Skip to main content

Kolossense 3:1-4:1

Leef as nuwe mense

Paulus spel nou die wyse uit waarop hulle verbintenis met Christus Jesus hulle gedagtes oor hulleself moet rig (Kol. 3:1-4), voordat hy die implikasies daarvan uitspel vir hulle lewenstyl en gedrag (Kol. 3:5-17), en al die verhoudings waarin hulle funksioneer (Kol. 3:18-4:1).

Teks en konteks

Rig julle gedagtes op die dinge daarbo – Kolossense 3:1-4

Dit is uiters belangrik om oor jouself vanuit jou verbintenis met Christus Jesus te dink. Want dit beïnvloed alles. Vir Paulus is die opstanding nie iets wat net met Christus gebeur het nie. Dit is iets wat ook met ons gebeur, die oomblik as ons in Hom glo. Ons status verander. Ons is in Christus nie meer dood in ons sonde nie, maar opgewek in ‘n nuwe lewe. Trouens, ons lewe is verborge in God. En daarom is ons toekoms verseker. Saam met Christus sal hierdie status aan die einde van die tyd vir almal bekend word, wanneer Christus weer verskyn.

Daarom moet ons ons gedagtes rig op die dinge daarbo. Paulus bedoel natuurlik nie dat ons net oor die hemel moet dink, en glad nie oor die aarde nie.  Dit spel hy juis in die volgende deel uit. Die dinge van die aarde is dinge soos onsedelikheid, slegte begeertes en gierigheid. Dit moet nie deel van ons denke wees nie. Die dinge daarbo is dinge soos meelewendheid, goedgesindheid en verdraagsaamheid. Dit moet ons denke volmaak.

Leef as nuwe mense – Kolossense 3:5-17

Dit is ongelooflik hoe elke woord wat Paulus hier skryf van betekenis is. ‘n Mens kan uitvoerig uitwei oor hoe Paulus die ou lewe beskrywe wat afgelê moet word (Kol. 3:5-11 – 2 groepe van 5 sondes elk word genoem) en hoe hy dan beskrywe hoe die nuwe lewe geleef moet word (Kol. 3:12-17 – 15 deugdes of karaktertrekke word genoem). Eintlik kan ‘n mens ‘n paar maande hieroor nadink, en daar sal elke dag nog dinge wees wat vir jou nuut oopgaan! Tyd en ruimte ontbreek my egter. Daarom maak ek net ‘n paar opmerkings hieroor:

  • Ons het ‘n prentjie nodig van die tipe mens wat God wil hê dat ons moet wees. En die prentjie wat Paulus hier kies, is dat ons vernuwe moet word na die beeld van ons Skepper. Dit beteken dat ons moet groei tot die volle kennis van God, want Hy is ons Skepper.
  • Dit is waarom dit so onsinnig is om klem te lê op jou afkoms (Griek of Jood), jou vorige godsdiens (besny of nie besny nie), jou taal of jou kultuur (beskaaf of onbeskaaf) of jou klas (slaaf of vry). Daar is net een ding wat belangrik is, en dit is of jy in Christus glo of nie, en of Hy in jou lewe of nie.
  • En belangrik: die prentjie wat Paulus skilder van die beeld van ons Skepper is nie sy Almag, of Alomteenwoordigheid, of sy Skeppingsmag nie… maar sy karakter. En dit is daardie eienskappe wat in ons moet groei: meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid. Dit is hoe God is. Dit is hoe ons moet wees.
  • Dit is waarom ons met mekaar geduldig moet wees, en mekaar moet vergewe… want dit gebeur nie oornag nie! Ons moet bo alles mekaar liefhê, sodat ons nie deur onderlinge verskille uitmekaar gedryf word nie, veral nie verskille soos afkoms, taal, kultuur of klas nie. Selfs nie ons verskille in die wyse waarop ons die karaktertrekke van die nuwe lewe al vertoon of nie, moet ons verlei om onderskeid te maak tussen gelowiges nie.
  • Let op hoe Paulus sê dat die vrede wat Christus gee die deurslag in ons lewe moet gee. Dit moet letterlik skeidsregter speel tussen verskillende opsies.
  • En ek kan nie nalaat om ook op die koop toe klem te lê op Paulus se aandrang dat die boodskap van Christus in sy volle rykdom in ons moet bly Ons moet mekaar daarin onderrig en sorg dra dat almal van ons tot die volle kennis van God groei.
  • En dan is daar nog die dankbaarheid waarvan ons moet sing… op allerhande maniere…

Leef in verhoudings soos die Here verlang – Kolossense 3:18-4:1

Let op hoe Paulus drie tipe verhoudings beskryf: huweliksverhoudings, gesinsverhoudings en arbeidsverhoudinge. Dit word deur geleerdes “huistafels” genoem, omdat al drie verhoudings tipies in ‘n huishouding daardie tyd voorgekom het.

Dit is belangrik om die vorige twee perikope se boodskap in berekening te bring in wat Paulus hier oor die drie verhoudings sê. Die verbintenis met Christus Jesus (Kol. 3:1-4) en die karakter van God (Kol. 3:5-17) moet die vertrekpunt vorm vir die wyse waarop in elkeen van hierdie verhoudings opgetree word. Dit wil sê, die spesifieke opdragte wat hy aan die onderskeie persone in die verhoudings gee, moet verstaan word in die lig van Jesus se Heerskappy en die karakter van God wat in ons gevorm moet word.

Dit beteken onder andere dat ‘n mens versigtig moet wees om die opdrag aan bv. die vroue, kinders en slawe as ‘n billike en regverdige verwagting van die mans, ouers en eienaars te verstaan. Dit sou tot misbruik aanleiding kon gee deur mans, ouers en eienaars, veral as dit onafhanklik van hulle eie opdrag tot liefhê, genaakbaarheid, en regverdige, billike gedrag hanteer word.

Dieselfde geld die opdragte aan die mans, ouers en eienaars. Die gebreke van mans, ouers en eienaars kan baie maklik as beskuldigings teen hulle gebruik word, sonder om ag te slaan op die vroue, kinders en slawe se eie optrede.

Die opdrag tot onderdanigheid (wat natuurlik wedersyds is – in Efesiërs 5:21 brei Paulus hierop uit om enige misverstand in hierdie brief aan Kolossense te voorkom), liefhê, gehoorsaamheid, die vermyding van foutvinderigheid, opregtheid, en reg en billikheid moet dus eerder op ‘n positiewe wyse aangegryp word om daardeur die karakter van God aan ander ten toon te stel. Dit sal ons almal motiveer en aanmoedig om te leef as nuwe mense.

Boodskap en betekenis

Omdat gelowiges saam met Christus uit die dood opgewek is, moet hulle gedagtes en lewens gerig wees op dit wat by Hom is, en nie op die sondige lewenswyse van die verlede nie. Die nuwe lewe beteken dat hulle die ou sondige natuur aflê en groei in die karakter van God—meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid, verdraagsaamheid en liefde.

Hierdie nuwe identiteit in Christus oorskry alle grense van afkoms, kultuur, taal en sosiale status. Die vrede en Woord van Christus moet hulle lei en deurdrenk, sodat dankbaarheid en onderlinge opbou hulle leefstyl kenmerk.

Paulus wys verder dat hierdie nuwe lewe sigbaar moet word in al die kernverhoudings van die lewe—huwelik, gesin en werk. Elke verhouding moet gevorm word deur Christus se heerskappy en God se karakter, sodat mense mekaar dien in liefde, respek en geregtigheid. Só word die beeld van die Skepper weerspieël en die nuwe menslike gemeenskap in Christus opgebou.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…