Skip to main content

2 Konings 18:1-12; 2 Kronieke 29

Hiskia word koning en wy die tempel aan die Here

2 Konings 18 en 2 Kronieke 29 vertel die inspirerende verhaal van Hiskia wat koning word van Juda saam met sy pa Agas in 729 vC in die derde regeringsjaar van koning Hosea van Israel. Hy het van die staanspoor af hervormings aangebring, maar eers in 715 vC met die dood van sy pa Agas, die tempel skoongemaak (wat sy pa verontreinig en gesluit het) en dit weer aan die Here toegewy en in gebruik geneem. Die tempel sou ‘n belangrike rol speel in die uiteindelike stryd teen Sanherib wat juis deur gebed in die tempel verslaan is.

Teks en konteks

Vir die eerste keer is daar weer ’n koning in Juda wat ’n ongekwalifiseerde regmerkie agter sy naam kry. Hy gehoorsaam die Here in alles, selfs in die vernietiging van die hoogtes wat so ’n knaende probleem vir die volk van die Here reg deur die koningstyd was. Interessant genoeg maak die koperslang van Moses (Num 21) ook hier sy opwagting, maar as ’n afgodsbeeld, Negustan, wat Hiskia daarom met reg verwoes. Dit is darem tragies as die dinge van God belangriker as God self raak en selfs aanbid word!

Geen wonder dat Hiskia voorspoedig was nie, want die Here was by Hom op ’n manier wat net nie moontlik was met van die vorige konings van Juda nie. En stukkie vir stukkie kry hy dit selfs reg om sy onafhanklikheid terug te wen van die Assiriërs en Filistyne.

2 Kronieke 29:1-19 – Hiskia laat die tempel skoonmaak om aan die Here gewy te word

Soos Agas as simbool staan vir hoe dinge nie gedoen word nie, so staan Hiskia as ’n simbool van hoe dinge wel gedoen word. In die eerste jaar van sy eie regering, 715 vC, pak hy die herstel van die volk se verbintenis aan God aan deur die tempel se deure (wat sy pa gesluit het) oop te maak en binne 16 dae skoon te maak en te herstel, sodat die volk die Here daar kan aanbid.

Hiskia werk deur die priesters en Leviete wat hy met ‘n motiveringspraatjie op die Oosplein van die noodsaak van verandering en herstel oortuig: “Spring nou aan die werk, my seuns, want die Here het julle gekies om voor Hom diens te doen en sy dienaars te wees wat vir Hom offerandes moet bring.”

2 Kronieke 29:20-36 – Hiskia neem die tempel in gebruik en wy die gemeente aan die Here

Die 17de dag het hy al die stadsamptenare laat bymekaarkom en sondeoffers gebring vir die koningskap, die heiligdom, Juda en uiteindelik vir die hele Israel. Hierdie offers is heeltemal verbrand om versoening te bring met God.

Die Leviete het met hulle simbale, harpe en liere en die priesters met hulle trompette die gemeente begelei in aanbidding terwyl die lied van Jahwe weerklink het. Dié lied was ’n soort volkslied, hoewel ons nie seker is watter lied dit was nie.

Só het Hiskia die tempeldiens weer gevestig, hoewel die priesters ‘n bietjie traer was as die Leviete om die nuwe bedeling te omarm!

Boodskap en betekenis

Twee dinge staan vir my hier uit.

Die eerste is die tragiek as die dinge van God belangriker as God self raak en selfs aanbid word, soos met die slang Negustan gebeur het. Dit is in wese wat met afgodsdiens gebeur waar ‘n skepsel, of nog erger, ‘n skepping, in die plek van God aanbid word.

Die tweede is die uiters belangrike stap wat Hiskia neem om die tempel te herstel as ‘n plek van gebed, want dit is presies daar waar Hiskia uiteindelik sy grootste oorwinning gaan behaal. Met die dreigbriewe van Sanherib uitgesprei voor die Here in die tempel het hy saam met Jesaja gebid en die Here het geantwoord deur eiehandig die hele leër van die Assiriërs te verslaan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…