Skip to main content

Psalm 122

Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem

Die gebed vir Jerusalem pas goed in die tyd van die pelgrimstogte. Dit word ook direk aan Dawid toegeskryf.

Teks en konteks

Hierdie Psalm reflekteer die vreugde van die aankoms van die pelgrims in Jerusalem. Die Psalmis was alreeds bly toe hulle weggetrek het na die huis van die Here, maar nou is sy voete in die poorte van Jerusalem, dié stad wat gebou is in die eerste plek as ‘n stad wat die volk as ‘n eenheid saamsnoer en waar die Here volgens sy eie voorskrifte geloof kan word. Nie net is dit in die tweede plek die stad waar die lofsange vir God weerklink nie, maar dit is ook in die derde plek die stad waar regspraak gelewer word onder die bekwame leiding van die koning, wat verklaar hoekom die Psalm wel met Dawid, die ideale koning, geassosieer word, eerder as dat dit deur hom geskryf is, soos ‘n mens uit die titel verkeerdelik sou kon aflei.

Dit is daarom ook die drievoudige seën van Jerusalem: dit skep eenheid onder die volk in hulle diversiteit, dit bring lof aan God vanuit die geloofsgemeenskap, en dit bring vrede deur die regspraak wat billik en volgens God se voorskrifte geskied.

Omdat Jerusalem, die sentrum van die geloofsgemeenskap se aanbidding, só belangrik was, nooi die Psalmis sy medepelgrims uit om in die eerste plek te bid vir vrede vir Jerusalem, die plek self, sodat dié wat in hulle liefde vir die plek verenig is, rustig kan woon, en sy verdedigingswalle kan hou teen alle aanvalle en daar rustigheid in die vestings van die volk kan wees. In die tweede plek nooi hy sy medepelgrims uit om te bid ter wille van gelowiges (familie en vriende) in Jerusalem sodat hulle vrede kan geniet. In die derde plek nooi hy sy medepelgrims uit om te bid ter wille van die tempel, die plek van God se teenwoordigheid, in Jerusalem sodat dit altyd met hulle goed sal gaan.

Dit is daarom ook die drievoudige gebed vir Jerusalem: die stad self het vrede nodig, die gelowiges het vrede nodig, en die tempel het vrede nodig, sodat die drievoudige seën, die eenheid onder die volk, die lof aan God en die vrede deur regspraak tot hulle reg kan kom.

Boodskap en betekenis

Ons onderskat soms die effek wat vrede kan hê op eenheid, lof en regspraak. Dit is daarom een van die mees basiese dinge waarvoor ons kan bid. Soos Paulus in die NT vir Timoteus oproep om sy mense te leer: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.” (1 Tim. 2:1-2).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…