Skip to main content

1 Samuel 29

Die wantroue van die Filistyne bevry Dawid

Die Filistyne besluit om nog ‘n aanval op die Israelitiese magte te loods. Wanneer die Filistyne egter verneem dat koning Agis vir Dawid saam met hom in die geveg geneem het, eis hulle dat Agis Dawid terugstuur na Siklag. Die feit dat die koning vir Dawid dus terugstuur, dien as ‘n onverwagte alibi vir enige beskuldigings dat hy die Filistyne teen Israel gehelp het en moontlik iets met Saul se dood te doene sou kon hê. Hulle wantroue bevry Dawid uit sy penarie.

Teks en konteks

Die Filistyne regeerders reageer met baie wantroue teenoor Dawid toe hy heel agter saam met Agis trek in die veldtog teen Israel. Hulle was (met reg) bang hy val hulle van agter af aan. Die wantroue bevry Dawid egter van enige agterdog dat hy met die Filistyne saamgewerk het.

Agis probeer Dawid paai met sy waardering vir wat Dawid in die verlede gedoen het. Hy prys Dawid vir sy eerlike en opregte bedoelings… al het Dawid hom totaal mislei. En stuur hom terug na Siklag toe.

Dit blyk ‘n genade van God self te wees, want voor Dawid in Siklag sou kom, was daar ‘n strooptog op sy mense deur die Amalekiete en moes hy hulle onmiddellik te hulp snel.

Dawid maak of hy kwansuis in sy eer gekrenk is – kan jy nou meer! – terwyl Agis verder gaan om hom te probeer paai, nogal deur sy status as “boodskapper van God” (dit kan ook as “engel van God” vertaal word) te erken. Dit saam met sy vorige erkenning van Jahwe in vers 6, laat ‘n mens wonder of Dawid se getuienis nie ‘n groter impak op Agis gehad het as wat normaalweg aanvaar word nie.

Maar Dawid gebruik die uitkomkans en keer terug na sy mense.

Boodskap en betekenis

Die gedeelte herinner ons daaraan dat God sy mense beskerm en sy planne met hulle handhaaf, selfs al gebeur dit op onkonvensionele wyses. Ons kan op God vertrou om ons te bewaar en te beskerm, selfs in onverwagte situasies.

Agter die skerms is God hier besig om Dawid te verlos van die gevaar van die Filistyne. En let op dat Hy dit doen deur aan die een kant die Filistynse wantroue teenoor Dawid en aan die ander kant die vertroue van een van hulle konings, Agis, te gebruik, om hom uit hulle greep te laat ontsnap.

Ons kan dus vertroue hê dat God agter die skerms werk om sy planne met ons te vervul, selfs al is dit nie altyd duidelik sigbaar nie. Maar, dan vra Hy van ons ’n absolute gehoorsaamheid en lojaliteit aan sy wil vir ons.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…