Skip to main content

Numeri 33

God is getrou deur die volk se omswerwinge en wil hulle veilig in die land laat woon

Teks en konteks

In hierdie hoofstuk word ‘n opsomming gegee van die trekke en staanplekke van Israel, van Egipte af tot in Kanaän. Interessant genoeg word hier 40 plekke genoem tussen Rameses in Egipte en die Jordaan in Moab vanwaar hulle die Intog sou aanpak. Dit kan moontlik ‘n subtiele verwysing wees na die 40 jaar tydperk in die woestyn totdat die tyd vir die uiteindelike in besit neem van die land aangebreek het. ‘n Hele paar plekke is onbekend:

  1. Sukkot (Eks. 12:37),
  2. Etam (Eks. 13:20 – aan die rand van die woestyn),
  3. Pi-Hágirot (Eks. 14:2 – by die Rietsee),
  4. Mara (Eks. 15:23 – met die bitter water),
  5. Elim (Eks. 15:27 – met sy twaalf fonteine en sewentig palmbome),
  6. Rietsee (Eks. 13-15),
  7. Sinwoestyn (Eks. 16:1),
  8. Dofka,
  9. Alus,
  10. Refidim (Eks. 17:1 – waar hulle water gekry en oorlog teen die Amalekiete gemaak het),
  11. Sinaiwoestyn (Eks. 19:1 – waar hulle die wet gekry, en die Tabernakel gebou is),
  12. Kibrot-Taäwa (Num. 11:34 – waar hulle kwartels gekry het),
  13. Gaserot (Num. 11:35 – vanwaar hulle na die Paranwoestyn is om die land te verken),
  14. Ritma,
  15. Rimmon-Peres,
  16. Libna,
  17. Rissa,
  18. Kehelata,
  19. Har-Sefer (berg Sefer),
  20. Garada,
  21. Makhelot,
  22. Tagat,
  23. Terag,
  24. Mitka,
  25. Gasmona,
  26. Moserot (waar Aäron later oorlede is, vgl. Deut. 10:6),
  27. Bene-Jáäkan (waar daar putte was, vgl. Deut. 10:6),
  28. Gor-Gidgad,
  29. Jotbata (wat waterryk was, Deut. 10:7),
  30. Abróna,
  31. Esjon-Geber (waar Salomo later skepe gebou het naby Elat aan die kus, vgl. 1 Kon. 9:26),
  32. Sinwoestyn by Kades (waar hulle weer slaags geraak het met die Kanaäniete en dié slag hulle oorwin het),
  33. Horberg op die grens van Edom (Num. 20, waar Aäron oorlede is),
  34. Salmona,
  35. Punon,
  36. Obot (Num. 21:10),
  37. Ije-Abarim regoor Moab (Num. 21:11),
  38. Dibon-Gad (Num. 21:30),
  39. Almon-Diblataim,
  40. Abarimberg, voor Nebo (waar Moses oorlede is, vgl. Deut. 32:49).

Uiteindelik is hulle in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, met ‘n kamp wat gestrek het van Bet-Jesimot af tot by Abel-Sittim, waar Moses sy laaste drie toesprake sou lewer wat ons in die boek Deuteronomium opgeteken kry.

Hierna brei die skrywer uit oor die opdragte van die Here vir die Intog:

  • Alle inwoners van dié land moet verdrywe word.
  • Al die afgodsbeelde moet verwoes word.
  • Die hele beloofde land moet in besit geneem en bewoon word.
  • Die land moet deur loting volgens die stamme en proporsioneel volgens hulle grootte verdeel word.

Die motivering is drieërlei:

  1. God gee die land aan hulle as besitting.
  2. Elke stam moet sy eie grond hê.
  3. Die inwoners moet verdryf word, anders: “sal dié van hulle wat oorbly, soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal teen julle oorlog maak oor die land waarin julle woon, en dan sal Ek aan júlle doen wat Ek aan húlle wou doen!

En laat ons tog onthou. Daardie laaste dreigement het ‘n paar keer in vervulling gegaan met die ballingskappe en wegvoerings van 721 v.C., 606 v.C., 597 v.C. en 586 v.C.

Betekenis

Hierdie hoofstuk onderstreep twee punte.

  1. Die eerste is dat die Here die volk na baie omswerwinge by die beloofde land gebring het. Hy was dus getrou selfs ten spyte van die tallose kere wat hulle ongehoorsaam was. Die Here se getrouheid is die een vaste grondslag waarop ‘n mens kan bou.
  2. Die tweede is dat die Here vir hulle ‘n land wil gee waar hulle nie aan dieselfde uitdagings as in die woestyn en selfs vroeër in Egipte blootgestel sou wees nie. Hy wil hulle beskerm.

Hy wil daarom alle inwoners verdryf saam met hulle afgode sodat hulle nie: “soos splinters in hulle oë en soos dorings in hulle sye sou wees nie.”

Dit is nie dat Israel enigsins beter was as die Kanaäniete nie. Trouens, Israel word gehelp ten spyte van hulle sonde, terwyl Kanaän gestraf word vanweë hulle sonde (Ronald Goetz in Kaiser se The Promise-plan of God). Die onderskeid was in die millennia-lange skuld van die Kanaäniete van voor Abraham se tyd af (Deut. 9:5), trouens van Gam se tyd af (Gen. 9:22). Die sondes van die Kanaäniete het hulle volle maat bereik, die beker van hulle goddeloosheid het oorgeloop, en die Here het besluit om ‘n streep te trek (Gen. 15:16; Lev. 18:28).

God is dus nie onregverdig met die uitwissing van die Kanaäniete nie, maar as die Regter van die hele aarde doen Hy wat reg is, en in dié geval straf Hy hulle vir hulle sonde. Hy is heilig en lief vir die goeie. Dit beteken dat Hy onheiligheid en die kwaad noodwendig moet haat, omdat dit voortvloei uit sy heiligheid en goedheid. Dat Hy dit vir eeue kan verduur, beteken nie dat Hy nie uiteindelik sal optree nie. Wie dink dat God nie die sonde straf nie, misgis hom of haar met God se heiligheid.

Soos Lucius Lactantius in sy De Ira Dei (“Oor die woede van God”) in die 3de eeu n.C. oor God se toorn geskryf het: “He who loves the good by this very fact hates evil: and he who does not hate evil, does not love the good; because the love of goodness issues directly out of the hatred of evil, and the hatred of evil issues directly out of the love of goodness. No one can love life without abhorring death; and no one can have an appetency for light without an antipathy to darkness.”

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda