Skip to main content

Psalm 13

Kyk tog en luister na my, Here, my God

Psalm 13 deel nog steeds dieselfde scenario as dié van Psalm 11-12.

Teks en konteks

Dit is ’n aangrypende eenvoudige Psalm, die noodkreet uit die hart van iemand wat swaarkry en God om hulp smeek. Uit vers 4 wil dit lyk asof hy ook ’n gebrek aan lewenskrag ervaar benewens die vyand/verdrukkers wat sy lewe soek (vers 3,5)..

Let op hoe Dawid die erns van sy noodkreet beklemtoon deur vier keer te herhaal: “Hoe lank nog, Here?” Hy wonder hoe lank hy sy kommer (letterlik: “hartseer in my hart”!) op sy eie moet dra en sy eie planne moet maak (“wrestle with my thoughts” – NIV). En sy behoefte is dat die Here nie weg sal kyk nie, maar na hom sal kyk en luister. Vers 4 se begin kan beter vertaal word as: “Kyk tog en luister na my, Here, my God” of soos in die 2020-vertaling: “Luister tog en antwoord my Here, my God!”

Sy worsteling met die Here – let op nie net met sy omstandighede nie! – word opgevolg met ‘n besluit om die Here en sy troue liefde te vertrou, om te vertrou dat Hy uitkoms sal gee en aan hom goed sal doen (die vers maak meer sin as dit in die toekomstige tyd vertaal word, soos die Hebreeus inderdaad vertaal kan word). Sy vertroue in die Here word dus uitgespreek terwyl hy nog in die greep van die spanning van sy omstandighede is.

Boodskap en betekenis

Die Psalm laat my dink aan Filippense 4:4-9, waar Paulus ons uitnooi om ons begeertes in alles aan God met gebed, smeking en danksegging bekend te maak, Hom te vertrou dat sy vrede ons gedagtes en gevoelens tot bedaring sal bring, en dan ons gedagtes te rig op die positiewe, dit wat reg is, dit wat prysenswaardig is, dit wat edel is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar