Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg
MATTEUS 5:43-48
43 “Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand haat.’ (Lev. 19:18)
44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg,
45 sodat julle kinders van julle Vader in die hemel kan wees, want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
46 Want as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?
47 En as julle net julle broers groet, wat besonders doen julle? Doen die heidene nie ook dieselfde nie?
48 Wees dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is.”
Teks en konteks
Die sesde teenstelling is gebaseer op die gebod tot naasteliefde (Lev. 19:18) wat hier op ‘n radikale wyse ook van toepassing gemaak word op vyande.
5:43 Jesus haal aan uit Levitikus 19:18, die bekende stelling dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself.
Hy voeg daaraan by iets wat nie uit Levitikus kom nie: “Jy moet jou vyand haat.” Dit is trouens iets wat nêrens in die OT geskrywe staan nie. Levitikus 19 en Deuteronomium 10 sluit immers die vreemdeling in by hierdie opdrag om lief te hê (Lev. 19:34; Deut. 10:19).
Die beste verklaring vir hierdie byvoeging van Jesus is dat Hy Hom hier verset teen die leringe van die Esseners. Hulle was ‘n sterk moralistiese en sektariese groep wat ten spyte van hulle intense Skrifstudie by die Dooie See hulle eie, baie eng leringe gevorm het. Hulle is die enigste Joodse groep wat ooit verkondig het dat jy jou vyande moet haat.
5:44 Jesus sluit dus aan by Levitikus 19 se gebod tot die liefde vir die naaste en verset Hom teen die verkeerde lering van die Esseners dat jy jou vyand moet haat. Jesus radikaliseer só die opdrag tot die liefde vir die naaste, sowel as die liefde vir die vreemdeling, dat Hy ons gebied om ons vyande lief te hê.
Die liefde vir die vyand kon alreeds in die wet gesien word waar beveel is dat ‘n mens genade aan jou vyand moes betoon. As jy ’n verdwaalde bees of donkie van jou vyand raakgeloop het, moes jy dit beslis na hom toe teruggebring het (Eks. 23:4). Jou konflik met iemand moes jou nie verlei om hom of haar kwaad aan te doen, selfs al was dit net deur te maak asof jy sy skade nie raakgesien het nie.
Die wyse Job beroem hom ook daarom daarop dat hy hom nie verheug het oor die ongeluk van sy vyand nie, en nie bly was as ’n ramp hom tref nie (Job 31:29; Spr. 25:21). Dit is hierdie tipe liefde wat Jesus hier van sy mense verwag, om steeds genade te betoon, selfs al moet ‘n mens jou steeds teen vyandige optredes staal.
En Hy voeg daaraan by dat hulle moet bid vir dié wat hulle vervolg (vgl. Rom. 12:20). Sommige manuskripte voeg net na die woord “liefhê”, die volgende sinsnede in: “Seën dié wat vir julle vervloek, doen goed aan dié wat vir julle haat”, maar dit is waarskynlik bygevoeg uit die ooreenstemmende gedeelte in Lukas 6:27–28. Die beste Griekse manuskripte bevat nie dié byvoeging in Matteus nie.
Die hantering van vyande in die Bybel is kompleks, want in die OT word wel gepraat daarvan dat die vyande van die Here ook as die vyande van die geloofsgemeenskap beskou moet word (Ps. 139:21-22; vgl. Deut. 23:3-6). Omdat God se eer bó alles staan, moet sy eer ten alle koste beskerm word. Daarom kan die Psalmis verklaar dat God se vyande ook sy vyande sal wees. Hy wil met goddelose mense niks te doen hê nie. Die Psalmis identifiseer dus volledig met God self en wil dus niks te doen hê met enigiemand wat hom van dié lojaliteit kan wegskeur nie. Trouens, Hy vra dat God se ondersoekende teenwoordigheid hom nog beter op die beproefde pad sal lei.
In die NT kan só ‘n houding egter nie werk nie, want dit is juis dié vyande van God wat ook die boodskap van sy genade moet hoor. Dit geld ook vir onsself, want Jesus het ons met God versoen toe ons self nog vyande was (Rom. 5:10). Die genadetyd wat met Jesus aangebreek het, hef dus die normale verloop van sake op, sodat die uitverkorenes tot inkeer kan kom, totdat die Here natuurlik aan die einde van die tyd al sy vyande – en daarmee ook die geloofsgemeenskap se vyande – self sal uitwis (Hebr. 1:13; 10:13).
5:45-47 Hoekom? Want dít is wat kinders van die Vader in die hemel doen! Hulle tree op soos God self deur die son oor slegtes en goeies te laat opgaan, en te laat reën op regverdiges en onregverdiges. Hulle weerspieël God se vrygewige genade aan almal.
Ons liefde moet meer wees as die van die tollenaars – die korrupte belastinggaarders van hulle tyd – wat ook hulle eie mense liefhet. Ons gasvryheid moet meer wees as die heidene wat ook gasvry was teenoor hulle eie mense. Ons moet vir almal lief wees en almal gasvry ontvang, nie net dié wat vir ons liefhet en dié wat gasvry is teenoor ons nie.
5:48 Jesus som sy uitleg van die wet op met die oorhoofse beginsel vir elke kind van God: “Wees julle dan volmaak (teleios) soos julle Vader in die hemele volmaak is.” As kinders van die Vader moet ons die karakter van die Vader ten toon stel, sodat mense Hom kan verheerlik in ons liefde en gasvryheid.
Boodskap en betekenis
Die punt van die gedeelte is ook die opsomming van al ses die teenstellings: van vyande moet vriende gemaak word. Jou roeping as sout vir die aarde en lig vir die wêreld hou nie op by die radikale liefde vir jou naaste nie. Die word vervul met jou liefde vir jou vyande.
Dit is die tipe volmaaktheid wat God van sy mense verwag, nie om in alles perfek op te tree nie, maar om in alles van vyande vriende te maak. Só tree God immers teenoor alle mense op met sy sonskyn en reën.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
originalblizzard19aaa84c56
Sjoe, moeilik om te doen.. veral sommige politieke leiers en persone met wie mens verskil… Tog bevrydende waarheid om soos Here op te tree. Amen.