is vir Amon gebore toe dié nog maar 16 was en het waarskynlik sy oupa Manasse vir só 6 jaar geken, juis in die tyd van sy berou en bekering, voordat dié uiteindelik oorlede is. Op die jeugdige ouderdom van 8 het Josia dus koning geword, om daarmee die laaste goeie koning van Juda te wees.

Boodskap en betekenis

Daar is ’n gebed van Manasse wat in die Apokriewe opgeneem is wat ek hier vir julle aanhaal:

“O Lord, Almighty God of our fathers, Abraham, Isaac, and Jacob, and of their righteous seed; who hast made heaven and earth, with all the ornament thereof; who hast bound the sea by the word of thy commandment; who hast shut up the deep, and sealed it by thy terrible and glorious name; whom all men fear, and tremble before thy power; for the majesty of thy glory cannot be borne, and thine angry threatening toward sinners is importable: but thy merciful promise is unmeasurable and unsearchable; for thou art the most high Lord, of great compassion, longsuffering, very merciful, and repentest of the evils of men. Thou, O Lord, according to thy great goodness hast promised repentance and forgiveness to them that have sinned against thee: and of thine infinite mercies hast appointed repentance unto sinners, that they may be saved. Thou therefore, O Lord, that art the God of the just, hast not appointed repentance to the just, as to Abraham, and Isaac, and Jacob, which have not sinned against thee; but thou hast appointed repentance unto me that am a sinner: for I have sinned above the number of the sands of the sea. My transgressions, O Lord, are multiplied: my transgressions are multiplied, and I am not worthy to behold and see the height of heaven for the multitude of mine iniquities. I am bowed down with many iron bands, that I cannot life up mine head, neither have any release: for I have provoked thy wrath, and done evil before thee: I did not thy will, neither kept I thy commandments: I have set up abominations, and have multiplied offences. Now therefore I bow the knee of mine heart, beseeching thee of grace. I have sinned, O Lord, I have sinned, and I acknowledge mine iniquities: wherefore, I humbly beseech thee, forgive me, O Lord, forgive me, and destroy me not with mine iniquites. Be not angry with me for ever, by reserving evil for me; neither condemn me to the lower parts of the earth. For thou art the God, even the God of them that repent; and in me thou wilt shew all thy goodness: for thou wilt save me, that am unworthy, according to thy great mercy. Therefore I will praise thee for ever all the days of my life: for all the powers of the heavens do praise thee, and thine is the glory for ever and ever. Amen.” (http://www.earlyjewishwritings.com/text/manasseh.html)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar