Skip to main content

Psalm 67

Geseën om te seën

Hierdie Psalm kan ook enige plek pas. Dit is ook nie ‘n Psalm van Dawid nie, maar pas in ‘n reeks Psalms van Dawid. Daarom hanteer ek dit ook hier. Psalm 67 is ’n Psalm wat in ’n neutedop saamvat wat God se doel is nie net met sy volk nie, maar ook wat sy doel met alle nasies is. God seën mense om tot ’n seën te wees vir ander, sodat hulle Hom kan eer.

Teks en konteks

Let op hoe die gebed in vers 2-3 albei kante insluit: “Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.”  God se seën is bedoel om Sy teenwoordigheid op aarde bekend te stel en as ’n teken daarvan te dien, soos die vorige Psalm ook oor gebedsverhoring uitspel.

Die opgewonde verwagting van God se ingrype en verbintenis om daarvan te vertel, lei tot ’n verdere dubbel-herhaalde gebed (vers 4 en 6) dat dié dade van God mag lei daartoe dat alle nasies Hom sal loof.  Die spits daarvan is: “Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer”! (vers 5).

Let op dat daarmee die versugting van tallose mense regoor die aarde in die gebed opgeneem word, dat mense in God die geregtigheid sal vind waarna hulle smag.  Dít is dus ’n gebed waarvoor ons onsself kan en moet gee.

Die Psalm eindig met lof vir die wyse waarop God ook in die land sy seën laat blyk met die oes op die regte tyd.  Maar selfs dít is bedoel as getuienis van God se teenwoordigheid vir die mense op die hele aarde! (vers 8).

Die Psalm sluit dus volledig aan by God se doel met die mens van die begin af:

  • Adam en Eva – God tree met hulle in ’n verhouding, seën hulle (Gen. 1:28 vv) en maak hulle vrugbaar sodat hulle die aarde kan bewoon, bewerk en bewaar as God se verteenwoordigers.  Sy seën aan hulle moet lei tot ’n seën van die wêreld.
  • Noag en sy mense – God seën hulle (Gen. 9:1 vv) en maak hulle vrugbaar sodat hulle die aarde kan bewoon en as God se verteenwoordiger kan optree op die aarde.
  • Abraham en sy nageslag – God laat hom uittrek uit sy land en van sy mense af na die land toe wat Hy vir hom aanwys met die belofte: “Ek sal jou seën ..” en die opdrag: “Jy moet tot ’n seën wees.” (Gen. 12:2 vv).
  • God se volk – Dit bly die droom vir die volk van God regdeur die OT, soos Jesaja 19:24 dit onder andere uitspel, dat die volk só met God sal wandel, dat hulle dit sal regkry om: “vir die aarde tot ’n seën wees.”

Boodskap en betekenis

Jesus sluit ook by dié gedagtegang aan in Sy Bergrede, maar neem dit nog ’n stappie verder: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;  seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.  As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.” (Matt. 6:27-31).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…