As iemand jou vra: “Wat glo jy van Jesus?” kan jy gemaklik sy storielyn en boodskap oordra? Sy kinderjare. Sy reise. Sy gesprekke. Sy wonders, woorde en werke. Sy boodskap en betekenis. Dit is nie só eenvoudig nie, nê?
Ek het ‘n opeenvolgende sinopsis van die vier Evangelies geskep in 535 perikope om jou daarmee te help. My bydraes fokus op die teks en konteks, sowel as op die betekenis en boodskap daarvan.
Daar is ‘n voorskou van die boek by hierdie skakels as lusmaker:
‘n Bybelstudie oor die betekenis en boodskap van die Klein Profete vir vandag
Wanneer laas het jy die boek Nahum gelees? Of dié van Miga? Of enige van die sogenaamde Klein Profete? Dink jy hierdie geskrifte van meer as 2 400 jaar gelede is nog relevant?
Elkeen van die Twaalf Klein Profete wys vir ons ‘n stukkie van wie God werklik is – hoe sy hart is: sy heiligheid, sy deernis met gebrokenes, sy onvoorwaardelike liefde en bomenslike geduld met sondaarmense.
Temas wat in hierdie 16 weke lange Bybelstudie voorkom, sluit in:
God praat deur verwoesting en voorspoed
God se genade en ontferming is vir alle mense
God gee uitkoms vir dié wat op Hom wag
God volhard in sy liefde vir ons
Elke week se studie sal jou laat vra na die betekenis en boodskap van die gelese gedeelte, wat dit sê van God en van mense, en hoe jy die beginsels kan uitleef in jou persoonlike situasie.
As iemand vir jou vra: “Wat glo jy?” kan jy die kern van wat ons glo as antwoord gee? Vrae omtrent die Bybel, geloof en die kerk is nooit maklik nie. Sommige vrae lýk eenvoudig en ander kan jy sommer sien, gaan ure se kopkrap meebring!
Ek het in Wie is God? kort en kragtige antwoorde geformuleer op vrae soos: “Wat is die Drie-eenheid?” “Wat verwag God van jou in sy wet?” “Waarom moet my Verlosser waarlik mens én waarlik God wees?” “Watter hoop hou die ewige lewe vir my in?” Die resultaat was Wie is God? Hierdie kompakte gids bevat antwoorde op 52 geloofsvrae soos hierdie vir gelowiges.
Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea, die Geloofsbelydenis van Athanasius, die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis dien as basis vir die kernantwoorde in Wie is God?
Wie is God? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wat glo jy? wat gemik is op kinders. Wat glo jy? is gerig op agt- tot twaalfjarige kinders en gee korter 20-woord antwoorde op dieselfde vrae. Dit word steeds begrond met kort aanhalings uit die Bybel, maar ook met ’n bykomende Bybelse verhaal of gelykenis wat deur ’n kort 100-woord opsomming meer bevatlik vir kinders sal wees.
Die antwoorde in Wat glo jy?is doelbewus dieselfde as die swartgedrukte deel van hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat kinders kan deelneem.
Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.
Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Ek bied met hierdie boek egter ’n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee.
In Wat glo jy? gee ek antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel.
Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle ’n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir ’n standvastige geloof te lê.
Wat glo jy? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wie is God? wat gemik is op die volwasse mark. Wie is God? gee omvattender 60-woord-antwoorde op dieselfde vrae. Dit
word ook dieper begrond in die Bybel, maar bevat steeds ook volledig hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke.
Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar