Skip to main content

Hooglied 3:1-5

Liefde kom tot sy reg binne families

So pas het die vrou die hoop uitgespreek dat die man haar veilig sal laat voel in hulle liefde, dat hy haar vrees sal help besweer van die afskeid van haar ouerhuis. Nou worstel sy in haar droom/nagmerrie met haar eie behoeftes.

Hoewel sy hom beskryf as die een wat sy liefhet, letterlik: “die een wat my siel liefhet” – dws die een aan wie haar binneste verkleef geraak het – wil sy nie, selfs nie in haar droom nie, onbehoorlik optree nie. Sy wil hom eers gaan haal na die geborgenheid van haar ma se huis, háár veilige ruimte.

Dat sy hom na haar ma se huis bring, dra die betekenis van haar soeke na veiligheid, vastigheid, en aanvaarding, iets soortgelyks as wat ons lees van Isak wat sy vrou Rebekka by sy ma Sara se huis laat bly het (Gen 24:67), hoewel die rolle hier omgekeer is. Die vrou van Hooglied beskryf daarmee haar begeerte aan ouerlike goedkeuring van haar liefde. Sy het ‘n sterk behoefte aan die liefde van die man, maar sy het net so ‘n sterk behoefte dat dit nie onbehoorlik of onvanpas sal wees binne die konteks van haar familielewe nie.

Die wagte wat die stad patrolleer is al op baie maniere metafories geïnterpreteer. Sommige dink daaraan as die samelewing se reëls, ander weer aan die beskerming van maagdelikheid (Garrett). In die lig van die geweldige prioriteit wat op maagdelikheid in Israel geplaas is, maak laasgenoemde vir my sin.

Met die herhaling van die frase rondom die vroue van Jerusalem (ook in Hoogl 2:7; 5:8; 8:4) lewer sy waarskynlik verder kommentaar op haar eie droom-behoeftes, dat die liefde nie ryp gedruk moet word voor die tyd daarvoor aanbreek nie. Dit dui aan die een kant op haar keuse teen die insluiting in die harem van Salomo, en aan die ander kant op haar keuse om die liefde net binne die veilige ruimte van familie-wees te geniet, soos dit met die huweliksluiting in die volgende perikoop moontlik word.

Daar is ‘n hele paar ooreenkomste tussen dié gedig en die een wat ons in hoofstuk 5:2-8 lees – die verlange na die man, die soeke in die stad, en die verwysing na die vroue van Jerusalem. In hoofstuk 5 is die konteks egter haar aanvanklike weiering van die man se toenadering, en stel dit haar bloot aan verguising deur die wagte. Die ander gedigte wat daarop volg, sluit dan by dié soektog aan, maar daaroor later.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…