Skip to main content

Jesaja 55

Kom geniet God se genade in sy paaie en planne

Waar Jesaja 54 die volk laat juig het oor die uitkoms wat God vir hulle bewerk, en sy liefde wat nooit sal ophou nie, nooi Jesaja 55 hulle uit om nie net dit aan te hoor nie, maar inderdaad na God te kom, en na Hom te luister om hierdie uitkoms te kan beleef en sy liefde te geniet.

Teks en konteks

Met die pragtige beeld van gratis water, wyn, melk en brood (vers 1-2) word die genade van die Here gekontrasteer met die goddeloosheid om jou eie kop te volg (vers 7).

Almal wat dors is, kan kom na die water wat God gee en geniet wat Hy voorsien: “As julle aandagtig na My luister, sal julle eet wat goed is, sal julle julle aan ryk kos verlustig.”

Die Here wil met hulle ‘n ewige verbond sluit, want Hy is getrou aan sy liefde vir Dawid. Hy het hom ‘n getuie vir die volke gemaak, ‘n leier wat bevel voer oor volke wat hulle sal insluit as hulle reageer op die roepstem en “na jou toe hardloop, ter wille van die Here, jou God.”

Almal moet die Here soek terwyl Hy Hom laat vind, Hom aanroep terwyl Hy naby is. Sy paaie en planne is hoër as dié van die mense (vers 8-9), en die enigste pad wat na oorvloed en vrede lei (vers 12).

Daarmee word ook die goddelose opgeroep om van sy pad af te sien, en die boosdoener van sy planne. Hulle moet na die Here terugkeer, sodat Hy hulle genadig kan wees. Want dit staan uit van Hom dat Hy oorvloediglik vergeef.

God se uitnodiging is gebaseer op die feit dat sy woord skeppingskrag het, en dat dit dus nie onverrigter sake na Hom toe terugkeer nie (vers 11). Let op hoe dié skeppingskrag juis vergelyk word met wat van sy mag in die natuur gesien kan word (vers 10).

Jesaja sluit die hoofstuk af met die herhaling en bevestiging van God se belofte dat hulle uit Babel sal wegtrek. Selfs die natuur sal daaroor bly wees. En die verhaal van die Tweede Uittog sal as teken van God se eer dien.

Boodskap en betekenis

Die uitnodiging om die water te drink wat God gee, laat  ‘n mens dink aan Jesus wat die lewende water gee vir die Samaritaanse vrou by die put (Joh 4).

Maar, dit is natuurlik net die begin. Wanneer jou dors geles is, smag jy na meer, na die Here se leiding, na sy paaie, na sy planne. Want dit is die enigste manier wat sal bevredig en tot oorvloed en sukses sal lei.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.