Skip to main content

Psalm 129

Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers

Hierdie pelgrimslied fokus op die teenstand wat gelowiges van goddelose moet verduur en prys die Here vir die verlossing wat Hy telkens bring. Hy gebruik op innemende wyse ploeg – en oes metafore om aan die een kant ‘n prentjie van verlossing uit verdrukking en aan die ander kant verguising vir verdrukkers te skets.

Teks en konteks

VERLOSSING UIT VERDRUKKING: Die liturg in Jerusalem begelei die pelgrims – “laat Israel dit sê” – om hulle pyn te verwoord (vers 1-4). Hy skets ‘n prentjie van verdrukking wat waarskynlik die ballingskap as agtergrond het, maar ook op ander situasies van toepassing gemaak kan word en hier as deel van die Pelgrimspsalms hanteer word.

Dié verdrukking was van hulle jeug af, maar hulle kan getuig dat die Here regverdig was, en hulle nooit volledig oorwin is nie. Al het die aanvallers metafories soos ploeërs lang ploegvore oor hulle rug getrek, die Here het die harnas van die goddelose mense se toue waarmee hulle vasgebind was, losgesny.

Hier het hulle waarskynlik gedink aan al die verskillende oorloë wat teen Israel deur die geskiedenis gevoer is, waaruit die Here hulle telkens verlos het. Maar, enigeen sou ook sy eie verdrukking hierin kon inlees en die Here vir verlossing kon prys.

VERGUISING VIR VERDRUKKERS: Die liturg in Jerusalem begelei tegelykertyd die pelgrims om die verguising wat God belowe vir verdrukkers te verwoord (vers 5-8). Vir almal wat Sion haat – en hulle daarmee as God se teenstanders identifiseer – word beskaming en verydeling toegebid. Met vier verdere oes metafore spel hy dié verguising uit:

  • Mag hulle wees soos gras op dakke, wat verdroog voordat dit uitgetrek word.” Selfs die belofte van ‘n oes moet nooit van hulle waar wees nie. Hulle moet verdroog voordat daar ‘n oes is.
  • Mag hulle … nooit die handpalm vul van een wat oes.” Só vrugteloos moet hulle lewens wees dat daar nie genoeg van hulle lewens kom wat ‘n mens kan oes nie.
  • Mag hulle nooit … die vou van die kleed van een wat gerwe bind(, vul) nie.” Die koring is afgesny en gebêre in die sak voor in die klere wat hulle gedra het, totdat hulle dit in gerwe gebind het. Dit bevestig die vorige gebed dat die nalatenskap van hulle lewens tot niks sal kom.
  • Die slegste uiteinde word gevra in die laaste vers: “Mag verbygangers nooit sê nie: ‘Die seën van die Here vir julle; ons seën julle in die Naam van die Here.’” Die gebruik was dat verbygangers die snyers seën – soos ons in Rut se verhaal lees dat Boas met sy snyers doen en hulle terug aan hom (Rut 2:4) – maar juis hierdie seën word die goddeloses ontsê, beide in terme van die gemeenskap as die Here self se seën.

Pelgrims kon hulle lewensreis voortsit met die wete dat God nie net hulle pyn en swaarkry raak sien nie, maar dat Hy ook regverdig is om die verdrukkers hulle verdiende loon te laat kry.

Boodskap en betekenis

Paulus gaan in Romeine 12 nóg verder, en laat selfs die gebed vir verguising van Psalm 129 agter – Jesus het immers die moontlikheid van vergifnis selfs vir vyande gebring – maar steeds sê dat God se regverdigheid uiteindelik oor alles sal triomfeer: “17Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: ‘Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,’ sê die Here.

Daarop kan ons staatmaak en goed bly doen, selfs vir ons verdrukkers: “20’As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.’ 21Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda